Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Maart
Resensie: Profeet góói sy ‘nuggets’
Stefaans Coetzee bespreek Leef lig deur Jaco Strydom
Resensie: Boek moeilik om neer te sit
JB Roux resenseer Diep spoor deur Jeanette Stals
Kyk weer: Daniel Strauss praat oor sy boek, ‘Dink soos ’n miljardêr’
2 Maart
Kunsnuus: Direksie skors kunsteraad se hoof én finanshoof
3 Maart
5 Maart
6 Maart
8 Maart
Resensie: Verse afgewerk tot sterkste essensie
Johan Myburg resenseer Swatland deur Ashwin Arendse
Boekevat: Genotskaal tel hier, g’n hogere letterkunde nie
’n Rubriek deur Ilza Roggeband
9 Maart
Kyk weer: Carla van der Spuy se ‘Gangster’ word bekend gestel
11 Maart
12 Maart
14 Maart
15 Maart
Boekevat: Kô, lat ons sing, mense, vir die tale Kanaäns
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Held en/of tragiese figuur
Helen Schöer bespreek You Never Really Know deur John Hunt
17 Maart
Boekenuus: Hier is die kortlyste vir die Andrew Murray-pryse
18 Maart
21 Maart
23 Maart
24 Maart
Boekenuus: Kyk wie is benoem vir die UJ-pryse
Die UJ-pryse se kortlyste is aangekondig
29 Maart
Resensie: Hare-boek te kort geknip
Ronelle Simmons resenseer The Big South African Hair Book
Boekevat: ‘Met erbarming’ in die hand in die Rosestad
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: ’n Kaapse misdaadstorm
Francois Bekker resenseer The Rabbit Hole deur Mike Nicol
30 Maart
31 Maart
Feeste: Suidoosterfees bied gesprekke wat prikkel, uitdaag
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:
Resensie van Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof
Brandmerk deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n lesersindruk
Storiekaros deur Wendy Maartens, goeie stories om te kan lees
The lie of 1652: A decolonized history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Jaco Fouché
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Francois Smith
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Kirby van der Merwe
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Louis Krüger
Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Maart
Resensie: Riette Rust resenseer Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer
14 Maart
Resensie: Trisa Hugo resenseer Vel: 15 oorstories deur Emma Bekker
Nuut op die rak: “Boeke uit die binnekamer” (5 nuwe outobiografieë)
- ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver
- The Boy Who Never Gave Up: A Refugee’s Epic Journey to Triumph deur dr. Emmanuel Taban saam met Andrew Crofts
- Rob Davies se Towards a New Deal: a political economy of the times of my life
- Ai, Abraham deur dr. Abraham Lückhoff;
- en ’n heruitgawe van F.A. Venter se Kambrokind: ’n Jeugreis
21 Maart
Resensie: Lindie Koorts resenseer Louis Botha: Krygsman, generaal, staatsman deur Richard Steyn
Resensie: Gangster: Ware verhale deur Carla van der Spuy, geresenseer deur Stefaans Coetzee
Resensie: Jonathan Amid resenseer The Rabbit Hole deur Mike Nicol
28 Maart
Resensie: Nathan Trantraal resenseer Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas
Resensie: Riette Rust resenseer Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
3 Maart
17 maal moord
Die boek nooi die leser om kennis te maak met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hulle einde gekom het.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
9 Maart
Christine le Roux Keur 6
Dit is die tipe boek waarmee jy jouself bederf wanneer die lewe en al sy probleme swaar op jou gemoed rus en jy ontvlugting soek in stories wat jou hartsnare roer, jou maak sug van genoegdoening en jou laat met ’n gevoel van tevredenheid
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
17 Maart
Evie Erdvark en haar natuurvriende
Die boodskap van elke storie is dat “elke dierspesie, van ’n aasvoël tot ’n krokodil, jou hulp nodig het om in die toekoms nog te bestaan”. Die boek het ’n waardevolle les en hoort op elke kind se boekrak.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
25 Maart 2021
Leef voluit en vreesloos
Louise Viljoen beveel Leef voluit en vreesloos aan vir elke vrou wat ’n hupstoot nodig het wat haar selfvertroue betref.
31 Maart
Boek van die maand: So byna blou
Dit is binne die noir tradisie waar Emile Joubert sy verhale aanbied: met heelwat verrassings in verhaallyne – by geleentheid nader aan ʼn ónwaarskynlike en daarom ʼn soms abrupte uiteinde.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
Klyntji
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:
2 Maart
In gesprek met die kremetart
André van der Hoven oor Wilma Stockenström en Alain Mabanckou se kremetart
27 Maart
Poetry met purpose
Elodi Troskie oor Ashwin Arendse se Swatland
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.
Woensdag 3 Maart
Boekliefhebbers kan luister na ’n argiefonderhoud met F.A. Venter. Ina Strydom deel haar indrukke van Willem Anker se roman Skepsel. Johan Myburg gesels oor ’n Nobelprysbekroonde Poolse roman wat binnekort in Engels beskikbaar sal wees. Luister ook hoe die digter Lawrence Ferlinghetti, wat onlangs in die ouderdom van 101 oorlede is, een van sy gedigte voorlees.
Woensdag 10 Maart
Ilse Salzwedel praat met Mike Nicol oor sy jongste boek, The Rabbit Hole. Susan Lombaard vertel meer van Akademia en Maroela Media se aanlyn skryfskool, Skryfnet. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.
Woensdag 17 Maart
Ilse Salzwedel gesels met Juliana Coetzer oor haar aangrypende nuwe boek, Die kind se naam is Anneke. Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, die samestellers van Lyfskap, ’n bundel erotiese kortverhale, gesels oor die bundel. Johan Myburg vertel meer van ’n nuwe prenteboek uit die pen van die Nobelprysbekroonde Olga Tokarczuk, nog polemiek rondom die vertaling van Amanda Gorman se digkuns en die werk van Malorie Blackman, ’n Britse kinder- en jeugboekskrywer.
Woensdag 24 Maart
Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy roman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis. Johan Myburg vertel meer van die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, die status van Italië se boekwinkels tydens die jongste streng Covid-19-inperking en die kortlys vir Brittanje se oudste kinder- en jeugboekprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd en ’n nuwe versamelbundel met al NP van Wyk Louw se dramas, hoorspele en libretto.
Woensdag 31 Maart
Die digter en skrywer Barend Toerien is vandeesweek 100 jaar gelede gebore. Ons onthou sy bydrae tot Afrikaans met ’n argiefonderhoud waarin hy gesels oor sy digkuns en reisjoernaal oor Rusland. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Rathbones Folioprys, die kortlys vir die Dylan Thomasprys en die lewe en werk van die Egiptiese skrywer Nawad El Sadaawi wat onlangs oorlede is.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.
Dinsdag 2 Maart
Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het.
Dinsdag 9 Maart
Amor Tredoux lees gedigte voor uit Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag, wat verlede jaar verskyn het. Dit handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment.
Dinsdag 16 Maart
André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel, Die gladde stiltes in glas.
Dinsdag 23 Maart
Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is.
Dinsdag 30 Maart
Die rapper en digter Churchil Naudé lees van sy gedigte voor, en vertolk van sy gedigte saam met musikante Riku en Jackie Lätti. Die gedigte kom uit sy nuwe digbundel Drol innie drinkwater.
Boeken uit het Huis
De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
In Maart is die volgende gesprek beskikbaar gemaak:
25 Maart
Boeken uit het Huis: Harry Kalmer
’n Gesprek oor die verskyning van die Nederlandse vertaling van In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer en oor sy literêre nalatenskap.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.
In Maart het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Resensie: Stipstaar deur Gerard Scholtz
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
9 Maart
21 Maart
Resensie: Soe rond ommie bos
Nini Bennett resenseer Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas
The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2021 appeared first on LitNet.