Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #wysjouwoord-kompetisie se sluitingsdatum is uitgestel tot 21 Augustus.
Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem. Beeld jou gunstelingwoord in Afrikaans op enige kreatiewe manier uit (teken, verf, neem ’n foto, ens.) en plaas ’n foto daarvan op Instagram of Facebook met die hutsmerk #wysjouwoord en koppel @diewoordeboek aan jou foto. Deelnemers van buite Suid-Afrika is ook welkom.
Tien deelnemers kry ’n sertifikaat met hul naam en woord en die wenner kry ook gratis toegang tot die Aanlyn WAT vir een jaar!
Die inskrywings wat reeds ingestuur is, wys hoe skeppend die jeug in Afrikaans dink. Die geïllustreerde gunstelingwoorde is uiteenlopend en sluit woorde in soos wysheid, dankie, spieëlbeeld, hommeltuig en selfs aartappel.
Hou die WAT se sosiale media dop vir inskrywings by: instagram.com/diewoordeboek of facebook.com/diewoordeboek.
Komaan, raak kreatief en #wysjouwoord!
The post Persvrystelling: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag – kompetisie se sluitingsdatum uitgestel appeared first on LitNet.