Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds ’n Arabiese en ’n Albanese vertaling van romans deur Dalene Matthee en Irma Venter

$
0
0

PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende twee vertalings van Afrikaanse romans deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word:

  • ’n Arabiese vertaling van Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee
  • ’n Albanese vertaling van Minder as niks deur Irma Venter

Kringe in ’n bos, die eerste van Dalene Matthee se bekende bosromans, het oorspronklik in 1984 by Tafelberg verskyn en het die ATKV-Prosaprys in 1985 verwerf. André P Brink beskryf dit in Rapport (27 Mei 1984) as ’n "ryk en nuwe bydrae tot die Afrikaanse letterkunde".

Die roman is sedert sy oorspronklike publikasie wyd vertaal. Dit verskyn in Engels, Portugees, Nederlands, Frans, Yslands, Spaans, Hebreeus, Duits, Sweeds, Italiaans, Fins en Noorweegs.

Vir die eerste keer sal ’n Arabiese vertaling van dié ikoniese Afrikaanse roman te lees wees wanneer Mahrousa Publishing, wat reeds Fiela se kind in Arabiese vertaling uitgegee het, dit na verwagting in Augustus 2023 uitgee. Die vertaler is Karim Kilani.

Ombra GVG, een van die voorste uitgewerye in Albanië, het suksesvol aansoek gedoen vir ’n vertaalsubsidie om ’n Albanese vertaling van Minder as niks deur die gevierde spanningskrywer Irma Venter die lig te laat sien. Die beoogde publikasiedatum is in November 2022 en die vertaler is Sidorela Kotili. Die boek sal in Albanië, Kosovo en Noord-Masedonië versprei word.

Minder as niks is Venter se jongste roman en die begin van ’n beoogde nuwe reeks spanningsromans uit haar pen. Dit het in 2021 by Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskyn en is, op grond van verkoopsyfers, aangewys as een van die gewildste Afrikaanse boeke van die jaar. In ’n resensie beskryf Jonathan Amid Minder as niks as “’n buitengewoon gesofistikeerde, deeglik nagevorste misdaadroman oor die impak van verlies, maar ook ’n tergende misdaadverhaal waarin DNS ’n kernbelangrike rol speel.”

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen. Die fonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: https://penafrikaans.org.za/pen-afrikaans-vertaalfonds/.

The post Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds ’n Arabiese en ’n Albanese vertaling van romans deur Dalene Matthee en Irma Venter appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>