Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Februarie
Boekenuus: Nuwe gedigte deel van heruitgawe van Hannes Visser se debuut
4 Februarie
Boekenuus: Khoikhoi-skrywersfees in Mowbray
Candice Jantjies berig oor die eerste Khoikhoi-skrywersfees wat vir 25 Maart beplan word.
6 Februarie
Resensie: Brade boor hier ’n aar raak
Jonathan Amid resenseer The Hive deur Scarlett Brade
Resensie: Hoë-oktaan-storie vir die krimi-fynproewers
Stefaans Coetzee resenseer Lokval deur Bettina Wyngaard
Resensie: Essays van ’n buitestander
Sonja van der Westhuizen resenseer Novelist as a Vocation deur Haruki Murakami
Boekenuus: Netwerk24 se topverkopers vir Januarie
Boekenuus: Karoo se skoonheid tydsaam verken in Louis Botha se jongste fotoboek
10 Februarie
Profielonderhoud: Ingrid Winterbach: ‘Meedoënlose uitwisser van haar lieflinge’
Deur Murray la Vita
Boekenuus: Nathan Trantraal wen Philida-prys genoem na Brink se laaste roman
AJ Opperman berig.
13 Februarie
Boekevat: Eerder versinsel as beeldskone verskrikking?
’n Rubriek deur P.P. Fourie
Resensie: ’n Digkuns ‘geskend’ deur kreatiewe waansin
Charl-Pierre Naudé resenseer Kliniek van verlatenheid deur Alda Merini (vertaal deur Rina Cascione)
Resensie: Atmosferiese naelbyt-riller
Jonathan Amid resenseer The Change deur Kirsten Miller
Resensie: Laaste lang-formaat-roman onnodig bonkig, herhalend
Sonja van der Westhuizen resenseer The Last Chairlift deur John Irving
20 Februarie
Boekevat: Noue verband tussen rook en gedigte skryf?
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Heerlike emosie in verhale oor die lewe oorsee
Trisa Hugo resenseer Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager
Resensie: Magiese reis na seksuele ontwaking is onvergeetlik
Anschen Conradie resenseer Die gawe van groen deur Elmarie Dercksen
Resensie: Bloemhof se raaiselroman tap jou breinkrag
Stefaans Coetzeer resenseer Blou moord deur Francois Bloemhof
Boekenuus: Koos Kombuis het nuwe roman op Twitter geskryf
Boekenuus: Rushdie vaar uit teen ‘absurde sensuur’ van Dahl se boeke
21 Februarie
Boekenuus: Sjaka S. Septembir praat by Naln oor sy debuutroman
Boekenuus: Gesprekke oor Afrikaaps, Afrikaans en boeke op Adam Small-fees in Pniël
24 Februarie
Boeke: Vertel gemeenskappe se stories, pleit skrywer op Small-fees
25 Februarie
Boekenuus: Karen Jennings se ‘An Island’ in Duits en Nederlands vertaal
Boekenuus: Alfred Schaffer met uitgawe van ‘Stilet’ gehuldig
27 Februarie
Boekevat: Wat gaan van ons ‘Oompa Loompas’ word?
’n Rubriek deur Frederik de Jager
Resensie: Roman wys ’n Rushdie behoorlik op volle toere
Joan Hambidge resenseer Victory City deur Salman Rushdie
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie
Vernuwende werk: ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood
Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk
Iets vir baas én Klaas: ’n lesersindruk van Impossible bosses
Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw
Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik
Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 Februarie
Onderhoud: Ronelda Kamfer en die res van die Kamfer-Trantraal-clan gesels oor skryf ná Kompoun.
12 Februarie
19 Februarie
26 Februarie
Resensie: Annelise Erasmus resenseer Elmarie Dercksen se debuutroman, Die gawe van groen
Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
14 Februarie
Die Rietrotte-reeks
In hierdie byderwetse koshuisreeks word aktuele kwessies soos misdaad en gesinsprobleme met die doen en late van ’n groepie seuns in graad 8 verweef.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
21 Februarie
ʼn Troostante se gids vir gesonder verhoudings
Hierdie praktiese gids is propvol weldeurdagte raad en wenke vir diegene wat hulle verhoudings wil dokter.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
23 Februarie
Boek van die maand: Roman deur Cas Wepener
Wie ’n verhaal vertel bepaal uiteraard die uitkoms (en die gesag) van die storie. Wat Wepener doen is om subtiel te torring aan waarheid, of gewaande waarheid, en oorlewering.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
28 Februarie
Ontmoet God in gebed
Lesers kan, deur hierdie boek te lees, meer te wete kom oor wat gebed is, watter waarde ons daarin vind en ook hoe om te bid.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
6 Februarie
Crystal-Donna Roberts se debuutroman is eg, plat, eerlik
Deur Veronique Jephtas
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
3 Februarie
Mercia S. Burger: Skrywers en hulle bekkige brakke
Kerneels Breytenbach: Oor katte, Suid-Amerika, selfhelp en dierekommunikasie
Deborah Steinmair: Bettina Wyngaard se stories en karakters lei jou in ’n lokval
Louis Gaigher: Bettina Wyngaard se stories en karakters lei jou in ’n lokval
10 Februarie
Deborah Steinmair: Los die foefies, ons soek stories
Kerneels Breytenbach: Oor kunstenaars, spioene, kook, stambome en kortverhale
Joan Hambidge: Vroue skryf vanuit die lyf
17 Februarie
Louis Gaigher: Latere Glück is kwalik ’n karige maal
Deborah Steinmair: ’n Krimi en ’n noir vir die donker dae
Kerneels Breytenbach: Rekenskap, Nick Cave, geografie en skrywers se gades
Jaco Barnard-Naudé: Dora en die duisternis deur Winterbach
Deborah Steinmair: Sjoe, so ’n gebreekte spieël steek seer
24 Februarie
Deborah Steinmair: Twee plaaslike juwele wat flonker
Marita van der Vyver: Die onverklaarbaarheid van toeval
Kerneels Breytenbach: Wanneer die TV-base jou boek plunder
Joan Hambidge: Die fyn spel tussen feit en fiksie
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 1 Februarie
Nicol Stassen, bekroonde skrywer en uitgewer, gesels oor sy driemalig bekroonde boek oor die Dorslandtrekkers, Van Humptata tot Upingtonia. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor nuwe boeke uit die pen van twee vroueskrywers, die Brit Malorie Blackman en die Chinees-Amerikaanse skrywer Kathryn Ma. Johan bring ook hulde aan die Britse reisskrywer Jonathan Raban. Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel-stigting, gesels oor die PEN-residensie vir skrywers.
Woensdag 8 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Amanda Botha, joernalis en skrywer, oor haar groot bydrae tot die Afrikaanse boekbedryf. Elna van der Merwe vertel meer oor die Vrye Weekblad Stilbaai-boekefees wat die laaste naweek van Februarie plaasvind. Johan Myburg het nuus oor die langlys vir die Dublin Literary Award, die kortlys vir die Rathbones Folioprys en ’n nuwe boek, Justice for Animals, waarin die skrywer Martha Nussbaum geregtigheid teenoor diere bepleit.
Woensdag 15 Februarie
Ons maak ’n draai in die Switserse Alpe by die skrywer Isa Konrad. Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting oor ’n paar van hulle beplande inisiatiewe vir 2023. Johan Myburg het internasionale nuus oor Salman Rushdie, wie se jongste roman onlangs verskyn het, aanlyn-skryfklasse deur die Skotse digter Carol Ann Duffey, en ’n klompie boeke deur bekende internasionale skrywers.
Woensdag 22 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, skrywer van Kodachrome, oor sy werk. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude met T.O. Honnibal, die skepper van die gewilde strokiesprentkarakters Kaspaas en Adoons. Johan Myburg het nuus oor ’n nuwe internasionale prys vir vroueskrywers van nie-fiksie, Franse eerbetoon aan die Peruviaanse skrywer Mario Vargas Llosa, die beoordelaarspaneel van die Booker International en die ware oorsaak van die dood van die Chileense digter Pablo Neruda. Madonna lees een van Neruda se gedigte voor.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 7 Februarie
Vandeesmaand fokus ons op die lewe en werke van Uys Krige, die Goue Seun van die Afrikaanse literatuur. Die voorleser is Eben Genis. Ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.
Dinsdag 14 Februarie
Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor die lewe en digkuns van Uys Krige. Die voorleser is Eben Genis, en ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.
Dinsdag 21 Februarie
Luister na die laaste van drie aflewerings oor die lewe en werke van die digter Uys Krige. In hierdie uitsending val die fokus op twee van Krige se groot liefdes: die see (waaroor hy baie gedig het) en die vertaling van Spaanse gedigte. Die voorleser is Eben Genis.
Dinsdag 28 Februarie
Ons blaai deur Elisabeth Eybers se debuutbundel, Belydenis in die skemering. Hierdie versameling het verskyn toe Eybers 21 jaar oud was. Dit was ook die heel eerste bundel uit die pen van ’n Afrikaanse vrouedigter. Die voorleser is Jana Kruger.
Boekkeuse
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
2 Februarie
Resensie: Marlies Taljard resenseer In die klipknoets van haar vuis deur Adriaan Potgieter
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Februarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Resensie en uittreksel: Phyllis Green oor Stoom plus uittreksel uit Die Kontrak
Resensies: Vier boeke vir die bedkassie oor die gevaar van geheime:
- Marguerite van Wyk resenseer Holding deur Graham Norton
- Antoinique van Staden resenseer The Lost Storyteller deur Amanda Block
- Deirdre Reinhardt resenseer Uit die donker deur Santie van der Merwe
- Olga Krügel resenseer Into the Dark deur Fiona Cummins
Resensie: Susan Puren oor Samurai Sword Murder deur Nicole Engelbrecht
Resensies: Vyf liefdesromans vir Valentynsdag
- Sonja van der Westhuizen resenseer The Love of my Life deur Rosie Walsh
- Alma Liebenberg resenseer The Seven Sisters deur Lucinda Riley
- Elmari de Vos resenseer Seven Days in June deur Tia Williams
- Danica Gouws resenseer The Silent Treatment deur Abbie Greaves
- Carmen Coetsee resenseer A Lady’s Guide to Fortune-hunting deur Sophie Irwin
Onderhoud: Phyllis Green gesels met David O’Sullivan oor Rassie: Stories oor Rugby en die Lewe
Resensies: Vyf boeke oor paralelle wêrelde:
- Antoinique van Staden resenseer Sea of Tranquility deur Emily St. John Mandel
- Marzanne Schoeman resenseer The Inn at Helsvlakte deur Patricia Schonstein
- Karien Labuschagne resenseer The Becoming deur Nora Roberts
- Olga Krügel resenseer The Cartographers deur Peng Sheperd
- Olga Krügel resenseer The Unravelling deur Polly Crosby
Resensie: Phyllis Green bespreek 8 Rules of Love deur Jay Shetty
Resensie: Phyllis Green bespreek Love, Pamela deur Pamela Anderson
Resensies: Twee memoires oor impak van die verlede
- Marteli Brewis resenseer But He Speaks So Well deur Ivan Johnson
- Sonja van der Westhuizen resenseer Echoes of the Mountains deur Pindiwe Mgijima-Mabhena
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2023 appeared first on LitNet.