Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell

$
0
0

Foto van Paulethuis: jakes Gerwel Stigting; foto van Sarie Nell: verskaf

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans het die ses suksesvolle aansoekers vir die maand lange skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied, gekeur.

Die fokus van die program is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

Sarie Nell, een van die skrywers wat suksesvol vir die skrywersresidensie aansoek gedoen het, praat met Naomi Meyer oor hierdie geleentheid.

Vertel asseblief vir ons lesers van jou agtergrond.

.......

Baie van my artikels fokus juis op humanitêre kwessies.

.........

Ek het ’n BA-graad in maatskaplike werk, ’n edel beroep waaruit ek baie geleer het, maar wat ek lankal gegroet het. ’n Besonder dapper uitgewer het in 2005 toegegee aan my gebedel vir ’n verslaggewerspos by ’n dorpskoerant op Malmesbury. Op daardie stadium het ek net die begeerte vir skryf gehad, met baie min ondervinding. Drie dorpskoerante en vele skryfkursusse later werk ek nou as vryskut en lewer artikels en rubrieke vir verskeie koerante, tydskrifte en aanlyn publikasies. Baie van my artikels fokus juis op humanitêre kwessies. My lewe sonder administratiewe take is fantasties, al is die inkonsekwente inkomste van ’n vryskutskrywer soms skrikwekkend.

Wat is jou skryfdrome? Waaroor skryf jy graag, en oor watter karakters?

Tot dusver het ek gefokus op artikels van gewone mense met merkwaardige prestasies en interessante lewenskeuses, of reekse artikels soos dié vir Landbouweekblad. Dit vereis weliswaar ’n diepgaande studie oor elke onderwerp voordat ek binne ’n beperkte woordtelling ’n geloofwaardige boodskap kan oordra – byvoorbeeld oor die belangrikheid van orgaanoorplanting, die wêreld van blindes, haweloses en gestremdes.

Ek het in my hoërskooljare reeds die liefdesverhaalfase verbygesteek. Soetsappigheid laat my vlug.

........

Twee jaar gelede vertel ’n bejaarde familielid vir my ’n aangrypende ware verhaal. Dit maak daarna nes in my gedagtes.

..........

Twee jaar gelede vertel ’n bejaarde familielid vir my ’n aangrypende ware verhaal. Dit maak daarna nes in my gedagtes. Ek kontak hom weer om sekere feite te bevestig. Uiteindelik beloof ek hom ek sal die verhaal só vertel dat die betrokke familie dit nooit as hul eie sal herken nie. Sedertdien groei die verhaal uit eie reg en my doel is om dit Juliemaand in Paulet Huis tot roman te omskep.

’n Verdere skryfdroom is reekse kinderboekies wat ook reeds uitgestippel in my gedagtes lê. 

Waarom het jy aansoek gedoen vir hierdie residensie? Wat beteken die toekenning vir jou?

........

Die leefwêreld van ’n vryskutskrywer raak dikwels eensaam. My aansoek is gemotiveer deur die gedagte dat ek saam met ander skrywers sal kan werk, gesels en groei.

..........

Die leefwêreld van ’n vryskutskrywer raak dikwels eensaam. My aansoek is gemotiveer deur die gedagte dat ek saam met ander skrywers sal kan werk, gesels en groei. Plus die feit dat ek vier weke lank my nie ’n enkele keer hoef te bekommer oor wat gemaak moet word vir ete nie – het mens meer motivering as dít nodig?

Die feit dat die beoordelaars my voorlegging gelees het en daarin glo, beteken geweldig baie vir my; dit gee my ’n spreekwoordelike selfvertroueskoppie onder die boude. 

Lees ook:

Persverklaring: Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021

 

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis

The post Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>