Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1432 articles
Browse latest View live

Akademiepryse 2017: Stalsprys vir maatskaplike werk aan Lambert K Engelbrecht

$
0
0

Die Stalprys vir maatskaplike werk word toegeken aan Lambert K Engelbrecht, hoof van die Departement Maatskaplike Werk, Universiteit Stellenbosch.

Huldigingswoord: A Leysens

Lambert Engelbrecht begin sy skoolloopbaan in die Noord-Kaapse myndorp Alexanderbaai, en voltooi hoërskool in 1979 aan die Hoërskool Namakwaland. Ná twee jaar se militêre diensplig, studeer hy Maatskaplike Werk aan die Hugenote Kollege, waarna hy die grade B.Diac. en Hons.Diac. in Maatskaplike Werk verwerf het. Hy begin sy loopbaan as Maatskaplike Werker by die Departement van Korrektiewe Dienste; hy werk as menslike hulpbronbestuurder by ’n korporatiewe maatskappy; en bestuur ’n sentrum vir gemeenskapsontwikkeling.

Prof Engelbrecht het sy MA-graad (Cum Laude) en ’n DPhil-graad in Maatskaplike Werk by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy aanvaar daarna ’n betrekking by die Universiteit van Stellenbosch in 2003, en fokus op navorsingsareas in maatskaplike ontwikkeling, supervisie en bestuur van maatskaplike werkers, en praktykonderrig van maatskaplikewerk-studente.

Meer as 90 wetenskaplike uitsette spruit uit hierdie navorsingsareas deur middel van artikels in vakjoernale, boeke, boekhoofstukke, en referate. Dit is veral sy werk oor supervisie van maatskaplike werkers, en die effek van ’n neoliberale diskoers op bestuur van welsynsorganisasies en dienslewering, wat plaaslik en internasionaal hoog aangeskryf word, en ’n besondere bydrae tot die ontwikkeling van maatskaplikewerk-teorie lewer.

Hy was onder andere instrumenteel tot die ontwikkeling van ’n beleidsraamwerk vir supervisie van maatskaplike werkers in Suid-Afrika, en is tans gasredakteur van die “European Journal of Social Work” se spesiale uitgawe oor die ontwikkeling van internasionale kontemporêre teorieë in supervisie. Verskeie van die publikasies waarby hy betrokke was, verskyn in die “International Social Work” joernaal se lys van mees gelese artikels.

Prof Engelbrecht het verskeie toekennings as erkenning vir voortreflike akademiese werk ontvang, onder andere deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting; ‘n Rektorstoekenning vir onderrig; en ’n eerbewys van die Nasionale Vereniging van Maatskaplike Werkers. Hy bly egter deurlopend by die Maatskaplikewerk-praktyk betrokke, en ook as welwillendheidsambassadeur van die ACVV, die oudste welsynsorganisasie in Suid-Afrika. Prof Engelbrecht is tans Voorsitter van die Departement Maatskaplike Werk, Stellenbosch Universiteit, waar hy sy werk voortsit in die ontwikkeling van eietydse teorieë en praktyk in maatskaplikewerk-organisasiebestuur.

Meneer die voorsitter, ek versoek u nou om die Stalsprys vir maatskaplike werk aan Lambert Engelbrecht te oorhandig.

Stellenbosch
21 Junie 2017

The post Akademiepryse 2017: Stalsprys vir maatskaplike werk aan Lambert K Engelbrecht appeared first on LitNet.


Akademiepryse 2017: Havengaprys vir fisiese wetenskappe aan Hendrik G Geyer

$
0
0

Huldigingswoord: Jan-Hendrik Hofmeyr

Hendrik Belsazar Geyer is sedert 1984 verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. In 1990 word hy professor in Fisika, en hy is sedert 2008 die Direkteur van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing.

As uitmuntende navorser maak professor Geyer ’n enorme bydrae tot aspekte van kwantum meganika en word hy beskou as ’n pionier in die breë veld van nie-Hermitiese kwantumfisika, veral met betrekking tot PT-simmetriese kwantummeganika. Professor Geyer se leidende rol in hierdie veld word onderstreep deur ’n lang reeks verwante publikasies met beide lokale en oorsese medewerkers, en hy word met goeie rede internasionaal as een van die stigters van hierdie vakgebied gereken.

Sy navorsing is beloon met twee toekennings van die Alexander von Humboldt-genootskap, die Silwermedalje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika, tweemalig die Universiteit Stellenbosch se Rektorstoekenning vir uitmuntende navorsing, en in 2015 die US se Kanselierstoekenning. Hy is ook ’n genoot van die Royal Society of South Africa, die South African Academy of Science en die African Academy of Sciences.

In leierskapsposisies dien professor Geyer baie jare as voorsitter van die Organisasie vir Teoretiese Fisici, asook twee termyne op die raad van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika. Aan die Universiteit Stellenbosch dien hy as Voorsitter by die Departement Fisika en as direkteur van beide die Instituut vir Teoretiese Fisika en die DST se Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika.

Verder dien hy onder andere ook op die Raad van die African Institute for Mathematical Sciences (AIMS) en iThemba LABS se Direkteursraad. Hy was mederedakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Fisika en is ook ere-redakteur van LitNet Akademies (Natuurwetenskappe).

Bo en behalwe sy betrokkenheid by vakgerigte verenigings en instansies doen professor Geyer uitmuntende werk as ambassadeur vir die wetenskap deur sy talryke en bekende bydraes tot die radioprogram “Hoe verklaar jy dit” en Die Burger se rubriek “Wetenskap vandag”.

Meneer die voorsitter, ek versoek u nou om die Havengaprys vir Fisiese Wetenskappe aan Hendrik Geyer te oorhandig.

Stellenbosch
21 Junie 2017

The post Akademiepryse 2017: Havengaprys vir fisiese wetenskappe aan Hendrik G Geyer appeared first on LitNet.

Akademiepryse 2017: Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir ’n dokumentêre TV-program in Afrikaans aan Richard Finn Gregory

$
0
0

Die Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir ’n dokumentêre TV-program in Afrikaans word toegeken aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel.

Huldigingswoord: Nico Luwes (gelewer deur Chris Vorster)

Die filmmaker, regisseur en draaiboekskrywer, Richard Finn Gregory se draaiboek vir Boere op die aardsdrempel/Boers at the end of the world dokumenteer die verhaal van 600 Boerefamilies wat Suid-Afrika na die Boereoorlog na Argentinië verlaat het om die spook van die konsentrasiekampe en ’n nuwe regering te ontwyk. In die draaiboek word die besoek van nasate van die gemeenskap in Patagonië beskryf en word op objektiewe wyse hulde aan hulle steeds trotse Afrikaner-, taal- en kultuurerfenis gebring. Deur van die nasate in Suid-Afrika met hulle families te verenig, bevestig op roerende wyse watter impak die isolasie van meelewing met ’n eie kultuur- en taal tot onherroeplike verlies van entiteit en taal kan lei. Die hele saak van uitsterwing van ’n taal wat nie meer in alledaagse omgang gebesig word nie, verhoog die impak en relevansie van dié dokumentêr in die huidige Suid-Afrika. Die wetenskaplike waarde van die dokumentêre film lê veral in die dokumentering van die Afrikaanse taal wat na meer as ’n eeu in isolasie weinig verander het en tot vergelykende taalstudies kan lei.

Die draaiboek lê die hoeksteen vir die dokumentêr wat getuig van uitsonderlike artistieke vakmanskap van internasionale gehalte wat objektief, pretensieloos en roerend aan die kyker gebring word. Die dokumentêre film is ook van Engelse en Spaanse onderskrifte voorsien om die impak vir internasionale blootstelling te verhoog.

Die filmspan is reeds drie keer met die Suid-Afrikaanse Film en Televisiebekronings (SAFTA) vereer. In 2016 is dié film aangewys as wenner van sowel die Beste Filmotografietoekenning, as die Beste Redigering-toekenning. Die Goue Horing-toekenning vir die Beste Klankontwerp vir ’n Dokumentêre Film; en ‘n Bronsmedalje vir Dokumentêre Filmotografie deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Filmmakers getuig ook van die artistieke meriete van die draaiboek en film.

Meneer die voorsitter, ek versoek nou om die Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n dokumentêre draaiboek in Afrikaans aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel te oorhandig.

Stellenbosch
21 Junie 2017

The post Akademiepryse 2017: Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir ’n dokumentêre TV-program in Afrikaans aan Richard Finn Gregory appeared first on LitNet.

Akademiepryse 2017: Hertzogprys vir poësie aan Antjie Krog – commendatio

$
0
0

Huldigingswoord: Hein Viljoen

Antjie Krog se Mede-wete is ’n sterk en ontstellende bundel, oorspronklik en vindingryk. Die digter ondersoek ’n wye reeks aktuele kwessies, veral politiek en rasseverhoudings (soos in die skrynende reeks "Bediendepraatjies”). Die bundel is oorweldigend (en baie moedig) in die wyse waarop dit die kwessies van bevoorregting, wit-wees en inherente rassisme aan die orde stel. Dit is fel betrokke poësie – baie naby aan die aktualiteit.

Die teks ontgin ’n wye reeks taalregisters op ’n byna argeologiese wyse. Taal word – op die voetspoor van Paul Celan na die Groot Brandoffer – gebreek en hersaamgestel, so asof die bestaande (standaard)taal te swaar dra aan 'n ideologiese ballas, uitgedien geraak het en daarom nuut uitgevind moet word. Deur sy/haar mede-wete en mede-pligtigheid is die leser betrokke by hierdie ontdekkingstog. 'n Soort meedoënlose woordspel kenmerk die bundel – ’n voorneme as’t ware om meer as een betekenis op ’n slag uit te druk en betekenis ekspressionisties uit te vergroot, soos in die gedig by Mandela se dood of in die gedigte oor die geliefde. Deur sy volgehoue (taal-) eksperimentering is die bundel vergelykbaar met Marlene van Niekerk se bundel, Kaar.

Relasionaliteit (die verbondenheid van ek, wêreld en die Ander) staan sentraal in die bundel, oortuigend verwoord byvoorbeeld in "om 'n mens kos te gee" (bl. 44). Kwessies van ouer word en doodgaan word ook ondersoek – soos in die aangrypende vers oor die pa se begrafnis. Andersyds val die klem op die so-heid van die syn (wat bykans gelyk is aan goddelikheid), soos in "'n dogtertjie in die tuin", (bl. 52) of "'n eland staan by die kuil" (bl. 54). Die slot van hierdie gedig lui:

bedroef sit ek
en kyk na die eland die berg en die lug so niks
kan ek onthou van die ontniks waaruit ek kom
so niks verstaan ek van die niksheidsnoute waarheen
ek op pad is – haglik in hiernamaalsflardes krap-
krap ek toevallende gaatjies na die Groot Goddelike Niets

Uit hierdie ervaring van die niksheid en die alles blyk ook dat die mede-wete van die bundel ‘n indringende besinning is oor (familie)verhoudings in ’n baie wye sin van die woord.

Die gewaagde en intense aanpak van die politiek van skuld, die verskeidenheid en veelstemmigheid daarvan en die uiters vernuwende eksperimentele gebruik van die taal maak Mede-wete 'n waardige ontvanger van die Hertzogprys –  ’n besondere prestasie in 'n jaar waarin verskeie puik bundels meegeding het om die prys.

Meneer die voorsitter, ek versoek u nou om die Hertzogprys vir Poësie aan Antjie Krog te oorhandig vir haar digbundel Mede-wete.

Stellenbosch
21 Junie 2017

Video van Antjie Krog se toespraak:

The post Akademiepryse 2017: Hertzogprys vir poësie aan Antjie Krog – commendatio appeared first on LitNet.

Akademiepryse 2017: Stellenbosch-bekroningsgeleentheid

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het Woensdag 22 Junie op Stellenbosch hul suidelike bekroningsgeleentheid aangebied. Vyftien pryse is by dié geleentheid oorhandig. Die noordelike bekroningsgeleentheid vind op Vrydag 29 September in Pretoria plaas.


 

Wessel Pienaar, Brigitte Geyer en Sias Mostert
Foto: Naomi Bruwer

Brigitte Geyer is bekroon met die Poortprys vir poësie. Sy is ’n graad 12-leerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die prys is toegeken vir haar gedig "hier en daar".


 

Bibi Slippers
Foto: Naomi Bruwer

Die Eugène Maraisprys vir poësie is aan Bibi Slippers toegeken vir haar digbundel Fotostaatmasjien. Slippers het die Akademie bedank wat hierdie pryse moontlik maak: "Ek waardeer dit baie dat daar so iets bestaan. Dit is motivering vir ons wat nie eintlik andersins kan verduidelik waarom ons doen wat ons doen nie."

Lees Andries Visage se commendatio.


 

Wessel Pienaar, Lien Botha en Ronel Foster
Foto: Naomi Bruwer

Die Eugène Maraisprys vir prosa is aan Lien Botha toegeken vir haar debuutroman, Wonderboom

Lien Botha se dankwoord: 

In die tyd van as, slegs sewe jaar na die Vrede van Vereeniging, word die Akademie gestig. Merkwaardig en bemoedigend.  Indien óns vandag voor ’n brand sou moes vlug, sal ek poog om iets uit Marais se oes saam te gryp, want miere dophou langs waterkanale in Vaalharts is een van my blywendste herinneringe. Die mitologiese reus van Waterberg het in gesprekke van grootmense met dieselfde gravitas as die Die Mooiste Afrikaanse Sprokies die tonnels van ’n kind se verbeelding oopgestu in "Geheimenisse van die droomstraat", "Weggeraakte mense" en "’n Paradys van weleer"; deur "In die land van die mensvreters" tot in "Die betowerde bos".

Nietemin. In insektetaal skrib ek my nederige dankbaarheid aan meer mense as wat deur die oog van een minuut genoem kan word. Baie dankie. Ek is innig dankbaar om in Afrikaans te kan bestaan tussen ’n Kristalvlakte en ’n Fotostaatmasjien.

Lees Willie Burger se commendatio.


 

Amy Jephta
Foto: Naomi Bruwer

Die Eugène Maraisprys vir drama is aan Amy Jephta toegeken vir haar drama Kristalvlakte

Amy Jefta het in haar bedanking gesê dis ’n voorreg om ’n stem te wees vir haar gemeenskap, en vir enkel-moeders wat hulle families bymekaar hou. Sandra Temmingh is bedank as die onderwyser wat haar bemoedig het om in Afrikaans te skryf en die selfvertroue gegee het om die taal te gebruik soos sy dit wil gebruik. Laastens het Jefta ook haar ouma bedank en die toekenning aan haar opgedra: "Sonder dat sy ooit kon lees of skryf, het sy ’n skrywer grootgemaak."

Lees Andries Visagie se commendatio.


 

Anneke van Heerden
Foto: Naomi Bruwer

Die Proteaprys vir beste Geskiedenisverhandeling in Afrikaans en die Generaal Christiaan de Wet-beurs is aan Anneke van Heerden toegeken. Die prys word toegeken vir haar MA-verhandeling met die titel "Die Suiderkruisfonds en die mobilisering van die Suid-Afrikaanse blanke burgerlike samelewing tydens die Grensoorlog 1968–1989".

Lees Wessel Visser se commendatio.


 

Wessel Pienaar, Richard Finn Gregory en Petrus du Preez
Foto: Naomi Bruwer

Die Erepenning vir ’n dokumentêre televisieprogram in Afrikaans is toegeken aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel. Richard Finn Gregory: "Ek hoop dat as ons al die inheemse tale van ons land koester, insluitend Afrikaans, sal dit die kultuur van ons land versterk."

Lees Marisa Keuris se commendatio.


 

Wessel Pienaar, Daniel Hugo en Thys Human
Foto: Naomi Bruwer

Die SA Akademieprys vir vertaalde werk is toegeken aan Daniel Hugo vir Oorlog en terpentyn. Hugo het drie "instansies" bedank: Die Akademie, Protea Boekhuis, wat voortgaan om Nederlandse en Vlaamse boeke se vertalings in Afrikaans uit te gee, en sy vrou, Marlene Malan.

Lees Thys Human se commendatio.


 

Wessel Pienaar, Gerhard Geldenhuys en PA Brink
Foto: Naomi Bruwer

Die Hugenote-vereniging-en-DF du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese navorsing is aan Gerhard Geldenhuys oorhandig.

Lees PA Brink se commendatio.


 

Hester Carstens
Foto: Naomi Bruwer

Die LW Hiemstraprys vir niefiksie is toegeken aan Carel van der Merwe vir Donkerstroom. Die commendatio en dankwoord is voorgelees deur Hester Carstens van NB-Uitgewers.

Lees Hennie van Coller se commendatio.


 

Jannie van der Westhuizen
Foto: Naomi Bruwer

Hierdie medalje is ingestel om ’n onderwyser of onderwyseres te bekroon wat sy of haar opvoedingswerk deur medium van Afrikaans doen en wat hom of haar onderskei het op die gebied van praktiese onderwys en opvoeding binne, sowel as buite die klaskamer.  Dit is vernoem na Elizabeth C Steijn, wat vir baie jare die hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria was.

Die medalje word toegeken aan Jannie van der Westhuizen, voormalige rektor van die Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch. In sy dankwoord het Van der Westhuizen gesê: "Onderwysers ontvang nie hulle vergoeding aan die einde van die maand nie, hulle ontvang hulle vergoeding elke dag.

Lees die commendatio deur I Eloff.


 

Wessel Pienaar, Lambert K Engelbrecht en A Leysens
Foto: Naomi Bruwer

Die Stalprys vir maatskaplike werk word toegeken aan Lambert K Engelbrecht, hoof van die Departement Maatskaplike Werk, Universiteit Stellenbosch.

Lees die commendatio deur A Leysens.


 

Wessel Pienaar, Hendrik Geyer en Jannie Hofmeyr
Foto: Naomi Bruwer

Die Havengaprys vir fisiese wetenskappe is toegeken aan Hendrik G Geyer. Geyer het die Akademie bedank vir die erkenning wat dit aan ruimtes vir kreatiewe denke gee.

Lees die commendatio deur Jannie Hofmeyr.


 

Wessel Pienaar, Richard Finn Gregory en Chris Vorster
Foto: Naomi Bruwer

Die Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek van ’n dokumentêre TV-program in Afrikaans word toegeken aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel. Gregory het gesê sy grootste dank gaan aan die Afrikaanse gemeenskap in Patagonië, wat hom in hul huise toegelaat het om hul woorde te hoor en hul stories te vertel.

Lees die commendatio deur Nico Luwes.


 

Wessel Pienaar, Hanna van Niekerk en Dionē Prinsloo
Foto: Naomi Bruwer

Die Huberte Rupertprys vir klassieke musiek is aan Hanna van Niekerk toegeken.

Lees Izak Grové se commendatio.


 

Antjie Krog
Foto: Naomi Bruwer

Die Hertzogprys vir poësie is toegeken aan Antjie Krog vir haar bundel Mede-wete.

Lees Hein Viljoen se commendatio.

The post Akademiepryse 2017: Stellenbosch-bekroningsgeleentheid appeared first on LitNet.

Lenteskool en skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie

$
0
0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, verteenwoordigers van LAPA en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand 15 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar. Kontak Kobie van Aswegen by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za (tel 018 299 1783) vir meer besonderhede.

Die ATKV-Skryfskool bied in 2017 ook ’n kompetisie in die skryf van ’n romanse aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor, tree eweneens in verbinding met Kobie van Aswegen.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

The post Lenteskool en skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie appeared first on LitNet.

Kommentaar deur PEN Afrikaans op die Wysigingswetsontwerp op outeursreg, 13 van 2017

$
0
0

Kommentaar deur PEN Afrikaans op die
WYSIGINGSWETSONTWERP OP OUTEURSREG, 13 VAN 2017
Ingedien vir aandag: Me. J Fubbs
(Voorsitter: Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid)
Per e-pos:
ahermans@parliament.gov.za

 

Inleiding

Skakels:

PEN Afrikaans is ’n vereniging van outeurs, joernaliste en uitgewers wat, deur lidmaatskap aan PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans se ledetal bestaan uit outeurs wat in die Afrikaanse taal in alle genres en kategorieë skryf en publiseer. PEN Afrikaans verteenwoordig outeurs wat vir die algemene handelsmark skryf (fiksie, niefiksie, en kinder- en jeugboeke), opvoedkundige werke soos skoolhandboeke, asook akademiese en vakkundige publikasies.

PEN Internasionaal, die wêreld se voorste outeursvereniging, is ’n nie-politiese organisasie wat Spesiale Raadgewende Status by die Verenigde Nasies geniet, en Geassosieerde Status by UNESCO. Dit is gemik op die bevordering van letterkunde en die beskerming van vryheid van uitdrukking op ’n internasionale vlak. PEN Afrikaans ondersteun hierdie doelwitte en is daarop toegespits om as drukgroep op te tree vir die regte van outeurs, joernaliste en uitgewers, soos en waar nodig. 

PEN Afrikaans is oortuig dat verskeie van die wysigings aan die Wet op Outeursreg, 98 van 1978 (hierna “die Wet”), wat deur die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017 (hierna “die Wetsontwerp”) voorsien word, ’n regstreekse en nadelige uitwerking op sy lede, en Suid-Afrikaanse outeurs in die algemeen, sal hê. Daarom aanvaar PEN Afrikaans die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid (“die Komitee”) se uitnodiging aan belanghebbendes om geskrewe kommentaar op die Wetsontwerp in te dien, en lê hiermee sy kommentaar voor.

Omvang

Selfs met die uitstel van die sperdatum vir skriftelike voorleggings tot 7 Julie 2017, is PEN Afrikaans van mening dat belanghebbendes nie voldoende tyd gegun is om behoorlik met die inhoud van die Wetsontwerp om te gaan en daarop te reageer nie. Hierdie voorlegging is daarom nie ’n omvattende en afdeling-per-afdeling kommentaar op die Wetsontwerp nie, maar eerder ’n uiteensetting van die hoofoorwegings wat PEN Afrikaans se lede, en Suid-Afrikaanse outeurs in die algemeen, sal raak. 

Verskeie ander belanghebbendes het meer gedetailleerde analises van die Wetsontwerp ingedien, met voorstelle van hoe die teks verbeter kan word. PEN Afrikaans doen ’n beroep op die Komitee om noukeurig te let op daardie voorstelle, aangesien dit duidelik is dat die Wetsontwerp deurtrek is van foutiewe terminologie en opstelfoute wat tot beduidende regsonsekerheid sal lei indien dit ongewysigd as wetgewing bekragtig word. PEN Afrikaans moedig die Komitee aan om spesifieke aandag te skenk aan die skriftelike voorlegging van die Anton Mostert Leerstoel vir Intellektuele Goederereg, ’n afdeling van die regsfakulteit van die Universiteit Stellenbosch.

Opsomming

Die toekenning van ’n reeks uitsluitlike regte aan die outeursreghouer dien as aansporing aan skrywers en die groter kreatiewe bedrywe om hul talente en vaardighede in te span om nuwe werke te skep tot almal se uiteindelike voordeel. Outeursreg stel skrywers in staat om inkomste uit hul skeppende werk te verdien. Die instelling van uitgebreide uitsonderings op en beperkings van outeursreg sal skrywers ontmoedig om boeke te skryf, en uitgewers ontmoedig om die finansiële risiko te loop om boeke te publiseer, aangesien dit ’n klimaat skep waarbinne die vrye kopiëring van outeursregwerke vir ’n wye verskeidenheid doeleindes toegelaat word. Ander besware is die voorgestelde verswakking van morele regte en die staat se toe-eiening van die outeursreg in alle staatsbefondsde outeursregwerke. PEN Afrikaans sien hierdie wysigings as onverstandig en versoek die Komitee om te heroorweeg.

Ons maak verder melding van die volgende:

1. Toevoeging van die reg op kommunikasie aan die publiek

PEN Afrikaans verwelkom die voorgestelde toevoeging van die reg op kommunikasie aan die publiek as ’n eksklusiewe reg van outeursreg. Die reg van kommunikasie aan die publiek word beskou as die ekwivalent van die reproduksiereg in ’n internet-omgewing. As sodanig verteenwoordig die insluiting daarvan ’n belangrike stap om Suid-Afrika se outeursregwetgewing by te werk om in tred te bly met die digitale era. PEN Afrikaans moedig die Komitee aan om ook die eksklusiewe verspreidingsreg by te voeg.

2. Instel van uitgebreide uitsonderings op en beperkings van outeursreg

Die instel van uitgebreide uitsondersings op en beperkings van die ekslusiewe regte van outeursreg is ’n uiters kommerwekkende aspek van die wetsontwerp.  

Hierdie uitsonderings sluit in: 

  • ’n “Billike gebruik”-verweer en outeursreg-uitsondering vir opvoedkundige doeleindes

Baie skrywers verdien hul brood en botter uit skryfwerk vir die opvoedkundige mark. Die opvoedkundige mark is ’n werkende mark en by verre die grootste sektor binne die boekuitgewersbedryf. Om toe te laat dat boeke vrylik gekopieer mag word en outeursregmateriaal sonder toestemming by kursuspakkette ingesluit mag word in plaas daarvan om opvoedkundige instansies aan te moedig om eksemplare van boeke aan te koop of lisensies te bekom om outeursregwerke te reproduseer, sal skrywers se vermoë om ’n bestaan te maak uit skryfwerk vir die opvoedkundige en akademiese markte drasties beperk.

  • ’n “Billike gebruik”-verweer en outeursreg-uitsondering vir die uitbreiding van toegang aan onderbediende bevolkingsgroepe (“underserved populations”)

Hierdie toevoeging sal aansienlike regsonsekerheid veroorsaak. Daar is geen definisie van “onderbediende bevolkingsgroepe” in die Wetsontwerp nie. Eweneens gee die Wetsontwerp ook geen aanduiding van wie op hierdie manier toegang kan “uitbrei” en wat dit presies beteken nie. Wat wel duidelik is, is dat daar nie sprake sal wees van outeurstoestemming of -vergoeding wanneer werke gereproduseer word om “onderbediende bevolkingsgroepe” se toegang te vergroot nie. Hierdie uiters breë uitsondering is oop vir uitbuiting ten koste van outeurs.

Onderwys en navorsing is ongetwyfeld belangrike beleidsoorwegings, en PEN Afrikaans ondersteun die reg op toegang tot inligting ten volle. PEN Afrikaans maak egter beswaar teen die voorgestelde verswakking van outeursregbeskerming om hierdie doelwitte te bereik.

Dit is verder hoogs onwaarskynlik dat die uitgebreide uitsonderings wat deur die Wetsontwerp voorsien word, voldoen aan die vereistes van die internasionale verdrae waartoe Suid-Afrika as ondertekenaar verbind is. Enige uitsonderings of beperkings wat tot die Wet bygevoeg word, moet in ooreenstemming wees met die drie-stap-toets wat in die Berne Verdrag uiteengesit is. Dit vereis dat enige uitsonderings beperk moet wees tot “sekere spesiale gevalle wat nie in stryd is met die normale ontginning van die werk nie, en wat nie die regmatige belange van die outeursreghouer onredelikerwys benadeel nie”. 1

3. Staatsbefondsde werke

Die Wetsontwerp voorsien dat outeursreg met betrekking tot staatsbefondsde werke outomaties by die staat sal berus. Die vlak van befondsing word egter nie omskryf nie. Dit sal onredelik wees vir die staat om beslag te lê op outeursregwerke op grond daarvan dat enige vorm van befondsing bygedra is.

4. Inmenging met kontraktuele bepalings

PEN Afrikaans teken beswaar aan teen die oogmerk om verpligte en standaard kontrakbepalings voor te skryf vir ooreenkomste wat in terme van die Wet aangegaan word. Hierdie oormatig wye bewoording sal die outeur se vermoë beperk om die vrugte van sy of haar arbeid deur lisensiëringsooreenkomste te ontgin. Die Wetsontwerp bepaal verder dat kontraktuele bepalings wat gemik is op die inperking van die wye uitsonderings op en beperkings van outeursreg onafdwingbaar sal wees. Die outeur se vermoë om sy of haar werk te kommersialiseer word hierdeur belemmer.

5. Verswakking van morele regte

Artikel 19 van die Wetsontwerp stel wysigings voor aan Artikel 20 van die Wet, wat die outeur se morele regte bepaal. Die voorgestelde wysiging ontneem outeurs van die geleentheid om hulle op hul morele regte te beroep indien enige van die outeursreg-uitsonderings of -beperkings ter sprake is. Hierdie beperking is ongemotiveerd en behoort summier geskrap te word.

6. Impak op die boekuitgewersbedryf in Suid-Afrika

PEN Afrikaans is uiters besorgd oor die feit dat daar versuim is om ’n onafhanklike ekonomiese impakstudie te doen oor die moontlike uitwerking van die beoogde instelling van ’n outeursreg-uitsondering vir opvoedkundige doeleindes. Ervarings in ander regsgebiede dui op ’n potensieel rampspoedige ekonomiese impak op die boekuitgewersbedryf. Met inagneming van die simbiotiese verhouding tussen die twee partye, sal die skade aan uitgewers noodwendig ook skrywers tref, veral dié skrywers wat hul bestaan maak uit die skep van materiaal vir opvoedkundige en akademiese doeleindes.

PEN Afrikaans verskil sterk van die volgende stelling in die Memorandum oor Doelwitte van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg:

“Daar word ook in die vooruitsig gestel dat die voorgestelde wetgewing outeurs [...] sal beloon en aanspoor.”

In vele opsigte is die teenoorgestelde waar. Die Wetsontwerp stroop skrywers van hul regte en ontneem hulle van geleenthede om met hul skryfwerk vergoeding te verdien. PEN Afrikaans beveel sterk aan dat die Wetsontwerp heroorweeg en hersien word om die belange van outeurs en die kreatiewe bedrywe te beskerm en te dien.

Laat weet gerus indien u verdere terugvoer namens outeurs verlang. PEN Afrikaans sal graag aan verdere gesprek deelneem. ’n Effektiewe outeursregstelsel is van uiterse belang vir lede van PEN Afrikaans, en ook vir skrywers in die algemeen.

Die uwe,

Kerneels Breytenbach

Voorsitter: PEN Afrikaans

1 Art. 9(2) Berne Convention, Art. 13 TRIPS, Art. 10 WIPO Copyright Treaty.

 


Hierdie reaksie op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017 sal voorgelê word aan die Voorsitter van die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid voor die sperdatum vir kommentaar – 7 Julie 2017.

PEN Afrikaans vra dat jy help om die belang van hierdie kommentaar te beklemtoon deur jou naam, of dié van jou organisasie/uitgewery/onderneming, ter ondersteuning hieraan te koppel. Die lys van ondersteuners sal saam met die kommentaar ingelewer word.

Vul asseblief die volgende vorm in. Deur op "submit" te klik, bevestig jy dat jy hierdie kommentaar ondersteun en dat jou naam op die lys van ondersteuners gevoeg mag word. Direkte e-pos kan gestuur word aan penafrikaans@gmail.com.

The post Kommentaar deur PEN Afrikaans op die Wysigingswetsontwerp op outeursreg, 13 van 2017 appeared first on LitNet.

Comments by PEN Afrikaans on the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017

$
0
0

Comments by PEN Afrikaans and PEN South Africa1 on the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017
Submitted for the attention of Ms J Fubbs
(Chairperson: Portfolio Committee on Trade and Industry)
Per e-mail: 
ahermans@parliament.gov.za

Introduction

PEN Afrikaans and PEN South Africa are both associations of authors, journalists and publishers affiliated to PEN International, thus representing their members in an international context. PEN Afrikaans and PEN South Africa represent authors who write trade publications (fiction, nonfiction and books for children and young adults), educational works like school textbooks, as well as academic and scholarly publications.

PEN International, the world’s leading association of writers, is a non-political organisation which holds Special Consultative Status at the UN and Associate Status at UNESCO. It is aimed at promoting literature and defending freedom of expression around the world. PEN Afrikaans and PEN South Africa subscribe to these goals and are geared towards lobbying for the rights of authors, journalists and publishers if and where necessary.

PEN Afrikaans and PEN South Africa are convinced that many of the changes to the Copyright Act, 98 of 1978 (hereinafter “the Act”), envisioned by the Copyright Amendment Bill, no 13 of 2017 (hereinafter “the Bill”) will have a direct and detrimental impact on its members, and indeed all South African authors. As such, PEN Afrikaans and PEN South Africa accept the invitation to submit written commentary on the Bill, extended by the Portfolio Committee on Trade and Industry (“the Committee”) to stakeholders, and herewith submit the following comments.

Scope

Even with the extension of the deadline for written submissions to 7 July 2017, it is submitted that stakeholders have not been given enough time to properly engage with and react to the content of the Bill. This submission is therefore not an exhaustive and section-by-section commentary on the Bill, but rather an exposition of the main points of principle which concern the membership of PEN Afrikaans and PEN South Africa, and South African authors in general.

Various other stakeholders have submitted more detailed analyses of the Bill with suggestions on how the text may be improved. PEN Afrikaans and PEN South Africa implore the Committee to take heed of these suggestions, as it is clear that the Bill is riddled with errors of drafting and terminology which will create significant legal uncertainty if passed into law unamended. PEN Afrikaans and PEN South Africa encourage the Committee to pay particular attention to the written submission of the Anton Mostert Chair of Intellectual Property Law, a division of the Law Faculty of Stellenbosch University.

Summary

By granting a set of exclusive rights, copyright incentivises authors and the larger creative industries to expend their skills, talent and labour in the creation of works for the ultimate benefit of all. Copyright enables authors to earn income from their creative work. The introduction of wide-ranging exceptions and limitations would discourage authors from writing books and publishers from taking the financial risk to publish those books, as it would create a climate within which freely copying copyright works for a wide range of purposes is permitted. Other points of objection are the proposed weakening of moral rights protection and the appropriation of state-funded copyright works by the state. PEN Afrikaans and PEN South Africa consider these amendments ill-advised and urge that the Bill be withdrawn and redrafted in a process where our criticisms and the other detailed criticisms that have been submitted to the committee are taken into account. Also to be taken into account and adhered to are the appropriate protections for the rights and financial compensation of copyright holders.

We further note the following:

1. Addition of the communication to the public right

PEN Afrikaans and PEN South Africa welcome the proposed addition of the right of communication to the public as an exclusive right of copyright. The right of communication to the public is considered the equivalent of the reproduction right in an internet environment. As such, its inclusion represents an important step towards bringing South Africa’s copyright legislation in line with the digital era. PEN Afrikaans and PEN South Africa urge the Committee to also introduce the exclusive right of distribution.

2. Introduction of wide-ranging copyright exceptions

The introduction of wide-ranging exceptions and limitations to the exclusive rights of copyright is an especially perturbing aspect of the Bill.

This includes but is not limited to:

  • A “fair use” defence or fair dealing exception in respect of educational purposes

Many authors earn their livelihood from writing for the education market. The education market is an operative market and by far the largest sector within the book publishing industry. Allowing copying of books and inclusion of copyright material in course packs instead of encouraging educational institutions to purchase copies of books, or licences to reproduce copyright works, will drastically curtail the author’s ability to make a living from writing for the educational and academic markets.

  • A “fair use” defence or fair dealing exception for expanding access for underserved populations

This addition will cause substantial legal uncertainty. There is no definition of “underserved populations” in the Bill. Similarly, the Bill provides no indication of who may “expand access” in this manner, and what that means exactly. What is clear is that provision of “access” to underserved populations will not entail obtaining permission or paying compensation to authors. This very broad exception is open to being exploited at the expense of authors.

Education and research are undoubtedly important public policy considerations, and PEN Afrikaans and PEN South Africa fully support the right to access to information. However, PEN Afrikaans and PEN South Africa object to the proposed weakening of copyright protection in order to achieve these goals.

Furthermore, it is highly unlikely that the extensive exceptions introduced by the Bill are compliant with the international copyright treaties to which South Africa has acceded. Any exceptions or limitations introduced to the Act must be in line with the three-step test set out in the Berne Convention, which requires that any exception must be confined to “certain special cases that do not conflict with the normal exploitation of the work and do not unreasonably prejudice the legitimate interests of the rights-holder”.2

3. State-funded works

The Bill proposes that copyright in state-funded works shall automatically vest in the state. The level of funding is not defined. It would be unreasonable for the state to appropriate copyright works as a result of any form of funding.

4. Interference with contractual terms

PEN Afrikaans and PEN South Africa object to the intention to prescribe “compulsory and standard contractual terms to be included in agreements to be entered in terms of this Act”. This overbroad wording will affect the author’s ability to exploit the fruits of his or her labour through licensing agreements. Deeming contractual terms unenforceable if they aim to restrict the wide-ranging exceptions and limitations to copyright will also hamper the author’s ability to commercialise his or her work.

5. Weakening of moral rights

Section 19 of the Bill proposes to amend Section 20 of the Act which deals with the author’s moral rights. The proposed amendment deprives authors of the opportunity to enforce their moral rights when any of the copyright exceptions and limitations apply. This limitation is unwarranted and should be removed forthwith.

6. Impact on book publishing in South Africa

PEN Afrikaans and PEN South Africa note with great concern that an independent economic impact assessment on the introduction of a copyright exception for educational purposes has not been done. Experience in other jurisdictions points to a potential disastrous economic impact on the book publishing industry. Bearing in mind the symbiotic nature of the relationship between authors and publishers, this will have a trickle-down effect on authors, especially authors whose livelihood depends on creating materials for educational and academic purposes.

With all due respect, PEN Afrikaans and PEN South Africa dispute the following statement from the Memorandum on the Objects of the Copyright Amendment Bill:

“It is also envisaged that the proposed legislation will reward and incentivise authors of knowledge and art.”

In many ways, the opposite is true. The Bill strips authors of their rights and deprives them of opportunities for earning remuneration. PEN Afrikaans and PEN South Africa strongly recommend that the Bill be withdrawn and redrafted to protect the interests of authors and the creative industries as a whole.

Please let us know if you require further input on behalf of authors. We would gladly assist. An effective copyright regime is of singular importance to the members of PEN Afrikaans and PEN South Africa, and indeed to authors in general.

Yours sincerely,

Kerneels Breytenbach (Chairperson: PEN Afrikaans) and Nadia Davids (President: PEN South Africa)

1 This commentary was amended on 5 July 2017 to include PEN South Africa, who is making a joint submission of the above commentary to Parliament with PEN Afrikaans.

2 Art. 9(2) Berne Convention, Art. 13 TRIPS, Art. 10 WIPO Copyright Treaty.


 

Support

This response to the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017 will be submitted to the Chairperson of the Portfolio Committee on Trade and Industry before the deadline for commentary on the 7th of July 2017.

PEN Afrikaans invites you to support this submission by adding your name, or the name of your organisation/publishing house/business. The list of supporters will then be submitted with this commentary to the Portfolio Committee.

If you wish to do so, please fill in the following form. By clicking “submit”, you confirm that you support this submission and that we may add your name to the list of supporters. You can also mail a response directly to penafrikaans@gmail.com.

The post Comments by PEN Afrikaans on the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017 appeared first on LitNet.


Spesiale nuusbrief: Ondersteun ons protes teen die dreigende kopiereghervorming

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Die bestuur van PEN Afrikaans het reeds in 'n vorige spesiale nuusbrief op 9 Junie 2017 daarop gewys dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017, groot gevare vir skrywers en uitgewers inhou.

Ons het intussen in oorleg met die kopieregkonsultant Catrina Wessels 'n skriftelike voorlegging voorberei wat ons voor die sperdatum vir kommentaar (7 Julie 2017) in samewerking met PEN South Africa aan die Porfeuljekomitee op Handel en Nywerheid sal voorlê.

Ons versoek jou hiermee om die belang van hierdie kommentaar te beklemtoon deur jou naam, of dié van jou organisasie/uitgewery/onderneming, ter ondersteuning hieraan te koppel. Die lys van ondersteuners sal saam met die kommentaar ingelewer word. 

Die Afrikaanse weergawe van ons kommentaar is hier op ons webportaal beskikbaar; die Engelse weergawe hier. Jy kan op enige een van hierdie bladsye jou ondersteuning aandui en ook ons kommentaar op die wetsontwerp verder op sosiale media deel. 

Help ons asseblief om stem dik te maak oor hierdie blatante poging tot die onteiening van intellektuele eiendom.

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

Hier is die Afrikaanse weergawe van ons voorlegging aan die Portefeuljekomitee:

Kommentaar deur PEN Afrikaans op die
WYSIGINGSWETSONTWERP OP OUTEURSREG, 13 VAN 2017
Ingedien vir aandag: Me. J Fubbs
(Voorsitter: Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid)
Per e-pos: 
ahermans@parliament.gov.za

Inleiding

PEN Internasionaal, die wêreld se voorste outeursvereniging, is ’n nie-politiese organisasie wat Spesiale Raadgewende Status by die Verenigde Nasies geniet, en Geassosieerde Status by UNESCO. Dit is gemik op die bevordering van letterkunde en die beskerming van vryheid van uitdrukking op ’n internasionale vlak. PEN Afrikaans ondersteun hierdie doelwitte en is daarop toegespits om as drukgroep op te tree vir die regte van outeurs, joernaliste en uitgewers, soos en waar nodig. PEN Afrikaans is ’n vereniging van outeurs, joernaliste en uitgewers wat, deur lidmaatskap aan PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans se ledetal bestaan uit outeurs wat in die Afrikaanse taal in alle genres en kategorieë skryf en publiseer. PEN Afrikaans verteenwoordig outeurs wat vir die algemene handelsmark skryf (fiksie, niefiksie, en kinder- en jeugboeke), opvoedkundige werke soos skoolhandboeke, asook akademiese en vakkundige publikasies.

PEN Afrikaans is oortuig dat verskeie van die wysigings aan die Wet op Outeursreg, 98 van 1978 (hierna “die Wet”), wat deur die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017 (hierna “die Wetsontwerp”) voorsien word, ’n regstreekse en nadelige uitwerking op sy lede, en Suid-Afrikaanse outeurs in die algemeen, sal hê. Daarom aanvaar PEN Afrikaans die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid (“die Komitee”) se uitnodiging aan belanghebbendes om geskrewe kommentaar op die Wetsontwerp in te dien, en lê hiermee sy kommentaar voor.

Omvang

Selfs met die uitstel van die sperdatum vir skriftelike voorleggings tot 7 Julie 2017, is PEN Afrikaans van mening dat belanghebbendes nie voldoende tyd gegun is om behoorlik met die inhoud van die Wetsontwerp om te gaan en daarop te reageer nie. Hierdie voorlegging is daarom nie ’n omvattende en afdeling-per-afdeling kommentaar op die Wetsontwerp nie, maar eerder ’n uiteensetting van die hoofoorwegings wat PEN Afrikaans se lede, en Suid-Afrikaanse outeurs in die algemeen, sal raak. 

Verskeie ander belanghebbendes het meer gedetailleerde analises van die Wetsontwerp ingedien, met voorstelle van hoe die teks verbeter kan word. PEN Afrikaans doen ’n beroep op die Komitee om noukeurig te let op daardie voorstelle, aangesien dit duidelik is dat die Wetsontwerp deurtrek is van foutiewe terminologie en opstelfoute wat tot beduidende regsonsekerheid sal lei indien dit ongewysigd as wetgewing bekragtig word. PEN Afrikaans moedig die Komitee aan om spesifieke aandag te skenk aan die skriftelike voorlegging van die Anton Mostert Leerstoel vir Intellektuele Goederereg, ’n afdeling van die regsfakulteit van die Universiteit Stellenbosch.

Opsomming

Die toekenning van ’n reeks uitsluitlike regte aan die outeursreghouer dien as aansporing aan skrywers en die groter kreatiewe bedrywe om hul talente en vaardighede in te span om nuwe werke te skep tot almal se uiteindelike voordeel. Outeursreg stel skrywers in staat om inkomste uit hul skeppende werk te verdien. Die instelling van uitgebreide uitsonderings op en beperkings van outeursreg sal skrywers ontmoedig om boeke te skryf, en uitgewers ontmoedig om die finansiële risiko te loop om boeke te publiseer, aangesien dit ’n klimaat skep waarbinne die vrye kopiëring van outeursregwerke vir ’n wye verskeidenheid doeleindes toegelaat word. Ander besware is die voorgestelde verswakking van morele regte en die staat se toe-eiening van die outeursreg in alle staatsbefondsde outeursregwerke. PEN Afrikaans sien hierdie wysigings as onverstandig en versoek die Komitee om te heroorweeg.

Ons maak verder melding van die volgende:

1. Toevoeging van die reg op kommunikasie aan die publiek

PEN Afrikaans verwelkom die voorgestelde toevoeging van die reg op kommunikasie aan die publiek as ’n eksklusiewe reg van outeursreg. Die reg van kommunikasie aan die publiek word beskou as die ekwivalent van die reproduksiereg in ’n internet-omgewing. As sodanig verteenwoordig die insluiting daarvan ’n belangrike stap om Suid-Afrika se outeursregwetgewing by te werk om in tred te bly met die digitale era. PEN Afrikaans moedig die Komitee aan om ook die eksklusiewe verspreidingsreg by te voeg.

2. Instel van uitgebreide uitsonderings op en beperkings van outeursreg

Die instel van uitgebreide uitsondersings op en beperkings van die ekslusiewe regte van outeursreg is ’n uiters kommerwekkende aspek van die wetsontwerp.  

Hierdie uitsonderings sluit in: 

  • ’n “Billike gebruik”-verweer en outeursreg-uitsondering vir opvoedkundige doeleindes

Baie skrywers verdien hul brood en botter uit skryfwerk vir die opvoedkundige mark. Die opvoedkundige mark is ’n werkende mark en by verre die grootste sektor binne die boekuitgewersbedryf. Om toe te laat dat boeke vrylik gekopieer mag word en outeursregmateriaal sonder toestemming by kursuspakkette ingesluit mag word in plaas daarvan om opvoedkundige instansies aan te moedig om eksemplare van boeke aan te koop of lisensies te bekom om outeursregwerke te reproduseer, sal skrywers se vermoë om ’n bestaan te maak uit skryfwerk vir die opvoedkundige en akademiese markte drasties beperk.

  • ’n “Billike gebruik”-verweer en outeursreg-uitsondering vir die uitbreiding van toegang aan onderbediende bevolkingsgroepe (“underserved populations”)

Hierdie toevoeging sal aansienlike regsonsekerheid veroorsaak. Daar is geen definisie van “onderbediende bevolkingsgroepe” in die Wetsontwerp nie. Eweneens gee die Wetsontwerp ook geen aanduiding van wie op hierdie manier toegang kan “uitbrei” en wat dit presies beteken nie. Wat wel duidelik is, is dat daar nie sprake sal wees van outeurstoestemming of -vergoeding wanneer werke gereproduseer word om “onderbediende bevolkingsgroepe” se toegang te vergroot nie. Hierdie uiters breë uitsondering is oop vir uitbuiting ten koste van outeurs.

Onderwys en navorsing is ongetwyfeld belangrike beleidsoorwegings, en PEN Afrikaans ondersteun die reg op toegang tot inligting ten volle. PEN Afrikaans maak egter beswaar teen die voorgestelde verswakking van outeursregbeskerming om hierdie doelwitte te bereik.

Dit is verder hoogs onwaarskynlik dat die uitgebreide uitsonderings wat deur die Wetsontwerp voorsien word, voldoen aan die vereistes van die internasionale verdrae waartoe Suid-Afrika as ondertekenaar verbind is. Enige uitsonderings of beperkings wat tot die Wet bygevoeg word, moet in ooreenstemming wees met die drie-stap-toets wat in die Berne Verdrag uiteengesit is. Dit vereis dat enige uitsonderings beperk moet wees tot “sekere spesiale gevalle wat nie in stryd is met die normale ontginning van die werk nie, en wat nie die regmatige belange van die outeursreghouer onredelikerwys benadeel nie”.1

3. Staatsbefondsde werke

Die Wetsontwerp voorsien dat outeursreg met betrekking tot staatsbefondsde werke outomaties by die staat sal berus. Die vlak van befondsing word egter nie omskryf nie. Dit sal onredelik wees vir die staat om beslag te lê op outeursregwerke op grond daarvan dat enige vorm van befondsing bygedra is.

4. Inmenging met kontraktuele bepalings

PEN Afrikaans teken beswaar aan teen die oogmerk om verpligte en standaard kontrakbepalings voor te skryf vir ooreenkomste wat in terme van die Wet aangegaan word. Hierdie oormatig wye bewoording sal die outeur se vermoë beperk om die vrugte van sy of haar arbeid deur lisensiëringsooreenkomste te ontgin. Die Wetsontwerp bepaal verder dat kontraktuele bepalings wat gemik is op die inperking van die wye uitsonderings op en beperkings van outeursreg onafdwingbaar sal wees. Die outeur se vermoë om sy of haar werk te kommersialiseer word hierdeur belemmer.

5. Verswakking van morele regte

Artikel 19 van die Wetsontwerp stel wysigings voor aan Artikel 20 van die Wet, wat die outeur se morele regte bepaal. Die voorgestelde wysiging ontneem outeurs van die geleentheid om hulle op hul morele regte te beroep indien enige van die outeursreg-uitsonderings of -beperkings ter sprake is. Hierdie beperking is ongemotiveerd en behoort summier geskrap te word.

6. Impak op die boekuitgewersbedryf in Suid-Afrika

PEN Afrikaans is uiters besorgd oor die feit dat daar versuim is om ’n onafhanklike ekonomiese impakstudie te doen oor die moontlike uitwerking van die beoogde instelling van ’n outeursreg-uitsondering vir opvoedkundige doeleindes. Ervarings in ander regsgebiede dui op ’n potensieel rampspoedige ekonomiese impak op die boekuitgewersbedryf. Met inagneming van die simbiotiese verhouding tussen die twee partye, sal die skade aan uitgewers noodwendig ook skrywers tref, veral dié skrywers wat hul bestaan maak uit die skep van materiaal vir opvoedkundige en akademiese doeleindes.

PEN Afrikaans verskil sterk van die volgende stelling in die Memorandum oor Doelwitte van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg:

“Daar word ook in die vooruitsig gestel dat die voorgestelde wetgewing outeurs [...] sal beloon en aanspoor.”

In vele opsigte is die teenoorgestelde waar. Die Wetsontwerp stroop skrywers van hul regte en ontneem hulle van geleenthede om met hul skryfwerk vergoeding te verdien. PEN Afrikaans beveel sterk aan dat die Wetsontwerp heroorweeg en hersien word om die belange van outeurs en die kreatiewe bedrywe te beskerm en te dien.

Laat weet gerus indien u verdere terugvoer namens outeurs verlang. PEN Afrikaans sal graag aan verdere gesprek deelneem. ’n Effektiewe outeursregstelsel is van uiterse belang vir lede van PEN Afrikaans, en ook vir skrywers in die algemeen.

Die uwe,

Kerneels Breytenbach

Voorsitter: PEN Afrikaans

1 Art. 9(2) Berne Convention, Art. 13 TRIPS, Art. 10 WIPO Copyright Treaty.

The post Spesiale nuusbrief: Ondersteun ons protes teen die dreigende kopiereghervorming appeared first on LitNet.

Reglement vir die PEN Afrikaans Vertaalfonds

$
0
0

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds is in Junie 2017 opgerig met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO).

Dié fonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Die vertaling van Afrikaanse letterkundige werke in ander wêreldtale – veral tale soos Engels, Nederlands, Frans, Duits, Italiaans, Spaans en die Skandinawiese tale – is nie net vir die skrywers self erkenning van die gehalte van hulle werk of ’n geleentheid om ’n groter inkomste te verdien nie; dit is ook goed vir Afrikaans as taal. ’n Letterkunde wat nie in vertaling beskikbaar is nie, kan nie onder wêreldletterkunde gereken word nie.

Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel.

Weens die gebrek aan ’n Afrikaanse vertaalfonds, ’n baie algemene verskynsel in ander lande, was dit voorheen besonder uitdagend om vertaalregte vir Afrikaanse skrywers se werk te verkoop. Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil hierdie leemte vul.

Die aansoekvorm kan hier afgelaai word.

Die besluite oor befondsingsaansoeke sal deur die bestuur van PEN Afrikaans in oorleg met ’n verteenwoordiger van TAO geneem word. Die besluite van hierdie beoordelingspaneel sal finaal wees en geen korrespondensie sal oor afgekeurde aansoeke gevoer word nie.

Befondsingsaansoeke word twee keer per jaar oorweeg. Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Navrae sowel as volledige aansoeke kan gestuur word na: penafrikaans@gmail.com

Ter beoordeling van befondsingsaansoeke geld die volgende kriteria ten opsigte van:

1) Die Afrikaanse werk

  • Die werk is oorspronklik in Afrikaans geskryf.
  • Die werk is in Afrikaans uitgegee, in Suid-Afrika.
  • Die werk is deur ’n gevestigde uitgewery gepubliseer, d.w.s ’n geregistreerde maatskappy of BK met ’n eie ISBN-nommer en bemarkingsprofiel.
  • Die werk val in een van die volgende genres: romankuns, poësie, kortverhale, narratiewe niefiksie (biografieë, geskiedkundige en aktuele werke) of teksgebaseerde kinder- en jeugboeke.

2) Die vertaling

  • Die befondsing word aangevra vir die vertaling van die Afrikaanse werk in ’n ander wêreldtaal.
  • Daar is nie meer as twee vertalers vir die projek nie.
  • Die vertaling word direk uit Afrikaans gedoen en nie via ’n ander taal nie (indien moontlik).

3) Die buitelandse uitgewery (die aansoeker)

  • Die aansoeker is ’n buitelandse uitgewery.
  • Die fondse word aangevra spesifiek vir die vertaling van die werk en die volledige bedrag toegestaan sal vir die vertaling aangewend word.
  • Die aansoeker is ’n gevestigde en/of gerespekteerde uitgewery.
  • Die aansoeker waarborg dat goeie verspreiding en bemarking van die werk in sy tuismark gedoen sal word.
  • Die aansoek is vir ’n vertaalde werk wat in gedrukte vorm uitgegee sal word.
  • Daar is ’n getekende kontrak tussen die Suid-Afrikaanse uitgewer en die buitelandse uitgewer wat die vertaalde werk wil publiseer, waarvolgens die vertaalregte toegestaan word aan die buitelandse uitgewer OF Die werk is in die openbare domein en ’n kontrak met ’n plaaslike uitgewer is dus nie nodig nie.
  • Die suksesvolle aansoek vir befondsing mag ’n voorwaarde van die kontrak tussen die plaaslike uitgewery en die aansoeker wees.
  • Die vertaler is geïdentifiseer en het aangedui dat hy/sy die opdrag sal aanvaar.
  • Die aansoeker onderneem om die volledige bedrag wat vir die vertaling toegestaan word, aan die vertaler oor te betaal.
  • Die vertaalde werk sal binne 24 maande ná goedkeuring van die aansoek deur die buitelandse uitgewer gepubliseer word. (Verskaf redes indien dit langer sal neem.)

Die volgende oorwegings word in ag geneem ter ondersteuning van aansoeke:

  • Die skrywer se werk is nog nie in vertaling beskikbaar nie.
  • Die werk is genomineer vir plaaslike literêre toekennings en/of het literêre pryse gewen. (Verskaf besonderhede.)
  • Die werk het besonder goed gevaar in die plaaslike mark. (Verskaf verkoopsyfers.)
  • Die buitelandse uitgewer beoog om die vertaalde werk ook in digitale formaat uit te gee.
  • Die buitelandse uitgewer beplan om die vertaalde werk vir literêre pryse in sy tuismark voor te lê. (Verskaf besonderhede.)
  • Indien daar te veel aansoeke vir ’n gegewe periode is, sal voorkeur aan die volgende tale gegee word: Engels, Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Sweeds.

Aansoeke moet van die volgende dokumente vergesel word:

  • ’n Bevredigende bemarkingsplan (wat inligting oor verspreiding van die vertaalde werk insluit).
  • Die lisensiëringsooreenkoms tussen die plaaslike uitgewery en die aansoeker m.b.t. die vertaalregte OF Bewys/motivering dat die werk in die openbare domein is en dat ’n kontrak dus nie nodig is nie.
  • Die kontrak tussen die aansoeker en die vertaler(s), indien moontlik.
  • Die vertaler(s) se CV met inligting oor vorige vertalings.
  • ’n Profiel van die uitgewery wat bewys lewer dat dit ’n gevestigde en likwiede sakeonderneming is.
  • Die katalogus van die uitgewery (of webwerf-adres wat bevredigende inligting oor die publikasies van die buitelandse uitgewery verskaf en op datum is)
  • ’n Voorbeeld van die vertaling (8-10 bladsye) en die ooreenstemmende teks in die Afrikaanse werk.

The post Reglement vir die PEN Afrikaans Vertaalfonds appeared first on LitNet.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil Afrikaanse skrywers help om ’n internasionale deurbraak te maak

$
0
0

Die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds het een sentrale doelstelling: om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel. ’n Letterkunde wat nie in vertaling beskikbaar is nie, kan nie onder wêreldletterkunde gereken word nie.

Ons het reeds gesien hoe vertalings van die werke van Karel Schoeman, André P. Brink, Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden oorsese kritici beïndruk het. Een Duitse kritikus het Schoeman selfs as die nuwe Thomas Mann bestempel na aanleiding van die vertaling van sy Afskeid en vertrek.

Ook Breyten Breytenbach en Antjie Krog het via vertaling hul merk in die wêreldpoësie gemaak. En wanneer dit kom by misdaadfiksie, bevind Deon Meyer hom in die grootste internasionale geselskap.

Dit is ons oortuiging dat baie meer van die huidige geslag Afrikaanse skrywers verdien om hul werk in ander tale vertaal te sien.

Weens die gebrek aan ’n Afrikaanse vertaalfonds, ’n baie algemene verskynsel in ander lande, was dit voorheen besonder uitdagend om vertaalregte vir Afrikaanse skrywers se werk te verkoop.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), wil hierdie leemte vul deur die vertaalkoste van verdienstelike werke gedeeltelik of ten volle te befonds. ’n Buitelandse uitgewer kan nadat daar ’n ooreenkoms met ’n Suid-Afrikaanse uitgewer bereik is, by dié fonds aansoek doen om vertalingsbefondsing vir werke in die volgende genres: romankuns, poësie, kortverhale, narratiewe niefiksie (biografieë, geskiedkundige en aktuele werke) of teksgebaseerde kinder- en jeugboeke.

Belangrike oorwegings wat in ag geneem sal word om die meriete van aansoeke te bepaal, is of die betrokke skrywer se werk reeds in vertaling beskikbaar is; of die betrokke werk genomineer is vir plaaslike literêre toekennings en/of literêre pryse gewen het en of die betrokke werk goed plaaslik verkoop het. Die buitelandse uitgewer se planne ten opsigte van die verspreiding en bemarking van die vertaalde werk sal ook in ag geneem word.

Befondsingsaansoeke sal twee keer per jaar oorweeg word. Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met meer volledige riglyne en bepalings is hier beskikbaar.

Navrae kan gerig word na: penafrikaans@gmail.com

The post Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil Afrikaanse skrywers help om ’n internasionale deurbraak te maak appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in Junie in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

3 Junie

5 Junie+

Verskeie berigte oor PG du Plessis se dood, onder meer:

9 Junie

Elegante Eloise Wessels: Van lugwaardin tot boekebaas

Murray La Vita se lekker onderhoud met Eloise Wessels

12 Junie

19 Junie

22 Junie +

Hertzogprys

Sleigh wen WA Hofmeyr-prys

23 Junie

26 Junie +

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Junie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

6 Junie

  1. Ontembare bruid deur Dina Botha
  2. Z is vir Zackie-reeks deur Jaco Jacobs
  3. Op die spoor van saamgestel deur Rudie van Rensburg
  4. Remarkable trees of SA deur Neels Esterhuyse, Jutta von Breitenbach, Herman Sohnge en Izak van der Merwe

13 Junie

  1. Keur 1 deur Helene de Kock
  2. ’n Droë wit seisoen deur André P. Brink
  3. ’n Oomblik in die wind deur André P. Brink
  4. 50 Breipatrone deur Christa Swanepoel
  5. Deeg deur Theresa de Vries

20 Junie

  1. Maanlig-meermin deur Troula Goosen
  2. Die fantastiese avonture van Theo die kat deur Wendy Hartmann
  3. Soek-soek inkleurboek: Diere en Soek-soek inkleurboek: Voertuie
  4. Die apies se dieretuin deur Rosamund Haden en Tony Pinchuck

27 Junie

  1. Moordhuis deur Madelein Rust
  2. Leeg deur Marlene du Toit, Braam Klopper en Justine Pike
  3. Wilde klawer deur Vita du Preez
  4. Ontdek jou lewensdoel deur Frans Cronjé

 

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144).

Op 29 Junie het Bouwer met Lloyd Zandberg oor sy debuut gesels – die kortverhaalbundel Per ongeluk:

 

In die bed met Bibi

In Junie is die volgende boekgesprekke op VIA TV (DStv-kanaal 147) uitgesaai:

Skrywers en boeke:

Lesersonderhoude:

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Resensies

Die diepblou see deur François Loots: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Die diep blou see is ’n fyn gestileerde roman wat die leser op ’n reis neem na ’n belangrike tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis."

My pad met die doodsengel deur Belinda Bras-Nel: ’n FMR-resensie

Riette Rust

"Belinda Bras-Nel tree al jare lank in verbinding met geliefdes wat hulle reeds in die hemelse dimensie bevind. Om dié rede ervaar sy daagliks die pyn en worsteling van naasbestaandes wat haar vir nadoodse boodskappe raadpleeg."

Sirkus deur Irma Venter, ’n resensie

Madri Victor

"Die verhaal spring nie net tussen vertellers nie, maar ook tussen die hede en verlede. Dit is ’n fynuitgewerkte program, met perfekte ruimte en beligting, musiek en tegniese opset, wat die gehoor verras, vermaak, gespanne en in afwagting hou."

Om te skryf: Leer terwyl jy oor kenners se skouers loer

Marlies Haupt

"In Om te skryf is voorbeelde van goeie skryfkuns in verskillende style deur bekende plaaslike sowel as oorsese skrywers, joernaliste en akademici opgeneem. Die idee is dat die skryfstukke in Om te skryf jou nie net lei nie, maar inspireer."

Om te skryf: Veral in Afrikaans! Veral in Afrikaans!

Herschelle Benjamin

"Die boek dek verskeie areas van skryf oor jouself, tot skryf oor die wêreld – kuns, media, om te definieer, om te oorreed en om te vertel. Met aspekte oor taal, kultuur en ervarings wat gedek word, is hierdie boek ook meer as lekker om nét as prosa vir vermaak te lees."

Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool: ’n FMR-resensie

JC de Villiers

"Objektiewe skrywe van ’n verskrikkende werklikheid is sterker as enige fiksie. Ons is veel dank verskuldig aan die skrywer vir hierdie deeglik-nagevorsde verhaal."

Op die spoor van, saamgestel deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Suzette Kotzé-Myburgh

Op die spoor van is nommerpas vir speurstorievrate, maar behoort ook in die smaak te val van alle liefhebbers van die kortverhaal.”

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."

Die naamlose deur Mariël le Roux: ’n resensie

Jo-Riëtte Jacobs
Resensies

"In die geheel bly Die naamlose egter ’n roman wat jy nie onaangeraak op die boekrak sal terugsit nie. Hiervoor sorg die fassinerende intrige, die gepersonifieerde outentieke milieu en skerpsinnige fokalisasiekeuses."

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts

"Dis duidelik dat die skrywer gemaklik in sy genre is. Hy ken die fyner nuanses van spanning en sy bekwaamheid as boeiende storieverteller, en vermoë om net genoeg te verklap om jou aandag gevange te hou, maak van hom ’n lekkerlees-outeur."

Onderhoude

Vlerke vir almal deur Marion Erskine: ’n onderhoud

Daleen Venter, Marion Erskine

"Dis so maklik om nou op ’n tamatiekissie te klim en jou opinie vanuit die veiligheid van jou huis te gee. En dis nóg makliker om so ’n kuberboelie se kommentaar te like en saam te lag wanneer daar nie vir jóú gelag word nie. My ma het my egter een ding geleer: ’n Grap is ’n grap wanneer albei partye lag."

Video en foto's: Bekendstelling van Op die spoor van

Naomi Bruwer

Die kortverhaalbundel Op die spoor van is Saterdag in Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Hierdie bundel, saamgestel deur Rudie van Rensburg, is 'n versameling speurverhale en van Suid-Afrika se grootste misdaadskrywers se verhale is daarin opgeneem.

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n onderhoud

Liné Enslin, Lloyd Zandberg

"Ek skryf net sodat mense nie skaam hoef te voel oor goed wat met hulle gebeur nie. Ons is almal eintlik maar net tydelike bewoners van ’n planeet wat ons nog nie lekker verstaan nie."

Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché, Naomi Meyer

"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."

Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud

Liné Enslin, Nadia Beukes

"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud

Elsa Hamersma, Naomi Meyer

"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen."

 

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

4 Junie

11 Junie

18 Junie

25 Junie

Rooi haring deur Schalk Schoombie (resensie deur Deborah Steinmair)

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 7 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar biografie Queen of The Free State. Rudi van Rensburg gesels oor Op die spoor van, ’n bundel spanningsverhale wat hy saamgestel het. Annemarie van der Walt gesels oor die Innibos-boekeprogram. Die Afrika-skrywer van die week is Camara Laye. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Pinter-prys, ’n nuwe bundel deur Alan Ginsberg en ’n veldtog deur PEN Internasionaal.

Woensdag 14 Junie

Hans du Plessis gesels met Ilse Salzwedel oor sy jare lange vriend, PG du Plessis. Theo Kemp vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees. Terrance April vertel meer oor die skrywer Thomas Mofolo in Skrywers van Afrika. En Johan Myburg gesels onder meer oor die wenner van die Baileys-prys vir fiksie deur vroue-skrywers in sy internasionale insetsel.

Woensdag 21 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Marion Erskine oor sy jeugroman Vlerke vir almal. Dis ’n gesprek waarna tieners en hul ouers gerus kan luister. Johan Myburg gesels oor die Man Booker-prys en jy kan ook luister na ’n stukkie van Bob Dylan se aanvaardingstoespraak vir sy Nobelprys vir letterkunde.

Woensdag 28 Junie

Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Mariël le Roux oor haar jongste roman, Isabella. Ilse Salzwedel gesels met Elkarien Fourie oor haar nie-fiksie boek oor China, Vat jou hele hart. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor Sebastian Barry se Days Without End, en die Afrika-skrywer is Nuruddin Farah van Somalië.

 

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 6 Junie

Johann Nel lees van sy gunsteling-verse.

Dinsdag 13 Junie

Die verse wat gelees word het ’n paar jaar gelede in Die Burger op hulle Kunsblad verskyn en is wel later gepubliseer. Ronelle Geldenhuys lees dit voor.

Dinsdag 20 Junie
Ons kyk na Karel Schoeman se vertalings van Ierse gedigte in die 1970-publikasie Uit die Iers.

Dinsdag 27 Junie

Amor Tredoux lees ’n verskeidenheid van Joan Hambidge se lykdigte.

 

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Junie die volgende boeke bespreek: 

5 Junie

12 Junie

19 Junie

26 Junie 

 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk.

In Junie het ’n resensie van die Ruan Fourie se debuutdigbundel, ’n Ope brief aan Dorian Gray, verskyn.

In Mei 2017 is onderhoude met Ruan Fourie, Johan Myburg (Uittogboek) en Pieter Fourie (Knapsekêrels) geplaas.

 

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2017 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Dis baie lekker om hierdie brief af te skop met uitstekende nuus:

Die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds is in Junie opgerig met ruim finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO). Ons deel derhalwe hierdie nuus met innige dank vir die vertroue wat die TAO-trustees in ons geplaas het.

Hierdie nuwe vertaalfonds het een sentrale doelstelling: om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel. ’n Letterkunde wat nie in vertaling beskikbaar is nie, kan nie onder wêreldletterkunde gereken word nie.

Ons het reeds gesien hoe vertalings van die werke van Karel Schoeman, André P. Brink, Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden oorsese kritici beïndruk het. Een Duitse kritikus het Schoeman selfs as die nuwe Thomas Mann bestempel na aanleiding van die vertaling van sy Afskeid en vertrek. Ook Breyten Breytenbach en Antjie Krog het via vertaling hul merk in die wêreldpoësie gemaak. En wanneer dit kom by misdaadfiksie, bevind Deon Meyer hom in die grootste internasionale geselskap.

Dit is ons oortuiging dat baie meer van die huidige geslag Afrikaanse skrywers verdien om hul werk in ander tale vertaal te sien.

Weens die gebrek aan ’n Afrikaanse vertaalfonds, ’n baie algemene verskynsel in ander lande, was dit voorheen besonder uitdagend om vertaalregte vir Afrikaanse skrywers se werk te verkoop. Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil hierdie leemte vul deur die vertaalkoste van verdienstelike werke gedeeltelik of ten volle te befonds.

’n Buitelandse uitgewer kan nadat daar ’n ooreenkoms met ’n Suid-Afrikaanse uitgewer bereik is, by dié fonds aansoek doen om vertalingsbefondsing vir werke in die volgende genres: romankuns, poësie, kortverhale, narratiewe niefiksie (biografieë, geskiedkundige en aktuele werke) of teksgebaseerde kinder- en jeugboeke.

Belangrike oorwegings wat in ag geneem sal word om die meriete van aansoeke te bepaal, is of die betrokke skrywer se werk reeds in vertaling beskikbaar is; of die betrokke werk genomineer is vir plaaslike literêre toekennings en/of literêre pryse gewen het en of die betrokke werk goed plaaslik verkoop het. Die buitelandse uitgewer se planne ten opsigte van die verspreiding en bemarking van die vertaalde werk sal ook in ag geneem word.

Befondsingsaansoeke sal twee keer per jaar oorweeg word. Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met meer volledige riglyne en bepalings is hier beskikbaar.

Navrae kan gerig word na: penafrikaans@gmail.com

Kommentaar op die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg

Ons het reeds in vorige nuusbriewe gewaarsku dat die nuwe Wysigingswetsontwerp op Outeursreg uiters problematies is. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

PEN Afrikaans het daarom saam met PEN South Africa kommentaar op dié wetsontwerp by die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid ingedien. Hierdie kommentaar is opgestel met die hulp van die kopieregkonsultant Catrina Wessels en dit wys duidelik uit watter gevare hierdie onverantwoordelike wysiging van ons kopiereg vir skrywers en uitgewers inhou.

Ons het die Afrikaanse en Engelse weergawes van hierdie kommentaar op ons webportaal beskikbaar gemaak en ons lede met 'n spesiale nuusbrief genooi om ons voorlegging amptelik te ondersteun.

Baie dankie aan almal wat hul naam by ons voorlegging gevoeg het. Ons kon uiteindelik ons kommentaar indien met die name van 'n 126 gevestigde skrywers, uitgewers, besorgdes en ander instansies wat ons voorlegging amptelik ondersteun.

PEN Afrikaans se AJV op 16 September tydens die Tuin van Digters-fees op Wellington

Alle lede word hartlik uitgenooi na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2017 wat, soos ons in Junie op ons Facebook-blad aangekondig het, sal plaasvind op 16 September tydens vanjaar se Tuin van Digters-fees op Wellington. 

Ons sal nader aan die AJV 'n agenda uitstuur asook die program van die Tuin van Digters-fees. Alle opbetaalde lede van PEN Afrikaans sal gratis toegang tot die fees kry. Ons bedank graag die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum, Francois Lötter, vir hierdie vergunning.

Toegang tot die vergadering self is uiteraard gratis, maar wees asseblief so vriendelik om te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon. Ons sal graag wil seker maak dat daar genoeg sitplek vir almal is. RSVP na penafrikaans@gmail.com

Voorstelle vir die agenda kan ook na penafrikaans@gmail.com gestuur word.

Resensiekursus in samewerking met Netwerk24 en NB-Uitgewers

In ons April-nuusbrief het ons 30 voornemende resensente genooi om in te skryf vir een van twee resensiekursusse, aangebied deur Netwerk24 in samewerking met NB-Uitgewers en PEN Afrikaans. 

Dié twee dag lange kursusse was blitsig vol en die eerste een het op Saterdag 3 Junie onder leiding van Francois Smith in Mediapark in Johannesburg plaasgevind.

Die eerste kursus in was 'n groot sukses. Jo Prins, die redakteur van Boeke24, sê vier resensente met groot potensiaal is geïdentifiseer en een van hulle, Francois Bekker, het intussen reeds met 'n resensie van Die diepblou see deur François Loots gedebuteer. 

Francois Smith het die volgende kort verslaggie oor die kursus van 3 Junie geskryf:

Afrikaanse lesers wil resenseer. En hulle sal tyd en geld spandeer om die kuns te bemeester – dit is hul erns.

Dit is my blywende indruk ná Media24 se resensiekursus wat ek op Saterdag 3 Junie in Mediapark, Johannesburg, aangebied het. Volgens die organiseerder daarvan, Jo Prins, Media24-koerante se boekeredakteur, was die 15 beskikbare plekke binne  ’n dag ná die aankondiging volbespreek. En elkeen van die kursusgangers het met groot oorgawe deelgeneem.

Maklik was dit nie.

Ook nie vir die aanbieder nie. Resenseer beteken immers om die gesprek oor boeke op ’n hoë vlak aan te voor en vol te hou. Resenseer word dikwels as ’n kuns op sigself gesien, maar die uitgangspunt van hierdie kursus was dat dit ook ’n ambag is waarvan die basiese vaardighede geleer en geoefen kan word. Die dag is dus hoofsaaklik gewy aan hierdie basiese vaardighede.

Ten eerste is die deelnemers losgelaat op Rudie van Rensburg se pasverskene Kamikaze. Elkeen moes ’n resensie skryf en almal moes al die resensies lees en aan die hand van ’n stel vrae ontleed. Hierdie proefresensies was die basis van ’n gesprek wat gevoer is ten einde die elemente van resenseer self te ontdek.

Resenseer, het die kursusgangers agtergekom, is ’n vorm van krities lees waarin jy nie net vrae oor die teks vra nie, maar ook oor jou reaksies daarop. ’n Noukeurige registrasie en bevraagtekening van jou reaksies op ’n teks stel jou in staat om die ruggraat van jou resensie te identifiseer.

Ten slotte was daar ’n kans om die beginsels in te oefen, veral die veronderstelling dat ’n resensie ’n hoëvlak-gesprek met ’n leser is, ’n wisselwerking, wat dikwels gekelder word deur allerhande vorme van selfgesentreerdheid.

In kort: Media24 se resensiekursus was ’n energieke golf in die immer uitkringende gesprek oor koerantresensies; andersyds die ideale geleentheid om nog name te identifiseer wat gevoeg kan word by die van die huidige korps koerantresensente.

****

Die tweede resensiekursus vind op Saterdag 5 Augustus onder leiding van PEN Afrikaans se voorsitter, Kerneels Breytenbach, by NB-Uitgewers in Kaapstad plaas. Daar is ongelukkig geen plek vir verdere kursusgangers beskikbaar nie, maar ons hoop dat ook hierdie kursus interessante nuwe stemme sal oplewer.

Wenners van die 2017 Media24 Boeke Literêre Pryse

Ons sê baie geluk aan al die wenners van die gesogte Media24 Boeke Literêre pryse vir 2017. 

Nagenoeg 80 boeke wat in 2016 by uitgewerye in die Media24-stal verskyn het, is ingeskryf in vyf kategorieë met ’n gesamentlike prysgeld van meer as R175 000.

Die volgende skrywers is bekroon:

WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie (roman, kortverhale of drama)
1795 deur Dan Sleigh (Tafelberg)

Recht Malan-prys vir Afrikaanse en Engelse niefiksie
Under Nelson Mandela Boulevard deur Sean Christie (Jonathan Ball Publishers)

Elisabeth Eybers-prys vir Afrikaanse en Engelse poësie
Fotostaatmasjien deur Bibi Slippers (Tafelberg)

MER-prys vir Afrikaanse en Engelse jeugromans
Snitch deur Edyth Bulbring (Tafelberg)

MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke in Afrikaans en Engels
Ink deur Ingrid Mennen en geïllustreer deur Irene Berg (Tafelberg)

Die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie is nie vanjaar toegeken nie en staan oor tot volgende jaar.

Die wenner in elke kategorie het R35 000 ontvang. By die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke is die prysgeld verdeel tussen die skrywer en illustreerder.

Klik hier vir die ontvangstoesprake van die wenners en meer besonderhede oor die wenboeke.

Sperdatums vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en/of die Woordfees se Kortverhaalkompetisie

Die sperdatums vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en die Woordfees se Kortverhaalkompetisie is om die draai.

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd se sluitingsdatum vir manuskripte is 1 September 2017. 

Dit is die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel.

1ste prys: R200 000 
2de prys: R 70 000 
3de prys: R 40 000 
Debuutprys: R 40 000

Klik hier vir die wedstrydreëls en alle ander relevante besonderhede.

Die sluitingsdatum vir die Woordfees se Kortverhaalkompetisie 2018 is 30 September 2017 om 16:00.

Die US Woordfeesbundel, wat baie goed deur lesers en skrywers ontvang en gesteun is, beleef in 2018 sy derde jaar. Du Toitskloof Wyne sal weer met die US Woordfees saamspan en die prysgeld van R30 000 borg.

Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.

Soos in 2017, mag persone wat nog nie voorheen gepubliseer het nie, ook deelneem.

Klik hier vir die wedstrydreëls en alle ander relevante besonderhede.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Julie

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Onder vandeesmaand se nuwe publikasies is 'n debuut deur een van die skrywers wat ons Trippel-7-werkswinkels bygewoon het – baie geluk aan Moryn Hanzen met haar eersteling, Pad na Geluk. Hartlik geluk ook aan al ons ander lede wat nuwe boeke op die rak het.

Die publikasielyste vir Julie kan hier afgelaai word. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2017 appeared first on LitNet.

Inskrywingsvorm: Lenteskool en skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie

$
0
0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Romanseskrywers Elsa Winckler en Madelie Human, liefdesromanskrywer Sophia Kapp, LAPA se Charlene Hougaard en Cliffordene Norton, tesame met personeel van die ATKV-skryfskool, gaan as aanbieders optree en op die liefdesverhaal fokus.

Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand 15 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar. Kontak Kobie van Aswegen by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za (tel 018 299 1783) vir meer besonderhede.

Die ATKV-Skryfskool bied in 2017 ook ’n kompetisie in die skryf van ’n romanse aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor, raadpleeg die brosjure en inskrywingsvorm.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

The post Inskrywingsvorm: Lenteskool en skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie appeared first on LitNet.

Uitnodiging: Algemene simposium en bekroningsplegtigheid van die SA Akademie

$
0
0

’n Hartlike uitnodiging aan alle lede en belangstellendes na die jaarlikse algemene simposium en bekroningsplegtigheid van die SA Akademie

Die jaarlikse simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vind vanjaar op Donderdag 28 en Vrydag 29 September 2017 plaas. Dit word in die SA Akademie se splinternuwe gebou in Arcadia gehou, direk langs die historiese Engelenburghuis. Die adres van die Akademie: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria. Voorsiening word gemaak vir motorwagte van ’n sekuriteitsmaatskappy.


 

Donderdag 28 September 2017
(SA Akademiegebou, Arcadia)

Registrasie: 08:00
Algemene Jaarvergadering: 08:30 tot 10:00
Simposium: 10:30 tot 18:00
Skemeronthaal: 18:00 tot 19:00
Openingsplegtigheid: 19:00 tot 21:15


 

Vrydag 29 September 2017
Simposium (vervolg): 08:00 tot 14:30
(SA Akademiegebou, Arcadia)

Die tema vir vanjaar se simposium is:
’n Wêreld tussen globalisme en nasionalisme: die uitwerking van wêreldtendense op Suid-Afrika

Registrasiegelde

  • Koste vir die twee dae (Donderdag en Vrydag)
    Lede: R350; Nielede: R370: Alle gades: R200
  • Koste per dag (Donderdag of Vrydag)
    Lede: R175; Nielede: R185: Alle gades: R100

Bogenoemde tariewe sluit alle verversings, middagetes vir die twee dae en ’n skemeronthaal voor die openingsplegtigheid in. Die bekroningsplegtigheid en onthaal is gratis.

Hier is die inskrywingsvorm. Vul dit asseblief in en stuur voor of op 13 September 2017 aan Linda Brink: linda@akademie.co.za.

Hier is ’n lys van moontlike verblyf in Pretoria.

Let asseblief daarop dat u betyds vir die simposium moet inskryf sodat daar oral voorsiening vir u gemaak kan word.

Sprekers

  • Hein Viljoen, Dept Afrikaans en Nederlands, Noordwes-Universiteit:
    Transponerings van wêreldletterkunde by DJ Opperman
  • Kobus Eloff, Navorsingsprofessor in die Fitomedisyne Program by die Universiteit van Pretoria:
    Die verskuiwing van wetenskaptaalgebruik in die wêreld het implikasies vir die behoud van die Afrikaanse vaktaal
  • Gert van der Westhuizen, Departement Opvoedkundige Sielkunde, Universiteit van Johannesburg:
    Die vernalatiging van tale in die akademie
  • Jacques du Plessis, Universiteit van Wisconsin–Milwaukee, VSA:
    In wie se hande lê die taal se toekoms? ’n Akademiese benadering tot toekomsvooruitskouing
  • Linda van Ryneveld, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria:
    Die gebruik en skep van oop opvoedkundige hulpbronne in hoër onderwys
  • Michael le Cordeur, Voorsitter: Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch en Lindiwe Tshuma, African Institute of Mathematical Sciences Schools Enrichment Centre, Muizenberg:
    Taal as wetenskaplike kommunikasie in intermediêre fase wiskunde-onderrig: op soek na ’n effektiewe pedagogiek vir wiskunde-onderrig
  • Gerrie J Jacobs, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Johannesburg en Elsa Greeff, verbonde aan The King’s College, Bryanston:
    Waardes wat leerders aan ’n Suid-Afrikaanse privaatskool met die leer van wiskunde assosieer: ’n Internasionale vergelykingsperspektief
  • Melanie Moen, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria:
    ’n Ondersoek na die etiologiese faktore van kinders wat ’n familielid vermoor
  • Arrie de Beer, Stellenbosch:
    Wie is die joernaliste van die tradisionele nuusmedia en hoe beskou hulle hul werk?
  • Ronnie Lotriet en LJ Janse van Vuuren, Noordwes-Universiteit:
    Die dood van die tradisionele koerant in Suid-Afrika: ’n strategiese assessering
  • Shana Ponelis, Skool vir Inligtingstudies Universiteit van Wisconsin–Milwaukee, VSA:
    Globalisering en lokalisering van inligting- en kommunikasie tegnologie in Suid-Afrika: geleenthede en uitdagings
  • Liesl Louw-Vaudran, Senior Navorsingskonsultant, Instituut vir Sekerheidstudies, Pretoria:
    Die media en Afrika: wie vertel die storie?
  • Germarié Viljoen, Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus:
    Suid-Afrika se waterkrisis: "Eiendom" as oorsaak en oplossing
  • Johan Schoeman, Hoof, Dept Veterinêre Kliniese wetenskappe, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (Onderstepoort):
    Weerstandbiedende bakterië/ Obesiteit/ Intestinale mikrobioom en oormatige antibiotika gebruik
  • Gasspreker: Patrick van Damme, Fakulteit Bio-Ingenieurswetenskappe en voorsitter van die Afrika Platform, Universiteit Gent:
    How can South Africa enter the global green market? Lessons from the field
  • Gasspreker: Tommie van Zyl, Uitvoerende Hoofbestuurder van die ZZ2 Boerdery:
    Aanpassing by verandering vir volhoubare waardeskepping: Die ZZ2 verhaal
  • Pieter Verster, Sendingwetenskap, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat:
    Post-koloniale teologie en die sending: uitdagings en bedreigings
  • Chris Jones, Hoof van die Eenheid van Morele Leierskap, Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch:
    Morele leierskap noodsaaklik vir versoening
  • Helena van Coller, Fakulteit Regsgeleerdheid, Rhodes Universiteit:
    Rituele slagting: ’n godsdienstige reg? ’n Oorsig van belangrike wêreldtendense binne hierdie kontroversiële debat en implikasies vir godsdiensgemeenskappe in Suid-Afrika
  • Greta Dreyer, Dept Verloskunde en Ginekologie en hoof van die Ginekologiese Kankereenheid, Universiteit van Pretoria:
    Servikale kankersifting: lokale toepassing van wêreldtendense
  • Oppel Greeff, Uitvoerende hoof van navorsingsmaatskappye wat navorsing namens die farmaseutiese industrie doen:
    Geneesmiddelontwikkeling – SA en die wêreld
  • Hans de Ridder, Skool vir Menslike Bewegingswetenskappe, Noordwes-Universiteit:
    Moderne Sportlui: Is ons besig om sportreuse te teel en wat is die konsekwensies vir hulle gesondheid?
  • Kobus Wolvaardt, emeritus professor, Dept Besluitkunde, Unisa:
    Is Westerse bevolkings besig om geneties te verdeel?
  • Victor Correia, Dosent in Bybelkunde en Filosofie, AROS:
    HG Stoker se 'goue middeweg' tussen Liberalisme en Nasionalisme
  • Alana Bailey, Adjunkhoof, Afriforum:
    Is die “transformasie van Suid-Afrikaanse erfenis” nodig, of bloot ’n ideologiese oefening?
  • Jannie Rossouw, Hoof, Dept Ekonomiese Wetenskappe, Universiteit van die Witwatersrand; Fanie Joubert en Cobus Vermeulen, Dept Ekonomie, Unisa:
    Suid-Afrikaanse aandele: Die impak van globalisme en nasionalisme
  • Piet le Roux, Akademiese Hoof, Akademia:
    Die betekenis van kettinglêertegnologie vir politieke pluralisme. Leierskap-perspektiewe op Suid-Afrikaanse skole (Paneelbespreking)
  • Jannie Raath, Uitvoerende Hoof, Laerskool Hennopspark
  • D Strydom, Hoërskool Zwartkop
  • M Gerber, Curro Thatchfield
  • C Kriek, Midstream College
  • S Kritzinger, Laerskool Monumentpark
  • N Driescher, Hoërskool Pretoria-Noord

 

Vrydagaand 29 September om 19:00
Bekroningsplegtigheid en onthaal
(Atterburyteater, Lynnwoodbrug, Lynnwood)

Dit is ’n feestelike geleentheid waar pryse van die Akademie oorhandig word. U is gaste van die Akademie.

Pryswenners wat pryse ontvang:

  • Nina du Preez: Poortprys vir prosa
  • Ancia Cornelius: Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Plantkundige Wetenskappe)
  • Eduard Venter, Adriaana Jacobs, Phumzile Sibisi en Natasha van de Haar: Douw Greeffprys
  • Nerina Bosman: Esther Greeffprys
  • Ben Botma: Erepenning vir visuele kunste (Grafiese Kuns)
  • Gerben Kamper: Erepenning vir toneel- en verhoogkuns en die Gerhard Beukesprys
  • Nicol Stassen: Erepenning vir die bevordering van geskiedenis
  • Tommy Sasseen: Besondere erepenning
  • Jan Neethling: Erepenning van die SA Akademie se fakulteit natuurwetenskap en tegnologie
  • Hanlie Moss: Albert Stratingprys vir voorkomende geneeskunde
  • Jolanda Roux: Havengaprys vir lewenswetenskappe

The post Uitnodiging: Algemene simposium en bekroningsplegtigheid van die SA Akademie appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans Vertaalfonds: ’n onderhoud met Marga Stoffer

$
0
0

Naomi Meyer gesels met Marga Stoffer, ondervoorsitter van PEN Afrikaans, oor die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds.

Marga, die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), is welkome nuus vir die Afrikaanse boekebedryf. Waar kom die gedagte vir ’n vertaalfonds vandaan en waarom is besluit om so iets op die been te bring?

Skrywers en uitgewers beywer hulle deurentyd vir vertalings. Die een kwessie wat oor die jare heen gereeld in onderhandelinge tussen uitgewers oor die lisensiëring van vertaalregte vir Afrikaanse tekste ter sprake kom, is die gebrek aan ’n vertaalfonds om dit te ondersteun. Daardie leemte het in baie gevalle tot gevolg gehad dat Afrikaanse boeke nie in vertaling verskyn het nie.

Wanneer ’n buitelandse uitgewer ’n vertaling van ’n Afrikaanse boek uitgee, moet daardie uitgewery al die koste aangaan wat deel is van die normale publikasieproses, maar daarby kom ook nog die vertaalkoste. Dikwels beteken dit dat hóé graag die oorsese uitgewer ook al die vertaling wil uitgee, dit finansieel te riskant is.

Dit is eintlik verstommend om te sien hoe algemeen vertaalfondse in ander lande en vir ander tale is. Ek is bewus van meer as 50 vertaalfondse of -projekte, vir ’n menigte tale: Engels, Duits, Frans, Italiaans, Nederlands, Vlaams, Iers, Wallies, Portugees, Spaans, Katalaans, Sweeds, Deens, Fins, Noorweegs, Grieks, Pools, Russies, Tsjeggies, Hongaars, Roemeens, Serwies, Slowaaks, Turks. Ook vir minder voor die hand liggende tale, byvoorbeeld Baskies (wat ongeveer 660 000 sprekers het), Maltees (520 000 sprekers), Yslands (330 000), Sloweens (2,5 miljoen), Estlands (1 miljoen), Letties (wat deur die ongeveer 2 miljoen inwoners van Letland gepraat word) en Litaus (3 miljoen). En dan is daar vertaalfondse wat gerig is op vertalings van boeke uit spesifieke kulture (waar tale betrokke is wat in verskeie lande gepraat word), byvoorbeeld Skots, Kanadees (Engels of Frans), Nieu-Seelands of Australies.

Dit was dus eintlik skreiend dat daar nie ’n vertaalfonds vir Afrikaans bestaan nie, en dit is waarom PEN Afrikaans besluit het om so ’n fonds vir Afrikaans te probeer stig.

Die grondbeginsel wat hierdie befondsing onderlê, is dat ’n vertaalfonds die Afrikaanse letterkunde sal bevorder. Maar bevorder Afrikaanse letterkunde per se nie die Afrikaanse letterkunde nie? Wil jy verduidelik hoekom jy meen dat vertaalde Afrikaanse werke (na ander tale) die letterkunde verruim, eerder as om die taal Afrikaans in boeke te bedreig?

Ja, natuurlik bevorder Afrikaanse letterkunde per se die Afrikaanse letterkunde; daarom is dit so belangrik dat Afrikaanse skrywers in Afrikaans moet aanhou skryf. Daarsonder het ons nie ’n letterkunde nie. Maar dit is ook so dat ’n letterkunde nie in isolasie bestaan nie. Vir die letterkunde van ’n klein taalgroep om deel te kan wees van die wêreldliteratuur, is vertaling nodig. Dit is belangrik vir ons letterkunde om as ’t ware deel te raak van die “literêre gesprek” in die wêreldletterkunde, en dit is ook belangrik in die konteks van die statuur van ons taal en kultuur en letterkunde. Dit is goed om te kan sien dat die beste Afrikaanse skrywers nie hoef terug te staan vir internasionale skrywers nie – dat ons trots kan wees op Afrikaanse skrywers wat internasionaal hoog geag word. Nie net literêre skrywers soos Marlene van Niekerk en Karel Schoeman en digters soos Breyten Breytenbach en Antjie Krog nie, maar ook skrywers wat hulle in hul genre in die heel beste internasionale geselskap bevind, soos Deon Meyer met sy spanningsverhale en Irma Joubert met haar historiese romans. En dit is belangrik vir die skrywers self: vir die erkenning wat hulle kry deurdat hulle werk vertaal en internasionaal gerespekteer word, en ook die inkomste wat dit hopelik vir hulle moontlik maak om steeds in Afrikaans te skryf.

Dit is wonderlik as wêreldletterkunde in Afrikaans vertaal word, en dit Afrikaanssprekendes (as ons nie in Engels of ander wêreldtale kan lees nie) toegang tot ’n wyer wêreld gee. Maar dit is net so belangrik dat ons eie, Afrikaanse stories toeganklik gemaak moet word vir die res van die wêreld. En: hoewel Afrikaans ’n klein taal is, het hierdie klein taal ’n aantal skrywers van wêreldgehalte opgelewer, en ons kan met trots uitreik na die res van die wêreld en ons eie verhale deel, eerder as om slegs te ontvang wat ander tale en kulture kan bied.

Ons dink baie oor die Engelse of dalk die Nederlandse wêreld wanneer Afrikaanse boeke ter sprake is. Is hierdie fonds beskikbaar vir boeke in ander tale ook? Wie stel belang en watter lande is veral geïnteresseerd in Afrikaanse boeke? Of hang dit ook nogal van die boek en die skrywer en die genre af?

Die fonds is beskikbaar vir vertalings in alle wêreldtale, hoewel tale soos Engels, Frans, Duits, Sweeds, Nederlands en Spaans, wat groter markte het en/of makliker tot vertalings in ander tale lei, voorkeur mag geniet as daar hopeloos te veel aansoeke sou wees.

Afrikaanse uitgewers het inderdaad goeie kontak met Nederlandse uitgewers – daar is belangstelling in ons boeke en verskeie goeie vertalers, dus word betreklik baie van ons skrywers se werk in Nederlands vertaal. Ander lande wat belangstel in Afrikaanse skrywers is Frankryk en Duitsland. Faktore wat die belangstelling bepaal, sluit die skrywer in – Karel Schoeman byvoorbeeld se werk word steeds in Frans vertaal en is onlangs ook in Nederlands heruitgegee, sowel as in die VSA. Deon Meyer, wat in baie tale vertaal word, maak deure oop vir ander skrywers – veral spanningsverhaalskrywers – omdat uitgewers wat sy werk ken, meer ontvanklik is daarvoor om Afrikaanse boeke te oorweeg.

Die rol van vertalers is ’n baie belangrike aspek wat nie onderskat moet word nie. Die beskikbaarheid van goeie vertalers – veral vertalers wat direk uit Afrikaans kan vertaal en nie via ’n ander taal moet werk nie – is dikwels van deurslaggewende belang. In die eerste plek is hulle funksie natuurlik om uitstekende vertalings te skep wat getrou is aan die oorspronklike werk. Maar soms gaan hulle rol en invloed ook verder, deurdat hulle aanbevelings aan buitelandse uitgewers doen en as ’t ware as pleitbesorgers vir ’n boek of skrywer optree. Ons is gelukkig dat daar uitnemende vertalers is wat na veral Frans, Engels, Nederlands en Duits vertaal, en ons hoop dat die vertaalfonds tot gevolg sal hê dat vertalers na ander tale ook met meer belangstelling na Afrikaanse tekste sal kyk.

Wat van al die ander tale vlak hier onder ons neus – die tale van ons eie land? Hoe lyk behoeftes, die mark en beskikbaarheid om boeke vir al die lesers van die land in mekaar se tale beskikbaar te stel?

Dit is ’n heel ander kwessie, en ’n baie belangrike een. Wanneer dit kom by al Suid-Afrika se tale, gaan dit oor die deel van verskillende plaaslike kulture onderling, in ons eie land; oor mekaar beter leer ken en verstaan deur mekaar se stories; oor respek vir ons eie tale en lees in ons eie tale. Dit sluit in dat, om geletterdheid te bevorder, dit belangrik is dat kinders in hulle huistaal leer lees voordat hulle in ander tale leer lees. (Hoewel dit nie betwis word nie, is daar skynbaar nie ’n sterk verbintenis daartoe om dit te laat gebeur nie.) Ek dink ook dat dit weens die baie amptelike tale eenvoudig net meer prakties is om een taal, Engels, as voertaal en skryftaal te gebruik, dat Engels weens sy posisie as saketaal ’n sekere statuur het, en dat dit alles ten koste van ander tale en hulle letterkunde is. Maar dit is ’n lang, lang gesprek, en die kwessies is anders as dié wat betrokke is by die “uitvoer” van ons letterkunde – dit is meer sosio-ekonomiese kwessies wat hier aangespreek moet word. Die doel van die vertaalfonds, daarenteen, is internasionale bevordering van spesifiek die Afrikaanse letterkunde (PEN Afrikaans se mandaat), en is dus nie eerstens gerig op die belange van ’n interne Suid-Afrikaanse samelewing nie.

Dit sou natuurlik wonderlik wees indien die regering fondse sou beskikbaar stel vir die vertaling van Suid-Afrikaanse tekste in die verskillende landstale onderling. En wie weet, moontlik sou ’n Suid-Afrikaanse vertaalfonds wat die vertaling en internasionale publikasie van al die amptelike Suid-Afrikaanse tale ten doel het, mettertyd ’n moontlikheid wees. Dit sou strook met wat in ander lande gebeur: die oorgrote meerderheid van vertaalfondse internasionaal is inisiatiewe van en word befonds deur die regerings van daardie lande.

Daar is sekere kriteria waaraan boeke moet voldoen om in aanmerking te kom vir die vertaalfonds. Wil jy dalk iets hieroor sê?

Ja. Nie alle soorte boeke kom in aanmerking vir befondsing nie. Die fokus is op goeie skryfwerk in Afrikaans, op teksgebaseerde boeke van gehalte. Dit beteken dat fiksie (literêr, maar ook uitstekende genrefiksie), narratiewe niefiksie en goeie kinder- en jeugfiksie in aanmerking kom. Prenteboeke, resepteboeke, reisgidse, selfhelpboeke edm kom nie in aanmerking nie. Uiteraard is die befondsing ook beperk tot boeke wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is. Daar moet reeds ’n kontrak met ’n buitelandse uitgewer wees vir die lisensiëring van die regte, hoewel ’n voorwaarde van die kontrak die befondsing van die vertaling mag wees. En die buitelandse uitgewery moet kan bewys dat dit ’n stabiele besigheid is wat die vertaalde werk professioneel sal uitgee en behoorlik sal bemark. Die vertaling moet, indien moontlik, direk uit Afrikaans gedoen word (dws nie via Engels nie). Die onderliggende riglyn is dat ons Afrikaanse skrywers en hulle werk wil beskerm en bevorder en in hulle beste belang wil optree. Die volledige reglemente is beskikbaar op PEN Afrikaans se webtuiste.

Wie kan aansoek doen vir hierdie vertaalfonds? Het skrywers iets hiermee te doen, of sal die gesprekke deur die uitgewers en oorsese agente gevoer word – ook ten opsigte van watter boeke in aanmerking behoort te kom?

Slegs buitelandse uitgewers wat ’n Afrikaanse werk in vertaling wil uitgee, kan om befondsing aansoek doen. Die eerste gesprek sal dus plaasvind tussen die buitelandse uitgewer en die persoon wat die skrywer se vertaalregte bestuur, byvoorbeeld die skrywer self, sy uitgewer of sy agent.

Wat van boeke wat lank gelede verskyn het – kom hulle ook in aanmerking?

Ja, hulle kom in aanmerking. Daar is wonderlike klassieke werke in Afrikaans wat dit verdien om internasionaal gepubliseer te word.

Na skatting, hoeveel boekvertalings sal per jaar deur dié vertaalfonds ondersteun kan word?

Dit is alles nog baie nuut, en ek raai maar. My skatting is dat ongeveer tien vertalings (van vollengte-romans – maar dan nou nie so dik soos Agaat of Buys of Die wêreld van Charlie Oeng nie!) ondersteun kan word. Die vertaalkoste kan volledig of ten dele befonds word, afhangend van ’n verskeidenheid faktore.

Is alle Afrikaanse boeke vertaalbaar? Ek dink byvoorbeeld aan ’n boek wat in ’n sosiolek geskryf is, of ’n boek waar ’n spreker of styl baie spesifieke taalgebruik behels.

Ek dink die meeste Afrikaanse boeke kan vertaal word. (Ek was al verbaas oor boeke wat ek as onvertaalbaar beskou het wat wél in vertaling verskyn het!) Of alle boeke tot ’n internasionale leser sal spreek, is egter weer ’n ander vraag. In sommige gevalle is ’n boek ontoeganklik vir lesers uit ander kulture, omdat die boek tot “ingewydes” spreek, en veronderstel dat die leser ’n sekere agtergrondkennis het – van taal, kultuur, geskiedenis, wat ook al. In ander gevalle kan dit wees dat die onderwerp van ’n boek nie interessant is vir enigiemand buite die spesifieke kultuur nie – soos uitgewers soms sê: “It doesn’t travel.”

Watter oorsese skrywers het onder jou aandag gekom as gevolg van hul boeke in vertaling (Engels, Afrikaans, of in ’n ander taal wat jy magtig is)? Of watter oorsese skrywers het onder die Suid-Afrikaanse boekemark se aandag gekom as gevolg van vertaling, as jy na verkope kyk?

Die heel eerste boeke wat ek deur vertaling leer ken het, was Shakespeare se Hamlet, in Afrikaanse vertaling, toe ek ’n kind was, en Gejaagd door de wind, die Nederlandse vertaling van Gone with the wind, deur Margaret Mitchell. (Ek het geen idee hoe Hamlet in ons huis beland het nie – dit was so ’n onwaarskynlike boek om in die boekrak van ’n Nederlandse immigrante-gesin te wees.) Daar was ’n hele klomp boeke wat ek as kind en jong meisie in Nederlandse vertaling gelees het voordat ek eers op hoërskool Engelse boeke begin lees het – ek onthou Leon Uris, en ’n klomp spanningsverhale.

Die mees onlangse voorbeeld van boeke wat onder die plaaslike boekemark se aandag gekom het danksy vertaling en wat buitengewoon suksesvol was, is waarskynlik Stieg Larsson se heerlike The girl with the dragon tattoo en die titels wat daarop gevolg het. Dié reeks boeke was maande lank topverkopers. Die Brasiliaanse skrywer Paulo Coelho se boeke is ook gedurig op die topverkoperlyste.

Dis vir my moeilik om skrywers in vertaling uit te sonder. Ek noem enkeles aan wie ek nou kan dink en wie se boeke ek op my boekrak raaksien, maar ek weet ek gaan iemand vergeet: Haruki Murakami (Japannees), Orhan Pamuk (Turks), Umberto Eco (Italiaans), Jostein Gaarder (Noorweegs), Gabriel García Márquez en Isabel Allende en Laura Esquivel (Spaans). En dan het ek gehou van The hundred year old man who climbed out the window deur die Sweedse skrywer Jonas Jonasson, wie se ander boeke ek ook nog wil lees. En nadat ek Håkan Nesser se Hour of the wolf gelees het, is ek ook lus vir nog Sweedse misdaadverhale.

The post PEN Afrikaans Vertaalfonds: ’n onderhoud met Marga Stoffer appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Aansoekvorm

$
0
0
  • Kontakbesonderhede

  • Aansoek

  • Ek doen hiermee aansoek om lid te word van PEN Afrikaans, ’n sentrum van International PEN, in ooreenstemming met die Handves van daardie liggaam.

    Ek doen aansoek in die kategorieë:

  • Die PEN-handves is gegrond op besluite wat by ons internasionale kongresse geneem is en kan soos volg saamgevat word:

    PEN bevestig dat:

    • Letterkunde geen grense eerbiedig nie en in weerwil van politieke of internasionale woelinge gemeengoed tussen mense moet bly.
    • Onder alle omstandighede, en veral ten tye van oorlog, behoort die erfenis van die ganse mensdom onaangetas deur nasionale of politieke dryfvere te bly.
    • Lede van PEN behoort te alle tye die invloed tot hul beskikking te gebruik om goeie begrip en onderlinge respek tussen volkere te bevorder; hulle onderneem om hul uiterste bes te doen om rasse-, klasse- en nasionale haat te besweer, en om die ideaal van een mensdom wat in vrede in een wêreld woon, na te streef.
    • PEN staan vir die beginsel van onverhinderde oordrag van denke binne elke volk en tussen alle volkere, en lede onderneem om elke vorm van onderdrukking van spraakvryheid in die land en in die gemeenskap waartoe hulle behoort teen te staan, sowel as orals ter wêreld waar dit ook al moontlik is. PEN is ten gunste van 'n vrye pers en staan arbitrêre sensuur in vredestyd teen. Die vereniging glo dat die noodwendige voortgang van die wêreld na 'n hoogs georganiseerde politieke en ekonomiese orde vrye kritiek op regerings, administrasies en instellings nodig maak. En aangesien vryheid vrywillige beheer veronderstel, onderneem lede om sodanige euwels van 'n vrye pers soos leuenagtige publikasie, opsetlike onwaarheid en die verdraaiing van feite vir politieke of persoonlike gewin teen te staan.
    • Lidmaatskap van PEN is oop vir alle kwalifiserende skrywers, redakteurs en vertalers wat hulle by dié beginsels neerlê, ongeag hul nasionaliteit, etniese afkoms, taal, kleur of godsdiens.
  • Inligting ter motivering


    Lidmaatskap van PEN is oop vir alle kwalifiserende Afrikaanse skrywers, redakteurs (met inbegrip van koerant-, tydskrif- en boekredakteurs en -redigeerders), uitgewers van Afrikaanse fiksie en niefiksie, vertalers, dramaturge en joernaliste wat hulle by die Handves se beginsels neerlê, ongeag hul nasionaliteit, etniese afkoms, taal, kleur of godsdiens. Verstrek asseblief kortliks die relevante besonderhede ter motivering van jou aansoek.

    Let wel: Skrywers wat ’n eie webwerf en/of ’n webbladsy by ’n erkende uitgewer met ’n publikasielys of -besonderhede en/of ’n ATKV-skrywersalbum op LitNet het, kan slegs die nodige skakel(s) verskaf en hoef geen verdere motivering te voorsien nie.
  • Die ledegeld vir 2017 is R300. Hierdie bedrag sluit lidmaatskap van PEN International in. 'n Faktuur sal aan jou gestuur word met goedkeuring van die aansoek.

    Vir navrae: penafrikaans@gmail.com

The post PEN Afrikaans: Aansoekvorm appeared first on LitNet.

ATKV se nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie vir die eerste keer in Kaapstad

$
0
0

ATKV-Muziq is die ATKV se jaarlikse bydrae tot instrumentale klassieke musiek in Suid-Afrika. Dit vind plaas in die vorm van ’n klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici en het ’n totale prysgeld van R180 000.

Vanjaar vind hierdie kompetisie vir die eerste keer in die ouditorium van die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow plaas. Die kompetisie skop af met die tweede ronde wat om 11:00 op Vrydag, 28 Julie sal begin. Die finale ronde vind plaas op Saterdagaad, 29 Julie om 19:00.

Instrumentaliste tussen 15 en 27 jaar oud kon vir Muziq inskryf. Die eerste ronde het in Mei vanjaar plaasgevind, waartydens slegs 10 musici vir die tweede ronde gekies is. Hulle is vanjaar:

Naam

Instrument

Leermeester

Sulayman Human

Klavier

Cameron Williams

Saksofoon

A Voges

Jonathan Mayer

Viool

I Tsoniff

Jeffrey Armstrong

Viool

P Schoeman

Paul Loeb van Zuilenburg

Viool

F Bacharova

Thapelo Masita

Tjello

S Doane

Bianca Wesley-Smith

Viool

D Sutton

Tim ter Huurne

Klassieke Kitaar

N Fourie-Gouws

Neil Robertson

Fluit

B Rennie-Salonen

Brian Bae

Klavier

J Stanford

 

Die beoordelaarspaneel staan onder leiding van die ervare violis Denise Sutton (nie-stemmende voorsitter). Die bekende pianis, John Theodore, Heinrich Armer (voormalige klarinetdosent aan die Universiteit van die Vrystaat), en Patrick Goodwin (die huidige orkesmeester van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes) is die ander lede van die paneel.

Om sitplekke vir die finale (derde) ronde, wat op Saterdag, 29 Julie om 19:00 plaasvind te bespreek, skakel asb die projekorganiseerder, Ilse Schürmann by 082 851 7157 na-ure of vir Louisa van Rensburg by 011 919 9009 tydens kantoorure. Toegang is gratis, maar vooraf bespreking vir spesifiek die finale ronde is noodsaaklik.

Tydens die finale ronde sal die algehele wenner dan ook prysgeld ter waarde van R65 000 ontvang. Verder word daar ’n tweede prys ter waarde van R32 000 en ’n derde prys ter waarde van R16 000 ook toegeken. Die 5 finaliste sal ook elkeen R10 000 ontvang.

’n Addisionele prys van R8 500 vir die beste vertolking van ’n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde, asook ’n R8 500-prys vir die beste vertolking van ’n barok of klassieke werk tydens die derde ronde is beskikbaar.

Tydens die derde en dus finale ronde tree die sopraan Palesa Malieloa as gaskunstenaar op. Palesa is aangewys as die algehele wenner van ATKV-Muziqanto 2016, die ATKV se volwaardige nasionale klassiekesangkompetisie.

Die nasionale Afrikaanse radiostasie RSG is weer eens vanjaar die mediavennoot van beide ATKV-Muziq en -Muziqanto.

The post ATKV se nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie vir die eerste keer in Kaapstad appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Miljoene vir studie in Afrikaans

$
0
0

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rand beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline. Studente wat vir ’n meesters­graad of doktorsgraad by enige universiteit in Suid-Afrika wil inskryf, kan aansoek doen," het die uitvoerende hoof van die SA Akademie, Dionē Prinsloo, vandag gesê.

Die beurswaardes beloop tot R120 000 vir doktorsgraadstudie en tot R60 000 vir meestersgraadstudie. Voltydse en deeltydse studente kan aansoek doen. Die enigste voorwaarde wat die Akademie stel, is dat die uitkoms van die nagraadse studie in Afrikaans aangebied word.

Hoewel universiteite in Suid-Afrika sterk verengels, glo die Akademie dat daar steeds plek is vir gevorderde studie in Afrikaans en dat studente wat dit verkies sover as moontlik in staat gestel moet word om hulle nagraadse studie in hulle moedertaal te voltooi – in hierdie geval Afrikaans – het Prinsloo gesê. Met hulle gevorderde studie dra die studente ook by tot die uitbreiding van Afrikaans as vaktaal. Die SA Akademie aanvaar dat daar genoeg Afrikaanstalige akademici in die land is wat nagraadse studente in Afrikaans wil en kan begelei.

Aansoeke vir die die akademiese jaar 2018 sluit einde Augustus. Navrae kan gerig word aan Melanie Rens by die SA Akademie (melanie@akademie.co.za). Inligting ook beskikbaar by www.akademie.co.za.

The post Persvrystelling: Miljoene vir studie in Afrikaans appeared first on LitNet.

Nog ’n boekbonanza met die komplimente van Taalgenoot

$
0
0

PEN Afrikaans deel sedert 2015, met die vriendelike vergunning van Taalgenoot se redaksie, dié kwartaallikse tydskrif se boekverwante inhoud op ons webportaal. Hierdie boekstories en resensies is nie elders digitaal beskikbaar nie. (Klik hier vir die vorige uitgawe.)

Met die Herfs 2017-uitgawe van Taalgenoot is ons samewerking uitgebrei met die eerste in 'n nuwe rubriekreeks wat PEN Afrikaans aanbied: Boeke wat skrywers laat skryf.

In hierdie uitgawe kan jy lees watter boeke Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, geïnspireer het en wat hy as skrywer uit hierdie boeke geleer het. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.

Jy kan ook al hierdie resensies en artikels gratis in PDF-formaat aflaai.

  • Die Oppirak-afdeling met resensies van die volgende boeke: Sink deur Brett Michael Innes (vertaal deur Elna van der Merwe), Te veel sorge deur Hans Pienaar, Ver in die wêreld Kittie deur Santie van der Merwe en Die aarde is ’n eierblou ark deur Susan Smith. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • “Om die toekoms oop te skryf” – ’n artikel deur Mila de Villiers oor wetenskapsfiksie oftewel “speculative fiction” in Afrikaans en die groeiende belangstelling in dié genre. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • “Ink en papier is steeds hier” – ’n artikel deur Izak de Vries en Hendri Warricker oor die verrassende daling in e-boekverkope en die neiging terug na die gedrukte boek. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • “My waarheid, jou waarheid en dié waarheid” – ’n artikel deur Donnay Torr oor post-waarheid en vals nuus. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • “Die klas van 2030” – ’n artikel deur Florence de Vries oor tegnologie en die klaskamers en onderrigmetodes van die toekoms. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • “Ruimtefantasieë” – ’n rubriek deur Koos Kombuis oor sy fassinasie met wetenskapsfiksie. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.

 

Die jongste Taalgenoot, die Winter 2017-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.

 In dié nuwe uitgawe gesels die voorblad-digter Bibi Slippers, wat reeds drie literêre pryse vir haar debuutbundel, Fotostaatmasjien, gewen het, oor haar werk en inspirasies. Francois van Coke vertel van sy transformasie en solo-loopbaan, en die nuwe direkteur van die ATKV, Deidre Le Hanie, deel haar toekomsplanne. Daar word ook gekyk na die ATKV-Veertjies, die stand van drukmedia, die relevansie van skryfskole, die gewildheid van misdaadverhale en die terapeutiese waarde van krabbel en kalligrafie.

Hierdie uitgawe sluit ook ’n nuwe PEN Afrikaans-rubriek in: Ryk Hattingh, wie se Huilboek vanjaar vir die UJ- en WA Hofmeyr-prys benoem is, skryf oor die boeke wat hom die pen laat opneem het.

 

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

 

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

 

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af:

www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede:

www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

The post Nog ’n boekbonanza met die komplimente van Taalgenoot appeared first on LitNet.

Viewing all 1432 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>