Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2022

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

4 Julie

Resensie: ’n ‘Oorlewingsboek’ wat meesleur, skok
Joan Hambidge resenseer Hoerkind deur Herman Lategan 

Resensie: Boek wat bokspring tussen die genres
Sonja van der Westhuizen resenseer Grand Hotel Europa deur Ilja Leonard Pfeijffer

Resensie: ‘Vreemde vis’ se pêrels moet nog goed gepoleer word
Kerneels Breytenbach resenseer Vreemde vis deur Milton Schorr (Vertaal deur Toast Coetzer)

Resensie: Een Alfa, twee seuns en hope aksie
Ilza Roggeband resenseer Die Alfa van Alfaville deur Theresa van Baalen

6 Julie

Boeke: ‘Hoerkind’ is witblits op ys, maar veral ’n bevryding uit die seer, sê vriendin
Amanda Botha skryf oor Herman Lategan se memoires.

11 Julie

Resensie: ‘Branderjaer’ se opvolg verg weer kophou
Jonathan Amid resenseer Vuurvreter deur Joha van Dyk

Resensie: Seldsame karakters kry lewe
Trisa Hugo resenseer Dwars deur Daniël Lötter

Resensie: Die brug waar verse oortuigend betower
Charl-Pierre Naudé resenseer Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk

Resensie: Vir onverskrokke oopkoppe
Sonja van der Westhuizen resenseer Life Ceremony deur Sayaka Murata

12 Julie

Boeke: Menlyn-boekwinkel sluit

16 Julie 

Profiel: Die toekoms is amper hier in Smith se ‘Bot’
Laetitia Pople in gesprek met Carien Smith

Boekenuus: Kortlys vir Ingrid Jonker-prys bekend

Profiel: ‘Bottelneek breek bek’ soos ’n klomp klein spieëltjies waarin leser kan kyk
Rafiek Mammon in gesprek met Dianne Du Toit Albertze oor haar debuutroman

17 Julie

Boekenuus: KYK | Skrywer skeur boek op

18 Julie

Resensie: ’n Eerste Wilbur Smith postuum
Riaan Grobler resenseer Storm Tide deur Wilbur Smith

Resensie: Dominique se storie kom uit die verf los
Valda Jansen resenseer Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks

Resensie: Skrywer verweef ’n teer verhaal
Louise van der Merwe resenseer Hoeveel tande het ’n engel? deur Jan Vermeulen

Resensie: ’n Belangrike, beeldskone roman sonder veel vertoon
Joan Hambidge resenseer The Chosen deur Elizabeth Lowry

18 Julie

Sterteberig: Digter en anti-apartheidsaktivis Don Mattera sterf

19 Julie

Nuus: Dan Sleigh vertel hoe pokke na die Kaap gekom het

Nuus: Coetzee ontvang debuutpoësieprys ‘semi-samehangend’
Jacques Coetzee is aangewys as die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-prys

20 Julie

Huldiging: Sagmoedige reus Don Mattera kon pragtig met woorde omgaan

21 Julie

Boeke: SJ Naudé kap na Van Coller, vra vir ruimheid in Hertzogprys-toespraak

22 Julie

Boeke: ‘Liefdeloosheid kan Afrikaans laat leegloop’
Lees SJ Naudé se toespraak by aanvaarding van die Hertzogprys hier.

Boeke: Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Boeke: 2 bedank by Akademie ná Van Coller se uitlatings

25 Julie

Resensie: ’n Oorrompelende debuut
Jonathan Amid resenseer Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal

Boekevat: ’n Huldeblyk aan al die verworpe woorde
’n Rubriek deur PP Fourie

Resensie: Storie wat mens diep raak
Elsabé Brits resenseer Tien voor een deur Adele Vorster

Resensie: Digter-dokter verpak ‘spraakkamer’ treffend
Neil Cochrane resenseer Skeletaal deur Franco Colin

Boeke: Van Coller bedank as voorsitter van Letterkundekommissie

26 Julie

Boeke: Geordende anargie is nie ’n slegte dinge nie – Carien Smith

Resensie: ‘Al om Antjie’ lei jou terug na die verse

27 Julie

Boeke: Booker-prys kondig sy langlys aan

30 Julie

Boeke: SJ Naudé vereer vir sy eie vertaling van bundel

Boeke: Seldsame boeke op Africana-verkoping

 

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk

’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard

Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy

LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé

Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie

A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie

Die blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories en Die skool vir ramspoedige talente en ander gelukkige stories, ’n resensie

Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk

Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith

Wit leuen deur Ruan Kemp: ’n resensie

Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie

Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen

Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond

Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie

Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n onderhoud met die skrywer

Inwoonskrywer: Elodi Troskie

Inwoonskrywer: Loit Sōls

Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor

Sproetebessies en die hart van die swart roos: ’n onderhoud met Troula Goosen

China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer

Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman

Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer

Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop

Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe

Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Julie  

Uittreksel: Herman Lategan se outobiografie, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier

Resensie: The Second Verse deur Onke Mazibuko, geresenseer deur Jonathan Amid

Nuut op die rak: “Leesgoed teen die gal”

  • To 100 & Beyond: How to make your money last as long as you do deur Wynand Gouws;
  • Vivienne Lawack, Hanlie Lizette Wessels en Robert Craig se Impossible bosses: Secret strategies to deal with 8 archetypal managers;
  • Michael Vlismas se ongemagtigde biografie Elon Musk: Risking it all;
  • Genius: How to take smart ideas global deur Bruce Whitfield; en
  • -maj. Johan Jooste en Tony Park se Rhino War: A General’s bold strategy in the Kruger National Park)

10 Julie

Onderhoud: Dianne Du Toit Albertze gesels met Johan van Zyl oor haar debuutroman, Bottelnek breek bek

Resensie: Stefaans Coetzee resenseer Rooigety deur Bets Smith

17 Julie

Onderhoud: Adele Vorster gesels met Johan van Zyl oor haar debuutroman, Tien voor een

Resensie: Martie Retief Meiring resenseer Herman Lategan se outobiografie, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier

24 Julie

Resensie: Louise Viljoen resenseer Tom Dreyer se flitsverhalebundel Kodachrome 

Resensie: Kirby van der Merwe resenseer die gedenkboek Ons het […] ver versit: Gedigte • Toesprake • Onderhoude deur Patrick J Petersen, met ’n essay deur Hein Willemse (redakteur)

Uittreksel: Die verhaal “Roentgenizdat” uit Tom Dreyer se Kodachrome

31 Julie  

Resensie: Herman Lategan resenseer Bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze

Oorsigresensie: Magdel Vorster resenseer drie Christelike jeugboeke: Toe ons in Ghrieshuis was deur Maretha Maartens, Jy handle dit net deur Eleanor Lombard, en Toe als groen was An-Mari do Carmo

Resensie: Adele Vorster resenseer Dwars: Rare karakters onder ons deur Daniël Lötter

Resensie: Jonathan Amid resenseer Chisoni or Conversations on a Plane about Life and Death deur JG Jesman

Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

5 Julie

’n Fantasieryke reeks oor drake

Hierdie wonderlike avontuur- en fantasieryke reeks deur Andy Shepherd sal menige kinderhart opgewonde laat klop en hulle heerlik laat skaterlag.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

13 Julie

Blinde mol of wyse uil?

Christene moet nie net lief wees vir die Here se waarheid nie; hulle moet die waarheid praat en leef.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

30 Julie

Profiel: Weet jy wie is Emma Crebolder?
Elodi Troskie skryf oor, en tree in gesprek met, die Nederlandse digter Emma Crebolder

Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

Daar is nie in Julie ’n episode vrygestel nie.

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 6 Julie

Kaptein Ben Booysen, die man wat die Electus Per Deus-moordbende aangekeer het, wat Krugersdorp sedert 2012 geterroriseer het, gesels met Ilse Salzwedel oor sy boek Op die duiwel se spoor (geskryf in samewerking met Nicki Gules).  In sy internasionale insetsel bring Johan Myburg hulde aan die Australiese skrywer Frank Moorhouse, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook hoor wat die Britse skrywer Philip Pullman te sê het oor die Sheffield Hallam-universiteit in Brittanje se besluit om letterkunde as graadkursus te skrap. Jy kan ook luister na ’n insetsel waarin die bekroonde skrywer Hilary Mantel oor haar werk gesels. Ina Strydom gesels ook kortliks oor RSG se radiodramaskryfkompetisie, waarvan die sperdatum op 1 Augustus is, en sy vertel meer oor Rudie van Rensburg se Hans breek die bioborrel, RSG se nuwe oggendboekvoorlesing.

Woensdag 13 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Helena Gunther oor haar bundel, Die hart het sy redes. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse digter en skrywer Remco Campert, wat onlangs oorlede is, en die Duitse vertaling van die skrywer Cristina Morales se boek Easy Reading wat pas met ’n internasionale letterkundeprys bekroon is. Hy gesels ook oor ’n heruitgawe van die Antiguaans-Amerikaanse skrywer Jamaica Kincaid se roman, Annie John. Jy sal ook kan luister na ’n uittreksel waarin Kincaid vertel hoe sy as driejarige reeds leer lees het. Gewilde skrywers soos Irma Joubert, Rudie van Rensburg, Chris Karsten, Helene de Kock en Sophia Kapp praat oor ’n verskynsel wat ’n groot invloed op die Suid-Afrikaanse boekbedryf het  – die onwettige verspreiding van e-boeke.

Woensdag 20 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Ilse Verster, ’n slagoffer van mishandeling, oor haar inspirerende boek, So lyk ’n vrou: my 40 jaar saam met ’n narsis. Marie Lotz gesels oor haar nuwe spanningsroman, Polsslag. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor John Galsworthy, skrywer van The Forsyte Saga, wat tans op TV te sien is. Johan gesels ook oor nuwe internasionale vrystellings vir jou boekrak, en ’n nuwe boek deur Karen Armstrong oor die mens se band met die natuur, getiteld Sacred Nature: How We Can Recover Our Bond With The Natural World. Jy kan ook luister na ’n kort uittreksel uit ’n toespraak waarin Armstrong oor haar boek praat.

Woensdag 27 Julie

Brian Fredericks praat met Suzette Kotze-Myburgh oor sy roman Hou jou oë oop. Troula Goosen, ‘n jeugromanskrywer, gesels oor haar skryfwerk en gratis kreatiewe skryfkursus wat sy vir skole beskikbaar stel. Johan Myburg bespreek Claire Keegan se Small Things Like These en ander wenners van die Britse Orwell-pryse; en Bodies of Light, Jennifer Down se roman wat met die Australiese Miles Franklin-prys bekroon is. Johan bring ook op ’n treffende manier hulde aan die digter Don Matera, wat verlede week oorlede is. Jy kan o.a. luister na ’n pragtige klankproduksie waarin Don Matera een van sy gedigte voorlees terwyl die ikoniese Pops Mohamed vir agtergrondmusiek sorg.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 5 Julie

Die afgelope naweek het 2022 sy halfpadmerk verbygesteek. Ses maande is al weer in ’n oogwink verby, en ’n mens kan nie help om te wonder nie: Waar loop die tyd met ons heen? Ons luister na gedigte oor die tyd – die verloop daarvan, die vrees daarvoor, hoe ons maar gereeld bestekopname doen om te kyk of ons nog byhou, en ook darem “van tyd tot tyd” dit regkry om in die kosbaarste van alle tye – die hede – teenwoordig te wees. Die voorleser is Susanne Beyers.

Dinsdag 12 Julie

Die grootwordjare is nie maklik nie, en vir elke onskuldige kind lê daar iewers langs die pad ’n stadium van ontnugtering voor. Luister na gedigte oor dié moeilike lewensfase se warboel emosies en soeke na begrip. Jy kan uitsien na treffende verse deur Lynthia Julius, André Trantraal, Corné Coezee en Hannes Visser. Die voorleser is Kay Smith.

Dinsdag 19 Julie

Nelson Mandela is op 18 Julie, ’n 104 jaar gelede, in die Oos-Kaapse dorpie Mvezo gebore. Ons luister na gedigte oor dié geliefde leier. Heelwat daarvan kom uit die pen van Antjie Krog, tesame met werke van Marius Titus, André Boezak, Clinton V. du Plessis en Vincent Oliphant.

Dinsdag 26 Julie

Die joernalis, manuskripkeurder, skrywer en digter Petra Müller wat in 2021 oorlede is, sou vandeesweek 87 jaar oud geword het. Ons luister na Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames met die digter waarin sy van haar eie werk voordra. Dit is die eerste deel van twee programme oor Petra Müller.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

Die fokus is hierdie keer op Herman Lategan se treffer-memoire, Hoerkind, memoires van ‘n randeier, en twee debute – Celesté Fritze se digbundel, Verdeelde stand, en Carien Smith se prosadebuut, Bot. Marie Spruyt se roman, Droomboom, word ook bespreek, asook Ben Viljoen se Die vloek van Levitikus en Emile Joubert se Krummels in my koffer. Vind ook uit oor Haas Das se ma, Louise Smit, se nuwe skepping, Felina Kat: geheime agent.

’n Potgooi van die program is hier beskikbaar:   https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Julie het sy die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer: Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

6 Julie

Resensie: Nini Bennett resenseer Verdeelde stand / Divided Stance deur Celesté Fritze

28 Julie

Resensie: Joanette van der Merwe resenseer Geleende seisoene deur Carla Botha

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Julie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Marida Fitzpatrick oor Mara

Onderhoud: Marzanne Schoeman gesels met Hannes Barnard oor Die Wet van Gauteng

Onderhoud deur Phyllis Green met Sally Andrew oor The Milk Tart Murders

Onderhoud: Phyllis Green praat met prof. Sean Davison oor The Price of Mercy

Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Herman Lategan oor Hoerkind

Onderhoud: Phyllis Green praat met Johan Jooste en Tony Park oor Rhino War

Resensie: Susan Puren bespreek Polsslag deur Marie Lotz

Boekuittreksel: Meer as net ’n ma deur Lente Swift, Suzanne Smit en Juanli Theron

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2022 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>