Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Desember
Boeke/Nuus: Eybers: Die grande dame van digkuns
4 Desember
Boeke: Schoeman laat verlede vir leser lewe
Willie Burger resenseer Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman
Boeke: Venter klim weer in leser se psige
Riaan Grobler resenseer Brand deur Peet Venter
Boeke: Aksieriller beslis nie net vir jonges nie
J.B. Roux resenseer Soen deur Jan Vermeulen
Boeke: Oorlog is nie helde wat op perde jaag en in slote lê nie
Trisa Hugo resenseer Mentje Kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert
7 Desember
Kuns/Boeke/Nuus: Van Heerden se ‘Charlie’ verbluffend én heerlik
8 Desember
Kuns/Boeke: Leesstof vir die vakansie
11 Desember
Boeke: Met dié boek vang jy boekwurms vroeg-vroeg
Riëtte Grobler resenseer Rympies vir kleintjies en kleuters saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette KotzéMyburgh en Gertie Smit
Boeke: ‘Dieretuin’ begogel behoorlik
Riette Rust resenseer Dieretuin deur Francois Bloemhof
Boeke: Smith hier dalk te Afrikaans
Marius Visser resenseer Goudmyn deur Wilbur Smith (vertaal deur Zirk van den Berg)
Boeke/Nuus: Pragboek van Kimberley vir Kersfees
12 Desember
Boeke/Nuus: Koos Kombuis se ‘aftreebundel’
14 Desember
Kuns: ‘Skryf is soos om my vel uit te trek’
’n Onderhoud met Roela Hattingh
17 Desember
Kuns/Nuus: Tekeninge uit Anglo-Boereoorlog in boek vervat
Boeke/Nuus: Nuwe wêrelde vir kinders in dié boeke
18 Desember
Boeke: Boeke vir Desember se leesfees
Boeke24 hoor met watter lekker boeke bekendes en skrywers die vakansietyd deurbring.
Boeke: Boeke24 beveel aan
Vyf boeke vir die Kerskous
Boeke/Nuus: Makrogids binnekort as eboek beskikbaar
22 Desember
Kuns/Nuus: ‘Klein prinsie’ praat Afrikaans in Rosendal
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in Desember die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
5 Desember
- Soen deur Jan Vermeulen
- 3-in-1 Saartjie Omnibus deur Bettie Naudé
- 3-in-1 Trompie Omnibus deur Topsy Smith
- Die sin van die hut deur Gilbert Gibson
- Liefdesverhale Omnibus 2
11 Desember
Dia van Staden kies haar gunstelingboeke van 2017:
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
![]() |
Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie Chris van der Merwe "Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry." |
![]() |
Liewer deur Tertius Kapp: ’n boekresensie Dewald Koen "Met Liewer bewys Kapp weer eens waarom hy die Hertzogprys waardig is." |
![]() |
Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n lesersindruk Barend van der Merwe "Dit vertel nie net die storie van die Brynard-familie nie, maar dien ook as platform vir bewusmaking van mense met Downsindroom en hulle uitdagings, is ’n godsdienstige getuienis, en dien ook as ’n verdere platform vir Brynard se werk as motiveringspreker." |
![]() |
Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n resensie Dawid de Wet "Hierdie boek hoort in die voertuig wanneer die gesin dié Kersfees die lang pad vat Stilbaai toe. Stop gerus by een van ons land se geskiedkundige plekke en waardeer die lang reis wat ons saam afgelê het." |
![]() |
Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff: ’n boekresensie Anke Theron "Hierdie teks is besonders en is ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse kinderliteratuurkorps." |
![]() |
Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy Heilna du Plooy "Vir my ontwikkel hierdie eenvoudige vloeiende verse met goeie ritmiese gang, ’n merkwaardige diepgang op verskillende maniere." |
![]() |
1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk Monica Hammes "Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek." |
![]() |
Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk Barend van der Merwe "Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het." |
![]() |
Krap uit die see deur Fourie Botha: ’n resensie Ronel Foster "Hy oorspeel nie sy hand met die simbole en intertekste nie en laat genoeg aan die verbeelding van die leser oor. Ten slotte is dit ’n bundel met die harde karapaks van ’n krap wat die intieme binneste beskerm en telkens weer hernuwe kan word." |
![]() |
Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk Barend van der Merwe "Hofmeyr is ’n baie begaafde woordkunstenaar, soos ons reeds weet uit sy musiek. Sy taalgebruik is keurig. Dis gelaai met Bybelse metafore. Die verhaal vloei vinnig." |
![]() |
Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n lesersindruk Barend van der Merwe "’n Klein 'meesterstuk'? Ek gaan 100% akkoord daarmee! Die korter formaat gaan ook moontlik die boek toeganklik maak vir potensiële 'nuwe' lesers van Meyer se werke." |
![]() |
Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie André Wessels "Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het." |
![]() |
Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n FMR-resensie Danie Botha "Dis asof ’n ingeligte verteller ons opwindend voorstel aan die karakters en gebeurtenisse dramaties beskryf. Schoombie is ’n ervare en bekroonde dramaturg, akteur en joernalis. Dit blyk uit die uitstekende dialoog, hoogs geslaagde beeldspraak, toeganklike paragraafbou en ritmiese sinne waarin sommige woorde rym of allitereer." |
![]() |
’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt: ’n resensie Nanette van Rooyen "’n Leeftyd later is die memoires van ’n besondere sterk vrou wat haar nooit laat onderkry het deur ontbering, geweld en verlies nie." |
![]() |
Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n resensie AJ Opperman "Hy het ’n lekker familiêre trant. Val met die deur in die huis in ’n storie oor die en daai of so en so, asof jy ook die karakter jou lewe lank ken." |
![]() |
Koms van die motman deur Chris Karsten: ’n lesersindruk Barend van der Merwe "Koms van die motman is goeie misdaadfiksie, en bied prikkelende vermaak en ontspanning. Dis niks meer nie, maar beslis ook niks minder nie." |
![]() |
Brand: ’n onderhoud met Peet Venter Peet Venter, Naomi Meyer "Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou." |
![]() |
My Portuguese feast: an interview with Mimi Jardim Mimi Jardim, Naomi Meyer "This book is about a celebration of moods, travels, family, classes – therefore, a feast." |
![]() |
Spieëlbeeld: ’n onderhoud met Franz Marx Amanda Botha, Franz Marx Franz Marx: "Om te skryf en te verwoord, dis eintlik die kern van my loopbaan en uiteindelik het ek nou my eerste boek in die hand." |
![]() |
Shisanyama: ’n onderhoud met Jan Braai Jan Braai, Naomi Meyer "Braai is die woord wat hierdie aksie van saamkom rondom ’n vuur en kos maak op die vuur en sy kole in al 11 tale in die land beskryf. Dis iets wat elke liewe Suid-Afrikaner al gedoen het, ongeag taal, kultuur of geloof." |
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
6 Desember
33 palet-items vir die selfdoen-entoesias
Louise Viljoen sê dié stap-vir-stap-instruksies en pragtige kleurfoto’s laat jou hande jeuk om iets moois uit ’n rou palet te maak.
19 Desember 2017
Die De Zalze-moorde
“Die skrywer, Julian Jansen, ’n bekroonde ondersoekende joernalis, skryf in ’n gemaklike verteltrant waarmee baie lesers sal identifiseer. Ek het nie die idee gekry dat hy die gru onderwerp ligtelik hanteer het of tot goedkoop sensasie wou aanblaas nie,” skryf Louise Viljoen.
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 Desember 2017
Heindrich Wyngaard resenseer Ware mense deur Bart de Graaff
Marian van Wyk resenseer Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer
Jean Oosthuizen resenseer Geloof Alleen deur André Pretorius
Nuut op die rak: Soek jou wortels op die web
10 Desember 2017
Oorsigresensie: Joan Hambidge oorweeg vier Naledi-digbundels
Christi van der Westhuizen resenseer Woman in the wings deur Carien du Plessis
Chris Burgess resenseer Churchill & Smuts: Die vriendskap deur Richard Steyn
Nuut op die rak: Woeker met jou werkers
17 Desember 2017
Jean Meiring resenseer Die Onaantasbares deur Steve Hofmeyr
Theunis Engelbrecht resenseer 65 Years of Friendship deur George Bizos
Rachele Greeff resenseer Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede deur Hannes Haasbroek
24 Desember 2017
Kortverhaal: ’n Trui vir Cian deur S.J. Naudé
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 6 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Heilna du Plooy oor die brieweboek Gespreksgenoot. Dit bevat die briefwisseling tussen prof. Elize Botha en verskeie Afrikanse skrywers. Hans du Plessis gesels oor sy nuwe boek Drie vroue en ’n meisie. Vind meer uit oor Rudie van Rensburg se skreeusnaakse komedie oor bejaardes, Hans steek die Rubicon oor. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
Woensdag 13 Desember
Die skrywer Elsa Joubert het onlangs haar 95ste verjaarsdag gevier met die publikasie van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.
Woensdag 20 Desember
Ilse Salzwedel gesels met James Styan oor Hartebreker, sy biografie oor die hartchirurg Chris Barnard. Nelia Engelbrecht gesels oor haar Poort-reeks vir tieners, en Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
Woensdag 27 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunstelingboeke van 2017.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 5 Desember
Bernard Odendaal lees verse uit Johan Myburg se bundel Uittogboek.
Dinsdag 12 Desember
Amor Tredoux lees minder bekende verse van Marlene van Niekerk, Johann Lodewyk Marais, Shawn Minnies, Clinton du Plessis, Daniel Hugo, Etienne van Heerden en Theunis Engelbrecht.
Dinsdag 19 Desember
Daniel Hugo lees verse uit Clinton V. du Plessis se bundel Aantekeninge teen die skemeruur.
Maandag 25 Desember
Bernard Odendaal, Joanie Combrinck, Dean Balie, Kim Cloete, Marcel van Heerden en Zenobia Kloppers lees verse oor die Kersgebeure.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Op 12 Desember het Louise Viljoen se resensie van Die sin van die hut deur Gilbert Gibson verskyn
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Desember die volgende resensies en rubrieke gelewer:
8 Desember
’n Bespreking van Boereverneukers deur Izak du Plessis en Die Onaantasbares deur Steve Hofmeyr
22 Desember
’n Bespreking van Jennifer Friedman se memoires, Queen of the Free State
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2017 appeared first on LitNet.