Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument

$
0
0

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die gewilde Psychedelic Theatre op Saterdag, 28 Desember 2019, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree. Die grasieuse vuurdansers en hul verskeie vlammende voorwerpe sal die gehoor vir ʼn uur betower met asemrowende vuurtoertjies, musiek en choreografie. Dus kom geniet ʼn onmisbare somersaand met vriende, familie en pieknieks tydens die twaalfde ‘Dans van die Vlamme’-opvoering.

Lanél van der Kolff, aktrise en stigter van die Psychedelic Theatre, asook haar talentvolle mededansers sien immers daarna uit om inwoners, toeriste én vakansiegangers by die Taalmonument te verwelkom vir ʼn onvergeetlike vertoning wat jou verbeelding sal oortref. Die waaghalsige toertjies en storievertelling sal jou sensoriese stimuli verryk, want die visuele voorstelling wissel van fisieke teater tot interaktiewe vuurspel wat jou na ʼn ander vlak van teaterervaring sal meevoer. Om ʼn idee te kry van hierdie aande se pragtige uitsigte, ongelooflike sonsondergange, piekniek én vuurdansbelewenisse, kyk hier na hul vorige optredes.

Die hekke open om 17:00 en die vertoning self begin om 20:00 sodra die son groet. Besoekers is welkom om hul eie drankies (geen glas) en piekniekmandjies saam te bring of een vooraf by die koffiewinkel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) by 021 863 2800 te bestel. Dit sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Onthou om ’n kombers of kussing en warm klere te bring. Besoekers word aangemoedig om die omgewing en monument te verken, en het ook toegang tot veilige parkering, buitelugspeletjies, kinderspeelparke asook ’n gedigte-uitstalling in die buitelug.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 vir volwassenes, R80 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioenarisse en R50 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar). Op die dag self is kaartjies te koop teen R120 vir volwassenes, R100 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioenarisse en R60 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar).

Vir verdere inligting oor hierdie en ander geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks), skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Die konserte hierdie seisoen sluit Krismis met die Sterre (30 November), The Rockets (24 Januarie 2020), die groot 45ste verjaardagfees (28/29 Februarie) asook die Taalmonument Koorfees (15 Maart) in.

The post Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>