Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Akademiepryse 2023: Poortprys vir Poësie – JD Carr

$
0
0

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs die wenners van die gesogte Akademiebekronings vir 2023 aangekondig. Die pryse word by twee bekroningsplegtighede in September vanjaar oorhandig word. Lees Ilse de Korte se huldigingswoord hier onder.

“v-e-r-l-i-e-f” deur JD Carr is ’n liefdesgedig wat heerlik met taal speel – eintlik speel met verskillende name en beelde van die geliefde. In elke strofe stapel die digter ’n reeks beelde van hom of haar op. In strofe 1 is dit natuurbeelde – “tamboekie”, ”gras”, “doring” en “hemel”. Die geliefde is dus deeglik en grondig aards en van Afrika, maar ook hemels en word bowendien beklee met ’n magiese “silwerrandjie”.

Die reëls is vol herhaling. Die kernwoorde word elkeen twee keer herhaal, soos in ’n towerspreuk. “Tamboekie” word speels herskryf as “toemboekie”. Verder word ander woorde herhaal wat deur hulle klank met mekaar verband hou en ’n speelse eggo word wat betowering en vertedering tot gevolg het.

Die tweede strofe skets die uitwerking wat die geliefde op die spreker het. Dit word deur ’n reeks liggaamsbeelde gedoen, maar bou die verlammende effek op die spreker uit en wys hoe die spreker voel wanneer hulle in die geliefde se teenwoordigheid is. Skielik is hulle hande en tong asemrig “lomp” en “dom”. Liefdevol tonggeknoop teenoor die byna boaardse geliefde van die eerste strofe.

Uit die twee strofes blyk dit dat die ek in die greep is van ’n komplekse emosie, tegelyk aards en hemels, liggaamlik en boaards, vol bewondering maar ook uitgelewer aan ’n byna heilige verlamming voor die geliefde. In die laaste vers word dit bevestig en gee die spreker dit ’n naam: “virseker-versot-verlief”.

Die digter het kortom op so ’n wyse met die taal gespeel dat die verwarring en verlamming, die verhewenheid en die liggaamlikheid, die deurmekaarheid en onbegryplikheid van so ’n sterk verliefdheid op ’n sterk en oortuigende manier uitgebeeld word (en nie gesê word nie). Die digter kommunikeer met ons as lesers nie net deur die betekenis van die woorde nie, maar ook deur hulle klanke, deur herhaling en opstapeling wat die emosie uitbou en versterk.

Daar word vindingryk met woorde en ander taalelemente gespeel om op die ou end op speelse wyse komplekse emosie vol teenstrydighede uit te bou. Bowendien is die gedig presies in drie strofes vervat wat elk een sin met talle uitbreidings bevat.

Die gedig is daarom ’n vars bydrae tot een van die oeroue temas van die poësie, nl die liefde. Mevrou die Ondervoorsitter, ek versoek u om die Poortprys vir Poësie aan JD Carr te oorhandig.

Stellenbosch
1 September 2023

Lees ook:

Aankondiging: Wenners van die SA Akademiepryse 2023

The post Akademiepryse 2023: Poortprys vir Poësie – JD Carr appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>