Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1430 articles
Browse latest View live

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Februarie
Kunsblad: 4 Kanadese skrywers kom na literatuurfees
Vier skrywers van Kanada wat die literatuurfees in Bloemfontein bywoon

3 Februarie
Kunsblad: Kiwi-kinders kry nou ’n Dahl-boek saam met kitskos
Brok oor McDondald’s wat Roald Dahl se boek bevorder.

4 Februarie
Boekeblad: Pynlik intiem oor kerk se binnewerking
Resensie van Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen

Boekeblad: Weerbarstig teen banaliteit
Resensie oor Terry Kurgan se essay- en fotobundel Everyone is Present

Boekeblad: Verhaal laat jou moer pluk
Resensie oor Scent of Fear deur Tony Park

5 Februarie
Kunsblad: Boek oor vrou se ryk lewe in drie lande
Boekberig

8 Februarie
Kunsblad: Meer oor Min in Shaw-biografie
Berig oor nuwe biografie oor die sangeres Min Shaw

11 Februarie
Kunsblad: Madonsela bied Adam Small-lesing aan
Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela lewer die Adam Small-gedenklesing

Boekeblad: Oopknakbare boek ’n lusmaker vir dieper en wyer lees
Resensie oor Illuminating Lives, geredigeer deur Vivian Bickford-Smith & Bill Nasson

Boekeblad: Net 100 woorde daagliks per vrou
Resensie oor Vox deur Christina Dalcher

Boekeblad: Om die soetste taal in Engels te laat dans
Resensie oor Afrikaans Poems with English Translations – saamgestel deur: H.P. van Coller, Helize van Vuuren en Louise Viljoen

Boekeblad: Dubbele dosis vir tussen die lakens
Resensie oor Ultrasatyn 3 deur Lucille du Toit & Elsa Winckler

18 Februarie
Boekeblad: ’n ‘Boekeneuroot’ lek sy lippe af vir 2019
Loftus Marais skryf oor boeke wat eersdaags verskyn.

Kunsblad: Koshuislewe bekyk in nuwe versamelbundel
Erns Grundling se boek oor koshuisverhale

Boekeblad: Woorde wat ontplof en val
Resensie oor As sy weer kom deur Marlize Hobbs

Boekeblad: Klein juweel van ’n novelle
Resensie oor The Drop deur Mick Herron

Boekeblad: Wie met klippe gooi in glashuis Suid-Afrika
Resensie oor Bos deur Jaco Wolmarans

20 Februarie
Kunsblad: Mazza se boek reeds in derde druk
Die Suid-Afrikaanse skrywer Eva Mazza het ’n beroering met haar roman Sex, Lies and Stellenbosch veroorsaak

21 Februarie
Kunsblad: Koos Kombuis betree ander 'universe' met kinderboek

Koos Kombuis het ’n nuwe kinderboek – in Afrikaans en Engels – die lig laat sien. Ook met ’n nuwe Engelse skrywersnaam.

22 Februarie
Kunsblad: Dolf van Niekerk: ’ná alles bly die verwondering’
Onderhoud met die skrywer Dolf van Niekerk oor sy 90ste verjaardag.

22 Februarie
Kunsblad: Hulde aan Dolf van Niekerk
Letterkundiges bring hulde aan die skrywer Dolf van Niekerk op sy 90ste verjaardag.

25 Februarie
Boekeblad: Klaas Vakie kom red die nag
Resensie oor As Klaas Vakie se sand nie werk nie deur Elana Alberts

Boekeblad: Nagmerries uit die newels hier opgejaag
Resensie van Medusa deur Rudie van Rensburg

Boekeblad: Kombuis stof die eendjie af
Oor Koos Kombuis se nuwe kinderboek

Boekeblad: Gepaste huldeblyk ’n moet vir aanhangers
Resensie oor die biografie oor Min Shaw

Boekeblad: Kwaai Uil slaan die kitaar
Korte oor die kinderboek Kwaai Uil slaan die kitaar

Boekeblad: Boek vir tyd waarin ons leef
Resensie oor Fanie Viljoen se nuwe jeugboek

Boekeblad: Oor die wonder van die lewe
Korte oor Franciscus en die diere

26 Februarie
Kunsblad: Prys ter ere van Brink 1ste keer in 2020 toegeken
Berig oor die nuwe Philida-letterkundeprys

27 Februarie
Kunsblad: Carina se pad na misdaadskryf begin in Berlyn
Onderhoud met Carina Diedericks-Hugo oor haar eerste misdaadroman

Kunsblad: Van Rensburg ondersoek ‘mans en hul wonde’ in laaste boek
Cas van Rensburg se laaste boek

28 Februarie
Kunsblad: Besin saam met Dolf oor die mens se tog op aarde
Skrywe oor Dolf van Niekerk wat onlangs 90 geword het.

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Februarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 Februarie

  • Medusa deur Rudie van Rensburg
  • Min Shaw: Sprokie van ’n liefling, saamgesteldeur Shaun Andrew Mynhardt
  • ’n Reeks informatiewe kinderboeke uitgegee deur LAPA-Uitgewers, in samewerking met Dorling Kindersley

12 Februarie

  • Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
  • ’n Soort van bevryde vrou deur Kristel Loots
  • Briljant! deur Robert Winston (Vertaler: Jaco Jacobs)

19 Februarie

  • Die verevrou deur Jan van Tonder
  • Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
  • Jagter deur Bettina Wyngaard

26 Februarie

  • Witboy in Berlin / Witboy in Berlyn deur Deon Maas
  • Kas vol monsters: omnibus deur Jaco Jacobs
  • Die groot Jaco Jacobs-storieboek  
  • Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans

Bibi se boekrak

In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.

Die volgende episodes is in Februarie vrygestel:

7 Februarie
’n Oomblik vir digkuns. Aandag alle poësielesers, hier is van Bibi se gunsteling digbundels.

14 Februarie
Boeke oor liefde. Liefde is nie altyd maanskyn en rose nie. Bibi vang dit vas in haar leeslys vir dié week.

21 Februarie
Hallo, Woordfees! Die direkteur van die US Woordfees se boekeprogram, Elmarie Rautenbach, gesels oor die boeke en skrywers wat vanjaar op Stellenbosch gaan kom feesvier.

28 Februarie
Wat lees Sean? Dié boek het vir Sean van Noordwyk só geraak dat hy dit verwerk het in ’n verhoogproduksie vir die US Woordfees.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:

Vereeniging – die onvoltooide vrede deur Leon Wessels: ’n lesersindruk

Mantie Smith
Lesersindrukke

2019-02-27

"Hierdie werk gee mens baie insig in veral die agter-die-skerms-politiek. Sy outobiografie is in keurige taal geskryf en onderhoudend; mens kan dit nie neersit tot die laaste bladsy nie."

Harris Dousemetzis se omstrede biografie oor Tsafendas: nóg ’n leser se indrukke

Gustaf Pienaar
Lesersindrukke

2019-02-27

"In my gereelde Saterdag-rubriek in Die Burger het ek op 19 Januarie 2019 vertel het hoe ek my vervies het vir die Brit Harris Dousemetzis wat in sy boek oor Dimitri Tsafendas, The man who killed apartheid, téén alle logika en doodgewone gesonde verstand in aanvoer dat Tsafendas volkome rasioneel was toe hy Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 in die parlement om die lewe gebring het."

Spanning, intrige en baie aksie maak Jagter ’n meesleurende ervaring

Maryke Roberts
Resensies

2019-02-26

"Dis skrywers soos Bettina wat jou laat wens skrywers kon boeke vinniger skryf, sodat ons as lesers nie so lank moet wag vir hul volgende pennevrug nie."

Ralph Haynes, Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

2019-02-20

"Genoeg stof vir ’n rillekker verhaal. En dis hoe Izak du Plessis hierdie verhaal aangedurf het."

Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n FMR-resensie

Alet Mihalik
Resensies

2019-02-14

"Maar, soos die romantitel voorspel, kry almal tweede kanse, al is dit soms onbeplan en onbedoeld."

Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk

Alta Cloete
Lesersindrukke

2019-02-14

"Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is."

Terroris of vryheidsvegter?: ʼn Resensie

Jean Oosthuizen
Resensies

2019-02-13

"In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ʼn volk se vryheidstrewe gaan."

Nooit meer slapen deur Willem Frederik Hermans is in Afrikaanse vertaling ’n groot leesavontuur

Etienne Britz
Resensies

2019-02-06

"Met Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling nou beskikbaar, kan die ou Suid-Afrikaanse lesers uit die vorige eeu die boek gerus weer lees, saam met nuwe jong lesers wat dit ’n spannende boek sal vind, ’n boek wat mens nie maklik neersit nie."

Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel
Lesersindrukke

2019-02-05

"Die leser moet hom of haar telkens afvra waar al die vrou se krag en energie vandaan kom. Wanneer sy nie besig was om geld in te samel of siekes te besoek nie, was sy óf besig om afsprake met mense te reël, óf sy het reëlings vir nuwe reise getref."

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz

Naomi Meyer, Ellen Deckwitz
US Woordfees

2019-02-28

"Onlangs had ik een gesprek met Antjie Krog hierover, en we waren het erover eens dat poëzie gevaarlijk moet durven zijn: de vinger op de zere plek leggen, verder gaan dan waar we tot dusver in gesprekken nog durfden te komen."

Video: Grabouw-bekendstelling van Jagter deur Bettina Wyngaard

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

2019-02-28

Bettina Wyngaard se jongste misdaadroman, Jagter, is onlangs by Liberty Books in Grabouw bekendgestel. Maryke Roberts het met haar gesels.

Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp
Skrywersonderhoude

2019-02-27

"Ons het na al die eeue steeds geen idee wat ons moet doen met hulle wat ons gekoesterde samelewing bedreig en skaad nie."

Video: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

2019-02-20

Ingrid Winterbach se jongste roman, Die troebel tyd, is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Louise Viljoen het met haar gesels.

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa

Naomi Meyer, Rudie van Rensburg
Skrywersonderhoude

2019-02-14

"Ek kan onteenseglik sê dat om boeke te skryf verreweg die lekkerste werk is wat ek nog gedoen het."

Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger

Naomi Meyer, Willie Burger
Skrywersonderhoude

2019-02-05

"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Februarie

Resensie: Jean Meiring resenseer Die skildpad se laaste traan deur Carol Campbell

Resensie: Johan van Zyl resenseer Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys

Nuut op die rak: Vier nuwe boeke oor die Afrikaner

  • The Rise and Demise of the Afrikaners deur Hermann Giliomee
  • Afrikaner-Kapitalisme deur David Meades
  • Afskeid van ’n volk deur Philip Spies
  • Die eggenotes agter die Afrikaner politieke leiers deur Ockert Geyser

Resensie: Magdel Vorster bespreek vier geïllustreerde kinderboeke

  • Chris Ridell se Juffrou Goth en die spookmuis en Juffrou Goth en die onfeestelike fees
  • Die boombuis met 13 vloere deur Andy Griffiths en Terry Denton
  • Wie woon hier? deur Einat Tsarfati

10 Februarie

Resensie: Jean Meiring resenseer Bos deur Jaco Wolmarans

Resensie: Gilbert Gibson resenseer Die Val/The Fall deur Johannes van Eeden

Nuut op die rak: Lekker leesplesier (’n oorsig van nuwe publikasies)

17 Februarie

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo

Uittreksel: Karaktermoord (hoofstuk 4) deur Carina Diedericks-Hugo

Resensie: J.B. Roux resenseer Sara deur Maretha Maartens

24 Februarie

Resensie: Koos Kombuis resenseer Witboy in Berlyn deur Deon Maas

Resensie: Jean Meiring resenseer Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Nuut op die rak: Kortverhaalbundels

  • Aan die deur van die wis en die onwis deur Pirow Bekker
  • Wanneer bloekoms dans deur Rita Gilfillan
  • The Snow Sleeper deur Marlene van Niekerk
  • Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

5 Februarie
Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds (vertaal deur Nathan Trantraal)
Soms lees ’n mens ’n boek wat jou soos ’n muil in die maag skop. Jason Reynolds se multi-bekroonde Long way down, meesterlik vertaal in Kaaps as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal, is só ’n boek.
Lees die resensie

7 Februarie
Die vertes in deur Zirk van den Berg
Benewens die historiese gegewe en die vernuftige ontwikkeling van die verhaallyn wat ʼn mens deurgaans boei benut die skrywer die geleentheid ten volle om afgesien van onmenslikheid ook elemente van menslikheid te illustreer.
Lees die resensie

12 Februarie
Kinderboeke bo!
Louise Viljoen het ’n oorsigresensie saamgestel van die heerlike verskeidenheid leesstof wat tans vir kinders beskikbaar is.
Lees die resensie

14 Februarie
Vrystories vir Valentynsdag
Bederf jouself of jou geliefde met hierdie splinternuwe vrystories wat die goedvoelhormone deur jou lyf laat bruis. Viva die liefde!
Lees die resensie

20 Februarie
Kieme: Bose bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse deur Steve Mould
Jong wetenskaplikes sal hulle verlustig in die wonderlike foto’s, grappige karakterillustrasies en verstommende feite wat die wonderwêreld van ’n piepklein, grillerige en fantastiese wetenskap omskryf.
Lees die resensie

27 Februarie
Deur dik en dun: Lekker kos en stories uit ou Pretoria deur Riana Mulder
’n Unieke geskiedenisboek met 93 spesiaal uitgesoekte, handige én interessante resepte. Die boek kan eweneens beskryf word as ’n resepteboek wat geskiedkundige inligting op ’n toeganklike en gesellige wyse oordra.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 Februarie

Die digter Lina Spies vertel meer oor D.J. Opperman, haar dosent en mentor, se impak op haar lewe en ook op Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n opname uit die argiewe waarin Opperman self vertel van sy Letterkunde-laboratorium. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.

Woensdag 13 Februarie

Ilse Salzwedel gesels met Karin Cronje oor There Goes English Teacher, haar boek oor die twee jaar wat sy in Korea skoolgehou het. Rouxnette Meiring gesels oor haar twee wetenskapfiksie-jeugromans Kraak en Snak, en Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder andere oor die Britse skrywer Rosamund Pilcher, wat onlangs oorlede is.

Woensdag 20 Februarie

Die skrywer Dolf van Niekerk word vandeesweek 90 jaar oud. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude wat presies 40 jaar uitmekaar met hom gevoer is. In Johan Myburg se insetsel is daar nuus oor vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde.

Woensdag 27 Februarie

Hans Pienaar vertel vir Ilse Salzwedel van sy roman Die Generaal. Nog 'n Tolkien-boek is onlangs in Afrikaans vertaal - kom vind uit hoe die vertaler Janie Oosthuysen dié groot taak aanpak. Johan Myburg gesels in sy insetsel onder meer oor 'n nuwe roman, gebaseer op die klassieke Dr. Zhivago, wat die internasionale boekwêreld aan die gons het.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 Februarie
Wessel Prerorius lees gedigte oor ons verhouding met tegnologie van George Weideman, Pieter Odendaal, Fourie Botha, Kobus Lombard, René Bohnen, Fransi Niewoudt en Antjie Krog.

Dinsdag 12 Februarie
Ronél Geldenhuys lees gedigte oor grootouers en oudword deur Lina Spies, Wilma Stockenström, Elisabeth Eybers, Joan Hambidge, Gert Vlok Nel, W.L. van der Merwe en Antjie Krog.

Dinsdag 19 Februarie
Luister na gedigte wat effe met die maan gepla is, so met die volmaan saam. Erica Wessels is die voorleser van gedigte van Ingrid Jonker, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Marlene van Niekerk, Juanita Louw, DPM Botes, Corné Coetzee en Ilse van Staden.

Dinsdag 26 Februarie
Daneel van der Walt lees gedigte oor die see van Breyten Breytenbach, Uys Krige, Pieter Odendaal, René Bohnen, Eckhard Cloete, Lina Spies en Sheila Cussons.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Februarie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo

Hans-Nazi’s deur Philip Kerr

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende onderhoud is in Februarie geplaas:

18 Februarie
Marlise Joubert gesels oor haar bundel grondwater met Gisela Ullyatt.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Februarie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

2 Februarie
Ken jou storie: Hoekom nóg boeke lees?

9 Februarie
Kies ’n boek: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach

16 Februarie
Kies ’n boek: Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys

26 Februarie
Kies ’n boek: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2019 appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans
 
Resensiekursus, slypskool en skrywerskamer by die US Woordfees


Die US Woordfees is pas verby en dit was inderdaad ’n fees met iets vir almal op die program.
 
PEN Afrikaans was betrokke by die boekresensiekursus in samewerking met Netwerk24 en NB-Uitgewers, asook die WOW-Skryfskool vir jong skrywers, wat in samewerking met die ATKV-Skryfskool aangebied is. Die terugvoer wat ons oor die twee kursusse ontvang, is oorweldigend positief. Dankie aan die aanbieders wat hul so goed van hul taak gekwyt het.
 
Ons het ook die Skrywerskamer in die statige Ou Hoofgebou behartig. Baie dankie aan diegene wat ’n draai kom maak het. Dit was lekker om julle daar te sien.

 
 
PEN Afrikaans veroordeel aanval op joernalis Karima Brown en mediavryheid in Suid-Afrika

 

Die maand is egter tot dusver nie net feestelik nie. Daar was ook ’n kommerwekkende aanval op joernalis Karima Brown wat nie ongesiens verby kan gaan nie. Dit het ironies genoeg die viering van Internasionale Vrouedag op 8 Maart voorafgegaan. Hier volg PEN Afrikaans se verklaring oor dié insident, wat ook hier in Engels beskikbaar is:
 
Sedert die aanlyn publikasie van ’n WhatsApp-boodskap van joernalis Karima Brown, wat per abuis na die EFF se WhatsApp-groep vir mediaverklarings gestuur is, het Brown deurgeloop onder skokkende dreigemente en teistering, wat hoofsaaklik op Twitter versprei is deur die leierskap en ondersteuners van die EFF.
 
Die EFF se mediaverklaring oor die aangeleentheid, gedateer 6 Maart 2019, etiketteer Brown as ’n ANC-verteenwoordiger in stede van ’n joernalis, en bevraagteken haar integriteit en die aard van haar posisie binne eNCA. Dit bevat geen verskoning vir die publikasie van Brown se selfoonnommer op Twitter nie, ’n ernstige skending van haar reg op privaatheid, en veroordeel nie die stortvloed intimidasiepogings, neerhalende opmerkings en dreigemente van geweld waaraan sy sedertdien onderwerp word nie.
 
Dit is ’n skokkende aanval op me. Brown se reg op privaatheid en haar fundamentele reg op vryheid en sekuriteit van die persoon, maar ook op mediavryheid in Suid-Afrika, soos aangedui deur die Nasionale Redakteursforum in ’n verklaring wat PEN Afrikaans ten volle steun. Hierdie soort gedrag is veral kommerwekkend gegewe die hoë voorkoms van geweld teen vroue in Suid-Afrika.
 
As ’n organisasie wat vryheid van uitdrukking en mediavryheid verdedig, veroordeel PEN Afrikaans die aanval ten sterkste en ons doen ’n beroep op die EFF-leierskap om dieselfde te doen.
 
’n Skrywersresidensie in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting

Tyd om onverpoosd te skryf, is ’n versugting van menige skrywer. Die oorgrote meerderheid skrywers kan nie wegkom van hulle dagtake nie en vind dikwels nie genoeg tyd om ordentlik te sit en skryf nie. Boeke bly só ongeskryf en waardevolle talent word nie ten volle benut nie.

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans is opgewonde om vanjaar ’n skrywersresidensie te loods wat aan skrywers die kans gee om vir ’n maand in die Gerwel-huis tuis te gaan om aan ’n skryfprojek te werk.
 
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan tot 12 April aansoek doen vir hierdie gulde geleentheid.
 
Volledige inligting is hier beskikbaar. Lees gerus ook hierdie berig.
 
Verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg

 

Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is, ná aanvaarding deur die Nasionale Vergadering in Desember 2018, na die Gekose Komitee oor Handel en Internasionale Betrekkinge van die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Die komitee het, gegewe die groot openbare belang van die onderwerp, vermoedelik ’n stortvloed voorleggings ontvang toe hulle die publiek uitgenooi het om teen 22 Februarie kommentaar op die wetsontwerp in te dien.
 
PEN Afrikaans het van die geleentheid gebruik gemaak om die petisie wat ons einde verlede jaar in samewerking met PEN South Africa en ANFASA van stapel gestuur het, onder die aandag van die Gekose Komitee te bring. Aangesien die wetsontwerp onveranderd aanvaar is, geld die besware en die bekommernisse van die ondertekenaars steeds en dit is vir ons belangrik om toe te sien dat die stem van ons lede en die groter skeppende bedrywe gehoor word. Meer inligting oor die petisie is hier beskikbaar.
 
Ons is bly om te berig dat die Minister van Handel en Nywerheid ’n brief aan ons, PEN South Africa en ANFASA gerig het na aanleiding van die voorlegging van hierdie petisie. Alhoewel die brief getuig van vaste (en volgens ons misplaaste) idees oor beleidsoorwegings, is ’n reaksie tog bemoedigend.  Dit is die eerste keer dat ons ’n antwoord op enige van ons voorleggings gekry het. Dit is te danke aan die grootskaalse ondersteuning van die protesaksie wat dit beslis moeilik gemaak het om te ignoreer. Nogmaals dankie aan almal wat deelgeneem het. Ons formuleer tans 'n antwoord op die minister se brief.
 
’n Onafhanklike petisie is intussen geloods en is hier beskikbaar vir ondertekening. Ons moedig ons lede aan om ook hierdie protesaksie te ondersteun indien jul daarmee saamstem. Hoe meer waarnemers daar is en hoe meer stemme opklink, hoe minder ruimte is daar vir die besluitnemers om later onkunde te pleit of die wetsontwerp sonder meer te aanvaar.
 
ANFASA het op 19 Februarie ’n simposium oor die verwagte impak van die wetsontwerp aangebied. ’n Verslag oor die verrigtinge is hier beskikbaar.
 
Charl-Pierre Naudé skryf oor skrywersnetwerke en -residensies

 

In ons nuwe artikelreeks skryf skrywers oor ’n aantal onderwerpe wat met die wêreld van die skrywer te doen het. Hier is Charl-Pierre Naudé se stuk oor skrywersnetwerke en -residensies.
 
Lekker lees!
 
Ledegeld
 
Fakture vir ledegeld is uitgestuur. Baie dankie aan almal wat hul fakture reeds vereffen het. Laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com as jy nie ’n faktuur ontvang het nie, maar graag ’n opbetaalde lid van PEN Afrikaans wil wees.
 
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan nie net in aanmerking kom vir die skrywersresidensie en gratis bywoning van Tuin van Digters nie, maar kry tot einde Maart ook 15%-korting by PharosAanlyn, Pharos se versameling aanlyn algemene en vakwoordeboeke.  PharosAanlyn is ’n omvattende naslaanbron vir elkeen wat effektief in Afrikaans, Engels en ander tale wil kommunikeer. Hierdie versameling sluit ’n wye verskeidenheid tegniese woordeboeke in en word deurlopend aangevul wanneer nuwe titels verskyn. Daar is tans meer as 30 woordeboeke in die versameling.
 
Ná vereffening van die faktuur vir ledegeld, kan opbetaalde lede van PEN Afrikaans ’n e-pos stuur aan sales@pharosonline.co.za om ’n koeponkode te kry. Lidmaatskap moet bevestig word deur ’n kwitansie vir 2019-ledegeld by die e-pos aan te heg.  
 
Maandelikse resensie-oorsig

 
Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2019
 
Ons deel oudergewoonte graag die lys van nuwe Afrikaanse boeke wat hierdie maand verskyn. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het.
 
Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Welkom aan ons nuwe lede

Ten slotte, hartlik welkom aan ons nuwe lede:

  • Hilda Smits
  • Eloise Wessels
  • Theo Kemp
  • Kirby van der Merwe
  • Mary-Ann Naudé
  • Sunita Keyser
  • Jeremy Vearey
  • Julian Jansen
  • Beyers de Vos
  • Janine van der Linde
  • Ronel Boshoff Bakker

Ons is baie bly dat julle aangesluit het en sien uit na goeie samewerking vorentoe.   
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2019 appeared first on LitNet.

Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 15 Maart 2019

$
0
0

John Scott, tans die skrywer van die rubriek PS in Die Burger se By op Saterdae, is op 15 Maart die gasspreker by die WAT se volgende Woordpret.  Scott was 48 jaar verbonde aan die Cape Times, onder andere as redakteur, en sal in Afrikaans gesels oor van die interessante mense en gebeure wat hy beleef het in sy loopbaan as koerantman. Hy is ʼn satirikus van formaat en humor sal aan die orde van die dag wees.

Anika de Goede van Hermanuspietersfontein Wingerde sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. John kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor 14 Maart by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

The post Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 15 Maart 2019 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Verklaring oor Gekose Komitee se aanvaarding van wetsontwerp

$
0
0

Op Woensdag 20 Maart het ’n meerderheidstem van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Gekose Komitee vir Handel en Internasionale Betrekkinge die kommerwekkende kopieregwysigingswetsontwerp onveranderd aanvaar.  Tydens ’n volledige vergadering van die NRVP, wat vir 27 Maart geskeduleer is, sal daar weer oor die aanvaarding of nie-aanvaarding van die wetsontwerp gestem word.

Na verwagting sal die stemming tot dieselfde uitkoms lei, maar PEN Afrikaans doen tog ’n beroep op die NRVP om die belange van die skeppende bedrywe – insluitend skrywers en uitgewers – in ag te neem tydens die vervulling van sy wetgewende rol.

Dit strek tot die voordeel van die groter gemeenskap om skeppers van outeursregwerke aan te moedig om aan te hou skep. Om hul so ingrypend van hul bestaande regte en inkomstestrome te ontneem, voorspel rampspoed vorentoe, soos duidelik blyk uit hierdie voorstelling wat deur die Alliansie vir Effektiewe Kopiereg in Suid-Afrika voorberei is:

PEN Afrikaans hou die verwikkelinge dop en sal aanhou om die stem van skrywers te laat hoor. Ons vra ons lede om ook artikels en inligting oor die wetsontwerp te deel sodat die woord verder kan versprei. 

Dit bly ons oortuiging dat die huidige wetsontwerp Suid-Afrikaanse skrywers uiters nadelig sal beïnvloed.  Ons is dit met kopieregkenners eens dat die wetsontwerp verwerp en herskryf behoort te word om ’n billike balans tussen die belange van outeurs en dié van “gebruikers” van kopieregwerke te kan bereik.

The post PEN Afrikaans: Verklaring oor Gekose Komitee se aanvaarding van wetsontwerp appeared first on LitNet.

Ontwikkeling van ons inheemse tale is sentraal tot sosiale samehorigheid

$
0
0

President Ramaphosa se toespraak by Sharpeville op Menseregtedag bevat heelwat waaroor taalmense gelukkig kan wees, hoewel dit mens in sekere opsigte ook met gemengde gevoelens - en met vrae - laat.

Om met die positiewe te begin: Die president se bevestiging dat taal en die status daarvan ʼn bron van trots en waardigheid vir mense kan wees, is belangrik, want hiersonder kan geen taal oorleef nie. Ook die goedkeurende verwysing na UNESCO se Internasionale Jaar van Inheemse Tale en sy klem op die ontwikkeling van kwesbare tale, soos Nama, dui op ʼn welkome sensitiwiteit teenoor taal. Die ATR steun self ʼn inisiatief ter bevordering van Nama – deur Afrikaans.

Voorts laat die president se verwysing na positiewe taalinisiatiewe van die KGT-kommissie en PanSAT mens onwillekeurig dink aan die toenemend gunstige klimaat vir die inheemse tale, meertaligheid en moedertaalonderrig wat in hierdie ruimtes en op voetsoolvlak posgevat het.

ʼn Voorbeeld van laasgenoemde is die Indigenous Languages Action Forum, ʼn NRO-netwerk wat einde Februarie geloods is met die doel om die ontwikkeling van ʼn ware meertalige bestel in SA te bevorder. Die netwerk fokus veral op die praktiese voorvereistes vir die groei van die inheemse tale, Afrikaans inkluis, in belangrike domeine soos die onderwys, die akademie, en die kriminele regsisteem. Dit gaan hier nie om ydele wensdenkery nie. Hierdie benadering is ʼn integrale deel van UNESCO se aksieplan vir die Internasionale Jaar van Inheemse Tale.

Ongelukkig bestaan daar ʼn gaping tussen hierdie doelgerigte taalentoesiasme en die president se toespraak. Sy verwysing na gelyke geleenthede tot onderwys, vaardigheidsontwikkeling en indiensneming - sonder om die sentrale rol van taal hierby te betrek - moet byvoorbeeld bevraagteken word. Hoekom word hier versuim om ʼn lansie vir die inheemse tale te breek? Menseregtedag is vanjaar immers gewy aan die inheemse tale as fundamentele bousteen van ʼn menseregtekultuur soos in ons Grondwet veranker.

Voorts is die simboliese gelykberegtiging van al die amptelike tale van die land belangrik, maar onvoldoende in die afwesigheid van duidelike ontwikkelingsdoelwitte in belangrike domeine soos onderwys en die regsisteem. Sonder sterk politieke ondersteuning vir ʼn pragmatiese en buigsame streeksgebaseerde benadering tot taal, sal ons by die ou model van “English as the common language” bly vassteek. Indien aangehou word om die agterstand van sommige tale te gebruik om ander tale af te trek, word die voortgesette erosie van al die inheemse tale verseker.

Tog bied die president se oproep aan Suid-Afrikaners om ware menseregte-aktiviste te word, ʼn geleentheid vir burgerlike organisasies om saam met die regering aan die skepping van ’n sterker menseregtekultuur te werk - een waarin die inheemse tale ʼn sentrale rol in die samehorigheid van ons samelewing speel. Die ATR en baie ander taalorganisasies is gereed om dit te doen.

Conrad Steenkamp (ATR-hoof) en Ria Olivier (ATR-projekbestuurder)
conrad@afrikaansetaalraad.co.za

The post Ontwikkeling van ons inheemse tale is sentraal tot sosiale samehorigheid appeared first on LitNet.

Persverklaring: Jan H Maraisprys toegeken aan die historikus Fransjohan Pretorius

$
0
0

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die historikus prof. Fransjohan Pretorius van Pretoria. Die prysgeld van ’n halfmiljoen rand as erkenning vir sy lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans sal op 29 Mei 2019 by ’n funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word.

Hierdie besluit is vanmiddag bekend gemaak deur die voorsitter van die keurkomitee, prof Andreas van Wyk, oud-rektor van die Universiteit Stellenbosch.

Prof. Pretorius, een van Suid-Afrika se bekendste historici, is in 1949 in Johannesburg gebore. Hy is ’n oud-Tukkie wat nagraads verder aan die Rijksuniversiteit Leiden in Nederland studeer en sy doktorsgraad in 1989 aan UNISA behaal het. Hy het sy loopbaan as akademikus begin aan sy alma mater, waarheen hy in 2014 teruggekeer het na  twaalf jaar in die departement Geskiedenis van UNISA. Aan die einde van Junie 2014 het hy met amptelike pensioen by die Universiteit van Pretoria uitgetree.

Fransjohan Pretorius het oor die afgelope 45 jaar honderde publikasies geskryf, van wetenskaplike artikels tot bydraes in koerante. Hy tree ook gereeld in radioprogramme op. Sy werk oor kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog word internasionaal erken as een van die belangrikste ondersoeke na daardie pynlike tydperk van ons land se geskiedenis. “Verskroeide Aarde”, die ryk geïllustreerde boek wat daarop gebaseer is en ook in Engels verskyn het, het breë aandag getrek. Hy word wêreldwyd as ’n deskundige oor daardie laaste fase van Britse imperiale uitbreiding erken.

Vir sy werk is prof. Pretorius deur die Nasionale Navorsingstigting as ’n B1-navorser gegradeer, dws as ’n navorser wat internasionale erkenning geniet en beskou word as ’n vooraanstaande internasionale kenner van die gebied. In 1998 het hy die Stalsprys vir Historiese Wetenskappe van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang en in 2001 ’n prestigeprys van die FAK.

“Fanjan” Pretorius is getroud met Laurette, afgetrede professor in Rekenaarwetenskap aan UNISA se skool vir Nagraadse Studie. Die egpaar het ’n dogter en twee seuns.

Die jaarlikse Jan H Maraisprys is in 2015 geskep deur ‘n besluit van Het Jan Marais Nationale Fonds, Naspers en die Universiteit Stellenbosch. Al drie instellings het hulle ontstaan te danke aan die versiende steun van Johannes Henoch Marais (1860-1915) van Stellenbosch wat saam met sy broers in die 1870’s hulle fortuin op die Kimberleyse Diamantveld gemaak het. Jannie Marais was ’n groot ondersteuner van Afrikaans as ’n akademiese en literêre taal.

Die prys vir ’n lewensbydrae tot akademiese Afrikaans word geadministreer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurkomitee van vooraanstaande akademici uit verskillende dissiplines het vanjaar bestaan uit proff Andreas van Wyk (Stellenbosch), Albert Grundlingh (Stellenbosch), Christof Heyns (Pretoria en Genève), Debra Meyer (Johannesburg), Piet Steyn (Stellenbosch) en dr Johan van Zyl (vroeër van SANLAM).

 

Kontak: 

Prof Andreas van Wyk: +27 828093113; ahvw@sun.ac.za

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: dr. Dioné Prinsloo: +27 82 464 6953; dprinsloo

The post Persverklaring: Jan H Maraisprys toegeken aan die historikus Fransjohan Pretorius appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en AJ Opperman, waarnemende nasionale boekeredakteur:

1 Maart
Kunsblad: Foto’s van Eben Venter in VSA uitgestal
Die skrywer Eben Venter praat oor sy komende foto-uitstalling in Amerika

2 Maart
Kunsblad: Nuwe wending in verhaal van ‘El Negro’
Frank Westerman, joernalis en skrywer van die boek El Negro en ek wat in Afrikaans en verskeie ander tale vertaal is, vertel hoe hy dié nuwe ontdekking gemaak het.

3 Maart
Kunsblad: Skrywers kan in Gerwelhuis kom woorde skep
Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans stuur vanjaar ’n skrywersresidensie in Somerset-Oos in die Oos-Kaap van stapel.

4 Maart
Boekeblad: ‘Troebel’ verse gehaak deur ampersande
Marius Crous resenseer Die val / The Fall deur Johannes van Eeden

Boekeblad: ’n Stewige sny basaarkoek
J.B. Roux resenseer ’n Soort van bevryde vrou deur Kristel Loots

Boekeblad: Toe wit laaities besef hulle bly eintlik in Afrika
Deon Maas resenseer Between Rock & a Hard Place deur Carsten Rasch

Boekeblad: Nostalgie en politici se vroue
Fransjohan resenseer Die eggenotes agter die Afrikaner politieke leiers deur Ockert Geyser

6 Maart
Kunsblad: Lina Spies op 80: 'n Gedig kom van 'iets wat jou aangryp'
Onderhoud met die digter Lina Spies op haar 80ste verjaardag.

11 Maart
Boekeblad: Weer lus om te lewe
Francois Bekker resenseer Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Boekeblad: ’n Bitter aalwyn wat ’n soet heimwee wek
Rubriek deur Daniel Hugo

Boekeblad: As drome stukkend is
Jo van Eeden resenseer Die skilpad se laaste traan deur Carol Campbell

Boekeblad: Een van paar bliksems agter dié moord
Jonathan Amid resenseer Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo

13 Maart
Kunsblad: Waarom Joanna Trollope so gewild is
Onderhoud met die Britse skrywer Joanna Trollope

14 Maart
Kunsblad: Gevleuelde woorde van Zambiese skrywer wen debuutprys
Wenner van die Dinaane-debuutprys (voorheen die EU-literêre prys) vir fiksie

15 Maart
Kunsblad: Irna van Zyl se twee misdaadromans word televisiereeks
Irna van Zyl se eerste twee misdaadboeke is op pad na die klein skerm

Kunsblad: Poolse skrywer weer op langlys vir boekprys
Die Poolse skrywer wat verlede jaar die Man Booker-prys gewen het, is vanjaar weer op die langlys

18 Maart
Boekeblad: Ali in twee broers se verhaal
Johan Myburgh resenseer The Distance deur Ivan Vladislavic

Boekeblad: Ontknoping ruk leser, karakters tot stilstand
Francois Bekker resenseer Die verevrou deur Jan van Tonder

Kunsblad: Wye reeks van onderwerpe op KKNK-boekeprogram
Berig oor die boekprogram by die KKNK

Kunsblad: Erfenisplaas se 80 jaar by Voortrekkers gevier
Die Voortrekkers het Sondag Doornkloof se 80ste jaar in die beweging se besit gevier met ’n spesiale kerkdiens en die bekendstelling van Die bome roep, Die klowe roep se tweede uitgawe

19 Maart
Kunsblad: Kapp se ‘Kantelpunt’ klim onder jou vel in
Onderhoud met Sophia Kapp oor haar boek Kantelpunt

20 Maart
Kunsblad: Jens skryf boek oor Philippolis
Berig oor Jens Friis se boek, Philippolis, oor die oudste nedersetting in die Vrystaat

25 Maart
Boekeblad: SA keramiekkuns waardevol geboekstaaf
Amanda Botha resenseer Olifantsfontein Potteries

Boekeblad: Storm van mag, geweld in uitbuiting van vroue
Jonathan Amid resenseer Jagter deur Bettina Wyngaard

Boekeblad: Gebruik drankgeld vir hierdie boek
J.B. Roux resenseer King of Kings deur Wilbur Smith

Boekeblad: Ongure figure uit van die ergste tye
Gert van der Westhuizen resenseer Doodsbleek deur Philip Kerr

27 Maart
Kunsblad: Boekefees vir eseltjies weer in Mei gehou
Berig oor die boekefees op McGregor

31 Maart
Kunsblad: Suid-Afrikaner stel roman in Amsterdam bekend
’n Talentvolle en kreatiewe Suid-Afrikaner het haar debuutroman by Zuid Afrikahuis in Amsterdam bekendgestel.

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Maart die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 Maart

  • Eggo’s deur Vita du Preez
  • Boodskapper van die gode deur Murray la Vita
  • Bloedlelie deur Jeanette Ferreira

12 Maart

  • Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel
  • Strooisuikerliefde (Verskeie bydraers)
  • 5 Minute Verhale-reeks

19 Maart

  • Kanker Schmanker deur Madelein Rust
  • Koshuis – saamgestel deur Erns Grundling
  • Groot treë-reeks deur Macmillan (Vertaler: Jaco Jacobs)

26 Maart

  • Strafjaart deur Theo Kemp
  • Die skandalige susters Smit deur Adeline Radloff
  • Die groot boek van spoke en grille deur Fanie Viljoen
  • Nova: Omnibus 2 deur Fanie Viljoen
  • Stalmaats: Omnibus 1 - 3 deur Lize Roux
  • Sanri Steyn-omnibus 1 en 2 deur Theresa van Baalen en Johann Strauss (ill)
  • Soek die paadjie! Vlak 1 en Vlak 2 (Editions Caramel)

Bibi se boekrak

In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.

Die volgende episodes is in Maart vrygestel:

7 Maart
Aktrise en aanbieder Amalia Uys vertel watter boeke sy lees om die wilde vrou binne haar wakker te hou.

14 Maart
Quanita Adams beveel dié korter verhale aan vir ywerige lesers sonder tyd aan hul kant.

19 Maart
Bibi vertel van die Neapolitan-romans deur Elena Ferrante. Kinderboekskrywer, regisseur en aktrise Milan Murray vertel oor die prenteboekreeks wat hul by die klein uitgewery Murray and me uitgee.

28 Maart
Raak leeswys: Bibi wys ons hoe om meer as een boek op 'n slag te lees en vertel van die drie boeke wat sy tans lees.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

There goes English teacher deur Karin Cronjé: ’n resensie

Elkarien Fourie
Resensies

2019-03-20

"In kort, gedrae sinne of frases en met onverbiddelike eerlikheid neem sy die leser deur haar moeilike aanpassing as plattelandse onderwyser by ’n buitemuurse skool."

Die verevrou deur Jan van Tonder: ’n lesersindruk

Sonja van der Westhuizen
Lesersindrukke

2019-03-19

"Die verevrou is nie ligte leesstof nie, en dis goed so. Nie alle romans hoef lig en donsig te wees nie. Ons het nodig om, soms onder protes, uit ons gemaksones gesleep te word."

Sara deur Maretha Maartens: ’n resensie

Helene de Kock
Resensies

2019-03-19

"Maretha Maartens slaag daarin om die leser met ’n helder onmiddellikheid in die antieke verlede te plaas."

Hostel deur Hein Willemse: ’n lesersindruk

Michael le Cordeur
Lesersindrukke

2019-03-18

"As sulks is die bundel ’n noodsaaklike dokument in die strewe om die volle waarheid oor apartheid te verwoord. As jy dus ’n alumni van die Universiteit van die WerkersKlas is, is hierdie boek ’n absolute móét."

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie

Marni Bonthuys
Resensies

2019-03-13

"Dít was vir my die bekoring van die roman – die verwewing van gegewes maak dit bekend, maar ook totaal onbekend, nes die dubbelgangers wat in dieselfde en parallelle wêrelde leef."

Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte: Egonne Roth se biografie oor Olga Kirsch, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies
Resensies

2019-03-12

"My bedoeling met dié artikel was om aan die biografie reg te laat geskied deur veral te konsentreer op hoe kennis van Olga Kirsch se lewe bydra tot begrip en waardering van haar gedigte. Dit is ’n eis waaraan Roth se biografie oortuigend voldoen."

Olga Kirsch. ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

2019-03-11

"Afgesien van Kirsch se bydrae as Afrikaanse digter, kom haar Hebreeuse en Engelse poësie onder die soeklig, byvoorbeeld die publikasie van Nevertheless (1966), wat nêrens in enige ander biografiese opgaaf rondom Kirsch se lewe vermeld word nie."

’n Kantopmerking oor Richard Steyn se Louis Botha, a man apart

Handré Brand
Seminare en essays

2019-03-10

"Die titel vir die biografie kon selfs ook Louis Botha: a man of courage gewees het."

Het jy jou Retoer-kaartjie al gekoop?

Irene van Staden
Lesersindrukke

2019-03-09

"Van der Vyver se roman bestaan uit vele meer soortgelyke en ander kortverhale, meestal net twee bladsye, soms langer. Geskryf in die eerste persoon, die taalgebruik lewendig en aktief."

Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2019-03-09

"Nes die karakters, sal die meeste lesers van die broeiende verhale in Kainsmerk in hul menswees groei."

Liefde in die tyd van die internet: ’n stadsprokie deur Fransi Phillips: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-03-09

"Die boek vertel die verhaal van ’n vrou se vlug van haar gewelddadige minnaar na eksotiese Rusland, waar sy ’n Engels-onderwyser word en dan ’n verhouding aanknoop met een van haar studente, ’n welgestelde Russiese man, wat haar uiteindelik red nadat haar wrede voormalige minnaar haar ontvoer."

Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst: ’n boekresensie

Wium van Zyl
Resensies

2019-03-07

"Met Die helaasheid van die dinge word die Afrikaanse leser toegelaat tot ’n deel van die Vlaamse samelewing waaroor die toeris en bewonderaars van Breugel en Rubens of die skone argitektuur van Brugge skaars oor kan droom."

Al wat oorbly deur Santie van der Merwe: ’n lesersindruk

Irene van Staden
Lesersindrukke

2019-03-07

"Ten slotte is Santie van der Merwe se roman 'n eenvoudige, maar tog betekenisvolle verhaal oor familie, verhoudings, verantwoordelikhede en die lewe."

Die braambos bly brand: Nieteoloë se perspektiewe op Bybelverse – Pieter Malan en Chris Jones (reds): ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-03-06

"Danksy al hierdie en nog ander uiteenlopende bydraes bly Die braambos bly brand deurgaans ’n boeiende boek. Elke skrywer bring ’n ander perspektief en onderwerp."

Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-03-05

"Wat my die allereerste in die roman beïndruk het, is dat jy op feitlik elke bladsy besonderse beelde, beskrywings of stelwyses kan bewonder."

Jagter: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Naomi Meyer, Bettina Wyngaard
Skrywersonderhoude

2019-03-26

"Dis vir my belangrik dat ek met empatie skryf. Daar is niks erger as wanneer iets afgrysliks op ‘n ongemotiveerde manier beskryf word net om te skok nie."

Die dag toe die draak kom: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Naomi Meyer, Fanie Viljoen
Skrywersonderhoude

2019-03-22

"Die Optimus-studie wat tussen September 2013 en Februarie 2015 gedoen is, se bevinding was dat ’n derde van ons kinders voor die ouderdom van 17 seksueel misbruik word – seuns meer as meisies (36,8% teenoor 33,9%). In 60% van die gevalle is iemand in die kind se sosiale kring daarvoor verantwoordelik."

Afskeid van ’n volk deur Philip Spies: ’n onderhoud

Naomi Meyer, PH Spies
Skrywersonderhoude

2019-03-13

"Die toekoms is nie iets wat voorspel kan word nie. Dit is iets wat gemaak moet word."

US Woordfees 2019: Afrikaans se Afrika-komvandaan, video en foto's

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

2019-03-07

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Hoe het die Khoi en Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans? Willa Boezak, Theresa Biberauer en Karin Brynard het met Adri Breed oor die Afrika-komvandaan van Afrikaans gesels.

Incorruptible: Kort gesprek met Evelyn Groenink

Evelyn Groenink, Karin Benjamin, Loes Nas
NeerlandiNet

2019-03-07

"Naar aanleiding van haar deelname aan het US Woordfees in Stellenbosch hadden Loes Nas en Karin Benjamin een kort gesprek met Evelyn Groenink over haar laatste boek, Incorruptible, dat verbanden onderzoekt tussen de moorden op Dulcie September, Chris Hani en Anton Lubowski."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Maart

Resensie: Johann Kriegler resenseer The Rise & Demise of the Afrikaners deur Hermann Giliomee

Resensie: Louise Viljoen resenseer Die verevrou deur Jan van Tonder

Resensie: Magdel Vorster resenseer Die dag toe die draak kom deur Fanie Viljoen

10 Maart

Resensie: Michiel Heyns bespreekThe Distance deur Ivan Vladislavić

Resensie: Jonathan Amid bespreek Medusa deur Rudie van Rensburg

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer The Mastermind: The Hunt for the World’s Most Prolific Criminal deur Ervan Ratliff

17 Maart

Resensie: Michiel Heyns resenseer The Zulus of New York deur Zakes Mda

Resensie: Deborah Steinmair bespreek Jagter deur Bettina Wyngaard

Resensie: Magdel Vorster resenseer Selfies, seksklets & slimfone: ’n Internet-oorlewingsgids vir tieners deur Emma Sadleir en Lizzie Harrison en Veldiep deur Fanie Viljoen

Nuut op die rak

  • Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg
  • Boodskapper van die gode: Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray la Vita
  • Grondwater deur Marlise Joubert

24 Maart

Resensie: Jean Meiring resenseer Strafjaart deur Theo Kemp

Resensie: Marié Kirsten bespreek Afrikaner-kapitalisme: Van brandarm tot stinkryk deur David Meades

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Between Rock & a Hard Place: A Memoir deur Carsten Rasch

Resensie: Jonathan Amid resenseer Sex, Lies & Stellenbosch deur Eva Mazza

31 Maart

Onderhoud: Jan van Tonder gesels met Johan van Zyl oor sy sesde roman, Die verevrou

Resensie: Kobus Burger bespreek Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg

Resensie: Loftus Marais resenseer The Wall deur John Lanchester

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

5 Maart
Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes deur Robert Winston (vertaal deur Jaco Jacobs)
Jong wetenskaplikes sal absoluut mal wees oor hierdie fantastiese boek propvol asemrowende feite, ongelooflike buitelugeksperimente en opwindende projekte.
Lees die resensie

12 Maart
Video-idees deur Tim Grabham (vertaal deur Jaco Jacobs)
Video-idees is stampvol inligting wat die video-entoesias sal inspireer om fantastiese videoprojekte aan te pak en deur te voer. Kinders (nege jaar en ouer) sal die tegnieke vir beligting, kamerahoeke, klankeffekte en bewegende kameraskote leersaam en prakties vind.
Lees die resensie

25 Maart
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach
Moenie troebel met donker verwar nie. Die manier waarop Winterbach ironie hanteer in Die troebel tyd maak die leeservaring allermins ’n somber affêre. Die boek is heerlik aweregs, polities onkorrek, sinies snaaks en boonop meesleurend.
Lees die resensie

26 Maart
My maats kom kuier deur Dorling Kindersley
Meisies nege jaar en ouer gaan absoluut mal wees oor “My maats kom kuier! Speletjies, vasvrae, bederf-idees en dinge om te maak”. Dié boek is tjok-en-blok vol waardevolle wenke en kreatiewe idees vir wanneer maats kom kuier of oorslaap.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 Maart

Dit was onlangs die geboortedag van die digter Elisabeth Eybers en in hierdie episode kan jy luister na argiefmateriaal waarin sy gehuldig word. Jy kan ook luister na 'n seldsame opname waarin Eybers vyf van haar eie gedigte voorlees. Ilse Salzwedel gesels ook met Zirk van den Berg oor sy nuwe romans, Ek wens, ek wens en Die vertes in. Johan Myburg vertel meer oor drie internasionale letterkundepryse wat tans in die nuus is.

Woensdag 13 Maart

Die digter en akademikus Lina Spies het onlangs haar tagtigste verjaarsdag gevier. Jy kan luister na 'n onderhoud wat Daniel Hugo in 1989 ter viering van haar vyftigste verjaarsdag met haar gevoer het. Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaard oor haar jongste spanningsroman, Jagter, waarin 'n eeuoue historiese stryd in die Midde-Ooste 'n Kaapse kinkel kry. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy onder meer luister na die skrywer Margaret Atwood, wat meer vertel oor die inspirasie agter werk soos The Handmaid’s Tale.

Woensdag 20 Maart

Deon Maas woon deesdae in Duitsland, en kom gesels oor Witboy in Berlyn, sy nuwe boek oor hierdie interessante stad. Kom vind ook meer uit oor oulike nuwe kinderboeke, Duitse speurromans wat in Afrikaans vertaal is, en 'n memoir oor die lewe in Angola voor die uitbreek van die Grensoorlog. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor die internasionale boekewêreld onder andere oor 'n boek uit die pen, en kwas, van die folksangeres Joni Mitchell.

Woensdag 27 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Zakes Mda oor sy nuwe boek The Zulu's of New York. Rudie van Rensburg vertel meer oor sy jongste spanningsroman Medusa. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 Maart
Ons vier die tagtigste verjaardag (op 6 Maart) van Lina Spies, een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde digters. Anna-Mart van der Merwe lees 'n paar van die gedigte uit haar uitgebreide, ryk oeuvre.

Dinsdag 12 Maart
Pieter van Zyl lees gedigte wat oor die verganklikheid, die broosheid en die letselvatbaarheid van die mens. Daar is gedigte van WL van der Merwe, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert, Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Lucas Malan en Annette Snyman.

Dinsdag 19 Maart
Stian Bam lees gedigte wat gaan oor die reënboognasie van die natuur, voëls. Daar is verse van Danie Marais, Boerneef, WL van der Merwe, Sheila Cussons, Dolf van Niekerk, Marlene van Niekerk, Johannes van Eeden en Jeanne Goosen.

Dinsdag 26 Maart
Die godsdiensfilosoof en digter WL van der Merwe woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Maart het sy grondwater deur Marlise Joubert vir Fine Music Radio geresenseer.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende onderhoude en resensies is in Maart geplaas:

3 Maart
Marlies Taljard resenseer grondwater deur Marlise Joubert

15 Maart
Nini Bennett in gesprek oor haar nuwe bundel Donkerwerk met René Bohnen

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Maart die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

2 Maart
Kies ’n boek: Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock

9 Maart
Kies ’n boek: Karel Schoeman se oeuvre

17 Maart
Kies ’n boek: The Overstory deur Richard Powers

23 Maart
Kies ’n boek: De literaire kring deur Marjolijn Februari

30 Maart
Kies ’n boek: Kinnes deur Chase Rhys

Voertaal

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op Voertaal verskyn:

Liefdesverhouding oor landsgrense heen

 

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2019 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans veroordeel die ontwrigting van bekendstelling van Gangster state deur Pieter-Louis Myburgh

$
0
0

Die bekendstelling van Gangster state wat op 9 April by Exclusive Books in Sandton sou plaasvind, is deur ’n groep betogers ontwrig. Dié boek, deur bekroonde ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, bevat bewerings van korrupsie onder die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule.

Verslae van ooggetuies en videomateriaal van die protesaksie wys hoe betogers eksemplare van die boek opskeur en die geleentheid tot so ’n mate ontwrig dat die bekendstelling afgestel is nadat die polisie moes ingryp.

PEN Afrikaans veroordeel die destruktiewe optrede van die groep betogers ten sterkste. Dit het ’n geleentheid vir gesprekvoering in die wiele gery deur die toepassing van boelie- en intimidasietaktieke wat daarop gemik is om kritiese stemme stil te maak.

Die vernietiging van boeke, en die dreigemente van die Vrystaatse tak van die ANC-jeugliga om eksemplare te verbrand, is boonop laakbaar en kommerwekkend. Histories is die verbranding van boeke ’n kragtige simbool van onderdrukking, onverdraagsaamheid en sensuur. Die ANC het hom sedertdien van die betogers gedistansieer en die boekverbranding afgelas, maar dit bly onaanvaarbaar en ontstellend dat hierdie soort aanval op vryheid van spraak engisins in ’n konsitusionele demokrasie kon plaasvind.

In lyn met die handves van PEN Internasionaal, wat vereis dat lede die belemmering van spraakvryheid plaaslik en internasionaal teenstaan, verwerp PEN Afrikaans hierdie optrede en dreigemente met die minagting wat dit verdien.

Skrywers behoort sonder vrees vir geweld en intimidasie hulle boeke te kan bekendstel en lesers behoort toegang tot ’n wye verskeidenheid perspektiewe en inligting te hê.

The post PEN Afrikaans veroordeel die ontwrigting van bekendstelling van <i>Gangster state</i> deur Pieter-Louis Myburgh appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Ontwrigting van bekendstelling van Gangster State deur Pieter-Louis Myburgh

Die bekendstelling van Gangster State wat op 9 April by Exclusive Books in Sandton sou plaasvind, is deur ’n groep betogers ontwrig. Dié boek, deur bekroonde ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, bevat bewerings van korrupsie onder die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule.

Verslae van ooggetuies en videomateriaal van die protesaksie wys hoe betogers eksemplare van die boek opskeur en die geleentheid tot so ’n mate ontwrig dat die bekendstelling afgestel is nadat die polisie moes ingryp.

PEN Afrikaans veroordeel die destruktiewe optrede van die groep betogers ten sterkste. Dit het ’n geleentheid vir gesprekvoering in die wiele gery deur die toepassing van boelie- en intimidasietaktieke wat daarop gemik is om kritiese stemme stil te maak.

Die vernietiging van boeke, en die dreigemente van die Vrystaatse tak van die ANC-jeugliga om eksemplare te verbrand, is boonop laakbaar en kommerwekkend. Histories is die verbranding van boeke ’n kragtige simbool van onderdrukking, onverdraagsaamheid en sensuur. Die ANC het hom sedertdien van die betogers gedistansieer en die boekverbranding afgelas, maar dit bly onaanvaarbaar en ontstellend dat hierdie soort aanval op vryheid van spraak enigsins in ’n konsitusionele demokrasie kon plaasvind.

In lyn met die handves van PEN Internasionaal, wat vereis dat lede die belemmering van spraakvryheid plaaslik en internasionaal teenstaan, verwerp PEN Afrikaans hierdie optrede en dreigemente met die minagting wat dit verdien.

Skrywers behoort sonder vrees vir geweld en intimidasie hulle boeke te kan bekendstel en lesers behoort toegang tot ’n wye verskeidenheid perspektiewe en inligting te hê.

Wenners van UJ-pryse 2019 aangekondig

Die wenners van die UJ-pryse is vandag aangekondig. Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë (debuutwerk en andersins) toegeken aan besondere en uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is.

Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis het die UJ-debuutprys gewen, terwyl die UJ-prys aan PEN Afrikaans-bestuurslid Charl-Pierre Naudé toegeken is vir sy roman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. Hartlik geluk!
 
Lees gerus die mediaverklaring met beoordelaarskommentaar hier.

Benoemings vir ATKV-Mediaveertjies 2019 bekend 

Die finaliste vir die ATKV-Mediaveertjies 2019 is onlangs bekend gemaak. Wenners sal tydens ’n glansgeleentheid op 10 Mei bekend gemaak word. Baie geluk aan al die benoemdes, en spesifiek ons lede: van gesoute joernaliste en resensente tot dié wat aan die begin van belowende loopbane staan, soos gewaardeerde lid Colette Combrink, redakteur van die Wapad wat in die kategorie vir beste kampuskoerant benoem is.
 
Die lys van finaliste is hier beskikbaar.

Stuur jul gedigte: ’n bloemlesing ter viering van inheemse tale
 
2019 is deur die Verenigde Nasies aangewys as die Internasionale Jaar vir Inheemse Tale en PEN-sentrums vanoor Afrika is genooi om ’n gedig in te stuur vir moontlike insluiting by ’n bloemlesing ter herdenking hiervan.  
 
Die boek, wat na verwagting aan die einde van 2019 sal verskyn, sal uit 60 – 100 gedigte bestaan – een vir elke taalgemeenskap wat deelneem. Die doelwit is om die kulturele rykdom en diversiteit van minderheidstale ten toon te stel. Die hooftema van die bloemlesing is dus taal self.
 
Ons sal graag ’n Afrikaanse gedig wil bydra. Stuur gerus ’n gedig (van tot 50 versreëls) oor Afrikaans of oor taal teen 26 April na penafrikaans@gmail.com. Die bestuur van PEN Afrikaans sal die gedigte oorweeg en tot drie gedigte instuur vir moontlike insluiting by die bloemlesing.
 
RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie

Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 23 jaar oud met prysgeld ter waarde van R90 000. Die wendrama sal vanjaar R35 000 ontvang, terwyl die tweede en derde plek met prysgeld van onderskeidelik R25 000 en R15 000 bekroon sal word. Die wenner in die kategorie Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal R15 000 ontvang. Buiten die prysgeld word die wendramas ook op RSG uitgesaai.
 
Hier is ‘n kans om jou verbeelding vrye teuels te gee en boonop jou storie op radio te hoor. Bly ingeskakel op RSG vir die aankondiging oor twee gratis skryfskole wat in onderskeidelik in Kaapstad en Johannesburg aangebied sal word.

Die sluitingsdatum is 31 Julie.
 
By hierdie skakel is inligting en skryfwenke beskikbaar.
 
’n Skrywersresidensie in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting

Belangstellendes het nog enkele dae oor om aansoek te doen vir die skrywersresidensie wat die Jakes Gerwel Stigting in samewerking met PEN Afrikaans aanbied. Moenie dié geleentheid misloop om vir ’n maand in Somerset-Oos te gaan skryf nie. Aansoeke sluit Vrydag, 12 April.
 
Volledige inligting is hier beskikbaar.
 
Verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg

 Die Nasionale Raad van Provinsies het op 28 Maart die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg aanvaar. Dit is uiters betreurenswaardig dat die skeppende bedrywe nie gehoor is nie. Die wetgewer het eerder ag geslaan op ’n klein groepie wat hul vir die wetsontwerp beywer, en wat na berigte deur Google geborg is. Onder is ’n repliek op die misleidende en onakkurate inligting wat deur hierdie groep versprei word. As president Ramaphosa die wetsontwerp onderteken, is die proses voltrek.

 

Intussen gaan die opposisie teen die skadelike wetsontwerp onverpoosd voort. Daar is steeds ’n petisie teen bekragtiging van die wetsontwerp hier beskikbaar. Teken dit asseblief as jy daarmee saamstem.

’n Groep belanghebbendes, waarvan PEN Afrikaans deel vorm, rig nou vertoë aan die president. Hy word versoek om die wetsontwerp terug te stuur sodat die Departement Handel en Nywerheid dit kan herformuleer om ’n meer billike uitkoms te vind.
 
Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in April 2019

Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Ten slotte is dit baie lekker om te noem dat die volgende nuwe lede onlangs by ons aangesluit het:    
Marna van den Berg
Jerzy Koch
Valda Jansen
 
Hartlik welkom by PEN Afrikaans!
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2019 appeared first on LitNet.

Foto's: Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word bekendgestel

$
0
0

Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bevat die S-woorde van "skool" tot  "Sri Lankaans".

Fred Pheiffer, redaksielid van die WAT

Erna Meaker, ondervoorsitter van Het Jan Marais Nationale Fonds

Marius Swart, US Departement Afrikaans en Nederlands

André du Plessis, redaksielid van die WAT

Gerda Odendaal, redaksielid van die WAT

Phillip Louw, Oxford University Press

Deon Meyer

Hanelle Fourie-Blair, redaksielid van die WAT

Rufus Gouws, Direksielid van die WAT

Wessel Pienaar

Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die WAT

Japie Gouws

Hermann Giliomee

Ilse Feinauer, US Departement Afrikaans en Nederlands

Arnold Schoonwinkel, voorsitter van die WAT-direksie, het die gaste verwelkom.

Verwelkoming deur Arnold Schoonwinkel

Hartlik welkom by hierdie besondere geleentheid, naamlik die bekendstelling van deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ek rig graag ’n spesiale woord van verwelkoming aan Johan Holtzhausen, voorsitter van die WAT Trust, Erna Meaker, ondervoorsitter van Het Jan Marais Nationale Fonds, Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en die Dagbreek Trust, Johan van Zyl, voorsitter van Sanlam, Abdul Essop, operasionele bestuurder van Sanlam, Helgaard Raubenheimer, trustee van die WAT Trust en voorsitter van die LW Hiemstra Trust en Rudolf Gouws, Trustee van die WAT Trust.

Die verskyning van ’n WAT-deel is ’n besondere geleentheid omdat dit beteken dat nog ’n deel van die Afrikaanse woordeskat so omvattend as moontlik vasgevang is in ’n woordeboek. Afrikaans in ál sy verskyningsvorme vind neerslag in die WAT: dit is ’n tuiste vir die Afrikaans van al die sprekers van die taal – van die Kaapse Vlakte tot in die Noordelike uithoeke van Suid-Afrika. ’n Resensent van deel XIV het dit soos volg gestel: Die WAT is monumentaal in die lewe van Afrikaans omdat dit die taal so omvattend boekstaaf.

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI LANKAANS, maar dit bevat ook ’n Addendum met nuwe woorde van A tot S.  Die Addendum gee aan ons ’n idee wat sedert die publikasie van elke deel in Afrikaans gebeur het, beginnende by deel I in 1950. Aanlyn en amabokoboko was nog nie ’n vonkel in Afrikaans se oog in 1950 nie, ook nie banting, beurtkrag en CD nie. Geelkaart, gay, geheuestokkie, hardeskyf, gemorskos, google en glasnost was destyds nie eers ’n hersenskim nie, en so ook opdrafspan, papegaaislaai, pang en popgloër.  Nou kan die WAT ook vir julle sê dat julle tog te poenankies lyk hier by ons bekendstelling. 

Ons het verlede jaar op ’n revolusionêre tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT besluit waarvan die hoofmomente vyf addisionele redaksielede en ’n bykomende R32 miljoen versprei oor tien jaar behels.  Die vyf redaksielede is aangestel en die R32 miljoen is amper gerealiseer.  Ons werk tans aan deel XVI van die WAT wat in 2020 moet verskyn en wat die laaste S-deel en ook die laaste gedrukte deel van die WAT sal wees.  Vanaf die letter T sal die WAT slegs aanlyn gepubliseer word – ’n besluit wat ons nie ligtelik geneem het nie.  Die koste en tyd wat met die publikasie van ’n boek gepaard gaan, het in die lig van die tienjaarplan egter net te veel geword.

(Teks voorsien deur die WAT)

Die WAT het erkenning gegee aan vakkundige medewerkers wat help om vakterme te definieer, deur aan elk ’n kopie van die Deel XV te oorhandig. Die spesialiste is Sakkie Rust, Jan Lochner, Jan Giliomee, Izak Grové en Christo Viljoen.

Senior Mederedakteur Alet Cloete het Deel XV aan Jan Giliomee, Izak Grové en Jan Lochner oorhandig.

Jan Giliomee

Jan Giliomee het vanaf Deel VIII, die tweede deel van die letter K wat in 1991 verskyn het, ’n waardevolle bydrae as vakkundige medewerker vir Entomologie of Insektekunde gelewer. Hy word egter reeds in die voortekste van Deel VII vermeld as een van die persone wat tussen 1967 en 1975 meer as 50 kaartjies tot die materiaalversameling van die WAT bygedra het.

Prof Giliomee verstaan die kuns om die gaping tussen vakman en leek te oorbrug en verduidelik moeilike terme in eenvoudige taal.

Wat is die verskil tussen ’n ruspe en ’n wurm, ’n snuit en ’n proboskis? Of hoe verskil myte en spinnekoppe van mekaar? Dit is hierdie fynere onderskeidings waarmee prof Giliomee ons help en waarsonder ons nie gesaghebbende definisies sou kon skryf nie.

Hy is ook baie taktvol en sal nooit laat blyk dat hy nie kop of stert van ons definisies kan uitmaak nie. Hy sal bloot baie diplomaties sê dat hy nie seker is watter bron ons gebruik het nie, maar dat sy bron die volgende inligting bied.

Baie dankie, prof Giliomee, dat u vir ons die gril uit die gogga haal en ons help om met wetenskaplike oë na insekte te kyk.

(Teks voorsien deur die WAT)

Gerda Odendaal oorhandig die kopie aan Jan Giliomee.

Izak Grové

Izak Grové, vakkundige medewerker vir Musiek, is vanaf Deel IX, wat in 1994 verskyn het en die letter L beslaan, by die WAT betrokke. Die leksikografie is nie vir hom onbekende terrein nie en hy het bygedra tot die samestelling van die Suid-Afrikaanse Musiekwoordeboek.

Prof Grové beantwoord elke navraag met erns en presisie en ontsien geen moeite om seker te maak dat die antwoord ons bereik nie. By geleentheid was hy met studieverlof in Duitsland en hy het sy lang, deeglike antwoord op ’n ingewikkelde navraag per e-pos aangestuur. Die e-pos het ons nooit bereik nie en hy het geduldig die hele betoog in ’n tweede e-pos herhaal.

Dit was juis die lemma musiek wat soveel probleme opgelewer het. By die aanhoor van die woord dink ’n mens kwalik aan al die betekenismoontlikhede wat dit kan hê, maar as jy vandag na al die polisemiese waardes in die artikel kyk, bv “musieknotasie”, “toonsetting”, “bladmusiek of partituur”, “komposisie”, “les”, “harmonium”, ens. besef jy hoe wyd die betekenisveld van die woord eintlik is. Prof Grové se insigte was onontbeerlik om dié inligting te ontrafel en te orden.

Baie dankie, prof Grové, dat u ons help om harmonieuse definisies te maak wat die regte snaar aanroer en musiek in ons ore is.

(Teks voorsien deur die WAT)

Charléne de Kock oorhandig die kopie aan Izak Grové.

Jan Lochner

Jan Lochner, vakkundige medewerker vir Geneeskunde, lewer gewaardeerde hulp sedert Deel X wat die letter M beslaan en in 1996 gepubliseer is. Sy bydrae lê veral op die terreine van die Fisiologie, Interne Geneeskunde, Chemie en Biochemie.

Hy is self ook ’n gesoute woordeboekmaker en het met die Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe ’n wesenlike bydrae gelewer om die Afrikaanse mediese terminologie te vestig en uit te brei.

Prof Lochner het begrip vir hoe moeilik dit is om akkuraat te definieer en daarom is sy antwoorde op ons navrae logies, helder en op die man af. Klinies, soos ’n mens van ’n geneeskundige sou verwag. Hy verkies dus ook om navrae direk, telefonies te beantwoord en gebruik nie graag die minder persoonlike e-posroete nie.

Verder is dit altyd vir hom belangrik om ’n geneeskundeterm te dissekteer en by die Latynse oorsprong daarvan uit te kom. Hy sny as ’t ware tot op die been.

Wanneer dit kom by die verskil tussen byvoorbeeld ’n salisielsuur en ’n salisilaat, skleritis en sklerose is dit gerusstellend om te weet dat daar ’n deskundige is wat met vrymoedigheid geraadpleeg kan word.

Baie dankie, prof Lochner, dat u ons definisies regdokter sodat hulle kerngesond is en bydra tot ’n gunstige prognose vir die gesaghebbendheid van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

(Teks voorsien deur die WAT)

Senior Mederedakteur Gerhard van Wyk het Deel XV aan Sakkie Rust en Christo Viljoen oorhandig.

Sakkie Rust

Sakkie Rust is ons vakkundige medewerker vir Geologie en Mineralogie. 

Reeds vanaf Deel IV van die WAT (die letters H en I), wat in 1961 verskyn het, help prof Rust die redaksie van die WAT op ’n baie humoristiese manier met ons taalnavrae.  Sy antwoorde is gestroop van enige hoogdrawende akademiese taal. 

Vroeër jare is die taalnavrae op die gewone manier gepos, maar later van tyd het ons dit per e-pos aan die medewerkers begin stuur.  Selfs prof Rust se e-posadres getuig van humor, want sy voorletters en van spel “icrust” – heel gepas vir iemand wat die aardkors bestudeer! 

As voorbeelde van die humor in sy antwoorde op ons taalnavrae, kan ek die volgende noem.  Toe daar aan die letter K gewerk is, het ’n mederedakteur aan prof. Rust gevra hoe die woord “kruip” in geologiese verband gebruik word.  Hy antwoord toe daarop met die sin: “Ek kruip oor die klippe”!  Meer onlangs het prof Rust in ’n navraag oor die woord “stapelaar” geantwoord dat dit verwys na ’n besondere masjien-dinges, ’n soort beweegbare vervoerband-dinges op wiele!

Prof Rust, baie dankie dat u al soveel klippe vir ons uit die pad gerol het en dat u ons werk ligter maak deur op so ’n manier ons taalnavrae oor klippe en minerale te beantwoord dat dit edelstene en juwele raak.

(Teks voorsien deur die WAT)

Dané Claassen het die kopie aan Sakkie Rust oorhandig.

Christo Viljoen

Christo Viljoen is waarskynlik die mees veelsydige medewerker in die geskiedenis van die WAT.  Hy is ons vakkundige medewerker vir ’n hele paar vakgebiede, naamlik Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, vir Radar, Radio en Televisie, en vir Telefonie. 

Prof Viljoen is reeds vanaf Deel V van die WAT (die letter J en eerste deel van K) ’n medewerker, dus reeds van voor 1968 af. 

Sy reaksie op ons taalnavrae, wat ’n verskeidenheid sake soos pulse en impulse, puntkontakdiodes, ruimtekommunikasie en die ruis van ’n radiostasie kan insluit, geskied met elektroniese snelheid en presisie.  Prof Viljoen het die kuns bemeester om die ingewikkelde kwessies waarmee ons mederedakteurs sukkel, op ’n verstaanbare en logiese wyse uiteen te sit.  Wanneer ’n mens sy antwoorde op jou taalnavrae terugontvang, gaan daar ’n helder, elektriese lig vir jou op, en is daar geen steuring meer in die seine wat vantevore net een groot  geruis was nie!

Prof Viljoen, ek weet nie of u, u mede-eregaste wat vandag hier is of enige van die ander vakkundige medewerkers besef watter groot waardering ons vir u bydrae tot die WAT het nie.  Met u antwoorde op ons taalnavrae ontvang ’n definisie nie net ’n stempel van goedkeuring nie, maar ook ’n stempel van gemoedsrus.    

Ons dank u daarvoor.

(Teks voorsien deur die WAT)

Esmaré van der Merwe oorhandig die kopie aan Christo Viljoen.

Eindredakteur Frik Lombard

Jana Luther en Fred Pheiffer

Theuns Eloff, Erna Meaker en Johan van Zyl

Hendrik Theys

Die geleentheid is afgesluit met ’n uittreksel uit Karoo Suite deur Coenie de Villiers en Deon Meyer.

Coenie de Villiers

Coenie de Villiers en Deon Meyer

Coenie de Villiers en Deon Meyer

 

Foto's: Naomi Bruwer

The post Foto's: Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word bekendgestel appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2019 oop vir inskrywings

Malene Breytenbach (1948–)

$
0
0

Gebore en getoë

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 op Port Shepstone gebore. Haar pa is op Greyton gebore en toe sy pa dood is, het die gesin na Stellenbosch getrek. Daar het haar pa aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer. Dit was swaar jare en hy kon nie universiteit toe gaan nie, met die gevolg dat hy saam met sy suster se man in die Oos-Kaap gaan boer het.

Malene se oupa van moederskant het naby Matatiele geboer. Daar het Malene se ma en pa mekaar ontmoet en is hulle getroud.

Malene vertel aan LitNet: “Daardie jare was die kolonies aan die ontwikkel. Mense het die indruk gehad dat daar eindelose geleenthede vir avontuurlustige mense was wat graag pioniers wou wees en daardie lande wou tem en help ontwikkel het. My pa was een van die hoopvolles en die enigste van sy familie wat buite Suid-Afrika na die noorde en wel na die ou Suid-Rhodesië (later Zimbabwe) wou gaan. Na ’n paar omswerwinge (en ’n amperse malaria-dood) het hy in Gwelo (vandag Gweru) te lande gekom en my ma, my ouer suster, Menanteau, en ek (nog ’n baba) per trein laat kom waar ons nog by Ouma in Natal gebly het.”

Malene se pa het by die Dairy Marketing Board gewerk, maar hy wou eintlik net boer. Die naaste wat hy daaraan gekom het, was ’n klein plasie noord van Gwelo waar hy met wisselende sukses en met verskillende gewasse en vee geboer het.

Maar toe sy weer sien, het hulle weer in hulle huis op die dorp gebly. “Die dorpshuis, met sy groot tuin, lekker bure, en my beste vriendin wat langsaan woon, was ’n gesellige plek en naby skole. My herinneringe is goed, maar kinders is nie altyd bewus van hulle ouers se probleme as hulle self meestal gelukkige kinderjare beleef het nie.”

Malene onthou die plasie waar hulle vir ’n paar jaar gebly het, as ’n towerplek, hoewel hulle daar altyd bewus was van gevaar wat gedreig het. Die huis was ’n koloniale ou kasarm met gewels, die spook van ’n vorige eienaar wat selfmoord gepleeg het (het haar ma gesweer), ’n enorme tuin, visdam, plaasdam, boorde, honde, katte, hoenders, ’n wye verskeidenheid voëls, wilde diere en wilde werkers.

“Daar het mense naweke in hulle compound gefuif en gerumoer en tromme geslaan. Dit het van kleintyd af ’n gevoel van onheil gegee, wat my bygebly het selfs nadat ons teruggetrek het dorp toe en ek die skoolkadette se tromme gehoor het. Ons tuinier is eendag in hegtenis geneem vir die moord op vyf mense. My pa is amper deur ’n dronk werker met ’n mes gesteek. Dit was wilde dae daardie en my ma het in vrees gelewe. In Rhodesië het onluste en politieke onrus toegeneem en dit het ’n wanklank veroorsaak in kinderjare wat meesal gelukkig was.” (aan LitNet)

Malene se eerste skool was Cecil John Rhodes Primary en sy is met die aanvang van haar hoërskooljare na die Chaplin High School. Sy het gesing, was kunstig en het goed gevaar op skool en het altyd goeie punte vir opstelle gekry. “Die mense van Britse afkoms het hulleself as superieur beskou en ’n Afrikaner moes presteer om vir hulle te kon vinger wys. Tot my verbasing het ek ’n landswye opstelkompetisie gewen.”

Baie van haar skoolmaats het in die latere Bosoorlog geveg en een was prominent in die gevreesde Selous Scouts.

Die Engelse skole was besonder goeie skole met onderwysers wat sy tot vandag met dankbaarheid onthou. Daar het sy haar liefde vir lees ontwikkel. Sy het net Engelse boeke gelees. Al Afrikaans wat sy gelees het, was koerante, Brandwag en Die Huisgenoot wat haar ouers uit Suid-Afrika bestel het en wat per opgerolde pos aangekom het. Hulle het darem ook na die Afrikaanse radiostasie geluister. Die meeste van Malene se vriende was Engels, maar sy het darem een goeie Afrikaanse vriendin, Magda, gehad.

“My ouers het Afrikaanse en Engelse vriende gehad. As daar Afrikaanse ‘kultuuraande’ was, het ons dit bygewoon. Ek het in konserte opgetree en solo gesing. (Dit het my ’n hopelose ambisie gegee om operasangeres te word!) Op skool het ek ook hoofrolletjies in verhoogopvoerings gehad; een was ’n heks. Toe verbeel ek my die verhoog is my voorland.”

Maar die gesin se tydjie in Suid-Rhodesië het in die middel van Malene se hoërskooljare, toe sy veertien was, tot ’n einde gekom toe haar ouers besluit het om na Suid-Afrika terug te keer en in Pretoria te gaan woon, waar hulle albei familie gehad het. Haar beste vriendinne, Mary en Magda, was ’n groot verlies toe sy as tiener geëmigreer het. Sy het egter al die jare met Mary kontak behou en hulle het oor en weer gekuier, selfs tydens die oorlog, totdat Mary oorlede is.

In Pretoria is Malene na die Afrikaanse Hoër Meisieskool omdat Frans en Latyn twee van haar vakke was. Sy moes verafrikaans en sy kon nie eens in Afrikaans spel nie. Haar wiskunde was agter en sy moes dit in matriek as vak laat vaar. “Dit was ’n goeie skool met uitstekende, aanmoedigende onnies, maar dit was ’n meisieskool, wat vreemd was. Ek het gevind dat ek nou in ’n groot dam swem waar kompetisie veel sterker is. Watter aanpassing! Ek was darem nie ongelukkig nie en het met die skoolwerk ingehaal en vriende gemaak, maar na Gwelo was dit veel minder lekker en ek het baie terugverlang.” Malene matrikuleer in 1965.

Sy vertel verder: “In my vorige, Engelse skool het ek agtergekom ek doen goed met skryfwerk, maar in AHM moes ek myself Afrikaans leer. Hoe béter kon ek dit doen as om ander skrywers te lees, te sien hoe hulle die taal inmekaarsit? Die verskil in my lewe is gemaak deur toegewyde onderwysers; dat hulle hul op élke leerling toegespits het. Niemand was net ’n nommer nie.” (aan LitNet)

Sy vertel aan Vrouekeur (8 Februarie 2019) sy het half Engels gevoel. "Ons was immigrante, anders as die gevestigde Pretorianers, en die aanpassing was moeilik. Ek moes ook baie vinnig leer om goed in Afrikaans te spel. Dis van baie lees wat my Afrikaans soveel verbeter het. Een boek wat ek onthou omdat dit my so diep getref het, was Die swerfjare van Poppie Nongena."

Verdere studie en werk

Na skool is Malene na die Universiteit van Pretoria, waar sy haar BA-graad met hoofvakke Frans en Engels verwerf. Op universiteit ontmoet sy ’n jong dosent in Volkekunde, Willie Breytenbach. Sy het Volkekunde uit nuuskierigheid geloop en later is sy en Willie getroud. Hy oorreed haar om haar BA Honneurs-graad in Engels te verwerf, terwyl hy sy MA en doktorsgraad een na die ander met lof behaal.

In Pretoria, ná universiteit, werk Malene as vertaler by onder meer Krygkor en beleef baie besige sosiale jare saam met haar man. Hulle dogter, Karen (hulle enigste kind), is in 1981 gebore. In 2012 het Willie en Malene ’n blondekop kleindogter, Mia, ryker geword wat net soos haar ma lyk. Om ouma te wees, is vir Malene ’n baie groot voorreg.

In 1985 verhuis die gesin na Stellenbosch, waar Willie hoof van die Departement van Afrikastudie word. Malene maak kind groot en pas aan by die nuwe omgewing. Sy was aanvanklik oortuig dat sy te dom is vir nagraadse studies, maar begin tog weer te studeer aan die Universiteit  Stellenbosch. Sy behaal ’n honneurs- en magistergraad, asook haar DPhil in joernalistiek, ’n MA in Ou Nabye-Oosterse Studie en ’n MPhil in Antieke Studie. Malene behaal haar honneursgraad in joernalistiek met lof, en was een van die top-presteerders in haar klas, hoewel sy die oudste van die 24 studente in die klas was. Haar diepte-projek het oor Malawi se probleme onder die oppervlak, soos VIGS, armoede en politieke onderstrominge gehandel.

Oor hierdie nagraadse studie (waarvoor sy eers gedink sy is te "dom") sê Malene aan Vrouekeur (8 September 2019) dat mens nie jouself moet onderskat nie. "As jy regtig wil, kan jy. Dit het vir my so lekker geword om al daardie studies aan te pak, ek kon nie ophou nie. Mens word soveel meer belese en ryper soos dit aangaan. Mens kan baie in ’n dag inpas, jy moet net jou tyd reg bestee."

Sy werk ook by die universiteit, van openbare betrekkinge tot kommunikasie tot die Stellenbosch Stigting. Sy besef teen daardie tyd dat dit makliker word om te studeer namate ’n mens meer belese, wyser en ryper raak.

Terwyl Malene studeer het, was sy te besig om fiksie te skryf, maar die oomblik toe haar studies klaar was, begin sy skryf en debuteer met ’n liefdesverhaal, Palmyra herleef, wat in 2005 by LAPA Uitgewers se Treffer-Boekklub verskyn. Dit is geskryf na aanleiding van haar MPhil in Antieke Studie toe Malene ’n tesis oor die fassinerende koningin Zenobia van Palmyra gedoen het. Dit is ook gebaseer op haar ondervinding om as ouer vrou weer te studeer, en sy kon die kennis en ondervinding wat sy opgedoen het, in haar studies oor die Ou Nabye-Ooste vir hierdie roman inspan.

Sy trek toe los en skryf binne vier jaar negentien liefdesverhale vir LAPA en nog ’n aantal vir NB Uitgewers. Aanvanklik dink sy dat sy nie in Afrikaans sal kan skryf nie, maar sy doen haar “vakleerlingskap” met ’n tweetalige woordeboek altyd langs haar.

Malene skryf maklik etlike romanses elke jaar. Haar uitgewers was versigtig hiervoor en het voorgestel dat sy ’n skuilnaam gebruik. In 2008 het sy twee romanses onder die naam Marilyn Bennett geskryf.

Terwyl sy voltyds werk, skryf Malene oor naweke en in die aande, maar einde 2008 tree sy af en toe kan sy werk wanneer en waar sy wil. “Ek het altyd iets wat ek skryf en in my kop dwaal die stories altyd rond. Ek is van plan om, as my kop hou, die een roman na die ander te skryf. Willie, my man, is geduldig en hy kan hom altyd besig hou. Hy moedig my nog altyd aan en voel beslis nie bedreig deur my skryfwerk nie, want hy is nog altyd ’n presteerder en is tans emeritus professor.” (aan LitNet)

Hulle dogter Karen het ook joernalistiek geswot, soos haar ma, en joernalis geword, en het ook politieke wetenskap geswot, soos haar pa. Karen se ervarings as joernalis is vir Malene ’n bron van inligting en inspirasie, want tydens haar skooljare was sy alewig aan die studeer en was sy altyd bang sy skeep Karen af. “Ongelukkig is ek verbete en obsessief en as ek ’n ding aanpak, is ek soos ’n Rottweiler wat nie los nie. Sy was darem al op universiteit toe ek begin fiksie skryf.”

Malene se redakteur, Madri Victor, moedig haar toe aan om ’n roman te skryf – iets wat so ’n bietjie meer om die lyf het as die liefdesverhaal of romanses. Zimbabwe was nog altyd in haar hart en kop en sy verafsku Mugabe en wat met die land gebeur het. Veral wat die plaasonteienings betref. “Ek moes daaroor skryf. Zimbabwe is vir my sinoniem met verwoesting en pyn.” (Beeld, 2 Augustus 2009). Toe skryf sy Gister is ’n ver land wat in 2009 by Tafelberg verskyn het.

Gister is ’n ver land vertel die verhaal van Maureen Sneddon Barnard wat in 1955 inderhaas uit Kenia moes vlug toe die Mau Mau hulle plaas aanval en haar man en tienjarige seun vermoor. Sy en haar dogter gaan woon in Rhodesië en haar tweede huwelik is weer met ’n boer. Hy is egter in die Bosoorlog oorlede. En toe in 2003 ontvang sy ’n uitsettingsbevel en moet die 79-jarige vrou dadelik haar familieplaas in Zimbabwe verlaat.

Melanie, Maureen se 40-jarige kleindogter, en haar oom Dawid is na Zimbabwe om Maureen en haar dogter, Elizabeth (Melanie se ma) te gaan haal en na Pretoria te neem. Die eerste vier hoofstukke word vanuit Melanie se perspektief vertel.

Vanaf hoofstuk 5 is Maureen die verteller. En hier word dagboeke, koerantknipsels en dokumente veral in terugflitse gebruik om die storie te vertel. Maureen se storie word teruggeneem na haar ouma, wat ’n verpleegster tydens die Anglo-Boereoorlog was. Ook die politieke onrus wat aangaande toeneem, eers in Kenia en later veral die Rhodesiese oorlog van 1972 tot 1980, wat nie net liggaamlike letsels nie, maar ook geestelike letsels laat, word goed vertel.

Vir Stoffel Cilliers (Beeld, 12 Augustus 2009) is Maureen ’n sterk persoonlikheid wat die leser nie sommer sal vergeet nie. Haar dogter, Elizabeth, daarenteen, “dra oorlog in haar saam, soos ’n virus” (p 69). Vir Cilliers bly die grootsheid van Afrika ’n tema van hierdie uiters realistiese, aktuele roman. Hy beskou die roman as ’n besonder fyn studie in verhoudinge.

“Nie slegs tussen mans en vroue nie, maar ook tussen meerderes en minderes, tussen swart en wit, tussen vyandige vegtendes, tussen buitelugmense en fynbesnaardes. (...) Uitstekende navorsing is gedoen oor Kenia en Zimbabwe. Die natuur, die mense en hul kultuur word in fyn besonderhede beskryf. ’n Nuttige kaart en woordelys dra by tot beter begrip. Die outentieke politieke gebeure wat die agtergrond vorm, maak die roman oortuigend. (...) ’n Vlot vertelstyl, oortuigende karakterbeelding en natuurlike dialoog dra by om hierdie stimulerende roman met sy dokumentêre inslag ’n aangename leeservaring te maak. Dit is ’n stewige, eietydse roman, doelgerig en insiggewend geskryf.”

Siska Martin (Volksblad, 4 Augustus 2009) beskryf Gister is ’n ver land as ’n roman wat vertel van liefde, verlies, waagmoed en hardkoppigheid. “Breytenbach skryf uit eerstehandse ondervinding oor die lewe in die ou Rhodesië, nog voor Ian Smith se onafhanklikheidsverklaring. Sy skryf met begrip vir dié wat daar gebore is en daar grootgeword het se liefde vir dié mooi land. Ja, Gister is ’n ver land is fiksie, maar die 352 blaaie van dié slapbandboek kan maklik die verhaal van menige Zimbabwiër vertel wat alles verloor het en gelukkig was om elders ’n heenkome te vind.”

Mariana Loots skryf in Die Burger (datum onbekend) dat dit ’n hoogs leesbare roman is, hoewel dit plek-plek sterk op stereotipes steun.

Oor die vreesaanjaende situasies in Zimbabwe en die Mau Mau-aanval in Kenia wat Malene so lewensgetrou beskryf, vertel sy (Beeld, 2 Augustus 2009): “Mense het uit die lande in die noorde wat uhuru gekry het, suid gevlug. My ouers het iewers pamflette gekry oor die gruweldade van die Mau Mau. Ons het bure gehad met ’n dogter wat Frans magtig was. Sy het gaan tolk vir Franssprekende vlugtelinge – nonne wat verkrag is, hul ore afgesny. Die bedreiging was altyd daar. ’n Kind in my klas se huis is afgebrand en hulle moes vlug. ’n Meisie van Eldoret in Kenia se ouers het haar na ons skool gestuur vir veiligheid. Ek ken die geskiedenis van Afrika.”

Malene voel dat Afrika al te veel van sy mense opgekou en uitgespoeg het (Beeld, 2 Augustus 2009). “Afrika is vol geweld, haat en konflik. In my boek het ek genoem dat mense gedink het hulle kan dit besit, maar eintlik het hulle net tydelik ’n stuk geil aarde vervreem van ander wat dit ook begeer en wat dit met geweld weer van hulle vervreem het. ’n Mens verlang terug, maar na skimme van die werklikheid wat verby is. Wat nou Zimbabwe is, is ’n tragedie. Afrika maak my soms bang. Teen die dramatiese historiese en politieke agtergrond van die boek bly jou fokus egter op die universele dinge waarmee mense hulle besig hou. Die lewe gaan voort te midde van die groot gebeure. Die media vertel ons wat besig is om óm ons te gebeur, ons praat met mekaar daaroor, ons vrees, maar ons hoop die ergste sal nie met ons gebeur nie. Jy leef gedurig in spanning. Almal sien die golwe van politieke onrus kom, maar wat kan jy doen om dit te keer?”

Suzanne Bezuidenhout skryf in haar resensie op LitNet Gister is ’n ver land ’n baie aktuele roman is wat Afrika in al sy grootsheid en gewelddadigheid vir die leser teken. Die hooftemas is die tydelikheid van besit, liefde, verlies en die verwerking van trauma. “Dié reis is nie net ’n verkenning van die Afrika-ruimte nie, maar tegelyk ’n kartering van Afrika se geskiedenis van geweld as gevolg van die drang om te besit en te heers. Deur Maureen se herinneringe aan haar verlede in Kenia en die destydse Rhodesië word die leser op ’n meer persoonlike reis geneem. Haar herinneringe word gekenmerk deur die ervaring van verlies. Deur Maureen se verlies van grond én van geliefdes word die tydelikheid en kortstondigheid van alle besit, ook die lewe, beklemtoon. (...) Met Gister is ’n ver land slaag Breytenbach daarin om ’n aktuele en boeiende roman te skryf. Afrika word uitgebeeld as ’n ruimte van skoonheid en geweld, van hoop en verlies, en ’n ruimte wat só veel kan gee, maar ook kan neem. In die roman lewer Breytenbach kommentaar op die drang om te besit en te heers. Die leser besef dat wanneer dit by Afrika en sy geskiedenis kom, alle besit en heerskappy bloot ’n tydelike vergunning is.”

’n Afrikaanse roman oor Zimbabwe deur ’n wit vrou is iets raars. Hieroor sê Malene (Beeld, 2 Augustus 2009) dat Afrikaans en Engels ewe swaar by haar weeg. Haar ouerhuis was Afrikaans en sy is met ’n Afrikaanse man getroud. Maar in haar jeug het sy meestal Engels gepraat, skoolgegaan en gestudeer. In Gister is ’n ver land is die karakters Engels en die inligting wat sy nagevors het, was Engels. Haar karakters praat hopelik soos die mense destyds in Zimbabwe gepraat het, of soos sy dit onthou.

In 2010 word Malene se volgende roman, Pluimprinse, gepubliseer. Die verhaal handel oor Olivia Bailey wat uit Kaapstad vlug nadat sy in haar huis aangerand is. Sy gaan na haar ouma in Oudtshoorn wat sy glad nie ken nie. Haar ma is deur haar ortodoks-Joodse pa onterf toe sy met ’n nie-Jood, Olivia se pa, weggeloop het.

Nadat Olivia op Oudtshoorn aangekom het, loop sy op die voetspore van een van haar voorsate, Sarah, wat, soos Olivia se ma, met die “verkeerde” man deurmekaar geraak het. Tydens haar soektog in die ou goed en met haar ouma se vertellings, kom sy op baie interessante inligting oor Sarah en haar tydgenote af. Die pluimpaleise van daardie jare wat tekens van die rykdom van die eienaars as, is die middelpunt van die verhaal. Die leser leer nie net die Oudtshoorn van vandag beter ken nie, maar ook die dorp se volstruisveer-geskiedenis. Daar word ook meer vertel van die destydse Joodse gemeenskap van Oudtshoorn. Die volstruisveerhandel was hulle belangrikste sakebedryf. Die probleme wat die Jode daardie jare ondervind het, word ook uitgebeeld. Die argitektuur van Charles Bullock en Johannes Egbertus Vixseboxse, die twee argitekte wat hoofsaaklike betrokke was by die bou van die pluimpaleise, word aan die leser voorgestel.

Volgens Stephanie Nieuwoudt (Rapport, 24 Julie 2010) is daar ’n paar dingetjies wat pla, soos die herhaaldelike verwysing na die feit dat Olivia se oë verskillende kleure is en die herhaaldelike verwysing na verval, maar dit is ’n heel leesbare boek wat jou lus maak om Oudtshoorn, en sy pluimpaleise, van naderby te gaan beleef.

Ronel Nel (Beeld, 19 Julie 2010) beskou Malene as ’n uithaler-storieverteller wat ’n era blootlê wat inherent aan die erfenis van die Wes-Kaap is. “Sy pendel gemaklik tussen die huidige en die verlede, en sodoende word die vergelyking van die toe en die nou soomloos omarm. Die pas van die boek taan soms, juis vanweë die lang haltes by die geskiedenis van die vervloë Oudtshoorn, en dit laat die leser voel dat hy nie heeltemal met ’n roman te doen het nie. As ’n stuk gedramatiseerde geskiedskrywing is dit ’n kragtoer.”

Corrie Geldenhuys (Volksblad, 6 Augustus 2010) het dieselfde voorbehoude as Nieuwoudt, maar beskou Pluimprinse as bevredigend en met tye boeiende leesstof oor die Oudtshoorn van weleer en vandag.

Riette Rust (Die Burger blogs) skryf: “Die historiese blik op Oudtshoorn is die sterkste element in hierdie roman. Breytenbach het die gegewens goed  na gevors, ook dié van die  argitekte  Charles Bullock en Johannes  Vixseboxse. Een van die  mooiste beskry wings is dié van die pluimpaleise wat hulle gebou het.  Breytenbach skryf: ‘Soos elegante  bejaardes staan hulle daar, in valletjies en kant, bepluim en gekorset.’ Wanneer die gloriedae van die  volstruisbedryf taan en geboue verval, verval verhoudings ook en sterf  familielede. Die mens is so anders as die volstruis ‘wat die vermoë (het) om (weens die oerkrag in hom) deur voor- en teëspoed te oorleef,’ is die boodskap.

“Soos die geskiedenis vir Olivia begin lewe, begin haar helings proses. Op 35 vind sy liefde en erf sy ook Courland House, haar  ouma se imposante tuiste met sy koper- en baldakyn-beddens.

“Hierdie roman sorg vir ’n paar  interessante kinkels rondom  identiteit: Is Abie, die man wat deur Olivia se  ouma aangestel is om haar kleindogter op te pas, werklik ’n  uitvaagsel? En wat is die waarheid  agter Michel le Riche se vriendskap met ’n pragtige meisie? Olivia vind algaande meer oor haar eie identiteit uit. Van die  begin af weet die leser Olivia het heterochronia – een blou en een groen oog, en is effe  heldersiende. Maar haar oumagrootjie Sarah se verlede, wat ’n huwelik met Piotr Ussakov, ’n Russiese prins en  wêreldklas  pianis, insluit, hou ver rassende nuus vir Olivia in.

“Die roman kom ongelukkig ’n sterk spanningslyn kort, dit boei nie  deuren tyd nie. Daarby word die leser her haaldelik en pertinent herinner dat die roman oor verval handel. Nie al die karakters is ewe  volrond nie. Paul Wannenburg, ouma Rebekah se dokter, is darem net te standvastig en goed. Abie wat ‘sy  rebelsheid soos ’n kledingstuk dra’ is veel interessanter. So ook die elegante Rebekah wat nog haar eie motor  bestuur en sedert haar man se dood nie meer kosjer leef nie. Soms is die taalgebruik outyds en werk die dialoog nie heeltemal nie.

“Kritiek daar gelaat, as jy van ge drama tiseerde geskiedenis hou, ’n  sagte plekkie vir Oudtshoorn het en nie lus het vir hogere letter kunde nie, lees  gerus hierdie storie.”

Volgens Gerard Scholtz (Die Burger, 5 Julie 2010) vloei Malene se skryfstyl, die storielyne en tydspronge in Pluimprinse maklik. Hy wil weet of dit ook haar ervaring was tydens die skryfproses – dat die skrywe en die storie maklik gekom het. “Die roman het anders verloop, maar ek het ’n groot deel oorgeskryf. Ek wou vertel hoe sekere families (Afrikaners, Jode en Engelse) tydens Oudtshoorn se bloeitydperk en in die hede op mekaar inwerk. Wat was die (soms) tragiese gevolge van die voorgeslagte se doen en late? In die tweede weergawe het Olivia my hoofkarakter in die hede geword en het ek die argitekte wat die herehuise geskep het, as karakters ingebring. Sarah, die ander hoofkarakter, uit die verlede het ook ’n meer definitiewe persoonlikheid gekry. Daarna het dit gevloei.”

Oor die boek se omslag en titel wat deur Michiel Botha ontwerp is, vertel Malene aan Gerard Scholtz (Die Burger, 5 Julie 2010) dat Botha ook verantwoordelik was vir die omslag van Gister is ’n ver land. “Hy het dit só goed gedoen dat ek gevra het hy moet my volgende roman se omslag ook ontwerp. Met Pluimprinse het hy die belle époque, die boom van Oudtshoorn wonderlik, onverbeterlik uitgebeeld in die art nouveau-styl wat die argitekte destyds in die ontwerp van die pluimpaleise gebruik het. Hy het die volstruise, die ou Rolls-Royce en die regte lettertipe gebruik. Dit was onmiddellik vir my aanvaarbaar.”

Malene het voordat sy begin skryf het, heelwat navorsing gedoen oor die fassinerende geskiedenis van die gemeenskap van Oudtshoorn en die volstruisboerdery. Op Oudtshoorn het sy in die ou pluimpaleis, Foster’s Manor, gaan bly en die dorpe en die CP Nel-museum goed deurgegaan om sodoende meer oor Charles Bullock uit te vind. Sy het gelukkig een foto van hom opgespoor en kon hom dus goed beskryf.

Malene was vanaf 2011 tot 2013 baie bedrywig. In 2011 verskyn Bloedgrond, haar roman oor grondeise en plaasmoord, asook een van haar mediese romanses. Die roman, Eenoogkoning, word in 2012 by Naledi uitgegee en nog ’n mediese romanse en in 2013 verskyn haar eerste publikasie by Rosslyn Pers, Kennis is mag en nog twee mediese romanses.

Die hooftema in Bloedgrond is die kwessie van grondeise. Die Malaza-familie stel ’n grondeis in op twee plase in Mpumalanga in die Nieu-Skotland-distrik. ’n Joernalis, Erin Bell, bevind haar, sonder dat sy daarvoor gevra het, vierkantig binne-in die situasie. Haar broer boer op die een plaas, Misty, dit is duidelik dat die familie verwag dat Erin se man, wat ’n advokaat is en van wie sy besig is om te skei, met sy regsagtergrond hulle moet help. Die ander plaas, Annendale, is die Buchanans s’n. Die gesin is jare vantevore daar vermoor, onder andere ook Erin se jeugliefde James. Die enigste lid van die Buchanan-gesin wat die plaasmoord vrygespring het, is Andrew, ’n oud-recce. Erin word met hierdie verlede gekonfronteer.

Andrew dra verseker ’n wrok in hom rond en dit is ooglopend dat die Malazas ook nog wrokkigheid in hulle binneste ronddra, al werk hulle lankal nie meer op die plase nie, maar leiers wat in hulle gemeenskap agting wegdra. Dan is daar ook die boeregemeenskap se vrese, intimidasie en ’n boer wat vermoor word. Dit alles maak die lewe vir polisie-superintendent Elsie Redelinghuys baie moeilik.

Vir Madri Victor (Rapport, 1 Julie 2011)druk Bloedgrond die vinger op ’n seer plek in die Afrikaner se psige. “Plaasmoorde en grondeise is besonder sensitiewe onderwerpe. In dié verhaal is die fokus op die posisie van die boere teen wie grondeise ingestel word en dié wat ná ’n plaasmoord met onverwerkte emosies agterbly.

“Die Buchanans se lot word in grusame detail beskryf. Breytenbach skram doelbewus nie weg van die ongemaklike nie; sy wíl die leser skok en konfronteer met die geweld, die sinloosheid daarvan en die uitwerking wat plaasmoorde het op mense wat klaarblyklik op die rand van so ’n gebeurtenis staan – ongeag of jy die wit boer of swart plaasarbeider is.”

Victor meen dat die navorsing deeglik en deurdag is; “daar is heelwat inligting oor die regsaspekte met grond eise. Ook feitelike inligting oor die geskiedenis van die streek word verskaf. Soos met haar vorige romans bly die leser deurentyd bewus van die uitwerking wat gebeure uit die geskiedenis op individue het (konsessies wat deur die Swazi-koning weggegee is, die Boereoorlog en die ontheemding van boere in Rhodesië word betrek). Juis daardeur kry die leser ’n beter begrip vir die optrede van sowel dié teen wie eise ingestel word as die grondeiser, al lê die simpatie duidelik nie by laasgenoemde nie.

“Ondanks besonder ingewikkelde en komplekse temas, word Bloedgrond nooit ’n swaarmoe dige, neerdrukkende roman nie. Daarvoor sorg die goeie skeut liefde waarom Breytenbach bekend is, en karakters soos supt Redelinghuis, wat altyd haar braairooster en ’n sixpack in haar kattebak saamry – net ingeval.”

Op LitNet skryf Riana Scheepers in haar resensie dat die eerste deel se ligte aanslag en styl van die liefdesverhaal-genre haar ’n bietjie verwar het. Sy was ook ongemaklik met die roman. “Wat aanvanklik as Erin se verhaal begin het, nadat sy haar man Ferdie en sy wulpse sekretaresse alte hups op sy lessenaar betrap het, het al gou iets van ’n hutspot geword met ’n menigte karakters en narratiewe style. Van die erotiese beroeringe van Marianne en haar ‘heerlike, opwindende geheim’, die soeterige liefdespad van Erin en Mac (193), en die werklik onsinnige opmerkings van Erin (wat byvoorbeeld ná die moord op haar broer sê: ‘Plaasmoorde raak nou régtig onrusbarend’, 195), tot die onthutsende weergawe van geweld soos dit deur Sylvia beleef word met die aanhoor van ’n Solidariteit-program oor plaasmoorde op die radio. Die gruwels van marteling, verkragting en moord word in grafiese besonderhede aan die leser gebied. Gooi nou nog hierby in die kwasigewetenswroeginge van Alfred Malaza, ’n paar tienerkinders se klein emosionele en seksuele oprispings, én die macho-bravade van ’n gewese recce, en ek voel soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smarties-boks.

“Die roman sou beslis gebaat het by een karakter se perspektief; dit sou koherensie gegee het aan die gebeure en dit in ’n herkenbare genre geplaas het. Want uiteindelik is Bloedgrond nie óf liefdesverhaal óf speurverhaal, of avontuurverhaal nie. Na my gevoel kan die swaarwigtige tema nie gravitas verleen aan die liefdesverhaal nie, en het die romantiese styl min bygedra tot die uitbouing van die komplekse, sentrale tema. En tog, te midde van my ongemak oor ’n konsekwente styl, is daar ook werklik opwindende momente, soos Erin se insiggewende historiese dokument oor grondbesettings in die Oos-Transvaal (nou Mpumalanga) (95 ev). Dit is een van die werklik opwindende insette in die eerste gedeelte, wat my laat wonder of Breytenbach nie ’n soortgelyke ondersoekende joernalis-karakter in nuwe romans moet ontgin nie. Dit sal die outeur se kundigheid, kennis en styl uitstekend pas.

“Dit is eers met die aanvang van die opwindende tweede gedeelte van die roman dat dit my getref het: die struktuur wat Breytenbach aan hierdie roman gee, is soortgelyk aan die uiters suksesvolle televisiereeks Law and Order. Dit is ’n program waarna ek graag kyk, veral vanweë die opwindende tweede gedeelte, waarin die regsprosesse orde in die soms rommelrige speurgedeelte skep.

"Dieselfde gebeur in Bloedgrond. Waar die eerste gedeelte gewemel het van karakters en dinge en style en onrustigheid, is Deel 2 vaartbelyn en doelgerig. Die aanbod van karakters en perspektiewe is minder, en alles gefokus op die sentrale gebeurtenis van die hofsaak en die uitwys van die skuldiges. In hierdie gedeelte het die skrywer my omgeboul: met karakters wat sprankelend ontwikkel (Elsie en Ferdie én Marianne), gebeure wat doelgerig koers kry, spanningsdrade wat stywer geknoop word met die intriges van die hofsaak, en ’n verrassende einde. Hier is Malene Breytenbach soos ’n seilskip in volle vaart, pragtig, met seile wiekend in die wind, onstuitbaar.

Bloedgrond is die rede waarom ek vermoed dat hierdie skrywer besig is om haar skrywersvisie wyer te stel, soos ek aan die begin gesê het. Ek is seker dat die volgende roman wat ek gaan lees, minder van die swiets in ’n lucky packet gaan wees; dit gaan ’n volle maaltyd wees. Met rooiwyn.”

Eenoogkoning (2012) vertel die verhaal van ’n Kaapse vrou, Salome Binnemans. Sy is die fyn opgevoede dogter van ’n parlementslid en in haar lewe leef sy deur vier oorloë: Die Boereoorlog, die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Sy ontmoet in 1899 twee mans: Julian Atterbury, seun van ’n sogenaamde Randlord, en graaf Klaus von Mittelbach, kaptein in die koloniale troepe van Duits-Suidwes-Afrika. Haar pa wil graag  vir Salome getrou kry, verkieslik met ’n man met baie geld. Sy trou met Klaus en hulle gaan vestig hulle in ’n kasteel wat hy in die Namib gebou het. Die verhouding se paadjie is nie altyd so egalig nie en Salome moet verlies en verraad verwerk en ook netelige keuses maak. Klaus sterf in 1916 in die oorlog in Duitsland en Salome is terug na Suid-Afrika waar sy weer vir Julian raakloop.  Dit is ’n verhaal vol verrassende wendings.

Eenoogkoning was een van die tien finaliste in LAPA se 2011-romankompetisie.

In Sarie (5 Oktober 2012) wou Phyllis Green by Malene weet waar sy die idee vir Eenoogkoning gekry het. Malene het vertel dat vriende van haar wat in Namibië was, haar vertel het van die Duwisib-kasteel anderkant Lüderitz en van die Pruisiese baron wat dit gebou het. So is Klaus von Mittelbach gebore. “Ek het ook gewonder oor die vrou wat so ’n man na die wildernis volg, wat om sekere redes lyding en verliese ervaar, en hoe haar lewe tydens die huwelik en daarná sou verloop.”

Die oorloë en die gegewens van die oorloë is histories korrek, maar Malene se karakters wat sy tussen die ware geskiedkundige figure gesitueer het, is fiktief. Schloss Mittelbach se mense, asook Kaapzicht en Schoongezicht is ook fiktief.

Malene vertel aan Phyllis Green dat sy haar inligting hoofsaaklik in geskiedenisboeke en op die web gekry het, veral dié oor die oorloë en politieke strominge. Sy moes vanselfsprekend ook inligting kry oor Namibië se geskiedenis en aardrykskunde. En gelukkig is daar ’n boek deur Harald Nestroy oor die Duwisib-kasteel en baron Hansheinrich von Wolf beskikbaar, getiteld Duwisib, a German castle in Namibia and its master Hansheinrich von Wolf.

Kennis is mag (2013), speel af in ’n akademiese omgewing, naamlik die fiktiewe Universiteit van Utopia (wat baie raakpunte met Stellenbosch het). Die tyd waarin die roman afspeel, is die hede, met verwysing na die Suid-Afrikaanse politiek, maar die name van die universiteite is fiktief. Soos die Universiteit van Utopia waar die verhaal afspeel of die Universiteite van die Weste en van Azanië, die ander akademiese instansies waarna verwys word.

Dit begin met ’n aanhaling deur die Nobelpryswenner en diplomaat Henry Kissinger, wat ook later in die boek aangehaal word: “University politics makes me long for the simplicity of the Middle East. Academic politics are so vicious because the stakes are so low.”

Malene ken die akademiese wêreld baie goed en vir Marike van der Watt op LitNet span sy hierdie kennis goed in en kry die leser ’n goeie kykie in die ratwerk van ’n groot akademiese instelling, hoewel dit dalk effens oordrewe is as gevolg van die satiriese inslag.

Van der Watt gaan voort: “Die drama skop reeds in die openingstoneel af wanneer ’n ongeïdentifiseerde karakter ’n dreigbrief ontvang. In die volgende toneel jaag ’n motor vieruur in die oggend met skreeuende bande weg, en die volgende dag word die dinamiese en gewilde rektor, Josef Herholdt, dood aangetref in sy stoorkamer. Almal vermoed gemene spel en die polisie ondersoek ’n saak van moord. Kaptein Anna Steyn, wat al die luuksheid en oordaad van die rektorskantore as buitestander beoordeel, wonder wie voordeel kon trek uit die rektor, wat sy met ’n koning vergelyk, se dood.

“Die verhaal spring dan ’n jaar terug, toe Julia de Ville die eerste keer haar opwagting by Utopia gemaak het vir haar onderhoud vir die pos van viserektor: navorsing en internasionale betrekkinge. Die verhaal verloop dan chronologies op haar pad van onversadigbare ambisie met haar aanstelling as viserektor tot kort na die dood van die rektor. Omdat ’n mens van die begin af reeds weet dat die rektor onder suspisieuse omstandighede dood is, ontleed die leser deurentyd elke nuwe karakter en situasie om vas te stel wie die moontlike skuldige is. Maar die einde is tog onvoorspelbaar, met ’n ekstra kinkel ...

“Soos in Pluimprinse, staan die uiterlike vertoon van welvaart sentraal tot die verhaal. Welvaart dui hier op akademiese sukses en mag – nie net van die Universiteit van Utopia nie, maar ook van die karakters. Daar is luukse sportmotors, viertrekvoertuie en ’n seiljag, etes in duur restaurante, oorsese reise. Maar wanneer daar dieper gedelf word, het die universiteit, ten spyte van die oënskynlike welvaart, finansiële probleme wat aan onder andere wanbestuur toegeskryf kan word. Ook die karakters met hulle ontwerpersklere, gemanikuurde hande en perfek-gestileerde haarkapsels, versteek allerhande onheil agter die fasades van sukses en welvaart – rugstekery, jaloesie, ondergrawery, korrupsie. Verhoudings tussen verskillende rassegroepe, wat op die oog af netjies vlot, is ook nie wat dit voorgee om te wees nie. Dus ’n geval van ‘van bo blink, van onder stink’.”

Vir Van der Watt was die teks egter nie heeltemal afgerond nie. “Die omslagontwerp lyk onprofessioneel en daar is ook kwessies wat met ’n swaarder redigeerhand uitgestryk kon gewees het: die beampte en nagwag, Denver Julius, is skynbaar 24 uur per dag aan diens; Julia de Ville se vlammende rooi hare en groen oë word bykans in elke hoofstuk waarin sy figureer, gemeld; en die leser moet minstens drie keer lees van Shawn Adams se leeu-oë. Lesers wat ’n speurverhaal verwag, sal teleurgesteld wees – kaptein Anna Steyn, wat vroeg in die verhaal as fokaliseerder optree, en van wie mens dus kan verwag dat sy ’n belangrike rol in die verhaal speel, verdwyn heeltemal en verskyn eers weer aan die einde om die leierskap van die universiteit in te lig oor die resultate van die polisie se ondersoek.”

Maar as die kritiek buite rekening gelaat word, beskou Van der Watt die boek as een sonder pretensies en sy meen dat lesers wat hou van ’n storie met baie intriges, Kennis is mag sal geniet.

Op die resensie van Marike van der Watt het Wannie Carstens (ook op LitNet) as volg gereageer: “Die breë strekking daarvan, dat die boek lekker lees, is waar. Ek het dit self gelees en omdat ek self aan ’n universiteit verbonde is, dit interessant gevind en dit ook geniet sonder om iets meer verborge te soek. Ek het vir Malene laat weet sy kan die Afrikaanse David Lodge, wat bekend is oor sy boeke oor die akademiese konteks, word. Dis bloot sosiale kommentaar oor ’n fenomeen - die lewe van akademici. Malene, skryf gerus nog hiervan. Ek sal graag wil hoor hoe Julia de Ville vaar as rektor van die universiteit.”

In Rapport (17 Augustus 2013) skryf Christell Stander soos Breytenbach in Bloedgrond bloot die tema van plaasmoorde as agtergrond gebruik het vir ’n romanse, gebruik Kennis is mag ’n universiteitsmilieu om ’n storie te vertel. Daar is dele in Kennis is mag waar Julia se dialoog Stander aan Joan Hambidge se karakters in Swart koring en Die swart sluier herinner, maar dit is waar dit eindig, want van satirisering is daar nie sprake in Kennis is mag  nie. Dit is nie ’n spanningsverhaal nie en ook nie ’n romanse nie. Daar is ook geen dramatiese ontwikkeling van die ingewikkeldheid van die mens nie. Maar Stander meen dat lesers wat van Malene se boeke hou, dit tog sal geniet.

Een van Malene se verhale, “Polvye”, is opgeneem in die bundel Bloots wat in 2012 by Tafelberg uitgegee is en “Arms” is opgeneem in Skarlakenkoors (Tafelberg, 2013).

Malene is nou voltyds skrywer, maar is bang om te sê waarmee sy tans (November 2013) besig is. Maar sy het darem laat glip dat sy in die pylvak is van ’n roman oor verraad in die Boereoorlog en die reperkussies daarvan in die tagtigerjare.

In 2019 word drie e-boeke van Malene by Amazon gepubliseer. In Anderkant omdraai gaan sy terug na die land waar sy ’n groot deel van haar kinderjare deurgebring het: Zimbabawe: "Die Rhodesiese/Zimbabwiese oorlog is lankal verby en die land is sedert 1980 onafhanklik. Robert Mugabe is steeds president. Die regerende Zanu-party word deur die Movement for Democratic Change (MDC) geopponeer. Die ekonomie het agteruitgegaan en baie mense het die land verlaat. Die mense wat gebly het voer dikwels ’n stryd om oorlewing.

"’n Vrou keer terug na die mense en plaas van haar jeug. Erge ontnugtering wag op haar. Haar broer, ’n oud-Selous Scout, neem wraak vir die verlies van sy plaas.
Sy sien egter weer die man van wie sy jare gelede geskei is en neem hulle dogter om haar vervreemde pa te leer ken. In dié land vol haat, onsekerheid en spanning kan daar wel liefde, vergiffenis en versoening kom." (Amazon)

Ook in The lions and the scavengers skryf sy oor Zimbabwe, asook in Yesterday is a lost country wat al in 2012 ’n eerste uitgawe beleef het. In laasgenoemde vertel Malene die verhaal van Maureen Sneddon-Barnard wat deur die Mau-Mau uit Kenia verdryf is en haar toe in Zimbabwe gaan vestig het. Toe sy van haar plaas gedwing word, neem sy haar dagboeke en koerantknipsels saam sodat haar kinders van die moed, die risiko's, die vreugde en die verdriet kan leer. Sy het Afrika geken en liefgehad, maar haar en haar mense se voetspore in Afrika kan deur hierdie veranderinge vir ewig weggewaai word.

In ’n onderhoud met Vrouekeur vertel Malene dat sy self ’n passievolle leser en navorser is. "Ek lees van kleins af baie en as mens stories soveel geniet, kan dit jou nogal inspireer om self te probeer skryf. Hoeveel wêrelde lê nie in literatuur opgesluit nie? Dit is ontvlugting, dit is leersaam, dit verryk jou lewe," is haar mening.

Malene is baie lief vir geskiedenis en as gevolg van hierdie invloed is sy ’n baie goeie navorser. Haar mening oor geskiedenis is dat elke mens ’n verlede het wat ons gemaak het wat ons vandag is. "Historiese gebeurtenisse wat my fassineer, is die Rhodesiese Bosoorlog en die Boereoorloë, veral die tweede, die grote. Soveel verhale is daarby ingeweef. Soveel menslike drama. Ek spot altyd dat ek die geskiedenis by die hare insleep waar ek kan."

Vanaf 2014 het veertien nuwe romanses uit Malene se pen verskyn, terwyl haar gewildheid onder die lesers bewys is deurdat sewe van haar romanses ’n heruitgawe werd is. Ook is van haar verhale opgeneem in Hartklop Omnibus 1–4 met die vyfde een wat ter perse is. Een van haar verhale is ook opgeneem in Melodie Omnibus 3 met nommer 4 wat in 2019 gaan verskyn.

In ’n onderhoud met Suzette Kotzé-Myburgh op Skrywers en boeke op RSG het Malene gesels oor die verskil tussen roman en romanse. ’n Roman is langer as ’n romanse, met ’n storie wat ’n bietjie "meer om die lyf" het. ’n Roman hoef ook nie ’n gelukkige einde te hê nie, terwyl dit by ’n romanse ’n gegewe is dat die einde gelukkig moet wees. ’n Romanse is ook  meer van ’n emosionele belewenis.

Publikasies:

Publikasie

Palmyra herleef

Publikasiedatum

  • 2005
  • 2014

ISBN

  • 0799334464 (hb)
  • 9780799360899 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Treffer-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Huis van my hart

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2015

ISBN

  • 079933541X (hb)
  • 9780799373097 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Eike-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Diamante in die stof

Publikasiedatum

2006

ISBN

0799336157 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die geheim van Aurora

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 0799336688 (hb)
  • 9780799350630 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Treffer-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Godin van die wingerd

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2014

ISBN

  • 0799336785 (hb)
  • 9780799360905 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Keurbiblioteek
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Verskeurde hart

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799337372 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Liefste vreemdeling

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2011

ISBN

  • 978799337556 (hb)
  • 9780799350623 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Ster vir Stella

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2014

ISBN

  • 9780799337570 (hb)
  • 9780799360912 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Eike-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Skat uit die see

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799338478 (hb)

Uitgewers

Pretoria: Eike-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eiland van liefde

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799338676 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Oase van liefde

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2014

ISBN

  • 9780799339291 (hb)
  • 9780799360929 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Safari na liefde

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2015

ISBN

  • 9780799339376 (hb)
  • 9780799373387 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Eike-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Maak my hart gesond

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2015

ISBN

  • 9780799339536 (hb)
  • 9780799373219 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Reünie van harte

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2013

ISBN

  • 9780799340150 (hb)
  • 9780799360547 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Eike-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Held uit die verlede

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2012

ISBN

  • 9780799340204 (hb)
  • 9780799357158 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Keurbiblioteek
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hoe kwesbaar die hart

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780624045700 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Liefde in Venesië

Publikasiedatum

  • 2008
  • 2012

ISBN

  • 9780799340341 (hb)
  • 9780799357165 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Treffer-Boekklub
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Kasteel vir Moira

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780799341041 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Doolhof van liefde

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780799341171 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Romanza

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Intrige op Imbovali

Publikasiedatum

  • 2008
  • 2012

ISBN

  • 9780799343144 (hb)
  • 9780799357141 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Heler van skade

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624046332 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hertog van die Pampas

Publikasiedatum

2008

ISBN

97806240469236 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In jou hande

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624047148 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Gister is ’n ver land: ’n roman

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624047278 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels eBoeke vir Afrika 2013

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Tot die dood ons skei

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624047407 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Verbode liefde

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624047841 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Roep van die woestynwind

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624047933 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dokter sonder grense

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624048572 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pluimprinse

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624048251 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dokter van  ver

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780624052937 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Bloedgrond

Publikasiedatum

2011

ISBN

97780624052746 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eenoogkoning

Publikasiedatum

2012

ISBN

9781920518271 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Naledi

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Yesterday is a lost country

Publikasiedatum

  • 2012
  • 2019

ISBN

9780987044594 (e-book)

Uitgewers

eBooks for Africa

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hartstog op see

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780624054559

Uitgewers

Tafelberg: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Kennis is mag

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780992197841 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Rosslyn Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Locum vir liefde

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780624057642 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eiland van drome

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780624065012 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Mediese romanse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Maya en die operaster

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780799364798 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met die oog op liefde

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780624070214 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hartklop Omnibus 1. Saam met Kristel Loots en Rykie Roux

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780624073949 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

My redder, my beminde

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780624074618 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Geheime liefde

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780624076711 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Satyn

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hartklop Omnibus 2. Saam met Amelia Strydom en Vera Wolmarans

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780624076834 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lorna en die professor

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799379341 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Grenslose liefde

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780624079828 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Van sorg na liefde

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780624080893 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Satyn

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hartklop Omnibus 3. Saam met Madeleine Malherbe en Rykie Roux

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780624080923 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die professor en die beterweter

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780799382525 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

My ster jou ster

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799388206 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vlug na Santorini

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780624084570 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Satyn

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hartklop Omnibus 4. Saam met Madeleine Malherbe en Rykie Roux

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780624084631 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Sophia se beskermengel

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780624085621 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In my drome

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780624086246 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Huis van geheime

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799391626 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Toskane roep my hart

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799393538 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Anderkant omdraai

Publikasiedatum

2019

ISBN

e-boek

Uitgewers

Amazon

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The lions and the scavengers

Publikasiedatum

2019

ISBN

e-boek

Uitgewers

Amazon

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

As Marilyn Bennett:

Publikasie

Vir liefde en vryheid

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624046264 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Melodie

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Waar liefde vonkel

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624047056 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Artikels oor Malene Breytenbach beskikbaar op die internet:

Artikels deur Malene Breytenbach beskikbaar op die internet:

Bronne

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
  • Persoonlike korrespondensie met Malene Breytenbach

Die samesteller vra om verskoning vir Media24-argiefskakels wat tans nie werk nie.

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Malene Breytenbach (1948–) appeared first on LitNet.

Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie

$
0
0

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies vanjaar aanbied.

Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

Na deeglike oorweging van die aansoeke, wat van hoogstaande gehalte was, is die volgende ses skrywers as suksesvolle aansoekers aangewys:

  • Jeremy Vearey
  • Kirby van der Merwe
  • Lynthia Julius
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer
  • Ryan Pedro

Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir ’n maand aan ’n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe. Vervoer in Somerset-Oos sal ook aangebied word.

“Dit was ’n plesier om deur soveel sterk aansoeke te werk,” vertel Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting. “Daar is belangrike verhale wat wag om vertel te word en gedigte wat wag om geskryf te word. Ons wil met hierdie projek Jakes Gerwel se liefde vir Afrikaans vier en ons pas gerestoureerde skrywershuis benut om soveel as moontlik skrywers te ondersteun. Ons glo dat die skrywersresidensie die skrywers die nodige tyd en ruimte sal gee om goed met hulle skryfwerk te vorder. Dit is uiteindelik tot ons almal se voordeel.”

“As ’n skrywersvereniging is PEN Afrikaans onder meer daarop gemik om skrywersbelange te verteenwoordig en te bevorder. Die Skrywersresidensie is presies die tipe projek wat ons graag ondersteun en ons is dankbaar om dit in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting te kan doen,” sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. “Ons wens die skrywers ’n goeie en produktiewe verblyf in Somerset-Oos toe.”

 

Rig asseblief navrae aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za

Die Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die werksaamhede en belangstellings van Gert Johannes “Jakes” Gerwel voort te sit in die ontwikkeling en bevordering van die opvoedkunde, kuns en kultuur en die sosiale geregtigheid in Suid-Afrika in die algemeen. Die stigting fokus veral op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde.

PEN Afrikaans is ’n vereniging van skrywers, joernaliste, uitgewers en belanghebbendes wat, deur lidmaatskap aan PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans is gerig op die bevordering van die Afrikaanse letterkunde en die reg tot vryheid van uitdrukking.

 

The post Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur

$
0
0

Die bestuur van PEN Afrikaans het die verwikkelinge rondom die Ghoemas gevolg en volg sedertdien die reaksies daarop. Dit is verblydend dat daar knap en helder-beredeneerde meningstukke daaroor verskyn het. Dié stukke is in teenstelling met sosialemedia-kommentaar wat plek-plek aanvallend en verwerplik is. Dit is duidelik dat ’n senuwee raakgeboor is deur die onttrekking van “Die Land” in die kategorie vir beste musiekvideo nadat MultiChoice, die hoofborg van die toekennings, gedreig het om as borg te onttrek. Die rede hiervoor is Steve Hofmeyr, met wie se politieke sienings hul nie wil assosieer nie, se betrokkenheid by die lied. Sedertdien het MultiChoice die verreikende besluit geneem om enige inhoud waarby Steve Hofmeyr betrokke is van hul platforms te verwyder.

Die onderwerpe wat in gesprekke hieroor aandag kry, is juis die sake waarvoor (en waarteen) PEN Afrikaans dikwels standpunt inneem: uitdrukkingsvryheid, sensuur, die kunste, Afrikaans. PEN Afrikaans ondersteun uitdrukkingsvryheid en is gekant teen sensuur. Ons fokus op die viering en die bevordering van die kunste, spesifiek die woordkuns, en van Afrikaans binne ’n meertalige verband.  Ons het egter tot dusver geen kommentaar gepubliseer nie. Ons wil hier ’n verskeidenheid stemme oor die aangeleentheid laat hoor – en hopelik die nuanses daarvan belig.

Ons het bydraers gevra om hul indrukke oor die insident en die gevolge daarvan neer te pen. Vrae waarop hulle kon ingaan, is:

  • Kom die onttrekking van “Die Land” van die Ghoema-toekennings op grond van een van die kunstenaars se politieke sienings neer op ’n inperking van uitdrukkingsvryheid of ’n vorm van sensuur?
  • Indien wel, is daar regverdiging daarvoor?
  • Onderlê ’n stryd vir Afrikaans die hewige teenkanting teen die onttrekking van die lied?
  • Word die kunste bedreig deur sodanige ingrype deur borge?

Hul bydraes is hier onder.

Kerneels Breytenbach
Skrywer, ouduitgewer en voormalige voorsitter van PEN Afrikaans

Die gedwonge onttrekking van “Die Land” uit die kortlyste vir die Ghoema-toekennings was sensuur, iets waarteen Afrikaanse skrywers sedert die jare sewentig geveg het. Ek glo nie hierdie sensuur het enigiets anders vermag as om Hofmeyr en sy geesgenote se harte te verhard nie. Mens bereik niks met sensuur nie. As jy in die vryheid van spraak glo, moet Hofmeyr en kie gehoor word – en is dit ook my plig as iemand wat nie met hom saamstem nie, om daarteen stemming te maak op ’n manier wat my pas.

Dit sou verkeerd wees om te dink dat die stryd vir Afrikaans hier ’n rol speel. MultiChoice, wat die dryfkrag agter die sensuur was, wil nie hê dat hul naam en bedingingsposisie besoedel word in die oë van die regerende party nie. Daar is groot gesprekke in raadsale en politieke enklaves aan die gang oor maniere waarop MultiChoice se monopolie op hul gebied opgebreek kan word. Dit is waarvoor hulle bang is – assosiasie met Hofmeyr via die bekroning van “Die Land” sou ’n nuttige stok gewees het waarmee hulle geslaan sal kan word wanneer die owerheid weer vir MultiChoice onder die vergrootglas plaas.

Bettina Wyngaard
Skrywer, kommentator en regsgeleerde

Daar is natuurlik heelwat wat alreeds oor die naam van die Ghoema-toekennings gesê kan word, en die kulturele toe-eiening wat daar problematies is. Oor die huidige brouhaha wil ek net vier punte maak:

  • Net soos wat dit gewone burgers se vrye reg is om hul geld van Spur weg te hou oor redes wat niks te doen het met die gehalte van hul steaks nie, net so is dit die reg van borge om hul fondse te weerhou van kunstenaars vir redes wat niks met hul kuns te make het nie. Elkeen kan mos met sy geld maak wat hy wil.
  • Elke reg gaan gepaard met ʼn verpligting. Daar is sekere regte in ons grondwet wat onbeperk is. Vryheid van spraak is nie een van hulle nie. Haatspraak word nie toegelaat nie. Maar dan wil ek dit dadelik beklemtoon. Hofmeyr se vryheid van spraak is nie hier aangetas nie. Hy kan sing wat hy wil en sê wat hy wil. Borge maak dit net duidelik dat dit nie met hulle geld en op hulle platforms sal gebeur nie, en dis hulle goeie reg. Dit staan Hofmeyr en sy ondersteuners vry om hul eie geld te gebruik om sy boodskap te versprei. Niemand keer hulle nie.
  • Hierdie is nie ʼn aanval op Afrikaans nie. Die borge wat weier om met Hofmeyr geassosieer te word, doen almal baie vir Afrikaans. Toyota is van 2020 die hoofborg vir Woordfees, wat sekerlik die grootste inklusiewe Afrikaanse fees in die land is. MultiChoice het verskeie kanale wat eksklusief aan Afrikaans gewy word. Afrikaans word nie aangeval nie, en dis ʼn fout om hierdie voorval so te probeer tipeer. Dit gaan hier om ʼn veel groter gesprek. Dit gaan oor watter nasie ons wil bou, en hoe ons in gesprek met mekaar gaan. Dit gaan oor ʼn keuse vir inklusiwiteit en teen rasseverdeeldheid. Al waarvan Hofmeyr ʼn ambassadeur is, is ʼn toenemend verregse onverdraagsame rassisme. Dis nie waarvoor die meeste Afrikaanssprekendes staan nie. Om die een met die ander te vergelyk, is ʼn vals ekwivalensie. Dis nie eens ʼn aanval op witheid nie, tensy witheid onverdraagsaamheid en rassisme beteken.
  • Na my mening behoort meer borge hul waardes bekend te maak en hulself te distansieer van enigiets en enigeen wat vrede en verdraagsaamheid in ons land bedreig.

Izak de Vries
Skrywer, bemarkingshoof en PEN Afrikaans-bestuurslid

Die herrie rondom die Ghoemas en Steve Hofmeyr laat die ou vraag weer ontstaan: Wanneer is borgskappe wat mense uitsluit sensuur? En: Wanneer is sensuur geregverdig, indien ooit?

Vir my is dit positief wanneer ’n sekere borg sê: Ons sit ons geld agter ’n sekere projek.

Kyk byvoorbeeld na Toyota wat besluit het om die naamborg te word van die Woordfees op Stellenbosch. Dit is lekker. Toyota sê hiermee hulle assosieer met Saartjie Botha en haar fantastiese span se visie. Ja, dit is grootliks Afrikaans, maar dit is ook inklusief en baie opsetlik so. Toyota sê: Daardie visie steun ons.

MultiChoice se kanaal kykNET is ook ’n groot borg van die Woordfees, en van ander inklusiewe feeste.
’n Borgskap plaas dus ’n soort stempel van goedkeuring op die span wat enige geleentheid reël.
Die vraag sou dan ontstaan: As jou huiswerk gedoen is en die span wat die geleentheid reël is reeds goedgekeur, mag hulle / moet hulle verder gepolisieer word?

Wat sou gebeur as Borg X vir die span by Geleentheid Y sê: Ons steun jou, maar ...

Sou enige borg vir Saartjie Botha en haar span durf voorskryf wie op die Woordfees se verhoë mag verskyn? ’n Mens sou nie so hoop nie.

Lê riglyne neer en volg dit

Kuns is ’n blikskottel. Kunstenaars is boonop mense en mense is blikskottels.

Borgskappe kan kunsgeleenthede maak of breek.

Indien ’n maatskappy vooraf sê dat hulle bereid is om, volgens sekere kriteria, borgskappe toe te ken, dan moet daardie kriteria deeglik uitgespel word.

’n Mens sou kon dink dat ’n erg konserwatiewe maatskappy sou kon sê: Ons borg geen pryse van enige kuns waarin kragwoorde gebruik word of enige vorm van kritiek op godsdiens voorkom nie. Dit is hulle keuse en dit is die keuse van die organiseerders om daardie kriteria te aanvaar, al dan nie. Sou die organiseerders dan iemand nomineer wat nie aan die kriteria voldoen nie, dan sou die borg die reg hê om die kontrak onder hulle aandag te bring en, les bes, te onttrek.

Sou die organiseerder egter wel die riglyne, of gebrek daaraan, volg en mense nomineer wat problematies is, sou dit waarskynlik beter wees om dit in ’n persvrystelling duidelik te maak dat Borg X uiters ongemaklik is om met die nominasie van Kunstenaar Y, maar dat sensuur nie toegepas sal word nie. Hulle mag so ver gaan om dit duidelik te maak dat hulle gekose ambassadeur by die geleentheid nie die prys sal oorhandig nie, sou die kunstenaar wen.

As kunstenaars hulleself in die openbaar uitspreek oor goed wat problematies is, sou borge die reg hê om hulself ook in die openbaar daaroor uit te spreek.

Om egter borgskappe toe staan en dan te onttrek, bloot omdat die borg nie saamstem met die kunstenaar nie, sou as sensuur gelees kan word.

Die vraag is: Wie word volgende gesensureer?

Steve en die wit nasionalisme

Steve Hofmeyr is baie opsetlik. Hy praat graag namens ’n baie klein aantal, verbitterde mense. Dit is sy keuse. Hy maak daarmee vir hom sekere deure oop en ander deure toe.
’n Mens sou kon verstaan as ’n groot maatskappy voel hulle wil nie ’n direkte borgskap toestaan aan Steve en sy span nie.

Deur nie vir Steve direk te borg nie, of deur wel vir hom geld te gee en daarmee jou logo op sy kitaar te sit, maak ’n stelling. Dit verstaan ’n mens.

Deur egter ’n organiseerder te dwing om op te tree teen iemand nadat jy reeds ’n borgskap aan die organiseerder, nie persoon nie, toegestaan het, dit verstaan ek moeiliker.

Wanneer word protes aanstootlik?

Luister gerus na Churchil Naudé se album Kroesifaaid. Naudé slaan met harde woorde daar. Ek het baie waardering daarvoor, maar as mense nie daarvan hou nie, sou ek dit kon verstaan. Sou ’n groot borg die reg hê om te onttrek aan ’n sekere geleentheid as Churchil sou optree? Dit sou hartseer wees.

Helen Zille het al ’n paar keer vreemde twiets die eter ingestuur. Gaan ons borge aandring dat sy van alle verhoë verban word waar hulle vlae wapper? Mmusi Maimane sal dalk bly wees as Zille nooit weer in die openbaar verskyn nie, maar is dit reg?

Zille is ’n politikus. Hofmeyr dink hy is ’n politikus. Malema is ’n politikus. Ons mag van hulle verskil, ons mag met hulle saamstem.

Steve Hofmeyr is egter ook ’n sanger en hy is baie beter as die meeste getjommel wat op RSG gehoor word. Dit is moontlik om sy kunstenaarskap te erken, maar ook om opsetlik sy politieke standpunte in die openbaar te kritiseer.

Ek vind dit jammer dat Steve homself en Afrikaans soveel skade aandoen deur ’n agenda te dryf waarmee ek nie kan saamstem nie. Ek kan nie en sal nie sy politiek steun nie.

Sou ek sensuur op sy kuns steun weens sy politieke sienings? Nee, ek is ongemaklik daarmee ook.
Ek vra weer: As Steve se kuns vandag gesensureer word, wie is volgende?

Colette Combrink
Student, rubriekskrywer en redakteur van die kampuskoerant Wapad

Die Ghoema-Steve-sage is ’n ingewikkelde een, en mense is selfs al besig om hulle skottels van hulle dakke af te gooi en dekodeerders te braai. Ek dink dis dalk bietjie melodramaties, en dat dit eenvoudiger is om net jou intekening te kanselleer, maar dis net ek. Ek dink dis baie duidelik dat hierdie beheer van die uitsaaier deur die borge vir seker sensuur is, en as mens kyk na hoe die Ghoemas uitgedraai het, het dit vir seker ’n effek op die kunste.

Steve is nie die begin en die einde van Afrikaans nie, nie eers van Afrikaanse musiek nie. Ek dink nie Afrikaans word werklik in gedrang gebring nie – die taal het baie erger al oorleef en dit sal ook weer. Dit sê egter nie ons moet hierdie aanslag op die kunste net gelate aanvaar nie, want dit kan ook die begin wees van ’n groter sensorskapkultuur wat besig is om in die land te groei.

Bernard Odendaal
Digter, bestuurslid van PEN Afrikaans en direkteur van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit

My waarneming is dat MultiChoice se aandrang dat die nominasie van die “Die Land” op die “beste musiekvideo”-Ghoemakortlys onttrek moet word, op polities-ideologiese oorwegings berus het.

Raker probeer sê: Dit was ’n aandrang geïnspireer deur ’n afkeer aan die polities-ideologiese standpuntinname deur ’n bepaalde indiwidu wat ook ’n gesiene (dus: opvallende) vermaaklikheidskunstenaar is: Steve Hofmeyr. Hy wat daarvan hou om homself as ’n soort Afrikanerkapokhaan te profileer.

Na my wete is nêrens te kenne gegee dat ’n afkeuring van die strekking van die bepaalde lied die motief vir MultiChoice se aandrang was nie (hoewel ’n mens ongemak daarmee by dié instansie, soos by baie van ons, vermoed).

Die Ghoema Musiektoekennings het wesenlik NIE te doen met beskouings van polities-ideologiese aard nie. Dit gaan ook nie soseer oor persone/persoonlikhede nie, maar oor die estetiese en/of vermaakliksgehalte, dus ook die kulturele waarde, van nuutgeskepte Afrikaanse liedjies. Uiteraard staan so ’n geleentheid, en die vermaaklikheid-/kultuursektor waarbinne dit sy funksie het, nie los van ander samelewingsterreine nie (soos MultiChoice se optrede, en die openbare herrie wat daaroor losgebars het, weldeeglik getuig). Die Ghoema-trust se mandaat setel egter, PRIMÊR, nie elders as in die kulturele vermaaklikheidsektor nie.

’n Mens sou dus kon sê dat die borg se optrede gemotiveer was deur oorwegings wat uit ’n ander samelewingsterrein as dié van (kultuur-)vermaak spruit.

Indien die Ghoema-organiseerders die toekenningsgeleentheid ingerig het as ’n bevordering, selfs refleksie, van die polities-ideologiese beskouings waarteen die borg dit gehad het – ’n doelstelling wat buite die Ghoema-trust se mandaat val – sou dit nie misplaas gewees het as die borg sy afkeer by wyse van oorweging van borgskaponttrekking laat blyk het nie. Ek het nie die geleentheid bygewoon, ook nie na die TV-uitsending daarvan gekyk nie, maar na my wete kon so ’n oorweging (dat die Ghoema-trust, sê nou maar, Afrikanernasionalistiese sentimente in die kollig wil stel) nie ’n rol gespeel het nie.

Derhalwe kan MultiChoice se drukplasing op die Ghoema-bestuurspan as misplaas beskou word, reken ek.

Dit lyk vir my of die argument tot hier ook van toepassing is op die onttrekking van sekere borgskappe aan die “Afrikaans is Groot”-konserte. Sulke optredes deur borge is dus ’n aantasting (poging tot manipulasie) van die onafhanklik geagte bevoegdheid van die instansies wat ’n taalgedefinieerde sektor van die vermaaklikheidsbedryf bedien. Of ’n mens dit sensuur moet noem of nie, hang seker af van hoe dié begrip omskryf word. Beïnvloeding, op grond van oorwegings wat nie tot die kern van die doelstellings van, en met, die bepaalde bedieners van die bedryf behoort nie, is dit wel.

En daarteen kan (moet) ’n mens, juis ook ’n instelling soos PEN Afrikaans, eksepsie neem.

Veel sterker is egter die eksepsie wat ek (en my medebestuurslede van PEN Afrikaans) neem teen die dikwels rassehatige galbrakery, met name in die sosiale media, wat op MultiChoice (en op die borgskaponttrekkers aan Afrikaans is Groot) se optrede gevolg het. Sodanig dat ek hier sit en skaam kry dat ek die genoemde borgoptredes moet kritiseer. Daai soort bohaai snoer baie simpatiseerders die mond.         

En nou het MultiChoice gegaan en die gordyne van hulle kanaalverskeidenheid totaal oor Steve Hofmeyr as vermaaklikheidskunstenaar laat sak. Ja, hier raak die besluit MultiChoice se werksaamhede as instansie self (naas vir Hofmeyr). Mense wat Steve op TV gaan mis, voel natuurlik ook nie alte ingenome nie – maar hulle kan nie kla dat MultiChoice buite sy bevoegdheid optree nie. Steve is klaarblyklik nie goed, of langer so belangrik, vir hulle sake nie. So lyk dit.

Ek hoop net nie die gedoente rondom die gordynsakkery laat sien ’n mens later ’n stukkie onderrok uitsteek nie. Gaan selfs minder kapokhanerige belyers en vierders van hulle Afrikanerskap en -erfenis maar twee keer moet dink voordat hulle in die toekoms aanklop by die deur van MultiChoice se vermaaklikheidshuis?     

Mercy Kannemeyer
Nagraadse student en rubriekskrywer

As daar so ’n  magdom mense agter Steve en kie staan, kan álmal van hulle verkeerd wees? Waarvoor presies baklei Steve en wat sien sy volgelinge in hom raak?

Vir ’n ruk lank het ek doelbewus niks oor die Ghoema-saga en die onttrekking van “Die Land” gesê of geskryf nie. Nie dat ek nou dink mense wil vreeslik weet wat ek daaroor te sê het nie. Die gebeurtenis het net nogal dikwels in gesprekke opgeduik, en dan sou ek net my oë rol en dit duidelik maak dat ek nie my energie daarop wil mors nie. Daar is groter probleme in die wêreld. Politiekery en magsbeheptheid sorg vir groot kommer. ’n Klipgooi van Suid-Afrika af, in Mosambiek, was daar ’n verwoestende sikloon wat die lewe van duisende mense geëis het. Elders woed daar oorloë. Mense sterf van hongersnood. En ons is besig om die aarde te vernietig.

So, ’n handjievol mense wat ’n funksie boikot wat hulle voel teen hulle diskrimineer, was nou nie juis hoog op my prioriteitslys van dinge om my oor te kwel nie. Toe die stof nou eventueel gaan sak, is ek gelaat met vrae oor sensuur en of hier nou nóg ’n klad op Afrikaans se naam gaan kom.

Vryheid van spraak is elke landsburger se grondwetlike reg. Wanneer vryheid van spraak egter lei tot skade, en sodoende teen ander se menseregte indruis, is dit egter onverantwoordelik en moet daar ’n stokkie voor gesteek word.

Steve en sy span van “Die Land” het natuurlik alle reg om die musiek te maak wat hulle harte begeer. En dit sal skadelik wees as daar vir hulle gesê word “hokaai, julle musiek moet nou bietjie gesensor word”. Almal moet dit wat hulle glo, vrylik kan uitleef. Anders is ons mos nie ’n demokrasie nie.

In die geval van die Ghoemas dink ek nie dit het gegaan oor “Die Land” of om kunstenaars te sensor nie. Dit het gegaan oor ’n man wat skade aanrig met sy uitsprake. ’n Man wat vrees aanwakker in mense en op ongegronde terrein sê dat daar teen hom gediskrimineer word. 

Nog minder het dit gegaan oor Afrikaans. Afrikaans is besig om te floreer en die handjievol wat voel hulle taal word onderdruk, het nog nie wye omvang van die taal besef nie. Hulle is miskien ook nie vertroud met die diverse agtergrond van hierdie taal nie en dink dat dit aan ’n minderheid behoort. Afrikaans behoort aan almal wat dit praat. Ek voel al soos ’n plaat wat vashaak, maar een groep mense kan nie alleenreg op die taal hê nie.

As daar so ’n  magdom mense agter Steve en kie staan, kan álmal van hulle verkeerd wees? Waarvoor presies baklei Steve en wat sien sy volgelinge in hom raak?

Steve het byna ’n messias vir ’n sekere onderdrukte Afrikaner geword. En daardie mense moenie veroordeel word nie. Steve is vir hulle ’n simbool van hoop.  Ons moet onsself eerder afvra of ons demokrasie daardie mense gefaal het. Natuurlik is daar diegene wat net vassit in die verlede en nie wil sien hoe die land as ’n geheel vorentoe beweeg nie. Steve is ’n spreekbuis vir mense wat voel die land het op ’n manier haar rug op hulle gedraai. En dis hartseer. Niemand wil natuurlik iewers leef waar daar nie hoop is nie. Mag regs en links in die tye wat voorlê ’n bietjie meer verdraagsaamheid aan die orde van die dag plaas.  Iewers gaan ons mekaar halfpad moet ontmoet …

 

Lees ook

Steve Hofmeyr: Bannelingskap redux – stil is die windjie en skraal

The post PEN Afrikaans: perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en AJ Opperman, waarnemende nasionale boekeredakteur:

1 April
Boekeblad: Episodes skuur soos skuimende glase bier
Jean Meiring resenseer Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst. Vertaal deur Daniel Hugo.

Boekeblad: Om jou jeug oor te hê
Joan Hambidge resenseer Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk

Boekeblad: Dié boek dalk vonds van die jaar
JB Roux resenseer Die vrou van die klipsee deur Meg Vandermerwe

2 April
Kunsblad: Kyk: Benoemdes vir Andrew Murray-pryse
Die Andrew Murray-prysfonds het onlangs die benoemings vir Christelike en teologiese boeke aangekondig.

3 April
Kunsblad: ‘Roepman’-skrywer se roman in tragedie gebore
Jan van Tonder praat oor sy jongste roman.

Kunsblad: Skuilnaam en ontslape skrywer op kortlys vir UJ-pryse
Benoemings van die UJ-letterkundepryse

4 April
Kunsblad: ’n Manie vir Breyten op ’n Woensdag in Kaapstad
Ena Jansen het die bekendstelling van Breyten Breytenbach se jongste digbundel in Kaapstad bygewoon.

5 April
Kunsblad: Dana, Zorada vanjaar ook Andrew Murray-pryswenners
Wenners van die Andrew Murray-pryse

Artikel: Groot avonture en ure se geduld
Die fotograwe en natuurkenners Gerald Hinde en Will Taylor het ’n koffietafelboek saamgestel

6 April
Berig: Subrayan skryf, motiveer in ‘taal van onderdrukker’
Die Suid-Afrikaanse skrywer Myan Subrayan se motiversingboek vir onder meer rugbyspelers.

7 April
Kunsblad: Haar naam rol oor die tong – en kan die vrou skryf!
Indruk oor ’n boekgesprek tussen Deon Meyer en die Yslandse skrywer Yrsa Sigurdardóttir.

8 April
Boekeblad: Onverwagte juweel oortref
Jonathan Amid takseer Madelein Rust se Kanker schmanker!

Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die vreemdheid van Yrsa Sigurdardóttir

10 April
Kunsblad: Skrywer met skuilnaam wen UJ-debuutprys
Wenners van die UJ-letterkundepryse.

12 April
Kunsblad: Kemp betree binnekamer van geweld in jongste roman
Theo Kemp se tweede roman het ontstaan weens ’n familielid van hom in die Pollsmoor-gevangenis.

Kunsblad: Kaapse kulturele baken belig in nuwe boek
’n Voormalige direkteur van die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad het ’n boek oor die geskiedenis van dié baken in Suid-Afrika se kulturele landskap geskryf.

14 April
Kunsblad: Slypskool in skryfterapie aangebied
Werkwinkel oor skryfterapie in Stellenbosch.

15 April
Boekeblad: Marais pak Afrikaans aan die skouers beet
Louise Viljoen resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Boekeblad: ’n Ondier wat dikwels en dawerend vir die leser brul
Jonathan Amid resenseer Ondier deur Jan Vermeulen

Boekeblad: Eerlik, roerend met ’n vonkel
JB Roux skryf oor Vivian Kleynhans se Wanneer water wyn word

16 April
Kunsblad: Loftus Marais se 3de bundel met ‘biegerige gedigte’
Die digter Loftus Marais praat oor sy derde digbundel

18 April
Kunsblad: Loots se karakters, spoke kry lewe
Francois Loots praat oor sy sewende roman

Kunsblad: 2 romans van Irma Venter nou oorsee uitgereik

Kunsblad: Meg haal meermin uit Weskus se storiesee
Onderhoud met Meg Vandermerwe oor haar Meerminboek.

19 April
Kunsblad: Kinderboek vol grappe, alliterasie en lewenslesse
Berig oor die geïllustreerde kinderboek Die skandalige susters Smit.

20 April
Kunsblad: Wat skryfterapie vir jou kan beteken
Lizette Rabe gesels oor haar boek oor skryfterapie

23 April
Kunsblad: Joubert se ‘Spertyd’ in Engels uitgegee
Die derde aflewering in Elsa Joubert se outobiografiese drieluik word in Engels uitgereik

Kunsblad: Karin Brynard help slyp aan onse skrywers
Karin Brynard bied vanjaar die Bloemfontein-skrywersvereniging (BSV) se slypskool aan

25 April
Kunsblad: Rooney die stem van ’n jong generasie
Op 28 en met twee romans word die Ierse Sally Rooney aangehang as iemand wat oortuigend skryf oor wat dit is om vandag jonk te wees.

29 April
Boekeblad: Wat woorde uit die anderplek kan bring
Jean Meiring resenseer Boodskapper van die gode deur Murray La Vita.

Boekeblad: Nie net vir koshuisbrakke
Susan van Rooyen resenseer Koshuis deur Erns Grundling (samest.)

Boekeblad: ‘Grondwater’ bundel die stropingsproses
Marius Crous resenseer Grondwater deur Marlise Joubert

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in April die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

2 April

Spanningsromans deur Peet Venter

  • Brand
  • Lem
  • Plasenta
  • Waar boosheid broei
  • Ou bloed
  • Dieper as die bloed

9 April

Boeke uit Christien Neser se pen

  • Die ELLE-reeks
  • Amper Einstein
  • Pienk is nie vir sissies nie

16 April

Boeke deur Madelein Rust

  • Die 13de kaart
  • Monstersaad
  • Bloedlyn
  • Moordhuis
  • Lam ter slagting
  • Kanker schmanker
  • Doodsengel

23 April

Romans deur François Loots

  • Jakkalsdans
  • Rooi Jan Alleman
  • In sneeu geskryf
  • Die diepblou see
  • ’n Spook in die huis

30 April

Boeke deur Cecilia Steyn

  • Die meisie op die dak
  • Hartklop
  • Hartbreker
  • Hartedief
  • Hartsnaar
  • Die #PresiesAnders-reeks
  • Stoppelbaardsoene in Santorini
  • Die eks-noodgeval
  • Leisels na liefde

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

Berigte uit die skemerland deur Dolf van Niekerk: ’n lesersindruk

JC Pauw
Lesersindrukke

2019-04-26

"Hierdie baie voortreflike bundel stel die vraag: 'Sien ’n mens nie dalk beter in die skemer nie?'"

intussen deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-04-25

"Johan Rabie Murray se tweede digbundel het onlangs verskyn. Dit heet intussen."

Comrade Baron deur Jaap Scholten: ’n lesersindruk

Theuns du Buisson
Lesersindrukke

2019-04-25

"Toe Scholten hierdie boek vir my gegee het, het hy voorin geskryf dat hy glo dat ek baie ooreenkomste met Suid-Afrika sal kan raaksien. Ongelukkig is hy reg. Daar is groeiende haat teenoor dié wat grond besit. Om nie eers te praat van die superrykes nie."

Die dag toe die draak kom (vir seuns en vir meisies) deur Fanie Viljoen: ’n resensie van albei boeke

Anke Theron
Resensies

2019-04-25

"Hierdie boeke is broodnodig binne die Suid-Afrikaanse konteks, omdat seksuele misdade teen kinders aan die toeneem is."

Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Elkarien Fourie
Resensies

2019-04-25

"Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied."

weer-lig deur Fransi Nieuwoudt: ’n resensie

Reinhardt Fourie
Resensies

2019-04-18

"Tematies handel die gedigte in weer-lig oor aspekte van die kuns en die natuur."

Doodmenslik deur WL van der Merwe: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

2019-04-16

"Doodmenslik is ’n bevredigende debuut wat heelwat bied vir die poësieliefhebber. Alledaagse, of doodgewone, verskynsels word digterlik verwerk tot ontroerende verse waarmee baie sal identifiseer."

Sondag deur Irma Venter: ’n FMR-resensie

Riette Rust
Resensies

2019-04-16

"Jy hoef nie voorheen ’n Venter-roman te gelees het nie; Sondag is ’n verhaal wat op sy eie sin maak. Dis trouens ’n boeiende blitsblaaier wat ek heelhartig aanbeveel."

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2019-04-12

"Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!"

Brugbouers deur Rudi Buys: ’n resensie

Liezl Dick
Resensies

2019-04-09

"Hoe meet mens in elk geval iets soos rasse-integrasie? Syfers en statistieke vertel nie die volle verhaal nie. Die Shimlapark-insident en die 2016-#Feesmustfall-protesoptog het dit duidelik gemaak dat ’n nuwe orde met nuwe uitdagings sigself aangemeld het."

Bos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2019-04-09

"Hierdie is hopelik die begin van ’n lang lys suksesboeke in die spanningsgenre. Hy kan beslis kers vashou by ons land se voorste misdaadskrywers."

Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-04-09

"Die verhale is deurgaans geskryf soos die karakters in daardie landstreek die woorde uitspreek en inspan: rewirs, kestrolle, opkoenek, lantering, badskamer, bykenvelletjies, ens."

Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-04-08

"Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee."

Oor grense deur Ton Vosloo – ’n resensie

Jan-Jan Joubert
Resensies

2019-04-08

"Dis ’n voorslagverhaal uit die pen van ’n meesterstorieverteller, en ’n verhaal vertel uit sy hoek."

Rookskerm deur Joubert Odendaal: ’n resensie

Heino du Plessis
Resensies

2019-04-01

"Joubert Odendaal het die talent om situasies haarfyn te beskryf sodat jy werklik in vervoering kan raak oor die kleiner besonderhede, maar in ’n spanningsroman kan dit ongelukkig soms die spoed van jou verhaal breek."

Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita

LitNet
Skrywersonderhoude

2019-04-18

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels.

Bloedlelie: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira

Naomi Meyer, Jeanette Ferreira
Skrywersonderhoude

2019-04-04

"Vergifnis is ’n swaar ding, insig en berusting des te meer. Niks is soos dit vir ons lyk nie, nie eens die sterre nie."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

7 April

Onderhoud: Zirk van den Berg gesels met Johan van Zyl oor sy sprokiesnovelle Ek wens, ek wens

Resensie: Joan Hambidge resenseer Grondwater deur Marlise Joubert

Resensie: Jonathan Amid resenseer Doodsbleek deur Philip Kerr, vertaal deur Zirk van den Berg

14 April

Resensie: Johann Kriegler resenseer Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture deur Pieter-Louis Myburgh

Resensie: Anna Kemp resenseer Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan

Nuut op die rak: Protea Boekhuis publiseer vyf nuwe Afrikaanse dramatekste

  • Koningin Lear deur Tom Lanoye
  • Melk & vleis/Bloed & bodem deur Marina Albertyn
  • Bos deur Malan Steyn
  • Boetman is die bliksem in en Gert Garries deur Pieter Fourie

Nuut op die rak: Vier nuwe geestelike selfhelpboeke

  • Kanker schmanker! deur Madelein Rust
  • Ons raaiselpad met Alzheimersiekte deur Elise Nel
  • Vir mans deur Johan Ferreira
  • Suurlemoenseisoen deur Amanda de Lange

21 April

Resensie: Rebels and Rage: Reflecting on #Feesmustfall deur Adam Habib, geresenseer deur Jan-Jan Joubert

Resensie: Jean Meiring resenseer The First Safari: Searching for François Levaillant deur Ian Glenn

Resensie:Jaco Barnard-Naudé resenseer Who killed my father deur Édouard Louis (vertaal deur Lorin Stein)

Nuut op die rak: Vier plaaslike Engelse romans

  • Illumination en The Scent of Bliss deur Nthikeng Mohlele
  • The Accident deur Gail Schimmel
  • Yellowbone deur Ekow Duker

28 April 2019

Onderhoud: Johan van Zyl gesels met François Loots oor sy sewende roman, ’n Spook in die huis

Resensie: Jean Meiring resenseer ’n Spook in die huis deur François Loots

Nuut op die rak: 3 digbundels en 3 boeke vir jeugdiges

  • Stof en ster deur Pieter Fourie
  • Donkerwerk deur Nini Bennett
  • Die jaar toe pa… deur Hannes Visser
  • Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 deur Riette Hugo
  • Sweepslag deur Annerle Barnard
  • Eben die Ellendige Eenhoring deur Koos Kombuis

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 April
Krabbel tydens stiltetyd
Stiltetyd-dagboeke spesiaal vir kinders en meisies wat daarvan hou om te krabbel met “woordjies en prentjies in prettige kleure en verbeeldingryke letters”.
Lees die resensie

9 April
Oorsigresensie: Omnibusse vir kinders
Hoe gemaak wanneer jy graag jou vir jou leesgierige kinders hulle gunstelingskrywers se boeke wil aankoop, maar jou beursie is plat? Skaf ’n omnibus aan!
Lees die resensie

16 April
Kanker schmanker deur Madelein Rust
Madelein Rust deel intieme besonderhede van haar persoonlike belewenis met kanker. Haar eerlike vertellings laat die leser geensins onaangeraak nie – jy lag én huil.
Lees die resensie

24 April
Maaltye – maklike geregte vir elke geleentheid deur Christine Capendale
As jy nie baie tyd het om ure lank te staan en kook nie, maar tog verleidelike, gesonde en interessante geregte wil bedien, gaan hierdie boek jou sommer baie handig te pas kom.
Lees die resensie

30 April
Stiltetyd vir die jongspan
Dit kan nogal ’n uitdaging wees om in vandag se tyd die gewoonte by jou kind te kweek om stiltetyd te hou. Dave Strehler se My Eie Klein Belofte-Bybel en My Eie Klein Gebede-Boek is spesiaal geskryf om kinders tussen ses en tien jaar oud te help om sinvol tot God te nader.
Lees die resensie

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 3 April

Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman Die verevrou. Daar's 'n kykie na nuwe Afrikaanse boeke, en Johan Myburg deel interessanthede oor die internasionale letterkunde.

Woensdag 10 April

Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, The Messiah’s Dream Machine. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.

Woensdag 17 April

Wyle Madeleine van Biljon word onthou as een van die beste rubriekskrywers wat Afrikaans nog opgelewer het. Luister na 'n onderhoud wat in 1992 met haar opgeneem is. Theo Kemp vertel ook waarna lesers kan uitsien tydens die Suidoosterfees, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Woensdag 24 April

Lizette Rabe gesels oor haar boek Om tot verhaal te kom, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek Die dag toe die draak kom kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig mbt die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 2 April
Die godsdiensfilosoof en digter WL van der Merwe woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Dinsdag 9 April
Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, NP van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.

Dinsdag 16 April
Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan, en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse. Die meestervertolker Nic de Jager lees dele uit die beeldskone vertaling van Cas Vos voor.

Vrydag 19 April
Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Charlton George en Juanita Swanepoel is die voorlesers van gedigte van IL de Villiers, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Adam Small, WEG Louw, Sheila Cussons, ID du Plessis, NP van Wyk Louw en Eveleen Castelyn.

Dinsdag 23 April
Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, SJ Pretorius, Clinton V du Plessis en Charl-Pierre Naudé.

Dinsdag 30 April
Carel Nel en Ronél Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In April het sy Strafjaart deur Theo Kemp vir Fine Music Radio geresenseer.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende onderhoude en resensies is in April geplaas:

3 April
Dewald Koen resenseer Donkerwerk deur Nini Bennett

15 April
Bernard Odendaal resenseer op weg na kû deur Breyten Breytenbach

23 April
Marius Crous resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Voertaal

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op Voertaal verskyn:

"Geskiedenis kan ons help om die demokrasie te versterk": ’n onderhoud met Thys VerLoren van Themaat

Willem de Vries, Thys VerLoren van Themaat
Interviews

"We gaan dan de discussie over de vaderlandse geschiedenis niet uit de weg, integendeel, die kan ons juist helpen om bewuster te worden en de democratie te versterken." Willem de Vries gesels met die hoof van die Verloren-uitgewery in Hilversum, Thys VerLoren van Themaat.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

6 April
Ken jou storie: Romans en mites

14 April
Ken jou storie: Die krag van woorde

20 April
Ken jou storie: Herlees van romans

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2019 appeared first on LitNet.


PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek

$
0
0

Agtergrond

Tydens die 2018 PEN International-kongres, wat in September in Pune, Indië plaasgevind het, is die sogenaamde “PEN VIDA count” aan PEN-sentrums wêreldwyd bekendgestel en die onderskeie sentrums is aangemoedig om ’n eie PEN VIDA-telling van stapel te stuur.

VIDA – Women in Literary Arts is ’n Amerikaanse nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om lig te werp op moontlike geslagsongelykhede in die boekjoernalistiek en uitgewersbedryf. Dit word gedoen deur vrywilligers wat versigtig alle gepubliseerde resensies in gevestigde koerante, tydskrifte of literêre bylae fynkam met ’n paar vrae voor oë: Hoeveel vroueskrywers se werk word geresenseer? Hoeveel resensente is vroue? Die groot vraag is: Is daar ’n billike balans?

Sedert 2011 publiseer VIDA jaarliks hul telling en ’n verslag wat hul resultate toelig. Hul verslag ken ’n persentasie toe aan vooraanstaande literêre publikasies wat weerspieël hoeveel bladruimte dié publikasies aan vroueskrywers en -resensente afstaan. Die publikasies waarop hul fokus, is dié wat tipies aansienlik tot die bevordering van ’n skrywer se loopbaan kan bydra.

Deur die jare het VIDA hierdeur groot geslagsongelykheid in die boekjoernalistiek aan die kaak gestel, met swaargewigte soos The New York Review of Books, The London Review of Books en The Paris Review wat minder as ’n kwart van hul boekeblad aan vroueskrywers en -resensente toegewy het. The Paris Review is ’n voorbeeld van ’n publikasie wat sedert hul bewuswording van dié wanbalans baie moeite gedoen het om meer vroueskrywers en -resensente te betrek.

Een van die beweegredes vir die ure en ure wat VIDA-vrywilligers aan dié telling afstaan, is die oortuiging dat ’n literêre gemeenskap voordeel daaruit trek as 'n verskeidenheid stemme gehoor word. PEN Afrikaans is dit dawerend hiermee eens en het daarom besluit om ons eie PEN VIDA-telling te doen om te probeer bepaal hoe dié saak in die Afrikaanse boekjoernalistiek daaruit sien.

Werkswyse

PEN Afrikaans publiseer sedert Januarie 2017 ’n oorsig van resensies en boekstories wat in Afrikaans verskyn het en digitaal beskikbaar is. Ons versprei ook ’n lys van nuwe Afrikaanse boeke wat elke maand verskyn. Hierdie twee bronne verskaf nuttige data vir ’n VIDA-telling vir 2017 en 2018.

Die publikasies waarop daar vir doeleindes van ons VIDA-telling gefokus is, is dié wat gereeld resensies publiseer: Boeke24 (die dagblaaie), Rapport se boekeblad en LitNet.

Hierdie publikasies wend ’n daadwerklike poging aan om ruimte te bied vir boekbesprekings en resensies, en ploeg finansiële en ander hulpbronne in om dié ruimte daar te stel.

Die fokus van ons VIDA-telling was diepgaande, langer stukke oor ’n boek of ’n skrywer. Vollengte resensies en skrywersprofiele is dus ingesluit. Oorsigresensies (wat meer as twee boeke dek) is nie in aanmerking geneem nie, ook nie nuusbrokkies of ander boekverwante aankondigings nie.

Die bespreking van boeke in koerante en ander publikasies bou skrywersloopbane en gee verkope ’n hupstoot. Die keuse van watter boeke geresenseer word en wie die resensies skryf, is bepalend. Die VIDA-telling werp lig op daardie aspek van seleksie, keuring of kuratorskap. LitNet se resensie-essays is daarom byvoorbeeld wel getel, maar nie lesersindrukke nie. Alhoewel lesersindrukke vir alle praktiese doeleindes wel resensies is, word dit nie deur LitNet gekeur of aangevra nie. Lesers skryf en stuur dit uit eie beweging na LitNet se redaksie vir plasing.

Verdere punte oor die werkswyse:

  • Omdat dit nie altyd moontlik is om te weet wanneer ’n boek onder ’n skrywersnaam verskyn het en, indien wel, wat die geslag van die ongeïdentifiseerde skrywer is nie, is die geslag van die skrywersnaam gevolg.
  • Alle nuwe Afrikaanse boeke is getel – ongeag die genre daarvan.

2017 se resultate

Wat blyk uit die resultate van die 2017-telling (onder beskikbaar), is dat daar deur die bank meer manlike skrywers as vroulike skrywers geresenseer is – deur meer mans as vroue (behalwe in die geval van LitNet wat in 2017 ’n eweredige balans tussen manlike en vroulike resensente gehandhaaf het.)

Hierdie resultate behoort gesien te word in die lig daarvan dat die oorgrote meerderheid Afrikaanse boeke wat in 2017 verskyn het, deur vroue geskryf is. Slegs 36% van die Afrikaanse boeke wat in 2017 verskyn het, het mans as skrywers of mede-skrywers.

(*Die kategorie “regspersoon” het betrekking op boeke waar ’n instansie soos ’n uitgewery of navorsingseenheid aangedui is as skrywer van die boek.)

Rapport

LitNet

Boeke24

2018 se resultate

40% van die Afrikaanse boeke wat in 2018 verskyn het, het ’n man as skrywer of mede-skrywer, terwyl 52% van die Afrikaanse boeke uit vroue se penne voortvloei. Die kategorie “regspersoon” het betrekking op boeke waar ’n instansie soos ’n uitgewery of navorsingseenheid aangedui is as skrywer van die boek.

Ten spyte van die groter uitsette, is vroueskrywers ook in 2018 minder geresenseer as hul manlike kollegas in al drie die publikasies wat deel van hierdie telling uitmaak. Die resultate is hier onder beskikbaar, gesorteer volgens publikasie.

In teenstelling met Boeke24 en Rapport, wat beide oorwegend van manlike resensente gebruik gemaak het, het LitNet in 2018 aansienlik meer vroulike as manlike resensente gepubliseer.  

Rapport

LitNet

Boeke24

Alhoewel die akkuraatheid van die resultate nie gewaarborg kan word nie, kan ons wel meld dat die telling met redelike sorg gedoen is en gegrond is op data wat PEN Afrikaans deurlopend insamel en moniteer.

Die resultate berus op ’n telling van die resensieoorsig wat PEN Afrikaans maandeliks in samewerking met die betrokke publikasies byeenbring en versprei, sowel as die maandelikse publikasielyste van die uitgewerye wat plaaslik Afrikaanse boeke uitgee, naamlik Jonathan Ball Uitgewers, LAPA Uitgewers, NB-Uitgewers, Naledi, Penguin Random House en Protea Boekhuis.

The post PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur

 

Die bestuur van PEN Afrikaans het die verwikkelinge rondom die Ghoemas gevolg en volg sedertdien die reaksies daarop. Dit is verblydend dat daar knap en helder-beredeneerde meningstukke daaroor verskyn het. Dié stukke is in teenstelling met sosialemedia-kommentaar wat plek-plek aanvallend en verwerplik is. Dit is duidelik dat ’n senuwee raakgeboor is deur die onttrekking van “Die land” in die kategorie vir beste musiekvideo nadat MultiChoice, die hoofborg van die toekennings, gedreig het om as borg te onttrek. Die rede hiervoor is Steve Hofmeyr, met wie se politieke sienings hul nie wil assosieer nie, se betrokkenheid by die lied. Sedertdien het MultiChoice die verreikende besluit geneem om enige inhoud waarby Steve Hofmeyr betrokke is van hul platforms te verwyder.
 
Die onderwerpe wat in gesprekke hieroor aandag kry, is juis die sake waarvoor (en waarteen) PEN Afrikaans dikwels standpunt inneem: uitdrukkingsvryheid, sensuur, die kunste, Afrikaans. PEN Afrikaans ondersteun uitdrukkingsvryheid en is gekant teen sensuur. Ons fokus op die viering en die bevordering van die kunste, spesifiek die woordkuns, en van Afrikaans binne ’n meertalige verband.  Ons het egter tot dusver geen kommentaar gepubliseer nie. Ons wil as deel van hierdie nuusbrief ’n verskeidenheid stemme oor die aangeleentheid laat hoor – en hopelik die nuanses daarvan belig.   
 
Ons het bydraers gevra om hul indrukke oor die insident en die gevolge daarvan neer te pen. Vrae waarop hulle kon ingaan, is:

  • Kom die onttrekking van “Die land” van die Ghoema-toekennings op grond van een van die kunstenaars se politieke sienings neer op ’n inperking van uitdrukkingsvryheid of ’n vorm van sensuur?
  • Indien wel, is daar regverdiging daarvoor?
  • Onderlê ’n stryd vir Afrikaans die hewige teenkanting teen die onttrekking van die lied?
  • Word die kunste bedreig deur sodanige ingrype deur borge?

 Hul bydraes is hier beskikbaar.    
 
Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensie

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans het onlangs met trots die suksesvolle aansoekers vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies vanjaar aanbied, aangekondig.
 
Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.
 
Na deeglike oorweging van die aansoeke, wat van hoogstaande gehalte was, is die volgende ses skrywers as suksesvolle aansoekers aangewys:

  • Jeremy Vearey
  • Kirby van der Merwe
  • Lynthia Julius
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer
  • Ryan Pedro

Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir ’n maand aan ’n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe. Vervoer in Somerset-Oos sal ook aangebied word.
 
“Dit was ’n plesier om deur soveel sterk aansoeke te werk,” vertel Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting. “Daar is belangrike verhale wat wag om vertel te word en gedigte wat wag om geskryf te word. Ons wil met hierdie projek Jakes Gerwel se liefde vir Afrikaans vier en ons pas gerestoureerde skrywershuis benut om soveel as moontlik skrywers te ondersteun. Ons glo dat die skrywersresidensie die skrywers die nodige tyd en ruimte sal gee om goed met hulle skryfwerk te vorder. Dit is uiteindelik tot ons almal se voordeel.”
 
“As ’n skrywersvereniging is PEN Afrikaans onder meer daarop gemik om skrywersbelange te verteenwoordig en te bevorder. Die Skrywersresidensie is presies die tipe projek wat ons graag ondersteun en ons is dankbaar om dit in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting te kan doen,” sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. “Ons wens die skrywers ’n goeie en produktiewe verblyf in Somerset-Oos toe.”
 
Hierdie persverklaring is ook hier beskikbaar.
 
’n Bloemlesing ter viering van inheemse tale
 
Hartlik dankie aan almal wat gedigte ingestuur het vir moontlike insluiting by die bloemlesing ter viering van die Jaar vir Inheemse Tale. Die hooftema van die bloemlesing is taal self.
 
Ons sal individueel skakel met diegene wat gedigte voorgelê het. Baie dankie vir die deelname!
 
PEN Afrikaans Vertaalfonds: aansoeke ingewag

Die volgende sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds is om die draai. Buitelandse uitgewers kan tot 15 Mei aansoek doen vir befondsing om ’n Afrikaanse boek in vertaling uit te gee. Volledige besonderhede en die aansoekvorm is hier beskikbaar.
 
Te danke aan die Trust vir Afrikaanse Onderwys se finansiële steun kan die PEN Afrikaans Vertaalfonds bydra tot die vertaling van Afrikaanse werke en die bevordering van die Afrikaanse letterkunde in die buiteland. Dit is opwindend om te sien hoe die vertalings wat uit vorige suksesvolle aansoeke voortvloei die rakke in die buiteland tref.  Ons deel graag hier van die omslae van Nederlandse uitgawes wat deur die Vertaalfonds befonds is.

 


 
PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek 

Tydens die 2018 PEN International-kongres, wat in September in Pune, Indië plaasgevind het, is die sogenaamde “PEN VIDA count” aan PEN-sentrums wêreldwyd bekendgestel en die onderskeie sentrums is aangemoedig om ’n eie PEN VIDA-telling van stapel te stuur.

VIDA – Women in Literary Arts is ’n Amerikaanse nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om lig te werp op moontlike geslagsongelykhede in die boekjoernalistiek en uitgewersbedryf. Dit word gedoen deur vrywilligers wat versigtig alle gepubliseerde resensies in gevestigde koerante, tydskrifte of literêre bylae fynkam met ’n paar vrae voor oë: Hoeveel vroueskrywers se werk word geresenseer? Hoeveel resensente is vroue?

Sedert 2011 publiseer VIDA jaarliks hul telling en ’n verslag wat hul resultate toelig. Hul verslag ken ’n persentasie toe aan vooraanstaande literêre publikasies wat weerspieël hoeveel bladruimte dié publikasies aan vroueskrywers en -resensente afstaan. Die publikasies waarop hul fokus, is dié wat tipies aansienlik tot die bevordering van ’n skrywer se loopbaan kan bydra.

Deur die jare het VIDA hierdeur groot geslagsongelykheid in die boekjoernalistiek aan die kaak gestel, met swaargewigte soos The New York Review of Books, The London Review of Books en The Paris Review wat minder as ’n kwart van hul boekeblad aan vroueskrywers en -resensente toegewy het. The Paris Review is ’n voorbeeld van ’n publikasie wat sedert hul bewuswording van dié wanbalans baie moeite gedoen het om meer vroueskrywers en -resensente te betrek.

Een van die beweegredes vir die ure en ure wat VIDA-vrywilligers aan die telling afstaan, is die oortuiging dat ’n literêre gemeenskap voordeel daaruit trek as ’n verskeidenheid stemme gehoor word. PEN Afrikaans is dit dawerend hiermee eens en het daarom besluit om ons eie PEN VIDA-telling te doen om te probeer bepaal hoe dié saak in die Afrikaanse boekjoernalistiek daaruit sien.

Meer inligting en resultate is hier beskikbaar.

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021

NB-Uitgewers het onlangs die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021 aangekondig. Dié wedstryd is nie net die omvangrykste plaaslike romanwedstryd nie; dit bied ook die grootste beloning sowel as die geleentheid om by een van NB-Uitgewers se fiksiedrukname te publiseer.
 
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
 
Deelnemers kan hulle manuskripte voorlê aan enigeen van NB-Uitgewers se fiksiedrukname, naamlik Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela. NB-Uitgewers het die eerste opsie om alle romans wat ingeskryf word te publiseer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2020 en manuskripte word vanaf 1 Junie 2020 aanvaar.
 
Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar by http://bit.ly/GrootAfrikaanseRomanwedstryd2021
 
Skrywers se navrae kan telefonies gerig word aan 021 406 3412 of per e-pos aan romanwedstryd@nb.co.za.
 
Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

 

’n Groot gebeurtenis in die kuns- en boekjoernalistiek is die onlangse verskyning van die “anderse reünie-uitgawe” van die ikoniese tydskrif Insig.
 
Baie geluk aan redakteur Elmari Rautenbach en die span wat hierby betrokke was. Lees hier ’n onderhoud met Elmari, waarin sy die ideale Insig-leser as volg beskryf:
 
Sy ideale leser is Afrikaanssprekend, maar voel tuis in die wyer Suid-Afrika; dis iemand wat nuuskierig is oor wat om hom aangaan – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd; wat belangstel in mense en ander menings; vir wie dit belangrik is om oplossings te vind vir die land se probleme en aktief daaraan meedoen; wat belangstel in boeke en veral in lees, en plesier vind in die taal, sy kultuur en hebbelikhede; wat kreatiwiteit kan raaksien en waardeer; en wat ‘n gesonde sin vir humor én ironie het.
 

Gaan koop gerus hierdie spesiale uitgawe van Insig by jou naaste supermark of Exclusive Books, of bestel dit by Johan.terblanche@media24.com.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2019
 
Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Twee Naledi-publikasies wat by verlede maand se lys ingesluit is, staan oor na hierdie maand. Die April-lys sal dienooreenkomstig aangepas word.
 
Nuwe lede

Ten slotte is dit baie lekker om te noem dat die volgende nuwe lede onlangs by ons aangesluit het:    

  • Lynthia Julius
  • Ryan Pedro
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer

Ons is bly om julle in ons midde te hê. Baie welkom.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2019 appeared first on LitNet.

Persverklaring: President stel voorbeeld vir Panyaza Lesufi

$
0
0

Panyaza Lesufi. Foto: whohowwhen.com

Mnr. Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se uitsprake oor onderwys in Afrikaans en sy opmerking dat ’n mens aan leerlinge ’n ondiens bewys deur hulle in Afrikaans te laat studeer, getuig van onkunde oor skolestelsels en moedertaalonderrig. So sê die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns by monde van die hoof- uitvoerende beampte, dr. Dionē Prinsloo. Mnr. Lesufi se vooroordeel teen Afrikaans kom al van ver en is strydig met die uitspraak van die nuutverkose president, mnr. Cyril Ramaphosa, se toespraak gister in die Parlement waarin hy
beklemtoon dat die Regering daar is om die belange van ALLE Suid-Afrikaners te bevorder en dus nie net die belange van een politieke party, die ANC, nie.

Dat meer as 7 miljoen Suid-Afrikaners Afrikaanse moedertaalsprekers is of Afrikaans as tweedetaalsprekers elders en in die werksplek besig, is blykbaar nie vir mnr. Lesufi belangrik nie. Hy heg belang aan ’n koloniale taal wat vir ’n handjievol Suid-Afrikaners ’n moedertaal is en wat hoogs waarskynlik ook vir mnr. Lesufi ’n aangeleerde taal en nie sy moedertaal is nie.

Die belangrike posisie wat hy beklee, moet mnr. Lesufi eerder gebruik om gehalte-onderrig te bevorder, ongeag die taal waarin dit geskied. Die skreiende tekort aan skole behoort vir hom ’n prioriteit te wees, eerder as om politiek en die belange van sy eie politieke party te bevorder.

Dat Afrikaans ’n belangrike bydrae lewer tot gehalte-onderrig en die land se intellektuele kapitaal is bewys deur ’n onlangse studie van prof. Flip Smit, bekende demograaf, wat aangetoon het dat Afrikaanse onderwys slegs 10,6 persent van die nasionale onderwyssektor uitmaak, maar dat hierdie klein sektor 31,9 persent gelewer het van die totale aantal leerlinge wat wiskunde in 2016 met onderskeiding geslaag het.

Mnr. Lesufi moet ook seker maak van sy ongenuanseerde stelling dat daar nie meer Afrikaanse universiteite bestaan nie. Die Afrikaanse tersiêre sektor is nie dood nie, het dr. Prinsloo gesê. Die inisiatiewe rondom die stigting van private Afrikaanse tersiêre instellings, byvoorbeeld ’n geakkrediteerde instelling soos Akademia, neem die plek in van die huidige bedeling waarin die tradisionele universiteite ’n kniebuiging vir Engels as onderrig- en wetenskapstaal gemaak het.

The post Persverklaring: President stel voorbeeld vir Panyaza Lesufi appeared first on LitNet.

Artikels en resensies uit Taalgenoot se Somer 2019-uitgawe

$
0
0

Baie dankie aan die Taalgenoot-redaksie wat dit vir PEN Afrikaans moontlik maak om die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2019-uitgawe hier te deel. Die tema van dié uitgawe is: “Wees bevrees!” Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai.  

Klik hier vir die vorige uitgawe:

Artikels en resensies uit Taalgenoot se Lente 2018-uitgawe

 

Die Herfs-uitgawe van Taalgenoot is dalk vol wit-en-swart stories, maar die spesiale oomblikke is versteek in die grys gebiede, skryf Johan Jack Smith oor dié uitgawe. Lees oor die voorbladfotograwe Felix Dlangamandla en Alet Pretorius, oor Johann Stegmann se swart-en-wit kunswerke wat ons Eurosentriese idee oor geskiedenis op sy kop keer. Tertius Kapp skryf oor sy leesreis en watter boeke hom as skrywer beïnvloed het, Marlene Malene skryf oor die vertaalkuns. Elsabé Brits kyk na skakerings van menswees. Bepaal velkleur wie ons is? Lees hierdie artikels en baie meer in Taalgenoot se Herfs-uitgawe. Dit is tans op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.

Kyk gerus ook hierdie video waarin voorbladfotograaf Alet Pretorius aan die woord is oor haar gunstelingfoto.

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede:

www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

The post Artikels en resensies uit <i>Taalgenoot</i> se Somer 2019-uitgawe appeared first on LitNet.

Wilna Adriaanse (1958–)

$
0
0

Sêgoed van Wilna Adriaanse

“Lesers hou van karakters waarmee hulle kan identifiseer, hulle lees agter ’n sterk intrige aan en die liefdesaspek is maar net een deel van die storie. Interessant genoeg, vroue van alle ouderdomme, uit alle dele van die land en uit alle beroepe lees liefdesverhale. En deesdae raak al hoe meer mans dapper genoeg om te erken hulle lees dit ook.”

“Ek dink nooit karakters self uit nie: hulle kom verlei my en fluister in my oor dat hulle wil hê ek moet hul storie vertel.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

“As ek in die antieke tye geleef het, sou ek heel waarskynlik ’n storieverteller op die markplein gewees het, want by die huis sou daar nie vir my veel nut gewees het nie.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Vir my is skryf ’n jaloerse proses en al beplan ek hoe deeglik, beland ek met elke boek in ’n stadium dat ek my dikwels aan vriende, familie en die wêreld onttrek en die grootste gedeelte van my dae in ’n gedagtewêreld saam met fiktiewe karakters deurbring. En selfs die tye dat ek nie agter die rekenaar sit nie, is die storielyn besig om soos ’n rolprent in my gedagtes af te speel en bedink ek moontlikhede.” (LitNet)

Hoe maak ’n mens tyd om te skryf? “Jou geliefdes moet begrip hê, jy moet vrede maak met min slaap, skryf moet werklik ’n passie wees, jy moet leer om die kaf en die koring te skei, tevrede wees dat die woorde ‘verveling’ en ‘ledigheid’ nie in jou woordeboek voorkom nie – en die aanleer van die woord ‘nee’ help baie.” (LitNet)

“As mense hoor ek skryf liefdesverhale, wil hulle altyd weet of ek hygromans skryf. Daar is ’n duidelike verskil tussen die twee. In ’n liefdesverhaal gaan dit eerder oor die karakters se emosies as oor grafiese beskrywings. Ek het groot respek vir skrywers wat jare lank met groot omsigtigheid liefdesverhale skryf. Dis soms nogal ’n ondankbare werk, want die skrywers dien hul lesers eerder as hulself.” (Die Burger, 6 Januarie 2005)

“My stories gaan oor mense en menswees en menswees. En veral oor die eiesoortige dans wat ontstaan die dag as twee mense mekaar ontmoet of her-ontmoet. Binne die ontdekking van ’n ander persoon lê daar soveel interessante moontlikhede opgesluit en bly dit vir my ’n interessante tema.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za/va)

“Romantiese fiksie word dikwels deur onkundige lesers en kritici voor die voet afgemaak as hygromans, maar ek is dankbaar dat daar wel lesers en resensente is wat nie in die geykte slaggat trap nie. Op ’n ligter noot, ek sal nogal graag wil hoor indien een van my boeke ’n leser laat hyg het ... en waar in die boek dit plaasgevind het.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

Waar is/was sy op haar gelukkigste? “Die dag toe my kinders, Cobus, Jaco en Johann, oud genoeg was om saam met my te gaan fliek. Dis soveel opwindender as ’n rondomtalie in die speelpark.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Waar was sy op haar ongelukkigste? “’n Wêreld sonder oranje lipstiffie, boeke, donker sjokolade en my ma se vleisslaai.” (Beeld, 1 Maart 2009)

As wat sou sy in ’n tweede lewe wou terugkom? “Ek vermoed hierdie is reeds my tweede ronde ... Ek was in my eerste lewe ’n hofnar en vir my straf het ek teruggekom met ’n verdraaide humorsin.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Oor die skuif in genre (met Dubbelspel) aan Nadine Petrick: "Aan die een kant ’n vrees dat ek dalk op ’n dag gaan begin karakters en storielyne kloon, en om dit te voorkom, moet ek ’n groot verskeidenheid storielyne ondersoek. Deels dalk omdat ek gou verveeld raak en altyd op soek na iets nuuts is. ’n Derde rede is dalk omdat ek nie graag net oor 'boy meets girl and they lived happily ever after' skryf nie. Verhoudings en die lewe is tog veel komplekser as dit. En die laaste rede is waarskynlik omdat ek glo daar is ’n groot mark vir boeke wat die lesers laat ontspan, maar terselfdertyd hulle gedagtes en verbeelding prikkel. Ek hoop ek slaag daarin." (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

Is dit maklik vir haar om elke keer ’n nuwe boek aan te pak (Phyllis Green)? "Elke boek is moeilik. Selfs al kom meld die karakters aan. Dit is nie asof hulle met ’n klaar storie aankom nie. Ek moet hard werk om te sien waarheen hulle my wil neem. Die ergste is as hulle dae lank, selfs soms ’n week of twee stil raak. Dit is dan wanneer ’n mens soms ure lank na ’n wit muur kan staar, en niemand dit verstaan as jy sê jy is besig om te werk nie!" (Sarie, 13 Junie 2014)

"Mense dink ek het ’n keuse van watter tipe boek ek gaan skryf, maar eintlik het ek nie veel van ’n keuse nie. Die karakters kom net en dan loop ek maar agter hulle aan." (Bookslive)

Haar lewensfilosofie: "Die lewe bring nie altyd presente met groot, veelkleurige linte nie. Die magic lê in die klein oomblikke." (Vrouekeur)

Die lekkerste aspek van haar lewe as skrywer: "Die interaksie met lesers. Mense kommunikeer via Facebook of boodskappe met my. Ek antwoord elke brief wat ek kry. Mense doen moeite om met my te gesels en daarom gesels ek terug. En as die karakters met jou begin gesels!" (Vrouekeur)

"As jy wil skryf, moenie net daaroor droom nie. Doen dit, anders sal jy altyd wonder." (The Writer's College Blog)

"Ek dink nie dit is moontlik om te skryf as jy nie self ’n ywerige leser is nie. Lees so wyd as moontlik, maar veral binne die genre wat jy wil skryf. Probeer om jou teikenmark te verstaan." (The Writer's College Blog)

Rachelle Greeff vra hoekom ons, wat so geweldvoos is, nog steeds misdaadfiksie wil lees: "Dit het ek my ook afgevra terwyl ek die boek (Dubbelspel) geskryf het. En steeds het ek nie ’n antwoord nie, behalwe om te sê dalk is ons maar steeds op soek na helde. En adrenalien. Ek was ongeveer 14 toe ek een vakansie die skrywer Leon Uris 'ontdek' het. Ek was ge-hook. Die politieke intrige was so opwindend. Jy kan my steeds in ’n wip vang met ’n goeie spanningsverhaal. 

"Jy lees seker agter die naelbyt-element aan, maar ek vermoed dit gaan ook oor die versugting dat die goeie ouens asseblief moet wen. Miskien gee dit ons moed vir ons eie omstandighede. Nog iets: Ons skryf soms stories om te verstaan. ’n Mens besef dit nie, totdat jy kniediep in ’n storie is. En ek dink ons lees ook om dieselfde rede. Ja, ons wil vermaak word, maar dis ’n bonus as ’n storie vir ons ’n stukkie van die lewe duideliker maak." (Rapport, 11 Junie 2014) 

Rachelle Greeff wou by Wilna weet of dit haar romanses is wat haar geleer het om "in-die-kol-sexy" te skryf: "Ek is bly as jy so reken. Om in Afrikaans oor seks en die liefde te skryf, bied nogal uitdagings. My geslag het van jongs af oor die liefde in Engels gelees. Ons is dalk nog lomp en verleë om dit in Afrikaans te beskryf. Dit is waarom ek dalk eerder die sensuele probeer. Met die klem op die karakters se emosies en nie soseer op wat hulle doen nie." (Rapport, 8 Junie 2014) 

Dink sy die opvolg op Dubbelspel sal net so suksesvol wees? "Jy neem met elke boek jou skrywerslewe in jou eie hande en hoop jy en die storie kom heelhuids anderkant uit. Ek het ook geleer dat ek baie dapper lesers het wat deur die jare lojaal gebly en my toegelaat het om ’n paar jakkalsdraaie met hulle te gooi. Ek is dankbaar om te sien hulle is steeds aan die lees." (Rapport, 8 Junie 2014) 

Oor die krapperige verhouding tussen ma en dogter in Dubbelspel: "Al het ek self nie dogters nie, is ek darem ’n dogter vir my ma. Ek dink die verhouding tussen ’n ma en dogter is op beste van tye meer kompleks as dié tussen pa's en seuns. ’n Ma en dogter bly lewenslank vasgestrengel in die naelstring. En ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat jou dogter ook geboorte gaan skenk." (Volksblad, 7 Mei 2014)

En die verhouding tussen ma en seuns? "Om seuns groot te maak, is tegelyk opwindend, interessant en vreesaanjaend. Ek moes dapperder word en hulle het my ook geleer wat ongekompliseerde verhoudings is – en hoe om te kommunikeer deur bloot ’n TV-speletjie teen mekaar te speel." (Volksblad, 7 Mei 2014)

Gebore en getoë

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 "met die rooi sand van die Kalahari tussen haar tone gebore as die middelste kind tussen twee broers. Dis ‘n wêreld van stories, mites en legendes. En elke persoon in daardie wêreld is eintlik ‘n storieverteller uit eie reg. Sy noem dit die wêreld waar vrae met stories beantwoord word," skryf Mariana Malan.

Sy word egter tussen die berge en wingerde van die Breëriviervallei in Worcester groot en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Worcester.

Vandat Wilna kon praat, het sy stories vertel, en op skool het sy graag opstelle en briewe geskryf. Sy was ook van kleins af lief vir lees en sedert sy in graad 1 leer lees het, het sy nog nooit weer opgehou nie. Boeke was van kleins af haar beste geselskap.

Verdere studie en werk

Na matriek in 1977 is Wilna na die Universiteit Stellenbosch, waar sy ’n BA-graad met sosiologie en ontwikkelingsbestuur gedoen het, asook ’n honneursgraad in ontwikkelingsadministrasie.

In 1981 trou sy met Deon Adriaanse, ’n klasmaat, en hulle verhuis vir drie en ’n half jaar na Giyani in die Laeveld. Hulle albei werk daar by die Kantoor van die Kommissaris-Generaal. In 1985 trek Wilna en Deon terug Kaap toe en gedurende die volgende vyf jaar word hulle drie seuns, Cobus, Jaco en Johann gebore. Met die oudste kind se geboorte word Wilna voltyds ma, maar skryf tussendeur by die Universiteit van Suid-Afrika in vir sielkunde, en vir die volgende paar jaar word die eksamens en werkstukke so tussen die geboortes deur geskryf. Sedert 1987 woon die gesin in Durbanville naby Kaapstad, en sedert 2012 werk Deon in Botswana en pendel Wilna tussen Somerset-Wes en Botswana.

Die skryfgogga het vir Wilna om middernag op 31 Desember 1999 in die Switserse Alpe gebyt. “Ek is mal oor Nuwejaarsvoornemens en dit was my gróót besluit met die aanbreek van die nuwe millennium,” vertel sy aan Kirby van der Merwe (Beeld, 1 Maart 2009). Terug in die Kaap hoor Wilna van Martie Preller se internetskryfkursus en sy besluit om daaraan deel te neem sodat sy kan sien of dit is wat sy regtig wil doen. “Dit was ’n baie interessante leerskool en by tye het ek my bedenkinge gehad, maar die saadjie was gesaai en teen die einde van die kursus het ek geweet ek gaan op daardie vreemde pad stap, al is dit by tye nie ’n maklike pad nie.”

Wilna was self ook al by skryfkursusse betrokke. In 2010 was sy saam met Chanette Paul ‘n beoordelaar van LitNet se aanlynskryfkursus, SkryfNet XXIV. Sy was ook kursusleier van die Afrikaanse deel van die “Skryf ’n Roman”-kursus van die South African Writers’ College.

In 1999 is hulle oudste seun, Cobus, na Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en skielik was die huis leeg en wend Wilna haar na haar rekenaar en begin skryf aan haar eerste boek. Sy skryf aanvanklik onder ’n skuilnaam, Wilmine Burger. Oor hierdie besluit skryf Wilna op haar webwerf: “Dit was waarskynlik ’n mate van selfbeskerming indien daar nie verdere boeke gaan volg nie. As niemand weet ek het die boek geskryf nie, kan niemand my vra of ek weer een gaan skryf nie. Ek dink die vrees dat daar nooit weer ’n storie by jou gaan kom aanklop nie, is iets waarmee baie skrywers waarskynlik moet saamleef. Na twaalf boeke is die vrees steeds daar, maar ek het darem al ’n mate van vertroue in die proses gekry. Toe Tafelberg in 2001 ’n manuskrip koop, het ek besluit om die naam Wilmine Burger aan die Lapa-boeke te koppel en by Tafelberg voort te gaan onder my eie naam.”

Sy stuur in 1999 ’n manuskrip na LAPA en in 2000 word Die wingerd sal weer bot uitgegee. ’n Verdere drie boeke onder haar skuilnaam verskyn by LAPA, naamlik ’n Heildronk op die liefde (2002), Liefde is ’n kleur (2004) en Brug van woorde (2004). ’n Heildronk op die liefde wen in 2002 LAPA se Liefdesverhaaltoekenning van die jaar.

Tafelberg publiseer in 2001 ’n Ongewone belegging, die eerste boek wat onder haar eie naam verskyn. Dit word as deel van die Jasmyn-afdeling uitgegee. Verdere titels wat onder die Jasmyn-naam volg, is Alleenvlug (2002), Die reuk van verlange (2003) en Serenade vir ’n nagtegaal (2004). In 2005 word Hande wat heelmaak onder die Hartklop-naam uitgegee.

In 2004 waag Wilna haar hand aan ’n veel lywiger boek, en Rebecca word in die romantiese-fiksie-genre deur Tafelberg uitgegee. Dit beleef in 2005 twee herdrukke en ’n tweede uitgawe verskyn in 2009. Die uitgewers se inligtingstuk beskryf die storie van Rebecca as volg: "Rebecca Fagan is op 25 in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ’n olyfplaas gewerk en was in Duitsland as ’n kelner in diens. Maar sy is terug in Suid-Afrika en soek ’n 'regte werk' – verkieslik een wat opwindend is en wat ’n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde-geslag-erfgenaam van ’n multimiljardrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen, al is die pos nooit in ’n koerant geadverteer nie. Haar leuse is nie verniet 'Wie nie waag nie, wen nie' nie."

Die roman is in Huisgenoot beskryf as ’n “liplek-lekker resep vir ’n liefdesverhaal, maar met ’n paar kinkels” en in Leserskring as “die lekkerste soort storie wat ’n mens kan kry. Dis Pretty woman in Afrikaans. Net nog baie beter.” In Volksblad (28 Februarie 2005) skryf Anita de Kock dat die verhaal ’n sterk storielyn het met karakters wat oortuigend beskryf is. Al wat De Kock gepla het, is dat die dialoog soms baie lomp is, maar sy het nietemin gemeen dat die verhaal ten spyte daarvan ’n treffer behoort te wees.

Jeanne Hugo (Die Burger, 5 Maart 2005) beskryf Rebecca as ’n ou resep met ’n nuwe baadjie. “Die taal is jonk en modern, so ook die karakters. Die storie het hierdie leser gevange gehou – ek het vroegaand begin lees en nie opgehou totdat ek klaar was nie. Die verhaal styg uit bo die deursnee-liefdesverhaal danksy die kompleksiteit van die karakters. Rebecca het sommer baie issues, in die jong sprekers se taal. In haar rugsak is ’n paar donker geraamtes, by gebrek aan ’n kas, en wanneer sy uiteindelik tot stilstand kom, kos dit ’n rukkie om te besef hoekom dit so lank geduur het. Hier handhaaf die skrywer ’n goeie balans – nét wanneer Rebecca se koppige aandrang op onafhanklikheid en andersheid die leser begin irriteer, word die rede daarvoor geopenbaar.

“Julian word nie as die perfekte man voorgehou nie – hy is kort van draad en effens te ingenome met homself. Tog openbaar hy elke nou en dan verborge, deernisvolle karaktereienskappe wat hom en die verhaal diepte gee. Iets wat volgens my broodnodig is in die domein van die liefdesverhaal – die deursnee manlike karakter het gewoonlik mos die intelligensie van ’n koffietafel. Behalwe dat die liefde ondersoek word, word gekyk na die aard van afhanklikheid, en die gee-en-neem-proses wat laasgenoemde impliseer.

“Laat ons eerlik wees: Ons almal weet die twee duifies sal mekaar mettertyd vind, want dít is die doel van ’n liefdesverhaal. Dit is die reis daarheen, die droom daarvan, waarvoor ons val. Vál en val maar weer, sê ek, as nog sulke verhale op my pad kan kom.”

Volgens Helene de Kock (Beeld, 16 Mei 2005) weet Wilna hoe om die dialoog op so ’n manier aan te wend dat dit bydra tot die tempo van die verhaal. “Dis lewendige, natuurlike dialoog wat die leser teen wil en dank by die verhaal betrek. Dit dra by tot goeie karakterisering en ook die newekarakters maak aanspraak op die leser. Adriaanse ontgin die ruimte in die verhaal werklik goed wat betref Kaapstad en die wildtuin. Maar plekke soos Londen en New York waar die karakters besoek aflê, kom nie tot hul reg nie. Rebecca is egter ’n werklik boeiende lekkerlees roman en mens hoop daar kom meer sulke dik stories om lang ure mee te vul.”

Met ander woorde verskyn in 2005. In hierdie boek vertel Wilna Kristina se verhaal. Nadat sy gaan draf het en nie haar gewone tyd terug is by die huis nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar onder ’n bos teen die berg en hoewel sy by haar bewussyn is, kan sy niks onthou wat gebeur het nie. Sy gaan spreek Ben Krige, ’n psigiater op Stellenbosch. Kristina interesseer die psigiater baie en sy is vir hom soos ’n labirint: "vreemd en onbekend. Maar baie aantreklik. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek die woorde grense af en uiteindelik bring die pad hulle by ’n bestemming uit – maar ’n bestemming lyk soms anders as waarop ’n mens gereken het," volgens die uitgewers se inligtingstuk.

Op kalahari.net skryf ’n resensent dat sy/hy nie kan wag om al Wilna se boeke te koop nadat sy/hy Met ander woorde gelees het nie. “Ek kon die boek nie neersit nie. Die taalgebruik was soos die Afrikaans wat ek in my huis praat, die mense soos die mense wat ek elke dag mee te doen kry, die storie geloofwaardig en interessant. Die storie probeer nie een of ander politieke boodskap oordra nie, dit probeer nie ’n prof by ’n Afrikaanse departement beïndruk nie, dit probeer my kry om uit te vind wat het met arme Kristina gebeur.”

Met die verskyning van Die boek van Ester in 2008 vestig Wilna haar as een van die voorste beoefenaars van die genre van romantiese fiksie in Afrikaans. Met Ester beweeg sy nog verder weg van die formuleagtige liefdesverhale, volgens Ronel Nel (Beeld, 25 November 2008). “Meer in die rigting van boeke wat deesdae as chick-lit (enigeen vir ’n beter beskrywing in Afrikaans?) bestempel word: ontspanningsverhale wat nie net die hormone laat pomp en sentimentele romantiese ideale verstewig nie, maar wat die leser erken as ’n moderne, ontwikkelde vrou wat weet wat om haar aangaan en beslis ’n goeie dosis realiteit kan verwerk. Die karakters is meer kompleks, die verhaallyn meer verwikkeld en daar is beslis geen voorspelbaarheid in die verloop nie.”

In Die boek van Ester is Ester ’n fotojoernalis, maar sy is geen groentjie nie. “Haar pa is Joods, hy was redakteur van ’n groot koerant, haar ma Afrikaans. Haar ouers word een aand in hul oprit doodgeskiet – geensins ’n lukrake misdaadgeval nie, maar dit noop haar steeds om Suid-Afrika te verlaat en na Londen te trek. Daar hervestig sy haarself totaal: sy verander haar klere, haar sosiale kring en word ’n mode-fotograaf. Afrika is in sy maai en sy stel nie belang nie, dankie!

“Twee jaar later is sy egter terug in die land vir ’n shoot in die Laeveld. Daar ontmoet sy Samuel McGreggor, veearts en omgewingskenner. ’n Belese, welsprekende man, uitgesproke en deel van die kontinent wat sy so inderhaas verlaat het. (...) Die boek is heerlik, hoewel dit soms voel of die dialoog ‘toesprake’ is, met geweldige bykomende nagevorste inligting. Dit is ook nié ’n Ingrid Winterbach of ’n Marlene van Niekerk nie – en probeer dit ook geensins wees nie. Dit is ’n lekkerlees-boek van waarde. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir ’n Saterdagmiddag op die rusbank, voete in die lug en ’n glas wyn in die linkerhand.”

Vir Magda Venter, Volksblad (10 Maart 2009) se resensent, betree Wilna met Ester die wêreld van die meer moderne en realistiese leser wat nie meer net wil lees van die heldinne van die "resepmatige liefdesverhale" nie, maar wat verhale wil lees wat opgebou is rondom aktuele sake. En hoewel Venter klein puntjies van kritiek gevind het, meen sy dat Ester die moeite werd is om te lees.

Herman Wiid skryf op LitNet dat Die boek van Ester die klassieke ondertone van ’n tipiese liefdesroman bevat. “Daar is die uitbeelding van die held wat sy damsel in distress moet red van die gruwelikhede van die wêreld. Hul intense, emosiebelaaide liefde-haat-verhouding sorg plek-plek vir passievolle oomblikke, soos op bl 433, maar dreig ook om uitgerek en vervelig te raak. Net so is daar ook baie elemente wat getuig van ’n meer ernstige aanslag in Adriaanse se werk en wat verdien om genoem te word. Die eerste hiervan is ’n deurlopende vrouetema, wat veral na vore kom in die tradisionele dans wat die vroue uitvoer (263). Ester voel ’n magiese aangetrokkenheid tot hierdie ritueel en vir die eerste keer sedert haar ouers se dood, voel sy dat sy weer êrens behoort.

“Die verhaal speel ook af teen die breër agtergrond van die bewarings- en ekologiese vraagstuk en dit sorg vir ’n interessante en relevante aanslag tot die storielyn deur die klem wat dit op aktuele sake, soos natuurbewaring en misdaad plaas. Nog ’n belangrike gegewe in die boek is die simboliese waarde wat daar deurgaans aan voëls geheg word. Hierdie tema maak die deur oop vir verdere interessante interpretasies van die verhaal deur die lesers.

Die boek van Ester sou nie afgerond gewees het sonder sy Bybelse intertekste nie. Verrassend genoeg is daar geen sprake van die Bybelse Ester-figuur in enige van hulle nie, maar tog slaag hulle in hul doel. Ook die paar filosofiese invoegings, veral dié deur die karakters Samuel en Robert en Ira, gee inhoudelike struktuur aan die verhaal.

“Al hierdie elemente val mooi in plek in die konteks van die verhaal en dit lyk of Adriaanse met dié verhaal weer haar slag gewys het met die pen. Dit bly egter ’n liefdesroman en ongeag die (bogenoemde) ernstiger aspekte rondom die boek moet lesers van ernstige leesstof en fiksie nie veel meer verwag nie. Dit gesê, voel ek is Die boek van Ester sy plek werd op vanjaar se The List van Exclusive Books, juis omdat dit, soos Adriaanse se ander werke, 512 bladsye van pure vakansieleesgenot bied vir die hopeless romantics onder ons.”

Die boek van Ester is in 2009 aangewys as die wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Op haar webwerf vertel Wilna dat sy besonder baie navorsing moes doen voordat sy Die boek van Ester kon skryf. Hoewel hulle wel ’n tyd lank in die Laeveld gebly het, moes sy weer teruggaan om die gevoel van die plek terug te kry. Sy was by ’n rehabilitasiesentrum vir olifante en tydens die tydjie daar het daar jong olifante aangekom. Sy het ook op ’n olifant gery en ’n helikopterrit oor die Laeveld beleef. “Gedurende ’n besoek aan ’n wildernisgebied het ek baie ure met die gidse deurgebring en baie by hulle geleer. Aan die einde van die boek is daar ’n lang lys persone wat bedank word en dit is omdat hulle almal werklik meegehelp het dat ek die storie kan skryf.”

Wilna het haar in 2009 ingeskryf vir haar MA-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden.

In 2010 publiseer Tafelberg Wilna se volgende roman, Vier seisoene kind. Die hoofkarakter in hierdie roman is Cato, wat ook in Met ander woorde voorgekom het. Die flapteks vertel die storie: "Die woord weduwee is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee Cato haar met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind."

Wilna het vertel hoe Cato een nag met ’n bottel sjampanje voor haar bed verskyn het en gesê het dat Wilna háár storie moet vertel, en dit was die ontstaan van Vier seisoene kind.

Op LitNet skryf Elbie Adendorff as volg oor Vier seisoene kind: "Die tema van die boek is nie net die sprokieselement van die liefde nie, al spot Cato self met die tema: 'Dit is al daardie verdomde sprokies wat ’n mens hoor as jy klein is' en 'And we all lived happily ever after, saam met Kersvader, die Paashaas en die tandmuis.' Die boek gaan oor die vraag: Wat as mens se lewe anders uitdraai as wat dit veronderstel is om uit te draai? Met ander woorde as jou 'to do'-lysie nie meer lyk soos dit moet lyk nie, soos Adriaanse dit self in ’n onderhoud verwoord het. Vier seisoene kind gaan oor die wendinge wat in ’n mens se lewe voorkom en hoe jy op ander paaie gestuur word as waarvoor jy beplan het.

"Die boek verwoord natuurlik ook die tema van verlies en die hantering van verlies, soos deur Cato verwoord op p 318: 'Dit is so maklik vir julle almal om kommentaar te lewer. Cato is te maer, Cato huil te veel, Cato huil te min, Cato moet eet, Cato moet slaap, Cato moet treur, Cato moet minder treur. Gaan aan. Rou eers. Was een van julle al hier?' Saam met verlies, is die implikasie van ’n nuwe begin: Cato begin nuut op Stellenbosch, sy koop ’n nuwe besigheid, sy raak swanger, daar is die totsiens sê van die ou jaar en die groet van die nuwe jaar, en daar is die nuwe begin saam met Jacob.

"Hierdie temas is almal temas waarmee elke leser kan identifiseer: Hoe hanteer elkeen van ons verlies, hoe hanteer ons die wendinge wat op ons pad kom en hoe hanteer ons nuwe beginne. Dit is wat die boek bo die tipiese liefdesverhaal laat uitstyg – die ingewikkelde storielyn, die kompleksiteite van die karakters, die bevraagtekening van die liefde.

"Daar is verder ook die ander kleiner temas, soos vriendskappe en die waarde daarvan, die verhoudinge met ouers en skoonouers, die aanpassing in ’n nuwe dorp, enkelouer-tiener-verhouding. (...)

"Die verhaal van Cato is chick lit en dit is ’n lekker boek om oor ’n naweek te lees. Dit lees nie moeilik nie, en dit wil en moet dalk juis nie, want dit is populêre fiksie. Tog laat dit die leser nadink oor universele kwessies. Ek sal lesers aanmoedig om die boek te lees, veral dié wat die drie karakters Cato, Helen en Kristina reeds uit die vorige boek leer ken het. Ook die leser wat iets meer uit romantiese fiksie wil kry as die gewone 'Mills en Boon'-stories."

In Rapport van 3 Desember 2012 skryf Ilze Salzwedel: "In dié boek is van ’n gehyg geen sprake nie. Geleef en oorleef en geworstel met kwessies eie aan ons moderne lewe, ja, maar nie ’n gehyg en gewag op ’n ridder nie. Alles, van haar man se dood tot ’n onbeplande swangerskap, ’n eie onderneming, ’n nuwe land en nuwe en ou vriende, maak van Cato ’n vlees-en-bloed karakter wat struikelblokke uit die weg ruim en haar eie lewe bepaal. En dié leser leef mee, volg Cato se spoor tot daar waar sy haar eie mens is.

"Adriaanse mag maar skryf. As jy dit nog nie gelees het nie, gaan kry dadelik jou eksemplaar van Vier seisoene kind. Dis elke sent werd, en vir dié leser was die leesgenot veels te gou verby."

Ook in Rapport van 3 Desember 2010 is Jaybee Roux die volgende mening oor Vier seisoene kind toegedaan: "Die hantering van die deurlopende tema – die 'vier seisoene van rou' wat iemand ná die dood van ’n geliefde moet deurleef – bied beswaarlik opwindende leesstof. Dit sou goed kon werk as ’n leitmotief om alles wat in die boek gebeur, saam te bind. Maar die probleem is juis: daar gebéúr nie veel in dié roman nie. Die dilemma waarmee die heldin uitgedaag word wanneer sy besef haar man het haar méér as herinneringe ­nagelaat, word onderbenut. Dit kon ’n uitstekende katalisator gewees het om woema aan die verhaal te gee, maar dié aspek van Vier seisoene kind word met amperse gelatenheid gehanteer.

"Die uitdagings wat ’n teater­restaurant bied, bring ook nie juis opwinding nie, in elk geval nie wanneer dit deur Wilna Adriaanse beskryf word nie. Die liefdeselement is maar flou. Daar is min konflik tussen die heldin en die man met wie sy bestem is om haar toekoms te deel; daar is ook nie regtig sprake van struikelblokke wat oorkom moet word voordat hulle mekaar uiteindelik 'vind' nie.

"Die yl intrige word deur te veel en te lang gesprekke aanmekaargeflans (bladsy 7 tot 480). Wanneer daar in Vier seisoene kind gevloek word, kom dit meesal 'uit plek' voor en voel dit vir die leser asof hy/sy – met apologie aan Langenhoven – kou aan ’n mond vol koringkorrels waarin klippies versteek is.

"Hoekom is die boek dan so gewild? Die heldin is 'doodgewoon'; juis daarom kan soveel lesers hulle met haar vereenselwig. Die skrywer wéét hoe moderne vroue werkkrisisse, huweliksprobleme, vriendskappe ensovoorts ervaar. Baie genrelesers hóú van ’n ­dralende pas en weemoedige ­ondertoon: ’n roman is nie ’n aksiefliek nie. Die lesers voel Cato se verlatenheid en eensaamheid soms tot in die siel aan. Die grootste faktor bly egter die skrywer se vermoë om ’n heldin oortuigend en met warmte en deernis te skets. Dis al. En dis al wat tel."

Dit is vir Wilna baie belangrik om sterk heldinne te skep. “In die verlede wou die heldin gered word. Vandag doen sý die reddingswerk,” vertel sy aan Mariana Malan in Die Burger van 12 Januarie 2005). “Tog het elkeen die behoefte om eendag iemand te ontmoet wat haar volledig aanvul.”

Vir Wlna is een van die geheime van die liefdesverhaal dat die leser in die vel van die heldin kan klim. "Die verhaal word dus vanuit haar perspektief geskryf. Lesers sien nie werklik die ander karakters se kant van die saak nie en hulle het ook nie ’n vertellerstem nodig nie. Daar is gewoonlik nie ’n geheim in die slot opgesluit nie. Almal weet die held en heldin gaan op die ou end bymekaar uitkom. Die spanning lê in hóé dit gebeur.”

Wilna het gou geleer dat daar baie in liefdesverhale is waarmee mense kan identifiseer. “Mense meen dikwels hulle moet deur groot waarhede aangespreek word. Ek het al agtergekom dat dit die klein dingetjies is waaruit mense leer.

"Ek gaan soek nie na stories nie. Stories kry my en my familielede kom uit die Noordweste en is almal storiemense. My boeke wat ek skryf, is vir my soos familielede."

Wilna is ’n romantikus in murg en been en dit is hoekom haar stories so maklik na haar toe kom. “Nie noodwendig die soort wat kersligetes en stadige tango’s veronderstel nie, hoor,” vertel sy aan Sarenda Eloff-Vorster (Rooi Rose, Februarie 2003). “As ons na ou flieks kyk en ek die klassieke boeke lees, lyk dit of romanse in ons moderne samelewing uitgesterf het. Waar in hierdie supersoniese lewe kry ons nog tyd vir roosblaarbaddens en passievolle nagte saam? Vir handgeskrewe briewe op geblomde skryfpapier wat na katjiepiering ruik?

“Nee, dié is yl gesaai, maar in die plek daarvan het ’n nuwe soort romanse ontstaan. Of dit beter of slegter as die ou soort is? Wie sal weet? Ons kan net probeer om soos met baie ander dinge ook hierdie nuwe vaardigheid aan te leer, want ons behoefte aan liefde, koestering en aanvaarding bly dieselfde.”

Toe Wilna se man, Deon, in 2002 in Lagos, Nigerië gewerk het, moes hulle ander planne bewerkstellig om die romanse in hulle huwelik lewend te hou: “Vir my het romanse met kopspeletjies te doen. Soos ’n vinnige sin wat meer bedoel as wat die woorde sê, begrip vir mekaar en intellektuele stimulering. Dis soos ’n hartskonneksie.”

Mense nooi Wilna dikwels om van mooi en interessante plekke by hulle gebruik te maak om te skryf en sommige van hierdie plekke kan selfs as eksoties bestempel word, maar sy het geleer wanneer sy begin skryf, moet sy agter haar eie lessenaar sit met haar bekende kennisgewingbord vol notas en foto’s langs haar, vertel sy op haar webwerf: “My aantekeningboeke en notaboeke langs my en my yskas naby waar ek my na liggaam en siel kan gaan verkwik wanneer die karakters my laat kopkrap. (...) Alles is egter moontlik en toe my man vir ’n jaar in Nigerië gewerk het, was ek verplig om te skryf waar ek ook al gekom het. Op lughawens, in vliegtuie, in hotelkamers. So ’n bestaan bied weer sy eie uitdagings en plesiere.

"Dit is vir my belangrik om voor ’n boek so wyd as moontlik te gaan rondloop sodat die storie kans kry om te groei en ek die geleentheid het om dinge soos beelde, reuke, klanke, gesigte en dies meer in my geheue te versamel. Al daardie inligting en herinneringe word egter op ’n dag, soos kersvader se sak geskenke, terug na my studeerkamer gesleep om deel van die storie se doek te word.”

Oor twee boeke wat mekaar opvolg, het Wilna gevoel dat sy nooit ’n opvolg op een van haar boeke sou skryf nie, "omdat ek glo dit kan die eerste boek potensieel skade aandoen as dit nie ’n storie is wat op sy eie bene kan staan nie. Ek voel steeds so, maar met die volgende boek gaan ek tog terug na vorige karakters, nie soseer as ’n opvolg nie, maar om die verhaal van een van die ander karakters te vertel. So, wie weet, eendag loop ek dalk terug op van die ander boeke se paaie ook.”

In 2012 word Wilna se volgende roman, die produk van haar meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, onder die titel ’n Klein lewe uitgegee. Dit is met die eerste oogopslag duidelik dat hierdie roman op Wilna Adriaanse se eie lewe gebaseer is, maar dit is tog nie outobiografies soos ons outobiografiese romans ken nie.

In Tydskrif vir Letterkunde van 2013 is Lezandra Theart die resensent en sy skryf dat die boek ingewikkelde vrae vra en naspoor wat die hoofkarakter elke dag ervaar het gedurende haar grootwordjare in die 1950's in Suid-Afrika, "asook hoe die hoofkarakter as ’n ouer probeer om haar kinders te beskerm teen al die hartseer en seerkry wat sy self reeds ontdek het. Die titel van die boek suggereer dat die verhaal handel oor iemand wat nie ’n bekende figuur is nie, maar eerder ’n doodgewone vrou wat van kleintyd af met vrae worstel waarmee verskeie mense kan assosieer. ’n Klein lewe is egter alles behalwe klein aangesien die teks met ’n groot gehoor kan kommunikeer op grond van die verskeidenheid onderwerpe wat Adriaanse aanraak. Adriaanse noem verder talle gebeurtenisse wat aan die Suid-Afrikaanse leser bekend sal wees soos die dood van dr Verwoerd, die politieke onrus in die townships tydens die 1970’s en 1980’s, PW Botha se Rubicon-toespraak, seuns wat grens toe moet gaan en selfs later die dood van Eugène Terre’Blanche. Vir die hoofkarakter is dit asof al hierdie, en nog vele ander gebeure wat ook in die boek oorvertel word, haar identiteit en die mense om haar se identiteit vorm. (...)

"Myns insiens is die konsep van identiteit die belangrikste aspek van die roman. Vrae oor identiteit word herhaaldelik in die boek geopper. Ek vind ook Adriaanse se fokus op ontworteling interessant aangesien dit direk met identiteit verband hou. Soos reeds genoem, het die hoofkarakter reeds van ’n jong ouderdom met die idee kennis gemaak dat identiteit en velkleur dikwels verstrengel word. (...)

"Die boek kan daarom gesien word as ’n persoonlike reis vir die hoofkarakter waarin sy probeer om deur middel van haar eie storie haar teenwoordigheid in Suid-Afrika te verklaar. ’n Tweede belangrike aspek van die boek is die konsep van 'tuis wees' in ’n bepaalde plek. Die hoofkarakter ervaar baie ontworteling soos sy in haar kleintyd en later saam met haar man van dorp tot dorp trek. Hierdie konstante beweging ontwrig ook haar sin van identiteit omdat sy haarself elke keer weer aan nuwe mense in ’n nuwe omgewing moet bekend stel terwyl ’n gedeelte van haarself agterbly in die vorige dorp, en sy elke keer nuwe idees en ervarings van die vorige dorp na die volgende dorp saamdra. Dit is juis waarom die illustrasie van die voëltjie op die voorblad van die boek gepas is – die hoofkarakter ervaar haar lewe as een waar sy van nes tot nes vlieg, maar nooit te lank bly nie en elke keer wanneer sy aanbeweeg, bly daar altyd takkies agter, selfs al word die nes afgebreek. (...)

"Uiteindelik besef die hoofkarakter dat dit juis al die ervarings en ontwrigting in haar lewe is wat haar identiteit gevorm het en dat ’n mens nie anders kan as om vorentoe te beweeg nie. ’n Klein lewe is ’n maklike boek om mee te assosieer aangesien die onderwerpe so wyd is en daarom toelaat dat verskillende lesers verskillende gedeeltes van die verhaal kan eien. Adriaanse demonstreer ook deur die boek haar veelsydigheid as skrywer aangesien die boek afwyk van haar gewone skryfstyl wat in die liefdesverhaalgenre inpas. In my opinie is ’n Klein lewe nie ’n groot letterkundige werk nie, maar eerder ’n eenvoudige illustrasie van die vrese en vrae waarmee talle wit mense in Suid-Afrika worstel. En juis om hierdie rede is die boek van belang."

Vir Saartjie Botha in Beeld van 23 Julie 2012 is dit nie net ’n roman nie, maar kan dit ook gesien word as ’n "kultuurhistoriese dokument" wat ’n prentjie skets van ’n wit Afrikaanse gesin en hulle wêreld in die laaste helfte van die 20ste eeu. "Die motivering vir ’n Klein lewe en die herbesoek van ’n lewensroete word vroeg in die roman uitgespel: ’n hoofkarakter wat sin wil vind in haar teenwoordigheid in Suid-Afrika vandag, sodat haar kinders en hul tydgenote hul lotsbestemming beter verstaan. Sodat hulle motivering het om te bly, en nie deel word van die 'expat'-generasie uit onkunde nie.

"Die roman is ondanks die politieke ondertone ’n reis na begrip, nie na konfrontasie nie. Dis ’n persoonlike belewenis en belydenis wat niks meer as dit probeer wees nie. Die geldigheid van elke individu se ervaring is ononderhandelbaar.

"Adriaanse bied die ervaring in ’n beskeie stemtoon aan, baie bewus van ander se ervaring wat nooit gehoor sal word nie, en uiteraard met hare sal verskil. Haar skryfstyl is vlot en toeganklik, met hier en daar dialoog wat effens geforseerd voorkom. ’n Klein lewe is sterk aan te beveel vir almal wat bemoeienis het met herkoms, ook vir dié wat besef dat daar ’n veelheid van stemme nodig is om sin te maak van die land waarin ons leef."

Met haar volgende roman, Dubbelspel, begewe Wilna haar op ’n heeltemal nuwe terrein, naamlik dié van die misdaadroman. Sy vertel aan Phyllis Green (Sarie, 13 Junie 2014) dat sy nie hierdie sprong beplan het nie; trouens, sy was self effe verbaas. "Maar na 14 jaar van stories maak, vind ek dat stories universele eienskappe het. Selfs die romantiese genre het ook ’n spanningselement. En spanningsverhale het dikwels ook ’n romantiese draad. Die klem verskil dalk net. Op die ou end was die sprong toe nie so groot soos ’n mens sou verwag nie."

In Dubbelspel is die hoofkarakter Ellie McKenna. Wilna het een aand na ’n musiekuitvoering in ’n kerk geluister "en terwyl ek op ’n stadium ietwat verveeld rondkyk, het ek in my verbeelding ’n jong vrou sien orrel speel. Die volgende oomblik het twee mans agter in die kerk ingeloop en sy het dadelik geweet hulle soek haar. En ek was nuuskierig ..."

Ellie McKenna is in die polisie, maar haar hele wêreld word omgekeer wanneer haar polisieman-pa by ’n padblokkade doodgeskiet word. Sy wil met alle geweld help met die ondersoek na sy dood, maar mag nie. Ook beleef die land ’n aanslag van boewe – van die Chinese triades tot die Russiese mafia en die plaaslike dwelmbase. Die eenheid vir ernstige misdade waar Ellie werk, is betrokke by die ondersoeke.

Ellie se vriend, Albert Greyling, is ook ’n polisieman en hy ondersoek die Kaapse dwelmbase en wil vir Ellie in sy klandestiene ondersoek gebruik, wat sal beteken dat sy moet bedank. Op hierdie manier raak sy betrokke by mense wat almal op een of ander manier met skelmstukke besig is. Sy ontmoet ook vir Nick Malherbe, hoof van een van die skelmfamilies se sekuriteit.

Wilna moes baie navorsing doen vir Dubbelspel, want sy het nie veel kennis gehad van die wêreld waarin sy haar boek wou plaas nie. Sy vertel aan Phyllis Green: "Maar ek het wonderlike mense raakgeloop wat bereid was om met my hulle ervaring en kennis te deel. Dit is een van die lekkerste byvoordele van skryf – die interessante mense wat ’n mens so deur die navorsing ontmoet.

"Wat ook interessant is, is hoe die werklikheid dikwels die verhaal waarmee ek besig is naloop. Miskien is ek net baie meer oplettend, maar gedurende die skryf van die storie het daar ’n hele paar dinge in die nuus gebeur wat baie mooi by die storie ingepas het. En het ek ook toevallig in gesprekke beland waar ek waardevolle inligting gekry het."

In Die Burger van 3 Mei 2014 vertel Wilna verder oor die mense met wie sy gepraat het om inligting vir Dubbelspel te kry: "Ek moes wyd praat, maar meestal met mense wat ek nie kan noem nie. Maar dis ook interessant hoe ’n storie momentum kry. ’n Toevallige gesprek met ’n joernalis. ’n Onverwante vraag aan ’n speurder. Laataand in Seepunt se strate. Iemand wat eerstehandse kennis het van geldwassery.

"Kenners op die gebied van die veiligheidsbedryf. Koerantberigte wat stories wat aanvanklik vergesog geklink het, bevestig. Dit was asof almal net op die regte tyd hul verskyning gemaak het.

"Terwyl ek besig was om die boek te skryf, sit ek per geleentheid in ’n vliegtuig langs ’n oudpolisieman wat nou seerowers jag in die Indiese Oseaan tussen die kus van Oos-Afrika en Asië. Toe hy my vertel wat hy doen, raak ek aan die lag. Want wat was die kans dat ek juis toe langs hom sou beland?!"

Elbie Adendorff skryf op LitNet dat hoewel Wilna in Dubbelspel wegbeweeg het van die romantiese verhale, is die karakterisering, die verhoudings en storielyne nog net so ingewikkeld soos haar vroeëre werke. Vir haar is Dubbelspel ’n "lekkerlees-spanningsverhaal met ’n goeie storielyn en interessante karakters. Dit boei die leser van die begin af en bied ’n blik op ’n wêreld waarvan min lesers sekerlik sal weet. Die ingewikkelde verhoudingspel en intriges maak dit ’n boek wat nie maklik neergesit kan word nie en daarom beslis aanbeveel word om te lees."

In Die Laevelder skryf Liezel Lüneburg dat die einde van Dubbelspel haar met ’n skok getref het en vir die eerste keer in ’n lang tyd wou sy nie ophou lees nie: "Dubbelspel is ’n gepaste titel. Bykans al die karakters in die boek speel ’n dubbelspel en lei in verskillende grade ’n dubbele lewe. Elkeen kies waar, wanneer en tot watter mate hy of sy die spel bekend wil maak – indien enigsins. Die reëls verander deurentyd en die leser moet kophou om die slim, dikwels versteekte nuanses en storielyne te volg. Die storie lewer keer op keer aangename én onaangename verrassings op en laat die leser vinnig onder die indruk kom dat niémand en niks te vertrou is nie.

"Wilna Adriaanse is eintlik bekend vir boeke met ‘n romantiese storielyn. In Dubbelspel spring sy na ’n spanningsverhaal en bewys haarself as ’n uitmuntende skrywer wat (...) enige genre met sukses sal kan aanpak. Tog het Dubbelspel ook ’n opwindend-romantiese lyn en ek kan nie wag om te sien waarheen hierdie lyn in Eindspel beweeg nie.

"Afrikaners hoef nie meer nét Amerikaanse, Engelse en Skandinawiese spanningsverhale te lees nie. Daar is menige spanningsverhaal wat in Suid-Afrika afspeel en oorspronklik in Afrikaans geskryf is. Ek geniet hierdie boeke omdat die omgewing en agtergrond dikwels bekend is. Ek ken die plekke waar die tonele afspeel. Verder is die taalgebruik en woordkeuse ook bekend. Dalk omdat dit oorspronklik in mý taal geskryf is en nie in Afrikaans vertaal is nie. Wilna Adriaanse het dit reggekry om die boek só te skryf dat ek in ’n sekere mate met die gesprekke en mense kan assosieer. Die karakters tree op en praat soos wat ek verwag het hulle moet. Ek lees verskillende genres, maar spanningsverhale tel onder my gunstelinge. Van die menige Afrikaanse spanningsverhale wat deesdae op die rakke beskikbaar is, tel Dubbelspel nou onder my witbroodjies. Dit is definitief oor en oor die lees werd!"

In Beeld (10 Mei 2014) is Ilza Roggeband dit min of meer eens met die ander resensente. "Dubbelspel lees teen ’n stewige pas en die spanningsdraad is styfgespan. Hierdie is nie ’n boek met ’n einde nie. Reeds voor in die boek word die leser gewaarsku dat dit die eerste deel van ’n tweeluik is. Dubbelspel is egter ’n heerlike voorgereg en te oordeel aan die kort uittreksel uit die opvolg, Eindspel, wat agterin Dubbelspel geplaas is, beloof die tweede gereg om net so ’n goeie leeservaring te wees. Ellie en Nick se storie is beslis nog nie klaar vertel nie."

Wilna vertel aan Rachelle Greeff (Rapport, 11 Junie 2014) dat sy nie aanvanklik ’n tweeluik beplan het nie. "Die storie wat ek aanvanklik begin skryf het, gaan nou die tweede boek word. Terwyl ek daarmee besig was, het ek besef Ellie het ’n stuk geskiedenis wat eers vertel moet word, anders gaan ek te veel terugflitse moet gebruik. Ek is seker ek gaan vorentoe nog wil weghardloop, maar dit sal nie ’n nuwe gevoel wees nie. Ek ervaar dit met elke boek.” 

Dubbelspel is op die kortlys vir 2015 se ATKV-Woordveertjieprys vir spanningslektuur.

Oor die vordering met Eindspel vertel Adriaanse aan Greeff: "Omdat ek reeds ’n ent weg was met Eindspel voordat ek Dubbelspel begin het, het ek darem nie met ’n wit bladsy begin nie en is daar al heelwat storiemateriaal wat lê en wag om verwerk te word. Ek is kliphard daarmee besig, maar die lesers moet Ellie darem ook ’n bietjie mis voordat sy weer haar opwagting maak." 

In 2017 verskyn die langverwagte vervolg op Dubbelspel onder die titel Eindspel en dit beteken dan ook die einde van Ellie, die polisievrou, se verhaal. Eindspel is in 2018 bekroon met die Graffiti Boeke/Lekkerlees Boekrakprys.

Die roman begin met Ellie wat op die platteland bly en ’n heel gemaklike en lekker lewe voer. Sy is die plaaslike orrelis en sy en die dominee hou baie van mekaar. Maar soos dit moet gebeur, is die vredige bestaan nie van lange duur nie. Een Sondag sien sy in die truspieëltjie van die orrel twee mans met donkerbrille die kerk instap, en instinktief weet sy dat hulle op soek is na haar.

Sy gaan terug stad toe en daar moet sy hoor dat ’n vriendin en haar minnaar ontvoer is. Saam met haar oudkollegas in die polisie, en veral saam met kolonel Nick Malherbe, begin sy ’n soektog na die twee.

"Soos een van die karakters waarneem, is hierdie soektog soos ’n legkaart waar stukkie vir stukkie ingepas word," het Cas van Rensburg in Volksblad (3 April 2017) geskryf. "Die eienaardige ding is dat ’n mens geen oomblik verveeld raak nie. Terwyl niks asemrowends gebeur nie, word die spanning volgehou. In aansluiting hierby is die manier waarop die gebeure in Dubbelspel hanteer word. ’n Mens sou verwag dat lesers wat dit nie gelees het nie, iewers in die boek ’n aanduiding sou kry van wat vooraf gebeur het. Adriaanse is meer subtiel. Hier en daar is daar ’n skuins verwysing; ’n legkaart binne ’n legkaart. Soos gesê: Slim.

"Kennismaking met die karakters is nogal verkwikkend. Adriaanse het ’n slag met die inklee van verskillende mense. Dis opmerklik hoe sy karakters deur hul taalgebruik definieer. (...) ’n Karakter soos Ellie word amper ’n huisvriend. Sy is hardegat, befoeterd, weerloos en het ’n diepe hartseer wat soos ’n sluier oor haar hang. (...)

"Tussen haar en Malherbe is daar ’n vertrouensbreuk en hulle sit gereeld vas. Die leser kan egter amper die diepliggende aangetrokkenheid tot mekaar ruik. (...) Nader aan die einde draai Adriaanse de vlam op. Mense word geskiet, die verdwene minnaar opgespoor en die ontvoerde meisie gekry. In hierdie gedeelte loop die spanning hoog, en hou ’n mens regtig asem op.

"Die beskrywing van die gebeure is ontstellend realisties, maar die leser word beloon met ’n ontknoping wat ’n verrassing in die oortreffende trap is. ’n Mens kan die boek net hiervoor lees."

Ook Elbie Adendorff is op LitNet baie positief oor Eindspel: "Tipies Adriaanse is die ingewikkelde storielyn en dat die karakters nie eensydig en stereotipies uitgebeeld word nie. Dit lees nie moeilik nie, maar tog is die storielyn nie eenvoudig en maklik nie. Spanning word deurgaans opgebou en die onsekerheid rondom Clara se ontvoering en Enzio se verdwyning hou die spanningslyn hoog. In hierdie storielyn word skerp kritiese kommentaar oor hedendaagse Suid-Afrika gelewer. Dit laat die leser nadink oor die probleme in ons land – veral wat misdaad betref. Die karakters in Eindspel is deurleefde karakters wat getrou uitgebeeld word. Al is die misdaadwêreld nie een waarmee almal sal kan identifiseer nie, is die karakters in daardie ruimte en die polisieruimte lewensgetrou.

"Die verhaal van Ellie is ’n lekker verhaal om oor ’n naweek te lees. Ja, daar is die voorspelbare gelukkige einde, maar die heldin, Ellie, is sterk, denkend en onafhanklik, net soos Nick ook sterk en onafhanklik is. Ellie is aan die begin van die roman stukkend: emosioneel en fisiek: 'En in die plek daarvan rooi, opgehewe hale, soos merke op ’n snybord. En een lang letsel van haar bors tot by haar naeltjie.' Aan die einde van die roman is sy heel: 'Dis soos hoop voel, besluit sy êrens in die nag. Hoop op iets normaals. Sy wil nie dink dat sy dit vir iemand laat doen het nie. Dit moet haar geskenk aan haarself wees. Hierdie behoort net aan haarself.' Maar Ellie en Nick is feilbaar en moes eers op hulle eie introspeksie gaan hou voordat die eindspel tussen hulle kan begin."

Jonathan Amid is die resensent van Eindspel in Rapport van 12 Maart 2017: "Adriaanse lewer besliste maatskaplik-politieke kommentaar op die aard en klimaat van misdadigheid in Suid-Afrika, asook die soort rolspelers wat die meeste by georganiseerde misdaad baat vind. Veral prysenswaardig is die insiggewende blik op die lewens van dié wat opgesaal is met die taak om van ons land ’n veiliger plek te maak.

"Die twee karakters wat die grootste impak maak met die lees van Eindspel, en die sentrale verhouding wat die sterkste ontgin word, is dié van Ellie en Nick. (...) Sowel Ellie as Nick is besonder goeie verkleurmannetjies, gebroke randfigure wat veg vir reg en geregtigheid en vergelding in ’n milieu waar dit al hoe moeiliker raak om die goeie van die bose te onderskei.

"Eindspel se grootste oomblikke (en daar is heelwat) is geskoei op Adriaanse se bereidwilligheid om minder op die plot en polisie-prosedure, en meer op karakterontwikkeling en handeling te fokus. Adriaanse se ervaring as liefdesverhaalskrywer is nuttig in die vorm van die teer, onvoorspelbare, humoristiese en uiteindelik bevredigende verhouding tussen die geregsdienaars."

Amid sluit sy bespreking as volg af: "Deur ’n onsentimentele, volwasse liefdesverhouding eerder as gewelddadige aksie en oordrewe strewe na spanning Eindspel se spilpunt te maak, bou Adriaanse ’n herkenbare dog steeds innemende wêreld waar die verhaal organies voortstu. Lesers sal hulle kan verkneukel in ’n vertelling wat dadelik vra na ’n herlees: Adriaanse-aanhangers kry waarde vir geld."

Oor watter boeke met haar kop kan smokkel, vertel Wilna aan Beeld (2 Julie 2012): "Sedert my vroegste kinderjare word ek deur stories bekoor en van my kosbaarste herinneringe het met stories en boeke te doen. Om een skrywer of boek uit te sonder is egter onmoontlik. Elke boek word teen ’n spesifieke agtergrond gelees.

"Sommige boeke verloor met ’n herlees daardie eerste betowering, terwyl ander jou keer op keer verlei. As ek net drie kan uitsonder, al drie boeke wat ek in die afgelope twee jaar gelees het, sal dit wees Die sneeuslaper deur Marlene van Niekerk, The ­Elegance of the Hedgehog deur Muriel Barbery en Death in Venice deur Thomas Mann.

"Ek het aanvanklik gesukkel om al drie te lees, want dit was nie stories wat dadelik tot my gespreek het nie, maar op ’n dag was ek binne die verhale vasgeknoop en kon ek nie anders as om dit enduit te lees nie.

"Om te besluit wat my in elke boek vasgevang het, is soos om kwik te probeer vasknyp. Een of twee gedagtes wat my ná die lees daarvan bygebly het, is die volgende: In Die sneeuslaper word verwys na die lewerikspieël wat vanaf die vroegste tye gebruik is om voëls na nette of skutters te lok. Vir my is die skrywer se ekonomiese woordgebruik en ryk beelde die spieël wat my begogel het. En die manier waarop sy die stories vervleg totdat jy nie meer weet wat jy glo en of jy moet waag om te glo nie.

"In Elegance of the Hedgehog het dit gevoel of ek ’n baie skaars afloergeleentheid kry. Nie net agter die deur van Renée, die concierge nie, maar ook al die ander karakters wat haar wêreld deel. Sy beskryf karakters wat jou lank bybly. Wat jou op ’n dag baie subtiel met jou eie vooroordele en vooropgestelde gedagtes konfronteer.

"Ek kon my nie vereenselwig met die hoofkarakter in Death in Venice nie en tog het ek êrens in die boek ’n emosie herken, of eintlik meer aan eie lyf gevoel. Dit was soos om omgeboul te word wanneer jy dit nie verwag nie.

"Soos ek genoem het, is dit moeilik om stories soos hierdie binne ’n paar woorde te beskryf. Dit is boeke wat gelees en herlees moet word. Daar is min dinge so lekker soos ’n naelbyt-spanningsverhaal, ’n goed geskryfde liefdesverhaal of ’n tong in die kies komedie. Maar daar is ook ’n byna pynlike lekkerkry in die lees van ’n boek wat so met my kop smokkel."

Publikasies:

As Wilna Adriaanse

Publikasie

’n Ongewone belegging

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2003 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624040623 (sb)
  • 1415000158 (hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Alleenvlug

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2005 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624041743 (sb)
  • 141500319X (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2003

ISBN

0624041212 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Serenade vir ’n nagtegaal

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624042413 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Rebecca

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2005
  • 2009

ISBN

  • 0624042510 (sb)
  • 9780624048206 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2005

ISBN

0624043142 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met ander woorde

Publikasiedatum

2006

ISBN

0624044556 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die boek van Ester

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624046837 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-prys vir Beste Liefdesroman 2009

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 1: ’n Ongewone belegging; Alleenvlug; Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624048053 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Vier seisoene kind

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624048671 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans 2011

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 2: ’n Heildronk op die liefde; Serenade vir ’n nagtegaal; Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624049302 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Omnibus 3: Die wingerd sal weer bot; Liefde is ’n kleur; Brug van woorde

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780624053859

Uitgewers

 

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

’n Klein lewe

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780624054672 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dubbelspel

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780624068037 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Misdaadroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eindspel

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780624075301 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Misdaadroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels; Endgame 2019; vertaal deur Elsa Silke

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

As Wilmine Burger

Publikasie

Die wingerd sal weer bot

Publikasiedatum

2000 (Grootdruk)

ISBN

0799327875 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Heildronk op die liefde

Publikasiedatum

2002

ISBN

0799329622 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

LAPA Uitgewers se Liefdesroman-prys 2003

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Brug van woorde

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332526 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Liefde is ’n kleur

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332542 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 Artikels oor Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

 
Artikels deur Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Wilna Adriaanse (1958–) appeared first on LitNet.

Viewing all 1430 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>