Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Persverklaring: Taalmuseum bekyk protespoësie

$
0
0

Ter ere van Jeugmaand bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ’n gratis slypskool met musikant Luna Paige oor Afrikaanse protespoësie aan. Op Saterdag 11 Junie 2022 sal deelnemers die opwindende werke van onder andere Adam Small, Breyten Breytenbach, Patrick Petersen en Lynthia Julius ontleed, waarna hulle hul eie gedigte en lirieke, direk deur Luna getoonset, kan skep.

Die digters wie se werk bespreek gaan word, is almal bekend vir hul oorspronklike Afrikaanse werke wat maatskaplike kwessies en onderdrukking prontuit aanroer. Gegewe die frustrasies en uitdagings wat vandag se jeug ervaar, is die idee van die werkswinkel om jong mense ’n skeppende uitlaatklep vir hul idees te help gee. Deur musiek met gedigte/lirieke te kombineer, word daar gewys hoe klanke en woorde saam kan werk om protesboodskappe aan jonk en oud oor te dra.

Luna is ’n liedjieskrywer, sanger en vervaardiger wat sedert 1999 vyf vollengte Engelse en Afrikaanse albums bekendgestel het. Sy geniet dit om haar eie digkuns as bindingsteks in haar musiekvertonings in te werk, en het al talle literatuurwaarderingswerkswinkels vir hoërskoolleerders aangebied omdat sy letterkunde met soveel moontlik jongmense wil deel. 

Die werkswinkel vind op 11 Junie 2022 vanaf 09:00 tot 13:00 in die Toringkerksaal, Paarl, plaas. Voorafbespreking via kommunikasie@taalmuseum.co.za of 021 863 0543 is noodsaaklik. Meer oor Luna by lunapaige.com.

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za, of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument, asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Die Taalmonument, Taalmuseum en koffiewinkel is oop vir besoekers. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.

The post Persverklaring: Taalmuseum bekyk protespoësie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1432

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!