Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Persverklaring: Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe vier ’n eeufees én ’n redaksionele oorgang

$
0
0

Ina Wolfaardt-Gräbe en Annelise de Vries (foto: verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (Akademie) bring op 3 April 2025 hulde aan Ina Wolfaardt-Gräbe, wat ná meer as 24 jaar as hoofredakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) die leisels oorgee. Hierdie spesiale geleentheid erken haar uitsonderlike bydrae tot die akademiese landskap en die TGW se status as ’n gerekende nasionaal geakkrediteerde en ook internasionaal geïndekseerde vakwetenskaplike tydskrif.

Sedert haar aanstelling in 2001 het Ina Wolfaardt-Gräbe met onwrikbare dissipline, hoë akademiese standaarde en ’n fyn aanvoeling vir redaksionele balans gesorg dat die TGW ’n vlagskip-produk van die Akademie word. Onder haar leiding het dié tydskrif verskeie temanommers aangebied oor aktuele en betekenisvolle onderwerpe, dikwels saamgestel deur gesaghebbende gasredakteurs. Sy het ’n unieke vermoë getoon om akademiese akkuraatheid te balanseer met toeganklikheid en sodoende die TGW gevestig as ’n onontbeerlike platform vir uitnemende navorsing in Afrikaans.

Die Akademie bedank haar ook vir haar rol in die oorgangsproses en die begeleiding van haar opvolger, Nerina Bosman, wat formeel op 1 April 2025 die leisels oorgeneem het.

Annelise de Vries en Nerina Bosman (foto: verskaf)

Nerina Bosman bring jare se ervaring in die hantering van akademiese vaktydskrifte na die TGW. As gevestigde akademikus in die veld van taalkunde en toegepaste taalstudies, het sy reeds uitgebreide bydraes gelewer in navorsing en publikasiepraktyk. Haar aanstelling is ’n bevestiging van die Akademie se strewe na kontinuïteit en akademiese uitnemendheid.

Tydens die geleentheid op 3 April het die Akademie ook die TGW se nuwe temanommer, jaargang 65, nommer 1, bekendgestel. Dié spesiale uitgawe is gewy aan die viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal (1925–2025).

Hierdie uitgawe, onder leiding van gasredakteurs Nerina Bosman en Wannie Carstens, bevat 23 navorsing- en toeligtingsartikels deur gerekende navorsers wat ’n ryk en diverse blik bied van Afrikaans se ontwikkeling en rol in die samelewing oor die afgelope eeu. Temas sluit onder meer in:

  • Afrikaanse vaktaal en akademiese diskoers
  • Die eerste eeu van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
  • Afrikaans as wetenskapstaal en onderrigtaal
  • Taalbeplanning en grondwetlike taalregte
  • Die Afrikaanse digkuns, drama en Bybelvertaling
  • Afrikaans se teenwoordigheid in die VSA
  • Die rol van tydskrifte soos die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT)
  • Orania se jaarlikse openbare vakansiedag en fees ter viering van Afrikaans
  • ’n Terugblik op die hoogtepunte van die Akademie tussen 2009 en 2025

Hierdie temanommer lewer ’n belangrike bydrae tot die historiografie van Afrikaans en dien as ’n bewys van die TGW se voortgesette relevansie en akademiese impak.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bedank Ina Wolfaardt-Gräbe vir haar merkwaardige nalatenskap, en sien uit na die toekoms onder leiding van Nerina Bosman.

The post Persverklaring: Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe vier ’n eeufees én ’n redaksionele oorgang first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Die <em>Tydskrif vir Geesteswetenskappe</em> vier ’n eeufees én ’n redaksionele oorgang appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>