Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1430 articles
Browse latest View live

ATKV-Mediaveertjies 2017: finaliste

$
0
0

Dis weer ATKV-Mediaveertjietyd, waar uitblinkers in die Afrikaanse media vir uitstaande bydraes in die voorafgaande jaar bekroon word. Die kategorieë waarin daar meegeding word, is: lees, luister en kyk. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë. Die ATKV-Mediaveertjies is ook ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel. Die ATKV-Mediaveertjies sal op 12 Mei in die Lyric-teater by Gold Reef City plaasvind. Die drie topfinaliste in elke kategorie in alfabetiese volgorde (volgens van), is soos volg:

Luister

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: Yolande Korkie – RSG
  • Martin Jansen – Die mens agter die mens: Dolf van Niekerk – Pretoria FM
  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan: Amor van der Westhuyzen (dogter van Joey Haarhoff) – GROOTfm 90.5

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Esté Gross – Oggend op RSG: Die bling tannie van Heidelberg – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Hennie en Theresa Loock – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • MD Greyling – Klankkoerant – Pretoria FM
  • Suzanne Paxton – Spektrum – RSG
  • Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Danny Booysen & Anita Visser – Monitor: Vlugtelinge, die storie van ons tyd – RSG
  • Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers – RSG
  • Hanri Wondergem – Monitor: Die slag van Delville – RSG

Beste joernaalprogram

  • Martelize Brink – Seks en jy – RSG
  • Lizelle de Bruin – Sondag-joernaal – RSG
  • André Liebenberg – ’n Trio rofstoeiers onthou – Pretoria FM & RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Jean Esterhuizen – Spektrum: Brexit & SABC skorsing van personeel – RSG
  • Suzanne Paxton – Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers – RSG
  • Ivor Price & Anita Visser – Monitor: Woordfeesuitsending – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Esté Gross – Die vonds in die vullis – RSG
  • Johan Rademan – Lepel en snaar: Hannes Coetzee – RSG
  • Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Henk Joubert – Kerkaktueel: Stand van geloof onder SA jeug – Pretoria FM
  • Johan van Lill – Groeipyne: Spelterapie – RSG
  • Johan van Lill – Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer – RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of –teater

  • Marion Erskine – Siembamba – RSG
  • Charles Fourie – Vergifnis – RSG
  • Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater

  • Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG
  • Johan Rademan – Sarah – RSG
  • Leon van Nierop – Dag van die reuse – RSG

Beste aktrise in ’n radiodrama of –teater

  • Jana Cilliers – Pous Johannes II – RSG
  • Elma Potgieter – Dagboek van ’n wurm – RSG
  • June van Merch – Sarah Baartman – RSG

Beste akteur in ’n radiodrama of –teater

  • Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Benescke Janse van Rensburg – Oggendrooi – Tygerberg 104FM
  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
  • Anton Treurnich – Oggendprogram – Sfm

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie

  • Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6

Lees

Beste in-diepte artikel

  • Willemien Brümmer – Op soek na Welgevonden – By: Die Burger
  • Willem van der Berg – Laat jou ysterwiele rol (en rol) – Weg
  • Marguerite van Wyk – Voel jy angstig? Leer dit bestuur – Sarie

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Reneilwe Dhludhlu – Uitgelewer, uitgehonger en vergete – Beeld & Netwerk24
  • Louise Ferreira – Buite die gender-boksie – Taalgenoot
  • Suzanne Venter – Gestremdes-skandaal – Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Marelize Potgieter – ’n Sakereus ná die mooi meisie – Huisgenoot
  • Hanlie Retief – Apartheid was ’n familiekwaal – Rapport
  • Willem van der Berg – Die laaste inwoner van Waterkloof – Weg

Beste kunste-artikel

  • Willemien Brümmer – Middagete met Koos Kombuis: "Ek's nie meer dood nie" – Netwerk24
  • Murray La Vita – Soms het die digter pret – Die Burger & Netwerk24
  • Hanlie Retief – Die vrou in die storie is sy – Rapport

Beste leefstyl-storie

  • Erns Grundling – Basta met bingo, ons boogie – By: Die Burger
  • Willem van der Berg – Niemandsland het reënt gekry – Wegry
  • Daniëlla van Heerden – ’n Anderkant van Afrika – Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Koos Kombuis – Ons erfenis – Taalgenoot
  • Herman Lategan – ’n Lêplek vir die ontheemdes – Taalgenoot
  • Ivor Price – 16 Junie 1990: Vakansie in sepia – Beeld, Die Burger & Volksblad

Beste sportartikel

  • Toast Coetzer – Op sommige Saterdae in die somer – Weg
  • Marida Fitzpatrick – Hy maak my trots om van SA te wees – Netwerk24
  • Sophia van Taak – Ruiters van die windjie – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart
  • Paarl Post – Redakteur: Lise Beyers
  • Vrystaat Nuus/News – Redakteur: Marguerite Vermeulen

Beste kampuskoerant

  • Die Matie – Redakteur: Eugenie Gregan
  • Wapad – Redakteur: Jeanelle Greyling

Kyk

Verhalende genres

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Bennie Fourie & Stiaan Smith – Hotel
  • Louis Pretorius – Die Boekklub
  • Marcel van Heerden – Vryslag

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Bennie Fourie & Stiaan Smith – Hotel
  • Quentin Krog – Die Boekklub
  • Cathi Weinek – Vryslag

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Herman Binge – Die Byl
  • Zandré Coetzer, Johan Cronje & Scharl van der Merwe – Hotel
  • Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Armand Aucamp – Die Boekklub
  • Schalk Bezuidenhout – Hotel
  • Gérard Rudolf – Vryslag

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Nicole Holm – Die Boekklub
  • Franci Swanepoel – Sterlopers 2
  • June van Merch – Die Boekklub

Aktuele genres

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Jak de Priester – Reis na gister – kykNET
  • Bibi Slippers – In die bed met Bibi – Via
  • Nina Swart – Jou storie met Nina – Via

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Hein Scholtz – Kwêla: Illustreerder Leon se storiemuis – kykNET
  • Chris Thompson – Kwêla: Reghert en Vanessa van Zyl – kykNET
  • Anneli Uys – Varsity sing – kykNET

Beste joernaalprogram

  • Leroux Botha & Nina Swart – Flori & Koelsoem se kosse – Via
  • Mareli Olivier – Jou storie met Nina – Via
  • Paul Venter – Kwêla – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Bun Booyens – Megaboere – kykNET
  • Lynette Francis – Fokus – SABC 2
  • Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Karin d'Orville – Fokus: Opgemelk – Korrupsie in die melkbedryf – SABC 2
  • Danie Hefers – Fokus: Britse oorlogsbomwerper in Kenia – SABC 2
  • Alet Wright – Fokus: Amor van der Westhuyzen – Joey Haarhoff se dogter – SABC 2

Beste nuusinsetsel

  • Ulrich Hendriks – SABC Nuus: Antieke Taal – SABC 2
  • Daniëlla van Heerden – eNuus: SKA grensverskuiwend & Bloodhound – kykNET
  • Percival Young – eNuus: John Nicholson – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Karin d'Orville – Fokus: Grensverdriet – SABC 2
  • Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Megaboere: Abraham van Rooyen – kykNET
  • Werner Swart – KN Verslag: 2016 Munisipale verkiesing – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Jaco Loubser – Groen Namibië – kykNET
  • Doreen Morris – Driekuns – Via
  • Niel van Deventer – Op pad met Dana – Via

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Leonie Fourie – Ken jy my – Via
  • Christiaan Kritzinger – Weg! Agterpaaie – Via
  • Jaco Spies – Raai wat is toegedraai – Via

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Toast Coetzer & Erns Grundling – Weg! Agterpaaie – Via
  • Shimmy Isaacs – Ken jy my – Via
  • Sean-Marco Voster – Pasella – SABC 2

The post ATKV-Mediaveertjies 2017: finaliste appeared first on LitNet.


Kollokwium: Politieke wetenskap

$
0
0

Kollokwium: Politieke wetenskap
Donderdag 4 Mei 2017: NWU (Potchefstroomkampus)

In tye van onsekerheid en onbestendigheid tree die politieke wetenskap telkens na vore as voorhoede in die verstaan van nuwe kragte en tendense. Tans bevind ons as wêreldburgers, Suid-Afrikaners en akademici ons juis in so ’n tydsgewrig van onbestendigheid. Ons aanskou die vervorming van die politieke kultuur in die Westerse wêreld, die intriges van ’n beleërde maar vasberade regime-elite op eie bodem, en die enorme uitdagings wat universiteite in die gesig staar in ’n tydsgees van radikalisme en anti-intellektualisme. As individue het ons ’n mate van betrokkenheid by en belangstelling in al hierdie verwikkelinge, maar as politieke wetenskaplikes kan ons ook bydra tot die verstaan, verklaring en uitbouing van geldige en betroubare kennis rakende hierdie fenomene.

Die uitruil en kontrastering van idees en opinies speel ’n waardevolle rol in die ontwikkeling van begrip en gevorderde kennis. Dit is vanuit hierdie standpunt dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die eerste Afrikaanse kollokwium vir die Politieke Wetenskappe inisieer. Die kollokwium poog om vir politieke wetenskaplikes, hetsy dosente, navorsers of studente in die dissipline, ’n geleentheid tot vakkundige gesprek te bied. Eweneens is dit die Akademie se wens om Afrikaanssprekendes in die dissipline deur middel van die kollokwium te bemagtig, gegewe die toenemende marginalisering van Afrikaans in die hoëronderwyssektor.

Talle van Suid-Afrika se politieke kenners kry selde die geleentheid om op akademiese vlak kundigheid in hul moedertaal te deel – hier poog die kollokwium vir die Politieke Wetenskap om op ’n gereelde grondslag juis só ’n platform te bied. Ons hoop van harte dat hierdie geleentheid tot verdere belangstelling en ondersteuning vanuit die akademiese gemeenskap sal lei sodat dit in die toekoms ’n instelling op die akademiese kalender kan word.

Wynand Greffrath

Program:

09:45

Verwelkoming: Hennie de Wet

 

Sessie Een: Suid-Afrikaanse fokus
Sessievoorsitter: Wynand Greffrath

10:00

Koos Malan, UP
Die Grondwet is nie werklik oppermagtig nie

10:20

Pieter Heydenrych, NWU
Demokrasie as brandpunt in Suid-Afrika: Gedagtes rondom die demokrasie

10:40

Denis Venter, politieke navorser en voormalige direkteur van die Afrika-Instituut van SA.
Girardin se Etiese Heksagoon: Demokratiese regering en die rol van etiek en integriteit in die politiek en die openbare lewe

11:00

Theo Neethling, UV
Die problematiek van die modernisering van die SANW en sy buitelandse rol: Van Verdedigingsoorsig 1998 tot Verdedigingsoorsig 2015

11:20

Bespreking

12:00

Middagete

 

Sessie Twee: Internasionale fokus
Sessievoorsitter: Deon Geldenhuys

13:00

Eben Coetzee, UV
Die kontinuïteit van die internasionale politiek: vanaf Antieke Griekeland tot kontemporêre Amerika

13:20

Jo-Ansie van Wyk, UNISA
Emosies in die wêreldpolitiek

13:40

Anthoni van Nieuwkerk, Wits
Imperium in imperio: Die ondermyning van die demokrasie deur die diep staat

14:00

Bespreking

 

Sessie 1: Suid-Afrikaanse fokus
Sessievoorsitter
Wynand Greffrath

Referente:

Koos Malan
Professor in die Publiekreg, Universiteit van Pretoria
Die Grondwet is nie werklik oppermagtig nie

Die een denkbeeld wat die tans waarskynlik die sterkste invloed in die staatsreg, meer bepaald die hedendaagse Suid-Afrikaanse staatsreg, uitoefen, is die leerstuk van grondwetlike oppergesag. Hierdie leerstuk blyk bykans net so ’n gewigte uitwerking op die politieke wetenskap te hê.

Die geldigheidsaansprake van die leerstuk is egter onder ernstige verdenking, aangesien daar politieke kragte is wat dikwels so sterk is dat dit die Grondwet deels in die war stuur, kragte wat by behoorlike oorweging meer beslissend as die oppermagtige Grondwet self is.

Vir sover dit inderdaad die geval is, blyk die leerstuk van grondwetlike oppergesag ongeldig te wees. Politieke wetenskaplikes behoort veral lugtig vir die leerstuk te wees, aangesien die aanvaarding daarvan hulle kan verblind vir die werklike gebeure van die politiek en gevolglik realistiese politieke ontleding kan kortwiek. Indien dit gebeur – en ek is van mening dat dit spesifiek in Suid-Afrika juis gebeur – beteken dit dat die politieke wetenskap as't ware uitgelewer word aan denkbeelde wat deeglike beoefening van die politieke wetenskap in die wiele ry. Nogtans is politieke wetenskaplikes moontlik skugter om die geldigheid van die leerstuk van grondwetlike oppergesag te bevraagteken, aangesien hulle kan meen dat hulle op die terrein van die staatsreg oortree. Dit is ongegronde skugterheid, aangesien die leerstuk eerder ’n staatsregtelike aanmatiging op die gebied van die politiek is.

Die lesing sal, onder andere met verwysing na politieke gebeure in Suid-Afrika, demonstreer dat die leerstuk van grondwetlike oppergesag inderdaad wesenlik ongeldig is, dat die Grondwet inderdaad nie oppermagtig is nie, of ten minste dat dit nouliks meer as retoriese waarde het, en dat die Grondwet inderdaad deurlopend aan veranderings blootgestel word wat vanweë die uitwerking van politieke kragte dikwels drasties is, sonder dat dit hoegenaamd in die teks van die Grondwet (as dokument) neerslag vind.

Pieter Heydenrych
Vakgroep: Politieke Studie, Skool vir Sosiale en Owerheidstudie, Potchefstroomkampus, NWU
Demokrasie as brandpunt in Suid-Afrika: gedagtes rondom die aard van demokrasie

Suid-Afrika as nuwe demokrasie bied die ideale ruimte vir die ondersoek van die aard van die demokrasie as politieke verskynsel, maar ook van wat die aard van demokrasie in Suid-Afrika moet wees. Hierdie voordrag is geïnteresseerd in die eeue oue worsteling met die konsep demokrasie, soos dit veral in die tweekantigheid van verteenwoordigende demokrasie en deelnemende demokrasie vergestalt word. Die voordrag beoog om kernelemente van hierdie twee begrippe van demokrasie aan te roer en teen mekaar op te weeg. Die vraag ontstaan dan wat die implikasie daarvan vir die worsteling met demokrasie in Suid-Afrika is. Die verwante vraag tree ook na vore, naamlik na die haalbaarheid van demokrasie in Suid-Afrika, met ander woorde of die Suid-Afrikaanse demokrasie hom kan konsolideer. Die voordrag beoog dus om van die filosofiese vrae van die demokrasie met die praktyk van die Suid-Afrikaanse demokrasie in verband te bring.

Denis Venter
Politieke navorser en voormalige direkteur van die Afrika-Instituut van SA en woonagtig in Pretoria.
Girardin se Etiese Heksagoon: Demokratiese Regering en die Rol van Etiek en Integriteit in die Politiek en die Openbare Lewe

Hierdie bydrae is ’n breë teoretiese uiteensetting van relevante konsepte, gebaseer op ’n wydlopige literatuurstudie: die essensie van demokratiese regering, die intrinsieke aard en kwaliteit van integriteit en etiese optrede, die noodsaak van deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die politiek en die openbare lewe, en die enorme uitdagings wat korrupsie vir openbare diens inhou. Duidelik verkeer die wêreld en Afrika by ’n kruispad: die politiek en openbare diens kan nie langer etiese uitdagings ignoreer of afwysend daarteenoor staan nie, hoe dit ook al hanteer word. Wat vandag in die politiek en die openbare lewe voorgehou word as integriteit, etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid is grootliks afgewater. Daar is minder van ’n verwagting dat eerlikheid, openhartigheid en morele optrede sal geld, en daarom word al hoe minder ag daarop geslaan as hierdie deugde afwesig is. Die burger word gewoond gemaak aan beeldpoetsing, die glibberige uitlatings van woordvoerders, die oppervlakkige frases en eufemismes, en die verdoeseling (verskansing, geheimhouding) en vertragingstaktiek wat die politiek en die openbare lewe kenmerk. Die klaarblyklike gevolge vir ’n demokratiese samelewing en regering is nie bemoedigend nie.

Theo Neethling
Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat
Die problematiek van die modernisering van die SANW en sy buitelandse rol: Van Verdedigingsoorsig 1998 tot Verdedigingsoorsig 2015

Sedert die einde van die 1990’s was verskeie verdedigingsanaliste daarvan oortuig dat daar oormatige klem op die primêre (konvensionele) funksie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) geplaas is, en dat dit geskied het ten koste van die groeiende (internasionale) belangrikheid van die sekondêre of nietradisionele militêre rolle. Ná ’n uitgebreide proses van nasionale raadpleging het die samestellers van wat as Verdedigingsoorsig 2015 bekend geword het, in hulle finale produk erkenning gegee aan die noodsaaklikheid daarvan om die SANW se magsontwerp meer in ooreenstemming te bring met die politieke verwagting dat die SANW ’n rol in vredesteunoperasies in Afrika sal speel. Die vraag is egter of die SANW nou beter befonds gaan word om dit in ooreenstemming te bring met die blywende verwagting dat die SANW so ’n rol in Afrika sal speel, asook om ’n sleutelrol in die beoogde Afrika-bystandsmag te vervul. In hierdie referaat sal aangevoer word dat die politieke, ekonomiese en sosio-ekonomiese omstandighede nie gunstig lyk vir beter befondsingsmoontlikhede vir die SANW nie. Die rol van die SANW geniet nie tans werklik groot aandag by politici en die publiek nie en Suid-Afrika verkeer boonop in ’n ekonomiese klimaat waarin sy inwoners en belastingbetalers gebuk gaan onder lae ekonomiese groei. Hierbenewens is daar ’n hoë vlak van agterdog met betrekking tot wapenaankope wat korrupte politici tot voordeel (kan) strek. Dit wil dus voorkom asof die SANW na alle waarskynlikheid steeds met dieselfde knelpunte kan sit wat sedert die 1990's die instelling se bestaan en funksionering gekenmerk en beperkend daarop ingewerk het.

 

Sessie 2: Internasionale fokus
Sessievoorsitter:
Deon Geldenhuys

Referente:

Eben Coetzee
Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat
Die kontinuïteit van die internasionale politiek: vanaf Antieke Griekeland tot kontemporêre Amerika

Daar word vandag wyd aanvaar dat die formele bestudering én beoefening van die internasionale politiek op ’n nuwe voet staan. Die historiese oorheersing van realpolitiek, en teoretiese modelle met die belangrikheid van magspolitiek as vertrekpunt, word toenemend as anachronisties bestempel. Voorts voer liberale denkers aan dat die opkoms van die liberalisme gedurende die laat 18de eeu die aard van die internasionale politiek radikaal verander het. Daarbenewens word daar aanvaar dat die bykans universele aanvaarding van die liberale internasionale orde, verreikende tegnologiese ontwikkelinge, die magsverskuiwing van die Weste na die Ooste, en die ontwikkeling van wapens van massavernietiging die aard van die internasionale politiek verander het. Met die werk van Kenneth Waltz as teoretiese begronding, toon hierdie bydrae egter aan dat die internasionale politiek, ongeag die historiese periode of geografiese vertrekpunt, veel eerder gekenmerk word deur kontinuïteit as verandering en dat die toekoms in allerlei opsigte ’n merkwaardige kontinuïteit met die verlede sal toon.

Jo-Ansie van Wyk
Departement Politieke Wetenskappe, Universiteit van Suid-Afrika
Emosies in die wêreldpolitiek

Nuwe vakliteratuur dui op ’n hernude belangstelling in die rol en doel van emosies in die wêreldpolitiek. Daar is selfs verwysings na ’n emosionele wending in die teoretiese ontwikkeling van internasionale betrekkinge. Hierdie ontwikkelings skep die konteks vir hierdie voorstel. Die doel van hierdie voordrag is om op twee emosies, naamlik woede en vergifnis, te fokus en die voordrag sal poog om die intellektuele en praktiese nut van die bestudering van emosies uiteen te sit. Hierna volg ’n konseptuele en teoretiese uiteensetting van woede en vergifnis as emosies. Laastens word geselekteerde gevallestudies ter illustrasie aangebied.

Anthoni van Nieuwkerk
Skool vir Regeerkunde, Universiteit van die Witwatersrand
Imperium in imperio: die ondermyning van die demokrasie deur die diep staat

Enkele maande ná die verkiesing van Donald Trump as die president van die VSA word die aard van die demokrasie en gehalte van regering onder sy leierskap onder oë geneem soos nooit tevore nie. Die klag van Trump en sy raadgewers dat verskuilde nasionale sekuriteitsamptenare hom aktief ondermyn en dat die "administratiewe staat" gevolglik ontmantel moet word, laat die vraag ontstaan: tot watter mate word die politieke lewe in Westerse demokrasie deur die sogenaamde diep, verskuilde, permanente "staat binne die staat" bestuur?

Wie bepaal ’n land se nasionale politieke en sosio-ekonomiese agendas? Is dit demokraties verkose politici – die uitvoerende gesag met behoorlike oorsig deur die wetgewende gesag? En waar die verhouding versuur, word die wetgewende gesag ingespan om rigting aan te dui? Die burgerlike gemeenskap en die private sektor speel in sulke grondwetlik gestruktureerde politieke samelewings ’n bepalende rol. Of is dit ’n naïewe lees van die aard van die politiek in die konteks van die moderne Westerse staat?

Die aanbieding ondersoek die idee van ’n sogenaamde diep, verskuilde, permanente "staat binne die staat", in watter lande en onder watter omstandighede dit voorkom, en die gevolge daarvan vir die sosio-ekonomiese en politieke lewe van ’n land en sy gemeenskap. Die aanbieding sluit af met ’n blik op Suid-Afrika en die mate waartoe hy dalk onderhewig is aan die voorkeure en nukke van ’n "imperium in imperio".

The post Kollokwium: Politieke wetenskap appeared first on LitNet.

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Karel Schoeman

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die oorlye van een van Afrikaans se mees bekroonde skrywers. Schoeman was drie maal die ontvanger van die Hertzogprys vir prosa, onderskeidelik in 1970, 1986 en 1995. Bekroonde werke was By fakkellig, ’n Lug vol helder wolke, Spiraal, ’n Ander land en Hierdie lewe.  Die roman ’n Ander land staan uit as een van sy meesterwerke. Schoeman was soos die hooffiguur in laasgenoemde roman ’n eenkantmens en het die Akademie se toekennings meestal in absentia in ontvangs geneem.

Vir sy bydrae tot kultuurgeskiedenis het die Akademie hom in 1997 met die Stalsprys vereer. Ook ander pryse, onder andere vir sy niefiksiewerke, het hom in die loop van die tyd te beurt geval. Die SA Akademie subsidieer sy nuutste werk wat by Protea-uitgewers gaan verskyn onder die titel Afskeid van Europa – ’n boeiende reisverslag van ’n besoek aan groot stede in Europa. In die werk laat Schoeman profeties deurskemer dat dit sy laaste werk is en dat hy "moeg en oud is en nie meer kan nie".

The post SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Karel Schoeman appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2017: Nou oop vir inskrywings

ATKV-Onderwyskonferensie: 3 Mei 2017, Spier

$
0
0

Jayson George lyk soos ’n prokureur in sy netjiese donker pak. Hy praat soos ’n prokureur; sy woorde is goed gemoduleer en hy straal selfvertroue uit. ’n Tipiese UK-student? Ja, hy is. Tog, albei sy ouers is werkloos en hy kom nie uit een van die privaatskole van ons land nie. Nee, hy was in Glendale High, ’n skool in Mitchell’s Plain.

Jayson George

Jayson is selfs by UK ’n leier. Al is hy maar nog in sy derde jaar, is hy reeds die akademiese voorsitter van die Studenteraad vir Regstudente.

Woensdag 3 Mei 2017 het Jayson ’n ATKV-Onderwyskonferensie op Spier toegespreek om te vertel hoe Glendale High vir hom die deure oopgemaak het na sukses. Die kurrikulum kan jou nie voorberei vir die harde werk in die regskool nie, was sy boodskap; dit was deur blootstelling aan die werklikheid en die geleentheid om op skool reeds deur buitemuurse aktiwiteite te leer hoe om sy tyd te spandeer dat hy sukses kon behaal op universiteit.

LitNet het tevore al berig: “Een van die kernprobleme van Suid-Afrika is mense se sosio-ekonomiese omstandighede. Die situasie van minderbevoorregte jongmense as leerders speel ’n rol in hoe hulle presteer. Omstandighede kan nie noodwendig verander nie, maar denkwyse rondom die omstandighede kan wél” (http://www.litnet.co.za/meneer-ek-wil-net-iets-word).

Die inhoud van hierdie artikel het sigself weer aangemeld terwyl Jayson George vertel het hoe hy op skool reeds geleer het hoe om netwerke op te bou. Dit was sy onnies wat vir hom geleenthede geskep het, vertel hy. Sy omstandighede was benard, maar die onderwysers het hom anders na die lewe laat kyk.

Nog ’n student, Natheem Capaima, het ook vertel dat dit sy onderwysers was wat hom die geleenthede gegee het om bo die armoede uit te styg. Hy is die heel eerste persoon in sy hele familie wat matriek kon slaag, en nou is hy reeds ’n tweedejaarstudent in sielkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Natheem Capaima en Ruschda O’Shea

Vir hom was sy onnies by Tafelsig High soos ekstra ouers. Hy kon sien hulle gee om vir hom, daarom het hy baie hard gewerk om hulle nie teleur te stel nie. Ruschda O’Shea, die skoolhoof, hou steeds kontak met hom en steun hom steeds.

Die tema van Woensdag se konferensie was “Skoolleierskap en skoolbestuur – ’n strewe daarna om ’n kultuur van uitnemendheid in onderwys te bewerkstellig”.

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-groep, het in sy openingsrede gesê dat daar in alle gemeenskappe skole is wat uitstyg. Die ATKV het ’n pad met daardie skole begin stap.

Die hoofrede by die konferensie is gelewer deur Muavia Gallie, ’n spesialis om skole wat sukkel, weer reg te kry. Hy is die besturende eienaar van Education Moving Up en ’n direkteur van die School Turnaround Foundation.

Muavia Gallie

Hy het praktiese bewyse gelewer van arm skole wat uitstekende resultate behaal. In daardie skole is daar talle kinders met fetale alkoholsindroom en in al daardie skole is die leerkragte se houding: Gee ons ’n probleem, ons skep ’n oplossing.

Hoe doen hulle dit? Hy het een skool as gevallestudie gebruik: Zwelethemba High by Worcester is in ’n brandarm buurt, maar vir elke kind in elke graad is daar ’n teiken: Wat gaan jou punte wees in hierdie vak en hoe gaan ons – jy, die leerder en ons, die onderwysers – saam werk om dit te laat gebeur? En hierdie teikens is nie laag nie; die gemiddelde weerspieël dit wat net in Suid-Afrika se beste skole gebeur.

Die skool sluit eers 16:00 – Maandag tot Vrydag. Daar is nie huiswerk nie, want die leerders en die onderwysers werk saam om seker te maak dat elke kind se teikens in die skooldag bereik word.

Die skool het ook nie selfone verbied nie, want ’n leerder wat kan navorsing doen, vaar beter.

Verskeie ander hoofde van skole het die konferensie toegespreek. Dit is mense uit arm buurte wat goeie resultate kry. Die boodskap was uiteindelik duidelik: ’n leier in die skool wat departementshoofde motiveer en verantwoordelik hou, ’n hoof wat nie in ’n kantoor sit nie, maar aktief met die leerders en hulle ouers omgaan, en goeie beplanning, dit is wat ’n verskil maak.

Die sluitingsrede is gelewer deur Gabrielle Wills, ’n onderwysekonoom en postdoktorale genoot van Research on Socio-Economic Policy [ReSEP] in die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

Gabrielle Wills

Sy het ook verwys na arm skole wat ver bo die gemiddelde presteer. Haar span gaan soek nou daardie skole om uit te vind waarom hulle beter vaar.

Haar pleidooi was dat daar sterk gefokus moet word op die eerste drie jaar van onderrig. Ons is almal bekommerd oor matriek, maar as ons nie by die begin begin nie, gaan die probleem net aanhou. Haar voorstel is dat die regering ’n beleid moet instel dat elke kind aan die einde van graad 3 funksioneel moet kan lees en verstaan wat hulle lees – in hulle moedertaal en in Engels. As ons dit kan regkry, gaan die res van die onderwys outomaties beter raak.

Foto's en teks: Izak de Vries

The post ATKV-Onderwyskonferensie: 3 Mei 2017, Spier appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van resensies van Afrikaanse boeke wat in April 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in April in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

Maandag 3 April

Maandag 10 April

Maandag 24 April

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in April die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

Dinsdag 4 April

1. Hartsnaar deur Cecilia Steyn
2. Angelique en die Boekanier deur Dina Botha
3. God praat Afrikaans deur HemelBesem
4. Die Suid-Afrikaanse melktertversameling deur Callie Maritz en Mari-Louis Guy

Dinsdag 11 April

1. EldersMy 1 025 km te voet langs die Camino deur Erns Grundling
2.’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler
3. Soettand deur Koelsom Kamalie en Flori Schrikker
4. Smeul deur Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer en Leonie Scholtz

Dinsdag 18 April

1. As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss
2. Elim deur Helena Hugo
3. My eerste diere-atlas deur Wendy Maartens
4. My wonders-van-die-wêreld-atlas
5. Agent Snoet en die windlawaai deur Francois Bloemhof

Dinsdag 25 April

1. Griet skryf ’n sprokie deur Marita van der Vyver
2. Die naamlose deur Mariël le Roux
3. Paulus deur Adrio Kònig
4. Isabella deur Mariël le Roux
5. Skool is ’n riller deur Marianna Brandt
6. Ses blinde muise en ’n olifant deur Jude Daly
7. Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin deur Marissa Greeff
8. Bring nature back to the city deur Ernst Wohlitz

Huidige stand van die boekbedryf (25 April)

 

In die bed met Bibi

Bibi Slippers het in April met die volgende skrywers op VIA TV (DStv-kanaal 147) gesels:

In haar reeks gesprekke met lesers oor wat hulle lees en hoekom, het Bibi gesels met:

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies het in April op LitNet verskyn:

Koors deur Deon Meyer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp

"Die mantel van spekulatiewe fiksie bied Meyer wel die vryheid om te speel met groot idees soos dat die drastiese verlaging van die menslike bevolking sal help om die aarde se biosfeer te herstel. Maar Koors ondersoek ook die komplekse verhouding tussen die mens en die natuur, die fyn balans tussen beskawing en animalistiese aard en die mens se reg op die aarde se hulpbronne."

Suid-Afrika se Grensoorlog 1966–1989 deur Willem Steenkamp: ’n resensie

Izak de Vries

"Willem Steenkamp se werk oor die grensoorlog is ’n knap, breë oorsig wat in toeganklike taal met hope foto’s vertel word. Ek beveel dit aan vir alle wit mans wat diensplig gedoen het, en ook vir hulle gades."

Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop: ’n resensie

Org Potgieter

"Aanhangers van Leon van Nierop sal nie teleurgesteld wees met hierdie boek nie. Nuwe lesers sal besef waarom hy een van die topverkopers is en hoekom Sielsmokkelaar ná 20 jaar herdruk is."

Baas Baba deur Marla Frazee: ’n resensie

Anke Theron

"Baas Baba is ’n lekker tong-in-die-kies boek vir toekomstige mammas, veral as daar ’n boetie of sussie betrokke is."

Te veel sorge deur Hans Pienaar: ’n resensie

Louise Viljoen

"Die idee is dus dat elkeen van die verhale wat in hierdie bundel of roman-in-stukke opgeneem is, iemand se 'sorge' verteenwoordig. Die verhale word dus saamgebind deur die feit dat dit gaan oor ’n wye spektrum van mense se sorglike lewenservarings, hulle sondes, skuldgevoelens, boetedoenings, onsekerhede en vertwyfelings."

Die vreemde China onder die knie van Elkarien Fourie

Etienne Britz

Etienne Britz bespreek Elkarien Fourie se boek oor China aan die hand van sy eie ervarings van dié oeroue, eksotiese, maar vinnig moderniserende land.

Jan Smuts: Afrikaner sonder grense by Richard Steyn – a book review

Bill Nasson

"At the heart of this absorbing portrait – within a ribcage that contains much else – lies the enigmatic contradiction of Smuts, a revolving mask that his latest biographer does a good job of lifting."

Man van Cirene deur FA Venter: ’n resensie

Phil van Schalkwyk

"Waarmee die leser hier gekonfronteer word, is ’n soort Bybelse toerisme waarby hy, byna soos tydens die Passiespel, Bybelse en Bybels-geïnspireerde taferele voor hom sien afspeel."

Die meisie op die bus en ander liefdesverhale: ’n resensie

Juliana Coetzer

"Die bundel is ’n samestelling van Doc Immelman se verhale wat in die jare 1955 tot 1965 in tydskrifte soos die destydse Die Huisgenoot en Sarie Marais gepubliseer is. Almal met die liefde as tema – al 13 van hulle."

Eindspel deur Wilna Adriaanse: ’n resensie

Elbie Adendorff

"Tipies Adriaanse is die ingewikkelde storielyn en die karakters wat nie eensydig en stereotipies uitgebeeld word nie."

Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Louise Viljoen

"Dit is die produk van ’n digter volkome in beheer van sy vak. Veral is dit die werk van iemand wat met sy ingehoue, maar tog dringende stem die vermoë het om tot ’n wye spektrum van lesers te spreek."

Daar is ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende April op LitNet geplaas:

Multivers deur Hennie Smith: ’n onderhoud

Trisa Hugo, Hennie Smith

"Mense is so besig dat hulle nie sommer gedigte lees nie, veral nie as dit oor trivialiteite gaan nie. ’n Gedig moet streef na ewigheidswaarde: dit moet die leser of luisteraar met impak tref."

Flora se geheime taal deur Madine Swart: ’n onderhoud

Herman Lategan

"Die boek is ’n nostalgiese reis deur die geskiedenis, volksname en simboliese betekenisse van ons inheemse plante. Dis ’n ’navorsingsverslag' oor die emosionele waardes wat mense aan plante heg, maar sonder die swaar wetenskaplike taal en met ’n bietjie humor daarby."

My pad met die doodsengel deur Belinda Bras-Nel: ’n onderhoud

Belinda Bras-Nel

"Met hierdie boek wil ek regtig dat mense hul vrese rondom die dood konfronteer en die opsie oorweeg dat die siel ewig is en hul geliefdes nog steeds toeganklik is vir insigte en begeleiding."

Koeëlreën deur Wollie Wolmarans en Japie Bogaards, ’n onderhoud

Wollie Wolmarans, Naomi Meyer

"Die misdadiger laat nooit (amper nooit) sy wapen op ’n misdaadtoneel nie, maar uit die doppies kan ek as deskundige baie inligting verkry en selfs uit die koeëlgate kan daar baie geleer word."

Van plek-plek na Elders

Gerrit Rautenbach, Erns Grundling

"Erns sit sy hand op my skouer en kyk my vierkant in die oë. Met so ’n skewe glimlag. 'Walk it off ...' Ek glo dis tyd vir ’n vliegkaartjie Spanje toe."

 

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het in April in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

Sondag 2 April

Sondag 9 April

Sondag 16 April

Sondag 23 April

Sondag 30 April

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 April 2017

Ilse Salzwedel gesels met Wilna Adriaanse, skrywer van Eindspel, die opvolg op die baie gewilde Dubbelspel. Wilna deel skryfraad en praat oor die effek wat lesers se verwagtings op die skryfproses kan hê. Johan Myburg praat in sy internasionale letterkunde-bydrae onder meer oor die groei in Afrika se kortverhaalkuns, en die Nederlander Rutger Bregman se boek Utopia for Realists.

Woensdag 12 April 2017

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wie se boek ’n Goeie dag vir boomklim, nou in Engels uitgegee gaan word deur ’n Britse uitgewer. Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans gesels oor dié organisasie se bedrywighede. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde en praat onder meer oor Wolf Ehrlbruch se prys vir Eend, dood en tulp, ’n kinderboek wat in talle tale vertaal is. Luisteraars kry ook meer inligting oor die Walter Scott-prys, die Folio-prys en ’n virtuele poësiemuseum in Amsterdam.

Woensdag 19 April 2017

In die plek van vanaand se gewone Skrywers en Boeke saai ons Die Woordketting uit wat tydens vanjaar se US Woordfees opgeneem is. Die digters Diana Ferrus, Philip de Vos en Andries Bezuidenhout vermaak met variasies op bekende gedigte wat deur Susanne Beyers voorgelees word.

Woensdag 26 April 2017

Ilse Salzwedel gesels met Ronel Nel oor haar debuutroman, Pelgrimshoop. Sy vertel ook watter Afrikaanse skrywers onlangs internasionale deurbrake gemaak het. En Johan Myburg vertel meer oor die Cervantes-prys en die boeke op die Manbooker-kortlys.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 April 2017

Erik Holm lees sy gunsteling-gedigte.

Vrydag 14 April 2017

Jesus Christus se kruisiging en die aanloop daarna het talle digters al genoop om dit te verwoord. In die proses het ons ’n ryk skat van verse daaroor. Ook die opstanding is vol emosie en verwondering wat mense soos IL de Villiers, WEG Louw, Sheila Cussons, Lina Spies en vele meer geïnspireer het tot die skepping van uitstekende werk. Luister op Goeie Vrydagoggend om 11:00 na ’n spesiale Vers en klank waarin hierdie gebeure herdenk word met poësie en musiek wat die luisteraar sal wegvoer na die vernederende offer wat Chritus vir ons deurgemaak het. Die verse word gelees deur Bernard Odendaal, Margot Luyt en Dean John Smith en die musiekkeuse is gemaak deur Tharien Oosthuizen.

Dinsdag 18 April 2017

Bernard Odendaal lees verse oor herfs.

Dinsdag 25 April 2017

Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel Hierdie mens.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende April die volgende boeke bespreek: 

3 April

10 April

24 April

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Hier is die skakels na die skriftelike weergawes van resensies wat Hambidge gedurende April op Fine Music Radio gelewer het:

Skakels na boekbesprekings in vorige maande vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings. In Maart is onder meer resensies van nuwe boeke deur Marita van der Vyver, Erns Grundling, Nathan Trantraal en Deon Meyer.

 

 

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2017 appeared first on LitNet.

Skryf jou gedig vir ATKV/Kuier-gedigtekompetisie in

$
0
0

Trek jou pen en papier nader, want dit is weer tyd vir ATKV en Kuier se gedigtekompetisie. Alle aspirantdigters, jonk en oud word aangemoedig om deel te neem en om hul kreatiwiteit in Afrikaans met ons te deel.

Daar is groot kontantpryse op die spel en jou gedig sal in Kuier gepubliseer word.

Die prysgeld in die senior kategorie (volwassenes ouer as 18 jaar) is soos volg:

Eerste plek: R5000
Tweede plek: R4000
Derde plek: R3000

In die junior kategorie (graad 8 tot graad 12-leerders) lyk die pryse so:

Eerste plek: R3000
Tweede plek: R2000
Derde plek: R1000

Die kompetisie sluit om 30 Junie stiptelik om 12:00.

Vir meer inligting klik hier.

The post Skryf jou gedig vir ATKV/Kuier-gedigtekompetisie in appeared first on LitNet.

ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek 2017: Leer ’n taal

$
0
0

Vanjaar vier die ATKV en die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Skool vir Tale weer die rykdom van Suid-Afrika se meertaligheid op 19 en 20 Mei 2017. Die tema van vanjaar se vierde ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek is Leer ʼn Taal, en taalliefhebbers gaan weer tydens die geleentheid die kans kry om deel te neem aan verskeie aktiwiteite in Aucklandpark en Soweto.

Vanjaar val die klem op die praktiese sy van meertaligheid danksy nuwe vennote, soos die Taaleenheid van UJ wat vanjaar vir die eerste keer betrokke is met hulle jaarlikse meertalige leeskompetisie. Die eenheid ondersteun die idee dat die aanleer van tale kulture verbind en meertaligheid bevorder, en op hierdie manier tale bewaar vir komende geslagte. Die Departement Afrikatale vorm vanjaar ook deel van die ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek, en versterk daarmee die bevordering van Afrikatale tydens program.

Die ATKV en UJ wil die waarde van meertaligheid vier deur die geleentheid so meertalig as moontlik te hou. Een van die maniere waarop meertaligheid bevorder word, is deur die verskaffing van tolkdienste. Volgens Anne-Marie Beukes, waarnemende hoof van die Departement Linguistiek, maak simultane tolking dit moontlik dat mense intyds aan ’n gesprek in die taal van hulle keuse kan deelneem. “’n Vreemde taal hoef nie meer ’n struikeblok in goeie kommunikasie te wees nie.”

Die program is lekker volgepak met aktiwiteite vir leerders sowel as onderwysers. Op Vrydag 19 Mei van 09:00 tot 11:00 word die Talethon, ’n meertalige vasvrakompetisie, vir graad 9-leerders by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Kingsway-kampus gehou. Die doel van die kompetisie is om leerders vertroud te maak met meer as een taal (Afrikaans, Zoeloe en Noord-Sotho) en om ʼn liefde vir ons land se tale te help ontwikkel.

Soweto gaan op Saterdag 20 Mei op verskeie vlakke meertalig wees. Kinders en volwassenes van regoor Gauteng gaan in Protea Glen by Itemogele Primary bymekaar kom vir ’n pretdag wat ’n meertalige leeskompetisie vir leerders, danse en taalklasse gaan insluit. Lede van die publiek en taalliefhebbers sal die geleentheid kry om eerstehandse ervaring op te doen oor hoe Afrikaanse klasse in Soweto aangebied word. Die Afrikaans-in-Sowetoprojek is ’n gesamentlike projek van die ATKV en die Departement Afrikaans van UJ waar kinders en ook volwassenes op informele en prettige wyse Afrikaans aanleer. Dit gaan nie net oor die aanleer van Afrikaans nie, maar Afrikaanssprekendes kan ook op hierdie dag in Soweto die geleentheid kry om ʼn bietjie Tswana aan te leer.

UJ se Departement Afrikaans bied op hierdie Saterdag ook ’n werkswinkel vir Afrikaansonderwysers op die Sowetokampus van UJ aan. Volgens Donovan Lawrence is dit ’n unieke geleentheid vir onderwysers wat self Afrikaans as ’n tweede of derde taal praat om verder toegerus te word. Hierdie werkswinkel het in verlede al onderwysers toegerus met innoverende en verfrissende klaskamertegnieke, en vanjaar kan onderwysers weer inspirasie uit die werkswinkel put.

“Die meertaligheidsgeleentheid in samewerking met die Universiteit van Johannesburg se Skool vir Tale word vir die vierde keer aangebied en dit illustreer weer eens die ATKV se verbintenis tot nasiebou deur middel van meertaligheid,” sê Karien Brits, bestuurder: taal van die ATKV.

The post ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek 2017: Leer ’n taal appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans se stellingname oor volgehoue kunssensuur aan die Universiteit Kaapstad

$
0
0

PEN Afrikaans neem met misnoeë kennis dat geen vordering nog gemaak is in die sage van kunswerke wat uit sekere lokale van die Universiteit Kaapstad verwyder is nie.

Feite oor die aangeleentheid bly vaag en die universiteit se gebrek aan openheid maak dit nog moeiliker om feite met feite te vergelyk.

PEN Afrikaans reageer dus op die feite wat wel in die openbare domein bekend is: In 2016 is sekere kunswerke, waaronder werke deur een van PEN Afrikaans se lede, Breyten Breytenbach, uit die openbare oog verwyder. ’n Lys van die verwyderde werk is hier beskikbaar.

Dat werk verwyder is, word deur Max Price, die visekanselier, en Sandra Klopper, ’n professor in kunsgeskiedenis, bevestig in ’n openbare brief aan studente, werknemers van die universiteit en alumni.

Price en Klopper sê verder:

The decision to cover and take down some works is motivated by two concerns: the first is to signal that we have started a process of debate and discussion about how works of art should be displayed on campus, and that we will respond to this debate with seriousness and urgency. The second is in recognition of our custodial obligation to protect our art collection, especially those works of art that have become controversial (whether for good reason or not), noting that in the absence of an art gallery, almost all of UCT’s art is displayed in public spaces. This is necessary while we conduct the discussions about how and where these works should be displayed. 

Dit is nou reeds meer as ’n jaar later en verskeie rolspelers het al gevra om toe te tree tot die “process of debate and discussion”. Van die universiteit se kant was daar egter nog geen sigbare poging nie, wat ’n mens laat wonder oor die universiteit se “seriousness and urgency” rakende hierdie kwessie.

Hierdie aangeleentheid is vandeesmaand onder die loep gebring deur Yves T’Sjoen, ’n hoogleraar in Nederlandse letterkunde aan die Universiteit Gent. T’Sjoen versoek in ’n beswaarskrif die bestuur van die Universiteit Gent, wat ’n uitruilooreenkoms met die Universiteit Kaapstad het, om hulle stem te laat hoor en die verontwaardiging van die akademiese gemeenskap oor hierdie sensuur tot uitdrukking te bring. 

PEN Afrikaans het begrip vir die feit dat die universiteitsbestuur die instansie se kunsversameling wil beskerm nadat verskeie kunswerke in Februarie 2016 gedurende die #FeesMustFall-opstande verbrand is. Geen PEN-sentrum kan egter die kunssensuur wat nou daarop gevolg het, stilswyend aanvaar nie.

Die tweede punt van PEN Internasionaal, van wie PEN Afrikaans ’n lid is, se handves stel dit immers baie duidelik: “Onder alle omstandighede, veral in ’n staat van oorlog, moet alle kunswerke, die erfstukke van die algehele mensdom, onaangeraak word deur nasionale of politieke passie.” 

PEN Afrikaans doen hiermee, saam met ’n groeiende koor van stemme, ’n beroep op die Universiteit Kaapstad om enige kuns wat verwyder, of afgesper, is, weer aan die publiek beskikbaar te stel.

 

PEN Afrikaans's statement on the continued censorship of art at the University of Cape Town

PEN Afrikaans notes with dismay that no progress has been made in the saga regarding artworks that have been removed from certain public spaces at the University of Cape Town.

Facts about the matter remain vague and the university's lack of openness makes it even more difficult to compare facts with facts.

PEN Afrikaans therefore responds to facts that are known in the public domain: In 2016 certain artworks, including works by one of PEN Afrikaans' members, Breyten Breytenbach, were removed from the public eye. A list of the removed work is available here

Their removal was confirmed by Max Price, the vice-chancellor, and Sandra Klopper, a professor in Art History, in a public letter to students, university employees and alumni.

Their letter also said:

The decision to cover and take down some works is motivated by two concerns: the first is to signal that we have started a process of debate and discussion about how works of art should be displayed on campus, and that we will respond to this debate with seriousness and urgency. The second is in recognition of our custodial obligation to protect our art collection, especially those works of art that have become controversial (whether for good reason or not), noting that in the absence of an art gallery, almost all of UCT’s art is displayed in public spaces. This is necessary while we conduct the discussions about how and where these works should be displayed. 

It has now been over a year later and several role players have already asked to join the "process of debate and discussion". From the university, however, there was still no visible attempt to allow for it, which makes us wonder about the university's “seriousness and urgency” regarding this issue.

This issue has been addressed quite sharply this month by Yves T'Sjoen, a professor of Dutch literatures at Ghent University. T'Sjoen requested a statement by the management of Ghent University, which has an exchange agreement with the University of Cape Town, to make their voices heard and express the indignation of the academic community on the continued censorship. 

PEN Afrikaans has sympathy with the need of the university management to protect its art collection after several works from the collection were burned during the #FeesMustFall protests in February 2016. However, no PEN centre can silently condone the ensuing art censorship.

The second point on the charter of PEN International, of which PEN Afrikaans is a member, reads: "In all circumstances, and particularly in time of war, works of art, the patrimony of humanity at large, should be left untouched by national or political passion." 

PEN Afrikaans hereby joins a growing number of voices appealing to the University of Cape Town to allow public access to any art that has been removed or covered up.

The post PEN Afrikaans se stellingname oor volgehoue kunssensuur aan die Universiteit Kaapstad appeared first on LitNet.

Veer in die hoed vir mediapresteerders

$
0
0

Nie net is Afrikaans nie, maar ook die media, deurentyd onder skoot vanweë verskeie redes en diverse agendas. Maar Vrydagaand is daar vir ’n paar uur van die uitdagings en spertye vergeet en tydens die jaarlikse ATKV-Mediaveertjies gefokus op die belangrike rol wat die media in die samelewing speel.

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is by die Lyric Teater by Gold Reef City met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. Gaste is op luisterryke wyse deur Bennie Fourie en Lynelle Kenned, onderskeidelik gasheer en gasvrou vir die aand, vermaak. Hulle is bygestaan deur Charl du Plessis Trio en soliste. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het die media bedank vir die rol wat hulle speel en die wyse waarop hulle hul beiteltjies (met verwysing na NP van Wyk Louw se bekende gedig) met verantwoordelikheid hanteer.

Volgens Gouws is die media se taak groter as om net na sirkulasiesyfers, na luister- of kykergetalle te kyk en ook groter as om net in te lig, op te voed en te vermaak.

“Die Afrikaanse mediawêreld, en die ATKV, het oor die jare getoon dat ons verstaan wat NP van Wyk Louw bedoel het. Dit wat die media doen, en dit wat die ATKV doen, slaag die toets wat die huidige tydvak in die Suid-Afrika se geskiedenis van ons vereis. Maar ons sal ons beiteltjies moet aanhou slyp. Ons sal onsself moet aanhou vergewis, ’n beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel wil wees. Dankie dat daar meer waarde uit die beitels spruit en minder skade. Vir Afrikaans, vir die media, vir Suid-Afrika is dit noodsaaklik.”

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

Die wenners is soos volg:

LUISTER

Martelize Brink

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: Yolande Korkie – RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers – RSG

Beste joernaalprogram

  • Martelize Brink – Seks en jy – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Suzanne Paxton – Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Johan van Lill – Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer – RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of –teater

  • Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater

  • Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG

Beste aktrise in ’n radiodrama of -teater

  • June van Merch – Sarah Baartman – RSG

Beste akteur in ’n radiodrama of -teater

  • Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie

  • Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6

LEES

Willem van der Berg

Beste in-diepte artikel

  • Willem van der Berg – Laat jou ysterwiele rol (en rol) – Weg

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Suzanne Venter – Gestremdes-skandaal – Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Hanlie Retief – Apartheid was ’n familiekwaal – Rapport

Beste kunste-artikel

  • Hanlie Retief – Die vrou in die storie is sy – Rapport

Beste leefstyl-storie

  • Willem van der Berg – Niemandsland het reënt gekry – Wegry

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Ivor Price – 16 Junie 1990: Vakansie in sepia – Beeld, Die Burger & Volksblad

Beste sportartikel

  • Sophia van Taak – Ruiters van die windjie – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart

Beste kampuskoerant

  • Die Matie – Redakteur: Eugenie Gregan

KYK

Verhalende genres
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Louis Pretorius – Die Boekklub

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Quentin Krog – Die Boekklub

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Gérard Rudolf – Vryslag

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • June van Merch – Die Boekklub

Aktuele genres

Nina Swart

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Nina Swart – Jou storie met Nina – Via

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Hein Scholtz – Kwêla: Illustreerder Leon se storiemuis – kykNET

Beste joernaalprogram

  • Leroux Botha & Nina Swart – Flori & Koelsoem se kosse – Via

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Alet Wright – Fokus: Amor van der Westhuyzen – Joey Haarhoff se dogter – SABC 2

Beste nuusinsetsel

  • Ulrich Hendriks – SABC Nuus: Antieke Taal – SABC 2

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Megaboere: Abraham van Rooyen – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Doreen Morris – Driekuns – Via

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Jaco Spies – Raai wat is toegedraai – Via

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Sean-Marco Vorster – Pasella – SABC 2

Die mediawêreld lewer ook jaarliks nuwe, opkomende talent op wat groot belofte vir die toekoms inhou en daarom het die ATKV ook vanjaar ’n opkomende joernalis vir sy/haar bydrae vereer.

Vanjaar se waardige wenner was Cyril Blackburn van Maroela Media. Die beoordelaars, Elna Rossouw en Wilma de Bruin, is dit eens dat sy onderhoude met mense oor ’n verskeidenheid van onderwerpe getuig van al die kwaliteite wat ’n redakteur in ’n gesoute joernalis soek. “Hy skryf in die mooiste Afrikaans, het ’n fyn waarnemingsin en kry dit reg dat mense hul harte vir hom oopmaak.”

Foto's: verskaf

The post Veer in die hoed vir mediapresteerders appeared first on LitNet.

Rymkletser HemelBesem by die WAT

$
0
0

HemelBesem (Foto: Naomi Bruwer)

Die Afrikaanse rymkletser Simon Witbooi, beter bekend as HemelBesem, is op 26 Mei die gas by die volgende Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.  Simon is ’n gebore Namakwalander en het reeds sewe albums uitgereik, almal in Afrikaans.  Hy is versot op woorde en sê van Afrikaans: "Dis so kleurryk en sóét, ons taal, man! Ek probeer al hierdie verskillende aksente en uitdrukkings weer opgrawe en versprei."

HemelBesem kom praat oor sy eerste boek God praat Afrikaans wat vroeg in 2017 verskyn het.  Hy sal ook die gaste vermaak met sy talent as rymkletser.

Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en HemelBesem kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Cecile of Tanja voor of op 24 Mei by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

The post Rymkletser HemelBesem by die WAT appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Op Werkersdag vanjaar het een van die grootste Afrikaanse skrywers ons ontval. Karel Schoeman se dood op 77 het die Afrikaanse letterkunde geskud.

Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, het ná sy dood die volgende geskryf:
“Karel Schoeman se dood kom as ’n groot skok, maar op 'n vreemde manier maak dit sin. Karel Schoeman het alles op 'n eie, unieke manier gedoen. Ook sy heengaan. As uitgewer het mens kennis gemaak met iemand wat enersyds baie formeel en afstandelik kon wees, en andersyds intens medemenslik, iemand wat omgegee het vir die wel en wee van mense. Dit is eienskappe wat ook blyk in sy outobiografiese Die laaste Afrikaanse boek, maar om in die praktyk daarmee kennis te maak, het my altyd diep onder die indruk gebring van hoe ’n besonderse mens hy werklik was. Ek het ook ondervinding van die maniere waarop hy sy formidabele navorsingsvernuf tot ander mense se voordeel kon inspan, iets wat dan ook neerslag gevind het in sy niefiksie en veral sy werke oor die Vrystaat en ons ouerland, Nederland. As mens het hy hom nie maklik laat ken nie, maar in die geledinge van sy romans is dit duidelik dat hy 'n groot waarnemer van gedrag en emosie was, en dat sy afstand op die mensdom nie 'n volledige afsluiting was nie.”

Schoeman se afskeid en vertrek laat 'n geweldige leemte, maar die letterkundige werke en geskiedskrywing wat hy nagelaat het, is 'n kultuurskat waarvoor ons innig dankie sê.

Digitale e-boekboewery

Izak de Vries, ’n bestuurslid van PEN Afrikaans, het op 19 April vanjaar ’n wenk van die publiek gekry dat ’n geheime Facebook-groep e-boeke verniet weggee, en selfs teen ’n nominale prys verkoop, sonder om die gelde wat gemaak word na die skrywers te herlei.
 
Izak het die bestuur in kennis gestel en hy het in samewerking met Marga Stoffer, PEN Afrikaans se ondervoorsitter, dié saak opgevolg. Die wederregtelike bedrywighede is met die hulp van SAFACT se E-Taskteam stopgesit.
 
De Vries het kort daarna ook ’n tweede webwerf ontdek waar die aanbieders en gebruiker hulle aan soortgelyke kopieregskending skuldig maak - http://ebooks.spectech-it.co.za/ Ook hierdie webtuiste was gekoppel aan ’n Facebook-blad.
 
Die laasgenoemde webwerf het gratis e-boeke aangebied, asook die moontlikheid om in te teken teen R50 per maand of R480 per jaar. Dit is nie op sigself verkeerd nie, maar by nadere ondersoek het De Vries vasgestel hierdie webwerf bied boeke deur LAPA- en NB-skrywers aan vir 'n nominale bedrag van ongeveer R10 elk. Skrywers soos Chanette Paul, Deon Meyer, Helene de Kock en Dina Botha is egter skrywers wie se boeke goed verkoop teen veel hoër, markverwante pryse. Daar was ook geen aanduiding dat hierdie kopiereghouers enige inkomste van dié betrokke webwerf sou ontvang nie.
 
De Vries en Stoffer het nogmaals opgevolg en met behulp van SAFACT is ook hierdie webwerf se aktiwiteite beëindig.
 
In die lig van hierdie voorvalle, versoek PEN Afrikaans sy lede om ons asseblief dadelik in kennis te stel, indien iemand van soortgelyke webtuistes of Facebook-bladsye bewus word. Ons skrywers kan uiteraard nie sulke digitale boekdiefstal bekostig nie.

PEN Afrikaans se stellingname oor volgehoue kunssensuur aan die Universiteit Kaapstad

PEN Afrikaans neem met misnoeë kennis dat geen vordering nog gemaak is in die sage van kunswerke wat uit sekere lokale van die Universiteit Kaapstad verwyder is nie.

Feite oor die aangeleentheid bly vaag en die universiteit se gebrek aan openheid maak dit nog moeiliker om feite met feite te vergelyk.

PEN Afrikaans reageer dus op die feite wat wel in die openbare domein bekend is: In 2016 is sekere kunswerke, waaronder werke deur een van PEN Afrikaans se lede, Breyten Breytenbach, uit die openbare oog verwyder. ’n Lys van die verwyderde werk is hier beskikbaar.

Dat werk verwyder is, word deur Max Price, die visekanselier, en Sandra Klopper, ’n professor in kunsgeskiedenis, bevestig in ’n openbare brief aan studente, werknemers van die universiteit en alumni.

Price en Klopper sê verder:

The decision to cover and take down some works is motivated by two concerns: the first is to signal that we have started a process of debate and discussion about how works of art should be displayed on campus, and that we will respond to this debate with seriousness and urgency. The second is in recognition of our custodial obligation to protect our art collection, especially those works of art that have become controversial (whether for good reason or not), noting that in the absence of an art gallery, almost all of UCT’s art is displayed in public spaces. This is necessary while we conduct the discussions about how and where these works should be displayed. 

Dit is nou reeds meer as ’n jaar later en verskeie rolspelers het al gevra om toe te tree tot die “process of debate and discussion”. Van die universiteit se kant was daar egter nog geen sigbare poging nie, wat ’n mens laat wonder oor die universiteit se “seriousness and urgency” rakende hierdie kwessie.

Hierdie aangeleentheid is vandeesmaand onder die loep gebring deur Yves T’Sjoen, ’n hoogleraar in Nederlandse letterkunde aan die Universiteit Gent. T’Sjoen versoek in ’n beswaarskrif die bestuur van die Universiteit Gent, wat ’n uitruilooreenkoms met die Universiteit Kaapstad het, om hulle stem te laat hoor en die verontwaardiging van die akademiese gemeenskap oor hierdie sensuur tot uitdrukking te bring. 

PEN Afrikaans het begrip vir die feit dat die universiteitsbestuur die instansie se kunsversameling wil beskerm nadat verskeie kunswerke in Februarie 2016 gedurende die #FeesMustFall-opstande verbrand is. Geen PEN-sentrum kan egter die kunssensuur wat nou daarop gevolg het, stilswyend aanvaar nie.

Die tweede punt van PEN Internasionaal, van wie PEN Afrikaans ’n lid is, se handves stel dit immers baie duidelik: “Onder alle omstandighede, veral in ’n staat van oorlog, moet alle kunswerke, die erfstukke van die algehele mensdom, onaangeraak word deur nasionale of politieke passie.” 

PEN Afrikaans doen hiermee, saam met ’n groeiende koor van stemme, ’n beroep op die Universiteit Kaapstad om enige kuns wat verwyder, of afgesper, is, weer aan die publiek beskikbaar te stel.

Hierdie stellingname is tweetalig op ons webportaal beskikbaar. Klik hier om dit te lees en/of verder per e-pos of op sosiale media te deel.

'n Gesamentlike verslag deur PEN International, PEN Afrikaans en PEN South Africa oor die stand van uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika

Ons het verlede jaar ons lede se aandag gevestig op die Universal Periodic Review-verslag oor die menseregteklimaat in Suid-Afrika, wat  PEN Afrikaans in September 2017 in samewerking met PEN South Africa en PEN International op uitnodiging van die Hoë Kommissaris van die Menseregte Raad (Human Rights Council) in Genève voorgelê het.

Hierdie verslag is intussen bygewerk en 'n nuttige opsomming van die strekking en kernpunte daarin vervat, is in April vanjaar op PEN International se webwerf gepubliseer. Belangstellendes kan hier klik om dit te lees.

In dié verslag, wat uiteraard in Engels geskryf en voorgelê is, word die volgende maatreëls aan die hand gedoen om uitdtukkingsvryheid in Suid-Afrika te waarborg:

• Ensure the Protection of State Information Bill meets the standards and requirements of both the South African Constitution and of the country’s commitments to international statutes and treaties before it is passed into law;
• Ensure the public broadcaster, the South African Broadcasting Corporation, meets its legal and moral obligations to provide access to information and to enable the freedom of expression of all;
• Provide adequate training to ensure that all law-enforcement agencies fully understand the legal protections afforded to members of the press, and their responsibilities in enforcing them;
• Amend the Cybercrimes and Cybersecurity Bill so that it achieves the protections sought in the safest way, taking into consideration the freedom of expression clauses in the Constitution and protection of the public interest;
• Schedule public hearings at the National Assembly during the passage of the Cybercrimes and Cybersecurity Bill at which civil society can put forward their views;
• Repeal criminal defamation and ‘insult’ laws, making defamation and insult a civil offence, and provide leadership on the African continent to help repeal similar laws in other countries;
• Amend the Film and Publication Board’s regulations and the Films and Publications Amendment Bill to ensure that regulation of the internet and online media do not unlawfully restrict freedom of expression and the free exchange of ideas;
• Drop proposals to introduce legislation providing for a statutory Media Appeals Tribunal and instead allow the Press Council to continue its voluntary ethical stewardship of the media;
• Amend the National Key Points Act and the Protection of Constitutional Democracy Against Terrorist and Related Activities Act to ensure that they are fully compatible with South Africa’s obligations under international law to protect freedom of expression;
• Promote the highest standards of human rights in its foreign policy, including at the UN Human Rights Council;
• Investigate allegations of restrictions in the education system against use of indigenous languages on school premises and codes of appearance including hairstyle and ensure that students are able to express themselves freely.

Resensiekursus lok groot belangstelling

In ons April-nuusbrief het ons 30 voornemende resensente genooi om in te skryf vir een van twee resensiekursusse, aangebied deur Netwerk24 in samewerking met NB-Uitgewers en PEN Afrikaans. (Klik hier vir meer besonderhede.)

Dié twee dag lange kursusse word aangebied op Saterdag 3 Junie in Mediapark in Johannesburg, en op Saterdag 5 Augustus by NB-Uitgewers in Kaapstad.

Die aanbieder van die kursus in Johannesburg is die skrywer Francois Smith, wat die laaste twee jaar ook ’n dosent in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat is. In Kaapstad neem die bekende skrywer en resensent Kerneels Breytenbach kursusgangers deur hul passies.

Die sluitingsdatum vir aansoeke was 30 April, maar beide kursusse was binne enkele dae reeds vol.

Jo Prins, die redakteur van Boeke24, is in sy noppies: "Die reaksie was so entoesiastes dat ons waarskynlik volgende jaar in ál vier windrigtings resensiekursusse sal moet aanbied. En die bestaande noordelike en suidelike kursusse se lokale sal moet skuif sodat 'n mens minstens dubbel soveel mense kan akkommodeer."

PEN Afrikaans sien uit daarna om later vanjaar resensies van die deelnemers op ons webportaal te publiseer.

Trippel-7-deelnemers op RSGOom  Bokkie Saal en Oom Peetie Swartz

In ons Maart 2017-nuusbrief het ons verslag gedoen oor die Trippel-7-projek se terugkeer na die Noord-Kaap onder leiding van Anzil Kulsen, 'n bestuurslid van PEN Afrikaans. (Klik hier vir foto's en besonderhede.)

Gedurende die Trippel-7-skryfskool, wat in Februarie vanjaar aangebied is, het Haidee Muller van RSG onderhoude gevoer met van die interessante deelnemers. Verskeie van hierdie merkwaardige gesprekke is intussen uitgesaai. Skakels na Haidee se onderhoude met Moryn Hanzen en Katriena Brekfis is in ons Maart-nuusbrief te vinde. 

Intussen is nog twee van hierdie klein hoorbeelde uitgesaai:

Oom Peetie Swartz van Upington se pa was 'n skaapwagter, en sy ma kon koningskos maak met veldkruie. Haidee Muller het Oom Peetie op Upington ontmoet. Hy het haar vertel van sy liefde vir gedigte skryf. Van hierdie gedigte is nou saamgevat in 'n klein bundel. Klik hier vir die potgooi.

Die oud-skoolhoof Oom Bokkie Saal het vir Haidee vertel van Kakamas, sy hartsplek, en sy gedigte wat hy oor die jare heen neergepen het. Klik hier vir die potgooi.


Haidee Muller praat met Oom Bokkie Saal.

Die wenners van die 2017 UJ-pryse

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van genres heen toegeken. Die pryse is die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom moet in die voorafgaande kalenderjaar (2016) en in Afrikaans gepubliseer wees.

Vir die 2017 UJ-pryse is altesaam 68 titels ingeskryf, waarvan 16 debute. Die inskrywings het ’n wye verskeidenheid tekste verteenwoordig, waaronder dié van gevestigde, bekroonde en nuwe digters, kortverhaalskrywers en romansiers; gerekende en gewilde en nuwe skrywers van misdaadfiksie, spanningsverhale en psigologiese rillers; ook historiese tekste en historiese romans, essays, kortkuns, biografieë, outobiografieë en outobiografies gemerkte tekste. Altesaam 12 digbundels is ingeskryf – waarvan ses debute. En twee dramas – een ’n debuut.

PEN Afrikaans sê hartlik geluk aan vanjaar se twee wenners, Bibi Slippers en John Miles. Slippers is met die 2017 UJ-debuutprys vir haar digbundel Fotostaatmasjien bekroon, terwyl Miles die 2017 UJ-prys vir sy agtste roman, Op ’n dag, ’n hond, ontvang het.

Klik hier vir meer inligting oor die pryswenners en wenboeke.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is, waaronder skakels na die langer weergawes van onderhoude wat Bibi Slippers gedurende April met skrywers en lesers gevoer het. Vir die eerste keer is daar ook skakels na die boekresensies wat Joan Hambidge in die afgelope maand op Fine Music Radio gelewer het.

Indien jy weet van ander publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Mei

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste vir Mei kan hier afgelaai word. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2017 appeared first on LitNet.

’n Visie vir Afrikaans

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs hul bekronings vir 2017 bekendgemaak. Die Erepenning vir ’n Afrikaanse Radiodrama is op 11 Mei by die WAT in Stellenbosch aan Marita van der Vyver toegeken vir haar radiohoorspel Genade. Andries Visagie het by die geleentheid ’n toespraak gelewer oor ’n visie vir Afrikaans. Hier is sy volledige toespraak.

1. Inleiding

Vir hierdie visie vir Afrikaans benader ek my onderwerp noodwendig vanuit my posisie as ’n Afrikaanse letterkundige, nie as ’n taalkundige wat ontwikkelinge in die taal met ’n fyn wetenskaplike oog dophou nie. Ek besef egter dat almal wat erns met Afrikaans maak, ’n bydrae kan lewer om saam te dink oor die pad vorentoe vir Afrikaans. My visie neem die onlangse woelinge op taalgebied as vertrekpunt en is grotendeels ’n persoonlike en baie tydsgebonde inskatting van die uitdagings en potensiële groeipunte vir Afrikaans. My argumente wil ek graag koppel aan die volgende paar sake: die energieë wat in die Afrikaanse taalgemeenskap aanwesig is, die rol van Afrikaanse instellings, die variëteite van Afrikaans en, onvermydelik, die status van Afrikaans as onderrigtaal by universiteite.

2. Twee komplementêre energieë in die Afrikaanse taalgemeenskap

In die Afrikaanssprekende gemeenskap is daar tans twee gelyklopende energieë aanwesig wat op die bevordering van Afrikaans gerig is. Aan die een kant is daar diegene wat met mening ’n strydvaardige houding inneem en nie skroom om op taalregte vir Afrikaans aan te dring nie, dikwels met gepaardgaande regsaksies. Hiervan is die bedrywighede van bewegings soos die Gelyke Kanse-inisiatief en Solidariteit goeie voorbeelde, veral rondom die regsaksies wat hulle tans oor die taalbeleide van verskillende universiteite aanvoer. Aan die ander kant is daar inisiatiewe wat veral op kultuurgebied belangrike werk doen om die Afrikaanse taal en kultuur uit te bou. Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, die Vriende van Afrikaans, die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die onderskeie kunstefeeste is enkele voorbeelde van instansies wat hierdie bevorderingstaak ernstig opneem. Wat egter jammer is, is dat hierdie twee energieë selde by mekaar kers opsteek om hulle eie werkstrategieë op te skerp en doelmatiger te maak. Die taalregtegroepe is geneig om soms ’n skril en vir sommige bevreemdende diskoers te voer, terwyl die taal- en kultuurbevorderingsgroepe soms vassteek in ’n naïewe oortuiging dat dit voldoende is om gewoon energiek Afrikaans te praat en geleenthede te skep vir kultuurbeoefening sonder dat hulle behoorlik rekening hou met magstryde wat dramatiese gevolge vir Afrikaans inhou. Dit is belangrik dat al hierdie instansies hulle gewaardeerde aktiwiteite voortsit, maar daar ontbreek tans ’n wenformule wat die bevordering van kulturele uitnemendheid sal kombineer met ’n verbeeldingryke veldtog om taalregte te verseker. Die twee energieë moet begin om sterker van mekaar kennis te neem om uiteindelik saam te vloei in ’n rigting wat daadwerklike resultate sal verseker. Taalstryders kan baie leer by die sjarme en entoesiasme waarmee iemand soos Marlene le Roux van die SBA haar werk konstruktief aanpak; kultuurgroepe kan weer gerus moeite doen om die grondige historiese kennis van iemand soos Hermann Giliomee en die regskundige dissipline van Jan Heunis of Danie Rossouw by hulle projekte in te bou.

3. Die belang van Afrikaanse instellings

Met hierdie opmerkings raak ek reeds aan ’n verdere saak wat aandag verdien indien ’n mens oor ’n visie vir Afrikaans praat. Miskien steek daar waarheid in die digter en vertaler Daniel Hugo se opmerking by die Tuin van Digtersfees in 2016 dat die infrastruktuur van Afrikaans besig is om van bo af in duie te stort. Ek vermoed hy het hier veral die situasie by universiteite soos Stellenbosch, Pretoria, die Vrystaat en Unisa in gedagte wat vir jare lank deel was van hierdie infrastruktuur wat Afrikaans in haar hoër funksies help bevorder het, maar met nuwe pro-Engelse taalbeleide daarvoor gesorg het dat 2016 in sommige kringe as ’n krisisjaar vir Afrikaans bekend geword het. Die infrastruktuur van Afrikaans sluit egter ook die verskillende instellings in wat toegewy is aan die handhawing en bevordering van Afrikaans. Dit sluit uiteenlopende institusies soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Taalraad, die Afrikaanse media, sekerlik ook die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, geloofsgemeenskappe en die verskillende kultuurorganisasies soos die SBA, die ATKV en die FAK in. Met die politieke toneel in Suid-Afrika wat tans besonder onstabiel is met rommelstatusse wat oral rommel, korrupsie en wanbestuur wat gedy en befondsing wat in elke denkbare kruik opdroog, is dit noodsaaklik dat die skade wat hierdeur ook aan Afrikaans berokken word, gestuit word deur die versterking en vernuwing van die institusies wat oor baie jare heen tot stand gekom het om na die belange van Afrikaans om te sien. Indien die instellings wat aan Afrikaans toegewy is, verstewig word, kan dit ook lei tot verbeterde kohesie in die breër Suid-Afrikaanse samelewing en kan dit bydra tot groter stabiliteit en welvaart landswyd. As jong student tydens ’n uitwisselingsbesoek aan Frankryk is ek by geleentheid deur my gashere saamgesleep na ’n lesing oor “Les institutions de France” waarvan ek destyds min gesnap het, maar wat vir my in die huidige klimaat toenemend sin maak. In roerige tye is dit belangrik om na die welsyn van gevestigde instellings om te sien om te verhoed dat vinnige verval en demoralisering intree.

Die Afrikaanse instellings verdien dus groter steun en koestering, al is dit waar dat hulle dikwels sterk vergrysend en stowwerig voorkom. ’n Stewige eetlepel sprankel à la Bibi Slippers, HemelBesem of Marita van der Vyver sal byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se stram litte baie losser kan maak. Ek dink hier aan die jaarlikse bekroningsgeleenthede van die Akademie wat gewoonlik maar saai en ouderwets verloop. Baie kan geleer word by die verbeeldingryke manier waarop NB-uitgewers byvoorbeeld hulle bekroningsgeleenthede aanpak. Seremoniemeesters word van buite gewerf om met woema die verrigtinge te lei en die gehoor word getrakteer op commendatio’s wat nie almal voorspelbaar op die verhoog voorgelees word nie, maar ook deur middel van vooraf verfilmde insetsels op ’n skerm vertoon word. Uiteraard is daar ook baie ander moontlikhede om vernuwing te bewerkstellig sonder om aan die waardigheid van die Akademiegeleenthede afbreuk te doen. Dit is egter belangrik dat jonger akademici en kultuurwoelgeeste vir Afrikaans op maniere betrek word wat hulle uitdaag én met begeestering vervul. En die beste manier om hierdie doelwit te bereik, is om hulle aktief in te sluit by verrigtinge op ’n manier wat jeugdige energie met die gewig van jare lange tradisies en volgehoue prestasies kombineer.

4. Die krag van taalvariasie

Die Afrikaanse taalgemeenskap kan nie nalaat om historiese en voortslepende verdeeldheid in eie geledere met erns hoog op die agenda te plaas nie. Ek voel hier bemoedig deur die suksesse van die ATKV, die Afrikaanse Taalraad, die Vriende van Afrikaans, die SBA en meer onlangs ook Afrikaans.com om erkenning aan diversiteit te gee, ook al klink diversiteit soms na ’n begrip wat los en vas benut word en soms gebruik word om vingers na belangegroepe te wys wat op die bevordering van sterk omlynde doelwitte ingestel is. Ek sien uit na die dag dat wit, bruin en swart Afrikaanssprekendes met vanselfsprekendheid eienaarskap van hul taal sal neem en dat bruin sprekers van Afrikaans pogings om hulle taalvariante as tweederangs voor te stel met die nodige minagting sal bejeën. Die kragtige stemme wat tans in Kaaps opklink, vind ek besonder opwindend. As ’n mens luister na die Kaaps in ’n film soos Noem my skollie of in ’n drama soos Amy Jephta se uitstekende Kristalvlakte, besef jy hoe absurd dit is om Kaaps as ’n “joke taal” af te kam. Erns, verfyning en ’n sterk intellektuele ingesteldheid spreek uit hierdie twee belangrike kunswerke in Kaaps. Diegene wat ’n sterker vastrapplek vir Kaaps bepleit, verdien elke geleentheid om dit te doen en dit sal ons almal baat indien ons met belangstelling en daadwerklike ondersteuning ruimtes soek vir Kaaps om gehoor te word in forums waar dit vir te lank uitgesluit was. Laat woorde soos kwaailappies, dala (redeneer of doen) en haraam (verbode) meer algemeen op radio en televisie gehoor word. Dit is vanselfsprekend dat Kaaps nie as die enigste taal van bruin Suid-Afrikaners in die verskillende uithoeke van Suid-Afrika en Namibië beskou moet word nie, maar die energie waarmee daar tans in Kaaps gewoeker word, is seker een van die opwindendste ontwikkelinge op taalgebied tans. Dit is tyd dat ons die woorde van die digter Shirmoney Rhode met erns bejeën wanneer sy opmerk dat die kinders by die skool waar sy Afrikaans gee, geneig is om eerder Engels te praat omdat hulle binne die meer formele konteks van die skoolgronde geïnhibeer voel om Kaaps met vrymoedigheid te praat. Dit open opnuut die debat oor die wenslikheid van die herstandaardisering van Afrikaans om die grootste variëteit van Afrikaans ’n betekenisvolle plek binne Standaardafrikaans te gee. Of sou dit as ’n daad van koöptering beskou word om Afrikaans uit ’n moeilike fase van sy bestaan te help red? Oor die ingewikkelde saak van herstandaardisering kan die doktorale navorsing van Gerda Odendaal van die WAT ongetwyfeld beter lig werp as wat ek as letterkundige kan doen.

Wat vir my egter vas staan, is dat historiese onreg en verdeeldheid sover moontlik ongedaan gemaak moet word deur middel van Afrikaans as ’n deur tot nuwe geleenthede en as versoeningstaal. Uitreikaksies na ander taalgemeenskappe kan die vorm aanneem van die oprigting van ’n Afrikaanse taalsentrum op die patroon van die Duitse Goethe-Instituut of die Alliance Française in ’n stad soos Durban waar die reeds beperkte uitstraling van Afrikaans onlangs verder ingekort is met die skrapping van Afrikaans as vak by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Taalkursusse en kultuurgeleenthede wat die samekoms van Afrikaanse kunstenaars met eweknieë uit die verskillende taalgemeenskappe in KwaZulu-Natal fasiliteer, mag berge versit in die proses van versoening in hierdie provinsie met die tweede grootste bevolking in Suid-Afrika. Die implikasies van die Afrikaanse spreekwoord “onbekend maak onbemind” behoort in ’n belangrike provinsie soos KwaZulu-Natal aktief teengewerk word.

5. Afrikaans as onderrigtaal by universiteite

So kort ná die seisoen van inkrimping en verlies waartydens Afrikaans by ’n aantal Afrikaanse universiteite drasties ingekort is, is dit moeilik om met visioenêre gedagtes oor die mistroostige situasie vorendag te kom. Hofstryde woed nog hier en daar voort, maar dit wil voorkom asof die Suid-Afrikaanse Grondwet onvoldoende is om betekenisvolle gelyke regte vir tale te verseker, selfs in streke waar Afrikaans sterk verteenwoordig word. Die Universiteit Stellenbosch, wat tot onlangs nog die enigste oorblywende universiteit was wat Afrikaans as onderrigtaal benut het in die Wes-Kaap, waar feitlik 50% van die totale bevolking Afrikaans as huistaal het, het bes gegee en besluit om in ’n nuwe taalbeleid eerder alle regte vir Engels as onderrigtaal te verseker. Die enigste waarborge vir Afrikaans wat oorbly, is kursusraamwerke in Afrikaans, Afrikaanse tutoriale, die reg om vrae in Afrikaans te stel en om skriftelike werk in Afrikaans in te lewer. Afrikaans wat vir dekades lank as ’n aanwins en as ’n saak van konstruktiewe ontwikkeling beskou is, word nou ’n lastigheid en as ’n struikelblok vir transformasie beskou.

Ek ontvang berigte van Stellenbosse studente wat kla dat in hulle tydens hul Engelstalige lesings van dosente opmerkings moet aanhoor soos: “Afrikaanse studente is julle ook by?” Afrikaanse agterossies moet ook in die kraal kom, maar dalk moet ek verkieslik agrariese beeldspraak soos hierdie vermy en sê: “Afrikaans students should also be brought into the fold of the English language consensus.” Daar is naamlik gekies vir die sussende gerief van die Engelstalige konsensus ten koste van die intellektuele skerpheid wat ’n akademiese gesprek in Afrikaans kan bydra. Dit is ’n oorblyfsel van ’n gekoloniseerde mentaliteit om op eie tale, tradisies en prestasies neer te kyk en om konsekwent die voormalige koloniale heersers na te kwaak.

Ek is terdeë bewus van die kompleksiteite rondom hierdie saak en dat selfs universiteite in Nederland deesdae sukkel om onderrig in Nederlands voort te sit te midde van die aandrang op internasionalisering met Engels as voertaal. Die probleem is egter toenemend dat kiesers oral in die wêreld hulle bedenkinge uitdruk oor die waarde van ongebreidelde internasionalisering en al hoe meer beskermend word oor die koestering van hul eie belange en eie kontekste. Met die krisis in hoër onderwys in Suid-Afrika weens gebrekkige befondsing is dit ook onduidelik of internasionale mededingendheid werklik haalbaar gaan bly. Dit is waarskynlik dat die plaaslike konteks al hoe belangriker vir universiteite gaan word. Die Universiteit Stellenbosch kan nie werklik bekostig om die Afrikaanssprekende gemeenskap verder te vervreem nie, want dit is goed moontlik dat juis hierdie gemeenskap in die hoofsaaklik Afrikaanssprekende Boland sal moet inspring om die universiteit deur ’n moeilike finansiële tyd te dra.

Ek het my bedenkinge daaroor of Engels uiteindelik voldoende sal blyk om vernuwende navorsing en akademiese uitnemendheid globaal te verseker. Engels word soms as die nuwe Latyn voorgehou, maar dit verwys terug na ’n tyd in die Middeleeue toe Latyn die funksie van die universele akademiese taal beklee het. Soos ons uit die geskiedenis weet, was dit eers met die Renaissance en die gepaardgaande oplewing in plaaslike tale dat ontwikkeling met rasse skrede in Europa begin versnel het. Latyn kon nie voldoen aan die eise vir vernuwende denke en die ontwikkeling van nuwe kennis nie. Hopelik sal die wêreldwye verskuiwing na Engels in die hoër onderwys nie tot afstomping en stagnasie lei nie. Gelukkig is Engels immers, ander as Latyn, ’n springlewendige taal met groot soepelheid en ’n sterk uitstralingsvermoë.

By die onlangse Woordfees in Stellenbosch was daar ’n interessante interaksie tussen ’n groep besorgde Afrikaanse studente en oudregter Albie Sachs wat sy gehoor probeer paai het oor die kwynende status van Afrikaans in die hoër onderwys. Hy het hoog opgegee oor die prestasies van die Suid-Afrikaanse Grondwet, maar uiteindelik laat blyk dat Afrikaanssprekendes dalk maar eerder hulle reg moet opeis om deur middel van private inisiatiewe aan Afrikaanse onderrig te laat gestalte gee. Private inisiatiewe is sekerlik waardevol, maar dit is nietemin ’n redelike verwagting vir Afrikaanssprekende belastingbetalers dat die staat ook vir hul taalbehoeftes voorsiening moet maak.

Tans is daar in baie oorde ’n gelate tevredenheid oor die lewenskragtigheid van die Afrikaanse media, die florende Afrikaanse boekemark en kunstefeeste met talle Afrikaanse produksies van gehalte. Ek hoop van harte dat dit so sal voortduur, maar indien die hoër funksies van Afrikaans toenemend gekniehalter word, sal dit sekerlik ’n uitkringeffek hê na die breër kulturele veld. Om hierdie gevaar teen te werk, is dit belangrik om die volgende riglyn paraat te hou: streef daarna om op alle gebiede gehalte in Afrikaans na te streef. As prestasie en uitnemendheid die kenmerk van Afrikaans bly, sal dit nie misgekyk word nie. Belangrik is egter dat hierdie uitnemendheid met groter oorgawe as ooit vantevore gedeel moet word met landgenote vir wie Afrikaans dikwels ’n geslote boek bly.

6. ’n Laaste gedagte

Die gebeure van 2016 rondom Afrikaans het weer eens bevestig dat Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse samelewing, net soos tydens die Soweto-opstande 40 jaar gelede, steeds as krisisgeleier geld. As dinge êrens begin borrel en kook oor Afrikaans, is dit maar te dikwels ’n aanduiding van ’n aanstormende groter krisis. By universiteite was uitdagings oor die status van Afrikaans as onderrigtaal eintlik maar net die openingsalvo in die groter #FeesMustFall-veldtog wat sommige universiteite vir maande lank lamgelê het en in werklikheid die groter probleme in die regerende party help ontbloot het. Dalk kan ’n mens selfs praat van Afrikaans as ’n geliefde krisisgeleier in Suid-Afrika en is dit interessant dat dit die geneigdheid het om die fokuspunt van soveel onstuimigheid te wees. Op ’n aweregse manier erken Suid-Afrikaners die stemvurkfunksie van Afrikaans binne die breër samelewing wanneer spanninge na Afrikaans gedeflekteer word. Dit is egter ’n las vir die taal om as fokuspunt vir al hierdie strydpunte te dien.

Ter samevatting wil ek beklemtoon wat die toekomsvooruitsigte vir Afrikaans sal verstewig. Indien die bestaande energieë in taal- en kultuurbewegings met groter naatloosheid gekombineer kan word om bevorderingswerk op kultuurgebied met ’n aktivistiese ingesteldheid aan te vul en om aan taalaktivisme terselfdertyd ’n aantreklike en konstruktiewe vonk te verleen, is baie al gewen. Ek het verder ’n pleidooi gelewer vir die verstewiging van Afrikaanse instellings deur vernuwende inisiatiewe om hulle voor te berei vir ’n meer leidende rol in die Afrikaanse gemeenskap. Ek het ook verwys na die sterk ontluikende kragte binne Kaaps wat aanmoediging verdien; en as dit sou gebeur dat Kaaps aan die deur van Standaardafrikaans kom klop vir groter invloed, is dit ’n proses wat die geleentheid gegun moet word om sy loop te neem. Die gevoel van verlies oor die kwynende plek vir Afrikaans in die hoër onderwys moet eerder die wyk neem voor ’n nuwe vasberadenheid om kwaliteit in Afrikaans te lewer, nie net om te verseker dat die taal vir sy sprekers aantreklik bly nie, maar ook om deur prestasie sprekers uit ander tale te besiel om in Afrikaans nuwe geleenthede aan te gryp.

The post ’n Visie vir Afrikaans appeared first on LitNet.

Afrikaweek 2017: Investeer in die jeug deur taal

$
0
0

“Die tema vir Afrikaweek 2017, Ontsluiting van die demografiese dividend deur investering in die jeug, vereis nuwe denke oor die verhouding tussen taal en opvoeding in Suid-Afrika,” sê Sinki Mlambo, direkteur van die Afrikaanse Taalraad (ATR).

Sinki Mlambo

Mlambo, wat gister by ’n mini-aanlynkonferensie oor taal en ontwikkeling gepraat het, noem dat Suid-Afrika se jeug benadeel word deur die onderwysstelsel wat nie op alle vlakke voorsiening maak vir leer in die inheemse tale nie. “Huistaal is die belangrikste faktor in ’n leerder se prestasie op skool,” sê sy. Hierdie standpunt word deur ’n onlangse WNNR-studie (Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad) oor huistaal en skoolprestasie bevestig, veral ten opsigte van vakke soos wiskunde en wetenskap.

Ria Olivier

"Die idee dat die land se inheemse tale nie gebruik kan word om komplekse kwessies te verduidelik nie, is op ’n koloniale mite gebaseer", sê Ria Olivier, ATR-programbestuurder. “Leerders kan Engels en vakke soos wiskunde baie beter deur hulle moedertaal bemeester. Hulle het kwaliteitopvoeding in die taal wat hulle die beste verstaan nodig.” Onderwysers moet dus geleer word hoe om klaskamers met kinders vanuit ’n verskeidenheid van taalagtergronde te hanteer, ’n algemene situasie in baie skole.

Conrad Steenkamp

“Taal kan gebruik word om die jeug te ontwikkel en die ekonomie te transformeer,” sê Conrad Steenkamp, hoof van die ATR. “Dis nie ’n koste nie, maar ’n hulpbron. Dis nie ’n probleem nie, maar ’n oplossing. Ons sal ons denke oor taal en opvoeding dringend moet verander.”

The post Afrikaweek 2017: Investeer in die jeug deur taal appeared first on LitNet.

“My P-woord is Pa”: HemelBesem en YOMA by die WAT

$
0
0

Op Vrydag 26 Mei het die Woordeboek van die Afrikaanse Taal weer ’n Woordpret-geleentheid in Stellenbosch aangebied. Die rymkletser HemelBesem was die gas, en het as ’n verrassing ook sy vrou, die hip-hop-kunstenaar YOMA, saamgebring.

HemelBesem en YOMA

HemelBesem het bietjie oor sy boek God praat Afrikaans gesels, en hy en YOMA het die gehoor deur hul woordkuns ’n blik gegee op waar hulle vandaan kom en die pad wat hulle gestap het tot nou. As tema het hulle albei op hulle pa’s se rol in hul lewens gefokus.

Teen die Hennie Aucamp-gedenkmuur is ’n aanhaling van dié ikoon wat veral gepas is vir wat mense soos HemelBesem en YOMA vir Afrikaans doen:

Miskien moet ons ophou om “Afrikaans! Afrikaans!” te skree, maar doodgewoon Afrikaans só praat en skryf dat dit sy geldigheid as medium in een taalsituasie na die ander demonstreer.

Hier is ’n paar foto’s en video’s van die geleentheid.

HemelBesem: "Die verlede van Afrikaans is soos mis. Maar dit maak goeie kompos vir iets wat kan groei."

Willem Botha oorhandig HemelBesem se geskenk: ’n bottel “Sluk jou woordeˮ-wyn en die woord “hemelbesem”

The post “My P-woord is Pa”: HemelBesem en YOMA by die WAT appeared first on LitNet.


Dis jou koesister en my koeksister

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die ATKV en LAPA Uitgewers het op Saterdag 20 Mei 2017 gesamentlik Internasionale Museumdag gevier met ’n spesiale byeenkoms in die Paarl.

Michael Jonas, die direkteur van die ATM, het vertel Museumdag word jaarliks, wêreldwyd, op of rondom 18 Mei gevier sedert dit in 1977 deur die Internasionale Komitee van Museums ingestel is. “Die doel daarvan is om mense bewus te maak van die belangrike rol wat museums in die samelewing speel. Vanjaar se tema is ‘Museums en omstrede geskiedenisse: sê die onsêbare in museums.’ Ons viering sal fokus op die Afrikaanse gemeenskap se koserfenis – ons het nie almal dieselfde tradisies nie, maar wel baie gedeelde erfenisse wat voorheen soms misken is en wat ons nou kan omarm.”

Chantelle de Kock, kurator van die Taalmuseum, het die gaste vertel van die eerste Afrikaanse kookboek, wat geskryf is deur 'n Engelse vrou, Elizabeth Jane Eckley. Sy was met ’n Nederlander, Jan Hendrik Dijkman, getroud. Hulle van is later as Dykman geskryf. So het dit gekom dat JE Dykman die skrywer van die eerste Afrikaanse kookboek was.

Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het oor die herkoms van die woorde koeksister en koesister gesels. Beide woorde is reeds in 1960 in die WAT opgeneem, maar dit was mans wat aan die stuur van die WAT was en hulle het nie mooi verstaan dat daar ’n verskil is tussen die sagte koesister, wat in klapper gerol word, en die harde, gevlegte koeksister nie. Die oorspronklike inskrywing meng die twee resepte dus.

Dié inskrywing sal nou reggestel word, aangesien woordeboeke deesdae elektronies gemaak word.

Drie bobaasbakkers het toe oor die onderwerp “Dis my koeksister en jou koesister” gesels. Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, van Bonteheuwel in die Kaap, het bekendheid verwerf met die deel van hul resepte op RSG. Hulle het reeds twee kookboeke uitgegee en het hul eie kookprogram, Flori en Koelsoem se kosse, op televisie. Die derde deelnemer was Gonny du Plessis, voorsitter van die Suider-Paarl-tak van die Vroue Landbouvereniging (VLV). Sy is al amper 40 jaar by die VLV betrokke.

Shireen Crotz, van die US Woordfees se WOW, was die gesprekleier.

Die gevlegte koeksister word van ’n stywe deeg gemaak wat in olie gebak word en dan in yskoue stroop gegooi word. Die koesister met die klapper word in olie gebak en dan in warm stroop gegooi voor dit met klapper bestrooi word.

Koelsoem Kamalie het vertel dat sy as jong meisie al geleer het hoe om koesisters te bak. Omdat hulle arm grootgeword het, is die koesisters toentertyd van aartappels gemaak – ’n resep wat sy steeds vandag gebruik.

Gonny du Plessis van die VLV het vertel dat sy in ’n Nederlandse huis met oliebolle grootgeword het. Sy het later eers geleer hoe om die gevlegte koeksisters te maak.

Flori Schrikker het in Brooklyn grootgeword en daar het sy by 'n Boeretannie geleer hoe om gevlegte koeksisters te bak. Sy het egter as jong meisie ook geleer hoe om die geklapperde koesister te bak.

Flori en Gonny het saamgestem: suurlemoenskil moet in die deeg en die stroop kom; dit maak jou koeksisters bobaas.

Sal die lekkernye voortleef? Die paneel dink wel so. VLV het programme om jongmense te leer hoe om die baktradisies voort te sit, en boeke soos Kook saam Kaaps en Soettand sal maak dat die Kaapse kookkuns nie sommer vergeet sal word nie.

Die rieldansgroep die Betjies van Betjiesfontein het voor en ná die tyd almal vermaak met hulle passies. Die jongmense het ook die gehoor betrek; hulle was ware ambassadeurs vir die riel.

Ná hulle optrede by die Taalmuseum moes die Betjies nog deurry na Worcester; die ATKV se streekuitdunne vir die rieldans het daar plaasgevind.

The post Dis jou koesister en my koeksister appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Rymklets met Jitsvinger op Jeugdag

$
0
0

Die gewilde rymkletser Jitsvinger kom toor met woorde by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Jeugdag-viering op 16 Junie 2017 by Klein Nederburg Sekondêre Skool in die Paarl.

Jitsvinger is die gasspreker en sal ook ’n kort werkswinkel oor rymklets in Afrikaans aanbied.  Die gratis program vind van 10:00 tot 12:00 plaas. Dit sluit ook ’n optrede in deur die plaaslike rymkletsgroep Getuie$, asook ’n oopmikrofoonsessie (waarvoor belangstellendes vooraf moet inskryf).


Die uitvoerende kunstenaar Quintin Goliath, beter bekend as Jitsvinger, is ’n gevestigde skrywer, komponis, opvoeder en musikant van die Kaapse Vlakte. Hy beskryf homself as ’n “multifasetkunstenaar met hope kreatiwiteit en kultuur te spaar”. Hy het onlangs teruggekeer van sy tweede Nederlandse toer, hierdie keer met die musikale teaterproduksie South African Road Trip: Celebrating Life. Jitsvinger werk tans aan sy tweede album ná die suksesvolle afskop van sy loopbaan met die vrystelling van Skeletsleutel in 2006. Hy is ook in Junie in die Kunstkaap te sien in Smoortjies & Smoothies met Mervyn Africa.

Volgens  Michael Jonas, die Direkteur van die ATM, wil die ATM met hierdie geleentheid die diversiteit van Afrikaanse musiek vier, veral onder jongmense. “Rymkletsers is digters in hul eie reg wat op ’n byderwetse wyse jongmense bewus maak van die rykheid van ons taal en poësie,” sê Jonas.

Toegang is gratis, maar bespreking is noodsaaklik. Bespreek by Nkita Pietersen by 021 872 3441 of student@taalmuseum.co.za. Vir meer inligting oor die ATM, besoek www.taalmuseum.co.za of volg die Taalmonument op Facebook, Twitter of Instagram.

The post Persvrystelling: Rymklets met Jitsvinger op Jeugdag appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Noord-Kaapse SAPD se taalbeleid onder skoot

$
0
0

“Die nuwe taalbeleid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in ’n streek soos die Noord-Kaap is nie volhoubaar nie en sal dienslewering benadeel,” sê Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR). “Ons doen ’n beroep op die SAPD om die dispuut wat weens die beleid ontketen is, by wyse van gesprek en konsultasie op te los.”

Volgens ’n direktief van die Noord-Kaapse adjunk-provinsiale kommissaris, moet alle verklarings voortaan in Engels afgelê word en word polisielede verplig om verklarings wat in Afrikaans afgelê word self in Engels te vertaal.

Volgens Ria Olivier, ATR-programbestuurder, sal die beleid ’n wig tussen die gemeenskappe en die SAPD indryf. “Die polisie kan nie goeie diens aan die gemeenskap lewer as hulle nie die gemeenskap se taal gebruik nie. Die polisie se eie werk sal ook hieronder ly. Nie sommer enige tweetalige mens kan vertalings doen nie, en verklarings wat op hierdie manier afgeneem is, sal onbetroubaar wees en hofsake beduiwel.”

Volgens Steenkamp vorm die SAPD se skuif in die Noord-Kaap ongelukkig deel van ’n wyer patroon wat veel verder as Afrikaans strek. “Die verengelsing van die staat val onbewustelik terug op Britse koloniale idees oor taal en die beheer van onderdanige bevolkings. Wyle Neville Alexander het reeds in die 1990's gemaan dat meertaligheid ’n voorvereiste vir demokrasie in Suid-Afrika is.”

Die Taalraad hoop dus om binnekort met die Noord-Kaapse SAPD in gesprek te kan tree oor die nuwe taalbeleid.

The post Persvrystelling: Noord-Kaapse SAPD se taalbeleid onder skoot appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van resensies van Afrikaanse boeke wat in Mei 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in Mei in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

Maandag 1 Mei

Karel Schoeman-huldeblyke:

Maandag 8 Mei

Maandag 15 Mei

Maandag 22 Mei

Kyk: Marita wil kultuur van 'rap'poësie kweek

Donderdag 25 Mei

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Mei die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

Dinsdag 2 Mei:

  1. Vermis deur Jeanette Stals
  2. Keur 12 deur Ettie Bierman
  3. Die Mannheim-sage 1 deur Lerina Erasmus
  4. Leer hoe laat dit is

Dinsdag 9 Mei:

  1. Doodsroeper deur Rika Cloete
  2. Queen of the Free State – a Memoir deur Jennifer Friedman
  3. Vratjievrug-Bliksembos en ander Magaliesbergbome deur Naas Grove
  4. Die Smurfies – Aktiwiteitsboek 1 & 2

Dinsdag 16 Mei:

  1. Helende liefde deur Anna Penzhorn
  2. Om te dans deur Noreen Nolte
  3. ’n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030 deur Frans Cronje
  4. 50 sop- en broodgeregte

Dinsdag 23 Mei:

  1. Knapsekêrels deur Pieter Fourie
  2. Die mense langsaan deur Elsa Hamersma
  3. The Historical Overberg deur Chris Schoeman
  4. Om te skryf

Dinsdag 30 Mei:

  1. Vlerke vir almal deur Marion Erskine
  2. Kweek kinders met karakter deur Hettie Brittz
  3. Kamikaze deur Rudie van Rensburg
  4. My bruidsboek deur Christine Ferreira en Marielle de Vos

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144). Op 26 Mei is ’n hele uitsending aan boeke gewy met spesiale klem op boekontwerp en die nuwe fokus op die visuele sy van boeke:

Boeke op Instagram:

Elmari Rautenbach oor boekontwerp:

Richard Myburgh oor boekontwerp:

Onderhoud met Marion Erskine oor Vlerke vir almal:

In die bed met Bibi

In Mei is die volgende boekgesprekke op VIA TV (DStv-kanaal 147) uitgesaai:

Skrywers en boeke:

Lesersonderhoude:

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Kaalvoet tot in die Drakensberge

Koos Kombuis
Resensies

Koos Kombuis vertel hoe Elders deur Erns Grundling en Dansend met die lewe: In die jeug van veroudering deur Kobus Anthonissen hom gehelp het om ’n naweek in die Drakensberge betekenisvol te maak.

Gulp: Kaapse paragrawe deur Johann de Lange: ’n resensie

Danie Botha
Resensies

"Tussen die menigtes in die Goue Akker en met sielige musiek wat speel, beland sy agter twee netjiese jongmans met aktetasse. Bo die geraas hoor sy een vir die ander een vra: 'So, how’s your sex life?'"

Die Poort: Helers deur Nelia Engelbrecht: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Nelia kwyt haar goed van haar taak om die leser vas te vang, byna soos in ’n surrealistiese borrel vol avontuur en bonatuurlike gebeure."

Web deur Naomi Meyer: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Een van die hoofredes waarom Web ’n sterk en oorspronklike bydrae is, is dat dit geskryf is vanuit die oogpunt van karakters wat meestal in die Afrikaanse spanningsroman ’n sekondêre verteenwoordiging kry: die vrou, die moeder, kinders."

Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie

Anke Theron
Resensies

"Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder."

Klim op die Bant Wagon deur Nick Charlie Key, ’n mediese beskouing

Dawie van Velden
Menings

"Die kernboodskap van hierdie dieetpatroon is dat ons onsself moet losmaak van die gevestigde dieetpatroon soos deur die Amerikaners voorgestel, en moet ag slaan op navorsing wat toon dat gesonde vette ryk aan omega 3-vetsure nie so skadelik is as wat voorheen aan ons voorgehou is nie."

Kultuurvryheid en selfbestuur, keuses van klein groepe wêreldwyd: ’n resensie

Hans Pienaar
Resensies

"Is Afrikaners ’n minderheid? ’n Mens sou nie so dink as jy na sommige sosialemedia-poste kyk nie – dié in die trant van 'So kan dit nie langer aangaan nie, ons moet nou van die man ontslae raak.'"

Vlerke vir almal deur Marion Erskine: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Vlerke vir almal is een van daardie jeugromans wat nie slegs deur tieners gelees moet (en sal) word nie. Almal moet dit lees. Veral ouers van tieners, en onderwysers, móét hierdie roman lees."

Jou Romeo deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Marlize Leyden
Resensies

"Van Romeo en Juliet regdeur Sandy en Danny in Grease tot by Marko en Yvette in Jou Romeo is die storielyn van twee individue wat op mekaar verlief raak ten spyte van die oënskynlik onversoenbare sosiale groeperings waaruit hulle kom, alles behalwe nuut."

’n Blonde bom deur Dihanna Taute: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Selfs volwassenes sal haar boeke geniet. Sy raak meestal kwessies aan waarmee tieners vandag gekonfronteer word en verweef soms haar eie ondervindings as tiener in die storielyn."

Pelgrimshoop deur Ronel Nel: ’n resensie

Alta Cloete
Resensies

"Die historiese aspek van die roman word besonder knap hanteer. Telkens word ’n vergange tydvak se lewenswyse en omgewing so geteken dat dit selfs jonger lesers helder voor die oog sal staan."

Doodsroeper deur Rika Cloete: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Ek hoop hierdie boek is die begin van vele misdaadfiksiewerke van haar, want ek glo sy het haar genre gevind. Die trekboere was ’n interessante idee en ek kan net wonder of sy hierdie milieu verder sal gebruik."

Die waarheid oor verhoudings deur Stefan Blom: ’n FMR-resensie

Riette Rust
Resensies

"Die handleiding bevat algemeen-bekende feite, maar omdat so baie verhoudings sneuwel, is bevestiging soms nodig. Veral wanneer dit knap saamgevat word."

Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud

Jean Oosthuizen, Jurie van den Heever
Skrywersonderhoude

"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig."

Vermis deur Jeanette Stals, ’n onderhoud

Jeanette Stals, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die verhaal begin met Elodie wat een oggend net skoonveld is, met geen teken dat sy in haar bed geslaap het en ook geen leidrade waar sy kan wees en of sy uit vrye wil iewers heen is nie."

Prontuit

Prontuit is ’n weeklikse program wat stories deur gesprek ondersoek ná dit nuus was, aangebied deur Kabous Meiring.

Op 23 Mei is ’n program aan Karel Schoeman gewy.

Meiring het met Francois Smith en Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, oor Schoeman se lewe en werk gesels:

En met Anton van Niekerk oor die etiese kwessies rondom genadedood en bystanddood:

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

Sondag 7 Mei

Sondag 14 Mei

Sondag 21 Mei

Sondag 28 Mei

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 3 Mei 2017

Die bekende skrywer Karel Schoeman is op 1 Mei 2017 oorlede. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Fanie Viljoen, wat goed bevriend was met Schoeman, oor die mens agter die openbare figuur. Luister ook na 'n insetsel wat in 2009 opgeneem is ter viering van Schoeman se 70e verjaarsdag, waarin prof. Willie Burger verduidelik hoekom Schoeman een van Afrikaans se grootstes was. En Johan Myburg gesels oor die jongste internasionale boekenuus.

Woensdag 10 Mei 2017

Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Naomi Meyer oor haar debuutroman Web. Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer Flora Nwapa. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer die nuwe Asterix en Obelix.

Woensdag 17 Mei 2017

Ilse Salzwedel gesels met Neil Sonnekus oor sy debuutroman, Seun. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor F. Scott Fitzgerald. En Terrance April vertel meer oor die digkuns van Augustino Neto, beter bekend as ʼn Angolese rebelleleier.

Woensdag 24 Mei 2017

Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Malene Breytenbach oor haar werk. Ina Strydom was by die oorhandiging van die UJ-pryse vir kreatiewe skryfwerk en het met die wenners Bibi Slippers en John Miles gesels. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer oor Arundhati Roy se nuwe roman.

Woensdag 31 Mei 2017

Ilse Salzwedel gesels met die skrywers Irma Venter (Sirkus) en Rudi van Rensburg (Kamikaze) oor hul jongste romans. Sy gesels ook met Ingrid Mennen en Irene Berg oor hulle pragtige kinderboek Ink. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor ’n nuwe bundel kortverhale deur Haruki Murakami. Jy kan ook luister na ’n klankopname uit die 1960’s waarin wyle Sylvia Plath een van haar gedigte voorlees.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 2 Mei 2017

Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.

Dinsdag 9 Mei 2017

Amor Tredoux lees verse wat haar na aan die hart lê.

Dinsdag 16 Mei 2017

Juanita Swanepoel lees verse wat vir haar kosbaar is.

Dinsdag 23 Mei 2017

Pieter Fourie lees verse uit sy bundel Knapsekêrels.

Dinsdag 30 Mei 2017

Daniel Hugo lees verse van RK Belcher.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Mei die volgende boeke bespreek: 

1 Mei

8 Mei

15 Mei

22 Mei

29 Mei

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Hier is die skriftelike weergawe van ’n resensie wat Hambidge gedurende Mei op Fine Music Radio gelewer het:

Hambidge se huldeblyk aan Karel Schoeman

Skakels na boekbesprekings in vorige maande vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings. In Mei is onder meer resensies van boeke deur Pieter Fourie en Elkarien Fourie.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2017 appeared first on LitNet.

PG du Plessis: sy nalatenskap sal nog jare lank eggo

$
0
0

Dit is met leedwese dat die ATKV verneem dat die formidabele woordsmid PG du Plessis op Woensdag 7 Junie 2017 oorlede is. Woorde ontbreek om sy bydrae tot die wêreld van Afrikaans te beskryf en sy nalatenskap sal nog jare lank eggo.

Vir sy vriende was hy Pieter, maar vir die talle lesers en kykers wat deur hom bekoor is, was hy PG. Dit was veral die TV-reeks Koöperasiestories wat gemaak het dat PG ’n naam was wat amper elke Afrikaanse TV-kyker geken het.

In sy lewe was PG du Plessis ook onderwyser, akademikus, koerantman, draaiboekskrywer en ’n vriend vir baie.

Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 te Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was ’n onderwyser wat ook baie lief vir die letterkunde was. Ná matriek is PG na die Universiteit van Pretoria waar hy ’n BA-graad behaal in 1955 en sy onderwysdiploma in 1957. Hy werk daarna heeltyds, maar hou aan studeer en in 1966 behaal hy sy doktorsgraad. NP van Wyk Louw was sy promotor.

In 1969 debuteer PG du Plessis met Die nag van Legio, ’n strak drama wat in ’n gestig afspeel. Die volgende jaar word die stuk met die WA Hofmeyr-prys bekroon.

Sy volgende drama, Siener in die suburbs, is uitsonderlik, juis omdat dit doodgewone werkersklasmense in doodgewone omstandighede uitbeeld. Ná dekades is die stuk steeds relevant en is onlangs weer by verskeie feeste opgevoer. Die Hertzogprys in 1972 is aan Du Plessis vir Die nag van Legio en vir Siener in die suburbs toegeken.

In 1973 verskyn Plaston: DNS-kind, ’n futuristiese stuk wetenskapfiksie oor ’n seun wat deur ’n wetenskaplike geskep word. Die vraag is of ’n kind wat geskep is vir perfeksie in ’n onvolmaakte wêreld sou kon aanpas.

Veel meer vermaaklik is die klug ’n Seder val in Waterkloof van 1979. In dié drama steek Du Plessis die draak met akademici wat hulle as verhewe bo die “gewone” mense beskou.

In 1980 verskyn ’n bundel Koöperasiestories op Donderdag by Perskor uit sy pen. Dit word gereeld herdruk en op 27 April 1983 word die eerste episode van Koöperasiestories op Suid-Afrikaanse TV uitgesaai. Dit was dadelik ’n enorme sukses.

PG du Plessis (Foto: Annemarie Wichmann)

In die drama Vereeniging, Vereeniging (1985) vind ’n mens reeds die oorsprong van dit wat later die roman Fees van die ongenooides geword het. In daardie stadium was die stuk egter so gewaagd dat Truk, wat dit aangevra het, dit nie wou opvoer nie.

Hierna het PG du Plessis hom ’n tyd lank gewy aan vermaak. Hy het talle rolprente gemaak en was ook geliefd vir sy aandeel in die geselsprogram Spies en Plessis.

In 1999 skryf hy weer ’n toneelstuk vir die KKNK met die titel Inkleurboek vir twee.

Du Plessis het verskeie tekste geskryf in sy lewe. The married man’s guide to adultery: a study of adulterations van 1998 is ’n besondere roman oor die verdigsels (adulterations) wat ’n klein gemeenskappie kan kniehalter.

Dit was egter met Fees van die ongenooides, wat in 2008 gepubliseer is, waarmee Du Plessis sy stempel deeglik op die Afrikaanse kanon afdruk. Hierdie boek ondersoek talle aspekte van die samelewing wat reeds in sy werk te sien is, maar in hierdie geval was die puik beelding en die meesleurende storie dié pennevrug van ’n deurleefde skrywer.

Die ATKV-Prosaprys is in 2009 aan hom toegeken vir dié roman.

Du Plessis het sy laaste jare op sy plaas Sémóer geslyp. Hy word oorleef deur sy vriend en gade, Marie, asook die egpaar se twee kinders en ’n aantal kleinkinders.

Toe hy in 1983 uittree as redakteur van Hoofstad, het hy opgemerk: “Al wat ek vra, so by die afskeid. Laat julle kolomme tog sag wees oor my moontlike mislukking en baie luid, tagtig-punt-luid, as daar dalk sukses is.”

Die ATKV wil sy diep meegevoel betuig aan PG se geliefdes. Soos Jan FE Cilliers geskryf het: Stil broers, daar gaan ’n man verby.

The post PG du Plessis: sy nalatenskap sal nog jare lank eggo appeared first on LitNet.

Viewing all 1430 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>