Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Persverklaring: Sterrekykpiekniek by die Taalmonument op 21 Desember 2024 – alle oë op goddelike Jupiter

$
0
0

Alle oë op goddelike Jupiter: Taalmonument gasheer vir Sterrekykpiekniek gewy aan gasreus

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Jupiter – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Gaste sal die heelal verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op Jupiter, die grootste planeet in die sonnestelsel en bekend as die gasreus met mooi sigbare mane. Jupiter was in die Romeinse mitologie die god van die lug en donderweer, asook die koning van die gode.

Die pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Besoekers is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf ’n piekniekmandjie by die Suikerkan via 082 216 2510/082 856 1871 of info@diesuikerkan.co.za te bestel – hierdie bistro sal ook verversings tydens die geleentheid verkoop.

Hekke open om 18:00 waarna besoekers van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur. Gaste word aangemoedig om die omgewing en uitstallings te verken en die monument - ’n simboliekbelaaide beeldhouwerk sonder weerga - te besigtig. ’n Gratis begeleide toer om dit alles te verduidelik, vind om 18:30 plaas. Daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.

Onthou asseblief verkykers en warm kleding; genoeg parkering is beskikbaar. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die ATM se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers gevra om nuwe of tweedehandse kinderboeke te skenk.

Die toegangsprys is slegs R55 per volwassene en R15 vir onder-18’s/pensioenarisse – koop so gou moontlik op quicket.co.za. Kaartjies sal ook by die hek verkoop word, maar dan is voorafbespreking (021 863 0543/4809 of kommunikasie@taalmuseum.co.za) noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae op die dag self. Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word. Die volgende sterrekykpieknieks is op 24 Januarie, 22 Februarie en 29 Maart in 2025. Meer oor OOG by facebook.com/OrionObservasieGroep

  • Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die koffiewinkel bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte, kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 216 2510.

The post Persverklaring: Sterrekykpiekniek by die Taalmonument op 21 Desember 2024 – alle oë op goddelike Jupiter first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Sterrekykpiekniek by die Taalmonument op 21 Desember 2024 – alle oë op goddelike Jupiter appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>