15-16 Februarie 2024
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bied op 15 en 16 Februarie 2024 die vierde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe aan.
Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing oor enige onderwerp in Afrikaans aanbied in die vorm van ’n referaat of plakkaat. Die simposium sal ’n hibriede formaat aanneem om soveel moontlik aanbieders en bywoners te akkommodeer. Daar word weer ’n nuutskeppingskompetisie gehou vir nuwe Afrikaanse vakkundige terme wat geskep is vir konsepte wat nog nie in Afrikaans benoem is nie – met ander woorde vir konsepte waarvoor daar nog nie 'n gestandaardiseerde Afrikaanse term bestaan wat in vakwoordelyste en vakwoordeboeke opgeneem is nie.
Die simposium onderskraag die oogmerke van die SAAWK deur akademiese denkleiers aan te moedig om hul bevindinge in die sosiale en geesteswetenskappe in Afrikaans met ’n breër gehoor te deel.
Program en RSVP:
Dag 1 - Donderdag 15 Februarie:
- Aanbieders sal hul referate/plakkate in persoon lewer by die SA Akademiekantoor te Pretoria.
- Adres: Ziervogelstraat 574, Arcadia.
- Bywoning in persoon óf aanlyn.
Dag 2 – Vrydag 16 Februarie:
- Aanbiedings en bywoning slegs aanlyn.
Indien u die eerste dag in persoon bywoon beloop die koste R150 per persoon, wat verversings en 'n middagete insluit.
RSVP asseblief teen Vrydag, 9 Februarie by sanita@akademie.co.za om die program en betaalbesonderhede te ontvang.
The post Persverklaring: ’n Uitnodiging na die studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: ’n Uitnodiging na die studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe appeared first on LitNet.