Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1432 articles
Browse latest View live

Persvrystelling: Taaldag 2017

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en die Afrikaanse Taalraad (ATR) bespreek gedurende hul gesamentlike Taaldagvieringe op 26 Augustus 2017 in die Paarl ’n aantal interessante vrae oor die herkoms en vestiging van Afrikaans as volwaardige taal. Hoe en waar het Afrikaans ontstaan en wie se taal is dit? Hoe verstaan mens vandag, met die agterna-insig van baie jare, die bydrae van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 tot die ontwikkeling en vestiging van Afrikaans as ’n volwaardige taal? Wie het almal bygedra tot die wording van Afrikaans? Hoe gaan Afrikaans in 2040 daar uitsien?

Die Taaldagprogram sal bestaan uit ’n paneelbespreking oor die herkoms van Afrikaans en ’n kultuurprogram wat die diverse herkoms en kulture van die Afrikaanse taalgemeenskap sal vier. Die sprekers is Christo van Rensburg, skrywer van So kry ons Afrikaans, Anzil Kulsen, skrywer en projekbestuurder by die ATKV, Imam Hashim Salie, voormalige president van die South African Hajj and Umrah Council, en Charlyn Dyers, mederedakteur van die boek Kaaps in fokus. Die gespreksleier is Rian Cloete, ’n bekende in mediakringe.

Rian Cloete (foto: Naomi Bruwer), Charlyn Dyers, Christo van Rensburg (foto: Izak de Vries), Imam Hashim Salie (foto: Twitter) en Anzil Kulsen

Michael Jonas, direkteur van die ATM, sê: “Die agt stigterslede van die GRA is vir almal ’n bemoedigende voorbeeld van hoe gewone mense ’n verskil kan maak deur op te staan vir hul taal: Afrikaans verkeer vandag weer onder geweldige druk, hoewel dit vir baie mense hul enigste vorm van kommunikasie is. Die ATM wil graag deel vorm van debatvoering oor brandpunte in ons Afrikaanse taalgemeenskap, veral dié wat die saak van Afrikaans, en al haar sprekers, benadeel.”

Volgens Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Taalraad, sal hierdie Taaldag “help om etlike negatiewe narratiewe oor die herkoms en eienaarskap van Afrikaans te takel en daarmee samehorigheid tussen Afrikaanssprekendes bevorder”. Met behulp van afrikaans.com sal die Taaldagboodskap wyd uitgedra word.

Die Taaldagvieringe vind plaas by die saal van die Toringkerk in Paarl, hoek van Hoof- en Van der Lingenstraat. Die paneelbespreking begin om 09h30, gevolg deur die kultuurprogram om 13h30. Bywoning is gratis, maar sitplekke is beperk. Bespreek by Ria Olivier, ria@afrikaansetaalraad.co.za of Nkita Pietersen, student@taalmuseum.co.za. Skakel gerus 021 872 3441 of 021 951 4391 vir meer inigting.

The post Persvrystelling: Taaldag 2017 appeared first on LitNet.


Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund

$
0
0

The PEN Afrikaans Translation Fund was established in June 2017 with financial support from the Trust vir Afrikaanse Opvoeding (Trust for Afrikaans Education).

This fund's main objective is to promote Afrikaans literature internationally by generating more translations and translated publications of noteworthy Afrikaans works.

Not only is the translation of Afrikaans literary works into other world languages – especially languages like English, Dutch, French, German, Italian, Spanish and the Scandinavian languages – an acknowledgment to the authors regarding the quality of their work and an opportunity to earn more income; it is also good for Afrikaans as a language. A literature that is not available in translation cannot be considered a world literature.

An international reputation for our authors promotes the stature of Afrikaans literature as a whole.

Due to the lack of an Afrikaans translation fund, a common phenomenon in other countries, it was extremely challenging to sell translation rights for Afrikaans writers' works in the past. The PEN Afrikaans Translation Fund wants to fill this gap.

The application form can be downloaded here.

Decisions on the funding of applications will be taken by the management of PEN Afrikaans in consultation with a representative of the Trust for Afrikaans Education. The decisions of this assessment panel will be final and no correspondence will be entered into regarding rejected applications.

Applications for funding will be considered twice a year. The two deadlines for applications are 15 May and 15 November of each calendar year.

Inquiries, as well as completed applications, can be sent to: penafrikaans@gmail.com

During the assessment of funding applications, the following criteria will apply:

1) The Afrikaans work

  • The work was originally written in Afrikaans.
  • The work was published in Afrikaans, in South Africa.
  • The work was published by an established publisher, i.e. a registered company or CC with its own ISBN and marketing profile.
  • The work falls into one of the following genres: novels, poetry, short stories, narrative non-fiction (biographies, historical works and works based on current affairs) or text-based children's books and youth or young-adult books.

2) The translation

  • The funding is requested for the translation of an Afrikaans work into another world language.
  • There are no more than two translators to a project.
  • The translation is done directly from the Afrikaans and not via another language (if possible).

3) The foreign publisher (the applicant)

  • The applicant is a foreign publisher.
  • The funds are requested specifically for translating the work and the entire amount allocated will be used for translation.
  • The applicant is an established and/or respected publisher.
  • The applicant guarantees that good distribution and marketing will take place in its home market.
  • The application is for a translated work that will be published in printed form.
  • There is a signed contract between the South African publisher and the foreign publisher who wants to publish the translated work, according to which the translation rights are granted to the foreign publisher; OR The work is in the public domain and a contract with a local publisher is therefore not necessary.
  • The successful application for funding can be a condition in the contract between the local publisher and the applicant.
  • The translator has been identified and has indicated that he/she will accept the assignment.
  • The applicant undertakes to pay the full amount granted for the translation to the translator.
  • The translated work will be published by the foreign publisher within 24 months from the approval of the application. (Provide reasons if it will take longer.)

4) The following criteria will be considered in support of applications:

  • The author's work is not available in translation yet.
  • The work was nominated for local literary awards and/or it won literary prizes. (Provide details.)
  • The work sold extremely well in the local market. (Provide sales figures.)
  • The foreign publisher also plans to publish the translated work in a digital format.
  • The foreign publisher plans to submit the translated work for literary prizes in its home market. (Provide details.)
  • If there are too many applications for a given period, preference will be given to the following languages: English, French, Spanish, German, Dutch and Swedish.

Applications must be accompanied by the following documents:

  • A satisfactory marketing plan (which includes information on the distribution of the translated work).
  • The licensing agreement between the local publisher and the applicant regarding translation rights OR proof/motivation that the work is in the public domain and that a contract is not required.
  • The contract between the applicant and the translator(s), when available.
  • The translator's CV with information about previous translations.
  • A profile of the publisher that proves that it is an established and financially-sound business.
  • The catalogue from the publisher (or an up-to-date website address providing satisfactory information about the publisher's publications).
  • A sample of the translation (8-10 pages) and the corresponding text of the Afrikaans work.

The post Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund appeared first on LitNet.

Afrikaans: Grensloos oor genres heen

$
0
0

Kom kuier op 12 Augustus in die Drostdy-teater vir ATKV-Crescendo se musiekproduksie Grensloos 2017.

HemelBesem en Oxijin sal die verhoog met Anna Davel, YOMA, Spoegwolf en Die Hooflig deel. Die finaliste van ATKV-Crescendo sal ook hul slag op die verhoog wys.

Puik musiek. Grensloos oor genres heen en in Afrikaans.

Die DVD vir ATKV-Crescendo Grensloos 2017 sal opgeneem word – kom wees deel van die gehoor. 10% van die kaartjieverkope sal aan die kunsdepartement van die Sekondêre Skool Cedar in Mitchells Plain geskenk word.

Kaartjie kos R80.

Besprekings kan by www.drostdyteater.co.za, 087 934 2459 of per e-pos by info@drostdyteater.co.za gedoen word.

Word geïnspireer!

***

Hierdie groep sing reeds saam van die einde van 2016 af. Izak de Vries het hulle eerste optrede vasgevang. Saterdagaand gaan groter en beter wees, maar solank loer hier vir 'n voorsmakie.

The post Afrikaans: Grensloos oor genres heen appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Julie (Boekeblad)

5 Julie (Kunsblad)

8 Julie (Stemme)

10 Julie (Boekeblad)

11 Julie (Kunsblad)

13 Julie (Kunsblad)

17 Julie (Boekeblad)

18 Julie (Kunsblad/nuus)

24 Julie (Boekeblad)

25 Julie (Stemme)

26 Julie (Kunsblad/nuus)

27 Julie (Kunsblad)

28 Julie (Kunsblad)

29 Julie (By)

31 Julie (Boekeblad)

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Julie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

4 Julie

1. Stralerjakkers deur Leon van Nierop
2. Gunstelinge 6 deur Susanna M Lingau
3. Keur 2 deur Eleanor Baker as Christine le Roux
4. Die Koning se wingerd deur FA Venter

11 Julie

1. Radbraak deur Jolyn Phillips
2. Angolan Plants deur Estrela Figueiredo en Gideon E Smith
3. Lana en Rakker deur Holly Webb
4. Die rooikop, die leeu en die handgranaat deur Annelie Ferreira
5. Moenie die boek oopmaak nie deur Andy Lee

18 Julie

1. 300 geloofsvrae en Bybelse antwoorde deur Riekert Botha
2. Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden
3. Rooi haring deur Schalk Schoombie
4. Vuurwerke deur Jan Braai

25 Julie

1. Heiliger deur Dibi Breytenbach
2. Vlindervlerke deur Anna Penzhorn
3. Leierskap en emosionele intelligensie deur Marcus Warner en Jim Wilder
4. Ons kom van vêr deur WAM Carstens en Michael le Cordeur

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144). Op 13 Julie het Jolyn Phillips voorgelees uit haar debuutdigbundel, Radbraak:

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

Boekresensie: Hierdie huis deur Kleinboer

Koos Kombuis

"Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien. Dit is ’n spieëlbeeld van ons as samelewing. Dit gee ons ’n prentjie waarin ons die tye waarin ons leef, kan herken. En dis allermins ’n mooi prentjie."

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: Nederlandse recensie

Herman Meulemans

"Hij laat ze uiteenvallen in twee, soms drie, een enkele keer nog meer deeltjes en laat dan telkens een ander personage aan het woord, zoals in een caleidoscoop die de lezer verrast met een wirwar van veelkleurige elementen."

Megaboere: ’n resensie

Jolanda Andrag

"In Megaboere neem Wynand Dreyer, die vervaardiger van die TV-reeks, die leser tot op die voorstoep van 19 merkwaardige boere. Dis visionêre individue wat ’n ongelooflike ondernemingsgees openbaar en nie konformeer tot middelmatigheid of hulle omstandighede nie."

Keur 1 deur Helene de Kock: ’n resensie

Yolanda Wessels

"Dié bundel van vier stories getiteld Die soete dwaling, Seisoen van die skimmelson, Anderkant die vloedwaters en ’n Vrou van Ver-en-Naby laat jou sonder verskonings van nie tyd hê om te lees nie."

Isabella deur Mariël le Roux: ’n FMR-resensie

Danie Botha

"Iets wat besonder voortreflik gedoen word, is die slotsinne van die tonele. Dit dra ’n sekere finaliteit oor. Die sinne is sober en oorwoë."

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Dewald Koen

"Daar bestaan by my geen twyfel dat die oorgrote meerderheid lesers hierdie teks terdeë sal geniet nie. En wanneer die misterie rondom die moordenaar uiteindelik ontrafel word, kan jy maar net sê: 'Slaan my met ’n pap snoek!'"

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Hennie van Coller

"Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk."

Met liefde wat saamgaan en ander stories deur Annalise Wiid: ’n resensie

Maryke Roberts

"Die trefkrag van die boek lê vir my daarin dat jy nie noodwendig ’n gelowige hoef te wees om waarde uit die stories en insigte te put nie; dat die fyner kyk in ander se vreugdes en seer jou deel maak van ’n groter groep."

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n resensie

Maryke Roberts

"Die boek is relevant en wys dat Afrikaanse skrywers ’n boek in die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing kan plaas sonder om enigsins die leesgenot in te boet of prekerig voor te kom."

Misverstand deur Marita van der Vyver: ’n resensie deur Dewald Koen

Dewald Koen

"Met hierdie roman het Van der Vyver weer eens, soos met Griet skryf ’n sprokie, ’n skitterende prosateks geskryf wat nie alleenlik toeganklik en genotvol is vir die breër leserspubliek nie, maar terselfdertyd allerlei pittighede en literêre verwysings bevat wat die meer kritiese leser se belangstelling sal prikkel."

Hierdie huis deur Kleinboer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw

"Waar Karel Schoeman die wel en wee van Suid-Afrika en veral die Afrikaners in die 19de en 20ste eeu soos geen ander Afrikaanse romansier geboekstaaf het nie, so boekstaaf Kleinboer die dood van apartheid en die lewe ná die dood van apartheid soos geen ander Afrikaanse romansier nie."

Kleure van die liefde, saamgestel deur Corlia Fourie: ’n resensie

Yolanda Wessels

"Kleure van die liefde is allesbehalwe jou tipiese, stroperige liefdesverhale en verdien ’n plekkie op jou boekrak – vir daardie geleenthede waar die dag te lank was, die lewe dalk te veel, en jy net ’n paar minute het om te ontsnap."

 

’n Wolf in skaapsklere: ’n Onderhoud met Kobus Galloway

Kobus Galloway, Naomi Meyer

"’n Wolf in skaapsklere is ’n opvoedkundige Afrikaanse boek wat idiome uitbeeld deur middel van illustrasies en dit pret maak vir mense om te leer."

Die derde spoel deur SJ Naudé: 'n Onderhoud

SJ Naudé, Naomi Meyer

"Die roman is onder andere gemoeid met die letsels wat hierdie stede nog van die groot 20ste-eeuse traumas oorhou, die soort traumas wat ons eie tydvak gevorm (of misvorm) het. Dit is onbestendige, ontstemmende ruimtes hierdie – stede waar herinneringe aan verwoesting en menslike brutaliteit in die weefsel van die geboue bly talm."

Die Bergengel: 'n Onderhoud met Carina Stander

Carina Stander, Naomi Meyer

"Magiese realisme veronderstel 'n realistiese uitbeelding van die werklike wêreld met 'n onverwagse verskyning van die magiese of bonatuurlike. Dit is daardie buitengewone oomblik in 'n doodgewone toneel wanneer die alledaagse heilig word en die heilige alledaags."

Superma (en ander mites), ’n onderhoud

Chantelle de Wet, Naomi Meyer

“Jy moet doen waarmee jy gemaklik is en wat vir jou werk, en alhoewel mens luister na raad, het jy die reg om kinders (as jy hulle wil hê) op jou eie manier, met lekkerkry, klaar en groot te kry.”

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

2 Julie

9 Julie

16 Julie

23 Julie

30 Julie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 Julie
’n Regstreekse uitsending van die Innibos-fees. Ilse Salzwedel en die hoof van RSG-drama, Kobus Burger, gesels met die skrywers Lerina Erasmus en Etienne van Heerden, en Annemarie van der Walt, die organiseerder van Innibos se boekprogram.

Woensdag 12 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Santie van der Merwe oor haar nuwe roman Ver in die wêreld Kittie. Laurinda Hofmeyer vertel waar haar liefde vir die Afrikaanse digkuns vandaan kom, en jy kan ook luister na haar toonsetting van S.J. Pretorius se gedig Vervulling. Erns Grundling vertel meer oor sy sonderlinge reisboek en memoir, Elders. Johan Myburg deel interessanthede oor internasionale letterkunde.

Woensdag 19 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Lloyd Zandberg oor sy bundel komiese rubrieke Per ongeluk. Sy was ook by die Innibos Kinderboekekrôl en sy gesels met die kinders oor hierdie unieke ervaring. Luister ook na wat alles die res van die week by die Vrystaat Literatuurfees aangebied word. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor internasionale boeke onder meer oor Maurice Sendak. Hierdie week se Afrika-skrywer is Helon Habila.

Woensdag 26 Julie
Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Joyce Kotze oor Wintersrust, ’n roman wat albei kante van die Anglo-Boereoorlog belig. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde bydrae oor ’n prys vir Graham Swift se Mothering Sunday, die Caine-prys vir letterkunde en ander interessanthede. Wou jy nog altyd ’n kinder- of jeugboek skryf, of ’n liefdesverhaal? Ons het nuus oor LAPA se jeugromankompetisie, die ATKV-skryfskool vir romantiese fiksie, PEN Afrikaans se vertaalfonds en ander wetenswaardighede uit die boekewêreld.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 Julie
Dié program word gewy aan George Weideman, en Johan Nel lees sy gedigte voor.

Dinsdag 11 Julie
’n Keur van Margot Luyt se gunsteling-gedigte.

Dinsdag 18 Julie
Luister na toonsettings van Afrikaanse gedigte.

Dinsdag 25 Julie
Amor Tredoux lees verse uit Jeanne Goosen se bundel Elders aan diens.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Julie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

3 Julie
Lied vir Sarah: Lesse van my ma – Jonathan Jansen

10 Julie
’Droë wit seisoen [heruitgawe] – André P. Brink

19 Julie
Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden

26 Julie 
Burger skryf oor naïewe en politiek korrekte literatuurkritiek met verwysing na John Miles se Op ’n dag ’n hond

31 Julie
Burger skryf oor al die baie redes hoekom resensies nie altyd is wat lesers van hulle verwag nie

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk.

Op 2 Julie het ’n resensie van Pieter Fourie se debuutdigbundel, Knapsekêrels, verskyn.

Op 10 Julie het ’n resensie van Johann Myburg se digbundel Uittogboek verskyn.

Op 24 Julie het ’n resensie van Jolyn Phillips se debuutdigbundel, Radbraak,verskyn.

Op 31 Julie het ’n resensie van Fourie Botha se digbundel Krap uit die see verskyn.

In Julie 2017 is ook onderhoude met Jolyn Phillips en Fourie Botha geplaas.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2017 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Nog 'n boekbonanza met die komplimente van Taalgenoot


 

PEN Afrikaans deel sedert 2015, met die vriendelike vergunning van Taalgenoot se redaksie, dié kwartaallikse tydskrif se boekverwante inhoud op ons webportaal. Hierdie boekstories en resensies is nie elders digitaal beskikbaar nie. (Klik hier vir die vorige uitgawe.)

Met die Herfs 2017-uitgawe van Taalgenoot is ons samewerking uitgebrei met die eerste in 'n nuwe rubriekreeks wat PEN Afrikaans aanbied: Boeke wat skrywers laat skryf.

In hierdie uitgawe kan jy lees watter boeke Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, geïnspireer het en wat hy as skrywer uit hierdie boeke geleer het. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.

Jy kan ook al hierdie resensies en artikels gratis in PDF-formaat by hierdie skakel aflaai:

  • Die Oppirak-afdeling met resensies van die volgende boeke: Sink deur Brett Michael Innes (vertaal deur Elna van der Merwe), Te veel sorge deur Hans Pienaar, Ver in die wêreld Kittie deur Santie van der Merwe en Die aarde is ’n eierblou ark deur Susan Smith 
  • “Om die toekoms oop te skryf” – ’n artikel deur Mila de Villiers oor Afrikaanse
    wetenskapsfiksie oftewel “speculative fiction” en die groeiende belangstelling in dié genre 
  • “Ink en papier is steeds hier” – ’n artikel deur Izak de Vries en Hendri Warricker oor die verrassende daling in e-boekverkope en die neiging terug na die gedrukte boek 
  • “My waarheid, jou waarheid en dié waarheid” – ’n artikel deur Donnay Torr oor post-waarheid en vals nuus
  • “Die klas van 2030” – ’n artikel deur Florence de Vries oor tegnologie en die klaskamers en onderrigmetodes van die toekoms
  • “Ruimtefantasieë” – ’n rubriek deur Koos Kombuis oor sy fassinasie met wetenskapsfiksie

As jy vir Taalgenoot wil skryf, kan jy jou voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith, stuur: JohanS@atkv.org.za

Indien jy wil inteken, vind jy al die nodige inligting hier.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds – Engelse reglement en 'n onderhoud met Marga Stoffer

In Julie het ons die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds bekend gestel. Die reglement met meer volledige riglyne en bepalings is hier in Afrikaans en nou ook hier in Engels beskikbaar.

Naomi Meyer van LitNet het met Marga Stoffer, PEN Afrikaans se ondervoorsitter, oor hierdie opwindende nuwe verwikkeling gesels. Klik hier om die onderhoud te lees.

AVBOB ondersteun die digkuns in al elf landstale met 'n poësiekompetisie

AVBOB het ’n nuwe poësiekompetisie met die tema Ek wou nog sê ... geloods. Gedigte kan in enige van Suid-Afrika se amptelike tale ingeskryf word en skrywers ontvang R300 vir elke gedig wat gekeur word vir publikasie op die kompetisiewebwerf. Bydraes kan tussen 1 Augustus en 30 November ingestuur word.

Daar sal ’n wenner in elke landstaal wees en dit sal bekend staan as die AVBOB-prys vir poësie. Elke landstaal sal sewe opdragverse hê in sowel die oorspronklike taal as in ’n Engelse vertaling. 77% persent van die gedigte sal aangevra word en 23% sal uit die kompetisie se bestes gekies word.

Hiermee sal jonger digters die geleentheid kry om naas bekende, gevestigde name gepubliseer te word.

Daar sal ook ’n nuwe webtuiste vir poësie wees (www.avbobpoetry.co.za), wat voortdurend bygewerk sal word. Besoek hierdie webwerf vir die kompetisiereëls en redaksionele riglyne.

Klik hier vir 'n onderhoud met die organiseerders van die kompetisie.

Verdere verwikkelinge rondom die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg

Op Dinsdag 1 Augustus het belangstellendes en belanghebbendes by die parlementsgebou aangemeld vir die eerste dag van die openbare sittings oor die opspraakwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. Die portefeuljekomitee vir handel en nywerheid het, onder leiding van die voorsitter, Joanmariae Louise Fubbs, voorleggings oor die wetsontwerp aangehoor van akademici, regspraktisyns, uitgewers en regtebestuurorganisasies soos Dalro (Dramatic Artistic and Literary Rights Organisation) en Samro (Southern African Music Rights Organisation).

Marga Stoffer, PEN Afrikaans se ondervoorsitter, was daar en so ook die kopieregdeskundige Catrina Wessels wat PEN Afrikaans gehelp het om kommentaar op die wetsonwerp te formuleer en aan die portefeuljekomitee voor te lê.

Lees hier Wessels se oorsig oor die sitting van 1 Augustus. 

Ook relevant en insiggewend is hierdie artikel in die Business Day oor PASA se voorlegging en die impakstudie wat PwC in opdrag van PASA gedoen het. 

Lees ook gerus hierdie artikel oor 'n Kanadese hofuitspraak na aanleiding van kopiëring deur opvoedkundige instansies wat gespruit het uit nuwe bewoording in kopieregwetgewing. Dit word bereken dat 'n wysiging van Kanadese kopiereg, soortgelyk aan dié wat in Suid-Afrika ter tafel gelê is, uitgewers en ander inhoudsverskaffers tot $50 miljoen per jaar in verlore tantième kos. 

Universiteit Stellenbosch op 14 Augustus in die hof oor sy taalbeleid

Groot belangstelling heers onder skrywers, studente en opvoeders in die hofsaak oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch wat binnekort begin.

Ebbe Dommisse, voormalige redakteur van Die Burger en 'n lid van PEN Afrikaans, berig so oor dié potensieel waterskeidende saak:

Die verhoor, wat van 14 tot 16 Augustus in die Kaapse Hoër Hof voor regters D.V. Dlodlo en K.M. Savage dien, word beskou as ‘n toetssaak vir die gebruik van inheemse tale in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Dit is aanhangig gemaak deur Matie-studente en die beweging Gelyke Kanse, wat deur duisende Afrikaanssprekendes gesteun word.

Afrikaans as onderrigtaal is reeds by drie universiteite – Vrystaat, Pretoria en Unisa – afgeskaf. Die US wou dit ook in November 2015 doen, toe die bestuurspan van die nuwe rektor, prof. Wim de Villiers, uit die bloute aangekondig het dat Engels voortaan die taal van onderrig, administrasie, kommunikasie en selfs koshuisvergaderings sou wees.

Hierdie voorneme is in die hof gestuit, waarna die US 'n nuwe taalbeleid aanvaar het waarin Engels voorkeur kry. Die universiteit erken in hofstukke dat Afrikaans nou tweede viool speel. Dit is in stryd met die US se stigtingsvoorwaarde, aangesien die weldoener Jannie Marais, wat die totstandkoming van die universiteit met 'n baie groot skenking moontlik gemaak het, dit gedoen het mits Afrikaans “geen mindere plaats” beklee nie.

Uit hofstukke blyk dat die US besig is om Afrikaans uit te faseer, hoewel hierdie eertyds gemeenskapsgerigte universiteit geleë is in 'n provinsie waar Afrikaans die meerderheidstaal is. Studente verklaar volgens die hofstukke, wat duisende bladsye beloop, dat talle dosente na Engels oorgeskakel het.

Die hofsaak is so belangrik nie net omdat Afrikaans, die derde grootste taal in die land en een van net vier moderne tale wat in die 20ste eeu tot die hoogste vlak van akademiese en wetenskapstaal ontwikkel het, in Suid-Afrika toenemend afgegradeer word nie. Taal as instrument van gemeenskapsontwikkeling word dus ook op tersiêre vlak gestrem deur instellings wat die inheemse tale misken.

Die belang van moedertaalonderrig word boonop internasionaal erken, onder meer deur Unesco, wat uitwys dat die post-koloniale gebruik van die koloniale taal slegs 'n klein elite baat. Navorsing van die Universiteit van Kaapstad het voorts aangetoon dat veral swart leerders wat na graad 4 verplig word om na Engels oor te slaan, tot vyf jaar agter hul eweknieë is wat tot Matriek in hul moedertaal onderrig is. Dit is een van die vernaamste oorsake van die land se disfunksionele onderwysstelsel.

Bo en behalwe grondwetlike en verworwe regte is veel gevolglik op die spel in hierdie belangrike hofsaak teen die oudste Afrikaanse universiteit. Veral skrywers wat lid van PEN Afrikaans is, sal dit met belangstelling volg.

Ledegeld en PEN Afrikaans se AJV op 16 September tydens die Tuin van Digters-fees op Wellington

Die bestuur bedank al ons lede wat so vinnig hul ledegeld van R300 vir 2017 betaal het. Indien jy nog nie 'n faktuur ontvang het nie, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Baie dankie ook aan al ons lede wat intussen aanlyn geregistreer het. Soos ons verlede maand in 'n spesiale nuusbrief verduidelik het, wil ons die invordering van ledegeld vanjaar ook gebruik om die nodige inligting oor ons aktiewe lede digitaal te versamel om ’n aanlyn lederegister te skep. Die oorgrote meerderheid van PEN Afrikaans se lede het nooit die aansoekvorm om lidmaatskap voltooi nie. Diegene wat dit wel voltooi het, se besonderhede het ons in geskandeerde vorm wat ’n netjiese digitale oorsig van ons lede onmoontlik maak.
 
Ons versoek dus elkeen van ons lede om hierdie vereenvoudigde aanlyn aansoekvorm in te vul sodra hy/sy ledegeld vir 2017 betaal het.
 
Let wel: Vir alle bestaande lede is die invul van hierdie vorm bloot ’n formalitiet om ’n nuttige digitale databasis te skep. Niemand hoef dus weer om lidmaatskap aansoek te doen nie. Ons versoek egter ons lede vriendelik om alle ander skrywers, uitgewers en joernaliste wat nog nie lede is nie, aan te moedig om by ons aan te sluit.

Bonus: Opbetaalde lede van PEN Afrikaans sal vanjaar gratis toegang tot die 2017 Tuin van Digters-fees in Wellington van 15 tot 17 September kry. Hierdie toegang kos andersins R200. PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering vind, soos twee jaar gelede, tydens die Tuin van Digters-fees op 16 September plaas. Ons bedank graag die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum, Francois Lötter, vir hierdie vergunning.

NB: Slegs opbetaalde lede van PEN Afrikaans het stemreg by die algemene jaarvergadering.

Ons nooi dan hiermee ook weer al ons lede hartlik uit na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2017 op 16 September. 

Ons sal later vandeesmaand 'n agenda uitstuur asook die program van die Tuin van Digters-fees.

Toegang tot die vergadering self is uiteraard gratis, maar wees asseblief so vriendelik om te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon. Ons sal graag wil seker maak dat daar genoeg sitplek vir almal is. RSVP na penafrikaans@gmail.com

Voorstelle vir die agenda kan ook na penafrikaans@gmail.com gestuur word.

Kortlyste vir die kykNET-Rapport Boekpryse en die Jan Rabie-Rapport Prys

Ons wens al die skrywers wat die kortlyste vir hierdie gesogte pryse gehaal het, hartlik geluk.

Die kykNET-Rapport-kortlyste vir 2017 is soos volg:

NIEFIKSIE
Albert Blake: Broedertwis (Tafelberg)
Elsabé Brits: Emily Hobhouse: Geliefde verraaier (Tafelberg)
Hermann Giliomee: Hermann Giliomee: Historikus – ’n outobiografie (Tafelberg)
Leon van Nierop: Daar doer in die fliek (Protea Boekhuis)
François Verster: Die groot drie (Penguin)

FIKSIE
Karin Brynard: Tuisland (Penguin)
Ryk Hattingh: Huilboek (Human & Rousseau)
Valda Jansen: Hy kom met die skoenlappers (Human & Rousseau)
John Miles: Op ’n dag, ’n hond (Human & Rousseau)
Dan Sleigh: 1795 (Tafelberg)

FLIEK
Karin Brynard: Tuisland (Penguin)
Tom Dreyer: Dorado (Penguin)
Deon Meyer: Koors (Human & Rousseau)
Marita van der Vyver: Al wat ek weet ­(Lapa)
Rudie van Rensburg: Pirana (Queillerie)

Wenners in sowel die fiksie- as niefiksiekategorie ontvang elk R200 000, en die wenner van die fliekprys R100 000.

Die Jan Rabie-Rapport Prys word toegeken aan die beste debuut- of vroeë (tweede) werk gekenmerk deur vars en vernuwende Afrikaanse prosa.

JAN RABIE-RAPPORT-KORTLYS
Ce­lesté Fritze: Verlorenkop (Queillerie) 
Anneli Groenewald: Die skaalmodel&nnbsp;(Tafelberg)
Valda Jansen: Hy kom met die skoenlappers (Human & Rousseau).

Die wenner van die Jan Rabie-Rapport Prys ontvang R35 000. 

Die wenners van hierdie pryse, sowel as dié van die kykNET-Rapport-resensiepryse, word op 30 September 2017 by ’n prysuitdelingsgeleentheid in Kaapstad aangekondig. Die kortlyste vir die resensiepryse word later in Augustus bekend gemaak.

Klier hier om meer te lees oor die boeke op die kortlyste.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Julie

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Augustus

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Hartlik geluk aan al ons ander lede wat nuwe boeke op die rak het.

Die publikasielyste vir Augustus kan hier afgelaai word. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2017 appeared first on LitNet.

Marie Luttig-gedenklesing: Daniel Hugo lewer lesing oor vertaling

$
0
0

Daniel Hugo
Foto: Marlene Malan

Vertaling – en om voltyds in Afrikaans te werk – is die tema van vanjaar se Marie Luttig-gedenklesing, met die bekende digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo as gasspreker, op Maandag 14 Augustus 2017 in die Paarl.

Die gedenklesing word vanjaar vir die veertiende keer deur die Hugenote Gedenkskool aangebied. Dié gerestoureerde skool, wat op 14 Maart 1883 geopen is met die doel om moedertaalonderrig in Afrikaans te verseker, is op die plaas Augusta Kleinbosch in Dal Josafat tussen die Paarl en Wellington geleë. Die lesing word egter vanjaar in die Historium Konferensiesentrum langs die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan in die Paarl aangebied as gevolg van herstelwerk ná brandskade vroeër vanjaar op die plaas.

Hugo is ’n digter en vertaler, en het etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy was as student aan Stellenbosch Universiteit ’n lid van die digter DJ Opperman se Letterkundige Laboratorium. Hugo was later ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, waarna hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK was waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Deesdae is hy ’n vryskut-taalpraktisyn. In 2014 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos, en weer in 2017 vir Stefan Hertmans se Oorlog en terpentijn.

Vorige gassprekers sluit in JC (Kay) de Villiers, Richard van der Ross en Karen Meiring. Die lesing gedenk die bydrae van Marie Luttig, in lewe ’n Johannesburgse ginekoloog en verloskundige, asook ambassadeursvrou in Londen en Oostenryk in die 1960′s, wat by haar afsterwe in 1997 fondse vir die bevordering van Afrikaans nagelaat het. Die Gedenkskool se Skerpskryf-projek vir Afrikaanse leerders word sedert 2011 deur die Marie Luttig-trust befonds. 

Bywoning is gratis, maar sitplek is beperk en bespreking is dus noodsaaklik. Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30 en sluit ’n optrede in deur die plaaslike kunstenaars André Terblanche en Winand Grundling. Bespreek by Janine Brown by info@hugenotegedenkskool.co.za  of 021 872 3441.

  • ’n Lewende monument vir Afrikaans en moedertaalonderrig: Die Hugenote Gedenkskool het in 1910 sy deure gesluit. Die skrywer WA de Klerk het in die jare tagtig die aanvoorwerk gedoen om die skool in ere te herstel. ’n Ewigdurende servituut is oor die stuk grond en die gebou geregistreer. Die gebou is met die hulp van Naspers en Die Burger, asook verskeie Afrikaanse kultuurorganisasies gerestoureer, en op 25 Maart 2002 ingewy. ’n Nuwe museumuitstalling en modern konferensiegeriewe is in 2016 ingerig. Begeleide toere is met voorafbespreking beskikbaar. Vir meer inligting, besoek hugenotegedenkskool.co.za.

The post Marie Luttig-gedenklesing: Daniel Hugo lewer lesing oor vertaling appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies: finaliste word aangewys

$
0
0

Vanjaar vind die tiende ATKV-Woordveertjies op 8 September by Anura Landgoed buite Stellenbosch plaas.

Die name van die finaliste, in alfabetiese volgorde (volgens van) is:

ATKV-Prosaprys

  • Tuisland – Karin Brynard (Penquin Random House SA)
  • Verlorenkop – Celesté Fritze (Queillerie)
  • 1795 – Dan Sleigh (Tafelberg)

Lees op LitNet:

Prys vir Liefdesroman

  • Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers)
  • Offerande – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
  • Anderkant vergeet – Santie van der Merwe (LAPA Uitgewers)

Lees op LitNet:

Prys vir Poësie

  • Hammie – Ronelda S Kamfer (Kwela Boeke)
  • Fotostaatmasjien – Bibi Slippers (Tafelberg)
  • Die aarde is ’n eierblou ark – Susan Smith (Protea Boekhuis)

Lees op LitNet:

Prys vir Romanses

  • Moeilikheid met ’n meermin – Sophia Kapp (Romanza)
  • Troue in ’n towerbos – Rosita Oberholster (Romanza)
  • Liefde deur ’n lens – Elsa Winckler (Satyn)

Prys vir Spanningslektuur

  • Tuisland – Karin Brynard (Penquin Random House SA)
  • Die dood van ’n goeie vrou – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Koors – Deon Meyer (Human & Rousseau)

Lees op LitNet:

Prys vir Dramateks

  • My seuns – Christo Davids
  • DEURnis – Jannes Erasmus, Henque Heymans & Johann Smith
  • Wild – Philip Rademeyer

Prys vir Niefiksie

  • Broedertwis – Albert Blake (Tafelberg)
  • Emily Hobhouse: Geliefde verraaier – Elsabé Brits (Tafelberg)
  • Hermann Giliomee: Historikus – Hermann Giliomee (Tafelberg)

Lees op LitNet:

The post ATKV-Woordveertjies: finaliste word aangewys appeared first on LitNet.

Mandela-dag 2017: SBA-jeugleiersforum

$
0
0

As bydrae tot die gees rondom Mandela-dag het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) op Vrydag 28 Julie 2017 by Artscape 35 matrikulante van verskillende skole byeengebring.

Ivor Price, tans bestuurder van sakevernuwing en spesiale projekte by Media24, het as fasiliteerder opgetree vir groepbesprekings rondom temas van oa diversiteit, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en die toekoms van Suid-Afrika.

Gespreksfasiliteerder, Ivor Price, aan die woord tydens die interaktiewe gespreksessie

Die jongmense se vars, toekomsgerigte sienings het gesorg vir opwindende gesprek en die SBA glo dat die ervaring hulle ook vorentoe sal motiveer en inspireer om met vrymoedigheid as jong leiers daarop aan te dring om ’n daadwerklike bydrae binne hulle gemeenskappe te maak.

Die verrigtinge is afgesluit deur die huidige Mej Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, wat die leerders toegespreek het en met ’n optrede deur die Afrikaanse kletsrymkunstenaar HemelBesem.

Gespreksfasiliteerder Ivor Price, Anke Vlok (Hoërskool Montana), Mej SA 2017 Demi-Leigh Nel-Peters, Jannezene Tieras (Langeberg Sekondêre Skool), HemelBesem, Ridwhaana Jacobs (Esselenpark Sekondêre Skool) en Adin Pieters (De la Bat Skool)

Enkele reaksies van individue wat die geleentheid bygewoon het:

Ek wens ek kan weer ’n aand soos Vrydag beleef. – Adin Pieters, De la Bat Skool, Worcester

Dit was, so veel soos wat dit inspirerend was, fassinerend ook, om te sien hoe ’n klomp jongmense van verskillende agtergronde, kulture, omgewings en rasse bymekaar kan kom om ’n gemeenskaplike probleem te identifiseer en aan te spreek. Om te sien hoe n generasie wat gebore is uit die donker putte wat ons gesegregeerde voorouers gegrawe het, saam opstaan vir wat reg is en weerstaan wat verkeerd is, het werklik die gees van Mandela-dag voortgebring. – Martin du Plessis, Hugenote Hoërskool

Die hoogtepunt van die jeugforum was die gesprekke wat ons gevoer het oor watter aspekte ons dink Suid-Afrika ’n beter toekoms kan verseker. – Prudence Adonis, Bergrivier Sekondêr

Wiwe Ras-Pretoruis, Wes-Kaap se beste onderwyser 2016 verbonde aan Desmond Mpilo Tutu High, Mboweni vertel van een van haar leerders se belewenis:

Ayabonga was so gelukkig. Voel dat hy dinge beleef het wat hom verryk het, en kan nie ophou daaroor praat nie. Baie dankie aan julle vir die verskil wat julle in sy lewe gemaak het. Hy praat nou heeltyd met my in Afrikaans en klink my hy het ’n groot liefde vir ons taal ontwikkel. 

Matrikulante wat die forum bygewoon het saam met gespreksfasiliteerder Ivor Price

Hier is terugvoer van leerders wat die geleentheid bygewoon het:

Martin du Plessis
Hugenote Hoërskool, Wellington

Ek het eerlikwaar nie geweet wat om van die aand te verwag nie en was daarom nogal op my senuwees. Maar ek is onmiddellik gerusgestel toe die vriendelike gesigte van ander matrikulante my groet – ook maar net mense dieselfde as ek.

Die aand was ’n wonderlike geleentheid en ek is baie dankbaar vir die voorreg om dit te kon bywoon.

Dit was, so veel soos wat dit inspirerend was, fassinerend ook, om te sien hoe ’n klomp jongmense van verskillende agtergronde, kulture, omgewings en rasse bymekaar kan kom om ’n gemeenskaplike probleem te identifiseer en aan te spreek. Om te sien hoe ’n generasie wat gebore is uit die donker putte wat ons gesegregeerde voorouers gegrawe het, saam opstaan vir wat reg is en weerstaan wat verkeerd is, het werklik die gees van Mandela-dag voortgebring.

Ek is ’n persoon wat baie pro regverdigheid is. Daarom is die massiewe wanbalans tussen ryk en arm as gevolg van selfsugtigheid en gierigheid vir geld en mag ’n werklike doring in my vlees en ek dink ook in die vlees van die multikulturele en diverse land waarin ons woon. Daarom is ek werklik geïnspireer deur die idees, gedagtes en inisiatiewe afkomstig van ons tafelbesprekinge en breinblitssessies.

Dit is gerusstellend dat die generasies voor ons die foute kan sien wat hulle gemaak het en ’n verskil probeer maak in die toekomstige geslagte. Wat nog meer vir my gerusstellend was, was om die gretigheid en ywer te sien waarmee my generasie die probleme in hulle omgewing wil oplos en so die wêreld, stukkie vir stukkie, ’n beter plek wil maak – nie net vir ons nie, maar vir die generasies na ons ook. En ek dink dat dit werklik die motivering agter Mandela-dag is.


 

Adin Pieters
De la Bat Skool, Worcester

Ek is Adin Pieters van De La Bat skool in Worcester. Ek is half doof en bly in Parow Valley.

Dit was baie interessant om te sien hoe jongmense of jong kinders die wêreld sien. En dat hulle ook idees het vir ’n oplossing vir ons land.

Die jongmense verstaan hoekom die mense nou so lewe en ek was verbaas dat daar iemand is wat gesê het: "Ons jongmense is nie gebore onder rassisme nie."

Baie van die mense probeer nou om ’n dooie koei uit die sloot uit te grawe.

Jongmense is nie tussen rassisme gebore nie, en hulle sien ander jongmense nie vas aan hulle vel nie. Jongmense kyk baie in hoe die persoon is en gee nie om van watter ras die persoon is nie.

’n Paar van die jong kinders se ouers is rasbewus en probeer hulle kinders weg hou van die ander rasse. Maar die kinders sal nie hulle ouers se opinie volg nie, want dit is nie wat hulle sien nie.

Vir my voel dit dat jongmense die lewe van vandag verstaan omdat hulle weet wat in die geskiedenis gebeur het tussen die apartheidtye.

Die antwoorde wat ons kinders gegee het op die vraag "Suid-Afrika maak my kwaad ..." was baie oor rasse en samelewing wat ons jongmense in Suid-Afrika sien.

Ons raak ook kwaad vir wat in die politiek gebeur. Alles wat daar gebeur, is nie net om ons land te beskerm nie, dit is meer dat die leiers net hulle kulture beskerm.

Leiers van Suid Afrika het ook ’n groot invloed op Suid-Afrika, want hulle dink nie aan hulle land nie, net aan hulleself en hulle eie ras of kultuur. ’n Swart leier sal byvoorbeeld nooit ’n wit persoon se voorstel aanvaar nie, want hy/sy is rassis.

Dit werk nie so nie, want alle mense in Suid-Afrika het idees hoe om die land te kan verbeter. Nie net swart mense nie of nie net wit mense nie – almal kan. Dit maak nie saak of die persoon wit of swart of bruin of geel in nie, almal kan.

Ons hoop vir suid-afrika is dat die verlede in die verlede sal bly ...

En dat ons die toekoms beter sal maak.


 

Anneen Uys
Curro Langebaan

Nelson Mandela is die Suid-Afrikaanse simbool vir vrede en barmhartigheid. Meng dit met ’n paar ure en ’n bietjie gees en jy het ’n wenresep vir ’n toekoms so helder soos ons reënboognasie. Mandela-dag is vir my ’n dag waarop ek tyd neem om regtig te fokus op my medemens en sy behoeftes. Dit is ook nie net beperk tot Mandela-dag self nie, maar deur die hele jaar.

Die SBA het al my verwagtinge oortref deur ’n fantastiese aand te reël vir jong leiers in ons land. Ivor Price het op ’n kreatiewe manier ons almal se koppe aan die dink gesit oor die toekoms van Suid-Afrika. Jy leer nuwe mense ken, kom nuwe uitdagings teë en geniet wonderlike gassprekers wat waarlik rolmodelle is.

Rolmodelle is beslis nodig in vandag se tyd. My ma sê altyd daar bestaan nie so iets soos slegte kinders nie, net slegte ouers. Die jeug van vandag het nie mense om na op te kyk nie; ons land se leiers inkluis. Ons kort meer rolmodelle om kinders op ’n positiewe wyse te beïnvloed, leer en inspireer.

Drie dinge wat ek glo ons jeug nodig het vir ’n beter toekoms is positiwiteit, geloof en medemenslikheid. Ons land is pragtig. Ons het tonne hulpbronne, beeldskone strande en natuurreservate. Ons fokus so op die negatiewe houdings van ons ouers/leiers dat ons vergeet in watter mooi land ons bly. Deur gefokus te bly op die beloftes en die plan van God vir ons lewens sal al die ander dinge in plek val. Laastens moet ons leer om onsself in mekaar se skoene te plaas. Ons hoef nie met mekaar saam te stem nie, maar om tot ’n ooreenkoms/oplossing te kom moet ons mekaar se standpunte verstaan.

Besluit vandag waar jy môre wil wees en vergeet van die verlede.


 

Anke Vlok
Hoërskool Montana, Worcester

Madiba – wêreldberoemde ikoon, rolmodel vir jonk en oud en vader van ons trotse reënboognasie. Wat beteken reënboognasie? Dit verwys na ons land se diversiteit van natuur, ras en kultuur, maar meer as dit getuig dit van die beloftes van eenheid, gelykheid en ’n nuwe begin wat Suid-Afrika vir almal bied.

Vandag, meer as 23 jaar na ons land se eerste demokratiese verkiesing, word dié beloftes dikwels onvervuld gelaat. Mandela-dag is daar om ons te herinner aan die verlede en die ideale waarvoor daar gewerk is, sodat die drome van reuse soos mnr Mandela, ’n realiteit vir Suid-Afrikaners vandag kan wees. Mandela-dag is daar om jong leiers te inspireer en ons te herinner aan die opofferinge wat gemaak is deur generasies voor ons sodat ons as jeug, ongeag kleur of kultuur, in harmonie met mekaar kan leef.

Ek moet bieg, ek het ’n stokstywe, formele konferensie verwag toe ek ingelig is van die SBA-jeugforum ter ere van mnr Mandela waar ek my skool moet verteenwoordig. Die forum was egter baie ontspanne en die leerders wat daar was, kon gemaklik wees en gesels oor ons land se probleme, behoeftes en die toekoms van ons land.

Een van die onderwerpe wat by die forum deur HemelBesem aangespreek is, is rolmodelle en hoe plaaslike rolmodelle van kardinale belang is, aangesien hulle ons definisies van sukses beïnvloed. Goeie rolmodelle inspireer jongmense om aktief as burgers deel te neem. Rolmodelle kan strek van parlementslede en Suid-Afrikaanse vermaaklikheidspersoonlikhede tot onderwysers en familielede, met mnr Mandela as die vernaamste voorbeeld van ’n goeie rolmodel vir die jeug van Suid-Afrika. Rolmodelle vorm ons op maniere wat moeilik is om te beskryf. ’n Rolmodel is iemand na wie jy opkyk en soos wie jy streef om te wees. Ons as jeug móét rolmodelle in ons eie gemeenskap en ons eie land hê na wie ons kan opkyk, anders gaan vaderlandsliefde onder die nuwe generasie, die toekomstige leiers, verlore gaan.

Na afloop van die besprekings is daar vasgestel dat onderwys ’n groot rol speel daarin om ’n beter toekoms vir die jeug van Suid-Afrika te verseker, want skool is waar jy jouself begin ontdek. As jy die wêreld instap sonder ’n goeie opvoeding, begin jy alreeds met ’n agterstand. ’n Opgevoede nasie kan ingeligte besluite neem en Suid-Afrika se koers bepaal om ’n blink toekoms vir elkeen te verseker.

Ivor Price, Corné Pedro (Skurweberg Sekondêre Skool), Renata Booisen (Clanwilliam Sekondêre Skool), Mej SA Demi-Leigh Nel-Peters, HemelBesem, Nicole Joubert (Hoërskool Graafwater), en Riana Mostert (Citrusdal Akademie)


 

Brian-Lee Cupido
Rusthof Sekondêre Skool, Strand

Die Nelson Mandela-dag-viering op 18 Julie is ons manier om ’n reus van ’n man te vereer vir sy bydrae tot die wêreld en sy visie wat hy gedeel het met die mensdom. Hy het die wêreld verander met wat hy geglo het, en ek glo die doel van Mandela-dag is om ons te herinner dat ons moet strewe om die wêreld te beïnvloed. Soos Nelson dit sy lewensdoel gemaak het vir die verbetering van ander se lewens ten koste van sy eie beteken dit vir my ek moet lewe om ander persone se lewens beter te maak.

My verwagting van die SBA-jeugforum was om myself in ’n omgewing te vind waar ek sal omring word deur persone van dieselfde denke met betrekking tot politieke, sosiale welsyn en ekonomiese kwessies van Suid-Afrika, so ook die wêreld. Om nie net probleme raak te sien nie, maar eerder werksame oplossings te vind vir die kwessies. En ook om die positiewe ontwikkeling van Suid-Afrika raak te sien en die mooi toekoms.

My ervaring van die jeugforum sal ek beskryf as insiggewend, want dit het my as jong volwassene en toekomstige leier ’n nuwe perspektief omtrent dinge gegee. Die sprekers het geïnspireer deur hulle lewenstories en ervarings en het my laat besef dat ek ook ’n lig kan wees vir ander en dat ek my rolmodelle om my moet waarneem.

Ek glo werklik rolmodelle is nodig in ons land om burgers te inspireer om aktief deel te wees in gemeenskapswerk. Hierdie ikone is nodig om burgers te motiveer en die moed te gee om te doen wat van hulle verwag word.

Vir Suid-Afrika om ’n beter toekoms vir die jeug te verseker sal ons eerstens beter politieke leiers nodig het en ook die land se visies en waardes moet ontleed. Ons sal meer moet fokus op opvoeding, wetstoepassing en ons Grondwet. Ons leiers moet meer “selfloos” word en aandag gee aan die welvaart van ons land se burgers en hulle ontwikkeling.

As jongmens sal ek die leier wil word wat ek graag sou wou hê. Ek glo deur dit sal ek ’n groot bydrae kan maak tot ons die land se ontwikkeling. Ons sal Suid-Afrika beter maak soos Mandela as ons besef ons is ’n eenheid.


 

Christiaan Burger

Hoërskool DF Malan

Mandela-dag is die geleentheid vir alle Suid-Afrikaners om die ongelooflike nalatenskap van Nelson Mandela, wat 67 jaar van sy lewe gewy het aan menslike geregtigheid, te vier. Op die dag verenig landsburgers om elk vir 67 minute ’n positiewe verskil in hulle gemeenskappe te maak.

Suid-Afrikaners het vandag ’n baie groot uitdaging, met ’n negatiewe verandering in ekonomiese klimaat, armoede wat groei, werkloosheid wat veral onder die jeug toeneem en die welvaartgaping wat vergroot, wat die alledaagse lewe al hoe moeiliker maak. Suid-Afrika is afhanklik van sy jeug om die katalisator te wees om Suid-Afrika positief vorentoe te neem. Gevolglik is die jeug afhanklik van navolgenswaardige rolmodelle.

Die SBA het ter ere van Mandela-dag ’n jeugforum aangebied waar ons die geleentheid gekry het om dié kwessies waarmee Suid-Afrika gekonfronteer word, te bespreek. Nelson Mandela sal altyd die grootste rolmodel vir Suid-Afrikaners wees en selfs internasionaal dien sy nagedagtenis as inspirasie.

Suid-Afrika se jeug benodig rigtingwysers en geleenthede om ’n konkrete bewuswording van Nelson Mandela se ideale en visie te ervaar. Die SBA speel onteenseglik só ’n rol. Die sprekers by dié geleentheid het my beïndruk, veral HemelBesem, wat ek sien as ’n invloedryke figuur en rolmodel met wie die jeug hulle kan vereenselwig.


 

Henronita Kupido
Groenberg Sekondêre Skool, Grabouw

Mandela-dag is die dag waarop Suid-Afrikaners regoor die land aangemoedig word om 67 minute van hul tyd aan ’n goeie daad te spandeer wat ten doel het om oudpresident Nelson Mandela se lewe te vier. Vir my beteken hierdie dag baie, want daar is ongelooflik baie maniere om terug te gee en niks terug te verwag nie.

Ek het ’n asemrowende ervaring van die SBA-jeugforum ter ere van Mandela beleef. Dit was ’n wonderlike geleentheid wat aan my gebied was. Ek is besonder dankbaar om deel te kan wees van die SBA.

Suid-Afrika het nou ’n besonderse soort leierskap en rolmodelle nodig om die ongelooflike potensiaal van die land te help ontgin asook ’n beter toekoms vir die jeug te verseker. Sterk leiers is van die grootste belang, want ’n mens kan nie ander lei indien jy nie oor die vermoë beskik is om jouself te lei nie. Leiers soos Mandela is nou dringend nodig in ons land. Na sy dood het die persepsie hier ontstaan dat die land erosie van leierskap ervaar. Die ander belangrike eienskap wat benodig word is vertroue, goeie waardes en jy moet bereid wees om opofferings te maak. Die agteruitgang van ons land is kommerwekkend en ons as môre se leiers moet ons stemme dik maak en verantwoordelikheid neem vir die toekoms. Ons is die reënbooggenerasie. Na die storm is daar altyd lig.

Vir seker is die doel om elke dag van jou lewe iets goed vir iemand anders te doen. Jy moet altyd trots wees op jou land. Ons moet mekaar se hande neem, mekaar ondersteun en moet nooit moed opgee nie.

Ons is die toekoms van Suid-Afrika.

Foto's: Stephen Fourie

The post Mandela-dag 2017: SBA-jeugleiersforum appeared first on LitNet.


Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha

$
0
0

Taaldag het op 14 Augustus plaasgevind. Onder andere het talle boekwinkels ter viering van die dag afslag op Afrikaanse boeke aangebied. Naomi Meyer het vir Willem Botha van die WAT gevra oor wat Taaldag beteken en waar dit ontstaan het.

Willem, 14 Augustus was Taaldag. Wat is dit – en wat is die oorsprong hiervan?

Op 14 Augustus 1875 het agt Paarliete in Gideon Malherbe se huis bymekaargekom en die Genootskap van Regte Afrikaanders gestig. Behalwe ds SJ du Toit was hulle amper almal Paarlse wynboere. Hulle vernaamste ideale was ’n Afrikaanse koerant, die vertaling van die Bybel in Afrikaans en die erkenning van Afrikaans as ’n amptelike landstaal. Die Afrikaanse Patriot het in 1876 vir die eerste keer verskyn en die Afrikaans daarin was suiwer in die opsig dat dit geskryf is soos dit gepraat is: “Een Afrikaanse koerant ... Dit het baiang moeite gekos om so vêr te kom ... want die meeste Afrikaanders is nes steeks pêrde, hulle wil mos nie glo dat ons een ei'e taal het nie ... Ons wil nou met ons ‘Patriot’ an die wereld wys, dat ons wel de'entlik een taal het waarin ons kan sê net wat ons wil.” Afrikaans het in 1925 ’n amptelike landstaal geword en die Bybel het in 1933 in Afrikaans verskyn. Die Afrikaanse Patriot leef vandag voort as die Paarl Post. 

Afrikaans het dus nie in die Paarl ontstaan soos sommige glo nie, maar daar is wel baanbrekerswerk ten opsigte van die erkenning van Afrikaans in die Paarl gedoen. Afrikaans het ook nie in 1875 ontstaan soos sommige glo nie – die eerste spore van Afrikaans is deur die Khoi getrap.

Hoekom is dit nodig om Taaldag te herdenk, of daarvan bewus te wees?

Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel. Daar word ook dikwels gesprek gevoer oor aktuele kwessies rondom Afrikaans, soos die herkoms en toekoms daarvan.

Taaldag is verby, lank lewe Taaldag! Op watter manier kan mense dit nog steeds vier?

Ons kan maar elke dag die wonder van Afrikaans, ’n inheemse taal of Afrikataal, vier! Ons kan hom koester en sy welstand bevorder deur Afrikaanse boeke te koop, ook woordeboeke, CD's van ons Afrikaanse kunstenaars te koop, na die jongste, en uitstekende, Afrikaanse flieks te gaan kyk, en as ambassadeurs vir Afrikaans op te tree. Die mees persoonlike geskenk wat jy vir iemand kan gee, is ’n woord. Gaan kyk by www.wat.co.za hoe om dit te doen of google Borg ’n Woord.

The post Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha appeared first on LitNet.

ATKV-Muziq: Van klein dorpie na wêreldstede

$
0
0

Toe hy twaalf jaar oud was, het Sulayman Human nog nooit aan ’n klavier gevat nie. Op 29 Julie 2017 was hy maar 24 jaar oud toe hy afgereken het met die room van Suid-Afrika se jong musici. Nou wag die wêreld se verhoë vir hierdie boorling van Dysselsdorp.

ATKV-Muziq vind jaarliks plaas. Instrumentaliste vanaf 15 jaar tot en met 27 jaar mag inskryf. LitNet het al te vore berig hoe belangrik dit is vir jong musici om te weet dat hulle elke jaar kan luister na die wenners, kan inskryf en verbeter. (Lees die LitNet-onderhoud met Junnan Sun, die 2015 wenner, hier.)

Vanjaar het die eindrondte van ATKV-Muziq in die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow plaasgevind. Vyf finaliste het deelgeneem.

’n Totale prysgeld van R 180 000 was vanjaar op die spel. Elke finalis het R10 000 ontvang.

Sulayman Human was die algehele wenner en het ’n wentjek van R65 000 en ’n erepenning ontvang. Hier is hy saam met Deidre le Hanie, die besturende direkteur van die ATKV, wat die pryse oorhandig het.

Sulayman het ook ’n R8 500-prys, vir die Beste vertolking van 'n Barok- of Klassieke werk tydens die eindrondte, ontvang.

Cameron Williams was algeheel tweede, en het daarvoor R32 000 ontvang. ’n Addisionele prys van R8 500 vir die Beste vertolking van ’n Suid-Afrikaanse werk tydens die finale rondte is ook aan hom toegeken.

 Jeffrey Armstrong, derde het R16 000 ontvang.

Jonathan Mayer, viool, was ook ’n finalis.

Brian Bae op klavier, was die ander finalis.

Die aand se begeleier was Elna van der Merwe.

Sulayman het verlede jaar derde geëindig. Die 2016-wenner van ATKV-Muziq, Megan-Geoffrey Prins, het die afgelope aantal weke vir Sulayman onder hande geneem. Hier poseer hulle saam ná tyd.

Megan studeer tans in die VSA en het na Suid-Afrika teruggekeer om ’n reeks konserte te speel. Danksy die oorwinning wat Sulayman behaal het, is daar vir hom nou ook moontlikhede in die VSA.

Die beoordelaarspaneel het onder die leiding gestaan van die violis, Denise Sutton (nie-stemmende voorsitter, links van Sulayman). John Theodore (pianis, heel links), Heinrich Armer (voormalige klarinetdosent aan die Universiteit van die Vrystaat, tweede van regs) en Patrick Goodwin (die huidige orkesmeester van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, heel regs) was die ander lede van die paneel. Saam met hulle op die foto is John Roos, die beskermheer van ATKV-Muziq (tweede van links).

Die sopraan, Palesa Malieloa, het as gaskunstenaar opgetree. Palesa is verlede jaar aangewys as die algehele wenner van ATKV-Muziqanto 2016.

Die nasionale Afrikaanse radiostasie, RSG, is weer eens vanjaar die mediavennoot van beide ATKV-Muziq en -Muziqanto.

Die finaal van ATKV-Muziqanto vind plaas op 16 September.

The post ATKV-Muziq: Van klein dorpie na wêreldstede appeared first on LitNet.

Ommietafel 2017: Die oop-koms van Afrikaans

$
0
0

Op Donderdag 17 Augustus 2017 het die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Taalmonument hande gevat om ’n gesprek oor die oop-koms van Afrikaans aan te bied – nie soseer oor die toe-koms nie.

Die gesprek het plaasgevind by die Middelvlei Wynlandgoed in Stellenbosch. Middelvlei se funksielokaal word deur die plaaswerkers selfs bestuur en bedryf.

Johan van Lill, die radioman, het die gesprek gelei.

Johan van Lill

Willa Boezak het afgeskop deur die komvandaan van Afrikaans te vergelyk met die lewe van ’n mens. “Afrikaans was ’n baba daar waar die Khoi en die Nederlanders met mekaar begin praat het,” sê hy. In die tyd toe die Moslem-leermeesters Afrikaans in Arabies begin skryf het, en die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is, was die taal waarskynlik mondig: Jonk sterk en reg om ’n eie identiteit aan te neem. Nou is die taal egter volwasse en daar is baie goed wat maak dat dit maar ’n skraal persoon is. Die sprekers moet nou moeite doen om die taal te voed en te koester. “Voer Afrikaans vet!” was Boezak se pleidooi.

Willa Boezak

Fiona van Kerwel het gesê Afrikaans het waarskynlik ’n “toe”-koms gehad in die donker jare van Apartheid, maar deesdae sien sy die mooi raak in die opbouende projekte wat in die naam van die taal gedoen word. Sy self werk vir die US Woordfees se WOW-projek en hier kan sy eerstehands sien hoe Afrikaans oop lê voor ons.

Fiona van Kerwel

Tildie Smit is ’n onderwyser en navorser. Sy het van Churchill Naudé se lirieke aangehaal en gesê dat hy, en ander wat soos hy Afrikaans vernuwe, die taal oopstel aan almal, ook aan die jongmense. Nie net is die taal van rappers en rymkletsers toeganklik nie, dit omarm ook diversiteit.

Tildie Smit

Hendrè Cubitt is nog op skool. Hy voel onnies kan baie doen om die taal oop te maak vir mense soos hy. Wanneer die klas interessant is, neem hy en ander kennis.

Hendrè Cubitt

Die gehoor het daarna allerlei kwessies aangespreek – alles van Afrikaans as universiteitstaal tot grammatika het onder die loep gekom.

Daarna was van Middelvlei se wyne, sosaties en potbrode beskikbaar. Daar is dus heerlik gekuier en geklets ommietafel. In Afrikaans. Dikwels ook oopmond gelag oor wat môre inhou.

Gerrie Lemmer, Amanda de Stadler en Nita Cronjé

The post Ommietafel 2017: Die oop-koms van Afrikaans appeared first on LitNet.

Fotoblad: Die herkoms van Afrikaans ‒ Taalmaandvieringe in die Paarl

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het op Saterdag 26 Augustus as deel van hul gesamentlike Taalmaandvieringe in Paarl ’n paneelbespreking en kultuurprogram oor die herkoms van Afrikaans aangebied.

Afrikaans en die taal se diverse, inheemse wortels en kultuurerfenis is gevier.

Menán van Heerden het namens LitNet die verrigtinge bygewoon.

Fatima Allie, nuutverkose ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad

Christo van Rensburg, skrywer van So kry ons Afrikaans

Imam Hashim Salie, voormalige president van die South African Hajj and Umrah Council

Donique Cloete, honneursstudent by die Universiteit van Wes-Kaapland

Anzil Kulsen, skrywer en projekbestuurder by die ATKV

Anzil Kulsen gesels oor Oranjerivierafrikaans.

Die verskillende invloede van Afrikaans

’n Voorbeeld van ’n Arabiese Afrikaans teks

Michael Jonas, direkteur van die ATM en Willem Botha, uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

John Cornelius Witbooi

Willa Boezak en Danny Titus

Seremoniemeester van die kultuurprogram: Poem Mooney

Lukhanyo-marimbagroep

Kaapse Affodille (vroueboereorkes)

André Boesak lees stories as deel van die kultuurprogram.

Getuie$-rymkletsgroep

Die Bosbok Trappers-rieldansgroep

Caledonian Roses-klopsegroep

Young Men Sporting Club-Maleierkoor

Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die ATR

Rian Cloete (gesprekleier), Sophia Oliphant (lid van die groep Mengelmoes-digters wat onder andere Diana Ferrus insluit) en Christo van Rensburg

John Cornelius Witbooi, Rian Cloete, Fatima Allie en Christo van Rensburg

Jethro Louw, Rian Cloete en Jitsvinger

The post Fotoblad: Die herkoms van Afrikaans ‒ Taalmaandvieringe in die Paarl appeared first on LitNet.

Oemmie’s Merang

$
0
0

Op Sondag 20 Augustus 2017 het die ATKV met Mizan Events & Cultural Promotions saamgespan om die kultuur en geloof van die Kaapse Moslemgemeenskap te vier.

On Sunday, 20 August 2017 the ATKV joined hands with Mizan Events & Cultural Promotions for an event to celebrate the Cape Muslim community and their deep cultural and religious roots.

Afrikaans is in Arabiese skrif geskryf deur Kaapse Moslemgeleerdes lank voor ons Nederlandse voorouers dit gedoen het.

Afrikaans was first written in Arabic script by Cape Muslim scholars.

Toeriste weet van die Bo-Kaap se kleurvolle huise, maar wat gebeur daarbinne?

Tourists know the Bo-Kaap for its colourful houses, but what happens inside those homes?

Masturah Adams, die eienaar en bestuurder van Mizan Events & Cultural Promotions, wil hê dat Suid-Afrikaners en internasionale toeriste ons kulturele en godsdienstige erfenis met Kaaps-Maleise kos sal vier. Sy noem die Bo-Kaap ’n "gemeenskap om te vier".

Masturah Adams, the owner and manager of Mizan Events & Cultural Promotions, wants South Africans and international tourists to celebrate our cultural and religious heritage with Cape Malay cuisine. She calls the Bo-Kaap a “celebratory community”.

Adams het familie en vriende opgekommandeer om ’n interaktiewe uitstalling van die Kaapse Moslemtradisies te skep. Besoekers is toe op ’n begeleide toer geneem.

Adams rounded up family and friends to create an interactive display of the Cape Muslim traditions. Visitors were then taken on a guided tour.

Ons is toegelaat om by ’n tipiese madrassa in te loer. ’n Madrassa is ’n skool waar mense oor hul geloof leer.

We were allowed to take a peek into a typical madrassa. A madrassa is a school where people learn about their faith.

Die naamgeeseremonie van ’n kind, bekend as die doekmal, is verduidelik.

The naming ceremony of a child, called the “doekmal”, was explained.

Verskeie aspekte van die huwelikseremonie is verduidelik.

Various aspects of the wedding ceremony were explained.

Ná die formele seremonie berei die ouer vroue, gewoonlik Hajies, die bruid voor vir haar nuwe status as ’n getroude vrou met iets warm om te dra, baie seëninge en baie trane. (’n Hajie is iemand wat Mekka al besoek het.)

After the formal ceremony, the older women, normally Hajies, prepare the bride for her new status as a married woman with something warm to wear, many blessings and lots of tears. (A Hajie is someone who has visit Mecca as a pilgrim.)

Van hier af word die jong bruid deur die gaste na haar bruidskamer begelei met sang.

From here the young bride is serenaded to her bridal chamber by the guests.

Ons het gehoor hoe verloop die voorbereidings vir Hajj, die pelgrimstog na Mekka.

We heard about the preparations for Hajj, the pilgrimage to Mecca.

Ons kon die tafels sien wat uitgelê is om die terugkeer van die pelgrims te vier en kon van die lekkernye proe.

We could see the tables laid out to celebrate the return of the pilgrims and could savour some of the treats.

Ons het gehoor van die maand van Ramadan wanneer die Moslemgemeenskap van sonop tot sonsondergang vas, ook van die feestelikhede tydens Eid-ul-Fitr, wanneer die einde van die vas gevier word.

We heard about the month of Ramadan when the Muslim community fasts from sunrise to sunset, and were shown the table settings for Eid-ul-Fitr, the celebration when the fast ends.

Ons is ’n kort oorsig van ander belangrike gebeure op die Moslemkalender gegee.

We were given a brief overview of other important events on the Muslim calendar.

Een daarvan is “rampies sny” – die kerf van lemoen- of suurlemoenblare ter voorbereiding van Moulood-un-Nabi, wanneer die geboorte van die profeet Mohammed gevier word. (Hier is nog foto’s van Moulood.)

One of these is “rampies sny” – the cutting of orange or lemon leaves in preparation for Moulood-un-Nabi, when the birth of the Prophet Mohammed is celebrated. (Click here for more photographs of  Moulood.)

Heel gepas is ook die laaste reis van die liggaam getoon – die dooie word liefdevol vir die graf voorberei.

Quite appropriately we were also shown the last passage of the human body – the deceased person is lovingly prepared for the grave.

Uiteindelik is ons genooi om die skoonheid van die Bo-Kaap in te drink.

Finally we were invited to marvel at the beauty of the Bo-Kaap.

Ons is ’n oorsig gegee van die die Bo-Kaap se geskiedenis en die uitdagings waarmee die inwoners tans gekonfronteer word.

We were given an overview of the history of the Bo-Kaap and the challenges currently faced by the people who live there.

Twee gesoute kultuurgidse, Shireen Nackerdien en Mogamat Kammie Kamedien, was byderhand om vrae te beantwoord.

On hand, to answer questions, were two seasoned cultural guides, Shireen Nackerdien and Mogamat Kammie Kamedien.

Die troebadoere het ons op wonderlike vingerwerk en volksliedjies getrakteer. Van links is Ridaa Hendricks, Aboo Taalib Abrahams en Junayed Taliep.

The troubadours treated us to amazing fingerwork and folk songs. Left to right are Ridaa Hendricks, Aboo Taalib Abrahams and Junayed Taliep.

Middagete was amper reg om bedien te word, dus was dit tyd vir 'n paar vinnige foto's. Hier is die aktrise Sandra Prinsloo, Deidre le Hanie, besturende direkteur van die ATKV, en Anroux Marais, minister van sport en kultuur in die Wes-Kaap.

Lunch was about to be served, so it was time for a few quick photographs. Seen here are Sandra Prinsloo, the actress, Deidre le Hanie, managing director of the ATKV, and Anroux Marais, minister of sport and culture in the Western Cape.

Die joernalis Max du Preez en Deidre le Hanie

Journalist Max du Preez and Deidre le Hanie

Aktivis en kultuurikoon Marlene le Roux, saam met Sandra Prinsloo

Activist and cultural icon Marlene le Roux, with Sandra Prinsloo

Jattie Bredenkamp, ​​die museumkenner

Jattie Bredenkamp, the museum guru

Danny Titus, uitvoerende direkteur: Kultuur by die ATKV

Danny Titus, executive director: Culture at the ATKV

Sylvia de Wet, hoof van LAPA Uitgewers

Sylvia de Wet, head of LAPA Publishers

Onderwysspesialis Danie van Wyk en sy gade

Education specialist Danie van Wyk and his spouse

Toe is ons genooi om Kaaps-Maleise kos op sy beste te geniet, soos hierdie breyani.

Then were were invited to experience Cape Malay cuisine at its finest, like this breyani.

En nog baie meer!

And much more!

Die messe en vurke het die praatwerk gedoen.

The knives and forks did the talking.

Yazeed Kamaldien het die gebeure op sy kamera vasgevang. Hy is ’n gevierde joernalis wat bekend geword het tydens sy sensitiewe en deeglike dekking van die Arabiese Lente.

Yazeed Kamaldien captured the event on his camera. He is a celebrated journalist who shot to fame with his sensitive and in-depth coverage of the Arab Spring.

Die komediant Waseef Piekaan was volgende.

Next up was the comedian Waseef Piekaan.

Nagereg is bedien.

Dessert was served.

“Ons het soveel om van mekaar te leer! Ons het soveel om te vier!” het Deidre le Hanie gesê terwyl sy Masturah Adams bedank het. Adams sê sy wil gereeld sulke geleenthede hê waar groepe mense 'n feestelike gemeenskapservaring kan hê terwyl hulle Kaaps-Maleise kos geniet.

“We have so much to learn from one another! We have so much to celebrate,” said Deidre le Hanie while she thanked Masturah Adams for the day. Adams says she is keen to have events like these on a regular basis where groups of people can enjoy a celebratory community experience while savouring Cape Malay cuisine.

The post Oemmie’s Merang appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Nic de Jager by die WAT

$
0
0

Nic de Jager is op 8 September die gas by die volgende Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Nic is tans die aanbieder van Nic se Goed op RSG, maar hy is ook ’n bekende akteur, omroeper, regisseur, fotograaf en vervaardiger van dokumentêre en musiekprogramme.

Nic sal van sy gunstelingmusiek voorspeel en daaroor gesels en waarskynlik ook interessante sosiale kommentaar lewer. 

Johan Erasmus van Glen Carlou sal van die landgoed se uitsoekwyne kom bekendstel.  Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en Nic kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Cecile of Tanja voor of op 6 September by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.

Kyk hier na video's van ’n vorige Woordpret-geleentheid:

“My P-woord is Pa”: HemelBesem en YOMA by die WAT

Liné Enslin
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

"Die verlede van Afrikaans is soos mis. Maar dit maak goeie kompos vir iets wat kan groei." HemelBesem en YOMA was op Vrydag 26 Mei die gaste by die WAT se Woordpret.

The post Persvrystelling: Nic de Jager by die WAT appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Augustus

4 Augustus

7 Augustus

14 Augustus

15 Augustus

18 Augustus

21 Augustus

24 Augustus

26 Augustus

28 Augustus\

29 Augustus

31 Augustus

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Augustus die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

1 Augustus

1.        ’n Wolf in skaapsklere en ander Afrikaanse idiome deur Kobus Galloway
2.        Cult Sister deur Lesley Smailes
3.        Deborah gaan huis toe deur Helene de Kock
4.       AWS

8 Augustus

1.       Hoe diep die liefde lê deur Elsa Winckler
2.       Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste deur André le Roux
3.      Haasdas se nuuskas deur Louise Smit
4.      Kokkedoortjie saamgestel deur Errieda du Toit

15 Augustus

1.        Perlemoendiewe deur Nadine en Adriaan Blom
2.        #Presiesanders – eksperimente en eerste soene deur Cecilia Steyn
3.        Op pad deur Dana Snyman
4.       Hekel 30 teëlmotiewe deur Karen Adendorff
5.        Verskroeide aarde deur Fransjohan Pretorius

22 Augustus

1.        Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots
2.        Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck
3.        Die spookplaag deur Sonja Kaiblinger
4.       Hallo, hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding

29 Augustus

1.        Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter
2.        Hykie Berg deur Hykie Berg
3.        ’n Man vir altyd deur Marilé Cloete
4.       Uit die beek 2018 deur Barend Vos

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Paaiboelie deur Chanette Paul: ’n resensie

Daleen Venter

"Paul slaag skynbaar moeiteloos daarin om ’n oortuigende stem aan elke karakter te gee, twee verhaallyne deeglik te verweef sodat ’n mens male sonder tal kopkrap, en ’n ontknoping neer te pen wat jou mond behoorlik sal laat oophang."

Susanna M Lingua, Gunstelinge 6: ’n resensie

Yolanda Wessels

"Gunstelinge 6 is ’n maklike, ontspannende leeservaring en neem jou op reise na verskillende wêrelddele waar jy teruggeneem word in die tyd en deurentyd herinner word watter belangrike, leidende rol liefde en aanvaarding in ons lewens speel."

Stralerjakkers deur Leon van Nierop: ’n resensie

AJ Opperman

"Hier hoor jy die karakters se stemme om ’n heel ander rede. En jy sien hulle nes tevore, hoewel in die geestesoog. Hulle het op lug bestaan, spesifiek op weeksdae vir ’n paar jaar, die radiogolwe vol."

Geknelde land deur FA Venter: ’n resensie

AJ Opperman

"[D]it is ’n goeie, sterk verhaal dié, en op die koop toe besonder goed verwoord."

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen

"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."

Pad na Eensaamheid deur Kas van den Bergh: ’n boekbespreking

Louise Viljoen

"Pad na Eensaamheid het wel in 1964 vir die eerste keer verskyn, maar die universele temas daarin vervat sal ook deur die hedendaagse leser van waarde gevind word." 

Keur 2 deur Christine le Roux: ’n resensie

Barbara Potgieter

"Die lesers van liefdesverhale wat hierdie stories langs die pad misgeloop het, sal dit geniet – miskien hulle dogters en kleindogters ook."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans, stewig gevestig."

Die laksman se dogter: ’n onderhoud met Gerda Taljaard

Gerda Taljaard, Naomi Meyer

"Rosaria onthou ook haar eie jeug, hoe sy as kind deur haar twee ouer susters afgeknou is. Sy besef haar aandeel in haar dogter se middelafhanklikheid, sowel as in haar mislukte huwelik."

Video: Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter word bekendgestel

Naomi Bruwer

Eben Venter se nuwe roman, Groen soos die hemel daarbo, is op 12 Augustus in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Rachelle Greeff het met hom gesels.

Al wat ek weet: ’n onderhoud met Marita van der Vyver

Marita van der Vyver, Naomi Meyer

"Maar ek dink tog tieners het ’n emosionele intensiteit wat die meeste volwassenes iewers langs die pad verloor. En as jy vir tieners wil skryf, is die grootste uitdaging miskien om hierdie emosionele intensiteit te bly voel."

Verskroeide aarde: ’n onderhoud met Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius, Naomi Meyer

"Ek dink ons almal se ervaring is egter dat soos ons ouer word, die geskiedenis vir ons belangriker word. Ek weet dat baie Afrikaanse ouers vir hul kinders van die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe vertel en wil vertel."

Die groot drie: ’n onderhoud met François Verster

Francois Verster, Naomi Meyer

"Die gevaar van satire is net dat jy nie die mán te veel moet speel nie, eerder die bal – val die onreg aan wat gepleeg word, nie alewig die persoon wat dit pleeg nie, anders kan die simpatie na die oortreder verskuif."

 

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

3 Augustus

Smeul laat die monde water
Drie vroue, een kombuis. Hierdie is nie ’n geval van “too many cooks spoil the broth” nie. Inteendeel, dié drie vriendinne, ‘n skrywer, bemarker en radioloog, kook saam dat die stoom trek, skryf Louise Viljoen oor die resepteboek, Smeul.

17 Augustus

‘Die bergengel’ – Verbeelding wat deurgaans betower
Dit is nie om dowe neute nie dat Carina Stander agter in Die bergengel na haarself as opgeleide beeldhouer verwys. Dit is juis haar vernuf om te verbeeld wat in dié roman, die eerste van drie, so voorop staan. En daarmee saam die vaardigheid om te verbeel, skryf Johan Myburg.

22 Augustus

Schmetterling leer vlieg in Vlerke vir almal
Vlerke vir almal is ’n emosionele boek wat baie lewenskwessies aanraak, maar veral boeliegedrag. Die 15-jarige Marisha Hermann (15) resenseer dié jeugboek.

 

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

6 Augustus

13 Augustus

20 Augustus

27 Augustus

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 2 Augustus
Corina van der Spoel gesels met S.J. Naude oor sy roman Die derde spoel. Corlia Fourie gesels oor die kortverhaalbundel Kleure van die liefde, en deel ook sommer ’n paar wenke oor die skryf van kortverhale. Dia van Staden gesels oor die Pretoria Boekejol en Filmrolfees wat van 16 tot 20 Augustus plaasvind, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Woensdag 9 Augustus
Mark Behr se bekroonde roman Die reuk van appels is onlangs verwerk in ’n toneelstuk. Ilse Salzwedel gesels met Johann van der Merwe en Rudi Sadler van Rocket Theatre hieroor. Maandag 14 Augustus vier ons die Vriende Van Afrikaans (VVA) se Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag. Kom vind uit waar kan jy tot 50% afslag kry op nuwe Afrikaanse boeke op daardie dag. Johan Myburg gesels oor internasionale letterkunde, en bespreek ook ’n plaaslike kunsateljee-eienaar se memoirs oor sy loopbaan. Mariana Rabie vertel wat gebeur alles by die McGregor Gedigtenaweek van 25 tot 27 Augustus in McGregor.

Woensdag 16 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Schalk Schoombie oor sy nuwe roman Rooi haring. Die finaliste van die ATKV Woordveertjies is pas aangekondig. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale letterkunde. Word daar meer kru taal gebruik in hedendaagse letterkunde, of is dit net lesers se persepsie? En sal jy gewillig wees om deel te neem aan die oorspronklike manier wat ’n Nederlandse digter gevind het om ’n spesiale gedig te bemark? Die Afrika-skrywer van die week is Cyprian Ekwensi van Nigerië.

Woensdag 23 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter, wat in Suid-Afrika is om sy nuwe roman, Groen soos die hemel daarbo, te bemark. Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar nuwe bundel kortverhale As in die mond. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor ’n nuwe internasionale neiging in kinderboeke, en vertel ook meer van Isabelle Allende, wat pas 75 jaar oud geword het, se jongste roman.

Woensdag 30 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Gerda Taljaard oor haar nuwe roman Die laksman se dogter. Piet Matipa, die skrywer van Dwarsklap, vertel meer oor sy bundel rubrieke en vertellings. Die Afrika-skrywer van die week is Dambudzo Marechera van Zimbabwe.

 

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 1 Augustus
Jolyn Phillips lees verse uit haar bundel Radbraak.

Dinsdag 8 Augustus
Antjie Krog lees verse van Elisabeth Eybers.

Dinsdag 15 Augustus
Carel Trichardt lees verse wat hom aantrek en wat vir hom belangrik is.

Dinsdag 22 Augustus
Daniel Hugo lees verse van Uys Krige.

Dinsdag 29 Augustus
Bernard Odendaal lees reisgedigte.

 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

In Augustus het geen nuwe resensies van digbundels verskyn nie, maar die volgende onderhoude met digters is geplaas:

9 Augustus

27 Augustus

 

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Augustus die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

7 Augustus

14 Augustus

21 Augustus

28 Augustus 

 

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vir verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van ’n resensie van die nuwe AWS, wat Hambidge gedurende Augustus op Fine Music Radio gelewer het:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/2017/08/resensie-aws-2017.html

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2017 appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Belangrike reëlings vir PEN Afrikaans se AJV op 16 September

Ons nooi hiermee al ons lede nogmaals hartlik uit na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2017. 

Ons AJV word gehou op Saterdag, 16 September, om 12:30 in die Wellington Biblioteek oorkant die Breytenbach Sentrum op Wellington tydens vanjaar se Tuin van Digters-fees. 

(Klik hier vir aanwysings na die Breytenbach Sentrum.)

Die Tuin van Digters bied 'n vol en interessante program vir alle liefhebbers van die Afrikaanse woordkuns en ons is baie bly dat ons gedurende die fees op Breyten se verjaardag kan vergader.

Bonus: Opbetaalde lede van PEN Afrikaans sal vanjaar gratis toegang tot die 2017 Tuin van Digters-fees op 15 en 16 September kry. Hierdie toegang kos andersins R250. Ons bedank die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum, Francois Lötter, vir die ruimhartige ondersteuning.

Let wel: Slegs opbetaalde lede van PEN Afrikaans het stemreg by die AJV en kom vir gratis toegang tot die fees in aanmerking. As jy nog nie betaal het nie, maar graag gratis toegang tot die fees wil hê, moet jy jou ledegeld van R300 voor of op 13 September 2017 betaal. Indien jy nog nie 'n faktuur ontvang het nie, laat weet asseblief spoedig na penafrikaans@gmail.com.

Die agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, 16 September 2017, Wellington

1. Verwelkoming
2. Verskonings en vasstelling van ’n kworum
3. Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
4. Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op 20 Augustus 2016 en sake voortspruitend uit die notule
5. Voorsittersverslag
6. Tesourier se verslag
7. Bestuurder se verslag
8. Die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds
9. Verwikkelinge rondom kopiereghervorming: Waar staan ons nou?
10. Verkiesing van ’n nuwe bestuur
11. Algemeen

Die notule vir PEN Afrikaans se AJV 2016 kan hier afgelaai word.

Toegang tot die vergadering is uiteraard gratis, maar wees asseblief so vriendelik om te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon. Ons sal graag wil seker maak dat daar genoeg sitplek vir almal is. RSVP na penafrikaans@gmail.com

Voorstelle vir die agenda kan ook na penafrikaans@gmail.com gestuur word.

Volmagte en nominasies vir nuwe bestuurslede vir PEN Afrikaans

'n Nuwe bestuur sal by ons AJV op 16 September verkies word. Indien jy iemand wil nomineer as voorsitter, ondervoorsitter of bestuurslid stuur asseblief jou nominasie na penafrikaans@gmail.com. Opbetaalde lede is ook welkom om hulself te nomineer en verkiesbaar te stel.

Indien jy 'n opbetaalde lid is en dus stemreg het, maar nie die vergadering kan bywoon nie, word jy vriendelik versoek om volmag te verleen aan 'n ander opbetaalde lid wat namens jou mag stem.

Om volmag aan 'n ander lid te gee, moet jy asseblief die volmagvorm hier aflaai, invul, onderteken, skandeer en stuur na penafrikaans@gmail.com.

Ledegeld vir 2017 en uitstaande kwitansies 

Alle lede wat hul ledegeld van R300 vir 2017 betaal het, moes kwitansies vir hul betaling ontvang het. Die kwitansies is uitgestuur vanaf die adres mail-service@accounting.sageone.co.za. Indien jy dus jou ledegeld gedurende 2017 betaal het en geen kwitansie ontvang het nie, laat weet ons asseblief so gou moontlik daarvan by penafrikaans@gmail.com.

Ons het egter een inbetaling ontvang van 'n lid wie se identiteit ’n raaisel is. Aangesien ’n naam en faktuurnommer nie hierdie betaling vergesel het nie, kon ons nie die betaling met die korrekte faktuur versoen en 'n kwitansie uitreik nie. Al inligting wat op die bankstaat te sien is, is die volgende:  MAGTAPE CREDIT STANCOM – R570 xx2641 UNIV VAN 9350

Met ander woorde, as jy jou ledegeld op 2 Augustus 2017 betaal het en nog nie 'n kwitansie ontvang het nie, laat weet ons asseblief. Dit beteken jy is 'n opbetaalde, stemgeregtigde lid wat gratis toegang tot die Tuin van Digters-fees kan kry, maar ons kan ongelukkig nie jou naam tot ons lys van opbetaalde lede byvoeg nie.

Die Tuin van Digters-fees op Wellington

Tuin van Digters vind vanjaar op 15 en 16 September by die Breytenbach Sentrum op Wellington plaas.

Hier is van die hoogtepunte: 
* Die Ingrid Jonker-prys (vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is) word op Saterdag, 16 September, op die fees aan Hilda Smits oorhandig 
* Die huldiging van die digter Wilma Stockenström met 'n lesing deur prof. Ronel Foster en voordrag en sang deur Laurinda Hofmeyr onder begeleiding van Schalk Joubert  
* ’n Gesprek deur PEN Afrikaans oor ‘Breyten se invloed op die generasies ná hom’ met Danie Marais, Louise Viljoen, Andries Bezuidenhout, Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé 
* Die bekendstelling van Nuwe Stemme 6 
* Andries Bezuidenhout gesels met Bibi Slippers oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien 
* Gesprekke met Jolyn Philips en Corné Coetzee wat vanjaar hul digdebute gemaak het 
* Riku Lätti en die Wasgoedlyn se digtersangers van die nag 
* Tribal Echo wat nuwe toonsettings van gedigte van Adam Small sing 

Klik hier vir die Tuin van Digters se program en alle ander relevante inligting oor die fees.

Die Breytenbach Sentrum se 10de bestaansjaar word ook by die Tuin van Digters gevier. Die tema vir 2017 is "UITDAGEND SKEPPEND". Die aanhaling dui op beweging – in uitdaag en in skep. Dit is ook die Breytenbach Sentrum se tema vir 2017 en vorentoe en het sy oorsprong in Breyten Breytenbach se woorde tien jaar gelede op 26 Februarie 2007 met die opening van die Breytenbach Sentrum.

Kaartjies kos R100 vir die Vrydag, R200 vir die Saterdag en R250 vir die tweedag-pakket. Studente met bewys van ’n geldige studentekaart betaal R60 per dag. PEN Afrikaans se jaarvergadering sal ook op Saterdag 16 September by die Tuin van Digters plaasvind en opbetaalde lede sal gratis toegang kry.

Besprekings en navrae kan gedoen word by Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, 073 435 1022, h/v Burger- en Malherbestraat, Wellington, 7655.

Internasionale blootstelling vir PEN Afrikaans se Trippel-7-projek

Op Wêreldgeletterdheidsdag, 8 September, vanjaar het PEN International die kollig gewerp op die sogenaamde Civil Society-programme wat PEN in vennootskap met Sida wêreldwyd finansieel ondersteun (Swedish International Development Cooperation Agency). Ons is baie trots om ons Trippel-7-projek in hierdie geselskap ten toon te kon stel.

Klik hier om meer te lees oor die verskillende projekte en om te sien hoe mooi die kollig op Trippel-7 val.

Nogmaals hartlike dank vir al haar moetie aan Anzil Kulsen, ons bestuurslid wat die projek se tweede fase bestuur het. 'n Groot dankie ook weer aan Bernard Odendaal, eweneens 'n bestuurslid, wat gehelp het om die Trippel-7-kandidate se deelname aan die ATKV Winterskryfskool 2017 moontlik te maak.

Finaliste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kompetisie

Baie geluk aan die ses finaliste in die fiksie- en niefiksie-afdeling van die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kompetisie. 

Dié pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Twee pryse van R25 000 elk word toegeken vir die beste Afrikaanse resensie wat in 2016 oor Afrikaansie fiksie en niefiksie onderskeidelik verskyn het. Die kortlyste, wat uit 90 inskrywings saamgestel is, is soos volg:

FIKSIE

  • Danie Marais: “Die ‘Kook en Geniet’ van oneerbiedigheid” (oor Anton Kannemeyer en Conrad Botes se Bitterkomix 17, Media24-dagblaaie, 4 Julie 2016)
  • Charl-Pierre Naudé: “Digterlike afdruk van ʼn lewe verbeeld” (oor Bibi Slippers se Fotostaatmasjien, Media 24-dagblaaie, 5 Desember 2016)
  • Elmari Rautenbach: “Debuut se stiltes ’n elegie aan verlore liefde” (oor Valda Jansen se Hy kom met die skoenlappers, Media 24-dagblaaie, 18 Julie 2016)

NIEFIKSIE

  • Reinhardt Fourie: Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker(geredigeer deur Francis Galloway, Tydskrif vir letterkunde, September/Oktober 2016)
  • Daniel Hugo: “Een van die heel grotes” (oor Om Hennie Aucamp te onthou, saamgestel deur Danie Botha, Rapport, 14 Februarie 2016)
  • Emile Joubert: “Die afkook van ’n vol lewe vind hier beslag” (oor Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach, Media24-dagblaaie, 31 Oktober 2016)

Die keurders was die boekjoernalis en digter Bibi Slippers (sameroeper), senior joernalis en skrywer Jomarié Botha en digter en dosent Alfred Schaffer. Aangesien ’n werk van Slippers geresenseer is, is sy vir die finale keuring deur die redakteur van Huisgenoot, Yvonne Beyers, vervang.

Die keurders was dit eens dat die inskrywings deur die bank van ’n baie hoë gehalte was en werklik leeslus aanwakker. “Daar was heelparty gevalle waar ek nie noodwendig onder normale omstandighede in ’n sekere boek sou belangstel nie, maar die resensent se entoesiasme en insigte het my genoeg geprikkel om dit ’n kans te wil gee,” sê Slippers. 

“Dit was ook veral heerlik om verskillende resensies van belangrike boeke soos Die na-doodVlakwater en Koors te lees, en uiteenlopende interpretasies en leesbenaderings te kan ervaar via die resensente.” 

Daar was vanjaar heelwat nuwe name onder die resensente wat ingeskryf het. “Ek hoop dat ons deur inisiatiewe soos dié die poel selfs verder kan vergroot. Hoe meer ingeligte, intelligente menings uit verskillende perspektiewe verteenwoordig is, hoe beter vir alle rolspelers in die boekbedryf,” sê Slippers.

Die wenners word op 30 September 2017 saam met die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse in Kaapstad aangekondig.

Klier hier om meer te lees oor die boeke wat die kortlyste van die kykNET-Rapport-boekpryse gehaal het.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in September

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Hartlik geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het.

Die publikasielyste vir September kan hier afgelaai word. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2017 appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2017: Foto's

$
0
0

Die tiende ATKV-Woordveertjies het Vrydag 8 September op die Anura-landgoed buite Stellenbosch plaasgevind. Hennie van Greunen was die regisseur van dié glansryke geleentheid. Foto's: Naomi Bruwer.

Die gasvrou vir die aand was Nina Swart.

Spoegwolf het gesorg vir die musiek.

Die Prys vir Poësie is vanjaar aan Bibi Slippers vir Fotostaatmasjien (Tafelberg) toegeken.

Stian Bam lees voor uit Fotostaatmasjien.

Rosita Oberholster het die Prys vir Romanses vir Troue in ’n towerbos (Romanza) ontvang.

Die ATKV se Woordwystoekenning word al meer as ’n dekade lank jaarliks toegeken aan ’n woordeboek of taalgids wat grense verskuif. Die ATKV-Woordwystoekenning 2017 gaan aan Ouma Geelmeid ke kx’u ||xa||xa N|uu, uitgegee deur die Centre for African Language Diversity, Universiteit van Kaapstad.

Die prys is in ontvangs geneem deur Matthias Brenzinger, direkteur van die Centre for African Language Diversity.

Die Woordveertjie vir Beste Liefdesroman is aan Chanette Paul vir Offerande (LAPA Uitgewers) oorhandig.

Die Woordveertjie vir die Beste Niefiksieboek in Afrikaans is vanjaar die eerste keer toegeken. Dit is oorhandig aan Elsabé Brits vir Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, uitgegee deur Tafelberg.

Vanjaar se Toekenning vir Leesbevordering gaan aan die Jazz Town-biblioteek, Uitenhage, in die Oos-Kaap. 

Bruce Koopman het die biblioteek in sy motorhuis in Lukie-straat, Jazztown, Uitenhage, ingerig.

Christo Davids het die Prys vir Dramateks vir My seuns ontvang.

Christo Davids

Die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur is toegeken aan Karin Brynard vir Tuisland (Penguin Random House SA).

Lee-Ann van Rooi lees voor uit Tuisland.

Die ATKV-Prosaprys is deur Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV, oorhandig aan Dan Sleigh vir 1795, uitgegee deur Tafelberg.

Dan Sleigh

Stian Bam en Lee-Ann van Rooi

Die ATKV-Kinderboektoekennings bestaan uit vyf kategorieë en die volgende wenners is aangewys:

In die voorleeskategorie: graad RR tot graad 1
Jaco Jacobs en illustreerder Karen Lilje vir LAPA Uitgewers se Grom!

Selfleeskategorie: graad 2 tot graad 3
Jaco Jacobs en illustreerder Zinelda McDonald vir LAPA Uitgewers se Viskos.
Jaco Jacobs het die prys in ontvangs geneem.

Selfleeskategorie: graad 4 tot graad 5
Fanie Viljoen en illustreerder Elsbeth Eksteen vir LAPA Uitgewers se Oepse daisy, Lulu.

Selfleeskategorie: graad 6 tot graad 7
Elizabeth Wasserman vir Elf dae in Parys, uitgegee deur Tafelberg.

Selfleeskategorie, graad 8 tot graad 10
Cecilia Steyn vir Tienerharte 3: Hartedief, uitgegee deur Human & Rousseau.

Die wenners

The post ATKV-Woordveertjies 2017: Foto's appeared first on LitNet.

Persvrystelling: ATKV se nasionale klassiekesangkompetisie kuier weer in die Kaap

$
0
0

ATKV-Muziqanto, ’n nasionale klassiekesangkompetisie vir jong volwasse sangers met ’n totale prysgeld van R105 000, is die ATKV se jaarlikse bydrae tot klassieke sang in Suid-Afrika.

Die eerste ronde het gedurende Mei vanjaar plaasgevind. Deelnemers moes tussen 18 en 35 jaar oud wees. Die tweede en finale ronde van ATKV-Muziqanto vind op 15 en 16 September 2017 by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow plaas. Slegs tien kandidate word landswyd gekies om aan die tweede ronde deel te neem.

Die volgende kandidate (in geen spesifieke volgorde nie) gaan die 15de September aan die tweede ronde deelneem:

Naam

Stemgroep

Leermeester

Msimelelo Mbali

Bas

N Madlala

Cecilia Rangwanasha

Sopraan

V Davids

Frances du Plessis

Sopraan

V Davids

Owen Metsileng

Bariton

H van Niekerk

Maruping Mokalake

Tenoor

M Mofokeng

Kamohelo Tsotetsi

Bas-Bariton

C Cupido

Caroline Nkwe

Sopraan

FJ Einhaus

Nkululeko Masuku

Tenoor

H van Niekerk

Njabulo Shozi

Tenoor

N Russell

Tshilidzi Ndou

Bariton

C Cupido

 

Die kompetisie begin met die tweede ronde wat vanaf 11:00 tot 16:00 op Vrydag 15 September in die ouditorium van die Musieksentrum Hugo Lambrechts plaasvind. Die bekende Elna van der Merwe sal die kandidate begelei op klavier. Toegang vir hierdie ronde is gratis en sitplekke is onbespreek.

Aan die einde van die tweede ronde word vyf kandidate aangewys wat die volgende aand, Saterdag 16 September om 19:00, aan die finale ronde sal deelneem. Die finaliste sal saam met die Kaapstadse Feesorkes onder leiding van maestro Richard Cock optree. Vir die bywoning van Saterdagaand se konsert moet sitplekke egter bespreek word.

Muziqanto-deelnemers kom in aanmerking vir die volgende pryse:

  • Prys vir die beste vertolking van ’n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde: R6 000
  • Algehele Tweede Prys: R25 000
  • Algehele Derde Prys: R15 000

Die algehele wenner van ATKV-Muziqanto ontvang R50 000.

Die beoordelaarspaneel vir hierdie twee rondes is nie-stemmende sameroeper Lize Thomas (Coetzer) wat al baie jare groot spore op verskeie sangvlakke in SA trap; bekende Suid-Afrikaanse sopraan Sibongile Mngoma;  ervare Amerikaanse sopraan en leermeester, Eugenie Chopin, wat meer as veertig jaar reeds in Suid-Afrika woon; en die internasionaal ervare Suid-Afrikaanse bariton, Fikile Mvinjelwa.

Die nasionale Afrikaanse radiostasie, RSG, is die mediavennoot van hierdie kompetisie.

Die Hugo Lambrechts Musieksentrum is geleë in Pictonstraat, Parow. Veilige parkering is beskikbaar.

Om u gratis sitplekke vir Saterdagaand 16 September te bespreek, skakel vir Louisa van Rensburg tussen 08:00 en 16:00 by 011 919 9009 of na-ure die projekorganiseerder, Ilse Schürmann, by 082 851 7157.

The post Persvrystelling: ATKV se nasionale klassiekesangkompetisie kuier weer in die Kaap appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans – 'n nuwe bestuur en 'n vakature vir 'n nuwe bestuurder

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

'n Nuwe bestuur

PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) het op Saterdag, 16 September, in die Wellington Biblioteek tydens vanjaar se Tuin van Digters-fees plaasgevind. 

By hierdie AJV is aangekondig dat Danie Marais as bestuurder bedank het, maar homself as ondervoorsitter van PEN Afrikaans verkiesbaar stel. Kerneels Breytenbach het ná vier jaar in die stoel uitgetree as voorsitter en Anzil Kulsen het verklaar dat sy nie vir nog 'n termyn as bestuurslid staan nie.

Die volgende lede van PEN Afrikaans is by die AJV vir 'n tweejaartermyn tot die bestuur verkies:

Voorsitter: Marga Stoffer
Ondervoorsitter: Danie Marais
Tesourier: Naomi Bruwer

Ander verkose bestuurslede:
Izak de Vries
Francis Galloway
Charl-Pierre Naudé
Bernard Odendaal
Andries Visagie

Die nuwe bestuur het die opsie om verdere bestuurslede te koöpteer. Hieroor sal by die eerste bestuursvergadering beraadslaag word. Kerneels Breytenbach het hom nie as bestuurslid verkiesbaar gestel nie, maar het aangedui dat hy wel, indien nodig, gekoöpteer kan word.

Die AJV en die verslae wat daar gelewer is, sal eersdaags op PEN Afrikaans se LitNet-webportaal beskikbaar wees.

Vakature: bestuurder van PEN Afrikaans

PEN Afrikaans is op soek na ’n nuwe bestuurder.

Die bestuurder moet as gesig van die werkgewer die prominensie van dié organisasie verseker en uitbou. ’n Geskikte kandidaat moet uitstekend kan skryf in Afrikaans en Engels, goed vertroud wees met die Afrikaanse letterkunde en media, en bedrewe wees met sosiale media (Facebook en Twitter).

Die pligte van die bestuurder behels, onder meer, die volgende:

- Publisiteit en die gereelde opdatering van die PEN Afrikaans-webportaal asook die verdere verspreiding van hierdie inhoud via sosiale media (Facebook en Twitter). Inhoud op die webportaal sluit alle nuusbriewe, verklarings, petisies en stellingnames van PEN Afrikaans in asook verslae van lede oor projekte en ander werksaamhede
- Skakelwerk met PEN International en ander PEN-sentrums, relevante organisasies, kunstefeeste, die media en lede van die publiek
- Skakeling met en verslae aan die Departement Sosiale Ontwikkeling om te verseker dat PEN Afrikaans sy wetlike verpligtinge as niewinsgewende organisasie nakom
- Ledewerwing, lede-bediening en die opdatering van lede-inligting sowel as die digitale argivering van inligting en dokumentasie relevant tot PEN Afrikaans se werksaamhede, geskiedenis en statutêre verpligtinge
-  Ondersteuning van die tesourier ten opsigte van finansiële boekhouding, bestuur en die insameling van ledegeld
- Administrasie van die PEN Afrikaans Vertaalfonds
- Organisering van die algemene jaarvergadering en ander bestuursvergaderings
- Die ondersteuning van fondswerwingsinisiatiewe en projekte

Hiermee saam moet die bestuurder deurlopend verseker dat die werkgewer voldoen aan sy grondwet en die internasionale handves van PEN Internasionaal.

Dit is ’n kontrakpos vir een jaar en die bestuurder kan van die huis af werk teen ’n mededingende salaris. Kennis van Mailchimp en Sage One- of ander Pastel-boekhousagteware sal beslis in die aansoeker se guns tel.

Belangstellendes kan hul CV’s voor of op 19 Oktober stuur na penafrikaans@gmail.com.

Met vriendelike groete
Bestuur: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans – 'n nuwe bestuur en 'n vakature vir 'n nuwe bestuurder appeared first on LitNet.

Projekbestuurspos: aansoeke word ingewag

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) soek tans ’n dinamiese en veelsydige projekbestuurder vir ’n ewe dinamiese en veelsydige posisie.

Die ATR is ’n burgerlike organisasie wat Afrikaans in sy volle diversiteit, variëteite van die taal ingesluit, bevorder. As ’n konfederale organisasie verbonde aan die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe, bevorder ons ook samewerking met en koördinasie tussen bykans 30 lidorganisasies wat hul vir die Afrikaanse taal en kultuur beywer. Ons fokus op Afrikaans op skoolvlak, tersiêre vlak en beleidsvlak en bevorder wedersydse begrip tussen alle Afrikaanssprekendes, asook tussen Afrikaanssprekendes en die sprekers van ons ander inheemse tale.

Indien jy jou met hierdie uitgangspunte kan vereenselwig en oor die regte vaardighede beskik, hoor ons graag van jou.

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Beplanning en implementering van ATR-projekte, insluitende gemeenskapsbyeenkomste, konferensies en seminare
  • Skakeling en die bou van goeie verhoudinge met diverse Afrikaanse gemeenskappe, NRO’s, die owerhede en ander belanghebbers
  • Fasilitering van vennootskappe met rolspelers en belanghebbers binne en buite die Afrikaanse taalgemeenskap
  • Hulp met die opstel van ATR-tekste
  • Verteenwoordiging van die ATR by geleenthede van lidorganisasies en medewerkers

Minimum vereistes:

  • Lojaliteit teenoor Afrikaans en die breë Afrikaanse taalgemeenskap
  • Bewese organisatoriese vermoëns en ervaring met die bestuur van projekte in die sakesektor, die staat en/of nieregeringsorganisasies
  • Vlot meertalig (minstens in Afrikaans en Engels – ander inheemse tale ’n bate)
  • Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede en die vermoë om doeltreffend in spanverband te funksioneer
  • Die vermoë om oor die grense heen te werk en met uiteenlopende rolspelers te skakel
  • Vermoë om onafhanklik en onder druk te werk
  • Vaardigheid in Office 365, Excel, PowerPoint, OneNote, Outlook, Publisher, Access en sosiale media
  • Bereidwilligheid en beskikbaarheid om te reis
  • Geldige motorbestuurslisensie en ’n voertuig

Bykomende vereistes:

  • Tersiêre kwalifikasie in ’n toepaslike veld
  • ’n Gevestigde netwerk in die breë Afrikaanse gemeenskap (wat die besigheidsektor insluit)
  • Kennis en ervaring ten opsigte van Afrikaanse taal- en kultuurkwessies
  • Ervaring met gemeenskapsontwikkeling en/of -skakeling

Standplaas:

Die suksesvolle persoon sal verkieslik in Gauteng/Pretoria gebaseer wees en sal grootliks van die huis af kan werk. Werkverwante kostes sal gedek word.

Totale vergoedingspakket: Markverwant

Aansoeke:

Stuur asseblief u CV (maksimum vier bladsye) en ’n dekkingsbrief (een bladsy) waarin u beskryf hoe u aan die vereistes voldoen aan die ATR se sekretaris, Marekyn Kruger-Evert (marekyn@afrikaansetaalraad.co.za).

Let asseblief op die volgende:

  • Aansoeke sluit om 17:00 op Vrydag 29 September 2017.
  • Onderhoude sal in die tweede week van Oktober gehou word.
  • Aanvaarding van die pos: 1 November of so gou moontlik daarna.
  • NB: Indien u nie teen die middel van Oktober van ons hoor nie, moet u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

The post Projekbestuurspos: aansoeke word ingewag appeared first on LitNet.

Viewing all 1432 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>