Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:1 November
Kunsblad: Sanlam se jeuglektuur lewer Afrikaanse wenners
Afrikaanse wenners van Sanlampryse vir jeuglektuur
4 November
Boekeblad: ’n Boere-rebel word aan vergetelheid ontruk
Kunsblad: Kinderboek van Fanie Viljoen in Mandaryns uitgegee
’n Kinderboek van Fanie Viljoen word in Mandaryns vertaal
5 November
Kunsblad: 2 SA skrywers vir internasionale prys benoem
Twee skrywers is vir die internasionale Hans Andersen-prys benoem
8 November
Kunsblad: Speelse Dr. Seuss in Afrikaans vertaal deur De Vos
Philip de Vos praat oor sy vertaling van Dr. Seuss.
Kunsblad: Dié skrywers wen Salas
Wenners van die Suid-Afrikaanse Letterkundepryse
9 November
Kunsblad: Willem Krog ‘spekuleer oor toekoms’ in nuutste roman
Willem Krog praat oor sy nuwe roman wat by die Woordfees bekendgestel word
10 November
Kunsblad: Lees vir kinders, dit skep ’n vriendeliker wêreld, sê Daly
Onderhoud met die illustreerder Niki Daly
11 November
Boekeblad: Vernuftige storie met ’n bitsige Kaapse byt
Sonja van der Westhuizen resenseer Sewe-en-veertig deur Irma Venter
Boekeblad: Lewe in die letterlike en figuurlike woesteny
Marius Crous resenseer Brisant deur Hein Viljoen
Boekeblad: ’n Kindertyd in klein dorpies
Johanna van Eeden resenseer Kyk na my deur Nataniël
Boekeblad: Soos ’n nommervyf-ratpack
Charles Smith resenseer Nadraai deur Jaco Kirsten
12 November
Berig: Digter het homself ‘nooit in terme van kleur’ beskou
Grafskrif oor die digter Sandile Dikeni
18 November
Boekeblad: Futiliteit van oorlog en misterie van liefde
Francois Bekker resenseer Grensgeval deur Marita van der Vyver
Boekeblad: Storie so koud soos Pronutro met water
Carla Lewis resenseer Klaskamer deur Vita du Preez
Boekeblad: Grinterig oor die aard van waarheid
Gert van der Westhuizen resenseer Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer
19 November
Berig: Vroue se pyn maak hom bewus van hul kapasiteit hiervoor
Verena Schoeman se boek, Bloedbruide van Christus: Vrouemartelaars van die eerste eeue
20 November
Kunsblad: 4 SA boeke pryk op Dublin-langlys
Skrywers benoem vir Dublin-prys wat deur biblioteke regoor die wêreld benoem word
22 November
Kunsblad: Walliams verby £100 m. met sy aweregse kinderboeke
Die Britse akteur David Walliams se groot wins met sy aweregse kinderboeke
23 November
Berig: 3 misdaadskrywers se ink word saam op Naln-muur droog
Drie skrywers saam in gesprek by Naln
Kunsblad: Talle SA skrywers in 2020 by boekefees in Swede
Suid-Afrika is volgende jaar die eregas op die Gotenborg-boekefees in Swede
24 November
Berig: KYK: Dís waarom misdaadfiksie so gewild is
Drie misdaadskrywers tydens ’n bekendstelling
25 November
Berig: Barends-Griekwas kry trots terug
Bart de Graaff, ’n Nederlandse joernalis, historikus en draaiboekskrywer, se nuutste boek.
Kunsblad: Hulle wen UJ-pryse vir skryfwerk in Engels
Wenners van die Engelse UJ-pryse
Boekeblad: Karsten ’n vindingryke vakman op volle toere
Thys Human resenseer Anderman se vrou deur Chris Karsten
Boekevat-rubriek deur Joan Hambidge: ’n Huldeblyk: Réna Pretorius (1932-2019)
26 November
Kunsblad: Aktrise help kinders om voorkoms te aanvaar
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in November die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
5 November
-
- Porseleinskerwe deur Marié Blomerus
- Kweek dit self deur JJ van Rensburg en Tinus Oberholzer
- Vanuit die hart deur Rolene Strauss
- Tjoppie en die tweeling en Tjoppie en die skat deur Liz de Villiers
12 November
-
-
- Grensgeval deur Marita van der Vyver
- Anderman se vrou deur Chris Karsten
- Die Alfadokument deur René van Zyl
- Dr Seuss-boeke in Afrikaanse vertaling
-
19 November
-
-
- Eendag is nou deur Kristel Loots
- Bloedsuier deur Leon van Nierop
- Sasha word stil deur Jaco Jacobs en Angela Banks (ill)
- Prinses Pampoenpit deur Bianca Flanders en Zinelda McDonald (ill)
- Oupa se medalje deur Phil Earle en Sarah Horne (ill) (Vertaal deur Jaco Jacobs)
-
26 November
-
-
- Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe
- Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt
- Sindikaat deur Annerle Barnard
- Hoekom nie? deur Crispin Boyer
-
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:
LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
Resensie: Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
Onderhoud met De Wet Hugo oor die Grilgrypers-reeks en oor Die groen watergraf
Skrywersonderhoud: Christine Barkhuizen-Le Roux oor My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
Video: Daniel Hugo in gesprek met Cas Wepener oor Die Slaghuis
Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver
Video: Kaapstad-bekendstelling van The last hunt deur Deon Meyer
Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton
Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer
Toyota US Woordfees 2019: Onderhoud met Remona Voges oor Penseel & Kie
Rapport
Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 November
Resensie: Fanie Olivier bespreek Soekmekaar deur Dana Snyman
Resensie: Martie Retief-Meiring resenseer Oorlog en vrede deur Willie Esterhuyse
Nuut op die rak: “Klipharde feite vir Krismis”
-
-
- Gaan Suid-Afrika oukei wees? 17 sleutelvrae deur Jan-Jan Joubert
- For the Love of the Land saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens
- Paper Tiger: Iqbal Survé and the downfall of Independent Newspapers deur Alide Dasnois en Chris Whitfield
- Crispian Olver se A House Divided: The feud that took Cape Town to the brink
- They Called Me Queer, saamgestel deur Kim Windvogel en Kelly-Eve Koopman
- Robert McBride: The Struggle Continues deur Bryan Rostron)
-
10 November
Resensie: Jean Meiring oor Nadraai deur Jaco Kirsten
Uittreksel: Grensgeval deur Marita van der Vyver
Resensie: Juliana Coetzer bespreek Kammaland deur Annelie Botes
17 November
Resensie: Annemarié van Niekerk resenseer Grensgeval deur Marita van der Vyver
Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer One day in Bethlehem deur Jonny Steinberg
Resensie: Vyf nuwe vertaalde niefiksieboeke vir kinders
-
-
- Ontdek: Die menslike liggaam deur Richard Walker
- Ontdek: Planete deur Carole Stott, Ontdek: Diere deur Tom Jackson
- Hoekom nie? 1 111 vrae en antwoorde vir nuuskierige agies deur Crispin Boyer
- Die slymerigste, stinkerigste eksperimenteboek deur Kris Hirschmann
-
Resensie: Annelise Erasmus resenseer Klaskamer deur Vita du Preez
24 November
Resensie: Johannes de Villiers resenseer Die Wonderwese deur Carina Stander
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
8 November
Blinde gode deur Dibi Breytenbach
Die deeglike kensketsing is seker te wyte aan haar werk as aanklaer en aan die gesprekke met deskundiges op hul gebiede met wie sy gesels het, soos sy in haar outeursnota laat blyk. Lees die resensie.
25 November
Dit is juis Wepener se fyn (en selfs objektiewe) waarneming, aangebied as ʼn soort kroniek, onder meer soos verwoord in waarnemings van die vierjarige Joshua, wat ʼn soort naïewe onskuld na vore bring, skryf Johan Myburg. Lees die resensie.
26 November
Drie lekkerlees romans
Dié drie romans vir volwassenes beloof ure se lekkerlees vermaak. As leser lag én huil jy saam met die vroue-karakters en vier jy hulle unieke menswees. Lees die resensie.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 6 November
Die spotprenttekenaar, Fred Mouton, is volksbesit. Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, die samesteller van die boek 50 jaar met Fred: Fred Mouton se beste spotprente. Luister ook na Milton Webber se gesprek met Karin Brynard oor haar belewing van die Week van die Afrikaanse Roman in Nederland. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg met uitgewer Annie Olivier, wat onlangs die Frankfurtse Boekeskou bygewoon het en ook deel was van 'n weeklange slypskool vir internasionale uitgewers.
Woensdag 13 November
Ilse Salzwedel gesels met Johan Jack Smith oor sy debuutroman Zola. Vind uit wie is wenners van die Sanlampryse vir Jeuglektuur 2019, en hoor hoe het Riana Scheepers die onlangse Week van De Afrikaanse Roman in Nederland ervaar wanneer sy met Milton Webber gesels. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die lewe en werk van Harold Bloom en Doris Lessing.
Woensdag 20 November
Marita van der Vyver gesels oor haar jongste boek, Grensgeval. Erns Grundling gesels oor sy reisboek Sushi en Shosholoza, wat die leser na Japan neem. En Johan Myburg vertel meer oor ‘n nuwe boek uit die pen van Elena Ferrante.
Woensdag 27 November
Ilse Salzwedel gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor haar lysie gunstelingboeke vir 2019. En Johan Myburg gesels in sy bydrae onder andere oor 'n 100-jaar oue boekwinkel in Parys, Frankryk
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 5 November
Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse smokkelaar met intertekste. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing." Willem vertel van homself, sy bundel, sy lewe in Taiwan, en hy en sy musikantvriend, Craig Vee, gee 'n spesiale uitvoering van verse en klanke.
Dinsdag 12 November
Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, só diep raak dat hy nie anders kan as om daaroor verse te maak nie.
Dinsdag 19 November
Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verhoë te sien was.
Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rikü Latti die agtergrondmusiek maak.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
In November het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Verslag deur Clinton V. Du Plessis
Grensgeval deur Marita van der Vyver
Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende November die volgende resensies en rubrieke gelewer:
2 November
Kies ’n boek: Drie spanningsromans
9 November
Kies ’n boek: ’n Dosyn moet-lees boeke
16 November
Só skryf ’n wenner: Nobelpryswenners
23 November
Kies ’n boek: Leer ons uit fiksie?
30 November
Só skryf ’n wenner: Oor die tameletjie van literêre pryse
The post PEN Afrikaans: resensies en boekgesprekke in November 2019 appeared first on LitNet.