Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 en 10 November 2018 ’n uiters suksesvolle nasionale beraad met NRO’s en ander rolspelers oor ondersteuning van Afrikaans as vak en Afrikaanse onderwys by SASNEV in Kaapstad gehou.

Conrad Steenkamp, hoof van die ATR. Die Afrikaanse Taalraad het op 9 en 10 November 2018 verskeie rolspelers in die onderwys genooi om te besin oor maniere om saam te werk en nie onnodig te dupliseer nie.
Foto: Izak de Vries

Die beraad, wat rolspelers vanaf universiteite, die departement van basiese onderwys, provinsiale onderwysdepartemente, ’n wye verskeidenheid lidorganisasies en selfs studente gelok het, is deur Gillian Arendse van die Universiteit Stellenbosch gefasiliteer.

Gillian Arendse
Foto: Izak de Vries

Arendse het met sy doeltreffende en unieke styl die moeilike onderwerpe van nypende behoeftes, leemtes, en ondersteuning op die onderskeie onderwysvlakke, voorskools, laerskool en hoërskool, met groot kundigheid bestuur. ’n Raamwerk vir samewerking tussen die onderskeie rolspelers in Afrikaans is voortdurend beklemtoon.

Die uiteindelike doelwit, om deur middel van ’n gapingsanalise die risiko’s en geleenthede tot samewerking aan te spreek, is ongetwyfeld bereik toe ’n taakspan op die been gebring is wat binne ses maande met ’n omvattende bloudruk na vore moet kom en wat aan ’n opvolgberaad verslag sal doen.

Ná twee dae van gesprekvoering, is vyf fokusgroepe geïdentifiseer en elkeen het ’n persoon of groep wat as sameroeper sal optree vir verdere gesprekke.
• In Afrikaans: Bemarking en bewusmaking, om mense bekend te stel aan rolmodelle in Afrikaans
• Vir Afrikaans: Leierskapontwikkeling, entrepreneurskap, gemeenskapsontwikkeling, die onderrig van wetenskap en wiskunde in Afrikaans
• Deur Afrikaans: Kuns en kultuur, teater, feeste, produksies
• Leerders en onderwysers: Onderrig en leer, lees en praat, materiaal-ontwikkeling, metodologie, benutting van tegnologie en assessering
• Ouers: Bewusmaking, bemagtiging, ondersteuning, hulpbronontwikkeling
’n Gedeelde kommunikasieplatform is daargestel sodat belanghebbendes idees en hulpbronne kan uitruil.
Foto: Izak de Vries

Die generiese intervensies wat voorgestel is, sal op die leerders, opvoeders en ouers gemik wees, hoofsaaklik met betrekking tot die bemarking, bewusmaking, leierskapbenutting, gemeenskapsontwikkeling en die bevordering van die kunste.

Beraadgangers het voorts aandag geskenk aan die belangrikheid van onderrig en leer, lees en praat, asook materiaal-ontwikkeling. Die kernaspek van moedertaalonderrig is soos ’n goue draad deur die beraad geweef, asook die deurslaggewende rol van opvoeders en ouers om onderwysverwagtinge in Suid-Afrika te sien verwesenlik.

Verskeie sprekers het ook deurgaans die benutting van tegnologie, metodologie, hulpbronontwikkeling, inhoudelike kennis en assessering aangespreek. ’n Uitvloeisel uit die beraad self het weer eens die gehalte en beskikbaarheid van hulpbronne in die Afrikaanse sfeer van onderwys in die land herbeklemtoon.

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), onder leiding van Daan Potgieter, sal die aangewese taakspan saamsnoer en die proses verder bestuur.

Hoewel die ATR die aanstigter was vir hierdie projek, is daar besluit om die oorhoofse koördinering en fasilitering van die opvolggesprekke aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) oor te dra onder leiding van Daan Potgieter.
Foto: Izak de Vries

Conrad Steenkamp, hoof van die ATR het in sy bedanking sy genoegdoening met die verloop van die beraad uitgespreek, terwyl die aanwesiges sonder uitsondering hul tevredenheid met die geleentheid en die beoogde pad vorentoe beklemtoon het.

David C Jantjies
Foto: Izak de Vries

Teks: David C Janjies
Foto's en byskrifte: Izak de Vries

The post Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>