Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1430 articles
Browse latest View live

ATKV|SA Akademie-pryse 2019: Louise Viljoen word vir LitNet Akademies-artikel bekroon

$
0
0

Die pryswenners van die ATKV ̶ SA Akademieprys 2019 is onlangs toegeken en al die pryswenners het hulle pryse aanvaar.

Al die artikels wat deur redakteurs voorgelê is, was van hoogstaande gehalte. Groot dank vir u aandeel om die beste artikels wat in 2017 in u tydskrif verskyn het, voor te lê vir beoordeling. U word hartlik aanmoedig om voort te gaan en in die toekoms steeds artikels voor te lê.

Die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging (ATKV) stel 'n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

JC Sonnekus, Fakulteit Regte, Universiteit van Johannesburg vir die artikel "Aanspreeklikheid vir nadeel weens regmatige owerheidshandelinge – rus die skade maar waar dit val?" wat verskyn het in TSAR 2017.1.

Louise Viljoen, Dept. Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch vir die artikel "’n Postkoloniale Umweltkas: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar" wat verskyn het by LitNet Akademies (GW), Jg 14(3), Desember 2017.

James Alfred Loader, Fakulteit Teologie, University of Vienna, Oostenryk vir sy artikel "Die gestaltes van Philipp Melanchthon se Spreukekommentaar" wat verskyn het in HTS Teologiese Studies/Theological Studies, 2017.

M Burden, Kultuurhistorikus, Universiteitsmuseum, Universiteit van Stellenbosch en Buitengewone Professor, Dept. Geskiedenis en Antieke Kultuur, Noordwes-Universiteit vir haar artikel "Argitektoniese elemente en motiewe in ou-Kaapse meubels" wat verskyn het in die SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, Jg 31(2), Des 2017.

Natuurwetenskappe:

Katie S Lennard en mede-outeurs van die Instituut vir Aansteeklike Siektes, Universiteit Kaapstad, die Nasionale Gesondheidslaboratorium en die MIV-navorsingseenheid, Universiteit van die Witwatersrand vir hulle artikel "Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad" wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg 36(1), (2017).

Runako M Katsidzira, Mietha M van der Walt, Jacobus J Bergh, Gisella Terre’Blanche van die Departement Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom vir hulle artikel "Die adenosien A1 - en A2A-reseptoraffiniteit van ’n reeks 3,4-dihidropirimidoon-analoë" wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg 36(1), 2017.

The post ATKV|SA Akademie-pryse 2019: Louise Viljoen word vir <i>LitNet Akademies</i>-artikel bekroon appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans Vertaalfonds kondig suksesvolle aansoeke aan

$
0
0

Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Hester Kruger binnekort in vertaling

PEN Afrikaans kondig met trots drie nuwe suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat moontlik gemaak word deur finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), aan. Na oorweging van die aansoeke wat teen die Mei 2019-sperdatum ontvang is, sal die volgende drie vertalings befonds word:

  • ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se werk
  • ’n Franse vertaling van Chokers en survivors deur Nathan Trantraal
  • ’n Nederlandse vertaling van Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger.

Ronelda Kamfer

Éditions Caractéres sal ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se bundels (Noudat slapende honde, grond/Santekraam en Hammie – almal Kwela Boeke) uitgee. Pierre-Marie Finkelstein, vooraanstaande literêre vertaler van werke deur onder andere Marlene van Niekerk, Ingrid Winterbach, Achmat Dangor en Karel Schoeman, sal die vertaling behartig. Éditions Caractéres is in 1950 gestig en is ’n gerekende uitgewer van onder meer essays, poësie, romans en kunsboeke. Die uitgewery is ook bekend vir sy kunsuitstallings en skrywersbyeenkomste en beoog om ook byeenkomste rondom Kamfer se poësie te reël. Kamfer se werk het voorheen tot groot lof in Nederlandse vertaling verskyn (Uitgeverij Podium), en haar bundel grond/Santekraam is ook onlangs in Italiaanse vertaling uitgegee (Raffaelli Editore). Dit is die eerste Franse vertaling van haar werk.

Nathan Trantraal

Nathan Trantraal se 2013-debuutbundel Chokers en survivors (Kwela Boeke) sal binnekort vir die eerste keer in vertaling gelees kan word. Éditions LanSkine, ’n onafhanklike uitgewery wat sedert sy totstandkoming in 2008 meestal poësie publiseer, beoog om die Franse uitgawe in November 2019 die lig te laat sien. Die vertaler is Pierre-Marie Finkelstein. Chokers en survivors het aan Trantraal in 2015 die Ingrid Jonkerprys besorg en is deur die beoordelaars geloof as “aangrypend, eerlik en sonder enige sentimentaliteit.”

Uitgeverij Mozaïek, ’n gevestigde uitgewer van verskeie Afrikaanse skrywers in Nederlandse vertaling, sal Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger (Human & Rousseau) in Nederlandse vertaling uitgee. Gerda Lok-Bijzet is vir die vertaling verantwoordelik, wat na verwagting in Oktober 2019 in beide gedrukte en e-boekformaat sal verskyn. Die boek handel oor die belewenis en gevolge van ’n plaasaanval en word deur Antjie Krog as ’n “buitengewoon meesleurende leeservaring” beskryf. Een nag en ’n bietjie is Hester Kruger se debuut. “Dis ’n dun boekie, maar die implikasies van hierdie teks het ’n enorme reikwydte,” skryf Joan Hambidge in ’n resensie. 

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: http://www.litnet.co.za/reglement-vir-die-pen-afrikaans-vertaalfonds/

Medianavrae kan gerig word aan PEN Afrikaans by penafrikaans@gmail.com.

 

 

 

The post PEN Afrikaans Vertaalfonds kondig suksesvolle aansoeke aan appeared first on LitNet.

Persverklaring: ATKV verwelkom Marlene le Roux as direksielid

$
0
0

Marlene le Roux, ’n bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, die jeug en gestremdes, is tydens die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) verkies tot die direksie van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsbejag). 

Le Roux, sedert 2015 die uitvoerende bedryfshoof van die Kunstekaapteater, sê dis haar passie om ’n verskil te maak. "Ek wil deur kuns en kultuur uitreik na die diverse gemeenskappe in ons samelewing en ’n platform skep waar almal kan tuishoort, veral die gemeenskappe wat voorheen op kulturele, ekonomiese en sosiale vlakke gemarginaliseer is."

Sy is betrokke by verskeie organisasies, en is onder andere die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, die Desmond and Leah Tutu Legacy Foundation en die Chrysalis Jeugakademie. Sy dien ook as lid van die Presidensiële Werksgroep oor Gestremdhede.

Dat Le Roux se werk wye erkenning – ook internasionaal – geniet, blyk uit die talle toekennings op haar indrukwekkende CV. Dit wissel van die Commonwealth Point of Light Award en ’n ministeriële toekenning van die Wes-Kaapse provinsiale regering tot toekennings van die Afrikaanse Taalraad en Franse regering (waaronder ’n ridderskap vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste).

Le Roux het ná haar verkiesing gesê dat die ATKV se lede ’n baie belangrike rol speel. Sy het ook beklemtoon dat daar op die jeug gekonsentreer moet word. "Die jeug is nodig om die organisasie vorentoe te neem, die werk van die afgelope 89 jaar verder uit te bou en die organisasie se visie vir Suid-Afrika te implementeer."

Dirk Lotter is herverkies tot die direksie. Dirk dien die afgelope vier jaar reeds as lid van die ATKV-MSW-direksie in die sakeportefeulje. Hy dien ook op die direksie van ATKV-Sake en Hartenbos Seefront, asook op verskeie komitees van die ATKV.

 

The post Persverklaring: ATKV verwelkom Marlene le Roux as direksielid appeared first on LitNet.

Die gaping tussen ryk en arm word word vergroot deur ’n eentalige bestel op alle landsburgers af te dwing

$
0
0

Die een oomblik word Nomantu Nkomo-Ralehoko as die nuwe LUR vir onderwys in Gauteng aangewys, en almal is opgewonde en het verwagtinge dat sy alle tale goedgesind gaan wees. Ek het Woensdag, met die aankondiging van Nkomo-Ralehoko se aanstelling in die onderwysportefeulje ’n vlaag van opgewondenheid beleef en gehoop dat dit ’n stap in die regte rigting sou wees – dat sy die waarde van moedertaalonderrig sal besef en dit sal predik. Die euforie was egter van korte duur, want net die volgende dag is Panyaza Lesufi terug in sy pos.

Volgens die Gautengse premier David Makhura en die minister van basiese onderwys Angie Motshekga het Lesufi baie goeie werk gedoen en daarom is hy terug in sy pos as Gautengse LUR vir onderwys, ondanks sy omstrede uitlating van twee weke gelede: “Waarom nog veg vir Afrikaans?”. Soos ek al talle male genoem het, moet die veralgemening dat Afrikaans aan ’n sekere “ras” behoort, asook die voortgesette etikettering van Afrikaans as die “taal van apartheid” – vandaar die aanvalle teen Afrikaans – stopgesit word. Volgens Statistieke SA se Algemene Huishoudelike Opname- (GHS-) verslag 2018 is meer as driekwart (77,4%) van bruin individue se huistaal Afrikaans, terwyl 20,1% Engels as huistaal het. Meer as drie vyfdes (61,2%) van wit Suid-Afrikaners praat Afrikaans tuis en 36,3% het Engels as huistaal. Hierdie individue kan nie die reg ontsê word om moedertaalonderrig te ontvang nie, daarom sal ons vir Afrikaans en al die ander inheemse tale veg.

Dit is wêreldwyd bewys dat mense se optimale potensiaal deur moedertaalonderrig ontsluit word. Die ANC roem daarop dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is en tog word duisende landsburgers hul moedertaal, hul sleutel tot ontwikkeling, ontsê. Hierdie teenstrydighede gaan die regering nog duur te staan kom, want die gaping tussen die elite wat Engels verkies en die massas wat in hul moedertaal ’n bestaan voer, word deur hierdie kortsigtigheid net nog verder vergroot. Die voorheen benadeeldes word nou die teenswoordig benadeeldes! Diegene vir wie die toekoms maar somber lyk, moet bewus gemaak word van die ontsluiting van die mensepotensiaal deur Afrikaans en die ander inheemse tale. ’n Groot ophef word gemaak van dekolonisering, maar alles word voor die voet verengels, asof Engels nie ’n koloniale taal is nie. Dit help beslis nie die massas wat in haglike omstandighede leef nie; inteendeel, hulle word verder benadeel.

Ek doen daarom ’n beroep op Panyaza Lesufi dat hy sy siening oor Afrikaans sal verander en eerder sal fokus op die mensepotensiaal wat Afrikaans en die ander gemarginaliseerde inheemse tale kan ontsluit – in belang van die opvoedkundige en ekonomiese voordele vir ons land. Die Afrikaanse taalgemeenskap en die ander taalgemeenskappe móét met Lesufi in gesprek tree. Ons kan nie langer toelaat dat die opvoedkundige, ekonomiese, sosiale, kulturele en geestelike waarde wat in die inheemse tale opgesluit lê, deur persoonlike politieke agendas ondermyn word nie.

The post Die gaping tussen ryk en arm word word vergroot deur ’n eentalige bestel op alle landsburgers af te dwing appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Mei
Kunsblad: Kortlys van Sanlam-pryse vir jeuglektuur
Die benoemings van die Sanlam-pryse vir jeuglektuur

Kunsblad: 6 skrywers kry unieke geleentheid in Somerset-Oos
Wenners van die Jakes Gerwel-stiging en PEN Afrikaanse se eerste skrywersresidensie

2 Mei
Kunsblad: Amerikaanse top-skrywer pak ‘digitale plagiaat’
Die Amerikaanse topverkoperskrywer Nora Roberts dagvaar die Brasiliaanse skrywer Cristiane Ribeiro Allevato Serruya vir “veelvuldige digitale plagiaat op ’n ongekende skaal”.

Kunsblad: Bekroonde boek oor huiswerkers nou in Engels
Ena Jansen se bekroonde boek Soos familie oor huiswerkers in die Suid-Afrikaanse letterkunde is nou ook in Engels

Kunsblad: Jaco Jacobs wen nóg ’n Akademie-prys
Jaco Jacobs is met die Scheepersprys vir jeuglektuur bekroon.

4 Mei
Kunsblad: Molver in VSA bekroon vir Shakaboek
Die Suid-Afrikaanse skrywer en illustreerder Luke Molver is in Amerika vereer vir sy boek Shaka Rising: A Legend of the Warrior Prince.

6 Mei
Boekeblad: Op reis na die laaste aardse bestemming
Johann Rossouw resenseer Die laaste reis deur Karel Schoeman

Boekeblad: Skryf as terapie teen verlies
Johanna van Eeden resenseer Om tot verhaal te kom deur Lizette Rabe

Kunsblad: UJ-debuutwenner broer van digter
Skuilnaamskrywer en UJ-debuutwenner verklap sy broer was ’n Afrikaanse digter, by sy eerste openbare optrede in 16 jaar

7 Mei
Kunsblad: Skryf in vir Groot Afrikaanse Roman-wedstryd
Inskrywings is oop vir die vierde Groot Afrikaanse Roman-wedstryd

8 Mei
Kunsblad: Boek oor Brink se liefdeslewe dalk omstrede, sê skrywer
Leon de Kock praat oor sy omstrede biografie oor André P. Brink

9 Mei
Profiel: ‘Ek is verlief op Muhammad Ali’
Murray la Vita gesels met die skrywer Ivan Vladislavic

13 Mei
Boekeblad: Voortreflike bundel oor aard van vroue
Thys Human resenseer Wanneer bloekoms dans deur J.M. Gilfillan

Boekeblad: Om regop te kom ná die lewe se bloedneus
J.B. Roux resenseer Net mooi fine deur Lanie van Reenen

Boekeblad: Boek se fantastiese gegewens bly agter wasige sluier
Jonathan Amid resenseer ’n Spook in die huis deur Francois Loots

Berig: Dié boeke op kortlyste van Media24 se boekpryse
Berig oor benoemings vir Media24 se boekpryse

Kunsblad: Barnard gesels oor ‘Sweepslag’
Die skrywer Annerle Barnard gesels oor haar debuutroman

14 Mei
Kunsblad: Karin Brynard op die lys vir ’n plaas se prys
Karin Brynard is op die langlys van ‘n gesogte internasionale letterkundeprys vir vertaalde werke

16 Mei
Kunsblad: Die kuns en kinkels van skryf dié naweek in die Boland
Berig oor Afrikaanse skrywers by die Franschhoek-letterkundefees

20 Mei
Boekeblad: Openhartig, ongehoord en totaal onverbloemd
Joan Hambidge resenseer André P. Brink en die spel van liefde deur Leon de Kock

22 Mei
Kunsblad: Réney bou vir geliefdes monumente
Onderhoud met Réney Warrington oor hoor tweede roman, die eerste publikasie deur die nuwe uitgewer Wênkbrou

23 Mei
Kunsblad: KYK: Skrywer lees oor kletskamers en ewige liefde
Marion Erskine gesels oor sy roman Donatello & Volksie wat onlangs heruitgereik is

27 Mei
Boekeblad: Mooi is die lewe – en die dood is mooi
André Bartlett resenseer Wreed én mooi is die dood deur Tobie Wiese (samest.)

29 Mei
Kunsblad: Schreiner gehuldig op skrywersfees
’n Fees wat die skrywer Olive Schreiner gedenk, word weer in Cradock gehou

30 Mei
Kunsblad: Bfn-skrywer ‘span kritiek as brandstof in’
Annerle Barnard praat oor haar boek Sweepslag

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Mei die volgende skrywers se werk op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

7 Mei

Chanette Paul

14 Mei 

Carla van der Spuy

28 Mei

  • Hekel en word heel saamgestel deur Nadia de Kock en Hilda Steyn
  • Lira deur Chanette Paul
  • Vrae en feite vir nuuskierige agies 2 saamgestel deur Riette Fourie

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

 

Die Heimat Projek deur André de Villié: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

2019-05-02

"As jy as Afrikaan ’n wyle oorsee was, is dit die ideale boek om mee by te kom oor die stand van sake in die huidige Suid-Afrika."

 

Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2019-05-02

"Hierdie skryfgids beantwoord vrae soos: Hoekom skryf? Kan jy jouself 'gesond' skryf? Die 21 hoofstukke bevat basiese skryfwenke (soos 'vermy byvoeglike naamwoorde en clichés'). Jy lees ook hoe belangrik dit is om net te begin."

The Fishy Smiths: A biography of JLB and Margaret Smith, geskryf deur Mike Bruton – ’n FMR-resensie

Rochelle re Roux
Resensies

2019-05-02

"Die vangs van die eerste en tweede selakant en die waarde daarvan as ’n lewende fossiel word weer in hierdie boek met die nodige drama herroep, en selfs vir dié wat bekend is met hierdie geskiedenis, sal dit soos ’n opwindende speurverhaal lees."

Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

2019-05-02

"In haar bedankings vertel Diedericks-Hugo dat die saadjie vir Karaktermoord reeds in 2011 geplant is en dat sy onlangs aangemoedig is om die eerste twee hoofstukke af te stof en die riller te voltooi. Dit was goeie raad aan ’n skrywer wat nou getoon het dat sy ook ’n ander genre kan baasraak."

Yellowbone by Ekow Duker: a review

Karabo Kgoleng
Books and writers

2019-05-02

"Identity is explored racially, sexually, physically, culturally and linguistically. The reader observes how the major characters navigate these issues, as they respond to the events that challenge them and bring these issues to light."

Between rock & a hard place by Carsten Rasch: a review

Michael Hardaker
Resensies

2019-05-02

"Carsten Rasch’s Between rock & a hard place is a worthy and immensely readable addition to the canon."

Featherstream by Ian Sutherland: a review

Sara Pienaar
Resensies

2019-05-06

"Featherstream is a successful first novel. It is written with great care and attention to detail, and has an unusual and credible plot. It is a compelling and readable thriller which convincingly brings to life the Cape of 80 years ago."

Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-06

"Die oorkantste oewer is ’n lekker verfrissende boek. Dit is goed om te weet dat daar mense is wat verder soek as die verstikkende ruimtes binne die mure van die kerke."

Plate by Marlene van der Westhuizen: a reader’s impression

Louise Viljoen
Lesersindrukke

2019-05-07

"Plate features a truly sublime collection of 86 appetising main courses with a continental influence. Divided into three chapters – on meat, poultry and seafood – the hand-picked recipes look every bit as scrumptious as they taste."

Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture by Pieter-Louis Myburgh: a reader’s impression

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-07

"It is quite a bold move on the part of the author to make claims such as the ones he makes. The book more than raises the eyebrows, as false claims would certainly land the author in hot water. However if there is any truth to these claims, it would mean that the ruling ANC is in really deep trouble as a party – and not only the ANC, but the country as a whole."

Louis Botha: A man apart by Richard Steyn: a reader's impression

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-13

"The book is by no means a hero-worshipping publication, and the oppression of black South Africans by the Union government forms an important part of the book. It is a fresh appraisal of Botha, but even this bold attempt will, I believe, not stir any long-term interest in the former prime minister."

Stad vol ballonnen: burgemeestersvrouw over rouw en afscheid

Hendrik-Jan de Wit
NeerlandiNet

2019-05-16

"Daarmee is Stad vol ballonnen een mooi boek over rouw. Dat het hier om de vorige burgemeester van Amsterdam gaat, verbindt en raakt je daarom misschien nog meer."

A person my colour – love, adoption and parenting while white by Martina Dahlmanns: a review

Izak de Vries
Resensies

2019-05-16

"A person my colour is by no means easy, but it is important. Apart from the ill-conceived introduction, which ought to have been a reflection at the end, the narrative is stylish and gripping."

LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie

Cas Vos
Resensies

2019-05-17

"Hierdie skitterende werke behoort voorgeskrewe materiaal vir elke (voornemende) literatuurwetenskaplike te wees, nie alleen wat betref die inhoud nie, maar veral wat die skrywer se metodologiese omgang met die tekste betref."

Philippolis deur Jens Friis: ’n resensie

Jan JP van der Merwe
Resensies

2019-05-17

"Jy sal beslis van die boek hou as jy van die platteland en/of die Vrystaat hou."

At the edge: The writings of Ronnie Govender by Rajendra Chetty: a review

Annie Gagiano
Resensies

2019-05-17

"I highly recommend this valuable text, the worth and interest of which I hope the above review has given some indication."

Duinhuis, ’n kookboek deur Isabella Niehaus: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog
Resensies

2019-05-20

"Soos die woorde op die voorblad aandui, gaan die boek oor smake en geure en dus die sintuie wat herinneringe diep inprent."

Medusa deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies2019-05-21

"In ’n besonder sterk ontknoping met verrassende wendings wen die speurders die stryd teen misdaad en geweld met hul volharding wanneer hulle die deurslaggewende ontdekkings maak en die ontbrekende dele van die legkaart op ’n knap wyse aanmekaar sit."

Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

2019-05-21

"Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel."

Die verevrou beeld wêreld van volstruise epies uit

Elbie Adendorff
Resensies

2019-05-21

"Jan van Tonder se oeuvre bereik ’n hoogtepunt met Die verevrou. Dit is ’n moet-lees vir diegene wat van verweefde karakters en storielyne en motiewe hou."

Smit Motors: ’n onderhoud met Réney Warrington

Naomi Meyer, Reney Warrington
Skrywersonderhoude

2019-05-21

"Ek beplan die beste aan ’n nuwe boek op ’n lang, oop grondpad met goeie musiek oor die radio."

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-23

"Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit."

Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

2019-05-23

"Gilfillan konstrueer verhale met eenvoudige intriges; biopsies oor die menslike toestand. Haar fokus is die broosheid (en wreedheid) van verhoudings en in bykans elke verhaal word die lot van vroue deur ’n Tsjechofiaanse bril bekyk."

Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Anke Theron
Resensies

2019-05-23

"Dié boek is ideaal vir die beginnerleser, veral kinders tussen 7 en 12 jaar, en die verhale is gepas vir seuns én meisies. Daar is ’n goeie balans tussen die illustrasies en teks en dis ook verfrissend om te sien dat die illustrasies nie aangepas is om konsekwent te wees vir die omnibus nie."

Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans (soos vertel aan Jacqueline Leuvennink): ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2019-05-23

"Wat wel vir my die hardste praat in hierdie boek, is die krag van ’n vrou. En hoewel hierdie ’n bruin vrou is wat swaargekry het onder apartheid en die verhaal uit daardie oogpunt geskryf is, is haar storie universeel."

Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel: ’n resensie

Louise Viljoen
Resensies

2019-05-23

"Elise het sóveel fasette van die uitmergelende alzheimerpad wat sy saam met haar man gestap het, in hierdie boek vervat."

Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld deur Deon Maas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-27

"Maas doen baie moeite om die geskiedenis van Berlyn en Duitsland te absorbeer en dit op ’n gemaklike manier weer te gee. In sy beskrywinge weerlê hy, getrou aan sy aard, baie stereotipes."

Afrikaans poems with English translations, saamgestel deur HP van Coller, Helize van Vuuren en Louise Viljoen: ’n resensie deur Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen
Resensies

2019-05-27

"En dít is beide die omvang en prestasie van hierdie publikasie: enersyds is daar die bevestiging van dit wat geliefd en bekend is, en andersyds die wonderlike avontuur van nuwe literêre horisonne wat danksy hierdie bloemlesing verken kan word."

Afrikaner-kapitalisme: van brandarm tot stinkryk deur David Meades: ’n resensie

Dirk Laurie
Resensies

2019-05-28

"Die boek se goue draad is die kentering van ’n idealistiese volksgerigte jongeling, in sy middeljare beginselvas alhoewel blootgestel aan volksvreemde elemente, wat op die ou end die waardesisteem van sy vorige teenstanders omarm."

’n Spook in die huis deur Francois Loots: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-05-28

"Die boek word baie aanloklik aangebied. Die titel prikkel die verbeelding; so ook die buiteblad en flapteks. Maar al die laasgenoemde kan maklik die verkeerde indruk wek. Die boek lees moeilik en is nie besonder boeiend nie."

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n resensie

Louise Viljoen
Resensies

2019-05-29

"Ek het die meeste gebaat deur die spaarwenke rakende die aankoop van kruideniersware te volg. Dis ongelooflik hoe baie jy kan bespaar deur net weer vir ’n slag nugter na jou aankope te kyk."

The love song of André P Brink by Leon de Kock: a review

Anthony Akerman
Books and writers

2019-05-30

"Leon de Kock’s well-judged biography presents us with a complex portrait of a great writer beset by a fundamental loneliness. All the sex, all the affairs and all the marriages were a frequently misguided attempt to end this loneliness."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 Mei

Uittreksel/Essay: Karin Brynard se essay, “My lief”, uit Wreed én mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling saamgestel deur Tobie Wiese

12 Mei 

Resensie: Annie Gagiano resenseer Smit Motors deur Réney Warrington

Resensie: Johann Kriegler resenseer Fighting for the dream deur R.W. Johnson

Resensie: Francois Smith resenseer Bloedlelie deur Jeanette Ferreira

19 Mei 

Resensie: Jean Meiring resenseer André P. Brink en die spel van liefde deur Leon de Kock

Resensie: Kobus Burger resenseer Die vrou van die klippesee deur Meg Vandermerwe

Nuut op die rak: Afrikaanse boeke wat pas in Engels verskyn het

  • Cul-de-Sac deur Elsa Joubert
  • Verwoerd: My Journey through Family Betrayals deur Wilhelm Verwoerd
  • Like Family: Domestic Workers in South African History and Literature from 1658 to the present deur Ena Jansen
  • The Troubled Times of Magrieta Prinsloo deur Ingrid Winterbach
  • Blindside en Endgame deur Wilna Adriaanse

Nuusbrok: Skryf in vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd

26 Mei 

Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Resensie: Herman Lategan resenseer Wreed én mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling saamgestel deur Tobie Wiese

Resensie: Kobus Burger resenseer Om tot verhaal te kom: Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe

Resensie: “Kinderboek-aanbod wek kommer” met verwysing na Eben die Ellendige Eenhoring deur Koos Kombuis en Die skandalige susters Smit deur Adeline Radloff, geresenseer deur Magdel Vorster

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

14 Mei
Vyf boeke geskryf deur mans
Van hartroerende gedigte na dramatiese romans, van spitsvondige essays tot moderne wetenskapsfiksie – mans skryf die Afrikaanse leeswêreld aan die brand.
Lees die resensie

ʼn Stukkie van die legkaart deur dr. Rina Venter
As jy belangstel in die politiek of as die land se maatskaplike kwessies jou na aan die hart lê, behoort Venter se boek hoog op jou moet-lees-lysie te wees.
Lees die resensie

15 Mei
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis
Hoe het ʼn mens alles wat jy beleef het nietemin oorleef, is die vraag wat bly huiwer nadat jy die boek klaar gelees het.
Lees die resensie

21 Mei
Om tot verhaal te kom deur Lizette Rabe
“Skrýf oor jou verlies, jou trauma, jou angs, jou woede, jou hartseer. Uiteindelik dalk selfs jou vreugde.”
Lees die resensie

 28 Mei
Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
Die wyse waarop Jeanette Ferreira die magdom navorsing wat sy gedoen het verwerk het tot ’n afgeronde en volwaardige verhaal, is prysenswaardig. Dit verg ’n besondere taalkundig bedrewe skrywer om die taal, wat vir eietydse lesers verouderd mag voorkom, só te laat sing.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 Mei
Jeanette Ferreira gesels oor haar nuwe roman Bloedlelie, 'n historiese roman met 'n moderne verhaallyn wat die verband tussen bloed en grond ondersoek. Dit fokus op Magdalena Retief, die vrou van die Voortrekkerleier Piet Retief. Fanie Viljoen praat oor Die groot boek van spoke en grille, en Ilse Salzwedel kyk na 'n klompie ander lekkerleesboeke vir kinders. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe manuskrip uit die pen van die skrywer Anthony Burgess wat onlangs gevind is. Burgess was die skrywer van die bekende A Clockwork Orange.

Woensdag 8 Mei
Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Woensdag 15 Mei
Wat doen 'n skrywer as die lewe se branders haar voete onder haar uitslaan? Sy skryf daaroor, en vandeesweek val die fokus op spanningskrywer Madelein Rust se boek Kanker Schmanker! waarin sy skryf oor haar stryd teen borskanker. Sy gesels ook oor haar jongste spanningsroman Doodsengel. Ilse Salzwedel gesels met Lanie van Reenen oor haar boek Net mooi fine, die opvolg van C'est la vie. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale boekwêreld.

Woensdag 22 Mei
Luister na 'n argiefonderhoud waarin die digter en skrywer, Petra Müller, gesels oor haar werk en lewe. Ilse Salzwedel gesels oor bekende Afrikaanse boeke wat nou ook in Engels verskyn het, en ander nuusgebeure in die Afrikaanse boekewêreld. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys. 

Woensdag 29 Mei
Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy roman Strafjaart, en Petrovna Metelerkamp vertel meer van Cas van Rensburg se boek Mans en hul wonde. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die wenners van die Man Bookerprys, die Rathbones-prys en die Walt Whitman-vieringe in die VSA.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 Mei
Joanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood.

Dinsdag 14 Mei
Luister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid wat neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe.

Dinsdag 21 Mei
Waldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel Die val. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is ‘n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in.

Dinsdag 28 Mei
Luister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en lees self die gedigte voor.

Woorde wat weeg

 

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Mei het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Wreed én mooi is die dood, saamgestel deur Tobie Wiese  

Stof en ster deur Pieter Fourie

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Mei die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

5 Mei
Kies ’n boek: Jas van belofte

11 Mei
Ken jou storie: Verhale oor liefde

19 Mei
Ken jou storie: Demokratiese fiksie of boeke vir ’n uitgesoekte elite

25 Mei
Ken jou storie: Verskillende genres om uit te kies

 

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2019 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans-artikelreeks: Die wêreld van die skrywer

$
0
0

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks oor die wêreld van die skrywer het ons twee skrywers gevra om oor die volgende vrae te besin:

Watter gebeurtenis(se) en/of individue het daadwerklik daartoe bygedra dat ’n skrywer kon debuteer, of aangemoedig gevoel het om aan ’n eerste manuskrip te begin werk? Watter geleenthede was van onmisbare waarde om te groei en nuwe rigtings in te slaan?

Hier is EKM Dido en Jolyn Phillips aan die woord.

EKM Dido. Foto: Kwela

Oor aanmoediging en geleenthede – EKM Dido

Dit is geen geheim dat ek nooit gedink het dat ek eendag skrywer sou word nie. Kleintyd het my ouma my smiddae aangemoedig om my skoolwerk, of ’n brokkie nuus vanuit ’n koerantuitknipsel, vir haar voor te lees. Ek het dit gedoen. Daar is geen manier hoe selfs ’n slapende kind nie Sus en Daan is maats soos ’n resitasie kon opsê nie, maar my persepsie van woorde en sinne was uiters wankelrig, om dit sagkens te stel. Dit wat ek uitgegorrel het, was nes deeg sonder suurdeeg. Totdat die ATKV onwetend deur middel van ’n nuusbrief aan ons laerskoolonderwyser ’n nuwe wêreld vir my geopen het. Die naam van die nuusbrief is vergete. Uitspan, of so iets. Weet nie. Die kortverhaal daarin was my penwortel. My persepsies het soos multidimensionele kaleidoskope ontplof, lewe aan die geskrewe woord gegee en leesgierigheid in my brand gemaak. Later het ek die werke van my land se groot skrywers, soos Ernst van Heerden, Marlene van Niekerk, André P. Brink en Elsa Joubert, gulsig verslind. Henk van Woerden se werke het my belangstelling in Hollandse en Vlaamse skrywers aangewakker.

Ontmoeting met Engels was op hoërskool. Tussen bloed sweet en worstel met verlede tyd en toekomstige tyd en diesmeer, het my tande weggesink in Charles Dickens se wonderlike werke. So, ja, baie mense het wetend en onwetend vorm aan my gegee. Die skryf van my eerste boek was per ongeluk. Of blote toeval? Dit moes ’n kort sakebrief aan ’n koerant gewees het, maar toe verstrik my pen in woorde en is ’n manuskrip daaruit gebore. My dogter se aanmoediging was en is steeds onbeskryflik.

Niks kon my egter voorberei vir die terugvoer vanaf die uitgewer nie. Twyfel bestaan of selfs gesoute keurders werke so uitmekaar kan trek en kantlyne met so baie vrae kan vul! Verbaas dit my? Telkens. Raak ek woedend? Definitief. Dit was my werk. Ek het dit geskryf. Ek weet wat ek met elke woord probeer sê. Hoe durf iemand anders my werk bevraagteken. Wil ek tou opgooi? Die idee bereik soms rooskleurige pieke. Huil ek? Snot en trane. En dan maak ek steeds wat ek vanaf die eerste manuskrip maak. Gooi dit in ‘n laai. En gaan staan vir ‘n dag of twee langs Lot se vrou en bejammer myself tog te lékker.

Na ’n paar dae dring die onmiskenbare waarde van kritiek altyd deur die wasem van selfbejammering en misplaaste ego. Relatiewe groentjie wat ek in die skrywerswêreld is, kan ek ’n paar belangrike feite nie ignoreer nie. Uitgewers val my nie persoonlik aan nie. Hulle ken my nie eintlik nie, maar wel die werk wat ek indien. Die leser behou ten alle tye my volle respek. Die uitgewer redigeer my werk en bekyk dit uit die oogpunt van die leser. Hierdie wete is die rede waarom ek die manuskrip uit die laai haal en tydsaam aan elke vraag of kwessie werk. Hierdie keer sonder trane of verdriet, maar met bevrediging.

Wanneer die resensies verskyn doen ek steeds dieselfde daarmee. Lees die goeie of slegte resensies noukeurig deur en laat nie toe dat dit my onderkry nie. Ek gebruik daardie inligting om moontlik hoër hoogtes in die volgende manuskrip te bereik. Tog. Ek weet nog nie wat om te maak van resensies wat duidelik laat blyk dat die resensent net ’n bladsy of twee van die hele boek gelees het nie. Gelukkig is daar altyd ’n paar resensente wat hul mening opper. My mees objektiewe kommentaar kom van die lesers. Wanneer hulle praat, is my ore altyd oop. Lesers se menings is vir my ontsettend waardevol. Daarom is die strewe daar om werke so geloofwaardig moontlik te maak.

Is daar groei te sien in my werke? Te danke aan kritiek – hetsy positief of negatief – is daar definitiewe vordering in my werke te bespeur. Dink ek. Om myself te verbeter, en hopelik baie van daardie vrae en kommentaar op die kantlyn vry te spring, herskryf ek die werke verskeie kere voordat ek die manuskrip inhandig. Skryf is vanselfsprekend ’n eensame proses. Om ’n manuskrip daarna te herskryf totdat ek tevrede daarmee is, neem tyd en energie. Vriendskapsbande kwyn of verbreek terwyl die manuskrip meer verfynd raak. Maar eensaamheid verdof geensins die brandende begeerte om met woorde te speel nie. Kritiek en aanmoediging het my ook ’n nuwe rigting laat inslaan: dié van kortverhaalskrywer. Dit is opwindend en uitdagend. Ongelukkig nodig ek ’n hele paar weke om ’n konsep deur te dink.

 

Tande tel – Jolyn Phillips

Ek sit tans in ’n kantoor op Kingsway-kampus, besig om Afrikaans 3A-eksamenantwoordstelle na te sien. Ek is ’n dosent by die Universiteit van Johannesburg. ’n Jaar gelede het albei my debuutbundels literêre pryse ontvang – Tjieng Tjang Tjerries and other stories ontvang die NIHSS-prys vir Beste Fiksie en Radbraak, my digbundel, die UJ-debuutprys. ’n Jaar gelede was ek nog ’n PhD-student by die Universiteit van Wes-Kaapland en toe loop my woorde ’n pad uit my potlood, in ’n bindsel in. Hier in Egoli is my lewe besig om nuwe woorde en stories bymekaar te maak en hulle prut in my hart.

In my tweede jaar by UWK, 11 jaar gelede, staan ek voor ’n pers poster op die noticeboard in DL7. Dis ’n A3-grootte plakkaat van Toni Morrison se gesig. Daar gaan volgende jaar ’n nuwe module in die Engelse department aangebied word, Creative Writing: “Only 15 entrants will be considered – you may submit 15 poems, 3 short stories or a chapter of a novel. Due date: 31 October 2009”. Ek het myself stilletjies herinner aan die gedigte wat ek in hoërskool gepleeg het. In November ontvang ek goedkeuring vir die kursus.

Dit is 2010, tweede semester. Vyftien van ons sit in C3. Die dosent stap in met haardos en swart uitrusting – sy lyk soos ’n jong Bob Dylan. Sy noem dat alhoewel sy ’n Afrikaanse van het, sy nie Afrikaans kan praat nie – sy het in Europa grootgeword. Ek luister aandagtig, senuweeagtig. Die hele jaar kry ek terugvoer wat sê: “You are misinterpreting the question”. Ek slaag alles net-net. Oorweeg dit selfs om aansoek te doen vir ’n nagraadse onderwysdiploma volgende jaar. Die dosent onderbreek my gedagtes met: “Do you know what a free-write is?” Sommige sê ja, ander nee en ek sê vir myself “saying nothing will keep you from misinterpreting”. Ek sukkel deur die oefening – “a free-write requires one to write without inhibition. Don’t worry about making mistakes.” Ek het my pen op my skryfblok gesit en al wat ek kon uitkry, was ’n kolletjie. Dit was een van my belangrikste lesse in skeppende skryfkuns. Ek is dankbaar vir elke woord wat ek op ’n stuk papier kan sit, want daar was ‘n tyd toe ek nie geweet hoe om “vry” te skryf nie.   Ek besef daar is woorde wat leer, wat lees, wat praat en dan is daar die wat jou hele liggaam opneem. Die storie wat duskant jou vel sit en woorde in jou inskryf.

Die volgende week moes ons die oudste storie wat ons ken, skryf. Ons moes ’n onderhoud voer met die oudste persoon in ons familie. Hierdie opdrag was vir punte. Ek het nie familie in die Kaap gehad vir wie ek kon vra nie. In daardie oomblik besluit ek, ek gaan die opdrag opmaak. Wie sal weet? Ek het ’n groot argief van my huislewe. As kind het my ma my altyd weggejaag uit die grootmense se geselskap: “Moenie kom tande tel nie. Loop speel!” Ek het genoeg tande getel en genoeg stories in my tandetel-argief om mee te werk, dink ek.  Ek sal my ma gebruik.  Ek kies vir ons ’n seisoen: somer. Die wasgoed word gouer droog en sy sal meer tyd hê vir gesels.  Dit is omtrent twaalfuur en ons sit en bak in die sonnetjie op die stoep.  Sy steek ’n Stuyvesant-entjie aan. Neem ’n blaaskans van al die gewoel en wasgoedwassery, blaas die moeg uit met elke skyf. Iemand stap verby en roep-groet. Almal van hulle het stories – ouer as ek, ouer as hulself.  Ek kies die storie van my ma se troue. Sy was iets borrowed, omdat sy geen ma gehad het nie, sy was iets blue, want sy wou meer uit die lewe en van God gehad het, en sy het sedertdien iets old geword. Ek het dit geskryf en plek gemaak vir my ma se taal, so tussen die Engels. Hier sit ek in die Kaap met die woorde van my plek, skulpe lewende fossiele. Ek weet die woorde wag vir my doer by die hawe, dit ruik na fynbos, na al die brood- en koffie-oggende van kleintyd voor skool. My eerste karakter kom in my honneursjaar aangestap  – hy loop op ’n stofpad, deurdrenk met skuldgevoelens, op pad huis toe. Hy staan by Stanford se cross, kry lift op ’n bakkie en ek sit saam met hom op die bakkie op pad huis toe.

Vandag in Johannesburg is daar ’n karakter waarmee ek sukkel en niks van my vorige skryfwerk kan my help nie. Elke nuutskryf is ’n skuit op sy eerste vaart.

The post PEN Afrikaans-artikelreeks: Die wêreld van die skrywer appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

 

PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Hester Kruger

PEN Afrikaans kondig met trots drie nuwe suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat moontlik gemaak word deur finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), aan. Na oorweging van die aansoeke wat teen die Mei 2019-sperdatum ontvang is, sal die volgende drie vertalings befonds word: 

  • ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se werk
  • ’n Franse vertaling van Chokers en survivors deur Nathan Trantraal
  • ’n Nederlandse vertaling van Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger. 

Éditions Caractéres sal ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se bundels (Noudat slapende hondegrond/Santekraam en Hammie – almal Kwela Boeke) uitgee. Pierre-Marie Finkelstein, vooraanstaande literêre vertaler van werke deur onder andere Marlene van Niekerk, Ingrid Winterbach, Achmat Dangor en Karel Schoeman, sal die vertaling behartig. Éditions Caractéres is in 1950 gestig en is ’n gerekende uitgewer van onder meer essays, poësie, romans en kunsboeke. Die uitgewery is ook bekend vir sy kunsuitstallings en skrywersbyeenkomste en beoog om ook byeenkomste rondom Kamfer se poësie te reël. Kamfer se werk het voorheen tot groot lof in Nederlandse vertaling verskyn (Uitgeverij Podium), en haar bundel grond/Santekraam is ook onlangs in Italiaanse vertaling uitgegee (Raffaelli Editore). Dit is die eerste Franse vertaling van haar werk.
 
Nathan Trantraal se 2013-debuutbundel Chokers en survivors (Kwela Boeke) sal binnekort vir die eerste keer in vertaling gelees kan word. Éditions LanSkine, ’n onafhanklike uitgewery wat sedert sy totstandkoming in 2008 meestal poësie publiseer, beoog om die Franse uitgawe in November 2019 die lig te laat sien. Die vertaler is Pierre-Marie Finkelstein. Chokers en survivors het aan Trantraal in 2015 die Ingrid Jonkerprys besorg en is deur die beoordelaars geloof as “aangrypend, eerlik en sonder enige sentimentaliteit.”
 
Uitgeverij Mozaïek, ’n gevestigde uitgewer van verskeie Afrikaanse skrywers in Nederlandse vertaling, sal Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger (Human & Rousseau) in Nederlandse vertaling uitgee. Gerda Lok-Bijzet is vir die vertaling verantwoordelik, wat na verwagting in Oktober 2019 in beide gedrukte en e-boekformaat sal verskyn. Die boek handel oor die belewenis en gevolge van ’n plaasaanval en word deur Antjie Krog as ’n “buitengewoon meesleurende leeservaring” beskryf. Een nag en ’n bietjie is Hester Kruger se debuut. “Dis ’n dun boekie, maar die implikasies van hierdie teks het ’n enorme reikwydte,” skryf Joan Hambidge in ’n resensie. 
 
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.
 
Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.
 
Joernalis Karima Brown wen saak teen die EFF
 
Die hooggeregshof in Johannesburg het ten gunste van die politieke joernalis Karima Brown beslis in ’n saak wat sy teen die Economic Freedom Fighters (EFF) gebring het. In wat bestempel word as 'n oorwinning vir mediavryheid en die heil van veral vroulike joernaliste, het die hof bevind dat die EFF die verkiesingskode oortree het en die koste van die regsgeding moet dra.
 
Die saak spruit uit die partyleier Julius Malema se publikasie van Brown se selfoonnommer op Twitter en die teistering en skokkende dreigemente waaraan sy daarna onderwerp is. PEN Afrikaans het standpunt ingeneem teen dié onaanvaarbare gedrag en verwelkom die nuus oor die hofuitspraak.
 
Meer inligting is hier beskikbaar.
 
NB-Uitgewers internasionaal vereer
 
NB-Uitgewers is onlangs aangewys as ontvanger van die Jeri Laber International Freedom to Publish Award, wat jaarliks deur die Amerikaanse uitgewersvereniging toegeken word. Die prys is aan NB-Uitgewers toegeken vir die publikasie van The President’s Keepers deur Jacques Pauw. Dit gee erkenning aan die durf en doelgerigtheid waarmee die uitgewer die boek uitgegee en die skrywer ondersteun het te midde van dreigende regstappe en ander vorms van intimidasie.

Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, se aanvaardingstoespraak is hier beskikbaar.
 
Leesstof uit Taalgenoot se Somer 2019-uitgawe

Baie dankie aan die Taalgenoot-redaksie wat dit vir PEN Afrikaans moontlik maak om die taal- en boekverwante inhoud uit dié bekroonde kwartaallikse tydskrif se Somer 2019-uitgawe te deel. Die tema van die uitgawe is: “Wees bevrees!” Klik hier om die leesstof gratis in PDF-formaat af te laai.  

Daar is onder meer artikels oor politieke bangmaakstories en literêre spookstories, ’n rubriek deur SJ Naudé oor die boeke wat hom beïnvloed het, en ’n gedig deur Clinton V. du Plessis, wie se nuwe digbundels, Verslag en Comrades, eks-kamermaats & counter-revolutionaries, onlangs verskyn het.
 
Voorleggings ingewag vir kykNET en M-Net se draaiboekkompetisie

Skrywers word uitgenooi om deel te neem aan Draaiboeksoek, kykNET en M-Net se draaiboekkompetisie. Stuur 'n oorspronklike draaiboek vir 'n speelfilm teen 5 Julie 2019 in en kom so in aanmerking vir 'n kontantprys van R20 000 en die moontlikheid om die storie by die Silwerskermfees te sien skitter.

Alle skrywers ouer as 18 kan inskryf. Daar is geen voorskrifte ten opsigte van die genre nie. Dit moet slegs 'n oorspronklike Afrikaanse storie wees. 'n Paneel kenners sal die aansoeke beoordeel.

Klik hier vir meer besonderhede. 

Die wêreld van die skrywer: EKM Dido en Jolyn Phillips oor hul pad na debuteer

In hierdie aflewering van ons artikelreeks oor die wêreld van die skrywer het ons twee skrywers gevra om oor die volgende vrae te besin:
 
Watter gebeurtenis(se) en/of individue het daadwerklik daartoe bygedra dat ’n skrywer kon debuteer, of aangemoedig gevoel het om aan ’n eerste manuskrip te begin werk? Watter geleenthede was van onmisbare waarde om te groei en nuwe rigtings in te slaan?
 
Hier is EKM Dido en Jolyn Phillips aan die woord.
 
Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2019
 
Hartlik geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Ten slotte bring ons hulde aan drie groot bome wat onlangs geval het: Cloete Breytenbach, Piet Botha en Raymond Louw. Hulle het die wêreld verryk en verruim. Ons meegevoel aan hul naasbestaandes in hierdie tyd.

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2019 appeared first on LitNet.

Afrikaanse Taalraad trek jeugdiges saam in Jeugmaand

$
0
0

Die groep matrikulante met voor van links na regs die gesprekspaneel Carla Barnard, Perry-Winkley Xengana en Toyer Hefca en gespreksleier Tracey Lange. Foto verskaf.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op die vooraand van Jeugdag ’n twee dae lange program propvol pitkos vir ’n groep matrikulante aangebied, in samewerking met van ons ledeorganisasies en medewerkers. Op die spyskaart was:  waardevolle inligting, inspirasie, ’n platform vir die jeug om opinies en vrae oor Afrikaans en verwante kwessies te lug, en les bes, ’n heerlike musiekprogram met uitstaande optredes deur gewilde Afrikaanse musikante.

Die leerderbyeenkoms, wat by die Hoërskool Stellenbosch plaasgevind het, was daarop gemik om die matrikulante toe te rus met kennis om ingeligte besluite in belang van hul toekoms te kan neem.  Die verrigtinge het afgeskop met ’n hartlike verwelkoming deur Fatima Allie, ondervoorsitter van die ATR. Dr. Conrad Steenkamp, ATR-hoof, het Afrikaans se diverse wortels belig en beklemtoon dat die taal aan almal behoort wat dit praat.

Die leerders is geïnspireer om Afrikaans te koester as deel van hul identiteit en erfenis, hulle daarin uit te leef en nie skaam te wees oor die soort Afrikaans wat hulle praat nie. Die passievolle bydraes in hierdie verband – Afrikaans jou identiteit en kultuur deur dr. Willa Boezak, direksielid van die ATR en die DAK-netwerk, en #JouAfrikaanstel deur William Sezoe, matrikulant en verteenwoordiger van Afrikaans.com - het die leerders merkbaar geraak en tot nadenke gestem. 

Die leerderprogram - Dink, praat en leer in Afrikaans! – het sterk op die moedertaal as instrument vir begeerde akademiese prestasie gefokus, ’n kwessie wat oortuigend belig is deur David Jantjies van die Moedertaalinisiatief van die Suid-Afrikaanse Onderwysondersteuningstrust (SAOOT).  Fiona van Kerwel van Woorde Open Wêreld (WOW), wat oor loopbaangeleenthede en studiemoontlikhede aan die Universiteit Stellenbosch gepraat het, het die leerders eweneens aangemoedig om Afrikaans as onderrigtaal te kies.   

Vir diegene wat dalk getwyfel het of ’n keuse vír Afrikaans ekonomies sin maak, het Michael Jonas, ATR-direksielid en direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument, die gerusstelling gebied dat Afrikaans en meertaligheid deure na talle werksgeleenthede open. Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans het die waarde van luistervaardighede en lees met begrip vir suksesvolle leer beklemtoon.  

Onder gesprekleiding van Tracey Lange, bekende radio- en TV-persoonlikheid én Afrikaans-ambassadeur, en met paneellede Toyer Hefca, Perry-Winkley Xengana en Carla Barnard, is ’n vuurwarm gesprek aan die gang gesit. Die tema ’n Toekoms met Afrikaans? het die tonge laat klap oor kwessies soos die waarde van meertaligheid, die noodsaak van saampraat en veral saamdóén om die wanpersepsies oor Afrikaans en Afrikaanssprekers om te keer en met ’n nuwe, positiewe diskoers oor die taal te begin.

Danie van Wyk, hoof van SAOOT en direkteur van die DAK-netwerk, het die leerders aangespoor om die uitdaging te aanvaar om die aflosstokkie oor te neem en waagmoed aan die dag te lê om hulle vir die saak van Afrikaans te beywer.  Hulle sien daarna uit om aan die DAK-netwerk se opvolggesprek oor Afrikaans en versoening deel te neem, en om met Suid-Afrika se President in gesprek te tree oor die behoud van Afrikaans as onderrig- en leertaal.  Hou gerus hierdie spasie dop, oftewel: Watch this space! 

Die program het ook waardevolle inligting oor beskikbare finansiële hulp vir studente ingesluit. Die bydraes van Verna Stuurman van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) en Phil-Marié Robberts van Rapport Onderwysfonds was eweneens daarop gemik om die leerders tot sukses te inspireer.

Die jeugprogram was nie net alles erns nie.  ’n Musiekprogram, gefasiliteer deur die ATKV en Hemelbesem, het gesorg vir ’n tinteling in die are en onvermydelike ritmiese bewegings! Die ewe inspirerende kunstenaars was Rouchelle Liedemann, Groot Ontbyt-aanbieder en sangeres; Oxijyn, alias Rumarques Gelderbloem, Pasella-aanbieder en rymkletser; Loané, komediant en sangeres; en die sanger Whaden Johannes. 

Die terugvoer van die leerders was oorweldigend positief en het kommentaar ingesluit soos: “Ek het dit oorweeg om eendag my kinders Engels groot te maak, maar ek het nou besluit om my kinders Afrikaans groot te maak.”;  “Dit was baie insiggewend en ook baie lekker.”; “Baie dankie vir die geleentheid, ek waardeer dit baie.”; “Die leerderbyeenkoms kan in een woord opgesom word:  ‘awesomerowend’.”; “Baie, baie dankie aan die Taalraad wat met mening standpunt inneem vir Afrikaans, wat platforms bied vir jongmense wat stemloos was.  Dankie dat ons ‘saam’ met die ATR kan stap.”   

Die ATR en ons vennote stap graag saam die toekoms in met sulke gemotiveerde Afrikaanse jongmense.

The post Afrikaanse Taalraad trek jeugdiges saam in Jeugmaand appeared first on LitNet.


Persverklaring: Afrikaans as geloofstaal in die kollig

$
0
0

Van links na regs: André Keun (ATKV Applous), Conrad Steenkamp (ATR), Danny Titus (ATKV), Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Nico Botha (ATR). Foto verskaf.

“As jy my taal ontken, ontken jy my menswees.” Dit was een van die menings wat die afgelope naweek, op die 15de Junie, tydens ʼn seminaar oor Afrikaans as geloofstaal geopper is.

Sowat dertig leraars en gemeenskapslede het by die AGS Eersterust, Pretoria, bymekaar gekom om te praat oor die taaluitdagings wat hulle in kerkverband beleef.  Met die vraag - “Is Afrikaans ʼn probleem in die kerk?” – het die deelnemers verantwoordelikheid geneem vir dit wat met Afrikaans in kerke gebeur (of nie gebeur nie). Die algemene gevoel onder die deelnemers was dat Afrikaans as sulks nie ʼn probleem is nie, maar dat toenemende verengelsing van die gemeenskap en gemeentes wel tot spanning oor taal binne kerkverband kan lei.

Audy Hendricks (gemeenskapsaktivist) het genoem dat beide kerke en skole in Eersterust vinnig besig is om te verengels en het sterk standpunt ingeneem oor die agteruitgang van Afrikaans onder die nuwe bedeling. “Hoe verseker mens dat almal die reg het om hulle in hul moedertaal uit te leef?”

Volgens dr. Conrad Steenkamp (ATR) is die verskuiwing van meertaligheid na Engels-eentaligheid nie ʼn neutrale gebeurtenis nie, maar gaan dit gepaard met die verlies van die erfenistaal - ʼn waardevolle kulturele en sosio-ekonomiese hulpbron waarmee ook die kerk sy pastorale verpligtinge beter kan nakom.

Die voortdurende stereotipering van Afrikaans as ʼn wit taal maak dit soms ook moeilik om taalkwessies in interkulturele kontekste te hanteer. “Die oomblik wat ons aanspraak op Afrikaans maak, word dit as rassisties ervaar,” verduidelik ʼn leraar. Hoe kan mens dus die angel uit die taalkwessie trek sonder om Afrikaans daarmee te na te kom? Wat kan gedoen word om die negatiewe stereotipes oor Afrikaans af te breek?

“Afrikaans is nie ʼn wit taal nie, maar word deur ʼn meerderheid bruin, swart en Indiërs gepraat,” herinner dr. Danny Titus (ATKV). Meer moet gedoen word om mense hiervan bewus te maak.

Prof Piet Meiring van die Skuilkrans NG Kerk. Foto verskaf.

Prof. Piet Meiring verduidelik dat die NGK se grootste uitdaging is om te verduidelik dat die kerk nie die laaste bastion van ʼn taal of kultuur is nie, maar om die evangelie te verkondig. Die ervaring wat kerke soos die VGK reeds opgebou het, kan die NGK ook help om die uitdaging van meertaligheid beter te hanteer. 

 Mnr Carlton Weber (ingenieur ) meen dat Afrikaanssprekendes self beheer het oor hulle taal en hoe om Afrikaans binne ʼn meertalige konteks te onderhandel. Verengelsing word nie van buite af afgedwing nie, maar is gewoonlik ʼn plaaslike besluit. Dr Conrad Steenkamp noem dat meer effektiewe bestuur van taal en meertaligheid kerke en skole kan help om deel van die oplossing te wees.

Prof. Nico Botha (ATR), die gespreksleier, beskou die sterk deelname vanuit die Eersterust-gemeenskap as ʼn aanduiding van ’n behoefte om in meer diepte oor taalkwessies te praat.

*

Die Afrikaanse Taalraad is 'n artikel 185-organisasie met 38 lede-organisasies en fokus op die bevordering van Afrikaans binne ʼn meertalige verband.

The post Persverklaring: Afrikaans as geloofstaal in die kollig appeared first on LitNet.

Jaco Fouché (1967–)

$
0
0

Gebore en getoë

Jacobus Phillipus Fouché is op 29 November 1967 in Klerksdorp gebore, die oudste van drie seuns van Koos en Magrietha. Hy begin sy skoolloopbaan in 1974 in Vereeniging en matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Sy pa was in diens van die Departement van Justisie en is gereeld verplaas, met die gevolg dat die gesin in verskillende dorpe gebly het voordat Jaco die huis verlaat het. Hy het grootgeword op Bronkhorstspruit, Vereeniging, Sterkstroom en Hermanus.

Die eerste keer dat Jaco agtergekom het watter geheimsinnige wêrelde die letterkunde vir ’n mens kan oopmaak, was toe hy tydens ’n reënerige naweek in Vereeniging in sy pa se boekrak rondgekrap het en op ’n boek van James Hadley Chase afgekom het. 

“Toe ek my pa vra hoekom ’n man dan aan ’n vrou se borste sal wou vat, steek hy die boek en ’n hele rits ander weg,” vertel Fouché aan Theunis Engelbrecht (Beeld, 12 Junie 1997). “Daarna het ek my vrae versigtiger gekies, en my mentors verder van die huis af gesoek.” 

Jaco probeer reeds van jongs af stories skryf, veral na aanleiding van strokiesprente en televisiereekse en jeugverhale wat hy gelees het. In 1981 lê hy sy eerste verhaal aan ’n tydskrif voor; die poging was egter ongelukkig onsuksesvol. Hierna volg nog verdere onsuksesvolle pogings om van sy verhale, gedigte en artikels gepubliseer te kry, totdat die Hermanus Times in 1989 enkele berigte van hom plaas.

Hy wou nog altyd skryf, sê hy aan Engelbrecht. “Skool was orraait, maar die taalklasse was die beste. Ek kon nie wag om te leer lees en skryf nie. LO was ook okay: ons het baie keer saam met die meisies rounders gespeel.” 

Hy vertel ook aan Heindrich Wyngaard: "Ek was seker so nege toe ek besluit het dis (skryf) wat ek wil doen, want ek is absoluut mal oor boeke en flieks. Dis baie keer só met ’n goeie boek of fliek dat mens voel jy wil dit self geskryf het. En dan begin jy te skryf aan jou eie" (De Kat, Julie 1996).

Hy sê sy skrywery kom van lees en fliek kyk. “Ek was nog altyd lief vir stories en het omtrent alles gelees, maar wetenskapfiksie en jeugverhale oor bendes was my gunstelinge. Trompie ook, maar daar was ’n spannetjie of wat wat gemener was as die Boksombende. Ek onthou ’n boek, Bakkies en sy maats, wat my diep beïndruk het. As ek reg onthou, het André P Brink dit nog geskryf. Maar ek het kleintyd al partykeer gevoel ’n storie wat ek lees, is nie heeltemal ‘reg’ nie. Dan probeer ek die ding oordoen.” 

Nadat Jaco die jeugverhaal Somer geskryf het, vertel hy aan Naomi Meyer op LitNet dat die idee van skoolkinders wat werkies verrig, aan hom inspirasie verskaf het vir die skryf van die boek en dit het hom ook terug laat dink aan sy kinderjare: "Op skool het van my skoolpelle in tuine gewerk, huise geverf en hout gesaag vir sakgeld. Ek self het ook naweke en vakansies gewerk, meestal aflewering en rakke pak by ’n besigheid. En nog altyd wou ek daardie dae herroep en ek wou nie eintlik oor my eie werk skryf nie, want om met ’n kettingsaag te werk, is darem baie aantrekliker vir ’n leser as ’n ou wat produkte rondgestoot en afgelewer het, hoewel ek darem self ’n paar voorvalle beleef het wat besonders was en seker nog iewers neergeskryf kan word.

"Verder het ek ook baie tyd in die biblioteek en die dorp se boekwinkel deurgebring. By die boekwinkel het ’n tannie my boeke op haar rekening laat koop omdat sy afslag gekry het. By die biblioteek kon ’n mens ’n middag laat verbygaan en jy het gemeen dis ’n baie vrugbare besoek wanneer jy met jou drie boeke daar uitloop. Die bibliotekaris was ’n eksentrieke man wat kaalbolyf op straat verskyn het en my een vriend van rare boeke voorsien het wat hy maar kon hou. Daar was puik leesstof, sulke stokou uitgawes wat soms self uitgegee en glad nie goed versorg was nie. Een van daardie boeke is deur ’n De Villiers geskryf en het oor die ruimte gegaan. Dis gebaseer op sy dekade lange amateurwaarnemings vanuit sy agterplaas waar ek een aand was om deur die teleskope te kyk. Op ’n keer het daar ’n nuwe bibliotekaresse by die biblioteek begin werk en al die wonderlike ou boeke uitgewerk sodat daar plek kan wees vir nuwe publikasies. De Villiers se boek is ook weggemaak. Dit was erg, maar seker net nog ’n les oor die tydelikheid van alles."

Oor boeke wat hy as jeugdige gelees het, vertel hy verder aan Meyer: "My gunstelingboeke was werk van Stephen King, Wilbur Smith, James Clavell en Eric van Lustbader. My gunstelingjeugboeke was SE Hinton se verstommende stories. Sy is bekend daarvoor dat sy die Young Adult-genre omtrent op haar eie gevestig het met The Outsiders. Ek het dit twee jaar gelede weer gelees en erg terugverlang skool toe. Ek het ook van die Just William-boeke van Richmal Crompton gehou. Dit gaan oor ’n elfjarige seun, maar ek het dit tot matriek nog gelees en vier jaar gelede weer een van hulle aangeskaf. Dan was daar Huckleberry Finn wat ek die eerste keer in die Afrikaanse vertaling gelees het. Dis vandag omstrede weens die rastema, maar dís nou ’n grootse boek as ek al een gelees het."

Verdere studie en werk

Intussen is Jaco vir twee jaar weermag toe (1986–1987), waarna hy in 1988 ’n pos as assistent by ’n rekenaarkleinhandelaar kry. In 1989 loop hy ’n kursus in vryskutjoernalistiek aan die Kaapse Technikon. In 1990 begin hy met rekenaarverwerking by Sanlam in Bellville en word in 1991 ’n junior programmeerder.

Sy eerste sprong om ernstig te begin skryf, neem hy in 1993 toe hy by Sanlam bedank om oorsee te gaan. In Londen hou hy dagboek van sy ervaringe aldaar en met sy terugkoms tik hy sy dagboekinskrywings oor, en dit was die begin van sy eerste roman, Die ryk van die rawe (1996), wat in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon is. Die roman is ook benoem vir die M-Net-prys in 1997.

Oor sy besluit om in 1993 Londen toe te gaan vertel hy aan Heindrich Wyngaard (De Kat, Julie 1996): "Toe ek soontoe is, het ek groot idees gehad, soos om te kyk of ek daar kan werk, maar dis maar ’n blerrie koue plek daai.

"Ná die trip oorsee het ek een aand gaan sit en my dagboekinskrywings ingetik. (Ek het ’n bleddie skreeulelike handskrif wat ek self nie kan lees nie.) Dit het eintlik gou gegaan, dié skryf aan die boek."

Die boek het Ratkas Goosen as hoofkarakter. Hy is ’n opvlieënde kêrel van Bellville, skryf Wyngaard, "wat Londen toe gaan om homself en die wêreld agter te kom. Daar ondergaan hy sy deurgangsrites onder ’n bisarre reeks straatmense, Londen se stilverlorenes. Dit alles terwyl ’n korrupte polisiehoof op sy spoor is om hom vir moord te 'frame'."

Toe die boek aanvaar is, het hy die aand nie geslaap nie: "Daar was nie tyd nie. Dit was ’n haze van celebration. Maar dit was harde werk, daarom is ek nie skaam om trots te wees nie."

Oor Die ryk van die rawe het Elize Botha geskryf: “In baie opsigte kan ’n mens van hierdie boeiende debuut praat as ’n onversigtige begin, waarin die skrywer sy energie en energie-bronne, sy moontlikhede en vermoëns byna argeloos uitstal. Op heelwat plekke sou 'n mens kon roep om ‘strenger tug’. Maar laat ons nie vergeet nie: Henry James (‘I delight in a deep-breathing economy and an organic form’) het van Victor Hugo en  Tolstoi se romans gepraat as ‘loose baggy monsters’!”

Na sy terugkeer uit Engeland werk hy vir vyf maande as bestuurder in ’n kroeg en die herinneringe aan daardie tyd is deesdae vir hom soos “soos oorlogherinnering vir ’n veteraan”. Van sy ervaringe daar verwerk hy in kortverhale wat saam met ander uitgegee word in Paartie by Jake’s (Queillerie, 1997).

Oor Paartie by Jake's skryf Fanie Olivier dat die leser in hierdie kortverhaalbundel dieselfde stem vind as wat by Ryk van die rawe te bespeur is. Die karakters is ook meestal randfigure wie se lewens onder hulle padgee. En so word hulle dus buitestanders.

Een van Olivier se besware teen Paartie (net soos by Ryk) is dat Fouché nog daarna neig om te veel te wil sê: "By kortverhale word dit hinderliker omdat die vertelling onder die storie uitloop, en woordekonomie juis sou aansluit by ’n lewenshouding wat hierdie verhale yk.

"Paartie by Jake's is, sy gebreke ten spyt, meer as net nog ’n bundel kortverhale in ons kortverhaal-era. Dit is ’n bewys dat die skrywer langer en korter prosa kan skryf, maar veral bevestig dit die eiesoortigheid van Jaco Fouché binne ons letterkunde waar inteelt van gedagtes, karakters en skrywers nogal benouend begin word het. En dit verskaf meteens aan ons in Afrikaans weer heelwat ironiese ruimte."

In Die Burger (17 September 1997) is Johann de Lange van mening dat Jaco Fouché se stem onmiddellik herkenbaar is in Paartie. Die styl kan beskryf word as dié van "ekonomiese beweging" – die slotwoorde van die laaste storie. "Gestroopte vertellings wat dikwels bedrieglik eenvoudig aangebied word."

En in sy resensie in Insig van Oktober 1997 skryf HP van Coller: "’n Tweede boek is dikwels die graf van ’n 'belowende skrywer'. Ongeag ’n jeugdige oordaad wat betref beskrywing en simboliek; nieteenstaande enkele uitgesponne verhale en stilistiese gebreke, slaag Fouché sy toets met vlieënde vaandels. Hier is ’n skrywer aan die woord wat waarskynlik ook in ander genres (soos die jeugverhaal en die drama) sy stempel gaan afdruk."

Intussen (1994) begin hy werk as klerk en verkoopsman by SprayTech in Bellville, maar om die pot beter aan die kook te hou, aanvaar hy weer ’n pos by Sanlam toe hulle hom dit aanbied. In 1998 bedank hy by Sanlam en verhuis na die platteland, na Prins Albert, om voltyds te skryf. Na drie maande daar moet hy weens ongesteldheid na Bloemfontein verhuis, waar hy by sy ouers gebly het. 

In 2005 verskyn Die avonture van Pieter Francken en in 2007 die novelle Twee dae in Mei. Van Jaco se kortverhale word in Sarie gepubliseer en in 2007 vertaal hy Kleinboer se veelbesproke roman Kontrei in Engels; die vertaalde werk word deur Zebra Press uitgegee onder die titel Midnight missionary.

Agt jaar verloop voordat Jaco se volgende boek, Die avonture van Pieter Francken, in 2005 by Tafelberg uitgegee word. Toe ’n kollega van Jaco soek geraak het en hy hom moes gaan soek, het dit die saadjie geplant vir die ontstaan van Pieter Francken, vertel Jaco aan Jaco Jacobs (Insig, April 2005). "Maar van toe af het ek geworstel met die ding – wat kon van hom geword het as hy regtig verdwyn het ...?"

Hy verduidelik verder aan Jacobs: "Die enigste ander ooreenkoms met my eie lewe in Die avonture van Pieter Francken kan ek teruglei na 1993 tot 1994. ’n Vriendin van my het toe nog by die kraameenheid in Elsiesrivier gewerk. Ek het party nagte daar gesit en video's kyk – darem nie in die kamer waar die bevallings plaasgevind het nie – en so het ek ’n gevoel gekry vir die kliniek in die nag. Ek het ook van die stories gehoor, soos mense wat vertel as een van die gangsters pa word, is die hele gang daar."

Maar hy het nie eintlik verder enige formele navorsing gedoen oor bendes, politieke interaksies en die bruin woonbuurte in die Kaap nie – sy verbeelding het die res ingekleur.

Jaco wou ook wegbeweeg van die tipe hoofkarakter van Die ryk van die rawe, erken hy teenoor Jacobs. "Ratkas is klaar en verby. Hy's ’n vreeslike senuagtige ou. Pieter is vriendelik. Hy reik uit na ander en hy's hartlik. Hy's een van daai aangename mense. Jy skrik so half, want jy kan nie glo ’n ou kan so nice wees nie. Hy het ook maar sy foute – hy's nie eintlik ’n goeie gesinsman nie – maar hy's ’n outgoing tipe mens, al is hy maar pieperig."

Oor die storie van Pieter Francken skryf Stoffel Cilliers (Volksblad, 16 Mei 2005) dat hierdie beslis nie jou gewone avontuurverhaal is nie en dat die hoofkarakter ook nie juis ’n avonturier is nie.

Pieter Francken is ’n jong bestuurder in ’n familie-onderneming, nie baie bekwaam nie, en wat sy pos aan sy swaer te danke het. Toe, een Vrydagaand, gaan soek hy na een van sy werknemers wat vir ’n paar dae al nog nie op kantoor was nie. Só beland hy in die bruin gemeenskap van Koningsdal op die Kaapse Vlakte, in allerhande ongewone situasies en waar sy pad met ’n verskeidenheid mense s'n kruis.

"Uiteindelik wonder ’n mens of die eintlike pluspunt van die roman nie die skitterende detail-beskrywings van die milieu is wat voortdurend vinnig wissel nie. Ook die atmosfeer is met bekwame pennestreke geskets. Met die struktuur van die roman is baie geslaag geëksperimenteer.

"Om ’n minder bekende gemeenskap se andersheid deur vreemde gebeure oortuigend voor te stel; om feitlik die hele roman se storielyn in net één nag saam te pers; om op die ontwikkeling van hoofsaaklik één hooffiguur te fokus, is ’n groot uitdaging wat die skrywer vir homself gestel het.

"Hy het beslis nie misluk nie. Hierdie roman is aktueel en kan met vrymoedigheid aanbeveel word. Dit sal om meer as een rede aanklank vind by ’n verskeidenheid lesers en sal in die geheue voortleef."

Ook Louise Viljoen was beïndruk met die boek. Sy skryf in Rapport (1 Mei 2005) dat dit ’n "helder en onpretensieuse roman" is, maar dat die skrywer dit ook in ’n verbeeldingryke Afrikaans geskryf het.

"Dit is ’n roman wat die leser op verskillende maniere aanspreek: daar is die avontuurlike realisme van die oppervlak, die sinryke implikasies van die argetipiese vlak, die beeld van die gewone mens wat hom uiteindelik versoen met die absurditeit van die lewe deur daaruit ’n bepaalde soort sin vir homself te kry, die boeiende perspektief op die opheffing van die hoofkarakter se rasse- en klassevooroordele en die sober tekening van die Suid-Afrikaanse werklikheid.

"Die avonture van Pieter Francken is ’n besonder knap roman wat hom eweneens gaan onderskei in die Afrikaanse letterkunde. Die lang wag ná die verskyning van Fouché se eerste twee werke was in alle opsigte die moeite werd."

Fouché se volgende roman, 2 dae in Mei, speel in Bellville af en vertel van die dinge wat in twee dae met ’n groepie mense gebeur. Hulle is ’n klompie kennisse deur hulle lidmaatskap van of betrokkenheid by ’n tak van Alkoholiste Anoniem in Bellville.

Haydee Morgan-Hollander (LitNet) wou by Jaco weet hoekom hy die maand Mei gekies het vir die titel: "Ek het lank gedink om ’n storie oor die AA te skryf. Ek het so ’n plan gehad om vier kortverhale ineen te laat loop en kortverhale het mos gewoonlik ’n kort tydsverloop, derhalwe die twee dae. Ek het ook ’n fliek met Charlize Theron gesien met die titel Two days in the Valley en baie van die titel sowel as die kort tydsverloop gehou. Die titel was eers Robert, Elna, Jim en Ina. Eenmaal in 2005 het ek in Meimaand hier in Bloem in ’n parkeerterrein gesit en wag en sien toe ’n man wat van boompie na boompie loop en die laaste herfsblare met ’n harksteel afslaan. Toe dink ek: 2 dae in Mei. Dis nie ’n boek wat jou van vreugde laat rondtrippel nie, maar dit sal jou ook nie na opkikkers dryf nie. Dis ’n stil boek waarin mense hul voorstedelike gang gaan. Hul alkohol-afhanklikheid onderskei die karakters van hul bure." (Die Burger, 29 November 2007)

“Ek dink die lae-middel- en werkersklas word in die algemeen verkeerd ­verstaan. Hulle het nie net hartseer ­lewens nie. Daar is dikwels meer spontaniteit en humor, minder geveinsdheid en ’n beter ondersteuningstelsel as onder meer welgesteldes,” vertel Jaco, die seun van ’n landdros, aan Die Burger. “Ons was nie welaf nie, maar het grootgeword met boeke en skilderye en daarom was ons bevoorreg.

“Ek dink my fassinasie met die ­werkersklas kom van my dae in die weermag. Die stories van mense uit dié klas het my tóé gefassineer. Terwyl ek in ’n kroeg in Bellville gewerk het, was van die gereelde ouens twee motorwerktuigkundiges wat altyd in swart klere opgedaag het. Hulle het na musiek geluister wat vir my vreemd was. Hulle was werkersklas maar ook anargiste en het goed op ’n ander manier gedoen. Dalk is daar iets eksoties vir my in die werkers- en laermiddelklas omdat dit anders is as hoe ek grootgeword het.” 

Hy het self die pad van alkoholisme gestap en was ’n paar jaar by die AA. Hy was teen 2007 al vier jaar droog. “Die tyd by die AA was goed vir my. Ek het by hulle aangesluit omdat almal om my gesê het ek drink te veel. Ek het besef dinge sal nie beter word as ek nie self iets doen nie. 

“Ek is bly ek was daar toe ek nog ­redelik jonk was. Dis beter om by so ’n groep aan te sluit as jy 26 eerder as 46 is. Ek het praktiese lewensvaardighede by die groep in Bellville geleer. ’n Mens raak moeg vir raising hell.” 

Hy het lank rondgeloop met die idee om iets oor die AA te skryf. Maar daar is ’n kode van anonimiteit. “Uiteindelik het ek besef dit is laf om met iets só interessant rond te loop. Ek is ook nie meer lid van die groep nie. Ek is nog nie uitgeskryf oor my ervaring daar nie. Daar is nog soveel stories.” 

In Rapport (16 September 2007) skryf Koos Kombuis dat 2 dae in Mei nie Jaco Fouché se dikste of belangrikste boek tot op daardie stadium was nie en daar gebeur ook nie veel met die karakters in hierdie storie nie.

"Daar is nie eintlik sprake van ’n spanningslyn of intrige nie. Soos die ouens in De Avonden van Gerard Reve strompel hulle lukraak deur hul eie lewens, vat hier en vat daar, en kom selde of ooit tot enige slotsom. (...)

"Die karakters is vaal. Die storie is vaal. Die enigste sekstoneel in die verhaal is ’n mislukking omdat die vervaldatum van die protagonis se ereksiepille verstryk het. Die hoogtepunt van die gebeure is wanneer iemand laat in die nag teen ’n dumpster vol vuilgoed vasloop.

"Nou hoe kry so ’n boek dit reg om so in ’n mens se hart te kruip? Hoe kry die skrywer dit reg om hierdie groepie uiters oninteressante mense so te skilder dat sy so intiem vir hulle omgee?

"Die tegniek wat Fouché gebruik, ontsnap my. Daar is geen fensie literêre truuks nie, geen overte boodskap nie, geen verduidelikings of prekery nie. Om die waarheid te sê, behalwe ’n effense hoogdrawendheidjie hier en daar, is sy verteltrant so gestroop van pretensie soos die siele van die mense wat hy beskryf. Ek is nie seker waarom hy die boek geskryf het nie. Ek weet ook nie of dit sal verkoop nie. Dit maak seker nie saak nie.

"Al wat ek weet, is dat ek my eksemplaar van 2 dae in Mei nooit wil weggee of uitleen nie. Ek wil dit een keer per jaar weer uithaal, daardeur blaai en aan die bladsye ruik. En dan sal ek dalk ’n droërige traantjie stort oor Elna, Robert, Jim en hulle vriende en wonder waar hulle nou is en wat van hulle geword het."

Ook Mariana Loots is vol lof vir 2 dae in Mei (Die Burger, 27 Augustus 2007): "Die leser reis ’n paar uur op ’n keer in elke hoofkarakter se gedagtes saam – ’n wandeling wat so oortuigend word dat ’n mens naderhand byna verwag om hulle môre in Voortrekkerweg te eien as jy daar verbygaan.

"Tog staan die leser nie buite die teks nie: Die karakters se behoefte aan ’n tikkie normaliteit wat hulle om hulle bespeur, aan aanvaarding en die geleentheid om iemand binne te laat, klots teen daardie stukkie van die siel wat gewoonlik vir ander verberg bly. Met sy fyn skrywersoog ruk Fouché die leser pal tot heroorweging en herwaardering van dit wat pas klaar gelees is – en vanselfsprekend sy uitsonderlike talent.

"2 dae in Mei is ryk aan eerlikheid, deernis, menslikheid en spitsvondigheid. Maak dit deel van jou versameling."

Jaco word beskou as een van ’n nuwe geslag Afrikaanse skrywers (wat ook jong skrywers soos Tom Dreyer insluit) wat Hennie van Coller “ons eie Tarantino-geslag” noem. In ’n artikel in Rapport sê Jaco self oor hierdie kwessie dat dié jonger geslag skrywers “die produk van swaar onderstrominge” is.

Jaco was huiwerig toe Theunis Engelbrecht (Beeld, 12 Junie 1997) hom vra watter temas tot hom spreek as dit by sy skryfwerk kom. “Ek weet nie van temas nie, nie in my eie skryfwerk nie, in elk geval. Godsdiens staan my baie aan, of pla my baie. Iets wat ek soms wonder oor Graham Greene is of hy in God geglo het. Lees ’n mens die biografie oor hom, The Man Within, dan dink jy nee. Maar lees jy sy boeke, dan neem jy aan hy beskou dit as aksiomaties dat God bestaan. 

“Of is dit bloot net ’n beter letterkundige idee om ’n instelling soos die Rooms-Katolieke kerk te ondersoek as om verder op die saak in te gaan en so God self te wil konfronteer? Vir die doel van sy boeke maak dit seker nie regtig saak of God bestaan nie. Wat belangrik is, is dat die Roomse kerk bestaan. Maar dit is beslis iets wat my pla: hoekom bestaan God maar meestal in daardie oomblikke dat ’n mens (of ek) baie bang is, of baie gelukkig? Waar is Hy die res van die tyd? Besig om enkelrye spore op die sand neer te sit? 

“’n Ander tema, as ’n mens dit so kan noem, is dié van die enkeling, die mens wat afgesny is van sy omgewing. En wanneer so ’n karakter wel aansluiting vind, is dit ten koste van soveel dinge: sy tyd, sy visie ... sy integriteit selfs, want ’n mens kan nie met 
ander mense omgaan sonder om kompromieë aan te gaan nie. 

“Ek dink selfsug is seker die bottom line. Dis my tema, ja, selfsug. Die hele ding van ’n mens het net soveel lewensjare tot jou beskikking. Hoeveel daarvan durf jy aan ander mense afstaan sonder om jouself te verloën? En hoe immoreel of sondig is dit nie dalk om daardie tyd vir jouself te hou nie? Ek lees nou die dag iets van Marthinus Versfeld waarin hy liefde definieer as die tyd wat jy bereid is om aan jou medemens af te staan. Dis ’n goeie definisie.” 

Jaco het ook in 1997 aan Engelbrecht gesê hy het nie juis ’n mening oor die voortbestaan van Afrikaans nie, behalwe dat daar so ’n ophef van gemaak word dat hy nie glo dit is werklik so ’n krisis nie. Hy meen ook ons gaan Amerikaniste in die plek van die sogenaamde tradisionele Afrikaner kry. “Ons leefstyle word gedefinieer deur die indruk van Amerika. Ons tieners meet hul sosiale prestasies aan Party of Five. Ons jong mans  is Bruce Willis- of Robert de Niro-aanhangers, ons jong vroue vergelyk hulself met Bridget Fonda en Elizabeth Shue. Ek praat nou die dag met iemand oor Marius Weyers, toe word ek ingelig dat ‘hy dit nie gemaak het in Hollywood nie’. Vergeet The Honeybird en Death in the Family en Phoenix en kie en al die werk wat die man al gedoen het. Die standaard waaraan gemeet is, was Amerikaans en die (Suid-) Afrikaner het dit maar weer nie gemaak nie.” 

In 2009 verskyn Ed van Inligtingstelsels met die subtitel ’n kantoorwerkersklasroman. Ed, ’n geskeide man wat by ’n versekeringsmaatskappy werk, het ’n geskiedenis van alkoholisme. Sy lewe is maar bra vervelig en hy lewe maar so van dag tot dag. Ook sy vriendskappe is eensydig, sy verhoudings ontwikkel tot niks nie en sy een droom – om skrywer te word – is ook besig om ’n doodgebore droom te word, skryf Desmond Painter (Die Burger, 21 September 2009).

Vir Painter het die roman nie veel van ’n ­storielyn nie. Daar is terugflitse na Ed se huwelik, sy dienspligjare en ­an­der momente uit sy verlede, maar oor die algemeen volg die ­leser Ed werk toe, biblioteek toe, kroeg toe, of op wandelinge deur Bellville se strate. Niks gebeur nie; Ed is aan die stagneer. Hy probeer ’n ver­andering in sy lewe teweegbring met ’n onbesonne daad, maar ook dit lei tot ’n antiklimaks. Die ­roman eindig met Ed, sy lewe ­grootliks onveranderd, wat deur Bellville se strate loop.

Ed van Inligtingstelsels is geskryf in die onopgesmukte, realistiese styl van iemand soos die Amerikaanse skrywer Richard Ford, self natuurlik ’n meester van die voor­stede­like, middelklasroman. Anders as Ford en anders as in sy eie beter werk, ontgin ­Fouché nie sy gegewens hier be­vredigend nie.

Die bakens van Ed se wêreld is vir die leser hoogs herkenbaar. Omdat hy ­egter redelik opper­vlakkig, amper kosmeties, met dié ruimtelike gegewens omgaan, neig die roman, wat betref die uit­beelding van Bellville en die ­voorstede, by tye na die stereo­tipiese. Dieselfde geld die karakters. Hulle bly tot ’n groot mate een­­dimen­sio­neel. Veral die paar vroue met wie Ed uitgaan, word ­on­geloofwaardig en ­amper ­verspot uitgebeeld. Verder word elemen­te wat tot spanning en meer gedronge, prie­mende skryf­werk aanleiding kon gee, soos Ed se liefdes­verhoudings, alkoholisme en kwellinge by die werk, amper nooit trompop ­geloop nie.

Aanhangers van Fouché sal moont­lik van dié roman hou, en vir sommige lesers sal die her­kenbaarheid van die wêreld wat hy beskryf, dalk genotvol wees. Self vind Painter hierdie roman egter ’n (hopelik tydelike) insinking in Jaco Fouché se oeuvre.

Met die verskyning van Jaco se Skrywersblok en ander verhale (2009) keer hy terug na die genre van die kortverhaal. “Hy ken die suburbs soos die palm van sy hand,” sê die skrywer-karakter Chris Fourie in die verhaal “Skrywersblok”. Dié “hy” kon net sowel Jaco Fouché gewees het. Met hierdie kortverhaalbundel maak Fouché weer eens sy merk as skrywer wat die grinterige binnewerkinge van die ‘burbs soos ’n intieme vriend ken, staan in Rapport (16 Junie 2009).

Hy bou voort op temas wat nou reeds bekende terrein in sy oeuvre is: Net soos in sy vorige boeke speel baie van die verhale in Bellville af; en die kroeg Jake’s Place, wat reeds met Paartie by Jake’s (1997) ’n belangrike verwysingspunt geword het, is weer ’n gewilde uithangplek. Daar’s ook die nou reeds bekende droë, onderspeelde sin vir humor en selfs sekere karakters wat lesers van Fouché se werk uit vorige boeke sal herken. Veral treffend is Fouché se gebruik van gevatte dialoog, sodat jy nooit die idee kry dat die letterkunde vir hom ’n “saak van humorlose erns” is , soos dié waarvan Fourie in die titelverhaal praat nie. In die meeste verhale is daar ’n speelsheid en ’n ligtheid wat die teken van ’n ervare skrywer is.

Vir Jaco Jacobs (Beeld, 1 Junie 2009) is die groot plesier van Fouché se werk sy vermoë om die afgeloopte buitestander te skets en die manier waarop hy op intellektuele wyse die wêreld van die randfiguur verken: grinterig, subtiel en dikwels met ’n goeie skeut donker humor daarby. Jacobs het enkele besware, maar uiteindelik is Skrywersblok vir hom’n boeiende leeservaring wat jou na ’n verskeidenheid ruimtes neem en jou bekend stel aan die soort mense wat jy elke dag sien, maar nie noodwendig ooit werklik leer ken nie.

In Beeld van 24 April 2010 skryf Willemien Brümmer dat Jaco se grysland op daardie stadium verby was. Dit was nie meer vir hom nodig om onbelangrike werk te verrig soos hy gedoen het by Sanlam of Spray Tech of Jimmy's Grill nie. Vanaf 2000 is hy voltyds besig met sy skryf- en vertaalwerk. "Jy moet verantwoordelikheid vir jouself aanvaar" is een van Alkoholiste Anoniem se slagspreuke waaraan hy groot waarde heg.

In sy eie lewe was daar boonop, net soos in dié van Phillip in Grysland-verblyf,  ’n deus ex machina in die vorm  van ’n vrou. “Al wat ek kan sê, is ek is dolgelukkig getroud en dis baie lekker om weer op my tuisdorp te woon. Voor dit was ek vas oortuig ek gaan nooit trou nie. Ek het gedink ek gaan soortvan oud word in Bloemfontein en af en toe iets vertaal of skryf. En toe kom Lorraine, en dit was nogal ’n keerpunt.”

Lorraine se familie boer buite Wellington. En sy het vir Jaco in die wêreld van plase en plaasmense ingedra, vertel hy aan Willem de Vries. Hulle bly nou in Sandbaai naby Hermanus en hy dink nie meer aan homself as ’n Bellville-boytjie wat die penskant van die Boereworsgordyn tot op die droesem wil ontgin nie, skryf Willemien Brümmer in By in 2007. En “lo and behold. Ek gaan deesdae kerk toe.

“In my skrywerslewe tot dusver het ek Bellville soortvan as my tuisdorp aangeneem, terwyl dit glad nie in die regte lewe is nie. Ek het (ná die weermag) agt jaar daar gewoon. Maar ek het op baie ander plekke ook gewoon. En was ek in die Transvaal in die laerskool en toe ’n rukkie in die Oos-Kaap.

“Ek was in Hermanus op hoërskool, en ek het hier gematrikuleer. Dis lekker om terug te wees hierso. Hermanus is miskien my tuisdorp in die regte lewe, al het ek hierdie fiksasie met Bellville ontwikkel.

“Daar is net iets aan Bellville. Veral toe ek begin treinry. Ek was versot op treinry. Daar’s predikers op die trein, daar’s mense wat jou wil besteel, dis net so ’n lewendige wêreld. Ek mis dit in ’n mate.

“Desembermaand (2003) was ons in Bellville vir ’n fotosessie vir Kwêla Boeke, toe ry ek vir die eerste keer in agt jaar weer trein. Net van Tygerbergstasie na Bellville sodat sy (die fotograaf) ’n paar foto’s kon neem. Die interessante ding was, toe ons op die trein klim, het daar ’n plas halfdroë bloed op die vloer gelê.”

Willemien Brümmer skryf dat dit juis die halfdroë bloed, die randfigure, die “onbeduidendes” uit die middel- en laer-middelklas is wat sy skryfwerk reeds sedert sy debuut, Die ryk van die rawe, kenmerk. Dié roman, waarmee hy in 1997 die Eugène Marais-prys verower het, handel oor die jong Ratkas, wie se pa saans na treine geruik het en in Londen by allerlei onbesonnenhede betrokke raak. Sedertdien was sy karakters byna altyd opdrifsels, uitvaagsels, anti-intellektuele wat eerder bier sou drink as om die wêreld te probeer verander.

“Maar,” sê Jaco, “Die skop-skiet-en-doodslag-goed is alles wel as jy in jou twintigs is, maar dit lyk ’n bietjie fishy in jou veertigs.

“Die ander sy van die saak is, ’n mens sit vir sewe boeke vas in Bellville, so jy moet een of ander tyd vooruitgaan. Jy moet aanbeweeg na ander plekke en dinge. My boek wat verlede jaar verskyn het, Ed van Inligtingstelsels, is hopelik nou Bellville wat uit my uitgeskryf is. Dit het nog baie kroeë en bier en sulke goed in. Maar van nou af is dit chamomile-tee.”

“Ek wil nie meer hierdie negatiewe goed skryf nie. Dis niemand tot stigting nie, en dit lei ook nie tot goeie verkope nie.”

Dit is nou eers, met sy sewende en jongste boek, dat hy ’n slag “iets Oprah-rigs wou skryf”, sê hy. “Iets uplifting wat positief eindig en so.”

Die tema van Die Grysland-verblyf put egter steeds uit die donker onderwêreld – dié keer die penskant van die gees. Die hoofkarakter, Phillip, is ’n skilder met een uitstalling agter die rug. Net soos Jaco destyds begin hy om den brode by ’n finansiële instelling in Bellville werk, maar hy het ander planne as om lewenslank ’n kantoorwerker te wees.
Stelselmatig kom verandering in sy eentonige en saai lewe: hy begin snags wakker word met die oortuiging dat daar pas iemand in sy kamer was. Soggens op pad werk toe begin hy agterdogwekkende figure opmerk.

Die boek word ’n onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n man wat aan skisofrenie ly. Dit totdat sy lewe, à la Oprah, in die laaste ses bladsye opgehelder word deur “beduidende toeval en ingryping” in die vorm van ’n vrou.

Verskeie van die plekke in die boek is bakens uit Jaco se verlede: Bellville; Bloemfontein, waar hy tien jaar lank by sy ouers gebly het; Johannesburg, waar hy drie maande lank ’n teksskrywer by ’n televisiesender was; Prins Albert. “In ’n sekere sin is hierdie boek meer outobiografies as my vorige werke.”

Hy is onwillig om te veel teenoor Willemien Brümmer te sê oor sy “navorsing” oor skisofrenie – ’n siekte wat volgens hom in die populêre verbeelding gepaard gaan met “messe en byle”.

“Ek wil nie te veel daaroor sê nie, onder meer omdat ek nog iets wil skryf daaroor. (Wat hy toe wel gedoen het, in Verstevlei.) Maar ek het met skisofrenie te doen gekry, en in ’n stadium was ek vreeslik geïnteresseerd daarin. Ek dink ek het psigose redelik vasgevat, of so goed ek kón in elk geval. Ek het eintlik ’n interessante probleem met die storie gehad, want die ding van skryf oor al hierdie ervarings wat die hoofkarakter traumatiseer, is nie alles goed wat regtig gebeur het nie. Dis amper soos ’n hoërskoolkind wat ’n opstel skryf en aan die einde sê hy dis alles net ’n nare droom.”

Die saadjie vir dié “nare droom” is geplant toe hy self in Maart 1998 uit Bellville na Prins Albert getrek het om, so het hy gedink, die “kluisenaarsbestaan van ’n kunstenaar” op te soek.

“Dit was nogal vir my ’n belangrike stap in my lewe. Dit was asof alles daarop afgestuur het. Al wat ek daaroor  kan sê, is ek het geweet dit gaan stil wees, maar ek het nie geweet dit gaan só stil wees nie.

“In Die Grysland-verblyf  wou ek iets geskryf het oor die tyd wat ek in Prins Albert gebly het, en toe het die ander goed nou maar so aangeheg, aangelas en so.”

Dit het vir Jaco ’n hele tien jaar geneem om Die Grysland-verblyf te skryf – tot op daardie stadium die langste van al sy boeke. Hy het soms hier gevat en daar gelos en tussenin het hy vier of vyf ander boeke geskryf, wat nie almal uitgegee is nie.

Die Grysland-verblyf verken die lewe van Phillip, ’n jong en redelik suksesvolle skilder, wie se eerste uitstalling afgehandel is. Terwyl hy met die volgende een besig is, betree hy die korporatiewe wêreld – iets waarvan hy nie veel hou nie. Só begin hy geleidelik uitrafel – hy hoor stemme, ruik ’n vreeslike stank en raak paranoïes.

Hy verlaat die stad en trek Karoo toe, maar ook daar begin die vervolging. Hoe hy leer om sy siekte te herken en daarmee saam te leef, is die tema van Die Grysland-verblyf, skryf Cecile Cilliers in Die Burger van 14 Junie 2010.

"Die novelle is goed gekonstrueer. Vroeg al word die seine gelê wat dui op Phillip se groeiende verwarring en vervolgingswaan. En die verskillende stadia van sy skisofrenie en ander se reaksie daarop word goed hanteer. Van die oortuigendste tonele en karakters in die boek is in die psigiatriese afdeling van die Oranje-Hospitaal in Bloemfontein.

"Maar tragies soos die tema mag wees, is die aanbieding ver van somber. Fouché het ’n ligte, bykans humoristiese aanslag en ’n wrang ironiese manier van dinge sê. (...)

"Die Grysland-verblyf is ’n reguit, op die man af vertelling, ’n onthullende en soms onthutsende verslag oor die geestestoestand wat as skisofrenie bekend staan. Fouché se amperse staccato styl verleen aan die vertelling ’n beklemmende realiteit, maar daar is nie ’n sweem van sentimentaliteit of jammerte nie. Onder sy hande word Phillip, ten spyte van sy geestelike afwykings, ’n simpatieke karakter wat die leser saam met hom laat hoop en verlang dat hy tot selfbegrip en heling sal kom."

Op LitNet sluit Stephanie Nieuwoudt haar bespreking van Die Grysland-verblyf as volg af: "Fouché se roman bied ’n meer hoopvolle toekomsvisie vir mense wat aan skisofrenie ly. Dis in kontras met Papawers, ’n boek waarin die Nederlandse skrywer Ingrid vander Veken haar stiefseun se hartverskeurende lyding as skisofreen uitbeeld. Die boek, wat oorspronklik in Nederlands geskryf is, het onlangs in Afrikaans verskyn. Vander Veken se stiefseun het meestal geweier om sy medisyne te drink en het ontken dat hy geestesversteurd is. Met tragiese gevolge. Daarteenoor erken Phillip in Die Grysland-verblyf dat hy siek is, en besef hy die waarde van medikasie. Dit is sy redding.

"In die literatuur oor skisofrenie word dikwels beklemtoon dat ’n ondersteunende gesinsverband positief tot die bestuur van die toestand bydra. In Die Grysland-verblyf begin Phillip ’n verhouding met ’n ou kennis en hulle is skynbaar vir altyd gelukkig saam. Maar hoewel ’n liefdevolle lewensmaat inderdaad ’n skisofrenie-lyer kan bystaan, is die beskrywing van die (her)ontmoeting en die verhouding en Phillip se pad na genesing te skraps. En dit lyk ook net te maklik dat Phillip onder invloed van sy lewensmaat by die kerk die aanvaarding en antwoorde vind waarna hy heeltyd soek. Dis asof Fouché gejaagd na ’n einde toe geskryf het. Man ontmoet vrou en tjoeftjaf is die lewe op pad na ’n sprokiesverhaaleinde. ’n Mens sou graag meer wou lees oor hoe die vrou en Phillip tot die besluit kom dat sy haar lewe sal wy aan iemand wat dalk enige oomblik weer ’n psigotiese insinking kan ervaar. Die leser kan dalk verkeerdelik onder die indruk kom dat liefde inderdaad alles oorwin en selfs ’n lewenslange, ongeneeslike toestand soos skisofrenie kan genees.

"Die Grysland-verblyf is soms humoristies en soms hartverskeurend. En hoewel daar voor in die boek duidelik gemaak word dat ooreenkomste met die werklikheid slegs toevallig is, voel die ‘verhaal’ baie soos iets wat die skrywer self deurgemaak het."

En toe, in 2012, ontvang Jaco vir sy mees onlangse manuskrip, Liefste Lena, die derde prys in NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, naas Ingrid Winterbach en Chris Karsten. Dit is in 2013 gepubliseer onder die titel Verstevlei. En volgens Jaco handel dit oor liefde, ’n Bolandse plaas, drie kroeë en ’n bietjie kranksinnigheid.

Die beoordelaars het in hul commendatio genoem dat die gebruik van twee verhaallyne wat in verskillende rigtings ontwikkel, hulle aan die film Fight Club herinner. Bibi Slippers wou weet of  Jaco ’n fliekvlooi is en of hy dink sy skryfwerk word deur films beïnvloed. Is daar spesifieke regisseurs wie se werk hy bewonder?

“Ek hou van flieks, ja, maar ek is nie ’n discerning film guru nie en geniet omtrent enigiets wat ek kyk. Die Rocky-flieks geniet ek altyd, en die meeste romantiese komedies ook. Jackie Chan is puik. Op die oomblik kyk ek partykeer snags na e-tv se ou flieks en dis hartverskeurend om te dink dat daardie mense wat so lewendig en flink op die skerm voorkom, almal oorlede is.

“My vyf gunstelinge is The remains of the day (alhoewel ek moet sê, toe ek dit die laaste keer probeer kyk het, het ek gevoel nou het ek genoeg daarvan gesien), The Aviator (oor Howard Hughes, en deur Martin Scorsese gemaak), Into the wild (vir my die beste fliek wat ek in seker vyf jaar gesien het), Glengarry Glen Ross (die draaiboekskrywer David Mamet is uitstekend), en ja, ook Fight Club. Ek het nie voorheen besef dat daar ’n ooreenkoms tussen my storie en laasgenoemde fliek se verhaallyne is nie, maar ek sien dit nou raak. Ander flieks wat in hierdie verband genoem moet word, is egter ook Jacob’s Ladder en One flew over the cuckoo’s nest en miskien Birdy. Dis almal flieks oor nuttinessJacob’s Ladder het ek net ’n deel van gesien, maar dit was verstommend hoe die storie tussen verskillende verhaallyne glip en daar so ’n smorende atmosfeer van geweld en bedreiging bly hang. En aan die einde is daar ’n terugflitstoneel wat maak dat ek nie kon besluit wat moet ek glo en wat nie. Ek dink dis ’n goeie opsomming van kranksinnigheid, dat ’n mens nie weet wat jy moet glo en wat nie. Wat is relevant? Wat is waar? En as persepsie alles is, beteken die werklikheid as sodanig nog veel? Of is die waarnemer belangriker?”

Oor die derde prys wat Jaco vir Liefste Lena gekry het, sê hy dat dit lekker is om so iets te kry en dat hy verlig is dat die kranksinnigheid-tema toe tog die moeite werd was om oor te skryf. Hy wil nog ’n boek daaroor aanpak om ’n drieluik te vorm saam met Liefste Lena en Grysland-verblyf, maar hy wil intussen nog ander dinge ook aanpak. “Party keer snags wanneer ek Westerns op e-tv kyk, dink ek ek moet ook een probeer. Ek wil ook ’n liefdesverhaal aanpak. Liefste Lena is klaar een, maar ek bedoel ’n verhaal van ondraaglike begeerte en groot drome teen ’n eksotiese agtergrond. Maar die lewe gooi ook sulke draaie met ’n mens dat ek sal moet sien of hierdie planne gebeur.” 

In teenstelling met sy stories waar verhaalgebeure in Bellville die fokus is, ontvou Verstevlei grotendeels in die Boland. “Toe ek begin publiseer, was dit in Bellville en vir lank was dit asof ek net Bellville ken en daaroor moes skryf.”

Hy vertel aan Willem de Vries: “Die blote Bolandse landskap verlei ’n mens al om aantekeninge te begin maak. En dan loop jy die mense in die landskap raak en moet met hulle omgaan en dis daardie spanning wat ’n mens aan die skryf, of sekerlik skilder, kry.

“Die plaas in die roman is gebaseer op ’n wonderlike plek in die Bovlei buite Wellington. Dis die plaas Welvanpas waar die Retiefs boer, waar ’n mens kan gaan bergfiets ry, en wyn proe as jou lus daarna is.”

Oor sy karakters, wat gewoonlik buitestanders is en wel ter tale is, wou De Vries weet of  dit so is omdat hulle deur haarfyn beskrywings en momentopnames betekenis in hul verhale tot stand bring en of verteller en skrywer saampraat in die hoofkarakters se woorde.

“Ek is geseënd om ’n mate van uitdrukkingsvermoë te hê. En jy vat iets raak wanneer jy sê so iets bring betekenis in ’n lewe in. Beslis in myne. Dis bemagtigend om ’n toneel of situasie te kan beskryf en aan ’n leser bied vir sy goedkeuring, of ten minste dan betragting. Die welsprekende karakters kom uit sy mond uit,” sê Jaco. “Hulle is maar almal ek in vermomming, selfs die grootste droogmakers.”

Hy sê Verstevlei sluit by sy vorige romans aan “veral ten opsigte van die soort hoofkarakter wat seker nie die wêreld se dapperste of eerbaarste ou is nie”. Hy hou van karakters wat weerloos is, maar tog bereid is om moeilike dinge aan te pak.

“Ook kom die hoofkarakter uit ’n gebied soos Bellville, maar hierdie slag Vereeniging. Dus is die voorstedelikheid weer in ’n mate aanwesig, hoewel daar weggekom word daarvandaan.”

In Verstevlei kom verskeie sienings van die Afrikaner aan bod. “Ek is soos baie wit Afrikaanssprekendes behep met die idee Afrikaner,” sê Fouché. “Is daar so ’n volk? Moet daar so iets wees? Moet ons nie eerder heeltemal uitmekaar gaan nie? Is ons homogeen? Moet ’n mens bly wees vir regse mense? Moet jy bang wees? Dit sluit ook by die plaas aan, wat ’n soort bakermat vir die boer én Boer is. Dis ’n interessante onderwerp.”

De Vries wou by Jaco weet of hy ook soos die Amerikaner Edward Hopper is wat telkens in sy skilderye ’n soort storieverteller is wat die kyker ruimtes en figure wys en dit aan die kyker oorlaat om sin te maak van dit waarmee hy fasette van Amerika versinnebeeld. Is ’n soortgelyk verteller in Verstevlei aan die beurt?

Hierop antwoord Jaco: “Dis ’n interessante benadering. Ek kan ’n ooreenkoms sien met my eie ... Ek bedoel dat ek ook dink ’n mens moet ’n situasie – beelde, ruimtes, figure – aan ’n leser bied sonder kommentaar, maar natuurlik met leidrade wat hom of haar na ’n slotsom kan neem. Soms dink ek ek is lafhartig om nie in te klim en ’n verskriklike groot kwessie in een fel bloedtappende werk aan te pak nie.

“Daar is mos die vier kritiese kategorieë: ras, klas, gender en ekokritiek. Ek heul met al vier, maar dis soms asof klas en gender vir my die interessantste is, sonder dat ek ’n vaandeldraer wil word.”

Jaco het met die skryf van Verstevlei baie aantekeninge gemaak en die feit dat die roman in die eerste persoon geskryf is, is ’n uitvloeisel daarvan, vertel hy aan JB Roux (Rapport, 21 Julie 2013): "Die eerstepersoon het bly steek toe ek die boek later begin skryf, al was ek maar lugtig vir die eerstepersoon. Ek het gedink dis beperkend, maar dit is glad nie so nie en ek gaan weer die eerstepersoon gebruik."

Roux het verder oor Verstevlei vertel: "Dis nie ’n boek vir lui lesers of sissies nie. Dis ’n karaktergedrewe roman, ’n skets in fyn, pastelkleurige hale waarin die skrywer se skerp waarnemingsvermoë en sy besonderse vermoë om sommer net iets te sê, telkens beïndruk. (...) Dié boek is vir lesers wat op soek is na méér as ontvlugting. En wat ’n ruk lank met ander oë, sensitiewes, na die skynbaar alledaagse wil kyk."

Jaco self beskryf Verstevlei as volg: "Verstevlei is ’n mirage of skimmewêreld. Dis die bestemming (al bestaan dit nie) wat die reis die moeite werd laat voel. Dis dalk wat ook al ná die dood gebeur."

Louise Viljoen noem Verstevlei ’n goedafgewerkte roman wat ’n mens verras met ’n onkonvensionele aanpak van bekende temas in die Afrikaanse literatuur, en Linda Rode sê dit is ’n reis deur die hoogs sensitiewe gees van die ewige buitestander" (Volksblad, 8 Junie 2013).

Dit vertel die storie van Renier Proot, vlak in sy veertigs. Proot het die grootste deel van sy bestaan in Vereeniging gewoon en kon in beide sy liedeslewe en sy werksloopbaan net nie rigting vind nie. Hy het nie net as klerk in ’n boekwinkel gewerk nie, maar was ook ’n danser in ’n klub, skryf Jaco Botha in Volksblad van 8 Junie 2013.

Botha vervolg: "Die storie of stories wat vertel word, is dié van Renier Proot (in sy vroeë 40’s), wat die grootste deel van sy lewe in Vereeniging deurgebring het en wat loopbaan en liefde betref maar net nie rigting vind nie. Hy het as danser in ’n klub en ook as klerk in ’n boekwinkel gewerk, skryf Jaco Botha.

Die roman se subtitel, “Een lewe, twee bestemmings”, bied die eerste leidraad tot die ontrafeling van hierdie Boere-Freudiaanse teks. Renier se storie word in twee tydfases, of werklikheidsfases, aan die leser gebied en deur die gebruik van kursiefdruk van mekaar onderskei.

"In die een fase beleef hy ’n uitsiglose bestaan in ’n woonstel in Vereeniging, die dorp waar hy as die kind van staatsamptenare grootgeword het (ook die kinderlandskap en biografiese werklikheid van die skrywer, Jaco Fouché). Hy ontmoet “vriende” in restaurante vir leë gesprekke en besin baie oor sy drome, verlede en herkoms. Een so ’n vriendin, Pamela, wat hy in ’n braairestaurant ontmoet, vertel hom van Wellington in die Boland waar sy grootgeword het en van die familieplaas, Verstevlei, waar haar neef Bill Andrais en sy gesin steeds woon. Sy wil hê Renier moet haar na die Boland vergesel.

"In die ander fase is hy ’n 'gas' in Huis Genade, waar hy klaarblyklik op sy suster Michelle wag om terug te keer. Renier kan kom en gaan soos hy wil – of is dit net in sy drome? – ten spyte van die drakoniese suster Kloppers, wat hom eintlik net daar uit wil hê.

"Uit die staanspoor word ’n psigoanalitiese lees gevra (“Vroeë drome was daar ook, veral van moord en water” (9)) en regdeur die teks word die tema van die onderbewuste (soms dalk te bewustelik) deurgetrek (“... en ek dink aan die son wat dag na dag oor ons lewens ondergaan, en hoe ons telkens nog iets moet aflê, nog iets moet reduseer tot ’n herinnering wat ná ’n ruk nie meer akkuraat is nie en slegs onduidelike buitelyne in die skemer vorm. Ons geheue is nie so betroubaar soos ons verbeelding nie” (221)).

"Die teks gryp terug na die literêre taal, truuks en reëls van 50 jaar gelede en Fouché sluit – bewustelik al dan nie – by die tradisie van die Sestigers aan. Veral in Huis Genade (wat later as gestig ontbloot word) herinner die teks sterk aan vroeë Leroux-werk.

"Soos in Leroux se werk is die hoofkarakter ’n ewige buitestander – die selfbewuste, verontruste skrywer-tipe – en die karakters tree bloot as argetipes op en word nooit werklik as “mense” van vlees en bloed verken nie.

Die tema van Renier se lewe wat basies in limbo of “purgatorie” (203) verkeer, word ook goed in die vertelstyl weergegee. Dit is of die landskap deur ’n dik laag plastiek waargeneem word en min episodes kom tot volvoering. So byvoorbeeld sterf Pamela lank voordat sy Proot na die Boland kan vergesel en dis bloot sy toevallige raaksien van ’n advertensie vir ’n pos as assistent op Verstevlei wat hom uiteindelik na die Andrais-plaas lei. Op pad na die plaas swem hy in die stroom by Bainskloof, stap kaal deur ’n tonnel en ontmoet so – op ’n ietwat Brinkerige wyse – vir Lena – die Andrais-dogter op wie hy natuurlik verlief raak.

"Uit Huis Genade verken Proot onder meer ’n opleidingskamp vir Afrikaners waaroor hy ’n dokumentêr vir z-tv wil maak en ontmoet in die proses karakters soos majoor De Wet en Ernst Jwara. Wat werklik gebeur en wat suiwer verbeeldingsvlug is, word langsamerhand deur fyn leidrade ontbloot.

"Natuurlik word binne die geesteswêreld van Leroux ook mitologie betrek in die vorm van Christenskap: die praat in “tale” en die uitstorting van die Heilige Gees. In eg Lerouxiaanse tradisie neig alles na die uiteindelike vereniging van die animus en die anima wanneer Proot sy intrek neem by sy suster, Michelle, in Huis Genade – wanneer die skisofrenie genees word."

"Ek hoop dat sekere letterkundiges en lesers met ’n genuanseerde blik groot waarde, heelwat literêre semantiek en baie plesier uit hierdie boek sal kan kry."

In 2014 word Jaco se eerste verhaal vir tieners deur Human & Rousseau uitgegee onder die titel Siobhán van die sirkus.

Op LitNet wou Naomi Meyer by Jaco weet hoe Siobhán van die sirkus sy bestaan gekry het. Jaco antwoord: "Daar is 'n paar bronne vir die boek, maar die een waaraan ek nou dink, is dat Adinda Vermaak, wat bundels vir skole saamstel, my so twee of drie jaar gelede vir ’n kortverhaal gevra het. Ek het toe ’n seun van so 12 of 13 as verteller gebruik. Sy stem het vir my so goed geklink dat ek dit ook in ’n ander, langer storie probeer gebruik het. Dit was ’n verhaal wat nog nie gepubliseer was nie, oor ’n meisie van so 14. En vandaar het ek na Siobhán se stem beweeg wat ek as so half astrant teenoor gesagsfigure gehoor het.

"Verder hou ek al die jare van narre in watter gedaante ook al: harlekyne, boemelaarnarre, mimiekkunstenaars. Toe ek oor hulle begin lees, kom ek op ’n ryk veld van figure en legendes af. En ek kom so elke drie maande of wat in Wellington, wat ’n lieflike plek is, so ek kon oor die omgewing skryf."

Oor die moeilikste deel by die skryf van Siobhán vertel Jaco aan Meyer dat hy geweet het hy wil iets oor ’n sirkuskamp skryf, maar hy het niks geweet van sirkuskampe nie. Waarvan hy wel iets geweet het, was ’n kampterrein in Wellington waar hy in standerd 8 (graad 10) in 1983 ’n skoolkamp bygewoon het: "Ons is weerbaar gemaak en het min geslaap. Vandag is ek bly ek kon daardie ervaring met so ’n draai in my storie aanwend. Om ’n nuwe agtergrond vir ’n storie te kry, is vir my nogal moeilik."

Vir Jaco is die karakter meestal die belangrikste in sy boeke: "Ek is eenkeer in ’n tydskrifonderhoud as ’n randfiguur beskryf, maar die waarheid is, ek is baie lief vir mense. Ek is veral versot op familie-uitleg en staaltjies oor figure uit die ou dae. As jy ’n karakter het, kom die ander dinge gewoonlik daarmee saam, soos elkeen van ons ’n hele sleepsel, ruimte, atmosfeer, tema en intrige aan ons het."

Clara Kirstein het op Storiewerf ook ’n klompie vrae aan Jaco gestel oor Siobhán en die sirkus. Sy wou weet waar hy aan die naam Siobhán met die eksotiese spelling gekom het. "Ek het die naam al voorheen gehoor en eendag ‘n straat in Bellville gesien wat 'Chavonne' genoem is, maar die eksotiese spelling het ek die eerste keer op ‘n TV-program gesien toe ‘n onderhoud met so iemand gevoer is en haar naam onderaan die skerm geplaas is. Dit was ‘n groot verrassing om te sien ‘n mens spel dit so en dit het my bygebly.”

Sy wou ook by Jaco weet hoe hy dit regkry om so akkuraat met die jeug te vereenselwig. Hierop het Jaco geantwoord dat hy nie weet of dit so akkuraat is nie, maar wat vir hom van groot hulp is, is die feit dat sy vrou ’n onderwyseres is en hom gereeld van die tieners se doen en late en sêgoed vertel: "Verder lees ek jeugfiksie soos SE Hinton se boeke. Haar eerste werk is The outsiders en dis ongelooflik. Maar ek dink die belangrikste om te onthou is dat tieners soos enige mense drome en ambisie het. Hulle wil iets hê, partykeer iets konkreet soos ‘n prys vir ‘n prestasie, partykeer iets groot soos volwassenheid. Die vraag is natuurlik of volwassenheid die moeite werd is om na te streef. Maar dis uit so ’n vraag dat ’n skrywer moontlik ’n storie kan maak. Ek moet ook noem dat ’n skrywer ver kom met ’n goeie redakteur. Aldré Lategan het aan die manuskrip geskaaf het en dit meer tienervriendelik gemaak. Sy ken jeugfiksie baie goed en het my handige raad gegee."

Op LitNet skryf Bibi Burger in haar resensie van Siobhán dat die skrywer gebruik maak van die universele formule van tienerboeke waar tieners weg van hulle ouers af (soos Siobhán, ’n graad 11-meisie wat in hierdie boek gedurende die tiendae-vakansie na ’n sirkusskool-kamp gaan) deur ’n tipe inisiasie gaan en so die eerste treë na hulle onafhanklikheid gee.

“Hierdie motief van ’n inisiasiereis beteken dat Siobhán van die sirkus nie soveel van Fouché se ander romans verskil as wat mens aanvanklik sou dink nie.

"Siobhán van die sirkus is veel meer positief as die res van Fouché se oeuvre en aan die een kant is dit verblydend dat Fouché nie, soos vele ander Afrikaanse jeugromanskrywers, probeer om so donker moontlik te gaan en te veel hamer op 'issues' nie. Ook Fouché se taalgebruik is onopgesmuk en probeer nie te hard nie (die haakplek van vele belowende jeugromans). (...)

"Aan die ander kant kan ’n ligte toon ook gesien word as patroniserend – asof die skrywer dink dat tienerlesers nie te veel ontstel moet word nie. Die roman word egter gered deur Fouché se kenmerkende dubbelsinnigheid – heelwat gebeure in die roman word nooit volledig verklaar nie en dit word aan die leser oorgelaat om daarvan te maak wat hy of sy wil. (...)

"Fouché gebruik die sirkusomgewing om op ’n subtiele manier kwessies rondom identiteit, geslagsrolle, seksualiteit en verhoudings te verken. Soos Siobhán oor haar narklere sê: 'As ’n mens vermom is, kan jy enigiets doen.' Wat Fouché se presiese boodskap rondom hierdie temas is, is nie duidelik nie. Ek beskou dit as ’n positiewe eienskap van die roman, omdat dit die werklikheid weerspieël. Volwassenes het nie noodwendig die antwoorde op hierdie kwessies nie, en dit is nie noodwendig by die volwasse kampleier, Klein-Piet, se lesse dat Siobhán die meeste leer nie, maar eerder by die goed waarmee hy self sukkel. Só probeer Fouché nie vanuit die posisie van volwasse skrywer antwoorde bied nie, maar beeld hy soos met sy ander romans op ’n genuanseerde manier karakters se soeke en reise uit en laat die interpretasiewerk aan die leser oor."

In Volksblad (18 Augustus 2014) sluit Anél Viktor haar resensie af: "Jaco Fouché se eerste jeugboek gee nie voor om enigiets meer te wees as ’n tienermeisie se twee weke lange soektog na haarself nie. Niks is glansryk of oordrewe aan dié coming of age-verhaal nie.

"Die karakters is dalk minder kleurvol as die verwagting wat die woord 'sirkus' in die titel skep, maar hulle is nogtans geloofwaardig en jy kry met ’n menslike storie te doen. Die het ’n diepte-gevoel, maar nie almal gaan rêrig vóél vir Siobhán nie. Die idee van ’n sirkusskool op ’n plaas is verfrissend."

Jaco se volgende boek, Somer, is weer ’n roman vir tieners. Jaco vertel aan Naomi Meyer op LitNet dat sy belangstelling in literatuur vir die jeug weer opgevlam het toe hy met sy vrou, Lorraine, ’n onderwyser aan die Hoërskool Hermanus, getroud is: "Ek het ook van die voorgeskrewe boeke nadergetrek. Veral iets soos Krismis van Map Jacobs van Adam Small het ’n groot indruk op my gemaak. Ook het ek van my eie gunstelinge uit my kinderjare weer bekyk. En wat gewoonlik gebeur, is dat die lees van ’n goeie boek my lus maak om my eie een te probeer skryf.

"Skryf vir die jeug is anders in die sin dat ek meen ek eerliker skryf. Of miskien moet ek sê meer reguit. Daar is minder suggestie en woordspelings en liriese sinne en ’n mens ondergrawe nie dinge soos jy in volwassene-fiksie maak nie. Dis ’n terugkeer na ’n tyd toe ’n mens nie so sinies was nie."

Oor die karakters in Somer vertel hy aan Naomi Meyer dat die verteller ’n bruin matriekseun, Maison, van Hawston naby Hermanus, is wat dol is oor rugby, maar nie so erg oor die akademie is nie. "André is dieselfde, maar meer welaf en wit. Hulle tree aanvanklik in konflik met mekaar, maar word vriende wat saam die somer geniet. Albei ervaar frustrasie en hartseer in hulle gesinslewens en reik uit na ’n vriend. Dis iets wat ek van my eie jong jare onthou, dat ’n mens in ’n mate jou gesin verloën om jou vriende aan te hang. Vir my het dit soms skuldig en verward laat voel, want my vriende was ontsettend belangrik vir my en ek besef vandag ek het te veel van hulle verwag."

In Somer gee Jaco erkenning aan die kinders van die Hoërskool Hermanus. Hulle was vir hom ’n inspirasie nadat sy vrou aan hom vertel het van die vriendskap tussen ’n bruin en wit seun: "My swaer het ook eendag aan my gesê dat ek in Hermanus bly maar nooit daaroor skryf nie. Die kinders aan wie ek erkenning gee, het die episode in hoofstuk 13 beleef toe ’n toeris na hulle verwys as ’n 'mixed breed'. Die twee was baie ontsteld daaroor. Tersia Smit, ’n onderwyseres, het my daarvan vertel en dit het my getref op ’n wyse wat my skaam gemaak het. Ek bedoel, ’n mens ry verby Hawston en Mount Pleasant en wat jy gewoonlik dink, is dat dit swaar moet gaan hier en wat het jy met die Chris Rea-CD gemaak? Maar daar woon mense daar en wonderlike mense ook.

"Ek het met ander skoolkinders ook te doen gekry, soos eendag toe Lorraine hekdiens by die rugby doen saam met twee bruin kinders en ek vir hulle koeldrank bring en ons ’n bietjie gesels. En ek het al in die skoolbussie gery saam met kinders, en na ’n uur vergeet hulle van die oom wat net voor hom sit en uitstaar en te skaam is om iets te sê en dan begin die stories oor hulle lewens vertel word. Daar is baie sulke voorvalle, miskien op hulle eie te klein om oor te vertel, en tog tel hulle op tot ’n geheelindruk."

Op LitNet bespreek Dewald Koen Somer: "Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod. Beide Maison en André se lewensverhale geniet aandag deur die loop van die roman en enkele raakpunte tussen hul onderskeie lewens word sodoende geïdentifiseer.

"Alhoewel die narratief op sigself interessant daar uitsien, is daar enkele aspekte wat my kwel. Maison en André se taalgebruik kom as ongeloofwaardig voor. As kritiese leser het die skrywer se volwasse stem te dikwels deurgeskemer en sodoende afbreuk gedoen aan die geloofwaardigheid van die tienerkarakters. Op bl 137 antwoord Maison André byvoorbeeld soos volg: 'Aag, hel. Oud en moeg en der dagen sat in die diens van die Here'. Dit is hoogs onwaarskynlik dat ’n tienerseun (wat homself as ’n swak akademiese presteerder beskryf) in 2018 so ’n Nederlandse aanhaling in ’n informele gesprek met ’n vriend sal gebruik. Op bl 34 sê André hy 'hoor [h]ulle het teenspoed gehad'. Alhoewel daar nie noodwendig van skrywers verwag word om streng by Standaardafrikaans te hou tydens die skryf van ’n jeugroman nie, is dié twee karakters se taalgebruik effens dik vir ’n daalder. (...)

"Die konsep waarmee Fouché gewerk het, het die potensiaal gehad om ’n opwindende jeugroman tot stand te bring. Die teks kon egter strenger geredigeer gewees het om die verhaal in sy geheel meer vaartbelyn te maak. Te veel temas word by die narratief betrek en die soms té formele taalgebruik doen afbreuk aan die hoofkarakters se geloofwaardigheid. Vergeleke met ander jeugromans wat onlangs verskyn het, haal Somer nie die paal nie."

In Die Huisgenoot (22 Maart 2018) was Elna van der Merwe meer positief oor Somer: "Dis ’n verhaal waarby hoërskoolleerders groot aanklank sal vind. Dit beskryf helder die tyd wanneer ’n mens nóg vis nóg vlees is, nie juis geld het nie, nie mooi weet wat om met jou toekoms te doen nie en geen anafhanklikheid het nie omdat jy nog aan jou ouers gebind is vir ’n dak oor jou kop. Gee die boekg erus present aan jou inwonende tienerseun wat in ’n liefde/haar-verhouding met jou is."

Jaco en Haydee Morgan-Hollander het gesels oor die skrywer Jack Kerouac en sy wou weet vanwaar sy fassinasie met Kerouac: "Toe ek in die weermag was, het ek begin ryloop en dit vir ’n paar jaar na diensplig nog gedoen, gewoonlik vir die uitstappie, maar soms omdat ek moes. En toe ek On The Road lees, het ek dadelik geweet hoekom Kerouac so graag geryloop het. Almal wat hom lees, is eintlik versot op hom. Sy boeke laat my dink aan daardie liedjie van Albert Hammond waarin hy sing: 'But I gave it up for music and the Free Electric Band.' Hy laat ’n mens glo jy kan van die gebaande weë afdwaal en nog ’n heenkome vind. Ek beny hom ook as skrywer sy werkywer. Of ek hét, tot ek uitgevind het hy was op Benzedrine of iets toe hy On the road in ’n rekord drie weke geskryf het. Baie skrywers het dit blykbaar al gebruik. Graham Greene ook. Dit was seker hulle weergawe van ’n tonikum in daardie jare." (LitNet)

In 2010 sê Jaco aan Willemien Brümmer: “Deesdae is ek seker minder gejaagd en ambisieus. Ek is ook deesdae daarvan bewus dat ek ’n B-lys-skrywer is, en dis piekfyn om nie eersterangs te wees nie. Ten minste is ek ’n skrywer, en dis wat ek wou wees. Ek is bly oor my lewe. Dis nie ’n slegte lewe nie.”

Naomi Meyer (LitNet) wou by Jaco weet hoe hy die stand van die Afrikaanse letterkunde sien as hy terugkyk. "As ek terugkyk, sien ek jare se ontdekking en leesgenot. Dit wil egter lyk of die laaste werklik noemenswaardige figure die Tagtigers is. Kyk maar wie vat die groot pryse nog steeds. Was hulle die laaste werklik geletterde generasie?"

En as hy vorentoe kyk? "Die landskap vorentoe lê besaai met handrekenaars en slimfone wat almal eenkant gegooi is ter wille van nuwer handrekenaars en slimmer fone. Ek voel bekommerd oor die toekoms van die boek en my eie vooruitsigte. Dit lyk of ’n mens draaiboeke sal moet begin skryf en jou stories as visuele materiaal probeer verkoop. Ek word aangeraai om speurverhale te skryf, maar ek het reeds twee: Die ryk van die rawe en Die avonture van Pieter Francken. Stories sal daar egter altyd wees, waarskynlik visueel en skouspelagtig, maar afgewater, met swaar steun op die literêre werke van ouds, soos die hedendaagse musiekbedryf met sy vlugtige deuntjies op die klassieke musiek met sy grootse simfonieë steun."

Publikasies:

Publikasie

Die ryk van die rawe

Publikasiedatum

1996

ISBN

1874901503 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Queillerie

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Eugène Marais-prys 1997

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Paartie by Jake’s

Publikasiedatum

1997

ISBN

1874901643 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Queillerie

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die avonture van Pieter Francken

Publikasiedatum

2005

ISBN

0624042642 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Twee dae in Mei

Publikasiedatum

2007

ISBN

9781415200339 (sb)

Uitgewer

Roggebaai: Umuzi

Literêre vorm

Novelle

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ed van Inligtingstelsels: ’n kantoorwerkersroman

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799344585 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Skrywersblok en ander verhale

Publikasiedatum

2009

ISBN

9781869192808 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die Grysland-verblyf: ’n novelle

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780795703515 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Novelle

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Verstevlei

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780798157797 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Derde prys in NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Siobhán van die sirkus

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780798167543 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Somer

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780798175340 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet


Vertalings deur Jaco Fouché:

’n Keur van artikels oor Jaco Fouché op die internet

Biografiese artikels oor Jaco Fouché op die internet

 ’n Keur van artikels deur Jaco Fouché op die internet

Bygewerk: 2019-06-20
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur ’n e-pos aan album@litnet.co.za

* Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Jaco Fouché (1967–) appeared first on LitNet.

Kulturele diplomasie kan die uitdagings van die samelewing oplos

$
0
0

Hedendaagse uitdagings soos klimaatsverandering en die vlugtelingkrisis in Europa kan deur kuns en kultuur aangespreek word.

Só meen die Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie Han Peters. 

Peters het op 5 Junie ’n aandlesing oor kulturele diplomasie by die ATKV se hoofkantoor in Randburg gegee. Die geleentheid is bygewoon deur verteenwoordigers van verskeie Afrikaanse kultuurorganisasies en staatsdepartemente sowel as  akademici.

“Ons moenie mure bou nie, maar eerder ons gedagtes laat gaan en dialoog skep. Ons moet bereid wees om te luister. Maak nie saak hoe uitdagend en sensitief ’n onderwerp is nie, ons moet luister. ’n Dialoog gaan oor gee en neem.”

Die ATKV sien homself as ’n nie-staatlike rolspeler in kultuur op nasionale sowel as internasionale vlak, sê dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede van die ATKV.

Volgens Peters kan kuns en kultuur perspektiewe transformeer en mense herenig.

“Diplomasie handel oor meer as net politieke kwessies. Daar moet ook gesonde kulturele diplomasie wees om sosiale kohesie te verseker.”

Peters het kortliks verwys na wat die Nederlandse ambassade op kulturele diplomatieke front doen om sosiale kohesie tussen Suid-Afrika en Nederland te skep. Die ambassade ondersteun byvoorbeeld die Afrikaanse kunste, en het onder andere verlede jaar die KKNK se Uitkampteater en vroeër vanjaar die Kunstekaap-toneelstuk Krotoa: Eva van die Kaap geborg. 

“Die kunste bied ’n gesonde dialoog waarby ons almal kan luister en leer. Dit is soveel beter as om ons probleme met konflik te probeer oplos.”

Peters meen ’n jong demokrasie soos Suid-Afrika s’n moet geduldig wees.

“Daar is nog baie armoede en nog baie probleme en die grootste uitdaging is om sosiale enigheid te skep. Vyf-en-twintig jaar is ’n baie kort tyd, maar die narratief van ’n land moet voortdurend aanpas en verander soos wat die samelewing verander.”

Peters het benadruk dat daar geluister moet word na verskillende perspektiewe. “Eers dan kan diversiteit seëvier en gerespekteer word.”

Foto aangeheg: Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie Han Peters

The post Kulturele diplomasie kan die uitdagings van die samelewing oplos appeared first on LitNet.

Alexander Strachan (1955–)

$
0
0

Gebore en getoë

Alexander Strachan, of Zander soos sy vriende hom ken, is op 9 Junie 1955 in die distrik van Ladysmith in Natal gebore. Hy word groot op die beesplaas Monoughmore, wat ’n groot rol in sy kinderlewe speel. In ’n onderhoud met Corlia Fourie in Rooi Rose van 27 Mei 1998 vertel hy: “Dit is nie ’n mooi plaas nie. Dis ’n harde wêreld. [...] Die swaarmoedige, ou huis het klipmure gehad en jy kon die rysmiere daarin hoor ritsel. Die voordeur kon nie sluit nie en het na binne en na buite oopgemaak.”

Sy voorouers is van Skotse afkoms, maar hulle verafrikaans gou in Suid-Afrika. Sy oupagrootjie was bekend as oom Daantjie, wat ’n houtbeen gehad het en ’n slaghuis op Harrismith besit het. Selfs nadat hy blind geword het, het hy steeds die slaghuis bestuur en beeste aangekoop deur op beskrywings staat te maak.

Alexander is vernoem na sy oupa, Alexander Strachan, wat op 3 Oktober 1899 in Bloemfontein gebore is, agt dae voor die uitbreek van die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog). Sy oupa het tydens die oorlog in die Sannaspos-konsentrasiekamp beland, maar het hierdie ervaring oorleef en is op 78-jarige ouderdom oorlede.

Van Bloemfontein trek sy oupa, pa en neefs oos en beland so in die Collingspas-distrik, waar sy oupa die familieplaas Oude Hamelberg bekom deur huurlande met ’n span osse te bewerk. Later bekom hy ook die buurplaas deur die eerste motor in die kontrei vir die plaas te verruil. Alexander word groot op die beesplaas Monoughmore naby Ladysmith, waar hy saam met werkerskinders speel en vlot Zoeloe leer praat.

Alexander is die oudste van drie kinders. Hy het ’n broer en ’n suster, maar hy kan hulle nie so goed onthou nie. Sy pa het nie veel tyd gehad om met hom te gesels nie, want hy was die hele dag besig op die plaas. Sy ma, Bessie, was sy enigste werklike geselskap. Sy maats op die plaas was die werkers se kinders en hy leer dus Zoeloe praat "soos ’n boorling". Toe hy vyf was, het hy sy eerste windbuks present gekry en voëls begin jag. Een van die hoogtepunte en groot gebeurtenisse op die plaas was wanneer die jakkalsjagter op die plaas gekom het. “Die jakkalsjagter het my laat besef dat daar ’n ander, groter ruimte is,” vertel hy verder aan Corlia Fourie.

Toe hy skoolgaande ouderdom bereik, het sy ma hom die eerste jaar op die plaas geleer en daarna is hy dorpskool toe in Keatestraat op Ladysmith. Soggens het hy saam met die melklorrie ingery en smiddae wanneer hy terug was op die plaas, het hy heel eerste sy windbuks gegryp. “Ek het skool met ’n passie gehaat. Dit was vervelig en ek kan nie onthou dat iets lekker was nie. Dit het my elke keer ses maande geneem om ’n onderwyseres op te lei sodat sy kan verstaan ek is nie lus vir praat nie. En nes sy mooi regkom en nie meer dink ek is dom nie, is ek weer in ’n ander klas.”

Alexander vertel aan Anika Louw in Rooi Rose van 9 Augustus 1995 dat hy op skool jaar na jaar dieselfde opstel geskryf het. En hy het elke jaar presies dieselfde punt vir die opstel gekry - iets wat hy tot nou toe nie kan kleinkry nie. “Die onderwerp was ‘My stokperdjie’. En elke jaar het ek geskryf my stokperdjie is om met beeste en skape te boer. En elke jaar, van standerd 6 tot matriek, het ek 7 uit 10 vir die opstel gekry.”

Toe Zander 13 jaar oud was, het hulle die ou plaas verlaat en na ’n nuwe plaas met ’n moderne huis getrek. “Daar was damme en mielielande, maar dit kon nooit praat soos die ou plaas gepraat het nie,” sê hy aan Anika Louw.

In standerd 8 gaan hy na die Hoër Landbouskool Tweespruit waar hy sy matriek in 1972 maak.

As jong kind was hy ’n redelik onsosiale mens, maar later het hy dit ontgroei en op hoërskool selfs rugby gespeel. In matriek was hy dux-leerling, maar het geen begeerte gehad om hom in die akademie te vestig nie.

Alexander vertel (Volksblad, 15 April 2016) meer oor sy twee jaar aan die Hoër Landbouskool Tweespruit: "As ek aan Tweespruit terugdink, is daar verskeie dinge wat by my opkom. Tog staan sekeres uit. Een hiervan is natuurlik ontgroening. In daardie jare is dit openlik toegepas, met die owerhede deeglik bewus van wat aan die gang was.

"Boonop het dit ’n jaar lank geduur omdat jy ’n baas gekry het vir wie jy deur sy hele matriekjaar moes werk: Sy bed opmaak, die regte boeke in sy skooltas pak om voor die regte klaskamer in ’n netjiese ry te gaan neersit. Jy moes sy rugbytrui was, vir hom vrugte in die boord gaan steel, badwater intap as hy oor ’n naweek nie wil stort nie, en talle ander dinge vir hom doen. (...)

"Byname was natuurlik die ander ding wat Tweespruit uniek gemaak het. Elkeen het ’n bynaam gekry sodra hy by die skool aanmeld. Myne was Vlerk. Dit word deur die matrieks aan jou toegeken en vir die res van jou skoolloopbaan word jy op geen ander naam aangespreek nie.

"Dit word só by jou ingeprent dat jy jare later onwillekeurig sal omvlieg sou jy dié woord iewers hoor. Jou bynaam is gewoonlik bepaal deur die eerste gedagte wat deur jou naamgewer se kop flits sodra hy jou vir die eerste keer aanskou. Dikwels het jou naam gekom van die persoon waaraan jy hom herinner het, wat vóór jou op skool was. In so ’n geval was dit so bestem dat jy dié naam sou kry. (...)

"’n Ander ding wat ek onthou, is dat nie die onderwysers nie, maar die betrokke jaar se matriekklas eintlik die hele skool bestuur het. Hulle was verantwoordelik dat die 'orde', wat natuurlik nie vir hulle gegeld het nie, gehandhaaf word. Nadat die stiltetydklok saans gelui het, mog jy nie eens fluister in jou kamer nie. Behalwe natuurlik die matrieks wat kon jolyt hou en lawaai tot so laat hulle wou.

"Die lang treinrit skool toe sal my ook altyd bybly. Ek was van Natal af en dit was ’n hele dagreis skool toe. By Bethlehem het ’n hele gros Lanties gewoonlik saam opgeklim. As jy skiewie was, moes jy die trein teen die opdraandes help uitstoot. Hierdie gestoot het in die treingang plaasgevind. Daar was ’n blink staaf aan die binnekant van die gang teen die vensters. Die skiewies, almal wakkergemaak, het dan aan die staaf vasgegryp en kreunend en beurend 'Ben Wieletjies' (die trein) teen die opdraande 'uitgestoot'.

"Partykeer het die skoolbus ons op die stasie kom haal, ander kere het hy net nie opgedaag nie. Dan was ons op onsself aangewese. Dit was jou eie saak hoe jy by die skool uitkom. Dapper en stapper. Ons het die kilometers 03:00 met al ons bagasie deur die los sand te voet aangedurf.

"'Basies' in die weermag was 'ligte vrugte' nadat jy Tweespruit aan die lyf meegemaak het."

Om te skryf, was iets waarvan hy in sy wildste drome nooit aan gedink het nie. Hy was wel baie lief vir lees, veral Elmar Steyn se verhale wat in die Ou-Kaap afgespeel het. Hy het nooit gelees toe hy jonger was nie, omdat daar nie boeke in hulle huis was nie.

Verdere studie en werk

Na matriek verrig Alexander sy militêre diensplig as ’n recce en gaan daarna na die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein waar hy hom inskryf vir die BA-graad met Afrikaans-Nederlands, Zoeloe en Suid-Sotho as hoofvakke. Hy behaal hierdie graad in 1977, sy honneursgraad in Bantoetale, ook aan die UOVS, in 1979 en so ook sy MA. Sy skripsie was getiteld “Karakterisering in JM Ngcobo se ‘Qhude Manikikiki’”. In 1988 verwerf hy sy DLitt aan die Universiteit van Pretoria met “‘Uthingo lwenkosazana’ van DBZ Ntuli: ’n narratologiese ondersoek”.

Hy word in 1978 aangestel as dosent aan die UOVS se Departement van Bantoetale – ’n pos wat hy vir sewe jaar beklee. In 1985 word hy senior lektor in Afrikatale by Unisa tot einde 1988. Hy gaan toer vir drie maande alleen deur Europa. Met sy terugkeer is hy lektor by die Universiteit van Vista aan die Oos-Rand tot Julie 1993. Vanaf 1994 is hy werksaam by die Universiteit van Zoeloeland se Departement Afrikaans en vanaf 1995 as senior lektor. Hy tree as professor af.

Aanvanklik was sy enigste roeping om boer te word, vertel hy aan Susan Coetzer in Rooi Rose van Maart 2001. Maar toe neem hy Afrikaans as byvak op Bloemfontein, ontmoet Etienne Leroux en word na ’n letterkundekonferensie by Koffiefontein genooi. “Ek het nie gedink ek het iets te sê nie, maar toe ontdek ek ek hét. Die naweek by Koffiefontein was soos ’n tuiskoms. Ek het begin skryf.”

Hy publiseer enkele joernalistieke stukke en ontvang die PICA-toekenning vir ’n artikel oor ’n herbesoek aan die Caprivi. In 2002 skryf hy ’n artikel in Insig oor die Suid-Afrikaanse militêre operasies in Angola, wat aan hom ’n Mondi-benoeming vir die beste artikel besorg. Hy hou hom ook besig met industriële teater wat hy deur middel van die inheemse tale aanbied en is ook betrokke by die aanbied van slypskole vir aspirantskrywers.

Hy was ’n aktiewe lid van die Afrikaanse Skrywersgilde tydens sy bestaansjare en was ook vir twee jaar voorsitter. Hy is ook lid van die Afrikatalevereniging van Suider-Afrika. Vanaf 1996 is hy voltyds skrywer.

Alexander begin in 1979 kortverhale skryf en publiseer enkeles in Tydskrif vir Letterkunde. Die verhaal “Huldeblyk”, wat later “Koebaai” sou word, vorm die basis waarop hy sy debuutbundel kortverhale bou wat in 1984 verskyn onder die titel ’n Wêreld sonder grense. Volksblad berig op 20 Augustus 1984 dat die geweld rondom oorlog nog nooit vantevore op so ’n genadelose en brutale wyse in die Afrikaanse letterkunde vertel is soos in ’n Wêreld sonder grense nie.

Hy vertel aan Volksblad: "Ek was op ’n landsdienskamp waar al die kampeerders gekla het oor die massa wat hulle moes dra en al wat klippie is van die grond verwyder het voordat hulle hul slaapsakke saans oopgegooi het. As soldaat het ek dikwels my eie liggaamsmassa kilometers ver moes dra en sou ek snags in ’n bos of struik met my 'kit' nog op my rug neersak en slaap. Toe besef ek ek het ’n storie om te vertel. En ek was moeg vir geweld.” Hy het drie jaar lank aan die bundel gewerk.

Die bundel word met die Eugène Marais-prys vir 1985 bekroon, asook met die FAK-prys vir ontspanningsleesstof vir 1985. Dit word voorgeskryf vir studente in hul derde jaar en vir honneurskursusse aan die meeste universiteite. Dit is in Engels en in Nederlands vertaal. Hy vertel aan Marguerite Robinson (Beeld, 8 Mei 1985): "Die sukses van die verhale kan toegeskryf word aan die feit dat grensliteratuur ’n nuwe ding is. Mense stel belang daarin. Ek het dit as ’n tema gekies omdat ek verslag wou doen oor ’n wêreld waarvan ek weet, ’n wêreld waarvan min mense weet.” Hy het sy diensplig in ’n spesiale eenheid van die weermag gedoen, wat dalk selfs vir die gewone dienspligtige geheimenisse inhou. Met hierdie bundel hef hy sowel stoflike as geestelike grense op.

’n Wêreld sonder grense is in 1987 verfilm met Frans Nel as regisseur. Die film, en dus ook die boek, word deur Marcel van Heerden as “anti-oorlog” bestempel – in so ’n mate dat die weermag niks met die film te doen wou gehad het nie, behalwe om aanwysings aan die draaiboek voor te stel wat toe nie aangebring is nie. Alexander het self die draaiboek geskryf, wat dit sy eerste ondervinding van die rolprentwêreld gemaak het. Scot Scott speel die rol van die verteller, wat ook die hoofkarakter in die boek is. Marcel van Heerden is Jock en ander bekendes sluit Brümilda van Rensburg, Danny Keogh en Klaas de Boer in.

In 2002 is ’n Wêreld sonder grense­ deur Rolf Wolfswinkel in Nederlands vertaal. In hierdie vertaling is die oorspronklike Afrikaanse teks op liggrys papier en die vertaling op wit papier bladsy vir bladsy langs mekaar gedruk. Dit is deur die Nederlandse uitgewer In de Knipscheer gepubliseer.

Wolfswinkel het gesê hulle kon die boek so uitgee omdat die oorspronklike bundel nie baie dik was nie. Daar word met dié poging probeer om beide Nederlands en Afrikaans meer toeganklik vir die sprekers en lesers van die twee tale te maak.

Wolfswinkel sê aan Francois Smith (Die Burger, 2 September 2002): "Daar bestaan nie so 'n soort teks in Nederlands nie. Daar is ooreenkomste met WF Hermans, maar Strachan gaan verder as Hermans. Dit is nie ’n moeilike teks nie, maar die werklikheid agter Strachan se woorde is so onbegrypbaar."

Wolfswinkel, 'n dosent aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Afrikaans en Neerlandistiek, wou so getrou moontlik aan Strachan se "eienaardige wêreld" bly, maar moes tog ter wille van duidelikheid van die weermagtaal verander. "Black is beautiful" het "blanco" geword, en "gatvol" het hy met die ewe enigmatiese "bale" vertaal, skryf Smith.

Tydens die Wits-beraad in 1985 praat Alexander oor sy en werke en dié van ander van sy tydgenote, soos Etienne van Heerden, Louis Krüger en Koos Prinsloo. Hy noem dit tydsdokumente. “Die jong Afrikaanse skrywer skryf nie betrokke in die jare tagtig nie, [...] want vandag se skrywers se situasie het drasties verander. Hy beleef sy wêreld aan sy lyf en die beste resente werke het die grens as tema. Ons skryf nie meer oor nie, maar vanuit ’n situasie. Afrika was destyds die enigste realiteit."

Op ’n vraag of die term grensliteratuur nie verarmend van aard is nie, antwoord hy: "Grense hoef nie net fisieke grense te wees nie, maar ook emosionele grense. Dit is in elk geval vir my blote dokumentering."

Alexander se eerste roman, Die jakkalsjagter, verskyn in 1990 en selfs voor die publikasie word dit bekroon met die De Kat/Antenne-romanwedstryd se eerste prys. Hy erken teenoor Adèle Hamblin: "Elkeen van my skeppinge is vir my ’n dramatiese belewenis is: ek werk en werk daaraan, verander iets hier, iets daar, rond dit honderd keer af ... En uiteindelik, ’n boek."

Hamblin vertel in Rapport van 9 Desember 1990: "Alexander stel homself herkenbaar bloot in Die jakkalsjagter. Die eensaamheid waarmee hy altyd geworstel het, het hy nou vir homself in Die jakkalsjagter wat eers Toe ek eensaam was sou heet, uitgemaak."

Hierop reageer hy: “Ek hoef nie meer mense se geselskap te hê om my gelukkig te maak nie. In die ou dae kon ek nie alleen wees nie. Ek het mense gemis en die oomblik dat hulle by my huis aankom, wou ek weer hê hulle moet loop.”

In Die Burger van 13 Desember 1990 beskryf Gunther Pakendorf Die jakkalsjagter as ’n sterk en boeiende roman. “As verwerking van die manlike psige in ’n patriargale bestel en die geweld, verbrokkeling en ongevoeligheid wat daaruit voortspruit, is dit sonder twyfel ’n belangrike toevoeging tot die eietydse Afrikaanse prosa.” Volgens hom toon dit heelwat ooreenkomste met ’n Wêreld sonder grense.

In sy resensie in Die Burger van 29 Oktober 1990 skryf JC Kannemeyer: "Dit is ’n roman wat groot eise stel, maar wat die leser in sy speurende verkenning ryklik en opwindend sal beloon. Daarby is dit bloot as verslag van ’n hele lewe ’n fassinerende stuk leesstof."

Met sy volgende roman, Die werfbobbejaan, wat in 1994 verskyn, verwerf Alexander die WA Hofmeyr-prys vir 1995 en ook die tweede prys in die De Kat/Sanlam Romanwedstryd in 1993. In ’n onderhoud met Rachelle Greeff in De Kat van Junie 1994 sê Alexander dat hy na hierdie roman vir eers klaar is met die metafiksionele ding. “My drie boeke vorm ’n trilogie: baie van die drade wat al in ’n Wêreld sonder grense begin het, word in Werfbobbejaan saamgevat. Die mite van die swerwer is vir eers vir my verby.”

Volgens Rachelle het sy die boek baie boeiend gevind, veral omdat die vroulike hoofkarakter, Khera, verbeeld word deur een van die skrywers wat beskou kan word as die mees macho in Afrikaans. En ook omdat Alexander daarin geslaag het om ’n gedeelte van Zoeloeland op ’n meesterlike wyse uit te beeld. Die Zoeloe-volksverhaal vorm ook ’n onlosmaaklike deel van die res van die teks. “Geen ander Afrikaanse skrywer het tot dusver Afrika se folklore so behendig in die Westerse konstruk van die Afrikaanse literêre tradisie vervleg nie.”

LS Venter skryf in Beeld van 19 September 1994: "Strachan is hier weer meester van die dramatiese verhaal, die skepper sonder weerga van ’n gelaaide, dreigende atmosfeer."

JP Smuts lewer die commendatio tydens die oorhandiging van die WA Hofmeyr-prys aan Alexander. Hy sê onder andere: "Die werfbobbejaan beïndruk deur die hegte konstruksie daarvan, die groot sorg waarmee dit geskryf en afgewerk is en die deeglike vakmanskap van die skrywer. Keer op keer in hierdie teks wys Strachan dat hy ’n verfynde woordgebruiker en ’n uitmuntende verteller en beskrywer is. Die beeld wat hy van die Zululandse subtropiese wêreld opbou, is indrukwekkend, en die sensitiewe wisselwerking tussen personasies word dikwels knap gehanteer en toon die waarmerk van ’n werklike goeie skrywer."

Alexander se volgende boek was veronderstel om ’n roman te wees, “maar dit wou nie werk nie,” vertel hy aan Lerinda Steyn. “Eers toe ek besluit om eerder ’n bundel aaneengeskakelde kortverhale daarvan te maak, het die teks in posisie geval. Ses weke later was die manuskrip klaar.” Die titel van die bundel is Agter die suikergordyn en hierin word ’n "paradysagtige suikerrietwêreld uitgebeeld waar die mense deur pure verveling tot seksuele dekadensie gedryf word".

LS Venter (Beeld, 16 Februarie 1998) skryf: "Die konklusie van die bundel is dat daar agter skanse van onverstoorbaarheid en onaangeraaktheid geskryf is. Dit is vir my ’n teleurstellende bundel, maar dit moet dalk gelees word as ’n verposing, ’n moment van konsolidering."

Vir JC Kannemeyer is Agter die suikergordyn ’n "oper teks wat vir baie lesers meer toeganklik sal wees. Daarby beïndruk Strachan met sy raak woordkeuse en die natuurlike prosa wat hy skryf. Dit is ’n enigsins ander Strachan wat hier aan die woord kom."

Tydens die KKNK in 2000 word Alexander se drama Hartebees opgevoer met Perle van Schalkwyk in die hoofrol as die ontkleedansers Gigi (Perle is ook ’n ontkleedanseres van beroep). Die stuk het uiteenlopende resensies gekry en in 2003 word dit deur Protea Boekhuis gepubliseer as Kloof. Daar is egter heelwat aan die teks verander en nie net is die aantal karakters verminder nie, maar ook van hulle name is verander. Eben Cruywagen (Die Burger, 29 Desember 2003) beskryf dit as ’n meesleurende teks wat teaterliefhebbers ’n teaterervaring soos min behoort te besorg.

Oor Alexander se eerste gepubliseerde drama skryf Johan Coetser in Beeld van 15 Desember 2003: "Die handeling speel op 'n jagplaas af waar ’n jonggetroude regter (Jurgens, 58) en sy aantreklike vrou, Riana (31), gaste van die eienaar Emma, en haar man, Henning, is. Sake begin verkeerd loop wanneer die karakter Bullet vir Riana as 'n ontkleedanseres herken en sy later voor hom en Henning 'n vertoning lewer.

"Teen dié agtergrond vertoon die 'jag'-motief twee variasies. Daar is eerstens Jurgens se jag van ’n rooihartbees. Die tweede hou met die verwerkliking van die metafoor van die man as 'jagter' van vroue verband, en met die dekonstruksie van manlike, chauvinistiese mag. Hierdie dramateks kan gevolglik ook teen ’n postkoloniale agtergrond gelees word. In albei gevalle bied Riana se optrede sleutels vir interpretasie.

"Benewens die seksuele konnotasies wat toeskouers aan die bokhorings en gewere kan heg, blyk dit uit die dialoog dat Jurgens seksueel impotent en ’n voyeur is wat vroeër Riana se ontkleevertonings gereeld besoek het. Uit die situasie bevry Riana haar simbolies wanneer sy die horings van Jurgens se trofeebok in die slottoneel stukkend skiet. Inderdaad keer sy die situasie om deur Jurgens as ’n onetiese en immorele karakter te ontbloot. Nie verniet nie sê sy: 'Onthou, ék is nooit kaal nie. My werk is om ander kaal te maak.'

"Onder meer die geroep van jakkalse lê in die byklanke ’n ruimtelike verband met die kloof as verlore paradys en intertekstueel met die dramaturg se prosawerke. Teen dié agtergrond groei veral Jurgens en Riana tot ’n gekorrupteerde Adam en Eva, en Bullet tot die slang. Daarby sluit ’n aantal verdubbelings aan.

"In sommige gevalle dui karaktername die verdubbeling van personasies en hul agtergronde aan, soos met Riana/Ria Fyndraai of met Emma/Emmarentia. In ander gevalle verdubbel karakterpare (Jurgens/Riana, Henning/Emma en Bullet/Emma). In ’n derde vorm hunker karakters na ’n tyd en plek waar hulle vroeër gelukkig was. Vir Riana is dit haar vorige bestaan as ontkleedanseres en vir Jurgens sy trofeekamer met die dooie dierekoppe. (...)

"Die gebruik van stroboskopiese beligting, wind en tromme verhoog die dramatiese van die oomblik, simbolies ondersteun deur 'n dubbele algehele verdonkering van die verhoog.

"Kloof is ’n teks wat in gedrukte vorm en vanweë postmodernistiese trekke die potensiële gehoor nooi om verby die sensasie te lees wat die eerste opvoerings – op die KKNK in 2000 onder die titel Hartebees – gekenmerk het. Dit is ’n grondige herskrywing van Hartebees. Die regisseur en akteurs se grootste uitdaging sal wees om van Jurgens en Riana oortuigende verhoogpersonasies te maak. As dramaturg kon Bartho Smit dit doen deur ’n oënskynlike mal keiser kaal en in sy onderklere voor ’n juigende volk en huilende hofnar in die straat te laat afloop."

Alexander was ook deel van SABC2 se projek Vierspel 2, en sy riller Sjampanje vir Vrydagaand is in April 1996 gebeeldsend met André Jacobs en Michelle Botes in die hoofrolle. Antoinette Wilkinson was die regisseur.

Alexander is gelukkig: wanneer hy moeg raak vir mense het hy altyd sy plase waarnatoe hy kan wegloop. Eers was dit Moyeni (“plek van die wind”) in Ladysmith se distrik en later Isomphemba (Zoeloe vir “jakkalsoog”) naby Johannesburg in Heidelberg se geweste. Tans woon hy in Harrismith nadat hy en sy broer Johannes sy oupa se familieplaas teruggekoop het. Hier boer hy met vleisbeeste en is hy besig om die murasies skoon te maak en te herstel.

Hy bieg teenoor Johann Lodewyk Marais op LitNet dat die eiesoortige sandboustyl van Harrismith en omgewing vir hom ’n groot bekoring inhou. “As ek op die plaas tussen die sandsteenkoppe rondry, voel dit dat tyd hier gaan stilstaan het en die verlede en hede ineenvloei. Jy kry die gevoel dat dit is soos dit eeue was. Niks het hier verander nie. [...] [D]ie plaas inspireer my. Elke boerdery, hoe klein ook al, het sy eie bekommernisse en jy probeer maar gedurig jou skades beperk. My aandag is dus nie altyd by die skryfwerk nie; dis ’n luukse wat behoort aan skrywers wat voltyds voor die rekenaar kan sit. Maar ek kry stof uit elke dag se gebeure en as ’n skrywer met min verbeelding, put ek hieruit. So iewers in my skryfwerk sal Oude Hamelberg ook deurskemer.”

Alhoewel hy as kind voëltjies geskiet het, laat hy nie jag op sy plaas toe nie. Die wild was nog altyd op sy plase om in nette gevang te word en aan ander wildplase te verkoop.

Hy praat nie graag oor die feit dat hy as vrouejagter bekendstaan nie, al vra die meeste onderhoudvoerders hom daaroor uit. Hy sê hy is nie; gewis nie. “Jare gelede was ek byna drie jaar lank getroud. Maar dis lank terug; ek kan nie meer onthou nie.” Aan Lerinda Steyn erken hy dat hy liewer oor die ander liefdes in sy lewe gesels, soos diepseehengel, KwaZulu-Natal en sy diere, veral sy windhonde.

Alexander weet hy het ’n image. Mense sien hom as ons eie Hemingway. Baie mense dink ook dat hy as skrywer Etienne Leroux probeer navolg met die dra van net swart en wit klere. Hieroor sê hy aan Rachelle Greeff op LitNet dat daar wel sekere fasette van sy lewe kan wees wat met Hemingway s'n vergelyk kan word, soos die soldaat, die jagter en die skrywer van gestroopte prosa. Dan dra hy ook net swart en wit klere nadat hy in 1988, toe hy aan depressie gely het, nie kleure van mekaar kon onderskei nie. Hy erken teenoor Greeff: "’n Deel van my is ’n totale alleenloper. Mens is nie net een mens nie.”

In 1994 vertel hy aan Rachelle Greeff dat sy skryftyd vroeg soggens is. Hy staan sesuur op en gaan sit dan tot so twaalfuur en werk. Afwisseling is die belangrikste in ’n dag van skryf. “Hier na twaalf moet ek eers iets anders doen, iets fisieks. Soos hardloop. Dan kom daar ’n afstand sodat ek ’n oordeel kan vel. Nou eers kan ek weer vir so twee ure kom sit. [...] Jy moet jouself merendeels dwing om te gaan sit en skryf, dan kom jy in die stemming. Ek sal enige plek kan skryf. Dit raak luuks as jy sê jy het die see in die agtergrond nodig, of spesifieke musiek. Sommige mense oorbeklemtoon dit.”

In 2010 verskyn Zander se volgende roman, onder die titel Dwaalpoort. Oor die lang letterkundige stilswye tussen Kloof en Dwaalpoort vertel hy dat hy vyf jaar aan die roman gewerk het.

Die verhaal speel af op Dwaalpoort, die familieplaas wat ’n paradys vir jagters is en iewers op die grens tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat geleë is. In By van 25 September 2010 vertel Willemien Brümmer dat die plaas die verlede van Suid-Afrika verteenwoordig. "Die plaas is ook ’n mitiese ruimte, met sy wit hartbees, Mhlope, hoeder van reg en geregtigheid.

"Wanneer ’n gesiene regter, Jurgens, en sy jong vrou, Anne, na die plaas kom om ’n rooihartebees te skiet, word die plaas, sy inwoners en sy geskiedenis gedekonstrueer. (...) Bekende Strachan-motiewe maak weer hul opwagting: karakters wat vanuit sy hele oeuvre met mekaar praat, die jagter wat ook prooi is, die ontluistering van manlike chauvinistiese mag. Hier gaan die bowenal oor die ondergang van ’n bestaande orde. Die teks word ’n grieselrig-erotiese dodedans waarin die karakters op ’n onafwendbare apokalips afstuur."

Die drama Kloof het gelei tot die storie van Dwaalpoort, vertel hy aan Willemien Brümmer. "Ek was ontevrede met die drama as medium. Daar's te veel mense betrokke. Dis die regisseur, die akteurs, die klankman, die saal ... dis later nie jou teks nie. ’n Romanskrywer of ’n prosakrywer is altyd ’n individualis. Die roman is egter nie ’n verwerking van vorige tekste nie.

"Die roman is heeltemal iets anders. Die beste om dit mee te vergelyk is PG du Plessis se Feast of the uninvited wat Katinka Heyns verfilm het, en toe gaan skryf hy die roman. Syne is baie nader aan mekaar as myne, maar hy beskou dit as twee onafhanklike entiteite wat f*kk*l met mekaar te doen het."

Dwaalpoort is heelwat langer as sy vorige twee romans, Die jakkalsjagter en Die werfbobbejaan. Hy verduidelik aan Brümmer: "Ek het gevoel ek skuld dit vir myself om te bewys ek kan ’n langer roman skryf. In ’n mate het ek gevoel ek het darem ’n paar lesers. Selfs Alexander Strachan het ’n paar lesers; ek het hulle iets geskuld."

Alexander het teenoor Brümmer gesê dat hy dink die boek is "f*kk*n briljant" en sy beste werk tot op hede. "Dis ambisieuser en meer geskakeerd as Die jakkalsjagter en Die werfbobbejaan saam."

Op ’n vraag van Brümmer of die roman doelbewus polities was, antwoord hy: "As jy terugkyk daarna, ja, maar ek het nie doelbewus probeer polities of betrokke of avant garde skryf nie. Ek het ’n storie vertel, maar ek kan daai element nie negeer nie. Dit gaan oor plaasonteiening, oor grondhervorming, oordrag van eienaarskap, klaarmaak van ’n bestel. Mine Own (die township oorkant die distrikspad) neem die plaas oor. Mine Own is die toekoms, Dwaalpoort is die verlede.

"Dis ’n aktuele boek, maar ’n skrywer moet nooit maak asof dit die antwoord of die oplossing is nie. Op die ou einde is dit ’n postmodernistiese plaasroman. Dit is ’n apokaliptiese roman oor hoe mense op eindtye reageer."

Brümmer het ook vir Strachan gepols oor die muilbandwetgewing wat die ANC wil inbring: "Dit kan baie kreatiwiteit ontlont, want dan is die skrywers weer gevestig teenoor iets. Dan begin die skrywers as ’n groep skryf soos die Sestigers of in ’n mindere mate die Tagtigers wat nie regtig ’n groep of ’n eenheid van protes gevorm het soos die Sestigers nie. Maar as die regering dit te ver dryf en aanhou ernstig wees met hulle k*k, gaan hulle k*k van die skrywers kry.”

Net soos met sy ander boeke is die volksverhaal van die Zoeloe ook in Dwaalpoort ’n integrale deel van die verhaal, maar hier was hy self die skepper van die mite: "Ek wou nie die folklore gaan herhaal wat ander mense klaar vertel het nie. Op ’n manier is ek ook die skepper van folklore. Ek het die hartebees gekies want niemand vind hom romanties nie. Ek hou van die underdog. Baie skrywers gebruik folklore, maar dan skryf hulle net die storie oor, soos André P Brink in Bidsprinkaan, wat ek beskou as sy beste boek. En Duiwelskloof, wat my gunstelingboek is. Maar daar het André die fout gemaak. Hy kon net sowel sy eie folklore geskep het en aanvertel het. Hou aan vertel, las by, lieg saam.”

Cilliers van den Berg (Volksblad, 4 Desember 2010) skryf oor Dwaalpoort: "Tipiese kenmerke uit Strachan se oeuvre is ook duidelik in die teks aanwesig waarvan die ooglopendste sekerlik die onderbou van die sterk manlike diskoers is: die jagmotief, die personasie van die oudsoldaat, die relasie tussen man en vrou. Op sy beurt kry die diskoers bykans ’n mitiese betekenis uit eie reg binne Strachan se oeuvre en die vraag is of dit hier nog oortuigend, of nie dalk tog soms enigsins geforseerd, die leser aangebied word nie. Aan die ander kant is van die jagtonele, veral die beskrywings van die dood van die bokke, werklik indrukwekkend. As roman kom die teks, veral weens die verskillende aspekte wat betrek word, vergestalt in die verskillende ruimtes wat hierbo aangedui is, tog enigsins onaf voor. Want nie net word tematies in veelvoud gewerk nie, ook die narratologiese strategie van afwisselende ek-vertellers wat Strachan gebruik, benodig ’n baie duidelike, integrerende afwerking wat verder as net die styl-kosmetiese gaan.

"Steeds is Dwaalpoort ’n beduidende roman en veral ’n sterk bydrae tot die genre van die plaasroman, wat so ’n belangrike rol in die Afrikaanse letterkunde speel. Dus word die teks ook ’n literêre ruimte waar op post-modernistiese wyse in gesprek getree kan word met hierdie tradisie in Afrikaans. Dit is waarskynlik dan ook die intrigerendste aspek van Strachan se roman."

Louise Viljoen het Dwaalpoort in Die Burger van 15 November 2010 bespreek: "Die slot is rokerig en apoka­lipties. Veldbrande kruip oor die plaas en die finale konfrontasie ­tussen man en dier vind plaas in ’n afgebrande stuk veld met ’n ­­spesi­fieke groepie omstanders wat ­toekyk. Die laaste hoofstuk van die ­roman word, soos die eerste, vertel uit die gesigspunt van die hartbeesram Mhlope wat die ­vernietiging van Dwaalpoort ­bekyk uit ’n bykans bo-tydelike perspektief.

"In ’n sekere sin is die slot van die roman ’n herhaling van wat met die plaas gebeur het in die Anglo-Boere­oorlog (ABO), sodat dit ­duidelik word waarom die verhaal van ­Rentia se voorouer Henriëtte uit die ABO ingeweef word.

"Dit gaan dus in hierdie roman oor universele kwessies (die ­dier­likheid van die mens, die menslikheid van die dier, arge­tipiese manlikhede en vroulik­hede, seksualiteit, oorlewings­vermoë en sterflikheid) wat binne ’n aktuele ­­kon­teks geplaas word. Deel daarvan is vraagstukke soos gekommersialiseerde jag­togte, grond­hervorming, die oorwoekering van landelike ­ge­biede deur dorps­ont­wikke­lings en die vernietiging van ’n ouer ­bestel.

"Deur die dominante rol wat die hartbees Mhlope in die slot speel, suggereer die roman dat dié ver­anderinge deel is van ’n onvermydelike natuurkrag wat ­onbewoë sy gang gaan terwyl ­geslagte uitsterf en politieke ­stelsels mekaar vervang.

"Strachan se vakmanskap is ­duide­lik. Hy is behendig met die skep van ’n web van kruisver­wysings in die roman en die lê van leidrade wat deur die leser ­­ont­rafel kan word. Die simboliek word meestal subtiel gehanteer en is slegs in enkele gevalle oordrewe.

"Die prosa is hier minder ­gestroop as vantevore. Karakters soos ­Bullet en Anne word lewendig herskep deur die spreektaal van hul eie­ ­vertellings. Die beskrywings van die jag- en vegtonele is vol ­besonderhede soos in ou jagver­hale; dié van die sekstonele suggestie­ryk en ­poëties. In die ­geheel beskou is die roman toegankliker as sy ­vorige werk waarin ook oor die skryfproses ­besin is.

"Lesers wat Strachan se werk ken en volg, sal dit met ’n gevoel van her­kenning eerder as verrassing lees. Diegene wat die eerste keer met sy werk kennis maak, sal die genot hê om ’n goedgemaakte en ­onderhoudende roman met ­verskil­lende betekenislae te lees."

Dwaalpoort is in 2011 met die WA Hofmeyr-prys bekroon en was ook die bronswenner van die Sanlam Groot Roman-wedstryd in 2010.

Willemien Brümmer het ook in haar onderhoud met hom die onderwerp van Bullet, ’n macho oudsoldaat in Dwaalpoort, aangeraak. Bullet is soos so baie van sy vorige karakters ’n swerwer en wildvanger. Hieroor sê Alexander: "Ek het altyd hierdie macho-karakter gehad in al my werke. Dis nie vir my ’n issue om ’n macho-werk te skryf nie. Dit was in ’n stadium mode as jy ’n baie slim manlike man is om in ’n klein Beetle rond te ry en ’n oorringetjie te dra. Ek het nooit daai k*k in my lewe gehad nie. Goddank nie, ek ís die jakkalsjagter. Daai Bullet-karakter se manlikheid baseer ek waarskynlik op hoe ek was in my lewe. Ek kan hom nie meer nastreef nie. Hy’t my ontgroei, hy’t meer as ek geword. Hy’s groter as ek, ek’s kleiner as hy.

“’n Mens word mak gemaak deur die ouderdom. Jy kan nie meer dinge doen wat jy tóé kon doen nie. Omdat ek daai Bullet-karakter was, het ek as weermagsoldaat my eie gewig gedra in operasies. Ek moes albei my heupe vervang as gevolg van daai kit; dit was te f*kk*n swaar – niemand kon dit dra nie. As jy 36 is en jy lyk pragtig en jy moet daai kit uittrek, dan knak die liggaam, maar die gees gaan aan. Maar ek droom glad nie meer daaroor om dit te wees nie, want ek wás dit. Partykeer is ek selfs verleë daaroor.”

In 2015 verskyn Strachan se volgende roman, Brandwaterkom. In hierdie roman skuif die Anglo-Boereoorlog en die grensoorlog in Angola oor mekaar.

Strachan vertel vir Willem de Vries (Die Burger, 3 Augustus 2015) wat vir hom die belangrikste in hierdie verhaal is: "Voorop in Brandwaterkom staan die kwessie van verraad," sê Strachan. "En dan praat ek van verraad op meer as een vlak: die werkplek, die sakewêreld en die huwelik. Niks onder die son is nuut nie. Die struwelinge en kwessies van meer as ’n eeu gelede kom vandag nog in ons lewens voor. Minderhede teenoor meerderhede, vrou teenoor man, man teenoor man, magsbeheptheid, die rassekwessie, die met mag wat nie voor die ander wil swig nie, ontrouheid, ensovoorts."

Oor die naas mekaar stel van die Grensoorlog en die ABO sê Strachan aan De Vries dat dit nogal ’n groot uitdaging vir hom was. Hy was nie bewus van ander werke waarin dit al gedoen is nie. "Dit het baie konsentrasie en herskryf geverg om die twee temas naatloos oor mekaar te laat skuif. In welke mate ek dit reggekry het, sal die leser self oor moet oordeel."

Willem de Vries maak die stelling dat karakters "nomades" is wat uit die een boek na ’n volgende een beweeg. Hy beweer ook dat "elke boek deel van en ander aspekte van ’n langer verhaal belig". Hy sou dus weet hoe belangrik feite vir die verhaal was.

"Vir sommige skrywers is karakters nomadies, vir ander nie," is Alexander se antwoord op hierdie stelling. "Lesers hou nogal daarvan om ’n bekende figuur in ’n volgende boek raak te lees. Daar ontstaan dan dadelik ’n bepaalde verwagtingshorison van só ’n figuur en die boek word saamgelees met ander verhale van die skrywer. ’n Mens kan die leser natuurlik ook vervreem van ’n karakter deur hom/haar anders aan te bied as wat die leser verwag het.

"’n Terugkerende karakter kan ’n tema of simbool word. Soos Bullet in my werk wat vir baie lesers die ongeslypte kant van die skrywer verteenwoordig. Sommige lesers identifiseer met só ’n karakter. Die skrywer moet daarop bedag wees om die leser nie te veel van een karakter te voer nie, want dan kan verveling intree."

Brandwaterkom het in 2015 weggestap met die derde prys in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Die beoordelaars (Kerneels Breytenbach, Michiel Heyns en Heilna du Plooy) het in hulle commendatio geskryf dat hierdie roman ’n getuigskrif is van deeglike en uitgebreide navorsing na die Boereverraaiers of die Joiners, nog altyd ’n boeiende aspek van die Boereoorlog.

"Dit is ook ’n ondersoek na die ontwykende aard van die verlede, en van die motiverings rondom verraad. Die skryfwerk is besonder oortuigend danksy die moeitelose manier waarop historiese feite en die fisiese konteks van die verhaal geïntegreer is. Op ’n tegniese vlak toon die vertelling die stempel van ’n gesoute outeur in die spel van kontraste en ooreenkomste en die wisselende vertelritme wat die twee historiese tydvakke in die roman van mekaar help onderskei. Die beskaafde Britse sfeer waarin baie Vrystaatse professionele lui hulle voor, tydens en ná die ABO ondervind het, word knap vasgevang.

"Brandwaterkom is sowel bloedstollende oorlogsverhaal as diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan." (LitNet)

Brandwaterkom was ook die wenner van die kykNET-Rapport-fiksieprys in 2016. Nadat die prys aan hom toegeken is, het Alexander aan Rapport (25 September 2016) vertel dat hy eers oor ’n onbekende gebied (vir hom) soos die Karoo wou skryf, maar dan sou hy vir ’n ruk daar moes gaan woon om die "gees van die plek" raak te vat. Hy het dus nader aan die huis gekyk en dit was toe dat hy op Brandwaterkom in die Oos-Vrystaat naby hom besluit het. "Ek sou dit gereeld kon besoek en beleef. Ek het ook nog nie daardie deel van die ABO-geskiedenis regtig geken nie en was dus heel verras toe ek Fanie Vilonel tussen die ou geskrifte en mondelinge oorlewering raakloop. Hy het toe ’n baie interessante karakter geword om mee te werk (teen die agtergrond van Marthinus Prinsloo se oorgawe), juis omdat hy as verraaier eintlik uit die geskiedenis geweer en vir die openbare oog weggesteek is."

Oor die skryfproses verduidelik Alexander aan Rapport dat hy ’n jaar lank basies net navorsing gedoen het deur te lees en inligting te versamel. En al is die verloop van die ABO in sy boek redelik akkuraat uitgebeeld, het hy met die uitbeelding van sy karakters sy verbeelding gebruik om hulle meer boeiend en interessant weer te gee. Selfs nadat die navorsing klaar gedoen was, het dit hom ’n verdere twee jaar geneem om die manuskrip te voltooi. "Soos altyd was dit maar ’n proses van herskryf en skaaf om ’n unieke teks te probeer lewer met sy eie eienskappe en aanslag."

In die commendatio vir die toekenning van die kykNET-Rapportprys vir 2016 was die beoordelaars (uit monde van Frederik de Jager) dit eens dat Brandwaterkom ’n hoogtepunt in Alexander Strachan se oeuvre is. Hy bring in hierdie roman nie net die ABO en Grensoorlog saam in een verband nie, "maar bring ook oorlogstemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping.

"Een van die dinge wat Strachan onderskei, is hoe hy sy medium – die roman – vervorm tot geskikte draer van wat hy wil sê. Hy gebruik een verteller uit die werklike geskiedenis saam met een wat suiwer fiktief is en nog een (of dalk twee) wat op geheimsinnige wyse in- en uitmekaar skuif. Hy bring ’n verteller (een met ’n geskrewe teks in sy sak) uit sy vorige roman by hierdie roman in – een wat ook met biografiese elemente van Strachan self oorvleuel.

"Hy laat ’n historiese persoon op ’n fiktiewe persoon influister oor haar werk oor ’n ander historiese persoon. Die wedersydse inspeel op mekaar van vertellers en verteldes gebeur dus op oormekaarliggende vlakke in historiese tyd.

"En wanneer dit gebeur in ’n konteks van verraad, wanneer vertellers beheer oor hul karakters verloor, en wanneer historiese relaas onbewustelik oorgaan in fiksie, staan geskiedskrywing self in nuwe lig gekaats en vra ons die vraag: Wat is geskiedenis?

"Vir die betowering van die raaiselagtige wat hy met soveel presisie, integriteit en gravitas uitgeskryf het, is hierdie skrywer vele male bekroon. Die noukeurigheid van sy skryfwerk, die selfvertroue van aanpak, die opwindende besinning oor die aard van sy medium, sy oortuigende karakters en sy vorentoe stuwende prosa ... dit alles maak van Strachan een van ons skerpste en subtielste skrywers en een wat, soos hier, ’n deksels vernuftig skrywer is. Een wat in elke opsig verdien om bekroon te word met die kykNET-Rapportprys vir 2016."

In Rapport van 28 Junie 2015 is Joan Hambidge baie beïndruk met Brandwaterkom. Sy beskou Strachan as ’n "fyn stilis en vernuftige skrywer". "Hy kan tekste konstrueer en oortuigend opbou. Sy tekste soos ’n Wêreld sonder grense is sowel ’n reeks kortverhale as ’n roman wat sleutels gee vir latere werk soos Die jakkalsjagter. Hy kan ’n los draad uit ’n vorige roman optel en verder voer.

"Min skrywers het al oorlogsgeweld so pakkend soos hy beskryf en sy jongste roman, Brandwaterkom, snoer twee moderne neigings saam: die Anglo-Boereoorlog (ABO) en die optekening van geskiedenis in ’n tyd waar 'slow violence' ’n nuwe modewoord geword het. Die roman roep ook Christoffel Coetzee se Wat het geword van generaal Mannetjie Mentz? op.

"Die ABO en die Grensoorlog is die twee asse van die roman met ’n skrywende, fiksionaliserende vrou wat ’n storie skryf oor kommandant Vilonel se dubieuse rol tydens die oorlog. Haar navorsing word ’n stuk historiografie, fantasie en daar is selfs momente van magiese realisme tydens ’n besoek aan Dwaalpoort. (...)

"Die ABO-wêreld en die terrein van die verraaier/joiner word onder die loep geneem. Die spanning tussen Boer en Brit, grappe, volkslegendes, die uitstal en opnoem van ou Afrikaanse idiome en die Jood op die dorp, word alles netjies verweef in ’n ryk tapisserie. Louis Botha, pres Steyn, Hertzog en vele ander, is karakters. Soms net in die verbygaan, ander kere sterk soos Buller en Cronjé. (...)

"Die reuk van die oorlog word konkreet beskryf. Redvers Buller word raak geteken met sy drang tot oorwinning en ’n vorige lewe van kaartspel, biljart en perde. Die roman neem ons terug na Ingrid Winterbach se Buller se plan en Strachan se beskrywing van dié figuur maak van hom ’n immer onthoubare karakter.

"Die oorlogspanning word nou verweef met ’n liefdesintrige (en ’n vloek wat uitgespreek word): Dit dryf die roman vorentoe met sy sterk en onheilspellende subteks. En die skrywer skryf op die man af sonder om banaal te raak. Dit maak Vilonel ook mensliker, omdat hy nie net prokureur of man van die wet is nie, maar ’n begeerte het tot liefde.

"Daar is momente wat ’n mens net nie kan vergeet nie: Tibbie Steyn wat haar man se beswete hemp vashou wanneer hy vertrek; Hans Dons de Lange se teregstelling; ’n swanger vrou wat vermoed haar man is ontrou. Die beskrywing van Cronjé as ’n knorrige ou bliksem is in die kol.

"Die roman bevat ’n uitgebreide bibliografie en erkennings. Dit getuig van enorme navorsing oor perde, die veld, klere, gewoontes, taalgebruik, drank. Die oorlog self. Oom Paul versus Milner. Die rol van ’n doomnis en prokureur in die dorp. Hoe mense se rolle hul lewenslot bepaal. En Catharina Venter wat die geskiedenis van ’n familie oordra, die ongeskryfde geskiedenis van skande wat oor ’n familie kom en die tragiese nadraai daarvan.

"Die troebel gemoed van Vilonel wat die hewige geweerskote uit Senekal hoor, bly in hierdie leser se herinnering draal. Net soos die slot waar die verraaier toekyk ...

"Dit is in ’n gestroopte, toeganklike styl geskryf met ’n roman wat swaar dra aan toespelings en verwysings oor sowel die geskiedenis as die skryfproses. Rudyard Kipling is natuurlik ook hier met ’n verwysing na 'The jacket'. Lees hierdie uitstekende roman."

In Brandwaterkom word die lewensverhaal van verskeie karakters uit die perspektiewe van verskillende persone vertel, skryf Dewald Koen (Volksblad, 13 Julie 2015). Esther van Emmenes, ’n navorsers aan ’n universiteit, gaan na Fouriesburg in die Vrystaat waar sy navorsing oor die ABO doen vir haar tesis. Sy ontmoet verskillende interessante persone gedurende hierdie tyd. Hieronder tel Bullet, "’n karakter wat talle ooreenkomste toon met ’n gelyknamige karakter in Strachan se Dwaalpoort. Bullet se verbintenis met die plaas Dwaalpoort en veral ook die withartbees, Mhlope, lei Esther op ’n senutergende speurtog wat geskiedkundige navorsing na allesbehalwe vervelig laat lyk. (...)

"Die tweede 'loop' van die 'dubbelloop-roman' handel oor Fanie Vilonel wat as regsgeleerde hoë aansien onder die plaaslike Vrystaatse gemeenskap geniet. Fanie is egter terdeë bewus van sy verpligtinge as Afrikanerman en voer ’n innerlike stryd om die regte besluite te neem. As kryger speel Vilonel ’n belangrike rol tydens die verskeie veldslae waaraan hy deelneem en wat deur onvoorsiene omstandighede tot ’n verrassende voorval aanleiding gee. (...)

"Strachan het op meesterlike wyse die geskiedkundige feite met fiksie verweef. Sy beskrywing van verskeie veldslae is treffend. Hy fokus veral op geskiedkundige figure, soos sir Redvers Buller wat op amper komiese wyse uitgebeeld word. (...) Strachan se skerp sin vir detail en fyn sintuiglike waarnemingsvermoë stel lesers in staat om die veldslae mee te maak asof hulle self daar teenwoordig was.

"Verwysings na die Grensoorlog kom ook in die roman aan die bod. Bullet se gesprekke met Van Emmenes beklemtoon die feit dat talle oudsoldate steeds nie hierdie traumatiese hoofstuk in hul lewe kan afsluit nie. Net soos Vilonel se karakter, moes Bullet ook traumatiese oomblikke tydens oorlogvoering beleef wat sy siening van die lewe drasties verander het.

"Volgens Bullet is Dwaalpoort 'die plek waar die twee oorloë bymekaar kom'. Dié aanhaling wek talle vrae rondom Bullet se obsessie met die plaas Dwaalpoort en watter betekenis Bullet se geheime vir Esther en Vilonel inhou.

"Vrae en antwoorde is deel van Strachan se literêre spel. Wat is feit en wat is fiksie? En wie vertel die verhaal? Watter vertelling is geloofwaardig? Die antwoorde op laasgenoemde vrae moet die leser maar self ontdek.

"Dit is juis Strachan se vernuftige verteltegniek wat Brandwaterkom van soortgelyke romans onderskei. Op kreatiewe wyse word die leser op ’n speurtog in die geskiedenis geneem wat ’n onverwagte draaipad neem."

In Taalgenoot (Somer 2016) skryf Natie Botes: "Na Brandwaterkom gelees is, kan jy nie help om te wonder oor die plek van standbeelde en heldeverering in moderne gemeenskappe nie. Is dit nie maar ’n gegewe feit dat die ware helde nooit erken word nie? Met groot sukses systap Strachan al die slaggate wat met ’n geskiedkundige verhaal kan opduik en laat hom selfs lei deur die magiese.

"Moontlik die grootste rede vir die sukses van Brandwaterkom is dat die skrywer indiepte navorsing gedoen het oor sy onderwerp. Dit was dus nie net ’n heerlike leeservaring nie, maar ook ’n opwindende stukkie geskiedenisklas."

Ook Louise Viljoen is beïndruk met Brandwaterkom. Op LitNet eindig sy haar LitNet Akademies-resensie-essay as volg: "Strachan keer met Brandwaterkom terug na vraagstukke in verband met die geskiedenis wat reeds die afgelope dertig, veertig jaar groot prominensie in die Afrikaanse letterkunde geniet, maar slaag tog daarin om ’n vars perspektief daarop te gee. Sy uitwys van die raakpunte én verskille tussen die Anglo-Boereoorlog en die Grensoorlog bring ’n nuwe invalshoek. Dit is veral die idee dat verskillende oorloë 'momente is van dieselfde verhaal' wat stof tot nadenke bied. ’n Mens sien uit daarna dat Strachan in sy verdere werk die raamwerk van die 'verhaal' waarin hierdie twee oorloë met mekaar verbind is, in groter besonderhede uitwerk nadat hy dit op so ’n evokatiewe wyse in Brandwaterkom gesuggereer het.

"Sy hantering van die skrywersfiguur wat tegelyk binne die teks is en dit van buite manipuleer, sluit aan by die metafiksionele strategieë wat tipies was van die postmodernistiese tekste van die 1980’s en 1990’s. Deur die verglyding van die karakter Bullet met die skrywer binne die teks en die werklike skrywer Strachan verkry die gegewe egter ’n bepaalde kompleksiteit en onmiddellikheid. Verder skep die lewendige rekonstruksie van die Anglo-Boereoorlog, die liriese evokasie van ruimtes soos die Brandwaterkom en Dwaalpoort en die geloofwaardige karaktertekening ’n roman wat die leser se aandag uit die staanspoor vasvang en deurgaans behou."

Alexander se boek oor die recce's, 1 Recce: die nag behoort aan ons, word in 2018 deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer.

In ’n onderhoud met Charles Smith (Netwerk24, 27 Oktober 2018) vertel Alexander dat twee voormalige lede van 1 Recce, Jakes Swart en André Bestbier, hom genader het met die idee om ’n boek oor 1 Recce te skryf. Daar was al publikasies oor 4 Recce en 5 Recce, maar daar het nog nooit iets verskyn oor die moedereenheid van die recce's, 1 Recce, nie.

"Sonder enige omhaal het hulle my toe ingelig dat hulle my gekies het om die geskiedenis van 1 Recce te skryf. Hulle sou nooit ’n buitestander – iemand wat nie deel van die spesiale magte was nie – vir die skryftaak oorweeg het nie," vertel Strachan aan Smith.

"My bewese skrywersrekord het sterk in my guns getel. Die kort en kragtige vergadering is verdaag en ek is verseker dat ek hul volmag het asook hulle ondersteuning vir die reël van onderhoude met voormalige operateurs en ander lede van die eenheid. Ek het die vryheid gehad om die inhoud van die boek te bepaal en te bepaal wat hulle later sou wou sien. Dit het vir my baie gewig gedra dat die besluitneming vir hierdie skryfprojek op generaalvlak geneem is."

Alexander het twee jaar aan die boek geskryf en die laaste paar maande voor voltooiing het hy 16 uur per dag gewerk. Frans van Dyk was van groot hulp met die reël van die meer as 50 onderhoude met recce-operateurs. Daar is seker gemaak van die betroubaarheid van al die materiaal wat gebruik is en sy uitgangspunt was om inligting by diegene te kry wat persoonlik in die kontak (vuurgeveg) was. Hy het ook nie van inligting wat op hoorsê-basis verkry is, gebruik gemaak nie. Vir hom was persoonlike onderhoude met die "manne op die grond" belangriker as operasionele verslae – hierdie verslae het dikwels foute bevat, het hy agtergekom.

Alexander was self van 1977 tot 1984 ’n lid van 1 Recce. Alles het by 1 Recce, die moedereenheid, begin waar voornemende lede by Durban Bluff moes aangemeld het vir keuring en verdere opleiding. Hy het nog altyd kontak met die instrukteurs Hennie Blaauw en Flip Marx wat hom gekeur het.

Hy vertel aan Smith: "Ek onthou magiese plekke soos Fort Doppies waar die atmosfeer en uitsig oor die Kwandorivier idillies was. Daar was baie reise na ver en onbekende plekke, groot vyandige aktiwiteit, vrees, sweet wat in jou oë inbrand, honger, dors en geweldig baie adrenalien wat jou dikwels lighoofdig gelaat het.

"Die eerste ding wat vir my uitstaan, is die hegte vriendskappe wat ek in my tyd in die eenheid gesmee het. Die Recce's vorm ’n baie hegte broederskap en dié kring kan nie deur buitestanders binnegedring word nie. Iemand het voorheen genoem dat na afloop van sy tyd in die Recce's die res van sy lewe maar redelik saai was. Daar was inderdaad groot opwinding, maar natuurlik ook groot swaarkry wat die onderlinge band tussen die Recce's net sterker gemaak het."

Alexander se kortverhaalbundel, ’n Wêreld sonder grense (1984), kan beskou word as een van die eerste fiksiewerke wat oor die Recce's geskryf is. "’n Wêreld sonder grense is so half in die geheim geskryf omdat alles (die inligting en die politieke klimaat) in daardie stadium nog uiters sensitief was. Derhalwe het ek die boek in fiksievorm aangebied. My benadering in die huidige boek (1 Recce) is meer in die ope hoewel ek steeds die spanningslyn van weleer in veral die hoofstukke in die vuurgevegte behou.

"Ek het probeer om die leser as ’t ware in die vliegtuig saam te neem, die valskermsprong saam met die operateur uit te voer en die gevoel te kry dat hy aan die ontplooiing op die grond deelneem. Sodoende het ek gereken kry die leser ’n baie nabye ervaring van hoe dit was om aan ’n geheime militêre operasie deel te neem."

In Rapport (6 Januarie 2019) skryf Abel Esterhuyse dat die literatuur oor die Grensoorlog aan die opbloei is. Daar is verskeie redes daarvoor en dit is veral geskrifte wat fokus op die spesiale magte, of die recce's soos hulle in Suid-Afrika bekendstaan, wat veral gewild is. Dit kan wees omdat hierdie stories die fondamente van ’n goeie storie bevat: avontuur, spanning, waagmoed, ongekende ontbering, geheimhouding en helde.

"As lekkerleesboek bevat 1 Recce inderdaad al dié elemente én dit vul ’n gaping in die Suid-Afrikaanse militêre geskiedskrywing deur die 'vorming en opbou' van 1 Verkenningsregiment as ’n onafhanklike operasionele eenheid binne die voormalige weermag te dokumenteer. (...)

"1 Recce vertel ’n interessante storie van historiese aard, maar steun nie op omvattende historiese navorsing nie en is ook nie ’n regimentele geskiedenis van 1 Verkenningskommando nie. Dit verander geensins die feit dat die boek ’n belangrike en boeiende bydrae lewer tot die dokumentering van die geskiedenis van die spesiale magte in Suid-Afrika nie. Dit is regtig uitstekend geskryf en besonder leesbaar. (...)

"Die boek bevat verskeie interessante anekdotes wat tot die algemene publiek sal spreek. (...) Maar bowenal is daar ’n verhaal van menslikheid en die soeke na sin, vrede en werklikheid in die boek opgesluit. Miskien is dit uiteindelik Strachan se grootste bydrae met 1 Recce: die nag behoort aan ons: dat oorlog ’n diep menslike werklikheid is in uitdaging, hantering en gevolge."

Willie Burger skryf in Vrouekeur van 5 Januarie 2019 dat die leser van 1 Recce nie ’n boek met presiese datums en "konseptualisering" moet verwag nie. Daar is ook nie eintlik sprake van versigtige argiefondersoek nie. Dit bestaan hoofsaaklik uit onderhoude met oudrecce’s en het dus ’n sterk anekdotiese inslag.

Burger sluit af: "Strachan maak op sy skryfvernuf staat om telkens die leser midde-in ’n gevegsituasie of gevaarlike operasie te plaas, wat later opgevolg word deur herinnerings en terugskoue wat nie vry te spreek is van romantisering nie. Uiteindelik is 1 Recce ’n lofsang aan die heldedade van ’n groepie uitsoeksoldate. Daar is iets nostalgies daaraan sodat die boek effens soos ’n koshuisjaarblad voel. Breër historiese en politieke kontekstualisering ontbreek. Dit is ’n boek oor en vir kamerade. Maar ook byna alle mans oor 45 jaar sal die boek waarskynlik nuuskierig optel om meer van daardie ouens te probeer weet wat steeds deur baie as helde bewonder word."

Oor moontlike toekomstige boeke vertel Alexander aan De Vries dat hy hom byna laat verlei het om verder te skryf oor die laaste twintig lewensjare van sy hoofkarakter in Brandwaterkom, Fanie Vilonel. Maar ’n goeie vriendin wat ook ’n literator is, het hom afgeraai aangesien ’n roman soos Brandwaterkom nie moet afgesluit word nie, sodat die leser kan bly wonder oor wat verder gebeur het.

"Nietemin bly ek lus vir die historiese roman en hoewel ek Vilonel in Senekal agterlaat, mag ek dalk met een van die mindere karakters na ’n nuwe milieu reis om die geskiedenis van daardie landskap te gaan ontgin."

Publikasies:

 

 

 

 

 

Publikasie

Dwaalpoort

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624049210 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • WA Hofmeyr-prys 2011
  • 3de prys Sanlam se Groot Romanwedstryd

Vertalings

Nederlands deur Riet de Jong-Goossens

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Brandwaterkom

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780624073369 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • 3de prys, Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd
  • kykNET-Rapport Boekpryse 2016, fiksiewenner

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

1 Recce: die nag behoort aan ons

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780624081494 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Militêre geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Alexander Strachan beskikbaar op die internet:

Artikels deur Alexander Strachan beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Bygewerk: 2019-06-26

The post Alexander Strachan (1955–) appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Junie
Kunsblad: Week van de Afrikaanse roman bied poësie tot musiek
Berig oor De week van die Afrikaanse roman in Nederland

Boekeblad: ’n Hart-soetra wat leegheid, vorm versoen
Louise Viljoen resenseer Op weg na kû deur Breyten Breytenbach

Boekeblad: Meesleurend oor die rotse
Johanna van Eeden resenseer Strafjaart deur Theo Kemp

Boekevat-rubriek (Jo Prins): Rabie se hartstogtelike Afrikaans-wees
Jo Prins skryf oor Jan Rabie en Afrikaans-wees.

4 Junie
Kunsblad: The President's Keepers besorg internasionale prys aan NB-Uitgewers
Berig oor die Jari Laber International Freedom to Publish Award. 

5 Junie
Kunsblad: Annerkant Vaselinetjie en Essie woel Anoeschka weer
Berig oor Anoeschka von Meck se nuwe roman

10 Junie
Boekeblad: Die mooi én lelik van hemel op die platteland
Sonja van der Westhuizen resenseer Smit Motors deur Réney Warrington

Boekeblad: Boek vir nadink, herbesoek
Joan Hambidge resenseer Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout

11 Junie
Kunsblad: Nuwe boek oor PG "die stoute kabouter" bekend gestel
Nuwe boek oor die ontslape skrywer PG du Plessis is onlangs uitgereik

Kunsblad: Buitelandse kritici loof Anker se Red Dog
Michiel Heyns kry lof uit die buiteland van resensente vir sy vertaling van Willem Anker se roman Buys

13 Junie
Kunsblad: Buys ontvang die WA Hofmeyr-prys
Regter Andries Buys het nog ’n prys met sy roman Die dao van Daan van der Walt opgeraap

14 Junie
Kunsblad: Wie is op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys?
Kortlys vir die Ingrid Jonker-debuutprys bekend

15 Junie
Kunsblad: "Ek probeer niemand anders wees nie"
Onderhoud met Philip de Vos met sy 80ste verjaardag.

16 Junie
Kunsblad: Bloemhof maak Lerina se laaste boek klaar
Die skrywer Lerina Erasmus, wat in 2018 dood,se laaste roman is onlangs uitgereik

18 Junie
Kunsblad: Montagu-boekefees bied bielie van ’n program
Voorafberig oor die Montagu-boekefees

20 Junie
Kunsblad: Grobler se band met ’n heilige wat met diere praat
Die illustreerder Piet Grober praat oor sy nuwe prenteboek

22 Junie
Kunsblad: SA vroueskrywers oor eeue gebundel
Berig oor Annemarié van Niekerk en Pieta van Beek se besonderse pasverskene boek, My Mother’s Mother’s Mother: South African Women’s Writing from 17th-Century Dutch to Contemporary Afrikaans

24 Junie
Nuut op Netwerk24: Opwindende nuus oor luisterboeke
Netwerk24 en NB-Uitgewers bied twee luisterboeke aan

Kunsblad: Skrywer Judith Krantz oorlede
Bekende oorsese skrywer sterf

Boekeblad: Kalmer se voëls g’n ligte fladdering nie
Johan Myburg resenseer In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer

Boekeblad: Fourie se uitgebreide portrettekeninge uit die platteland
Fanie Olivier resenseer Stof en ster deur Pieter Fourie

25 Junie
Leefstyl: Genesing ’n keuse, wys nuwe boek
Amanda de Lange se selfhelpboek, Suurlemoen-seisoen, het onlangs verskyn. Johanna van Eeden het met haar gesels

26 Junie
Kunsblad: Pieter Fourie met spesiale bundel vereer
Christiaan Boonzaier skryf oor Pieter Fourie: Teatermaker

30 Junie
Kunsblad: Hier is die wenner van Ingrid Jonker-prys
Pieter Odendaal is die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Junie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

4 Junie

  • Toe ons jonk was deur Karen Kingsbury
  • Helena Huga Omnibus deur Helena Hugo
  • Die In opleiding-reeks deur Cath Ard en Sarah Lawrence (illustreerder). Vertaal deur Linda Roos.

11 Junie

  • ’n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler
  • Doodsengel deur Madelein Rust
  • ’n Kat se kans! Verhale van vurige en kordate katte deur Kimberlie Hamilton (Vertaler: Lydia du Plessis)

18 Junie

  • Sondes van die vaders deur Lerina Erasmus
  • Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout 
  • Moeps die mops deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos) 
  • Moeps die skelm deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos) 
  • Moeps die wenner deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos)
  •  

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Crackerjack deur Peter Church: ’n resensie

Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n resensie

Anderkant Die Ondenkbare deur Jeanette Morton: ’n lesersindruk

In de chaos schuilt de schoonheid: Wonderboom van Lien Botha

50 Blertse blou deur Blouwillem: ’n resensie

The Wall deur Max Annas: ’n resensie

Green as the sky is blue by Eben Venter: a reader's impression

Sara deur Maretha Maartens: ’n lesersindruk

Van Afrikaans gepraat en Finding Afrikaans deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Smit Motors deur Réney Warrington: ’n resensie

Strafjaart deur Theo Kemp: ’n resensie

Vir mans deur Johan Ferreira: ’n resensie

Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz: ’n resensie

Lacuna: an interview with Fiona Snyckers

LitNet is #opdielug!

Donkerwerk: ’n onderhoud met Nini Bennett

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Junie

Onderhoud: Elmari Rautenbach gesels met Leon de Kock oor André P. Brink en die spel van liefde

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer An Unwitting Assassin: The Story of my Father’s Attempted Assassination of Prime Minister Hendrik Verwoerd deur Susie Cazenove

Nuut op die rak: Vroue skryf voor in die koor

  • Margaret Busby New Daughters of Africa: An international anthology of writing by women of African descent
  • Hekel en word heel: Hoe hekel my lewe gered het deur Nadia de Kock en Hilda Steyn
  • Melinda Gates se The Moment of Lift: How Empowering Women Changes the World
  • Malala Yousafzai se We Are Displaced: My Journey and Stories from Refugee Girls Around the World
  • The League of Wives: The Untold Story of the Women Who Took On the U.S. Government to Bring Their Husbands Home deur Heath Hardage Lee

9 Junie

Resensie: Hein Viljoen resenseer Op weg na kû deur Breyten Breytenbach

Resensie: Joan Hambidge resenseer Net mooi fine deur Lanie van Reenen

Nuut op die rak: “Groot sports”

  • Neil Tovey se A Captain’s Journey
  • Luke Alfred en Ian Hawkey se Vuvuzela Dawn: 25 Sport Stories that Shaped a Nation

16 Junie

Resensie: Fanie Olivier resenseer Lacuna deur Fiona Snyckers

Resensie: Hermann Giliomee oor ’n Stukkie van die legkaart deur Rina Venter

Resensie: Stella Malan resenseer Chad le Clos: Road to Glory deur Jeremy Daniel

23 Junie

Resensie: Jean Meiring resenseer In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer

Resensie: Koos Malan resenseer Lawfare: Judging Politics in South Africa deur Michelle le Roux en Dennis David

Nuut op die rak: 3 nuwe digbundels by Naledi

  • Alchemie van my muse deur Pieter Hugo
  • Brisant deur Hein Viljoen
  • Nuwe vrese deur Willem S. van der Merwe
    •  

Resensie: Magdel Vorster resenseer Die groot koelte deur Leon de Villiers met illustrasies deur David Griessel

Nuut op die rak: Skooldae
A Headmasters’s Story: My Life in Education deur Bill Schroder

30 Junie

Resensie: Bill Nasson resenseer Ons onthou 29 September 1969: Aardbewing-herinneringe van Ceres-kontrei se mense saamgestel deur Bertdene Laubscher en Johann Holzapfel

Mening: Jean Meiring daar skort iets ernstig in die plaaslike produksiekettings wat boeke uitspu

Resensie: J.B. Roux resenseer ’n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler

Nuut op die rak: “’n Smorgasbord vir die siel”

  • 70 Vrae oor evolusie deur Christene deur dr. Albert Alberts
  • Rudi Swanepoel se Kom sit aan: Vind vreugde in die alledaagse
  • Kry styl – Jesus s’n deur Stephan Joubert
    •  

Resensie: Zigi Ekron resenseer Die avonture van Kuifie: Bestemming Maan en Verkenners op die Maan deur Hergé en vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

7 Junie
Blitsblaaier kinder- en jeugboeke
Maak van jou kinders boekwurms met dié lekkerleesboeke.

11 Junie
Op twee bromponies die vreemde in
Gesoute wêreldreisigers én leunstoelreisigers sal dié uitsonderlike reisboek vanaf die heel eerste bladsy verslind.

 20 Junie
Die reeks wat op elke kind se boekrak hoort
Louise Viljoen skryf: “Ek is gaande oor die Vind uit!-reeks en glo dit hoort sonder twyfel op elke kind se boekrak.”

24 Junie
Toekomsmusiek sonder voëlklanke
Johan Myburg skryf: “In ʼn land sonder voëls” is ʼn verdoemende ondersoek na die impak van ʼn totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.

25 Junie
Christelike fiksie wat jou hart aanraak
Dis aangrypende storieboeke waarin lewensgetroue karakters uitgebeeld word wat op eg menslike wyse deur hulle emosies en omstandighede worstel. Hulle lewenspaaie lei hulle tot vaste geloof in God en ’n verhouding met Hom.

Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 Junie
Ilse Salzwedel praat met Gerard Scholtz oor sy reisboek Hier gaat ons! Sy praat ook met Tobie Wiese, die samesteller van die bundel essays Wreed én mooi is die dood. In sy bydrae oor die internasionale boekwêreld vertel Johan Myburg onder andere meer oor die Suid-Afrikaanse kosskrywer Prue Leith se gesprek tydens die onlangse Hay-letterkundefees in Brittanje.

Woensdag 12 Junie
Ilse Saltwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburg vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.

Woensdag 19 Junie
Réney Warrington praat oor haar roman Smit Motors; daar is meer inligting oor die Vrystaat Kunstefees se boekeprogram, en die jongste nuus uit die internasionale boekewêreld saam met Johan Myburg.

Woensdag 26 Junie
Die program word gewy aan kinder- en jeugfiksie. Ilse Salzwedel vertel meer oor die jongste Afrikaanse boeke vir peuters, kleuters en ouer kinders, en jy kan ook luister na stukkies van die klankbane van films wat op topverkoper kinderboeke gegrond is.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van poësievoorlesings wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 Junie
Kom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser.

Dinsdag 11 Junie
Ons luister na gedigte oor vaders. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.

Dinsdag 18 Junie
Kom luister na gedigte wat handel oor die jeug. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden.

Dinsdag 25 Junie
Jy kan luister na gedigte in die vorm van briewe. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges.

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied.

In Junie het sy Die jaar toe Pa... deur Hannes Visser vir Fine Music Radio geresenseer.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

In Junie is die volgende resensies geplaas:

1 Junie
Amanda Lourens bespreek Die jaar toe Pa... deur Hannes Visser

4 Junie
Gisela Ullyat resenseer Verslag deur Clinton V du Plessis

5 Junie
Amanda Lourens resenseer Stof en ster deur Pieter Fourie

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Junie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

1 Junie
Ken jou storie: Muurgedigte

8 Junie
Kies ’n boek: Koshuis saamgestel deur Erns Grundling

15 Junie
Kies ’n boek: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

22 Junie
Kies ’n boek: André P Brink en die spel van die liefde deur Leon de Kock

29 Junie
Kies ’n boek: Bloedlelie deur Jeanette Ferreira

 

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2019 appeared first on LitNet.

Foto's: SA Akademie se Suidelike Bekroningsplegtigheid

$
0
0

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 10 Julie 2019 dertien gesogte akademiese pryse by die Adam Small Teater in Stellenbosch oorhandig ter erkenning van die besondere bydraes op die terrein van die wetenskap, tegnologie, die letterkunde en die kunste. 'n Tweede bekorningsplegtigheid vind op 18 Julie in Pretoria plaas. Remona Voges-Van Huyssteen het foto's van die geleentheid geneem. 

Die volledige lys pryse wat op 10 Julie oorhandig is:
1. Fanie Naudé: Hertzogprys vir prosa
2. Lodewyk G du Plessis (regter Andries Buys): Eugène Maraisprys vir prosa
3. Hennie van Coller: DF Malanmedalje
4. Rufus Gouws: NP van Wyk Louwmedalje
5. Debra Meyer: Die erepenning van die SA Akademie se fakulteit
natuurwetenskap en tegnologie
6. Louis Pretorius: Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir 'n
televisiedrama in Afrikaans
7. Frank Hendricks en Charlyn Dyers: CL Engelbrechtprys vir Afrikaanse
taalkunde
8. Die Odeion Strykkwartet: Huberte Rupertprys vir klassieke musiek
9. Barbara Huisamen: Havengaprys vir gesondheidswetenskappe
10. Bernard Combrink: Ds. Pieter van Drimmelenmedalje
11. Louis Pretorius: Erepenning vir 'n televisiedrama In Afrikaans
12. Pippa Parker: Besondere erepenning van die SA Akademie
13. NAM (Alex) de Gouveia: Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje
(Plantkundige Wetenskappe)

Gillian Arendse (Seremoniemeester)

NAM (Alex) de Gouveia

Pippa Parker

Louis Pretorius

Irma Eloff & Andries Buys

Irma Eloff, Frank Hendricks & Charlyn Dyers

Irma Eloff & Louis Pretorius

Die Odeion Strykkwartet

Debra Meyer

Barbara Huisamen

Bernard Combrink

Irma Eloff, Hennie van Coller & Helena van Coller

Rufus Gouws

Irma Eloff, SJ Naudé & Hennie van Coller

Anne-Marie Beukes, die nuwe uitvoerende hoof van die SAAWK

 

The post Foto's: SA Akademie se Suidelike Bekroningsplegtigheid appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans
 
Wysigingswetsontwerp op Outeursreg steeds ongeteken

Die maande stap aan en die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg lê vermoedelik steeds ongeteken op president Cyril Ramaphosa se lessenaar. Enersyds is dit natuurlik verblydend dat die wetsontwerp nog nie wet is nie, maar andersyds skep dié vertraging grootskaalse onsekerheid in die skeppende industrieë.
 
Die Koalisie vir Doeltreffende Outeursreg in Suid-Afrika, 'n groep plaaslike organisasies waarvan PEN Afrikaans deel vorm, het reeds in April 'n skrywe aan president Ramaphosa gerig waarin daar uiteengesit word waarom die wetsontwerp op grondwetlike gronde nie die mas opkom nie. Die skrywe maak ook melding dat menige van die wetsontwerp se bepalings nie met internasionale verdrae oor kopiereg strook nie.
 
Buitelandse reaksie teen die wetsontwerp het intussen gevolg. Die International Intellectual Property Alliance, ’n vereniging van organisasies wie se lede op gesonde intellektuele goedereregte staatmaak, het die regering van die Verenigde State versoek om Suid-Afrika se voorkeurhandelstatus op te skort indien dié kontroversiële wetsontwerp deurgevoer sou word.  Sien gerus die Business Day-artikel vir verdere besonderhede. 

Hierdie besware strook met deurlopende kommer oor die geweldige negatiewe impak wat die wetsontwerp op die plaaslike ekonomie sal hê indien dit onveranderd bekragtig word. Dit kan ’n verwoestende knou aan die plaaslike uitgewersbedryf toedien – iets waaronder nie net uitgewers nie, maar ook skrywers en lesers sal ly.

Petisie om vrylating van Tashi Wangchuk te eis

 “Our people’s culture is fading and being wiped out,” sê kleinsake-eienaar en taalaktivis Tashi Wangchuk in ’n New York Times-artikel wat in November 2015 verskyn het. Hy reageer hier op die gedwonge afskaling van die Tibetaanse taal in skole en ander openbare instellings in Yushu, ’n Tibetaanse distrik in China se Qinghai-provinsie.
 
Die erns van die afskaling wat sedert 2012 deur die Chinese owerhede toegepas word, is by Tashi tuisgebring toe hy vergeefs op soek was na ’n skool waar sy susterskinders Tibetaans kon leer. Die afskaffing van Tibetaans is volgens Tashi nie net ’n inbreukmaking op minderheidsgroepe se taalregte nie, maar is ook strydig met China se eie beleide en grondwet. In ’n poging om Tibetaanse onderrig te verseker, het Tashi regstappe teen die Chinese owerhede probeer instel.
 
In Januarie 2016, dus kort na die publikasie van bogenoemde artikel, is Tashi in aanhouding geneem vir sy vreedsame beywering vir die Tibetaanse taal. Hy dien steeds tronkstraf uit nadat hy in Mei 2018, na jare se aanhouding, uiteindelik verhoor is. Hy is skuldig bevind aan ’n misdryf wat met die bevordering van separatisme verband hou.
 
PEN-sentrums staan tans saam om mnr Tashi se vrylating te eis. ’n Petisie is hierbeskikbaar vir ondertekening deur diegene wat hul met taalkunde, letterkunde en verwante akademiese vakgebiede bemoei.
 
Meer inligting oor Tashi Wangchuk se agtergrond en wat tot sy skuldigbevinding gelei het, is hier beskikbaar.
 
Die MOS-inisiatief (Moedertaal in Onafhanklike Skole)

Die Trust vir Afrikaanse Onderwys het onlangs die MOS-inisiatief (Moedertaal in Onafhanklike Skole) bekendgemaak. Volgens ’n berig op Maroela Media beoog die MOS-inisiatief om ’n netwerk van volhoubare, enkelmedium, onafhanklike Afrikaanse skole te skep wat landswyd bedryf sal word.
 
Die skole sal oop wees vir almal wat onderrig in Afrikaans wil ontvang, gemeenskapsgerig wees en boonop bekostigbaar wees terwyl dit hoë standaarde en innoverende leer handhaaf.

Lees hier meer.

Inskrywings ingewag vir die RSG / Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie 
 
RSG en Sanlam bied vanjaar weer hul gewilde radiodrama-skryfkompetisie aan. Daar is nog ’n paar weke oor om daardie radiodrama af te rond voor die sluitingsdatum van 31 Julie. ’n Handleiding vir voornemende deelnemers is hier beskikbaar. Dit bevat nuttige riglyne, die kompetisiereëls en die inskrywingsvorm.
 
Ingrid Jonker-prys aan Pieter Odendaal

Hartlik geluk aan Pieter Odendaal, wat onlangs as wenner van die Ingrid Jonker-debuutprys aangewys is vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie. ’n Rekordgetal van 17 bundels is voorgelê en die kompetisie was besonder straf. Die ander twee digters op die kortlys was (alfabeties) Corné Coetzee vir Nou, hier en Jolyn Phillips vir Radbraak.
 
Die grootste verdienste van Odendaal se bundel is volgens een van die drie beoordelaars “die oorspronklike, verbeeldingryke en vernuftige wyse waarop hy die huidige Suid-Afrikaanse samelewing in ’n toestand van ‘op-weg-wees’ uitbeeld”. Lesers word gekonfronteer met vrae rondom persoonlike betrokkenheid en aandadigheid, historiese verbande en erfenis, verantwoordelikheid, en ander verwante vraagstukke. Die sukses van die bundel berus nie slegs op die hantering van hoogs aktuele tematiek nie, maar “op ’n deurlopende toepassing van ontwikkelde verstegniek om dit lewend en skrynend te maak”.
 
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings toegeken aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel – die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Die beoordelaars was die digters Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Ronelda Kamfer. Die komiteelede is almal vrywilligers: Ronel de Goede (Foster) is die sameroeper, en die ander lede is Finuala Dowling, Vincent Oliphant, Kobus Moolman en Marius Crous. Danie Marais, vorige sameroeper, tree as adviseur op. Die prys word op 14 September by die Tuin van Digters in Wellington oorhandig. Die prysgeld van R10 000 is ’n skenking deur die Dagbreektrust.
 
PEN Afrikaans hou algemene jaarvergadering by Tuin van Digters 2019

Teken asseblief die datum aan: PEN Afrikaans hou vanjaar weer algemene jaarvergadering tydens die Tuin van Digters-fees. Die vergadering sal om 12:30 op Saterdag 14 September in die Wellington-biblioteek reg oorkant die Breytenbach-sentrum afskop.
 
Ons sal weer vooraf volmagvorms beskikbaar maak vir diegene wat nie die vergadering kan bywoon nie. Ons vra ons opbetaalde lede om asseblief van die volmagvorm gebruik te maak om hul stemme te laat hoor en om ’n kworum by die vergadering te verseker.
 
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kry weer vanjaar gratis toegang tot die Tuin van Digters. Ons is werklik dankbaar vir hierdie voorreg en ons sien uit daarna om soveel moontlik van ons lede daardie naweek by die Breytenbach-sentrum te sien. Tuin van Digters is altyd ’n hoogtepunt en vanjaar beloof om geen uitsondering te wees nie.
 
Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief napenafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Julie 2019
 
Hartlik geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste vir Julie kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Ten slotte is dit lekker om te kan noem dat Jeremy Vearey, Kirby van der Merwe, Lynthia Julius, Nathan Trantraal, Ronelda S Kamfer en Ryan Pedro in Somerset-Oos aangeland het, waar hul vir ’n maand sal woon en skryf as deel van die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie. Ons wens hulle ’n vrugbare en voorspoedige verblyf toe.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2019 appeared first on LitNet.


Foto's: Bekendstelling van Pieter Fourie se Teatermaker

$
0
0

Pieter Fourie se Teatermaker, die derde bundel in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks oor literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is, is onlangs by Protea Boekhuis in Stellenbosch bekendgestel. Saartjie Botha, Fanie Olivier (redakteur van die publikasie) en Pieter Fourie was met mekaar in gesprek. Johan Kotzé het namens LitNet foto's van die geleentheid geneem.

Pieter Fourie

Pieter Fourie

Temple Hauptfleisch

Antoinette Klein

Fanie Olivier

Nicol Stassen

André Kruger

Jan van Tonder

Liesbet Malan

Pieter Fourie

Fanie Olivier en Saartjie Botha

Pieter Fourie

Pieter Fourie, Fanie Olivier en Saartjie Botha

 

The post Foto's: Bekendstelling van Pieter Fourie se <em>Teatermaker</em> appeared first on LitNet.

ATKV-Skryfskool bied aan: Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers

$
0
0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 12 tot Saterdag 14 September 2019 'n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan. Hierdie slypskool van twee-en-'n-half dae, wat plaasvind op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese skolingsgeleentheid vir enigiemand wat ʼn liefdesverhaal wil skryf. Lees hier vir meer inligting.

 

The post ATKV-Skryfskool bied aan: Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

 Boeke24

 Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Julie

Boekeblad: ’n Avant-garde-skrywer wat sy tyd vooruit was
Francois Bekker resenseer P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier – ’n huldiging. Saamgestel deur Heilna du Plooy

Boekeblad: ’n Goeie winter-opkikkeraar
J.B. Roux resenseer Mooier as Marilyn deur Anita du Preez

Boekevat-rubriek (Daniel Hugo): Dis makliker om in ’n gedig te huil as oor een
Daniel Hugo skryf oor Poems that make grown men cry. Saamgestel deur Anthony en Ben Holden.

Kunsblad: 10 vrae aan Dana Snyman
Onderhoud met Dana Snyman oor sy luisterboek

2 Julie

Kunsblad: 'Literêre pryse is vreemde goed' - wenner van Ingrid Jonkerdebuutprys
Pieter Odendaal is die wenner van die Ingrid Jonker-debuutprys

8 Julie

Boekeblad: Reise en rusies van ’n aartsdokumenteerder
Erns Grundling resenseer Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz

10 Julie

Kunsblad: Digter se woorde ‘vloei klinkklaar soos water’
Daniel Hugo praat oor sy vertaling van die Nederlandse digter Benno Barnard se verse

11 Julie

Kunsblad: Hier is wenners van BSV se landswye skryfwedstryd
Wenners van die Bloemfontein-skrywersvereniging (BSV) se nasionale skryfwedstryd

13 Julie

Kunsblad: Skryf nou in vir Woordfees se bundel
Inskrywings is nou oop vir die vyfde Woordfees-kortverhaalbundel

Kunsblad: Seldsame tekste nou makliker bekombaar
Onderhoud met Antjie Krog oor vertalings van inheemse literatuur, swart skrywers se werk wat nou vir die eerste keer in Engels beskikbaar is

14 Julie

Kunsblad: Almal werk saam aan Krimifees in Grabouw
Voorafberig oor die eerste Krimifees in Grabouw

15 Julie

Boekeblad: ’n Moordende pas in vlaag van vergelding
Jonathan Amid resenseer Die man van Quatro deur Calvyn van Niekerk

Boekeblad: Debuut kom nie los uit die verf nie
Louise Ferreira resenseer Sypaadjie deur Alma Rossouw

Boekeblad: Sterk storie te vroeg uit die oond
Ronelle Simmons resenseer Gam se tjind deur Aubrey Cloete

Boekeblad: ’n Aangrypende roman met twee verhaallyne in gelid
Johanna van Eeden resenseer Bloedlelie deur Jeanette Ferreira

17 Julie

Sterfberig: SA digter-vertaler sterf
Die digter en vertaler Charl J.F. Cilliers is dood

22 Julie

Boekeblad: ’n Komplot uit die bloedjong republiek
Louis Esterhuizen resenseer ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid deur André Krüger

Boekeblad: ’n Fyn genuanseerde roman
Clari Niemand resenseer Die kind uit die wingerd deur Helene de Kock

Boekeblad: Vroue se stryd vir Vryheid
J.B. Roux resenseer Skarlakenkinders deur Anzil Kulsen & Nadine Blom

Kunsblad: eNuus-man wen Ingrid Jonkerkompetisie
Wenner van die eerste L’Art Poetique-Ingrid Jonker-gedigkompetisie

24 Julie

Kunsblad: Atwood en Rushdie op Bookerlanglys
Langlys van die gesogte Booker-prys bekend

Kunsblad: LUISTER: Ingrid Jonker se stem op CD van nuwe bundel
Nuwe bundel met Engelse vertalings van Ingrid Jonker se verse.

25 Julie

Kunsblad: Steyn, Jonker bring hul jeugboeke na Bfn-skole
Drie skrywers stel hul boeke in Bloemfontein bekend

26 Julie

Kunsblad: Siekte ‘het Kalmer met dringendheid laat werk’
Huldeblyk oor Harry Kalmer wat onlangs dood is

Sterfberig – Harry Kalmer
Skrywer Harry Kalmer sterf

Kunsblad: Jaco Jacobs wen 3 ATKV-Veertjies vir kinderboeke
Berig oor Jacobs wat vereer is vir sy werk

Kunsblad: Lees: Tom Dreyer se roerende wen-gedig aan sy oorlede vriend, Jaco Botha
Tom Dreyer is die wenner van die Avbob-poësiekompetisie

Kunsblad: Karin Brynard klim nóg hoër op lys van internasionale prys
Berig oor Karin Brynard wat die kortlys van die CWA International Dagger-letterkundeprys gehaal het

Kunsblad: Skuur en skaaf bring digdebuut op 59 vir Pieter Hugo
Onderhoud met Pieter Hugo oor sy debuutdigbundel

28 Julie

Kunsblad: Boek oor Hendrik Witbooi nou in Afrikaans beskikbaar
Die digter Zandra Bezuidenhout praat oor haar Afrikaanse vertaling van Conny Braam se Nederlandse roman Ik ben Hendrik Witbooi

Kunsblad: Digter teen apartheid sterf
Die Anti-apartheidsdigter Peter Horn is dood

29 Julie

Boekeblad: Om Bosman se stories in Afrikaans te laat dans
Johann Lodewyk Marais resenseer Volmaan oor die Marico deur Herman Charles Bosman. Vertaal deur Hendrik Jansen.

Boekeblad: ’n Stem, gesig vir randfigure
Francois Bekker resenseer Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit

Boekevat-rubriek (Bibi Slippers): ’n Japannese woord vir jou ongeleesde boeke
Bibi Slippers skryf oor haar berg ongeleesde boeke

Kunsblad: Die man met ’n duisend stories in sy kop
Huldeblyk aan die skrywer Harry Kalmer deur Schalk Schoombie

Kunsblad: Harry het boeke met hand gemaak
Elmari Rautenbach onthou Harry Kalmer

30 Julie

Kunsblad: Petro Hansen 'Vervleg' haar werk in bundel saam
Petro Hanse gesels oor haar bundel rubrieke wat onlangs deur Protea uitgereik is

Die Groot Ontbyt

 Leonie van Rensburg het in Julie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

2 Julie

    • Nova Omnibus 1 en 2 deur Fanie Viljoen
    • Maya se musketier deur Marga Jonker
    • Zinzi en Saffraan-reeks deur Asia Citro en Marion Lindsay
    • Woordslim, saamgestel deur Jaco Jacobs
    • Sprokies met lesse-reeks deur Sue Nicholson (Vertaal deur Kobus Geldenhuys)

 

 9 Julie

  • Vervleg deur Petro Hansen
  • Die lewe vir beginners deur Bernette Bergenthuin
  • Pieksel deur Fanie Viljoen
  • Die meisie wat gedink het haar ma is ’n meermin deur Tania Unsworth (Vertaler: Lydia du Plessis)

16 Julie

  • Die kind uit die wingerd deur Helene de Kock
  • ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid deur André Krüger
  • Z-A-K: Die blou planeet deur Theresa van Baalen
  • Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2 deur Louise Smit

23 Julie

  • Die VLV-kookboek saamgestel deur die Vroue-landbouvereniging van Kaapland
  • Die Oorwinnaar deur Chris Fabry
  • Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy
  • ’n Grootword-gids vir meisies deur Anita Naik (Vertaler: Lydia du Plessis)
  • ’n Grootword-gids vir seuns deur Phil Wilkinson (Vertaler: Lydia du Plessis)

 

 30 Julie

  • Om tot verhaal te kom deur Lizette Rabe
  • Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
  • Speelmaats-reeks deur iSeek Ltd
  • Vou en vind-reeks deur Really Decent Books

LitNet

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

FMR-resensie: Aan die deur van die wis en die onwis deur Pirow Bekker

Jonglesersindruk: Karre en kroeks deur David Walliams (vertaal deur Kobus Geldenhuys)

Resensie: Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Boekresensie: Verslag deur Clinton V du Plessis

Resensie: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp

Betsie, meneer Tier en die blou maan deur Sally Gardner: ’n lesersindruk

Leon de Kock se André P Brink en die spel van liefde: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

FMR-resensie: Donker bloeisel deur Jacques le Roux

Christo Wiese: risiko en rykdom deur TJ Strydom: ’n lesersindruk

Grondwater: ’n onderhoud met Marlise Joubert

Sypaadjie: ’n onderhoud met Alma Rossouw

Sypaadjie-videogesprek: Izak de Vries gesels met Alma Rossouw

Bettina Wyngaard oor die Elgin-Grabouw Krimifees | Elgin Grabouw CrimeFest

Op soek na Jacobus Verster: ’n onderhoud met François Verster

Sondes van die vaders deur Lerina Erasmus: ’n onderhoud met François Bloemhof

 

Rapport

 Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

7 Julie

Resensie: Albertus van Wyk bespreek The SABC8 deur Foeta Krige

Resensie: Sonja Loots resenseer WAT Deel XV

Resensie: Mercy Kannemeyer bespreek Gam se tjind deur Aubrey Cloete

Resensie: Jonathan Amid bespreek Doodsengel deur Madelein Rust

14 Julie

Resensie: Dana Snyman bespreek Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp

Resensie: Jan de Lange resenseer Cyril Ramaphosa: The Road to Presidential Power deur Anthony Butler

Nuut op die rak: Vreemder as fiksie

  • Blood on Her Hands: South Africa’s most Notorious Female Killers deur Tanya Farber
  • In my vel: ’n Reis deur Azille Coetzee
  • Populism: A Beginner’s Guide deur Simon Tormey
  • Losing Earth: The Decade We Could Have Stopped Climate Change deur Nathaniel Rich

Nuut op die rak: Sport voor lank

  • One Man’s Climb: A Journey of Trauma, Tragedy and Triumph on K2 deur Adrian Hayes
  • Rugby: An Anthology – The Brave, the Bruised and the Brilliant, saamgestel deur Brian Levison
  • Epic: In Search of the Soul of Sport and Why It Matters deur Simon Barnes

Nuusbrok: “Krimikoors op Elgin”

Reaksie: Willem Botha reageer op Sonja Loots se resensie van die WAT Deel XV

21 Julie

Resensie: Louise Viljoen oor Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-Du Toit

Resensie: Herman Lategan resenseerYou Will Be Safe Here deur Damian Barr

Onderhoud: Herman Lategan gesels met die Britse skrywer Damian Barr

Resensie: Réney Warrington bespreek Forgotten Johannesburg: A Pictorial History 1886-1950 deur Tony Grogan

28 Julie

Onderhoud: Debbie Loots gesels met Johan van Zyl oor Die boek van gelukkige eindes

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

Resensie: J.B. Roux resenseer Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout

 

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

9 Julie

Smit Motors
Dit is ’n ryk en veelvlakkige roman waaruit die leser baie waarhede kan put. Dit leer mens om met meer empatie en verdraagsaamheid na ander te kyk – al dink en doen hulle anders as jy.

 24 Julie

Dowe gode
“ʼn Mens wil dié boek nie sommer neersit nie, meen Alexander S. Mickel.

 25 Julie

Die verevrou deur Jan van Tonder
Sonder twyfel is Van Tonder ʼn knap wewer van stories. Oor die vaardighede beskik hy; sy belewing van die omstandighede en plekke waaroor hy skryf is só eerstehands dat ʼn mens nie eens van navorsing sou wou praat nie, en die gegewe wat hy as verhaallyn(e) gebruik is eweneens aangrypend.

Leesstof vir feitevrate
As jy van feite hou en graag wil weet hoe dinge werk, sal jy die volgende twee boeke baie geniet.

30 Julie

Wetenskap en fantasie ontmoet in hierdie kinderreeks
Die Zinzi en Saffraan-reeks laat meisies van sewe jaar en ouer se verbeelding oortyd werk! Magiese diere, monsters, avonture en raaisels word vernuftig vermeng met interessante feite en wetenskaplike eksperimente.

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 3 Julie

Ter viering van George Weideman, wat op 2 Julie 72 sou wees, se verjaarsdag luister ons na ’n onderhoud uit die SAUK-argief; en Johan Myburg praat oor die internasionale boekewêreld.

Woensdag 10 Julie

John W. Frederick, die skrywer van Noem my skollie (wat ook in 'n rolprent verwerk is) is onlangs oorlede. Luister na 'n argiefonderhoud waarin hy vertel hoe stories en boeke hom teen tronkbendes beskerm het. Hoor wat is alles op die program by die Montagu Boekefees en die Elgin/Grabouw Krimifees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor die rolprent Pan's Labyrinth wat nou in boekvorm verskyn.

Woensdag 17 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout oor Die dekonstruksie van Retta Blom, haar eerste roman vir volwassenes, en oor haar bekroonde jeugroman As mens geluk kon proe. Bernette Bergenthuin gesels met Ilse oor haar nuwe roman Die lewe vir beginners. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe prys vir vroueskrywers van komiese Britse fiksie.

Woensdag 24 Julie

Jeanne Goosen het onlangs haar 81ste verjaarsdag gevier. Luister na 'n onderhoud uit die argiewe waarin Jeanne met wyle Nic Swanepoel gesels oor haar skryfwerk. Kortverhaalskrywers kan meer uitvind van die skryfkompetisie waaruit die US Woordfeesbundelbydraes gekies word. In Johan Myburg se bydrae oor die internasionale letterkunde is daar onder andere 'n voorlesing deur Alice Walker, skrywer van The Color Purple.

Woensdag 31 Julie

Die bekroonde skrywer en dramaturg, Harry Kalmer, is onlangs oorlede. Luister na ’n onderhoud wat Corina van der Spoel in 2014 met hom gevoer het oor sy bekroonde boek 'n 1000 stories oor Johannesburg. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe nie-fiksie vir volwassenes en oulike nuwe kinder- en jeugboeke. En Johan Myburg gesels onder meer oor twee internasionale boekpryse.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 2 Julie
Chris van Niekerk lees gedigte voor oor donker en lig. Die werk van Tessa Louw, Daniel Hugo, Christine Barkhuizen-le Roux, Antjie Krog, Nini Bennett, Johann de Lange en Breyten Breytenbach kan gehoor word.

Dinsdag 9 Julie
Luister na gedigte oor musiek van Jolyn Phillips, Bibi Slippers, W.L. van der Merwe, T.T. Cloete, Loftus Marais, Ilse van Staden, Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Sheila Cussons en Johann de Lange, soos voorgelees deur Tinarie van Wyk Loots.

Dinsdag 16 Julie
Anrich Herbst lees gedigte oor stilte van M.M. Walters, Dolf Myburg, W.E.G. Louw, Kobus Lombard, Gilbert Gibson, Nini Bennett, Barend J. Toerien en Breyten Breytenbach.

Dinsdag 23 Julie 
Petru Wessels en Carel Trichardt lees gedigte oor slaap van Juanita Louw, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Jolyn Phillips, Marié Blomerus, Lucas Malan, Olga Kirsch, Sheila Cussons en D.F. Malherbe.

Dinsdag 30 Julie 
Luister na gedigte uit die ou bekende, steeds gewilde bundel van Philip de Vos: Karnaval van die diere. De Klerk Oelofse is die voorleser. Die bundel is in 1998 uitgegee en die omslag sê: die onheilige tweeling - die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler het saam 'n boek gemaak vir kinders van alle ouderdomme (en natuurlik hulle ouers ook).

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:  

In Julie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Alchemie van my muse deur Pieter Hugo

 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

In Julie is die volgende resensies geplaas:

2 Julie

Gisela Ullyat bespreek Alchemie van my muse deur Pieter Hugo

14 Julie

Johan Myburg resenseer Nuwe vrese deur Willem S. van der Merwe

23 Julie

Marlies Taljaard resenseer Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans (Vertaal deur De Waal Venter)

26 Julie

Nini Bennett resenseer Die trouservies deur Benno Barnard (Vertaal deur Daniel Hugo)

 

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Julie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

6 Julie

Ken jou storie: Geheime

13 Julie

Kies ’n boek: Die verevrou saamgestel deur Jan van Tonder

20 Julie

Kies ’n boek: Filosofie en spookstories

27 Julie

Ken jou storie: Boeke oor reise

 

 

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2019 appeared first on LitNet.

Vrouedag 2019: Wees getrou aan jouself

$
0
0

Internasionale Vrouedag word sedert die vroeë 1900's wêreldwyd gevier, nie net om op die prestasies van vroue te fokus nie, maar ook om te veg vir die gelyke regte van vroue.  Alhoewel ons sedertdien groot vordering gemaak het, bly geslagsongelykheid wêreldwyd 'n groot probleem. Dit is 'n globale neiging dat vroue, wat meer as die helfte van die bevolking uitmaak, steeds onderverteenwoordig is.

In Suid-Afrika word Augustus as Nasionale Vrouemaand en 9 Augustus spesifiek as Vrouedag gevier wanneer ons in Suid-Afrika hulde bring aan die ongeveer 20 000 vroue wat aan die 1956-optog na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het om protes aan te teken teen die land se paswette. Involge die Wet op Bevolkingsregistrasie is sommige Suid-Afrikaners as "swart" omskryf en moes hulle 'n paspoort, die sogenaamde "pas", dra om verstedeliking te beheer en migrerende arbeid gedurende die apartheidsera te bestuur.

Hierdie maand vier ons alle aspekte van vrouwees en wil ons hulde bring aan vroue, ongeag hul klas of ras, wat ongesiens dag na dag hul taak onvermoeid vervul. Hierdie vroue is ons helde omdat hulle 'n verskil maak waar hulle hul ook mag bevind. Die enkelmammas wat baie keer meer as een werk het om die pot aan die kook te hou, onderwyseresse wat ekstra moeite vir ander se kinders doen, verpleegsters, polisievroue, gemeenskapsaktiviste wat sóveel vir hul gemeenskappe doen ... My lys is nimmereindigend. Daar is duisende vroue wat gebuk gaan onder moeilike omstandighede, maar wat dag na dag hul taak met grasie vervul en suksesvol in eie reg is. Ons as vroue moet die balans handhaaf tussen persoonlike ontwikkeling, kinders grootmaak en die huwelik en dan nog boonop met mans meeding om die korporatiewe leer te klim. Ons weet dat vroue ander uitdagings as mans het en dat daar juis daarom teen vroue gediskrimineer en hulle opsetlik uit die raadsaal gehou word. Desnieteenstaande het baie vroue op verskillende terreine hoogtes bereik. Vroue speel 'n belangrike rol ter ondersteuning van huishoudings, om inkomste te genereer, na die algemene welsyn van die gesin om te sien en haar regmatige plek in die samelewing in te neem.

Die samelewing vereis van ons om op 'n sekere manier op te tree, 'n sekere voorkoms te hê, korrekte en suiwer taal te gebruik en aan 'n sekere sosiale klas te behoort. Indien jy nie aan hierdie vereistes voldoen nie, is jy vir sekere groepe nie sosiaal aanvaarbaar nie. Dus, die armlastiges, die minderes onder ons, is die uitgeworpenes en word misken. Dis egter verblydend dat die stereotipering - dat vroue se plek in die kombuis is, en dat seuns slimmer as meisies is – stelselmatig afgebreek word. Ons sien dat meer en meer vroue dinge doen wat hulle nooit voorheen toegelaat was nie en dat vroue daagliks bewys dat hulle tot enigiets in staat is. Ons is dit eens met Michelle Obama wat sê: "Women and girls can be whatever they want. There is no limit to what we as women can accomplish."

Ek dink dat vroue vanaf 'n jong ouderdom geïndoktrineer word om aangenaam, vriendelik en beleefd te wees, ongeag wat hulle toegesnou word. Wanneer 'n vrou haar siening en mening ferm en selfgeldend oordra, word sy as aggressief afgemaak. In baie gevalle, wanneer mans die leiding en voortou neem, word hulle as leiers gesien. Wanneer vroue dieselfde doen, is hulle baasspelerig! Vroue, laat jul stemme hoor!

Dit is belangrik om getrou aan jouself te wees en jou sê te sê. Nie almal gaan altyd van jou hou nie, maar dis heeltemal in orde. Sommiges sal sê dat jy te eerlik, baasspelerig of oordrewe is: leer om daarmee saam te leef. Ons as vroue, (in die meeste gevalle), is so gretig dat mense van ons moet hou, dat ons selfs bereid is om te verander en iemand te word wat ons nie is nie. Vergeet van die idee dat almal van jou moet hou en dat jy almal gelukkig moet hou, laat jou stem en jou mening hoor. Hou om om jou te kwel oor hoe ons samelewing van jou verwag om op te tree en leef voluit, net soos jy is en soos ons liewe Vader jou geskape het. Ontdek jou innerlike krag en jaag jou droom na.

Alhoewel dit in ons menslike natuur is om bemind te wees en om die vrede te bewaar, kan ons nie toelaat dan mense minder van ons dink net omdat ons vroue is nie. My ma, 'n vrou met 'n sterk persoonlikheid wat nie nonsies van enigiemand vat nie, het ek as voorbeeld gehad. Sy het nooit self die kanse gehad wat die hedendaagse vroue het nie, maar maak steeds 'n verskil in ander se lewens. Sy het my ook geleer om liefdevol te wees en om vir my medemens om te gee, maar nie toe te laat dat mense my minderwaardig laat voel oor die velkleur of my geslag nie.

Ons as vroue is almal gelyk, ongeag ons velkleur of status – dieselfde uitdagings staar ons almal in die gesig. Dit is nie asof die wêreld 'n vreugdevolle, wonderlike plek vir ons is nie – ons moet nog steeds vir gelyke regte en teen geweld op verskillende vlakke veg. Dus, in plaas van jou te bekommer oor hoe jy oorkom, wees trots op jouself en wat jy tot dusver bereik het. Laat jou stem nooit stil raak nie, maar staan op en staan vas vir dit waaraan jy glo! Laat ons die voorbeeld en voetspoor volg van 1956 se vroue. "Wathint' abafazi, wathint' imbokodo!"

The post Vrouedag 2019: Wees getrou aan jouself appeared first on LitNet.

Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, 14 Augustus 2019: ’n onderhoud

$
0
0

Chareldine van der Merwe (foto: Izak de Vries)

Chareldine van der Merwe van die VVA vertel vir Naomi Meyer van Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, wat nou al jare lank suksesvol plaasvind.

Chareldine, waar kom die idee van Koop-'n-Afrikaanse-boekdag vandaan? Hoe lank is dit al aan die gang? 

Die Koop-’n-Afrikaanse-boekdag het in 2004 ontstaan toe ’n destydse lid van ons (VVA) spitsraad, Nolte Smit die blink gedagte gehad het van ’n dag waarop mense gevra word om ’n Afrikaanse boek te koop. Hierdie jaar is dus ons vyftiende Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, en ons is baie trots op hierdie projek.

Waarom so 'n dag aanbied? 

Ons wil graag mense aanmoedig wat Afrikaanse praat en ’n liefde vir die taal het op dié vra om die boekbedryf te ondersteun. Deur die projek kan ons ook verseker dat skrywers en uitgewers nog Afrikaanse werke skep as ons hulle ondersteun.  

Boeke is duur, veral in 'n land waar dit voel asof alles duurder word. Is daar enige winskopies ter sprake? En waar kan mense gaan inloer? Ook: wat van mense wat werklik nie kos of boeke kan bekostig nie, wat kan hierdie dag vir hulle beteken? 

Die lys is aangeheg wat die promosies van deelnemende winkels aandui (rol ondertoe om deelnemende winkels te sien). Ons wil verder mense aanmoedig wat dit kan bekostig om boeke te koop, boeke aan mense of instansies skenk wat dit nie noodwendig kan bekostig nie. Verder hoop ons deur die verskillende promosies mense op 14 Augustus dalk die boek kan koop wat hulle al lank reeds ingedagte het, maar nie kon bekostig teen gewone pryse nie.

Deesdae is daar soveel ander vermaak wat aan kinders gebied word: Netflix, YouTube, noem maar op. Dink jy kinders lees nog genoeg? En maak dit saak? 

Dit is baie belangrik dat kinders so vroeg as moontlik aan boeke blootgestel moet word om ’n leeskultuur te skep. Kinders moet in ’n woordryke omgewing grootword sodat hulle toekomsgereed kan wees. Ouers speel hier ’n baie belangrike rol, en moet self ’n voorbeeld stel deur self te lees. Lees is aangeleerde gedrag net soos enige sport waarin kinders wil presteer, moet oefen om die beste te word, so moet mens ook lees om ’n goeie leser te word.   Hoe meer ’n mens lees hoe beter lees jy. Die belangrike ding is om die regte boek by die regte kind te kry, jy moet weet wat die kind se belangstelling is. Ons sien elke dag hoe opgewonde kinders word wanneer ons deur middel van boektrommelprojek boeke aan skole skenk. Ja, kinders lees en wil lees.

Behalwe vir inisiatiewe soos hierdie Koop-'n-Afrikaanse-boekdag, wat dink jy is volhoubare maniere om te help om kinders meer te laat lees?

Maak lees lekker en deel van jou daaglikse roetine. Kinders moet die belangrinkheid van lees verstaan en sien. Indien hulle sien dat jy (pappa, mamma, ouma, oupa, boetie of sussies)  tyd maak vir lees sal hulle besef dat lees belangrik is. Dit is ook ’n feit dat kinders wat lees beter vaar op skool en die wêreld beter verstaan.


Verryk jou wêreld met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag

Hoeveel keer het jy nie al in ’n boekwinkel gestaan met die nuutste Deon Meyer of Ingrid Winterbach boek en gewik en geweeg of jy hom moet koop nie? Wanneer jy die groot sprong maak en jou weg vind na die kassier, begin jou gewete aan jou knaag. Moet jy nie maar wag tot die boek op uitverkoping is nie? Betaaldag is nog vêr en jou finansies lyk maar beroerd.

Op 14 Augustus met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag kan jy gerus daai lastige stemmetjie sus en daai speurverhaal of kinderboek vir die rakkers koop.

Dié dag is toegewy aan die Afrikaanse geskrewe woord. Die projek is deur Vriende van Afrikaans (VVA), ’n filiaal van die ATKV, van stapel gestuur.

“Ons wil op hierdie dag die publiek aanmoedig om ’n Afrikaanse boek te koop,” sê Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA.

“Dit is ook die ideale tyd om ’n boek te koop, want baie boekwinkels gaan op die dag afslag op hulle boeke aanbied.

“Ons moedig almal wat Afrikaans praat en ’n liefde vir die taal het om op die dag vir hulself ’n boek te koop. En diegene wat dit enigsins kan bekostig, word ook gevra om ook ’n Afrikaanse boek te skenk aan iemand wat dit nie self kan bekostig nie.”

Volgens haar wil hulle ook op hierdie dag skrywers en die Afrikaanse boekbedryf ondersteun. 

“Op hierdie dag moet ons, ons ondersteuning aan die boekbedryf wys. Skrywers en uitgewers kan slegs nog literêre werke skep as die publiek hulle ondersteun.”

Verder meen sy dit is ook belangrik dat die liefde vir lees van vroeg af by kinders gekweek word

“Vir dit om moontlik te wees, moet ouers self ook lees. Jy as ouer moet self ’n liefde vir boeke en lees hê om dit aan jou kind oor te dra.

“Deur kinders in ’n woordryke omgewing groot te maak, word hulle toekomsgereed gemaak.”

Die volgende boekwinkels bied op 14 Augustus afslag aan:

CUM BOEKE: 15%-afslag (Alle takke landwyd)

PNA: Strand Square, Somerset Mall, Somerset Square, Eikestad Mall, The Sanctuary, Whale Coast & Gordons Bay Mall: 25%-afslag

Protea Boekwinkels: 20%-afslag (Alle takke landwyd)

Exclusive Books: 20%-afslag (Alle takke landwyd)

Aneljo Boekwinkel: Mariental, Namibiё  20%   

 

The post Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, 14 Augustus 2019: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Viewing all 1430 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>