Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1429 articles
Browse latest View live

Moedertaalonderrig in die kollig

$
0
0

Onderstaande is ’n uitgebreide weergawe van ’n inset gelewer deur Ria Olivier tydens die AON (Afrikaanse Onderwysnetwerk) en RSG se radioseminaar Moedertaalonderrig: ’n kind se hupstoot tot sukses in die lewe wat op 23 Februarie uitgesaai is.

Ria Olivier (Foto: verskaf)

Daar is ’n Arabiese uitdrukking wat sê ’n persoon se krag lê in sy verstand en in sy tong. Die verband tussen hierdie gesegde en die belangrikheid van moedertaalonderrig is vanselfsprekend. Dit is immers deur jou moedertaal dat jou denkvermoëns ontwikkel asook jou vermoë om jou denke te verwoord.

Die onkunde, in sommige gevalle selfs vermetelheid, onderliggend aan die bewering dat daar geen intrinsieke waarde in moedertaalonderrig steek nie, met ander woorde dat die moedertaal nie noodwendig vir ’n kind ’n hupstoot tot sukses in die lewe is nie, is verstommend. Dit is ’n stelling wat mens nogal dikwels hoor by Engelssprekendes wat self ál die voordele van moedertaalonderrig geniet het, maar nou daarop aandring dat dit nie net goedkoper sou wees nie, maar ook doeltreffender om kinders met ’n ander moedertaal in Engels te onderrig.

By die Afrikaanse Taalraad se Onderwyskonferensie in 2010 het Neville Alexander hierdie soort redenasie bestempel as (en ek haal hom aan): “een van die brutaalste drogstories van die 20ste eeu”. Hierdie befaamde ridder van moedertale, soos na Alexander verwys is, het spesifiek verwys na die mislukking van dekades van Engelsmediumonderrig aan leerders wat ’n Afrikataal as moedertaal het  – inderdaad ’n bankrot beleid en praktyk wat deur die droewige statistiek bevestig word. Dít terwyl die moedertaal die basis vorm van onderwys in die meeste lande in die wêreld, en kan ek met nadruk byvoeg, die meeste welvarende lande in die wêreld.

Dat moedertaalonderrig die effektiefste instrument is vir persoonlike ontwikkeling, selfverwesenliking en die vermoē tot ’n volhoubare lewensbestaan word deur die statistiek, wêreldwyd en ook hier plaaslik, bevestig. Die teenoorgestelde geld egter in situasies waar kinders of studente nie hul mees bemagtigende instrument vir lewensvordering kan benut nie.

Die Taalraad kry daagliks te doen met die ontmagtigende ervarings van jongmense wat gekonfronteer word met onderrig en leer in ’n ander taal as hul moedertaal. Ek self was voorheen betrokke by ’n bemagtigingsprojek vir landelike gemeenskappe waar ek eerstehands die volslae teleurstelling beleef het van toppresterende matrikulante afkomstig van Wes-Kaapse plase wat nie in ’n Engelse leeromgewing die mas kon opkom nie. Die reddelose hartseer van die ouers wat vir hul kinders ’n beter lewe begeer het as wat hulle self gehad het, sal my altyd bybly.

Wat sê die navorsing?

Navorsing wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, het onomstootlik bewys dat moedertaalonderrig vir leerders en studente deure tot sukses oopsluit, met ander woorde dat dit vir hulle ’n hupstoot tot sukses bied. Dit toon ook dat wanneer moedertaalonderrig vir jongmense ontsê word, dit vir hulle deure tot sukses toeklap, hulle kniehalter. Derhalwe is daar oor die wenslikheid van moedertaalonderrig, veral in die eerste skooljare, by taalkundiges en opvoedkundiges geen twyfel nie.

Wanpersepsies oor Afrikaanse moedertaalonderrig en -opleiding:

Daar is baie Afrikaanse ouers wat meen dat hulle hul kinders ’n hupstoot tot lewenssukses kan gee deur hulle Engels groot te maak. Die wanperspepsie hier is dat Afrikaansmediumonderrig en -opleiding die kanse op lewenssukses verskraal. Dis egter al oor en oor bewys dat ouers se keuse vir niemoedertaalonderrig en -opleiding juis hulle kinders kniehalter. Talle leerders pluk die wrange vrugte van hul ouers se oningeligte keuses.

Gekniehalter deur gebrekkige taalvaardigheid, in sommige gevalle selfs taalverwardheid, ondervind sulke kinders dikwels erge leeragterstande, wat tot vroeë skoolverlating lei, met laag besoldigde werk of werkloosheid as die treurige gevolg. Baie van hierdie vroeë skoolverlaters wend hulle tot anti-sosiale gedrag, en sommige word deel van die misdaadstatistiek. Daarteenoor is daar die talle suksesverhale van leerinstellings waar leerders die hupstoot van Afrikaanse moedertaalonderrig geniet.

Illustrasie: Pixabay.com

Vir Afrikaanse ouers wat hul kinders graag Engels wil laat leer weens die voordele daarvan, bv. in die werkplek, het die Taalraad ’n duidelike boodskap: Bemeester Engels deur Afrikaans. Want dis bewys dat moedertaalvaardigheid die basis vorm vir suksesvolle verwerwing van ’n ander taal of tale. So gesien, bied die moedertaal ’n dubbele hupstoot tot sukses in die vorm van veeltaligheid, wat ’n vereiste is in ons veeltalige samelewing en sekerlik ’n voorsprong bied wanneer om werk aansoek gedoen word.

Daar rus myns insiens ’n dure verpligting op Afrikaanssprekendes wat self ál die voordele van moedertaalonderrig geniet het, om hulle te beywer om wanpersepsies oor moedertaalonderrig in die algemeen, en Afrikaanse moedertaalonderrig en -opleiding in die besonder, met alle mag tot hul beskikking teen te staan.

Die Taalraad het daarom met waardering kennis geneem van prinsipale van skole in die Kaapse Metropool wat in die belang van hul leerders Afrikaansmediumonderrig heringestel het – in weerwil van die ouers se aandrang op Engelsmediumonderrig. Die gevolg hiervan? ’n Onmiddellike verbetering in leerderprestasie. Kniehalter moedertaalonderrig? Allermins. Dit bied eerder ’n allemintige hupstoot tot sukses – leersukses op alle vlakke, en uiteindelik lewenssukses – soos talle van ons kan getuig.

The post Moedertaalonderrig in die kollig appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer

$
0
0

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks “Die wêreld van die skrywer” vertel Carolyn Meads, fiksie-uitgewer by Kwela Boeke en bestuurslid van PEN Afrikaans, meer oor boeke in Kaaps uitgee. Sy skets ook die historiese agtergrond en steek by skrywers kers op.

Carolyn Meads (foto: verskaf)

Die eerste tekste in Kaaps het al in die vroeë 1800’s verskyn, die eerste gedrukte boek in Kaaps, Gablomatiem, vermoedelik in 1856. Kaaps is egter lank as letterkundige taal misken. Maar nou is daar weer ’n oplewing in publikasies in dié variëteit. Kyk maar na die digbundels van Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal, en die novelle Kinnes (Kwela, 2018) deur Chase Rhys.

Geskiedenis van Kaaps

Dit is algemeen bekend dat Afrikaans sy oorsprong kan terugvoer na die koms van Nederlanders aan die Kaap en die kontak tussen tale wat hier plaasgevind het. Dié kontak was naamlik tussen Nederlands en enkele ander Wes-Europese tale, die Khoekhoegowab van die inheemse bevolking, en die Maleis, Javaans, Portugees, ensovoorts van die slawe wat uit Asië en die Ooskus van Afrika (insluitend Madagaskar) gebring is. Dit is egter minder bekend dat die eerste vorm van die taal wat toe ontstaan het inderwaarheid Kaaps was. Ook dat die eerste Afrikaanse tekste in Kaaps geskryf is – in Arabiese skrif!

Selfs voor die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) in 1652 ’n verversingspos aan die Kaap gestig het, was daar sporadiese kontak tussen Nederlands, Maleis en Khoekhoegowab. Só skryf Christo van Rensburg in So kry ons Afrikaans (Lapa, 2012). Dié kontak was weens Nederlanders wat na die Ooste gereis het, waar hul Nederlands deur Maleis en ander tale beïnvloed is. Hulle het soms in die Kaap aangeland op pad terug, waar hulle Khoekhoegowab gehoor het. Partykeer was hierdie Nederlanders skipbreukelinge. ’n Nederlandse ekspedisie in 1611 het byvoorbeeld die woord “kanna” by die Khoekhoe geleer. “Vandag is baie van daardie eerste woorde steeds deel van Kaaps,” skryf Van Rensburg.  

Ná die stigting van die verversingspos en die koms van die slawe in 1658 het die kontak tussen dié tale uiteraard verhoog en ’n groter impak gehad. Verskeie akademici benadruk in die boek Kaaps in fokus (African Sun Media, 2016), saamgestel deur Frank Hendricks en Charlyn Dyers, dat die variëteit Kaaps die produk van dié kontak was. In een van die artikels in Kaaps in fokus noem Van Rensburg woorde wat reeds in daardie vroeë Kaaps gebruik is, soos “wate” (water) en “vagiet” (vergeet).  

In Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (SBA, 2018) skryf Hein Willemse dat slawe en politieke bannelinge uit Asië Islamitiese skole aan die Kaap die Goeie Hoop gestig het waar Kaaps sedert ongeveer 1815 as godsdienstaal ingespan is. Willemse se boek is ’n verwerking van Achmat Davids se The Afrikaans of the Cape Muslims (Protea, 2011). Davids het bevind dat godsdienstige geskrifte in daardie tyd in Afrikaans geskryf is, in Arabiese skrif wat aangepas is om die klanke van gesproke Kaaps weer te gee. Vier-en-sewentig van hierdie geskrifte is ontdek. Van die woorde uit die godsdienssfeer wat in Kaaps behoue gebly het, sluit volgens Willemse in “kanalla” (asseblief), “sjoekran” (dankie) en “motjie” (vrou).  

Davids het ook tydens sy navorsing bevind dat daar talle verwysings is na ’n boek wat in 1856 in Kaaps gepubliseer is, getiteld Gablomatiem. Geen kopie het behoue gebly nie, maar daar is genoeg bewyse dat dit die eerste gedrukte boek in Afrikaans is en dat dit in die variëteit Kaaps geskryf is.

Die oudste Afrikaanse publikasie in Arabiese skrif wat behoue gebly het, is Abubakr Effendi se Bayān nūd dīn (of Bajaan Oedien) wat in die1860’s geskryf en in 1879 gepubliseer is. Dit is ook die eerste boek in Kaaps wat van Arabiese skrif na Romeinse skrif toe oorgeskakel is (in 1881). Willemse wys op sekere Kaapse kenmerke in die teks, byvoorbeeld “miril” (middel), “maragh” (middag) en “noeragh” (nodig).  

Ná 1795, toe Brittanje die Kaap beset het, het die Khoekhoe en Vryburgerboere binneland toe getrek en die verdere kontak tussen hul tale het ander variëteite van Afrikaans tot gevolg gehad, hoewel dit ook invloede van Kaaps oorgehou het. Gesamentlik word daar volgens Van Rensburg na dié variëteite verwys as Grensafrikaans.

Afrikaans gestandaardiseer, Kaaps misken

Die Genootskap vir Regte Afrikaners wat in 1875 gestig is, het die verengelsing van die Kaap as ’n bedreiging vir Afrikaans gesien. Hulle doel was om Afrikaans te verhoog van spreektaal na skryftaal deur byvoorbeeld die opstel van taal- en spelreëls, die saamstel van woordeboeke, die publiseer van koerante, en die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Willemse erken in Kaaps in fokus dat die standaardisering ’n “besondere prestasie” is, maar beween die feit dat dit só gerig is “dat betekenisvolle seksies van die Afrikaanse spraakgemeenskap, meesal nie-wit sprekers, deurlopend uitgesluit is”. Die geskiedenis wys duidelik dat Afrikaans ontstaan het uit “die samekoms en wedersydse invloed van wit en swart”, maar die standaardisering van Afrikaans is deur bepaalde groepe aangewend om ’n wit nasionalistiese agenda te bevorder wat hierdie invloed misken het. Volgens Michael le Cordeur het die proses die “kreoolse aard” van Afrikaans ontken, terwyl die taal “gesuiwer is” van Khoe- en slawe-invloede. Die gevolg is dat Kaaps volgens Hendricks “bewustelik omseil” is – ’n situasie wat tot in die hoogbloei van apartheid voortgeduur het.  

Met dié dat Afrikaans met nasionalistiese Afrikanerdom verbind is, het daar ’n verdeling volgens ras plaasgevind tussen sprekers van Afrikaans en sprekers van die Kaapse variëteit. Onderdrukking op grond van ras het veroorsaak dat ’n werkersklas-identiteit aan Kaaps toegedig is. Die Groepsgebiedewet het ook ’n geografiese verdeling teweeg gebring. “Dat verskillende groeperinge binne die Afrikaanse gemeenskap vir so lank apart van mekaar gewoon het, sou daartoe lei dat hulle ook talig verder van mekaar sou groei. Sprekers van Kaaps en sprekers van Standaardafrikaans sou mettertyd in ’n ons-teenoor-hulle-verhouding verstrengel raak,” verduidelik Le Cordeur. Standaardafrikaans is deur die apartheidsregering bevorder terwyl Kaaps gemarginaliseer en gestigmatiseer is. Dyers meen dat dit waarskynlik die mees gestigmatiseerde variëteit van Afrikaans is.

Kaaps tydens apartheid

Adam Small is een van die enkele bruin skrywers wat Kaaps tydens apartheid in hoë letterkunde ingespan het, juis om stigmatisering teen te werk. SV Petersen en Peter Snyders het ook in dié tyd Kaaps in hul werke gebruik. Van Rensburg skryf dit is interessant om Small se “keuse van Kaaps in sy literêre werke te sien as ’n protes teen die gebruik van gestandaardiseerde Afrikaans. Gestandaardiseerde Afrikaans was die medium van die regeerders, wat soveel regte van die mense wat Kaaps praat, aangetas het”.  

Small verwoord self sy gevoel oor Kaaps in die voorwoord van die hersiene uitgawe van sy digbundel Kitaar my kruis (Haum, 1973) soos volg: “Kaaps is ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, dra: die volle lot, hulle volle lewens ‘met alles wat daarin is’; ’n taal in die sin dat die mense wat dit praat, hul eerste skreeu in die lewe skreeu in hierdie taal, al die transaksies van hul lewens beklink in hierdie taal, en hul doodsroggel roggel in hierdie taal. Kaaps is nie ’n grappigheid of snaaksigheid nie, maar ’n taal.”

Small het indertyd nie voldoende erkenning vir sy letterkundige bydrae gekry nie. Dit is eers in 2012 dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Small se drama-oeuvre met die Hertzogprys bekroon het.

Post-apartheid: Belangrikheid van publisering in Kaaps

Nou, na apartheid, sien ons ’n nuwe opbloei van letterkunde in Kaaps wat stigmatisering teenwerk. Die geskiedenis het gewys dat Kaaps in die vroegste tye as geskrewe taal aangewend is en dat dit uitdrukking kon gee aan hoë filosofiese en godsdienstige idees. Maar hierdie geskiedenis is misken. Om te wys dat Kaaps veel meer as ’n gesproke variëteit is, is die uitgee van boeke in Kaaps van uiterste belang. Gepubliseerde boeke kan in aanmerking kom vir pryse. En uiteindelik kry boeke in Kaaps nou deur middel van groot literêre pryse erkenning.

Ronelda Kamfer het die Eugène Maraisprys in 2009 ontvang vir haar debuutdigbundel, Noudat slapende honde (Kwela, 2008). Sy gebruik veral Kaapse woordeskat. In November verlede jaar het haar vierde bundel, Chinatown (Kwela 2019), verskyn. Nathan Trantraal se debuutdigbundel in Kaaps, Chokers en Survivors (Kwela, 2013), is in 2014 met ’n ATKV-Woordveertjie en in 2015 met die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy tweede digbundel, Alles het niet kom wôd (Kwela, 2017), het ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys (SALA) in 2019 ontvang. Trantraal se derde digbundel, Oolog (Kwela, 2020), het in Februarie vanjaar verskyn. Chase Rhys se novelle, Kinnes, wat volledig in Kaaps geskryf is, is met die 2019 KykNET-Rapportprys in die filmkategorie bekroon. Kortverhale deur Trantraal en Rhys is in die Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Human & Rousseau, 2019) opgeneem. Dit wys hoe Kaaps geleidelik in die Afrikaanse kanon geïnkorporeer word. Die gewilde handelsnaam Vannie Kaap het ook in die afgelope paar jaar baie gedoen om ’n gevoel van trots ten opsigte van Kaaps aan te wakker. Die stigter van Vannie Kaap het pas onder die skrywersnaam Bernie Fabing ’n boek van memes uitgegee, getiteld Is alles oraait byrie hys?. Dit bevat materiaal in Kaaps wat op hul webtuiste en sosiale mediaplatforms gedeel is, asook nuwe memes.

Ek het van hierdie skrywers gevra hoekom dit vir hulle belangrik is om in Kaaps uit te gee.

Trantraal beklemtoon die voordele om jou in jou huistaal uit te druk. “It is vi my belangrik om inne taal te skryf waa in ek qualified voel,” sê Trantraal. “’n Taal wat ek goed genoeg ken om rond te speel mee. Oek, ek praat Kaaps. Hoekom sal ek nie in Kaaps skryf ie?”

’n Mens se leefwêreld is nou verbind aan jou taal. Om dit op outentieke manier uit te beeld, is dit beter om jou huistaal te gebruik. “Te veel Kaapse stories word vanuit ’n buite-perspektief vertel ennie narrative fokus meestal oppie lielikste aspekte vannie gemeenskap. Ek skryf in Kaaps sodat ek my eie kultuur kan curate,” sê Rhys. “As skrywer binne-innie gemeenskap moet ek baie versigtig wies oor wat ek kies om oorie Kaapse Vlakte te wys, want kuns het real-life gevolge. Daas ’n sensitiwiteit wat nodig is virrie vertel van Kaaps-verhale.”

Die wanpersepsie bestaan dat ’n skrywer in Engels moet skryf en publiseer om gelees te word en verkope van sy/haar boek te verseker, maar dit is nie waar nie. In Suid-Afrika is daar ’n lojale Afrikaanse lesersmark wat graag Afrikaans lees en boeke in dié taal koop. Trouens, plaaslike Afrikaanse boeke verkoop beter as plaaslike Engelse boeke. Engelse boeke wat in Suid-Afrika geskryf en gepubliseer word, moet meeding met ’n oorvloed Engelse boeke wat van die VSA en VK ingevoer word. Afrikaanse boeke kan egter net in Suid-Afrika gekry word. Dit geld ook vir die variëteit Kaaps. Jy gaan nie iewers anders in die wêreld Kaaps kry nie. Mense wil boeke in hul huistaal lees en kan dit net hier kry.

Dit is belangrik vir lesers om te sien dat hulle in boeke verteenwoordig word. “Representation matters,” sê Fabing. “It matters in every sphere of societal influence, including literature. There isn’t enough written Kaaps to match the widespread presence of spoken Kaaps. This has to change . . . aspris.”

Verskeie akademici, byvoorbeeld Dyers, Willemse en Le Cordeur in Kaaps in fokus, meen dit is veral belangrik dat skoolkinders hulself en hul huistaal in voorgeskrewe materiaal moet herken. “Onderwysers behoort toegerus te word met vaardighede om ’n bewustheid van die plek en waardigheid van niegestandaardiseerde Afrikaanse variëteite te waardeer en te bevorder,” skryf Willemse. As dit nie gebeur nie kan kinders wat Kaaps praat, volgens Dyers, ’n minderwaardigheidsgevoel ontwikkel. Dit stem hul negatief tot Afrikaans-onderrig in geheel en kan hul akademiese prestasie beïnvloed. Vir Kaaps om in onderrig geïnkorporeer te word, moet daar egter boeke bestaan wat voorgeskryf kan word. Dit is ’n verdere voordeel van publikasie in Kaaps.

Trantraal bewys dat Kaaps in ’n akademiese opset gebruik kan word – selfs op tersiêre vlak:  “Ek het my dissertation en thesis in Kaaps geskryf en ek het geslaag mette distinction. Soe, wat annes kan jy nog nie in Kaaps doenie? Sê vi my, dan sal ek jou wys hoe doen ek it, rus-rus.” Hy bied vanjaar ’n meestersgraad oor Kaaps in Kaaps by Rhodes-Universiteit aan.

Daar is ook uitdagings wat die uitgee van boeke in Kaaps betref. Ironies genoeg is dit, volgens Fabing, dieselfde uitdagings wat Afrikaans in die gesig gestaar het toe dit ondergeskik aan Nederlands geag is. Dit word gesien as die “los kind” van iets meer “suiwer” en dus nie ’n geskikte taal om in te publiseer nie. Dit is hierdie persepsie wat hy probeer verander. Oor Kaaps sê hy: “It was swept under the carpet, maa ek en my anne brasse staan hie met vacuum cleaners nou; ôs garrit trug yt syg.”

Die grootste uitdaging volgens Trantraal is “dat daa nie woordeboeke in Kaaps issie. En daa is niks autocorrect in Word vi Kaapse woorde nie. It is swaa om consistent te bly in terms van spelling en grammar, etc. En jy gie baie energy weg annie hele process van alles ’n honned kee te lies om te sien of jy een woord dieselfde spel orals. Dai is energy wat annie creative process behoot, soms voel ek soese taal engineer meer asse writer”.

Dit is ’n uitdaging wat deur vaste spel- en taalreëls vir die variëteit die hoof gebied kan word, met ander woorde ’n standaardisering van Kaaps wat taalkundige legitimiteit daaraan verleen. Trantraal het met Hendricks saamgewerk om die reëls vir sy gebruik van Kaaps te bepaal. “En als wat ek skryf is based op sound linguistic rules,” sê Trantraal. “Ek hettie net goed opgemaak soesit vi my gevoel et ie.”

Hendricks gee ’n taalkundige beskrywing van Kaaps in Kaaps in fokus. Hy dui byvoorbeeld op ontronding (“hys” vs. “huis”), klanke wat hoër of laer of korter uitgespreek word (“loep” vs. “loop”; “briek” vs. “breek”; “lastag” vs. “lastig”; “gan” vs. “gaan”), klanke wat wegval (“hie” vs. “hier; “wan” vs. “want”; “sôg” vs. “sorg”), en verskille by werkwoordvorme (“sal” vs. “sou”). Voorts dui hy ’n woordeskatlys aan, byvoorbeeld: “berk” (kêrel) en “witbene” of “witbiene” (dood).

Die publisering van boeke in Kaaps kan ook help met die standaardisering van die variëteit.

 “Standardisation begin by skrywers wat innie taal skryf,” verduidelik Trantraal. “Soe meer daa is om mee te wêk, soe makliker issit vi academics om te begin lee wattie rules vannie taal is. Ennit is iets wat baie tyd sal vat dink ek.” Publikasies in Kaaps skep ’n korpus waaruit woordelyste, woordeboeke, taalgidse en dies meer saamgestel kan word. Volgens hom sal dit help as elke skrywer wat in Kaaps skryf nie sy eie stel reëls opmaak nie. Alle skrywers is egter nie besorg hieroor of oor die standaardisering van Kaaps nie.

Nie net Kaapse woordelyste sal baat vind by verdere publikasies in Kaaps nie, maar ook bestaande woordeboeke in Standaardafrikaans wat bygewerk word. Hendricks benadruk dat Kaaps nie as ’n bedreiging vir Standaardafrikaans gesien moet word nie, maar eerder as ’n verryking van die taalskat. Hy meen die toekoms van Afrikaans lê daarin om Kaaps en byvoorbeeld Oranjerivierafrikaans as voedingsbron te benut “in diens van alle groeperinge wat hulle met Afrikaans vereenselwig”. Die mees onlangse uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (Pharos, 2017) bevat byvoorbeeld heelwat woorde uit Kaaps en Oranjerivierafrikaans, byvoorbeeld “poenankies” (oulik).

Heelwat is al gedoen om die stigmatisering van Kaaps teen te werk en erkenning aan die variëteit te gee, maar meer kan nog gedoen word. Die hoop bestaan dat nog skrywers na vore sal tree wat in hul huistaal, Kaaps, wil publiseer.

Carolyn Meads is die fiksie-uitgewer by Kwela Boeke, ’n druknaam wat ten doel het om diverse stories uit te gee wat nie vantevore gehoor is nie. Hierdie artikel het oorspronklik in Kaapse Bibliotekaris, Vol. 64, no.1, Jan/Feb 2020 verskyn.  

The post PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer appeared first on LitNet.

SA Akademie kondig wenner van Jan H Maraisprys 2020 aan

$
0
0

Die Jan H Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan die regsgeleerde, Jean Sonnekus, van Johannesburg. Die prysgeld van ’n halfmiljoen rand as erkenning vir sy lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans sal later vanjaar ná die einde van die tydperk van COVID-19-inperking by ’n funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word.

Jean Sonnekus (foto: Jan Potgieter)

Hierdie besluit is vanoggend bekend gemaak deur die voorsitter van die keurkomitee, Andreas van Wyk, oudrektor van die Universiteit Stellenbosch.

Sonnekus, een van Suid-Afrika se bekendste akademiese regsgeleerdes, is in 1951 in Pietermaritzburg gebore. Hy behaal die BA-graad in die Regte in 1970 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Dieselfde instelling ken in 1972 ’n LLB-graad cum laude aan hom toe, waarna hy sy nagraadse studie aan die Rijksuniversiteit Leiden in Nederland voortsit, soos vele Suid-Afrikaanse regsgeleerdes oor die jare heen. In April 1976 promoveer hy daar as doktor in die regsgeleerdheid met ’n proefskrif oor die privaatregtelike beskerming van die huwelik.

Sy loopbaan as akademikus begin hy met ingang 1976 in Johannesburg aan sy alma mater as senior lektor in privaatreg. In 1981 word hy daar tot medeprofessor en in 1984 tot professor bevorder. Van 1996 tot 1999 tree hy op as voorsitter van die Departement Privaatreg. Aan die einde van 2016 het hy met amptelike pensioen uitgetree by wat intussen die Universiteit van Johannesburg geword het.

Jean Christoph Sonnekus het oor die afgelope 45 jaar 18 boeke of hoofstukke in boeke en meer as 300 wetenskaplike artikels geskryf, vele daarvan internasionaal en grotendeels in Afrikaans. Hy het hom deurgaans, ook as redakteur van die Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, sterk beywer vir Afrikaans as regstaal.

Vir sy werk is Sonnekus deur die Nasionale Navorsingstigting as ’n B1-navorser gegradeer vir die internasionale erkenning wat hy geniet as ’n vooraanstaande internasionale kenner van die huweliksgoederereg en die sakereg. In 2002 ontvang hy die Toon van den Heever-prys vir Regswetenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en twee keer die ATKV-prys vir die beste artikel in Afrikaans in ’n vakkundige tydskrif (2013 en 2019).

Jean Sonnekus is getroud met Liesbeth en die egpaar het vier kinders.

Die jaarlikse Jan H Marais-prys is in 2015 ingestel deur ’n besluit van Het Jan Marais Nationale Fonds, Naspers en die Universiteit Stellenbosch. Al drie instellings het hulle ontstaan te danke aan die versiende steun van Johannes Henoch Marais (1860–1915) van Stellenbosch, wat saam met sy broers in die 1870’s hulle fortuin op die Kimberleyse Diamantveld gemaak het. Jannie Marais was ’n groot ondersteuner van Afrikaans as ’n akademiese en literêre taal.

Die Jan H Marais-prys vir ’n lewensbydrae tot akademiese Afrikaans word geadministreer deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurkomitee van vooraanstaande akademici uit verskillende dissiplines het vanjaar bestaan uit  Andreas van Wyk (Stellenbosch), Albert Grundlingh (Stellenbosch), Christof Heyns (Pretoria en Genève), Debra Meyer (Johannesburg), Piet Steyn (Stellenbosch) en Johan van Zyl (vroeër van SANLAM). Dit is die laaste jaar dat Van Wyk in hierdie rol sal optree.

Lees Jean Sonnekus se volledige Curriculum Vitae hier.

The post SA Akademie kondig wenner van Jan H Maraisprys 2020 aan appeared first on LitNet.

Joan Hambidge (1956–)

$
0
0

Gebore en getoë

Joan Helene Hambidge is op 11 September 1956 in Aliwal-Noord gebore, naasoudste van vier dogters. Haar pa se voorgeslagte was Iers en haar ma Afrikaans.

Sy begin haar skoolloopbaan in Aliwal-Noord, maar omdat haar pa in die versekeringsbedryf was, trek hulle baie en gaan sy skool in Witbank en Pretoria (Hoërskool Wonderboom) en matrikuleer aan die Hoërskool Standerton. In standerd 4 (graad 6) skryf sy in vir die Transvaler se poësiewedstryd en wen R5 met ’n gedig wat begin met "die verlange passeer vannag in my". Dit is ook dan voorlopig die einde van haar digwerk.

Joan vertel tydens die Woordfees van 2014 dat haar eerste reise as kind per bus van Pretoria se middestad na Sunnyside was. Sy het vir haar pa by sy werk gaan kuier en terwyl sy gewag het, het sy hierdie reis in die kleine aangepak.

Op skool is Joan ’n stil, introverte kind en in standerd 8 besluit sy al manier waarop almal haar gaan uitlos, is as sy begin presteer. In matriek ontvang sy die beheerraadsmedalje vir die beste matriekuitslae. Sy besoek die biblioteek gereeld en lees al die "wilde" stories wat hulle as kinders nie mag gelees het nie, soos Konsalik en die fotoverhaal Die Ruiter in swart. Dit het egter gou tot haar deurgedring dat kinderboeke nie die werklikheid aanbied soos wat dit is nie. Terwyl sy ’n jong student was, het sy vakansies die platteland besoek met boeke uit die klassieke wêreldliteratuur onder haar arm.

Verdere studie en werk

Joan gaan na die Universiteit Stellenbosch vir verdere studie en in 1979 verwerf sy haar BA Honneursgraad daar. Sy voltooi haar MA-graad aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Elize Botha; haar tesis is getiteld "Die ek-verteller in die belydenisroman". Sy skryf haar in vir ’n PhD aan Rhodes-universiteit en onder André P Brink se leiding verwerf sy dit in 1985 met haar tesis "Die metaroman – ’n dekonstruksie-ondersoek".

Van 1980 tot 1992 doseer sy algemene literatuurwetenskap aan die Universiteit van die Noorde. In 1990 word sy aangestel as hoogleraar in Afrikaans aan die Universiteit van die Noorde, en in Julie 1992 as senior lektor in Afrikaanse poësie aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy tot vandag haar kennis met studente deel. Vandag doseer sy egter kreatiewe skryfwerk in poësie aan nagraadse studente. In 2007 was sy ook direkteur van die Skool vir Tale en Letterkundes, en benewens die kursus in kreatiewe skryfwerk bied sy ook kursusse in gender en letterkunde aan.

In 2006 word Sean O’Toole, ’n student van Joan, se kortverhaal "The road to Rephile" aangewys as wenner van die SA Pen literêre prys. Joan het ook ’n ruk lank aan die Universiteit van Yale in die VSA navorsing gedoen oor literêre teorie. In Mei 2003 lewer sy haar professorale intreerede aan die Universiteit van Kaapstad. Die titel van haar rede is "Whose inaugural is it anyway? Modern criticism in crisis".

In 2001 behaal Joan haar tweede doktorsgraad, dié keer in kultuurstudies, aan die Universiteit van Kaapstad. Die titel van haar proefskrif was "Gender-konstruksie in die Afrikaanse letterkunde: ’n ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk".

Binne vyf jaar na haar studies bou Joan vir haar ’n reputasie op as een van die mees omstrede literêre figure in Suid-Afrika. Sy skroom nie om haar sê te sê nie en is altyd gereed om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuigings te verdedig. Volgens Louise Viljoen is dit "vir enige letterkunde gesond om so ’n uitgesproke persoon met so ’n sterk strydende ingesteldheid te hê. Dit keer dat mense selfgenoegsaam word, en wys ook die letterkunde is nie ’n keurige, hoogheilige bedryf nie."

Joan wou advokaat word, en ook mediese dokter, maar gelukkig het haar ouers haar na die letterkunde toe gedwing, wat sy vandag as die regte keuse beskou. Sy beleef die lewe ten volle, is versot op reis en gaan elke jaar oorsee – om die lewe te sien. Haar ouma Hannah Loubser, ’n suster van Maggie Laubser, het ook die wêreld vol gereis en dit is dalk by haar dat Joan haar reislus geërf het.

Reis het die sentrale metafoor van haar lewe geword: "Dis wonderlik om die wêreld te sien, maar daar’s ook die innerlike reis, om tot ’n soort persoonlike klaarheid te kom." Joan het ook gereeld vir Die Burger se bylae By ’n reisrubriek, "Wegkomkans", geskryf.

Oor haar reistasse skryf Joan in 2003 in Die Burger: "My eerste reistassie op ouderdom vyf dra ek elke dag saam. Vreemd genoeg, nooit weggeloop met hierdie boksbruin tassie. Binne-in toebroodjies, ’n pen en een van my pa se boeke, nogal ’n roman van Graham Greene. Later sou ek lees hoe hy vertel dat ’n kind reeds vroeg sy lot aanvoel en op die banke van die Oranje-rivier – kwalik ses – wou ek my susters op ’n wintersdag teen die verbeelde vloed beskerm. Later sou ek ver reis. Van my ouerhuis met ’n bloedrooi stel vinieltasse op die Trans-Karoo. Die ‘vanity case’, eerste oorbodig, soos ’n hoededoos. My klere gemakliker en losser. Dié rooi reistasse karwei universiteitsvakansies vele boeke vir ’n somer op die Hoëveld. ’n Leertas in Griekeland, ’n ekstra sak in Amsterdam wat ruik na jenewer, ’n gekleurde Benetton (geskenk van ’n minnares), ’n duur ‘state of the art’-tas wat ’n ander een abba reis saam oor verre oseane en gebergtes. In Egipte aanskou ek woedend hoe ’n werker my leertas in rooisand neersmyt; besef onthuts ’n kamera is uit my sak geskaai. Nooit ’n tas verloor of toegelaat dat iemand vir my tas dra. Reis dikwels weg om iemand uit my hart te weer. Op die sjinkansen met die abba-tas op die rug pendel ek van Tokio na Kioto na Osaka. Slenter deur Suid-Amerika met net ’n nylonsak. Koop na vyf weke splinternuwe klere in Rio de Janeiro. In elke tas of sak ’n potlood en notaboek vir die neerpen van’ 'n verdraaide raaisel. Oor hierdie geslote baan veelvuldig gedig. ‘Travelling light’ my motto al was die hart hoe swaar. Soveel hemde, broeke pas netjies presies in die tas se lyf: amper nes ’n mens se bont binnegoed. Vreemd ook, geen tas ooit weggegooi al is dit hoe verslete want daardie tas is ’n dagboek, ’n memento, ’n opgaarder van al my drome, ’n argief van helder herinneringe: soos die geheime onbewuste."

Na die eerste poging in haar laerskooljare begin Joan weer in 1983 ernstig poësie skryf. Sy debuteer in 1985 met Hartskrif en dit is die begin van ’n baie produktiewe skryfloopbaan. Die pryse het nie agterweë gebly nie. In 1986 wen sy saam met Deon Opperman, die dramaturg, die Eugène Marais-prys; haar wenbundel is getitel Bitterlemoene (1986). In 1999 volg die Litera-prys van die letterkundige tydskrif Literator vir haar gedig "Eugène N Marais (1871–1936)" en sy ontvang ook die Poetry Institute of Africa se tweede prys vir "’n Gedig plagiariseer die werklikheid".

André Brink beskryf Joan in ’n Rapport van 1987 as "een van die heel beduidendste stemme van die Tagtigs". En in dieselfde jaar praat TT Cloete van haar "ryp, boeiende visie". Vroeg in haar skrywersloopbaan vertel sy dat sy tussen drie-uur snags en sesuur soggens skryf, want "wanneer die ritme van die liggaam op sy laagste is, is ’n mens die naaste aan jou onbewuste". Temas waarna sy gereeld terugkeer in haar poësie, is familie, die dood, die digkuns, reis, portrette van digters en bekendes.

Oor Bitterlemoene skryf Pieter van der Lugt in Die Burger (26 Februarie 1986) dat dit tematies by Hambidge se debuut, Hartskrif, aansluit en dat dit veral handel oor "the unbearable lightness of being single", of so iets. "Sowat van verwikkeldheid sien jy selde," skryf Van der Lugt. "Helfte van die verse vreet deur die draad aan die (dikwels groener) gras van ander se werk. Die res roep na kraalmaats met eenderse gene in een van die bundel se elf afdelings. Byna al haar ervarings word aan die hand van aanhalings en verwysings verwoord. Sy roep soveel gevormde kuns op voor sy háár kunsies wys, dat sy uiteindelik doer op die plato-rand van die Ideëryk bly staan. Tensy ’n mens daarvan hou om vangtoue om verwysings van eenderse vere te gooi of graag peins oor allures en aanhalings, voel ’n mens ontuis in dié bundel."

Joan het in ’n brief aan Die Burger vir Van der Lugt ligweg oor die vingers getik omdat hy na haar mening verkeerde aannames gemaak het.

In Die Burger van 3 Maart 1988 het Van der Lugt hom redelik kras uitgespreek oor Palinodes (1987) en te kenne gegee dat daar nie veel nuut in die bundel is nie. Die bundel bevat "hoogstens klemverskuiwings. Daar is ook geen besonderse verandering van styl of vorm nie, hoewel die taal nog meer gestroop is en die verse nog strakker word. ’n Mens soek verniet hier na iets wat jy nog nie by Hambidge gesien het nie. Die verse eindig nog steeds almal in mineur-sleutels van versugting, gelatenheid of frustrasie. En dit wemel nog van aanhalings. Alles verloop ou stryk. Net een voorbeeld. In die bespreking van Hambidge se vorige bundel, Anatomie van melancholie, is gewys op ’n opwindende tegniek, waarmee ’n skelle paradoks in een treffersin saamgevat is. Maar kyk hoe kragloos herleef dié truuk hier: Liberace, die koning van swier, se lyk word in ’n blou sak verpak ... (‘Le Clochard’). Dis mos oppervlakkige sentiment, dié. (...) Die meer emosionele gedigte (behalwe darem ‘Ballade van my troue vriende’, wat – selfs titel in ag genome – deklameer soos ’n NTO-voordragstuk!) is in hierdie bundel die hoogtepunte. In Hambidge se vorige werk was hulle min – en dit is hulle nog. Maar namate ’n mens uitgeput raak weens die (dikwels gevaarlik naby aan irrelevante) verwysings en aanhalings, word dié bietjie hartstog ’n toevlug."

Geslote baan het in 1988 verskyn en hierdie keer is dit Helize van Vuuren (Die Burger, 15 Desember 1988) wat kritiek daarop het: "Tiperend van hierdie versameling gedigte is ’n steriele ‘geslotenheid’, wég van die lewe, iets wat al voorheen in haar poësie te sien was. Dit lyk asof Hambidge net een tema het, en dit is die poësie. Geslote baan is ’n yl bundel, met ’n atmosfeer van selfkoestering en steriliteit." 

Joan se volgende twee bundels, Donker labirint en Kriptonemie, toon vir Van Vuuren (Die Burger, 4 Januarie 1990) ’n "stygende lyn van gehalte", maar sy "wonder hoe lank die digter nog met dié tematiek (van die ek-spreker wat nie raad weet met haar gebroke hart nie, en beurtelings verlangend of verbitterd terugdink oor die verlore geliefde) wat as ‘muse’ of ‘katalisator’ van haar poësie fungeer, kan volhou sonder om alle lesers te verloor."

Oor Gesteelde appels,wat ook, soos die twee bundels in bostaande paragraaf, in 1989 gepubliseer is, skryf Etienne Britz (Die Burger, 7 Desember 1989): "Die bundel met sy aantreklike mengsel van grimmige spot en sielesmart het van my finaal ’n Hambidge-fan gemaak. Dit is ’n bundel met parodieë op gedigte uit Groot Verseboek, en sy word onweerstaanbaarder as ooit. Haar 'bandelose spot met self en ander' – soos sy dit in 'Writer’s block' noem – is selfs aansteeklik."

By die bekendstelling van Die somber muse en Tachycardia in Augustus 1990 in Pretoria het JC Kannemeyer (Beeld, 24 Augustus 1990) gesê: "As Joan in Nederland gewoon het, was haar bynaam sekerlik De Bezige Bij, want sy is in werklikheid ’n hele uitgewery wat in slapbandboeke in ‘pocket’-formaat publiseer. Die slapband is trouens die enigste slap aspek van haar poësie, want verder is haar verse gespanne, trillende snare.

"Die preutses onder ons wat haar soort liefdespoësie moreel afkeur, sal miskien sê: ‘De Bezige Bij blijft smerig’, maar ek bespeur in so ’n uitspraak onder meer ook die jaloesie van sommige van haar tydgenote wat met hul beskeie oeuvres en skrywerskrampe hul frustrasies liefs in kort stukkies joernalistiek in alternatiewe blaadjies uitflap.

"Om tot 'n bietjie meer erns by dié geleentheid te kom: Joan Hambidge is tans ons produktiefste digter wat haar met ’n monomaniese oorgawe aan die poësie wy. ‘Ek lewe met ’n drif/ ter wille van die skrif,’ sê sy in een van haar bundels – ’n aanduiding van die hartstog waarmee sy haar, om Eybers se woorde te gebruik, oorgee aan
die ‘wrede beleg van die woord’."

Die hooftema van Tachycardia is, volgens Kannemeyer, die afloop van ’n verhouding en die pyn wat daarmee saamgaan "en soos telkens vroeër in haar oeuvre word die liefde in terme van die literatuur beleef met ’n obsessionele, obstinate dwingendheid en ’n monotonie wat met dié van Achterberg vergelyk kan word.

"Soos in Donker labirint, haar bundel van 1989, is die liefdesgeskiedenis in Die somber muse nie net tot een rubriek beperk nie, maar staan die hele bundel in die teken van die liefde, iets wat meebring dat die sterk intellektuele inslag van Hambidge se poësie met sy talle verwysings, toespelings en die gesprekke met kunstenaars en kunswerke hier enigsins getemper word, met ’n persoonliker tipe vers as resultaat," het Kannemeyer verder gesê.

"Die bundel handel oor ’n liefdesgeskiedenis wat met groot pyn afgeloop en onherroeplik verby is. Die verse staan meestal in die teken van verlies, al word die liefde ook hier gesien as ’n impuls vir die poësie en gee die sprekende digteres aan haarself feitlik die opdrag om haar poëties en wetenskaplik teen die verdriet te staal.

Veral die twee slotafdelings van die bundel bevat sterk verse as daar van die uitdrywing van duiwels sprake is, as sy van vergiffenis praat, as die woord as surrogaat verskyn en as daar selfs 'n minagting vir die geliefde intree. Toenemend na die einde toe staan alles in die teken van die woord, selfs al besef sy dat die verwydering via die woord juis ’n ‘bestendiging’ impliseer en dat ‘verlangens ... net deur intense pyn ... vergestalt’ word. As verslag van ’n liefdesgeskiedenis is Die somber muse een van Hambidge se mees deurgekomponeerde bundels."

Joan waag haar hand nie net aan poësie nie, en ’n hele aantal romans het al uit haar pen verskyn, soos Swart koring en Die swart sluier, albei parodieë van die hygroman, en Die Judaskus. In 2001 haal Skoppensboer die Sanlam/Insig-romanwedstryd se kortlys.

In ’n onderhoud met Theunis Engelbrecht (Beeld, 29 Januarie 1997) vertel Joan hoekom sy Swart koring geskryf het: "Ek wou nog altyd ’n roman skryf. Tewens [sic], toe almal blinkoog in DJ Opperman se letterkundige laboratorium met die digkuns gespeel het, was ek aan ’t prosa skryf. Beeld had ’n aandeel in die vorming van dié boek: ek het ses jaar lank die rubriek Op my literêre sofa geskryf waarin ek my satiriese kragte getoets het en besef het dat onse lesers nie juis ’n humorsin het nie. Ek het ook deur ’n persoonlike transformasie-proses gegaan en ek verwerk alles wat met my gebeur in tekste. Ek het gevoel dat my poësie nie die regte medium sou wees om ’n dramatiese proses te verwerk nie."

Oor wie heel moontlik Swart koring gaan lees en wie nie, was Joan se antwoord aan Engelbrecht: "As jy poësie skryf, weet jy nooit hoe jou leser lyk nie. Dis ’n stiller medium. Ek het ’n roman geskryf wat vir sowel die gewone leser as die ingeligte leser bedoel is. Dis ’n grappige send-up en ook ’n boek waarin baie pyn lê. My onwaarskynlike leser? Iemand wat die boek as ’n paint by numbers gaan lees en (probeer) herlei na hierdie/daardie insident. Ek fiksionaliseer gebeure."

Joan meen dat die wêreld behep is met seks. "Swart koring stuur dié 'beheptheid' met seks op. Die hygromans in Afrikaans het kwansuis seks óóp geskryf, maar dis maar mak teen buitelandse produkte." Oor of sy behep is met seks, sê sy dat behep klink asof 'n mens moet skuldig wees oor seks of verhoudings. "Ek is openlik gay – my verhoudings met mense is dus duidelik. Niemand wat met my ’n verhouding sluit, kan agterna beweer hulle is ‘mislei’ nie. Maar my verhoudings is eerder emosioneel. Ek is behep met die grammatika van emosies."

In 1998 verskyn beide Die swart sluier en Die Judaskus. Hieroor vertel Joan aan Beeld Plus (16 September 1998): "Ek skryf geweldig gedissiplineerd. Ek werk elke dag aan ’n studie oor gender en sorg dat ek elke dag ’n aantal woorde skryf. Dit is ’n vorm van selfdissipline. Ek funksioneer op my beste wanneer ek skryf. Die Judaskus word as ’n ‘rara avis’ beskou: ’n postmodernistiese roman, ’n liefdesbrief, literatuurteorie, ’n digter se werkwinkel, ’n individuasie-proses, ’n Boeddhistiese bedevaart, ’n reisverslag. Ek het hierdie roman geskryf ná ’n bloedige oorlog tussen my en ’n ‘geliefde’. Ek wou die hele proses van liefdesverraad deurgrond van hoe iemand wat eens by jou betrokke was, jou grootste vyand kan word. Verraad van ’n bekende is erger as van ’n onbekende, juis omdat daardie persoon jou Achilleshiel ken. Ek het die hele proses uit my geskryf: die woede, die verdriet. Daar is niks oor nie. Net ’n gevoel van: dit was ’n suiweringsproses. Die roman gebruik vanselfsprekend net die werklikheid as vertrekpunt, want as ’n mens ’n boek skryf, dan neem die skryfproses jou op ’n eie koers. Dit is waarskynlik soos ’n skip op die oseaan. Die stormwaters kan die skip van koers af gooi."

Die swart sluier het in dieselfde tydperk as Die Judaskus ontstaan. Dit dryf die spot met gewilde fiksie – meer bepaald met die hygroman as ’n tipe van kultus in Afrikaans. "Almal lees, of het in hul verlede, ontsnappingstekste gelees. Dit bepaal ons leespatrone en dikwels hoe ons na die werklikheid kyk."

Die skrywer skeer dus die gek en lewer kommentaar op die karakters en die gebeure wat plaasvind. Sonja Verbeek bevind haar in Welkom, waar sy ’n lesing by ’n seminaar moet lewer saam met DF Malherbe. Die rekenaars van die hotel het egter ’n virus onder lede en het die besprekings deurmekaar gekrap. Sonja is saam met Salome van Sewe dae by die Silbersteins in die kamer en ander karakters uit ander romans is ook daar: Dalene Matthee se olifant en Lettie Viljoen se slang, asook Madeleine van Biljon. Dit is ook deels ’n plaasroman en Sonja het ’n verhouding met die weduwee Viljee wat sy wil verlos van die verkeerde opvatting "dat sy net ’n parodie is in ’n speurverhaal en spookverhaal".

Die resensies oor die romans was redelik uiteenlopend. Stephan Bouwer (Rapport, 22 November 1998) het geskryf dat Joan met Sluier "vernuftig met genres en subgenres mors", terwyl Willie Burger (Beeld, 19 Oktober 1998) gewonder het oor die "mark vir dié soort teks en dat op die duur die baldadigheid net nie meer so snaaks is nie en hopelik bly Sonja Verbeek nou maar liewer in die VSA".

Judaskus is vir Helize van Vuuren (Die Burger, 5 Augustus 1998) ’n "onderhoudende en geslaagde roman, veral om die meelewing met die hoofkarakter en die afwisseling in teksture wat die verwewing van intertekste meebring en hoewel die roman met veel van die gegewe van Hambidge se poësie werk, is dit hier besonder oortuigend en meer verwikkeld aangebied."

In Volksblad (5 Oktober 1998) sê Mathilda Smit dat "Hambidge se bedrewenheid as teoretikus, kritikus en akademikus uit hierdie fiktiewe teks spreek. Die teks leen hom tot interessante speurtogte in hoe werklikheid, fiksie en teorie geknoop word."

Lykdigte, wat in 2000 gepubliseer is, het Hambidge nege maal oorgeskryf. Sy het in 1997 daaraan begin skryf na die dood van die digteres Rika Cilliers. Daarna het verskeie ander digters, soos Johann Johl, Patrick Petersen, Stephan Bouwer en Ernst van Heerden, ook te sterwe gekom.

Die gewildheid van Lykdigte, waarvan die herdrukke reeds die aantal maande wat dit beskikbaar was, oorskry het, was iets wat Joan baie bly gemaak het. "Vir my is dit nie digters nie," vertel sy vir Roline Norval in Die Burger van 6 November 2000, "maar die digkuns wat saak maak." Sy haal Neruda aan wat gesê het daar is nie digters nie, net digkuns. "Alle digters het ’n verbintenis met die poësie. Dit is soos ’n tapisserie waaraan jy help weef.

"Met hierdie digbundel het ek met myself klaargespeel. Die lykdigte het nie net op ander se dood betrekking nie. Dit is die afsterwe van die ou self."

Die populêre ontvangs van Lykdigte kan gedeeltelik daaraan toegeskryf word dat dit meer toeganklik is. "Dit is nie so vol intertekste en so intellektueel ingestel nie," en ook die tema is anders – voorheen het haar gedigte meer oor die liefde gegaan en in hierdie bundel gaan dit oor die dood. En vir Joan is dit een van die hoofredes hoekom die bundel so gewild is. "Dit vind aanklank by alle mense. Dit is ’n tema wat niemand kan ontglip nie. Die dood, die lewe en die liefde is verskillende kante van dieselfde munt," sê sy aan Norval.

Die bundel was ook ’n vredemaakproses. Die bekende digters, wat ook vriende was, soos Johann Johl, Rika Cilliers, Stephan Bouwer en Ernst van Heerden, wat kort na mekaar oorlede is, het haar laat besef dat alles in die lewe met ’n doel gebeur. "My Boeddhistiese ingesteldheid maak my bewus van die interafhanklikheid van dinge. Ek beskou die dood nie as die einde nie. Dit is deel van ’n proses, ’n groot reis, ’n veranderde toestand."

Die lykdigte is nie net ’n afskeid van dié wat reeds oorlede is nie, maar ook geskryf aan dié wat nog lewe, en een van die afdelings is gewy aan digters soos Sheila Cussons en Elisabeth Eybers, wat op daardie tydstip nog gelewe het. "Dit is ’n soort bestekopname van almal wat ’n invloed op my lewe gehad het. Dit is ook ’n liefdevolle geskenk aan diegene vir wie ek iets te sê het voor dit te laat is – ook diegene met wie ek ’n bloedband deel soos in 'My Ouers'. Poësie is ’n proses. ’n Gedig skryf homself. Die digter is net die medium," sê Joan aan Norval.

In 2006 is Joan se pa oorlede en na haar pa se dood word haar negentiende bundel, Dad, gepubliseer. Slegs die eerste reeks gedigte in dié bundel is na haar pa se dood geskryf. Hierdie bundel gaan oor haar verhouding met hom, oor die vader-kind-verhouding in die algemeen, en oor die verhouding met vaders binne ’n bepaalde digkuns.

Joan vertel aan Jo Prins (Die Burger, 12 Julie 2011): "Dad is ’n bundel gedigte rondom die vader wat die kinders grootmaak. Dit beeld ook die ervaring van sy dood en die nadraai daarvan uit. Dit gaan verder oor die gesprekke wat ’n mens as kind met die ouer het en ook beeld die gedigte die kind se vroeëre rebelsheid teen die pa en dan later die aanvaarding uit. Behalwe bogenoemde gaan Dad ook oor die vaderskap van die gedigte – die gedigte wat in gesprek tree met die Vader-digters in Afrikaans."

In 1999 behartig sy saam met Ingrid Gouws en Marlene van Niekerk ’n week lange kursus in kreatiewe skryfwerk aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth en in 2008 lewer sy waardevolle insette tydens ’n kreatiewe beraad aan die Universiteit van die Vrystaat.

Joan se gedigte is ook al vir ander fasette van die kunste aangewend. In 2003 bied die La Rosa-geselskap vir Spaanse dansteater ’n dansproduksie getiteld Elementos aan in die KunsteKaap-arena. Die eerste deel van die produksie heet "Imagenes" en is gebaseer op gedigte uit Joan se bundel Ewebeeld. Die gedigte word deur Nicole Holm gesing en voorgedra met kitaarbegeleiding terwyl dit deur flamenkodansers uitgebeeld word. Dié gedeelte van die produksie is ook in 2001 by die KKNK aangebied.

Joan is ook ’n gereelde bydraer tot rubrieke in koerante en tydskrifte. So het sy in "Op my literêre sofa" in Beeld met haar vlymskerp kommentaar gesorg vir vele polemieke en briewe aan die pers. Sy skryf ook gereeld "Kopstukke", ook in Beeld.

In ’n onderhoud met Hettie Scholtz in Insig van Junie 2000 bieg Joan dat sy van eerstes hou: "die eerste PhD oor dekonstruksie, asook ’n eerste studie oor postmodernisme in 1995. In my skryfwerk is daar ook ’n eerste beskrywing van liefdesverbintenisse tussen vroue, ’n eerste gay-parodie in Afrikaans (Swart koring, 1996) gevolg deur Die swart sluier (1998)." Ook in haar roman Die Judaskus (1998) word die lesbiese psige verken. Die eerste internetroman in Afrikaans is ook uit Joan se pen – Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het – ’n gesprek met Jan Lion Cachet se Sewe duiwels.

"Joan glo in holistiese genesing en in tarotkaarte wat sy self kan lees; en ander dinge wat haar besig hou, behalwe reis, is lees en die skryf van literêre kritiek. Laasgenoemde is ook een van dié dinge wat haar so bekend (of is dit berug?) deur Suid-Afrika gemaak het. Sy skroom nie om in haar resensies reguit te skryf wat sy van die betrokke boek dink nie, hetsy goed of sleg, en bevind haar dan heel dikwels midde-in ’n polemiek in die dagpers waaraan almal met groot genoeë kan deelneem of lees. Hambidge is sinoniem met die polemiese. Sy deins nie daarvoor terug nie en erken sy is ‘vlymbekkig’. In dieselfde asem maak sy dit duidelik dat sy nie kleinserig is nie" – in it ’n onderhoud met Murray la Vita in Die Burger, 9 Februarie 2007.

"Joan Hambidge is ook ’n soort taalstryder, iemand wat deur haar literêre bydrae, haar kritiese werk, haar satiriese send-ups en haar polemieke die taal op verskeie fronte aan die gang en lewend hou. Onder hierdie wakende oog sal Afrikaans nie in die vergetelheid verdwyn nie, al is dit net omdat sy altyd die laaste woord moet hê," skryf Hettie Scholtz in Insig, Junie 2000.

In 2008 verskyn Kladboek by Protea Boekhuis, en die dubbeldoor Palindroom, ’n roman, en Koesnaatjies vir die proe (gedigte), saam in een band by Genugtig!. "Maar," sê Hambidge, "die drie babas is allermins ’n drieling. Kladboek strek verder terug. Dit het ongeveer drie jaar lank by die uitgewershuis gewag. Ook Koesnaatjies vir die proe is ’n bundel wat sowat vier jaar terug geskryf is. Maar ek is bly dit verskyn saam. Op ’n manier praat die tekste met mekaar. Kladboek word ’n soort rigtingwyser vir Palindroom en andersom" (aan Denver Kisting in Rapport van 8 September 2008).

Basies is die storie van Kladboek die begin en afloop van ’n liefdesvierhoek: daar is die verhouding tussen Die Skrywer en Die Geliefde wat sneuwel omdat eersgenoemde Die Vrou ontmoet. Dan ontmoet die leser ook Die Man, vorige geliefde van Die Vrou, en hy raak betrokke by Die Geliefde.

Oor Palindroom en Koesnaatjies skryf Petra Müller in Rapport (5 September 2008): "Joan Hambidge speel in ons lettere tans die rol van die kwajong, die breker, die raasbek, die grensoorskryder, dié vroumens van vele gedaantes. As daar al ooit ’n stormvoël was, is dit sy.

"Maar sy bedryf ook, veral in haar romans, die ‘ligtende erns’ – ’n noodsaak in ons somber omtes. Haar nuutste romanwerk, Palindroom, is ’n dubbeldoor: jy kan hom (haar?) van al twee kante aanvat. Een deel is prosa-boek; jy draai hom om en begin daar lees: nou is dit ’n digbundel. Dié twee lê ingekrul en opgekooi, onder die teken van die Koningin van Harte.

"Dié prosateks is ’n uitgesponne, laat-moderne reverie oor onaanraakbaarheid, waarin deur ’n delikate web van e-pos vertel word van ’n moontlike kuberromanse. Dit bestaan uit huiweringe wat selfs, en veral, nié in hierdie teks tot rus sal kom nie – nie deur skrywer of deur leser nie. (...)

"Nou draai ons die boek om – ek gaan nie uitwei oor die omdraaistorie nie – en begin lees aan die poësieteks wat opduik as Koesnaatjies vir die proe. Dit word genoem ’n parodie op die voorgaande, en is ’n karnavaleske viering van die lyflikheid wat uit die voorgaande geweer is. (...)

"Koesnaatjies is ’n lyfteater – en net hier begin dit neuk met hierdie omdraaiteks. Vir my gevoel is dit meer satire as parodie, ’n ruimhartige en soms ook groteske opgaaf van katelwerk waarin elke ding op sy voornaam genoem word en waarin die verskrikte klein kwelknaap Eros haastig by die venster uitglip na ander weidings toe. Want die smagting word smak en die sondes, genoeglik soos dit is, nie spitsvondig genoeg nie. (...)

"Ek draai my boek dus weer om, en begin weer lees aan Palindroom. Nou sien ek op die baie toepaslike buiteblaaie se eenderse afbeelding van die Koningin van Harte dat haar mooi gesig steeds halfpad versluierd bly."

In 2012 verskyn Lot se vrou en oor die titel en hoe dit in die bundel neerslag vind, vertel Joan aan Louis Esterhuizen op Versindaba: "Ek verwys uiteraard na die Bybelse figuur wat vlug uit die stad van Sodom en teen waarskuwings in, terugdraai en in ’n soutpilaar verander. Ook Ado of Edith in die Hebreeus en die verhaal-gegewe staan opgeteken in Genesis 19. Ek gebruik haar as ’n simbool vir die terugkeer na jou jeug, na pynlike ervarings en insidente. Die hele bundel is geïnspireer deur ’n uitnodiging na my skoolreünie en is dus ’n terugkeer na dit wat ’n mens meen jy verlaat het, maar tog paradoksaal jou lewensuitkyk bepaal het. Ek speel dan voortdurend ook met die idee van lot (fata) en my persoonlike verbintenis tussen die Christendom enersyds en die Boeddhistiese aanvaarding van jou lewenslot. In ’n reisverslag wat nou onlangs in BY verskyn het, koppel ek sekere Boeddhistiese beginsels aan my reisbesoek aan vreemde, dog bekende stede."

Esterhuizen is veral beïndruk met die besondere wyse waarop Joan met klassieke versvorme omgaan – iets wat in Lot se vrou opvallend is. Joan se reaksie hierop is: "Wel ek doseer kreatiewe skryfkuns. Ek meen dat ’n mens geweldig leer wanneer jy klassieke vorme (soos die rondeel, villanelle, distigon, of watookal) kan skryf. Skryf ’n gedig eers in ’n formele vorm en maak dit daarna ’n vrye vers. Dan kan jy sien wat jy nie kon of wou sê nie. Ek skryf tans ’n handleiding (so tussen alles deur) vir jong digters."

In 2012 wen Joan die ATKV-Poësieprys vir Visums by verstek, ’n keur uit haar reisgedigte. "Die bundel bied ’n waardige blik nie net op haar ­gedigte nie, maar ook op haar skryfvermoë en digterskap. Beslis ’n bundel wat ’n toe­kenning vir 'uit­nemende Afrikaanse poësie' werd is," sê die beoordelaars, Marius Crous, Karen de Wet en Danie Marais.

Marius Crous skryf in Beeld (7 Maart 2011) oor Visums by verstek: "Deur die jare het Joan Hambidge bekendheid verwerf vir haar besoeke aan verre plekke en vir die verse wat sy daaroor skryf. In haar digbundels het sy ons op reise geneem deur Nederland, Skandinawië, Japan, Indië, die VSA, Europa en na Egipte en Zanzibar op die Afrika-vasteland. (...)

"Wat hierdie bundel so genoeglik maak, is dat nie al Hambidge se reisverse ingesluit is nie, maar dat die leser getrakteer word op ’n ‘persoonlike keuse’. Ek sou selfs nog van die ingeslote verse uitgehaal het, want veral die verse oor Zanzibar laat my dink aan foto’s wat uit fokus geneem is en liefs nie in die album opgeneem moes word nie.

"Kenmerkend van Hambidge se oeuvre is die skryfproses en die besinning oor die skryf van gedigte en die neerpen van indrukke oor besoekte lande sentraal. Saam met die besienswaardighede, die nalees van die stad se geskiedenis en die etimologie van stede se name word die stad dikwels bestempel as ’n metafoor vir die metapoëtiese besinning van die digtende reisiger."

Joan se volgende bundel was Meditasies, wat in 2013 verskyn het. Dit is geskryf nadat sy en ’n vriend besluit het om ’n "reis-om-die-aarde" in 2011 aan te pak. "Dit was tydens ’n sabbatsverlof en ek wou weer stede besoek waar my eerste gedigte ontstaan het, te wete die VSA. My gedigte is gevestig in ’n sterk Amerikaanse tradisie, ­spesifiek Ooskus-Amerika, en my eerste bundel, Hartskrif (1985), het in ’n koue winter in New Haven ontstaan. Ek het die VSA op verskillende tye besoek en die Brooklyn-brug kan gelees word as ’n simbool hiervan. ’n Ingaan in New York, ’n hartstad, ’n stad waaroor ek dan ook dig vanaf my eerste bundel tot nou. Ek was in die VSA net voor 9/11 en het vir jare weggebly, omdat ek nie die stad weer kon aanskou nie. Twee jaar terug ervaar ek dan die letsels van 9/11," vertel Joan aan Willem de Vries in Die Burger van 10 Januarie 2014.

Die foto op die buiteblad van Meditasies het Joan self geneem van onder die Brooklyn-brug tydens bogenoemde reis.

In dieselfde onderhoud wou Willem de Vries by Joan weet of die feit dat reisigers en toeriste verskil, verband hou met die gedigte in Meditasies.

Joan: "Digters is altyd reisigers: Jy besoek die stad op ’n werklike, reële vlak; hierna in die ­ver­beelding, in die herinnering, in die gedig. Toeriste neem net foto’s."

Willem: "Die gedigte in Meditasies staan in die teken van brûe; ook dat jy geen rivier op dieselfde plek twee keer kan oorsteek nie. Was die skryf van enige van die gedigte wel ’n poging om dit te doen?"

Joan: "Absoluut. Jy is in die kol. Ek het probeer om die jong digter wat ek was, weer te begryp. Die verwondering van die eerste keer New York meemaak; ook die verwondering van ’n mens se eerste digterlike pogings. Hierna word jy slu. Jy dig met woordeboeke en handleidings. Dit staan alles in die gedig oor ‘Los Angeles’ en die leser word versoek om die weerlose, jong digter genadig te wees."

Oor Meditasies het Henning Snyman op LitNet geskryf: "Soos gewoonlik by Hambidge is daar talle verwysings, maar die gedigte gee genoeg sleutels aan die lesers om die geheime te ontrafel. In sy geheel is Meditasies ’n kragtoer van die digter om soveel teenstellings, sulke ryke en geskakeerde bronne van materiaal in ’n gedugte en vernuftige ewewig te hou. Teenstellings soos realiteit teenoor drome en illusies, mens teenoor woord en digter teenoor wrede werklikheid word soos deur ’n meesterhand tot sintese gebring. Sekerlik is hierdie bundel ’n hoogtepunt in die werk van Hambidge.

"Naas Ewebeeld en Lykdigte is hierdie bundel, in my lesing daarvan, Hambidge se beste werk nog. En vergeet nie van die voortreflike Lot se Vrou nie. Nie alleen is dit ’n voortreflike bundel gedigte nie, maar die digter lewer ’n beduidende bydrae tot die Afrikaanse leksikon deur die gebruik van woorde waaraan sy ’n nuwe betekenisverruiming gee, soos byvoorbeeld die begrip ‘meditasies’. Maar uiteindelik en selfverduidelikend:

Ars Poetica

Stilte, eensaamheid 
dryf haar van geboorte af 
van wieg tot kis: 
soekend na ’n ander 
se aanraak of troos. 
Op verskeie reise, 
vlugtend van om verlaat-te-wees, 
weg van pynlike ervarings, 
terug tot in ’n andersoortige kissie: 
hierdie klein brose ding, 
genaamd ’n gedig, 
nes die amberkamer 
in die Hermitage. 
Te vertelle, 
eenling is jy gebore, 
En só sal jy die gom 
van die bome sny. (85)

In ’n onderhoud in Die Burger (12 Julie 2011 – onderhoudvoerder se naam nie vermeld; vermoedelik Jo Prins) is aan Joan gevra of mense haar kritiek te dikwels en te maklik as persoonlik ervaar. "Ons het ’n probleem in die Afrikaanse letterkunde: Omdat dit ’n klein bedryf is en mense mekaar ken, kan mense dikwels nie die persoonlike van die akademiese skei nie. Hóé mense [my kritiek] ervaar, kan ek my nou regtigwaar nie oor skeel nie.

"My standpunt is baie eenvoudig: As jy iets publiseer – hetsy ’n resensie of ’n digbundel of wat ook al – en jy hou nie van die kritiek of die reaksie daarop nie, dan moet jy in die eerste plek nie skryf of publiseer nie. Ek dink kritiek is baie nodig in ons bedryf. Wat ek nogal ’n bietjie onrusbarend vind in die Afrikaanse letterkunde, is dat mense baie dikwels private stellings maak – jy weet, met ’n mens saamstem – maar nie bereid is om dit in die openbaar te sê nie. Ons het dit baie meer nodig om vir mekaar goed reguit te sê."

In 2015 verskyn Matriks by Human & Rousseau. In Die Burger van 9 Maart 2015 vertel Joan aan Willem de Vries dat die gedigte in Matriks oor 'n lang tyd hulle bestaan gehad het. "Verse wat uit ander bundels gehaal is, kon hier ’n rusplek vind."

Sy noem ook aan De Vries dat dit ’n "eenheidsbundel" is "waarin ek die verskillende betekenisse van die begrip matriks ontgin, soos die leser kan aflei uit die gedig 'Doubling the point'. Gedigte binne bundelverband kry altyd ander betekenisse wanneer dit ’n familieskap sluit met gedigte róndom hulle. Só wen hulle aan betekenis. Dit bly egter die leser se voorreg om gedigte saam te snoer en Keanu Reeves te speel."

Matriks het ’n baie opvallende omslag en Joan vertel aan De Vries dat dit ’n foto van ’n deur is wat sy afgeneem het in Ljubljana op ’n reis deur Serwië en Kroasië. "Ek neem altyd deure af in vreemde ruimtes en hierdie pragtige deur het mý afgeneem, soos iemand opgemerk het. Ek het eers later gesien wat alles daarop uitgekerf is: die hele lewe is hierin opgesluit, soos die moeder en die kind, die priester, die geliefdes, foltering ... Al die belangrike argetipes dus."

Joan verduidelik ook verder aan Gisela Ullyatt op Versindaba: "Al die temas van my bundel is hier saamgesnoer. Skryf as verset teen, maar skryf ook as oorlewing. Om by iets diepers uit te kom. As kind het ek nie binne die strukture ingepas nie en as volwassene besef ek al hoe meer hoe dankbaar ek moet wees hiervoor. Dit het my geleer om die enkelstaat met volledigheid te omhels. En vandat ek dit regkry, is my verhoudings met ander sinvoller."

In dieselfde onderhoud sê Joan Matriks is ook ’n "liefdesbrief aan my moeder. My moeder wat my intellektueel gestimuleer het en met wie ek – soos met my vader – ’n volgehoue gesprek voer in my digkuns. Die verse in hierdie bundel gaan oor meer as my biologiese moeder. Dit gaan oor moeders (soos Dorothy Parker se verhouding met haar moeder) en die komplekse verhouding wat veral die gay-vrou met haar moeder het, met moedertaal, met identiteit, met jou posisie binne die kanon en hoe manlike digters vir lank die kanon oorheers het."

Sy is ook reeds aan die skryf aan ’n nuwe bundel met die voorlopige titel Indeks waarin TS Eliot ’n rigtingwyser is, vertel sy aan Ullyatt.

Ná die polemiek wat as gevolg van Charl-Pierre Naudé se resensie van Susan Smith se digbundel In die afwesigheid van sin­ ontstaan het, het Joan die volgende te sê gehad (Beeld, 3 Februarie 2013):

Polemieke rondom resensies is nie onbekend aan ons literatuur nie. So elke dan en wan is daar ’n onrustigheid. My gevoel oor resensies is soos volg:

  1. Dis die eerste mening van ’n ingeligte, belese letterkundige.
  2. Indien die resensent verkeerd is, sal die tyd dit uitwys. ’n Resensent is geregtig op ’n mening en hoef nie elke keer ’n slopemmer oor die kop te vrees as hy/sy eerlik is nie.
  3. Om ’n debuut as 'meesterlik' te tipeer, is oorhaastig. Dit is sleg vir die digter wat nog baie te lere het. Trouens, geen digter hou ooit op om te leer van ander digters of tegnieke nie.
  4. ’n Kritiese resensie, een wat sowel die goeie as swak punte uitwys, is iets waarby ’n digter kan baat vind. As die Pegasus-perd jou afgegooi het, klim weer dadelik op.
  5. Ons beleef tans ’n kultuur van instant gratification; die sogenaamde Moi.Inc-digter wat dink alles moet positief, in die oortreffende trap én jubelend wees. Selfs Carol Ann Duffy is nou onlangs gekritiseer vir haar liefdesgedigte – en sy kan volgens my werklik dig!
  6. Nie alle lesers of kritici kan ewe veel van alle soort digkuns hou of dit begryp nie, maar om in elegiese ge-yl in te gaan oor een negatiewe resensie klink vir my belaglik. Veral as ’n bundel nog nie die toets van die tyd deurstaan het of nie eintlik ander debutante van die afgelope tyd die loef afsteek nie.
  7. Kom ons vra eerder vir ’n lys van uitmuntende debute in Afrikaans en vergelyk dié debuut daarmee. Smith se debuut bevat ’n handvol pragtige verse.

In Volksblad (16 Augustus 2014) vertel Joan van een van haar gunstelingboeke: "Sy kom met die sekelmaan van Hettie Smit uit 1937, is my gunsteling. Dit is ’n dagboek- en briefroman, puik gekonstrueer met kammabriewe. Maria en Marie (du Toit), twee kante van die persoonlikheid, ego en alter ego, met die verlange na die digter Johan ... Die verhouding tussen Johan en Du Toit word uiters subtiel vertel met die klimakstoneel wanneer sy een nag na sy ouerhuis gaan ... Dit is ’n kragtoer in onbeantwoorde liefde en hierom het ek haar vereer as romankarakter in my roman Swart koring."

In 2016 verskyn Joan se 25ste digbundel (bloemlesings van haar gedigte ingesluit) onder die titel Indeks. Joan het aan Marchelle van Zyl gesê Indeks "karteer twee landskappe: die Argentynse en Chileense wêreld. Die bundel werk met die Andes as ’n broeiende simbool. Daar is verse oor afskeid, bestekopnames en tergery: Ek speel met die ou weduwee Viljee ... En daar is ’n reeks oor Neruda." (Netwerk24, 10 September 2016)

Op Netwerk24 (7 November 2016) het Tom Gouws geskryf dat hierdie nuwe digbundel ’n begrip uit die semiotiek gebruik, "een van die drie onderskeibare terme waarmee Charles Peirce soorte tekens onderskei: simbool, ikoon en indeks."

"Vir die literatuurwetenskaplike leser sal dit interessant wees hoe die digter poëties hieraan beslag gee, en telkens dit ikonies gebruik in titels, verwysings, reiskaarte, bestemmingsbeskrywings, bakens, ander tekste, voorwerpe, voorskrifte, motto's, foto's, en so meer. ’n Mens kan dit takseer as: die bundel as digterlike scrapbook."

Gouws het sy bespreking afgesluit: "As ek gaaf wil wees, tel ek hoogstens tien gedigte wat vir my poëties enigsins bevredigend is, tekste wat daarin geslaag het om aan die tipiese Hambidge-hinderlikhede te ontkom. (...)  Die bundel is helaas weinig vorentoe vir die Afrikaanse poësie, en bepaald geen hoogtepunt in haar oeuvre nie." (...)

"Ek dink partykeer dat met groter selftug, strenger keuring, minder publikasiewaansin, sou Joan Hambidge dalk drie, nee vier wonderbare digbundels tot die Afrikaanse letterkunde kon lewer, waarvoor sy bepaald as digter vereer kon word. Maar soos die saak staan, blý sy onteenseglik ’n major minor poet."

Op Versindaba skryf Amanda Lourens met die publikasie van Indeks bevestig Joan haar status as die mees produktiewe digter in Afrikaans. "Met hierdie feit in gedagte, is ’n leser se eerste vraag oor Indeks moontlik die volgende: Wat het ’n digter nog te sê ná soveel poëtiese produksie, en dit binne die bestek van ’n relatief kort 31 jaar?

"Die leser se vrees dat Indeks dalk net ’n her-digting van bekende temas in die Hambidge-oeuvre mag wees en dat die digter se werk dalk besig is om te verval in ’n té gemaklike, selfs meganiese produksieproses, word egter vinnig besweer. Reeds die eerste paar gedigte in die bundel val op vanweë die tegniese afronding, die inhoudelike digtheid en die emosionele reikwydte daarvan. Alhoewel die nuwe bundel op ’n manier ’n bevestiging en terselfdertyd ’n heroorweging is van temas waaroor Hambidge reeds herhaaldelik gedig het – onder meer verlies op verskillende vlakke, die pyn van die liefde, nabye familie, die reismotief, populêre ikone en ars poëtikale besinning – neem Indeks die oeuvre na ’n nuwe harmonie wat in sowel die digterlike psige as die tegniek waarneembaar is. Wanneer die bundel neergesit word, is die leser deeglik bewus van die fyn balans wat op alle vlakke sigbaar is – dit is poësie wat van ’n ryk voedingsbodem van intertekste en ervarings getuig, maar wat terselfdertyd gewis nie ontoeganklik is nie." (...)

"Uiteindelik is Indeks dan die neerslag van die volwasse digterlike belewenis, en dit is die belangrikste wins van die bundel: om te sien hoe daar teruggekyk word op vorige gesprekke en reise, en die vernaamste reis – na die self – nou onderneem word. Die indeks-gegewe word geskakeerd verken en aangebied, en uiteindelik word van die leser verwag om self ’n roetekaart tot die bundel te teken en op die proef te stel."

"Indeks is gewis meer as die moeite werd en behoort sy plek in die Hambidge-oeuvre in te neem as ’n bundel wat ’n goeie en selfs verrassende leeservaring waarborg."

Op LitNet begin Helize van Vuuren haar bespreking van Indeks: "Donkiejare gelede in Utrecht het Wilhelm Liebenberg opgemerk dat van agter af lees dikwels ’n vrugbaarder manier is om tekste te benader. Hier vind ’n mens dikwels die kern of ’n opsomming van die geheel."

"Die voordele van dié soort lees het my onlangs weer opgeval by die lees van Die na-dood van Breyten Breytenbach, en John Miles se Op ’n dag, ’n hond (albei uit 2016, soos ook Joan Hambidge se Indeks). ’n Mens let dinge op wat jou andersins ontgaan. Daar steek dikwels ’n sleutel in ’n slot ..."

"Op die allerlaaste bladsy van Indeks is ’n foto afgedruk van ’n outydse hout-dekstoel en dofweg in die agtergrond ’n skeepsromp, met die luidende byskrif 'op die Titanic' (fotograaf: Joan Hambidge; plek: Maritieme Museum in Halifax). Op die voorblad is ’n foto van ’n verweerde, leë houtbank wat uitkyk op ’n ysige Suid-Amerikaanse gletser. Ook geneem deur Hambidge, op haar onlangse reis na dié vasteland, onder meer na die Argentynse hoofstad, Buenos Aires ('stad van die Goeie Winde') van Borges en Lorca, maar meer spesifiek na Chili, die land van Pablo Neruda (1904–1973). Die digter besoek ook weer Machu Picchu, die Inca-stad in die Andes (Peru). Albei foto’s suggereer uitsig op ondergang: vanaf ’n sinkende skip in die ope see, en oor die see, op ’n gletser. Verder is daar ook swart-wit foto’s van oorledenes (met een uitsondering: Lady Gaga). Dié foto’s vergesel in memoria van beroemde aktrises, sangers, familielede of digters."

"Die visuele sy van die digbundel beklemtoon só die sentrale tema in Indeks: verganklikheid, die broosheid van die mens, en die vervlietendheid van die lewe, besonder pertinent in die bundel van ’n digter wat einde 2016 sestig geword het."

"Terselfdertyd kan die leser ook nie loskom van die sosiopolitieke konteks waarin Indeks en die genoemde tekste van Breytenbach en Miles verskyn nie: die verbete eietydse stryd vir volwaardige beoefening van Afrikaans as literêre en wetenskaplike taal, nasionale en internasionale politieke onstabiliteit, ekologiese agteruitgang van seë, waters, lug en spesies. Laatwerk van ouer skrywers wat binne dié konteks verskyn, word onafwendbaar ook deur hierdie verswarende, verdonkerende elemente beïnvloed. Bestekopname soos in Indeks van ’n lewe en ’n oeuvre hou ook in bestekopname van ’n wêreld wat verby is, ’n literêre kanon wat agtertoe vasgelê was, maar toenemend deur populêre ikone soos Lady Gaga oorgeneem word." (...)

"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."

In Rapport van 16 Oktober 2016 skryf Neil Cochrane dat Indeks nog ’n hoofstuk is in Joan Hambidge se uitgebreide digmanuskrip. "Dit is nie ’n bundel wat op haar eie voete staan nie, want die tematiek, styl en aanslag kom te veel ooreen met vorige bloedsusters. Hambidge bevestig haar bedrewenheid as lykdigter en spotdigter, maar haar jongste bundel is plek-plek ook ’n indeks van bekende mankemente: onfunksionele herhaling, rymelary, verbandlose motto's en ’n ooraanbod van opeengestapelde verwysings."

"Die tyd het aangebreek dat iemand (nie die digter self nie!) ’n behoorlike keur van haar beste gedigte saamstel. Dit sal ’n beter indeks wees van haar bewese digterskap en haar veel helderder laat skyn."

In 2018 span Charl JF Cilliers, Johann de Lange, Jo Nel en Douglas Reid Skinner saam en word ’n bundel gedigte van Joan in Engels vertaal en deur Dryad Press uitgegee onder die titel The coroner's wife.

In ’n onderhoud met Amanda Botha op Joan se blogspot wou Botha weet hoekom Joan hierdie bundel met vertalings die lig laat sien het. Joan vertel dat hierdie projek alreeds in 2000 begin het. Nadat sy voor 2000 navorsing in Amerika gedoen het, het sy verlief geraak op die werk van Robert Pinsky - vir wie sy ook ontmoet het. Sy het besef dat al staan haar tekste in die Harvard-biblioteek te kry, is daar nie te veel mense wat dit kan lees nie. "Dit is vir my belangrik om ten minste my werk te kan transporteer na ’n ander taal sodat mense by kongresse my werk begryp. 

"Die gedig 'In the Garden of Emily Dickinson' het ek vertaal vir ’n kongres in Vergelykende Letterkunde wat plaasgevind het in Wene in 2016. Na my vyf pogings het Douglas Reid Skinner dit reg getimmer. Maar die verskillende weergawes gee tog iets weer van die 'lost in translation'-proses."

Oor die winste en verliese van vertalings verduidelik Joan aan Botha dat die vier vertalers wat aan The coroner's wife gewerk het, duidelik bewys het hoeveel daar "gewen" kan word met ’n vertaling. "Goeie vertalers kan iets anders vind. Woordsnyer word 'word sleuth'."

Oor die keuse van die gedigte wat in die bundel opgeneem is, vertel Joan dat sy saam met haar uitgewer van Dryad Press, Michèle Betty, uit al haar baie verse, dié gekies het wat rondom sekere temas saamgesnoer is: stede, liefdes en familie, ars poeticas, tyd en ewigheid, eerder as om die gedigte chronologies te plaas. "So kry gedigte in hierdie bloemlesing in ’n nuwe bundel ander betekenisse." 

Joan se doel met die publikasie van die bundel, was om iets aan mense in ander lande wat sy besoek, present te gee; iets wat hulle kan verstaan. "Dit was terselfdertyd vir my ’n intellektuele oefening deur self ook ’n handvol verse te vertaal het wat in hierdie bundel opgeneem is."

Joan is beslis van mening dat daar meer vertalings van gedigte te wees. Sy vertel verder aan Botha: "Ek was bevoorreg om met vier uitsonderlike vertalers te werk. Hulle was soos buiksprekers vir my. In Afrikaans was daar ’n bloemlesing In a Burning Sea. Petra Müller is vertaal, soos byvoorbeeld Wilma Stockenström, Krog en Breytenbach. Op die internet sweef daar verskillende vertalings van digters.

"Ek dink die wêreld het al hoe meer ’n 'global village' geword en digters word al hoe meer blootgestel aan ander (vreemde) landskappe. Die kanon het verander. Ons leef in ’n tyd van onsekerheid (soos Harold Bloom dit tipeer) en daar gaan waarskynlik al hoe meer reise na ander ruimtes wees. Dit is immers ’n proses van dekolonisering/dekanonisering, nie waar nie?"

Op Pensouthafrica se webblad word daar as volg oor The coroner's wife geskryf: "Joan Hambidge has published over 25 collections of poetry. Her work uses the magnifying lens of poetry to dissect, examine and recompose the material of her own life and work, and in so doing, explores ideas and issues central to our understanding of language and meaning. The poems selected for translation in this compilation offer insights into her views across a spectrum of four categories: city life; love and family; ars poetica; and time and eternity. The Coroner’s Wife offers English readers the unique opportunity to experience a prolific and renowned Afrikaans poet in their own language. Translations have been sensitively rendered by well-known poets, Charl JF Cilliers, Johann de Lange, Jo Nel and Douglas Reid Skinner."

By Aardklop-kunstefees van 2016 is ’n produksie op die planke gebring wat gewy is aan die lewe en werk van Joan Hambidge met die titel Sixty love: op reis met Joan Hambidge. Babette Viljoen en Olga Leonard (BO-produksies) wat ook al verantwoordelik was vir verhoogverwerkings en toonsettings van TT Cloete, Elisabeth Eybers en Totius, het ook hierdie produksie behartig.

Een van die uitdagings waarvoor hierdie twee vroue te staan gekom het, was om ’n beeld van meer as twintig bundels weer te gee. Leonard het aan Willem de Vries (Netwerk24, 7 Augustus 2016) vertel dat Joan al meer as 600 gedigte gepubliseer het: "’n Massa om deur te werk! Joan het sekere gedigte uitgelig, en die reis-tema staan baie sterk in haar werk. Ons het besluit om hierop te fokus, en sodoende ’n tipe reis deur haar lewe te onderneem, aan die hand van die reisgedigte, asook liefdesgedigte, gedigte oor familieskap, ouers, eensaamheid en die dood. Daar is uittreksels uit haar blog wat deurlopend vleg en die reis-tema met ander werke bind. Die teks is in oorleg met haar geskryf."

Tydens die Woordfees van 2011 wou Bibi Slippers by Joan weet watter Suid-Afrikaanse digters se werk sy graag lees. Joan het geantwoord: "Daar is geen digters nie, alleen ’n digkuns, volgens Pablo Neruda en by ons Sheila Cussons. Ek lees alles en het groot waardering vir vele digters. My leessmaak verander voortdurend, maar ek keer herhaaldelik terug na klassieke digters in Afrikaans en verlede jaar was ’n besonder goeie oesjaar vir ons digkuns," (LitNet)

Joan het aan Amanda Botha vertel dat sy as digter deur verskillende digters gevoed word, "maar my vriendskap met Johann de Lange moet ek uitsonder as ’n digterlike voedingsbron. Hy is ’n besondere digter en iemand wat my verse lees. Objektief en altyd met belangrike aanwysings." (Rapport, 11 September 2016)

Publikasies:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Publikasie

Kladboek: ’n hibridiese roman

Publikasiedatum

2008

ISBN

9781869190828 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vuurwiel

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780798150613 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Visums by verstek: ’n keur uit die reisgedigte van Joan Hambidge

Publikasiedatum

2011

ISBN

97807981

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

ATKV-prys vir Poësie 2012

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lot se vrou

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780798156875

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Meditasies

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780798165075 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Matriks

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780798169622 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

’n Keur van artikels oor Joan Hambidge op die internet beskikbaar

’n Keur van artikels deur Joan Hambidge beskikbaar op die internet

Gedigte:

Artikels op LitNet:

’n Keur van artikels in koerante:

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Joan Hambidge (1956–) appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Maart

Boekevat: Identiteit voorop by ons grootste skrywers

Boekevat-rubriek deur Hennie van Coller oor identiteit as oorkoepelende tema in hedendaagse Afrikaanse prosa

Resensie: Waardevolle Afrikaanse spanning wat kalibreer

Francois Bekker resenseer Skag deur Jaco Wolmarans

9 Maart

Resensie: ’n Vernuftige eksperiment

Francois Bekker resenseer Die dame met die hondjie deur William Oosthuizen

Resensie: Sameswering wat oortuig

Clari Niemand resenseer Die Alfadokument deur René van Zyl

Resensie: Verstommende verse uit veelkantige oeuvre

Joan Hambidge resenseer Het jy geweet ek kan toor deur Jeanne Goosen

Resensie: Nie vir oop grense nie, maar vir oop harte

Loftus Marais resenseer This Land is Our Land: An Immigrant’s Manifesto deur Suketa Mehta

16 Maart

Boekevat: Om te stol tot gladde, glinsterende pêrels

’n Rubriek deur Daniel Hugo oor die eise wat die hoofstroom van die letterkunde noodwendig stel

Resensie: Met voete op aarde reik skrywer na maan

Schalk Schoombie resenseer Alleen onder die maan deur Willem Krog

19 Maart

Boekenuus: En die luisterboek vir April is...

Netwerk24-intekenare kan in April na ’n nuwe luisterboek uitsien.

Boeke: Debutant se kortverhale soos ‘fyn takelwerk’

Madré Marais, ’n nuwe vonds op die Afrikaanse skrywersfront, het met ’n kortverhaalbundel gedebuteer. Sy het met Elretha Britz oor die ontstaan van die verhale in Luistervink gesels.

23 Maart

Resensie: Woordvirtuoos se futuristiese leksikon slaan asem weg

Francois Bekker resenseer Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie

Resensie: Onheil op ’n eiland propvol geheime

Sonja van der Westhuizen resenseer Impossible Causes deur Julie Mayhew

Resensie: Humor in die tyd van korona

Jonathan Amid resenseer Coconut Kelz’s Guide to Surviving this Shithole deur Lesego Tlhabi

Resensie: Om afskeid te neem in kleur van swane

Marius Crous resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt

Boekenuus: Skrywer Helene Olivier (83) dood

Boekenuus: Afrikaanse kinderboek oor menstruasie nou hier

Shawna-Leze Meiring, uitgewer van kinderboeke by LAPA-Uitgewers, vertel vir Christiaan Boonzaier meer oor hierdie nuwe publikasie.

24 Maart

Boekenuus: SA skrywers bring boodskap van hoop in video

Kyk hier na ’n video waarin verskeie Afrikaanse skrywers aan die woord is.

Boekenuus: Medeskepper van Asterix (92) dood

Die legendariese strokiesprentkunstenaar Albert Uderzo is in die ouderdom van 92 jaar dood.

25 Maart

Boekenuus: Verse in die tyd van die virus

In die somber tyd van COVID-19, wêreldwye inperkings, paniek, fopnuus, en aapraap in winkels het twee Afrikaanse digters hul pen opgeneem en inspirasie geput uit ’n virus.

27 Maart

Boekenuus: Kortlyste vir UJ-pryse is bekend

30 Maart

Resensie: Broos-besielende prosa onthuts en oorrompel

Jonathan Amid resenseer As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

Resensie: Die suggestiewe krag wat klank voortbring

Johan Myburg resenseer Nagblind deur Francis Grobler

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

Resensie: Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock

Review: Asleep Awake Asleep by Jo-Ann Bekker

Indrukke en aantekeninge oor Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

Resensie: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Michèle Meyer

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Maretha Maartens

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Skrywersonderhoud: Hennie Smith oor Verskuilde verse

Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid

Die Pesalms vi ôse mense: ’n onderhoud met Willa Boezak

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Maart

Resensie: Fanie Olivier resenseer Skag deur Jaco Wolmarans

Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Oolog deur Nathan Trantraal

Nuut op die rak: Karel Schoeman se trilogie oor die Britse setlaars

  • Bailie’s Party: The Old World, 1757-1819
  • Bailie’s Party: The New Land, 1820-1834
  • Bailie’s Party: The Frontiers, 1834-1852

Nuut op die rak: “’n Hutspot van nuwe niefiksie”

  • M Coetzee: Photographs from Boyhood deur J.M. Coetzee en saamgestel met die hulp van Hermann Wittenberg
  • Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n huldiging onder redaksie van Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris
  • Brent Meersman se memoires A Childhood Made Up: Living with my Mother’s Madness
  • André le Roux se Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
  • Halala Suid-Afrika: 25 jaar se groeipyne van ’n jong demokrasie deur Michael le Cordeur

8 Maart

Resensie: Bruce Clark resenseer Maverick Africans: The Shaping of the Afrikaners deur Hermann Giliomee

Resensie: Jonathan Amid resenseer Geen engel nie deur André Krüger

Nuut op die rak: Nuwe plaaslike Engelse romans  

  • A Poor Season for Whales deur Michiel Heyns
  • The Inn at Helsvlakte deur Patricia Schonstein
  • Blood Stone deur Irna van Zyl
  • Mark Winkler se Due South of Copenhagen
  • All That is Left deur Kirsten Miller
  • Hard Rain, Elsa Silke se Engelse vertaling van Irma Venter se Skoenlapper
  • Reggie & Me deur James Hendry

 15 Maart

Resensie: Johann de Lange 60: ’n huldiging onder redaksie van Daniel Hugo, geresenseer deur Ronel de Goede Foster

Resensie: Fanie Olivier resenseer Alleen onder die maan deur Willem Krog

Resensie: Cornelia de Kock resenseer Moeps die mops, Moeps die wenner en Moeps die skelm geskryf én geïllustreer deur Aaron Blabey en in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos

Nuut op die rak: Best Books Eksamenhulpreeks – Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen (Afrikaans-Huistaal gr. 12)

22 Maart

 Artikel: “Jeanne (oftewel ‘die agterstevoor-probleem’) skryf steeds”

Oor die bekendstelling van Jeanne Goosen se digbundel Het jy geweet ek kan toor en Petrovna Metelerkamp se biografie Jeanne Goosen – ’n Lewe vol sinne

Nuut op die rak: “Leesgoed vir die jonges van gees”

  • Oupa Zombie deur Jaco Jacobs
  • In jou gedagtes deur Herman van Veen
  • Alba Bouwer se Rivierplaas, ’n heruitgawe van haar omnibus met Stories van Rivierplaas, Nuwe stories van Rivierplaas en Stories van Ruyswyck
  • Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het

29 Maart 2020

Resensie: Juliana Coetzer resenseer Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux

Resensie: Jonathan Amid bespreek Bloedsteen deur Irna van Zyl

Resensie: Joan Hambidge resenseer Tussenganger deur Marius Crous

Nuut op die rak: Nuwe niefiksie – van toeka tot dagga:

  • Jakkie Cilliers se Africa First!: Igniting a Growth Revolution
  • Terugblik: Sketse van ons geskiedenis deur Fransjohan Pretorius
  • Kelly McQue se At Home with Cannabis: How to Make and Use Cannabis Products Safely and Effectively at Home
  • 20 South African Schools: A Pictorial History
Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 Maart

Nagblind

Nagblind is ʼn bundel wat my weer opgewonde maak oor die Afrikaanse poësie, maar jy sal dit meer as een keer moet lees, skryf Hans du Plessis.

Lees die resensie

3 Maart

Die Claude-reeks

Ek het baie lekker aan hierdie boeke gelees en verstaan waarom dit so gewild is. Dis voorwaar vet pret!

Lees die resensie

10 Maart

Jou natuurgids

Skaf gerus hierdie boek met groot vrymoedigheid aan indien jy ’n natuurliefhebber is, hetsy amateur of ervare, en graag meer wil leer oor die diere en plante van Suider-Afrika

Lees die resensie

17 Maart

ʼn Ster in haar sak en ander kortverhale

Indien jy belangstel in die verhaalkuns en dalk self jou hand aan skryfwerk waag, sal jy ook baie waarde uit hierdie bundel put.

Lees die resensie

18 Maart

Alleen onder die maan

Die verhaal speel af iewers in die nabye toekoms en “die aanname dat individue daarop geregtig is om vir eie gewin te produseer en natuurlike hulpbronne vir hulself aan te wend” is iets van die verlede.

Lees die resensie

 24 Maart

Geure

Die lekkerte van die boek, behalwe die mooi foto’s, besondere kunswerke en die verruklike resepte, lê vir my in Lientjie se persoonlike mymeringe wat sy deel.

Lees die resensie

31 Maart

Identiteit: Wie God sê jy is

Die boek, geïnspireer deur die fliek “Overcomer”, is daarop gemik om die leser te lei om sy of haar identiteit in God te ontdek.

Lees die resensie 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 4 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koördineerder van die Toyota US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program. Olivia Coetzee, skrywer van Innie Shadows, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook 'n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorlees.

Woensdag 11 Maart

Die eerste Afrikaanse vertaling van 'n Jodi Picoult-roman het onlangs in Afrikaans verskyn. Hoor hoe dié topverkoper internasionale skrywer daaroor voel. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedskrywer Albert Blake oor sy werk. Vind uit wie onlangs aangewys is as wenners van die LAPA Jeugromankompetisie, en watter boek wat oorspronklik in Afrikaans uitgegee is, se Engelse weergawe onlangs benoem is vir die International Booker letterkundeprys se langlys.

Woensdag 18 Maart

Ses dekades gelede is Afrikaanse letterkunde heeltemal verander deur ’n groep skrywers, digters en dramaturge na wie steeds verwys word as die Sestigers. Luister in hierdie program na ‘n informele gesprek (uit die argiewe) wat opgeneem is tydens Bartho Smit se sestigste verjaarsdag in 1984. Jy kan die stemme hoor van Smit, Chris Barnard, Jan Rabie, André P. Brink en Etienne Leroux. In sy insetsel kyk Johan Myburg na die finaliste vir die Women’s Prize for Fiction, en gesels ook oor skrywers wat supervirusse en pandemies in hul fiksie beskryf het.

Woensdag 25 Maart

Kinderboekskrywer Alba Bouwer sou vandeesmaand 100 jaar oud gewees het, en ‘n heruitgawe omnibus van haar gewilde Rivierplaas- en Ruyswyck-stories het pas verskyn. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefopnames waarin Bouwer gesels oor haar skryfwerk, en die aktrise Mila Guy lees ook ’n uittreksel uit ’n Rivierplaas-storie. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor vertaalde fiksie.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 3 Maart

Rolanda Marais lees gedigte uit die Antjie Krog se pragbundel, Fynbosfeetjies, met illustrasies deur Fiona Moodie. Dit bestaan uit 16 gedigte gebaseer op allerlei fynbosspesies wat elk geassosieer word met 'n unieke fee.

Dinsdag 10 Maart

June van Merch lees gedigte en los gedagtes van Jeanne Goosen.

Dinsdag 17 Maart

Die digter Diana Ferrus lees gedigte voor uit haar roerende bundel, Die vrede kom later, wat opgedra is aan haar pa. Die gedigte handel oor die post-traumatiese stres wat soveel mans ná die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het, en hoe dit op intieme vlak hulle gesinne beïnvloed het met hulle terugkeer huis toe.

Dinsdag 24 Maart

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit Die singende wêreld, sy Afrikaanse vertaling van verse deur Marc Tritsmans, ‘n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen én predikers. Vir gewone lesers én poësieliefhebbers. Nog 'n bundel wat die vertaalskat vir Afrikaanse lesers verruim met dank aan die vertaler en Naledi."

Dinsdag 31 Maart

Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n wérklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

2 Maart

Nini Bennett resenseer Tussenganger deur Marius Crous

4 Maart

JP de Villiers resenseer Verskuilde verse deur Hennie Smith

22 Maart

Nini Bennett resenseer Nagblind deur Francis Grobler

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Maart die volgende resensies en rubrieke gelewer:

7 Maart

Kies ’n boek: Tronkhond en My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

14 Maart

Ken jou storie: Wêreldliteratuur en ‘eie’ literatuur  

21 Maart

Kies ’n boek: Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde deur Breyten Breytenbach

28 Maart

Kies ’n boek: Soekmekaar deur Dana Snyman

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2020 appeared first on LitNet.

Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

$
0
0

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied.

Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

"Ons aanvanklike beplanning was om die suksesvolle aansoekers op Internasionale Boekedag (23 April) aan te kondig, maar in hierdie tyd van inperking en beproewing is dit belangrik om ook goeie nuus onverpoosd te deel. Ons is baie opgewonde oor die sterk aansoeke en die uitgelese groep skrywers wat vanjaar van die verblyf gebruik gaan maak," sê Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting.

Die volgende ses skrywers is as suksesvolle aansoekers aangewys:

  • Andre Trantraal
  • Beyers de Vos
  • Olivia M Coetzee
  • Sarie Nell
  • Valda Jansen
  • Veronique Jephtas

Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vanaf 1 tot 27 Julie 2020 aan ’n manuskrip te slyp in die prentjiemooi Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe.

"Dit is vir PEN Afrikaans wonderlik om weer hierdie skrywersverblyf aan ons lede te kan bied. Baie dankie aan die Jakes Gerwel Stigting wat sulke gulde geleenthede vir skrywers moontlik maak," sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans."Hier is opwindende skryfprojekte oor ’n verskeidenheid genres in die pyplyn en begaafde skrywers wat die konsepte tot volvoering kan bring. Ons hoop dat die skrywers hul verblyf op Somerset-Oos baie sal geniet en ten volle sal benut."

Indien dit weens die koronapandemie nodig blyk om die datums van die skrywersverblyf aan te pas, sal dit in oorleg met die suksesvolle aansoekers so gereël word.

Rig asseblief navrae aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za

Die Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die werksaamhede en belangstellings van Gert Johannes "Jakes" Gerwel voort te sit in die ontwikkeling en bevordering van die opvoedkunde, kuns en kultuur en die sosiale geregtigheid in Suid-Afrika in die algemeen. Die stigting fokus veral op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde.

PEN Afrikaans is ’n vereniging van skrywers, joernaliste, uitgewers en belanghebbendes wat, deur lidmaatskap van PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans is gerig op die bevordering van die Afrikaanse letterkunde en die reg tot vryheid van uitdrukking.

The post Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020 appeared first on LitNet.

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos

$
0
0

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans het onlangs die suksesvolle aansoekers vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied, aangekondig. Beyers de Vos is een van dié skrywers. Remona Voges het met hom gesels.

Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Hallo Beyers. Baie geluk met die besonderse prestasie om gekies te word vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Dit moes wonderlik gewees het om die nuus te ontvang, veral tydens die huidige staat van inperking. Hoe voel dit om een van die ses skrywers te wees?

Hallo Remona, en baie dankie. Ja, ek was baie dankbaar vir goeie nuus in so ’n onsekere tyd. Dié is ’n groot eer en ongelooflike geleentheid. Natuurlik wil ek graag dankie sê aan die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. Ek is opgewonde! Ek sien baie daarna uit om aan die werk te spring en my medeskrywers te ontmoet.

Dit is fantasties om as ’n skrywer die geleentheid te kry om voltyds aan jou skryfwerk te werk. Kan jy oor jou gewone daaglikse werk vertel?

Ek skryf in my daaglikse werk ook. Ek was vir lank ’n teksskrywer by ’n e-leer-maatskappy en meer onlangs het ek vir televisie begin skryf.

Jy het in 2018 gedebuteer met jou roman Wrok wat tegelykertyd in Engels gepubliseer is as Talion. Kan jy ons ’n bietjie meer vertel oor die manuskrip waarmee jy tans besig is? Fokus jy steeds op misdaadfiksie of eksperimenteer jy met ander genres? En beplan jy om weer in Afrikaans en Engels te publiseer?

Ek eksperimenteer definitief met iets nuut. Ek het nooit regtig aan myself gedink as ’n misdaadskrywer nie, en ek vermoed genre is niks meer as goeie bemarking nie. Alhoewel daar ’n paar bomme ontplof en ’n reeksmoordenaar debuteer, kan lesers iets heeltemal anders van die nuwe boek verwag. Afrikaans en Engels, ja. Ek hoop om volgende jaar klaar te wees.

Die residensieprogram fokus veral op skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie. Hoe beoog jy om ’n bydrae op dié vlak te lewer?

Die vrae "Het ek iets nuuts om te sê?" of "Kan ek dit op ’n nuwe manier sê?" is wat my die moed – of vermetelheid – gee om te skryf. Ek kan nooit seker wees dat die antwoord ja gaan wees nie, maar ek hoop dat my stem, verbeelding en perspektief sterk genoeg is om iets te skep wat daardie soort bydrae kan lewer. Ek is moeg vir dieselfde tipe storie – in die letterkunde en toneelkuns, maar veral op televisieskerms – wat ’n baie spesifieke, konserwatiewe, heteronormatiewe en gevaarlike wêreldsiening bevestig. As ek enige skade aan daardie tradisie van storievertel kan doen, sal ek gelukkig wees.

Wat het jy geleer uit die manier waarop Wrok destyds ontvang is? Is daar sekere dinge wat jy heeltemal anders in jou volgende roman sal aanpak?

Al wat ek kan doen is om die boek te skryf wat ek wil skryf. Die res is buite my beheer. Ek dink nie die skrywer en die gehoor gebruik noodwendig dieselfde maatstaf om die "sukses" van ’n boek te meet nie. Ek is trots op Wrok en was baie dankbaar vir resensente en lesers wat "gevang" het wat ek probeer doen. Maar die volgende boek is ’n ander tipe uitdaging wat ander tipe oplossings vereis. Al wat ek hoop is dat ek myself nie herhaal nie.

Volg jy ’n streng skryfroetine of skryf jy soos die muse jou beetpak? Hoe en wanneer maak jy tyd om te skryf?

Sjoe, ek is nogal lui en my roetine is onvoorspelbaar. Ek voel alewig skuldig dat ek nie genoeg skryf nie. Ek vermoed ek mors baie tyd. As enigiemand wenke oor beter selfdissipline wil aanstuur, sal ek dankbaar wees.

Jy het kreatiewe skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad studeer. Wat was van die vaardighede wat jy in hierdie tyd geleer het wat vir jou as skrywer die meeste beteken het?

Die mees waardevolle ding wat so ’n kursus jou gee, is ’n dik vel. Jy moet objektief kan wees, jy moet jou eie swakhede identifiseer, jy moet ’n koue hart kweek. Skrywers kan nie sensitief of kleinserig wees nie.

Wat is die beste skryfraad wat jy al ooit van iemand ontvang het?

Etienne van Heerden se advies was "maak dit vreemder". Dis iets wat altyd by my sal bly.

Wie is jou skryfhelde (in Engels of Afrikaans) en waarom?

Dickens, want ek wens ek kon sulke goeie stories uitdink. Hilary Mantel, want ek wens ek kon sulke goeie sinne skryf. Ingrid Winterbach, want ek wens ek kon so slim wees.

Watter boeke wat jy onlangs gelees het kan jy aanbeveel vir diegene wat op soek is na lekker leesstof tydens die staat van inperking?

Ek is besig om my gunstelingboeke weer ’n keer te lees; deesdae soek ek ’n bekende wêreld om in weg te kruip, nie nog onsekerheid nie. Hierdie drie boeke het my menswees verander: Extremely loud and incredibly close (Jonathan Safran Foer) We are all completely besides ourselves (Karen Joy Fowler) en The picture of Dorian Gray (Oscar Wilde).

The post Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos appeared first on LitNet.

Wêreldwyd: "’n viering van boeke is ’n viering van kultuur"

$
0
0

.....

“Met die onlangse/huidige situasie met COVID-19 dink ek baie mense het weer nuwe waardering vir lees gekry en die towerkrag wat boeke het om jou verbeelding na ’n ander wêreld te neem terwyl jou lyf by die huis vasgekeer sit.”  – An-Mari Fouché

.....

Wêreldboekdag word jaarliks Wêreldwyd op 23 April 2020 gevier ter bewusmaking van die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal. Die ATR se Merlyn van der Rheede het met Shawna-Leze Meiring, An-Mari Fouché en Nandi Lessing-Venter van LAPA Uitgewers gesels oor dié dag.

MvdR: Wêreldboekdag word op 23 April 2020 gevier, waarom dink jy is dit so ’n belangrike dag?

AF: Wêreldboekdag is belangrik, want boeke is belangrik, en om verskeie redes. Lees het ’n enorme positiewe effek op kinderontwikkeling en ontwikkel taalvaardighede, begrip, kritiese denke en wakker ook die verbeelding aan. Boeke help mense om die wêreld op ander maniere te ervaar en vanuit ander perspektiewe te sien en so ontwikkel kinders van ’n jong ouderdom af empatie vir ander en ’n begrip vir belangrike konsepte soos gelykheid. Behalwe vir sulke vaardighede wat ontwikkel word is boeke ook ’n ervaring, ’n ontsnapping, ’n ontdekking. Met die onlangse/huidige situasie met COVID-19 dink ek baie mense het weer nuwe waardering vir lees gekry en die towerkrag wat boeke het om jou verbeelding na ’n ander wêreld te neem terwyl jou lyf by die huis vasgekeer sit.

Om al hierdie dinge te vier is van baie groot belang.

MvdR: Waarom dink jy is dit belangrik dat ons in Suid-Afrika ook hierdie dag vier? 

AF: Suid-Afrika het van die swakste geletterdheidsyfers in die wêreld. Ek glo dat, deur boeke te vier, kinders aangemoedig sal word om meer te probeer lees. Wêreldboekdag gee ons ook ’n fantastiese geleentheid om die groot verskeidenheid fantastiese skrywers en boeke wat ons land het te vier, en ’n viering van boeke is inderdaad ’n viering van kultuur – iets waaraan Suid-Afrika beslis nie ’n tekort het nie.

MvdR: Een van die groot probleme wat ons tans in ons land ervaar, is dat baie kinders nie toegang tot boeke het nie. Wat dink jy, hoe kan mens hierdie probleem oorkom? Verder, dink jy dat groter toegang tot boeke kinders sal aanmoedig om te lees? 

NLV: Kinders in arm gebiede is afhanklik van boekskenkings en voorbeelde van rolmodelle wat ’n liefde vir lees by hulle kan kweek. Boekklubs kan in hierdie gebiede gestig word en kinders kan sodoende gemotiveer word om boeke te lees waarin hulle belangstel en wat hulle aan leesplesier sal blootstel. Vrywilligers wat vir kinders boeke kan voorlees sal ook kinders se leesplesier aanmoedig. Tydskrifte, koerante en boeke kan ook aan gemeenskapsinstansies soos klinieke en kerke geskenk word waar dit aan kinders uitgedeel kan word of waar kinders dit in ’n veilige omgewing kan lees. (Uit ’n gesprek tussen Nandi Lessing-Venter en Estelle Kruger op LitNet)

Groter toegang tot boeke sal beslis kinders se leeslus aanwakker.

MvdR: Watter maniere bestaan daar om kinders se leeslus aan te wakker? 

NLV: In ’n poging om kinders se leeslus en -waardering aan te moedig, is dit nodig om die inligtings- en leesbehoeftes te verstaan. Dit is waardevol om ’n positiewe gesindheid by leerders ten opsigte van leesgeletterdheidsvaardighede te ontwikkel. ’n Liefde vir lees moet by kinders gekweek word, omdat dit beide hulle leesvaardighede verbeter en hulle leeslus aanwakker.

Wanneer kinders gemotiveerd is om te lees, is hulle geneig om die leesproses te geniet en te verstaan en het hulle vertroue in hulle vermoëns om te lees. Van daar ontwikkel kinders die innerlike waardering vir lees, wat hulle in staat stel om met geesdrif en nuuskierigheid te lees en krities te dink deur middel van die uitdagings van die teks voor hulle. Lees is veel meer as bloot net ’n kognitiewe proses. Die affektiewe komponent van die leesproses is ewe belangrik. Rolspelers soos ouers en onderwysers moet beide die kognitiewe en die affektiewe komponente van die leesproses in gedagte hou.

.....

“Die verskaffing van gebalanseerde boekversamelings op alle terreine van belangstelling is noodsaaklik vir leesbetrokkenheid vir beide niefiksie- en fiksieboeke wat gebruikers self kies om te lees.”  – Nandi Lessing-Venter 

.....

Deur gebruik te maak van beide ekstrinsieke en intrinsieke wyses waarop kinders geleer of gemotiveer word om te lees, kan rolspelers die affektiewe komponent van die leesproses bevorder. Veral die intrinsieke motivering van kinders moet gestimuleer word, want hierdeur word daar op hulle unieke en individuele belangstellings, behoeftes, aanlegte, persoonlikhede en leerstyle gekonsentreer.

Wat verder van uiterse belang is, is dat rolspelers, soos ouers en onderwysers, moet besef dat lees die kernvaardigheid van kinders se latere prestasies is (Snyman 2006). Alle rolspelers wat belang by die kind en die gedrukte media het, behoort kinders se leesbehoeftes en -voorkeure in ag te neem.

Humor word voorgestel as ’n moontlike sleutel tot motivering, bevrediging van die kind se leesbehoeftes, kognitiewe styl en unieke persoonlikheid.

Foto: Pixabay.com

Kennis oor humor, die fases van humorontwikkeling en humorsin kan van besondere waarde wees tydens die fasilitering van kommunikasie vir rolspelers soos terapeute, onderwysers en ouers en verdien verdere ondersoek (Lessing-Venter & Snyman, 2017).

MvdR: Daar is ’n tekort aan boeke in ons inheemse tale. Hoe kan ons die gebruikers van inheemse tale bewus maak van die belangrikheid van boeke?

NLV: Navorsers het ’n aantal faktore geïdentifiseer wat ’n rol speel in die motivering om te lees, insluitende selfkonsep en waarde van lees, keuse, tyd spandeer om te praat oor boeke, tipes teks beskikbaar en die gebruik van aansporing.

Rolspelers, soos die ATR, kan moontlik negatiewe faktore verminder en leesmotivering aanmoedig deur aktiwiteite voor te stel om ’n positiewe groepdinamika te bou deur gebruikers van inheemse tale in te sluit by die keuse van leesmateriaal en aktiwiteite wat gepas is vir die belange van die gebruikers. Boekvoorlesing en -bespreking is ook effektiewe maniere om leesbetrokkenheid aan te moedig. Wanneer ’n teks voorgelees word, stel dit gebruikers van inheemse tale in staat om belangrike leesstrategieë en -gedrag te modelleer.

.....

“Ek dink meer mense sal in plaaslike tale skryf as daar eerstens meer skrywers is wat opgelei is oor hoe om goed te skryf. Hoe meer skrywers, hoe meer stories.” 

.....

Die verskaffing van gebalanseerde boekversamelings op alle terreine van belangstelling is noodsaaklik vir leesbetrokkenheid vir beide niefiksie- en fiksieboeke wat gebruikers self kies om te lees. Om boeke vir selfseleksie beskikbaar te stel, opwinding en liefde vir lees te deel, ’n gebalanseerde boekversameling te bou, ’n passie vir lees te openbaar en om belonings te bied wat die waarde van lees demonstreer, is net ’n paar eenvoudige voorstelle wat die liefde vir lees kan aanmoedig vir gebruikers van inheemse tale.

MvdR: Ons weet dat moedertaalonderrig baie belangrik is en dat dit veral belangrik is dat skoolkinders in hul moedertaal leer en lees, gewoon omdat die vormingsjare belangrik is vir hul begripsvermoë. Hoe kan skrywers aangemoedig en gemotiveer word om boeke in al ons inheemse tale te skryf?

SM: Moedertaalonderrig is vir seker belangrik – en bly ook belangrik ná kinders se vormingsjare. Ek sou sê dat hierdie besef ook by onder andere ouers, onderwysers en leerders moet posvat. Ons moet nie inkoop in die idee dat Engels jou verder gaan bring omdat dit belangrik is as “besigheidstaal” nie. Volgens my veronderstel so ʼn siening dat jou moedertaal of plaaslike tale, nie so belangrik en “waardig” is as groter tale, soos Engels, nie.

Ek dink meer mense sal in plaaslike tale skryf as daar eerstens meer skrywers is wat opgelei is oor hoe om goed te skryf. Hoe meer skrywers, hoe meer stories. Tweedens sal dit skrywers ook help om kinders – ongeag hul taal – se leesvoorkeure en -belangstellings na te vors. Kinders wil nie boeke lees wat nie regtig iets met hul leefwêreld te doen het nie. As kinders van ʼn boek hou en dit verkoop goed, sal dit natuurlik beteken die skrywer kry ’n inkomste.

MvdR: Hoe kan ons ’n bewustheid skep en belangstelling aanwakker by leerders om in hul moedertaal te lees?

SM: LAPA het nog altyd geglo dat lees lekker moet wees. Humor staan in hierdie opsig voorop. Kyk maar watter prettige boeke het skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen en Theresa van Baalen al in Afrikaans geskryf. ʼn Lekkerleesboek bevat ook dikwels ʼn storie waarmee lesers kan identifiseer. Boeke wat te veel lessies bevat, boei kinders nie. Die sukses wat lekkerleesboeke het, praat vir sigself. Dit is boeke wat kinders aan die lees kry en uiteindelik van hulle lewenslange lesers kan maak.

Kinders kan dus op die uitkyk wees vir boeke wat vir húlle interessant (en snaaks) klink, en hopelik sal ouers hierdie boeke koop.

The post Wêreldwyd: "’n viering van boeke is ’n viering van kultuur" appeared first on LitNet.


Mark Behr (1963–2015)

$
0
0

Foto: Hettie Scholtz

Sêgoed van Mark Behr

 “Ek het begin skryf toe ek sestien jaar oud was en wou brutaal eerlik in my skryfwerk wees. Ek glo vas skryf is een van die enigste maniere in die wêreld waarop ’n mens totaal eerlik kan wees.”

“Ek het agtergekom dat ek nie die waarheid kan skryf as ek net met woede skryf nie. In my eerste draft [van Die reuk van appels] het ek met meedoënlose woede vir blanke Suid-Afrika begin skryf – maar ek het gou besef dat ek net protes-literatuur skryf.”

“This sounds pretentious, but I think good writing is usually writing that is able to look at things from varied angles, which is what conflict analysis is about. Not to reduce things to either economics or ‘real politiek’ but to look also at religion, gender, language and history.”

“Poetry is where precision of language is the most celebrated.”

In 1995: “Ek dink nie ek het die geestelike vermoë om so ekonomies met taal (soos ’n digter) om te gaan nie. Digters het ’n hoër verbale IK as prosaskrywers. Hulle neem meer waar, en my hande is te vuil daarvoor. Ek lewe so vuil en sleg as moontlik en het nie genoeg insig of geduld om daardie presisie van waarneming aan te kweek nie.” (Beeld, 15 Mei 1995)

In 1995: “Vir my was skryf konfronterend, maar eerder eksistensieel as polities.” (Beeld, 15 Mei 1995)

“Afrikaans is ’n godsmooie taal met ’n wêreldklas-letterkunde.” (Beeld, 25 Oktober 2003)

“Ek hét al skaamte en skuld gevoel oor my politieke keuses en soms oor ek wit is, maar nog nooit omdat ek Afrikaans is nie. Om groepe mense of ’n taal tot verantwoording te roep – dit moet wel sporadies maar baie omsigtig gebeur – bevat die kiem van ’n nuwe outoritêre impuls. Buitendien, as ons na die groter prentjie kyk, is daar ’n taal op aarde wat tot meer verdriet gelei het as Engels?” (Beeld, 25 Oktober 2003)

“What I have discovered after years of traveling on four continents is that no other landscape communicates with my psycho-social memory like the landscapes of sub-Saharan Africa. I spend three to four months a year in Africa. My family is mostly there and certainly most of my most intimate friendships are there.”

Mark oor sy lewe: “By the measure of the majority world it is a very privileged life, but, like all lives it is also full of the daily fumbling of trying to be human, grappling with belonging, working to keep food on the table, trying to love well and be a better, healthier human being.”

“Oudword is verskriklik, veral vir gay mans met hul estetiese benadering tot die lewe. Ja, ek weet dis ’n veralgemening – heteroseksuele mans is net so gesteld op hul voorkoms – maar daar ís ’n element van waarheid in die stereotipe dat ons obsessief is oor hoe ons lyk. Tog voel veertig lígter as dertig, want saam met my hare het baie van my angs en ambisie verdwyn. In my vroeë dertigs het ek my beperkings leer ken, en nou voel ek ruimhartiger, onsigbaarder, meer verbeeldingryk. Ek lewe meer doelgerig en het ’n goeie sin vir self-ironie gekweek, én die vermoë om myself te vergewe. Ek verstaan nou hoekom Oscar Wilde gesê het Youth is wasted on the young.” (Die Burger, 17 Oktober 2003)

“Wanneer storie-vertel die dag nie meer plesier en vervulling bring nie, sal ek plotseling ophou skryf en weer ’n dosent of skuba-instrukteur word.”

“Daar’s ’n perverse romantisering van kunstenaars wat moet ly of swaarkry voor hulle kan skep of verstaan – iets soos: jou littekens vir ons vertroue ...  Jy is tog mens voordat jy kunstenaar is en as ek geskend moet word om goeie stories te skryf, sal ek eerder die stories opoffer, of hoe?”

In 2000: “Maar ek skryf toenemend vir die plesier van die skeppingsproses, eerder as om iemand anders tevrede te stel en wil ek my nie veel steur aan kritici of openbare reaksie nie.”

Waar is Mark Behr op die oomblik ten opsigte van wie hy is? Tot waar het hy nou (in 2000) gekom met sy reise? “Soms met ’n skuifel, soms ’n huppel of ’n drafstap, gaan ons almal aan met soortgelyke uitdagings: verband afbetaal, of jy wil kinders hê, cope met bles word, of ’n verhouding laat werk, motor koop of openbare vervoer gebruik of jou werk geniet. Van kleins af wou ek die wêreld proe, en dit het ek. Genoeg om te weet hoe min én te veel smaak; ek het gereis, dwarsdeur my lewe, om die wêreld en ’n paar keer tot diep in die donkerte, maar altyd terug in die voue van die rooi hart.”

Oor “manlikheid”: “Soldaat-wees word deur baie sielkundiges as die uiterste manifestering van man-wees beskou. Ook vir baie gay mans – veral dié met ’n streng patriargale agtergrond – was die weermag destyds die ideale geleentheid hiervoor. Op een vlak is dit deel van die narratief van my eie jeug. ’n Mens kan jou kwalik indink dat my storie buitengewoon was. As ‘heimlik’ gay word jy in ’n heteroseksistiese milieu binne jou eie psige die vergestalting van skaamte – ’n objek of onmens sonder bestaansreg.

Ek moet egter byvoeg hoewel seksuele en geslagsvertwyfeling en – marginalisering in menige gay man se psige uitspeel, is die stryd om ’n sogenaamde man te wees, nie uniek aan ‘gay’ mans nie.

Sogenaamde heteroseksuele mans, emosioneel bygestaan en aangevuur deur heteroseksistiese of falliese vroue, faal ook chronies in hul strewe na ’n onbereikbare manlike ideaal. Mans se voortdurende mislukking om die man te wees wat niemand inderwaarheid kan wees nie, is waarskynlik een van die mees fundamentele oorsake van geweld wêreldwyd.” (Beeld, 7 Mei 2012)

“I teach literature and writing in ways that are deeply and profoundly informed by the activism I believe is a part of the best kinds of peace studies.” (Kroc Institute for International Peace Studies)

Gebore en getoë

Mark Carl Behr is op 19 Oktober 1963 in die distrik Olojorro, Arusha in die destydse Tanganjika, vandag Tanzanië, gebore. Sy familie was boere in die distrik. Met die deurvoering van president Julius Nyerere se Ujaama-beleid van Afrika-sosialisme in 1964 is die plase wat deur blanke boere besit is, genasionaliseer. Mark se familie het besluit om na Suid-Afrika te emigreer en in 1965 is hulle inderhaas en sonder ’n sent op hulle naam uit Tanganjika weg.

In Suid-Afrika het die familie hulle as Afrikaners geïdentifiseer en het die kinders van die Behr-gesin na Afrikaanse skole gegaan en aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk behoort. Mark se pa het ’n wildbewaarder geword in die wildreservate in KwaZulu-Natal, waar Mark sy vroeë jeugjare deurgebring het. “Dit was soos ’n paradys,” vertel Mark aan Petra Quaedvlieg. “Ek kon gaan en staan waar ek wou en tussen die kameelperde en sebras loop. Ek was die enigste blanke kind en was gewoond aan baie aandag. Op my agtste verjaardag het ons na Durban verhuis. Dit was ’n nagmerrie. My pa het besluit om ’n besigheid te begin omdat hy in die wildreservaat te min betaal is. Maar hy het min sukses in die besigheidswêreld gehad, met die gevolg dat ons voortdurend moes verhuis, van die een huurhuis na ’n woonstel of omgekeerd, afhangende van hoe florerend sy besigheid was.

“Ek is na ’n christelike, nasionale skool waar absolute gehoorsaamheid en dissipline vereis word. Ek het ’n opstandige, ongehoorsame kind geword – astrant teenoor die onderwysers en my ouers. Terselfdertyd het ek baie van musiek en dans gehou en dit heerlik gevind om in ’n rok deur die kamer te dans. Aanvanklik het my ouers gedink dit is net ’n speletjie, maar rondom my tiende verjaardag het my belangstelling in die kunste vir hulle ’n bedreiging geword. My vader se angs dat ek dalk ‘anders’ kon wees, was so groot dat hy my geslaan en verneder het: ‘Kyk, hoe groot en sterk is jy! ’n Regte sportman! Waarom gedra jy jou soos ’n meisie?’ Hulle het selfs professionele hulp vir my gekry.”

Mark verduidelik aan Petra dat sy vader afkomstig was uit koloniale Oos-Afrika, waar die manne soms vir drie maande op ’n slag op safari gegaan het. Hulle het ruwe sport gedoen, erg gedrink en vele vroue gehad. Dit was geen geheim dat sy pa van die een bed na die ander gegaan het nie. “En daar het jy vir my, ’n twaalfjarige wat ballet wil doen! Dit het nie in die prentjie gepas nie. Veral omdat my ouers hulle bes gedoen het om goeie Afrikaners te wees. My pa se woede het voortgespruit uit frustrasie en onmag.

“Op my dertiende of veertiende verjaardag het ek besluit: ek gee oor; ek word die seun wat julle nog altyd wou gehad het. Ek was uitgeput. Ek het gedurende die tyd ook my seksualiteit ontdek en was verskriklik bang vir die betekenis daarvan. Binne ’n kort tyd het ek ’n modelkind geword. Ek het musiek gelos en begin rugby speel. Ek was ’n prefek en het fanaties meegedoen aan die weeklikse militêre oefenparades op skool. Intussen het ek swaargekry onder die wete dat ek nie soos die ander seuns tot die ryk middelklas behoort nie. Tuis was daar altyd die geldelike onsekerheid.”

Op tienjarige ouderdom is Mark vir twee jaar na die beroemde Drakensbergse Seunskoorskool (Drakensberg Boys’ Choir School), ’n privaat musiek-akademie in die Drakensberge van KwaZulu-Natal, waar hy ook lid van die koor was.

“Ek het grootgeword in die tyd toe Suid-Afrika se veilige takelwerk van Portugese kolonies – Mosambiek en Angola – in duie gestort het. Van 13-jarige leeftyd af moes ons kadette wees, leer skiet, bevele gehoorsaam en bevele uitskree. Ek het dié snert nogal maklik gesluk en was as dienspligtige vreeslik trots daarop om offisier in die Weermag te wees.”

Mark het aan Port Natal Hoërskool in Durban gematrikuleer.

Verdere studie en werk

Na sy skoolloopbaan is Mark, soos so baie ander blanke mans van sy ouderdom, opgeroep vir verpligte militêre diens in die Suid-Afrikaanse Weermag, waar hy deel was van die oorlog in Angola. Hy het aan Romi van der Merwe (Rooi Rose, 25 Augustus 1993) vertel dat om Angola toe te gaan, vir hom so maklik was soos om asem te haal.

Nadat hy klaar was met die Weermag, het hy nie geld gehad om universiteit toe te gaan nie. Hy het as verkoper gaan werk en het so geld gespaar. In 1986 skryf hy aan die Universiteit van Stellenbosch in as student in Engels en Politieke Wetenskap. Hy het net genoeg geld vir een jaar gehad.

Aan die einde van 1986 het sy oom met ’n voorstel na hom toe gekom. Hy het die opdrag gehad om te rapporteer oor die aktiwiteite van die studentevakbond NUSAS op Stellenbosch. “Ek was polities totaal oningelig. Ek het in die jaar na my diensplig vir die eerste keer gehoor wie Nelson Mandela is en wat die ANC is. In die leër was ‘swart’ gelykstaande aan ‘kommunis’. En ek het geëerd gevoel dat ’n kolonel my uitverkies het vir so ’n spesiale sending. So kon ek my bydrae lewer tot die voorkoming van ’n swart revolusie. En dan was dit ook die oplossing van my geldelike krisis. Ek wou advokaat of ’n dosent in Engels word,” het Mark verder aan Petra Quaedvlieg vertel.

Dit het ’n radikale ommekeer in sy lewe teweeggebring. “Ek het vir die eerste keer in kontak gekom met mense wat gesag in twyfel trek. En ek het begin om met ander oë na my eie opvoeding te kyk. En ek het vreeslik begin lees. Binne ’n jaar was ek oortuig daarvan dat ’n revolusie onvoorkombaar was en is ek tot nasionale voorsitter van NUSAS gekies. Daarna het ek nog vir drie jaar aangehou met my spioenasiewerk.

“Hoe sekerder ek geraak het dat ek moes ophou daarmee, hoe banger het ek geword dat ek ontmasker sou word. Met die prominente posisie in NUSAS het ek vir myself ’n strik gestel. Want as ek stop, sou die polisie my verraai, en sou my eie reputasie en dié van NUSAS aan skerwe lê. Dus het ek besluit om die informasie wat ek oorgedra het, te manipuleer en geen inligting oor te dra wat iemand kon kompromitteer nie.”

Dit het spoedig vir Mark duidelik geword dat die langtermynplan was om hom in kontak met die ANC te bring. “Dit was dus vir my ’n goeie rede om aktief te bly, want hoe meer ek myself ingewerk het as leier van ’n progressiewe Afrikanerbeweging, hoe nader sou ek aan my doel kom. Ek het dus die seën van die polisie gehad toe ek in 1989 met ’n groep studente na die ANC in Lusaka is.”

Die beweging het egter so vinnig gegroei dat die polisie besluit het genoeg is genoeg. Hulle het daarin geslaag om Mark op ’n geloofwaardige manier weg te kry van Stellenbosch af. Hulle het ’n skietinsident georkestreer sodat Mark kon sê dat dit te gevaarlik geword het – hy moes weg. Hy is voor ’n ultimatum gestel om saam te speel of hulle sou bekend maak dat hy gay is.

Die polisie het in elk geval hulle belofte verbreek en as gevolg daarvan het hy besluit om oor te loop na die ANC toe. Hy het gehoop dat die ANC sou sê hy moet in die openbaar bieg sodat hy met sy lewe kon aangaan, maar hulle wou hê dat hy moet aangaan met die spioenasie; dus het hy toe ’n dubbele agent geword. In 1991 is hy as agent van die ANC “ontslaan” weens die veranderde politieke omstandighede, maar die ANC het hom gevra om nie te erken dat hy ’n spioen was nie, aangesien dit die wankelrige toenaderingspogings tussen wit en swart in die wiele kon ry.

Gedurende sy universiteitsjare is Mark se eerste kreatiewe skryfwerk gepubliseer. Verskeie gedigte het in Die Stellenbosse Student verskyn. Hy was ook die eerste voorsitter van NUSAS wat lid van die Stellenbosse Studenteraad geword het.

Nadat hy sy BA-graad met Engels en Politieke Studies as hoofvakke verwerf het, het hy besluit om vir die BA Honneursgraad in Politieke Studies te studeer. Na ’n jaar by IDASA (Instituut vir ’n Demokratiese Suid-Afrika) het Mark ’n navorsingsgenoot en lektor aan die International Peace Research Institute in Oslo, Noorweë geword en het hy tussen Suid-Afrika, Europa en Amerika begin reis.

Hy het ingeskryf aan die Universiteit van Notre Dame in Amerika, waar hy onder Joseph Buttigies, die vertaler van Prison Notebooks van Antonio Gramsci, studeer het. Hierdie het hy grade in internasionale vredestudies (1993), die skryf van fiksie (1998) en Engelse letterkunde (2000) verwerf. In 1993, terwyl hy in Amerika was, het hy gesê: “Ek mis die huis, my ouers en my vriende baie. Wat ek presies gaan doen, sal ek eers kan vasstel ná afloop van gesprekke met mense wat die situasie in die land van nader ken. Alles sal afhang van waar ek my energie op die sinvolste manier kan gebruik – en daaroor wil ek nie eensydig besluit nie.”

In 1995 was Mark ’n dosent in Engels aan die Universiteit van Vista in Johannesburg en het hy vir twee maande elke jaar aan die Universiteit van Oslo in Noorweë klas gegee. In Johannesburg het hy in ’n ou huis in Brixton, wat hy reggemaak het, gewoon, waar hy ’n groot studeerkamer gehad het. Hy het aan Rachelle Greeff vertel: “Ek luister musiek terwyl ek skryf en blaai gedurig deur ou tekste vanaf Dostojefski en Enid Blyton tot Michel Foucault. Het al op dagga en cocaine probeer skryf, maar vind dit onmoontlik. My goeters moet net alles reg en goed georden rondom my wees.”

In 1993 het Mark die Afrikaanse letterkundige toneel betree met sy debuutroman, Die reuk van appels, wat deur Queillerie uitgegee is. Hy het dit in Afrikaans en Engels gelyk klaargemaak, maar met die redigering, die herskryf, die bakleiery met die uitgewers en ses of sewe konsepte het dit agtien maande tot twee jaar geneem. “Editing doen ek self; ek is te precious en senuagtig oor veral idees (eerder as taal) om ’n ander toe te laat om te vroetel. Dat ek self edit, beteken nie ek neem nie ander se raad ernstig op nie. Daar’s ’n paar opinies wat ek dalk nooit sal ignoreer nie,” het hy aan Rachelle Greeff vertel.

Die reuk van appels handel, volgens JC Kannemeyer in Die Suid-Afrikaan van Maart/April 1994, in die eerste plek oor tien dae in die lewe van die elfjarige Marnus wat saam met sy ouers aan die Valsbaaikus woon. “Marnus, wat as verteller optree, en sy boesemvriend Frikkie, se speletjies en kwajongstreke is egter op die periferie, want sentraal is Marnus se vererende liefde vir sy vader, ’n generaal in die Suid-Afrikaanse leër. Daar word ook aansienlik aandag bestee aan sy verhouding met sy moeder, ’n musiekonderwyseres en in haar jeug ’n sangeres van betreklike formaat. Marnus se suster Ilse speel ’n belangrike rol om ander waardes te beklemtoon, al bly sy meestal as ’n bron van irritasie vir hom op die agtergrond.”

“Teenoor die vertelling van 1973 staan die telkens skuinsgedrukte invoegings van die ervarings deur ’n latere Marnus as jong staandemag-offisier in ’n hopelose situasie gedurende die Angolese oorlog ná die beweerde debakel van Cuito Cuanavale,” skryf Wium van Zyl (Beeld, 14 November 1994). “Die skrywer bereik só ’n knap verteleffek. Ek beskou Die reuk van appels as ’n historiese roman met ’n kort tydsbestek. Dit is ’n debuut wat beïndruk, ’n boek wat ’n mens kan erváár. Behr slaag daarin om die krasheid van die nou al effens muwwe grensliteratuur sowel as die subtiele gewaarwording van ’n sensitiewe adolessent in een teks te huisves.”

Kannemeyer het verder geskryf: “Die reuk van appels met die volgehoue ironisering op die wysie van ’n kindervertelling is ’n genadelose afrekening met apartheid. Die ek-verteller sorg met sy onbevange, naïewe perspektief en die ligte aanslag dat die roman nie swaar word of in prekerigheid ontaard nie. En met die Angola-tonele skep Behr ’n reeks jukstaposisies wat felle kontraste met die rustigheid en skoonheid van Valsbaai vorm. Anders as so baie romans van dié aard ‘wys’ die struktuur nie en word die lesers nie bewus van ’n manipulasie nie. In die laaste instansie is dit die ligte aanslag in die boek wat so bevredigend is.”

Op die program Oor skrywers en boeke op die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK het Petra Müller die boek beskryf as ’n “geslypte en geslepe en gerealiseerde stuk werk en ek het dit met groot waardering gelees. Dis ’n besonder goed georganiseerde vertelling, en dit loop op twee trappe wat naasmekaar loop en wat mekaar gaan ontmoet in die dood van die sentrale persona, die elfjarige Marnus. (...) Dit is ’n gemeenskap van beautiful people wat hier beskryf word. Na hul huis, in hierdie somer van 1973, kom ’n Chileense generaal, ook jonk, dinamies en versluierd – sy regte naam mag nooit genoem word nie. Die man se fluwelerige teenwoordigheid in hul huis is een van die beste dinge in die boek. Die damp van seksualiteit wat altyd in die omgewing van die militêre is, veral die verband tussen seksualiteit en magsgeweld, word op subtiele maniere in die boek ondersoek: dit word ingelei deur die koms van die Chileen. Want hy gaan die sluimerende magte in die kliphuis laat ontwaak, en met hom neem die ondertoon van verdoemenis ’n aanvang.”

“Die boek is ’n kat-en-muisspel met die leser: die leser weet dit. Soos in die meeste argelose kindervertellings skemer daar baie vinnig ’n ander wêreld deur, die wêreld van die grootmense wat deur die onwetende self ontdek word as deel van die vreeslike proses van inisiasie tot die lewe. Wat hierdie boek besonders maak, is dat die boek homself in die toekoms verplaas en in ’n tweedespoorvertelling vir jou vertel wat van Marnus gaan word. Die tweede stem, in kursief gedruk, praat van die begin af saam. En dit vertel jou hoedat Marnus, die seun van die generaal, as jong bevelvoerende offisier vasgekeer en vernietig gaan word in ’n finale bom-aanval in Suid-Angola.

“Die jukstaposisie van die twee tydvakke skep ’n verskriklike ironie. In die uitgesponne elegie van die kindertyd sien ’n mens hoedat ’n orde op die kind afgedruk word, die orde van die apartheids-Afrikaner wat sy politiek tot religie verhef het, en getrou daarvolgens leef. Die seun aanvaar dit: die boek beskryf hoe hy dit aanvaar. En dáárvan word hy die slagoffer.”

Vir Müller is die vertellinge oor die kindertyd soms te lank en dwaal dit te veel, die foto op die buiteblad van Marnus is nie oud genoeg vir die Marnus van die boek nie. Sy het ook ander voorbehoude, maar sy ag dit nie só belangrik nie. “Want einste hierdie vreeslike nag, wanneer die kind se onskuld hom ontneem word, is ’n meesleurende samevatting en regverdiging van die voorafgaande stof, en dit is hier dat die lont gelê word vir die tydbom wat later in Angola tot uitwissing sou lei.

“Die boek self is ’n soort tydbommetjie. Nadat ek dit gelees het, het ek gedurig in my gedagtes daarheen teruggekeer, ontroer en ook verontrus deur die uitbeelding van die onafwendbare seunsdood wat volledig toegerus na vore kom uit die selfvernietigende effek van ’n gesplete vaderbestaan. Om van die moeder glad nie te praat nie; sy’s ook hier. En die suster, ’n soort Antigone-figuurtjie, is ook daar. Sy’s al een wat die waarheid onder oë gesien het.

“Ek wil die hoë woord spreek: iets in die verhaal het my herinner aan die Grieke, aan die gebeurtenisse in die huis van Laïus, aan die vaders wat hul kinders opvreet, en aan die seuns wat hul vaders doodslaan by daardie eensame plek waar die paaie kruis.

“En dit, dink ek, is al genoeg gesê van ’n eerste roman. Gaan lees dit gerus: dis ’n eerlike, ondersoekende en ook geïnspireerde stuk werk van ’n jong skrywer wat ons van nou af fyn sal dophou. Hy het iets vir ons te sê.”

Rachelle Greeff wou by Mark weet hoe werk die skrywery in twee tale samelopend en sy antwoord was dat sy reg is oor die verskillende metafore, want dit lei juis tot herinnerings wat verskil van taal tot taal. “Ons gesin was volledig tweetalig – dis nou Engels en Afrikaans – en die skisofrenie van meertaligheid is nou maar eenmaal daar. Hoe gebruik jy die troetelnaam ‘my kaffertjie’ in Engels, sonder om die ironie te verloor? ‘My piccanin’ sê net ’n derde van die oorspronklike. Maar dan’s daar ander stukke wat oorspronklik in Engels geskryf is, byvoorbeeld die gedetailleerde werking van die penis; en dit werk ewe goed in Afrikaans. Die twee tekste is wat betekenis betref, redelik naby aan mekaar, maar uit die aard van wat taal is, moet hulle verskil.”

Tom Gouws (Beeld, 26 April 1993) skryf: “Die mitologiserings van die Afrikaner word in Die reuk van appels op ’n bykans terloopse wyse nagespoor en deurgrond soos in min ander tekste voor hom. Deur bloot te jukstaponeer met enkele kort flirtasies van Weermagwedervaringe in Angola, ontvou ’n sosiale geskiedenis van die ‘shaping powers’ van die Afrikaner se identiteit. Hierdie vormingskrag van die identiteit: godsdiens, gesag, rassisme, geslagtelikheid, politiek en seksualiteit word vernuftig in die teks ondersoek.”

“Dit is ’n groot wins dat Marnus bykans die hele verteltyd in beslag neem met sy onpretensieuse vertelling, en die implisiete outeur so getemper word om uitgesproke ‘statements’ of interpretasies te maak, en dít veroorsaak dat daar ’n eerlikheid is wat deur onderbeklemtoning geaksentueer word. Daarmee saam skep dit ’n ironiese afstand, waarvan die leser deurentyd met die lees van die teks bewus moet bly, anders kan die verhaal vir hom wegsyfer in triviale vertellinkies van beuselagtighede. Die motto van die boek waarsku al die leser om die teks te lees met die bifokale lens van ironie, want ons was almal so. (...) In ons verbrokkelde samelewing is die vertel van die eie verhaal inderdaad ’n poging om te verstaan en verstaanbaar te maak. Mag Mark Behr se boek keer dat die drome van die ouers weer die drome van die kinders word.”

Volgens Henning Pieterse in Rapport van 30 Mei 1993 slaag Behr daarin om die “naïewe vertelperspektief geloofwaardig vol te hou, en die leser behoort noodwendig verskeie voorvalle soortgelyk aan dié wat Marnus ervaar, te herleef. Een persepsie wat wel deeglik gerelativeer word in die teks, is dié van die macho weermagman. Ná die lees van die boek en, veral, die treffende toneel waarin Marnus weier om die Chileense generaal se epoulette te dra, wonder ’n mens weer oor die ‘manne’ in uniform en hoe lief baie van die bevelvoerders inderdaad vir hul troepe is. Van die tonele is te lank uitgerek en soms voel ’n mens dat daar darem te veel met stereotipes gewerk word, maar uiteindelik is Die reuk van appels, met sy altyd geldige temas van grootword en verlies aan onskuld, ’n boek wat werklik die moeite werd is om te lees.”

Vir Tim Huisamen (De Kat, Junie 1993) is dit ’n eerstelingroman met belofte, maar ook onhebbelikhede wat ernstige probleme vir die werk veroorsaak, en vir Mabel Rossouw in Dolos (1993:2) word die volwasse slaankrag van die werk verhoog deur die bedrieglike onskuld en naïewe inslag wat deur die kinderperspektief geskep word. Die reuk van appels is ’n noodsaaklike bydrae tot die (literêre?) worsteling met ’n stuk geskiedenis wat hierdie wye en droewe land byna onherkenbaar vermink gelaat het.

Die reuk van appels was vir Thys Human (Volksblad, 2 Augustus 1993) ’n ontroerende leeservaring wat die leser om ’n veelvoud van redes bybly, selfs lank nadat die laaste bladsy klaar gelees is.

Daar was veelvuldige reaksies op Die reuk van appels. Hieroor het Mark aan Beverley Mitchell vertel dat die briewe wat hy ontvang het, hoofsaaklik skok uitgespreek het oor die besef dat die meeste wittes wel die keuse vir apartheid-Suid-Afrika, vir nasionalisme en vir patriargie gemaak het. “As wittes het ons almal gewéét wat aangaan in die land. Al het apartheid ons nou veilig geskei van ons swart broers en susters, het ons wel geweet – ons kan nooit soos die Duitsers sê ons het nie geweet nie. Die meeste mense wat aan my skryf oor die boek is vroue. Hulle gee ’n soort skuldbelydenis dat hulle ook dieselfde tipe kinders grootgemaak het. Hulle vra my raad: ‘How can we undo what we’ve made of them?’ (...)

“Die boek was ’n poging om af te reken met myself en my eie ondersteuning van apartheid. Op die ouderdom van 21 het ek die eerste keer van Nelson Mandela en Steve Biko gehoor. Ek het apartheid aktief ondersteun. Ek was ’n offisier in die Weermag in die Angolese oorlog. Dit was vir my ’n groot eer om in die Suid-Afrikaanse Weermag te wees.”

“Ek wou met hierdie storie dekonstrueer hoe ek ooit so ’n sisteem kon ondersteun het – so maklik, so klakkeloos, so onkrities. En wat ek ook met hierdie storie wou doen, is om vir ander mense – veral wittes – te sê: ‘Jy moet vergeet daarvan om in die nuwe Suid-Afrika in te gaan tensy jy besef dat jy is wat jy is.’ (...)

“Ek het die kinder-narratief gebruik om te verhoed dat die boek preek. Kinders is baie eerlik. Hulle sê dit soos dit is. Dit is soort van onopgesmuk, onkwalifiserend en totaal eerlik. Want die kind het nog nie die intellektuele skills om te redigeer nie. En as niks anders in die Bybel waar is nie, is één ding wel waar: uit die mond van die suigeling sal ’n mens altyd die waarheid hoor.”

“In die boek plaas ek dieselfde skuld op God oor wat in die land gebeur het as wat ek op die wit mense in Suid-Afrika plaas. Ek neem die hele regverdiging van apartheid deur die kerk baie ernstig op. Op ’n baie subtiele manier bevraagteken ek ook die hele manlike konsep van God. Die feit dat God as heteroseksuele man gesien is. Dit is baie subtiel gedoen, want ek kon dit nie kru doen nie – dit is ’n kind wat vertel. En tensy mense die ironie verstaan wat in die boek aangebied is, is hulle geneig om verkeerd te verstaan wat aangaan. Dit kan maklik lyk of ek apartheid ondersteun – want ek sê nie wat die kind sê is verkeerd nie. Daar is empatie van my kant af.”

Die Engelse vertaling van Die reuk van appels, getiteld The smell of apples, is in 1995 gepubliseer. Die Amerikaanse uitgewer het só op die boek gereageer: “There is such a violent, yet so totally repressed, drama to the world that Behr portrays, and we as readers see how the entire culture of a country worked its way into the everyday lives of all its people. The fact that oppression corroded both the lives of the oppressors as well as those who were being oppressed, is rendered effectively in this work.”

Die Afrikaanse titel het beide die CNA-debuutprys en die Eugène Marais-prys vir 1994 verower. Die Engelse weergawe het in 1995 die Betty Trask Award ingepalm. Dié prys word befonds uit ’n erflating deur Betty Trask aan die Vereniging vir Skrywers (Society of Authors). Sy wou “tradisionele” skrywery in plaas van die meer eksperimentele skryfwerk bevorder. Die Engelse weergawe was ook op die kortlys vir die jaarlikse Guardian Fiction Award in 1995. Die Art Seidenbaum Award van die Los Angeles Times is in 1997 aan die Engelse titel toegeken. Dit was ook op die kortlys vir die Britse John Steinbeck-prys in 1996.

“Op skool was daar baie dinge wat ’n mens nie kon artikuleer nie,” het Mark in 1995 aan Theunis Engelbrecht (Beeld, 15 Mei 1995) vertel, “weens die sensuur van die Christelik-nasionale ideologie, en dis hoekom ek begin skryf het. My belangstelling in politiek het begin toe ek universiteit toe is en die werk van Marx begin lees het. Die dekonstruksie van ’n mens se eie onvryheid het vir my insig gegee in die onvryheid van die meerderheid in Suid-Afrika.” (...)

“Dit is een ding om bloot te bevraagteken – soos byvoorbeeld met die sogenaamde oop gesprek by die Universiteit van Stellenbosch – maar as ’n mens begin doen, loop jy jou vas. Daar is nog steeds te veel beklemming in Suid-Afrika en dit het nie net te doen met ras nie, maar ook met geslag, klasposisies, godsdiens en die dialektiek daarvan. Goeie letterkunde spreek dit alles aan, maar die Suid-Afrikaanse literatuur is té polities, daarom raak die werk van André P Brink en Nadine Gordimer vir my baie vervelig.”

Mark se The smell of apples is in 1996 met die M-Net-Boekprys bekroon en met sy aanvaardingstoespraak het Mark weer ’n hele paar knuppels in die hoenderhok gegooi. In 1994 was Die reuk van appels op die kortlys vir die Afrikaanse M-Net-Boekprys (Karolina Ferreira van Lettie Viljoen was die uiteindelike wenner) en in ’n onderhoud met Rachelle Greeff in De Kat van Julie 1995 het Mark die volgende kwytgeraak: “Toe Appels verlede jaar nie die M-Net Prys gekry het nie, was ek aanvanklik net verbouereerd. Toe ek later hoor dié beoordelaar het by daai pryswenner geslaap en dié een is daai een se beste vriendin, het ek begin besef en erken die goed is ontsettend arbitrêr. Ander beoordelaars sou anders gekies het. Jy weet, ons het maar almal ons verskillende subjektiwiteite en skulde om te betaal. Die ou Broederbond baantjies vir boeties het nou net iets begin allitereer: iets soos soentjies vir sustertjies. Dat Appels goed loop oorsee, is vindication genoeg vir my. Karolina sal vir hellank in die kas bly sit. As ék de donner in was, weet ek nie hoe iemand soos Brink na al die jare van werklike gathappery moet voel nie. Dat hy nog skryf, is seker bewys van sy commitment tot iets groters. Ek sal nog leer. Dis seker suur appels.”

In 1996, nadat Mark sy prys van die Vrystaatse premier, Patrick Lekota, ontvang het, het hy aan die gehoor gesê dat hy dronk is en na die toilet moes gaan. Daarna het hy, tot die verbasing van die gehoor, gesê dat hy hierdie keer dié spesifieke prys gewen het en nie eers by een van die beoordelaars geslaap het nie. In die week na die uitlatings moes Mark bontspring om die vure dood te slaan en het hy gesê dat die uitlating buite konteks aangehaal is in die berigte oor die onthaal. Dit was ’n “speelse, sydelingse opmerking” en was ’n “grap” tussen hom en vriende van hom wat beoordelaars was.

In Julie 1996, terwyl hy ’n skrywerseminaar in Kaapstad bygewoon het, het Mark erken dat terwyl hy op Stellenbosch was, hy gewerf was om ’n agent vir die Suid-Afrikaanse apartheidsregering te word en sodoende die bedrywighede van die studente op universiteitskampusse te monitor om politieke insypeling te voorkom. Binne ’n jaar het hy besef dat die jongmense op wie hy gespioeneer het, se saak en sieninge nie verkeerd was nie, maar hy het voortgegaan om vir die polisie te werk – nie soseer vir die geld nie, maar omdat hy bang was om as ’n verraaier ontbloot te word. Sy “werkgewers” het ook gedreig om sy homoseksualiteit te onthul – iets wat hy toe nie meer weggesteek het nie, maar in die 1980’s was dit nog ’n redelike taboe-onderwerp.

Daar was geweldige kritiek op Mark na sy bekentenis en hy het aan Donna Bryson in The Daily News gesê dat hy ’n simbool geword het van alles wat ooit in Suid-Afrika verkeerd was – van verraad, valse opvattings en uiterste skuld. Hy is daarvan beskuldig dat hy aandag gesoek het, dat hy onopreg en manipulerend was en dat hy té jammer was.

In ’n onderhoud met Carien du Plessis (Beeld, 8 Augustus 1996) het Mark vertel dat hy ’n alleenloper op kampus was met net ’n handvol vriende. Hy was ook redelik afgetrokke van sy akademiese studie en ook kampuspolitiek. “In my tweede jaar was ek in die debatsbestuur en het ek koor gesing, maar ek het nie veel erg gehad aan nasionale of kampuspolitiek nie. Later, nadat ek ’n spy geword het, het ek begin belang stel in vrae oor maatskaplike geregtigheid, maar tot vandag toe is ek nie eintlik ’n ‘politieke dier’ nie.”

Hy het verder gevra: “Hoe doen ’n mens verantwoording van jou verraad, want, ja, ek is minstens nege jaar reeds oorweldig deur skuldgevoelens. Moet ek my grade teruggee en van voor af begin studeer? Of mag ek die verraad in my verlede aanspreek, in gesprek tree met dié wat seergekry het en moontlik die insig wat ons daaruit kan bekom, gebruik in diens van ideale soos vryheid, gelykheid en geregtigheid? Ek is nie net ’n gewese spioen nie, ek is ook ’n akademikus, ’n dosent, ’n skrywer, ’n windgat, ’n grootbek, ’n minnaar ...”

“Ek vermoed dat ’n klein deel van die woede teenoor my is dat ek nie van plan is om daardie dinge af te staan en net as voormalige spioen te vergaan nie. ’n Mens moet aangaan met jou lewe. Politieke verraad is ’n belangrike deel van my identiteit en ek wil en sal daarvan verantwoording doen solank ek asemhaal. Maar, as mens is ek ook genadiglik meer as die som van my verraad.”

Mark se tweede roman, Embrace, het in 2000 in Londen by Little, Brown verskyn. Hy het die Afrikaanse weergawe, Omhelsing, weer aan Queillerie voorgelê, maar hulle wou dit nie uitgee nie, “want die taal was te vrot en dit het te Engels geklink”. Embrace se resensies in die Engelse pers was glo ook nie baie positief nie en Barend Toerien het gemeen dat dit dalk een van die redes was hoekom Queillerie dit nie wou uitgee nie. Hieroor het Mark aan Johan van Zyl (Die Burger, 17 Oktober 2003) vertel: “My Engels was van kleintyd af al beter, en dis jammer dat nóg groter diversiteit nie aangeblaas word nie, want dis tog ’n taal wat verryk. ‘Te Engels’ klink soos toe daar destyds gesê is Afrikaans klink te swart of te coloured.”

Embrace speel in 1976 af en is ’n vertelling waarin ’n ouer verteller sy kinderlewe tot sy veertiende jaar rekonstrueer. “Dit vertel die verhaal van Karl de Man, wie se lewe herinneringe aan Tanzanië insluit, asook aan wildreservate in KwaZulu-Natal, waar sy pa veldwagter was, en aan die kleindorpsheid van Amanzimtoti, waar sy ouers later gaan woon het. Maar dit is veral sy twee jaar op skool ‘in the mountain country of the dragon’ wat die grootste deel van die vertelling uitmaak (dit is gou duidelik dat die Drakensbergse Seunskoorskool met sy beroemde koor hier ter sprake is). In die boek gaan Beethoven se komposisie Missa Solemnis deur die koor uitgevoer word vir die twintigste verjaardag van die skool en word die instudering daarvan die strydperk waar die seun se pynlike groei tot selfkennis plaasvind, waar die grense én die pieke van sy talent getoon word, waardeur hy ’n soort beloofde land van die sinne ontdek waarvan die burgerskap hom belet word,” het Elize Botha in Beeld van 17 Julie 2000 geskryf.

“Een van die hooftemas in die boek is die seun se ontdekking van sy seksualiteit en die tema van ontluikende kunstenaarskap. En oor albei val die skaduwee van sy ouers se afkeer, hul weerhoudende ‘embrace’. Met dié skaduwee, met dié omhelsing probeer Karl onderhandel: deur leuens en verraad, deur selfkastyding en ontsegging, deur ‘the desperation to please’.

Volgens Botha is die roman op groot skaal deurgevoer; “die struktuur is verwikkeld vanweë die heen-en-weergaan in die tyd waardeur die steurings in verhoudings, die oorspronge van angste en verwarring by die seun onthul word. Behr voeg hier ook in by ’n oeroue onderneming eie aan die roman: die verkenning van skyn en werklikheid, van die waarheid in die leuen, die leuen in die waarheid, en dat dit in die aard van taal is dat hierdie onderneming haglik sal wees. Dit is ’n beduidende boek.”

“Die idee toe die Embrace-projek begin is, was dat dit ’n soort showdown moet wees met die liberale Engelssprekende waar Appels een was met die Afrikaners,” het Mark aan Wilhelm du Plessis (De Kat, April 2000) vertel, “dat ’n mens deur die dubbelmediumskool – met Afrikaans- en Engelssprekende seuns saam in ’n gedeelde ruimte – sou kon kyk na verskille tussen Afrikaner-Nasionalisme en die sogenaamde Engelse liberalisme. Daar is nog iets daarvan in die storie, maar nie vooropgestel of selfbewus soos wat ek oorspronklik in gedagte gehad het nie. Hoe verder ek geskryf het, hoe doelbewus minder het ek my eie kop gebruik en probeer om die storie deur die kop van Karl en die ander karakters spontaner te laat ontwikkel. (...) Wat die roman wil sê, is dat maklike onderskeidings tussen liberalisme en nasionalisme in Suid-Afrika voor demokrasie moeilik was, of, dat wit Engelse in Suid-Afrika, oor die algemeen soms net so eties gehawend en polities immoreel was as die wit nasionaliste.”

Die Drakensbergse Seunskoorskool word ’n soort mikrokosmos van wat in 1976 in Suid-Afrika as geheel aangegaan het. “Daar’s dalk ’n grimmige gepastheid by die wit seuns – blakend gesond en onbewus – wat Beethoven se uitdagendste Latynse Mis oefen terwyl die swart kinders uit frustrasie met Afrikaans hul skole afbrand. Mens moet jouself ook afvra waarmee jy in 1976 besig was, wat en waarom. Karl de Man onthou meesal dat hy aan sy tone geruik het na ’n rugbywedstryd, en natuurlik, dat hy onwetend besig was met sy eie vorm van dissidensie binne ’n outoritêre stelsel. Meer nog, op letterlike vlak, is dit die verhaal van die vorming van een man se bewussyn en hoe hy dit onthou en in storievorm verwerk.”

Embrace het vir Izak de Vries (Insig, Junie 2000) gegryp en laat lees en lees. “Dis ’n ryk teks, met temas en variasies, musiek en letterkunde, vrees en skrywerskap wat deur die vertelling heen gevleg is. Sy rolmodel is die slim vrou van die Sheherazade-verhaal wat haar lyf – en haar stories – aan die sultan bied. Dit is egter haar stories wat haar aan die lewe hou – en die manier waarop sy dit vertel. Karl de Man is ’n verleier, en laat homself tog te maklik verlei. Hy ontdek homself, sy maatjies en uiteindelik ’n volwasse man, maar dit is sý storie wat die leser verlei. Met sy tallecliff hangers lees Embrace soos ’n tradisionele riller.”

De Vries meen dat ons ’n ryk, maar klein korpus gayliteratuur in Afrikaans het en hy noem Koos Prinsloo, Pieter Cilliers, Riana Scheepers, Irna van Zyl, en Joan Hambidge.   Volgens hom is Behr se boek egter harder en meedoënloser as genoemde werke (Prinsloo s’n uitgesluit), maar die liefdestonele is ook mooier. “EM Forster se Maurice is straks die verhaal wat die naaste aan Embrace kom. Anders as in Slagplaas word selfs die banaalste tonele in Embrace met smaak en verwondering aangebied. Die kinderverteller – of dan die ouer verteller wat weer kind word om te vertel – slaag. Elke moment, van lyfstraf tot kooroptredes, van ’n vulletjie se geboorte tot die uitbundige kopulasie van twee perde, alles word met groot oë en baie teerheid aangebied. (...) Koop die boek. Dit het my diep ontroer.”

Wilhelm du Plessis (De Kat, April 2000) het Mark uitgevra oor die kwessie dat mense dalk kan dink Embrace is outobiografies. Mark se reaksie hierop was: “Daar’s ’n dwase openbare obsessie met die lewe van sommige skrywers. Dwaas, omdat die lees van ’n skrywer se teks deur die raamwerk van die skrywer se lewe, die leser se potensiaal vir ’n onbevange leeservaring belemmer. Waar ek aanhou om in die openbaar oor myself of my filosofieë te praat, word ek medepligtig aan daardie belemmering, en, meer nog, doen ek my eie roeping as skrywer – en die hemel weet bowenal my eie menswees – skade aan. Waar ek idees neem uit my eie lewe en daaroor fiksie skryf, is dit my eie saak en het dit niks met die leser te maak nie. Byna alle skrywers doen dit. As ek ’n memoir skryf, sal ek dit so noem. Op die oomblik skryf ek fiksie, en hierdie roman is fiksie nes Die reuk van appels was. Wil ek in die openbaar oor my lewe praat, sál ek. Die gode weet; daar’s genoeg geleenthede. Op die oomblik wil ek dit nie doen nie, want ek’s besig met belangriker dinge.”

Embrace was op die kortlys van die Sunday Times Fiction Prize en die Encore Award in Brittanje in 2000.

Nege jaar later word Mark se volgende boek, Kings of the water, by Penguin gepubliseer. Die titel slaan op ’n klompie seuns se speletjie in ’n plaasdam op ’n Vrystaatse kersieplaas waarheen die hoofkarakter, Michiel, vir sy ma se begrafnis vanuit Amerika reis.

Hans Pienaar skryf: “As gay man identifiseer Michiel met die vroue, sterk feministiese tipes, aantreklike produkte van die nuwe Suid-Afrikaanse etos van gelykmaking tot elke prys. Die aksie speel af in ’n enkele dag, want Michiel moet ’n vliegtuig haal om Engels, die huidige imperiale taal, in China te help versprei. Gedagtes oor sy minnaar, Kamil, die seun van ’n Palestynse ma en ’n Joodse pa, maal in sy kop saam met herinneringe uit sy grootwordjare op die plaas. Deel hiervan is ’n traumatiese reeks voorvalle waaroor inligting drupsgewys aan die leser gevoer word ter voorbereiding van (so verwag ’n mens) ’n konfrontasie. Via Kamil plaas Michiel, en die skrywer, hulself in die middel van die heersende globale debatte, as leidende lede van ’n avant-garde vir burgerregte in Amerika en daarmee ook in die hele Weste. Verwysings uit vele waters en oseane oorheers, en die subteks sê Michiel is een van die diskursiewe kapteins van nie net ’n plaasdam nie, maar die wêreld.”

Pienaar gaan voort: “Die roman is vernuftig geskryf, en dit bied vele plesiere, soos verskeie verhaalelemente wat deurmekaar gevleg word. Dit het ook raak beskrywings en toepaslike insigte – hoewel ’n mens soms nie dadelik snap na watter string ’n bepaalde beeld of sinsnede verwys nie. Dis so goed geskryf dat ’n mens nie agterkom daar is ’n holte in die appel nie. Die spanning word opgewen – daar is selfs ’n verwoede donderstorm – tot dit naderhand ’n dam is wat moet bars. Maar wanneer dit gebeur, is daar nie veel van ’n konfrontasie nie. Daar is gesprekke rondom ’n tafel en langs ’n rivier, maar as ’n mens weer sien, is Michiel se sondes hom vergewe. (...)

“Michiel superponeer sy eie komplekse bo-oor ’n veel meer dinamiese kwessie, dié van die plaas self, en vee sodoende laasgenoemde uit tot net ’n paar lukrake paragrawe oorbly. Die aanvaarding van die beginsel van gelykheid is belangriker vir Behr/Michiel as die toekoms van die kersieplaas, en die moontlikheid dat dit, weens die regering se pogings tot grondhervorming, ten gronde sal gaan. Die roman vra om vergelyking met Disgrace van JM Coetzee, en Behr haal hom ook aan. Coetzee se Engels en sy skryfwerk is veel beter, maar sowel sy as Behr se oplossing neig na dieselfde: Gee liewer die grond oor as om te stry daarvoor. Hiervoor sit albei hul romans in grensgebiede, Coetzee in Transkei en Behr naby Lesotho. Dit sou nie werk op, sê maar, ’n appelplaas in die Boland nie.”

In The Guardian van 23 Januarie 2010 skryf Christopher Hope: “The achievement of Kings of the Water – the title is a reference to a game kids played at a time when Afrikaners were kings of the country – is to expose muscle-bound complacencies. The world of Michiel’s bedridden father is being swept away. Even his farm, Paradys, may soon be reclaimed by the indigenous people from whom it was purloined.

“Michiel sees clearly the changes going on in the country but he is, as he says, a voyeur. The novel pivots on the hints and glances, guesses and reflections of what he secretly sees. No one is pure, or guiltless. Not his mother, Ounooi, who loved him till the end; nor his lover, Kamil; nor his dead brother, Peet. Michiel’s identity dissolves even as he tries to define it: an Afrikaner with English connections, Australian memories and an American passport. Behr writes with delicacy and restraint of elusive things, most especially when Michiel comes face to face with his own shame at the treacheries and scandals that blew apart his family and sent him headlong into exile.

Kings of the Water is set just after the turn of the new millennium: the time of the first Gulf war and of the strange euphoria a few years into the rule of Thabo Mbeki, an era that saw the triumphant return of the racial demons one had hoped were dead and buried when apartheid collapsed and Mandela was elected. This was a time when canting talk about ‘African renaissance’ went together with the deadly dismissal of Aids as an invention of the drug companies and a slur on the sexual mores of black Africans.

Kings of the Water describes inner and outer weather: the internal storms of the Steyn family, but also the surging violence washing over South Africa. At the same time, things are also about to change explosively in Michiel’s adopted country, the United States.

“Behr digs deep beneath the thin skin of that exceptionally complex citizen of the new South Africa, the Afrikaner whose world is coming down. The spirit behind Kings of the Water is Chekhov and The Cherry Orchard. The family farm is famous for its cherries, and throughout the novel we hear the sound of axes at work in the orchard. Behr does tend to rhapsodise now and then; he has a weakness for reading lists of favourite South African writers, and the American sections pale alongside life at Paradys. But these are minor blemishes in one of the most moving novels to have come out of South ­Africa in many years.”

In ’n onderhoud met Jennifer Crocker het Mark verduidelik waaroor The Kings of the Water gaan: “For me it is at heart a book about the fluidity of life and the inevitability of change – personal, political, psychological, environmental, discursive – and the foolishness (and danger) of all kinds of certitude and of trying to control what cannot be controlled.

“If we’re serious about ethics – also about the ethics of narrative – it’s important and useful to assess how and whywe try to construct a hierarchy of moral and immoral behaviour,” het Mark gesê. “I hold that morality does not reside outside of time and place, that it is made and remade through a process of selection, emphasis, and constant repetition.

“We can only be moral by setting up something as immoral or morally transgressive: in Michiel’s youth being homosexual was morally the most reprehensible thing he could be. That moral imperative made Michiel a betrayer by definition.”

Mark erken dat dinge aan die verander is en dat homoseksualiteit nou wettig mag wees, maar “that does not mean the past is wiped away; we drag our experiences and interpretations with us; and now the people who teach or taught that homosexuals are to be despised (and to despise themselves) are becoming morally suspect while the homosexual who experiences discrimination is seen as the betrayed: betrayed by her or his history, society and family. So, yes, Michiel, like all of us is both betrayer and betrayed.

“Michiel thinks to himself that ‘at the heart of society is language and the idea of solidarity’; the problem is of course that language is tied to history so that the meaning of a word constantly shifts ... The radically contingent nature of morality demands that I be cautious with my impulse to judge and equally cautious with the words I choose to tell my story.”

Jennifer Crocker skryf verder: “Words of course string themselves together in a novel: attempting to find synergy between meaning, context, plot and place. In this novel the author has created an almost symphonic gathering together of the story and prose. We need the language of the book as a key to understanding what has happened and is happening to the characters.

“And while there is a uniquely South African element to the Kings of the Water and it has been hailed by Christopher Hope in The Guardian as, ‘Full of the spirit of Chekhov. One of the most moving novels to come out of South Africa in many years’ it lies both inside and outside the reach of the ‘South African novel’. Kings of the Water finds its home in the category (if there can ever be such things) of world fiction.”

Mark het aan Jennifer Crocker verduidelik dat hy ’n plaasroman vir die 21ste eeu wou skryf, “one that grapples with what is unique about the South African situation while simultaneously insisting that we are radically and inextricably linked to the outside world, that our uniqueness is nothing special, that we are all in a state of constant transformation, that we, in South Africa, are in fact, at last, quite ordinary. There is humble liberation to embracing one’s ordinariness. I think that is perhaps the book’s central message of hope.”

The Kings of Water was in 2010 op die kortlys van die Universiteit van Johannesburg se prys vir kreatiewe skryfwerk in Engels.

Van Mark se kortverhale is in tydskrifte en versamelbundels opgeneem, soos “Die boer en die swaan” wat in Die Suid-Afrikaan van November 1993 verskyn het; “Cape Town, my love” in Cape Town: a city imagines (2006); en “Socrates, Miss Celie and me” in Gesprek sonder grense: Johan Degenaar 80.

In 2005 was hy die ontvanger van die Manuel Lujan sr-toekenning vir Excellence in academics and teaching by die Santa Fe Kollege in Nieu-Meksiko.

In 2007 het die tydskrif The Truth about the Fact ’n uittreksel uit ’n lesing wat Mark in 2003 aan die Wilfrid Laurier Universiteit in Kanada in 2003 gelewer het, gepubliseer. Die uittreksel was getitel “People Like Us” en die titel van die lesing was “A tale of two towers: language, terrorism and another moment in history”.

Die kortkortverhaal “Boy” is in 2009 in die internasionale bloemlesing Between men two opgeneem as Mark se antwoord op “Girl” van Jamaica Kincaid.

In Fifty gay and lesbian books everyone must read (2009) kyk Mark na die invloed wat Alice Walker se The color purple op sy eie politieke en sielkundige ontwikkeling gehad het.

Mark se werke is tans in tien tale vertaal.

Mark is tans professor in kreatiewe skryfwerk aan Rhodes College in Memphis in die VSA. Hy was professor van wêreldletterkunde en die skryf van fiksie aan die Kollege van Santa Fe in Santa Fe, Nieu-Mexiko. Hy is ook ’n dosent in die MA-program aan die Universiteit van Kaapstad en die MFA-program aan die Universiteit van Nieu-Mexiko.

Mark sluit af: “Ek is deesdae veel meer driftig vir lewe as vir skryf. Dalk is daar nog ’n paar boeke in my, maar kuier met vriende, perdry of met ’n rugsak gaan kamp, is nou lekkerder en belangriker as om voor ’n rekenaar te sit. En dít is nie die eienskappe van ’n ernstige skrywer nie.” (Beeld, 25 Oktober 2003)

In 2012 is Mark Behr om kommentaar genader nadat ’n Afrikanergesin om asiel in Amerika aansoek gedoen het: “Die oorweldigende meerderheid van wit mense in Suid-Afrika is steeds bevoorreg. Dit sal dus ‘moreel onverdedigbaar’ wees om wit Suid-Afrikaners op grond van rassediskriminasie in hul tuisland asiel in Amerika te gee.”  

Hy het verder in ’n e-pos aan Vicus Bürger (Die Burger, 25 Februarie 2012) verduidelik: “Die wêreldgeskiedenis is besaai met voorbeelde van mense wat onderdruk is en later self onderdrukkers geword het. In Suid-Afrika het egter nog nie genoeg tyd verloop of die ekonomiese mag genoeg verskuif sodat dit op ’n beduidende vlak kan gebeur nie. As hulle (die gesin wat asiel soek) enigsins slagoffers van rassisme is, is dit ongelukkig net ’n rassisme wat hulle self in hul eie verstand geskep het. Laat ek byvoeg: Ek praat as ’n wit Afrikaner van ’n familie van boere; mense wat self hul plase in Afrika verloor het.”

Tydens die Franschhoek-fees in 2012 het Mark Behr op ’n vraag van JB Roux (LitNet) oor of sy boeke baat gevind het by sy grootwordjare as ’n gay man in ’n verskeurde land, sy tyd as ’n offisier in die weermag en sy deelname aan die Grensoorlog deelgeneem, en sy betrokkenheid in ’n konvensionele sin as ’n spioen en teenspioen.

Hierop het Mark geantwoord: “As ek my boeke en stories kon verruil vir ’n minder moreel en psigies komplekse jeug sou ek dit waarskynlik sonder skroom doen, want ek voel myself mens (in verhouding tot ander) lank voor ek aan myself dink as ’n skrywer.

“Dis ’n lewenslange taak om te probeer verantwoording doen vir die leed wat ons mense aandoen. Uit ons vrot besluite en foute en ons pogings om reg te maak of om sin te maak daarvan kom daar egter soms verruimende en durende verhoudings; ’n vernuwende, morele verbeelding vir onsself en vir ander. Dis onmoontlik om te peil wie ek sou wees, wat ek sou glo, dink, doen of skryf sonder my medepligtigheid aan en bevoorregting deur apartheid. Die dramatiese politieke en intellektuele skuiwe – veral die intieme verhoudings wat ek gesmee het in daardie tye, verhoudings wat ek steeds handhaaf – was emosioneel en wat my kreatiwiteit betref formatief. Ek bly dankbaar vir wat dié plek en mense my steeds gee en leer.”

In 2017 is ’n verhoogverwerking van Die reuk van appels in die Fugardteater in Kaapstad op die planke gebring. Dit is vir die verhoog  verwerk deur Johann Smith en Lara Bye saam met Gideon Lombard was die regisseur. Gideon Lombard het ’n hele paar rolle in die stuk vertolk – dié van Marnus, sy vriend, Frikkie, ’n Chileense generaal, asook dié van sy ma en pa.

In haar bespreking van die stuk skryf Tracy Saunders dat Lombard met die grootste gemak van die een karakter na die ander beweeg: “He slips imperceptibly from one character to the next with a physical embodiment of the very essence of their characters that is incomprehensible, literally creating an entire cast out of nothing more than a pose, an inflection in the timbre of his voice. The subsequent shattering of his childhood psyche is so palpable that it is impossible not to physically flinch as each character meets his fate. Alongside the general childhood mishaps, his boyhood is the site of a far greater anguish.”

“Behr unfolds the narrative gently, with a naive humor, offering each layer of his life as a gift. It’s only when you have each and every piece delicately stacked one upon the other that the truth is revealed and the shuddering realization tears you to the core. The sketching of a privileged childhood lulls you into a sense of the commonplace and the ordinary but there is nothing ordinary about this life. His father, the youngest general in the South African Defence Force, his mother, an international Opera singer, and his country a cesspool of hatred and prejudice.”

“There is no attempt to whitewash the truth of apartheid. The evil is presented as is. Hearing the bigotry and cruelty articulated by a child is a harsh reminder of our history. Deep-seated, casual racism imbibed with mother’s milk, spooned up with the morning’s porridge and validated in the classroom lead to the killing fields of Angola.”

“Olfactory memories are often the most powerful, unsurprising given that we have at least a thousand receptors for smell and only four for sight. Marcel Proust, transported to his childhood memories by the aroma of a madeleine cookie in his novel ‘Remembrance of Things Past’ lends his name to the Proust phenomenon, the odor-evoked autobiographical memory which haunts Marnus years later and miles away. Lombard’s talents extend to a fine musical acumen and the soundscape drifts from frenzied military commands to strains of an operatic diva’s curtain call and the unforgettable voice of Esmé Euvrard, as she bolsters the morale of the troops on Springbok Radio’s Rendezvous. The intense recollection of the scent, the authenticity of the sound and Lombard’s riveting performance ensure that the swirl of dust unleashed by a helicopter catch the back of your throat, the spray from the crashing waves settles in your hair. While it is the smell of apples that disturbs his dreams, he leaves the audience with layer upon of layer of sensory emotions which settle deep into the marrow.”

By die kykNET Fiëstas van 2018 is Lara Bye as die beste regisseur aangewys en Gideon Lombard het die Fiësta ontvang as beste akteur in ’n solo-vertoning. Boonop is Die reuk van appels nie net aangewys as die beste aanbieding nie, maar ook as die beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk.

Mark Behr is vroeg op Saterdagoggend 28 November 2015 in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede nadat hy vermoedelik ’n hartaanval gehad het. Hy het ongeveer vier maande voor sy afsterwe na Johannesburg gekom as ’n besoekende dosent in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ook ingeskryf vir ’n doktorsgraad aan Wits en was met studieverlof in Suid-Afrika.

Huldeblyke:

  • Gerrit Olivier: “Behr het ’n komplekse persoonlike geskiedenis gehad met sy dae as informant vir die regering toe hy ’n student aan die Universiteit van Stellenbosch was. Ek dink dit is baie indrukwekkend dat hy oor die jare so hard daaraan gewerk het om vrede te maak met daardie deel van sy geskiedenis. Om eerlik daaroor te praat. In sy romans is daar ’n baie genuanseerde bewustheid van mag – persoonlike mag, seksuele mag, politieke mag – en hoe daardie verskillende vorme van mag met mekaar verstrengel kan raak. Ek was betrokke by al Mark Behr se romanmanuskripte deurdat ek dit gelees het en raad gegee het oor die finale afronding daarvan. Skryf was vir Behr ’n baie ernstige saak. Hy was ook ’n goeie leser, insiggewend en krities. Hy het studente met respek behandel. Hy het ontsaglik baie bygedra. Ek dink hy was die beste onderwyser in kreatiewe skryfwerk wat ek in my lewe ontmoet het.” (Beeld, 1 Desember 2015)
  • Regter Edwin Cameron sê: “Behr was ’n hegte vriend en sy dood ’n geweldige skok.” (Beeld, 1 Desember 2015)
  • Dominique Botha: “Behr se aanmoediging toe ek Valsrivier geskryf het, het baie vir my beteken. Wat my van hom beïndruk het, was dat hy nie geskroom het om die kompleksiteite van sy eie verlede te pak nie. Hy het omgegee vir skrywers en literatuur.” (Beeld, 1 Desember 2015)
  • Antjie Krog: “Ek onthou dat ek Mark Behr die eerste maal ontmoet het toe ek in die bruin woonbuurt in Kroonstad skoolgehou het. As ons ’n ander soort land was, was iemand so buitengewoon begaaf soos Mark Behr een van die gesalfdes.” (Beeld, 1 Desember 2015)
  • Hettie Scholtz: “Hy laat ’n groot leemte agter. Hy het voluit gelewe, met baie drif en entoesiasme vir die letterkunde en veral vir sy studente by Rhodes College. In al ons korrespondensie die afgelope 22 jaar het ek hom steeds aangespreek as ‘my blouoogontdekking’, met groot waardering vir die finansiële hupstoot wat Die reuk van appels ’n kelin onafhanklike uitgewery gegee het. Lewensgroot, dis hoe ek hom sal onthou, en met hartseer dat ons mekaar nie weer hierdie jaar voor Kersfees sal kan sien nie.” (Beeld, 1 Desember 2015)
  • Frederik de Jager, voormalige direkteur van Panguin Books: “Behr was een van die eerste Afrikaanse skrywers wat gay-identiteit, godsdiens, gesag, rassisme en seksualiteit vernuftig in sy romans ondersoek het. Sy werk is besonder goed ontvang, omdat dit baie goed geskryf is.” (Beeld, 1 Desember 2015)

Publikasies:

Publikasie

Die reuk van appels

Publikasiedatum

1993

ISBN

1874901066 (sb)

Uitgewers

Strand: Queillerie

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • CNA-Debuutprys 1994
  • Eugène Marais-prys 1994
  • Betty Trask Award 1995 vir Engelse vertaling          
  • M-Net-Boekprys 1996 vir Engelse vertaling
  • Art Seidenbaum Award van die Los Angeles Times, 1997 (debuutprys)

Vertalings

  • Engels 1995          
  • Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens 1998          
  • Hebreeus          
  • Chinees          
  • Duits          
  • Portugees

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Embrace

Publikasiedatum

2000

ISBN

0316853771 (sb)

Uitgewers

London: Little Brown

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Kortlys van die Sunday Times Fiction Prize en die Encore Award in Brittanje 2000

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Kings of the water

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780349113708 (sb)

Uitgewers

London: Penguin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 Artikels oor Mark Behr op die internet

Artikels deur Mark Behr beskikbaar op die internet:

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Mark Behr (1963–2015) appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2020

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Woorde vir die grendeltyd

In ’n video wat onlangs wyd gesirkuleer is, deel verskeie Afrikaanse skrywers op Marion Erskine se uitnodiging hul gedagtes oor die uitdagende tyd van inperking en sosiale afsondering wat ons tans beleef. Klik hier en luister gerus na die bemoedigende boodskappe, praktiese wenke en woorde uit hul binnekamers.

Marita van der Vyver stel dit raak wanneer sy sê: "Onthou: dis net jou lyf wat ingeperk word, nie jou brein of jou verbeelding nie. Kom ons gebruik hierdie tyd van fisieke inperking om ons verbeelding te bevry. Kom ons hou aan lees, hou aan skryf en hou aan dink."

In die gees hiervan het ons ’n paar van ons lede uitgevra oor wat hulle tans lees en hoe hulle dit ervaar. Hier is Lynthia Julius, Jaco Fouché en Azille Coetzee se antwoorde.

Uitgewers reageer op die koronapandemie

Lees gerus "Uitgewers benoud maar moedig in die aangesig van korona" oor plaaslike uitgewers se reaksie op die koronapandemie en die staat van inperking wat daarmee saamgaan. Die gebrek aan verspreiding en verkope van gedrukte boeke is natuurlik ’n groot ontwrigting wat uitgewers noodsaak om hul publikasieprogramme aan te pas.

Sterkte aan die uitgewers en skrywers wat hard gewerk het aan publikasies waarvan die gedrukte eksemplare nie nou die leserspubliek kan bereik nie.

Tog voorsien verskeie uitgewers steeds lesers van leesstof. Die afgelope tyd is die volgende inisiatiewe rondom e-boekaanbiedings bekend gestel: 

  • Hier is NB-Uitgewers se #tuisblyleeslys-veldtog met meer inligting oor die verskeidenheid e-boeke wat hulle te koop aanbied.
  • Hier is LAPA-Uitgewers se leeslys vir kinders wat tuisbly en hier is hul aanbod van e-boeke wat in April verskyn.
  • Jonathan Ball Uitgewers bied in April hul e-boeke teen minder as R100 elk aan. Sien hierdie skakel vir ’n lys van hul e-boeke op Amazon.

 

Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied.

Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

"Ons aanvanklike beplanning was om die suksesvolle aansoekers op Internasionale Boekedag (23 April) aan te kondig, maar in hierdie tyd van inperking en beproewing is dit belangrik om ook goeie nuus onverpoosd te deel. Ons is baie opgewonde oor die sterk aansoeke en die uitgelese groep skrywers wat vanjaar van die verblyf gebruik gaan maak," sê Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting.

Die volgende ses skrywers is as suksesvolle aansoekers aangewys: 

  • Andre Trantraal
  • Beyers de Vos
  • Olivia M Coetzee
  • Sarie Nell
  • Valda Jansen
  • Veronique Jephtas

Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vanaf 1 tot 27 Julie 2020 aan ’n manuskrip te slyp in die prentjiemooi Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe.

"Dit is vir PEN Afrikaans wonderlik om weer hierdie skrywersverblyf aan ons lede te kan bied. Baie dankie aan die Jakes Gerwel Stigting wat sulke gulde geleenthede vir skrywers moontlik maak," sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. "Hier is opwindende skryfprojekte oor ’n verskeidenheid genres in die pyplyn en begaafde skrywers wat die konsepte tot volvoering kan bring. Ons hoop dat die skrywers hul verblyf op Somerset-Oos baie sal geniet en ten volle sal benut."

Indien dit weens die koronapandemie nodig blyk om die datums van die skrywersverblyf aan te pas, sal dit in oorleg met die suksesvolle aansoekers so gereël word.

Rig asseblief navrae aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za

Wenners van die UJ-pryse aangekondig

Die wenners van die UJ-pryse, wat jaarliks uitsonderlike Afrikaanse boeke in twee kategorieë (debuutwerk en andersins) vereer, is bekend. Daar is vanjaar 83 titels vir die UJ-pryse ingeskryf, waarvan 18 debute is.

Die wenner van die 2020 UJ-debuutprys is Ruan Kemp, skrywer van Gedeeltelik bewolk.

Die wenner van die 2020 UJ-prys is Etienne van Heerden, skrywer van die "ambisieuse" roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld.

Baie geluk!

UIT DIE KEURVERSLAE:

Die biblioteek aan die einde van die wêreld
"Van Heerden ondersoek in sy indrukwekkende jongste roman ’n aantal aktuele kwessies – die onlangse studenteproteste in Suid-Afrika (#FeesMustFall en #RhodesMustFall en die daaraan verbonde landskap van onderstrominge en selfs konkelary in die eietydse politiek), maar terselfdertyd die groter globale bedreiging van die deurentydse monitering van landsburgers deur middel van tegnologie. Dié aktuele gegewe word verder geskakeer deur ook die tematiek van Afrikanerwees en die posisie van Afrikaans in te voer.

Die karakteropstelling en -inkleding is kompleks, en sorg vir ’n haas panoramiese blik op die diversiteit in die huidige Suid-Afrikaanse samelewing, en hulle soms problematiese interaksies. Van Heerden plaas die soeklig op hierdie soort diversiteit en onderlinge spanninge deur die karakters wat hy in die Vertaalseminaar byeenbring – van die liberale Engelse dosent, deur die jong swart aktivis Thuli en tot by Ian as ouer Afrikaner wat hom in die grysland van Afrikaneridentiteit bevind."

Gedeeltelik bewolk
"... een van die verrassings én hoogtepunte van 2019. Hy werk voort in die tradisie van die grensroman (wat al sedert die tagtigerjare deur heelwat outeurs verken is), maar eerder as ’n  blote vertelling oor die hooffiguur se wedervaringe in die ou SAW en die Grensoorlog, is hierdie ’n vernuftige inkyk in die psige van ’n jongman wat onherroeplik deur die ervaring geskaad is.

Die roman wat aan die hand van sielkundige begrippe gestruktureer is, beeld die hooffiguur se reis deur die wêreld van sielkundige terapie en institusionalisering aan.  Sy reis deur ’n toestand van toenemende patologie word sonder handskoene, met skrynende humor, eerlikheid en onmiddellikheid aangebied, en boonop is die teks deurvleg met ’n aantal intertekstuele verwysings – waaronder die ikoniese Griet skryf ’n sprokie. Uiteindelik is dit nie net die verhaal van ’n individu nie, maar van kollektiewe skade wat deur ’n hele generasie Suid-Afrikaanse mans gely is."

"... (wat in) die 289 bladsye aangebied word, ... is niks minder nie as ’n vuishou in die maag; gril, gru; en ’n mengsel van humor en skerpsinnigheid"

Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer

In hierdie aflewering van ons artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel Carolyn Meads, fiksie-uitgewer by Kwela Boeke en bestuurslid van PEN Afrikaans, meer oor boeke in Kaaps uitgee. Sy skets ook die historiese agtergrond en steek by skrywers kers op.

Die artikel is hier beskikbaar.

Skryf ’n luisterdrama en wen R100 000

Netwerk24 nooi skrywers om weer vanjaar ’n luisterdrama vir hul luisterdrama-kompetisie in te skryf. Die luisterdrama moet in die formaat van ’n radiodrama geskryf word en die wendrama sal deur Netwerk24 opgeneem en beskikbaar gemaak word.

Die kompetisie sluit 31 Julie om middernag en ’n stewige kontantprys van R100 000 is op die spel.

Klik hier vir meer besonderhede. 

Europese Unie maan teen ondertekening van Wysigingswetsontwerp op Outeursreg 
’n Afvaardiging van die Europese Unie het op 20 Maart in ’n brief oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg gewaarsku teen die aanvaarding van die veelbesproke wetsontwerp. Die brief, wat aan dr Cassius Lubisi van die presidentskantoor gerig is, wys onder andere op die regsonsekerheid en ramspoedige ekonomiese uitwerking wat ondertekening van die wetsontwerp sal hê:

"The European Commission [...] remains concerned about the overall coherence of the current Bill. In particular, we once again regret the foreseen introduction in the South African copyright regime of provisions relating to fair use in combination with an extensive list of broadly defined and non-compensated exceptions. This is bound to result in a significant degree of legal uncertainty with negative effects on the South African creative community at large as well as on foreign investments, including the European ones."

Die brief is hier beskikbaar.

Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in April 2020

Dit is ’n plesier om oudergewoonte af te sluit met die gekombineerde lys van nuwe Afrikaanse boeke wat hierdie maand verskyn. Die publikasielys, wat om voor die hand liggende redes minder uitgebreid as gewoonlik is, kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke die lig laat sien. Ons is hier om dit saam met julle te vier.  

Laastens wens ons ook die wenners van die Toyota US Woordfees se Woordtrofees 2020 hartlik geluk. Hierdie toekennings is op 7 April tydens ’n regstreekse uitsending op Facebook bekend gemaak. Die volledige lys wenners is hier beskikbaar.

Baie sterkte verder in hierdie tyd. Laat ons moed behou, uitreik na ons medemens, en aanhou lees en skryf.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2020 appeared first on LitNet.

ATKV: Wêreldboekedag 2020 en die VVA se boektrommelprojek

$
0
0

Fotobron: Canva

Die viering van Wêreldboekedag op 23 April was vanjaar nog meer relevant as ooit tevore.

As gevolg van die COVID-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan, kan die wonder van die geskrewe woord gebruik word om eensaamheid en ’n gebrek aan stimulering teen te werk.

Nie net volwassenes sal hierby baat vind nie. Ouers het waarskynlik ook nou meer tyd om vir hul kinders voor te lees.

Ter viering van die ATKV se 90ste verjaardag vanjaar val die klem veral op lees.

Die Vriende van Afrikaans, ’n divisie van die ATKV, besef dat die huidige tydvak meer uitdagings aan veral kinders stel. Hoe gemaak met kinders wat hulself met skoolwerk moet help, maar nie met begrip kan lees of glad nie kan lees nie?

Die volgende statistieke het in die artikel "Help om leeskultuur te bevorder in Nasionale Boekweek" op Netwerk24 verskyn:

  • Net 14% Suid-Afrikaners lees aktief, terwyl  58% van huishoudings nie ’n enkele boek in besit het nie.
  • ’n Derde van alle ouers vertel nie vir hul kinders stories nie en nog 50% het nog nooit vir hul kinders ’n boek voorgelees nie.
  • Verdere studie in 27 lande toon dat kinders ’n veel groter kans op sukses in die lewe het as hulle grootword in ’n huis waar so min as 20 boeke is.
  • Ons weet ook dan byna 80% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie (PIRLS).

Deur voor te lees vir kinders, kan jy hulle lewenslange lesers maak, maar ook sorg dat hulle optimaal sal kan leer. Deur kinders aan die regte boeke en stories bloot te stel, kan ons hul bemagtig en goeie waardesisteme aanleer.

Ons glo dat geletterdheid en ’n liefde vir lees kan lei tot kinders wat onafhanklik kan dink, en kan help in die ontwikkeling van empatiese wesens wat vir hulself sal kan sorg en en hul regte ken.

Lees is die grondslag van alle leer-aktiwiteite. As mens in ag neem dat ’n kind meer leer in die periode van 0 tot 6 jaar as wat hy/sy vir die res van hul lewens sal leer, kan daar nooit te vroeg met voorlees en lees-aktiwiteite begin word nie.

Wat as jy nie geskikte boeke het om vir jou kind voor te lees nie?

  • Vertel vir hulle stories.
  • Luister na stories op die radio.
  • Gebruik ou tydskrifte of boeke, knip prentjies uit en maak jou eie storie op.
  • Speel speletjies – voer die storie op.
  • Kommunikasie – praat met jou kind en betrek hom of haar by die vertel van stories.
  • Vra hulp en kry leiding by opvoeders, kundiges, ens.
  • Besoek die ATKV se Facebookblad en kyk en luister na stories.

Die belangrikste ding om te doen of vir jou kind te gee is liefde, aandag en tyd. As ons vir ons kinders voorlees, besef hulle dat lees belangrik is omdat ons tyd daarvoor maak.

Ouers moet self ’n voorbeeld stel deur te lees want kinders doen wat volwassenes in hul omgewing doen. Navorsing in Nederland het ook bewys dat as jy vir 10 minute per dag vir jou kind voorlees, jy die kind instaat stel om jaarliks duisende nuwe woorde aan te leer.

Ongelukkig is boeke vir die meeste skole en mense ’n luukse. Die VVA wil kinders deur middel van die boektrommelprojek so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories blootstel. Daar moet ’n leeskultuur geskep word en kinders moet in ’n woordryke omgewing grootword. Ons glo dat ’n leeskultuur aangeleer kan word. Net soos wat goeie sportmanne moet oefen om die beste in hul sport te word, so moet ’n mens ook elke dag lees om ’n goeie leser te word. Lees moet deel van ’n roetine word.

Die VVA se vlagskipprojek is sy boektrommels vol heerlike boeke wat aan verdienstelike skole en goedbestuurde kleuterskole besorg word en ook sy voorleesprojek wat die belang van voorlees in elke huis wil tuisbring.

Die VVA se boektrommelprojek bestaan uit:

  • ’n boekverspreidingsprojek (boektrommels aan verdienstelike kleuterskole, Graad R-klasse en grondslagfase-klasse);
  • boekopvoeding en storievoorlesings vir kinders sodat hulle die waarde van boeke kan besef en ’n liefde vir lees ontwikkel;
  • voorleeswerkswinkels en leeskonferensies vir ouers, ander belangstellendes en opvoeders (VKO-praktisyns);
  • ’n leesondersteuningsprojek (Doen en Leer).

Met hierdie uitgebreide boektrommelprojek wil die VVA jaarliks probeer om ’n groter impak te maak tot die ontwikkeling van ’n leeskultuur in gemeenskappe landwyd, sodat kinders – eerste-, tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans – in woordryke omgewings met toegang tot die regte boeke kan grootword en die vreugde en bemagtiging van lewenslange lees en leer kan ervaar en benut.

Danksy verskeie donasies, borge en vennootskappe kan die VVA jaarliks meer as 50 trommels nasionaal versprei.

Ten spyte van ons ywer en vordering met die projek, is 50 boektrommels ’n druppel in die emmer gegewe ons omstandighede in Suid-Afrika.

’n Trommel met tussen 90 en 110 geskikte boeke kos R8 000.

Die bankbesonderhede vir bydraes is soos volg:

Bank: ABSA BANK
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, Tjekrekening
Takkode: 632005  

Vir inbetalings uit die buiteland kan die volgende "swift code" gebruik word: ABSA ZA JJ.

Gebruik asb "VVA Boektrommels" as verwysing.

The post ATKV: Wêreldboekedag 2020 en die VVA se boektrommelprojek appeared first on LitNet.

Jan van Tonder (1954–)

$
0
0

Sêgoed van Jan van Tonder

"Skryf is ’n passie, maar dit is beslis nie maklik nie. Ek stem saam met ’n skrywer wat een keer gesê het: 'I don't like writing. I like to have written.' Dit is nie maklik nie. Elke sin word geskryf met ’n rede en moet aanleiding gee tot ’n volgende punt. Jy moet karakters in jou kop skep en hulle moet interessant en geloofwaardig wees. As dit vir jou begin lekker raak wanneer jy skryf, is jy besig om nonsens te skryf." (Rapport, 8 April 1990)

Hoe om te leer skryf en jou skryfvermoëns te verbeter: "Lees, lees, lees! Jy moet soveel as moontlik lees in die genre waarin jy skryf. Alle goeie skrywers lees; dis die enigste manier om te verbeter." (Rapport, 8 April 1990)

Oor die stelling dat ’n skrywer vir homself skryf met geen spesifieke gehoor in gedagte nie: "Daar is min dinge belagliker as daardie stelling. As dit die goddelike waarheid was, waarom publiseer die mense hul werk dan? As iemand in die stort sing en vir my sê dit is vir homself, glo ek hom, maar wanneer hy dit oor die radio doen en dieselfde ding beweer, weet ek hy lieg." (Volksblad, 19 Mei 1990)

Oor pryse: "Oor pryse is ek dankbaar (veral dié wat ek ontvang het). Dit bly ’n aansporing vir gevestigde skrywers en lok nuwes lessenaar toe. Ek wonder byvoorbeeld of ek ooit ’n radiodrama sou geskryf het as daar nie prysgeld aan verbonde was nie – ’n mens kan soveel werk doen vir die patetiese bedraggie wat jy vir die gewone uitsaai van ’n radiodrama betaal word nie. Dit geld boeke soms ook: ek het met die smous van een van my boeke meer verdien as met die tantième wat ek gekry het." (LitNet)

Resensente: "Hulle bevind hulle seker in ’n groot mate in dieselfde posisie as verkeersbeamptes: as daai wit handskoen vir jou wys jy kan maar ry, is die spietkop nice, maar as hy wys jy moet stilhou omdat jy te vinnig gery het, of jy met ’n selfoon in die hand betrap is, is hy ’n bliksem." (LitNet)

"Ek is min beïndruk met die mens as groepsdier. Individue gryp my verbeelding aan. En niemand is meer van ’n enkeling as ’n outsider nie, of hy dit is omdat hy dit verkies, of omdat die samelewing dit van hom maak, of as gevolg van ’n gebrek/talent/versteuring." (LitNet)

"Skrywers en ander kunstenaars moet van buite kan inkyk, maar ook van binne af uit. ’n Mens skryf moeilik oor die dinge waarvan jy nie kennis of ervaring het nie. Daarom kan jy nie op die periferie bly staan nie." (LitNet)

"Met die skryf van Roepman het ek probeer verstaan waar ek vandaan kom, wie ek is, in watter mate my omgewing my gevorm het. Ek het simbolies op die grond gespoeg en modder aangemaak en aan my ooglede gesmeer en vir myself gesê: Sien ’n slag, en moet nooit weer néérsien op waar jy vandaan is, of waar ander vandaan is nie of waar wie ook al nou is nie. Ek het ’n probleem daarmee dat mense na poepôlle opsien net omdat hulle ryk is." (Insig, 30 November 2004)

"Roepman is ’n verhaal wat vertel móés word, maar ek sou dit nie kon doen toe ek dertig was nie – ek sou nie gereed gewees het daarvoor nie, te onryp om te gaan krap in doerietyd se dinge, te onwys om te begryp wat daar alles gebeur het. En toe kry ek ’n dringendheid daaroor. Dit moes vanjaar verskyn." (Insig, 30 November 2004)

"Ek het wat ek nog altyd wou hê. Ek het nie veel meer nodig as wat ek het nie. ’n Lekker dak oor my kop, ’n mooi uitsig en ’n voertuig om mee te ry. Ja, en ek sou iemand wou hê om saam mee oud te word. En bitter graag ’n kind." (Insig, 30 November 2004)

"Ek sal ’n gans ander mens word as ek nie skryf nie. ’n Ou drol." (Insig, 30 November 2004)

"Ek wil niks na ’n sedeles laat klink nie. Ek is nie ’n moeilikheidsoeker nie. Ek wou net ’n storie skryf oor hoe mense lyk en oor hoe hulle kán lyk. Ek het nie die issues berekend aangepak nie. Dit kom oor en oor in my skryfwerk uit hoe ongenadig mense kan wees teenoor dié wat aan hulle uitgelewer is. Ek skryf: 'Kyk hier hoe is ons. Dis nie hoe ons gemaak is om te wees nie.' As ek vir my myself kon laat sien, kan ek dalk vir iemand anders help sien deur iets wat ek self gesien het." (Insig, 30 November 2004)

"Ek het ’n vermoede dat die meeste mense nie eens wéét ek skryf nie. En ek wíl so graag beroemd wees. Mense hoef my nie op straat te herken nie. Ek wil net ongemerk hoor hulle sê vir mekaar: 'Dis ’n móói storie dié'." (Insig, 30 November 2004)

"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde om soos God te wil wees. Om te wil skep." (Insig, 30 November 2004)

"’n Skrywer mag hom aan nóg staat, nóg ideologie, nóg kerk godsdienstig maak, Elke politieke of teologiese denkrigting het ’n meerdere of mindere persentasie klei in die voete. As die skrywer so in verwondering staan oor die standbeeld dat hy nalaat om die klei in die voetstuk genadeloos aan te val in ’n poging om dit met iets sterker en beter te vervang, kan hy net sowel registreer as ’n kopieskrywer in daardie organisasie/regering se propagandakantoor." (Die Burger, 22 Mei 1990)

"Die skrywer het ’n plig om nie net verkeerde ou stelsels af te breek nie, maar ook om te sorg dat daar gesonde nuwes in die plek daarvan kom." (Die Burger, 22 Mei 1990)

Watter prosavorm (kortverhaal of roman) verkies hy? "Ek sou moeilik kies, maar die geleentheid wat die roman my bied om so diep as moontlik in so veel as moontlik skakeringe van ’n karakter se persoonlikheid  te krap, is vir my nogal bevredigend. Die karakter/s wat ek gemaak het, moet vlees en bloed genoeg hê om ’n leser te laat lag en huil." (Beeld, 15 Mei 1990)

Op LitNet maak Madri Victor die stelling dat Jan van Tonder se vrouekarakters sterker as die manlike karakters is: "Die kort antwoord hier? Ek hou meer van vroue as van mans. Ek het in ’n huis vol van hulle grootgeword: vyf sussies, my ma, my ouma en ons huishulp. Dit teenoor een broer en ’n pa. Telkens voel ek die krag van vroue aan, sien ek hoe hulle kan uithou en aanhou en ’n gelapte spul kan bymekaarhou. Selfs die meisiekinders in my jeugstories troon bo die seunskarakters uit."

"Wanneer ek skrywe, soek ek plekke en dinge uit wat by my storie pas, en om dit te kan doen, moet ek die wêreld waarin dit afspeel, ken (of leer ken). Sodoende lei ek sommige lesers hopelik deur ’n bekende tyd en wêreld, en ander in die belewing van nuwe dinge." (LitNet)

Oor sy skryfwerk: "Ek skryf van nature redelik gestroopte, onderbeklemtoonde prosa. Ek onthou my wonderlike uitgewer, Marietjie Coetzee, het destyds met Is Sagie vir my gevra of ek nie die liefdestoneel tussen Sagie en Ansie net so ’n bietjie meer eksplisiet sal maak nie. Toe ek haar weer sien, het ek vir haar gesê ek het probeer, maar Sagie wil nie." (LitNet)

Oor die aanpassing van romanskryf na draaiboekskryf: "Elke genre stel sy eie eise en sy eie reëls. Ek moes heelwat lees oor draaiboekskryf: The idiot's guide to screen writing, William Goldman se Adventures in the screen trade, Screen writing van Syd Field. En soveel as moontlik draaiboeke. [...] Ek glo ’n draaiboek moet so getrou as moontlik aan die siel van die boek bly, want dit is tog wat die vervaardiger/regisseur se belangstelling aanvanklik geprikkel het. Maar draaiboek skryf is nie vir sissies nie." (Volksblad, 14 November 2011)

Waar skryf hy? "In my kop, meestal, maar omdat dié so deurmekaar is, skryf ek net dit wat sin maak neer, en selfs dit verg her- en her- en herskryf voordat dit onder ander oë kan kom. As jy die plék bedoel: in my werkkamer op ’n rekenaar, en as dit daar te eensaam raak, met pen en notaboek by wyle Bertie Reed se restaurant in Harbour Island, Gordonsbaai, waar ek die see en bote in die hawe kan bekyk, en stemme om my hoor." (Volksblad, 14 November 2011)

"Met verloop van tyd het ek geleer wanneer jy iets in jou eie vel beleef, iets wat jou emosies holderstebolder krap, vóél dit altyd so ’n bietjie interessanter as wat dit regtig is. Ek dink dis vir ons gewone sterflinge moeilik om te erken, maar 99% van ons se lewe is so donners vaal. Saai. Saai verby. Maar woorde ... woorde kan daai saaiheid ’n wyle laat wyk." (Rapport, 31 Maart 2019)

Oor sy liefde vir die Klein-Karoo: "Van kleins af het ons as gesin Desembervakansie per trein Klein-Karoo toe gereis. Dit was die hoogtepunt van my jaar. As student het ek weer daarheen gegaan en besef dat my liefde vir Dwarsrivier en sy mense nie net ’n kinderparadys was nie, maar dit altyd sal wees." (Volksblad, 3 April 2019)

"As skrywer het jy die voorreg om weg te vat en by te lap; jy hoef jou nie tot 'die waarheid' of 'die feite' te beperk nie. Vir die mens was die waarheid immers nog nooit goed genoeg nie. Ek dink die waarheid is hopeloos te veel vir ons. Dit sit ons ore aan." (Rapport, 31 Maart 2019)

Het Jan van Tonder ’n bucket list? "Ek wil net altyd ’n sinvolle bestaan kan maak — leef, lees en skryf, ’n gemaklike bestaan maak uit skryf, sodat ek kan bekostig om te reis vir navorsing." (Kaapse Bibliotekaris, September, Oktober 2018)

Gebore en getoë

Jan van Tonder is op 29 Augustus 1954 op Sabie in die Oos-Transvaal gebore. Hy is die jongste van sewe kinders – hy het een broer en vyf susters. Jan se pa was operateur van ’n stootskraper en eenmanbaggerboot en as jongman wou hy ingenieur word, maar die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het dit verhoed. Sy ma was ’n huisvrou. Jan bring sy jeugjare in Durban deur en matrikuleer in Stanger aan die Natalse Noordkus.

Jan vertel dat hy op skool nooit ’n goeie student was nie, maar hy was altyd goed met opstelle. "Ek het daarvan gehou om my eie ding te doen en het nooit regtig aan spansport deelgeneem nie."

In 2004 roep Jan hierdie tyd op: "Dit was wonderlik om daar (in die Durbanse spoorwegwoonbuurt) groot te word. Daar was ’n rykheid en ’n lekkerte van mense bymekaar. Waar mense saam swaarkry, is daar altyd ’n sekere warmte."

Jan vertel aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat die Van Tonder-gesin in die spoorwegjare in meer as een spoorwegwoonbuurt gebly het.

Ook vandat hy kan onthou, het hulle in buurte gewoon waar "minder begunstigdes" van allerlei aard deur hul omstandighede bymekaar gegooi is. "Daar was veral twee jaar, in ’n bitter ontvanklike tyd van my lewe (die eerste twee skooljare) wat ons in ’n buurt gebly het waarna party mense spottend as 'Klein Hollywood' verwys het. My ma het hard probeer om ons te beskerm teen wat om ons aangegaan het, maar ’n kind sien en hoor en voel mos fyn. Party mense word in omstandighede ingedwing, of daarin gebore, en wegkomkans is daar nie. Selfs die gelukkiges, of dié met ouers soos ek, my broer en vyf susters, wat die skok van baie houe vir jou absorbeer, selfs hulle kom nooit regtig los van daardie soort herinneringe nie," vertel hy aan Elfra Erasmus (Die Burger, 26 Mei 1990).

Verdere studie en werk

Na matriek is Jan na die Suid-Afrikaanse Vloot in Simonstad, waar hy as hondehanteerder werk. Hy gaan daarna na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1978 sy BA-graad behaal. Hy studeer aanvanklik vir predikant, maar beskou sy jare lange onsuksesvolle pogings om Grieks en Hebreeus onder die knie te kry as ’n Vingerwysing en volstaan met sy BA-graad met Afrikaans, Sielkunde en Kriminologie as hoofvakke. Jan werk vyf jaar aan ’n driejaargraad, maar verontskuldig homself hieroor deur te vertel dat hy gedurende vakansies veertien tot twintig uur per dag as stoker en kaartjiesondersoeker moes werk.

Gedurende sy finale jaar op universiteit is hy getroud. Hy vertel dat die huwelik oorhaastig binnegegaan is en na enkele jare op dieselfde wyse ontbind is "jeugdige ongeduld met die aanpak en deurvoer van iets wat andersins ’n lewe lank sou kon gehou het". Hy is nie weer getroud nie en is na die beste van sy wete kinderloos.

Hy werk as nywerheidsopleidingsbeampte (vir twee jaar), tronkbewaarder, joernalis (by verskeie koerante, onder andere as hofverslaggewer by Die Transvaler en ook by die SAUK), restaurantbestuurder, skilder en natuurlik skrywer. Die jaar in die Gevangenisdiens en die stuk of ses, sewe jaar as verslaggewer het seker die grootste invloed op sy skryfwerk gehad. Aan Elfra Erasmus (Die Burger, 26 Mei 1990) vertel hy: "In die tronk en op sekere plekke waar ’n verslaggewer met mense te doen kry, byvoorbeeld die Hooggeregshof, is daar nie geheime nie; daar staan ’n mens poedelkaal, gestroop van feitlik alle maskers."

In 1979, die jaar toe hy as bewaarder in die Point-gevangenis in Durban gewerk het, begin Jan skryf. Hy vertel aan Elfra Erasmus in Beeld van 15 Mei 1990: "My gedurige gekyf oor die behandeling van die mense (die gevangenes) het veroorsaak dat ek met ’n groot geweer in ’n wagpos op die muur beland het. Maande van frustrasie wat my tot by die punt gedryf het waar ek ’n keuse moes doen. Ek moes kies: gaan ek die hoof van die gevangenis skiet of myself? Dit was te veel van ’n Catch 22-situasie en ek het besluit om ’n storie te skryf, ’n kortverhaal wat my gedagtes oor die mure sou wegvat, na ’n wêreld van onskuld. Die verhaal is gepubliseer en is aangewys as Huisgenoot se Kortverhaal van die Maand. Dit was die voorloper van my latere werk Is Sagie."

In 1983 word Jan se eerste boek, Wit vis, deur Perskor gepubliseer. Dit beeld die trauma van ’n lesbiese verhouding in ’n eng gemeenskap uit. Koos Bester skryf in sy resensie in Die Vaderland (5 Maart 1984) dat daar klein hinderlikhede is wat die uitgewer kon uitgeskakel het, maar dat daar tog sterk oomblikke in die boek is en dat Van Tonder die skryfkuns waardig is.

Jan self sê dat die boek te vroeg uitgegee is. "’n Skrywer is altyd haastig om sy eerste boek te laat verskyn. Dit is soos ’n tiener in wie die eerste jeuk van sy/haar seksualiteit gekom het – hy/sy weet dat dit goed is om te wag met die liefde tot dit die liefde behaag, maar meestal ontbreek geduld (vra maar Maretha Maartens se hoofkarakter in ’n Pot vol winter) en dan is die agtersitplek van ’n motor ook goed genoeg. As ’n mens terugdink aan daardie eerste ondervinding, is dit nie met ’n gevoel van genoegdoening nie, want die tyd was nie ryp nie. Jy ook nie. Wit vis was ’n agtersitplek-ondervinding wat ek liewer wil vergeet."

Jan se volgende publikasie, ’n bundel kortverhale getiteld Aandenking vir ’n vry man, word in 1984 deur HAUM-Literêr uitgegee. Die bevat 23 kortverhale uit en oor die tronkbestaan en word byna almal vanuit die hoek van die gevangenes vertel. Hieroor laat André P Brink (Rapport, 19 Mei 1985) hom as volg uit: "[D]ie kortverhaalbundel Aandenking vir ’n vry man wat pas by HAUM-Literêr verskyn het, is des te meer ’n verrassing. [...] Van Tonder is ’n meester van die skielike ommekeer, veral dan in kort bestek, en juis die eienaardige, kru, stroefheid van die taalgebruik maak dit treffend, met ’n soort kale, bloedige reportage-eerlikheid. [...] En nog selde is hierdie gruwelike skemerwêreld in ons midde met soveel verdoemende oortuigingskrag voor Afrikaanse lesers ontbloot." Hy sluit af deur te sê dat Aandenking vir ’n vry man iets "memorabels" is.

Vir HP van Coller (Volksblad, 11 Mei 1985) is een van die pluspunte van Aandenking vir ’n vry man “juis die afwesigheid van ’n opvallende manipulering deur die outeur, hoewel daar nie sprake kan wees van onbetrokkenheid nie. As geheel is hierdie verhale ’n felle aanklag teen ’n stelsel waarin mense uitgelewer word aan die genade en willekeur van ander."

Jan ontvang van Perskor ’n leergebinde eksemplaar van die bundel. By die oorhandiging sê prof Elize Botha (Transvaler, 28 Maart 1985) die volgende: "Merkwaardige dissipline word deur die skrywer aan die dag gelê. Hy ontkom aan twee gevare – sensasie en sentimentaliteit. Hy soek geen maklike oplossings nie. Hy beweeg verby reportage na literêre vormgewing en sê die onsegbare, sodat die verhale in sy hande veel méér word as die oorspronklike feite. Abraham de Vries beskou die bundel as een van die beste Afrikaanse kortverhaalbundels wat hy die vorige aantal jare gekeur het. (Transvaler, 10 Desember 1984)

Vir sy volgende werk keer Jan terug na prosa. Is Sagie word in 1987 gepubliseer, ook deur HAUM-Literêr, en dadelik trek dit die aandag van letterkundiges én gewone lesers. Dit vertel die verhaal van Sagie, 'n vertraagde natuurkind, en sy liefde vir Ansie.

Ia van Zyl (Die Republikein) skryf dat hierdie kort roman soos ’n vars bries in die wêreld van die Afrikaanse letterkunde is waar dit deesdae behoorlik wemel van allerlei vreemde dwarrelwinde wat die gewone leser heeltemal buite rekening laat. "Van Tonder bewys dat dit vir die Afrikaanse skrywer nog moontlik is om met die taal in sy eenvoudigste – en derhalwe suiwerste – vorm en met die lewens van doodgewone, ongekompliseerde mense as grondstof, ’n meesterstuk te skep. Want Is Sagie is in elke opsig ’n meesterstuk."

Volgens Heilna du Plooy (Beeld, 16 November 1987) word die verhaal gemaklik en vloeiend, en in ’n volgehoue pas vertel, sodat die leser inderdaad deur die lotgevalle van die karakters meegevoer word. Is Sagie was in 1987 en 1988 finalis vir die ATKV-Prosaprys.

Jan vertel aan Sonja Loots (Rapport, 17 Oktober 2004) dat Is Sagie gebore is uit ’n verlange na onskuld. "Ek het daar in die tronk soveel skuld gesien. Toe stroop ek Sagie van alles wat boos is. Dis waarskynlik hoekom hy verstandelik vertraag is. Dit lyk my hoe onskuldiger ’n ding is, hoe minder intellek is daar. Het jy al in ’n Jersey-kalf se oë gekyk? Dis net die mooiste ding; ek verstom my elke keer."

’n Mens sou kon sê dat onskuld die leitmotief in Jan se werk is. “En die underdog. Die uitgeworpene, die ontmagtigde, die ou wat nooit regtig ’n kans kry nie."

Sedert 1988 is Jan voltyds skrywer en hy vertel aan Elfra Erasmus dat hy vir die eerste keer in sy lewe vir ’n goeie baas werk. Die enigste negatiewe aspek van sy werk, erken hy, is die min geld wat hy verdien, maar die res verruil hy vir niks nie.

Met sy volgende roman, Die kind, wen Jan in 1990 die ATKV-Prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir Ontspanningsleesstof. Die kind is ’n boeiende, afgeronde verhaal van die wêreld van die Zoeloe. Met hierdie boek het Jan teruggegaan na sy kinderlewe waar hy in Stanger aan die Natalse Noordkus grootgeword het.

"Ek het van kleins af met die Zoeloes te doen gehad. Hul landelike, rustige lewenspatroon en die eenvoud van hul lewe, het ’n groot indruk op my gemaak. Ek het eendag in die Klein Karoo rondgestap toe ek dié sin in my kop kry: ‘’n Seun sonder naam, omdat sy ma hom nie wou hê nie'. Ek het daarmee rondgespeel en dit het agtien maande later Die kind geword."

Hilda Grobler skryf in Tempo van 8 Februarie 1991: "Dit is ’n roman waarin die kenmerke van Van Tonder se skryfstyl en sterk talent verfyn word tot ’n singende boog, tot die musiek wat die Amazolo uit die umakweyane-boog tower. "Die roman is om ’n eenvoudige dog besondere treffende verhaal gekonstrueer. Wanneer Amazolo swanger raak, wil sy die kind nie hê nie omdat Mlenzana haar verlaat het toe sy hom die nodigste gehad het. Haar seun wat later gebore word, wat die merk van die amathongo op het, wat twee moeders het, wat aanhoudend vra wie sy vader is, wat nie saam met die jong seuns wil bokke oppas nie en aanmekaar vir homself groter uitdagings stel, is die seun vir wie Amazolo uiteindelik die hoogste offer bring. Dit is ’n verhaal waarin menslike tragiek op grootse wyse uitgebeeld word. [...] Dis ’n roman wat vry is van enige patroniserende etnisiteit, wat vry is van enige wanklank. Dis trouens ’n roman wat vry is en los staan van ’n rassestempel, want dit handel oor mense en hul belewenisse. [...] Dit is ’n mylpaal in die Afrikaanse letterkunde en een van die eerste geloofwaardige en werklik geslaagde werke in die betrokke genre."

Ia van Zyl (Die Republikein, 30 Maart 1990) meen dat Van Tonder daarin slaag om "deur middel van die eenvoudige, maar treffende, verhaal die dilemma van ’n hele volk uit te beeld. Met hierdie roman toon hy weer eens dat hy nie bereid is om mee te doen aan heersende letterkundige modegiere nie".

Vir Riana Botha (Volksblad, 26 Mei 1990) was Die kind, ten spyte van sekere voorbehoude soos die kontekstuele- en woordverklarings wat die spoed van die verhaal belemmer, asook die pedantiese styl wat hinder, ’n "genotvolle en selfs roerende leeservaring".

Die kind het alreeds twintig drukke beleef as voorgeskrewe boek vir wit en swart skole. "Die kind het vir my gesorg,"sê Jan aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004), "en het my in staat gestel om in 2004 my eerste huis en my eerste betroubare voertuig aan te skaf."

By die oorhandiging van die ATKV-Prosaprys spreek Jan hom sterk uit teen die steun wat aan die kulturele boikot toegesê word en teen alle vorme van sensuur. "Jare lank al stry skrywers teen sensuur, nie teen dié of daardie vorm van sensuur nie, maar alle vorme daarvan. Het ek so verstrik geraak in my klein Karoose isolasie dat ek nie gehoor toe medeskrywers en skrywersorganisasies geskel het teen die ANC se planne om uiteindelik die pers in 'The People' en dus die regering se hande te plaas nie? Hét hulle daarteen in opstand gekom, of het hulle aanvaar dat dit net so onskuldig is soos sensuur onder die nuwe naam van 'kulturele boikot'?" (Die Burger, 22 Mei 1990)

Saam met Lanz von Hörsten as fotograaf publiseer Jan in 1998 ’n "koffietafelboek", The Little Karoo = Die Klein Karoo = Die Kleine Karoo by Human & Rousseau. Die teks is in drie tale – Engels, Afrikaans en Duits.

In sy resensie oor Radiosondergrense sê George Weideman: "Die storie van die Klein Karoo adem in die hand van Van Tonder die gees van die Klein Karoo, wat so bekend is aan storievertellers. En wat uit hierdie boek blyk, is die seggingskrag van Afrikaans in die hand van ’n gesoute en bekroonde skrywer soos Jan van Tonder. Von Hörsten [kry] dit reg om die geheimsinnige sjarme van die Klein Karoo landskap op film vas te lê. [...] [D]ie twee samestellers van die boek slaag uitmuntend daarin om mekaar aan te vul. Teks komplementeer foto; foto suggereer wat teks nie gesê kan krý nie."

’n Volle vyftien jaar verloop voordat Jan se volgende prosawerk gepubliseer word, maar volgens almal was die wag die moeite werd. Nadat hy drie jaar aan die storie gewerk het, word Roepman in 2004 deur Human & Rousseau gepubliseer. Jan vertel aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat hy eers klaar moes sluimer, maar dat hy nou gedoen het wat gedoen moes word. Die boek wat hy ’n leeftyd in sy gemoed gedra het, het hy skuins voor sy vyftigste verjaardag úitgeskryf.

Op LitNet skryf Jan dat hy met Roepman sy ganse grootwordtyd moes evokeer. "Ek het kort-kort my susters gebel om inligting te bekom, en my broer stilletjies verwyt oor sy voortydige dood, want hy sou beter as ons almal onthou het."

Roepman vertel met humor en patos die verhaal van die dertienjarige Timus Rademan wat saam met sy ouers, broer en susters – daar is drie tweelinge in die familie – in die 1960's in ’n spoorwegkamp in Durban grootword. Elfra Erasmus som die verhaal as volg op (Beeld, 20 Oktober 2004): "Dit is ’n verhaal van grootword en die verlies van onskuld, maar ook van geborgenheid en grootword in ’n gemeenskap waar mense na mekaar omsien."

Jan erken teenoor Erasmus dat Roepman seker die naaste is wat hy aan ’n outobiografie sal kom. "Ek het ’n klomp dinge vertel soos dit was, ek het ’n klomp bygelieg en ’n klomp weggesteek."

Op LitNet skryf hy: "Dit maak nie saak hoeveel ooreenkomste daar tussen die werklike Van Tonders en die fiktiewe Rademans is nie, Roepman is stórie. Dis die storie van elke seun wat sy onskuld verloor in hierdie wêreld waarin onskuld deur dese en gene besing, maar ironies genoeg nie lank geduld word nie."

Teenoor Mariëtte Crafford sê Jan dat hy Roepman beskou as ’n klag teen die kerk wat sy plig teenoor mense skandelik versaak het: "sy plig teenoor eie gemeente, maar ook teenoor dié wat daarbuite val. Die kerk het nie sy opvoedingstaak gestand gedoen nie, het meegedoen met die staat om mense in onkunde te hou sodat hul werk nie kon lig werp oor die verskriklike dinge wat in die donkerte van regeringsgeboue en sinodale vergaderings aangevoer is nie. En voorts is die boek ’n klag teen die onderwys wat die ander sterk arm van die regering was. Onderwys wat die heilige taak had om op te hef, maar wat toegelaat het dat dit misbruik word om te indoktrineer, om vrye denke aan bande te lê. Dominees en onderwysers ... seker ook slagoffers van ’n stelsel, tóé. Maar hoekom dan nie begrip hê vir mense (kinders) wat aan húlle uitgelewer was nie?"

Hy vertel ook aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat Roepman ’n wekroep is, "’n gepluk en gestoei om mense wakker te skud – met die toegevoegde waarde van wonderwerke. Gelukkig is daar altyd mense in ’n gemeenskap wat bereid is om alles op te offer vir ander, soos wyle Beyers Naudé; altyd een soos die proponentjie in Roepman; altyd iemand wat kans sien om selfs die onwilligste mense wakker te maak om te gaan kyk wat gedoen moet word, soos Joon Sterrekyker, die roepman; altyd iemand met die lewenslus van ’n ouma Makkie wat met ironie en humor na die menslike toestand kyk; altyd ’n wonderwerk, as ’n mens dit net wil raaksien, wat jou daaraan herinner dat jy nooit alleen is nie."

Cecile Cilliers (Rapport, 6 Februarie 2005) beskou Roepman as die hoogtepunt in Jan se oeuvre. Sy skryf dat Van Tonder se aanslag lig is, en dat humor Roepman se geloofwaardigheid onderskraag. "Hy lei die leser met ’n vaste hand deur ’n doolhof van realiteit en hersenskimme totdat Timus se verbeeldingsvlugte naatloos deel van die werklikheid word."

Philip John (Die Burger, 3 Januarie 2005) skryf: "Ons het hier ’n teks van ’n skrywer met ’n virtuose en oënskynlik moeitelose beheer oor die gedagtes en spraak van sy karakters, asook oor die psigiese en sosiale aspekte van die situasie wat vir die roman as stof dien. [...] Roepman bied ’n meesterlike beeld van die werkersklas-wêreld van Timus en sy mense, en daarmee saam ’n genotvolle én ontstellende leeservaring."

Volgens Willie Burger (Beeld, 29 November 2004) bied hierdie roman ’n vars blik op grootword en verlies. "Dit word veel wyer as ’n verlies van onskuld ten opsigte van die seksuele, die politiek of godsdiens. Die perspektief van die kind word met deerniswekkende sukses volgehou, terwyl dit daarin slaag om te vermaak en te skok. Dit boei, vermaak, skok, herinner en lei tot nadenke."

Louise Viljoen (LitNet) beskou Roepman as een van die aangename verrassings van 2004.

In 2006 word Roepman deur Elsa Silke in Engels vertaal onder die titel Stargazer en deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer.

Roepman word departementeel vanaf graad 10 voorgeskryf, maar is deur die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch voorgeskryf vir hulle graad 9-seuns. Dit lei egter tot ’n herrie toe ’n groep ouers protes aanteken omdat hulle gevoel het dat die boek seksueel eksplisiet genoeg is om hulle kinders se "onskuld" te bedreig. Die saak is later geskik.

Daar word ook beplan om Roepman in ’n kunsfilm te omskep. In 2008 was Jan reeds besig met die draaiboek van die roman. Piet de Jager, ’n senior advokaat in die Pretoria-balie, sou die vervaardiger van die prent wees. Hy vertel dat hulle ’n Afrikaanse kunsfliek wil maak met onderskrifte in verskeie tale. Volgens hom gaan die Vlaamse rolprentmaker Walter Stokman die regisseur van die film wees.

Hierdie plan om Roepman op die silwerdoek vas te lê, het toe nie in 2004 van die grond af gekom nie. Dit het eers sewe jaar later, in 2011, gebeur. Piet de Jager was een van die vervaardigers en hy het van die begin af vir Jan ten nouste betrek – nie net by die maak van die film nie, maar ook by die skryf van die draaiboek. Jan, Piet en Sallas de Jager en die Belgiese regisseur Walter Stokman het saam begin werk aan die draaiboek. Jan het daarna die eerste weergawe op Gordonsbaai waar hy deesdae woon, geskryf. Hulle het die draaiboek heen en weer tussen die Kaap en Gauteng gestuur en het later besluit om nie gebruik te maak van ’n oorsese regisseur nie. Paul Eilers was uiteindelik die man wat die regie sou behartig en Jan het oor hierdie besluit aan Terésa Coetzee (Rapport Boeke, 5 Junie 2011) gesê: "’n Ware vonds vir ons rolprentbedryf."

Roepman is in Durban gesitueer, maar die film is in ’n spoorwegbuurt in Springs verfilm. "Gepraat van ’n vonds," sê hy vir Coetzee, "daardie spoorwegbuurt in Springs het sit en wag vir ’n fliek. Die rooibaksteenhuisies, die hoek- en wasgoedpale wat van treinspoor gemaak is, die atmosfeer, die agtergrondgeluide. En het The Film Factory nie getoor daarmee om dit na ’n Durbanse buurt te laat lyk nie! Ek was ’n week daar op die stel en dit het vir my gevoel of ek weer ’n kind in so ’n omgewing was.

"Ek het Paul Eilers en Piet de Jager en ’n paar van The Film Factory se mense na Durban vergesel om hulle te gaan wys waar ek ’n knopkniekind was, waar van die werklike tonele afgespeel het, en hulle het met die verfilming teruggegaan en die tonele op plekke geskiet wat presies met die prentjies in my kop ooreengestem het. Min skrywers het die voorreg om so nou betrek te word by die verfilming van hul werk – ek sal Piet en sy span vir ewig dankbaar bly."   

’n Kontrak is ook gesluit waarvolgens Roepman in Amerika vertoon sou word met Engelse onderskrifte. Die kontrak is gesluit nadat spesiale toetsvertonings in Los Angeles en San Francisco gehou is.

Jan vertel op LitNet aan Chanette Paul-Hughes dat hy in die vyftien jaar tot die publikasie van Roepman nie stil gesit het nie. "’n Klompie kortverhale en sketse het in tydskrifte verskyn, asook The Little Karoo en twee radiodramas. Tussendeur werk ek aan my Oudtshoorn-roman, wat nog altyd onvoltooi is. Laasgenoemde het my die hele tyd in ’n halwe Nelson geklem, wat dit moeilik gemaak het om iets anders aan te pak. Roepman het my gered, maar die Oudtshoorn-ding moet nou klaar, of ek moet onder ’n skuilnaam van hom ontslae raak. En nee, ek het geen plan (of tyd) om weer so lank te wag voor my volgende skryfsel nie. Ek is nog nie seker of dit prosa, drama of poësie sal wees nie. (Ek droom al 25 jaar daarvan om ’n verhoogstuk te skryf.)"  

Jan waag ook sy hand aan ander genres. Hy begin radiodramas skryf en Die swakkeling behaal die derde plek vir ervare skrywers in RSG en Sanlam se Radiodrama-kompetisie.

Jan se droom van 25 jaar word verwesenlik toe sy drama Lewensreg: ’n tragi-komedie vir mede-sterwendes in 2007 opgevoer word by die KKNK en die wenner is van die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater (SPAT). Die stuk is onder regie van Nico Luwes by 2007 se KKNK opgevoer, waar dit ook aangewys is as die beste produksie op die fees. Nico Luwes is ook aangewys as die beste regisseur. Lewensreg handel oor twee amper bejaarde broers wat die reg verkry om tot hul dood in ’n huisie in die hart van ’n begraafplaas te woon. Omring deur dooies leer die broers wat dit beteken om te leef. Die stuk is in 2008 deur Genugtig! (nou Joho!) gepubliseer.

Jan vertel aan Volksblad (9 April 2007) dat hy in ’n graf in Oudtshoorn se begraafplaas gaan lê het voordat hy Lewensreg aangepak het.

Marelize Potgieter berig in Die Hoorn van 26 Maart 2008 dat Jan besluit het om Oudtshoorn, waar hy sedert die laat 1990's woon, te verlaat. Hy beoog om in die omgewing van Kaapstad te gaan woon, sodat hy nader aan meer kunsuitstallings kan wees en ander kunstenaars se werk kan sien en beleef. Hy het hom toe in Gordonsbaai gevestig waar hy saam met Jenny, "die liefde van sy lewe", woon.

Anderkant omdraai wat in 2011 by Protea Boekhuis verskyn het, is ’n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Volgens die uitgewer se inligtingstuk wissel kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes mekaar af en bied dit ’n vermaaklike leeservaring. "Die leser van dié rubrieke kan verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeër, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag. Hy slaag weereens daarin om lewenswaarhede op ’n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra."

In Rapport Boeke (6 November 2011) word Anderkant omdraai beskryf as ’n heerlike leeservaring "wat wissel van die humoristiese tot die melancholiese, die stuitige tot die diepsinnige. Verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oor die ou Suid-Afrika en die nuwe een, oor die wonder van onskuld en oor ouer word."

Op die agterflap van die boek skryf Daniel Hugo: "Dat soveel temas en toonaarde binne die beperking van ’n koerantrubriek oortuigend en boeiend gestalte kon kry, is ’n ware kragtoer."

25 jaar ná die verskyning van Is Sagie in 1987 word die opvolg Is weer Sagie in 2013 gepubliseer.

Op LitNet wou Madri Victor by Jan weet hoekom hy ná soveel jaar besluit het om ’n opvolg te skryf, waarop Jan geantwoord het dat hy glad nie van plan was om ’n opvolg te skryf nie: "Sagie was ’n volledige storie, klaar, bedoel om te eindig soos hy het, maar 25 jaar lank het mense (veral vroue, en vir hulle sê ek altyd moeiliker “nee"), wanneer hulle verneem dat ek die skrywer van Is Sagie is, my verwytend gevra hoe ek dit aan Sagie kon doen: 'om hom só te los'. Ek was bang dat ek die karakter wat ek die liefste van almal het, skade sou aandoen met ’n opvolg, en het teen die versoeke bly stry. En, mettertyd, die versoeking. Maar sou ek na ’n kwarteeu weer in Sagie se kop kon kom? Ek het probeer, die boek in die spreekwoordelike laai gebêre, en ’n klompie jaar later uitgehaal en weer probeer. En uiteindelik besluit dis nou of nooit."

Oor waar Jan die karakter van Sagie gaan haal het, vertel hy aan Madri Victor dat terwyl hy in die Point-gevangenis in Durban gewerk het, hy sterk onder die indruk van die boosheid van die stelsel in die tronk gekom het en besluit het om ’n storie te skryf – oor ’n mens wat geen kwaad in hom het nie: "Sagie was die produk. Toe ek egter alle boosheid en slinksheid uit hom gehaal het, was hy na die verstand ietwat stadiger as ander mense. Dit sê natuurlik nie dat hy nie ’n goeie boer is nie; inteendeel, sy kennis van knoppiesblaar en water lei en beeskwale en plant en oes is vir hom tweede natuur. Hy verstaan net nie waarom mense mekaar soms seermaak nie."

Lesers het Sagie in die eerste roman, Is Sagie, leer ken ons hom en sy ontluikende verhouding met Ansie wat aan die einde van boek uitloop op ’n mislukking. In Is weer Sagie word daar op ander temas gefokus, skryf Madri Victor op LitNet: "volwassewording, die pa-seun-verhouding, konflik tussen werknemer en werkgewer, asook wat 'man-wees' beteken en die samelewing se persepsies daarvan."

Vir Victor lewer Van Tonder met hierdie roman weer eens bewys van sy sensitiwiteit vir die buitestander, die enkeling wat onskuldig staan, terwyl sy karakters skerp genuanseerd is wat die leser tot deernis stem.

"Tipies van so ’n plaasroman is die verbondenheid van die karakters aan die plaas, die grond en die landskap. Is weer Sagie wys ’n plaaswêreld wat aan die verdwyn is, waar daar klip met die hand ‘gedress’ word (iets wat Jan terloops ook kan doen), pyp uit kalbas gemaak word en daar met die hand gemelk word. Ook van die onskuld van Sagie is daar maar min te sien in die hedendaagse lewe – miskien juis daarom dat die karakter soveel impak op die leser het."

In hierdie tweede roman oor Sagie bly hy glo dat wanneer hy Ansie se huis klaar gebou het, sy sal terugkom. Vir Victor ontwikkel Ansie se huis vir haar as ’n karakter op sy eie wat sentraal in die verhaal staan. Jan se reaksie hierop is as volg: "Die huis het onder my hand as karakter ontwikkel, soos wat hy onder Sagie s’n ’n potensiële woning geword het. Sonder daardie huis wat hy vir Ansie bou, is daar geen storie, of hoop vir Sarys van Greunen nie. Maar saam met die huis, as simbool van permanensie en geborgenheid en hoop, staan ’n ander karakter nader, een wat die leser self in Is weer Sagie sal ontmoet."

In Vrouekeur (3 Januarie 2014) skryf Willie Burger: "Byna alle romans gaan oor die botsing tussen die spesifieke beeld wat een mens van die wêreld het met die manier waarop die res van die mense die wêreld verstaan. Wanneer ’n karakter dapper veg om sy of haar ruimer beeld van die wêreld teen ’n gemeenskap se stiksienigheid te verdedig en om die gemeenskap van die gevolge van hul stiksienigheid te red, ontstaan ’n heldeverhaal. Wanneer ’n individu egter, soos Sagie, ’n beperkte begrip van die lewe het, ontstaan iets tragies, ’n verlies van onskuld en droefheid. Te maklik kan só ’n vertelling soetsappig, ’n maklike opwekking van emosies word, maar Van Tonder is ’n uitgeslape verteller wat dit nie laat gebeur nie. Is weer Sagie is ’n roerende leeservaring."

Ook Dewald Koen is beïndruk met Is weer Sagie. In Beeld van 7 Oktober 2013 skryf hy dat Sagie in Is Sagie lesers bekoor het met sy "fynbesnaarde aard en ongekunstelde persoonlikheid, ondanks sy intellektuele eenvoud". In Is weer Sagie kan daar verder gelees word aan hierdie verhaal van die inwoners van die plaas Greundal. Gedurende die vier jaar wat verloop het tussen die twee verhale, het Sagie se toekomsdrome nie verander nie en hoewel hy steeds sy pa gehoorsaam, is daar beslis ontwikkeling wat sy karakter betref en raak hy al meer onafhanklik en selfstandig.

Koen gaan voort: "Die roman bied terselfdertyd ’n poëtiese beskrywing van die plaaslewe. Van Tonder se fyn waarnemingsvermoë en karakterbeskrywings sluit sterk aan by die skryfstyl van Karel Schoeman. Die tradisie van die plaasroman word met Is weer Sagie voortgesit, ondanks die veranderde sosio-politieke klimaat waarin Suid-Afrika hom sedert 1994 bevind. ’n Aspek van die roman wat deurgaans deurskemer, is die emotiewe en deernisvolle rasharmonie wat tussen die boere en hul werkers heers. Hierdie gegewe word met tye effens soetsappig uitgebeeld, maar doen geensins afbreuk aan die roman nie."

"Is weer Sagie is die soort roman wat ’n leser meer as een keer sal wil lees. Sagie toon deurentyd deernis teenoor sy medemens, al word hy by talle geleenthede verneder en onwaardig geag. Van Tonder se Sagie is geen slagoffer van sy omstandighede nie, maar word uitgebeeld as ’n alledaagse persoon wat die lewe opreg waardeer."

"Hierdie boeiende roman se verrassende slot sal menige leser laat uitsien na die vervolgroman, waarin Sagie se droom (hopelik) bewaarheid word."

Tydens die Aardklop-kunstefees van 2011 is Jan se eerste klug, Die onbeholpe djin, op die planke gebring en waar Jan ook oor die stuk gepraat het. Hy het Djin lank terug geskryf (nog op ’n dot matrix-drukker gedruk) en het dit toe in ’n laai gesit en daarvan vergeet. Hy het dit in ’n boks gevind wat hy nog nooit uitgepak het nie en het dit toe verwerk.

Jan vertel aan Anim van Wyk (Beeld, 8 Oktober 2011) dat hy daarvan hou om iets van alles te doen: "Dit pas by my geaardheid. Ek raak verveeld met ’n ding. Ek probeer elke keer ’n nuwe ding wat ek nog nie het nie. Die feit dat ek soveel genres beoefen, is vir my baie bevredigend."

In 2019 word Jan se volgende roman, Die verevrou, deur Human & Rousseau uitgegee. Die oorsprong van hierdie roman kan teruggeneem word na 1997 toe Jan en die fotograaf Lanz von Hörsten op Oudtshoorn was vir die navorsing van hulle boek The Little Karoo. Jan het geweet dat die inligting wat hulle oor die verebedryf op Oudtshoorn gehad het, nie genoeg was nie. Hy het ook al gehoor van die bekende "meesterpluimbereider", Luisa Pappalardo, wat vanaf Parys na Oudtshoorn gekom het en beskou is as dié kenner van volstruisvere in Suid-Afrika.

Jan vertel verder aan Johan van Zyl (Rapport, 31 Maart 2019): "Op 4 Junie 1997 het ek voor dooiemansdeur te staan gekom by Luisa se huis in Kerkstraat, maar wel twee vroue in die erf langsaan gewaar. Dit was die befaamde verevrou en haar buurvrou wat opsluit vir my gesê het: 'Sy wil nie met jou praat nie; sy sê sy is klaar met vere.'

Presies hoe kláár het ek glad nie besef nie. Twee dae ná my besoek het Luisa Pappalardo haarself op ’n klein lappie gras buite die polisiekantoor op Oudtshoorn doodgeskiet. Dit was ’n geweldige skok en van toe af het hierdie vrou eenvoudig by my gespook."

Aanvanklik het hy probeer om die basiese inligting tot ’n verhoogdrama te verwerk, met ’n filmdraaiboek daarna, maar dit wou net nie werk nie: "En tog, keer op keer tussen my ander projekte en boeke deur, het ek bewus gebly van haar teenwoordigheid en ’n geweldige fassinasie met haar ontwikkel: Wat laat ’n meesterpluimbereider al die pad uit Parys na Oudtshoorn toe verhuis? Luisa se ma het later ook Karoo toe gekom, en ’n jaar ná haar ma se dood (in 1996) het Luisa besluit om haar lewe te beëindig."

"Dit was asof sy van toe af voortdurend oor my skouer geloer het. Ek het later die idee gekry sy hou nie van wat ek doen nie. Dit was asof sy wou hê ek moet die storie nie vertel nie."

Luisa se lewe het met baie lande en gebeure gekruis, soos dit duidelik blyk uit die navorsing waarmee hy in verskeie stadiums obsessief besig was – Algerië en die Algerynse Vryheidsoorlog van 1954 tot 1962, Parys, Korsika en die fyner kunsies van die volstruisveerbedryf.

Luisa se suster wat in Parys woon, was glad nie geneë om Jan enigsins te help nie. Mense op Oudtshoorn wat haar geken het, het met hom gepraat en hy het die grusame foto's van haar dood bestudeer, asook die hofverslae en die nadoodse verslag.

Hy vertel verder aan Van Zyl: "Sy het mense eintlik voorberei op haar dood en in haar selfmoordbrief laat blyk sy sy kon haar ma se dood nie verwerk nie. Sy het daarna ook die polisie om verskoning gevra dat sy haar lewe buite die polisiekantoor beëindig het, en selfs ’n lys van mense gemaak wat ná haar dood gebel moes word."

"Ek het later uitgevind Luisa het ook in São Paulo, Brasilië, waar sy tien jaar gebly het (’n tydperk wat Jan glad nie vir sy roman gebruik het nie), haar lewe probeer beëindig. Ná haar dood het ek boonop ’n magdom stories oor haar gehoor, natuurlik tweedehands. Dit was asof hierdie vrou in verskillende wêrelde geleef het. Vir party mense het sy glo gesê sy is ’n maagd; vir ander het sy vertel sy het ’n seksuele verhouding met haar neef gehad; nog ’n klomp het vertel hoe sy op haar bors geslaan en gesê het 'I'm a Christian!'; ander sê sy was ’n uitgesproke ateïs. Al wat ek weet, is dat sy my ná haar dood eenvoudig nie wou uitlos nie."

Dit is dan die lewe van Luisa Pappalardo wat die inspirasie agter Jan se skepping van Liora Papalato was, maar sy is net ’n "lugspieëling" van die vrou wat eens gelewe het.

Jan het ook nog nooit vantevore in sy lewe so "hard en ernstig en ingrypend" aan enige van sy ander boeke geskryf nie: "Hierdie roman het my vir die eerste keer regtig diep laat twyfel oor of ek nog kán skryf. Die verevrou is aanvanklik vir publikasie aanvaar, maar is toe afgekeur. Ek het dit dramaties gesny en herskryf, maar dis weer afgekeur. Toe herskryf ek weer en dit word wéér afgekeur. En toe wend ek my in ’n staat van totale moedeloosheid tot my ou uitgewer, Marietjie Coetzee, wat my en my talente en my beperkings goed ken ... en toe probeer ek weer."

"Terselfdertyd moet ek hier erkenning gee aan my geliefde, Jenny Pieterse. Op ’n dag toe ek weer heen en weer in die huis rondstap en nie herwaarts of derwaarts weet nie, het sy vir my gesê: 'You're pacing again.' En toe sê sy ek moet ophou probeer om ’n biografiese roman te skryf. Ek moet ’n stórie skryf. Die stórie. En dit is wat dit is, al is daar sekere raakpunte met sekere biografiese werklikhede: mý storie."

Die storie van Liora begin toe sy ses jaar oud aan die kant van die Sahara-woestyn en die roman neem dit deur haar werk as verpleegster in Algiers, haar lewe as pluimbereider in Parys tot die einde van haar lewe in die Klein-Karoo.

Vir Laetitia Pople (Volksblad, 3 April 2019) is die karakters in Die verevrou baie besonders – Liora, haar ma, Maman, haar geliefde oom en mentor, Moshe en Candice, die stelteloper van De Rust.

Pople skryf verder: "Die raakpunte tussen Suid-Afrika (in 2019) aan die vooraand van ’n verkiesing en die wêreld van Die verevrou, die roman, is duidelik met Algerië voor die bloedige oorlog, Suid-Afrika in die hoogty van apartheid en net voor die eerste demokratiese verkiesing. Die beskrywing van die vlug uit Algiers is skokkend tydloos – dit herinner aan die nood van tallose vlugtelinge tans (2019) in die wêreld."

Vir Jan is dit verblydend dat Pople dié verband raakgelees het: "Ek het dit doelbewus onderspeel sodat die onuitgespreekte ’n onheilspellende fluistering kan wees: Daar is nie wenners in dié soort revolusie nie, want ’n groot deel van die bevolking verloor alles, ook hul lewe, en in gans te veel gevalle word die bevryders daarna ook die grootste uitbuiters."

Deur die karakter van die erg beseerde soldaat, Chrestien, word die verskrikking van die oorlog vir die leser realisties uitgebeeld.

Jan het die karakter van Chrestien geskep juis om die verskrikking van die oorlog "op ’n individuele en persoonlike vlak uit te beeld. Chrestien Blanc kom vermink by die hospitaal aan en beland weens die oorvloed gewondes in die sorg van Liora, die jong vrou wat haar mediese studie gestaak het omdat sy geglo het sy kan as verpleegster gouer van diens wees. Daar vorm ’n besondere band tussen haar en die soldaat, iets wat ek nie voorsien het nie – die soort geskenk waarvoor ek altyd dankbaar is."

Die karakters wat hy in Die verevrou geskep het, het hom verras, vertel hy verder aan Pople. Hy beplan nie te veel aan hulle nie. Vir Pople stereotipeer hy nie sy vrouekarakters en hulle lewe vry en avontuurlik ondanks die periode waarin hulle leef: "Ek beplan my karakters nie in fyn besonderhede nie," vertel Jan. "Hulle groei namate hulle hul plek in die roman inneem en mettertyd vol staan. Hulle verras my telkens met hul eiesinnigheid wat lei tot wat ek hoop afgeronde persoonlikhede is, hetsy swak of sterk, buitestanders of opdringeriges."

In Rapport van 3 Maart 2019 is Louise Viljoen die resensent van Die verevrou. Volgens haar het baie skrywers al die pen opgeneem om te skryf oor die Klein-Karoo en die verebedryf aldaar, maar dat Jan van Tonder dit reggekry het om hierdie storie vanuit ’n unieke invalshoek te teken. "Dit het veral te doen met die uiteenlopende wêrelde wat hy op dramatiese wyse in dié verhaal byeenbring."

"Die roman vertel in wese twee verhale wat mekaar op ’n bepaalde punt in die tyd kruis. Hulle word gelyklopend, maar afwisselend weergegee sodat die kontraste en raakpunte sorg vir ’n byna kontrapuntale geheel.

"Die eerste verhaal begin in 1948 op die volstruisplaas Finisterre aan die rand van die Sahara in Algerië. Die hooffiguur in hierdie vertelling is Liora Papalato, ’n jong kind wanneer die verhaal begin en wat in die middel staan van ’n ongemaklike driehoeksverhouding tussen haar Franse ma, Charlotte, haar Korsikaanse pa, Emilio, en die Joodse man Moshe Habib, ’n sakekontak uit die Klein-Karoo."

"Hul lewe word verder bemoeilik deur die gespanne atmosfeer in die koloniale Algerië en die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog wat van 1954 tot 1962 geduur het. Liora vlug in 1962 tydens die hoogtepunt van die geweld, wat veral vanuit ’n Europese oogpunt beskryf word, uit Algiers na Parys."

"Die tweede verhaal begin in 1976 in De Rust in die Klein-Karoo waar die bruin dogtertjie Candice Amat deur haar pa, wat op volstruisplase in die omgewing werk, bewus raak van die verleiding van vere, en mettertyd op Walter, die seun van een van die plaaseienaars, verlief raak. Sy verlaat uiteindelik die Klein-Karoo om oorsee te gaan en werk vir ’n aantal jare in die buiteland as model, maar keer dan terug na De Rust waar sy op haar eie woon en vereprodukte vervaardig wat sy aan toeriste verkoop."

Liora en Candice se lewens kom in 1992 bymekaar uit. Liora is na die Klein-Karoo om vir Moshe wat aan demensie begin ly, te gaan kuier. Sy sien vir Candice wat op stelte loop en herken in haar ook iemand wat die taal van die volstruisveer verstaan.

Louise Viljoen gaan voort: "Van altwee die karakters teken die roman die oorgang na volwassenheid (’n belangrike tema in Van Tonder se werk) om verskillende kontekste en uiteenlopende families. Liora word groot in die koloniale Algerië met ’n kleinsielige pa wat lyk of hy minder vir haar omgee as oom Moshe. Candice word groot onder apartheid met ’n arbeiderpa wat ’n swakheid vir die bottel het, maar ook ’n groot teerheid vir sy enigste dogter. Die roman toon hoe hul grootwordjare die verloop van hul volwasse lewens bepaal." [...]

"Van Tonder slaag daarin om ’n hele aantal belangrike kwessies te vervleg met die die dramatiese verhaalgebeure. Dit is ’n roman oor sterk, onafhanklike vroue wat terselfdertyd hul kwesbaarheid beklemtoon, veral in toestande van oorlog en armoede. Dit vertel ook die liefdesverhoudings wat selde die geleentheid kry om probleemloos te ontwikkel. Ook van liefdes wat duur ten spyte daarvan dat hulle onvervuld bly."  [...]

"Van Tonder gee tekstuur aan sy roman deur die beskrywings van geweld en stryd af te wissel met liriese momente waarin mense se deernis met mekaar die geleentheid kry om na vore te kom. Hy werk ook treffend met verswyging en suggestie wanneer hy spanning bou deur sekere elemente aanvanklik vaag te hou en hulle gaandeweg aan die leser te onthul." [...]

"Die verevrou is ’n roman waarin daar met verskillende drade geborduur word op ’n kleurvolle doek."

"Die roman mis die eenduidige fokus wat van Van Tonder se roman Roepman so suksesvol gemaak het; dit bekoor eerder deur die rykheid aan karakters, gebeure, veelseggende detail en geheimsinnige slot. As sodanig is dit ’n aanduiding van Van Tonder se groeiende veelsydigheid as romanskrywer."

Francois Bekker (Beeld, 18 Maart 2019) skryf as volg oor Die verevrou: "Stilisties beleef ’n mens die verloop van die verhaal en die afloop daarvan op twee uiteenlopende vlakke. Dit is ’n besige storie wat met ’n snelle pas ontvou, Van Tonder se beheer oor so ’n wydlopige verhaal bevestig hom as ’n virtuose prosaïs.

"Die dénouement ruk die karakters en die leser egter tot stilstand. Dit is gewyde laaste oomblikke wat miskien meer vrae as antwoorde bied. Want al vind jy ’n holte vir jou voet wat landstreek, geloof of liefde betref, is dit oplaas die self teenoor wie jy in die finale instansie verantwoordbaar is."

"Die verevrou, ’n hoogtepunt in Jan van Tonder se oeuvre, is ’n ambisieuse werk wat bewys watter wonderlike beelde en emosies woorde by lesers kan wek."

En op LitNet sluit Elbie Adendorff haar bespreking van Die verevrou as volg af: "Die verevrou is ’n epiese verhaal van bevryding wat waarskynlik in die slottonele ’n hoogtepunt bereik met die religieuse element van die Goeie Vrydag-optog waarin daar genesing vir etlike karakters kom: moontlike versoening tussen Candice en Walter en vir Liora: 'Sedert haar deelname aan die Goeie Vrydag-optog het sy vreugde in dit wat nooit aan haar kan behoort nie' totdat sy bevrydend in die swempoel 'oopvlerk op pad' sweef bo almal uit soos Moshe aan haar as kind gesê het: 'Eendag sal jy bo ons klomp gewone mense sweef, my engel.'"

"Jan van Tonder se oeuvre bereik ’n hoogtepunt met Die verevrou. Dit is ’n moet-lees vir diegene wat van verweefde karakters en storielyne en motiewe hou."

Jan vertel aan Laetitia Pople dat hy nie sy boeke in hoofstukke skryf nie, maar in tonele: "[E]n uiteindelik voeg ek dit soos ’n filmredigeerder aanmekaar. My skilderwerk moes ek voorlopig op die lange baan skuif vanweë Luisa Pappalardo se konstante teenwoordigheid. Sedert die verskyning van my boek laat die verevrou wat dit op so ’n tragiese wyse geïnspireer het, my met rus. Hopelik kom daar ’n vervaardiger of regisseur wat soos jy (en ek) oor die verfilmbaarheid van Die verevrou voel, iemand wat toegang tot genoeg geld het om reg aan die storie te laat geskied. Intussen skryf ek." (Volksblad, 3 April 2019)

Jan is ’n buitestander en daarom is baie van sy hoofkarakters ook buitestanders. Hy verduidelik aan Johan van Zyl dat hy ’n baie private persoon is – "nie vreeslik outgoing nie, sukkel om met vreemdelinge ’n gesprek aan te knoop en haat onderhoude en openbare verskynings, maar verstaan ek is dit aan myself, my uitgewer en die boek verskuldig."

"Dalk skryf ek oor outsiders omdat hulle op interessante maniere ánders is en gewoonlik aan die kortste ent trek. Ek is van kleins af ’n agie en meesterlike luistervink wat mense en gesprekke en gebeure opsuig soos ’n spons en dan stadig tot fiksie verteer."

"As jy grootgeword het soos ek ... as jy sonder ’n sekere soort selfvertroue deur die lewe gaan ... ontdek jy naderhand dat jy met woorde amper soos God mense kan 'skep', dat woorde jou ’n sekere mag of selfvertroue kan gee om iets te wees wat jy nie regtig is nie." (Rapport, 31 Maart 2019)

Publikasies:

Publikasie

Wit vis

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628023707 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Aandenking vir ’n vry man

Publikasiedatum

1984

ISBN

0798614099 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Is Sagie

Publikasiedatum

  • 1989
  • 1990
  • 2005

ISBN

  • 0798623055 (hb)
  • 079863085X (sb)
  • 1770020403 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die kind

Publikasiedatum

  • 1989
  • 1990

ISBN

0798630396 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • ATKV-Prosaprys 1990
  • FAK-prys vir Ontspanningsleesstof 1991

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The Little Karoo = Die Klein Karoo = Die Kleine Karoo

Publikasiedatum

  • 1998

ISBN

0798138165 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kontrei

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Roepman

Publikasiedatum

2004

ISBN

0798144580 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels; vertaal deur Elsa Silke 2006

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lewensreg: ’n tragi-komedie vir mede-sterwendes

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780980275438 (sb)

Uitgewer

Parklands: Genugtig!

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Anderkant omdraai

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781869194680

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortprosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Is weer Sagie

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780798163026 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die verevrou

Publikasiedatum

2019

ISBN

97807981 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Jan van Tonder beskikbaar op die internet

Artikels deur Jan van Tonder beskikbaar op die internet

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Jan van Tonder (1954–) appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 April

Boekenuus: Benoeming vir prys beste verjaarsdag-geskenk vir Poland

Marguerite Poland se roman A Sin of Omission is op die kortlys van die Walter Scott-prys vir historiese fiksie en dit is die beste geskenk waarvoor sy vir haar 70ste verjaarsdag kon vra.

Boekenuus: Kyk wie pryk op kortlys van Internasionale Booker-prys

Die kortlys van die Internasionale Booker-prys vir vertaalde fiksie is bekend gemaak.

3 April

Boekenuus: 'Mees ambisieuse' boek van 2019 wen UJ-prys

Die wenners van die UJ-pryse is bekend gemaak.

5 April

Boekenuus: Kanker eis 'n koning van kindersketse

Berig oor die afsterwe van bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen.

Vervolgverhale: Spesiaal vir jou tuisbly-tyd

LAPA-Uitgewers stel twee topboeke bekend as vervolgverhale

Boekenuus: Wenners van Andrew Murray-pryse aangekondig

Die wenners van die Andrew Murray-pryse vir teologiese publikasies is bekend gemaak.

6 April

Resensie: Impak van die liefde

Joan Hambidge resenseer Ou laaie deur Fanie Olivier

Resensie: Sterk debuut oor ras, klas

Sonja van der Westhuizen resenseer Such a Fun Age deur Kiley Reid

Resensie: 'n Egte, afgeronde kunswerk

Clari Niemand resenseer Luistervink deur Madré Marais

Boekevat: Die muwwe mausoleum van boekwinkels

'n Rubriek deur Daniel Hugo.

Boekenuus: Slypskool gaan voort ondanks virus

Die Breytenbach-sentrum se slypskool gaan voort ondanks die inperking.

Boekenuus: Cecile Cilliers se boekery vir Universiteit van Gent gegee

Die ontslape resensent en rubriekskrywer Cecile Cilliers se boekversameling is aan die Universiteit van Gent in België geskenk.

7 April

Nuus: Regsgeleerde wen Jan H Marais-prys

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het aangekondig dat die gesogte Jan H. Marais-prys vanjaar aan prof. Jean Sonnekus toegeken sal word.

8 April

Boekenuus: Boek oor koronavirus verskyn soos blits

Binne net 7 dae het 17 skrywers hul ervarings van die Covid-19-pandemie neergepen, die boek is saamgestel, geredigeer en digitaal uitgegee.

Boekenuus: Hitler in 'die buitenste ruim' in Kombuis se novelle

Adolf Hitler bevind hom in die "buitenste ruim in 'n wetenskapfiksie-storie gone wrong" in die sanger en skrywer Koos Kombuis se novelle, Sushi with Hitler.

9 April

Nuus: Sweedse ambassade bring kunstenaars aanlyn byeen

Christiaan Boonzaier berig oor 'n aanlyn inisiatief van die Sweedse ambassade in Pretoria.

11 April

Boekenuus: Bekendes lees van Anne Frank tot Bukowski in inperking

AJ Opperman het 'n paar mense gevra wat hulle tydens die inperking lees.

12 April

Boekenuus: 6 gekies om manuskripte te slyp

André Trantraal, Beyers de Vos, Olivia M Coetzee, Sarie Nell, Valda Jansen en Veronique Jephtas is gekies vir die skrywersresidensie wat die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans vanjaar aanbied.

14 April

Boekenuus: 'Boekklub' se Heine neem stories vir kleinspan op

16 April

Profiel: Willem Krog kies die toekoms bo die verlede in nuwe roman

Die skrywer Willem Krog se nuwe roman, Alleen onder die maan, spring heen en weer tussen die jaar 1969 en die "nabye toekoms".

Boekenuus: Die luisterboek vir Mei is...

Netwerk24-intekenare kan uitsien na 'n nuwe luisterboek in Mei.

Boekenuus: Uitgewer soek jou biegstorie vir biegboek

Suid-Afrikaners wat iets op die hart het, maar te skaam is om dit met enigiemand te deel, het nou die kans om anoniem 'n bydrae te maak tot Wenkbrou se Biegboek: Ware geheime onthul.

17 April

Profiel: Poleer só jou anderster kind se ster

Christien Neser vertel meer oor haar nuwe boek, Help! My kind is anders.

Boekenuus: Die Book Lounge in Kaapstad vra om hulp

Die veelbekroonde boekwinkel in Kaapstad het om hulp gevra in 'n nuusbrief.

Boekenuus: Jan van Tonder se 'Verevrou' op RSG

Die Verevrou deur Jan van Tonder sal op RSG voorgelees word.

19 April

Boekenuus: Hier kan jonk en oud 137 kinderboeke gratis lees

Book Dash, 'n plaaslike organisasie sonder winsbejag, het 137 kinderboeke op sy webwerf beskikbaar gestel wat jonk en oud gratis kan lees.

Kompetisie: Skrywersbond begin skryf- en kunskompetisie

Die Amateurskrywersbond (ASB) het 'n skryf-, dig- en kunskompetisie uitgeskryf om die aandag te vestig op die nood waarin Moeder Natuur verkeer.

20 April

Boekevat: Om die alledaagse met nuwe oë te bekyk

'n Rubriek deur Jo Prins.

Resensie: Sielkundige riller, nie liefies

Schalk Schoombie resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef

Resensie: Toe nie net wetenskapfiksie

Sonja van der Westhuizen resenseer The Waiting Rooms deur Eve Smith

Resensie: Bloedsteen bestryk wye spektrum temas

Neil van Heerden resenseer Bloedsteen deur Irna van Zyl

23 April

Kyk: Michelle Obama lees kinderboeke voor

Profiel: 'n Ma met skrisofenie – Brent Meersman se memoir

Brent Meersman vertel AJ Opperman meer oor sy memoir, A Childhood Made Up.

Boekenuus: Skrywers vra in video moenie e-boeke onwettig versprei nie

Skrywers doen 'n beroep op die publiek om die onwettige verspreiding van e-boeke te staak in 'n video wat die skrywersorganisasie PEN Afrikaans op Wêreldboeke- en kopieregdag uitgereik het.

24 April

Boekenuus: Korona-kinderboek blitsvinnig in Afrikaans vertaal

LAPA-Uitgewers en Jaco Jacobs het in rekordtyd die regte van 'n Engelse kinderboek oor die koronavirus bekom en dit in Afrikaans vertaal en as gratis e-boek uitgegee.

25 April

Om te skryf in die tyd van die koronavirus

Cheréne Pienaar het met 'n handvol skrywers oor alle genres heen gesels oor hoe die pandemie hul skryfwerk en wêreldbeskouing beïnvloed.

28 April

Boekenuus: Voeg jou naam by petisie om boeke te laat aflewer

Skrywers en die publiek maak hul stem dik in 'n petisie sodat boeke weer verkoop mag word wanneer fase vier van die staat van inperking in werking tree.

29 April

Boekenuus: Lesers stuur boek lustig aanlyn rond

Sophia Kapp reageer op die onwettige verspreiding van haar jongste boek, Kanäan, in PDF-formaat op WhatsApp.

30 April

Boekenuus: Uitgewers wil WhatsApp-groepe vasvat wat e-boeke deel

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

South African writing in transition, edited by Rita Barnard and Andrew van der Vlies: a review

Resensie: Bloedsteen deur Irna van Zyl

Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson

Resensie: As if born to you deur Susan Newham-Blake

Resensie: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux

Resensie: In Mamelodi het ek my God gevind deur Nico Smith

LitNet Akademies-resensie-essay: Die nuwe Afrikaanse prosaboek, saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Resensie: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Review: JM Coetzee: Photographs from boyhood by Hermann Wittenberg (ed)

Review: Dream of a lifetime: Crossing Antarctica by Mike Horn

Resensie: Kyk na my deur Nataniël

In a time of plague: Memories of the “Spanish” flu epidemic of 1918 in South Africa by Howard Phillips – a review

Resensie: Alleen onder die maan deur Willem Krog

"Asof die heelal geskreeu het skryf nou die boek!"

Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?

Lockdown: The corona chronicles – an interview with Melinda Ferguson

Afspraak met moord – om sin te probeer maak van die sinlose

Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos

Sushi with Hitler: ’n onderhoud met Koos Kombuis

"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"

Inter-review with Lauri Kubuitsile about her book, But deliver us from evil

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

Rapport

Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 April

Resensie: Jean Meiring resenseer Die Kwesbares deur Steve Hofmeyr

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer She Said: How two reporters broke the story that changed the rules about sex and power deur Jodi Kantor en Megan Twohey en Catch and Kill: Lies, Spies and a Conspiracy to Protect Predators deur Ronan Farrow

Nuut op die rak: Volg die goudspoor

  • Terry Crawford-Browne se Eye on the Gold
  • Changing a Leopard's Spots: The Adventures of Two Wildlife Trackers deur Alex van den Heever
  • Renias Mhlongo Sarah Bullen en Kate Emmerson se Write your Book in 100 Days: Stop mucking about and just write your book

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-volg-die-goudspoor-20200405

Nuut op die rak: Afterland deur Lauren Beukes

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-die-wereld-na-mans-20200405

12 April

Resensie: Joan Hambidge resenseer Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels: Koffietafelboek vir ganjamense en ander fragmentlesers deur Kleinboer

Resensie: Jonathan Amid bespreek Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie

Resensie: Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe, geresenseer deur Floris van der Merwe

Resensie: Johannes de Villiers resenseer Swart swaan deur Wilken Calitz

19 April

Resensie: Rachelle Greeff bespreek Luistervink deur Madré Marais

Resensie: 1 Recce (volume 2): Agter vyandelike linies deur Alexander Strachan, geresenseer deur Abel Esterhuyse

Resensie: Jonathan Amid resenseer American Dirt deur Jeanine Cummins 

26 April

Resensie: Nathan Trantraal oor Uit die kroes deur Lynthia Julius

Resensie: Annelise Erasmus resenseer As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

Resensie: Anna Kemp bespreek The Mirror & the Light deur Hilary Mantel

Resensie: Jonathan Amid resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

7 April

Duinhuis deur Isabella Niehaus

"Ek geniet dit vreeslik baie om deur kookboeke te blaai – nie net vir die smullekker resepte en aptytwekkende foto's nie, maar beslis vir die heerlike kuier wat tussen die bladsye vasgevang word," skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie

14 April

Na verre hawens deur Hennie van Deventer

"Hennie van Deventer, 'n gesoute wêreldreisiger, se Na verre hawens is een van daardie boeke wat jy lees as jy noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie moet ry," meen Louise Viljoen.

Lees die resensie

20 April

Porseleinskerwe deur Marié Blomerus

"Die vliet van die lewe en veral die oproep daarvan en die nadink daaroor gee die pas aan in Blomerus se vertellings – van die (voorouerlike) plaas in Afrika tot die woonstelbalkon (vermoedelik in Swakopmund waar die skrywer woon)", skryf Johan Myburg.

Lees die resensie

21 April

Dink nuut leef nuut deur Arnold Mol

"Dr Arnold Mol verduidelik ingewikkelde menslike gedrag op maklik-verstaanbare maniere en bied ook praktiese oplossings aan," sê Louise Viljoen.

Lees die resensie

30 April

Ontdek-reeks

"Die titels is ideaal vir skooltake en om tuis meer oor die onderwerpe te leer. Leernotas motiveer die kind om onafhanklik te lees, brei hulle woordeskat uit en prikkel hulle om nuuskierig te wees oor die wêreld waarin hulle leef," skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

 Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 April

Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor die werk van Jeanne Goosen. Petrovna het onlangs 'n biografie van Jeanne saamgestel, asook 'n digbundel van Goosen se voorheen ongepubliseerde gedigte en 'n bundel getiteld Los gedagtes, met filosofiese aanhalings uit die gevierde skrywer, dramaturg en rubriekskrywer se pen. Johan Myburg gesels in sy rubriek onder andere oor 'n nuwe roman oor die lewe van Shakespeare se seun Hamnet, wat aan builepes dood is. Vind ook meer uit oor Leo Tolstoy se roman Anna Karenina waaroor verskeie rolprente gemaak is.

Woensdag 8 April

Luister na sketse uit die pen van Annemarie van der Walt, Pieter Pieterse en Johann C. Bakkes en nuus uit die internasionale boekewêreld, wat onder andere die voorlesing van 'n Pablo Neruda-gedig insluit.

Woensdag 15 April

In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons Die woordketting uit wat tydens die 2014 RSG Kunstefees uitgesaai is. Ilse Salzwedel doen die woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 April

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.

Vrydag 10 April

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesers van gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en NP van Wyk Louw.

Dinsdag 14 April

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met 'n diep menslikheid hanteer.

Dinsdag 21 April

Bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Frieda van den Heever in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."

Dinsdag 28 April

Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van dié op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is 'n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 April

Amanda Lourens resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyat

8 April

Marni Bonthuys resenseer Tuin van digters deur Daniel Hugo

22 April

Ihette Senekal resenseer Parlement van uile deur Johann van der Walt

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

4 April

Kies 'n boek: Die belydenis en Kinders wat moor

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2020 appeared first on LitNet.

Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020

$
0
0

Die algehele wenners van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se gewilde Poort-skryfkompetisie vir senior hoërskoolleerders is bekend gemaak. Die doel van hierdie kompetisie, reeds sedert 1970 deur die SA Akademie, is om hoërskoolleerders aan te moedig om skeppende werk (veral poësie en prosa) in Afrikaans te skryf. Die kompetisie trek tans inskrywings van skole oor die hele Suid-Afrika, asook Namibië, en toenemend ook van leerders wat nie Afrikaans as huistaal het nie.

Lees hier meer oor vanjaar se wenners.

Vanjaar se wenners is (van links na regs) Suné Mostert, Chrizelle Strydom en Rachelle du Preez (foto's: verskaf)

The post Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans spreek kommer uit oor skorsing van eNCA-nuusaanbieders

$
0
0

Foto: verskaf

PEN Afrikaans neem met kommer kennis dat twee eNCA-nuusaanbieders, Xoli Mngambi en Jane Dutton, na bewering geskors is. Dit kom nadat hulle tydens ’n nuusprogram hul menings gelug het oor dr Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se ommekeer van president Cyril Ramaphosa se vroeëre aankondiging dat tabakverkope onder vlak 4-regulasies toegelaat sou word. Die nuusaanbieders het in gesprek hierdie ommekeer as ’n spierbultery beskryf wat die president se gesag ondermyn het.

Die joernaliste het intussen verskoning vir hul aanvanklike stellings gevra, wat op sigself kommerwekkend is, maar het nog nie weer op die lug verskyn nie.

Dit sal uiters problematies wees as joernaliste wat ’n nuusprogram aanbied waartydens kritiese vrae oor aktuele kwessies gevra word, geskors kan word omdat hulle politici kritiseer.

As die eNCA gestand wil doen aan sy slagspreuk, naamlik “No fear, no favour”, sal die kanaal onmiddellik enige sprake van skorsing of dissiplinêre aksie terugtrek, verskoning daarvoor vra, en die beginsels van vryheid van uitdrukking, kritiese denke en onafhanlike verslaggewing bevorder deur sy werknemers te ondersteun, nie te straf nie.

PEN Afrikaans doen ’n beroep op eNCA om die nuusaanbieders onmiddellik in hul posisies te herstel.

Pers- en uitdrukkingsvryheid is noodsaaklik om te verseker dat die media kan aanhou om ’n waardevolle rol in ons demokratiese samelewing te speel.

The post PEN Afrikaans spreek kommer uit oor skorsing van eNCA-nuusaanbieders appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans expresses concern over suspension of eNCA news anchors

$
0
0

Photo: provided

PEN Afrikaans notes with concern that two eNCA news anchors, Xoli Mngambi and Jane Dutton, have reportedly been suspended for voicing their opinions after Dr Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs, reversed President Cyril Ramaphosa's earlier announcement that tobacco sales would be allowed under Level 4 regulations. The anchors described this about-turn as a show of strength that undermined the president’s authority.

While they have since apologised for their initial statements, which is already a worrying sign, they have not yet been back on air.

It would be extremely problematic if news anchors, who present a programme with the very goal of raising critical questions about current affairs, could be suspended for criticising politicians.  

If eNCA wants to live up to its slogan (“No fear. No favour”), the channel should immediately withdraw any threats of suspension or disciplinary action, apologise unreservedly, and promote the principles of freedom of expression, critical thinking and independent reporting by supporting its employees, not punishing them.

PEN Afrikaans urges eNCA to reinstate the anchors in their positions with immediate effect. 

Press freedom and freedom of expression is essential to ensure that the media can continue to play its valuable role in our democratic society.  

The post PEN Afrikaans expresses concern over suspension of eNCA news anchors appeared first on LitNet.

Moenie Afrikaans inperk nie

$
0
0

Fotobron: Canva

Afrikaans vier vanjaar tydens die inperking 95 jaar as ’n amptelike taal. Daar kan tereg gevra word wat die rol van taal tydens die inperking is.

Volgens Karien Brits, bestuurder: taal van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), speel taal ’n kardinale rol: “Taal gee vir ons toegang tot inligting en in die geval van ’n pandemie gee dit vir ons toegang tot lewensbelangrike inligting. Dit wat op 8 Mei 1925 met Afrikaans gebeur het, was dus nie maar net ’n simboliese gebaar nie. Dit het deure vir die sprekers van Afrikaans begin oopmaak en dit het ook tot die stigting van ’n Afrikaanse organisasie soos die ATKV vyf jaar later in 1930 gelei.”

Die tema vir Internasionale Moedertaaldag wat in Februarie gevier is, word elke jaar deur UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) vasgestel. Vanjaar se tema klink ietwat ironies tydens die inperking: Tale sonder grense. Ons kan egter steeds ons taal gebruik om grense oor te steek, al moet ons nou tuisbly.

In onseker tye met baie maatskaplike uitdagings moet ons nie die positiewe rol wat taal kan speel onderskat nie. Ons het as Afrikaanssprekendes die verantwoordelikheid om ons taal op te pas en te gebruik. Dit hoef nie reuseprojekte te wees nie. Dit is dalk juis die klein dingetjies wees wat ons elkeen taalgewys doen wat hierdie grense kan oopbreek.

Enkele praktiese voorstelle:

  • Koop jou Afrikaanse boeke en tydskrifte, moenie e-publikasies op WhatsApp-groepe rondstuur nie. Dit is gewoon diefstal en dit kan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers groot skade berokken.
  • Ondersteun die Afrikaanse kunstenaars wat aanlyn konserte hou.
  • Laat jou kind steeds in Afrikaans skoolgaan.
  • Gebruik óók Afrikaans in sosiale media. Jou vriende het nie oornag almal Engels geword nie.

Ons beweging is ingeperk, maar die beteken nie al ons regte is van ons af weggeneem nie. Dit sluit ons taalregte in. Eis jou taalregte vriendelik, dog ferm op. Kom ons breek die grense af en moedig ander Suid-Afrikaners aan om hulle taalregte uit te oefen. Dit kan lewens red as ons al die amptelike Suid-Afrikaanse tale gebruik om inligting oor COVID-19 oor te dra.

The post Moenie Afrikaans inperk nie appeared first on LitNet.

Trienke Laurie (1946–)

$
0
0

Gebore en getoë

Catherine Elizabeth (Trienke) Laurie is op 10 Mei 1946 gebore – die oudste van drie dogters (Diederi en Heila is die jonger twee) van die bekende digter en letterkundige DJ Opperman en Marié Opperman, ook ’n skrywer en vertaler van kinderverhale. Trienke vertel dat haar naam Catherine vir haar ma te Engels was en dat sy haar toe Trienke genoem het.

Kort voor Trienke se geboorte het haar pa in die gedig "Negester en stedelig" verwys na sy ongebore kind as "’n see-anemoon" en "’n otter (wat) in nat holtes" skuil. Die baba moes ’n seun wees, want die familienaam "Diederik" word geslagte lank al oorgedra, maar toe kom Trienke, vertel Trienke aan Elise Tempelhoff.

Trienke bring haar kinderjare in Kaapstad en op Stellenbosch deur. Haar skooljare begin sy by Jan van Riebeeck in Kaapstad. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bloemhof op Stellenbosch.

Sy skryf haar eerste gedigte as vyfjarige dogtertjie. Haar eerste gedig waaroor haar pa opgewonde geraak het, was "Wurm, wurm, spin vir my", wat sy geskryf het toe sy ongeveer sewe jaar oud was.

Trienke vertel aan Elise Tempelhoff (Beeld, 2 Augustus 1997) dat haar pa nooit eintlik vir haar en Heila aangemoedig het om te dig nie, "maar met een keer, onthou ek baie goed, toe hy aan Kleuterverseboek gewerk het, het hy ons gevra om rympies uit te dink en ons het, sommer ’n hele klomp. Tien van my gedigte is in dié bundel opgeneem."                                                           

Op hoërskool en tydens haar universiteitsjare het sy meer liries geraak en haar pa het haar aangeraai om haar skryfsels te bêre totdat sy in haar derde jaar is.

Tye uit haar kinderjare wat vir haar baie kosbaar is, is die vakansies by die gesin se strandhuis op Franskraal en die skrywers soos Karel Schoeman en Etienne Leroux wat gereeld daar kom kuier het en by haar pa kom kers opsteek het.

Trienke vertel in Leefstyl (Desember 1997-Januarie 1998) as volg oor van haar herinneringe uit haar grootwordjare: "Waar die kind van ’n motortegnikus van kleins af lees van vergassers, so het ons besef die alledaagse lewe is vol poësie. My pa het byvoorbeeld aan tafel gesê: 'Jou otter, gee my die botter.' Later sou hy bloot ’n reeks name ondermekaar plaas as optelgedig, naamlik die 'Visvangplekke op die plaat' soos Maerbankies, Hemelhoog en Die Hel, om hierdie stelling te bewys.

Verdere studie en werk

Trienke is na matriek na die Universiteit van Stellenbosch, waar sy kwalifiseer as hoërskoolonderwyseres in Afrikaans, geskiedenis en kuns. Sy is lid van haar pa se bekende Letterkundige Laboratorium, ’n kursus in kreatiewe skryfwerk en letterkundige kritiek vir ’n klein groepie voorgraadse studente.

Nadat sy haar studies voltooi het, gee sy vir ’n jaar lank onderwys op Vredendal naby die Kaapse Weskus. In 1968 tree sy in die huwelik met Dirk Laurie, ’n bekende in die vasvraprogram Flinkdink en professor in wiskunde. Hulle het vyf seuns (Henri, Diederik, Dirk-Pieter en die tweeling, Reenen en Kestell) wat ook dig, maar in Engels.

Na haar huwelik met Dirk verlaat sy die onderwys om haar kinders groot te maak en vestig hulle in Pretoria. Ná 15 jaar verhuis hulle na Vanderbijlpark, en na 17 jaar daar verhuis hulle na Somerset-Wes. Terwyl sy die kinders grootgemaak het, skilder sy, gee kunsklasse en skryf kinderverse. "Ek is ’n outydse soort ma wat nie buite die huis gewerk het nie." (Rooi Rose, 24 November 1999)

Ná haar man se aftrede trek hulle na Gansbaai waar Dirk op 10 Augustus 2019 in die Mediclinic op Hermanus oorlede is nadat hy as gevolg van listeriose breinskade opgedoen het.

In 1990 skryf Trienke haar in as deeltydse student aan die Universiteit van Noord-Wes (destyds die Potchefstroomse Universiteit) en in 1992 behaal sy haar honneursgraad in Afrikaans cum laude. Sy is ook ’n skilder met etlike uitstallings agter haar naam en sy gebruik van haar skilderye vir die buiteblaaie van haar digbundels.

Trienke vertel aan Elise Tempelhoff dat haar pa hulle nooit werklik aangemoedig het om te dig nie, maar met die samestelling van Nuwe Kleuterverseboek het hy hulle gevra om rympies uit te dink, en tien van haar gediggies is opgeneem. Later, veral as student, skryf sy gedigte. "Ek het dit een keer gewaag om ’n gedig aan my pa voor te lê." Sy antwoord was dat Trienke die volgende jaar sy eksperimentele klas moet bywoon.

Dit is egter eers in die 1990's dat sy ernstige poësie begin skep. Haar eerste digbundel, Skietspoel, word in 1997 gepubliseer deur Tafelberg Uitgewers en word in 1999 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Die beoordelaars van die prys meen dat dit ’n "ongewoon stewige debuut is met ’n breë register van temas en versvorme al sou dit ook sterk Eurosentriese trekke vertoon in die intertekstuele relasies met Westerse kunstenaars en kulture. Dié aspek word aangevul deur ’n aardse ingesteldheid en ’n affiniteit vir die natuur wat neerslag vind in talle verse oor die kenmerkende verskynsels van Afrika en kulture op die vasteland. Die bundel is ook bewys van ’n emosionele betrokkenheid en ’n religieuse bewussyn wat in afgewerkte versvorme beïndruk." (Beeld, 22 Maart 1999)
 
In ’n onderhoud met Marí le Roux in Die Burger (11 Junie 1997) vertel Trienke dat hierdie eerste digbundel nooit sou verskyn het sonder die aanmoediging en belangstelling van haar ma nie. "My ma het ’n baie kritiese oor. Sy het van die begin af baie in my werk belanggestel. Sy het my amper meer aangemoedig om te skryf as my pa. Daarom dra ek Skietspoel aan haar op," vertel Trienke.

Haar ma het haar ook geleer dat sekere woordvolgordes lomp is: "[Ook dat] ’n mens dikwels gewone woorde met interessanter woorde kan vervang. Sy het my ook aangeraai om eers in prosa te skryf voordat jy jou werk in digvorm omsit. Anders raak jy so bekoor deur ’n versreël dat jy ander dinge wat daar moet wees, miskyk."

Dit sou egter vir haar baie lekker gewees het om haar pa se reaksie op haar werk te gehoor het. "Maar hy was nooit baie demonstratief nie. [...] Maar hy was eerlik, soms só eerlik dat dit eintlik ongemaklik was. Oor Skietspoel sou hy ’n eerlike mening gegee het," sê sy aan Roux.

Trienke erken dat sy nie graag in die skadu van ’n groot digter soos haar pa wil staan nie; dus weier sy om toe te gee dat haar eie digkuns ’n sterk invloed van haar pa openbaar. Al meen sommige kritici dat ’n mens van haar pa se woordskeppings, klanknabootsings en konkrete beelde in haar gedigte kan inlees, meen Trienke dat dit bloot toevallig is: "Ek skep my eie woorde, beelde en klanke. Dis soms moeilik om beroemde ouers te hê. Ek en my suster is altyd as aanhangseltjies van my pa beskou." (Beeld, 2 Augustus 1997)

Skietspoel het ook met die hulp van haar man, Dirk, ’n werklikheid geword. Sy vertel: "Ek weet nie veel van ’n rekenaar nie. Dit was Dirk se werk om die gedigte uit te druk. Hy moes luister en wéér luister. En sê as my ritme uit is." (Die Burger, 11 Junie 1997)

"In Skietspoel hou Trienke op haar manier koers en dig sy oor dié dinge wat vir haar belangrik is", skryf Marí le Roux: "soos haar verhouding met God en haar verhouding met haar medemens."

Skietspoel het ’n sterk godsdienstige inslag en ’n aantal van die gedigte handel ook oor Namibië en die grootsheid van die woestyn, skryf Stephanie Nieuwoudt (Die Burger, 10 Junie 1999). "Godsdiens en natuurbeelde word hier onlosmaaklik saamgesnoer. Dis visuele gedigte wat jou deelmaak van die landskap. Daarom is dit amper ’n skok wanneer Laurie vertel dat sy eers in 1999 vir die eerste maal Namibië besoek het."

Sy verduidelik aan Nieuwoudt: "My pa het gesê ’n mens moet uit jou eie ervaringswêreld skryf. Maar Namibië was nog altyd vir my ’n geesteswêreld. ’n Streek waaroor ek gelees het en waarvan ek beelde gevorm het uit gesprekke met mense wat dit besoek het."

AP Grové (Insig, Mei 1997) meen in sy resensie dat die digteres rekening hou met die werklikheid. "Sy verken, luister, neem waar en slaag daarin om met beeld, verwysing en klankspel ’n dieper sin en waarheid aan die ervaarde werklikheid te ontlok. Hierin lê die groot verdienste van die bundel én die moontlikhede vir voortgesette groei."

In Beeld (14 Julie 1997) skryf TT Cloete dat wat ’n mens nie kan mislees nie, is die fyn en skilderkunstige visuele sintuig, die raak beskrywings. "Die gedigte is tegelyk toweragtig en realisties. Skietspoel is ’n ryk bundel, dit bevat gedigte van ’n volwasse digterskap, volgroeid en met vele vertakkings soos Trienke Laurie se boomgedigte."

In Volksblad van 6 Oktober 1997 beskryf Bernard Odendaal Skietspoel as volg: "’n Debuut wat teenstrydige oordele by ’n mens ontlok; ’n digbundel wat nie deurgaans oortuig nie; ’n digterskap wat egter van talentvolheid getuig."

In 1999 word Trienke se tweede bundel, Ek sien ’n rooi bul storm: 'Die storie van ons sterfte' en van ons opstaan: visioene van Siener van Rensburg gepubliseer. Die rooi bul in die titel verwys na die Engelse troepe wat in die Anglo-Boereoorlog uit die Vrystaat na die Transvaal opgeruk het. Talle van Siener van Rensburg se voorspellings oor die oorlog word in die bundel ingewerk.

Bernard Odendaal skryf in Volksblad (15 November 1999): "Die 36 gedigte verwoord nie net Siener se profetiese gesigte nie, maar ook iets van sy eie lewe en ervaringe, sowel as van sy Christelik-gelowige insigte en vermaninge betreffende volk-, mens- en medemens-wees." En, skryf Odendaal, dat ten spyte van die vrae oor party van die letterkundige kenmerke van die bundel, is Ek sien ’n rooi bul storm heel leesbaar en is dit ’n werk wat aktuele sake aanspreek.

 AP Grové (Beeld, 27 September 1999) skryf dat daar wat inhoud betref, heelwat is wat lesers boeiend sal vind. Ook is daar verhale wat in die siniese tye waarin ons leef, vreemd klink, maar dit sal tog lesers laat dink. "Maar die uiteindelike vraag wat gestel moet word, gaan oor die kwaliteit van die vers. En hier, meen ek, het die aard van die stof ’n beslissende rol gespeel. Dit het noodwendig meegebring dat ’n groot deel van die gedigte mededelend, soms betogend, verklarend en uitgesponne geraak het, terwyl meer as een versreël ’n gebrek aan spanning vertoon."

"Daarby moet dit gestel word dat die digteres ’n moeilike taak op haar geneem het. Die visioene van Siener van Rensburg was meermale simbolies van aard, vol 'raaisel en spreuk' wat om ’n uitleg vra. By die hervertelling en hergebruik moes noodwendig iets van die geheimsinnigheid verlore gaan."

"Tog het Laurie in hoë mate sinvol met die stof gewerk. Soms is dit monologies aangebied met die Siener vertellend aan die woord. Elders het sy weer die gespreksvorm gebruik om so ’n dramatiese element in te voer."

"Deur die organisasie van haar materiaal het sy verder, meen ek, daarin geslaag om aansluitend by bestaande getuienisse ’n eie sinvolle lyn deur ons geskiedenis, veral dan van hierdie (20ste) eeu, te trek..."

In Die Burger van 27 Oktober 1999 is Joan Hambidge van mening dat ’n tweede bundel ’n baie moeilike hekkie vir ’n digter is om oor te kom. Sy het van Trienke Laurie se eerste bundel gehou, maar beskou Ek sien ’n rooi bul storm wat meer "historiografies in aanbod" is as ’n opdrag wat dalk té ambisieus is vir ’n jong digter.

Hambidge gaan voort: "Die voor die hand liggende rymdwang wat in vele verse aan die bod kom, raak op die duur moeisaam. Ook is die gedigte metries nie afgewerk nie. Die sillabiese patrone is eweneens uit pas, en veral wanneer ’n mens die gedigte hardop lees, kom die ondeugde duideliker na vore.

’n Vers hoef nie streng patrone na te volg nie, maar wanneer dit oortree, moet die digter kompenseer." [...] "Die probleem is dat Laurie soms rympatrone navolg en soms nie. Die gedigte maak dus ’n onbeholpe indruk." [...]

"Die oorwegende indruk wat hierdie bundel laat, is werk-in-wording. Ons sien dus eerder die kladboek van ’n bundel met moontlikhede. Enkele gedigte is af, maar die geheel laat die indruk van haas. [...] Dit is jammer, want die enkele mooi gedigte word versmoor deur die oorwegend swakker meerderheid."

Trienke se derde digbundel, Uitroep, verskyn in 2001, ook by Tafelberg Uitgewers. Sy vertel aan Elize Parker (Sarie, 17 Oktober 2001) dat sy in hierdie bundel haar pa se digterlike skeppingsproses verken. Daar is ook onder meer gedigte oor Namibië en oor die bekende kunstenaar, Helen Martins, van die Uilhuis op Nieu-Bethesda. Helen se lewensverhaal het nog altyd vir Trienke geïnteresseer omdat sy as outsider-kunstenaar haar eie wêreld wou skep. "Hierdie amperse besetenheid van sulke mense het vir my vele raakpunte met digters se skeppings." Daar is ook gedigte oor haar ma se dood wat meer direk is met minder beeldspraak. In hierdie bundel is daar ook ’n afdeling met guitige en ligte, speelse kinderverse.

Bernard Odendaal (Volksblad, 19 November 2001) meen dat Uitroep in sy geheel gesien ’n verdienstelike bundel is, maar nie ’n vernuwende of verdiepende bydrae tot die digter se oeuvre is nie. Met haar religieuse en natuurpoësie het sy klaas vir haar ’n waardige plek in die hedendaagse Afrikaanse verskuns oopgeskryf.

Lucas Malan (Rapport, 28 Oktober 2001) skryf dat hierdie ’n bundel is wat duidelik van ’n digtalent spreek. "Veral in die gedig 'Kruik van ivoor' onderneem sy iets besonders deur die vae spore van haar pa se onvoltooide, nagelate manuskrip van Sonklong oor Afrika te volg en in ’n 'verbeeldingspel' iets daarvan te probeer herwin. Dit val op dat sy hier nader aan die gedronge taal en funksionele woordgebruik van die Opperman-idioom beweeg en só besondere effekte bereik."

Malan het egter sekere voorbehoude gehad en het gevoel dat die outeur en die uitgewer die snoeiskêr "dieper moes ingelê het om sterker groei te bevorder".

TT Cloete skryf in Beeld (2 Februarie 2002) oor hoe Trienke, op ’n betowerende manier, terugwerkend op haar pa se gedigte inwerk. Stilisties is Uitroep ’n werk wat heeltemal op eie bene staan, maar dit gaan om iets veel anders en diepers. "’n Oorkoepelende motief in die bundel is die ontbinding van die bestaande en die weeropstanding daarvan, ’n stuwende siklus, ’n sirkel van lewe en doodgaan en weer begin. Deel van hierdie sirkel is Laurie se gedigte wat ’n soort 'voltooiing' is van Opperman se werk wat hy ongepubliseerd gelaat het, maar ook van gedigte wat hy gepubliseer het. [...] So is Laurie ’n oor vir gedigte wat Opperman ongehoord gedink het, sy is die oë (daar is baie oog in die gedigte) waarmee die digter-kind en die digter-pa saam kyk, en Laurie is vir Opperman ’n voltooiende hand in wat hy onvoltooid geskryf het of wou skryf, maar sy is dit in haar eie ryk idioom wat ’n uitroep verdien." Hy sluit sy stuk af deur te sê dat Laurie se bundeltitel reg is: dis uitroeppoësie, ook in die gedigte wat nie met haar pa te maak het nie."

Vir Louis Esterhuizen (Die Burger, 9 Oktober 2001) is Uitroep  nie net ’n bevestiging van Laurie se plek as digter in Afrikaans nie, maar lewer sy ook met ’n hele paar skitterverse ’n beduidende bydrae tot die uitbouing van die Afrikaanse poësie.

Ses jaar later, in 2007, word Trienke se volgende digbundel, Sonskyf, by Protea Boekhuis gepubliseer. Die bundel is opgedeel in ses afdelings en die deurlopende tema, soos afgelei kan word uit die titel, is die son.

"In die eerste afdeling kom die Suid-Afrikaanse see-, plante-, voël- en dierelewe aan die bod," volgens die inligtingstuk van die uitgewers. "Die digter tref dikwels amusante vergelykings tussen natuur- en sosiale verskynsels, soos die vergelyking van ’n jellievis met ’n straatvrou in die reeks 'Kwal'. In die derde, omvangryke afdeling 'Songod', word die aanbidding van die son in antieke Egipte en argeologiese opgrawings tematies ontgin. ’n Boeiende tema in die vierde afdeling, 'Soveel onder die son', is die herdigting van verhale en legendes uit die noordweste van Suid-Afrika. Die digter se belangstelling in die skepping van kunswerke lei tot boeiende gedigte oor kunstenaars soos Leonardo da Vinci, Albrecht Dürer en Suid-Afrikaanse skilders soos Cecily Sash. Dit is egter bowenal die groter skepping wat herhaaldelik deur die digter ondersoek word, van die nietigste plantjie tot die grootse hemelruim. Die bundel begin nie verniet met die afdeling 'Sonbesie' en eindig met die gedig 'Liewenheersbesie' nie – tussenin word die lewe op aarde in sy wye verskeidenheid ter sprake gebring."

Joan Hambidge (Volksblad, 15 Oktober 2007) beskou dit nie as een van Trienke se beste bundels nie, terwyl Hein Viljoen (Beeld, 15 Desember 2008) skryf dat hoewel die bundel inderdaad "oordadig vol son is, dit die stiller gedigte is, dié met fyner lyne en nuanses, wat op die ou end harder praat as die groot gil".

Nie net Trienke se digkuns nie, maar ook haar eie kunswerke wat teen haar mure in haar huis hang, is deurspek met die natuur. Die Bosveld en die see – twee uiteenlopende plekke – is haar geliefkoosde plekke, vertel sy aan Elise Tempelhoff. Ook reis is een van haar tydverdrywe en as sy nie kan reis nie, lees sy alles wat sy in die hande kan kry: "Ek neem nie boeke by die biblioteek uit nie, omdat ek te stadig lees en voordat ek weet, is die twee weke om. Ek koop liewer die boeke, want dan kan ek hulle bekrap."

Ná die publikasie van Sonskyf is Trienke se pen vir ’n hele paar jaar stil, veral wat haar digwerk betref. In 2011 verskyn daar by Corals Uitgewers ’n "briefboek" wat sy aan haar kleinseun, Chris, wat in die Vaaldriehoek woon, skryf. Sy noem dit Van my ouma, ’n groet: briewe, verse en prente oor die die klein vyf en ander klein dingetjies.

Hierdie boek het ontstaan as gevolg van Ouma se groot verlange na haar kleinseun; so ver van haar af en dit het gegroei uit ’n gereelde uitruil van ervarings in briefies, verse en prente, skryf Jacqueline Leeuvenink in Kerkbode (3 Junie 2011)

"En wat ’n affêre is dit nie vir die lesers, oud en jonk, om saam met Chris in sy ouma se onnutsige, slimme kop met al haar kleurvolle kinkels en kabels te klim nie! Want Trienke kan teken, dig én skryf. En sy weet hoe om vuur te bly stook vir die behoud van ’n band met ’n kleinkind wat ver is." [...]

"Dit is ’n ouma vol lag. En wat ook haar kleinseun aanraai om gereeld ’n diep hô-hô-lag te gee. Die Afrikaanse kinderboekskat is hiermee beslis ’n juweel ryker. Een waarvoor enige kind sy bekkie soos ’n kuikentjie wawydoop sal hou om nóg meer van hierdie stories en versies gevoer te word."

In 2017, tien jaar ná die publikasie van haar vorige bundel, word Trienke se volgende bundel Koebesie ook by Corals Uitgewers uitgegee.

Op LitNet is Dewald Koen die resensent van Koebesie. Hy begin sy resensie deur te noem dat die resensent in sy bespreking van ’n boek moet probeer om op objektief en verantwoordelik te wees in die bestudering van die boek en dit dan aan die hand van literêre standaarde te beoordeel. Maar as die teks gebreke toon, maak dit die resensent se taak nie so aangenaam nie.

Die titel van die bundel, Koebesie, is die onderwerp van die buiteblad wat deur Laurie self geskilder is. Dit beeld die koebesie ook wat eintlik beter bekend is as die hommelby wat die manlik weergawe van die heuningby is: "Interessant is die feit dat dié diklywige en digbehaarde bysoorte veral in die Noordelike Halfrond voorkom. Laurie betrek hoofsaaklik ruimtes in die noordelike halfrond in haar gedigte en fokus veral op België en Griekeland. In die bundel as geheel poog die digter om die werkerby as metafoor vir die digter in te span wat ervarings versamel om terug na die byekorf te neem en sodoende met die ander 'bye' te deel. Laasgenoemde sluit aan by die reismotief wat naas die natuur- en religieuse temas sterk in die bundel figureer. In die slotvers skryf Laurie soos volg:

Terug na die korf

Die werkerby keer terug
met nektar van die ver blom
en voor die reisiger op die skerm
volvoer sy haar dans van die son.

"Die meerderheid gedigte in die eerste kwart van die bundel handel oor die spreker se ervarings as reisende digter in België. Later kom die kultuurgeskiedkundige aspekte van die antieke Griekse beskawing aan bod en bied aan die leser ’n blik op plekke en gebeure wat tematies interessant is en die leser se verbeelding kan stimuleer."  

"Helaas is die oorgrote meerderheid van die gedigte in die bundel ongeslaagd. Laurie se voorliefde vir anekdotismes en die 'vertelagtige' skryfstyl dra by tot die gedigte se ondergang. Die digter maak haarself skuldig aan woordoordaad sowel as die oormatige gebruik van uitroeptekens." [...]

"Met die publikasie van Sonskryf in 2007 het verskeie kritici op gebreke in Laurie se digstyl gewys. Dit wil voorkom asof die digter nie daarin kon slaag om laasgenoemde kritiek ter harte te neem en die digkuns op ’n meer beheersde wyse te beoefen deur krities te herlees en te herskryf nie. Om spaarsamig met woorde en beelde om te gaan, is ’n fyn kuns waarin slegs gesoute digters slaag. Alhoewel die bundel esteties mooi daarna uitsien, is dit die poësie wat die finale oordeel fel. Helaas is die kool in Koebesie se geval nie die sous werd nie."  

Baie van haar gedigte is outobiografies, en in die gedig "Afvlerk" skryf sy vir haar pa. Die gedig handel oor die tyd aan die begin van die 1980's toe hy beroerte gehad het.

Trienke se man, Dirk, beskryf haar as iemand wat verskriklik stadig en deeglik is. "Ek nie. Sy vra raad, maar doen dan tog presies wat sy wil. Sy het ’n sagte geaardheid, maar laat haar nooit van koers druk nie." (Die Burger, 11 Junie 1997)

Oor ’n boek wat haar lewe verander het, vertel Trienke aan Beeld (24 September 2001) dat sy soms ’n boek kies om te lees as gevolg van die inhoud, maar dat die storielyn haar dan meesleur – "soos River god van Wilbur Smith met sy Egiptiese agtergrond wat my boei, of Die groot verlange van Leon Rousseau oor die lewe van Eugène Marais."

"Ek lees graag ons veldgidse oor klippe, blomme, motte en reptiele en dies meer, want die verskeidenheid van voorkoms en aard van die skepping en die Skepper gaan letterlik my verstand te bowe. (Die sterre is te ingewikkeld vir my.) Daarom het ek die gedragsbeskrywings in Groot vyf van Johann Botha so geniet."

"My belangstelling in kuns het my Guy Butler se The prophetic nun laat lees en ek ontdek toe onder andere suster Margaret, wat modelle vir haar tonele gekies het en nie sommer figure nageteken het nie. Suster Pauline het heelwat swart beeldhouers opgelei, en was dit nie vir Butler nie, sou dié selflose werk vir ons verhul gebly het."

"Soms verstom die samevat van al die drade my soos in Vuur op die horison, Engela van Rooyen se roman oor die Anglo-Boereoorlog."

’n Kinderboek wat baie plesier aan Trienke verskaf het, is Die rooi prinses van Paul Biegel waar die prinses van haar troontjie moes afklim om die lewe beter te leer ken.

"Die Bybel dink ’n mens jy ken, maar neem nou skielik ’n Engelse Bybel of die Bybellennium ter hand, dan word nuwe waarhede vir jou geopenbaar. Net so kan ek die eerste maal ’n bundel lees en dink dis nie waffers nie, maar lees ek dit ’n ander maal, en miskien hardop, dan is ek weer verstom en beïndruk."

Publikasies:

 

 

 

 

Publikasie

Van my ouma, ’n groet: briewe, verse en prente oor die klein vyf en ander klein dingetjies

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780620482554 (sb)

Uitgewer

Vanderbijlpark: Corals Uitgewers

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Koebesie

Publikasiedatum

2017

ISBN

978992211271 (sb)

Uitgewer

Vanderbijlpark: Corals Uitgewers

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Gedigte deur Trienke Laurie beskikbaar op die internet

Artikels oor Trienke Laurie beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Trienke Laurie (1946–) appeared first on LitNet.

Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie

$
0
0

Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is “Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit”, wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).

ICOM beskryf ’n museum “as ’n nie-winsgewende, permanente openbare instelling, in diens van die samelewing en sy ontwikkeling, wat die tasbare en nie-tasbare erfenis van die mensdom en sy omgewing versamel, bewaar, navors, kommunikeer en uitstal ten bate van opvoeding, studie en plesier”.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks en realiteite word die rol en funksies soos vervat in die definisie, sowel as die kernpligte van wat ’n museum veronderstel is om te wees en doen, helaas verwaarloos. ’n Tekort aan genoegsame befondsing en opgeleide personeel help ook nie juis die nakoming van die rol of funksies nie. Die situasie word vererger deur ’n gebrek aan politieke wil en begrip vir die belangrike rol wat hierdie tipe kulturele instellings as versoeners en brugbouers kan speel.

Ver verwyder van sy tradisionele rol gaan al hoe meer stemme op dat museums die aspekte bekend as “nuwe museologie” en “volhoubare ontwikkeling” moet insluit in hul werksaamhede. In ooreenstemming met hierdie nuwe denkrigting sien ek die grootste uitdagings vir die Taalmuseum (in die Paarl se middedorp) om sy oorwegend Eurosentriese benadering te hersien en aan te pas by behoeftes van die tyd om sodoende relevant te bly. In ’n tyd van voortdurende veranderings, te same met die diverse aard van die Afrikaanse taalgemeenskap, word die Taalmuseum genoop om skeppende en vindingryke maniere te vind om die uitdagings die hoof te bied. Deur die verskaffing van universele toegang ten opsigte taal, toegang, gestremdhede en intellektuele vermoëns word mediums en ruimtes geskep wat die lewensgehalte van mense verhoog, ’n opvoedkundige rol vervul en gemeenskaplike kwessies aanspreek.

Met behulp van ’n uitgebreide kommunikasiestrategie, wat grotendeels fokus op die gedeelde oorspronggeskiedenis van hierdie jong Afrikataal, poog die Taalmuseum om ’n inklusiewe ruimte te skep waar die narratief erkenning gee aan bydraes tot die ontwikkeling van die taal uit al die groeperings – Europa, Suidoos-Asië en Afrika. Voorts poog die ATM (wat vanjaar 45 jaar vier) om deur ons wye spektrum van aktiwiteite die bou van menslike kapitaal, maatskaplike samehorigheid, taaltrots asook inklusiwiteit bevorder en ontwikkel as deel van ’n taak wat ons oor die volgende 45 jaar volhoubaar sal uitvoer.

Die doel van Internasionale Museumdag is voorts om museums die geleentheid te bied om hul te posisioneer as openbare mediums en ruimtes vir die uitruil en verryking van kulture, die ontwikkeling van gemeenskaplike begrip, maatskaplike samehorigheid en samewerking tussen gemeenskappe. In hierdie verband is die vraag seer sekerlik hoe museums die heersende ongelykhede en verdeeldheid binne die Suid-Afrikaanse samelewing kan oorbrug. Hoewel integrasie plaasvind, is Suid-Afrika is grotendeels nog ’n geskeide samelewing weerskante van kulturele, ekonomiese en politieke grense.

Museums kan as die ideale mediums gesien word om menslike kapitaal te bou deur middel van sy openbare programme waarmee idees van goeie maatskaplike waardes, menseverhoudings, kollektiewe identiteit, nie-rassisme en goeie burgerskap bevorder kan word. Openbare programme moet gestruktureer word om gemeenskaplike waardes oor linguistiese, kulturele, religieuse, ras-, klas- en ander grense te bevorder. Voort moet museums aan die spits wees van die skep van ’n omgewing waar diversiteit omarm word terwyl verdraagsaamheid asook verantwoordbare burgerskap gekweek word. Museumuitstallings in hul verskeie gedaantes is kragtige, invloedryke kommunikasiemediums. Die inhoud kan beide ’n opbouende en nadelige impak op die verspreiding van waardes en idees rakende identiteit hê asook hoe mense en kwessies visueel geprojekteer word; uitstallings onderskryf egter dikwels steeds sekere stereotipes, persepsies en konnotasies.

Dit bring my by die waarde van taal, nie net as medium van kommunikasie nie, maar as draer van kultuur en identiteit. Die Grondwet van die Republiek gee erkenning aan elf amptelike tale, daarom is dit van kardinale belang dat alle inheemse tale bevorder moet word en gelyke status geniet. Die aanbieding van museumaktiwiteite en openbare programme moet, waar finansieel haalbaar, voorsiening maak vir veeltaligheid. Die bevordering en viering van veeltaligheid moet ook ’n prioriteit vir museums wees, want dit dien telkens as van die eerste stappe waar uiteenlopende gehore kan leer van ander tale en kulture asook verdraagsaamheid ten opsigte van diversit eit om sodoende begrip vir die ander te ontwikkel.

Laat ons dus, ter viering van Internasionale Museumdag 2020, almal herbesin oor die rol en funksies van museums wêreldwyd en watter waardevolle rol museums kan vertolk as platforms vir dialoog, mediums vir versoening en inklusiewe ruimtes waar diversiteit gevier word.

The post Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2020

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans
 
Skrywers se pleidooi op Wêreldboeke- en kopieregdag
 
Wêreldboeke- en kopieregdag word jaarliks op 23 April gevier. Vanjaar het dit saamgeval met ’n inperking waartydens menige lesers opnuut die waarde van boeke ontdek, maar ongelukkig ook met ’n groot toename in die onwettige verspreiding van e-boeke via WhatsApp-groepe en ander platforms.
 
As deel van ’n veldtog wat PEN Afrikaans gedryf het, het skrywers vanjaar die leserspubliek gevra om nie net hul boeke nie, maar ook hul kopiereg te respekteer.
 
Omdat e-boeke so vinnig en maklik versprei kan word, in onbeperkte hoeveelhede, is die potensiële impak op die boekbedryf verwoestend.
 
Die video wat ons versprei het, is hier beskikbaar. Sien en deel gerus ook die skrywers se aanhalings wat die veldtog vergesel het. Baie dankie vir almal se deelname.

Die skaal van die probleem rondom die onregmatige verspreiding van e-boeke blyk duidelik uit die wye beriggewing wat die onderwerp sedertdien belig. Lees die volgende bydraes vir meer inligting oor die onwettige bedrywighede en beoogde stappe daarteen:

PEN Afrikaans Vertaalfonds wag aansoeke in

nternasionale reis is tans tot ’n groot mate opgeskort of beperk, maar gelukkig kan literatuur steeds deur vertaling grense oorsteek.
 
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wag aansoeke van buitelandse uitgewers in. Die Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak. Die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys maak dit moontlik.
 
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Mei en die volledige reglement met aansoekvorm is hier beskikbaar. 

Boekhandel op vlak 4 van die inperking
 
Die regulasies vir vlak 4 van die inperking laat die verkope van skryfbehoeftes en opvoedkundige publikasies toe.
 
’n Petisie wat deur bekroonde skrywer Mark Gevisser opgestel is, deur skrywers versprei is en sedertdien op PEN South Africa se webblad gehuisves word, het wyd steun ontvang, onder andere ook van PEN Afrikaans. Die petisie was ten gunste van ’n wyer benadering tot boekverkope tydens vlak 4 van die inperking – ter wille van skrywers, lesers en die voortbestaan van die boekbedryf.
 
Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika het ook ’n beroep op die regering gedoen dat alle boekverkope op vlak 4 toegelaat word.
 
Ongelukkig het die beroep en die petisie nie tot ’n amptelike wending gelei wat boekverkope betref nie. Die regulasies vir vlak 4 beperk steeds boekverkope tot slegs opvoedkundige boeke.
 
Intussen het sommige boekwinkels, insluitend Exclusive Books, egter die standpunt ingeneem dat die meeste boeke tot ’n mate opvoedkundig van aard is, en dat hulle winkels dus nie ’n streng onderskeid tref tussen watter boeke verkoop mag word en watter nie. Sien gerus hierdie artikel vir meer inligting.

Ons sien uit daarna dat die regulasies vir boekverkope amptelik wyer omskryf word en doen 'n beroep op lesers om intussen boekhandelaars so ver as moontlik te ondersteun.
 
Twee mediagroepe kondig sluiting van tydskrifte aan

Die mediagroep Caxton het op 5 Mei aangekondig dat hulle die publikasie en verspreiding van die tydskrifte in hul groep gaan staak. Die Junie-uitgawes sal die laaste uitgawes van die tydskrifte wees wat deur Caxton uitgegee word. Van die mediagroep se tydskrifte het ’n lang geskiedenis in die Afrikaanse medialandskap. Rooi Rose en Vrouekeur is byvoorbeeld gevestigde publikasies wat nie net geliefd is by lesers nie, maar ook verskeie skrywers se loopbane al bevorder het.
 
Hierdie nuus volg kort nadat Associated Media Publishing aangekondig het dat dié maatskappy, wat in 1982 deur baanbreker Jane Raphaely gestig is en verskeie bekende tydskrifte gehuisves het, met ingang Mei permanent van die mark onttrek het.
 
Die Covid-19-pandemie en die beperkings wat daarmee saamgaan, het klaarblyklik ’n reeds sukkelende mediabedryf ’n erge knou toegedien. Ons meegevoel aan die joernaliste, fotograwe, skrywers, teksversorgers, ontwerpers en die res van die spanne wat hierdeur geraak word.
 
Dit is ook ’n groot verlies vir die tydskrifte se lojale lesers, en in die algemeen ook ’n betreurenswaardige verlies aan verskeidenheid op die winkelrakke.

Rapport berig dat Caxton intussen oorval word met aanbiedings vir Rooi Rose en vertroue het dat beide Rooi Rose en Vrouekeur 'n nuwe tuiste sal vind en nie sluit nie.

PEN Afrikaans spreek kommer uit oor skorsing van eNCA-nuusaanbieders

PEN Afrikaans neem met kommer kennis dat twee eNCA-nuusaanbieders, Xoli Mngambi en Jane Dutton, na bewering geskors is. Dit kom nadat hulle tydens ’n nuusprogram hul menings gelug het oor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se ommekeer van president Cyril Ramaphosa se vroeëre aankondiging dat tabakverkope onder vlak 4-regulasies toegelaat sou word. Die nuusaanbieders het in gesprek hierdie ommekeer as ’n spierbultery beskryf wat die president se gesag ondermyn het.

Die joernaliste het intussen verskoning vir hul aanvanklike stellings gevra, wat op sigself kommerwekkend is, maar het nog nie weer op die lug verskyn nie.

Dit sal uiters problematies wees as joernaliste wat ’n nuusprogram aanbied waartydens kritiese vrae oor aktuele kwessies gevra word, geskors kan word omdat hulle politici kritiseer.

As die eNCA gestand wil doen aan sy slagspreuk, naamlik “No fear, no favour”, sal die kanaal onmiddellik enige sprake van skorsing of dissiplinêre aksie terugtrek, verskoning daarvoor vra, en die beginsels van vryheid van uitdrukking, kritiese denke en onafhanlike verslaggewing bevorder deur sy werknemers te ondersteun, nie te straf nie.

PEN Afrikaans doen ’n beroep op eNCA om die nuusaanbieders onmiddellik in hul posisies te herstel.

Pers- en uitdrukkingsvryheid is noodsaaklik om te verseker dat die media kan aanhou om ’n waardevolle rol in ons demokratiese samelewing te speel.

Klik hier om die verklaring verder te kan deel.

Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2020
 
Laastens deel ons oudergewoonte die gekombineerde lys van nuwe Afrikaanse boeke wat hierdie maand verskyn.
 
Die publikasielys, wat om voor die hand liggende redes minder uitgebreid as gewoonlik is, kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke die lig laat sien.

Dit is duidelik dat boeke veral in hierdie beproewende tye baie vir lesers beteken.

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2020 appeared first on LitNet.

Viewing all 1429 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>