Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Persvrystelling: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans vier Internasionale Moedertaaldag met idiome

$
0
0

Die niewinsgewende Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is welbekend vir ’n bemagtigingsfokus op funksionele geletterdheidsontwikkeling van die Afrikaansgebruiker. Deur erkenning te gee aan die regmatige plek van elke individu se moedertaal binne ons multitalige landskap, plaas die SBA elke jaar groot klem op Internasionale Moedertaaldag.

Om respek vir Afrikaans as moedertaal te kweek, glo die SBA om Afrikaans met die ander tale wat in die land gebesig word te integreer as ʼn bydrae tot nasiebou, omdat tale vereniging in plaas van skeiding behoort te bring.

Ter viering van Internasionale Moedertaaldag het die SBA vanjaar ’n publikasie, Ons almal drink van dieselfde stroompie, die lig laat sien.

’n Lys van isiXhosa-idiome oor water was die vetrekpunt vir hierdie multitalige projek met die doel om die sinergie tussen verskillende tale en kulture te beklemtoon. Water op sigself speel ’n belangrike rol in die amaXhosa-kultuur as ’n simbool van lewe, genesing, uitdagings en die menslike natuur. Verwysings na die natuur en die omgewing is gevolglik prominent in isiXhosa-idiome en spreekwoorde, wat die hegte verhouding tussen mens en natuur beklemtoon. Tipiese Afrikaanse en Engelse spreekwoorde oor water is hiernaas nagevors om dié gemeenskaplike tema in al drie tale aan te vul en saam op te teken. Die isiXhosa-spreekwoord Abathumani manzi, wat sê “hulle stuur mekaar nie om water te gaan haal nie”, se oorsprong lê in die bewondering vir iemand wat vreugde vind in die moeilike taak om water oor lang afstande in die landelike gebiede te gaan haal en te dra. In Afrikaans is opgeteken dat jy “jou met koue water brand” om die oorversigtige siel te beskryf, terwyl die uitdrukking in Engels baie meer op die man af is deur iemand bloot te beskryf as over-cautious. In elkeen van die drie tale vind jy dus uitdrukkings wat so eie aan die taal se konteks is, dat ’n presiese ekwivalent daarvoor nie in ’n vertaling noodwendig tot sy reg kom nie. Juis vanweë die multitalige aard van hierdie boekie word die drie amptelike moedertale van die Wes-Kaap oor taalgrense heen gevier.

Die drie moedertale se harmonieuse verhouding met die natuur word versterk deur die idiome en spreekwoorde oor water en maak ons bewus van die gesamentlike verantwoordelikheid wat ons het om ons waterbronne, net soos ons taal, te bewaar vir die nageslag.

Ter viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie word 3 000 eksemplare van die boek, aangevul met gepaste aktiwiteite wat leerders sal lei om met die verskillende tale se idiome kennis te maak, onder hoërskoolleerders van geselekteerde skole in die Kaap Metro versprei. Die volledige boek is gratis in pdf-formaat op die SBA-webtuiste vir die publiek beskikbaar. Met ’n missie om taal nie net op papier nie, maar in die rykheid van klank te laat leef, is die SBA se volgende doel om ’n verklanking van hierdie boek ook in die nabye toekoms beskikbaar te stel om juis te wys hoe idiome en spreekwoorde in die mond van ’n moedertaalspreker lewe kry en ritmies uitgedruk kan word.

As deel van die leerderaktiwiteite wat by die boek ingesluit is, ontvang elkeen van die graad 8-leerders aan wie die boeke uitgedeel word tekenpapier om enige idioom visueel uit te beeld.  Hierdie opdrag lei tot groter kreatiwiteit binne die leerder se moedertaaldenke en vergroot die fokus op idiome eie aan ’n spesifieke moedertaal. ʼn Paneel kundiges sal uit al die sketse en uitbeeldings 30 kies om op Jeugdag 16 Junie by Artscape as deel van hulle vyftigjarigevieringe uitgestal te word.  Dus is die SBA se Moedertaaldagviering nie net ʼn eenmalige viering van die taal per se nie, maar ʼn langdurige viering van die woord uitgebrei tot die sigbare van ʼn moedertaal.

Lees ook:

Die SBA se koorfees: Afrikaans Sing!

Adam Small vereer in die Kunstekaap

Die vierde Russel Botman Gedenklesing: Van ontmensliking tot hoop

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems deur Achmat Davids: boekbekendstelling

The post Persvrystelling: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans vier Internasionale Moedertaaldag met idiome appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>