Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Maart
Boeke: Brave like me! ’n verhaal van moed en verandering
3 Maart
Resensie: Dooies se lesse vir lewendes
Stefaans Coetzee resenseer Outopsietafel deur Ryan Blumenthal
Resensie: Elizabeth gaan jou bybly
Ilza Roggeband resenseer Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer
Resensie: Leeumens bevestig opnuut bedrewenheid
Francois Bekker resenseer Leeumens deur Rudie van Rensburg
4 Maart
Boeke: Striped pyjamas se John Boyne neem deel aan Franschhoek-fees
Boeke: Karolina Ferreira praat eersdaags Bulgaars
Oor suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds
8 Maart
By my lees | Lodewyk G du Plessis
10 Maart
Boekevat: Skermgrepe het ons behoorlik lui gemaak
’n Rubriek deur Willemien Aukema
Resensie: ’n Verhaal wat wil-wil werk
Anschen Conradie resenseer Joey Superster deur Margaret Gardiner
Resensie: Hell Run heerlike avontuur
Jonathan Amid resenseer Hell Run Tobruk deur Justin Fox
Resensie: Intermezzo ’n fyn uitgewerkte skaakspel
Martin Laubscher resenseer Intermezzo deur Sally Rooney
Uittreksel: ‘Verlore kinders vol heroïen in die voorstede’
Uittreksel uit Addict deur Milton Schorr
13 Maart
Boeke: Margaret Gardiner se debuutroman: ’n Legkaart, nie oor haar nie, maar oor wat sy ken
15 Maart
16 Maart
Boeke: As kultuurmens aard die digter Carina van der Walt in Nederland
17 Maart
Resensie: Mevrou heerlike knuskrimi
Sonja van der Westhuizen resenseer Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag deur Elizabeth Wasserman
Boekevat: Daar’s ’n Nuwe Afrikaanse Boek op die rak!
’n Rubriek deur Jeanette Serdyn
Resensie: Baker-biografie dalk meer vir ingewydes
Johann Kriegler resenseer Sir Herbert Baker deur John Stewart
Resensie: ’n Besonderse blik op Shaka
Joan Hambidge resenseer King Shaka deur Johann Lodewyk Marais
Uittreksel: Veroudering is ’n tyd van minder maak en afstand doen
18 Maart
Boeke: Te-mid-de van die hartseer: Illustrasies in Japanse ink maak dié bundel die wag werd
19 Maart
Boeke: Mag van woorde opnuut gevier op die 28ste Time of the Writer-fees
21 Maart
Profielonderhoud: ‘Die jong wit mans met slegte idees pleeg die rasmoorde’
Murray La Vita praat met Gavin Evans oor sy nuwe boek.
22 Maart
By my lees | Stevlyn Vermeulen
24 Maart
Resensie: Boeiend, met voorbehoud
Jonathan Amid resenseer Klein wonderwerk deur Hans du Plessis
Boekevat: Om te ‘smaakmaker’ of ‘toep’, dít is die vraag
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: Fleming, Ian Fleming, met liefde aan die leser
Dee Krüger resenseer Ian Fleming – The complete man deur Nicholas Shakespeare
Resensie: Onopgesmuk en toeganklik
Anschen Conradie resenseer Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler
28 Maart
Franschhoekse Letterkundefees: Leer by skrywers oor KI, misdaad en meer
Lees weer | Johann de Lange en ‘die algebra van nood’
’n Profielonderhoud deur Murray La Vita
Boeke: Kortlyste van Akademie se letterkundepryse bekend
29 Maart
In memoriam: Digter Johann de Lange sterf: ’n Kolos in sy eensaamheid
31 Maart
Resensie: Groot oomblik vir die Afrikaanse vertaalkuns
Charl-Pierre Naudé resenseer Max Havelaar deur Multatuli – uit Nederlands vertaal deur Ena Jansen
Boekevat: Selfs groot digters kan goed kleinserig wees
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Uittreksel: ‘Uiteindelik is ek vry van vrees en angs’
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:
Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie
Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
Waarom Donkerster goeie leesstof vir die skoleherfsvakansie is: ’n onderhoud met Annerle Barnard
Apartheidshuwelik blom nóg na 33 jaar, ’n onderhoud met skrywer Carla van der Spuy
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Maart in Rapport verskyn:
2 Maart
Resensie: Só praat Trevor Noah se kinderboek moet ons
Magdel Vorster resenseer Into the uncut grass deur Trevor Noah
Resensie: Hans du Plessis se laaste roman belig stryd teen ouderdom
Mercia Coetzee resenseer Klein wonderwerk deur Hans du Plessis
9 Maart
Resensie: Blik op boosheid kon helfte korter en meer broeiend wees
Jonathan Amid resenseer Ontvoer deur Constant van der Merwe
Resensie: Knap-vertelde Herbert Baker-biografie boei
Jan-Jan Joubert resenseer Sir Herbert Baker: A biography deur John Stewart
16 Maart
Resensie: Lekkerlees-verhaal oor ’n misterieuse meisie met cool sokkies en ’n gevaarlike geheim
Magdel Vorster resenseer Die fantastiese verdwying van Charlie Prins deur Jaco Jacobs
23 Maart
Uittreksel: ‘Kyk na haar hare, sy gaan skei’: die leidrade wat dooies – én lewendes – ons gee
Uit Outopsie deur Ryan Blumenthal
Resensie: Die tantes wat dink aan moord
Joan Hambidge resenseer Die vyf susters deur Eleanor Baker – as Alex Muller
Resensie: Boek nommer drie is Mevrou Smit se beste storie nog
Jonathan Amid resenseer Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag deur Elizabeth Wasserman
30 Maart
Resensie: Bookerprys-wenner belig ons aardse broosheid
Carien Smith resenseer Orbital deur Samantha Harvey
Resensie: Annelise Erasmus resenseer Margaret Gardiner se eerste roman
Die volgende resensies en onderhoude het in Maart onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
2 Maart
Orania as antwoord op Afrikanervervreemding
“Die sosialisties-kommunistiese kant wat ons tans beleef, druk op my ʼn groepsidentiteit af wat nie my taal toelaat nie, wat nie vir my leefruimte gee nie, wat my inperk en wat ek striemend beleef het.”
5 Maart
Boekoorsig: Bybelblokraaie 2
Hierdie boek is ideaal vir individue, gesinne of Bybelstudiegroepe wat hul kennis wil uitbrei en terselfdertyd lekker wil ontspan.
15 Maart
Oud-onnie skryf vir kinders oor Fênsie Muis
“Onderwys gaan vir my nie daaroor om kinders net inhoud te leer nie. Ek wou hulle ook inspireer en motiveer om selfstandig te dink en hul eie kreatiwiteit te benut en te geniet.”
16 Maart
Video | Margaret Gardiner vier vroulike veerkragtigheid met debuutroman
“Die karakter is dalk ʼn supermodel, maar die manier waarop sy haarself dra en die uitdagings wat sy moet trotseer, is van so ʼn aard dat selfs dié van ons wat nie só in die kollig leef nie, steeds met haar sal kan vereenselwig.”
Kyk hier na die volledige onderhoud.
17 Maart
Grenslyn en die pad na selfinsig
“My doel met die boek was om vir lesers ʼn idee te gee van hoe die binnewêreld werk van iemand wat grenstipe-persoonlikheidsteuring het.”
23 Maart
Van veearts tot digter: Ma se slaaptydstories omskep in ʼn boek
“Ons kan beslis by diere iets leer oor opregtheid en hoe om onsself fisies en geestelik op te pas.”
Boekresensie | Van trekboer tot aanhouer, maar was dit die regte ding?
“Landuit, want jy wil mos is ’n moet-lees. Of jy nou emigrasie oorweeg en of jy familie het wat oorsee woon. Daar is genoeg ligter en mooi oomblikke vir balans.”
30 Maart
“Klein wonderwerk presies soos Hans dit wou hê”
“Ek was gerus dat hy alles gesien het, dat hy sou voel die boek is afgerond en hy het gedoen wat hy kon.”
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
16 Maart
Olivia M Coetzee se debut noir novel, Innie shadows, onnerie spotlight by Cape Flats Book Festival
Deur Keith Oliver Lewis
’n Onderhoud met Louise Viljoen oor Antjie Krog
Deur Natasha Harmse
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 5 Maart
Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, Is jy orraait, Elizabeth? wat handel oor die ma van ’n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, Magdel Vorster. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor The Twelve Caesars, ’n boek uit die tweede eeu wat handel oor Romeinse keisers en wat tans op Brittanje se topverkoperlys is. Johan kyk ook na die uitgewers wie se boeke die International Bookerprys se langlys domineer, en verduidelik die nuwe titel waaronder die Nederlandse poet laureate – voorheen bekend as die Dichter des Vaderlands – deesdae bekend staan.
Woensdag 12 Maart
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Berg oor sy baie openhartige outobiografiese boek, Landuit. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het. In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook meer uitvind oor Careless People, ’n boek waarin ‘n voormalige Facebook-hoëkop vertel presies hoe dinge agter die skerms werk by hierdie sosiale media reus.
Bonuspotgooi: Crystal-Donna Roberts
Suzette Myburg het in 2022 met Crystal-Donna Roberts gesels oor haar debuutjeugroman, SPEURDER SAMMI: DIE BLOU STEEN.
Woensdag 19 Maart
Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans. Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ’n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie. Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg, Athol Fugard, en jy kan ook luister na ’n kort argiefonderhoud van ‘n dekade gelede waarin Fugard vir Anita Visser vertel hoe dit voel om op 83 weer in een van sy eie toneelstukke op te tree. Johan vertel ook meer oor die kortlyste vir die 2025 British Book Awards, of Nibbies, soos die pryse ook bekend staan.
Woensdag 26 Maart
Rudie van Rensburg gesels oor die navorsing vir sy jongste roman, Leeumens. Sally Andrew praat oor die sukses van haar baie gewilde Tannie Maria-reeks. In Johan Myburg se internasionale bydraes bring hy hulde aan die Noorweegse skrywer, Dag Solstad. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die Nero-pryse, die kortlyste vir die eerste klimaatfiksie-prys, en die Dylan Thomas-letterkundeprys.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 4 Maart
Ronél Geldenhuys lees gedigte voor oor kinders, spesifiek oor hoe hulle onblusbare energie en bandelose menswees ons inspireer om die wêreld ook weer ’n slag soos húlle te sien: as ’n wonderlike plek, vol moontlikhede en magic.
Dinsdag 11 Maart
As ’n mens deesdae na Johannesburg kyk, is dit moeilik om te glo dat dié wêreldstad in die laaste sowat 140 jaar van ’n enkele delwerskamp gegroei het tot wat dit vandag is. Sophia van Taak en voorlesers Jana Kruger en Anrich Herbst delf diep in Jozi se verlede en karakter. Daar’s gedigte oor die goudkoors en die ou dae se lewe aan die Witwatersrand om na uit te sien.
Dinsdag 18 Maart
In die vorige aflewering het Jana Kruger en Anrich Herbst gedigte oor Johannesburg se verlede voorgelees – verse wat verduidelik hoe die goudstormloop tot die ontstaan van ’n wêreldstad gelei het. Hierdie keer vertel die gedigte wat ná die goudkoors verby was, van Johannesburg oorgebly het.
Dinsdag 25 Maart
Ronèl Geldenhuys lees gedigte voor oor geure, klanke, reuke, smake… alles wat jy met jou sintuie ervaar. Veral Sheila Cussons het baie oor haar sensoriese waarnemings gedig. Daar is ook gedigte deur TT Cloete, Meyer van Rensburg, Ingrid Jonker en George Weideman.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
10 Maart
Resensie: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop (Ronel Foster, red)
Resensent: Marlies Taljard
13 Maart
Onderhoud: Johann Lodewyk Marais in gesprek met Karel Prinsloo oor sy digbundel, Dalk vandag
17 Maart
Resensie: Dawerende stiltes (Caren Kearley)
Resensent: Nini Bennett-Moll
Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Maart verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elizabeth Wasserman oor Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Asia Mackay oor A serial killer’s guide to marriage
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Obie Oberholzer oor Going Dutch
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Karen Vermeulen oor Good luck to us all
Resensies: 5 Boeke belig geskiedkundige gebeure deur fassinerende karakters
- Olga Krügel resenseer Rooisand deur Jeremy Vearey
- Sonja van der Westhuizen resenseer Costanza deur Rachel Blackmore en The figurine deur Victoria Hislop
- Tina Swiegers resenseer The plant hunter deur TL Mogford
- Nadia de Jongh resenseer The divorcées deur Rowan Beaird
Boeke: Phyllis Green skryf oor die musiekblyspel, Diary of a Wimpy Kid, gegrond op die gewilde boeke
Boeke: Bekende Britse akteur en plaaslike veekundige se boeke sien die lig
- Alida Vos resenseer Deadly Game deur Michael Caine
- Irma Steffens resenseer Mamba deur Pieter Henning
Resensie: Alida Vos resenseer Die laaste dae deur Marie Heese
Resensies: 4 Boeke verleen perspektief aan gebeure wat deur die nuus gedek word
- Susan Puren resenseer Hunting with the Hawks deur Graham Coetzer en Endgame deur Omid Scobie
- Linda Volschenk resenseer 21 Voices from Israel and South Africa: Why the Palestinian struggle matters deur Marthie Momberg
- Gert Venter resenseer The longest march deur Fred Khumalo
Resensie: Antonio Cantoni resenseer Sarah J Maas se Crescent City-reeks
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025 first appeared on LitNet.
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025 appeared first on LitNet.