Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1452 articles
Browse latest View live

Press release: Criminal charges and death threats against South African author Jacques Pauw

$
0
0

Reports that criminal charges have been laid against journalist Jacques Pauw following the publication of his book, The President’s Keepers, are deeply concerning, said PEN South Africa, PEN Afrikaans and PEN International.

The President’s Keepers, released on 29 October, exposes allegations of wide-scale corruption, fraud and financial mismanagement under the rule of South Africa’s President Jacob Zuma.

In a cease and desist letter dated 1 November, South Africa’s State Security Agency (SSA) threatened legal action against the author and publisher should they refuse to withdraw the book from the market. Gauteng provincial police spokesman Col. Lungelo Dlamini has confirmed on 9 November that charges have been laid, though it is unclear at this stage on what grounds. According to a press release issued by NB Publishers, the police have not been able to confirm the nature of the charges as their systems were down, but stated that there were two separate complainants.

Willem de Klerk, the lawyer for both Pauw and NB Publishers, said that it was illogical for the SSA to demand the withdrawal of the book, which has already been widely circulated. “It is further unclear how you reconcile an allegation of falsity, on the one hand, with an alleged violation of statutory provisions on the other,” De Klerk said in a letter sent to the SSA.

It has also emerged that the author is receiving death threats from anonymous callers.  

The conduct of the state in making statements that charges have been laid against a writer without giving any details of what the charges are and what gives rise to them, is also concerning.

PEN South Africa, PEN Afrikaans and PEN International view these acts in an extremely serious light. The organisations strongly condemn these attempts at censorship and intimidation aimed at silencing the critical voice of an internationally reputable investigative journalist.

For more information, please contact Lianna Merner, PEN International’s Africa Programme Coordinator on +442074050338 or lianna.merner@pen-international.org or Catrina Wessels, Manager: PEN Afrikaans, at penafrikaans@gmail.com or Khanya Mncwabe, Coordinator: PEN South Africa, at communications@pensouthafrica.co.za.

The post Press release: Criminal charges and death threats against South African author Jacques Pauw appeared first on LitNet.


Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2018

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2018.

Enige persoon of instansie is welkom om voor Woensdag 31 Januarie 2018 nominasies in te stuur.

Met prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ’n beeldjie van Coert Steynberg se "Helpende hand", is die Jan H Maraisprys ’n gesogte toekenning.

Die prys word as erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal – in enige dissipline – eenmalig aan ’n persoon of instansie by ’n glansgeleentheid gedurende Mei 2018 toegeken.

Doel van die Prys: Erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.

Instellings as ontvangers: Die Prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, toe te ken.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R500 000 en ’n beeldjie, Helpende Hand, deur Coert Steynberg. Die prysgeld mag in ’n bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners, soos deur die keurkomitee bepaal, verdeel word.

Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch

Nie-toekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ’n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger

Formaat van nominasies:

  • Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die Prys voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans gelewer is.
  • Die nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken wees.
  • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat bewus wees dat hy/sy vir die Prys genomineer word nie.
  • Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondante, landlyn- en selfoonnommers, adresse, e-posadresse moet verskaf word.
  • Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.

By die toekenning van die Prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Nominasies sluit op Woendag 31 Januarie 2018.

Bekendmaking van die prys: Einde Maart 2018

Skriftelike nominasies vergesel van ’n volledige CV moet per gewone of e-pos of per koerier gerig word aan:

Die Hoof- Uitvoerende Beampte
Privaat sak X11
Arcadia
Pretoria
0007.

Elektroniese nominasies moet gestuur word na akademie@akademie.co.za.

Fisiese adres vir aflewering per hand of per koerier:

Ziervogelstraat 574
Arcadia
Pretoria
0083

Navrae kan gerig word aan die hoof uitvoerende beampte, Dionē Prinsloo:

Tel 086 133 3786 (kantoorure)
Sel: 082 464 6953
E-pos: dprinsloo@akademie.co.za of prins.d@netactive.co.za

Volledige besonderhede is ook beskikbaar op die SA Akademie se tuisblad www.akademie.co.za (onder pryse).

The post Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2018 appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Grethe van der Merwe by die WAT se Woordpret

$
0
0

Grethe van der Merwe is op 24 November die gaskunstenaar by die volgende Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Grethe is opgelei in klassieke musiek en na ’n BMus-graad aan die US, behaal sy ook ’n MDram-graad met spesialisasie in kabaret. Daarna doseer sy in die Dramadepartement en skryf lirieke vir kabarette en kinderteater.

In 2013 besluit sy op ’n loopbaan as sangeres en stel in 2014 haar eerste CD Ver van hier bekend en in 2017 Jy weet.

Grethe van der Merwe (Foto: Samantha Clifton)

Beyerskloof sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Grethe kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 minute en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone. Skakel Cecile of Tanja voor of op 22 November by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek. Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

Willem Botha en HemelBesem (Foto: Liné Enslin)

Borg ’n Woord

Die mees persoonlike geskenk wat jy vir iemand, of vir jouself, kan gee is ’n woord. HemelBesem verwoord dit goed: "Slegs met woorde maak die lewe sin: Jy kan my woord neem daarvoor. Neem eienaarskap van jou taal en Borg ’n Woord." Hy voeg nou ook by: "Pleks van fisiese geskenke hierdie Kersfees te koop, koop vir jou geliefdes ’n woord, of borg een of twee!"

As jy wil seker wees dat jou geliefde die sertifikaat voor Kersfees ontvang, borg of koop asseblief die woord voor 16 Desember.

The post Persvrystelling: Grethe van der Merwe by die WAT se Woordpret appeared first on LitNet.

Boekbekendstelling: Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries

$
0
0

Inspirasie is die wagwoord!

“En ons sal nooit weer dieselfde mense wees nadat die 12 vroue met ons gebeur het nie. Dit was ’n besondere voorreg om saam met Suzanne en Eldridge Jason te werk en die wonderlikste is dat van my kollegas en ons studente deel hiervan is.” – Anastasia de Vries

Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, staan dié twaalf vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag.

Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

Wie is in die boek?

Die twaalf vroue is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson. Hulle verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers, die rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en -destigmatisering, tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdienste, uitsaaiwese, ’n sangeres, ’n atleet en ’n tuinier.

Die samesteller en bydraers

Anastasia de Vries is ’n bekende skrywer, joernalis en dosent.

Hierdie boekprojek is geloods in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK).

Ander bydraers tot die projek is skrywer en joernalis Eldridge Jason, joernalis Christa Prinsloo, sowel as ses UWK-studente: Chandré Cloete, Suné van Rooyen, Geraldine Fortuin, Ebenesia Pieters, Jolyn Phillips en Courtneigh Ess.

Die boek bevat ook ’n aantal foto’s deur Izak de Vries.

* * *

Vroue van Atlantis is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

The post Boekbekendstelling: <i>Vroue van Atlantis</i> saamgestel deur Anastasia de Vries appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans onder die loep

$
0
0

Slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans onder die loep
Gratis lesing: Taalmuseum eer die ‘bevryde’ taalgebruik van slawe

‘Baie’, ‘blatjang’, ‘pondok’ ... ‘baadjie’, ‘piesang’ en ‘amok’. Hoeveel armer sou Afrikaans en Suid-Afrikaanse tale nie sonder hierdie woorde gewees het nie? Daarom dat die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl op 5 Desember hulde bring aan die rol wat slawe en hul afstammelinge in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel het, 183 jaar ná die vrystelling van slawe op 1 Desember 1834.

Taal- en VOC-navorser Helena Liebenberg* is die gasspreker en sal fokus op die Kaapse slawe se taalerfenis en hoe hulle gebruik van 17de-eeuse Nederlands gehelp het om Afrikaans as ’n volwaardige taal te vestig. Helena fokus op interessante woorde en taalverskynsels wat sy op haar argivale reise ontdek het.

Dié gratis geleentheid wat om 18:00 begin, vind by die Historium in Pastorielaan, Paarl, plaas. Happies en drankies sal vooraf bedien word.

Vir besprekings, kontak Nkita Pietersen by student@taalmuseum.co.za of 021 863 0543 voor 3 Desember 2017. Daar is slegs ruimte vir 50 gaste.

* Liebenberg het aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer waar sy ook lank as dosent gewerk en later haar doktorsgraad in Afrikaanse Semantiek verwerf het. Vanaf 2001 tot 2008 was sy voltyds betrokke by twee VOC-transkriberingsprojekte in die Kaapse Argief. As trustee van die Tracing History Trust is sy sedertdien betrokke by soortgelyke digitaliserings-opdragte, waaronder die Trust se VOC-Daghregisterprojek. Helena doen ook vertaal- en redigeerwerk, skryf vakkundige artikels oor Afrikaanse taalkunde-onderwerpe, asook kinderboeke (meestal Afrikaanse idiome) en is mede-outeur van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Sy tree dikwels in die openbaar op en behandel onderwerpe rakende taal, kuns, kultuur, geskiedenis en die mistieke.

The post Persvrystelling: Slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans onder die loep appeared first on LitNet.

ATR se Kokertoekennings: Afrikaans is een familie

$
0
0

Afrikaanssprekendes is een familie en moet ophou om na mekaar as “ons” en “hulle” te verwys. As Afrikaanse mense nie as een familie langs mekaar kan staan nie, het hulle hoegenaamd geen staanplek in Suid-Afrika nie.

Daar is geen “hulle” in Afrikaans is nie. Daar is enkel en alleen ’n “ons”, en ons is ’n groep mense wat van verskeie kante onder druk is met ’n taal, ’n hartstaal, ’n leeftaal, ’n liefhêtaal, wat ewe seer onder druk verkeer.

Dit was die boodskap van Marius Swart van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch tydens vanjaar se Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR).

Die Kokertoekennings word jaarliks deur die ATR toegeken vir spesiale bydraes tot die Afrikaanse taal. Dit is ’n manier om erkenning te gee aan mense wat brûe bou, ’n verskil maak en die voortou in en deur Afrikaans neem. Vanjaar se wenners is Vrydagaand 17 November by ’n spoggeleentheid op die Zevenwacht-landgoed in Kuilsrivier aangekondig. Die Kokers is die hoogtepunt van die ATR se jaar en weerspieël die ATR se fokus op die bevordering van Afrikaans in sy volle diversiteit binne ’n meertalige bestel.

Swart, wat die gasspreker was, sê Afrikaanse mense moenie die toekoms met angs en paranoia tegemoet gaan nie, maar ook nie naïef wees oor die druk wat daar op Afrikaans is nie. Hy het die familie as metafoor gebruik om die eenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap te illustreer. “Kan ons ophou om onder mekaar klippe te gooi en na buite ’n verenigde, veelkleurige gesig voorhou, die gesig van sekerlik een van die mees diverse taalgemeenskappe in die wêreld, en definitief die mees diverse een in Suid-Afrika.”

Hy het gesê soos in ’n ware familie sal daar soms van die familielede wees wat jou irriteer. Ons kan nie maak asof hulle nie familie is net omdat een aspek van hul optrede op ons senuwees werk nie. Ons is almal gelyke lede en die familie het ons almal ewe nodig.

“Kom ons werk dus saam, en kom ons werk sodanig saam dat wanneer die druk van buite groter word, ons verder verenig word in ons diversiteit, sterker saamstaan, en eenvoudig nie bes gee wanneer hierdie taalskat van ons van buite af onregverdig behandel, onder druk geplaas, wanvoorgestel of bedreig word nie.”

Die aktrise Sandra Prinsloo, wat bekroon is vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaans, het gesê hierdie toekenning dra vir haar baie meer gewig as enige ander toekenning wat sy al ontvang het. Sy sê ondanks die huidige woelinge wat daar oor Afrikaans is, glo sy daar is genoeg diverse groepe mense in hierdie land wat Afrikaans praat dat ons ons nie te veel daaroor hoef te bekommer nie.

“Ek dink ook as ons aanhou praat in Afrikaans, dig, skryf, toneelspeel, sing en veral ook deel in Afrikaans en daar plek is vir al die heerlike verskeidenheid in Afrikaans, sal daar nie ’n probleem wees nie.”

Een van vanjaar se wenners is Suzie Matlhola wat in Doornkop, Soweto woon. Sy werk sedert 1988 by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) as ’n hulporganiseerder by die projekte-afdeling.

Toe sy in 1998 na die tikkantoor skuif, het sy besluit om self haar Afrikaans te verbeter. In die tyd waarin sy haar eie Afrikaans verbeter het, het sy ook haar seuns en sy vriende met hulle Afrikaans begin help. Elke dag as sy van die werk af kom, het hulle gevra of sy hulle nie met Afrikaanse huiswerk kan help nie. Na ’n rukkie het sy besef dit is ’n geleentheid om die taal te bevorder en het sy met ’n Saterdagskool begin. Sy het met die dame by ’n kleuterskool in die buurt gaan praat en gevra of sy die skool Saterdae kan gebruik. Na ’n rukkie was daar soveel kinders dat sy nog iemand moes kry om te help.

Die projek het so uitgebrei dat daar nou agt onderwysers en vyf punte in Soweto is waar daar Afrikaans-klasse gegee word. Suzie sê as een mens die eerste klip kan optel om ’n betoging te begin, kan een mens ook die eerste stap doen om ’n brug te bou.

Die musiekmakers tydens vanjaar se bekroningsgeleentheid het ook die diversiteit van Afrikaans weërspieël. Die gaste is op die maat van musiek trakteer deur die Wasgoedlyn, die Affodille Vroueboerorkes en die Rieldansgroep van Tygersig Primêr.

Drie besonderse jongmense het erepennings ontvang vir hul bydraes in die onderskeie kategorieë en twee toekennings is vir lewenslange bydraes tot Afrikaans gemaak.

Die Kokerwenners van 2017 is:

Vir ’n lewenslange bydrae tot Afrikaans:

  • Shaleen Surtie-Richards: vir haar bydraes tot Afrikaanse kuns en kultuur en die manier waarop sy talentvolle plattelandse Afrikaanse mense inspireer om hul drome te verwesenlik en sterstatus te bereik.
  • Sandra Prinsloo: vir haar bydraes tot die uitvoerende kunste en die merkwaardige en verrykende impak wat sy op die Afrikaanse letterkunde en kultuurbelewenis gehad het.

Onder die leuse “Bemagtig, bevorder en beskerm”:

  • Suzie Matlhola – “Bemagtig”: vir haar vindingryke Afrikaansklasse in Soweto, wat mense nie net bemagtig om Afrikaans aan te leer nie, maar ook positiewe houdings jeens die taal kweek.
  • Diana Robertson – “Bevorder”: vir haar bevordering van Afrikaans in Eldoradopark onder jongmense deur middel van dramas, vertonings, boeke, gedigte, sang en dans.
  • Werner Human – “Beskerm”: as prokureur vir die beskerming van Afrikaans deur etlike suksesvolle hofgedinge.

Erepennings vir die jeug:

  • Mercy Kannemeyer, vir haar onverskrokke bevordering van Afrikaans as akademiese onderrigtaal met haar opspraakwekkende dokumentêr “Die ander kant”.
  • Sue Pyler vir haar werk as Afrikaanse radio-omroeper en haar positiewe bewusmaking van die veelkantige aard van Afrikaans.
  • Marelize Swanepoel vir die enorme rol wat sy speel in die ontwikkeling van studiehulpbronne vir Afrikaans Addisionele Taal.

The post ATR se Kokertoekennings: Afrikaans is een familie appeared first on LitNet.

Swart Vrydag-malligheid by die WAT!

Persvrystelling: Taalmonument toenemend ’n moet-sien vir gemeenskap en toeriste

$
0
0

Relevant vir inwoners én taalgemeenskappe van Afrika

Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument (ATM) in die Paarl word toenemend as ’n moet-sien en moet-beleef plek beskou deur inwoners en buitelandse toeriste. Só het die direkteur, Michael Jonas, verlede week gesê tydens ’n geselligheid om nuwighede by die ATM asook die monument se visie vir die onmiddellike toekoms bekend te stel.

“Afrikaans is tans onder druk, veral van regeringskant, maar aan die ander kant word ’n ongelooflike en ongekende hoeveelheid Afrikaanse boeke, rolprente en musiek geskep,” het hy bygevoeg. “Wat veral opval, is dat variante van Afrikaans wat die afgelope eeu nie tot hul reg gekom het, nou ’n bloeitydperk beleef. Die totaliteit van Afrikaanssprekendes is besig om die taal te eien, tot almal en veral die taal se voordeel. ’n Diverse groep Afrikaanssprekendes is besig om hul stemme te vind.”

Volgens Jonas neem die ATM kennis hiervan en vervul dit ’n aktiewe rol om hierdie verwikkelinge te akkommodeer en te bevorder. “Dit is ’n lewende instelling; dit dien as ’n bymekaarkomplek vir Afrikaanssprekendes om lesings, musiek, literatuur, prettige taalwerksessies en mekaar se samesyn te waardeer en geniet. En om dit te deel met nie-Afrikaanssprekendes.”

Daarom het die taalmonument nou oudiogidse in Afrika- en buitelandse tale beskikbaar om nog meer mense in hul eie tale oor hierdie jongste lid tot die taalfamilie in te lig. Die Taalmuseum in die dorp self speel ook ’n belangrike rol met die bewaring en digitalisering van ongelooflike Afrikaanse manuskripte. “Wat waar is vir die bevordering van Afrikaans, kan ook waar word vir ander Afrikatale; daar is beweging, maar relatief stadig,” het Jonas gesê. “Ons wil sien dat hierdie ikoon ’n simbool van hoop en trots vir alle Afrikane word.”

Naas die monument se fokus op kultuur, natuur en plesier, het Jonas benadruk dat die monument, en selfs die taal, niks is sonder die plaaslike gemeenskap en Afrikaanssprekendes, waarookal hulle hul op die planeet bevind, nie. “Daarom bied ons pieknieks ten behoewe van die ‘Laat ons Lees!’-geletterheidsprojeke vir kinders, ’n pretdrafkompetisie ten bate van die Boland Skool vir Outisme en gee ons studente die kans om werkservaring by die monument op te doen,” het hy gesê.

“Elke week kom skoolgroepe, van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese en taalagtergronde, om meer oor Afrikaans se ontstaan te leer en die natuurskoon te ervaar. En ons is al vir ’n dekade aktief besig om onopgetekende variante van Afrikaans en Afrikaanse leefwêrelde, veral in die Noord-Kaap, op te teken en in ’n digitale formaat vir die nageslag te bewaar. Laat ons duidelik wees: as die Bolandse gemeenskap nie die monument as relevant beskou nie, is dit moeilik om die waarde van hierdie plek, hierdie ruimte, aan ander mense oor te dra.

“Gelukkig lyk dit asof die Afrikaanse Taalmonument toenemend as ’n moet-sien toerisme-attraksie deur binnelanders en buitelanders beskou word. En dit is waarop ons wil voortbou. Voorts wil ons die instelling nog meer posisioneer as simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid.”

Van die ander verwikkelinge by die monument, is ’n vergrote en verbeterde Volksmond-restaurant, nuwe, veeltalige besoekersborde asook lewensgrootte speletjies vir kinders. Die monument en museum bied hierdie seisoen weer tientalle geleenthede soos pieknieks, musiekkonserte, sportgebeure en lesings aan. Aangesien die monument in 2020 ’n 45 jaar jonk gaan wees, is daar ook ’n projek geloods om die bouers van die monument op te spoor, hul verhale op te teken en aan hulle lewenslange "ere-taalkaarte" te gee waardeur hulle die monument gratis kan besoek.

Die geselligheid is onder andere bygewoon deur verskeie raadslede van Drakenstein Munisipaliteit asook lede van die Afrikaans Taalraad. Soulsound Live en Blaq Pearl het die gaste vermaak met musiek en gedigte.

Vir meer inligting, sien www.taalmonument.co.za

Soulsound Live

Janine van Rooy (Blaq Pearl)

Ria Olivier (Afrikaanse Taalraad), Hendrik Theys (Afrikaanse Taalraad) en Jenny van de Rheede

Raadslid Ben de Goede (Drakenstein Munisipaliteit), Ria de Goede (Wynland Dameskring), Raadslid Laurichia van Niekerk, en Wyk-raadslid Loekie Niehaus

Michael Jonas (ATM-direkteur)

Sybrandus Adema

Language monument increasingly a must-see attraction for residents and tourists
Relevant to locals and language communities of Africa

The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl is increasingly regarded as a must-see and must-experience place by residents and foreign tourists. This according to the director, Michael Jonas, who spoke last week at a function to introduce new additions to the ATM as well as the monument’s vision for the immediate future.

"Afrikaans is currently under pressure, especially from the government, but on the other hand, an incredible and unprecedented amount of Afrikaans books, films and music are being created," he added. "What is especially surprising is that variants of Afrikaans that have been ignored over the past century are now blooming. The totality of the Afrikaans speaking community is claiming the language, to the benefit of all and especially the language itself. A diverse group of Afrikaans speakers are finding their voices."

According to Jonas, the ATM takes note of these developments and plays an active role in accommodating and promoting it. "It's a living institution; it serves as a gathering place for Afrikaans speakers to appreciate and enjoy lectures, music, literature, fun language workshops and each other's company. And to share it with non-Afrikaans speakers."

Therefore, the language monument now has audio guides in African and foreign languages to inform more people in their own languages about this youngest member of the language family. The Language Museum in the town plays an important role in the preservation and digitisation of incredible Afrikaans manuscripts. "What is true for the promotion of Afrikaans can also be true for other African languages; there is movement, but relatively slow," said Jonas. "We want to see this icon become a symbol of hope and pride for all Africans."

Over and above the monument's focus on culture, nature and pleasure, Jonas emphasised that the monument, and even the language, is nothing without the local community and Afrikaans-speaking people in general, wherever in the world they are. "That's why we offer picnics in aid of the ‘Let's Read!’ literacy projects for children, a fun run in aid of the Boland School of Autism, and also provide students with the opportunity to gain work experience at the monument," he said.

"Each week school groups from a wide range of socio-economic and language backgrounds come to learn more about Afrikaans's origins and experience the scenery. And for a decade we have been actively recording undocumented variants of Afrikaans and Afrikaans landscapes, especially in the Northern Cape, and preserving them in a digital format for our descendants. Let's be clear: if the Boland community does not regard the monument as relevant, it's difficult to convey the value of this place, this space, to other people.

"Fortunately, the Afrikaans Language Monument is increasingly regarded as a must-see tourism attraction by locals and foreigners. And that's what we want to build on. In addition, we want to further position the institution as a symbol of hope, nation building and social cohesion."

Regarding the other developments at the monument, there is an enlarged and improved Volksmond restaurant, new multilingual visitor signage as well as life-sized games for children. This season the monument and museum offer numerous events, such as picnics, music concerts, sporting events and lectures. As the monument will be 45 years young in 2020, a project has also been launched to track down the builders of the monument, to record their stories and to give them lifelong 'honorary language cards' with which they can visit the monument for free.

The gathering was attended by amongst others various councillors of the Drakenstein Municipality as well as members of the Afrikaans Language Council. Soulsound Live and Blaq Pearl entertained the guests with music and poetry.

For more information, see www.taalmonument.co.za

The post Persvrystelling: Taalmonument toenemend ’n moet-sien vir gemeenskap en toeriste appeared first on LitNet.


Boeiende artikels en resensies uit Taalgenoot Winter 2017

$
0
0

 

Dit is vir PEN Afrikaans ’n groot plesier om weer Taalgenoot se boekverwante inhoud met die vriendelike vergunning van hul redaksie te kan deel. Hierdie artikels en resensies is nie elders digitaal beskikbaar nie. As jy dit nog nie onder oë gehad het nie – of as jy lus voel om dit weer te lees – klik gerus op die skakels onder om dit gratis in PDF-formaat af te laai.    

(Klik hier vir die vorige uitgawe)

 

Die jongste Taalgenoot, die Lente 2017-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.

In dié uitgawe, met die tema “Deurwinter”, vier veteraan-akteurs Shaleen Surtie-Richards en Paul Lückhoff saam aan die ATKV se 87ste verjaarsdag, terwyl bekendes soos Margot Luyt en Louis van Niekerk terugkyk op 80 jaar van Afrikaanse radio. Lees meer oor die musiek en filosofie van Hardebaard, die rockgroep waarin onder andere Frank Opperman en Pierre van Pletzen speel, en kyk uit vir ’n artikel oor deurwinterde tegnologiegebruikers. Rockmusiek en aanlyn media is beslis nie net vir ’n jonger gehoor bedoel nie. Daar is ook artikels oor kunsmatige intelligensie, selfhelpboeke, Suid-Afrikaanse oudhede, en ’n fragment uit die lewe van skrywer en PEN Afrikaans-lid, Kleinboer.

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af:

www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede:

www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

 

The post Boeiende artikels en resensies uit <i>Taalgenoot</i> Winter 2017 appeared first on LitNet.

“Nooi”, “sambreel”, “amok”: taalerfenis van die Kaapse slawe

$
0
0

Vrydag 1 Desember was die 183ste herdenking van die vrystelling van slawe (1834). Op Dinsdag 5 Desember het taal- en VOC-navorser Helena Liebenberg ’n lesing by die Afrikaanse Taalmuseum aangebied oor die slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans aan die Kaap, waar die Atlantiese en Indiese Oseane ineenvloei.

Van links: Amira Brown (geleentheidskoördineerder van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument), Chantelle de Kock (kurator van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument), Michael Jonas (direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument), Helena Liebenberg, Sybrandus Adema (kommunikasiebeampte van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument) en Willem Botha (hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal)

Helena Liebenberg

Mense en tale van die vroeë Kaap

Maleise en Maleis-Portuguese taalerfenis

Luister hier na die hele gesprek:

Lees ook:

Slawe en die ontwikkeling van Afrikaans

Maria Smit
Seminare en essays

"'n Taal bestaan uit woorde, grammatikale struktuur en uitspraak. Hoe het slawe Afrikaans help vorm?"


Die vrystelling van slawe, uit die argief: My naam is Februarie

Diana Ferrus
Seminare en essays

"Diana Ferrus skryf 'n gedig oor herkoms: 'Toe is dit my beurt en ek lees die gedig vir die gehoor, maar ek lees dit meer vir my ma, my pa, my oumas en oupas en al die mense wat ek geken het met hulle donker velle en dik, kroes, swart hare.'"


Ons slawe-erfenis: 'n Foto-toer

Menán van Heerden
Menings

"'n Erfenissimposium is op 5 Desember 2013 deur die Afrikaanse Taalmuseum en –monument in samewerking met die Paarl Museum aangebied. Menán van Heerden het dié simposium bygewoon. Hier is haar indrukke en foto's."


Die vrystelling van slawe: Pniël-gemeenskapsmuseum – "Ons storie"

Menán van Heerden
Menings

"Hierdie rotse is vas aan ’n rotsbasis, ’n afbeelding van Afrika, wat geplaas is binne ’n rotssirkel wat die ganse aarde simboliseer. Hiermee word die geskiedenis van ons dorp (en vallei), vir altyd gekoppel aan die vernedering en uitbuiting van miljoene mense in ons land en regoor die ganse wêreld."


Afrikaans: the language of dissent

Menán van Heerden
Seminare en essays

"The language also bears the imprint of a fierce tradition of anti-imperialism, anti-colonialism, of an all-embracing humanism and anti-apartheid activism."


The post “Nooi”, “sambreel”, “amok”: taalerfenis van die Kaapse slawe appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 November
Nuus: ‘Woorde weet en woorde verklap’
Braam de Vries ontvang FAK-toekenning

3 November
Nuus: Durban dra letterkundekroon

6 November
Boeke: ’n Huurmoordenaar vas in liefdesdriehoek
Joan Hambidge resenseer Steve Hofmeyer se Die onaantasbares

Boeke: Sappige vleis om dié been
Riette Rust resenseer Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg

Boeke: Woordryke, uitwaaierende verse
Heilna du Plooy resenseer Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen

Nuus: SA skrywer met groot prys vereer
Martin Steyn kry Kirkus-ster in VSA

7 November
Nuus/kuns: Wenners van Sanlampryse vir jeugboeke bekend

8 November
Kuns: Fiksie wat die werklikheid weerspieël
Oor Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis

13 November
Boeke: ‘Motman’ se gefladder geen ligte musiek nie
Cas van Rensburg resenseer Koms van die motman deur Chris Karsten

Boeke: Marx waag met dié karakter
JB Roux resenseer Spieëlbeeld deur Franz Marx

Boeke: Prosesse oop in digkuns, wetenskap
Joan Hambidge resenseer Oop sirkel deur De Waal Venter

14 November
Nuus: Elton John soek Jacques Pauw se boek

16 November
Nuus/kuns: Woordfees pak Zuma ook

18 November
Kuns/Stemme: 5 vrae aan Chris Karsten

20 November
Boeke: Dié Griesseldossier ’n klein meesterstuk
Francois Bekker resenseer Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer

Boeke: Roerende verhaal ’n hou in die maag
JB Roux resenseer Gister is verby deur Juanita Aggenbach

Boeke: Vos se ‘brokke’ bring Dante Alighieri na Afrikaanse lesers
Charl-Pierre Naudé resenseer Die Goddelike komedie deur Dante Alighieri. Vertaal en verwerk deur Cas Vos

Nuus: Joubert se ‘Mentje’ ook in Nederland uitgegee

21 November
Kuns: Bundel huldig Small as denker, digter en dramaturg

24 November
Nuus: ‘Slegte seks’ laat Wilbur Smith kortlys haal

25 November
Kunsblad: JM Coetzee as jeugdige fotograaf

27 November
Boeke: Skitterende kleinood van ’n vol lewe geleef
Jean Meiring resenseer Spertyd deur Elsa Joubert

Boeke: Ouetehuis op horings geneem
Schalk Schoombie resenseer Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

Boeke: Verkenning van liefde, lewe
Francois Bekker resenseer Johanna deur Cas Wepener

Nuus: Schaffer ontvang prys vir digbundel

28 November
Nuus: Trantraal wen Rabie- Wallace-beurs

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in November die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

7 November

  1. Eerste 5: ’n Bybeldagboek deur Liesel Krause-Wiid
  2. Sielsiek: Die psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers deur Carla van der Spuy en dr. Henk Swanepoel
  3. Spertyd deur Elsa Joubert
  4. My eerste 100 woorde  

14 November

  1. Gister is verby deur Juanita Aggenbach
  2. Die Mannheim-sage 3: Die goudbaronne deur Lerina Erasmus
  3. Liedjies vir pikkies en peuters saamgestel deur Gertie Smit
  4. Verrassing! Verrassing! deur Niki Daly
  5. Die Babalela-storieboek deur Martie Preller

21 November

  1. Dagboek van ’n Wimpy Kid: Ongeluksvoël deur Jeff Kinney (vertaal deur Tinus Horn)
  2. Skakerings van die liefde deur Madelie Human
  3. Tussen vriende deur Derick van der Walt
  4. Goudmyn deur Wilbur Smith

28 November

  1. Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg
  2. Adam Small: Denker, digter, dramaturg saamgestel deur Jacques van der Elst
  3. Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer
  4. Die eensame krokodil deur Betty Misheiker

Prontuit

Prontuit is ’n weeklikse aktualiteitsprogram wat die kollig op sosiale en kultuurkwessies plaas. Dit word aangebied deur Kabous Meiring en uitgesaai op kykNET (DStv-kanaal 144). Teen die agtergrond van die #MeToo-veldtog en die onlangse verskyning van die boek Sitting Pretty, het Kabous Meiring op 13 November met skrywer Deborah Steinmair en Christi van der Westhuizen, sosioloog en skrywer, oor die posisie van Afrikaanse vroue in die samelewing gepraat. In Sitting Pretty deur Christi van der Westhuizen word die rol en identiteit van wit Afrikaanse vroue ná apartheid ondersoek.

Hier is die gesprek in drie segmente:

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Laatoes deur Hennie van Deventer: ’n resensie

AJ Opperman
Resensies

"Van Deventer sit die werk voort wat hy in sy vorige boek, Kroniek van ’n koerantman, begin het. In Laatoes vertel hy van afsterwes, maar ook ontmoetings, nuusgebeure lank gelede en meer onlangs."

Common names of Angolan plants deur Estrela Figueiredo en Gideon F Smith: ’n resensie

Dawid de Wet
Resensies

"Wat die boek so belangrik maak, is die verklarende aard van gebruiksname. Die name dui die tradisionele gebruik van die plant aan. Sulke gebruike is meestal mondelingse oorvertel."

Under Nelson Mandela Boulevard by Sean Christie: a book review

Clifford Roberts
Resensies

"Christie skilfully weaves historical and social context into the retelling of day-to-day events, from his early encounters with the Beachboys through to his introduction to the slums of Dar es Salaam."

Good Hope. South Africa and the Netherlands from 1600: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Hopelik sal die boek heling teweegbring tussen veral Nederlanders en Afrikaners, maar ook onder ander Suid-Afrikaners wat onder die juk van Nederlandse kolonialisme gely het."

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n resensie

Herman Lategan
Resensies

"Coetzer hou ’n spieël op waarin jy deur ander mense se foute en terugslae jou eie gevoelsoordrag op die verskillende argetipes wat hulle verteenwoordig, kan analiseer."

Seleksies uit die briewe van president MT Steyn 1904–1910: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"MT Steyn is op 28 November 1916 oorlede. Daar is nie briewe in hierdie versameling opgeneem uit die laaste jare van Steyn se lewe nie, maar danksy hierdie publikasie kan daar nuwe insigte verkry word in die naoorlogse rol van hierdie gerespekteerde staatsman."

Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Die leser hoef nie noodwendig ’n Christen te wees om die skoonheid van die Afrikaanse taal en metafoor in hierdie versameling gedigte te kan waardeer nie."

Die Mannheim-sage 2: Die goudkewers deur Lerina Erasmus: ’n resensie

Roela Hattingh
Resensies

"Lerina Erasmus verwerk die piritiese erts van Johannesburg, die rommelerts van ons land se hartseer geskiedenis, sodat die sianiedproses in die smeltkroes ’n witwarm storie uitgiet met karakters waarmee lesers kan identifiseer."

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n resensie

Gerrit van Wyk Kruger
Resensies

"André Pretorius het ’n gawe publikasie die lig laat sien: ’n reisboek, deeglik in volkleur geïllustreer, in die belangrike Hervormingsjaar van die Protestante."

The twinkling of an eye deur Sue Brown: ’n resensie

Juliana Coetzer
Resensies

"Dit is nie ’n weergawe van mense wat jammer gekry wil word nie, maar ’n storie vertel van Craig, hulle seun en broer, ’n twaalfjarige kind wat die lewe tot die einde gelééf het."

Kristalvlakte deur Amy Jephta: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Dit gaan hier om ’n oorlog wat op ons voorstoep plaasvind en wat genormaliseer word. Kristalvlakte as ’n epiese teaterstuk is ’n oproep tot optrede, dit is nie teater as blote bewusmaking nie."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

"Ek stem met Deon Meyer saam: Hofmeyr weet hoe om spanning te skep. Dis een van sy gawes."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst
Lesersindrukke

"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n resensie

Martie de Lange
Resensies

"Lees gerus Shéri – Nes ek is – dit sal jou nuut en anders na mense met gestremdhede en jou eie lewe laat kyk."

Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Terreur in Kaboel vertel die hartverskeurende verhaal van ’n vrou wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreur-aanval in Afganistan verloor."

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie

Jacques Myburgh
Resensies

"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Vreedsame revolusie is nie ’n omvattende studie van die tydperk onder bespreking nie, en neem meer die vorm aan van die verhaal van een persoon se herinneringe, hoewel die skrywer ook deur middel van voetnote ’n wetenskaplike geurtjie aan die publikasie verskaf."

Wilde klawer deur Vita du Preez: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Wilde klawer slaag daarin om jou deurlopend te boei en inderwaarheid as gevangene te hou totdat antwoorde ontknoop en McKenna die geheime van lank gelede ontsyfer."

Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst
Lesersindrukke

"Die omslag en titel van Jennifer Friedman se 'memoires' het dadelik my aandag getrek; die boek stel nie teleur nie en die outobiografiese vertellings is nie selfvertroetelend nie."

Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing: ’n resensie

Gerda de Villiers
Resensies

"Die goddelike komedie slaag uitmuntend daarin om La Divina Commedia uit die Middeleeue te gaan uithaal, en dit lewendig en in Afrikaans in die 21ste eeu te laat sing."

Tussen vriende deur Derick van der Walt: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies

"Tussen vriende hanteer, behalwe die tema van vriendskap en verhoudinge, ook temas soos ontrouheid, kanker, kinders wat oorsee bly, ouderdom en siekte, kinders wat na hulle ouers moet omsien, die besluit om te emigreer of nie."

Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg: ’n boekbespreking

Jo-Riëtte Jacobs
Resensies

"Hoë hakke met hoogwater is in die geheel ’n aangename leeservaring met optimale karakterontginning en die uiteenlopende perspektiewe op menswees en temas as sterkpunte."

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge deur Niël Barnard

Hans Pienaar
Resensies

"Miskien is dit omdat ek ’n politieke dier is, maar ek kon dit nie neersit nie. ’n Ware 'page-turner'."

geskoei deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

"Hy is nou duidelik, soos hy dit noem, ’n ou toppie, uncle. Maar hier is nie juis selfbejammering nie. Nee, daar’s kort besinnings en ook kort-kort humor en ’n geesdriftige lewensblyheid."

Sandveldkos. Kosnostalgie en stories van gister: ’n onderhoud met Rina Theron

Rina Theron, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die boek is meer as net ’n kookboek, soos wat uit die volledige titel blyk, want dit bevat onder meer persoonlike onderhoude met en profiele van bekendes uit die Sandveld wat hul stories en onthouresepte deel."

Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings: ’n onderhoud met André Pretorius

André Pretorius, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Dit is nie ’n boek van geestelike oordenking nie – as daar oordenking is, is dit van plek: die plekke wat ek besoek en my eie plek in die wêreld."

Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk

Anton van Niekerk, Jean Oosthuizen
Skrywersonderhoude

"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."

Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Hans du Plessis, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp."

South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach

Frans Rautenbach, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."

Hoe verklaar jy dit? 2: ’n onderhoud met Danny Fourie

Danny Fourie, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Hoe verklaar jy dit? #2 is ’n bewys daarvan dat die internet nie noodwendig die plek van die boek kan inneem nie."

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

9 November
Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert deur Anna Emm
“Boek twee lees soos ’n droom en mens kan nie gou genoeg die bladsye omblaai om te lees wat gaan volgende gebeur nie...”

16 November
Die wonderwêreld van seelewe deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
“Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie opvoedkundige volkleurboek wat propvol aktiwiteite, speletjies, kopkrappers en interessante feite is oor die oseane,” skryf Louise Viljoen.

23 November
Johan Myburg resenseer Johanna deur Cas Wepener
“Die skakering in vertelling vul Wepener knap aan deur teksture in te weef: onder meer geure (dié van Earl Grey-tee, kaneel, dennenaalde), seisoene en die wind. En stilte.”

30 November
Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe.
“Dis nie net ’n lekkerleesboek met foto’s van legendariese Recces en stories oor hulle opleiding en geheime operasies nie, dis ook die ideale Kersgeskenk vir die mans in jou lewe,” skryf Jaco Kirsten.

Botter en liefde
Louise Viljoen wens sy het meer eksemplare van hierdie fantastiese resepteboek gehad. “Ek wil na hartelus bak en brou uit die een kopie sonder om bekommerd te wees dat daar dalk meel op die bladsye beland.”

Rapport

Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 November 2017

Herman Wasserman gee ’n oorsig van ses aktuele boeke oor Suid-Afrika se toekoms

Deborah Steinmair resenseer Koms van die motman deur Chris Karsten

Peter van Noord resenseer Tussen vriende deur Derick van der Walt

Nuusbrokkie: twee tuinboeke

Nuusbrokkie: Kamphoer in Engels & kykNET-Rapport-boekpryse

12 November 2017

Artikel oor Rupi Kaur en die verkope van Afrikaanse poësie deur Bibi Slippers

Johannes de Villiers resenseer Die alchemis deur Paul Coelho

Jan-Jan Joubert resenseer Skepelinge deur Karel Schoeman

Jeanne Henning Els resenseer Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald

19 November 2017

Jonathan Franzen in gesprek met Elmari Rautenbach

Waldimar Pelser resenseer The President’s Keepers deur Jacques Pauw

Theunis Engelbrecht resenseer Enemy of the People deur Adriaan Basson en Pieter du Toit  

26 November 2017
Resensie: Drie kinderboeke deur Piet Grobler

Louise Viljoen resenseer Spertyd deur Elsa Joubert

Bill Nasson resenseer Die Anglo-Boereoorlog in 100 objekte

Annelize van der Ryst resenseer Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

Nuusbrokkie: Benoemings vir die Jan H Maraisprys

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 November
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Juanita Aggenbach oor haar roman Gister is verby, die eerste borskankerroman in Afrikaans. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde. Malene Breytenbach en Elsa Winckler gesels oor die pas afgelope konferensie van die Romance Writers of South Africa.

Woensdag 8 November
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Adeline Radloff oor haar werk, wat twee bekroonde jeugromans, ʼn spanningsverhaal vir volwassenes en ʼn kinderboek insluit. Hulle praat ook oor die belangrikheid van lees in ʼn kind se akademiese ontwikkeling. Lamé Ebersohn gesels oor Die Filosofiekafee, ʼn maandelikse boekegesprek by Café Riche in Pretoria.

Woensdag 15 November
Ilse Salzwedel gesels met die Afrikaanse wenner en naaswenner van die Sanlamjeugfiksiewedstryd wat verlede week aangekondig is. Carin Krahts gesels oor Blou is nie ’n kleur nie, en Jan Vermeulen praat oor Soen. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde bydrae onder meer oor George Orwell se 1984 en 'n nuwe Paddington Bear-boek, sestig jaar na die publikasie van die eerste boek.

Woensdag 22 November
lse Salzwedel gesels met prof. Wannie Carstens, die mede-skrywer van Ons kom van ver af en Die twee stories van Afrikaans. Albei boeke dokumenteer belangrike inligting oor ons taal. In sy interessante bydrae oor die internasionale boekewêreld gesels Johan Myburg onder meer oor Duitsland se hardop-voorleesdag, en hoekom dit gevier word.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 November
Joanie Combrinck lees verse wat vir haar kosbaar is.

Dinsdag 14 November
Wessel Pretorius lees verse van DJ Opperman.

Dinsdag 21 November
Johann Nel lees ’n allegaartjie verse uit die bundel Poskaarte.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Op 13 November het Dewald Koen se resensie van Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis verskyn.

Op 24 November het Marius Crous se resensie van Die Goddelike komedie: liefde laat die son en sterre sing deur Cas Vos verskyn.

Gilbert Gibson in gesprek oor sy nuwe bundel, Die sin van die hut, met Louis Esterhuizen. Verskyn op 26 November.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende November die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

3 November
Deel een van ’n rubriek oor literêre kritiek. Hoe word ’n boek geresenseer?

17 November
’n Perspektief op die werke van Kazuo Ishiguro, Nobelpryswenner van 2017.

27 November
’n Bespreking van Angela Makholwa se vierde roman, The Blessed Girl.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van ’n resensie van Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman, wat Hambidge gedurende November op Fine Music Radio gelewer het:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/2017/11/resensie-karel-schoeman-skepelinge.html

 

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2017 appeared first on LitNet.

Eerste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

$
0
0

 

Ná die eerste sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), is drie verdienstelike aansoeke toegestaan.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds sal die volgende drie vertaalprojekte befonds:

  • ’n Nederlandse vertaling van Abjater wat so lag deur Wilma Stockenström
  • ’n Nederlandse vertaling van PG du Plessis se Fees van die ongenooides
  • ’n Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna deur Annemari Coetser.

Uitgeverij Aldo Manuzio, wat onlangs Karel Schoeman se Stemme-trilogie tot groot lof in Nederlands uitgegee het, sal Abjater wat so lag en Fees van die ongenooides publiseer.

Abjater wat so lag word ’n klassieke werk van die Afrikaanse letterkunde geag. Dit het oorspronklik in 1991 verskyn en het beide die WA Hofmeyr-prys en die Hertzogprys ontvang. Volgens Joan Hambidge is dit “meesleurend, intiem, subtiel, pynlik en ’n roman wat binne die sub-genre van die belydenisliteratuur internasionaal kan meeding.”

Rob van der Veer, ’n vooraanstaande literêre vertaler, sal die Nederlandse vertaling behartig. Bestaande vertalings deur Van der Veer sluit in: Hierdie lewe, Die uur van die engel en Verliesfontein deur Karel Schoeman, Kroniek van Perdepoort deur Anna M Louw en Buys deur Willem Anker. Laasgenoemde is in samewerking met Karina van Santen vertaal. 

Riet de Jong-Goossens, bekroonde en hoogs ervare vertaler van onder meer Marlene van Niekerk, Dan Sleigh en Ingrid Winterbach, sal die Nederlandse vertaling van PG du Plessis se Fees van die ongenooides aanpak. Fees van die ongenooides, wenner van die ATKV-prosaprys en die Helgaard Steyn-prys, het oorspronklik in 2009 verskyn en het sedertdien al meer as 30 000 eksemplare verkoop. Dit is ’n aangrypende en geliefde roman wat die verhaal van twee families tydens die Anglo-Boereoorlog vertel. Die Nederlandse vertaling sal die eerste anderstalige uitgawe van dié pryswenner wees.

Uitgeverij Mozaïek, ’n afdeling van VBK Media, beoog om ’n Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna deur Annemari Coetser in 2018 te publiseer. Alles begin met Anna, ’n familiesage wat oor drie geslagte en twee oorloë strek, is in September vanjaar plaaslik uitgegee en word goed ontvang. Riet de Jong-Goossens sal die Nederlandse vertaling in samewerking met Bert Aquarius, vertaler van Hans du Plessis se werk, behartig. Met die Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna sal Annemari Coetser se werk vir die eerste keer in ’n ander taal gelees kan word. 

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met meer volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: http://www.litnet.co.za/reglement-vir-die-pen-afrikaans-vertaalfonds/

Navrae kan gerig word na: penafrikaans@gmail.com

The post Eerste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds appeared first on LitNet.

ATKV-Mediaveertjies 2018: Skryf in!

Adam Small vereer in die Kunstekaap

$
0
0

Op Saterdag 16 Desember 2017, Versoeningsdag, is ’n borsbeeld van Adam Small in die Marmerfoyer van die Kunstekaap-teaterkompleks onthul.

Die beeld is geskenk deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en is ontwerp deur Johannes du Plessis (regs). Henry Haynes (links) het die beeld gegiet.

Terselfdertyd is ’n splinternuwe boek, Adam Small: Denker Digter Dramaturg, onder redaksie van Jacques van der Elst, ook bekendgestel. Dit word deur Protea Boekhuis uitgegee.

Celeste Reynolds, Kunstekaap se argivaris, het ’n uitstalling geskep getiteld "Adam Small: Digter, skrywer en menseregtestryder". Dit hang ook in die Marmerfoyer en is oop vir enige lid van die publiek om te besoek.

Small het ’n lang verbintenis met die Kunstekaap. In 1974 het Pieter Fourie die regte bekom om Small se drama, Kanna hy kô hystoe in die Nico Malan Skouburg op te voer, soos die Kunstekaap toentertyd bekend gestaan het.

Bruin mense is nie in die teater toegelaat nie, en slegs wit akteurs kon in die stuk speel. Small self sou nie die vertoning kon bywoon nie, maar die administrateur van die Wes-Kaap, AH Vosloo, het ingegryp en het vir Small en sy vrou, Rosalie, persoonlik genooi.

Small het die uitnodiging van die hand gewys uit protes teen die Apartheidsbeleid.

Small se besluit het soveel opspraak gemaak dat die Nico Malan in 1975 vir alle rasse oopgestel is – iets wat ongehoord was in die jare van Apartheid. Small en sy vrou was onder die eerste bruin mense wat die skouburg amptelik besoek het.

In 1996 is Small aangestel as voorsitter van die destydse Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste.

Marlene le Roux, hoof van die Kunstekaap en voorsitter van die SBA, het almal verwelkom.

Jacques Van der Elst van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het kortliks vertel hoe die nuwe boek, Adam Small: Denker Digter Dramaturg tot stand gekom het.

Michael le Cordeur het daarna namens die SBA oor Adam Small se werk gepraat. Hy het afgesluit met: “Nou kyk, vrinne, in my hand is ’n glas. Kô lat ons drink op Adam Small!”

Juliana Smith, ’n jare lange vriend van die Small-egpaar, het namens Rosalie Smit, die weduwee van Adam Small, almal bedank. Small sou self die onthulling waargeneem het, maar sy het siek geword. Smith en Marlene le Roux het toe die onthulling behartig, met Anroux Marais wat bygestaan het.

HemelBesem het toe sy lied, “Die Ballie” (opgeneem in sy boek God praat Afrikaans, uitgegee deur LAPA Uitgewers), voorgedra, want, sê HemelBesem, hy beskou Small as die vaderfiguur wat dit vir ander kunstenaars moontlik gemaak het om in die Afrikaans van Simon Witbooi Senior, HemelBesem se eie pa, op te tree.

Daarna het HemelBesem, die kunstenaar Hilton Mandela (’n finalis van ATKV-Crescendo) en die kitaarspeler, Stuwi W, drie van Small se gedigte uitgevoer.

Anroux Marais, minister van sport en kultuur in die Wes-Kaap, het kortliks na die kunste in die algemeen verwys as ’n medium tot versoening en nasiebou.

Hieronder is enkele foto’s wat die uitstalling oor Adam Small se verbintenis met die Kunstekaap uitbeeld, saamgestel deur Celeste Rynolds. Die publiek kan dit gaan besigtig.

The post Adam Small vereer in die Kunstekaap appeared first on LitNet.

Atlantis pass weer ’ie torch an

$
0
0

Die ATKV-tak op Atlantis vereer elke jaar mense uit die gemeenskap as fakkeldraers. Dié fakkeldraers is bakens, elkeen dra hulle eie lig na die donkerste dele van die gemeenskap. Die tak hoop om hiermee ook ’n jonger generasie aan te moedig om diensbaar te wees. Hierdie huldiging dien dus as ’n dankie, maar dit is ook ’n pleidooi in die taal van Atlantis: “Asseblief, pass ’ie torch an.”

Uit hierdie projek het ’n boek, Vroue van Atlantis, ontstaan, grootliks weens LitNet se bereidheid om die foto’s van twaalf van die vroue te dra. Die ATKV het toe die skrywer, joernalis en akademikus, Anastasia de Vries by die Universiteit Wes-Kaap, genader om die twaalf vroue se stories te skryf. Sy en Eldridge Jason, ’n bekende joernalis van die Son, het saam met Chandré Cloete, Suné van Rooyen, Geraldine Fortuin, Ebenesia Pieters, Jolyn Phillips en Courtneigh Ess onderhoude met die twaalf vroue gaan voer en hulle verhale is geboekstaaf. Die boek is deur LAPA Uitgewers uitgegee. Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

Op 30 November 2017 is die boek in Atlantis bekendgestel en twaalf nuwe mense het die fakkel oorgeneem. Anastasia de Vries en verskeie ander medewerkers het die geleentheid bygewoon.

Sylvia de Wet, LAPA se bedryfshoof, het aan elkeen van die twaalf ’n kopie van die boek oorhandig. Hier is Sylvia (links) saam met tannie Francis Brown en Annie Petersen, voorsitter van die ATKV-tak Atlantis.

Die nuwe fakkeldraers is toe vereer. Hulle foto’s verskyn hieronder.

Sylvia Brand

Ghayronessa Davids

Martin de Villiers

Cyril Dicks

Susan Fortuin

Joan Humphreys

Patrick Pickering

Katie Roman

Richard Stalmeester

Franklyn Stockenstroom

Roseline Victor

David Willemse

Die fakkel is daarna formeel oorhandig.

Aangesien die geleentheid van 30 November ’n glansgeleentheid was, het LAPA Uitgewers die Stad Kaapstad se Versamelingontwikkelingseenheid en die Wesfleur Biblioteek saamgespan om ’n tweede bekendstelling van die boek te reël wat gratis en oop vir die algemene publiek was.

Diane de Beer, wat in beheer is van Wesfleur se bib, het ontsettend baie moeite gedoen. Annie Petersen het verduidelik waar die konsep van “pass ’ie torch an” vandaan kom. Van die vroue wie se verhale in die boek vertel word, Mary Tenggren en Christine Lewis, het ook hulle stories gedeel, foto hierbo. Olivia Pharo het ook later aangesluit en toe haar verhaal gedeel.

Cynthia Clayton, ’n stadsraadslid, het met groot lof gesels oor die werk van die ATKV en het vertel van die stadsraad se werk om ook die gemeenskap van Atlantis ter wille te wees.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” en is tans die toonvenster van ontheemding vir baie, maar Atlantis is óók die stad van onontdekte skatte.

Vroue van Atlantis, saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason, is by enige goeie boekwinkel te koop, of direk van LAPA Uitgewers.

The post Atlantis pass weer ’ie torch an appeared first on LitNet.


Laat dit riel!

$
0
0

Kyk, op Saterdag 2 Desember 2017 het daar weer ’n deeglike stofwolk oor die Paarl gehang. Dit was nie die wind se skuld nie, nee, dit was die trappers van die riel wat so gemaak het tydens die finaal van ATKV-Rieldans.

Die amfiteater aan die voet van die Afrikaanse Taalmonument was uiteindelik stampvol, die sand was reg en sommer as voorvertoning het ’n bloedjong knapie lank voor die aanvang van die amptelike kompetisie al kom wys wat van die ander verwag kan word.

Daar is selfs mense wat in hul sewentigs is wat steeds deelneem, hoewel hulle dit nie tot die finaal gemaak het nie. Presies hoe oud die oudste deelnemer in die finaal was, is nie bekendgemaak nie, maar die dansers van Witzenberg was beslis nie almal jonk nie.

Die musiekinstrumente is saggies gepluk terwyl die skare inbeweeg het.

Die ATKV het gedurende 2017 skenkings gekry om verskeie nuwe instrumente aan die groepe te verskaf.

Oral het interessante rekwisiete gewag om op die baan te gaan.

Uiteindelik het die gehoor van 4 000 hulle sitplekke ingeneem. Die bekers was reg.

Die media was in plek.

En toe staan die stof!

Sessie 1: Junior Rieldansers, onder 14

Die Roggeveld Rieldansers

Die Betjies Rooistomprieldansers, wat uiteindelik derde was

Die Griekwa Hiënas, wat tweede geëindig het

Die GB Batt Stofskoppers, wat die stof tot in die eerste plek opgeskop het

Die Uitsig Stoftrappers wat vierde geëindig het

Sessie 2: Junior Rieldansers, onder 20

Die Tiervlei Vastrappers

Die Griekwa Knersvlakterieldansers, wat hierdie afdeling gewen het

Die Betjies van Betjiesfontein, wat tweede gekom het

Die Calvinia Sitstappers wat vierde geëindig het

Die Brandvlei Stofskoppers wat derde was

Sessie 3: Die Senior Rieldansers

Die Bitterfonein Tradisionele Rieldansers

Die Witzenberg Rieldansers wart vierde geëindig het

Die Betjies Rooirotsrieldansers wat die derde plek ingeneem het

Die Calvinia Sitstappers 2 wat in die tweede plek geëindig het

Die Boesmanland Bitterbessies wat as algehele kampioene gekroon is

Volledige uitslae

Die volledige uitslae is te sien op die ATKV se webwerf

Benjamin Bock, bestuurder van Erfenisaangeleenthede by die ATKV, doen ’n finale onderhoud terwyl stof begin sak.

The post Laat dit riel! appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Eerste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

Ná die eerste sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), is drie verdienstelike aansoeke toegestaan.
 
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds sal die volgende drie vertaalprojekte befonds:

  • ’n Nederlandse vertaling van Abjater wat so lag deur Wilma Stockenström
  • ’n Nederlandse vertaling van P.G. du Plessis se Fees van die ongenooides
  • ’n Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna deur Annemari Coetser.

Uitgeverij Aldo Manuzio, wat onlangs Karel Schoeman se Stemme-trilogie tot groot lof in Nederlands uitgegee het, sal Abjater wat so lag en Fees van die ongenooides publiseer.
 
Abjater wat so lag word ’n klassieke werk van die Afrikaanse letterkunde geag. Dit het oorspronklik in 1991 verskyn en het beide die W.A. Hofmeyr-prys en die Hertzogprys ontvang. Volgens Joan Hambidge is dit “meesleurend, intiem, subtiel, pynlik en ‘n roman wat binne die sub-genre van die belydenisliteratuur internasionaal kan meeding.”
 
Rob van der Veer, ’n vooraanstaande literêre vertaler, sal die Nederlandse vertaling behartig. Bestaande vertalings deur Van der Veer sluit in: Hierdie lewe, Die uur van die engel en Verliesfontein deur Karel Schoeman, Kroniek van Perdepoort deur Anna M. Louw en Buys deur Willem Anker. Laasgenoemde is in samewerking met Karina van Santen vertaal. 
 
Riet de Jong-Goossens, bekroonde en hoogs ervare vertaler van onder meer Marlene van Niekerk, Dan Sleigh en Ingrid Winterbach, sal die Nederlandse vertaling van P.G. du Plessis se Fees van die ongenooides aanpak. Fees van die ongenooides, wenner van die ATKV-prosaprys en die Helgaard Steyn-prys, het oorspronklik in 2009 verskyn en het sedertdien al meer as 30 000 eksemplare verkoop. Dit is ’n aangrypende en geliefde roman wat die verhaal van twee families tydens die Anglo-Boereoorlog vertel. Die Nederlandse vertaling sal die eerste anderstalige uitgawe van dié pryswenner wees.   
 
Uitgeverij Mozaïek, ’n afdeling van VBK Media, beoog om ’n Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna deur Annemari Coetser in 2018 te publiseer. Alles begin met Anna, ’n familiesage wat oor drie geslagte en twee oorloë strek, is in September vanjaar plaaslik uitgegee en word goed ontvang. Riet de Jong-Goossens sal die Nederlandse vertaling in samewerking met Bert Aquarius, vertaler van Hans du Plessis se werk, behartig. Met die Nederlandse vertaling van Alles begin met Anna sal Annemari Coetser se werk vir die eerste keer in ’n ander taal gelees kan word. 
 
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.
 
Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Klik hier as jy hierdie goeie nuus verder via e-pos of sosiale media wil deel.

Benoemings vir die Jan H Marais-prys

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag tans benoemings in vir die Jan H Marais-prys vir 2018. Die sentrale doelstelling van dié prys is erkenning van ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Vorige ontvangers is Hermann Giliomee in 2016 en Jaap Steyn en mede-ontvanger Jan van der Watt in 2017.

Benoemings sluit 31 Januarie 2018. Die wenner word einde Maart 2018 bekend gemaak en die prys word in Mei 2018 oorhandig.

Sanlamprys vir Jeuglektuur

Carin Krahtz is onlangs met goud bekroon in die Afrikaans-kategorie van die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Haar wenroman, Blou is nie ‘n kleur nie, is deur die beoordelaars beskryf as ‘n aangrypende en universele storie, deurspek met spitsvondige dialoog.

Jan Vermeulen het die silwerprys ontvang vir Soen, ’n speurroman wat die leser deurgaans op die punt van sy stoel hou.

Die Sanlamprys vir Jeuglektuur is in 1980 bekend gestel en word tweejaarliks toegeken. Dit is oop vir inskrywings in al 11 amptelike tale. 'n Goue en silwerprys word in kategorieë vir Afrikaans, Engels en Afrika tale (Tshivenda, Xitsonga en Nguni- en Sotho-tale) uitgereik.

Baie geluk aan Krahtz, Vermeulen en die ander wenners van die 2017 Sanlampryse vir Jeuglektuur. ’n Volledige lys kan hier gelees word.

SALA-toekennings (South African Literary Awards)

Roela Hattingh het by die SALA-toekenningsaand die Nadine Gordimer-kortverhaalprys ontvang vir haar bundel Kamee. Hattingh is geloof vir die verhale se oorspronklikheid, spel met taal, unieke stem en outentieke uitbeelding van lewe in Suid-Afrika.

Etienne van Heerden het by dieselfde geleentheid ’n SALA-toekenning ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die (Suid)-Afrikaanse letterkunde.

Van harte geluk aan albei skrywers met dié welverdiende prestasies.

Die volledige lys SALA-wenners is hier beskikbaar.
 

Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018 toegeken

Die Universiteit van Wes-Kaapland het onlangs aangekondig dat die Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2018 aan Nathan Trantraal toegeken is.

Die skryfprojek waarvoor Trantraal die beurs ontvang, is ’n grafiese misdaadroman wat afspeel op die Kaapse Vlakte en spreek tot kwessies wat relevant is in die breë Suid-Afrikaanse samelewing. Volgens die beoordelaars is “die inhoud en genre […] uitdagend, opwindend en vernuwend en het uitgestaan bo ’n aantal werklik uitstekende aansoeke."

Dit klink soos iets om reikhalsend na uit te sien. Baie geluk aan Nathan Trantraal.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in November

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Ons sluit vandeesmaand vir die eerste keer 'n insetsel in van Prontuit, 'n weeklikse aktualiteitsprogram wat veral op sosiale en kultuurkwessies fokus. Kyk gerus na die bespreking van Sitting Pretty deur Christi van der Westhuizen, die #MeToo-veldtog en die rol van vroue in die samelewing.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Desember

Hartlik geluk aan al ons lede wat betyds vir die kerskous nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste vir Desember kan hier in Excel-formaat afgelaai word. 

Met mooi wense vir die feesseisoen

Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2017 appeared first on LitNet.

ATKV-Crescendo: vanjaar se finale ronde

$
0
0

Die span van ATKV-Crescendo het landswyd getoer om liedjieskrywers op te spoor wat wil deel wees van ATKV-Crescendo. Verskeie werkswinkels en uitdunrondtes is gehou.

Uiteindelik is die finaliste genooi na ’n intensiewe sessie wat van 4 tot 9 Desember in die Slanghoek-konferensiesaal by ATKV-Goudini Spa plaasgevind het.

Lesings is elke dag gehou.

Elke deelnemer moes verskeie praktiese opdragte uitvoer.

Selfs die Crescendo-orkes het die deelnemers een vir een toegelaat om te oefen – so lyk ’n sitkamersessie.

Elke lid van die finale groep het die geleentheid gekry om tydens privaat sessies met van die onderskeie mentors hulle vaardighede te slyp.

As deel van die praktiese opleiding het die groep ook in ’n arm woonbuurt van die Paarl op ’n oop verhoog opgetree.

Dit was gloedwarm in Goudini, so die swembaddens het lafenis gebring.

Die tegniese span was die hele week deel van die proses, klank is getoets, mikrofone is toegeken, musiek getoets en ligte is opgestel en geprogrammeer.

Die konsert

Uiteindelik het die groot aand aangebreek. Whaden Johannes, wat nou al ’n lang pad met ATKV-Crescendo stap, het die ys gebreek. Sy eerste CD land in 2018 en hy het die gehoor ’n voorsmakie daarvan gegee.

Toe het die Shoprite Topstars opgetree. Die legendariese Mynie Grové vervaardig hierdie produksie. Elkeen van die deelnemers werk vir Shoprite. Sy soek talent en ontgin dit dan. Hierdie jaar het die Topstars ook by ATKV-Goudini Spa geoefen en hulle het talle sessies met die finaliste van ATKV-Crescendo gedeel.

Jodi Jantjies het by die Shoprite Topstars aangesluit. Jodi is die meisie wat so hakkel dat sy met erge moeite praat, maar op die verhoog, wanneer sy sing, is hierdie klein mensie ’n foutlose kragbron van klank. Jodi was deel van 2016 se ATKV-Crescendofinaliste en het geweldig gegroei die afgelope jaar. Sy het ook formeel besluit om haar erge spraakgebrek te openbaar en wil as ambassadeur optree vir almal wat soos sy sukkel. Kyk, wil sy vertel, ek kan dalk nie maklik praat nie, maar ek is besig om ’n sukses van my lewe te maak. (Kliek hier vir ’n onderhoud met Jodi – luister ook na daardie stem as sy sing!)

Deidre le Hanie, Besturende direkteur van die ATKV, het almal verwelkom. Daarna is dit die finaliste se beurt.

Hakkiesdraad Hartman, die wiskundige chemikus

Stiefsuster (haar hare is in ATKV-Crescendo se kleure!)

Ithumeleng van die duo Term & Khool

Tshwaro van die duo Term & Khool

Cudwill van die duo C4 & 5Star

Bryce van die duo C4 & 5Star

Die Glasman

Joané van Sandwyk

Anton van Zyl

Japsnoet

Charl Balie

Mojalefo Mthimkulu se moedertaal is Sotho. Een van die uitdagings wat aan al die ander finaliste gestel is, was om iets in Sotho te skryf en uit te voer met Mojalefo se hulp.

Hesti Fourie

Hilton Andries, wat die verhoognaam Hilton Mandela gekry het weens kleurvolle klere

Jody Garland

Jan-Hendrik Fourie

Die mentors

Die ATKV maak van verskeie mentors gebruik om die stemme van die finaliste, hulle musiek en hulle lirieke te help vorm.

Danie du Toit van Spoegwolf

Deon Meiring van Glaskas

Die Hooflig, wie se nuutse video pas geland het

Rumarcqeus Gelderbloem, beter bekend as Oxyjin

Anna Davel

HemelBesem

2018

Die finaliste en verskeie mentors gaan deur die loop van 2018 op verskeie plekke optree. Gaan kyk wanneer hulle in die omtes is.

The post ATKV-Crescendo: vanjaar se finale ronde appeared first on LitNet.

Press release: Charges by SARS against South African author Jacques Pauw

$
0
0

PEN Afrikaans and PEN South Africa note with concern that the South African Revenue Service has brought legal action against investigative journalist Jacques Pauw.

On Friday, 15 December, SARS filed an application in the Western Cape High Court for a declaratory order against Pauw saying that he contravened the Tax Administration Act by publishing confidential information in his political exposé The President's Keepers.   

SARS commissioner Tom Moyane’s affidavit lists extracts from The President’s Keepers that SARS deems confidential information and requests that Pauw be ordered to pay costs should he oppose SARS’ application.

In response, Pauw said he and his legal team would argue that legislation could not be used to hide a crime, and that the court application confirms the accuracy of Pauw’s findings published in The President’s Keepers by labelling the extracts as confidential information.  

The application is expected to be heard early in the new year. 

SARS is the second state institution to have zeroed in on Pauw. In November, the State Security Agency (SSA) sent two cease-and-desist letters to NB Publishers, threatening with civil and criminal proceedings should they refrain from withdrawing the book from the market. According to the SSA, parts of the book contravene the Intelligency Services Act. 

The publisher and author remain steadfast in their conviction that the information contained in the book is of undeniable public interest and that publication thereof is protected by the constitutionally enshrined right of freedom of expression.

As organisations committed to upholding freedom of expression and supporting press freedom, PEN Afrikaans and PEN South Africa stand in solidarity with NB Publishers and Jacques Pauw.

The post Press release: Charges by SARS against South African author Jacques Pauw appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Desember
Boeke/Nuus: Eybers: Die grande dame van digkuns

4 Desember
Boeke: Schoeman laat verlede vir leser lewe
Willie Burger resenseer Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman

Boeke: Venter klim weer in leser se psige
Riaan Grobler resenseer Brand deur Peet Venter

Boeke: Aksieriller beslis nie net vir jonges nie
J.B. Roux resenseer Soen deur Jan Vermeulen

Boeke: Oorlog is nie helde wat op perde jaag en in slote lê nie
Trisa Hugo resenseer Mentje Kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert

7 Desember
Kuns/Boeke/Nuus: Van Heerden se ‘Charlie’ verbluffend én heerlik

8 Desember
Kuns/Boeke: Leesstof vir die vakansie

11 Desember
Boeke: Met dié boek vang jy boekwurms vroeg-vroeg
Riëtte Grobler resenseer Rympies vir kleintjies en kleuters saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette KotzéMyburgh en Gertie Smit

Boeke: ‘Dieretuin’ begogel behoorlik
Riette Rust resenseer Dieretuin deur Francois Bloemhof

Boeke: Smith hier dalk te Afrikaans
Marius Visser resenseer Goudmyn deur Wilbur Smith (vertaal deur Zirk van den Berg)

Boeke/Nuus: Pragboek van Kimberley vir Kersfees

12 Desember
Boeke/Nuus: Koos Kombuis se ‘aftreebundel’

14 Desember
Kuns: ‘Skryf is soos om my vel uit te trek’
’n Onderhoud met Roela Hattingh

17 Desember
Kuns/Nuus: Tekeninge uit Anglo-Boereoorlog in boek vervat

Boeke/Nuus: Nuwe wêrelde vir kinders in dié boeke

18 Desember
Boeke: Boeke vir Desember se leesfees
Boeke24 hoor met watter lekker boeke bekendes en skrywers die vakansietyd deurbring.

Boeke: Boeke24 beveel aan
Vyf boeke vir die Kerskous

Boeke/Nuus: Makrogids binnekort as eboek beskikbaar

22 Desember
Kuns/Nuus: ‘Klein prinsie’ praat Afrikaans in Rosendal

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Desember die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 Desember

  1. Soen deur Jan Vermeulen
  2. 3-in-1 Saartjie Omnibus deur Bettie Naudé  
  3. 3-in-1 Trompie Omnibus deur Topsy Smith  
  4. Die sin van die hut deur Gilbert Gibson  
  5. Liefdesverhale Omnibus 2  

11 Desember

Dia van Staden kies haar gunstelingboeke van 2017:

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Chris van der Merwe
Resensies
2017-12-21

"Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry."

Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie

Dewald Koen
Resensies
2017-12-20

"Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is."

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-12-15

"Dit vertel nie net die storie van die Brynard-familie nie, maar dien ook as platform vir bewusmaking van mense met Downsindroom en hulle uitdagings, is ’n godsdienstige getuienis, en dien ook as ’n verdere platform vir Brynard se werk as motiveringspreker."

Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n resensie

Dawid de Wet
Resensies
2017-12-14

"Hierdie boek hoort in die voertuig wanneer die gesin dié Kersfees die lang pad vat Stilbaai toe. Stop gerus by een van ons land se geskiedkundige plekke en waardeer die lang reis wat ons saam afgelê het."

Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff: ’n boekresensie

Anke Theron
Resensies
2017-12-14

"Hierdie teks is besonders en is ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse kinderliteratuurkorps."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Resensies
2017-12-12

"Vir my ontwikkel hierdie eenvoudige vloeiende verse met goeie ritmiese gang, ’n merkwaardige diepgang op verskillende maniere."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Monica Hammes
Lesersindrukke
2017-12-12

"Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek."

Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-12-12

"Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het."

Krap uit die see deur Fourie Botha: ’n resensie

Ronel Foster
Resensies
2017-12-11

"Hy oorspeel nie sy hand met die simbole en intertekste nie en laat genoeg aan die verbeelding van die leser oor. Ten slotte is dit ’n bundel met die harde karapaks van ’n krap wat die intieme binneste beskerm en telkens weer hernuwe kan word."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-12-08

"Hofmeyr is ’n baie begaafde woordkunstenaar, soos ons reeds weet uit sy musiek. Sy taalgebruik is keurig. Dis gelaai met Bybelse metafore. Die verhaal vloei vinnig."

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-12-06

"’n Klein 'meesterstuk'? Ek gaan 100% akkoord daarmee! Die korter formaat gaan ook moontlik die boek toeganklik maak vir potensiële 'nuwe' lesers van Meyer se werke."

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie

André Wessels
Resensies
2017-12-06

"Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies
2017-12-05

"Dis asof ’n ingeligte verteller ons opwindend voorstel aan die karakters en gebeurtenisse dramaties beskryf. Schoombie is ’n ervare en bekroonde dramaturg, akteur en joernalis. Dit blyk uit die uitstekende dialoog, hoogs geslaagde beeldspraak, toeganklike paragraafbou en ritmiese sinne waarin sommige woorde rym of allitereer."

’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt: ’n resensie

Nanette van Rooyen
Resensies
2017-12-01

"’n Leeftyd later is die memoires van ’n besondere sterk vrou wat haar nooit laat onderkry het deur ontbering, geweld en verlies nie."

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n resensie

AJ Opperman
Resensies
2017-12-01

"Hy het ’n lekker familiêre trant. Val met die deur in die huis in ’n storie oor die en daai of so en so, asof jy ook die karakter jou lewe lank ken."

Koms van die motman deur Chris Karsten: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-12-01

"Koms van die motman is goeie misdaadfiksie, en bied prikkelende vermaak en ontspanning. Dis niks meer nie, maar beslis ook niks minder nie."

Brand: ’n onderhoud met Peet Venter

Peet Venter, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-12-11

"Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou."

My Portuguese feast: an interview with Mimi Jardim

Mimi Jardim, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-12-06

"This book is about a celebration of moods, travels, family, classes – therefore, a feast."

Spieëlbeeld: ’n onderhoud met Franz Marx

Amanda Botha, Franz Marx
Skrywersonderhoude
2017-12-06

Franz Marx: "Om te skryf en te verwoord, dis eintlik die kern van my loopbaan en uiteindelik het ek nou my eerste boek in die hand."

Shisanyama: ’n onderhoud met Jan Braai

Jan Braai, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-12-01

"Braai is die woord wat hierdie aksie van saamkom rondom ’n vuur en kos maak op die vuur en sy kole in al 11 tale in die land beskryf. Dis iets wat elke liewe Suid-Afrikaner al gedoen het, ongeag taal, kultuur of geloof."

 

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

6 Desember
33 palet-items vir die selfdoen-entoesias
Louise Viljoen sê dié stap-vir-stap-instruksies en pragtige kleurfoto’s laat jou hande jeuk om iets moois uit ’n rou palet te maak.

19 Desember 2017
Die De Zalze-moorde
“Die skrywer, Julian Jansen, ’n bekroonde ondersoekende joernalis, skryf in ’n gemaklike verteltrant waarmee baie lesers sal identifiseer. Ek het nie die idee gekry dat hy die gru onderwerp ligtelik hanteer het of tot goedkoop sensasie wou aanblaas nie,” skryf Louise Viljoen.

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Desember 2017

Heindrich Wyngaard resenseer Ware mense deur Bart de Graaff

Oorsigresensie: Deborah Steinmair oor Gister is verby (Juanita Aggenbach) en Cancer: A Love Story (Lauren Segal)  

Marian van Wyk resenseer Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer

Jean Oosthuizen resenseer Geloof Alleen deur André Pretorius

Nuut op die rak: Soek jou wortels op die web

10 Desember 2017

Oorsigresensie: Joan Hambidge oorweeg vier Naledi-digbundels

Christi van der Westhuizen resenseer Woman in the wings deur Carien du Plessis

Chris Burgess resenseer Churchill & Smuts: Die vriendskap deur Richard Steyn

Nuut op die rak: Woeker met jou werkers

17 Desember 2017

Hannelie Booyens resenseer Sitting Pretty: White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa deur Christi van der Westhuizen

Jean Meiring resenseer Die Onaantasbares deur Steve Hofmeyr

Theunis Engelbrecht resenseer 65 Years of Friendship deur George Bizos

Rachele Greeff resenseer Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede deur Hannes Haasbroek

24 Desember 2017

Kortverhaal: ’n Trui vir Cian deur S.J. Naudé

Sumien Brink resenseer isiShweshwe: A History of the Indigenisation of Blueprint in Southern Africa deur Juliette Leeb-Du Toit  

Jeanette Ferreira resenseer Hartlam: Kortverhale oor die liefde (saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair)  

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Heilna du Plooy oor die brieweboek Gespreksgenoot. Dit bevat die briefwisseling tussen prof. Elize Botha en verskeie Afrikanse skrywers. Hans du Plessis gesels oor sy nuwe boek Drie vroue en ’n meisie. Vind meer uit oor Rudie van Rensburg se skreeusnaakse komedie oor bejaardes, Hans steek die Rubicon oor. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Woensdag 13 Desember
Die skrywer Elsa Joubert het onlangs haar 95ste verjaarsdag gevier met die publikasie van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Woensdag 20 Desember
Ilse Salzwedel gesels met James Styan oor Hartebreker, sy biografie oor die hartchirurg Chris Barnard. Nelia Engelbrecht gesels oor haar Poort-reeks vir tieners, en Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Woensdag 27 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunstelingboeke van 2017.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 Desember
Bernard Odendaal lees verse uit Johan Myburg se bundel Uittogboek.

Dinsdag 12 Desember
Amor Tredoux lees minder bekende verse van Marlene van Niekerk, Johann Lodewyk Marais, Shawn Minnies, Clinton du Plessis, Daniel Hugo, Etienne van Heerden en Theunis Engelbrecht.

Dinsdag 19 Desember
Daniel Hugo lees verse uit Clinton V. du Plessis se bundel Aantekeninge teen die skemeruur.  

Maandag 25 Desember
Bernard Odendaal, Joanie Combrinck, Dean Balie, Kim Cloete, Marcel van Heerden en Zenobia Kloppers lees verse oor die Kersgebeure.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Op 12 Desember het Louise Viljoen se resensie van Die sin van die hut deur Gilbert Gibson verskyn

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Desember die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

8 Desember
’n Bespreking van Boereverneukers deur Izak du Plessis en Die Onaantasbares deur Steve Hofmeyr

15 Desember
’n Resensie van Gespreksgenoot, ’n versameling van Elize Botha se korrespondenise, saamgestel deur Heilna du Plooy

22 Desember
’n Bespreking van Jennifer Friedman se memoires, Queen of the Free State

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2017 appeared first on LitNet.

Viewing all 1452 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>