Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Die ATR huldig Shaleen Surtie-Richards

$
0
0

Die ontydige heengaan van Shaleen Surtie-Richards is ’n gevoelige verlies vir die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Dit gebeur op ’n tydstip dat Afrikaans vele uitdagings in die gesig staar. Wat Sharlene so ’n besondere mens gemaak het, was dat sy onbeskroomd en onpretensieus Afrikaans was.

Haar Afrikaans, wat duidelike kenmerke getoon het van Gariepafrikaans, haar bakermat, was so ryk aan seggingskrag en verstommende eenvoud, dog diep.

Sy sal veral onthou word vir die talle Afrikaanse rolle wat sy vertolk het en daardeur haarself in die hart van selfs die Engelssprekende gemeenskap genestel het.

Sy was immers allereers mens, dan Afrikaanssprekende. Sy is inderdaad ’n ikoon vir die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld, maar ook ’n ikoon vir die Afrikaanse toneelwese.

Mag haar voorbeeld vir talle jong akteurs ’n inspirasie wees om altyd jouself te wees en nie in terme van iemand anders gedefinieer te word nie.

Shaleen se oorlyde laat ’n leemte wat moeilik gevul sou word. Sy het voluit gelewe en kan inderdaad in vrede gaan rus. Rus sag, ikoon, sepiester, toneelspeler, ontvanger van verskeie toekennings en bowenal, allemansvriendin.

Hendrik Theys

Lid van die Afrikaanse Taalraad

Lees ook:

In memoriam: Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards | ’n Huldeblyk | A tribute

The post Die ATR huldig Shaleen Surtie-Richards appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>