Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1430 articles
Browse latest View live

Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend

$
0
0

Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch aangebied word. 

Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:

ATKV-Prosaprys

Prys vir Liefdesroman

Prys vir Poësie

Prys vir Romanses

  •    Sophia se beskermengel – Malene Breytenbach (Melodie)
  •    Liefde vir ’n cowboy – Didi Potgieter (Romanza)
  •    Blameer die skoenlapper – Elsa Winckler (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  •    Prooi – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  •    Losprys – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
  •    Sondag – Irma Venter (Human & Rousseau)

Prys vir Dramateks

  •    Huishou – Philip Rademeyer
  •    Klippe wat val – Philip Rademeyer
  •    Nagskofkliek – Retief Scholtz

Prys vir Niefiksie

 

The post Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend appeared first on LitNet.


Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

$
0
0

In Afrika is daar ’n sêding: dit neem ’n gemeenskap om ’n kind groot te maak. Lily Mtsweni is ’n goeie voorbeeld daarvan.

Dié merkwaardige verhaal begin met Lily se ma, Martha Mtsweni, wat ’n ernstige gesprek met haar werkgewer Ena van den Berg gehad het oor haar ongemak om haar baba gewoon ná haar geboorte na die ouma te stuur om groot te maak. Dit is ongelukkig weens ’n gebrek aan ondersteuningsnetwerke iets wat alte gereeld gebeur.

Martha én Lily se pa het in daardie stadium by Ena van den Berg in Middelburg in Mpumalanga gewerk. Martha as huishulp van die Van den Berg-gesin.

Ena sê toe “Kom ons maak ’n plan.”

Sy onthou die dag toe Lily gebore is. Martha is dieselfde dag nog ontslaan en die piepklein bondeltjie het haar eerste lewensnag in die Van den Bergs se huis deurgebring. Sy is nou nog daar. Ena is vandag soos ’n tweede ma vir haar. ’n Mens sou kon sê die Van den Bergs se dogter, Lené, het daardie dag ’n sussie ryker geword.

’n Baie spesiale band het tussen Lily en Lené ontstaan – een wat ’n enorme invloed sou hê op die gebeure tydens ATKV-Redenaars se eindronde by Goudini op 1 Augustus vanjaar.

Toe Martha weer begin werk, het sy Lily in ’n appelboks al agter haar aangesleep en die oulike baba het diep in almal se harte ingekruip.

Dit was sommer gou duidelik dat dié bietjiemensie ’n ysere wil het om soos haar sussie te wees − Lené se pad, van Mpumalanga na die modewêreld van Europa, is self merkwaardig. Sy het ná skool vir ’n hele paar jaar namens ICE Model Management oor die wêreld heen op loopplanke verskyn, veral in Europa. Sy is nie net mooi nie, sy is slim ook en spog vandag met ’n BCom-honneurs-graad.

Lily wou, nes haar sussie, ook presteer. Die gemeenskap van Middelburg het dit raakgesien en ’n weldoener het besluit om Lily se skoolgeld te borg sodat sy by die Laerskool Staatspresident CR Swart kon skoolgaan. Daar het haar passie en vasbytvermoë haar ook laat uitblink en vanjaar is sy as die onderhoofmeisie van die skool aangewys.

As redenaar het sy gou haar slag gewys. Sy het verlede jaar reeds die eindronde van die ATKV-Redenaarskompetisie gehaal en toe besluit sy gaan in 2019 die ATKV-Redenaars wen.

Wen of nie, om tot die finaal deur te dring is reeds ’n besonderse prestasie. Dit was egter nie net Lily se prestasie nie, maar die van die hele gemeenskap. Haar familie was bankvas agter haar − dit was veral duidelik in haar toespraak. Lily het tydens die ATKV-Redenaars-kompetisie aan die gehoor vertel hoeveel sy haar sussie, Lené, bewonder. Lené was ook in die gehoor, so ook Lily se ma, Martha, en haar ander ma, Ena. Almal wat Lily ondersteun het, was daar by die geleentheid by die ATKV-Goudini Spa vir die ATKV-Redenaars.

Kort vóór die prysuitdeling het Martha Mtsweni bitter trots langs haar meisiekind gaan staan. Selfs in daardie baie benoude oomblikke het die jong Lily se oë geglinster terwyl sy vertel het hoekom haar toespraak oor haar sussie gaan.

Hoekom dan so gespanne?

“Lily het regtig gekom om te wen,” sê Ena.

Hulle weet die mededinging was sterk, maar daardie ysere wil van die, steeds klein, mensie is steeds daar. Sy wóú vanjaar wen.

Kort ná die foto’s geneem is, gaan die deure oop en kon die verrigtinge begin.

Verskeie pryse in verskeie kategorieë is toegeken.

Toe kom die aankondiging: Beste Taalgebruiker in die ATKV-Redenaars se eindronde vir Laerskool Graad 6 – 7, Addisionele Taal gaan aan Simpiwe Lily Mtsweni, Laerskool Staatspresident CR Swart.

Lily was trots, dit was duidelik, maar sy het vir die ander aankondigings gewag.

Derde plek: Pabalelo Pabi Kgolane, Laerskool Julian Muller.

Twee plek: Sisamkele Cekiso, Laerskool Staats

En toe, die wenner van die ATKV-Redenaars se eindronde vir Laerskool Graad 6 – 7, Addisionele Taal: Simpiwe Lily Mtsweni, Laerskool Staatspresident CR Swart!

Presies hoe groot die ondersteuning vir Lily is, kon ’n mens ná die tyd sien. Vir meer as ’n halfuur het sy en die res van die familie vanaf Goudini talle mense by die Laerskool Staatspresident CR Swart en die res van die gemeenskap gebel. Dit was immers ’n spanpoging.

Een van die oproepe was van Ena na Lily se wiskundeonderwyser. Sy kommentaar? “Dis uitstekende nuus, maar sê asseblief vir Lily sy moet vanaand eers ontspan en hoef haar nie nou oor môre se huiswerk te bekommer nie.”

The post Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo appeared first on LitNet.

Harry Kalmer (1956–2019)

$
0
0

Gebore en getoë

Harry Kalmer is op 21 November 1956 in die Hansa-kliniek in Bellville gebore, die vierde kind van Kenneth Laurence Kalmer, ’n elektrotegniese ingenieur, en Johanna Christina Steyn. Drie jaar later vertrek die gesin na Johannesburg en in 1963 begin Harry sy skoolloopbaan aan die Florida Laerskool. In 1970 is hy na Florida Hoërskool, waar hy in 1974 matrikuleer. In sy hoërskooljare “blink (hy) uit as slapgat en skelm roker, ontdek teater en wen redenaarsbeker”, om hom self aan te haal. In 1973 skryf hy sy eerste toneelstuk.

Verdere studies en werk

Na skool gaan Harry na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1979 sy BA-graad verwerf met Afrikaans en Dramakunde as hoofvakke. Gedurende hierdie tyd gaan hy na Amerika, waar hy die land per bus deurreis. Na sy studies in 1980 meld hy hom aan by die Weermag en spandeer hy dertien maande op die grens as luitenant.

Harry werk onder meer as treindrywersassistent, spoorwegklerk, vertaler/leksikograaf, kopieskrywer, arbeider in Griekeland, skottelgoedwasser in Londen, blommeplukker in Cornwall, ’n relatief suksesvolle dramaturg en ’n teaterregisseur wannabe.

In 1981 ontmoet Harry vir Sanpat Hattingh, ’n mode-ontwerper, en in 1983 trou hulle. Hulle het twee kinders, Daniel (14) en Jana (10).

In 1982 word sy eerste kortverhaal, "Man wat deur ’n opblaasmatras vermoor is", in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer en in dieselfde jaar begin hy skryf aan X-Ray Visagie en die Vingers van God. Niemand is egter bereid om dit te publiseer nie.

Harry begin dan in alle erns skryf aan sy dramas. In 1984 word Bloed in die strate (176 interviews for television) deur Jacqui Singer vir TRUK opgevoer. Hierdie stuk veroorsaak die eerste en enigste ernstige geveg met sy ouers, omdat die karakters te veel f** gesê het. In 1985 word die stuk ook in die Markteater in Johannesburg opgevoer. Ook in 1984 skryf Harry Piet Joubert en die Boer War Show en Die val van Pretoria. Eersgenoemde is die naaswenner van die Amstel Awards en laasgenoemde ’n finalis in die Sakruktoekennings. In 1986 word die drama Hartland in die Baxterteater in Kaapstad opgevoer onder regie van Marcel van Heerden.

In 1984 maak Harry vir die eerste keer kennis met die reklamewêreld. Aanvanklik skryf hy die bewoording op hondekossakke, maar in 1987, nadat hy en Sanpat van Europa af terugkeer, begin hy werklik ernstig as kopieskrywer werk.

In 1988 word nog ’n drama, Die wit van hulle oë, deur TRUK opgevoer, weer onder regie van Jaqui Singer, en in 1989 ook Antjie Somers and I, wat in 1990 bekroon word met die Dawie Malan-Dalro-toekenning vir die beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelstuk.

In 1989 verskyn Harry se eerste bundel kortverhale, Die waarheid en ander stories, by Taurus. In hierdie debuutbundel vind die leser betrokke kortverhale waar die politieke situasie die agtergrond vorm en die karakters persone is wat nie altyd oral inpas nie. Enkelinge se swaarkry word verbeeld in verhoudings wat misluk, verminkings en selfmoord en dood. Party van die verhale het die Grensoorlog as agtergrond en die trauma wat daarmee saamhang.

Harry en Jaqui Singer se samewerking duur voort met die opvoering van Watercolour days in 1991 deur TRUK. Hierdie stuk is ook voorgelê vir uitsending op televisie, maar die projek is later laat vaar.

Intussen word Harry se kortverhale gereeld in versamelbundels opgeneem, soos in Vuurslag, Forces’ favourites, Eeu en Vonkfiksie. Sy toneelstuk They say heaven is like TV word onder regie van Craig Freimond deur TRUK opgevoer en wen in 1992 die Vita Potpourri-prys. Dit word ook in die Universiteit van Texas se Afrika-manuskripversameling opgeneem. In 1992 skryf en regisseer Harry die kabaret The secret of my excess vir Lynn Joffe.

Na vele pogings en vele draaie by vele uitgewers word X-Ray Visagie en die Vingers van God uiteindelik in 1993 by Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Dit is ook in Engels vertaal onder die titel Killing Afrikaners, maar die oorsese mark vind die boek "te Suid-Afrikaans".

Hierdie postmodernistiese roman speel af in 1982 in Suid-Afrika. Die land word gekenmerk deur ’n gemilitariseerde lewenshouding. Dit is in die dae toe apartheid hoogty gevier het. X-Ray Visagie is ’n vasvrakampioen op televisie. Suzette en Daan, sy vriende, word lede van Die Vingers van God en as sulks meen hulle dat hulle hul reg op demokrasie met wapen in die hand kan uitoefen. X-Ray word gedurende ’n vasvrawedstryd voor bykans ’n halfmiljoen kykers ontvoer. Dit wat tydens hierdie aksie gebeur, lei tot die sterfte van die meeste lede van Die Vingers van God, wat daartoe lei dat ’n tweede groep, Vriende van Die Vingers van God, op die been gebring word.

Barries Barnard, ’n speurder, word ingeroep om orde uit hierdie chaos te skep. "Die bonte verskeidenheid karakters en die absurde geweldsituasies waarby hulle betrokke raak, maak die boek soos ’n tekenprent in woorde en is daarop gemik om die sensasionele aard van die samelewing te parodieer" (Eduan Swanepoel, De Kat, Februarie 1994).

Harry se stuk Frida Kahlo’s eyes beleef in 1995 onder regie van Sandra Prinsloo meer as 100 opvoerings in nege Suid-Afrikaanse dorpe en in 1996 tref Harry die Kunstefeeste met Sleeping with Alice, wat onder regie van Gerrit Schoonhoven by die KKNK opgevoer word. Hy verwerk Marita van der Vyver se roman Die dinge van ’n kind wat in 1998 met groot sukses by die KKNK, die Grahamstadse Nasionale Kunstefees en by die Klein Teater in Pretoria opgevoer word.

Sy romans Die man met dertien kinders en Kniediep word beide in 1998 uitgegee en hy verwerk eersgenoemde na ’n voorlesing in twee stemme wat in 1999 sy première by die KKNK het en ook op ’n landswye toer geneem word. Hierdie produksie is in 2000 vir vier ENB-Vita-pryse in Bloemfontein benoem. Harry het die roman self vir die radio verwerk en dit is in 2014 oor RSG uitgesaai.

Die man met die dertien kinders is ’n novelle wat as ’n moderne sprokie beskryf kan word. Dit begin wanneer Jos Goosens vir Mathilda ’n sjokolade koop terwyl hul op ’n Griekse eiland is. Terwyl hy vir Mathilda die sjokolade gee, dryf dertien bootjies in die volmaan op die Middellandse See. Aan die einde van die storie kry die leser vir Jos en Mathilda met hul dertien kinders waar hul op ’n plaas in die Bosveld woon. Hier kan Jos weer begin droom – al lê daar ’n lewe vol mislukkings, verbeurde geleenthede en dronkenskap agter hom. "Om vir sy (veelrassige) gesin te kan sorg, moet Jos diep in eie boesem delf en sodoende met sy Afrikaner agtergrond en die geweld en paranoia daarin afreken. Die problematiese verhouding tussen Jos en Mathilda sorg ook vir vermaaklike kommentaar op familie en gemeenskap." (Rapport, 26 Julie 1998, Marina le Roux)

Barries Barnard is weer die speurder in Kniediep. Strijdom Benadé is ’n baie suksesvolle sakeman uit ’n stoere Afrikaner-familie. Hy het ’n meisie, Tash, help grootmaak en toe sy vermoor word, probeer hy uitvind wie haar moordenaar is. Die titel van die verhaal sinspeel op hoe groot die moeilikheid in die verhaal is.

Die gebeure in die verhaal speel in een week af en om die karakters en die gemeenskap beter te verduidelik, maak die skrywer van terugflitse gebruik. Daar is heelwat wendinge in die verhaal wat die leser nie verwag nie en die afloop is ook nie wat die hoofkarakter sou wou hê nie. (Fanie Olivier, Beeld 26 April 1999)

By 2001 se Aardklopfees in Potchefstroom word twee van Harry se produksies op die planke gebring, naamlik The Bitterbek Blues of Ben (die breker) Bartman en Briewe aan ’n rooi dak. Laasgenoemde stuk, wat sentreer om die eensaamheid van die ouderdom, is die wenner van die AngloGold Smeltkroesprys vir die beste nuwe inheemse drama by die fees. Paul Boekkooi, die voorsitter van die beoordelaarspaneel vir die prys, skryf in sy motivering dat Briewe aan ’n rooi dak “’n empatiewekkende teks is byna in die styl van kamermusiek. Dit is sielskommunikerend, maar op ’n werklikheidsvlak totaal geloofwaardig. Dit breek deur bestaande grense.” (Rapport, 7 Oktober 2001)

Harry wen ook in 2001 die Pendoring vir sy radioadvertensie vir ’n Bic-aansteker. Dit is nie die eerste keer dat hy ’n Pendoring wen nie – in 1995 het hy ook as die wenner uitgetree as kopieskrywer in die tydskrifte- en kleinhandelafdelings, en so ook in 1996. In 2004, om die Pendoring-reklamewedstryd se tiende verjaardag te vier, word Harry gevra om ’n spesiale toneelstuk vir die geleentheid te skryf. Die resultaat is sy agtiende toneelstuk onder die titel Wie is Spek Harmse en waarom skryf hy Afrikaanse advertensies? Hierdie stuk, tesame met Briewe aan ’n rooi dak en 25 vrouens, is in 2006 vir televisie verwerk en verfilm en op kykNET uitgesaai. Briewe is ook op DVD vrygestel.

Harry se drama Briewe aan ’n rooi dak word in 2005 deur Harry self gepubliseer in ’n bibliofiele uitgawe, met handgeskrewe briewe in koeverte. Dit vertel die storie van Magdaleen Otto, ’n vrou wat, soos sy ouer en meer eensaam word, briewe aan die bure se rooi dak skryf. Só leer die leser meer van Magdaleen se lewe ken en word die eensaamheid van bejaardes met net herinneringe en onvervulde verlanges waartoe om jou toevlug te neem, op ’n baie aangrypende manier uitgebeeld. ( Rachelle Greeff, Rapport, 15 Januarie 2006)

In 2006 skryf Harry die eenmanstuk Meneer de Beer, waarin die bekende akteur Frank Opperman speel. Dit word in 2007 verfilm.

In 2006 verskyn ook Harry se kortverhaalbundel, Groceries: 56 stories oor huishoudelike produkte, by LAPA-Uitgewers. In hierdie bundel kortverhale kan Suid-Afrikaners hulleself eien in die temas wat die skrywer aanraak. Die verhale se agtergronde wissel van ’n sendingstasie vroeg in die 20ste eeu tot in die woonstel van ’n Afrikaner in die 21ste eeu in die koue oorsee. Die stories het almal illustrasies by en by elke verhaal word iets uit ’n inkopiesak aangewend om die leser "te betower en weg te voer na hierdie realiteite." (Rapport, 3 Desember 2006 en Beeld, 4 Desember 2006)

In 2007 word Harry se roman, En die lekkerste deel van dood wees, bekroon met die tweede plek in die Sanlam Groot Romanwedstryd en verskyn dit by Tafelberg-Uitgewers.

Harry vertel aan Naomi Bruwer op LitNet dat En die lekkerste deel van dood wees ’n moordstorie met vyf kante is. "Dit gaan egter/dalk/miskien ook oor vyf verskillende soorte alleenheid. Magdalena Otto is so eensaam dat sy briewe aan die bure se rooi dak skryf. Haar seun Kobus is so alleen dat hy die hele tyd stoned is. Sy dogter Camilla is so eensaam dat sy crack rook. Die petty criminal Basil Apolis se alleenheid het fatale gevolge vir Magdalena, en haar man Isak is so eensaam dat hy weier om op te tree soos ’n ordentlike dooie behoort op te tree. Kortliks gestel, dis ’n familiesage waarop Springbokradio trots sou wees en enige sepiekyker sal geniet. ’n Verhaal wat elke moederhart sal roer en die verloop van die wêreldgeskiedenis gaan verander. Enige leser wat meer van ’n boek wil hê behoort hom/haar te skaam."

Op LitNet skryf Andries Bezuidenhout oor En die lekkerste deel van dood wees: "Die storie word vanuit verskillende oogpunte vertel, insluitende dié van ’n moordenaar en ’n vermoorde. Die skrywer verander as’t ware in vyf uiteenlopende persone.

"Daar is ’n bejaarde vrou wat briewe aan die huis langs haar se dak skryf, omdat sy niemand anders het om voor te skryf nie – Magdalena Otto.

"Daar is hierdie vrou se kleindogter – ’n popster in die VSA wat herstel van haar verslawing aan crack. Ons vind uit dat haar ouma in Suid-Afrika vermoor is – Camilla (Wolke) Otto. Hierdie gedeelte verwerk Harry Kalmer later in ’n volwaardige toneelstuk.

”Ons lees die transkripsie van kassette met die stem van die moordenaar – Basil Apolis.

"Ons lees die briewe wat die popster se vader aan haar geskryf het, maar nooit gepos het nie. Toe sy klein was, het hy haar verlaat om terug te keer Suid-Afrika toe – Jak Otto.

"Aan die einde van die boek kom selfs die oorlede man van die vermoorde vrou aan die woord. Hy dryf tussen siprestakke rond en wonder oor sy lewe en sy dood – Isak Otto.

"Dis ’n vreemde boek – amper soos ’n spookstorie – maar ek dink Harry Kalmer klim op ’n oortuigende wyse onder sy karakters se velle in. Die stories kom vir my heeltemal geloofwaardig oor. Met die lees daarvan het ek gevoel ek is besig om iets te lees wat geheel en al outentiek is. Daar is ’n paar redes hiervoor.

"In die eerste plek skryf Kalmer oor die Johannesburg wat ek ken. Dis nie die beskermde voorstede van Saartjie Baumann nie. Dis die kant van die stad waar Afrikaners maar net nog ’n groep immigrante is, waar ons op ’n manier in ’n kosmopolitiese mengelmoes verdwyn.

"’n Deel van die stad se onheilspellende ondertone kom uit as Camilla Otto wakker lê in die rehabilitasiesentrum in die VSA. Sy hoor honde in die verte blaf en dit herinner haar aan Johannesburg: 'Honde wat blaf. Haar pa wat die gordyne versigtig eenkant toe trek en buitentoe tuur om die oorsaak van die honde se onrustigheid probeer sien' (p 64).

"Dan is daar die moordenaar, wat ná ’n traumatiese bekendstelling aan Johannesburg deur die skuim van die aarde met ’n bebloede gesig op die sypaadjie gaan sit en sien die straat se naam is Mooistraat. Hy begin 'lag en lag en lag' (p 146).

“In die laaste gedeelte van die boek, oor die lewe van Isak Otto, word Johannesburg weer uit die verlede opgegrawe. Dis die herinneringe se detail en tekstuur wat dit so geloofwaardig maak. Isak se vriend Abdie se pa ry groente van die Newtown Mark af aan na sy groentewinkel in Troyville. Abdie se pa sê vir Isak se pa, 'Naand, baas Otto' (p 216).

"Hierdie is maar enkele voorbeelde om die punt te illustreer. Dis die tekstuur en die detail in En die lekkerste deel van dood wees wat ’n mens ’n ander blik op die stad gee. Ons kry ’n weergawe van Johannesburg wat dieper kyk as die oppervlakkige weergawes van 'suburb' en 'township'. Dis ’n stad waar regte mense woon. Hulle leef die geskiedenis deur hulle liefdes, teleurstellings en trauma. Hulle is mense wat nie instaan vir een of ander groot idee nie.

"’n Tweede rede vir die boek se geloofwaardigheid is die manier waarop daar oor musiek geskryf word. Een van die mees treffende tonele is waar Camilla Otto praat oor hoe sy voor sy op die verhoog gaan, met haar kop teen die muur gaan staan en toelaat dat die klanke van die bastrom en die baskitaar deur haar lyf gaan. 'Dan stoot sy haarself van die muur af weg en stap die kollig in wat haar aan die kant van die verhoog inwag. Al skree en gil die gehoor wanneer hulle haar sien, weet sy dat die beste deel van die vertoning reeds verby is ...' (p 109). (...)

"’n Laaste rede vir En die lekkerste deel van dood wees se geloofwaardigheid is die wyse waaroor [sic] daar oor buitestanders geskryf word, die mense wat nog nooit in die kassies van die groot ideologieë ingepas het nie – hetsy die nasionalisme van die Afrikaners of die Marxisme van die bevrydingsbeweging. Mense is kompleks en kan nie tot wette van die geskiedenis of stereotipes gereduseer word nie. Ek wil graag die boeke van skrywers lees wat die vervelige ou gesprekke oor misdaad en verval op ’n interessante manier aanpak en ’n mens op nuwe maniere daaroor laat dink. Maar sonder om maklike antwoorde te gee.

"Etienne van Heerden, Mark Gevisser en Harry Kalmer skryf op verskillende maniere oor hoe moeilik dit is om onder ’n ander mens se vel in te kruip, om op sy skouer te gaan sit, of om in haar skoene te staan. Ek dink nie juis ek gee om oor of dit in die vorm van ’n roman, oor die skryf van ’n roman, ’n roman, of ’n biografie is nie. Dis sulke eksperimente wat dit vir my die moeite werd maak om aan te hou bly in hierdie land waar dit meestal onmoontlik is om in tuis te voel."

Harry skryf tussendeur al sy ander bedrywighede ook vir die My tyd-bylae in Rapport die gereelde rubriek oor Vlieger. Dit is gesitueer in die 1970's en vertel van Vlieger wat tot sy ma en pa se ontsteltenis verlief raak op ’n Portugese meisie. Hy gaan weermag toe en bly wonder oor die moeilike tyd tussen kind- en manwees. Harry se skryfsels oor Vlieger is só gewild dat Harry dit in 2011 op versoek van die Woordfees as verhoogstuk verwerk met Ben Kruger in die rol van Vlieger. Die stuk is getiteld Vlieger unplugged, Die produksie vervleg voorlesings en voordrag en om die gebeure verder toe te lig, is daar ’n volledige klankbaan en videomateriaal.

In 2012 word Vlieger en die gevare van close dance by Queillerie uitgegee. Vlieger kry sy naam wanneer sy bal op die treinspoor beland waar die Bloutrein se buffer hom so op sy agterwêreld tref dat hy met 'n wye boog deur die lug trek, sonder om ernstige beserings op te doen.

In Beeld van 5 November 2012 skryf Dineke Volschenk: "Hierdie bekoorlike verhale oor die lewe in Suid-Afrika in die sewentigerjare word gepubliseer in Vlieger en die gevare van die close dance. Die skrywer het die vermoë om fyn detail te verskaf en hierdie verhale word terselfdertyd die verhaal van die grootwordjare en geestestoestand van die jong wit mense van daardie tyd."

Harry se volgende drama, Die Bram Fischer-wals, debuteer in 2012 in Bloemfontein. Die stuk speel af in die Pretoria Sentraal-gevangenis, waar Bram Fischer lewenslange tronkstraf uitdien nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy die kommunisme bevorder het en saamgesweer het om die regering omver te werp. (Beeld, 15 September 2014)

Die drama beeld Bram Fischer se lewe op geskakeerde manier uit, sodat nie net sy politieke ideale en sienswyses nie, maar ook sy menslikheid en Afrikanerskap belig word (Tydskrif vir Letterkunde, Lente 2015). Die Engelse weergawe van hierdie drama, The Bram Fischer Waltz, word in 2013 by die Grahamstad Nasionale Kunstefees opgevoer, waar dit 'n Silver Ovation-toekenning ontvang, en in 2014 word dit bekroon met 'n Adelaide Tambo-prys vir menseregte in die kunste. Die Bram Fischer-wals is in 2016 deur Wits University Press in boekvorm gepubliseer.

Die Bram Fischer-wals het ook ’n speelvak gehad by die Woordfees in 2013. Kalmer het met Stephanie Nieuwoudt gesels oor sy motivering om die stuk aan te pak: "Ek het dit seker maar gedoen in die vae hoop dat dit my geld in die sak gaan bring en ontsettend beroemd gaan maak. Ek dink liewers nie te hard oor my eie motivering nie. Bram Fischer is een van daai mense van wie ek dink ek iets weet maar eintlik niks van weet nie. My lewe is vol sulke figure – soos Freud, Jung, Marx en Mao. Soort van ’n kulturele ikoon. Ek het lank met die idee rondgeloop nadat ek Slangman se biografie as geskenk gekry het. Ek het meer oor Fischer gelees en probeer om uit te puzzle waarom hy sekere keuses gemaak het. Toe ek eers begin lees toe was ek verstom hoe min sy biograwe oor Afrikaners verstaan. Dit was dalk die motivering om die stuk aan te pak. Die sneller was toe ek dit aan Adri Herbert, programhoof van die Vryfees, genoem het en sy die geld bymekaar gemaak het wat die produksie moontlik gemaak het. En toe ek eers met mense begin praat wat saam met Bram in die tronk was – het ek besef ek het ’n wenner." (https://blogs.litnet.co.za/feeswoord/tag/bram-fischer)  

Harry erken teenoor Nieuwoudt dat hy nie met Fischer identifiseer nie, maar eerder ’n bewondering vir hom het. "Hy verteenwoordig ’n ander tyd, met ander waardes. ’n Tyd toe selfs politici nog integriteit gehad het. Hy het interessante keuses gemaak. Verstommende keuses (sommiges sal sê domastrante keuses), maar na die beste van my wete het hy meestal met integriteit opgetree. Hy voel ook bekend. Soos die ‘ooms’ waarmee ons groot geword het. Miskien net ’n bietjie jollier – Bram het van mense gehou en graag partytjie gehou. En dalk is hy ook effe meer medemenslik. Baie dinge van Bram was/is vir beide my en David (Butler wat die rol van Bram Fischer vertolk) geweldig bekend. Hy was uit dieselfde hout gesny as die mans wat my Afrikaanse, en David se Engelse kinderjare bevolk het."

Oor sy keuse van David Butler vir die rol van Fischer vertel Harry dat nadat hy een aand vir Butler gesien het, hy besef het dat hy nogal effe na Fischer lyk. En hulle het al voorheen saamgewerk: "Hy is wyd belese en het ’n literêre benadering wat my as skrywer aanstaan. Hy het ook ’n tegniese register en ’n verstommende stage presence danksy sy werk rondom Herman Charles Bosman. Hy en Nicky Rebelo is meesters van die one-hander. Hy het die rol aanvaar nog voordat ’n woord geskryf of ’n pennie in die bank was."

Die manuskrip van Harry se volgende boek, ’n Duisend stories oor Johannesburg, is in 2012 op die kortlys vir die Groot Romanwedstryd en in 2015 is dit op die kortlys vir die toekenning van die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyr-prys, die ATKV-Prosaprys en die kykNET-Rapportpryse vir fiksie en in die rolprentafdeling. Dit is in Engels vertaal en in 2018 word dit met die Barry Ronge-prys vir fiksie bekroon.

Op LitNet is Johannes Bertus de Villiers die resensent. Hy skryf as volg oor ’n Duisend Stories oor Johannesburg: "Wanneer Harry Kalmer in sy aangrypende ’n Duisend stories oor Johannesburg die verhaal van die Goudstad vertel, gaan dit oor mense wat kom en gaan. Selfs by diegene wat in Johannesburg gebore [is] of grootgeword het, spook die stories van hul ouers en grootouers wat as ontwortelde Boere of Chinese trekarbeiders na die stad gekom het.

"Mense sou dalk kon verskil oor wie die hoofkarakter van dié gefragmenteerde roman, bestaande uit ’n aantal verweefde narratiewe, werklik is, maar die storie neem uiteindelik vorm aan rondom Zweig van Niekerk, ’n Suid-Afrikaner wat dekades reeds in Londen woon nadat hy en sy Indiërvrou voor die Ontugwet moes vlug. Zweig keer terug na sy Johannesburg om sy suster te besoek, maar selfs hy, wat hier gebore is, beleef die stad soos ’n vreemdeling en inkomeling. En vir inkomelinge brand die stad. Dis 2008 en 'makwerekwere' in die townships vlug vir hul lewens.

"Terwyl Alexandria brand, bly Zweig in ’n boetiekhotel in Belgravia, omring van die karakters wie se verhale (en familieverhale) die roman vorm. Hulle sluit in ’n Afrikaanse digter en die buite-egtelike dogter wat hy eers as volwasse vrou leer ken het. ’n Fotograaf wie se voorouers uit China Johannesburg toe getrek het. ’n Tsjeggiese immigrant. Die interessantste van dié karakters (en een wie se storie mens wens verder ontwikkel was) is ’n vrou uit Franssprekende Afrika wat in die gastehuis teen die vreemdelingehaat kom skuil. Mens verwag aanvanklik dié vrou gaan ’n belangrike narratiewe spil word waarom die roman uiteindelik grotendeels wentel. Parallelle word in die teks selfs getrek tussen Suid-Afrika se xenofobiese geweld en Kristalnacht, ’n gebeurtenis wat op ’n karakter uit ’n vroeëre generasie ’n bepalende invloed gehad het. Maar gaandeweg verdrink die tema van vreemdelingehaat so bietjie tussen die ander verhaallyne totdat mens teen die einde die indruk kry die skrywer het effens daarvan vergeet.

"Die struktuur van die verhaal beteken dat daar nog ’n paar voorbeelde is van storielyne wat onderbreek word sonder dat dit voel of hulle hul volledige verloop gehad het. Maar vernaamlik vorm die magdom stories egter ’n boeiende geheel.

"In die teks word herhaaldelik melding gemaak van ’n Duisend en Een Arabiese Nagte. Heelwat van wat al oor Kalmer se roman geskryf is, vergelyk die boek met dié klassieke Arabiese werk in die opsig dat mens dit (soos sommige werke van Italo Calvino en Felipe Alfau) op enige plek sou kon begin lees en steeds ’n samehangende storie sou aantref. Ek stem nie heeltemal hiermee saam nie. Ek het in ’n Duisend stories oor Johannesburg ’n besliste narratiewe boog gevind, gebou om die verloop van Zweig se besoek en die geleidelike onthulling van sy familiegeskiedenis (sy grootouers wat die Anglo-Boereoorlog, oftewel Suid-Afrikaanse Oorlog, oorleef het; sy pa ’n verloopte predikant wat in die 1950’s by die struggle teen apartheid betrokke raak).

"’n Interessanter vraag na aanleiding van die titel is eerder waar mens die 'duisend stories' van die titel sou aantref. Want op die oog af lewer Zweig en die ander hoofkarakters net ’n handvol verhaallyne op.

"Die krag van die roman – en ek moet benadruk dat dit ’n boeiende roman is wat ek, ondanks die meer as 300 bladsye, moeiteloos in een dag deurgelees het – lê daarin dat dit binne ’n stad geplaas word waar elke gebou ’n magdom stories vertel. Soms kry Kalmer dit reg om in een beskrywing van ’n straattoneel ’n hele wêreld van stories te suggereer; ’n duisend geskiedenisse van ’n stad wat vinnig opgeskiet het, uitspattig gebloei het, en nou in die nagloed van dié goue dae teen ’n vorm van selfverwoesting veg. (...)

"Baie selde is daar al in Afrikaans met so ’n ‘spirit of place’ oor Johannesburg geskryf. Geen leser wat al sy of haar hart vir Johannesburg gegee het, sal daardeur onaangeraak bly nie."

Ook Deon Maas (Netwerk24, 11 Augustus 2014) is beïndruk met ’n Duisend stories: "Die kort sketse dien slegs as ’n agtergrond terwyl Harry sy storie stadig ontbloot soos ’n ontkleedanser wat langer as net een Guns ’N Roses-liedjie vat om van haar klere ontslae te raak. Harry vertel die storie soos iemand wat baie ervaring het van stories vertel, seker nie ’n moeilike situasie as ’n mens 23 toneelstukke agter die blad het nie.

"Met elke scenario en nuwe karakter bring hy nog elemente na die storie om die donkerte waarin jy ronddwaal, ligter te maak. Hy verweef hierdie stories sonder om iemand af te skeep en dwing jou om bladsy op bladsy te lees al is dit al verbly slaaptyd.

“Sy karakterontwikkeling gebeur teen die agtergrond van goed nagevorste geskiedenis oor Johannesburg. Soveel so, dat jy op die einde besef dat Johannesburg vandag steeds dieselfde plek is as wat dit gedurende die tyd van die goudstormloop was – ’n plek waarheen mense kom met die hoop om ’n beter, nuwe toekoms te vind."

Vir Maas is die storie só suksesvol as gevolg van die manier waarop dit vertel word. "Dit is die teken van ’n skrywer wat sy selfvertroue en voete op dieselfde tyd gevind het. ’n Duisend stories oor Johannesburg is ’n ode aan die stad én die mense én hul stories. Ons kon vir niemand beter gevra het om dit te skryf nie."

Harry Kalmer se laaste boek voor sy voortydige afsterwe aan die einde van Julie 2019 is In die land van die voëls.

Johan Myburg vertel die storie van In ’n land sonder voëls op Maroela Media. Adam Burger is die hoofkarakter van hierdie verhaal wat iewers in die middel van die 21ste eeu afspeel. Na die chaos na die demokratiese verkiesing is ’n referendum uitgeroep. Die mensdom het gestem ten gunste van ’n ekonokrasie – in hierdie ‘utopie’ sou alle korrupsie, geweld en oorloë nie bestaan nie en die Korporasie sou aan die hoof van alles staan.

Ook die klimaat vorm deel van hierdie agteruitgang. Daar is ’n wolklaag tussen die aarde en die son, en wanneer die son wel deur die wolke skyn, blaas ’n sonfluit en moet almal hulle skutbrille opsit.

Die roman word in drie dele verdeel, naamlik "Fladdering", "Vlug" en "Land". Op Netwerk24 (23 Junie 2019) skryf Jean Meiring dat hierdie "dubbelsinnige binnetitels die verhaal se boog gelykstel aan die trajek van ’n voël.

"In die openingsdeel stapel Adam Burger se ek-vertelling in die hede in korterige flitse op. Hulle word deur ewe beknopte aflewerings afgewissel waarin Adam sy ontslape vrou, Sybille, uit die toekoms uit direk aanspreek. (...)

"In die tweede deel, ‘Vlug’, stu die verhaal terugblikloos vinnig in die hede voort, die hinterland se bloedbelope boskasie deur. En dan, in ‘Land’, word die hede-vertelling weer eens met die terugskouende gesprek met Sybille afgewissel.

"Uiteindelik besef ’n mens terdeë dat wat telkens as die waarheid voorgehou word, dalk iets volledig anders is. Só val die skille keer op keer van ’n mens se oë af totdat jy in die finale instansie nie mooi wys is wat wat is en wie se woorde geglo kan word nie."

Johan Myburg skryf as volg in sy resensie op Netwerk24 (24 Junie 2019): "Die 'beter lewe' wat aangebreek het, is die soort toekomsbestaan wat Aldous Huxley beskryf het in sy Brave new world van 1932, ’n boek waarvan hy die aard self bevraagteken het: Is dit satire, ’n profesie of ’n bloudruk? Kalmer se jongste roman laat ’n mens fladder tussen dié moontlikhede en laat jou heimlik hoop op satire. Wat jou laat twyfel, is ’n opmerking soos: 'Dalk is dit in die aard van beskawings om onbeskaafd te wees.'

"Aan die woord is Adam Burger, soos Huxley se hoofkarakter ’n soort alfa-man met inherente gebreke, wat as hy vir hom ’n nom de guerre moet kies, terugval op die naam Siener van Rensburg (hy kon net sowel X-Ray Visagie gekies het). Hoewel Burger nie meer vandag se kind is nie – hy het sy kwota mankemente, onder meer swak oë – het hy die visage van James Bond, Mick Jagger en straks Peter Pan.

"'Ek praat dalk die taal van onthou, maar ek het my leesbril vergeet,' sê Burger vroeg in die boek en kom later mank en met ’n kierie oor die weg. Dat hy verliese gely het, soos die Bybels Job, blyk uit die naam van sy dogter, Jemima (wat terloops tortelduif beteken).

"Hy is alleen – sy mense het hy verloor, nee, hulle is van hom weggeneem – en hy raak betrokke in ’n newelwêreld, ’n nagmerriewêreld waartoe hy toegang kry soos Alice na haar Wonderland deur ’n tonnel, kompleet met ’n sakkie 'drink my'-poeier, in sy geval gemerk 'vir die ouer ultrasportman'.

"Maar dan is hy ook Faustus en les bes, gered deur ’n man met die naam Moses, sélf Moses in sy hangmatbedjie. Name en die betekeniswêreld van name in dié roman rakel ’n parallelle bestaan van sy eie op, maar so ook die magdom multi-betekenisse wat dikwels gewoon tersluiks genoem word.

"Hoewel die verhaal in die toekoms afspeel, is die roman geanker in ’n herkenbare (Suid-Afrikaanse) landskap met ruim beskrywings van ’n hinterland met fauna en flora en hedendaagse produkte, wat nogal dikwels as 'outyds' beskryf word. Daarmee saam betree jy tegelyk die onbekende, wat jou versigtiger laat lees en twee maal laat dink voor jy aanvaar jy snap volledig.

"In wese is die boek veel lywiger as wat ’n mens kry tussen voor- en agterblad. Reken jy die wêrelde van die verwysings in, veral na musiek (moontlik ook as ’n soort klankbaan) én godsdiensbeskouings en godsdienstige dokumente, kom jy onder die indruk van die verwikkelde aard van dié roman, van die gelaagdheid en die onderbeklemtoonde maar sekure hand waarmee Kalmer skryf. Ná hoeveel boeke weet hy nie net wie sy lesers is nie, maar ook waar sy meesterskap lê.

"Kalmer bied ’n rykdom dis- of eerder anti-utopie waarin die leser nuuskierig haar of hom kan verlustig. Bo en behalwe die goeie storie wat Kalmer vertel. Die boek het immers die opdrag: 'Vir my lesers'."

Tydens die Woordfees in 2019 op Stellenbosch gee Harry saam met die visuele kunstenaar, Hannelie Coetzee, die lapboek Die agtste plaag uit. Dit is saam met ’n vrouehandwerkkring in Hillbrow gemaak en is onder andere geïnspireer deur ’n rooi lapboek uit Harry se kinderdae.

Dit vertel die storie van ’n Hollandse skoolmeester wat gedurende die Anglo-Boereoorlog aan die kant van die Boere geveg het en deur die berugte krygshof van Wolmaransstad gefusilleer is.

Hy was dus ’n verraaier, maar, vertel Harry op die Woordfees, "eerder van sy eie idealisme as van ’n nasionalisme”. Hy het aan die Boeresaak geglo, maar tydens sy vrou (Esperance, wat Frans vir “hoop”) se derde swangerskap besef hy oorlog is nie vir hom nie.

"Die boek is ’n liefdesverhaal van twee outsiders – Martruid ('Die kindermeid' en 'bywonersweeskind’) en die Hollandse skoolmeester wat sprinkane in bottels aanhou.

"Ek was mal oor Hannelie se landskapkuns 'Locust & Grasshopper' in 2017 toe sy reusagtige swart prente in die wintergeel gras in die koppies rondom Nirox se beeldpark gebrand het. Toe sy die storie lees en afkom op die sprinkaanversameling van die Hollandse skoolmeester het dit tot haar gespreek.

"Ekself verwys in Die Bram Fischer Wals na die Britse soldate wat Bloemfontein inneem as sprinkane. Die sprinkaan bied ons ’n geleentheid om ’n menslike storie te vertel met die oorlog as agtergrond. Metaforiese reportage eerder as ’n visuele 'show and tell'. Oorlog; die sprinkaan wat ’n verwoeste aarde agterlaat in sy wake.

"Hannelie en ek deel ’n belangstelling in 'verborge geskiedenisse'. Daarom is ons bly dat Ingrid Winterbach, [wat] dikwels self ’n sonderlinge blik op die geskiedenis bied, met ons gesels by die woordfees. Ons was ook gelukkig om ons pel Glenda Venn, die aweregse grafiese en boekskepper en hoof van Istago! Communications aan boord te kry om met die uitleg en drukproses te help.

"Hannelie se vrou, die skrywer en kunstenaar Reney Warrington, het ’n kort film geïnspireer deur die boek met ’n voice over deur Mariëtta Kruger (TBC) [te skiet].

"Die boek self is ’n labour intensive job en Hannelie sit elke dag saam met lede van die Boithumelo Sewing Projek in Hillbrow daaraan en werk.

"Sy en ek is altwee Gereformeerd groot gemaak dus is die 'Psalmboek formaat' nie toevallig nie. Net soos 'die kantwerk' wat die boek omsoom ’n verwysing is na Emily Hobhouse se kantwerkprojekte saam met die boerevroue na die oorlog."

Ná Harry se afsterwe sê Hannelie aan AJ Opperman (Die Burger, 27 Julie 2019) dat Die agtste plaag Harry se idee was, "maar hy het respek gehad vir wat ek doen. Dit was regtig deel van sy persona om saam met iemand iets te skep en oop vir voorstelle te wees. Hy was ’n baie spesiale kunstenaar. Dit was sy Nuwejaars-brainwave in 2018 en verlede jaar het ons in die winter bier gaan drink en daaroor begin praat."

In 2018 is kanker by Harry Kalmer gediagnoseer. Op 26 Julie 2019 is hy in Johannesburg aan keelkanker oorlede. Hy laat sy vrou Sanpat en twee kinders agter.

Huldeblyke

  • Jeanette Ferreira: "’n Briljante skrywer en ’n mensch. Altyd die lewe lig aangepak – oënskynlik. Waarskynlik omdat hy ’n ware filosoof was. Voorspoedige reis, Harry." (Facebook)
  • Marcel van Heerden: "Dit is vir my ’n groot kompliment dat Harry altyd gesê het ek het hom gehelp om in teater te kom. Maar ek voel ’n baie persoonlike verlies. Ons was huisvriende en ons seuns was saam in die klas. Dit was vir my ’n groot kompliment dat hy die stuk Weg in 2017 vir my geskryf het. Ek het geweldig baie respek vir hom gehad as skrywer. Ek is bly dat toe hy siek geword het, daar ’n dringendheid by hom ingeskop het om aan te hou werk." (Die Burger, 27 Julie 2019)
  • David Butler: "Dit was ’n reis saam met Harry. Ons is ook bevriend en in 2011 het hy my vertel van ’n idee wat hy het. Daar was nie ’n teks nie, maar omdat dit Harry is, het ek dadelik ja gesê en ’n paar maande later was daar ’n teks. Ons het by my huis gerepeteer. Ek het hom as ’n skrywer vertrou. Daar was 'n short hand tussen ons." (Die Burger, 27 Julie 2019)
  • Hans Pienaar: "Harry was my sielsgenoot, my broer, my kameraad. As skrywer het Harry onvergeetlike karakters geskep en hy was een van die beste humoriste in enige taal in Suid-Afrika. Vir sy vele vriende het hy lojaliteit bo alles gestel; hy was ’n ware mensch met ’n diep insig in ons lewens. My kinders sê hulle onthou die warmte van ons aande saam. Hy het ons male sonder tal vermaak met sy unieke humorsin; daar het nooit ’n onoorspronklike woord oor sy lippe gekom nie. Sy heengaan laat ’n groot gat in my lewe." (Die Burger, 30 Julie 2019)
  • Corné Coetzee, Hans Pienaar se vrou: "Ek wil skaars glo dat ons vriend van meer as drie dekades nooit weer met ’n bottel wyn by ons stoeptrappe sal opstap nie. Hy kon lekker kuier omdat hy in byna alles, en bowenal mense, belang gestel het. En hy kon luister. Sy geesdrif oor dinge was wonderlik. Oor ’n boek wat hy gelees het, ’n toneelstuk, ’n plek, ’n song, ’n spesiale gereg wat Sanpet gemaak het. Harry het dikwels verwonderd gesé: 'Die beautiful!' Een van die heel mooiste goed was sy liefde vir sy kinders en sy vrou. Ek dink dis in een van sy kortverhale dat ’n karakter na sy vrou van baie jare sit en kyk, en hy dink: 'EK besef ek is nog steeds verlief op haar.' En almal wat vir Harry en Sanpat geken het, weet dit is geen persona nie, dit is Harry wat self hier praat, uit sy groot, liefdevolle hart uit." (Die Burger, 30 Julie 2019)
  • Schalk Schoombee: "In 1991 was my eerste onderhoud vir De Kat met Harry, die kopieskrywer, vir ’n artikel oor Afrikaanse taalmense in die reklamebedryf. Toe al was hy behep met die woord, slagreëls, klingels, hoe woorde vlytig ingespan word om enige produk te verpak. Maar Harry wou ook wyer gesels, oor skrywers, filosowe en boeke waarvan ek niks geweet het nie, oor politiek, idees, denkrigtings. Hy het oorgeloop met konsspte en gebroei oor projekte. Een beroep kon hom kwalik definieer. Later sou hy in ’n radioveldtog vir dié glanstydskrif met die ongeveinsde slagreël vir Nataniël vorendag kom: 'Maar koop net die bleddie ding!' (...)

"Harry was altyd aan die lees, herlees en navors, onversadigbaar en byna obsessief, maar hy was geensins koesterend oor boeke. Hy wou nie boeke opgaar nie, het hy my meegedeel, eerder weggee. Plek maak vir die volgende ontdekking en leesavontuur. Sy nugter kyk op sake blyk uit elke sin en paragraaf van sy werk. Oogklappe is daar nie. In een onderhoud het hy gebieg dat hy altyd geboei was deur 'verskuilde geskiedenisse', stories wat onvertel gebly het. Sy verkennende gees en dikwels eksperimentele aanslag was trompop, onthutsend en gestroop.

"Hy was deeglik bewus van neigings in die letterkunde, maar kon sy eie koers onbeteueld inslaan. Stories was belangriker as postmodernistiese speletjies; resensente moes dans om by te bly met die veelheid van narratiewe drade, karakters met kruiskulturele identiteite, die wye belangstelling van ’n outodidak, aanhalings en fragmente wat hy om ’n tema geweef het." (Die Burger, 30 Julie 2019)

Publikasies:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Keur van artikels oor en deur Harry Kalmer beskikbaar op die internet

 

Bygewerk: 2019-08-14
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

The post Harry Kalmer (1956–2019) appeared first on LitNet.

Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos

$
0
0

In die winter het ses skrywers, in samewerking met PEN Afrikaans, op Somerset-Oos in die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis aan hulle manuskripte gaan werk.

Dit was ’n tyd van verhaallyne bymekaartrek, van skrywers wat mekaar leer ken, kaggelvuurstories en skoolbesoeke.

Hier is ’n paar kiekies – soos deur die oë van Ronelda S Kamfer.

Nathan Trantaal

Jeremy Veary en Nathan Trantaal

Buite Gill-college met die skrywers se skoolbesoek

Opgemerk in die biblioteek van Johnson Nqonqoza-skool

Die biblioteekvlag van Johnson Nqonqoza-skool

Agterkant van skrywershuis in winterson

Blik op die tuin

Jeremy Veary hard aan die skryf

Kirby van der Merwe en Jeremy Vearey

Kirby van der Merwe

Lynthia Julius, Ryan Pedro, Nathan Trantaal met sy dogtertjie Seymour, Jeremy Veary en Kirby van der Merwe langs die skrywershuis

Lynthia Julius

’n Begeesterde Jeremy Veary in die biblioteek van Johnson Nqonqoza

’n Besoeker uit die Bosberge langs die huis kom maak sy opwagting!

Nathan Trantaal, Jeremy Veary en Kirby van der Merwe in gesprek

Nathan Trantaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro koukus tydens die skoolbesoek

Ronelda Kamfer

Skrywers op die verhoog

Skrywersstappie in die tuin

Tuingesprekke

  • Foto’s: Ronelda S Kamfer  
  • Teks: Theo Kemp

The post Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans-nuusbrief: Augustus 2019

$
0
0


Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Voorleggings ingewag: Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel

Dit is tyd vir die vyfde Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel. Die eerste vier bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.
 
Du Toitskloof Wyne, ’n gewaardeerde Woordfees-vennoot, borg weer in 2020 die R30 000 prysgeld wat aan die skrywer van die wenverhaal toegeken word. Die skrywers wat in dié bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang. Du Toitskloof maak ook ’n bydrae tot hierdie prysgeld en borg die bekendstellingsgeleentheid van die kortverhaalbundel, wat by die 2020 Toyota US Woordfees aangebied sal word. 
 
Soos vanjaar sal een van die verhale in die 2020-bundel gekies word om as kortfilm deur kykNET vir die Silwerskermfees verwerk te word.
 
Skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem gaan word, sal by die Woordfeesprogrambekendstelling in November 2019 bekend gemaak word. Die wenverhaal asook die verhaal wat vir ‘n verwerking tot kortfilm gekies is, sal eers tydens die bekendstelling van die bundel, gedurende die Toyota US Woordfees van 6-15 Maart 2020, aangekondig word.
 
Die sluitingsdatum is 30 September om 16:00.
 
Die volledige persverklaring is hier beskikbaar.
 
Oproep: Perspektiewe op Breytenbach
 
By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 word ’n digitale publikasie voorberei waarin die aandag uitgaan na afsonderlike gedigte in sy omvangryke oeuvre.
 
Die idee is dat gedigte uit hulle bundelkonteks gehaal word en aan ’n teksgerigte lesing onderwerp word. Hierdie versameling van tekste waarin enkelgedigte geïnterpreteer word, kan naas stiplees- of close reading-oefeninge byvoorbeeld ook tematiese, poëtikale of politiek-ideologiese interpretasies van enkelgedigte bevat.
 
Die interpretasies moet ongeveer 1000 woorde (uitgesonderd dié van die gedig wat bespreek word) beslaan. Die plan is dat die publikasie nie net multidissiplinêr nie, maar ook transnasionaal ingevul sal word.
 
Lesers en vertalers van Breytenbach se poësie, in Suid-Afrika en Europa, word dus uitgenooi om te fokus op ’n spesifieke gedig wat hulleself gekies het vir interpretasie.
 
Die tekste word in die week van die Breytenbach se tagtigste verjaardag op LitNet gepubliseer, moontlik later gebundel en ook in harde kopie gepubliseer.
 
Tydens die Tuin van Digters en later tydens die colloquium van die Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (Universiteit Gent, 17–18 Oktober 2019) word die projek in die teenwoordigheid van die digter bekendgestel.
 
Voorstelle van ongeveer 100 woorde met vermelding van die gedig (en die titel van die bundel waarin dit oorspronklik verskyn het) wat geïnterpreteer gaan word, kan tot 15 Augustus aan Louise Viljoen (lv@sun.ac.za) en Yves T’Sjoen (Yves.TSjoen@UGent.be) gestuur word.
 
Die finale kopie word op die laaste op 5 September verwag.
 
Publikasie word beplan vir die week van 9 tot 16 September.
 
 Werkswinkel: Kom slyp jou Afrikaans

(Her)ontdek ’n paar geheime van goeie geskrewe taalgebruik tydens die gesellige Kom-slyp-jou-Afrikaans-werkswinkel op Donderdag 5 September 2019 by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg.

Dié werkswinkel, aangebied deur die talentvolle taalkenners Jana Luther van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Fred Pheiffer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), is gemik op die algemene publiek en taalpraktisyns. Dit sal fokus op taalverwikkelinge soos opgeneem in die jongste Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), asook algemene goeie praktyke, taalversorging, leestekengebruik en skryfwyses (vas of los; koppel- en deeltekens; hoof- of kleinletters), en so meer. Gereelde foute, soos woorde wat verkeerd gebruik of gespel word, sal behandel word en deelnemers kan ook vrae oor hulle eie taalprobleme vra.
 
Die werkswinkel kos slegs R250 per persoon en vind van 09:00 tot 13:00 in die konferensiesaal van die Besoekersentrum plaas. Ingesluit is koffie/tee/soetgoed asook ʼn gratis begeleide toer van die ikoniese monument.

Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za.

Aankondiging: Versindaba se nuwe inhoudsbestuurder 
 
Versindaba het einde April sy tiende verjaarsdag gevier. Vir ’n dekade is dié inisiatief al ’n heenkome vir poësieliefhebbers. Ons lig ons hoed vir Marlise Joubert en Louis Esterhuizen vir hul jarelange toewyding aan hierdie belangrike ruimte.  
 
Dit is onlangs aangekondig dat Marlies Taljaard voortaan inhoudsbestuurder van Versindaba sal wees. Ons wens haar hartlik geluk en alle voorspoed toe. 

In memoriam

In Julie moes ons afskeid neem van 'n skrywer en 'n musikant wat nie net met hul kreatiewe uitsette ’n blywende indruk gemaak het nie, maar ook met hul menswees en benadering tot ander.
 
Die aangrypende huldeblyke wat ingestroom het by die afsterwe van Harry Kalmer spreek boekdele. Lees gerus wat skryf Marita van der Vyver op Vrye Weekblad en Schalk Schoombie op Netwerk24.

'n Huldigingsgeleentheid word vir 16 Augustus beplan. Meer besonderhede is hierbeskikbaar. 

Nog ’n groot stem wat stil geword het, is dié van Johnny Clegg. Hy sal onthou word as 'n musikant van formaat, maar ook as brugbouer en ambassadeur vir ons land.
 
Konstitusionele Hof-toetssaak oor taal

Groot belangstelling heers onder akademici en in onderwyskringe oor 'n toetssaak in die Konstitusionele Hof rakende die kwessie van die reg tot onderrig in Suid-Afrika se inheemse tale op tersiêre vlak. Hierdie saak word Donderdag 8 Augustus 2019 in die Konstitusionele Hof in Johannesburg aangehoor.

Gelyke Kanse se persverklaring is hier beskikbaar.

Tuin van Digters 2019

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans sal vanjaar weer gratis toegang tot die Tuin van Digters kry. Die fees vind op 13 en 14 September plaas en die feesprogram sal eersdaags beskikbaar wees.
 
PEN Afrikaans sien uit daarna om op Saterdag 14 September om 12:00 ’n item op die program aan te bied en om 13:00 ons algemene jaarvergadering in die Wellington-biblioteek reg oorkant die Breytenbach-sentrum te hou. Ons hoop om soveel as moontlik van ons lede daar te sien. ’n Nuwe bestuur sal by die vergadering verkies word.
 
Ons sal weer volmagvorms beskikbaar maak vir diegene wat nie die vergadering kan bywoon nie. Ons vra ons opbetaalde lede om asseblief van die volmagvorm gebruik te maak om hul stemme te laat hoor – en om ’n kworum by die vergadering te verseker.
 
Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief napenafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Augustus 2019
 
Ten slotte is dit lekker om die maand se lys van nuwe Afrikaanse boeke te kan deel.
 
Hartlik geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste vir Augustus kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Mag die skryf- en leeswerk gedy.

The post PEN Afrikaans-nuusbrief: Augustus 2019 appeared first on LitNet.

Uitnodiging na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019

$
0
0

Hiermee word julle nogmaals hartlik uitgenooi na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2019. Die deure sal oop wees vir lede, hul metgeselle en ander belangstellendes, so kom klink 'n glasie, geniet ligte verversings en vind meer uit oor PEN Afrikaans se werksaamhede.

Ons AJV word gehou op Saterdag 14 September om 13:00 in die Wellington-biblioteek (oorkant die Breytenbachsentrum). Die adres is Malherbestraat 8, Wellington, 7654.

Wees asseblief so vriendelik om teen 6 September te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon indien jy dit nie reeds gedoen het nie. RSVP na penafrikaans@gmail.com.

Let wel: Slegs opbetaalde lede van PEN Afrikaans het stemreg by die AJV.

Opbetaalde lede wat nie die vergadering sal kan bywoon nie, word vriendelik versoek om 'n volmagvorm in te vul en aan ons te e-pos. 

Deur 'n volmagvorm, wat hier afgelaai kan word, gee jy 'n ander lid die reg om namens jou te stem. Indien jy nie die AJV kan bywoon nie, vra ons jou om die volmagvorm uit te druk, te onderteken, te skandeer en dan terug te stuur as aanhegsel per e-pos na penafrikaans@gmail.com voor of op 6 September 2019.

Ons wil hierdeur graag die inspraak en stemme van soveel lede as moontlik verseker.

Daar sal vanjaar 'n nuwe bestuur by die vergadering verkies word. Ons moedig lede aan om bestuurslede te benoem met die oog op die verkiesing. 'n Nominasievorm kan hierafgelaai word. Stuur asseblief voltooide vorms na hierdie e-posadres.  

Die agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, 14 September 2019, Wellington

  1. Verwelkoming
  2. Verskonings en vasstelling van ’n kworum
  3. Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
  4. Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op 2 Oktober 2018 in Potchefstroom, en sake voortspruitend daaruit. Die notule is hier beskikbaar.
  5. Voorsittersverslag
  6. Tesourier se verslag
  7. Bestuurder se verslag
  8. Toekenning van erelidmaatskap
  9. Verkiesing van ’n nuwe bestuur
  10. Algemeen

Stuur asseblief enige navrae of voorstelle vir die agenda na penafrikaans@gmail.com.
 
Die vergadering vind plaas tydens die Tuin van Digters, waartoe opbetaalde lede van PEN Afrikaans weer gratis toegang sal kry. Ons opregte dank aan Francois Lötter van die Breytenbachsentrum vir die ondersteuning. Opbetaalde lede se name sal op 'n lys by die ingang wees.

Die feesprogram is pas bekend gemaak en dit is duidelik dat daar 'n vol en opwindende twee dae vir liefhebbers van digkuns in die vooruitsig is. Breyten Breytenbach, wat op 16 September tagtig word, sal by die fees gehuldig word. ’n Ander hoogtepunt is die toekenning van die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel aan Pieter Odendaal vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Verskeie digbundels word bekendgestel, asook die nuwe uitgawe van Ons Klyntji, en daar sal soos gewoonlik ook 'n goeie skeut musiek wees.

Tydens 'n sessie wat deur PEN Afrikaans aangebied word, sal Frieda van den Heever die verhoog deel met digters Danie Marais, Jolyn Phillips, Lwanda Sindaphi, Diana Ferrus en Daniel Hugo wat gedigte in Afrikaans, Xhosa en Engels sal voorlees. Ons hoop om julle daar te sien. Die volledige program kan hier afgelaai word.

The post Uitnodiging na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019 appeared first on LitNet.

Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite

$
0
0

Die gesprek oor die herstandaardisering van Afrikaans word sedert die 1980’s al sterker gevoer. Dit is klaarblyklik nie maklik nie. Waarom lyk dit of daar nog niks formeel gebeur het nie? Gebeur dinge dalk agter die skerms? André Gouws het met ’n aantal kenners en belanghebbendes oor die pad vorentoe gepraat.

“Die standaardisering van enige taal is veel meer ingewikkeld as wat dikwels algemeen geglo word; boonop is daar verskillende, uiteenlopende standpunte oor wat standaardisering (moet) behels."

“Dié standpunte word soms ingebed in teoretiese, akademiese raamwerke; ander kere is dit persoonlike, emosionele betoë. Die een soort is nie minder geldig as die ander nie, en ons moet daarom wedersyds erkenning gee dat dit nie nét ’n kopsaak is nie, maar ook nie nét ’n hartsaak nie,” sê Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie.

“As dit van bo na onder gedoen word (byvoorbeeld deur ʼn owerheid), is dit dikwels (nie altyd nie) gedoem tot mislukking. Nee, standaardisering moet vanuit voetsoolvlak gedoen word, vanaf die skrywers en uitgewers en mediahuise.”

Ook Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR), is ten gunste van ’n proses met wye deelname. “Die ‘her’-standaardisering van Afrikaans is nie net ’n tegniese, taalkundige kwessie met ’n tegniese, taalkundige oplossing nie. Meer aandag moet aan die sosiale, politieke en emosionele aspekte daarvan gegee word; baie sterker deelname van onder en wyer kommunikasie is nodig om mense ’n gevoel van eienaarskap te gee. Die Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies sal ingespan moet word om hierdie proses te ondersteun.”

Luister fyn op voetsoolvlak

Talle belanghebbendes meen een manier om die proses sterker te dryf is om streeksvariëteite méér prominent deel van die gebruikersdomein te maak.

Die skrywer en oudpredikant Willa Boezak sê daar moet baie fyner na mense geluister word, na hoe mense op voetsoolvlak praat. “Die gebrek aan die standaardisering van variëteite soos Nama-Afrikaans, Griekwa of Kaaps, wat verreweg die grootste variëteit is, lei tot ’n gevoel van minderwaardigheid onder mense; hulle voel hul taal word as minderwaardig beskou en dit word nie in skole of kerke aanvaar nie.” Hy sê dis een van die redes waarom so baie bruin mense verengels.

Gerda Odendaal, mederedakteur by die WAT, verduidelik dat daar ’n gunstige “atmosfeer” geskep moet word vir herstandaardisering om te slaag. Dit kan gedoen word deur die status van ander variëteite van die taal eers te verhoog en deel van gebruiksdomeine te maak wat nou deur Standaardafrikaans beset word.

Odendaal, wat in haar persoonlike hoedanigheid gepraat het, is al lank gemoeid met die kwessie van herstandaardisering en het haar doktorale proefskrif daaroor voltooi. Sy sê variëteite van Afrikaans word wel al meer in die openbare gebruikersdomein opgeneem, wat die weg baan vir meer formele standaardisering later. Odendaal verwys na boeke, toneelstukke, tydskrifte, koerante en Bybelvertalings wat al in Kaaps verskyn. Ander variëteite word egter nie dikwels verteenwoordig nie.

Frank Hendricks van die UWK se Departement Afrikaans is eerder ten gunste van die “hervorming” van Afrikaans as herstandaardisering. Hy sê dit sal gebeur as meer variëteite in die gebruikersdomein opgeneem word. “Die hervorming van Standaardafrikaans hou onder meer in dat histories gemarginaliseerde omgangsvariëteite, soos Kaaps en Oranjerivierafrikaans, toenemend benut word as voedingsbronne vir Standaardafrikaans, en wel as historiese regstelling ten bate van die Afrikaanse taal.”

Jana Luther, taalpraktisyn by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en lid van die Taalkommissie, sê meer moet op dié gebied gedoen word. Sy sê dat meer skrywers nodig is wat in variëteite skryf en dat hulle gehelp moet word om hulle stemme en stories te laat hoor. “Skrywers het uitgewers nodig wat hulle manuskripte vir publikasie aanvaar; koerante, tydskrifte wat hulle nooi om te skryf, hulle bydraes publiseer. Skrywers het lesers nodig, lesers skrywers wat skryf wat hulle wil lees.”

Boezak meen koerante doen al op ’n klein manier hul deel; daar is byvoorbeeld die Kaapse Son, en Rapport het ’n tweeweeklikse rubriek in Kaaps deur die skrywer Nathan Trantraal. “Ons moet begin om eers alles wat daar is te versamel. Alles te versamel wat mense gewoonlik gebruik, twee of drie jaar lank, en dan moet ons kyk of ons dit kan invoeg in die HAT of WAT. Dis ’n langtermynproses. Baie mense aanvaar nie al die ander variëteite nie. Net die standaard. Versameling is ’n goeie manier om ander variëteite te begin formaliseer.”

Nuwe reëls moet aanklank vind

Van Huyssteen stem saam. “As daar geen korpusmateriaal is om die beskrywing van die ortografie op te baseer nie, loop jy die gevaar om reëls te maak wat volksvreemd is en dus moeilik inslag en aanklank sal vind.”

Is daar enigsins nou ruimte vir ’n nasionale gesprek oor herstandaardisering of die verhoging van meer Afrikaanse dialekte tot die gesprekdomein?

Van Huyssteen dink so. “Daar is plek vir ’n nasionale gesprek hieroor, solank dit op praktiese uitvoerbaarheid gerig is en van die grond af gebeur. Naas ’n beginselgesprek moet daar ook praktiese gesprekke wees oor wat dit is en hoe dit gedoen moet word. Dis alles goed om te sê ‘herstandaardiseer’, maar wat beteken dit in die praktyk? Wat is die verskil tussen standaardisering en herstandaardisering? Vanuit ’n bepaalde perspektief beskou, was elke uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) eintlik maar die resultaat van ’n proses van herstandaardisering oor die jare wat daardie spesifieke uitgawe voorafgegaan het.”

Odendaal sê die aanvanklike standaardisering is nie iets wat sommer net gebeur het nie. “Dit was ʼn proses wat gepaard gegaan het met kongresse en debatte in koerante oor die geldigheid van Afrikaans as standaardtaal, die gebruik van Afrikaans in koerante, as onderrigmedium. Dit alles het uiteindelik die ideale teelaarde geskep vir die ontwikkeling van ʼn ortografie vir Standaardafrikaans. Dieselfde geld herstandaardisering.”

Taalgidse en woordeboeke reeds meer inklusief

Vele belanghebbendes stem saam dat (onder meer) die AWS die weg begin baan vir verandering. Die laaste twee uitgawes van die AWS sluit al meer woorde uit ander variëteite van Afrikaans in, sê Odendaal. Van Huyssteen wys daarop dat die Taalkommissie moeite doen om woorde uit ander variëteite van Afrikaans in die AWS op te neem. Hendricks meen veral die 11de uitgawe, wat in 2017, presies ’n eeu ná die eerste uitgawe, verskyn het, is ’n belangrike rigtingaanwyser betreffende die hervorming van Standaardafrikaans. Dié uitgawe van die AWS is heelwat meer inklusief, en die samestellers bevestig in die voorwoord dat verskillende variëteite deel het aan Standaardafrikaans.

“Ek kan met alle vrymoedigheid sê dat die Taalkommissie verbind is tot die (her)standaardisering van Afrikaans – in alle fasette. Duisende woorde uit die verskillende variëteite en gebruiksfere van Afrikaans is oor die afgelope twee (en meer!) dekades in die verskillende uitgawes van die AWS ingesluit; verouderde woorde word geskrap; reëls word geskaaf om ’n ruim en nuwerwetse beskouing van Afrikaans te reflekteer,” sê Van Huyssteen.

Boezak sê hy het die AWS se laaste uitgawe deurgewerk en was “regtig verbaas” oor hoe baie Kaapse en Nama-woorde daar is. “Daar is wel beweging, maar die gaping tussen beweging op formele vlak en wat byvoorbeeld op skool gebeur, is nog groot. Iets is verkeerd as ‘antie’ in die AWS erken word, maar op skool word dit verkeerd gemerk as kinders dit gebruik. Dit help dan nie as dit in die AWS staan nie.”

Die navorsingsinstituut VivA het ook ’n woordeboek van eietydse Afrikaans geskep, wat gratis aanlyn beskikbaar is en woorde uit alle variëteite van Afrikaans lys. Dit word gereeld bygewerk.

Maar daar is ook die gevoel dat byvoorbeeld die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) nie genoeg doen om woorde van vele variëteite van Afrikaans op te neem nie.

Volgens Odendaal sal herstandaardisering ’n proses moet wees “wat nie sommer deur ʼn liggaam deurgevoer kan word sonder dat daar daaroor gesprek gevoer word nie, of sonder dat die gebruiksdomeine van die ander variëteite van Afrikaans uitgebrei word nie. Die pad vorentoe vir die herstandaardisering van Afrikaans gaan moet behels dat daar groter samewerking tussen organisasies, instansies en rolspelers moet plaasvind.

“Die suksesvolle toekoms van die herstandaardisering van Afrikaans lê in versoening van variëteitgemeenskappe van Afrikaans en samewerking tussen taalorganisasies, taalliggame en universiteitsdepartemente. Elke taalhaan kan nie meer koning kraai op verskillende herstandaardiseringsmishope nie. Al die sprekers van Afrikaans sal saam moet nes skrop indien ons hierdie proses suksesvol wil deurvoer.”

* André Gouws is ’n lektor aan die Skool vir Kommunikasiestudies op NWU se Potchefstroom-kampus. Hy skryf in sy persoonlike hoedanigheid.

The post Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite appeared first on LitNet.

Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal

$
0
0

Hierdie bydrae deur Hein Willemse, verbonde aan UP se departement Afrikaans en Nederlands, vorm deel van die Afrikaanse Taalraad se reeks opiniestukke oor strategieë vir Afrikaans, en val saam met hierdie maand se viering van UNESCO se Internasionale Herinneringsdag vir slawehandel en die afskaffing daarvan. Die artikel hier onder is deur Ria Oliver uit die Engels vertaal.

Op een van my boekrakke staan ’n geraamde swart-en-wit afdruk van Frederick I’Ons se uitbeelding van ʼn vrygestelde slaaf wat in 1840 geskilder is, twee jaar na die finale vrystelling van slawe aan die Kaap. ʼn Skynbaar vrolike man in verflenterde klere swaai ʼn wit lap wat aan ʼn duif herinner in sy regterhand rond terwyl hy ʼn takkie in sy linkerhand vashou. Sy skoene is onopvallend, maar ook die duidelikste teken dat hy ’n vry man is, want slawe was verbied om skoene te dra. Net so simbolies is die takkie as ʼn teken van hergeboorte en die wit lap as ʼn vredesteken. Die dansende man kyk reguit dog versigtig na vore.

Ons besef dat die skets die brutaliteit van die verlede sylangs verberg. Mens kan jou net die angs indink wanneer mens duisende myle oor die oseane heen verskeep word, vasgeketting in die donker romp van ʼn slaweskip: van die Asiatiese argipel, die Indiese subkontinent, die Maskarene, Madagaskar, of Oos- en Wes-Afrika. Duisende het gedurende daardie skeepsvaarte omgekom en mens kan jou net indink hoe afgesonderd, angsbevange en verwilderd die oorlewendes gevoel het by hul aankoms by die vreemde plek wat hul slawemeesters Kaap de Goede Hoop genoem het. Toe hierdie mans, vroue en kinders as besittings by slaweveilings op voetstukke onder bome verkoop is, is hulle ontneem van alles wat hulle individue gemaak het: hulle familie- en gemeenskapsnetwerke, hul name, hul tale, hul gebruike, hul godsdienste.

Baie min van die eerste geslagte van slawe het ooit weer vryheid gesmaak. Geslagte van hul nasate is in slawerny gebore in huishoudelike diens, op plase en onder die swepe van die amptenare van die Vereenigde Oostindische Compagnie. Ons kan ons nie die 180 jaar van slawerny aan die Kaap sedert die middel van die 17de eeu indink nie. Ons het hope bewyse dat slawe in die kolonie vir die geringste oortreding allerlei vorme van fisieke marteling in die gesig gestaar het. Hulle is gebrandmerk, geboei en geslaan; seksueel aangerand en verkrag; vermink, afgekamp en gehang, en in ’n finale daad van perversie, dikwels die waardigheid van ʼn begrafnis misgun.

Op een of ander manier het voorheen geknelde mense, soos die een wat uitgebeeld is, die brutaliteit van slawerny oorleef. Met hul vrystelling moes die nasate van slawe bewustelik die ou gewoontes afleer en geleidelik die gevoel van agentskap aanleer wat hulle en hulle voorsate vir so lank en vir soveel geslagte ontsê was. Op die een of ander manier het hulle en hulle afstammelinge oorleef. Vandag sien ons hul nalatenskap in die geboue en meubels wat hulle gebou het, in die eeue oue tuine, boorde en wingerde wat hulle geplant het, in die kunstradisies wat hulle oorgedra het, en indien ons dit hoegenaamd vind, in hul ongemerkte grafte. Ons sien en hoor die nietasbare oorblyfsels van daardie geskiedenisse van vreemde lande en van onderwerping. Ons sien dit in mense se gesigte, ons hoor dit in hulle familiename, herdoop deur koloniale susereiniteit. Ons vind daardie oorblyfsels in die ou Kaapse dorpe en stede, op die oorblywende sendingstasies, in die cuisine, in die verhale en musiek, en in taal. Die bevryde man in I’Ons se afbeelding kon waarskynlik Kaaps-Hollands, die voorloper van Afrikaans, praat.

Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings. Ons hoor die geskiedenisse van koloniale inperking en onderdrukking in woorde van Maleise oorsprong soos “amok”, “sambok” (sjambok) en “tronk”. Net soos die woorde en resepte van slawekokke algemeen geword het in ons kombuise van, “atjar” tot “blatjang”, “bobotie” en “piesang”, of die troetelwoorde wat ons gebruik, soos “poenankies” (oulik), of etiket vervat in woorde soos “kanalla” (asseblief), “tramakassie” (dankie) of “barakat” (ʼn geskenk). Woorde soos “agáma” (godsdiens), “labárang” (eid, dit is fees), “poewása” (vas), “bátja” (lees) of “adhan” (die oproep tot gebed) herinner ons aan die ryke erfenis wat Oos-Asiatiese tradisies van Islam aan die Afrikaanse taal toebedeel het.

Volgens die Koerdiese navorser Halim Gençoğlu het die teoloog Abu Bakr Effendi in een van sy briewe geskryf dat “Moesliem-mense onder Nederlandse bewind mishandel is en dat Moesliems daarom ʼn sterk afkeer van Nederlanders het”. Ondanks hierdie indruk of die lang geskiedenis van Nederlandse wreedaardigheid het die imams aan Kaaps-Hollands ’n waardigheid toebedeel wat nóg die dramaturge van die vroeë 19de-eeuse Kaapse klugte nóg die dominees van die Nederduitse Kerk ooit kon regkry. Ons is geneig om te vergeet dat die imams van die vroeë tot middel-19de eeu die gekreoliseerde vorm van Nederlands sy vroegste bekragtiging in hul madrassas, dit is godsdiensskole, gegee het. Ons vind die eerste vorme van standaardisering van Kaaps-Hollands in wat ons vandag die “Arabiese Afrikaanse” tekste noem. Vir meer as 100 jaar het Kaaps-Hollands (en later Afrikaans) as die taal van godsdiensbyeenkomste en -onderrig in baie Kaapse moskees en madrassas gedien.

Vir ʼn huidige geslag Suid-Afrikaners is baie van hierdie geskiedenis vergete of is dit eenvoudig nooit op skool, kollege of universiteit geleer nie. Die enigste weergawe van die geskiedenis van die Afrikaanse taal wat ooit op skool geleer is of deur die populêre media gepropageer is, was die Afrikaner-nasionalistiese weergawe daarvan wat begin het met die Genootskap vir Regte Afrikaanders (GRA). Waarom gaan ons byvoorbeeld voort om aan 14 Augustus (1875) te dink as die enigste datum wat met die vroeë geskiedenis van Afrikaans geassosieer word? In die nasionalistiese weergawe van geskiedenis is die inheemse mense, die slawe en die armes oor die hoof gesien en hul rol en plek in die ontwikkeling daarvan gering geskat. Mens kan ook nie ontken nie dat die apartheidsbeleide van die Nasionale Party-regering in die middel van die 20ste eeu die Afrikaanse taal ’n aaklige slag toegedien het. Die taal is as die “taal van die verdrukker” geëtiketteer en dit het geslagte lange antagonisme teenoor die taal ontketen. Apartheidsbeleid het ook diepe vervreemding onder geslagte van eerstetaalsprekers veroorsaak. Baie van hulle het hul rug op die taal gedraai ten gunste van ʼn taal met minder politieke bagasie vir die meerderheid Suid-Afrikaners. Afrikaans word vandag nog steeds gebruik as instrument om te verdeel en om mede-Suid-Afrikaners te misken.

As Afrikaanssprekers moet ons ʼn ander storie vertel as die een wat so lank ingeskerp is deur apartheidsbeheer, want daardie storie het tot die noodwendige oorlewingsangs van Afrikaner-nasionalisme gelei. Vandag word baie planne deur alle soorte organisasies gemaak om die oorlewing van Afrikaans in die toekoms te verseker. Baie van hierdie planne berus op die eise van ʼn verskraalde Afrikaner-nasionalisme. Ongelukkig vuur baie van hierdie strategieë en praktyke steeds die onakkurate persepsie van Afrikaans as ʼn sektariese taal aan, en die eindresultaat sal noodwendig die verdere isolasie van sy sprekers en verdere vervreemding van sy sprekers wees, onder wie eerstetaalsprekers, en sy afstand van mede-Suid-Afrikaners verhoog.

Ons moet die geskiedenis van Afrikaans kragtig laat herleef – deur toenemende aksies – as een van vermenging, kreolisering en die spreektaal van mense met uiteenlopende agtergronde, of hulle inheems of setlaar is, slaaf of eienaar, swart of wit. Dit is, soos die skrywer Jan Rabie in die vroeë 1960’s gesê het, die belangrikste Suid-Afrikaanse storie. Dis deur die gemeenskaplikhede van Afrikaans met ander Suid-Afrikaanse tale te deel, of die diep geskiedenisse van sy onderskeie sprekers te verkondig, dat ons die hardnekkige persepsie van afsondering kan afbreek. Dieselfde geld vir die persepsie van materiële voorregte wat verkry is deur die assosiasie van Afrikaans met apartheid en wit wees. Dit is weens sy essensiële Suid-Afrikaansheid, en selfs Suider-Afrikaansheid, dat Afrikaans sal oorleef. Ons moet hierdie storie nie net vir onsself as Afrikaanssprekers vertel nie, maar ook vir ons mede-Suid-Afrikaners – juis waarom hierdie bydrae oorspronklik in Engels geskryf is. Dit is nodig dat ons die storie vertel van die volheid van Afrikaans, ʼn taal wat gevorm en dalk primêr gevorm is in die monde van inheemse mense en mense soos die bevryde slaaf in I’Ons se skets.

Lees ook:

Towards the fullness of the Afrikaans language

The post Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal appeared first on LitNet.


Towards the fullness of the Afrikaans language

$
0
0

This contribution by Hein Willemse of the Department of Afrikaans and Dutch at UP, forms part of the Afrikaans Language Council’s series of opinion pieces on strategies for Afrikaans, and coincides with the celebration of UNESCO’s International Day for the Remembrance of the Slave Trade and its Abolition during this month.

On one of my bookshelves sits a framed black and white copy of Frederick I’Ons’s depiction of a freed slave, painted in 1840, two years after the final emancipation of slaves at the Cape. A seemingly joyous man in tattered clothes waves a white cloth resembling a dove in his right hand, while clenching a twig in his left. His shoes are inconspicuous, but also the clearest sign that he is a free man, for slaves were forbidden from wearing shoes. Similarly symbolic are the twig of rebirth and the white cloth of peace. The dancing man looks straight ahead, with a hint of apprehension.

We realise that the sketch obliquely conceals the brutality of the past. One can only imagine the mental anguish of being shipped thousands of miles across the oceans, shackled in the damp, dark hulls of slavers – from the Asian archipelago, the Indian subcontinent, the Mascarene Islands, Madagascar, or East or West Africa. Thousands perished during those crossings, and one can only imagine the isolation, terror and bewilderment of the survivors on their arrival at the strange place their slave masters called Kaap de Goede Hoop. When these men, women and children were sold as chattel at slave auctions on pedestals under trees, they were denied everything that made them individuals: their familial and communal networks, their names, their languages, their customs, their religions.

Very few of the first generations of slaves tasted freedom ever again. Generations of their descendants were born into slavery in domestic service, on farms and under the whips of the officials of the Vereenigde Oostindische Compagnie. We do not have to imagine the 180 years of Cape slavery from the mid-17th century. We have reams of colonial evidence that, at the slightest transgression, slaves faced all manner of physical torture. They were branded, shackled and whipped; sexually assaulted and raped; mutilated, quartered and hanged; and, in a final act of perversion, often denied the dignity of a burial.

Somehow, formerly bonded people, like the man depicted, survived the brutality that was slavery. On manumission, descendants of former slaves consciously had to unlearn the habits of old, and gradually had to gather the sense of agency that had been denied them and their forebears for so many generations. Somehow, they and their descendants have survived. Today, we see their legacy in the buildings and furniture they built; in the age-old gardens, orchards and vineyards they planted; in the artisanal traditions they imparted; and, when we happen on them, in their unmarked graves. We see and hear the intangible remnants of those histories of foreign lands and subjugation. We see it in people’s faces; we hear it in their family names, renamed through colonial suzerainty. We find those remnants in the old Cape dorps and cities, on the remaining mission stations, in the cuisine, in the tales and music – and in language. The freed man in I’Ons’s depiction could only have been speaking Cape Dutch, the forerunner of Afrikaans.

Afrikaans was forged in the mouths of all those who lived at the Cape and beyond. It is in this Creole that we hear the remnants of the slaves’ foreign tongues, and the traces of their experiences. We hear the histories of colonial containment and repression in words of Malay origin, like “amok”, “sambok” (sjambok) or “tronk” (jail). Similarly, the words and recipes of slave cooks have become common in our kitchens, from “atjar” to “blatjang” (chutney), “bobotie” and “piesang” (banana), along with endearments that we use, like “poenankies” (cute), and our conventions of etiquette conveyed in words like “kanalla” (please), “tramakassie” (thank you) or “barakat” (a present). Words like “agáma” (religion), “labárang” (Eid, ie festival), “poewása” (fast), “bátja” (read) and “adhan” (the call to prayer) remind us of the rich heritage that East Asian traditions of Islam have bestowed on the Afrikaans language.

According to Halim Gençoğlu, the Kurdish theologian Abu Bakr Effendi, in one of his letters, reported that “Muslim people were abused under Dutch rule, and therefore Muslims have a strong dislike for the Dutch”. Notwithstanding this impression, or the long history of Dutch brutalisation, the imams bestowed on Cape Dutch a dignity that neither the dramatists of the early 19th-century Cape farces, nor the dominees of the Dutch Church, could ever achieve. We tend to forget that the early to mid-19th century imams gave the creolised version of Dutch its earliest validation in their madrasahs, ie religious schools, when they taught children to write Cape Dutch in Arabic, and to read the Qur’an. We find the first forms of standardisation of Cape Dutch in what we call today the “Arabic-Afrikaans” texts. For more than a hundred years, Cape Dutch (and later, Afrikaans) served as the language of religious service and instruction in many Cape mosques and madrasahs.

For the current generation of South Africans, much of this history has been forgotten or simply never taught in school, college or university. The only version of the history of the Afrikaans language that has ever been taught in schools or propagated through popular media is the Afrikaner nationalist version of it, which started with the Genootskap vir Regte Afrikaanders. Why, for instance, do we continue to think of 14 August as the only date associated with the early history of Afrikaans? In the nationalist version of history, the indigenous people, the slaves and the poor were sidelined, and their role and place in the development of it, minimised. Also, one cannot deny that the apartheid policies of the National Party government in the mid-20th century struck a dreadful blow to the continued fortunes of the Afrikaans language. Not only was the language labelled the “language of the oppressor”, introducing multigenerational antagonism against it, but these policies also caused deep levels of alienation among generations of first language speakers. Many of them turned their backs on it in favour of a language with less political baggage for the majority of South Africans. Still today, Afrikaans is used as an instrument of separation to deny fellow South Africans.

As Afrikaans speakers, we need to tell a story different to the one inculcated for so long through apartheid control, for that story has led to the pervasive survivalist angst of Afrikaner nationalism. Today, many plans are made by all sorts of organisations to ensure the survival of Afrikaans in the future. Many of these plans are predicated on the demands of a diminished Afrikaner nationalism. Unfortunately, many of those strategies and practices still fuel the inaccurate perception of Afrikaans as a sectarian language, and the end result will inevitably lead to the further isolation of its speakers, precipitate further alienation among some of its first language speakers, and increase its distance from fellow South Africans.

We need to resurrect the history of Afrikaans forcefully — through accumulative acts — as one of intermingling, creolization and the speech of people of various backgrounds, be they indigenous or settler, slave or master, black or white. It is, as the novelist Jan Rabie said in the early 1960s, the essential South African story. It is in sharing the commonalities of Afrikaans with other South African languages, and sharing the deep histories of its various speakers, that we could break down the enduring perception of sectarianism. The same goes for the perception of material privilege gained through the association of Afrikaans with apartheid and whiteness. It is through sharing its essential South Africanness, and even southern Africanness, that Afrikaans will endure. Not only do we need to tell this story to ourselves as Afrikaans speakers, but we also need to tell it to our fellow South Africans, and that is why this contribution is written in English. We need to tell the story of the fullness of Afrikaans, a language that was shaped, perhaps primarily shaped, in the mouths of indigenous people and people like the freed slave in I’Ons’s sketch.

Also read:

Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal

The post Towards the fullness of the Afrikaans language appeared first on LitNet.

'n Fees van tieners. 'n Fees van talent. 'n Fees van teater!

$
0
0

Foto's: verskaf

Tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal wat vanaf 23 tot 27 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch plaasvind sal 18 produksies van dwarsoor Suid-Afrika meeding om as die algehele wenner van dié teaterkompetisie aangewys te word.

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is al vir 55 jaar ’n platform vir talent- en teaterontwikkeling. Hierdie projek bied aan hoërskoolleerders die geleentheid om betrokke te raak by alle aspekte van teater, soos toneelspel, regie, skryf van tekste, kostuums, grimering, dekor, klank, beligting, verhoogbestuur en choreografie.

Lizané Basson, projekorganiseerder van die ATKV, sê dat hierdie projek ’n uitstekende platform bied waardeur deelnemers hulle passie uitleef en kreatief kan wees. ATKV-Tienertoneel slaag daarin om deelnemers met vaardighede toe te rus en vir die toekoms voor te berei. “Die toekomstige leiers van Suid-Afrika moet uit vandag se jeug na vore tree. Die ATKV is trots daarop dat ons deur middel van ons projekte kan bydra om leiers te kweek.”

ATKV-Tienertoneel spog met ’n rekord aantal inskrywings vir 2019, naamlik 220 tienertoneelproduksies. Vanjaar is 11 streeksfeeste in Suid-Afrika en een in Namibië aangebied.

Die 18 tienertoneelproduksies wat te sien sal wees tydens die finaal is:

  • Afrikaanse Hoër Seunskool met Aksie!
  • Die Hoërskool Menlopark met BRO(O)S
  • Hoërskool Noordheuwel met ’n Brug na die sterre
  • Hoërskool Tygerberg met Die Meisie met Môre in haar oë
  • Hoërskool Stellenbosch met Donkievel
  • Helpmekaar Kollege met Forte F:Har(t)d
  • Bernadino Heights High School met Hoekpark
  • Hoërskool Tygerberg met In die duister en deurmekaar
  • Hoërskool Eldoraigne met Lentelus
  • Hoërskool Florida met Patriarchy
  • Hoërskool Hugenote met Skryf
  • C&N Sekondêre Meisieskool Oranje met tyd.saam
  • Hoërskool Parel Vallei met V(LUG)
  • Hoërskool Zwartkop met Vrinne
  • Hoërskool Noordheuwel met Waterbrief

Slegs leerders produksies*:

  • Hoërskool Parel Vallei met Bruwelik
  • Hoërskool Zwartkop met Sonder
  • Hoër Meisieskool Bloemhof met Uhm ...

*Produksies waarvan die hele geselskap (die regisseur(s), skrywer(s), spelers en tegniese personeel) almal hoërskoolleerders is, neem deel in hierdie afdeling.

Kaartjies is beskikbaar by https://www.quicket.co.za/

Die wenproduksie van ATKV-Tienertoneel ontvang R30 000 prysgeld, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens KKNK 2020. Die produksie in die tweede plek ontvang R20 000 en in die derde plek ontvang R10 000. Die beste produksie deur slegs leerders ontvang ook R10 000 prysgeld.

Vir meer inligting kontak Lizané Basson by 084 789 1477.

The post 'n Fees van tieners. 'n Fees van talent. 'n Fees van teater! appeared first on LitNet.

Mediaverklaring: Kommer oor outomatiese bevordering in die grondslagfase

$
0
0

Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verneem met kommer van die Departement van Basiese Onderwys se planne om leerders in die grondslagfase outomaties te bevorder. Die stand van grondslagfaseonderwys in Suid-Afrika is reeds rede tot kommer met groot getalle leerders wat nie oor basiese lees-, skryf- en wiskundevaardighede beskik aan die einde van Graad 3 nie.

Studies uit soortgelyke, ontwikkelende lande soos Suid-Afrika wat reeds ’n beleid van outomatiese bevordering aangeneem het, dui grootliks op negatiewe statistieke en sentimente rondom die implementering daarvan.

’n Studie in Brasilië het ’n negatiewe, statisties betekenisvolle impak van 7% van ’n standaardafwyking gevind op Wiskunde-tellings onder laerskoolleerders. ’n Ander studie op kollegevlak in Kenia het gevind dat daar ’n direkte negatiewe verband is tussen outomatiese bevordering op skool, en die kwaliteit van punte op ’n menslikekapitaalvraelys en die student se vermoë om akademies oor die weg te kom op kollege en die regte vakkeuses uit te oefen. Hierdie studie se aanbeveling vra juis vir die gebruik van graadrepetisie om te verseker dat outomatiese bevordering leerders se kanse op sukses nie verder verminder nie. In Rwanda is gevind dat die persentasie van herhalende leerders wel van 19% na 6% verbeter het as so ’n beleid stelselmatig geïmplementeer word. Die uitvalsyfer het toe ook verminder van 14% na 5%. Die siening daar is dat die outomatiese bevorderingsbeleid ’n menseregteskending is, en dat die verbetering in slaagsyfers en skoolretensie ten koste van kwaliteit gebeur.

In Suid-Afrika is die bron van kommer tweeledig.

Eerstens kan verwag word dat oneffektiewe implementering van die beleid kan lei tot ’n onderwys-krisis soos reeds uit soveel ander voorbeelde blyk waar daar nie genoegsame voorbereiding vir implementering gemaak word nie. So, byvoorbeeld is die huidige grondslagfase taalbeleid eendimensioneel geskryf vir ’n multidimensionele taalrealiteit wat veronderstel dat alle kinders moedertaalonderrig van graad 1 tot graad 3 ontvang. Die werklikheid is veel meer kompleks, in ag genome ook die gebrek aan Engelse taalonderrig wat die oorgang na graad 4 moet vergemaklik.

Tweedens kom die toegang-teenoor-kwaliteit argument weer ter sprake. Die Departement van Basiese Onderwys het oor die laaste dekade suksesvol toegang tot basiese onderwys vir derduisende leerders verseker. Sou slaagsyfers die belangikste aanduider van sukses in die grondslagfase word, ten koste van kwaliteit en die versekering dat basiese vaardighede in plek is, kan die langtermyngevolge egter rampspoedig wees.

Die Onderwyskommissie van die SA Akademie stel voor dat die beleid van outomatiese bevordering in die grondslagfase dringend heroorweeg word, en indien dit wel sou voortgaan dit ten minste weldeurdag en sistematies oor ’n redelike implementeringstydperk moet geskied. Onderwysers moet steeds, as eerste prioriteit in die grondslagfase, die suksesvolle vaslegging van basiese vaardighede verseker voordat ’n leerder kan vorder na ’n volgende graad. Outomatiese bevordering moet slegs as sekondêre prioriteit beskou word wat net in uitsonderlike gevalle van toepassing sou wees.

Die vrees bestaan ook dat oneffektiewe onderwysers die beleid kan misbruik om van sukkelende leerders ontslae te raak. Gegewe die geskiedenis van departementele ingryping bestaan die waarskynlikheid ook dat onderwysers net aan meer departementele beheer, verslaggewing en administrasie onderhewig gaan wees om te verseker dat die beleid wel regverdig geïmplementeer word. Meer administrasie om beleidsimplementering te verseker neem tyd uit die onderwyser se hande om leerders betekenisvol te onderrig.

Die Onderwyskommissie is sterk gekant teen die aanvaarding van die beleid indien dit bloot polities gedryf word ter wille van beter slaagsyfers. Slegs pedagogies verantwoordbare redes, met bewyse van redelike sukses van ander suksesvolle kontekste, behoort die dryfveer te wees alvorens enige stappe in die rigting van outomatiese bevordering geneem word. 

The post Mediaverklaring: Kommer oor outomatiese bevordering in die grondslagfase appeared first on LitNet.

Uitnodiging na simposium – Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen

$
0
0

Die tydperk van die Antroposeen word deur kenners beskryf as 'n nuwe geologiese epog waarin die mens besig is om die parameters wat die werking van alle aardstelsels bepaal, wesenlik te verander. As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak. Nou, meer as ooit in die verlede, gaan daar van die mensdom verwag word om deur regulatoriese strukture, wat ook die reg insluit, in te gryp ten einde die mens-omgewing-koppeling beter te bemiddel.

Die skerp toenemende uitwerking van die mens op die omgewing wat deur die konsep van die Antroposeen te kenne gegee word, is veral sigbaar in die bevolkingsgroei wat al hoe vinniger toeneem; toenemende verstedeliking; vinnig verminderende niehernubare hulpbronne soos steenkool en olie; klimaatsverandering; verhoogde vrystelling van swael, stikstof en kweekhuisgasse; die transformasie en versteuring van enorme oppervlaktes grond; veranderende watersiklusse; wydverspreide uitsterwing van spesies; en verlies aan bioversiteit en ook taaldiversiteit in 'n veeltalige land soos Suid-Afrika.

Indien u van voorneme is om die simposium (12 en 13 September 2019) by te woon, vul asseblief hierdie vorm in, skandeer die vorm en stuur teen Dinsdag 3 September 2019 terug aan dr. Linda Brink per e-pos: linda@akademie.co.za.

Laai die volledige simposiumprogram hier af.

The post Uitnodiging na simposium – Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Augustus

Kunsblad: Digters, digkuns op McGregor gevier

Voorafberig oor die jaarlikse poësiefees op McGregor in die Wes-Kaap

Kunsblad: Pablo Neruda se gedigte nou in Afrikaans

Onderhoud met De Waal Venter oor die eerste Afrikaanse bloemlesing van die digter Pablo Neruda se Spaanse gedigte

4 Augustus

Kunsblad: Kinderboek-koning groet Lapa ná 18 jaar

Die jeugboekskrywer Jaco Jacobs verlaat Lapa.

5 Augustus

Boekeblad: Digter takseer lewe met ironie en deernis

Fanie Olivier resenseer Alchemie van my muse deur Pieter Hugo

Boekeblad: Historiese roman vir vandag se kinders

J.B. Roux resenseer Raaiselster deur Troula Goosen

Boekeblad: Woordprentjies in volkleur bekoor

Clari Niemand resenseer Vervleg deur Petro Hansen

Boekeblad: Eksperimentele roman slag heilige koeie links en regs

Jonathan Amid resenseer Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

Kunsblad: Grootse taalmanne werp lig op Afrikaans se vorming

Twee Bloemfonteinse taalmanne gaan op Afrikaanse Taaldag lig werp op die aktivisme wat Afrikaans in die verlede help vorm het én vandag nog daarop voortbou.

Kunsblad: ‘Harde’ én ‘sagte’ Hobhouse-boek in Brittanje uitgegee

Elsabé Brits se boek oor Emily Hobhouse het ook in Brittanje die lig gesien

6 Augustus

Kunsblad: N.P. van Wyk Louw se gedenklesing fokus op sy vroeë prosa

Voorafberig oor die jaarlikse N.P. van Wyk Louw-gedenklesing

Kunsblad: Topverkoper Toni Morrison sterf

Die Amerikaanse skrywer Toni Morrison, wat die Nobelprys vir letterkunde gewen het, is dood

8 Augustus

Boekstorie: Meester-joernalis se werk gou in glansboek

Skryfstukke deur die joernalis Charles Smith is onlangs gebundel

10 Augustus

Kunsblad: Engela van Rooyen-hulle word 80

Die skrywer Engela van Rooyen vier haar 80ste verjaardag

11 Augustus

Kunsblad: Kortlyste van gesogte boekpryse bekend

Kortlys van die kykNETRapport-boekpryse

12 Augustus

Boekeblad: Woorde soos vrugte van die soetpeulboom

Ingrid Winterbach bekyk die jongste weergawe van die WAT (deel XV)

Boekeblad: Oor verhoudings en eindes

Joan Hambidge resenseer Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

Boekevat-rubriek deur Charl-Pierre Naudé: Intens ongewoon en hipnoties alledaags

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-intens-ongewoon-en-hipnoties-alledaags-20190812

 13 Augustus

Kunsblad: Open Book fokus op onstuimige politieke landskap

Temas tydens die Open Book-fees in Kaapstad

Kunsblad: ATKV-Woordveertjies se benoemings

Benoemings van die ATKV-Woordveertjies

19 Augustus

Boekeblad: Monster uit middestad se bloederige wraak

Jonathan Amid resenseer Zola deur Johan Jack Smith

20 Augustus

Kunsblad: Gevangenes in Australië soek Afrikaanse boeke

Gevangenes in Australië wil Deon Meyer se boeke lees

21 Augustus

Kunsblad: Afrikaanses intuïtief besig om kultuur te verbrei

Prof. Jaap Steyn se jongste boek, Verset & opbou, handel oor die verlede, maar ook die toekoms van Afrikaans

Kunsblad: Naln stel talle Afrikaanse boeke bekend

Program van Afrikaanse boeke wat tot November by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein bekend gestel word

23 Augustus

Kunsblad: Finuala Dowling: gedigte skryf is soms "out of body experience"

Bloemlesing uit Finuala Dowling se poësie is deur Kwela uitgereik

26 Augustus

Boekeblad: Die wegstroop van fasades en leuens

Schalk Schoombie resenseer Pieter Fourie: Teatermaker. Fanie Olivier (red.)

Boekeblad: Skrywer span hier ’n wye doek

Francois Bekker resenseer Noorman deur SD Fourie

Boekeblad: Seks-memoires lig wenkbroue

Lourensa Eckard resenseer Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks

Boekeblad: ’n Boek wat deur elke (wit) Afrikaner gelees moet word

Gert van der Westhuizen resenseer In my vel: ’n Reis deur Azille Coetzee

27 Augustus

Kunsblad: Debutant skryf merkwaardige roman oor plaaslewe, verlies

Lize Albertyn-du Toit (50) se debuutroman, Die kinders van Spookwerwe, is ’n merkwaardige profiel van ’n gesin, verlies én die plaaslewe

Kunsblad: Kortlyste vir pryse vir boekresensente bekend

Die kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-pryse vir boekresensent van die jaar-toekennings, in drie onderskeie kategorieë, is pas bekend gemaak.

28 Augustus

Kunsblad: ‘Killing Eve’-vervaardiger maak reeks van Meyer se ‘Fever’

Die vervaardigers van die gewilde Britse rillerreeks Killing Eve gaan Deon Meyer se boek Fever verfilm

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Augustus die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

6 Augustus

  • Dooie gety deur Bets Smith
  • Noorman deur S.D. Fourie
  • Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
  • Rugby deur Dorling Kindersley (Vertaler: Deon Maree)
  • Mag ek in jou doek loer? deur Guido van Genechten (Vertaler: Philip de Vos)

https://youtu.be/MoO-ws2wId4?list=PLaFtLYS_hGTL9i3_ah7x0Se-zazwAYBAT

13 Augustus

  • Vat jou goed en trek Ferreira deur L.J. Bothma
  • Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock
  • Oopmond deur Jan Vermeulen
  • Die bullebakke – Episode 1 en 2 deur Aaron Blabey (Vertaler: Kobus Geldenhuys)

https://youtu.be/4jEvhw9cQBI?list=PLaFtLYS_hGTL9i3_ah7x0Se-zazwAYBAT

20 Augustus

  • Vloek deur Rudie van Rensburg
  • Klikbek deur Sidney Gilroy
  • Spooksoeker deur François Bloemhof
  • Die aardigste kinders op aarde 1 en 2 deur David Walliams (Vertaler: Kobus Geldenhuys)

https://youtu.be/x2WOd1SrG1M?list=PLaFtLYS_hGTL9i3_ah7x0Se-zazwAYBAT

27 Augustus

  • Zola deur Johan Jack Smith
  • Brand deur Fanie Viljoen
  • 365 Stories, gebede en beloftes deur Bethan James
  • Doodslied vir Duitsland deur Philip Kerr (Vertaler: Zirk van den Berg)

https://youtu.be/wRo0aQPyGsc?list=PLaFtLYS_hGTL9i3_ah7x0Se-zazwAYBAT 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer: ’n resensie

Breaking a rainbow, building a nation by Rekgotsofetse Chikane: reader impression

Die jaar toe Pa ... deur Hannes Visser: ’n resensie

Kaap, kerrie en koesisters deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien: ’n resensie

"'n Gladde klippie in 'n suiwer stroom": Corlia Fourie se digdebuut

In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien

Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel

Boekresensie: Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg

Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust

Resensie: Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

4 Augustus

Resensie: Fanie Olivier bespreek Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer The Enforcers: Inside Cape Town’s Deadly Nightclub Battles deur Caryn Dolley

Resensie: Herman Lategan resenseer Jesus het vir boeta kom haal deur Wilhelmina Prins

Nuut op die rak: Wanneer woorde ontbreek: Hoe om te troos in tye van verlies deur Braam Klopper

Nuut op die rak

  • Pieter Fourie: Teatermaker saamgestel deur Fanie Olivier
  • Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
  • So You Want to Build a Startup? deur Matthew Buckland
  • Pretend You Don’t Know Me deur Finuala Dowling
  • Liefde agter tralies: Ware Suid-Afrikaanse verhale deur Carla van der Spuy

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-vat-vyf-20190804

11 Augustus

Hoofberig: kykNET-Rapport-boekpryse: Die kortlyste

Resensie: Anna Kemp resenseer Sypaadjie deur Alma Rossouw

Resensie: Jean Oosthuizen oor Die oorkantste oewer: Spiritualiteit anderkant godsdiens deur Abel Pienaar en Flip Schutte

Resensie: Loftus Marais bespreek Night Boat to Tangier deur Kevin Barry

18 Augustus

Resensie: Annemarié van Niekerk resenseer Ek is Hendrik Witbooi deur Conny Braam, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Resensie: Pieter Malan resenseer In my vel: ’n Reis deur Azille Coetzee

Resensie: Francois Smith resenseer P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier – ’n huldiging, saamgestel deur Heilna du Plooy

25 Augustus

Resensie: Jonathan Amid bespreek Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer The Stellenbosch Mafia: Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit

Resensie: Joan Hambidge oor ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid deur André Krüger

Nuusberig: Die finaliste (fiksie, niefiksie en kinderboeke) in die 2019 SA Book Awards

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

6 Augustus

Smulkos deur Esther Malan

Dankie tog dat Esther nie skrik vir ’n uitdaging of twee in die kombuis nie, want haar “slim kinkels en vindingryke veranderings” maak dat ekonomiese kos nie “vaal en voorspelbaar” hoef te wees nie.

Lees die resensie

22 Augustus

Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

Debbie Loots weef ʼn verhaal wat heg en pas; sy hou koers met ʼn magdom karakters op tou en sy bou en behou spanning reg deur haar verhale. So bly die leser nuuskierig leidrade volg.

Lees die resensie

27 Augustus

Pieksel deur Fanie Viljoen

Vossie kry meer ‘menslike’ interaksie by die robot as wat hy by die grootmense in sy lewe kry – beslis ’n aanklag op die moderne samelewing! Hierdie lieflike storie sal tot menige alleenkind se hart spreek.

Lees die resensie

Wonderlike kinderboeke

Dié vyf boeke word voorgeskryf vir kinders tussen drie en ses jaar oud.

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan hier afgelaai word.

Woensdag 7 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Kirby van der Merwe oor sy vertalings van Carol Campbell se Die skilpad se laaste traan en Meg Vandermerwe se Vrou van die Klippesee. Carla van der Spuy vertel meer oor haar jongste boek Liefde agter tralies en haar belangstelling in ware misdaad. Chareldine van der Merwe vertel meer van die Vriende Van Afrikaans se Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus.

Woensdag 14 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Lize Albertyn-Du Toit oor haar debuutroman Die kinders van Spookwerwe. Jy kan ook luister na 'n kort argiefonderhoud uit 1964 waarin Verna Vels met die digter Ingrid Jonker gesels oor haar werk. Johan Myburg fokus in sy internasionale bydrae op die skrywer Toni Morrison, wat onlangs oorlede is. Daar is ook 'n kort onderhoud met Morrison.

Woensdag 21 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green oor goeie nie-fiksie boeke wat in die laaste paar maande verskyn het. In Johan Myburg se internasionale insetsel is daar ook nuus oor 'n internasionale nie-fiksie werk wat onlangs bekroon is.

Woensdag 28 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunsteling fiksieboeke uit onlangse nuwe publikasies. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan hier afgelaai word.

Dinsdag 6 Augustus

Juanita Swanepoel lees gedigte oor of deur vroue in verskillende fases van hulle lewe. Jy kan uitsien na gedigte deur Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Susan Smith, Dirk Winterbach, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert en Antjie Krog.

Dinsdag 13 Augustus

Johann Nel lees gedigte oor woorde, in die gees van Taaldag wat op 14 Augustus gevier word. Daar is gedigte deur N.P van Wyk Louw, C. Louis Leipoldt, Boerneef, W.E.G. Louw, Wilma Stockenström, Erns Grundling, Breyten Breytenbach, J.C. Steyn, P.H. Roodt, Elisabeth Eybers en Zandra Bezuidenhout.

Dinsdag 20 Augustus

Erica Wessels lees gedigte oor drome deur Johann de Lange, Breyten Breytenbach, Joan Hambidge, Jeanne Goosen, Wilma Stockenström, Ernst van Heerden en N.P. van Wyk Louw.

Dinsdag 27 Augustus

Margot Luyt lees gedigte oor verliese en die gemis en verlange wat dit meebring. Daar is gedigte deur George Weideman, Daniel Hugo, AD Keet, Johann de Lange, Clinton V. du Plessis en Petra Müller.

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

In Augustus het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

In Augustus is die volgende resensies en onderhoude geplaas:

2 Augustus

Charl-Pierre Naudé resenseer Brisant deur Hein Viljoen

19 Augustus

Marlies Taljaard in gesprek met Christo van der Westhuizen oor sy digbundel Chrisalis

Vrouekeur

 Willie Burger het gedurende Augustus die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

10 Augustus

Kies ’n boek: The Wall, Don’t Stop Believin’ en Fiela se kind

17 Augustus

Kies ’n boek: In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer

24 Augustus

Kies ’n boek: Hy was ’n rukkie pagter hier, ’n huldigingsbundel vir P.G. du Plessis, saamgestel deur Heilna du Plooy

31 Augustus

Kies ’n boek: Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2019 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Die wêreld van die skrywer – Henning Pieterse

$
0
0

“Die wêreld van die skrywer” is PEN Afrikaans se artikelreeks waarin skrywers uitbrei oor temas wat met die praktyk van skryf te doen het. In hierdie artikel beantwoord bekroonde digter, vertaler en letterkundige Henning Pieterse die vrae: In watter mate is plaaslike en/of internasionale kontakte vir skrywers van belang? Watter impak het verbintenisse met uitgewerye, skrywersorganisasies asook individuele vriendskappe met ander skrywers op skrywersloopbane?  

Henning Pieterse (Foto: verskaf)

In twee van sy briewe uit 1966 aan die destyds 18-jarige Ingrid Winterbach skryf Etienne Leroux onder meer die volgende:

“Toe ek 18 was het ek nie die verbeelding gehad om vir ‘gedistingeerde skrywers’ te skryf uit pure verveeldheid nie. Ek wens ek het, maar hulle was destyds sulke clots en sulke grand old men en die vroueskrywers was só dêm lelik.”

En: “Jy moet jou nooit laat mislei deur skrywers nie […] – hulle is romantiese clots en verwaande runts wat slegs by geleenthede bestaan want hulle kan die gewone gang van lewe nie duld nie en hulle maak almal om hulle ongelukkig weens hulle selfsug en hulle is parasiete en hulle word rasend mal as hulle oud word.”

Vanuit eie ervaring en op grond van Leroux se stellings, beveel ek lesers oor die algemeen aan: vermy die skrywer, lees eerder sy/haar boek(e). Daar is uiteraard vele aangename uitsonderings wat die “mens agter die boek” betref. En die vroueskrywers deesdae is beslis nie “dêm lelik” nie (as hulle ooit was!).

Deur die jare het ek die voorreg gehad om ’n aantal plaaslike en internasionale skrywersbyeenkomste te kon bywoon waar ek buitengewone digters en skrywers ontmoet het wat my denke oor skryf beïnvloed het. Van hierdie skrywers het lewenslange vriende geword. Ek deel graag ’n paar van hierdie ervarings.

Die Afrikaanse Skrywersgilde-byeenkomste het gewoonlik gesorg vir vermaaklike insidente en insigte, soos byvoorbeeld die geleentheid by Wits in 1985 toe Dan Roodt vir Nadine Gordimer aangevat het omdat sy nie Afrikaans verstaan nie, maar baie (meestal negatief) te sê het oor die Afrikaner en die Afrikaanssprekende. Tydens dieselfde geleentheid het Wilma Stockenström ’n begeesterde kongresganger se vraag oor wanneer sy die naaste aan die natuur voel, beantwoord met: “Wanneer ek op die toilet sit.” In die laat-tagtigerjare het dit my opgeval dat al hoe meer kulturele kommissarisse en politieke analitici (veral vanuit COSAW – die Congress of South African Writers) – die woord voer en die werklike skrywers effens op die agtergrond staan.

Die laaste Gilde-byeenkoms was in 1992 by Maselspoort buite Bloemfontein. In ’n fratsongeluk sterf die kortverhaalskrywer Henk Wybenga en die aand word daar ’n waak vir hom gehou. ’n Pyprokende en swart-oogklap-draende dame waag dit om op “Henk se stoel” te gaan sit en spring byna tot teen die dak toe dit vir haar uitgewys word. Regdeur die kongres dra Nic Swanepoel gedigte voor in sy pragtige, diep stem.

In 2001 word ek genooi na Poetry International se 32ste jaarlikse fees in Rotterdam. Dit word ’n dol week met ’n vol program, baie kuier en min slaap. Tydens die fees werk ek saam met onder meer Bei Dao, Armando Uribe en Xhevahir Spahiu aan vertalings van die Nederlandse digter Jan Hendrik Leopold. Ek leer geweldig baie, veral by Bei wat die verwikkelde sintaksis van Leopold oënskynlik maklik vertaal – in Mandaryns. Die werkswinkel-leiers – Dick van Halsema en die Nederlandse digter René Puthaar– laat ons daagliks tussen die hope woordeboeke sweet. Hierdie ervaring het my deeglik voorberei op vertaalwerk wat ek later sou onderneem. Ek ontmoet verskeie uitstaande digters, onder meer die Fries Tsjêbbe Hettinga wat skryf in die moedertaal nie genoeg kan beklemtoon nie, Alexei Poerin wat Shakespeare se sonnette pragtig in Russies vertaal het, Bart Moeyaert, jeugboekskrywer en later stadsdigter van Antwerpen en Leo Vroman, die grand old man van die Nederlandse letterkunde. Die spanning tussen die Israeliese digter Shimon Adaf en die Palestynse skrywer Tamim al- Barghouti is die hele week tasbaar. Tydens die afsluitingsfunksie oorhandig Zolani Mkiva, destydse imbongi, ’n prys aan Tamim. Vele wenkbroue lig. Wiens brood men eet …

Die naweek voor hierdie fees lees ek saam met onder meer Adam Zagajewski, Anna Enquist, Matthew Sweeney en Dirk van Bastelaere voor by die “Dichters in het Elzenveld”-geleentheid in Antwerpen. Ek het ’n keelontsteking en kug en proes maar deur my beurt. Na die tyd kuier ek heerlik saam met Eddy van Vliet. Dit is die eerste keer wat ek ’n skouburg volgepak sien met poësieliefhebbers wat redelik duur betaal om na ’n handvol digters te kom luister.

Ek woon in Oktober 2005 die British Council-geborgde “Beyond Borders”-letterkundefees in Kampala, Uganda by. Die hele week is ek die enigste “wit” skrywer by die kongres en, soos Deon Maas aan die slot van Witboy in Afrika, is ek verwonderd oor die feit dat ek nie verkwalik word vir my velkleur búíte Suid-Afrika, maar ín Afrika, nie. Ek het die voorreg om onder meer Anthony Appiah, Taban Lo Liyong, Shimmer Chinyodya, Véronique Tadjo en Mohamed Djibril Sisay te ontmoet. Véronique lewer ’n verreikende sleuteltoespraak waartydens sy onder meer vra wat dit behels om ’n “Afrika-skrywer” te wees te middel van voortsnellende globalisering. Sy bepleit die gebruik van inheemse Afrikatale om ’n leeskultuur te bevorder. In die loop van ’n paar werkswinkels skryf die groep ’n kollektiewe gedig, “Sing like a river”, in 16 Afrikatale.

Tydens ’n rondetafelgesprek by die Makerere Universiteit is die ingeligtheid van die studente indrukwekkend – die gehalte van die gesprek is baie beter as enige plaaslike “studente-diskoers” wat ek al in Suid-Afrika gehoor het. Die digter Timothy Wangusa word byvoorbeeld vlymskerp aangevat oor sy verbintenis met Idi Amin, sonder die brandstigting en algemene vandalisme wat “diskoers” op plaaslike universiteitskampusse kenmerk.

Gedurende hierdie week sterf Milton Obote, oud-president van Uganda, in Suid-Afrika en sy lyk word Kampala toe gestuur. Een aand tree ’n Ugandese dame my by ’n funksie aan en bedank my hartlik “omdat Suid-Afrika so goed vir Obote gesorg het.” Hy was ’n goeie mens, beklemtoon sy herhaaldelik. Ek vra versigtig: “Was Obote nie verantwoordelik vir die dood van 300 000 tot 500 000 mense tydens sy twee ampstermyne nie (volgens Amnesty International)?” “Nee,” antwoord die dame beslis, “hy het net 30 000 mense doodgemaak, teenoor die 500 000 wat Idi Amin doodgemaak het, daarom was hy ’n goeie man”.

In 2006 word ek genooi na PEN International se jaarlikse kongres in Zagreb, Kroasië. Daar gaan ’n nuwe wêreld vir my oop – skrywers en digters uit veral Kroasië, Serwië, Bosnië-Herzegovina, Macedonië en ook uit Israel, Hongarye en Italië. Ek kuier saam met digters soos Miroslav Kirin, Vojislav Karanovič, Asher Reich en Paolo Ruffilli en dan veral met Antonije (Nino) Žalica, wie se aangrypende narratief oor die beleg van Sarajevo my steeds bybly. Nadat ek my referaat gelewer en gedigte voorgelees het, is dit vraetyd. ’n Kroasiese digter staan op en vra statistieke oor die Suid-Afrikaanse moordsyfer. Ek waag ’n skatting – op daardie stadium ongeveer 19 000 moorde per jaar? Die Kroaat word doodsbleek en sê: “In vier jaar van oorlog met Serwië is daar 11 000 mense dood [in die negentigerjare]. Julle bevind jul in ’n burgeroorlog.”

Tydens hierdie kongres, soos ook al by voriges, begin drie dinge my pla: daar is te veel kommentators en te min skrywers wat die woord voer; daar word te veel gepraat oor skryf, in plaas daarvan om te skryf; ’n mens begin dieselfde gesigte weer en weer sien en dieselfde stories oor en oor hoor. Ek het toe al besef dat ’n mens, selfs as heel middelmatige skrywer, ’n bestaan uit literêre feeste wêreldwyd kan maak. Die probleem is egter dat jy dieselfde sienings herhaaldelik gaan hoor. Toe ek ’n bekende Russiese kinderboekskrywer vir die derde keer meemaak, het ek besluit om nie verder deel te neem aan hierdie sirkelgang nie.

Plaaslik het ek die voorreg gehad om voor te lees tydens die “Verslantern”-program van die KKNK, asook by die Aardklop-fees, en kon sodoende breë Suid-Afrikaanse digtalent hoor. Die “Bekgevegte” – waarvan ons meer as 80 landswyd aangebied het, ook by die KKNK, Aardklop, Woordfees en Versindaba – regverdig ’n eie storie. Ek was jare lank deel van die Bekbreker-span saam met Leon de Kock en Johannes van Jerusalem. In die geselskap van digters soos Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Ronnie Belcher, Charl-Pierre Naudé, Ronel Nel, Anton Krueger, Eugene Ashton, Jiggs en René Bohnen, leer ek die spesifieke uitdagings van “podiumpoësie” ken en kry nuwe respek vir rappers.

’n Plaaslike hoogtepunt was die Dansende Digters-fees by Spier in 2014. Om ’n week onder leiding van Breyten Breytenbach en met die knap organisasie van Dominique Botha te kon konfereer, voorlees en kuier, was ’n sonderlinge voorreg. Ek leer Duo Duo, Ilya Kaminsky (’n dowe digter uit die Oekraïne/VSA), Hans van de Waarsenburg, Homero Aridjis, Mxolisi Nyezwa, Ingrid de Kok, Nimrod en die Senegalese rap-duo Vendredi Slam ken in die loop van ’n paar intensiewe dae. Tydens een werkswinkelsessie op die plaas Kersefontein sit Breyten en krap vinnig iets op ’n stuk papier. Hy gee die teks vir my aan: ’n perfekte gedig, net daar geskryf. Jou bliksem! dink ek; ek sal mý kop aansienlik meer moet stut en hamer om so ’n gedig te kan fabriseer.

Wat het ek geleer uit al hierdie byeenkomste en feeste? Dat alle digters tot ’n kleiner of groter mate waansinnig is - merendeels in die goeie sin van die woord. Ek is blootgestel aan digterlike tradisies en kulture waarvan ek nog net vaagweg gehoor het. My vertaalstrategieë en –tegnieke is geslyp in werkswinkels.

Dus: woon gerus enige van hierdie tipe skrywersbyeenkomste by – veral werkswinkels -  maar oppas om te verval in herhaling en ’n blote gepratery, in plaas daarvan om by die basis te bly: skrýf.

The post PEN Afrikaans: Die wêreld van die skrywer – Henning Pieterse appeared first on LitNet.

Chanette Paul (1956–)

$
0
0

Gebore en getoë

Chanette Paul is – volgens haar geboortesertifikaat – op 20 Oktober 1956 iewers in Johannesburg gebore. Toe sy vier maande oud was, het haar regte ouers haar by die Johannesburgse weeshuis gaan haal en haar na Stilfontein geneem, waar haar pa ’n elektrisiën op die myn was. Sy ken nie haar biologiese ouers nie, maar sy weet dat sy met geboorte as Marion Cathleen Hughes geregistreer is en dat haar aanneming waarskynlik daaraan te wyte was dat haar biologiese pa ongeveer drie weke na haar geboorte oorlede is. Op Stilfontein is sy Chanette gedoop – aanvanklik sou sy Jeanette genoem gewees het, maar uiteindelik is sy as Chanette Meyer geregistreer. Die gesin trek baie rond en voor sy skool toe is, bly sy reeds in Cullinan, Sunnyside, Villieria, Rietfontein en Menlopark. Haar grootouers van moederskant immigreer kort na die Tweede Wêreldoorlog uit Nederland na Suid-Afrika en bring kosbare erfstukke saam wat later, na haar ouma se dood, in Chanette se huis gehuisves word.

Sy gaan vir die eerste keer skool toe in Silverton en voor sy klaarmaak met haar laerskooldae, woon sy skole in Meyerspark, Generaal Hendrik Schoeman op Schoemansville en Laerskool Louis Leipoldt in Lyttelton by. In standerd vyf word sy verkies tot onderhoofleier en sy wou nie weer trek nie, maar sy moes maar die plaasskool in die omgewing van Bon Accord-dam bywoon. Halfpad deur haar standerd 6-jaar verhuis hulle na Durban en daarna na die Suidkus, waar sy aan die Hoërskool Kuswag skoolgaan tot vroeg in standerd 8, toe hulle na Newcastle trek. Haar standerd 9- en matriekjaar voltooi sy aan die Hoërskool Ermelo.

Chanette se pa het geskilder en haar ma het haar vandat sy klein was met stories grootgemaak, en vandat Chanette kon skryf, timmer sy stories aanmekaar. Sy het al in standerd twee ’n A4-boek met ’n spiraalrug gehad waarin sy stories begin neerskryf het. In standerd agt word een van haar kinderverhale, ”Tant Mollie en die stoute feetjie”, oor Siembamba voorgelees deur Kosie Venter, wat hulle buurman in Meyerspark was. Sy ontvang die  vyf rand daarvoor. In matriek skryf sy haar eerste volwaardige kortverhaal, maar dit bly in die laai lê. In ’n onderhoud met François Bloemhof in Vrouekeur (9 April 2004) vertel Chanette dat sy baie bevoorreg is om ouers te hê wat begrip het daarvoor dat sy so “op die periferie van die werklikheid” woon en self ”miskien so ’n bietjie dromerig” is.

Chanette onthou dat die Huppelkind-boeke van WO Kühne vir haar altyd sal uitstaan: “Die stories het my kinderdae met verwondering gevul oor ’n lewe 'in die middel van die wêreld in die middel van die vlei'. ’n Paar jaar later het Die Uile van Cor Dirks my gunsteling geword. Ek glo dis hierdie twee reekse wat my weetlus en liefde vir geheimenisse aangewakker het.” (Huisgenoot, 26 Mei 2016)

Karin Brynard wou op Crime Beat weet wanneer Chanette begin lees het: “Vandat ek kan onthou het my ma my met stories gevoer, of dit nou vertellings of voorlesing was. Ek het self begin lees vandat ek kón. My absolute gunsteling as kind was die Uile-reeks van Cor Dirks. Dis seker waar my liefde vir spanning sy vroegste grondslag gekry het. Daarna is ek deur ’n Ena Murray-fase – vandaar sekerlik die liefde. ’n Boek wat ek voos gelees het, een wat my Hollandse ouma vir my gegee het en een van die min boeke wat ek besit het, was School-Idyllen van Top Naeff. Elke keer snot en trane gehuil. Maar ek het nog altyd feitlik alles gelees waarop ek ook al my hande kon lê. Die groot deurbraak het gekom toe ek begin Engels lees het – ongelukkig relatief laat omdat my ma nie Engels magtig was nie en ons gevolglik net Afrikaanse en Nederlandse boeke by die biblioteek uitgeneem het. (Ek kon Nederlands en Vlaams destyds baie vlotter lees as Engels). Maar toe ontdek ek wat ’n Book Exchange is en daarmee saam so met verdrag vir Wilbur Smith, Arthur Hailey, Harold Robbins, Jeffrey Archer, Sidney Sheldon, Leon Uris, Robert Ruark, Irving Wallace, Stephen King, Shirley Conrad, Jean Auel ... ag, al die bestsellers en page turners van destyds. Op universiteit het ek darem ook literêre werke amptelik ontdek alhoewel ek reeds vroeër daarmee kennis gemaak het, maar ek het altyd my voorliefde vir ontspanningsfiksie behou ondanks ’n meestergraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde!”

Verdere studie en werk

Chanette is na die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, waar sy in 1977 haar BA-graad verwerf met Afrikaans-Nederlands en Psigologie as hoofvakke. In 1978 vertrek sy na Bloemfontein, waar sy haar Hoër Onderwysdiploma met lof slaag. In 1979 hou sy vir twee maande skool in Groblersdal en vir die res van die jaar gee sy Afrikaans Tweede Taal vir immigrante aan Edenvale High School.

Chanette trou in 1980 met Jack Otto Paul. Hy doen kontrakwerk en hulle gaan bly langs die Limpoporivier in ’n karavaan, 80 km vanaf die naaste telefoon. Om haar tyd te verwyl, skryf sy haar in by Unisa vir Kriminologie II, Volkekunde I en Argeologie I, nie vir graaddoeleindes nie. Sy slaag laasgenoemde twee met onderskeiding. In 1982 behaal sy haar BA Honneursgraad met onderskeiding, wat haar moed gee om vir haar meestersgraad in te skryf, maar weens ’n sameloop van omstandighede moes sy opskop.

Gedurende 1985 keer hulle terug na die Rand en is maak sy gebruik van die kans om weer te studeer. Sy skryf in 1987 by die Randse Afrikaanse Universiteit in vir haar MA-graad, wat sy in Junie 1988 met lof slaag. Sy ontvang vir haar skripsie, Funksies van die fisiese ruimte in Toorberg, onder leiding van prof Johann Johl, die Simon Weinstein-prys.

Intussen raak Chanette betrokke by die klerebedryf en word sy ’n vennoot in ’n klerefabriek en behartig later haar eie fabriek en boetiek.

In haar tweede jaar op universiteit diep sy haar lank-terug se verhaal op en begin om dit ingrypend te verander. Sy stuur dit aan Sarie, wat haar laat weet dat hulle waardering het vir die verhaal, maar dit nie kan plaas nie, aangesien hulle ’n soortgelyke een deur Elsabe Steenberg kort tevore geplaas het. Chanette stuur dieselfde verhaal aan Bennie Fritz van Die Huisgenoot, wat dit aanvaar met sekere voorwaardes. In 1976 word die verhaal gepubliseer en ontvang Chanette die “prinslike som” van R86 daarvoor. Bennie Fritz ontvang die een verhaal na die ander van Chanette, maar almal word teruggestuur, meestal met opbouende kritiek en aanmoediging. Vroeg in die negentigs probeer sy weer, maar weer wag teleurstelling vir haar. Sy besluit dus dat skryf nie vir haar bedoel was nie en hoewel sy nou en dan ’n verhaal aanpak, word dit nooit voltooi nie.

In Oktober 1994 woon sy die jaarlikse Nasionale Leeskringseminaar in Welkom in die Vrystaat by en gesels met Esme Mittner, verhaleredakteur van Sarie, wat haar aanmoedig om aan te hou probeer.

In Desember 1994 trek Chanette en haar man na Hartebeespoortdam. Sy is 38, uit die klerebedryf en moet besluit wat sy met die res van haar lewe wil doen. Sy besluit dat sy haarself ’n jaar gaan gun om voltyds te skryf. Sy koop die goedkoopste rekenaar op die mark en begin skryf. Haar eerste poging is ’n novelle van ongeveer 9 500 woorde, wat Esme terugstuur met die versoek dat dit ingekort word tot 3 500. Chanette begin met oorgawe skryf aan ’n Mills & Boon-boek in Engels, maar ook dit word teruggestuur. Teleurgesteld begin sy skryf aan ’n liefdesverhaal in Afrikaans. Sy ontmoet vir Cecilia Britz van Perskor en gee haar die eerste paar hoofstukke van haar verhaal. Cecilia stel belang en in die eerste week van Desember 1995 lewer Chanette die voltooide manuskrip van Maalstroom van ekstase by Perskor se kantore af. Sy begin ook werk aan die redigering van die verhaal wat sy aan Esme Mittner gestuur het, en ’n paar dae uitmekaar, net voor die Kersseisoen, hoor Chanette dat albei aanvaar is – en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Ongeveer 40 romans het al uit haar pen verskyn en die einde is nog nie in sig nie. Vir haar eerste roman ontvang sy in 1996 die Perskor-prys vir die beste romantiese fiksie, en Wip van die droomvanger is in 1999 die naaswenner van die ATKV-Prosaprys.

Chanette en Jack woon op ’n stadium by die Hartebeespoortdam en as hy kort-kort weg is van die huis as gevolg van sy werk, bly sy, die twee katte en honde en ’n hand vol visse agter om mekaar geselskap te hou. Haar huis en sy inhoud is ’n duidelike weerspieëling van Chanette se kreatiewe ingesteldheid.

In 1998 verskyn haar roman Vlerkaf, wat handel oor drie vroue wat elkeen met hulle persoonlike probleme worstel. Die esoteriese figureer sterk in die verhaal en daar is ook verwysings na die mitologie en spesifiek na koning Arthur. Chanette vertel vir Stephanie Nieuwoudt (Beeld, 28 April 1998) dat sy baie navorsing gedoen het oor die esoteriese en die Arthuriaanse. Sy is nie self ’n aanhanger van “enige esoteriese denkrigting nie, maar het ’n groot belangstelling daarin”.

In ’n onderhoud in Sarie van November 2004 beken Chanette dat sy die liefdesverhaal-genre gekies het omdat sy as enigste, eensame kind skoolvakansies omgelees het aan liefdesverhale. “Toe ek begin skryf het, was my vertroue in my skryfvermoëns maar eina, maar ek het vir ’n liefdesverhaal kans gesien en gehoop dit sou vir my ’n soort skryfleerskool wees.” Sy verpes die term hygroman: “Dit gaan oor romantiek en begeerte tussen karakters wat hulle in ’n ontwikkelende liefdesverhouding bevind, asook die emosionele belewing hiervan by die heldin – nie grafiese beskrywings van die seksdaad nie. Ek is in murg en been ’n romantikus.”

In 2003, terwyl Chanette op De Rust naby Oudtshoorn woon, voltooi sy haar MA in Skeppende Skryfwerk (cum laude) onder leiding van prof Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad nadat sy ’n beurs van Human & Rousseau Uitgewers ontvang het. Die roman wat hieruit voortgespruit het, Leila word lig, haal die kortlys van die ATKV-Prosaprys in 2006. Dit is die eerste roman wat sy publiseer onder die naam Chanette Paul om dit te onderskei van haar ligter fiksie, wat sy as Chanette Paul-Hughes skryf.

In 2003 trek Chanette en haar kat Vasti na Stanford, naby Hermanus, aan die oewer van die Kleinrivier, en sy raak liries oor die uitsig vanuit haar studeerkamer op die rivier en die Kleinerivierberge. “Daar is vir my iets magies hier. Ek hoor feëvlerke in die melkhoutboom en soms dink ek ek sien die wenkbroue van ’n waternimf wat oor die meniskus van die rivier na my loer. Ek verneem dit kan dalk vlermuise en otters wees wat my verbeelding op loop het, maar ek verkies om anders te glo.” (aan Sarie, November 2004) Chanette “speel” eienaar-bouer van haar huis in Stanford en vertel van haar al haar wedervaringe in April 2005 se Rooi Rose se rubriek ”Agterstoep”. Sy vertel dat die man in haar lewe, Ernie Blommaert, eindelose geduld het met haar wanneer “ek in storie-mode ingaan en nie heeltemal in die gees teenwoordig is waar die vlees haar bevind nie.”

Chanette se huis is vir Stephanie Nieuwoudt (Rapport, 27 Oktober 2010) soos iets uit ’n sprokie. “Aan weerskante van die voordeur is sementmeerminne – een met vlerke en een sonder vlerke – wat Koos Malgas van Nieu-Bethesda kort voor sy dood vir haar gemaak het, ’n klimop is stadig besig om die mure toe te groei en oral is blomme en ’n paadjie wat jou laat dink Gouelokkies gaan netnou hier afgehuppel kom om iets te ete te soek. Aan die agterkant strek die grasperk tot by die rivier, waar Blom se rivierboot, die River Rat, vasgemeer is. Hiermee neem hy toeriste op riviertogte.

“Die onderste verdieping van die huis is gevul met ’n eklektiese mengsel van goed. Daar is uitstalgoed op oop oppervlakke, helderkleurige plakkate van wulpse vroue, skilderye van feeagtige vroue, droomvangers, windklokkies. Saam met die baie hout – van die venster- en deurkosyne tot die vloer en deure – verleen dit warmte aan die vertrek wat vol herinneringsgoed is. Soos die meubels uit ’n ou Duitse schloss wat ’n Joodse vlugteling ná die Tweede Wêreldoorlog by haar Nederlandse oupa laat aflewer het. Dit was sy manier om dankie te sê vir haar oupa se hulp aan die Jode tydens die oorlog.

“Haar stamboom is nog interessanter as ’n oupa in die Nederlandse ondergrondse weerstandsbeweging. Volgens Chanette stam haar familie af van ’n buite-egtelike kind van Floris die Vyfde (1254–1296 nC) wat eeue gelede oor Holland regeer het.

“In haar slaapplek is oral boekrakke vol gepak met allerlei boeke. Van sprokies tot filosofie en natuurlik rye vol van Chanette se eie boeke. Sy het immers al meer as 30 geskryf. Die boekrakke dien as mure wat haar werkplek van die slaapplek afskei.

“Om haar rekenaar en om die bad se rand is ’n feërie – feetjies, elwe, dwergies en ander – uitgepak. Wanneer sy in die bad is, is dit asof die tuin in haar badkamer is. Plante loer om die vensterbank van die badkamervenster op die boonste verdieping. Ook in haar werkhoek word sy omring deur plante wat van buite af ruig om die vensterbanke krul.”

Chanette vertel aan Nieuwoudt: “Feërieë verteenwoordig al die mens se eienskappe: Boosheid en goedheid. Hulle is ’n afskadu van hoe ons is. Ek hou van die verbeelding agter die mitologie van ­feërieë.”

Meerminne en die mites wat om hulle verweef is, is vir haar ’n bron van inspirasie. Die visvrou figureer ook in die reeks met Gys Niemand as speurder. “Die meermin is by uitstek die uitbeelding van die vrou as intuïtiewe wese in haar oervorm,” skryf Chanette op haar blog. “Sy is vasgevang tussen die waters van die onbewuste en die land van die bewuste wat ’n onderlyf verg, en die vermoë om te kan asemhaal. Sy hunker immer na ’n maat – een wat haar dikwels nie verstaan nie, maar sonder wie sy nie heel voel nie.”

Chanette is van tyd tot tyd betrokke by leeskringe, skryfskole en skryfwerkswinkels en hou in 2003 haar eerste Manuskripfabriek vir skrywers van romantiese fiksie. Sy doen ook manuskripkeuring vir LAPA-uitgewers, lei skrywers op in die romantiese genre en evalueer manuskripte vir voornemende skrywers. Sy is ook een van die dryfvere agter die daarstelling van LAPA-uitgewers se drukkersnaam Romanza, wat kontemporêre en histories romantiese fiksie publiseer.

Deesdae (2019) doen sy manuskripontwikkeling vir LAPA Uitgewers. “In Engels sou jy dit seker structural editing kan noem, maar dit strek heelwat wyer as dit. In SA moet jy maar altyd meer as een ding in jou werksomskrywing inkorporeer. Deesdae lees ek so een tot twee manuskripte per maand, maar voorheen was dit veel meer. Ek het egter aansienlik afgeskaal omdat ek andersins nie genoeg tyd vir my eie skryfwerk kry nie,” vertel sy aan Phyllis Green (Sarie, 20 Julie 2018).

“Ek werk ook deesdae net met manuskripte van skrywers saam met wie ek al ’n lang pad gestap het, almal nou reeds gepubliseerde skrywers, en slegs nou en dan met ’n manuskrip van ’n nuweling wat werklik baie potensiaal het. Verder doen ek op informele vlak navorsing oor genres en trends in die internasionale ontspanningsfiksiemark. Dis vir my en my uitgewers belangrik om te weet wat in die internasionale speelveld aan die gang is.

“Ek het voorheen skryf-/slypskole aangebied, maar dit het net te tydrowend geraak. Ek word egter steeds soms uitgenooi om oor skryfsake te praat en doen dit graag as ek tyd het. Ek het ’n paar bydraes gemaak tot Die Afrikaanse skrywersgids, wat dit makliker maak om vir skrywers, veral beginnerskrywers, daarheen te verwys pleks van telkens dieselfde raad te gee.”

Op ’n vraag oor hoe lank sy aan ’n boek skryf, sê Chanette dat dit afhang van die boek, van haar tyd en van die nood. Sy het ses van die sewe boeke in die Davel-reeks in elf maande geskryf – gemiddeld twee maande per boek! Maar aan Leila word lig het sy vier jaar geskryf. Sy sit so gemiddeld twaalf uur per dag agter die rekenaar.

Op haar blog skryf Chanette: “Ek skryf semi-voltyds. Ek doen manuskripontwikkeling vir Lapa Uitgewers wat gemiddeld so 1–2 weke per maand van my skryftyd steel, maar ek is baie dankbaar daarvoor, want dit beteken ek nie net afhanklik is van my tantieme om te oorleef nie.

“Wanneer ek skryf, skryf ek hard. Ek sit so 10–12 ure per dag voor die rekenaar. Dit sluit natuurlik navorsing en allerhande ander dinge in – onder meer staar. Maar eintlik ‘skryf’ mens 24/7, want jou kop bly maar voortdurend by die storie. Ek het nou die dag saam met Blom, die geduldige man in my lewe, gaan rugby kyk by ons plaaslike pub. Toe ek weer sien, kyk almal om my na my pleks van die skerm. Blom sê ek het met my hand op my knie geslaan en gesê ‘yes! ek het hom’. Dit was op die oomblik toe iets oor een van die hoofkaraktes van Dryfhout (dis nou Gys nr 5) vir my duidelik geword het – terwyl die Stormers die een fout na die ander gemaak het.

“Ek stel vir my losweg ’n target van 12 000 woorde per week vir my skryfweke. Meestal doen ek so 2 000-3 000 woorde per dag. Soms is die 50 woorde, en soms as ek op ’n roll is tot 7 000. My rekord was oor die 8 000 woorde op een dag, maar dis die stukke wat altyd baie redigering nodig het.” (Op Chanette se blog)

Volgens Chanette is die heldin die spil waarom die liefdesverhaal draai. Sy vertel aan François Bloemhof in Vrouekeur  “die leser wil deur haar oë sien, deur haar emosies ervaar en deur haar lyf voel. [...] Ek dink nie my heldinne uit nie, hulle klop by my aan. Hulle kan soms baie wederstrewig wees, veral oor wie die held gaan wees, maar ook oor name. Hulle laat hulle nie voorskryf oor wat hulle wil aantrek en hoe hulle veronderstel is om sop te eet nie. En wanneer die held hulle die eerste keer gaan liefkoos nie. Partykeer het ek al my dae om die twee net in ’n omhelsing te kry.”

Haar belangstellingsveld is wyd – benewens lees (alles wat voorkom, maar veral raaiselfiksie), reis (waarheen ook al) en musiek (van Chris Chameleon tot Chopin) is sy passievol oor tuinmaak, simboliek, mitologie, die misterieuse en esoteriese, kajakvaart, skubaduik, snorkel en onderwater-ekologie. Sy is lid van die South African Amateur Underwater Ecology Society wat universiteite help om navorsing op koraalriwwe te doen. “Ek duik graag op Ponta D’Ouro in Mosambiek, met sy wonderlike gevarieerde riwwe. [...] Wanneer ek duik, kom ek met ’n hele nuwe dimensie in my in aanraking. Miskien het dit iets te make daarmee dat duik amper simbolies kan wees van die wegsink in die vrugwater van die onderbewussyn, daar waar alles inderwaarheid begin.” Dan is seiljagvaart en motorfietse ook op haar lys belangstellings. In 1999 vertel sy vir Alita Vorster dat sy nog witwatervlotry op die Zambezi, ’n reksprong, ’n valskermsprong en ’n toer deur Afrika met ’n 4x4 beplan “so skuins voor ek vier en tagtig jaar oud is”.

In 2007 begewe Chanette haar op ’n heel ander terrein, naamlik dié van die spanningsverhaal, maar nog altyd met ondertone van romanse daarby. Springgety, die eerste van vyf boeke waarin die speurder Gys Niemand en konstabel Fortuin die geheime moet ontrafel, is ook deur LAPA uitgegee (soos ook die ander vier).

In Springgety gaan Lily Reynecke na Kruisbaai om Maja se spore na te volg. Kort na haar aankoms eis Springklip, die hoë krans waar reeds vier kruise staan, nog ’n lewe. En dit sit ’n hele string van gebeurtenisse op tou wat deur Gys opgelos moet word.

In Literator van Desember 2008 skryf S Meyer oor Springget0y dat die karakters die leser op ’n persoonlike vlak in die storie intrek. ”Die oortuigende motivering wat die verlede en jeugomstandighede ten opsigte van verskeie karakters se optrede bied, bring vir die leser die moontlikheid om hom-/haarself iewers te vind: in Ben wat as kind net skraapsels van ouerliefde geken het; in Kassie wie se enigste sekuriteit in sy ouer broer lê; in Ada wie se gewigsprobleme haar emosionele onsekerheid verraai; in Rina wat deur haar pa gemolesteer is; of in Maja wat met haar goeie bedoelings en swak oordeelsvermoë diegene rondom haar se lewens eindeloos kompliseer.

“Die hegte struktuur en fassinerende storielyn maak van hierdie dik roman meesleurende vakansieleesstof. Daar is genoeg kinkel in die verhaalkabel om die leser tot aan die einde te laat raai.”

Springgety is in 2016 herdruk en oor die herdruk skryf Yolanda Wessels op LitNet dat die skrywer goed daarin slaag om die leser aan te gryp en te laat vereenselwig met die verhoudings tussen die karakters, omdat almal al probleme ervaar het met verhoudings waarin daar wantroue is. “Dit is die realiteit, daarom is dit maklik om jou in te leef, veral as jy al bietjie lewensondervinding onder die knie het.  Jy kan nie help om vinniger te lees om te sien wát die uiteinde is, wie die skuldige is en wat gaan gebeur nie. Natúúrlik is dit ook ’n roman, so jy soek daardie bietjie romanse en die hoop beskaam geensins vir ’n prentjiemooi liefdeseinde nie.

“Chanette kwyt haar goed van haar taak in haar eerste spanningsroman. Die leser se aandag word deurentyd  behou, daarom soek jy amper ’n wegglipkkansie om nog ’n bietjie te lees en voor jy jou oë uitvee is ’n paar uur verby en spoed jy deur haar gemaklike, vloeiende skryfstyl.”

Die tweede in die reeks, Fortuin (2008, met ’n herdruk in 2016), speel af rondom die joernalis Xanthe Tredoux wat na die afgesonderde landgoed Paradyskloof in die berge moet gaan in opdrag van die redakteur van Tuisfront om uit te vind wat agter Eva van Eeden en haar Paradyskloof skuil.

Chanette vertel aan LAPA (LAPA-boekkatalogus Oktober–Desember 2008) meer oor Fortuin: “Skryf is, benewens harde werk en ’n Trojaanse toertjie in selfdissipline, ook ’n magiese ervaring. ’n Goeie voorbeeld hiervan is speurder-sersant Gys Niemand, die karakter wat in Springgety veronderstel was om ’n terloopse een te wees. Maar Gys het ander planne gehad, en nie net in Springgety nie. Hy het besluit om sommer Fortuin ook te kaap om sodoende sy storie te vertel.”

Hierna volg Boheem (2009), Meetsnoer (2010) en Dryfhout (2011), almal met Gys as speurder. Al drie titels is in 2016 en 2017 heruitgegee. In Boheem ontmoet die leser vir Kayla Cilliers wat drie jaar na die moord op haar man na die kunstenaarskolonie Bohemia gaan nadat sy ’n skryfkompetisie gewen het. Kort na haar aankoms kom sy op ’n lyk af en is daar mense wat wil verhoed dat sy hierdie skotvry daarvan afkom en moet Gys Niemand weer al sy speurvernuf inspan om die skuldiges aan die pen te laat ry.

In Die Burger (19 Oktober 2009) skryf François Bloemhof dat as daar iets is waarvan lesers seker kan wees, dit is dat Chanette Paul kan skryf. “Sy bly produktief, sonder insinkings in die gehalte van haar werk.”

Vir Bloemhof was dit ’n probleem dat die romanse en spanningsverhaal in Boheem so verweef is, want soms het dit gevoel asof die twee elemente met mekaar bots.

“Daar is baie mense vir wie bostaande 'beswaar' oor die vermenging van genres nie sal geld nie; die skrywer se getroue lesers behoort die boek baie te geniet. Verder – hoeveel Afrikaanse vroueskrywers is daar dan nou wat hul voet op spanningsterrein waag? Na my beste wete is dit ook slegs dié skrywer wat dit tans plaaslik waag om daardie twee genres te kombineer, en daarvoor verdien sy vir seker krediet.”

Hoewel die boek lank is, is die intrige verwikkeld genoeg dat dit die leser se aandag sal behou. Bloemhof gaan voort: “Dit is ook gul gepeper met fyn humor en waarnemings wat van navorsing spreek.”

Op Crime Beat vertel Chanette in Desember 2010 aan Karin Brynard dat die hele kwessie van die jaar 2012 wanneer na aanleiding van die Maja-kalender van 5 120 jaar tevore die einde van die mensdom gaan begin, haar verbeelding aangegryp het. Meetsnoer is egter lank voor 2012 begin en hierdie kwessie was dus nie die ding wat die boek geïnspireer het nie. Oor die jare was daar ook baie profete wat die einde van die aarde en die oordeelsdag voorspel het. In Meetsnoer word daar geskryf oor só ’n profeet en die sy aanhangers. Meetsnoere dui ook op die standaarde waaraan buitestanders vir Raine Quinn, die hoofkarakter, meet, en haar reaksies daarop. En dan, aan die einde van die boek, die standaarde waaraan sy haarself, haar naaste, haar huidige lewe, asook haar toekoms, meet.

Die kerk waaroor dit in Meetsnoer gaan, is die Meetsnoer-kerk en dit, saam met die broederkerke, is almal die uitvloeisels van Chanette se verbeelding. Dit is gegrond op min of meer dieselfde kerke in die werklike lewe. Haar navorsing was redelik uitgebreid en tydens haar soektog het sy op webwerwe afgekom waarop haatspraak en fanatisme hoogty gevier het en haar geweldig geskok het.

Om ’n boek met godsdiens as ’n hooftema aan te pak, is altyd ’n waagstuk en baie sensitief. Dit is ook nie iets wat normaalweg in ’n romantiese spanningroman aangepak word nie. Maar vir Chanette het nie daarvoor teruggedeins nie, want haar geloof is dat enige tema in ontspanningsfiksie kan voorkom, solank dit ontspanningsfiksie is. Sy vertel verder aan Karin Brynard: “Ek hoop ek kry dit met Meetsnoer reg om nie idees af te dwing nie en om objektief te bly. Ek hoop dat dit steeds net ’n storie bly wat ’n mens wegvoer van die werklikheid en jou na ’n ander, verbeelde realiteit neem. As dit die leser ’n bietjie laat nadink, is dit ’n bonus.”

Oor die finale titel in die reeks, Dryfhout, skryf Jaybee Roux (Beeld, 25 Julie 2011): “Sommige karakters, soos Gys en Fortuintjie, draf gemaklik in al vyf boeke rond. Maar nuwelinge en vars intrige is daar genoeg in dié grande finale.

“Die heldin is Aengel Rousseau en Roarke is die volmaakte romantiese held. Natuurlik sorg Paul as gesoute romanse-skrywer dat dié twee rede het om nie dadelik in mekaar se arms te val nie, al gril ’n mens ’n bietjie wanneer die heldin se mond uiteindelik deur die held ‘geplunder’ word. Sulke clichés is gelukkig min.

“Wat die storie self betref: Aengel kom nie met haar Bolandse familie oor die weg nie en vestig haar in Kierangbaai. Sy leer gou die ander inwoners ken. Vier van hulle word een ná die ander vermoor en amper enigeen van die karakters met hul probleme en intrige kan skuldig wees.

“Die wisselwerking tussen hede en verlede boei. Die dagboeke van Angelique d’Avignon, Aengel se voorsaat, speel ’n belangrike rol in die verklaring van die legende van Annie, oor wie ons in Springgety gelees het. Dié aspek snoer al vyf titels finaal saam en pas by die ou porseleinskerwe waarna Roarke so soek op die strand.

“Paul weet hoe om spanning en romanse in ’n ligte, leesbare storie te kombineer. Die mites en legendes verskaf ’n magiese ondertoon wat haar werk laat uitstyg bo die gewone speur-prul. Watter boek die hoogtepunt van die reeks is, is seker persoonlike voorkeur, maar ek glo Paul bewys met Dryfhout vyf is presies die regte getal boeke vir ’n reeks soos dié.”

Oor haar wegswaai van suiwer romantiese verhale na romantiese spanningsverhale vertel Chanette aan Karin Brynard op Crime Beat dat spanningsromans nog altyd ’n leesvoorkeur by haar was. Sy het al in 1999 Wip van die droomvanger geskryf, maar toe was mense nog nie so gaande oor Afrikaanse spanningsverhale nie, al was Deon  Meyer toe al op die toneel.“Omdat ek om den brode skryf, het ek teruggegaan na suiwer romantiese verhale. In 2006 het ek egter die historiese Davel-reeks klaargemaak en toe besluit om aan die diep kant in te spring en weer te probeer. Die Gys-reeks is die resultaat al was dit nie aanvanklik bedoel om ’n reeks te wees nie.”

En die resensente stem saam. Oor Meetsnoer skryf Stephanie Nieuwoudt op LitNet: “ ... Al lyk Paul se boeke in die Gys Niemand-reeks na speurverhale, en al loop die spanning soms so hoog dat die leser asem ophou, is Paul gesteld daarop dat haar boeke suspense-verhale is.

“Volgens Paul is die speurder in die suspense-verhaal ’n sekondêre karakter. Die hoofkarakter is nie ’n opgeleide speurder nie, maar is ten nouste by die saak betrokke. Die leser van die suspense-verhaal het gewoonlik ook meer insae in die moord en die moordenaar as die hoofkarakters. En natuurlik is daar ’n sterk romanse aan ‘t ontwikkel.

Meetsnoer is die vierde boek in die Gys Niemand-reeks. In al die boeke probeer die speurder Gys Niemand en sy kollega Fortuintjie om ’n moord op te los. En soos in al die vorige boeke is die milieu waarin die verhaal afspeel, prentjiemooi.

“Raine Quinn trek in die sprokiesmooi huis op die pragtige landgoed Fluisterbos in. Sy het die huis gekoop nadat die eksentrieke, interessante Joanie vermoor is. En langs Fluisterbos is die stuk grond waar ’n sekte, onder die leierskap van Profeet Sias, wortelgeskiet het. En Sias wil Fluisterbos in die hande kry. Intussen moet Raine ook nog sin maak van haar gevoelens oor Flint, die aantreklike susterskind van die vermoorde Joanie.

“Paul skroom nie om te skryf oor omstrede dinge nie. In Fortuin word byvoorbeeld ’n vorm van Wicca bedryf en die skrywer gaan simpatiek met die alternatiewe godsdiens om; in Meetsnoer word ’n sekte van naderby bekyk gewis minder simpatiek.”

Chanette se navorsing beïndruk vir Nieuwoudt. “In Meetsnoer draai ’n groot deel van die gebeure om ’n oerplant, Annie-se-lot, ’n soort varing. Sy het deeglik navorsing gedoen oor die voortplantingstelsel van varings, en hoe die plante oorleef, maar vir die doel van die verhaal, het sy, soos sy in die outeursnota skryf, nie die feite in die pad van haar verbeelding laat staan nie. ’n Mens is half teleurgesteld dat daar nie werklik so ’n besonderse plant bestaan nie.

“Sy slaag daarin om die spanning enduit vol te hou. Sodra jy dink jy het nou agter die kap van die byl gekom oor wie ‘goed en wie ‘sleg’ is, wag ’n verrassing en laai die spanning weer op.

“Dis dié karakters wat elke nuwe boek in die reeks soos ’n tuiskoms na bekendes laat voel. Dis jammer Paul neem met haar finale boek in die reeks, Dryfhout afskeid van Gys, Fortuintjie en Gertjie.

“En mag Paul se naam ook in die toekoms onthou word wanneer daar oor die misdaad- of spanningsverhaal geskryf word. Want al beskryf sy haar werk as suspense, speel sy op dieselfde veld as ander skrywers wat bekend is in die misdaad- of spanningsgenre.

Oor die suspense-verhaal verduidelik Chanette aan Stephanie Nieuwoudt (Rapport, 27 Oktober 2010): “In Afrikaans word die term spanningsroman te wyd gebruik om regtig ’n onderskeid te tref soos in Engels, waar daar onder meer onderskei word tussen ‘suspense novels’ en ‘detective nov­els’. Daar is natuurlik ook baie ander subgenres in die misdaadgenre.”

“As mens wil hare kloof, is daar ook ’n onderskeid te tref tussen ‘romantic suspense’ en ‘gewone suspense’. Die beste waarmee ek vorendag kan kom (en dis onbevredigend), is romantiese spanningsroman. In ‘romantic suspense’ is ’n vlegsel van twee storielyne, naamlik die romantiese lyn en die spanningslyn. Albei behoort ewe sterk en verweef te wees. Dit wat op romantiese vlak gebeur, moet ’n uitwerking hê op die spanningslyn en andersom. Gesamentlik laat dit die protagonis ook ’n emosionele reis beleef. Waar die speurverhaal om die speurder draai, is die speurpersoon en hoofkarakter (nie ’n opgeleide speurder nie) in ‘suspense’ nie sekondêre karakters nie. In die ‘suspense’-verhaal weet die leser gewoonlik meer as elkeen van die karakters en word dus self ’n speurpersoon.”

In 2012 word Chanette se Maanschijnbaai-tweeluik gepubliseer. Jo en Sue is die eerste en Nana en Jeannie die tweede. Hierdie twee was só gewild dat hulle op ’n stadium beter verkoop as die topverkoper Fifty Shades of Grey. Jo en Sue het in 2012 die Lekkerlit-toekenning ontvang. LAPA Uitgewers het hierdie prys ingestel waardeur lesers gevra watter boek hulle die voorafgaande jaar die meeste geniet het.

Vier verskillende vroue, almal Calitze, word in bogenoemde twee boeke aan die leser bekendgestel. Elkeen is op ’n ander stadium van hulle lewe en elkeen het haar eie eienaardighede, maar bowenal het elkeen ’n verlede, met ’n hoofletter V. Die vier beland op Maanschijnbaai nadat Casper sy turkoois huis aan hulle bemaak het. Die mense van die stranddorp wil die huis laat platslaan, maar vir die vier vroue is dit ’n heenkome.

Hulle meen dat as hulle die ou krot van ’n huis weer leefbaar kan maak, sal dit hulle help om weg te kom van hulle verlede. Jo was in ’n verhouding betrokke wat haar nie net finansieel geruïneer het nie, maar ook geestelik; Sue moet op ’n manier van al haar vorige minnaars wegkom; Nan het haar werk verloor en Jeannie moet ontsnap van die Maidens of Sappho. Maar so maklik raak hulle nie van die verlede ontslae nie, want op Maanschijnbaai is daar iemand wat nie daarvan hou dat die “vier slette” Casper se erfgenames is nie.

Op LitNet wou Naomi Meyer by Chanette weet watter van die vier Calitze haar gunstelingkarakter is. “Dis dalk ’n geykte antwoord, maar dis werklik dieselfde as om vir ’n ma te vra watter kind die liefste het. Elkeen van die Calitze het ’n baie spesiale plekkie in my hart. Jo het die storie aan die gang gesit met die finansiële en emosionele flaters wat sy begaan en in aller yl probeer regstel, maar dan net al dieper in die moeilikheid beland. Haar deursettingsvermoë beïndruk my en ek hou van haar sagtheid wat tog deur staal gerugsteun word.

“Daarna het Nan en Jeannie hulle opwagting gemaak. Ek het dadelik ’n baie teer plekkie ontwikkel vir Nan, wat haar familie so bo alles, ook haarself, stel sonder om sentimenteel te wees daaroor of erkenning te verwag. Ek was egter baie bly vir haar onthalwe toe sy in die tweede boek ’n bietjie meer na haar eie belange begin omsien het.

“Met Jeannie het ek gesukkel. Ek kon die klein snip aanvanklik nie kleinkry nie, maar die kwesbaarheid agter die veroordelende houdinkie het my simpatie gewen. Veral in die tweede deel van die tweeluik het ek haar bitterlik lief gekry, omdat ek haar toe soveel beter leer verstaan het.

“Sue was die laaste Calitz wat haar in my storie ingewurm het, en soos Sue maar is, het sy dit met ’n bang! gedoen. Ek het dadelik van haar gehou, al is sy so ’n pes waar dit mans aangaan. Weer eens was daar ’n kwesbaarheid wat haar hardegatgeid onderlê, en dit veral, maar ook haar eerlikheid en reguit manier van sê en doen, het my hart verower.

“Tog het ek in die begin baie baklei teen Sue se toetrede. Ek kon sien sy gaan my storie in heel ’n ander rigting stuur as wat ek beplan het. Nou is ek haar egter ewig dankbaar dat sy haar opwagting gemaak het. Ek dink Sue sit die pit in die verhaal, al mag sy sommige lesers dalk affronteer met haar geswets, haar gerook en gedrinkery. Ironies genoeg, is sy baie lesers se gunsteling.”

Oor die kwessie van nog ’n Maanschijnbaai-titel sê Chanette aan Naomi Meyer op LitNet dat die Calitze baie gelukkig is waar hulle is. “Ek dink nie ek gaan verder met hulle lewens inmeng nie. Ek is dit aan hulle verskuldig om hulle in rus en vrede op Maanschijnbaai te laat voortwoeker.

“Voorlopig is ek eers weer terug by spanningsromans. Labirint  is reeds op die rak en ek het onlangs begin skryf aan nog ’n enkelstaande spanningsroman, al is dié nou weer geskoei op ’n heel ander soort spanningslyn as die voriges.

“Dis vir my ’n groot verligting dat my lesers aanvaar ek skryf uiteenlopende stories en kan nie uitsluitlik aan een genre gebind bly nie. Die goeie terugvoer wat ek kry oor sowel ’n reeks soos die Daveltjies as die Gys-boeke, en veral nou die Calitz-slette, laat my vry voel om te skryf ongeag die soort storie wat na my kant toe kom. Dis dan ook die lojaliteit en entoesiasme van my lesers wat van die Maanschijnbaai-tweeluik ’n sukses maak.”

Labirint  vertel die verhaal van Vasti de Leeuw, ’n kunstenaar, wie se lewe al ’n paar liederlike draaie geloop het, skryf Marinda Ehlers op LitNet.

Sy was nog ’n skooldogter toe haar ma oorlede is nadat sy onder die ploegskaar beland het terwyl haar pa die trekker bestuur het. Terwyl sy ’n student was, raak sy betrokke by ’n man wat haar verkrag en swanger agterlaat. Sy trou met hom, maar die huwelik werk nie uit nie. Ná sewe jaar pla Dolf Verster haar nog altyd oor die telefoon en haar senuwees is gedaan.

Net voor haar veertigste verjaardag word daar by haar blyplek by die Hartbeespoortdam ingebreek en die plek word omgekeer. Terselfdertyd word ’n hele klomp van haar skilderye ook verwoes. As gevolg van hierdie gebeure neem sy die besluit om na haar geboortedorp terug te gaan en trek in haar ouma se ou huis langs die rivier in.

Maar dit is verniet of sy ontslae kan raak van die telefoonoproepe en dinge op die rustige dorpie in die Overberg is ook nie aldag pluis nie. Nie lank na haar aankoms daar nie, word sewe mense vermoor. 

Ehlers skryf verder (LitNet): “Paul het duidelik heelwat navorsing vir hierdie boek gedoen. As jy min van kuns af weet, sal jy ’n hele paar dinge te wete kom. Ook van die Griekse mitologie. En natuurlik van labirinte en doolhowe. Die taalversorging is nie oral wat dit moet wees nie, maar dit sal die meeste lesers waarskynlik nie eens pla nie. Dit is ’n stewige roman hierdie: 540 bladsye. Aanhangers van haar werk sal sonder twyfel hierdie jongste boek geniet.”

In ’n onderhoud op Chanette se webwerf wou JB Roux weet hoe sy voel oor die dikwels vergeefse pogings van  uitgewers om gewoonlik heelwat geld te bestee en baie moeite te doen om digbundels wat in klein oplae gedruk word, uitverkoop te kry. En dieselfde moeite word nie gedoen om ontspanningsverhale te bemark nie.

Dit laat Chanette effe vieserig voel, maar nie briesend nie. “Dié soort voorkeurbehandeling spreek van elitisme en die leser word nie geag nie. Dis met goeie rede dat daar net oplae van 300 gedruk kan word. Dit dui daarop dat daar hoogstens 300 moontlike kopers is, met net ’n bietjie meer lesers as ’n mens biblioteke en boekklubs in ag neem. Lig daardie 300 kopers in oor die werk, gee dit gepaste blootstelling, ja, maar nie ten koste van ander genres wat dit juis moontlik maak om digbundels te druk nie. Dit geld nie net digbundels nie, maar dikwels literêre prosa ook.

“Dit maak ook nie vir my besigheidsin nie. As dieselfde geld bestee en blootstelling gegee word aan 'n boek wat sonder blootstelling ’n hele paar duisend kopieë verkoop, dink net hoe goed kan dit doen as dit behoorlik onder die lesers se aandag gebring word.

“Ek dink egter nie dis die uitgewer per se wat die wortel van die kwaad is nie. My ondervinding met my uitgewers spesifiek is dat hulle moeite doen met al hulle boeke. Hulle loop hulle egter allerweë vas met die media wat ontspanningsfiksie betref. Ek skiet myself dalk nou in die voet, maar ek lê die skuld hoofsaaklik voor die deur van elitistiese boekebladredakteurs wat by uitstek konsentreer op literêre publikasies en hulle merendeels afvee aan enigiets wat na ontspanning lyk. Selfs wanneer daar wonder bo wonder wel ’n resensie van ’n ontspanningsroman is, word dié veels te dikwels oorgelaat aan ’n resensent wat nie genrekundig is nie. ’n Goeie voorbeeld daarvan was ’n resensie in ’n vrouetydskrif oor Sophia Kapp se liefdesroman Die tuiskoms. Dit was vir my duidelik dat die resensent die genre nie eens begín begryp het nie. Dis logies dat resensente nie almal ewe kundig is oor sekere genres nie. Maar dêmmit, dan moet iemand wat niks van liefdesromans weet nie, nie ’n Sophia Kapp-boek probeer resenseer nie.”

Oor die oorgang van die genre van romanse na suspense het Chanette haar as volg uitgelaat teenoor JB Roux: “Die oorgang was ongelooflik moeilik. Die brug blyk toe ’n gevaarlike, hangende een oor ’n krokodilvervuilde rivier te wees - of so het dit gevoel. Enersyds was ek amper té gekonfyt in romantiese fiksie. Andersyds het ek die genre onderskat. Die grootste probleem was egter die verskil wat lengte aan die werkinge en dinamika van ’n storie maak. Dis amper soos om skielik ’n enorme vragmotor met iets soos sewentien ratte te bestuur terwyl jy aan ’n Golfie met ’n vyfspoed-ratkas gewoond was.

“In die romanse lê die spanningslyn hoofsaaklik op die vlak van die ontwikkelende liefdesverhouding. In suspense lê dit op vele eksterne en inherente vlakke. Dis nie net die wie-het-dit-gedoen-lyn nie. Suspense gaan ook oor emosies en karakterontwikkeling. En dan is daar nog die liefdeslyn wat baie meer verwikkeld is as in die romanse. Dis nou benewens die uitdaging om die leser dwarsdeur die storie te laat naels kou.

“Die meer tegniese sy het ook vir my probleme opgelewer, onder meer wat perspektief betref. In die romanse word net die heldin se perspektief gebruik en by uitsondering die held s’n. In Springgety het ek aanvanklik ook net Lily se perspektief gebruik. Uiteindelik moes ek egter die hele boek oorskryf en ook Gys se perspektief inspan om die storie tot sy reg te laat kom. Wat beteken het dat my navorsing verdriedubbel het, aangesien ek moes agterkom hoe speursake en verwante dinge werk, maar daarbenewens moes ek ook probeer om in die kop van ’n man in sy vyftigs te kom.

“In Fortuin het ek amper oorkompenseer deur iets soos vyf karakters se perspektiewe te gebruik. Dit was vir my nuwe vaarwaters. Ek het boonop ’n redelik waaghalsige tema gebruik wat ek met groot omsigtigheid moes benader sonder om die impak daarvan op die storie te verminder.

“In Boheem voel ek dat ek die tegniese sy van die saak onder die knie gekry het en ek het ook baie makliker (met die klem op die -er) daaraan geskryf as die ander twee.”

Of daar enige iets is wat ontspanningskrywers self kan doen om die erkenning te kry wat hulle dalk verdien, weet Chanette nie. “Dis al asof my sporadiese gekyf op LitNet en elders, asook voorsprake wat mense soos onder meer Maritha Snyman in die pers gedoen het, uiteindelik tog 'n paar oë laat oopgaan het,” sê sy aan Roux (op haar blog). “Gesprekke soos die een oor romantiese fiksie waaraan ons deelgeneem het op die Woordfees, help ook om onkunde teë te werk (maar mens moet natuurlik eers genooi word)

“Die effek bly egter beperk. En mens vra jou af: Wat is nou eintlik my taak? Om te skryf of om onkunde te probeer teenwerk? Om my karakters tot hulle reg te laat kom in my storie of om blootstelling vir my boek te probeer kry? Want uiteindelik gaan dit weer eens oor blootstelling eerder as erkenning. As mens ingeligte blootstelling kry, sal erkenning volg of nie volg nie, afhangende van hoe goed jy jou van jou skryftaak kwyt.

“Uiteindelik dink ek die belangrikste is dat ons as ontspanningsromanskrywers aanhoudend aan ons skryfwerk slyp, werklik erns daarmee maak en ja, aanhou skryf - al voel dit later asof Sisufos se probleme in Tartarus 'n vulletjie teen joune is.

“Verder probeer ek die snobisme en onkunde ignoreer en my beste moontlike werk te lewer vir mense wat wel my boeke lees en dit geniet. Ek skryf my stories vir húlle, nie vir resensente of boekebladredakteurs of elitiste of wie ook al anders nie.”

In 2013 word Siende blind gepubliseer en vir die tweede agtereenvolgende jaar gaan die LAPA Lekkerlit-toekenning na Chanette.

Sy het aan Willem de Vries (Die Burger, 25 Januarie 2014) gesê hoe sy oor hierdie toekenning voel: “Dit was reeds ’n heerlike verrassing laasjaar toe die eerste deel van die Maanschijnbaai-tweeluik as wenner aangewys is, maar hierdie jaar kon jy my met ’n veer omtik toe ek hoor Siende blind het gewen.” Sy beskryf die boek as “ ’n spanningsroman met ’n skeut liefde by en boonop ’n moord­storie sonder ’n noemens­waardige speurder”.

“In Afrikaans is hierdie ­vermenging van genres nog nie heeltemal gevestig nie. Die speurverhaal waarin ’n slim speurder die hoofrol speel, is baie meer ­bekend as die soort ‘woman-in-jeopardy’ boeke wat ek skryf. Siende blind het ook teen besondere sterk kompetisie te staan gekom. Dis dus vir my ’n reuse-pluimpie dat die boek hierdie jaar as die wenner aangewys is.”

Wat Lekkerlit vir haar “besonder spesiaal maak”, is dat dit die lesers is wat stem. “Dis immers hulle wat die boeke koop en dis hul goeie reg om te kan stem vir hul gunstelinge. Daarbenewens sê hul stem vir my ek is op die regte pad. Dit sê ook vir my dat hulle my vergewe vir die genre-spronge wat ek maak. Dit gee my die moed om aan te hou en my karakters en stories te bly vertrou, al is dit tot ’n groot mate baanbrekerswerk in ’n bedryf met baie slaggate.”

Chanette meen ook dat daar nie genoeg pryse en toekennings is vir die genre ontspanningsfiksie nie. “Buiten Lekkerlit is daar ­omtrent net die ATKV-Veertjietoekennings, en die kategorieë daar is redelik beperk. Ek hoop hierdie inisiatief van Lapa om aan lesers ’n stem te verleen, sal van krag tot krag gaan en dat die opbloei in Afrikaanse genrefiksie nog heelwat meer geleenthede vir erkenning sal skep.”

Siende blind is die eerste in ’n drieluik wat afgesluit word met Raaiselspieël en Ewebeeld.

Op Protea Boekwinkel se webwerf word die storie van Siende blind so opgesom: “Op ’n Sondagoggend terwyl hulle ontbyt maak, vra Cara haar sielemaat en eggenoot van twintig jaar waarom hy die afgelope so stil is. Sy kry ’n sielsverbysterende antwoord. Vir haar voel dit soos die einde van alles wat vir haar betekenis inhou. Dis egter net die eerste tand van die duiwelsvurk wat haar veilige kokon deurboor. Haar hele lewe verander in ’n blivet, daardie optiese illusie waar twee onversoenbare perspektiewe tegelykertyd ewe daar, en nié daar is nie. Om te oorleef, moet Cara vasstel waarom sy die teiken is van die oormag rampe wat haar tref – en wie die hef in die hand het. Maar as rykmansdogter en fiksieskrywer wat glo in gelukkige eindes, is sy allesbehalwe toegerus daarvoor.”

Sophia Kapp, romanskrywer, se aanbeveling lui as volg: “Ek het teen die einde daardie tipiese paniek-lees ervaar wat ’n mens kry wanneer ’n storie jou so meegesleur het dat dit letterlik voel asof jy oor ’n waterval getrek word: Daar is net nie keer nie.”

Carla van der Spuy vra op LitNet aan Chanette: “Jy vertel in die voorwoord van die boek dat jy in jou navorsing op interessanthede afgekom het, soos byvoorbeeld die blivet, en dat dit ’n ideale motief is om in die boek te gebruik. Dalk kon die woord ook ’n titel vir die boek gewees het, maar aan die ander kant impliseer ‘siende blind’ dat die boosheid reg voor ons is, maar dat ons dit dikwels nie raaksien nie. Vandaar dalk die titel?”

Chanette se antwoord: “Blivet is ’n te volksvreemde woord vir ’n titel in hierdie genre. Aanvanklik was die titel Duiwelsvurk, die Afrikaanse vertaling wat vir blivet aangegee word. My uitgewer was heeltemal tevrede daarmee en ek het dink dis baie toepaslik. Terwyl ek nog geskryf het, verskyn daar toe ’n boek met die titel Duiwelsklip. Kort voor ek my manuskrip klaar het, verskyn daar nog ’n boek. Die titel? Duiwelsasem. Toe weet ek: dit gaan nie werk nie. Ek moes vinnig dink, want die manuskrip was al in die drukgang van publikasie.

“Terwyl ek speel met idees rondom oëverblindery, kom die titel Siende blind toe by my op. Ek het dadelik geweet dis eintlik ’n baie beter titel en pas soveel lekkerder by my storie. Want dis presies wat die blivet aan die oog doen: die optiese illusie verblind jou terwyl jy dink jy kan sien.”

Carla van der Spuy wou weet of die leser baie van ’n skrywer se voorkeure en renonse kan aflei uit die storie wat die skrywer skryf.

Chanette se reaksie was: “Dis ontstellend hoe kwesbaar die skrywer voor die fyn leser staan. In my manuskripontwikkeling het ek agtergekom hoe duidelik die mens agter die storie deurskemer. Dit het weinig te doen met outobiografiese gegewens; dit is die lewensingesteldheid wat so duidelik spreek. Veral in rou stories wat nog nie deur die meul van redigering en dies meer is nie. In sommige gevalle kan ek sien die skrywer is sagmoedig en deernisvol, in ander kan ek sien dis ’n harde kalant hierdie, maar sy etiek sit op die regte plek. Sommiges verklap versugtinge wat mens aan die huil wil sit. En dan is daar dié wat my regtig laat skrik.

“Ek dink Cara verklap heelwat van my, alhoewel ons in die meeste opsigte baie van mekaar verskil. Een van die trekke wat ons deel, benewens die liefde vir wyn, is inderdaad dat ek ook mense te maklik vertrou. Ek is al baie beter – daar kom darem ’n bietjie wysheid met die ouderdom saam – maar dit is so dat ek, soos Cara, makliker raaksien wat goed is in ’n mens as wat dalk boos kan wees.”

In Beeld van 5 Augustus 2013 skryf Erika de Beer dat Siende blind die leser nooit vervelig laat nie. Hierdie familiedrama, roman én riller, toon dat Paul beslis weet hoe om ’n verhaal te laat vloei. Nie alleen getuig dit van grondige navorsing nie, maar dit is ook duidelik dat die skrywer daarin geslaag het om beheer oor haar karakters uit te oefen.

In 2014 verskyn Raaiselspieël, die tweede deel van die drieluik. Die hoofkarakter is vet Frieda Ferreira wat na agt jaar getroude lewe nog nie weet hoekom die beroemde professor Victor Ferreira met haar getrou het nie. Sy sien van kleins af beelde en hoor stemme, maar weet nie wat haar makeer nie. Dan moet sy ook nog probeer om haar pa se moord op te los, al sit die skuldige in die tronk. Sy het nie eintlik ’n keuse in die saak nie, want haar pa, Nils van der Sluis, ’n moeilike Belg wat sy geld gemaak met die skilder van vet vroue, dring daarop aan, al is hy al dood.

Chanette skryf oor Raaiselspieël op haar blog: “The arts then act like a reflecting mirror. The artist is like the hand that holds and moves the mir­ror ... (Ngugi)”

“Bogenoemde aanhaling is ’n gedeelte van die motto voor in Raaiselspieël. Kuns en spieëls vorm inderdaad belangrike simbole in hierdie verweefde spanningsroman. Paulus se Bybelse versugting dat dinge aan hierdie kant van die dood bloot ’n dowwe spieël is in vergelyking met die lewe ná die dood, moet ook nie geïgnoreer word nie. Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, is dood. Daar is reeds ’n man agter tralies, maar Nils is skynbaar nie tevrede dat dit die regte persoon is nie en nou praat hy met sy dogter, Frieda, deur vir haar beelde en flitse te wys. Uiteindelik is daar ook die kwessie dat ’n aantal van sy skilderye skynbaar meer openbaar as kaal lywe; mense is selfs bereid om te moor sodat hulle daardie skilderye in die hande kan kry.

“In die gemoed van sommige Afrikaners word Siener van Rensburg en Johanna Brand se heldersiendheid as belangrik beskou. Raaiselspieël tree in gesprek met hierdie twee sieners en vra die leser om die talle simbole, wat stuk-stuk nagespeur word, uit te pluis saam met Nils se dogter, Frieda, en sy biograaf, Stas Stassen – ’n toenmalige uitgewer.

“Dit is vir die leser, soos vir die fiktiewe biograaf, nodig om bewustelik ’n ‘suspension of disbelief’ te openbaar tydens die lees van hierdie teks. Dit is iets wat gewoonlik onbewustelik gebeur tydens die lees van ’n goeie storie, maar hier moet alle partye harder werk om Frieda se gawe te probeer verstaan. Selfs Frieda sukkel om vrede te maak hiermee – sy weet ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie.

“Deur dit alles heen word die draak gesteek met akademici wat hulle beter ag as gewone mense, dink aan ’n Seder val in Waterkloof as interteks. Die leser moet maar self in die raaisel kyk om al hierdie kloutjies by die nodige oortjies te kry.”

Tydens ’n onderhoud op die US Woordfees van 2014, waar die boek amptelik geloods is, het Chanette gesê sy is baie opgewonde dat lesers van haar ligter romans nou ook die meer komplekse, verwikkelde werke geniet. Siende Blind, wat ook meer kompleks is, het só goed verkoop dat dit binne weke herdruk moes word.

Chanette gee glad nie om te erken dat sy amper uitsluitlik vir die ontspanningsmark skryf nie. Maar daar is tog iets vir die leser wat iets meer soek, want in haar tekste is daar oorgenoeg simboliek en letterkundige verwysings. En tydens ’n onderhoud met die SASNEV-krimifees het sy gesê: “Boeke is soos vye of turksvye, ek skryf vye.”

In Beeld (11 April 2014) skryf Erika de Beer dat Raaiselspieël  nie ’n speurverhaal in die gewone sin van die woord is nie, aangesien die bonatuurlike té veel na vore kom. En dit bewys net weer dat Chanette Paul met ’n goeie storie die leser se aandag vasgevang kan hou, want al beslaan die storie 500 bladsye, kan ’n mens die boek kwalik neersit. Haar skryfstyl vloei, maar vir De Beer het die manier om sinne sonder onderwerpe te skryf, gehinder.

Chanette was onlangs in die nuus toe van haar boeke wederregtelik afgelaai is van die internet sonder dat sy daarvoor betaal is. Oor hierdie praktyk laat sy haar uit teenoor Carla van der Spuy op LitNet: “Ek wil net hê mense moet bedag wees daarop dat daardie boeke wat hulle gratis of goedkoop aflaai, vernietigend is vir ’n skrywer. Veral een wat in Afrikaans skryf. Ons het rééds die agterspeen beet. Ons skryf in ’n taal met betreklik min moedertaalsprekers, en boonop is daar nie ’n sterk leeskultuur hier gevestig nie. Boeke is duur omdat die oplae so klein is, daarom koop mense tweedehandse boeke waarop die skrywer nie ’n sent maak nie. Ons leen onder mekaar uit, waarop die skrywer nie ’n sent maak nie.

“Ons neem boeke by biblioteke uit, waarop die skrywer nie ’n sent maak behalwe by die oorspronklike aankoop daarvan nie. In die meeste ontwikkelde lande kry die skrywer ’n klein, gesubsidieerde bedrag elke keer as ’n boek in ’n biblioteek uitgeneem word. Baie soos die tantieme wat betaal word elke keer as ’n musieksnit op die radio, in eetplekke en dies meer gespeel word. In Suid-Afrika nié.

“Ek neem lesers nie kwalik dat hulle boeke op die goedkoopste moontlike manier bekom nie, maar as iemand met die slim plan vorendag kom om boonop my e-boeke te kaap en dit vir eie gewin, trek ek die streep. As so iets sou eskaleer, sal skrywers desnoods moet ophou skryf en hulle verdienste elders moet kry. Die meeste van ons het alreeds júis ’n ander werk wat die pot aan die kook moet hou. Daar is uitsonderings soos skrywers wie se werk vertaal word en geld maak uit hulle oorsese verkope, en daar is die gelukkiges wat mans of vrouens het wat hulle onderhou. Maar die meeste van ons kan nie voltyds skryf nie, omdat ons nie op tantieme alleen kan oorleef nie.

Hierdie soort diefstal sal mens seker nooit heeltemal kan keer nie, maar deur my sterk daarteen uit te spreek, weet almal waar hulle met my staan. Die betrokkenes gaan vervolg word deur die uitgewery in samewerking met SAFACT, wat hulle toespits op die bekamping van roofkopiëring. Ek hoop dit skrik dié af wat dieselfde truuk wou gebruik.”

In 2014 verskyn Chanette se volgende roman, Ewebeeld. Vir Chanette gaan dit in Ewebeeld primêr oor die houvas wat een persoon oor ’n ander kan hê. “Die soort houvas wat so geleidelik ontwikkel dat dit die slagoffer blind maak vir wat eintlik aan die gebeur is. Prince Charming wat Bloubaard word sonder dat die prinses dit agterkom,” verduidelik sy aan Naomi Meyer op LitNet. “In elk geval nie voor dit te laat is nie. Emosionele mishandeling is eintlik ’n onderliggende tema in die meeste van my boeke, maar hier pak ek dit doelbewus aan. Ek gebruik tot ’n mate die hiperbool om uit te lig wat daagliks in heeltemal te veel huwelike en verhoudings gebeur. Een party word afgekraak, ontmens sodat die ander in beheer kan voel.

“In Ewebeeld gaan dit oor die mag en beheer wat ’n man oor ’n vrou kan hê, maar dit kan uiteraard ook andersom wees, of twee mense van dieselfde geslag.”

Vir Chanette was die moeilikste deel by die skryf van Ewebeeld om, op tegniese vlak, Lanie se verlede en die hede soos dit in die verhaal gebeur, bymekaar uit te bring. “In ’n spanningsverhaal kan jy nie begin by die begin nie. Jy val halfpad in die storie in en moet tegelyk agtertoe en vorentoe werk – veral as dit wat gaan gebeur, ’n voortvloeisel is van wat voorheen gebeur het. Daar was baie dinge wat daartoe gelei het dat Lanie in Ludolf se kloue beland het en dit was nie maklik om dit op so ’n natuurlik wyse as moontlik in te pas nie.

“Op storievlak was dit moeilik om my werklik in Lanie se skoene te probeer indink. In ’n stadium kon ek haar stem nie meer hoor nie – dalk omdat sy soveel jonger is as my meer onlangse hoofkarakters. Of dalk omdat ek haar soms aan haar maer skouertjies kon skud. Ek moes hard werk daaraan om [sy] te word, maar ons het mekaar uiteindelik wel gevind.”

Chanette vertel aan Naomi Meyer dat sy meestal stories skryf wat hoofsaaklik op haar karakters fokus. In Ewebeeld is dit ook so, “maar ek dink die intrige en die tema spreek heelwat harder as voorheen. Ek dink dit versterk die spanningslyn, maar dit was moeilik om nog steeds genoeg aandag aan karakterisering en karakterontwikkeling te gee.”

In Ewebeeld ontmoet die leser vir Lanie du Toit, Ludolf von Fürstenberg se derde vrou. Sy lyk baie na sy vorige twee vroue, wat albei oorlede is. Ander karakters in die spanningsverhaal is Roux, ’n kunstenaar wat met loodglas werk, en Jojo Richter, die speurpersoon.

Vir Riëtte Grobler is Chanette se karakters mense van vlees en bloed, “van hul unieke geite tot hul bagasie, infleksies en maniërismes. (...) Omdat baie mense betrokke is, begin jy in ’n stadium wonder hoe op dees aarde alles bymekaar gaan kom. Maar Paul hou die leisels stewig vas, knoop die spanningslyn geleidelik al stywer en los in die ontknoping alle raaisels op waaroor jy dalk sou wonder. Paul is ook op ’n ander manier ’n vernuftige woordargitek. Daar vloei geboue en plekke uit haar pen dat dit later vir jou begin voel jy was dalk al self daar. Sy is ook ’n skrywer wat weet hoe om navorsing te doen en die verhaalwêreld daardeur soveel meer geloofwaardig te maak.” (Die Burger, 22 November 2014)

Te danke aan Ewebeeld is Chanette in 2015 vir die derde maal aan die ontvangkant van LAPA se Lekkerlit-toekenning. Oor hierdie prys sê sy op LitNet aan Naomi Meyer dat hierdie driekuns vir haar besonders is: “Dit laat my voel die eerste twee was toe darem nie net vloekskote nie. Daar was elke jaar sterk kompetisie, maar hierdie keer het ek regtig nie gedink ek gaan die paal haal nie.”

In 2015 word die eerste van Chanette se Offer-romans gepubliseer, onder die titel Offerlam. Dit is in Engels en Nederlands vertaal.

Vir Helen Schöer (Die Burger, 14 November 2015) is dit die eerste boek van Chanette wat sy lees, maar beslis nie die laaste nie.

In Offerlam takel Chanette ’n gróót storie, wat drie generasies en drie vastelande (Suid-Afrika, België en die destydse Kongo) bymekaarbring. In die storie is ’n 53-jarige Suid-Afrikaanse vrou, Caz Colijn, die middelpunt. Sy moet onverwags na België toe om haar vervreemde ma wat op sterwe lê, te gaan besoek.

In België wag daar heelwat onaangename verrassings op Caz en word sy by verskeie polisiesake betrek, en word sy ook as verdagte in haar suster se moord beskou. Die romanse bly nie agterweë nie en daar is ook ’n professor wat teen sy eie sin in Caz begin belangstel.

Schöer skryf: “In dié lekker mengsel het Paul ook ’n tikkie Afrikamistisisme en ’n sak vol diamante gegooi, en asof dit nie genoeg is nie, neem sy jou op 'n reis deur België (en in n mindere mate ook deur die Kongo).

“Die boek het regtig vir my ’n unieke stem. Die taalgebruik voel plek-plek ietwat outyds – ek verbeel my dis ’n Vlaamse invloed – maar dit werk goed. Paul gebruik woorde wat ’n mens ken maar al van vergeet het. (...)

“Offerlam se einde is regtig net ’n pouse in die aksie, ’n plekkie van tydelike verligting. Die booswigte is nog steeds op vrye voet en sonder twyfel is daar groot fout met Caz se dogter se kêrel. (...) Daar is ook Caz se penarie wat sy nog moet oplos met die diamante en dan is daar nog die professor ook. Ek wag dus in spanning vir die tweede deel, Offerande, se ink om droog te word.”

In Rapport van 24 Januarie 2016 is JB Roux glad nie positief oor Offerlam  nie. Nadat hy die eerste 100 bladsye gelees het, vind hy die storie oninteressant, nutteloos en dat hy beslis nie uitsien na die opvolg nie. Hy beskryf die meeste van die karakters as 'onopwindend' en sluit sy bespreking as volg af: “Dis nooit lekker om ’n gevestigde en bewese skrywer se werk neer te skiet nie, maar boeke is duur en lesers moet gewaarsku word teen ’n mislukking soos hierdie. Hierdie keer het Paul heeltemal uit die bus geval.”

Met hierdie resensie het JB Roux ’n ligte herrie in die pers en op LitNet veroorsaak. Deon Adriaanse het in Rapport (31 Januarie 2016) geskryf dat so ’n resensie nie gepubliseer moes gewees het nie, aangesien dit nie as ’n resensie beskou kan word nie.

Ook Daniel Hugo het sy misnoeë te kenne gegee. In Beeld (28 Januarie 2016) skryf hy: “Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat lesers 'gewaarsku' word teen ’n boek wat op geen manier – polities, seksueel of godsdienstig – grensoorskrydend is nie.”

Dit het ook gelei tot ’n artikel op LitNet deur Francois Verster getiteld “Oor resensiekuns, ’n stuiwer” waarop heelwat persone kommentaar gelewer het.

Op LitNet was Riette Rust die resensent: “Offerlam, wat in Suid-Afrika, die destydse Belgiese Kongo (nou die DRK) en België afspeel, werp lig op die beheer wat België oor die Kongo gehad het. Kolonialisme, wat met magsug, hebsug en heerssug gepaard gegaan het, word kundig ondersoek. Die karakters word uitgebuit. Die woord 'offerlam' suggereer juis die gebrek aan respek vir ander se lewens.

“Die skrywer lewer gebalanseerd kommentaar op die misdaadsituasie in Suid-Afrika. (...) Daarby word die uitdagings wat sogenaamde veelrassigheid bied, bekyk en word Sandra Laing, die biologiese bruin kind van wit ouers, se geskiedenis só in herinnering geroep.

“Offerlam word geslaagd uit vier perspektiewe vertel. Die verskillende karakters het almal outentieke stemme. Paul kry dit besonder goed reg om in veral Erevu, die Kongolees, se wese te klim. Nie maklik nie – hy is immers ’n man wat dink dat sy land deur die wit diewe van Afrika gesteel is! (...)

“Daar is nie veel wat pla nie. Dalk net enkele 'toevallighede' (sien resensie vir dié 'toevallighede'). Paul se taalgebruik skitter en sy geur die teks gepas met Nederlandse en Vlaamse woorde. (...) Jy sal die roman nie wil neersit nie. Daar is enkele los drade, daarom kan jy uitsien na die opvolg, Offerande. Dis beslis die moeite werd om geld aan dié tweeluik te bestee. Neem byvoorbeeld hierdie paragraaf wat na aanleiding van ’n telefoonoproep geskryf is en aan Ingrid Jonker se 'Die kind' herinner: 'Die diep sug ruis in haar oor. ’n Sug wat in Gent begin, reis deur België, oor die helfte van Europa, oor die lengte van Noord-Afrika, Sentraal-Afrika, Suider-Afrika tot by die kothuis aan die voet van die Overbergse Kleineberge.”

Offerande, die vervolg op Offerlam, verskyn in 2016, en vir lesers wat nie kon wag om te lees wat van Caz geword het nie, was dit ’n welkome gesig op die boekrakke van boekwinkels.

Caz is inderdaad terug, en saam met haar is daar ’n groot klomp diamante. “Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haar as ’n kunshandelaar voordoen en 2000 Euro's vir dáárdie beeldjie aanbied? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê?” wil Ronel Nel in Rooi Rose van November 2016 weet.

“Soos altyd skryf Paul ten eerste om te vermaak maar enigeen wat al ooit ’n bietjie dieper gekrap het, weet ook dat daar baie vlakke in haar werk is. Offerande ondersoek identiteite soos min ander. Wie is ’n Afrikaan en wie is ’n Europeër? Is dit jou velkleur, jou ouers, of jou paspoort wat dit bepaal?

“Caz en haar dogter gaan op soek na waar hulle vandaan kom en saam met die spannende storie is daar soveel brandende vrae. ’n Ernstige leser sal die dikke roman weer wil lees om die nuanses en die fyn webbe van die woord raak te sien.”

Louise Viljoen van Jeffreysbaai gee haar indrukke as leser van Offerande op LitNet: “In Offerlam dek Paul die tafel meesterlik met ’n komplekse, weldeurdagte en waagmoedige verhaal wat handel oor Caz Colijn wat koelbloedig deur ander as offerlam geoffer word ter bevordering van hulle eie selfsugtige agendas. In Offerande span Paul die net behendig en meedoënloos stywer wanneer Caz haarself dié keer vrywillig en met liefde op die altaar plaas ten einde haar dogter te red. Voeg daarby internasionale diamantsmokkelary, ’n ekstreme rebellegroep wat rassehaat aanblaas en volksmoord voorstaan as gevolg van die vergrype wat hulle onder kolonialisme beleef het, voorvadergeeste wat op bisarre wyses vanuit die graf toutjies trek, en selfs ’n subplot waarin ongelisensieerde vuurwapens en renosterstropery ’n rol speel, en jy kom onder die besef van die oorbluffende grootsheid van dié spanningsroman.”

Viljoen is van mening dat Chanette Paul elke kompliment wat sy ontvang, oor en oor verdien. Daar is nie baie skrywers wat met 'soveel aplomb' só ’n groep karakters en newekarakters met sulke wyd uiteenlopende persoonlikhede kan verbeeld en tot hul reg kan laat kom nie: “Dít terwyl die fyngeknoeide, ineengestrengelde storielyne jou as leser reeds kiertsregop laat sit en notisie laat neem dat ’n meesterskrywer aan die woord is. Paul pak die verhaal soos ’n ervare skerpskutter aan wat met volle vertroue in haar vernuf aanlê op die teiken wat sy in haar visier gestel het. Sy vuur die skoot af en die koeël trek sekuur en seker deur ’n byna surrealistiese maar georkestreerde chaos wat nie net as randfiguur in die leser se periferiese visie huiwer nie, maar ook dreig om die leser te oorrompel en in te suig. Paul lei haar leser soos ’n opgeleide snuffelhond deur ’n mynveld tot by die laaste hoofstuk van die boek wanneer die proses van ontknopings jou laat voel dat jy nog die heeltyd met die slagpennetjie van ’n handgranaat in jou hand gestaan het. Na 502 bladsye se uitmergelende intriges, spanning en kophou, word die leser beloon deur die bevredigende wete dat elke los draad stewig vasgeknoop en deur ’n bedrewe kunstenaar in ’n artistieke dog funksionele mandjie ingeweef is.”

Wat Paul met Offerande ook regkry, is om lesers in Afrika te dwing om dieper te kyk na hulle Afrikaanskap en ook na hoe die mense se gene inmekaar pas.

Viljoen gaan voort: “Offerande vereis van die leser om na te dink oor vergifnis en al is versoening dalk nie realisties haalbaar in die volle sin van die woord nie, moontlik ’n middeweg te vind om ’n toekoms tegemoet te gaan waar die een die ander nie heeltyd wil verdelg oor dinge wat in die verlede lê en niemand ’n jota of tittel aan kan verander nie. (...)

“Paul se taalgebruik in Offerande skitter soos almasi (diamante). Woorde soos 'kurk floep', 'wyn reutel' en idiomatiese uitdrukkings soos '’n appeltjie vir die dors', 'so slinks soos die houtjie van die galg' en 'aartjie na sy vaartjie' het my telkens laat huiwer en wéér lees net vir die lekkerte daarvan. Paul se Offer-tweeluik neem sy regmatige plek in as persoonlike gunstelinge op my boekrak.”

Jojo Richter is in 2017 terug in Paaiboelie. Die roman speel af op die Crystal Crags-landgoed. Jojo word aangestel om vas te stel wat sewe jaar vantevore gebeur het toe Eduard Zwiegelaar vermoor is. Om ’n voet in die deur te kry, doen sy haar voor as ’n  barmhartige Samaritaan en help sy Eduard se weduwee, Zaan Mentz, of Lezanne Swiegelaar, om in haar nuwe huis op die landgoed in te trek. Só leer sy ander inwoners van die landgoed ken, soos Lalie Laslap, Morbid Megan die Gothic Ghostbuster, Tertia de Wet en vele ander. En dan is daar ook die paaiboelie van die titel in die 'persoon' van die haaslipseuntjie wat verdrink het en aan mense verskyn net voordat hulle doodgaan.

“Die verskyning van die paaiboelie is nie die enigste Gotiese element in dié riller van ’n roman nie,” skryf Daleen Venter op LitNet. ”Die onheilspellende atmosfeer wat op Crystal Crags heers, die raaiselagtige verdwynings, die sin(ne)begogelende Crystal Manor met sy Trompe-l'œil-muurkuns en die begroeide grondvroue in die tuin wat lyk asof hulle hulle 'probeer losworstel uit die aarde' sorg vir naelkouspanning. Die Duiwelsdriehoek se bose geheime word oopgevlek en kwessies soos verbode seksuele drange en die sondes van die vaders word blootgelê. (...)

“Paul slaag skynbaar moeiteloos daarin om ’n oortuigende stem aan elke karakter te gee, twee verhaallyne deeglik te verweef sodat ’n mens male sonder tal kopkrap, en ’n ontknoping neer te pen wat jou mond behoorlik sal laat oophang.

“Die feit dat karaktername nogal ooreenstem (Estian en Eduan; Tessa en Tertia) kan moontlik bydra tot die misterie, maar is tog verwarrend – veral as ’n mens vinnig wil lees om te sien wat op die volgende bladsy gebeur. Die leser word ook plek-plek met inligting gebombardeer, en al noop dit jou om aandagtig te lees, is daar hier en daar dele waar die dialoog langdradig is.

“Paaiboelie sal nogtans soos soetkoek deur spanningsvrate verslind word. En Jojo Richter-aanhangers sal hoop dat sy in die volgende Paul-roman weer met haar 'kwikstappie' aangestoom sal kom.”

Jonathan Amid (Die Burger, 7 Augustus 2017) is ook beïndruk met Paaiboelie. Namate hy hom verdiep het in die roman se “verkenning van die ideaal van ’n landelike Paradys wat geïsoleer staan van die wêreld buitekant, onafhanklik en goed toegerus”, het dit Amid laat dink aan Tana French se Broken harbour.

“Op ’n dieper vlak is daar beslis filosofiese onderstrominge wat ons al die pad na Sewe dae by die Silbersteins terugneem.

“Paul werk spesifiek met die idee van die Trompe-l'œil, wat vertaal as 'fool the eye', ’n kunstegniek waar die grens tussen illusie en werklikheid vervaag. Paaiboelie vra uiteindelik, te midde van die plesierige terugkeer van die amateur-speurder Jojo Richter, verskeie vertakkings van die Gotiese romanse, en ’n onverwagse dog heerlik speelse inspeel op die rol van die (ont)spanningsfiksieskrywer, wat die gevolge is wanneer die spoke van die verlede en die sondes van die vaders ons inhaal.

“Paul was al in die verlede geroskam in resensies oor die hebbelikhede van te veel karakters, te veel vertellers en die geneigdheid om die leser te oorweldig met te veel detail en verskillende storielyne. Paaiboelie trap nie in hierdie slaggate nie.

“Lesers sal dalk met my saamstem dat daar steeds oomblikke van oordrewe emosie en melodrama in die vertelling insluip, maar Paul se beheer oor haar diep menslike karakters en hul beweegredes beïndruk. Paul is immers ’n skrywer van karaktergedrewe romans – in hierdie geval lê baie van die genot juis om speurder te speel en jou te verkneukel in hoe karakters in die groter legkaart inpas.”

Daar is geen einde aan Chanette se vermoë om die een blitsverkoper na die ander te skryf nie. In 2018 word Uit die bloute gepubliseer en hierdie keer begewe Chanette haar op die terrein van vreemde vlieënde voorwerpe, of VVV's.

Kortliks gaan dit oor ’n groep vroue wat in die Akkedisberge woon en glo hulle is uitverkorenes wat deur die moederskip weggevoer gaan word na ’n planeet waar hulle nooit oud gaan word nie. Jojo Richter is weer die sentrale figuur. Sy word deur die nuwe vrou in haar eksman se lewe, Irene, gevra om ondersoek in te stel na die verdwyning van Diana, Irene se vervreemde suster.

Sy ontvang ’n handgeskrewe brief van Diana en gaan spreek die grafoloog Ayla om vas te stel of die brief eg is. Dit sit ’n reeks gebeure aan die gang wat die leser vasgenael hou.

Oor die vonk wat werklikheid aan Uit die bloute gegee het, vertel Chanette aan Phyllis Green (Sarie, 20 Julie 2018) dat sy kan onthou dat sy al as kind gefassineer was deur vlieënde pierings wanneer sy saam met haar ouers verby die Flying Saucer Roadhouse in Pretoria gery het. “Ek het al baie daaroor opgelees en kyk graag na programme op The History channel oor die onderwerp. Ek wou al ’n geruime tyd iets daaroor inweef in ’n storie, maar dit het nooit so gebeur nie.

“Toe sit ek eendag in ’n besonder mismoedige bui oor al die misdaad, aggressie en magsug – nie net hier nie, maar die wêreld oor – en wonder waarom mense nie in vrede kan saamleef nie. Nie elkeen hulle plekkie in die son kan gun nie. En toe wonder ek in ’n lawwe oomblik of die aarde nie dalk ’n strafkolonie is van ’n ander sterrestelsel nie, soos Australië die strafkolonie van Brittanje was. Of al die aggressiewe, magsugtige mense  van daardie sterrestelsel of planeet nie Aarde toe verban is nie. Dat dit is waarom hier soveel haat en nyd is. Dis net daar dat ek geweet het ek gaan iets daaroor skryf, al klink dit hoe verspot. Uit die bloute het in groot mate hieruit voortgespruit.”

Chanette moes baie navorsing doen voordat sy aan Uit die bloute kon begin skryf. ”En nie net oor VVV's nie, maar ook oor grafologie, oor begrippe soos Indigo, Crystal en Rainbow Children. Oor Stockholm-sindroom en sommer ’n menigte ander goed. Gelukkig geniet ek navorsing!”

Jonathan Amid som Chanette en haar skryfwerk in sy resensie van Uit die bloute (Beeld, 11 Junie 2018) as volg op: “Chanette Paul skroom nie om haar karakters deur die grootste beproewings denkbaar te sit nie. Hoewel Paul heerlik speel met opvattings rondom gender en seksualiteit en belang stel in kwessies soos die bemagtiging en bevryding van vroue, weet lesers ook dat die goeie uiteindelik oor die bose sal seëvier. ’n Goeie skeut romanse skyn altyd deur in die immer optimistiese Paul-slot.

“Die vraag met die verskyning van elke nuwe boek (hoe kry sy dit reg?) is in watter mate dit haar getroue lesers tevrede sal stel wanneer sy subtiel aan haar resep verander. Die Offer-tweeluik het nie weggeskram van temas soos volksmoord, neokolonialisme en wit bevoorregting nie. Die broeiende, donker aanslag het sekere lesers op sosiale media en in skrywe aan die skrywer self laat smeek vir ’n terugkeer na die aweregse speurfiguur Jojo Richter.”

En in Uit die bloute staan sy, soos in Paaiboelie, weer vierkantig in die storie. Uit die bloute het nie net ’n klompie grusame moorde nie, maar die eerste twee derdes van die storie se fokuspunt is die onderwerp van VVV's en vir Amid is haar navorsing uitstekend en word dit baie goed by die teks geïnkorporeer. “’n Magdom feite verhelder vir die leser ’n wêreld waaroor baie lank nog bespiegel en gestry sal word.”

Op LitNet sluit Elbie Adendorff haar bespreking van Uit die bloute af met: “Tipies van Paul is haar mooi taalgebruik en landskapsbeskrywing: 'Die lug is poskaartblou. Die see wat van die voet van die kranse af dein tot waar dit die onmeetlike op die horison ontmoet, nog ’n dieper blou. Die son skyn vol somerbeloftes al is dit nog vroeglente. Seemeeue krys in vlug en swarttobies swiep oor die rotse.' Ja, daar is die gewone 'mooi' en 'gelukkige' einde, maar dit pla gelukkig nie, want dit is ’n tipiese kenmerk van Paul se skryfwerk.

“Uit die bloute is ’n boek wat ek nie kon neersit nie. Dit het my tot die einde toe geboei – nie net oor die intriges nie, maar ook oor die interessante karakters, die kinkels en spanningslyn en die interessante inhoud wat maak dat hierdie boek gelees moet word.”

Intussen het Chanette vir Jojo Richter ’n ruskansie gegee en in 2019 word Lira gepubliseer – die eerste van drie in die Vywervrou-reeks. Die ander twee is Mirre en Corali.

Die uitgewers som Lira as volg op: “Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ’n ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ’n winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ’n vierde maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ’n sterwende vrou en ’n kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel maar hou ook ’n waarskuwing in: Ter wille van sy kinders sal ’n man sy taaibosspies deur ’n vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: 'Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man vrou of kind nie.'”

Oor Vrouedag spreek Chanette haar as volg uit teenoor Terésa Coetzee in Beeld van 8 Augustus 2014: “Soos vele ander spesiale dae is daar kritiek teen Vrouedag. Dis gekommersialiseer, ’n geldmaakstorie. Feministe het ’n rits besware. Heelwat daarvan is geregverdig, maar net as ons dit toelaat. Vrouedag behoort ’n dag te wees waar ons kyk na wat vroue vermag – danksy en desondanks.

“Dis egter veral ’n dag waarop ons behoort na te dink oor hoeveel vroue op sowel fisieke as emosionele en geestelike vlak misbruik word. Dis ’n dag waarop ons moet sê ons duld dit nie. (...)

“As jy ’n vrou is wat gerespekteer en waardeer word, steek ’n helpende hand uit na iemand na aan jou wat misbruik word – hulle is daar. As jy die ma van ’n seun is, maak seker hy weet hoe om die vroue in sy lewe te respekteer. As jy self ’n misbruikte vrou is, klop aan om hulp. Dis nié oukei om verniel te word nie, nie fisiek of emosioneel nie. Kom ons maak ’n daadwerklike verskil. Vrouedag is ’n goeie plek om te begin.”

Publikasies:

Publikasie

Maalstroom van ekstase

Publikasiedatum

  • 1996
  • 2003 (grootdruk)

ISBN

  • 0628036175 (sb)
  • 1415000174 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Hygroman

Pryse toegeken

Perskorprys vir romantiese fiksie 1996

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Woestynliefde

Publikasiedatum

  • 1997
  • 2004 (grootdruk)

ISBN

  • 0628036272 (sb)
  • 1415000778 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Hygroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Leerskool van die liefde

Publikasiedatum

  • 1997
  • 2001

ISBN

  • 0628036396 (sb)
  • 186904679X (hb)

Uitgewer

  • Halfweghuis: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Hygroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vlerkaf

Publikasiedatum

  • 1998

ISBN

0628036965 (sb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eiland van begeerte

Publikasiedatum

  • 1997
  • 2004 (grootdruk)

ISBN

  • 0628036698 (sb)
  • 1415000867 (hb)

Uitgewer

  • Midrand: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Hygroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Wip van die droomvanger

Publikasiedatum

  • 1998

ISBN

0628037252 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vlerke van goud en ander liefdesverhale

Publikasiedatum

  • 1999

ISBN

0799326550 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Bittersoet wals

Publikasiedatum

  • 1999

ISBN

  • 062803749X (sb)

Uitgewer

  • Midrand: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Rots van liefde

Publikasiedatum

  • 1999
  • 2002 (grootdruk)

ISBN

  • 0628037414 (sb)
  • 1869047605 (hb)

Uitgewer

  • Midrand: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Legende van die liefde

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2003 (grootdruk)

ISBN

  • 0624040402 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Chanette Paul Omnibus 1

Publikasiedatum

  • 2002

ISBN

  • 0624040690 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Liefde in laventel

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2004 (grootdruk)

ISBN

  • 0624041735 (sb)
  • 0415001162 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

  • Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Oerdans van die liefde

Publikasiedatum

  • 2003
  • 2005

ISBN

  • 0624041476 (sb)
  • 1415003289 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Geld wat krom is

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2004

ISBN

  • 0798143029 (sb)
  • 1415001146 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Letsels

Publikasiedatum

  • 1980

ISBN

  • 0624015130 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Handleiding

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die goue vreugde: 'n keur uit jare se leesgenot

Publikasiedatum

  • 2003 (grootdruk)

ISBN

  • 0799330736 (hb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vlerke vir ’n visvrou

Publikasiedatum

  • 2003
  • 2006 (grootdruk)

ISBN

  • 07993
  • 1415004765 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: LAPA
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Krinkels in die maan

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2005

ISBN

  • 0799332437 (sb)
  • 1415003955 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Fleur
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Perlemoenmaan

Publikasiedatum

  • 2004

ISBN

0624042138 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fynbos vir ’n feeks

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624042316 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Satyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Troupant

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624042529 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Toorliefde

Publikasiedatum

2005

ISBN

0624042820 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Satyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Op soek na ’n held

Publikasiedatum

2005

ISBN

0799334766 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Tamara

Publikasiedatum

  • 2005
  • 2011

ISBN

  • 0799334936 (sb)
  • 9780799351453 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Porselein van staal

Publikasiedatum

2005

ISBN

0799334960 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Leila word lig

Publikasiedatum

2005

ISBN

0798144408 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Willemien

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 0799335956 (sb)
  • 9780799351491 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Annabella

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 0799336033 (sb)
  • 9780799351507 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Deborah

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 0799336114 (sb)
  • 9780799351514 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Isabelle

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 079933619X (sb)
  • 9780799351521 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Maryn

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2011

ISBN

  • 079933717X (sb)
  • 9780799351538 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fleur

Publikasiedatum

  • 2006
  • 2012

ISBN

  • 0799337250 (sb)
  • 9780799351545 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Romanza
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Chanette Paul Omnibus 2

Publikasiedatum

2006

ISBN

9780624044793 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Chanette Paul Omnibus 3

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780624045922 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Springgety

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799338775 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fortuin

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780799342420 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Chanette Paul Omnibus 4

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624048084 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Branders van liefde (Duette van twee)

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799343311 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Onder seespieël

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780799345759 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Boheem

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799344646 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Spanningsroman

Pryse toegeken

Finalis vir ATKV-Veertjie in die spanningsromanafdeling

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Meetsnoer

Publikasiedatum

  • 2010
  • 2016

ISBN

  • 9780799347234 (sb)
  • 9780799381535 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Spanningsroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dryfhout

Publikasiedatum

  • 2011
  • 2017

ISBN

  • 9780799348828 (sb)
  • 9780799381597 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Spanningsroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Maanschijnbaai: Jo en Sue

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780799355420 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Lekkerlit-kompetisie deur lesers as die lekkerste boek van 2012 aangewys

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Maanschijnbaai: Nan en Jeannie

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780799358384 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Labirint

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780795800443 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Queillerie

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

 

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Siende blind

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780799361346 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

LAPA se Lekkerlit-toekenning 2013

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Raaiselspieël

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780799364934 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ewebeeld

Publikasiedatum

  • 2014
  • 2015

ISBN

9780799372144 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • LAPA se Lekkerlit-toekenning 2015
  • Finalis vir ATKV-Woordveertjies vir Liefdesroman 2015

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eendag op ’n Maandag (Samevatting van Krinkels in die maan en Vlerke vir ’n visvrou)

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780799369939 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Offerlam

Publikasiedatum

2015

ISBN

9780799377118 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • Engels (Sacrificed) 2017, vertaal deur Elsa Silke
  • Nederlands 2016

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Offerande

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799381320 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-Woordveertjie vir liefdesroman 2017

Vertalings

Nederlands 2017

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Paaiboelie

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780799385397 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Uit die bloute

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799388947 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lira (Vywervrou-reeks)

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799394474 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Chanette Paul as vertaler

  • Donald, Robyn: Maagd vir ’n miljoenêr. Parklands: Jacklin, 2004 [ISBN 1415001561 (hb grootdruk)] (Mills & Boon in Afrikaans)
  • Graham, Lynne: Sy vrou, die minnares. Parklands: Jacklin, 2005 [ISBN 1415004080 (hb grootdruk)] (Mills & Boon in Afrikaans)
  • Milburne, Melanie: Sy onhebbelike vrou. Parklands: Jacklin, 2005 [ISBN 1415003041 (hb grootdruk)] (Mills & Boon in Afrikaans)
  • Oakley, Natasha: Ter wille van ons kinders. Parklands: Jacklin, 2005 [ISBN 1415003602 (hb grootdruk)] (Mills & Boon in Afrikaans)

Artikels deur Chanette Paul beskikbaar op die internet 

Artikels oor Chanette Paul beskikbaar op die internet:

Bronne

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum


• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Bygewerk: 2019-09-10
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za.

The post Chanette Paul (1956–) appeared first on LitNet.


Artikels en resensies uit Taalgenoot se Herfs 2019-uitgawe

$
0
0

 

Te danke aan die Taalgenoot-redaksie kan PEN Afrikaans die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2019-uitgawe hier deel. Wat ’n plesier! Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai. Die volledige tydskrif  kan hier digitaal aangeskaf word.

Klik hier vir die vorige uitgawe:

Artikels en resensies uit Taalgenoot se Somer 2019-uitgawe

 

 

Die jongste uitgawe van Taalgenoot, met die tema “aweregs”, is ’n viering van stroom-op, sê redakteur Johan Jack Smith. Daar is onder meer rubrieke deur Marita van der Vyver en Harry Kalmer, ’n gedig deur Lynthia Julius, en ’n onderhoud met kunstenaar Francois Knoetze wat met sy ongewone rommelbeelde en storieverteltegnieke mense dieper na ons verbruikskultuur wil laat kyk. Lees ook oor die opstanding van Vrye Weekblad, oor vroueskrywers wat vreesloos teen die grein geskryf het, oor Spoegwolf, en natuurlik oor die voorbladster Mielie Senekal (alter ego van Llandi Beeslaar).

 

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

 

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede:

www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

 

 

The post Artikels en resensies uit <em>Taalgenoot</em> se Herfs 2019-uitgawe appeared first on LitNet.

Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery

$
0
0

Kort op die hakke van ʼn hoogs suksesvolle inleidende kursus oor die herstel van boeke, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weer ʼn kursus, met die fokus op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk, vanaf 28 tot 30 Oktober 2019 aan. Die boekherstelspesialis George Wentzel se kursus is geskik vir beginners én deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het. Wentzel, 'n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, het voorheen in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se boekbewaringsafdeling gewerk. Sy passie is om hierdie skaars vaardigheid te onderrig en hy het al meer as 40 rampbestuur- en boekbindwerkwinkels oor die land aangebied.

Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer. Ingesluit is basiese konsepte, werksprosedures asook demonstrasies van en praktiese oefeninge in skutblaaie, boekbindwerk, leerbindwerk, omhulsel afronding en bladrugsteun.

Die kursus kos R1 750 per persoon wat ʼn sertifikaat van bywoning en ʼn stel basiese gereedskap insluit. Dit vind daagliks van 09:00 tot 16:00 in die Besoekersentrum se konferensielokaal by die by die Taalmonument plaas. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet vir hul eie middagete sorg of van die koffiewinkel gebruik maak.

“Dit was professioneel, pret en uitstekend,” het een deelnemer, Elsette Strachan, rakende die inleidende kursus in Julie 2019 gesê. “Ek het veral die praktiese sessies geniet en ʼn nuwe vaardigheid verkry,” het ʼn ander deelnemer, Slindokuhle Tshisevhe, bygevoeg. Die 16 deelnemers het almal vir Wentzel uitgesonder as ʼn besonder dinamiese en plesierige aanbieder.

Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za. Sien meer oor die vorige kursus op die Taalmonument se webtuiste en Facebook-blad.

Die ATM bied jaarliks ʼn reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos argivering, taaltoerisme en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels oor soortgelyke onderwerpe is welkom. Sien www.taalmonument.co.za vir meer en volg hulle op Facebook vir al die ander opwindende geleenthede wat by die Taalmonument plaasvind.

Hard on the heels of a highly successful introductory course on book restoration, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl once again offers a course focusing on advanced techniques such as leather binding and gold-foiling from 28 to 30 October 2019. Book repair specialist George Wentzel's course is suitable for beginners AND participants who have already acquired the basics of book and paper conservation. Wentzel, a qualified master bookbinder with over 45 years of experience, previously worked in the National Library of South Africa’s book conservation section; his passion is teaching this scarce skill, and he has conducted over 40 disaster management and bookbinding workshops all over the country.

During the three-day, bilingual course participants will amongst others create three books each, construct Solander boxes, sew flat sheets and learn a lot more about repairing books. Included are basic concepts, working procedures as well as demonstrations of and practical exercises in end papering, binding, leather binding, casing rounding and backing.

The course fee, including a certificate of attendance and basic tool kit, is R1 750 per person and the workshop takes place from 09:00 to 16:00 daily in the Visitor Centre’s conference room at the Taalmonument. Tea and coffee are included, but participants must bring their own lunch or make use of the coffee shop.

“It was professional, fun and excellent,” said one participant, Elsette Strachan, regarding the introductory course in July 2019. “I especially enjoyed the practical sessions and have gained a new skill,” added another participant, Slindokuhle Tshisevhe. The 16 participants all pointed out that Wentzel is a dynamic and pleasant presenter.

For details and bookings, contact Jeffrey Pietersen on 021 872 3441 or send an e-mail to bemarking2@taalmuseum.co.za. See more regarding the previous course on the Taalmonument’s website and Facebook page.

The ATM annually presents a series of courses and workshops focusing on the development of basic professional skills. This year’s programme includes subjects such as archiving, language tourism and star trails photography. Anyone interested in related subjects are welcome to make suggestions for additional workshops. See www.taalmonument.co.za for more information and follow them on Facebook for the other exciting events happening at the Taalmonument.

The post Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery appeared first on LitNet.

Die ATKV-Woordveertjies 2019 in beeld

$
0
0

Op Vrydag 6 September 2019 het die ATKV weer hulle vere gepof en met onderbeklemtoonde swier die Woordveertjies vir 2019 aangebied, ’n geleentheid waartydens woordkunstenaars in ’n verskeidenheid kategorieë vereer en bekroon word.

Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. Die geleentheid is gehou in die Adam Small-teater te Stellenbosch.

Voor die deure oopgemaak het, is gaste bederf met happies en keurige rangskikkings van brood en groente.

Mense in blink klere kon gesels en rustig glasies klink voor die glansgeleentheid afgeskop het.

In die teater is gaste begroet deur Lyntjie Jaars, die gasvrou van die aand.

Jaars is bygestaan deur studente van die US se dramadepartement wat deel is van die produksie Jakkels en wolf onbeperk.

Die stuk is nie volledig opgevoer nie, maar grepe daaruit het die gaste vermaak.

Die drama is oorspronklik geskryf deur Malan Steyn en die lirieke is deur Frazer Barry.

Barry en sy ensemble, Tribal Echo, was op die verhoog om die musiek te verskaf.

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinderlesers self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies stem, is eerste aangekondig.

Jaco Jacobs is drie maal bekroon.

Voorleeskategorie graad RR – 1, skrywer Jaco Jacobs vir Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het (LAPA Uitgewers).

Selfleeskategorie graad 2 – 3, skrywer Jaco Jacobs vir Spaghetti tussen jou tone (LAPA Uitgewers).

Selfleeskategorie graad 4 – 5, skrywer Jaco Jacobs vir Max die masjien (LAPA Uitgewers).

Voorleeskategorie graad RR – 1, illustreerder Johann Strauss vir Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het (LAPA Uitgewers). Johann kon nie by die geleentheid wees nie, so sy prys is deur Marieta Nel van LAPA se skolespan in ontvangs geneem.

Selfleeskategorie graad 2 – 3, illustreerder Alex van Houwelingen vir Spaghetti tussen jou tone (LAPA Uitgewers).

Selfleeskategorie graad 4 – 5, illustreerder Stephen Wallace vir Max die masjien (LAPA Uitgewers).

Selfleeskategorie graad 6 – 7, skrywer Celeste Slabber-Loriston vir Jinx (Protea Boekhuis).

Selfleeskategorie graad 8 – 10, skrywer Fanie Viljoen vir Veldiep (Tafelberg).

Die prys vir ’n liefdesroman is toegeken aan Uit die bloute deur Chanette Paul (LAPA Uitgewers).

Die prys vir Romanses is gewen deur Blameer die skoenlapper van Elsa Winckler (Romanza).

Philip Rademeyer het die prys vir ’n Dramateks gewen vir Klippe wat val.

Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse is toegeken aan die Pharos Afrikaansgids (2018), uitgegee deur Pharos Woordeboeke. Die samesteller is Nicol Faasen.

Die prys vir Niefiksie is gewen deur Petrovna Metelerkamp (middel) vir haar biografie Ingrid Jonker (Penguin Random House). Hier is sy saam met Lyntjie Jaars en Elmari Rautenbach wat die prys oorhandig het.

Die prys vir Spanningslektuur het gegaan aan Prooi deur Deon Meyer (Human & Rousseau).

Diana Ferrus het die prys vir Poësie oorhandig aan Pieter Odendaal vir sy bundel Asof geen berge ooit hier gewoon het nie (Tafelberg). Odendaal het in sy toespraak verwys na die geweld wat teen vroue, minderjariges en minderhede gepleeg word. Hy het gesê dat hy as woordkunstenaar al geleer het dat woorde belangrik is, maar stilte ook. Daarom het hy ’n minuut van stilte gelei in plaas van om ’n lang toespraak te lewer.

Die ATKV-Prosaprys is toegeken aan Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis (Tafelberg). Oud-regter Andries Buys, wat die boek onder ’n skuilnaam geskryf het, was self daar om die prys te ontvang.

Die Toekenning vir Leesbevordering het vanjaar aan die Du Toitskloof Fairtrade Mobiele Biblioteek en Mediasentrum gegaan. Du Toitskloof en Fairtrade bedryf ’n mobiele biblioteek wat agt werksdae in ’n tweeweekperiode boeke, rekenaars en internettoegang verskaf aan die kinders van plaaswerkers wat glad nie iets met Du Toitskloof te doen het nie. Dié boeklorrie doen ook een maal elke tweede week aan by die spogskool wat sorg vir die kinders van Du Toitskloof se werkers. Marius Swart, die hoof uitvoerende beampte, het die prys in ontvangs geneem.

Hettie Scholtz het daarna die verhoog betree om ’n spesiale Woordveertjie aan te kondig, dié Veertjie het gegaan aan Leonie van Rensburg.

Leonie van Rensburg, stigter en eienaar van Graffiti Boeke, is vereer vir haar passievolle toewyding aan Afrikaanse boeke en skrywers. Haar haas ongeëwenaarde kennis van die plaaslike boekemark bring lesers en Afrikaanse boeke nie net binnelands nie, maar regoor die wêreld by mekaar uit.

Ná die tyd het verskeie mediaspanne en fotograwe nog met die wenners gesels.

The post Die ATKV-Woordveertjies 2019 in beeld appeared first on LitNet.

Twyfelaars wat glo-bekendstelling in Pretoria

Breyten Breytenbach (1939–)

$
0
0

Foto: Naomi Bruwer

Hierdie LitNet ATKV-album het oorspronklik op 28 April 2015 verskyn en is nou volledig hersien en bygewerk.

Gebore en getoë

Breyten Breytenbach is op 16 September 1939 in Bonnievale in die Wes-Kaap gebore as een van vier kinders van Hans en Kitty Breytenbach: sy broers Jan (wat later die stigter van die Suid-Afrikaanse Spesiale Mag sou word) en Cloete (oorlogskorrespondent en fotograaf) en sy suster, Rachel. Hy is op Bonnievale deur die bekende predikant Kalie Heese gedoop en het sy oupa se naam. Die kinders noem hulle pa Oubaas en hulle ma Ounooi.

Toe Breyten vyf jaar oud was, trek die gesin na Riversdale, waar hulle pa die plaas Kafferkuilsrivier gekoop het. Die kinders kon nie lyf wegsteek nie en moes gereeld op die plaas uithelp. Hulle het ’n halfuur se ry per perdekar van die dorp en die skool, Langenhovenskool, gewoon.

In ’n onderhoud met sy jare lange vriend John Miles in 1993 vertel Breyten dat hy sy breedsprakigheid by sy ma geërf het. Sy was een van 17 kinders en hy het grootgeword met “’n gekekkel, gebabbel, gelag, gejil, geterg en gesing. Sy het haar briewe aan my oorsee bo links begin en een sin dwarsdeur vier, vyf velletjies geskryf. Dis waarskynlik hoekom ek nooit met hoofletters en punte kon werk nie. Dis net ’n voortsetting van die sin.”

In 1948 is die plaas verkoop en verhuis hulle na Wellington, waar Oubaas ’n winkel naby die dorp, by die spoorlyn, gekoop het. Later trek hulle dorp toe – na The Grevilleas, wat hulle van 1947 tot 1970 as ’n losieshuis bedryf het. Breyten matrikuleer in 1957 aan die Hugenoot in Wellington, waar hy ook hoofseun was. Op skool al het Breyten gedig en sy meisies het gereeld gediggies ontvang.

Oor sy estetiese ontwaking as kind vertel Breyten in 2013 aan Murray la Vita (http://breyten.touchlab.co.za): “As ’n mens nou daai ouderdom is, vergelyk jy mos nie jouself met ander mense nie. Jy kom nie agter dat dit miskien iets buitengewoons is nie; ’n buitengewone belangstelling is nie. Ek onthou dat ek van baie kleins af beïndruk was deur afbeeldings op glanspapier. Dit was waarskynlik ou Victoriaanse engeltjies en pilare en dié soort van dinge. Maar vreemd genoeg, dis alles dinge wat – in my geheue in elk geval – deur my oudste broer (Jan) na my gebring is. Ek dink nie dat dit nou nog enigsins, of selfs toe, sy eie belangstelling weerspieël nie. Hy het gehou van boeke. Ek kan nie onthou dat ons werklikwaar veel visuele materiaal in die huis gehad het nie. Natuurlik, ’n ou word groot in ’n skouspelagtige omgewing: in die Klein Karoo langs die Breërivier en dan in Riversdal se distrik; die Boland daarna. 

“Die eerste tekening wat ek kan onthou wat ek sélf gemaak het, moes in 1948 gewees het toe die Nasionale Party die verkiesing gewen het, want ek onthou ek het ’n spotprent geteken van dr Malan wat vir Jannie Smuts uitknikker in ’n bokskryt. En ek onthou, want ons het nog op die werf in my pa se ou motorkar gesit om te luister na die verkiesingsuitslae. Ek was waarskynlik so agt, nege jaar oud. Dit is die eerste keer wat ek kan onthou dat ek werklikwaar iets probeer doen het wat nou nie net ’n nateken was van iets wat ek gesien het nie. 

“En toe daarna het die belangstelling begin optel, waarskynlik hierso van vroeg hoërskooldae in Wellington. Daar was nogal ’n hele paar skilders wat in die omgewing gebly het. 

“Ek het gehoor van Jean Welz in Worcester. Ek onthou ek het met my bromponie soontoe gery, maar toe was ek nou al eerste jaar op universiteit. Ek het gaan kuier en vir hom en al die Welz-broers leer ken. Hulle was almal sulke láng ouens gewees. 

“En toe begin ek baie belang stel in skilderwerk. Die eerste buisies verf wat ek present gekry het, was van ons musiekonderwyser op die dorp, ’n man met die naam van Henry Kuit. Hy het so ’n wilde bos blonde hare gehad en hy was die orrelis in die kerk, maar hy was ’n vreemde persoon in die gemeenskap in die sin dat hy Rooms-Katoliek was en hy het ’n hele huis vol kinders gehad wat gelyk het of hulle almal tegelyk grootgeword het. Afrikaanstalig van huis uit, maar hy was nie van die Boland nie, hy het van ’n ander deel van die land gekom. Maar baie sensitief en ’n fantastiese pianis en ’n wonderlike musiekonderwyser. 

“En ek het by hom musieklesse begin neem en hy het geweet ek stel belang in skilderkuns en ek dink hy het vir my die geld gegee om buisies verf te koop en kwaste en so. Hy het my baie aangemoedig.”

Verdere studie en werk

Na matriek is Breyten na die Universiteit van Kaapstad, waar hy ’n BA-kursus volg en in die Departement Afrikaans en Nederlands studeer onder Boerneef, J du P Scholtz en DJ Opperman. Hy studeer ook kuns aan die Michaelis-kunsskool in die jare 1958–1959, en volgens André Brink was veral die werk en leiding van Lippy Lipschitz vir hom van groot waarde.

Breyten se belangstelling in die digkuns het ook verdiep en hy gaan werk later in ’n boekwinkel. Hy was ook sekretaris van die uitgewer Gerry de Melker. Hy raak bevriend met Uys Krige, Jan Rabie en ander en kuier saam met hulle by Clifton. Sy eerste gedigte verskyn in die studenteblad Groote Schuur in 1959. Hy begin dit sterk oorweeg om na Parys in Frankryk te gaan waar hy reken dit makliker vir ’n skilder sal gaan. Op hierdie stadium sien hy homself glad nie as ’n digter nie.

Oor sy universiteitsjare vertel hy aan La Vita (“Die vingerverhale van Breyten Breytenbach”): “’n Ou moet in gedagte hou die sosiale lewe waarin ek betrokke was, het baie gewentel rondom Jan Rabie en Marjorie Wallace en Erik Laubscher en Claude Bouscharain natuurlik; Richard Reeve, Peter Clarke, Ingrid Jonker, Abraham de Vries tot ’n mate; Marius Schoon.

“Dit was daai oorgangsplek tussen politiek, of betrokkenheid dan ... aktivisme, en sê nou maar die boheemse leefstyl. En dan werklike ... ’n mens het die gevoel gehad hier het jy iets gehad wat werklik vir jou oopgaan. Vir die eerste keer kom ek in aanraking met die vertaalde werk van Paul Éluard, Suid-Amerikaanse digters, die goed waaraan Uys gewerk het, en natuurlik Jan – Jan was ’n absolute mentor, op állerlei maniere.” 

In 1960 vertrek hy uit Tafelbaai as vierdeklaspassasier op ’n Portugese skip. Hy land in Lissabon met twintig pond in sy sak. Hy deurswerf die Middellandse See op ’n boot, reis rond in Portugal, Spanje, Frankryk en Engeland en beland in Noorweë, waar hy ses maande lank Engels by ’n skool gee. In Junie 1961 gaan hy terug na Parys, waar hy met alle mening begin skilder. (Oor al sy omswerwinge gedurende dié tyd vertel Breyten in 1975 meer breedvoerig aan Willem M Roggeman.)

“Vergelyk ’n mens sy werk uit daardie eerste paar jaar met dié daarna, staan jy verstom oor die ontwikkeling. Uit ’n taamlike begin, met ’n nog onvaste tegniek, het hy baie vinnig sy eie styl verwerf – sy eie stem in kleur gekry; vandag is daar haas geen kritikus wat sy sekere, sekure tegniek nie aanprys nie. Miskien het die aanraking met die Ooste, veral die wêreld van die Boeddhisme, baie gou die rigting bepaal waarin hy sou ontwikkel. En die koers is verstewig nadat hy getroud is met die lotus uit Saigon, Yolande,” skryf André Brink in Die Huisgenoot van 29 Desember 1967. Breytenbach se werke is sedertdien uitgestal in Parys, Edinburgh, Minneapolis, Amsterdam, Rome, Berlyn, Brussel, Rotterdam, Le Havre en Groningen.

In sy vroeë jare in Europa het Breyten in Nice om den brode portrette van mense geteken. “Ek het in ’n nagklub gewerk en in ruil vir ’n daaglikse bord kos ... en ek kon die tekeninge verkoop vir tien frank elk. Maar die probleem was dit was ’n baie klein nagklub; ek dink hulle het tien of twaalf gereelde klante gehad. Nouja, toe húlle hul portrette gekoop het binne ’n periode van ’n paar maande, toe was daar nie meer enige inkomste nie. Maar ek het darem nog my bord kos gekry.” 

Hy ontmoet Yolande, wie se regte naam Hoäng Lien Ngo is (dit beteken "Geel Lotus") en in 1962 is hulle in Londen getroud. Sy is ’n Franse burger, hoewel haar ouers van Viëtnam was. Haar pa was Viëtnam se verteenwoordiger by Unesco. Hulle is daarna Parys toe, waar Yolande as sekretaresse by ’n Amerikaanse maatskappy werk. Sy is vlot in Frans, Viëtnamees, Spaans en Engels en behaal ’n BA-graad aan die Sorbonne en studeer verder in die regte en volkekunde. Breyten self studeer in 1963 ook aan die Sorbonne.

Dit het finansieel nie aldag baie goed met die Breytenbachs in Parys gegaan nie. Breyten probeer geld verdien met sy skilderwerk, maar dit gaan nie altyd so maklik nie. Later bemark ’n agent in Amsterdam sy skilderye en hou hy taamlik gereeld uitstallings in België en Nederland. Hy en Yolande het intussen ’n woonstelletjie in Parys gekoop – in ’n baie ou gebou en baie klein.

Intussen raak Breyten al meer betrek by die anti-Suid-Afrikaanse politiek en word hy ’n stoere teenstander van die Suid-Afrikaanse regering se apartheidsbeleid.

In April 1965 land die skrywer Chris Barnard in Parys, en omdat hy vreemd in Parys was, besluit hy om by Breyten te gaan kuier. Breyten verwelkom Chris met ope arms, help hom om verblyf te bekom en tree as gids en raadgewer vir hom op. Chris het vier jaar tevore ’n verhaal van Breyten in ’n studenteblad raakgesien en wou weet of hy nog skryf. Breyten se antwoord was: “Nee wat, ek het opgehou. Ek skilder nou net.” Chris het aanhou neul totdat Breyten iewers in die woonstelletjie ’n dun, groen oefeningboek ontdek het.

Chris Barnard vertel: “In die boekie was kort stukkies prosa, hier en daar ’n gedig, en plek-plek ’n pen-en-ink-tekening.” Omdat Breyten se handskrif nie te duidelik was nie, tik hy die gedigte oor en gee dit vir Chris, wat verras was met die gehalte van die skryfwerk, en soos wat Breyten sy skryfwerk oortik, bespreek Chris dit met hom en gee raad. Teen Junie 1965 was daar reeds ongeveer 60 gedigte en byna net soveel prosawerk in Chris se laai. Teen die einde van Junie sorteer Chris die skryfwerk in twee manuskripte en vra Breyten om dit na Bartho Smit in Johannesburg te pos. Breyten se reaksie: “Maar dis mos ’n uitgewer. Dis mos net skrywers wat boeke publiseer.”

Drie weke later kom die telegram: “Albei manuskripte aanvaar. Geluk. Brief volg.” En teen die einde van November arriveer die pakkie met ’n groot geel boek en ’n klein groenetjie –Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes. In Februarie 1966 hoor Breyten dat die APB-prys vir beide publikasies aan hom toegeken is en is die prys in Parys in die Moulin Vert in Montparnasse aan hom toegeken – en daarmee saam ’n R2 000-kontantprys wat baie nuttig te pas gekom het.

In Die Transvaler van 4 Januarie 1965 skryf Jan Kromhout die volgende oor die twee publikasies: “Die jongste brug tussen Suid-Afrika en Frankryk is nou geslaan deur ’n tot dusver onbekende uitgewekene: Breyten Breytenbach, 25-jarige seun van Bonnievale se wêreld. [...] Wie, liewer hoe, is hierdie jong kunstenaar? [...] In wat hy bereik het, bemerk ons (hopelik) net so ’n talentvolle verskyning as Peter Blum tien jaar gelede, maar ten opsigte van aard en onderwerp lê sy gedigte myns insiens nader aan Pieter Venter se Die blomblaar is requiem en Jan Rabie se Een-en-twintig. [...] Een ding staan vas: ’n Afrikaanse of selfs Suid-Afrikaanse gees adem hierdie bundel nie. Ons is, verstaanbaar, ver verwyder van die osse wat aanstap deur die stowwe, die spruitjie met sy mooi geluidjie of die viooltjies wat in die voorhuis pryk. Die tydgees en tydsverskynsels verplig ons om kennis te neem ook van ander uiterstes. Laat ons Breyten Breytenbach krediet gee vir aanvoorwerk op sý terrein, al moet ons saam met hom aan die “ontrafel” gaan van “die frases wat in jou donkerste wese eggo (bl 19).”

Die uitgewers het aanvanklik vir Breyten en Yolande genooi om die prys in Suid-Afrika in ontvangs te neem, maar omdat Yolande van Viëtnamese afkoms is, weier die Suid-Afrikaanse regering om ’n visum aan haar toe te staan weens, onder andere, die Wet op Gemengde Huwelike van 1949.

Breyten sê dat hierdie insident die begin was van sy politieke bewustheid. “Dit was die begin van my tweeslagtige verhouding met my land ... My hart het veranker gebly aan Suid-Afrika en is dit nog ... Ek was besig om af te sterf en tog ook om elke dag dieper te leef in en na my land toe.”

In 1967 verskyn sy volgende bundel, Die huis van die dowe, en ontvang hy die Reina Prinsen Geerligs-prys, sowel as die CNA-prys daarvoor. Reina Prinsen Geerligs was in die Tweede Wêreldoorlog lid van die versetbeweging in Nederland en is deur die Nazi’s om die lewe gebring. Die prys is ingestel ter aanmoediging van jong digters en skrywers.

In dieselfde jaar vertrek Breyten en Yolande na Lourenço Marques (vandag Maputo) en vandaar na Swaziland, waar Yolande uiteindelik haar skoonouers ontmoet. Daarvandaan is hulle per skip na die Kaap, waar hulle vir twee dae die Skiereiland kon verken voor die terugvaart na Europa.

Intussen groei Breyten se verset teen die Suid-Afrikaanse regering en in April 1970 skryf hy ’n artikel vir Sechaba, die amptelike mondstuk van die ANC. Volgens berigte in die Suid-Afrikaanse pers bepleit hy in hierdie artikel openlik revolusie. Hy sê dat die Afrikaner net deur die revolusionêre vernietiging van sy eie magstruktuur, wat kapitalisties, totalitêr en wreedaardig is, gered kan word.

Breyten gaan voort met sy skryfwerk en die CNA-prys vir letterkunde word ook aan Kouevuur (1969) en Lotus (1970) toegeken. Hy vertaal in 1970 Shakespeare se Titus Andronicus vir Kruik en in ’n onderhoud met die Daily News laat hy hom soos volg uit: “Painting is my job and writing my African mistress.”

Ná hy in 1970 die CNA-prys vir Lotus ontvang het, wil sekere kultuurorganisasies die bundel laat verbied as gevolg van een gedig daarin wat ’n parodie op die Onse Vader is. Hennie Terblanche van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het laat blyk dat die bundel by die volgende vergadering van die Publikasieraad ingedien sou word. Breyten beskou Lotus op daardie stadium as sy mees ambisieuse bundel tot dusver en ook sy moeilikste. In Rapport van 22 April 1971 sê hy dat Lotus sy “manifes” is en waarskynlik sy laaste digbundel, behalwe “wie weet, oor ’n klompie jare, dalk nog ’n laatlammetjie”.

Dit is asof kontroversie Breyten omgewe en volg waar hy gaan. In 1971, voor die toekenning van die Hertzogprys vir poësie, word in die pers bespiegel dat Breyten dit beslis die meeste verdien. Die prys word egter aan Elisabeth Eybers toegeken – ’n toekenning wat deur sommiges as ’n "veilige toekenning” beskryf word. Met die toekenning van die Hertzogprys vir poësie in 1974 beland Breyten weer in die spervuur. Hierdie keer word Uys Krige bekroon. Voor die tyd sê Breyten self dat sy werk van die vorige drie jaar nie die toekenning regverdig nie.

In 1971 word Breyten aangewys as ere-ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse studente-organisasie Nusas en in Junie 1974 as erepresident.

In 1972 word Skryt: om ’n sinkende skip blou te verf deur Meulenhoff Uitgewers in Nederland gepubliseer en terselfdertyd word ’n uitstalling van sy skilderye deur die galery Espace in Amsterdam gehou. Breyten se aansien in Nederland groei en in 1972 word Lotus bekroon met die Lucy B en CW van der Hoogt-prijs wat deur die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde toegeken word. Breyten word ook tot die 53ste lid van die Maatschappij verkies.

In Desember 1972 slaag Breyten en Yolande uiteindelik daarin om ’n visum vir Yolande te bekom en vertrek hulle na Suid-Afrika. Hulle woon in Februarie 1973 die Sestiger-Somerskool aan die Universiteit van Kaapstad by, waar Breyten vir die eerste keer sedert hy na Parys is, weer in Suid-Afrika optree, voor ’n gehoor van 800 mense.

Hy sê onder andere: “Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om weer in ander vorme te kan ontbind. Net ons het in die slagyster getrap van die baster wat aan bewind gekom het. In daardie gedeelte van ons bloed wat van Europa kom, was die vloek van meerderwaardigheid. Ons wou ons mag regverdig.” (LitNet: Artikel oor Breyten Breytenbach deur Ampie Coetzee).

Schalk Pienaar skryf in Die Burger: “Die man se meesterskap van die woord is iets besonders.”

In April 1975 hou die Verenigde Volke-Organisasie (VVO; nou die VN) ’n spesiale seminaar in Parys oor apartheid waaraan Breyten deelneem en waar hy Suid-Afrika ’n “terroristestaat” noem.

In Junie 1975 word Skryt deur die Publikasieraad verbied – drie jaar na dit verskyn het. Breyten se reaksie hierop: “Die Sensuurraad slaan met hierdie verbod ’n dooie perd, omdat die boek lankal nie meer beskikbaar is nie, nie in Suid-Afrika nie, ook nie in Nederland nie.”

Intussen is Breyten aan die skryf aan ’n Seisoen in die paradys, ’n verslag van die besoek aan Suid-Afrika in 1973. Daantjie Saayman van Buren-Uitgewers besluit egter in Augustus 1975 om dit nie te publiseer nie, aangesien hy seker is dat dit verbied gaan word en hy as eenman-uitgewer nie weer (ná André P Brink se Kennis van die aand) die finansiële risiko kan loop nie. As Buren dit nie uitgee nie, mag geen ander uitgewer dit publiseer nie, wat ’n geweldige verlies vir die letterkunde sou wees. Dit is uiteindelik in 1976 deur Perskor gepubliseer.

In Frankryk word Breyten ’n stigterslid van Okhela, ’n versetgroep wat apartheid in ballingskap beveg. Die naam beteken "om aan die brand te steek". Die groep, wat uit vyf lede bestaan, beskou hulle as die blanke vleuel van die ANC. Hulle aktiwiteite het ten doel om die ANC te help met hulle strewe na ’n omwenteling in Suid-Afrika, indien nodig met geweld.

Op 1 Augustus 1975 land Breyten op die Jan Smuts-lughawe in Johannesburg nadat hy ’n visum in Rome verkry het met ’n vals paspoort onder die naam Christian Galaska. Op 26 Augustus 1975 word dit op die voorblaaie van koerante uitbasuin dat Breyten Breytenbach gearresteer is. Op 19 Augustus word hy in hegtenis geneem omdat hy na bewering in besit was van vervalste dokumente. Die veiligheidspolisie was glo op sy spoor vandat hy in Suid-Afrika aangeland het. Hy word aangehou ingevolge Artikel 6 van die Wet op Terrorisme. Vyf van die mense met wie hy na bewering kontak gehad het, word ook deur die veiligheidspolisie aangehou. Breyten se arres ontlok ’n stortvloed van protes uit die buiteland, veral uit Nederland, Frankryk en Engeland. Na sy arrestasie sê Adam Small by ’n taalsimposium van die Akademie vir Wetenskap en Kuns op Potchefstroom: "My groot vriend, Breytie, was maar altyd ’n bietjie mallerig. Maar God weet, die man skryf wonderlike Afrikaans.”

Op 10 November 1975 verskyn Breyten voor ’n stampvol hof ingevolge die Wet op Terrorisme. Die verhoor word tot 21 November uitgestel. Met die aanvang van die verhoor op 21 November pleit Breyten skuldig op die hoofaanklag met sekere wysigings op die klagstaat. Na ’n week word hy op 11 aanklagte skuldig bevind en op 27 November vonnis regter PM Cillié hom tot nege jaar gevangenisstraf nadat die staat by monde van die prokureur-generaal, Percy Yutar, saam met Breyten se advokaat, PJ vR Henning, ’n maksimumvonnis van vyf jaar gevra het. In Desember 1975 word verlof tot appèl geweier. In Maart 1976 word nog ’n aansoek om verlof tot appèl geweier. Tydens sy verhoor ontvang Breyten ’n kunsprys ter waarde van R1 000 van die Stadsraad van Vitry in Frankryk.

Met die uitspraak sê Breyten onder andere aan regter PM Cillié: “Elkeen van ons is ook verantwoordelik vir al die ander mense. Ons dra almal by tot die gemeenskap, ten goede of ten kwade. Wat my betref, dit is nou vir my baie helder, my bydrae kan nie op die gebied van politiek wees nie en ek sal my ook nooit weer daarin begeef en vergiftig nie. ’n Mens sê altyd dat berou en spyt te laat kom. Ek is jammer oor die onbesonne dom dinge wat ek gedoen het en wat my tot hier gebring het, en ek vra om verskoning daarvoor. Maar ek voel ek weet ek het nog baie gedigte in my vingers en skilderye in my oog. Ek hoop eendag, wanneer dit my weer gegun mag word om in die lewe uit te gaan, dat ek dan tog nog deur my skrywe en my kuns my deel by kan dra tot die toekoms van ons land en ons mense. Ek sal dit as ’n voorreg beskou.”

Tydens sy gevangenskap word Breyten toegelaat om voort te gaan met sy skryfwerk. Alles wat hy skryf, moet aan die tronkowerhede oorhandig word. Hy word egter nie toegelaat om te skilder nie.

Oor ’n reeks gedigte wat Breyten in aanhouding geskryf het, sê FIJ van Rensburg: “Dit is nie ’n gespeel om ellende te vergeet nie, dis geen gefluit by ’n kerkhof verby nie. In die engte van sy sel wil die digter ruimte verwerf, wil hy ’n stuk ruimte verower wat hy nie tevore gehad het nie. Waarmee hy hom in die bundel besig hou, is om tot ’n ruimer menslikheid te kom.” Hy sê ook dat dit van die merkwaardigste werke, nie net van Breyten nie, maar in Afrikaans is. 

Voetskrif word in 1976 deur Perskor gepubliseer en in 1977 word dit met die Perskorprys bekroon. Op die omslag is ’n afdruk van ’n skildery wat Breyten gemaak het terwyl hy verhoorafwagtend was. In Desember 1976 word van Breyten se poësie en prosa in Frans vertaal deur Georges-Marie Lory en uitgegee onder die titel Feu Froid (Kouevuur). Kouevuur word ook deur middel van die Franse vertaling in Engels, Arabies en Pools vertaal.

In Mei 1977 word Breyten weer op twee aanklagte van ontsnapping ingevolge die Wet op Terrorisme aangekla. Hy word egter net skuldig bevind daaraan dat hy tronkregulasies oortree het en tot R50 of drie maande gevangenisstraf gevonnis. Die staat kon nie bewys dat hy vanuit sy sel aan enige terroristebedrywighede deelgeneem het nie. Die aanklagte spruit uit sy gedrag en gesprekke met ’n bewaarder in die Sentrale Gevangenis in Pretoria. Hy erken dat sy planne om te ontsnap net lugkastele was en dat hy nooit verwag het dat dit verwerklik sou word nie. Selfs nadat hy onskuldig bevind is, het daar geluide in sekere Afrikaanse kultuurkringe opgegaan dat hulle beplan om die Onderwysdepartement te vra om Breyten se gedigte wat vir skole voorgeskryf is, te verbied.

In Junie 1977 ontvang Breyten die Prix des Septs, wat deur sewe internasionale uitgewerye ingestel is. Hy is die eerste ontvanger van hierdie prys. Dit word toegeken veral vir sy literêre werk, maar kan ook beskou word as ’n teken van solidariteit met sy politieke stryd. Die uitgewers is Feltrinelli (Milaan), Bourgeois (Parys), Wagenbach (Wes-Berlyn), John Calder (Londen), Anagrama (Barcelona), Don Quixote (Lissabon) en Van Gennep (Amsterdam). Van Breyten se gedigte wat die jare van 1964 tot 1977 oorspan, word in 1978 in Engels deur Denis Hirson vertaal onder die titel In Africa even the flies are happy en deur John Calder uitgegee. Die bundel sou ook in Portugees, Spaans, Frans, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal word. Die vertaling is gedoen op grond van bogenoemde toekenning wat hy ontvang het.

Op 4 April 1978 is Breyten se moeder onverwags op ’n buurvrou se begrafnis in Hermanus aan ’n hartaanval oorlede. Breyten kon nie toestemming kry om sy ma se begrafnis by te woon nie.

In 1979 verskyn nog ’n bundel met vertalings van Breyten se gedigte getitel And death as white as words. Dit word egter deur die Suid-Afrikaanse Sensuurraad verbied.

Pogings om Breyten vroeër uit die gevangenis te kry, duur onverpoosd voort. In April 1979 word ’n versoek van die Internasionale PEN-vereniging van die hand gewys.

In dieselfde jaar kry Breyten se vader ’n beroerte en word in Grahamstad in ’n hospitaal verpleeg.

Eerbewyse vir Breyten bly nie agterweë nie. In 1980 word hy saam met die Tsjeggiese skrywer Josef Skvorecky ’n finalis vir die internasionale Neustadt Literêre Prys. Hierdie tweejaarlikse prys word deur die Universiteit van Oklahoma geborg en Breyten verloor met een punt. Die eregeld van 1981 se Poetry International in Rotterdam word aan Breyten toegeken. Dit is ’n prys wat in 1981 vir die derde keer toegeken word aan ’n digter wat onder meer deur sy werk in ’n ernstige situasie beland het. Die bedrag van R3 000 wat deur die uitgewers Elsevier beskikbaar gestel is, sou gebruik word vir juridiese bystand aan Breyten en vir verligting van sy gevangenskap. Yolande word toegelaat om Breyten gereeld twee maal per jaar te besoek terwyl hy in die tronk is.

By geleentheid van Breyten se verjaardag op 16 September 1980 publiseer Taurus-Uitgewers die bundel Die miernes swel op die fox-terrier kry ’n weekend en ander byna vergete Katastrofes en fragmente uit ’n ou manuskrip van Breyten Breytenbach. Die meeste prosatekste is afkomstig uit die oorspronklike manuskrip van Katastrofes (1964), terwyl ander deel uitmaak van ’n Seisoen in die paradys en ander wat in tydskrifte soos SestigerDe Vlaamse Gids en Contrast verskyn het. As gevolg van sy gevangenskap kon Breyten nie die bundel hersien soos sy wens was nie. Ander prosastukke word opgeneem in De boom achter de maan wat in 1974 deur Van Gennep in Amsterdam uitgegee word.

Na maande se bespiegeling in die pers word Breyten op 2 Desember 1982 onverwags uit die tronk ontslaan – twee jaar voor die verstryking van sy vonnis. Daar word algemeen aangeneem dat dit as gevolg van internasionale bemiddeling plaasgevind het. Volgens berigte het Breyten se skryfwerk terwyl hy in die tronk was, geen tekens van enige revolusionêre inhoud getoon nie, wat glo ook ’n belangrike rol in sy vrylating gespeel het.

Na sy vrylating sê Breyten dat die sewe jaar "geweldig neerdrukkend" was, hoewel geen fisieke geweld teen hom gepleeg is nie en hy nie mishandel is nie. Volgens hom is dit feitlik onmoontlik vir ’n blanke Suid-Afrikaner om deur swart “vryheidsvegters” as bondgenote in die stryd aanvaar te word. Hy voel dat hy nie verder ’n aktiewe rol in die politiek sou speel nie en dat hy vanuit Parys geen invloed op die politiek in Suid-Afrika sal hê nie. Maar hy sal nog altyd sy dig- en skryfwerk gebruik om apartheid te veroordeel. Op 5 Desember 1982 kom hy in Parys aan en in 1983 neem hy Franse burgerskap aan.

In die net meer as sewe jaar in die tronk het Breyten meer as 400 tronkgedigte in Afrikaans geskryf wat in die bundel Die ongedanste dans (1975–1983) saamgevat is. Oor wat hom in dié tyd van inkerkering tot soveel kreatiwiteit geïnspireer het, het hy aan Willemien Brümmer vertel (Die Burger, 20 Maart 2010): “Voëltjies buitekant ... die wind daar bo ... stof wat inkom ... ’n stukkie gekleurde papier ... klanke – allerlei dinge. Dis wonderlik – dan kom ’n mens werklik agter hoe ryk is die wêreld.

“Skrywe was ’n soort van verlenging van ’n mens se sintuie. Jy het dit nodig om te kan verstaan waar jy is en wie jy is. As ek in daardie tyd ’n vry man was, sou ek waarskynlik nie so produktief gewees het nie.” (Hy haal die filosoof Jacques Derrida voor in sy jongste boek aan: “Our secret is in survival.”)

In ’n onderhoud met die Nederlandse koerant NRC Handelsblad in 1983 sê Breyten dat Afrikaans geen toekoms het nie en dat dit ’n taal vir grafstene geword het. Hy beweer onder meer dat Afrikaans ’n vernedering is vir swart en bruin mense en dat hulle nie langer in die taal belangstel nie.

Mense soos Jan Rabie, Richard van der Ross, Jakes Gerwel en Abraham de Vries stem egter nie met hom saam nie.

Breyten dink nie dat sy inhegtenisneming en sy tronkstraf heeltemal tevergeefs was nie. “Die spreekwoord sê watter sin het die lewe as jy nie ’n 'fool' van jouself kan maak nie. Dis ’n bevrydende besef wat langsamerhand tot my begin deurdring: jy het reg op jou foute."

Die ongedanste dans (1975–1983) is net die voorloper van nog vier digbundels en twee prosabundels wat by Taurus gepubliseer is. Die nuwe bundel, Eklips, is die derde in ’n reeks van vyf wat onder die gesamentlike titel Die ongedanste dans verskyn. Die eerste werk heet Buffalo Bill, die tweede Lewendood, die vierde Yk en die vyfde Die kus.

Na Breyten se vrylating laat Merwe Scholtz hom soos volg oor Breyten se werk uit: “[D]ie werk is ryk, vol verskeidenheid, byvoorbeeld prosa en poësie, en ek sou sê op die peil wat ’n mens van die digter verwag.”

In Januarie 1983 is Breyten in Den Haag om ’n spesiale literêre prys van die Jan Camper-stigting te ontvang. By die oorhandiging van die prys sê die burgemeester van Den Haag, Frans Scholls, dat Breyten die prys ontvang om sy vryheid te vier en sy digterskap te stimuleer, veral waar literatuur en weerstand op ’n oortuigende wyse ’n eenheid vorm. Breyten is ook die onderwerp van films soos die Duitse Prison mailbag X4 South Africa, a letter to Breyten Breytenbach wat in 1983 op Duitse televisie vertoon is en deur Jobst Grapow gemaak is.

En toe uiteindelik, in 1984, word die Hertzogprys vir poësie aan Breyten toegeken vir sy bundel Yk. Hy deel die prys met Henriette Grové – net soos die CNA-prys van 1983. Hy wys egter die prys van die hand, “nie omdat ek vasgegroei het aan die beeld wat deur sommige aangekleef word, dié van opstoker of provokateur of outsider nie. Aldus nie om vriende te behaag nie. Ook nie om kopie te verskaf aan joernaliste op vroetel na sensasie of erger – die Engelstaliges wat enige sogenaamde 'Afrikaner-afwykende' op opportunistiese wyse steun met die hoop om die Afrikaners as groep by te kom nie. Selfs nie (en ek dink ek is taamlik eerlik as ek so sê) vanweë ou letsels, ’n verwronge persoonlike geskiedenis, kleingeestigheid of omdat dit te laat is nie. Maar om die eenvoudige rede dat die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nog immer die bolwerk bly van die Afrikaner-establishment. [...] Indien ek die bekroning sou aanvaar, sou ek nie op my klein manier kon meehelp aan daadwerklike verandering nie, maar ’n illusie van soepelheid help verleen aan strukture en ’n stelsel wat eksklusief bly.”

Taurus publiseer in 1984 The true confessions of an albino terrorist. Dit is die eerste werk wat Breyten ná sy vrylating skryf. In sy resensie van die werk in Rapport skryf André Brink: “Dit is duidelik dat Breyten onwennig voel in Engels. Taalspel, wat vir hom in Afrikaans so spontaan gebeur, is hier meermale met ’n swaar hand aangepak. [...] Dit bly ’n nodige boek. Vir ons tyd en ons situasie ’n onontbeerlike boek. Maar openbaar dit dalk ook tekens van die bitter skade wat die tronk wél – aan die skeppende gees self – aangerig het?”

Breyten se aansien in die buiteland neem nie af nie. In 1984 ontvang hy ’n toekenning van die beweging vir sosiale menseregte en in 1985 die Pierpaolo Pasolini-prys, wat na die wêreldbekende Italiaanse digter en filmregisseur vernoem is. Breyten ontvang die prys vir die werk wat hy onder moeilike omstandighede gedoen het.

In April 1985 word hy genooi as gas van die Universiteit van Kalifornië, waar hy lesings lewer en uit sy boeke voorlees. Hy woon ook in 1985 die 48ste PEN-konferensie in New York by.

Yk wen in 1986 die eerste Rapport-prys – die derde bekroning vir dié bundel. Breyten en Yolande kom Suid-Afrika toe sodat hy die prys persoonlik in ontvangs kan neem. Dit is sy eerste besoek aan Suid-Afrika sedert hy in Desember 1982 uit die tronk vrygelaat is. Met die ontvangs van die prys sê hy dat ’n gedeelte van die prysgeld gebruik sal word “vir die saak van politieke gevangenes. Ek het teruggekom omdat ek my onherroeplik verbond het tot Afrika en omdat ek my vereenselwig met die stryd om die bevryding van Suid-Afrikaners.”

In 1987 speel Breyten, saam met Idasa, ‘n rol in die reël van die gesprekke tussen leiers van die ANC en 50 Suid-Afrikaners in Dakar in Senegal. Geld om die onkoste vir die missie te dek is deur onafhanklike stigtings in Europa en die VSA ingesamel. Frederik Van Zyl Slabbert lei die Suid-Afrikaanse missie en Danielle Mitterand, die Franse president se vrou, help Breyten om visums vir die groep te bekom, asook met die reisreëlings.

In dieselfde jaar doen Breyten en Yolande aansoek om ’n visum om Breyten se siek pa te besoek, maar dit word geweier weens Breyten se houding en gedrag teenoor Suid-Afrika, asook ander oorwegings.

In 1988 ken die Universiteit van Wes-Kaapland ’n eredoktorsgraad aan Breyten toe vir wat hy vir die Afrikaanse taal gedoen het.

In Julie 1989 woon Breyten die skrywersberaad by die Victoria-waterval by en lewer die slotreferaat oor ’n Suid-Afrikaanse letterkunde – in Engels. Sy Memories of snow and dust, wat in 1990 die Engelse CNA-prys sou wen, se Suid-Afrikaanse uitgawe is daar bekendgestel.

In Julie 1989 word ’n visum vir vier dae aan Breyten en Yolande toegestaan vir ’n besoek aan Breyten se pa, wat later, in Desember 1989, in die ouderdom van 85 jaar oorlede is. Visums word vir drie dae aan Breyten en Yolande toegestaan om die roudiens in Grahamstad by te woon, asook die seremonie in Hermanus, waar sy pa se as by sy ma se graf gestrooi is.

In Mei 1990 word Breyten as direkteur van Taurus-uitgewers aangestel, met sy hoofdoel om ondersoek in te stel na die moontlikheid om Afrika-letterkunde aan die Suid-Afrikaanse publiek bekend te stel.

In Augustus 1990 is Breyten en Yolande as gaste van SAAK (die Stellenbosse Aktuele Aangeleentheidskring) op besoek in Suid-Afrika, en voor ’n groot gehoor op Stellenbosch, tydens die slottoespraak by ’n driedaagse konferensie oor Die rol van die Afrikaner in die bou van ’n nuwe Suid-Afrika, kondig hy sy onttrekking aan die openbare lewe aan. Die titel van sy toespraak was "Fragmente van ’n groeiende gewaarwees". In Oktober 1990 lewer hy een van die hoofreferate by die Afrikaanse Skrywersgilde se beraad op Langebaan.

Die koerant New Nation bied, in samewerking met die Congress of South African Writers (COSAW), in Desember 1991 ’n landwye skrywerskonferensie in vyf streke aan. Breyten lewer die hooftoespraak, "Om by heerskappy verby te skryf". In sy toespraak sê hy dat uitgewers tien persent van die boeke wat hulle uitgee, gratis aan minder gegoedes beskikbaar behoort te stel. Van sy ander uitlatings is dat skrywers moet saamstaan; dat groot uitgewers en die media nie versiende genoeg is nie en dat hulle probeer behou wat hulle het, pleks van om ’n heeltemal nuwe rigting in te slaan en oplossings vir ’n nuwe situasie te help soek.

Hoewel Breyten se kunswerke veral in Europa baie bekend is en hy lank reeds uitstallings daar hou, word sy eerste kunsuitstalling eers in 1993 in Suid-Afrika in Kaapstad aangebied. Die titel is Painting the eye.

Hy ontvang ook in 1993 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van (KwaZulu-) Natal in Durban. Die motivering hiervoor is dat sy werk diep gewortel is in die sosiale en kulturele politiek van die tyd en dat sy statuur in en bydrae tot hierdie land nooit oorbeklemtoon kan word nie.

Gedurende Julie 1993 tree hy by die Wits Winterforum op en neem hy saam met Marthinus Versfeld, Frederik Van Zyl Slabbert en Neville Alexander aan die openingsbespreking deel. Daar sê hy: “Julle moenie skaam wees om te veg vir Afrikaans nie. Net omdat die Fascis in ons midde in die water gepis het, beteken dit nie ons mag nie meer die woord water in die mond neem nie. [...] Taal is die magiese vesel van minder- of meerderhede: taal is die spieël waarin jou asem ’n herkenbare gesig kry.” (Beeld, 17 Julie 1993)

Tydens ’n toespraak in November 1993 by Washington-universiteit in St Louis, Missouri in die VSA sê Breyten: “Sommige Suid-Afrikaanse skrywers glo hulle ruik die welriekende geure van die nuwe republiek van vrede, maar in werklikheid ruik hulle die geparfumeerde boude van politici op grawe na mag. Ons kan onsself net red deur die demokratiese instellings van ’n beskaafde gemeenskap te versterk deur die politici ferm te beperk tot hul rol as dienaars van die gemeenskap en om só hul natuurlike neiging teen te werk om op die arbeid van die samelewing te teer.” (Die Burger, 16 November 1993)

By die bekendstelling van Return to paradise (1993) in Washington maak hy die stelling dat hy nog steeds daaraan dink om die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op te blaas, omdat dit ’n “daad van openbare higiëne” sou wees. Return to Paradise is die laaste deel van die trilogie waarvan Seisoen in die paradys (1976) en The true confessions of an albino terrorist (1984) onderskeidelik die eerste en tweede dele is.

Die Internasionale Parlement van Skrywers verkies in November 1993 ’n Wêreldraad en ’n president. Sestig skrywers kom in Strasburg byeen en die Wêreldraad, bestaande uit Adonis, Pierre Bourdieu, Breyten Breytenbach, Jacques Derrida, Carlos Fuentes, Edouard Glissant en Toni Morrison, word aangewys. Die president vir twee jaar is Salman Rushdie. Hierdie parlement “exists to fight for oppressed writers and against all those who persecute them and their work, and to renew continually the declaration of independence without which writing is impossible; and not only writing, but dreaming; and not only dreaming, but thought; and not only thought, but liberty itself”.

In 1994 word Breyten genooi om die amptelike openingstoespraak by die 25ste Poetry International in Rotterdam, waarna 72 skrywers van oor die wêreld genooi is, te lewer. Die Nederlandse koningin Beatrix woon die opening by. Vir Breyten was die grootste eer egter toe een van sy versreëls op ’n aantal rommelstortwaens aangebring is – ROTEB, die munisipale rommeldiens, was een van die borge van die fees en was betrokke by die ”poëzie rijdt op straat”-program waarvan die tema was: “Jy leef asof jy onsterflik is.”

Intussen rol verdere internasionale en plaaslike eerbewyse in. In 1995 ontvang Breyten die Jacobus van Looy-prys van Aad Nuis, die Nederlandse onderminister van kultuur. Jacobus van Looy (1855–1930) was ’n Haarlemse skrywer en skilder en die prys word toegeken aan kunstenaars wat óók die skryf- en skilderkuns beoefen. Die oorhandiging van die prys val saam met die opening van ’n uitstalling van Breyten se werk in ’n deel van die beroemde Frans Halsmuseum in Haarlem.

In 1994 word Return to paradise bekroon met die Sunday Times/Alan Paton-toekenning vir niefiksie, en in 1996 ontvang Breytenbach die Helgaard Steyn-prys vir nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde. Hierdie prys word elke jaar om die beurt vir musiek, beeldhouwerk, skilderkuns en letterkunde toegeken.

In 1995 ontvang Breyten die 12de Malaparte-prys, wat jaarliks deur die Vriende van Capri toegeken word ter herdenking van die Italiaanse joernalis en skrywer en ter erkenning van die politieke betrokkenheid en die literêre prestasies van die ontvanger. Dit is ook bedoel om die werk van buitelandse skrywers aan die Italiaanse leserspubliek bekend te stel. Nadine Gordimer was in 1985 die ontvanger van hierdie prys.

In 1996, tydens die 27ste Internasionale Poësiefees in Rotterdam, is Breyten die onderwerp van die jaarlikse vertaalprojek wat deel is van Poetry International. In 1998 word hy deur die motorvervaardiger Volkswagen AG in Hannover, Duitsland, as ’n wêreldburger vereer.

In 1996 ontlok Breyten ’n nuwe debat oor Afrikaans, Afrikaners en saamstaan toe hy ’n taalstaat bepleit waarbinne Afrikaanstaliges se potensiaal ten volle ontwikkel kan word, asook ’n kultuur en praktyk van “skeppende verset”. In ’n lang artikel in Die Burger van 5 Oktober 1996 kritiseer hy die ANC se konsep van “nasiebou” en ’n “reënboognasie”. “Om te oorlewe en skeppend deel te wees van ’n groter geheel, sal Afrikaners met veel soepelheid moet kan saamwerk en baklei vir ’n eie verbeeldingsruimte. Vir die Afrikaner is taal skering en inslag van sy gemeenskaplikheid en hy moet veg vir die instandhouding daarvan.”

Breyten en ’n Seisoen in die paradys is in 1997 ook die onderwerp van etlike films – onder andere een in Engels wat deur die Sweed Richard Dindo geregisseer is en ook een in Frans. Hennie Serfontein doen die regie van ’n video, Breyten the artist, wat in 1997 op die rolprentprogram van die Grahamstadse kunstefees vertoon word. Die video is ook op SABC3 vertoon.

In 1997 verskyn Oorblyfsels: ’n roudig, ’n huldigingsbundel aan Daantjie Saayman, uitgewer van Buren-uitgewers, wat oorlede is. Saam met Papierblom, wat onder die skrywersnaam Jan Afrika verskyn, word die Hertzogprys in 1999 aan Breyten toegeken. Hierdie keer aanvaar hy dit: “Dis vyftien jaar later en ander omstandighede. Ou geskille het minder belangrik geword.” Tydens die oorhandiging van die prys sê Rena Pretorius dat Oorblyfsels ’n waardevolle bydrae tot Afrikaans se yl besit van elegiese gedigte lewer. Papierblom bied ’n kragtige demonstrasie van Breyten se unieke en waardevolle bydrae tot die Afrikaanse poësie.

Op die Demokratiese Alliansie (DA) se taalberaad in 1998 tree Breyten op saam met die leier van die DA, Tony Leon, en Neville Alexander, destydse voorsitter van Pansat. Breyten sê: “Suid-Afrikaners moet die reg op andersheid uitleef, insluitende hul reg om hul moedertaal op alle gebiede van die samelewing te gebruik, en weerstand te bied teen die geweldige druk om te konformeer.”

Tydens die KKNK van 1999 pleit hy vir die vestiging van ’n vrye Afrikaanse universiteit, want daar sal uiteindelik geen ruimte vir die ontwikkeling of vir die reeds verworwe ruimtes van Afrikaans aan die huidige universiteite wees nie. In dieselfde jaar praat hy by die ATKV se herfsskryfskool op Potchefstroom oor die Afrikaner as Afrikaan: “Enige aantasting of belemmering van die volle gebruik van jou moedertaal is ’n skending van daardie mensereg wat verseker dat jy ’n volwaardige en nuttige burger mag wees, selfs en veral in ’n meertalige gemeenskap.”

Breyten se veelbesproke toneelstuk Boklied se première vind in 1998 tydens die KKNK plaas en ontvang die De Kat-Herrieprys. Dit palm ook agt ENB Vita-Streekteatertoekennings vir 1997/1998 in – vir beste produksie, beste akteur (Dawid Minnaar), beste byspeler (Duma Mnembe), beste byspeelster (Antoinette Kellerman), beste nuweling (Emile Serfontein) en beste regisseur en stel-en-kostuumontwerp (albei Marthinus Basson) en beligting (Laddy Czerepowicz).

In 2000 word sy eerste toneelwerk in Engels, The life and times of Johnny Cockroach, tydens die Grahamstadse kunstefees onder die regie van Marthinus Basson opgevoer. Dit is ’n vervolg op Boklied. Breyten se toneelwerk bly omstrede en in 2001, tydens die opvoering van Die toneelstuk op die KKNK, loop die mense uit. Dit veroorsaak dat Breyten na die KKNK sê dat hy niks meer met die Afrikaner te doen wil hê of in die openbaar in Suid-Afrika gaan optree nie. Dit spruit waarskynlik uit ’n meningspeiling wat deur Die Burger gehou is en waar 80 persent van die respondente gemeen het dat Afrikaners hulle van Breyten moet distansieer. In ’n brief in Engels aan Die Burger skryf hy hy “[is] in geen omstandighede lid van u volk, of sou dit ooit wou wees nie” (Volksblad, 20 April 2001). Marthinus Basson, wat ook die regisseur van Johnny Cockroach en Die toneelstuk is, word by die KKNK van 2001 met die Baanbrekersprys vereer vir die grensverskuiwende werk as regisseur en ontwerper wat hy onder meer met BokliedEk, Anna van Wyk en Die Toneelstuk gedoen het.

By die bekendstelling van Papierblom in 1998 by die KKNK sê Breyten dat hy haastig is om dood te gaan. As iemand anders dit gesê het, sou dit dalk aan morbiditeit gegrens het, maar, skryf Stephanie Nieuwoudt (Beeld, 6 April 1998), ’n mens kan sien “dat hy vrede gemaak het met die onvermydelike”. Papierblom is opgedra aan sy dogter (hy noem haar D) en aan sy vrou en daarin is vir die eerste keer twee gedigte oor sy tienjarige dogter.
Hy het Papierblom onder sy skuilnaam Jan Afrika geskryf en daar is heelwat verse oor die dood daarin. Die titel kan ook verwys na iets wat verbygaan. Breyten verduidelik aan Nieuwoudt: “Papierblom is ’n goeie Afrikaanse woord vir bougainvillea. Met die bundel blom woorde op papier. En papier is iets wat tydelik is. Ons is ook vasgevang in ’n tydsgees waar ons besig is om ou illusies af te sterwe en waar dinge besig is om vinnig uitmekaar te val.”

Oor die skuilnaam Jan Afrika verduidelik hy: “Jan Afrika is ’n bergie, ’n swerwer. Iemand wat ontslae wil raak van die meulsteen van digterwees. Ek het die naam geskep sodat enige ander digter wat van die meulsteen ontslae wil raak, vry kan voel om die naam te gebruik. Enigiemand kan dit gebruik. Ek het Jan gekies want daar is niks so Afrikaans soos dié naam nie. En Afrika omdat daar niks so Afrika is as dié woord nie. Die Afrikaner kan nie pleit vir diversiteit as hy nie diversiteit in eie geledere kan aanvaar nie. Hy moet homself met al sy skubbe kan aanvaar. 'n Deel van my hart is Bram Fischer en die ander deel is Kobie Coetsee.”

Breyten se kunsuitstalling Woordwerk open in 1999. Dit is ’n geleentheid waar digter en skilder by mekaar uitkom in ’n eksistensiële gesprek met mekaar – ’n interaksie tussen beeld en woord. Breyten beaam dit teenoor Cobus van Bosch (Die Burger, 27 Februarie 1999): “Ek werk nou al vir ’n ruk met die vermenging van kuns en beeld, soos met my baniere – ek verkies eintlik die term 'lappe’. Dit is ’n geval van waar die gedig ’n skildery word en andersom.”

Vanaf Januarie 2000 is Breyten betrokke as gasprofessor aan die Universiteit van Wes-Kaapland se Fakulteit Geesteswetenskappe, asook by die Gorée-instituut in Dakar, Senegal en by die Universiteit van New York, waar hy klasgee in hulle kreatiewe skryfprogram. Op Gorée-eiland begin hy ’n multikulturele en multidissiplinêre projek saam met kunstenaars uit Denemarke, Senegal en Suid-Afrika. Hy is die uitvoerende direkteur van die Gorée-instituut en is in 2005 betrokke in ’n bitter stryd met Senegal oor die behoud van hierdie instituut. Vanaf 2004 is hy deur die vredesakademie van die Gorée-instituut betrokke by die vredesproses in Guinee-Bissau. Voor die verkiesing het die instituut begin met ’n proses van burgerlike opleiding en om politieke partye te leer "hoe om die spel te speel”. Buitelanders word gewerf om die opleiding te doen en as monitors op te tree. In 2007 open hy die ArtTerial-kongres op Gorée met die toespraak "Om Afrika te verbeel".

Breyten was ook in 2001 ’n bekende gesig op kykNET met die aanbieding van Ja-nee (poësie) waartydens hy met plaaslike akademici, digters en skrywers oor die digkuns gesels het.

In 2002 kondig hy aan dat hy voortaan sy gedigte aan net ’n klein en geslote groep mense gaan versprei. Ampie Coetzee, sy jare lange vriend, se reaksie was: “Laat die donders wat kritiseer, in hulle moer vlieg; en diegene wat gedigte verniet wil hê, ook. Die ding kom al baie ver en ek dink die mees ordentlike ding sal wees om die man uit te los. Vergeet van Breyten. Hy is in die hiernamaals, hy’s by Vader Zen” (Beeld, 18 September 2002).

In ’n artikel in Beeld van 21 September 2002 skryf Willie Burger oor Breyten: “Buiten Breytenbach is daar weinig ander digters wie se poësie dit regkry om deur die inkantering, die ritme, ’n nuwe groef in ’n mens se brein te sny wat ander denke moontlik maak. Die metafore in sy poësie is telkens só onthutsend, só verbysterend dat lesers telkens daardeur, soos deur die liefde, nie onveranderd gelaat kan word nie. Vir alles wat Breyten reeds geskryf het, vir die ander denkgroewe wat hy oopgemaak het en steeds oopmaak, is ek dankbaar. Dis ’n bydrae waarsonder die Afrikaanse letterkunde en Afrikaans baie armer sou wees. Sy werk en lewe sê ‘ons is nie almal so nie’. Poësie, veral Breyten se poësie, bedreig al van sy eerste bundel af die siekes. Kyk, hy is skadeloos, wees hom genadig.”

Daar kan nou ook op CD na Breyten se verse geluister word. CD-samestellings van sy getoonsette verse is aan die orde van die dag. Dit begin met Om te Breyten, waarop kunstenaars hulle gunstelinggedigte van Breyten toonset en uitvoer. In 2001 is dit opgevolg met Mondmusiek, waarop Breyten ’n al groter rol speel. Hy lees van sy gedigte voor met musiek van plaaslike musikante in die agtergrond. In 2002 volg Lady One, waarop hy Engelse gedigte voorlees. In 2002 word Lappesait by die KKNK opgevoer met Pedro Kruger en Eugenie Swanepoel wat van Breyten se getoonsette poësie sing. Laurinda Hofmeyr bring in 2008 Reis na die suide uit, waarop sy ook van Breyten se gedigte sing wat sy self getoonset het.

In 2005 wys Breyten nog ’n toekenning van die hand. Die nasionale minister van kuns en kultuur, Pallo Jordan, ken aan Breyten die toekenning van die Departement van Kuns en Kultuur vir sy lewenswerk toe, maar hy wys dit van die hand. Hy waardeer die welwillendheid van die paneel wat hom as kandidaat voorgestel het, maar sien nie sy weg oop om dit te aanvaar nie.

Breyten se Die windvanger, wat in 2008 verskyn, verower die Hertzogprys, die Universiteit van Johannesburg-prys vir Skeppende Skryfwerk, en die WA Hofmeyr-prys. In Maart is hy die gasspreker by ’n oop gesprek by die Universiteit van Wes-Kaapland wat deur die Departement Afrikaans gereël is. Hy aanvaar die Hertzogprys uit erkenning vir die goeie werk wat gedoen is en die werk wat nog gedoen moet word. Helize van Vuuren (Beeld, 1 Mei 2007) sê dat daar in Die windvanger ’n “psigiese tweespalt is tussen die afgelegde, afgeswore, gehate vaderland en die binding daarmee, die taalmedium. Die dood, die troebels van ouer word, die mens se onontkombare verganklikheid is die groot konstante tema.” Louise Viljoen (Die Burger, 16 April 2007) beskryf dit as ’n “lieflike, elegiese besinning oor die betekenis en waarde van digterskap”.

Volgens die UJ se nuusverklaring is Die windvanger “’n besondere bundel waarin die bekroonde digter, bekend vir sy verbysterende metafore, opnuut wys hoedat daar met taal getoor kan word. Sentraal in die bundel is die mens se ervaring van die verbygaan van dinge, van ons onvermoë om tyd te begryp. Breytenbach beoefen ‘gedigdink’ (’n woord wat hy self gebruik om na sy ‘woordtorinkies’ – gedigte – te verwys). Gedigdink is om taal en die kreatiewe moontlikhede wat metafore bied in te span om meer te ontdek van hoe ’n mens jou eie bestaan en ervaring van jouself en die wêreld kan bedink.”

In Februarie 2007 is Breyten se ouerhuis in Wellington, The Grevilleas, as die Breytenbach Sentrum geopen. Dit is gerestoureer en beoog om ’n veilige hawe te wees vir talentvolle kunssinniges wat nie andersins die geleentheid het om hulle kuns uit te leef nie – van plaasvroue tot jong skilders. Dit wil ook die middelpunt van die kultuurlewe van die streek wees. Een van die kunstenaars wie se werk in die sentrum uitgestal is, is Breyten se vrou Yolande, wie se kralekuns waarmee sy gevoelige en sensitiewe portretstudies maak.

In 2009, ter viering van Breyten se 70ste verjaardag, het die dorpie Hengelo in die noordooste van Nederland hulde aan hom gebring. Vir hierdie geleentheid is 14 nuwe Afrikaanse sonnette van Breyten op stadsmure en in stads­tuine aangebring. Ook is twee publikasies vir die geleentheid gedruk: Wandeling, ’n tabletgrootte-koerant, 10 000 eksemplare, met die Afrikaanse, handgeskrewe sonnette naas die Nederlandse vertaling. Dan is sy kunswerk ook in drie galerye uitgestal en al dié werk is in hardeband byeengebring in Breyten Breytenbach – Raakruimtes.

Die 14 sonnette wat spesiaal vir Hengelo geskryf is, is op yslike plakkate gedruk en op plekke op geboue in die stad wat duidelik te sien was, geplak. Die gedigte is ook op “sokkels”, pilare soos klein podiums, gelos. Dit was deel van ’n poësieroete wat gestap kon word. HS ten Berge, ’n Nederlandse digter, vertaler en wenner van die PC Hooft-prys, het ’n lesing gelewer oor Breyten se geskrewe werk. Hy het Breyten as “een uitzonderlijke verschijning” beskryf.

Maar, skryf Rachelle Greeff in Rapport (6 September 2009), dit was die poësiekonsert waaroor die Nederlanders in vervoering was. Saam met Breytenbach op die verhoog was Schalk Joubert, baskitaarspeler, die Nederlandse klawerbordspeler Jeroen van Vliet, en Charl-Pierre Naudé, Krijn-Peter Hesselink en Gert Vlok Nel. Die Nederlanders het Breyten se Engelse verse geniet, maar dit was toe hy sy Afrikaanse verse met sy bry-r van Bonnievale se wêreld af voorgelees het, dat die Nederlandse gehoor gaande geraak het.

Oor sy digwerk skryf Breyten self soos volg in Vermaak ea se Versreise (2004): “My eerste gedigte het ek seker teen die ouderdom van 15 geskryf. Dit was die ewige jare van my eerste kalwerliefdes. My hart was gebreek en sou nooit weer geheel word nie en die maan het soos ’n sekel in die lukwartboom gebot! Daarna het gevolg die ontginning van die gedig as ding, ’n objek [uit] eie reg wat langs vreemde paaie kan wandel; iets wat deur die krag van die woord, dws ook deur assosiasies van klank en ritme en deur die verwysings van metafore, ’n outonome werklikheid kan daarstel. Nog later het gekom die gedig as middel en oproep tot opstand. [...] [G]edigte skryf het nie net die begeerte om te skep (of te omskep) vir my verwoord nie, maar ook die behoefte om die wêreld om en in my sigbaar te maak en sodoende min of meer (en tydelik) te verstaan.”

In Sarie van 6 Februarie 2002 skryf Zandra Bezuidenhout oor sy digbundel Ysterkoei-blues: “Van die teerste jeugherinneringe aan sy plattelandse jeug en sy ouers, die haat-liefde-verhouding met sy vaderland, en Zen-verse, tot sy ervaringe in Frankryk en elders vind hier neerslag. [...] Maar dit bly die oorspronklike aanslag en die ongelooflik poëtiese verwerking van sy stof wat hierdie digter uniek maak. Sy werk bly ’n vonds – of ’n heerlike herontdekking.”

In 2013 het Breyten ‘n aandeel in die organisasie van die Dansende Digtersfees wat vir Mei op die Spier-landgoed buite Stellenbosch beplan word. Dit is ’n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue-kollektief, ’n vrywillige genootskap individue wat deur Breyten byeengeroep is om aan kultureel-kreatiewe projekte vorm te gee. Die genootskap is ’n verlengstuk van die Gorée-instituut in Senegal. Saam met Breyten, Antjie Krog, Petra Müller en Marlene van Niekerk tree daar nog sewe digters van lande soos China, Amerika, Suid-Korea, Duitsland, Nederland, Slowenië en Israel op. Die fees is die eerste vergestalting van ’n vennootskap met die bedoeling om vorentoe soortgelyke ruimtes van skepping en verbeelding te bevorder en te fasiliteer, hetsy literêr, maatskaplik of polities van aard.

’n Uitstalling van Breyten se kunswerke was deel van die Suidoosterfees van 2013. Die uitgestalde werke op papier, doek en as objekte is ingedeel in tien vingerverhale en elke “verhaal” het uit ’n aantal werke bestaan en behalwe die vyfde “verhaal” het hulle meer as een uitdrukkingsvorm oorvleuel.

Breyten glo in die Oosterse manier van kyk na betekenis. “Wat ons die metafisika van die oppervlak sou noem. Met ander woorde: ek is heeltemal nie geraak deur die idee dat jy iets kry wat dieper lê as waarna jy kyk nie. Dit is nogal een van die redes hoekom ek ábsoluut nie geneig is om ... [M]ense soek na betekenis; veral as hulle sien daar is iets wat narratief werk wat tot hulle spreek, maar hulle kry net nie die draad nie; hulle weet nie presies waarna dit verwys nie en hulle wil die storie hê,” verduidelik hy aan Murray la Vita (“Die vingerverhale van Breyten”).

“Uit die aard van die saak is dit byna vanselfsprekend dat die storie dan iets sal wees wat, ’n mens wil amper sê op ’n Van Wyk Louw-manier die ‘dieper draaiende donker’ onderbewussyn, die Jungiaanse of die Freudiaanse onderbewuste toelig. 

“Dis miskien trouens een van die redes hoekom ek so ’n hele ry broertjies dood het aan die sielkunde – omdat hy so by die hare bygesleep word. Ek dink dit bestaan in alle lewensfilosofieë en alle kulturele ervarings. ’n Mens tel dit baie op in die Oosterse manier van dink en doen en byvoorbeeld die manier waarop Afrika-gelowe hulle gode en hulle bose geeste besweer – ritualisties of deur die sjamanisme. Dit is alles maar net daarop gemik dat daar die onbeteuelbare en miskien dieper strominge is, maar dit beteken nog nie dat ’n mens dit kan reglementeer en daarvan ’n soort van leesboek maak nie.”

Breyten se pen het nie na sy 70ste verjaardag opgedroog nie en sedert 2008 verskyn oorblyfsel / voice over: op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj / the nomadic conversation with Mahmoud Darwish (2009); Notes from the Middle World: essays (2009); die beginsel van stof: (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge) (2011); en Katalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) (2012).

Vir oorblyfsel / voice over, waarin hy in gesprek tree met die geprese Persiese digter Magmoed Darwiesj, ontvang Breyten in 2010 die Mahmoed Darwiesj-stigting se inhuldigingsprys, asook die Max Jacob-prys, wat een van Frankryk se belangrikste literêre pryse is en vernoem is na Max Jacob, ’n Frans-Joodse skrywer en kunstenaar wat in 1944 in ’n Nazi-konsentrasiekamp gesterf het. Dit word sedert 1950 elke jaar aan twee digters toegeken. Breyten is vereer vir Outre Voix, die Franse vertaling van oorblyfsel.

oorblyfsel is ook met die Protea-prys vir die beste digbundel van 2010 bekroon. Breyten se bedankingstoespraak is by monde van sy uitgewer, Alida Potgieter, gelewer en daarin bepleit hy dat sy prysgeld in ’n fonds vir die aanmoediging van jonger digters gestort word.

Tydens die bekendstelling van die beginsel van stof het Breyten onder andere gesê dat ’n mens dinge opnoem omdat jy jouself wil herinner aan dit wat jy wil ­onthou of dit wat jy dink jy ken ... en jy word intens bewus van die onafhanklikheid van die medium van die taal self.

Oor sy ouers se mening oor sy kuns sê hy aan Murray la Vita (“Die vingerverhale van Breyten Breytenbach”): “My ouers het ’n baie gesónde omgang met kuns gehad. Ek het onder Lippy Lipschitz gewerk by Michaelis. Hy was ’n besonderse persoon gewees. Ek is nie van aanleg ’n beeldhouer nie, maar ek onthou ek het so ’n paar beelde gemaak en my ma het dit eenvoudig gebruik om die deur oop te hou of as deel van die blompotte.

“En net so met die skilderye. Ek onthou my ma het ... ek dink nog dit is een van die mees wonderlike estetiese uitsprake wat ’n mens kan maak: ‘Maar jy het mos nou genóég skilderye gemaak. Jy kan ’n hele kamer vol hang. Wat wil jy dan nog meer doen? Kan jy dan nou nie ernstig raak en begin karre regmaak of wat ook al nie?’

“Sy’t nou nie so gesê nie, maar ... Nee, hulle het ’n baie normale omgang gehad. Van die werklike ouer werke begin nou hier en daar opduik; van daardie periode trouens. Die enigste waarvan ek bewus is wat oorgebly het van die studentejare en wat waarskynlik by my ma agtergebly het, want ek het ’n soort van ’n werkkamer daar gehad in Grevilleas, en toe maar onder die familie verdwyn het. ’n Nefie het byvoorbeeld onlangs geskryf en gevra of hy een van die goed mag verkoop. 

“Dit is ’n selfportret van ’n ou wat vreeslik dramaties met so ’n soort van ’n rolnek donker trui aan staan en druiwe eet. ’n Mens kan amper sién waar dit vandaan kom – die soort van romantiese, Europese invloed. 

“Nee, ek dink hulle was bly om te sien dat ... maar hulle moes in hulle harte van harte gedink het dié man is totáál van sy kóp af. Hoe gaan hy ooit ’n lewe kan maak? 

“Maar ek het nooit gevoel daar is enige afkeer of kritiek nie; hoegenaamd nie, nie polities nie, nie literêr nie, dit was ’n soort van ’n onvoorwaardelike en byna ’n organiese solidariteit. My pa wat byvoorbeeld bedank uit die kerk net omdat die dominee ’n groot preek gaan afsteek het teen die Sestigers – dié soort van ding. Hy het dit nie eers gehoor nie; hy was aan die slaap in die ouderlingebank, maar toe die ander ouderlinge nou agterna met hom kom simpatiseer, toe bedank hy nét daar.”

Dit is vir Breyten ’n netelige saak om te besluit in watter taal hy gaan skryf, sê hy in Die Burger van 20 Maart 2010.

“Ek dink in Intieme Vreemde het ek geskryf ek het agtergekom ek droom soms byna soomloos in verskillende tale. Dis vreemd, maar as jy dikwels meer as een taal gebruik, val sommige beperkings in jou onderbewuste weg.

“Ek het met die wakker word van daardie frases neergeskryf, maar agtergekom dat daar drie of vier tale is wat soomloos by mekaar inskakel sonder enige grammatiese afbakening. Dis nogal moeite om die goed uitmekaar te hou!

“My werktaal, ook in Senegal, en huistaal is meesal Frans. Ek gee ’n deel van die jaar in Engels klas in skeppende skryfwerk by die New York-universiteit. Natuurlik skryf ek nog altyd in Afrikaans, gebruik Spaans groot dele van die jaar, en as dit nodig is, ’n bietjie Hollands en Duits. Maar my skryfwerk is in Afrikaans, Engels of Frans.

Intieme Vreemde en Notes from the Middle World is vreemde werke. Hulle is in Frans begin en toe in Hollands en Engels geskryf. Daar’s ’n omgang met filosofiese begrippe in Frankryk wat alledaags is. As jy soos ek self met daardie begrippe omgaan, is dit byna vanselfsprekend dat Frans homself aan die hand doen.

“Soms slaan ek nie genoeg ag daarop dat dit nie so maklik is om van daai begrippe af oor te beweeg na Afrikaans nie, waar ons meer ingestel is op die struktuur van die wêreld waarin ons beweeg. Ons is meer bewus van die natuur, klanke en geure – baie meer aards, met die humor wat daarmee saamgaan.

“Ek dink nie ek sou ooit die eerste skryf van ’n gedig in enige ander taal as Afrikaans kan doen nie. Jy gaan na ’n onderbewuste area. Daardie aanvoeling en wisselwerking met ritme, klank, kleur en tekstuur gebeur net in ’n mens se moedertaal.”

Oor Katalekte, wat in 2012 verskyn het, gesels Breyten met Willem de Vries (Die Burger, 8 November 2012) en sê hy dat dit aan die begin nie bedoel was as ’n derde bundel ná Die windvanger en Die beginsel van stof nie, maar “ek is bly die vormgewing (formaat, ­papier, lettertipe, invou-omslae en natuurlik ook die ­skilderye op die kafte – alles Alida Potgieter en haar span se toedoen, waarvoor ek dankbaar is en haar geluk mee wil wens) skep die indruk van ’n drieluik, met deurlopendheid. Dit bied ruimte vir veront­skuldiging. Of dit vir die ­inhoud ook geld, is vir die 25 lesers om te besluit. Katalekte beteken ‘versameling fragmente van ou dig- of prosastukke’.”

Breyten se volgende bundel is vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte  wat in 2014 by Human & Rousseau verskyn het. Dit is opgedra aan Breyten se uitgewer, Alida Potgieter van Human & Rousseau. Breyten vertel aan Willem de Vries in Die Burger van 28 Mei 2014 dat hy aan Alida eer wou bewys “omdat sy ’n verhouding tussen skrywer en uitgewer vergestalt wat nie meer bestaan nie, wat berus het op simpatieke, maar streng deeglikheid van haar kant en ’n aanvoeling vir die teks vanaf die eerste worp tot verby die finale produk, ’n stil manier om selfs die mees opgeblase knol of knorrigste genie se ballon te prik en dan die flardes te hanteer.” Vir hom is Alida ’n besonderse mens en uitgewer en hy dink nie daar is ander soos sy nie.

Breyten vertel aan De Vries dat aangesien Alida nou gaan aftree, dit ook die einde van sy verbintenis met Human & Rousseau beteken. “Ek het haar leer ken toe Kerneels Breytenbach nog in die uitgewerstoel gesit het. Alida was verantwoordelik vir die redigering en vormgewing, maar omdat sy so nederig is, het ek eers mettertyd besef dat die ferm hand aan die stuur eintlik hare is.”

Willem de Vries beskryf die laaste deel van die titel – die “eenbeendanser” en “werkruimte” – as ’n “pen se dans op papier, met die ink as spore van die choreografie”. En toe wou hy by Breyten weet of hy ’n verskil tref tussen kuber- en papierwerk

Waarop Breyten antwoord dat die begin van sy skryfwerk altyd eerste op papier is, die meeste kere in sakboekies, en “dan is dit ’n geneuk om te ontsyfer, verstaan, die kop van die stert te skei, vorm te gee, want daar is weinig chronologie en min sin, voordat dit op die skerm kom. En selfs daarna moet ek dit uitdruk om ’n gevoel vir die saamhang (indien enige), die geheel en die volgorde te kry.”

Daniel Hugo beskou Breyten as ’n “oorrompelende digter wat die leser meesleur met klank en beeld – in so ’n mate dat die ‘argument’ of ‘inhoud’ van ’n vers dikwels verduister raak. Maar dit is ’n gloeiende en boeiende duisternis.”

Breyten het aan Ingrid Woudstra op SLiPnet gesê dat hy nie intertekste gebruik nie, behalwe in die enkele geval met die nadig van ’n Auden September-vers. “Digwerk is nie vir my ’n intellektuele bedryf nie al is sommige woorde ook blerrie slim. Niks word weggesteek nie en jy het geen sleutel nodig nie. Maar aan die ander kant weet mens al hoe meer dat jy in gesprek is met soveel stemme van vroeër en miskien ook met enkeles van hierna. Hoe ouer jy word hoe meer besef jy dat niks enig en anders is nie – so daar is baie kopknikke na bekende of prikkelende gedagtes van die ander bome in die bos. Wat op papier kom, is dikwels ook die neerslag van leeswerk waarmee jy besig is. Iemand wat vir my ’n belangrike verwysing (alhoewel byna onbruikbaar) is, is Dogen. Hy word algemeen gesien as die stigter van die Soto Zen tradisie.”

Joan Hambidge skryf op haar blog: “Die lang titel vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte aktiveer ook die digter se werksaamheid as Pirogue-organiseerder vir die dansende digtersfees waar hy verskillende digters ’n ruimte gee, sowel nasionaal as internasionaal, en die komplekse aard van die digkuns transponeer van 'n eie taal na Engels en Frans, onder andere. Om te dig is om te ‘vertaal’, te transponeer, oor te dra, weer te gee: hetsy ’n indruk, ’n emosie, opstand, ideologie, wat ook al, na ’n konkrete gedig. Breytenbach was nog altyd meester van die konkrete, surrealistiese beeld. Vanaf die debuut in 1964 word die leser telkens getref deur die ongelooflike beelde wat lank na die lees 'n mens bybly. Of dit nou die maan wat soos 'n klip lyk of die besonderse vermoë om stilte te verwoord, bly gedigte trefseker en in die kol.”

In Die Burger van 8 Mei 2014 vra Willem de Vries aan Breyten of ’n mens kan praat van ’n instink van die verbeelding.

Breyten sê hy dink so. “Met die voorwaarde dat daardie verbeelding partykeer miskien onverstaanbaar is of ontoeganklik is, maar dis nie te sê nie. Dis een van die diepste waarhede wat nog ooit in Afrikaans gesê is: Dis nie te sê nie.

“Dit [die gedigte] is nie duister met die opset om dinge te verdoesel nie. Dit kan duister wees in die sin dat ’n mens kom tot op die rand van wat jy beskou, of die moontlike sêbare, en dan probeer jy dit maar net weergee. Dit het baie te doen met grense en dít waarteen die stilte spoel, en dít wat ­oorspoel in stilte of oorspoel in woorde miskien. Meer en meer, dink ek, voel ek aangetrokke tot die fragmentariese, tot die wegdoen van die pretensie dat ’n mens iets volledig eens en vir altyd kan sê.”

En daarna? wou De Vries weet. “Ek sou aanneem die voël gaan nie ophou sing omdat daar nie meer ’n gebied is wat hy ­probeer beset of wen of waarna hy iemand probeer lok nie – hy gaan nog altyd sing.”

In Desember 2014 het die Universiteit van Gent (UGent) in België ’n eredoktorsgraad aan Breyten Breytenbach toegeken. UGent is een van die grootste universiteite in Vlaandere, die Nederlandssprekende provinsie van België. Hulle ken eredoktorsgrade toe aan individue wat belangrike bydraes tot die gemeenskap lewer en as erkenning vir hulle uitmuntende prestasies.

UGent en Suid-Afrika het ook ’n geskiedenis van samewerking, en die universiteit het noue bande met universiteite in Suid-Afrika. Dit was dus luidens die universiteit se mediaverklaring ’n logiese stap om ’n eredoktorsgraad aan Breytenbach toe te ken.

Die verklaring het voorts gelui: "Both Breyten Breytenbach's paintings and his literary work thematize the vagabond existence, the outsider and the vagabond, oppression, death and decay, but also the morning light, movement, social criticism, pleading, imagination, Central World identity, consciousness and conscience.

"The literary work of Breytenbach has been translated into many languages and has been awarded several prizes and awards."

Breyten se volgende publikasie verskyn in 2015 onder die titel Parool/Parole en is ’n versameling van 19 van sy toesprake wat deur Francis Galloway saamgestel is.

In Vrouekeur (6 Januarie 2016) noem Willie Burger dat hierdie toesprake, of "ope briewe", tussen 1968 en 2015 gelewer is. Baie van die lesings is oorsee gelewer en is dus in Engels, hoewel die helfte in Afrikaans is.

"Uit die aard van toesprake wat in spesifieke omstandighede gelewer is (soos sy toespraak tydens sy eerste verhoor), kan ’n mens verwag dat daar ’n bepaalde tydsgebondenheid aan sommige van die toesprake bly kleef en dat hulle daarom nou al agterhaal sou wees. Wat ’n mens egter verstom, is hoedat elkeen van hierdie tekste oor hul spesifieke omstandighede van destyds uitstyg en telkens op verstommende manier insigte verwoord wat nou relevant is.

"Sommige van hierdie bydraes gaan spesifiek oor die letterkunde of die kunste, terwyl ander meer op sosiaal-politieke vraagstukke gefokus is. Watter tema Breytenbach egter ook aanroer, of dit oor Afrikaans, oor Afrika se toekoms, oor die aard en rol van kuns, oor die korrupsie van regerings of oor die gevolge van globalisering is, al sy uitlatings word telkens deur ’n baie spesifieke manier van denke oor die wêreld onderlê. Die wins van ’n bundel uitgesoekte toesprake soos hierdie is juis dat dit die leser die kans bied om te sien wat Breytenbach se denke deurgaans onderlê. Reg van die begin af staan die rol van die verbeelding, van kreatiwiteit, sentraal in sy denke. Aan die een kant is die klem op kreatiwiteit ’n hoogs individuele saak. Elke mens het telkens nodig om op ’n eie, unieke manier op sigself en die wêreld te reageer."

Op LitNet skryf Johann Rossouw in sy resensie: "Sommige romans stel die leser in staat om die verlede te herbeleef en anders te verstaan. Hierdie ander verstaan van die verlede deur die roman is nog merkwaardiger as die roman betrekking het op geskiedkundige gebeure wat die leser self beleef het.

"Breyten Breytenbach se versamelde toesprake, Parool/Parole, het hierdie soort effek op my gehad. Dit is enersyds ’n hoogs ontstellende leeservaring, omdat die leser teen wil en dank ’n aantal verskriklike geskiedkundige gebeure oor die afgelope anderhalfeeu waarvan Breytenbach getuie en dikwels akteur was, meemaak. Om byvoorbeeld te herbeleef hoe Afrikaans se grootste digter en die Afrikaners se morele gewete in ’n toespraak voor die hooggeregshof in November 1975 op die ouderdom van 36 jaar met ’n mengsel van bykans tasbare durf én vrees sy verset aan sowel die regter as die hof van die openbare mening verduidelik, is soos om gedwing te word om oor en oor ’n marteltoneel mee te maak. Parool/Parole is andersyds ’n hoogs besielende leeservaring, omdat dit getuig van die moontlikheid om altyd weer te verbeel en uitweë uit die donker, die onnoselheid en die geweld van ons tyd te soek.

"Dit word dikwels van Breytenbach gesê dat hy ’n hoogs ingewikkelde kunstenaar is, maar soos hierdie bundel bewys, is Breytenbach se werk eweneens klokhelder, danksy die konsekwentheid waarmee hy ’n aantal deurlopende temas oor die afgelope anderhalfeeu ontwikkel het. (...)

By die lees van die bundel het dit duidelik geword dat minstens twee sleutels nuttig is om die bundel te verstaan. Die eerste sleutel is bykans vanselfsprekend: omdat Breytenbach in hierdie tekste telkens op aktuele sake reageer, is dit telkens nodig om die konteks waarbinne hy die betrokke teks geskryf het, in gedagte te hou. Hiervoor is die nawoord wat die samesteller van die bundel, Francis Galloway, vanaf bl 193 verskaf, baie nuttig. Die leser wat haar oog telkens op die datum van ’n gegewe teks se ontstaan hou, sal makliker die deurlopende temas en hul ontwikkeling kan raaksien. Dus sal ek telkens hier onder ook verwys na die datums van aanhalings uit die tekste.

"Die tweede verstaansleutel is die kwessie van Breytenbach se reg om hom dwarsdeur sy volwasse lewe oor Suid-Afrika uit te spreek terwyl hy al sedert ongeveer sy 20ste jaar nie voltyds in die land woon nie – uitgesluit die sewe jaar wat hy tussen 1975 en 1982 in die destydse Pretoria Sentraal-gevangenis (nou Kgosi Mampuru-gevangenis) in Pretoria deurgebring het. Omdat Breytenbach telkens sy gehoor vreesloos uitdaag en tot morele verantwoording roep, is die beskuldiging deur sy opponente in Suid-Afrika dikwels teen hom ingebring dat hy weens sy meestal buitelandse verblyf die reg verbeur het om hom oor die land uit te spreek, onder meer omdat hy na bewering nie regtig meer weet wat in die land aangaan nie. By die lees van hierdie bundel is ek egter getref hoe Breytenbach ondanks sy buitelandse verblyf keer op keer sy vinger presies op die pols van die land had en steeds het. Myns insiens is dit danksy die feit dat hy ’n intense liefde vir die land het, asook ’n intense bemoeienis met die Afrikaners as sy mense, met vratte en al. Vanweë sy diepe verbintenis oor afstande heen het hy lewenslank meer betrokke by die land en by sy eie mense gebly as wat die geval is met baie mense wat voltyds in die land woon. Dit bewys dat die reg om jou oor die land en jou mense uit te spreek, nie in die eerste plek afhang van waar jy woon nie, maar van jou verbintenis en betrokkenheid. (...)

"As Sokrates ons leer dat die onbetragte lewe nie die moeite werd is om te leef nie, leer Breyten Breytenbach ons met die poëtiese droomtoesprake gebundel in Parool/Parole dat die grondig-deurleefde oortuiging die hoogste vorm van durf is – selfs, of miskien juis, ómdat ons feilbare dromers is."

Breyten se volgende digbundel verskyn in 2016 onder die titel die singende hand: versamelde gedigte 1984–2014. Willem de Vries (Die Burger, 4 April 2016) het met Breyten oor die versameling gesels.

De Vries wou weet watter indrukke die bundel by Breyten as nomadiese laat. Breyten se antwoord: "Uitgedryf in die oopte oor die wit bladsy en nêrens om weg te kruip nie. Daar kan nou nie meer getorring word aan die goed wat daar staan nie. ’n Bietjie ontsteld ook om te sien hoe vreeslik baie spore, dof of minder dof nagelaat is op die water vir ’n arme leser om te ontsyfer. Verlig, omdat dit nou afgehandel is – en gelate omdat alle siklusse so voltooi is. En dankbaar teenoor Nèlleke de Jager wat voorgestel het dat hierdie derde helfte van die versamelde poësie gebundel word, en veral teenoor Alida Potgieter wat met deeglike en simpatieke kundigheid gesorg het dat die kanne en kruike nie te veel stort aan boord van hierdie vlugtelingboot oorlaai met woorde nie."

Oor die titel verduidelik Breyten aan De Vries: "Henri Matisse, die Franse skilder, het by geleentheid verduidelik dat hy aanhou skilder tot die hand begin sing, sodat die hand mag sing. Die 'bewegende ekke', sodat die hand vry mag omgaan met die woorde."

Vir Louise Viljoen (Netwerk24, 2 Mei 2016) vertel hierdie bundel die geskiedenis van Breytenbach se digterlike lewe van 1984 tot 2014.

"’n Mens kan dit op verskillende maniere en om verskillende redes lees: Om ’n beeld van sy digterlike ontwikkeling te kry, om te begryp hoe hy dink oor die maak van poësie of om jou doodgewoon oor te gee aan die byna uitspattige weelde van klanke, metafore, digvorme, verwysings en idees. Tesame met die vorige twee versamelbundels, Ysterkoei-blues (1964 tot 1975) en Die ongedanste dans (1976 tot 1982), gee die singende hand nou vir die Afrikaanse leser in drie boeke toegang tot Breytenbach se formidabele oeuvre. Sy poësie is nog ’n manier – en miskien die mees klinkende – waarop hy die saak vir Afrikaans stel."

Op Versindaba vat Desmond Painter die singende hand as volg saam: "Die singende hand: Versamelde gedigte 1984–2014 protesteer van die intrapslag teen die parameters wat dit definieer: die eerste 78 bladsye se gedigte dateer van vóór 1984, maar is eers in 1990 in die bundel Soos die so gepubliseer. Hierdie derde deel, wat volg op Ysterkoei- blues: Versamelde gedigte 1964–1983 en Die ongedanste dans: Gevangenisgedigte 1975–1983, is die mees omvangryke van die drie bande. Breytenbach se produktiwiteit die afgelope dekade word onderstreep deur die feit dat meer as die helfte van die ongeveer 750 bladsye beslaan word deur gedigte wat die afgelope 10 jaar, sedert 2007, gepubliseer is. Dit is die bundels Die windvanger (2007), Oorblyfsel / Voice over (2009), Die beginsel van stof (2011) Katalekte (2012), Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte (2014), en Oorblyfsel (2014). Hierdie onlangse bundels, en tot ’n mate ook Papierblom (1998), is nog geredelik beskikbaar in die handel, en dit is dus die vroegste bundels wat hier opgeneem is, Soos die so (1990) en verál Nege landskappe van ons tye bemaak aan ʼn beminde (1993), wat dit veral die moeite werd maak om Die singende hand te koop.

"Die laasgenoemde bundel, Nege landskappe, is destyds deur die klein uitgewer Hond gepubliseer, met die gevolg dat dit ten spyte van goeie resensies relatief obskuur gebly het; ’n soort ondergrondse klassiek. Dit is myns insiens een van Breytenbach se mees oorrompelende bundels, en een van die werklik gróót digbundels in Afrikaans. Die enkelbundel behoort eintlik al lankal as heruitgawe beskikbaar te gewees het … maar nou ja, dit is nie hoe dinge in ’n klein literêre sisteem soos ons s’n werk nie; ten minste is hierdie belangrike werk nou weer vir ’n jonger generasie lesers beskikbaar. Die deurleefdheid en verweefdheid van die tematiese materiaal, die ambisie van die komposisie: dit is Breyten Breytenbach op sy heel beste. Nie eers Jan Blom of Jan Afrika sou hom dit kon nadoen nie.

"Elkeen van hierdie boeke sou op sy eie genoeg gewees het om Breyten Breytenbach as een van Afrikaans se grootste digter te vestig. Sáám is die drie bande een van die groot literêre monumente in Afrikaans: ’n halfeeu se poësie wat nie slegs die taal tot die uiterste ontgin het nie, maar etlike generasies lesers (en digters) se bewussyn en verbeelding beide esteties en polities verdiep en geïnternasionaliseer het soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer nie. Daar is gewoon niks in Afrikaans, in Suid-Afrika, dalk selfs in Afrika, wat naastenby met hierdie voortstuwende woordwerk vergelyk kan word nie.

 "Ten slotte, dus, ’n gedig waarin die digter verkeerd is. Of skaamteloos skimp vir komplimente soos in die paragraaf hierbo …

Die goëltoertjie

Dis nie waar dat ʼn ou man
nog poësie kan skryf nie –
iets is daarmee heen –
miskien die soepelheid om
soos ʼn vars versreël te buig
en jou eie skoenveters vas te kan maak
of die voortvarendheid
om kaalvuis ʼn verwronge metafoor
uit die hoed te pluk –
nog duiselig van die buk
sê jy dan die maan is ʼn gedagte
en die gedig al sedert jare
ʼn dooi oogverblinde haas.

En as daar iemand was wat gemeen het dat Breyten Breytenbach se muse hom in sy later jare gaan verlaat, kon hulle nie méér verkeerd gewees het nie. In sy 77ste jaar in 2016 verskyn daar ’n nuwe bundel uit sy pen, getiteld die na-dood: (die singende hand se oggendboek-herinneringe).

Willie Burger (Vrouekeur, 17 Junie 2016) raak buite weste opgewonde oor die na-dood. Toe hy die boek oopgeslaan het, het ’n "ongekende opwinding" oor hom gekom toe hy die opdrag lees: Behier my hart, behiér – en laat wat buite is bedaar. "Die tien woorde maak soveel gewaarwordinge wakker dat ek duisel en vir my hart wil sê om te bedaar. Want herinner ons onsself nie dikwels daaraan om die hart te laat bedaar nie? Maar Breytenbach skryf dat die hart moet 'behier'.

"Hierdie soort nuutskepping is kenmerkend van Breytenbach se hele oeuvre. (...) Die gedig is soos ’n dans, en deur die ritme, die beweging van die woorde, begin die leser om iets te ervaar wat tot dusver nie bestaan het nie. Die taal is net 'geleende' vere waarmee die digter speel en dan raak iets tussen die dooie woorde tóg lewendig en vlieg. (...)

"’n Sentrale tema in die bundel (soos in Breytenbach se oeuvre) is die dans. Om gedigte te lees, is soos om te dans, die woorde het hul eie kadans, hul ritme, en wanneer ’n mens dit lees en hoor, is dit ’n gebeurtenis. Soos ’n dans ’n gebeurtenis is wat ophou wanneer die musiek stil word, kom die ervaring van die gedig ook ten einde wanneer ’n mens klaar gelees het."

Tom Gouws sluit sy baie positiewe resensie op Versindaba as volg af: "'Hoekom het Breytenbach nog nie die Nobelprys vir Letterkunde gewen nie?' vra Rustum Kozain in ’n resensie (in Die Burger, 7 Maart 2011). Weliswaar het die Letterkundekommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2012 vir Breyten Breytenbach voorgedra as kandidaat vir die Nobelprys vir letterkunde, maar helaas sonder sukses. In 'naak in Benarés' (uit Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte) skryf Breytenbach met ’n grynslag en selfspot oor die moontlike ontvangs eendag van die Nobelprys vir letterkunde. Hy relativeer in die gedig die belangrikheid van literêre pryse (hier te lande het hy hom ook al daaroor uitgespreek).

"’n Mens sou veel kon sê oor die baie goeie redes waarom hierdie kunstenaar inderdaad van wêreldgehalte is, maar dit hoef nie uitgespel te word nie. Sy ontsagwekkende oeuvre, die wydheid van sy vertalings, maar ook sy statuur in die wêreldletterkunde, spreek vanself. Maar mag die klokhelder stem van hierdie jongste, klein en weerlose taaltjie dalk in hierdie gevaarlike tye waarin ons leef, opklink, die outentieke stem van ’n digterseun van Bonnievale se kontrei."

Alwyn Roux resenseer die na-dood op LitNet en sy slotsom is: "In die ses afdelings van die na-dood kom bekende leitmotiewe van Breytenbach se werk opnuut weer aan bod: die digterlike alter ego’s soos Jek, Bill en Woordvark, die parodieë van verse, sintuiglike waarneming van plekke, die nuwe wending van sy verjaarsdagverse, die in gesprek tree met intertekste. Dit is egter ook die belangrike uitsprake omtrent sy interne poëtika, sy innige gesprek met die leser, sowel as die verbluffende verstegniese aspekte van sy werk, wat Breyten Breytenbach se meesterskap bevestig.

 gaan gaan
oorkantoewer gaan
klaar oorkantoewer vergaan

o vreugde ontwaak."

In 2019, die jaar van Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag, verskyn twee nuwe bundels van hom op die rak. Behalwe die nuwe een, op weg na kû: ’n geboorte-memoriaan (vir woorde) hiermee opgemaak tot vermaak en bemaak aan Ene Nee-Een, verskyn daar ook ’n versamelbundel onder die titel Rooiborsduif: gedigte oor die liefde, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé.

Op Netwerk24 (3 Junie 2019) beskryf Louise Viljoen op weg na kû as "omvangryk en diepgrawend". "Dié bundel, gepubliseer in die jaar wat die digter 80 word, is ’n verdere bevestiging van die uitbarsting van digterlike kreatiwiteit in sy werk sedert 2007, met nie minder as ses bundels wat in die laaste twaalf jaar verskyn het nie.

"op weg na kû bou voort op die ryk verskeidenheid temas wat kenmerkend is van Breytenbach se oeuvre. In sy geval is daar nie soseer sprake van radikale vormlike en inhoudelike verskuiwings in opeenvolgende bundels nie, maar eerder van ’n steeds grondiger ontginning van dit wat hom reeds sedert sy debuut interesseer.

"Vanaf die verskyning van Die beginsel van stof in 2011 word die woordteks in sy bundels ook aangevul met afdrukke van skilderye, tekeninge, foto's en ander visuele beelde. Sy bundels word dus steeds meer verteenwoordigend van sy verbale én visuele kunstenaarskap, soveel so dat daar al gepraat word van 'kunstenaarsboeke' eerder as bundels. In op weg na kû word dit ook aangevul met ’n versameling notas aan die einde van die bundel sodat ’n mens ook die stem van die essayis en die denker in die bundel hoor."

Oor die bundeltitel sê Viljoen dat dit ’n baie duidelike wysing is dat daar ’n sterk aanwesigheid van die meditatiewe tradisie van die Boeddhisme in die bundel is. "Op die tweede mottoblad verskyn daar ’n aanhaling uit die hart-soetra, ’n versameling spreuke wat daagliks in Zen-kloosters geresiteer word. Dit verskaf ’n duidelike leidraad tot die titel: 'die vorm (shiki) is nie verskillend van die leeg (kû) / en léég is nie verskillend van vorm nie / shiki is kû, kû is shiki'.

"Die bundel gee dus ’n aanduiding van die digter se tog op pad na begrip van die leegte wat ook vorm is en hoe hierdie tradisie ’n mens help om om te gaan met jou pyn, verlange en vrees. Hierdie aanloop tot die bundel suggereer trouens dat ’n mens Breytenbach se ganse oeuvre sou kon lees as ’n soort inkantasie van die hart-soetra waarin leegheid met vorm versoen word.

"Dit is egter nie die enigste invalshoek tot interpretasie wat die bundel bied nie. Die leser word by herhaling aangespreek en eksplisiet medeverantwoordelik gemaak vir wat tydens die lees van die bundel gebeur. Juis daarom kan die leser ook die inisiatief neem om te besluit waar om die fokus te rig en watter aksente om te lê tydens die lees. (...)

"Daar is al meermale gesê dat poësie die ideale teenmiddel is vir die koorsagtige verbruikerskultuur (die bundel verwys ook na 'profytisme') waarin ons vasgevang is. Dit word in oormaat bewys deur hierdie bundel, wat nog een van die merkwaardige boustene in Breytenbach se oeuvre is: Dit is elegies, vreugdevol, kompleks, intens en formidabel. Die aandagtige lees daarvan sal die leser ryklik beloon."

Op Versindaba sluit Bernard Odendaal sy bespreking van op weg na kû só af: "Die sterflikheidsgegewe het, soos Hein Viljoen in sy Breytenbachprofiel (in Perspektief en profiel) aantoon, uit die staanspoor ’n sentrale plek in die digter se oeuvre beklee. Dwingender as in op weg na kû het dit egter nog nie gefigureer nie.

"Steeds het dit ’n verhewigde kreatiwiteitsdrif as reaksie by die digter tot gevolg. Alles word tot digkuns verwerk en omgewerk. Selfs motto’s word as digwerk aangebied, en waarin eie en ander se woorde moeilik ontwarbaar raak. Dieselfde geld die NOTAS wat agterin die bundel aangebied word, soms ter verklaring van aspekte van die gedigte waarvan hulle die nommers dra, maar heel dikwels as voortdigtings op daardie gedigte. ’n Web van aangehaalde en eggo-ende tekste, ook van eie skepping, en in meerdere tale, strek deur die bundel. Voeg hierby die vervaging van literêre genregrense, asook die deurspekking van die bundel met visuele kunswerke. Dis die héle Breyten Breytenbach, pseudonieme en al, foto’s van homself en sy vriende/geliefdes en al, woord- en beeldende kunswerke en al, wat die leegte voor ons oë vol kom dans.

"Dit geskied by wyse van ’n bundelstruktuur – soos eintlik die opset van sy hele oeuvre – wat as van transformerend-variërende, oftewel fugale aard bestempel kan word. (Hein Viljoen praat in sy profiel van Breytenbach van ’n 'swerfjoernaalagtigheid' in hierdie verband.) Een van die gedigte in die bundel (4.3.3) dra juis 'fuga' as titel. ’n Ander (7.8.3) heet 'cantus firmus' – ’n term wat dui op ’n musikale struktuur waarin ’n bepaalde melodie as basis dien vir ’n polifoniese komposisie. Die sterflikheidsgegewe is die 'cantus firmus' van hierdie bundel; die digkuns die polifoniese uit- én kontrawerking daarvan. Soos dit teen die einde van gedig 4.3.3 lui:

[…] gee […] toe
dat die dood ’n herrangskikking
van veranderende en so verskuiwende
(verganende) danspatrone
gaan uitstippel tot in die verskiet[.]

 "Om ’n omvangryke, diepsinnige digwerk soos hierdie bundel onder oë te neem, is geen geringe onderneming nie. Ek het in hierdie resensie maar net hier en daar kon krap in die vrugbare grond daarvan.

"Tog voel ek reeds ryklik beloon deur my poging. Aangevuur om steeds nuut te word teen die niet in; om op 'die lang sterwensgang na Kû, die koebaai' soos die groot Duitse skrywer Goethe te bly vra na 'Mehr Licht!', en te bly 'negeergenereer' (aanhalings uit gedig 8.3).

"Watter belewenis is hierdie bruisende sterflikheidsbundel nie."

Op haar blog, Woorde wat weeg, skryf Joan Hambidge die volgende oor op weg na kû: "Daar is lettervlesse en beelde wat die leser laat duisel. Die intieme leser word ’n liesleser en dus ’n geliefde. Daar is woordspeletjies, rymers, ’n leë gedig, foto's, reisbeskrywings en woordoorloopsels. En metaforismes. Die metafoor as die ewige proses van metamorfose is immers waaroor hierdie digkuns handel.

"Hoewel die gedig as ’n waan gesien word, maak hy ook ’n aanklag oor die toekoms van Afrikaans in hierdie bundel en hoe universiteite die taal, gesalpeter in hierdie land soos hy dit klinkend stel, verminder:

wanneer jy die moedertong
 in my mond laat verdor
neem jy die wêreld weg
verduister jy my geheue
maak jy dat ek as vreemdeling
en sonder ’n eie paar skoene
die toekoms moet ondergaan

(118: 6.9)

"Want vir ’n digter is die skryfproses intiem en verbonde aan ’n moedertaal met sy 'mondmaniere'. Anders word die digter ’n gefuikte papegaai wat gewoon pik-pik in ’n nabootsing.

"Van die mooiste liefdesgedigte is deur hom geskryf en sy enorme bydrae as digter val nie te betwyfel nie. My gunstelinge: Die ysterkoei moet sweet (1964), Lotus (1970), Voetskrif (1976), 'Yk' (1983), Papierblom (1998), Die beginsel van stof (2011). En hy is ’n digter van wie ek ten minste tien gedigte uit die hart uit kan opsê.

"Of hy surrealisties dig of ’n fantasmagoriese lykdig skryf oor sy moeder of ’n aanklag oor ongeregtigheid, is sy stem onbetwisbaar, herkenbaar: BB. Breyten Breytenbach word tereg beskou as een van die grootste lewende digters in Afrikaans." 

Oor Rooiborsduif skryf die uitgewers in hulle inligtingstuk: "’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is ’n voëlvlug oor ’n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniëring staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos.

"Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.

"Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is."

In 2017 ontvang Breyten Breytenbach die gesogte Zbigniew Herbert Internasionale Literêre toekenning. Die drie beoordelaars was Yuri Andrukhovych, Michael Kruger en Jarosław Mikołajewski.

Andrukhovych het gesê behalwe dat Breyten Breytenbach ’n uitstaande digter in die huidige tyd is, hy ook ’n lewendige en sterk persoonlikheid het. Hy was ’n voorvegter, en is dit steeds, vir menslike waardigheid, veral teen apartheid en sy "tradisies" – nie net met sy skryfwerk nie, maar ook deur sy dade. Hy verteenwoordig Afrikaans, ’n taal wat in gevaar staan om stadig maar seker te verdwyn. Hy brei sy lewe uit en skryf poësie as weerstand teen onderdrukking.

Ook Michael Kruger meen dat as digter, skrywer, skilder en aktivis Breyten Breytenbach sonder twyfel die mees talentvolle en mees produktiewe digter in die letterkunde van "White-Africa" is. Sy reisboeke oor Suid-Afrika ná apartheid bied ’n duidelike en oortuigende beeld van die probleme wat nog nie opgelos is nie: die botsing tussen die mentaliteit van die swart en wit bevolkingsgroepe.

In sy poësie, wat gevul is met beeltnisse en linguistiese uitvindsels, gee hy uitdrukking aan die gevoelens van ’n empatiese moderne man wanneer hy gekonfronteer word deur die argaïese kultuur van die mense saam met wie hy lewe. Hy word beskou as een van die uitstaande digters én skilders van die moderne wêreld.

Jarosław Mikołajewski (Herbert-stigting-webwerf) het die volgende oor Breytenbach te sê gehad: "Breyten Breytenbach is a remarkable poet and a remarkable human being. What distinguishes his poems is their moral tension, its range, and dynamism of the imagination. The quality of his humanity – zero tolerance of violence, discrimination, inequalities; a Herbert-like imperative not only to recount, but also to stand with the weak. His human qualities brought earned him admiration, brotherhood, and seven years in prison for his uncompromising stand in a good cause. Today, his poetic qualities bring him the Zbigniew Herbert Award.

"In his poetry, Breytenbach engages the full richness of the worlds inhabited by man: of love, attachment to the land, recognizing each other by our response to others. He is a poet born in the South African town of Bonnievale, writing in Afrikaans and English (somewhere between these languages, in the fissure that represents what is best in both), painter and interpreter of love, landscape, fate and brotherhood – experienced in joy.

"Breyten Breytenbach is a poet – a sensual sage, opening before us a volume of dizzying, passionate Logos, with a sense of humility and purpose, unyielding curiosity of other people, the world, and what they mean, these inanimate and sentient inhabitants."

In November 2018 is ’n uitstalling van meer as 30 van Breytenbach se kunswerke by die Stevenson-galery in Woodstock in Kaapstad gehou onder die titel The 81 ways of letting go a late self. Dit was sy eerste solo-uitstalling in ’n kommersiële galery in Suid-Afrika.

Sy eerste kunsuitstalling was in die 1960's in Amsterdam en hierdie een in Kaapstad was die uiteinde van ’n gesprek tussen Breyten en die mededirekteur van die Stevenson-galery, Joost Bosland. Bosland het vertel dat Breyten teenoor hom erken het dat hy skilder bo skryf verkies omdat dit meer ontspannend is.

Publikasies:

Publikasie

Die ysterkoei moet sweet

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1967
  • 1972
  • 1974
  • 1983

ISBN

0628000650 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1965 APB-prys saam met Katastrofes

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Roodt, PH: Die ek-spreker in die ysterkoei moet sweet deur Breyten Breytenbach: https://repository.up.ac.za

 

Publikasie

Katastrofes

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1981

ISBN

0798111445 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

1965 APB-prys saam met Die ysterkoei moet sweet

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die huis van die dowe

Publikasiedatum

  • 1967
  • 1974
  • 1982

ISBN

  • 0798103884 (hb)
  • 0798112743 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

  • 1967 CNA-prys
  • 1968 Reina Prinsen Geerling-prijs voor Zuid-Afrika

Vertalings

Nederlands 1976

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Kouevuur

Publikasiedatum

  • 1969
  • 1973
  • 1981

ISBN

0620052910 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Buren
  • Johannesburg: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1969 CNA-prys

Vertalings

1976 Frans vertaal deur G-M Lory

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lotus (onder die skuilnaam Jan Blom)

Publikasiedatum

  • 1970
  • 1981
  • 1987

ISBN

0620052929 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Buren
  • Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

  • 1970 CNA-prys
  • 1972 Lucy B en CW van der Hoogt-prijs

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Oorblyfsels uit die pelgrim se reis na die tydelike

Publikasiedatum

1970

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Buren

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Om te vlieg: ’n opstel in vyf ledemate en ’n ode

Publikasiedatum

1971

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Buren

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Skryt, om ’n sinkende skip blou te verf: verse en tekeninge

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Amsterdam: Meulenhoff

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 1977 Engels vertaal deur A Brink, R Leigh-Loohuizen en D Hirson
  • 1983 Nederlands vertaal deur A van Dis

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met ander woorde: vrugte van die boom van stilte

Publikasiedatum

1973

ISBN

0869630075 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Buren

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

1977 Nederlands (Nederlandse titel: Met andere woorden: gedichten 1970–1975)

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

De boom achter de maan: verhalen

Publikasiedatum

1974

ISBN

9060122232 (sb)

Uitgewer

Amsterdam: Van Gennep

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Vertaal uit Afrikaans deur Adriaan van Dis en Jan Louter – hoofsaaklik uit Katastrofes

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Seisoen in die paradys

Publikasiedatum

1976

ISBN

 

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 1980, 1985 Engels vertaal deur Rike Vaughan
  • 1983 Duits vertaal deur Arnold Blumer
  • 1984 Nederlands vertaal deur A van Dis en H Ester
  • 1986 Frans vertaal deur Jean Guiloineau
  • 1986 Sweeds vertaal deur G Peterson

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Voetskrif

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628009445 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1977 Perskorprys

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Blomskryf: uit die gedigte van Breyten Breytenbach en Jan Blom

Publikasiedatum

1977

ISBN

0620023880 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Kreuz des Südens Schwarzer Brand: Gedichte und Prosa Saamgestel deur Pieter Zandee

Publikasiedatum

1977

ISBN

3803100895 (hb)

Uitgewer

Berlin: Klaus Wagenbach

Literêre vorm

  • Poësie
  • Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

In Duits vertaal uit Afrikaans en Nederlands deur Rosi Bussink

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

And death white as words: an anthology of poetry of Breyten Breytenbach

Publikasiedatum

1978

ISBN

9780860360919 (hb)

Uitgewer

  • Londen: Collings
  • Kaapstad: David Philip

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Vertaal uit Afrikaans deur verskeie vertalers

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In Africa even the flies are happy: Selected poems 1964–1977

Publikasiedatum

1978

ISBN

0714536962 (sb)

Uitgewer

Londen: John Calder

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Vertaal deur Denis Hirson

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die miernes swel op; Ja die fox-terrier kry ’n weekend en ander byna vergete katastrofes en fragmente uit ’n ou manuskrip

Publikasiedatum

1980

ISBN

062046996 (hb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vingermaan: tekeningen uit Pretoria (Met ’n bydrae van oa Lucebert)

Publikasiedatum

1980

ISBN

(sb)

Uitgewer

Amsterdam: Meulenhoff

Literêre vorm

Kuns

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

(‘yk’): die vierde bundel van die ongedanste dans

Publikasiedatum

  • 1983
  • 1984

ISBN

0620068590 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

  • 1983 CNA-prys
  • 1984 Hertzogprys (Geweier)
  • 1986 Rapport-prys

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eklips: die derde bundel van die ongedanste dans

Publikasiedatum

  • 1983
  • 1984

ISBN

  • 0620065915 (sb)
  • 9029018135 (sb)

Uitgewer

  • Emmarentia: Taurus
  • Amsterdam: Meulenhoff

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Mouroir: bespieëlde notas van ’n roman

Publikasiedatum

1983

ISBN

0620068582 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 1983 Frans vertaal deur Jean Guiloineau
  • 1984, 1985, 1994 Engels (Londen en New York)
  • 1985 Deens vertaal deur Lars Bonnevie
  • 1985 Nederlands vertaal deur G de Blaauw
  • 1986 Baskies vertaal deur Felipe Juaristi
  • 1987, 1989 Duits vertaal deur U Wiltmann

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

  • Kellman, Steven G: Mouroir by Breyten Breytenbach: review

 

Publikasie

Buffalo Bill – panem et circenses; ’n binne met oneindig veel buite gelap: die tweede bundel van die ongedanste dans

Publikasiedatum

1984

ISBN

0620072204 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Notes of bird

Publikasiedatum

1984

ISBN

9029018860 (sb)

Uitgewer

Amsterdam: Galerie Espace; Meulenhoff (Verskyn met die uitstalling van Breytenbach se skilderye by Galerie Espace)

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The true confessions of an Albino terrorist

Publikasiedatum

1984

ISBN

  • 0571133932 (hb)
  • 05711361138 (sb)
  • 0620075104 (sb)

Uitgewer

  • Londen: Faber & Faber
  • Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 1984 Deens vertaal deur Mogens Boisen
  • 1984 Duits vertaal deur D Haug & S Oberlies
  • 1984 Frans vertaal deur Jean Guiloineau
  • 1984 Nederlands vertaal deur G de Blaauw en A van Dis
  • 1985 Portugees (Brasilië) vertaal deur MP Fereira
  • 1985 Sweeds vertaal deur T Preis
  • 1986 Spaans vertaal deur JF Felta
  • 1987 Portugees vertaal deur W Ramos
  • 1989 Italiaans vertaal deur Maria Teresa Carbone

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lewendood – kantlynkarteling by ’n digbundel: die eerste bundel van die ongedanste dans

Publikasiedatum

1985

ISBN

0620077212 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

End papers: esssays, letters, articles of faith, workbook notes

Publikasiedatum

1986

ISBN

0571139442 (hb)

Uitgewer

Londen: Faber & Faber

Literêre vorm

Prenteboeke

Pryse toegeken

Prosa

Vertalings

  • 1986 Duits vertaal deur M Müller as Schlussakte Südafrika
  • 1986 Nederlands vertaal deur G de Blaauw en M Polman as De andere kant van de vrijheid
  • 1986 Frans vertaal deur Jean Guiloineau

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Boek. Deel een: dryfpunt

Publikasiedatum

1987

ISBN

0947046097 (sb)

Uitgewer

Emmarentia: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Judas Eye and Self-portrait/Deathwatch

Publikasiedatum

1988

ISBN

0571151221 (hb)

Uitgewer

Londen: Faber & Faber

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Vertaal deur outeur en Denis Hirson

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Memory of snow and dust

Publikasiedatum

1989

ISBN

0947046194 (sb)

Uitgewer

Bramley: Taurus

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

1989 CNA-prys (Engels)

Vertalings

1989 Frans vertaal deur Jean Guiloineau

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Soos die so

Publikasiedatum

1990

ISBN

0947046313 (sb)

Uitgewer

Bramley: Taurus

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

All one horse: fictions and images

Publikasiedatum

  • 1990
  • 2008

ISBN

  • 0947046240 (sb)
  • 9780979333071 (sb)

Uitgewer

  • Bramley: Taurus
  • New York: Archipelago Books

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

1990 Frans vertaal deur Jean Guiloineau

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hart-lam (’n leerboek)

Publikasiedatum

1991

ISBN

0947046402 (sb)

Uitgewer

Bramley: Taurus

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Painting the eye: compiled for his first one-man exhibition in South Africa

Publikasiedatum

1993

ISBN

0864862709 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: David Philip

Literêre vorm

Kuns

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde

Publikasiedatum

  • 1993

ISBN

0620176253 (sb)

Uitgewer

  • Groenkloof: Hond
  • Somerset-Wes: Intaka

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1996 Helgaard Steyn-prys

Vertalings

1995 Nederlands vertaal deur A van Dis

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Return to paradise

Publikasiedatum

1993

ISBN

0864862563 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: David Philip

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

1994 Sunday Times / Alan Paton-prys vir niefiksie

Vertalings

1993 Nederlands vertaal deur Mea Flothuis

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Plakboek: Moving on: verjaarde reisverse vir Hiang Lien

Publikasiedatum

1994

ISBN

1874969051 (sb)

Uitgewer

Groenkloof: Hond

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Uit de eerste hand: schilderijen, tekeningen en essays

Publikasiedatum

1995

ISBN

9789029050302 (sb)

Uitgewer

Frans Hals Museum

Literêre vorm

Kuns

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die hand vol vere: ’n bloemlesing van die poësie van Breyten Breytenbach . Saamgestel deur Ampie Coetzee

Publikasiedatum

1995

ISBN

079813397X (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The memory of birds in times of revolution

Publikasiedatum

1996

ISBN

0798135026 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vertaalproject Breyten Breytenbach: 27e Poetry International 1996

Publikasiedatum

1996

ISBN

(sb)

Uitgewer

Rotterdam: Stichting Poetry International

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Oorblysels: ’n roudig: ter herinnering aan Daantjie Saayman (onder skuilnaam Jan Blom)

Publikasiedatum

1997

ISBN

0798137037 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1999 Hertzogprys saam met Papierblom

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Papierblom (72 gedigte uit ’n swerfjoernaal)

Publikasiedatum

1998

ISBN

0798138173 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

1999 Hertzogprys saam met Oorblyfsels

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Boklied: ’n vermaaklikheid in drie bedrywe

Publikasiedatum

1998

ISBN

0798138381 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

1998 De Kat-Herrieprys by KKNK

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dog heart: a travel memoir

Publikasiedatum

1998

ISBN

0798138564 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Reissketse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

1999 Nederlands vertaal deur Ellen Beek

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Woordwerk (die kantskryfjoernaal van ’n swerwer)

Publikasiedatum

1999

ISBN

0798139420 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lady One (99 liefdesgedigte)

Publikasiedatum

2000

ISBN

0798140127 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • Nederlands
  • Engels

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ysterkoei-blues: versamelde gedigte (1964–1975)

Publikasiedatum

2001

ISBN

0798141875 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die toneelstuk (’n belydenis in twee bedrywe)

Publikasiedatum

2001

ISBN

0798141743 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die ongedanste dans: gevangenisgedigte, 1975–1983

Publikasiedatum

2005

ISBN

0798144025 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 1987 Nederlands vertaal deur L Vancrevel
  • 1987 Frans vertaal deur G-M Lory

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die windvanger

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780798147507 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

  • 2008 Hertzogprys
  • 2008 Universiteit van Johannesburg-prys vir Skeppende Skryfwerk
  • 2008 WA Hofmeyr-prys

Vertalings

2007 Engels

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

A veil of footsteps (memoir of a nomadic fictional character)

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780798149273 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Oorblyfsel / Voice over: Op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj / A nomadic conversation with Mahmoud Darwish

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780798150712 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Brooklyn, NY: Archipelago Books

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

  • Magmoed Darwiesj-stigting se ­inhuldigingsprys 2010
  • Max Jacob-prys 2010
  • Protea-prys vir beste digbundel 2010

 

Vertalings

2009 Frans vertaal deur Georges-Marie Lory

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Notes from the Middle World

Publikasiedatum

2009

ISBN

9781931859912 (sb)

Uitgewer

  • Chicago, IL: Haymarket Books

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

  • 2009 Frans vertaal deur Jean Guiloineau
  • 2010 Nederlands vertaal deur KP Hesselink

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

die beginsel van stof

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780798152211 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Katalekte. Artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780798157926 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vyf-en-veertig skemeraandsange

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780798166461 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Parool: versamelde toesprake / Parole: collected speeches. Saamgestel deur Francis Galloway

Publikasiedatum

2015

ISBN

9781770229181 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Penguin Random House

Literêre vorm

Toesprake

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die singende hand: versamelde gedigte 1984–2014

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780798172134 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 2017 vertaal deur Laurens van Krevelen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

die na-dood: (die singende hand se oggendboek-herinneringe)

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780798172462 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

op weg na kû: ’n geboorte-memoriaan (vir woorde) hiermee opgemaak tot vermaak en bemaak aan Ene Nee-Een

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780798178624 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Rooiborsduif: gedigte oor die liefde. Saamgestel deur Charl-Pierre Naudé

Publikasiedatum

2019

ISBN

978798178761 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Breyten Breytenbach as vertaler

  • Acker, Helen: Die skooltrein. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970
  • Gifford, Griselda: Die geheim van die houtbene. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1968
  • Shakespeare, William: Titus Andronicus. Kaapstad: Buren, 1970

Breyten Breytenbach as redakteur

Imagine Africa. Island Position, Gorée Institute, 2011

Boeke oor Breyten Breytenbach

  • Coetzee, AJ, redakteur : Woorde teen die wolke. Vir Breyten. Emmarentia: Taurus, 1980 [ISBN 9789000050048 (hb)]
  • Coullie, JudithLütge en Jacobs, JU, redakteurs: aka Breyten Breytenbach: Critical appraoches to his writings and paintings. Amsterdam: Rodopi, 2004
  • Ferreira, Jeanette: Breyten, die simbool daar. Kaapstad: Saayman & Weber, 1985 [ISBN 9780797100220 (hb)]
  • Galloway, Francis: Breyten Breytenbach as openbare figuur. Pretoria: HAUM-Literêr, 1990 [ISBN 9780798627054 (sb)]
  • Galloway, Francis, redakteur: Breyten Breytenbach: woordenaar woordnar – 'n huldiging. Pretoria: Protea Boekhuis, 2019 
  • Jolly, Rosemary J: Colonization, violence, and narration in white South African writing: André Brink, Breyten Breytenbach and JM Coetze Athene: Ohio University Press / Johannesburg: Witwatersrand University Press, 1996 [ISBN 9780821411315 (sb)]
  • Saayman, Sandra: Breyten Breytenbach. A monologue in two voices. Johannesburg: Fourthwall Books, 2013 [ISBN 978-0-987-0429-41 (pbk)]
  • Carolin, Andy: Breyten Breytenbach, A monologue in two voices 
  • Sassen, Robyn: Oh. For more meat on these bones 
  • Viljoen, Louise: Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach. Stellenbosch: SunMedia, 2014 [ISBN 9781920338831 (sb)]
  • Van Vuuren, Helize: Resensie: Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach 
  • Vitackova, Martina: Review
  •  

Artikels oor Breyten Breytenbach beskikbaar op die internet

 

Artikels deur Breyten Breytenbach beskikbaar op die internet

 

The life and times of Johnny Cockroach: Besprekings

Die lys van vertalings kan onvolledig wees. Daar is ’n wye verskeidenheid biografiese artikels beskikbaar op die internet (te veel om hier te lys).

Baie dankie aan Francis Galloway, wat goedgunstiglik gehelp het om die lys van publikasies op datum te bring.
 

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Bygewerk: 16/09/2019

The post Breyten Breytenbach (1939–) appeared first on LitNet.

Viewing all 1430 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>