Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
Boekeblad: Die kop se verborge plekke
Francois Bekker resenseer Bloedsuier deur Leon van Nierop
Boekeblad: Storie vibreer met energie
J.B. Roux resenseer Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt
Boekeblad: Lapa spring op wa, laat waai met warrelwind
Boekevat-rubriek deur Jo Prins
Boekeblad: ’n Insny op alles van hierdie verwonde land
Johann Rossouw resenseer Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
4 Desember
Kunsblad: Bothma wil met boeke hoop bring in dorre Boesmanland
7 Desember
Kunsblad: 'Los gedagtes' uit Goosen se persoonlike skatkis
Inskrywings uit Jeanne Goosen se persoonlike notaboeke is uitgegee in 'n nuwe publikasie
9 Desember
Boekeblad: Teen koorsagtige verbruik
Louise Viljoen resenseer Op weg na kû deur Breyten Breytenbach
Boekeblad: ’n Heerlike draakstekery
Willie Burger bespreek Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
Boekeblad: Boeke vir lui dae in vakansie
Skrywers en resensente vertel met watter boeke hulle tydens die vakansie gaan uitspan
Boekeblad: Dié boek vir die feestyd
Johann Rossouw oor Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
Boekeblad: Die menslike storie boei
Francois Bekker oor Grensgeval deur Marita van der Vyver
Boekeblad: Soos goedgemikte meshou
Clinton V. Du Plessis oor Chinatown deur Ronelda S Kamfer
12 Desember
Kunsblad: Kamfer takel temas van witheid tot geweld teen vroue
Die digter Ronelda Kamfer gesels oor haar vierde digbundel, Chinatown
Kunsblad: Uitgewer Cecilia Britz sterf onverwags
Die uitgewer wat sagtebandboeke en hygliteratruur in Afrikaans gevestig het, is dood.
14 Desember
Kunsblad: Bielie van ’n prosaboek met uiteenlopende stemme
Nuwe groot bundel Afrikaanse kortverhale – oud en nuut.
23 Desember
Boekeblad: ’n Afrikaans boek teen beurtkrag
Jo Prins maak ’n lysie van die boeke wat jy eenvoudig moet lees
Boekeblad: Gaan ons almal oukei wees?
Jonathan Amid resenseer Okay, Okay, Okay deur Finuala Dowling
Boekeblad: Die akrobatiese manipulering van taal
’n Boekevat-rubriek deur Marius Visser
Boekeblad: Verstommend oorspronklik
Loftus Marais resenseer If All the World And Love Were Young deur Stephen Sexton
Boekeblad: Gedigte wat tref soos goedgemikte meshoue
Clinton V du Plessis resenseer Chinatown deur Ronelda S Kamfer
Kunsblad: De Lange gehuldig op 60ste met bundel deur Akademie
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gee ’n boek oor die digter Johann de Lange uit.
26 Desember
Boekeblad: Boekvrate kies 2019 se beste internasionale boeke
30 Desember
Boekeblad: Debuut ontgin grense tussen teks en werklikheid
Joan Hambidge resenseer Chrisalis deur Christo van der Westhuizen
Boekeblad: Van Jan-Koos tot Jean-Jacques
Clari Niemand resenseer Eendag is nou deur Kristel Loots
Boekeblad: Woeste verhaal galop teen flink pas
J.B. Roux resenseer Sindikaat deur Annerle Barnard
Boekeblad: ’n Boek wat jou tot stilte ruk
Jonathan Amid resenseer Die Wonderwese deur Carina Stander
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Desember die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
3 Desember
Die topverkoper-kinderboeke van 2019 by Graffiti Boeke:
- 1000 nuttige woorde
- Die groot Jaco Jacobs-Omnnibus 5-in-1
- ’n Kat se kans! Verhale van vurige en kordate katte
- Vrolike liedjies Volume 1
- Eisteddfod-pret
- Zackie Mostert Omnibus 1
- Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en die soutwatergogga
- Stalmaats Omnibus 3
- Zackie Mostert Omnibus 3
- Ons gaan Kruger Wildtuin toe
- Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2
- Stalmaats Omnibus 4
- Grootwordgids vir seuns
- Grootwordgids vir meisies
- Poenankies
10 Desember
Graffiti Boeke se topverkopers van 2019 vir die volwasse mark:
- Sewe-en-veertig deur Irma Venter
- Doodsengel deur Madelein Rust
- Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg
- Anderman se vrou deur Chris Karsten
- Wreed en mooi is die dood saamgestel deur Tobie Wiese
- Koeke en terte deur Susan Coetzer
- Dit proe soos huis deur Herman Lensing
- Grensgeval deur Marita van der Vyver
- Mirre deur Chanette Paul
- Die verevrou deur Jan van Tonder
- Kammaland deur Annelie Botes
- Vloek deur Rudie van Rensburg
- Lira deur Chanette Paul
- Hekel en word heel deur Nadia de Kock en Hilda Steyn
- Huis van gruwels soos vertel aan Susan Cilliers
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
Boekresensie: Grondwoorde 2018 saamgestel deur Wouter J Gildenhuys
Resensie: Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur deur Flip Buys
Die vrede van Vereeniging deur Jan Scholtz en die stilswye van die bitter beginners
I wish I’d said ... Vol 1, edited by Johann de Lange and Mantoa Matonyane: a review
Valda Jansen: ’n onderhoud rondom die 2020 Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs
Skrywersonderhoud oor Suiker Britz: dossier van ’n speurbaas
Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee
Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor Landbouweekblad: Hart tot hart
For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Desember
Resensie: Joan Hambidge resenseer Chinatown deur Ronelda Kamfer
Resensie: Loftus Marais resenseer Serotonin deur Michel Houellebecq
Nuut op die rak: Nuwe digbundels
- Vlug van die gees deur Cas Vos
- S’khahlela u-OR deur Mongane Wally Serote
- Voorspraak deur Hendrik J. Botha
- Haiku from the tip of Africa deur Anthea Pretorius
Nuusbrok: Skryf ’n roman op Stilbaai
8 Desember
Nuut op die rak: “Vyf vir die feitevrate”
- In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings deur Waldimar Pelser
- Na verre hawens deur Hennie van Deventer
- Cape Town: A Place Between deur Henry Trotter
- The Story of Gardening deur Penelope Hobhouse en Ambra Edwards
- Saving the Last Rhinos deur Grant Fowlds en Graham Spence
15 Desember
Resensie: Anderman se vrou deur Chris Karsten, geresenseer deur Jonathan Amid
Resensie: Fanie Olivier resenseer Die slaghuis deur Cas Wepener
Resensie: Magdel Vorster resenseer drie pryswenner-jeugboeke
- Oopmond deur Jan Vermeulen
- Toring van jasmyn deur Derick van der Walt
- Sindikaat deur Annerle Barnard
Resensie: Die dame met die hondjie deur William Oosthuizen, geresenseer deur Joan Hambidge
22 Desember
Kortverhaal: “Kai-li en die kriek” deur Lodewyk G. du Plessis
29 Desember
Resensie: Jean Meiring bespreek Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
Resensie: Wium van Zyl resenseer Witsand: Terugreis en Witsand: Terugblik deur Jan H. Langenhoven
Resensie: Jonathan Amid resenseer Blinde gode deur Dibi Breytenbach
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
2 Desember
365 Stories, gebede en beloftes
Dit is ’n ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen vyf en agt jaar oud wat die dissipline wil aanleer om daagliks stiltetyd te hou en ook hulle Bybelkennis wil uitbrei.
4 Desember
Die wolkversamelaars
Hulle wel en wee het my bygebly lank nadat ek die boek terug op my boekrak geplaas het. Ek is spyt dat ek nie iewers kan gaan loer hoe dit nou met sus of so gaan nie!
11 Desember
My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
In hierdie aangrypende én skokkende verhaal open Christine Barkhuizen-Le Roux haar lesers se oë onder meer vir hoe slinks ’n pedofiel sy slagoffers manipuleer sodat van hulle selfs dekades ná die misbruik soms nog sukkel om die “goeie” oom wat hulle onskuld gesteel het te sien vir wie en wat hy werklik is – ’n monster wat op kinders teer.
17 Desember
Poenankies: ʼn Versameling kinderstories deur bekendes
Poenankies bied heerlike leesstof en kan as ’n versamelaarsitem beskou word.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 4 Desember
Ilse Salzwedel fokus op boeke wat goeie geskenke sal maak. Sy gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor 'n paar van haar gunsteling fiksieboeke, en in Johan Myburg se insetsel gesels hy onder meer oor TIME se lys van die top 10 boeke vir 2019.
Woensdag 11 Desember
Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor interessante nie-fiksieboeke vir die kerskous. Johan Myburg gee in sy internasionale bydrae 'n oorsig oor die jaar se letterkundige pryse.
Woensdag 18 Desember
Die baanbreker-uitgewer, Cecilia Britz, is verlede week oorlede. Luister na 'n huldeblyk ook die vrou wat Afrikaanse ontspanningsfiksie nuwe momentum gegee het. Vir sy internasionale bydrae het Johan Myburg twee baie besondere argiefopnames opgespoor. Die ikoniese Amerikaanse digter Robert Frost lees een van sy eie gedigte voor, en die Walliese skrywer Dylan Thomas lees 'n gedeelte van een van sy essays voor.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 10 Desember
Die digter en sangeres, dosent en woordswerwer, Jolyn Phillips, gesels oor haar debuutbundel, Radbraak, wat in 2017 verskyn het en vanjaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys. Volgens die bekroonde digter, Petra Müller, is Radbraak 'n klein aardbewing van 'n bundel waarin die digter die engel in die klip beet het. Phillips is 'n jong stem in Afrikaans wat gehoor móét word. Jy kan ook uitsien na 'n hele paar snitte waar Jolyn van haar verse voorlees, en Riku Lätti die agtergrondmusiek maak.
Dinsdag 17 Desember
Chris van Niekerk lees verse deur een van ons veelsydigste skrywers en digters, Dolf van Niekerk, wat vanjaar 90 jaar oud geword het. Ons gaan luister na gedigte uit sy laaste bundel, Berigte uit die skemerland, wat vanjaar verskyn het, en na 'n paar verse uit sy vorige bundel, Portrette in my gang.
Woensdag 25 Desember
In hierdie spesiale uitsending van Vers en klank vier ons Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Johann Nel, Elsabé Daneel en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Wynand Retief, Sheila Cussons, Antjie Krog, Adam Small, Lina Spies, Jeanne Goosen, Eveleen Castelyn, NP van Wyk Louw, Diana Ferrus, Donald Riekert, René Bohnen, Francilié Hoek, Johann de Lange, Uys Krige, Daniel Hugo, Bernard Odendaal, Fanie Olivier, Clinton V. du Plessis en Rien Joubert.
Dinsdag 31 Desember
Die digter-akademikus Hein Viljoen gesels oor sy nuwe bundel, Brisant, wat vanjaar verskyn het. Dit is 'n lang verhalende (epiese) gedig en bied 'n kykie in die alledaagse lewe en minder alledaagse fantasieë van Jan Human, 'n universiteitsdosent. Dis vol subteks, interteks, vuur, en dalk 'n bom of twee wat bars.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
In Desember het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde deur Breyten Breytenbach (saamgestel deur Charl-Pierre Naudé)
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
4 Desember
Alwyn Roux resenseer Afscheidswedstrijd deur Nachoem M. Wijnberg
19 Desember
Dewald Koen resenseer Duifiedorings deur Thomas Deacon
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Desember die volgende resensies en rubrieke gelewer:
14 Desember
Kies ’n boek: Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer
21 Desember
Ken jou storie: Die storie agter die storie – boeke uit Europa
The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2019 appeared first on LitNet.