...
PEN Afrikaans wil dit baie graag op almal se harte druk dat ’n PDF van ’n boek onder geen omstandighede aan iemand anders gestuur mag word nie. Deur dit te doen, stel die deler haarself/homself bloot aan vervolging. Die deler is in hierdie geval ewe verkeerd as die steler.
...
PEN Afrikaans verneem met leedwese dat die PDF-weergawe van Truth to power deur André de Ruyter skynbaar geredelik op die sosiale media gedeel word.
Om ’n onwettige kopie van ’n boek aan te stuur, is diefstal.
Die verspreiding van roofkopieë neem kos uit die monde van skrywers en werkers in die uitgewersbedryf. Dit is baie ironies dat ’n boek wat handel oor korrupsie en diefstal nou na bewering op groot skaal gesteel word.
PEN Afrikaans wil dit baie graag op almal se harte druk dat ’n PDF van ’n boek onder geen omstandighede aan iemand anders gestuur mag word nie. Deur dit te doen, stel die deler haarself/homself bloot aan vervolging. Die deler is in hierdie geval ewe verkeerd as die steler.
Dit is ook ironies dat PEN Afrikaans tans veg teen die staat se nuwe wetgewing wat tot ernstige misbruik van ’n skrywer se regte kan lei.
Eskom kan totaal in duie stort, so word soms beweer. Ditto met die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Druk van die staat en grootskaalse boewery deur gewone mense op straat, mag lei tot ’n totale uitwissing van ons land se boekebedryf.
Moet asseblief onder geen omstandighede ’n PDF van ’n boek op jou selfoon hou, of aanstuur nie.
Diefstal en korrupsie is nie ’n grap nie.
Lees ook:
Elders gesien: Steel hulle wat kla oor diefstal lekker saam?
Press Release: Truth to power; PRH will take legal action against illegal distribution
The post Persverklaring: PEN Afrikaans oor die onregmatige verspreiding van <i>Truth to power</i> appeared first on LitNet.