Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1430 articles
Browse latest View live

PEN Afrikaans: Taalgenoot Somer 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

TG-Somer-2016_omslagDaar is in die afgelope paar weke ernstig gemurmureer en gedebatteer oor die stand van Afrikaanse resensiekunde. Die skade wat ’n negatiewe resensie kan aanrig omdat daar deesdae minder resensies per nuwe Afrikaanse boek verskyn, is weer eens uitgewys en uit verskeie oorde betreur.

In hierdie lig is dit dan ’n besonderse plesier om ’n ruim porsie boek- en boekverwante joernalistiek vir jou aan te stuur met die komplimente van die kwartaallikse tydskrif Taalgenoot. Aangesien hierdie tydskrif tans slegs vir ATKV-lede en intekenaars beskikbaar is en hul boekeblaaie dus nie algemeen op die rak of  internet verkrygbaar is nie, het Donnay Torr, die redakteur van Taalgenoot, in oorleg met die bestuur van PEN Afrikaans gemeen dit sou gaaf wees om dié inhoud wat relevant vir lesers, leeskringe en skrywers is op PEN Afrikaans se webportaal beskikbaar te stel.

Jy kan hieronder die volgende resensies en artikels uit die Somer 2016-uitgawe van Taalgenoot in PDF-formaat aflaai:


In die Oppirak-afdeling vind jy resensies van Die onbekende Van Gogh deur Chris Schoeman, Bloed op haar hande – vroue agter tralies deur Carla van der Spuy, Brandwaterkom deur Alexander Strachan, Hartstories: huis toe met ’n ligter tred deur Amore Bekker, Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe, Vandat jy weg is deur Santie van der Merwe, Die dag van die Lord deur Johan Kruger, Kroeskop vol geraas (CD) deur Churchil Naudé, Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer, Tussen heinings deur Corlia Fourie, Boomkastele: ’n sprokie vir ’n stadsmens deur Schalk Schoombie, Skrik op die lyf saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard, Woestynroos deur Vita du Preez, en Vlakwater deur Ingrid Winterbach. Hierdie afdeling sluit ook ’n artikel oor die boekfees-hoogtepunte van die Stellenbosch Woordfees 2016 in.

pdf-png



’n Artikel oor klassieke metamorfoses en die rol van transformasie in die letterkunde deur Schalk Schoombie.

pdf-png


tronk
’n Artikel oor tronktaal deur Carryn-Ann Nel

pdf-png



Onderhoude met die volgende wenners van ATKV-Woordveertjies vir kinder- en jeugboeke: Rykie Roux, Jaco Jacobs, Maja Sereda, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen

pdf-png


 (LW: Die bogenoemde inhoud kom uit Taalgenoot se Somer 2016-uitgawe. Die kompetisies en pryse waarvan melding gemaak word, is dus reeds verby.)

Vir soortgelyke inhoud uit die Herfs 2015-uitgawe van Taalgenoot, klik hier.
 
Die bestuur van PEN Afrikaans is baie opgewonde oor ons samewerking met Taalgenoot. Mag hierdie skryfwerk oor die Afrikaanse woordkuns en die letterkunde al ons lesers en skrywers tot allerhande nuwe woordwerk inspireer.

Lekker lees en skryf
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

Wil jy meer inligting oor Taalgenoot hê, inteken of dalk vir die tydskrif skryf?
Lees dan hier verder:

Vir meer as 83 jaar lank al vertel Taalgenoot (TG) die stories wat die vry- en volkleurwêreld van Afrikaans laat tiek. Ons strewe na besonderse werk, nie middelmatigheid nie, ons moedig verandering, vernuwing en kritiese denke aan. As amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die ATKV, neem ons jou op ’n reis deur al die verskillende fasette van Afrikaanswees: die kunste, leefstyl en gemeenskappe wat ons besonderse kultuur kenmerk. TG spreek tot jonk en oud, tot kreatiewes en konserwatiewes. Dit is eenvoudig dié tydskrif vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.

 “In die lewe bestaan ’n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te egter die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ’n goeie dosis van wat hulle behoort te wil hê." –  Piet Cillié, Afrikaanse koerantredakteur en professor in joernalistiek, uit Eet jou rape eerste, 1980

Wil jy vir Taalgenoot skryf?
Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Donnay Torr: donnayt@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot
Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af:
www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.
Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die doen-dit-self-drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

The post PEN Afrikaans: Taalgenoot Somer 2016 appeared first on LitNet.


’n Strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing en die implikasies vir universiteite in Suid-Afrika

$
0
0

Vir sommige politieke ontleders was 2015 ’n politieke waterskeidingsjaar. My oortuiging is egter dat 2016/7 ’n verdere hoogtepunt kan beteken en groter perspektief gaan verleen aan dit waarna Harold Macmillan destyds na verwys het as die uitspeel van die winde van verandering. Tans sien ons die uitspeel van ’n kompleks dinamiese politieke omgewing met kenmerke soos institusionele en politieke verval, ekonomiese en finansiële uitdagings, uiters hoë vlakke van politieke mobilisasie, ’n rekonfigurasie van die politieke spektrum, arbeidsonstabiliteit, korrupsie, skandale en nepotisme, asook ’n postkoloniale dinamika.

Onlangse uitsprake oor die stand van die Suid-Afrikaanse politiek sluit in:

  • “I can predict when South Africa’s ‘Tunisia Day’ will arrive.” – Moeletsi Mbeki
  • “Ticking time bomb waiting to explode.” – Zwelinzima Vavi
  • “Cry the beloved country” – The Economist
  • “South Africa can either have an ANC government or it can have a modern industrial economy. It cannot have both.” – RW Johnson.

Die postkoloniale dinamika met #Rhodesmustfall en #Feesmustfall het letterlik die relatiewe stabiliteit en kontinuïteit binne die universiteitsomgewings drasties versteur met verreikende implikasies vir die universiteitswese in Suid-Afrika. In die besonder is Afrikaanse universiteite geraak deur hierdie ontwikkeling en word daar tans wyd oor die toekoms van hierdie “Afrikaanse oorblyfsels” besin. Die toekoms van die universiteitswese in die algemeen (en ook Afrikaanse instellings in die besonder) kan egter slegs verstaan word wanneer die groter Suid-Afrikaanse politieke omgewing in perspektief geplaas word. Dit is dan ook die sentrale doelstelling van hierdie aanbieding.

Die groter politieke omgewing staan tans in ’n fase van dinamiese ekwilibrium (telkens disekwilibrium) en kan tans  voorgehou word as ’n vorm van “punctuation”, oftewel gebroke ekwilibrium. “Punctuations are unpredictable. They constitute unexpected breaks in the pattern; deviations from the norm. Punctuations are, by nature, abnormal events in history” (Human 1998:14). Hierdie verwysing is tans tegelyk van toepassing op die groter wêreldpolitiek, die Suid-Afrikaanse politiek en ook die universiteitswese in Suid-Afrika. Hierdie patroon van “onderbroke ekwilibrium” word gekenmerk aan die herdefiniëring van spelreëls of ’n behoefte hieraan (soos van toepassing op die spesifieke konteks); vloeibaarheid, dinamika en onvoorspelbaarheid; die verval van bestaande institusionele raamwerke; patrone van konflik, geweld en onstabiliteit; en ’n herbesinning oor waardes, norme en die geskiedenis. Die uitkoms van so ’n veranderingsproses beteken dikwels die herdefiniëring van ’n nuwe ekwilibrium en veronderstel ’n nuwe balans van kragte en magte binne ’n geïdentifiseerde konteks.

Bostaande kan as vertrekpunt geneem word vir die verstaan van die makrodinamika binne die Suid-Afrikaanse politieke konteks met verreikende implikasies vir onder meer  die universiteitswese in Suid-Afrika.

Daar is veral vier groot klusters (kontekste) van verandering wat tans die politieke omgewing in Suid-Afrika na ’n sogenaamde kantelpunt (“tipping point”) kan neem. Skematies kan hierdie makrodinamika soos volg voorgestel word (vergelyk Duvenhage 2014):

duvenhage

’n Kort beskrywing van elkeen van hierdie kontekste is noodsaaklik vir die groter argumentasielyn.

Partypolitieke dinamika

Belangrike veranderinge was op ’n regeringsfront sigbaar wat interessant genoeg heelwat ooreenkomste vertoon met dié van bevrydingsbewegings wat omtrent 20 jaar (na dekolonisasie) binne ’n Afrikakonteks aan bewind is. Hieronder tel sake soos eenpartydominansie; verlies aan politieke steun oor die langer termyn; hoë vlakke van politieke apatie; die vervlegting van die domeine van die staat, party (dikwels bevrydingsbeweging) en die regime; die radikalisering van beleid (soos wat in Zimbabwe die geval was); en eskalerende konflikte binne die regerende alliansie (soms na verwys as ’n “broad church”). (Vergelyk ook Duvenhage 2014a vir meer besonderhede oor bogenoemde.)

Ten opsigte van die regerende elite is dit dikwels die vervanging van politieke leierskap (veral die sogenaamde sterk manne van die politiek) wat tot patrone van politieke onstabiliteit kan aanleiding gee. Demokratiese verkiesings wat ’n bedreiging inhou vir die heersende elite dra heel dikwels tot konflik by, soos wat onlangs in verskeie Afrikastate waargeneem is, waaronder Kenia, Burundi en Lesotho.

Bostaande beskrywing kan bykans onveranderd vandag op die ANC-regering in Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Met toenemende steunverliese onder veral die stedelike middelklas is die regerende ANC al hoe meer aangewese op landelike steun. Dit is interessant dat die landelike aard van die ANC toenemend gereflekteer word in lidmaatskapgetalle en dat die grootste opposisie teen die regering dikwels vanuit die stedelike middelklas kom, byvoorbeeld die Kaapse skiereiland, Gauteng en die Nelson Mandela-metropool. Die ANC lyk tans baie kwesbaar in sommige stedelike omgewings kort voor die uiters belangrike plaaslike verkiesings later vanjaar. Dit is nogal ironies dat Johnson (2015:135–7) verwys na “the ANC: party of the Bantustans” om die tradisionele identiteit wat die party deesdae ontwikkel te beklemtoon. Johnson (2015:56) beklemtoon dan ook die tradisionalisering van die ANC met die volgende stelling: "The Zuma system resembled a medieval state in which the king or mafia don was owed fealty by might barons who paid him tribute and gave him political and military support if needed. Within their own baronies, the barons were almost absolute rulers, exacting tribute from those beneath them and exercising powers of patronage over lower-level appointments."

Wat die groter politieke spektrum betref, is groot rekonfigurasies tans aan die orde, waaronder nuwe politieke akteurs, byvoorbeeld die EFF en die te stigte Werkersparty, terwyl partye soos die DA en die VF+ hul meer na die sentrum posisioneer met eersgenoemde na die linkerkant van die sentrum.

Dit is veral die linkerkant van die politieke spektrum wat by verre die grootse steunbasisse het wat aantreklik is vir politieke partye, maar ook ’n reuse-uitdaging bied vir die regerende ANC. Die uitkoms hiervan is heel dikwels meer radikale politiek en ’n ANC-regering wat toenemend kwesbaar voel en homself na links herposisioneer. ’n Meer radikale politieke aanslag is dikwels die uitkoms van hierdie politieke kompetisie, wat ook bydraend kan wees tot konflik en geweld. (Dink byvoorbeeld aan Colin Maine, die ANC-jeugleier, se onlangse dreigement teenoor die EFF dat ’n burgeroorlog moontlik kan wees.)

Hierdie omgewing(konteks) is tans uiters dinamies en onvoorspelbaar en ’n verlies aan politieke mag by die regerende elite is ’n faktor wat die totale politieke omgewing ernstig kan destabiliseer.

Sosiale dinamika

Oor die laaste sowat 20 jaar het die Suid-Afrikaanse demografie drasties verander. Nie net is die bevolking bykans twee maal meer as tydens die laaste jare van die vorige bewind nie, maar is ’n groot persentasie verstedelik of in die proses om te verstedelik. Verder het Suid-Afrika tans meer onwettige immigrante as die totale wit-Afrikaner-bevolking. Veranderende demografie beteken ’n nuwe omgewing met nuwe eise en verwagtinge wat polities geakkommodeer moet word. Patrone van armoede, werkloosheid, xenofobie en vigilantisme hou verband met veranderende demografiese patrone en skep omgewings waar konflik, geweld en onstabiliteit soms endemies geword het. Voeg hierby die diep verdeelde aard van die Suid-Afrikaanse samelewing in terme van ras, klas en kultuur en enige scenario-ontleder sal kan aandui dat die politieke omgewing vorentoe net meer polities onstabiel kan raak (vergelyk Cronjé 2014:1–17). Met sosiale kohesie wat tans ernstig verbrokkel (en ook die grondslag verskaf vir die huidige rasdebat) wil dit al hoe meer voorkom of die era van die reënboognasie onherroeplik tot die verlede behoort.

Demografiese veranderinge lê ten grondslag van patrone van eskalerende politieke onstabiliteit, waarvan diensleweringsproteste, #Feesmustfall-mobilisasies, arbeidsonstabiliteit en xenofobie belangrike simptome is. Hierdie omgewing dra uit eie reg by tot dit wat vroeër as ’n gebroke ekwilibrium voorgehou is.

Die polities-ekonomiese konteks

Een van die groot suksesverhale van die periode na 1994 was juis die hoë vlakke van ekonomiese groei van die middel- en laat negentigerjare, en dan veral die periode tussen 2004 en 2007. Hierdie groeitrajek het egter sedert 2008/9 drasties begin verander, met ’n ekonomiese groeikoers wat vir 2016 onder 1% geprojekteer word. Dit staan in skrille kontras met die steeds eskalerende politieke verwagtinge wat veral aan die linkerkant van die politieke spektrum waarneembaar is. (Cronjé 2014:1 verwys hierna as “the curse of rising expectations”.)

Kortom, die ekonomie presteer tans op so ’n lae vlak dat net die handhawing van die status quo al moeilik verseker kan word – om nie eens te praat van die akkommodering van eskalerende verwagtinge nie.

Die krisis manifesteer op verskeie terreine, waaronder eskalerende staatskuld; die inploffing van die mynbedryf en gepaardgaande werksverliese; arbeidsonstabiliteit en die demper wat dit plaas op ekonomiese groei en investering; die verslegtende wisselkoers; die krisis in die vervaardigingsektor en ’n onvermoë van die staats- en semistaatsinstellings om dienste te lewer soos veronderstel word. (Vergelyk Johnson 2015:146–74 vir besonderhede oor hierdie ekonomiese en finansiële uitdagings.)

Voeg hierby die landwye droogte en die impak hiervan op boerdery in die algemeen en die prentjie word nog meer ongunstig.

Hierbenewens is meer radikale beleidsrigtings (met as fokus eiendomsbesit en versnelde grondhervorming wat reeds deur die parlement aanvaar of in die pyplyn is) allermins ’n gunstige omgewing vir investering (binnelands en buitelands). Dit impliseer op sy beurt weer ’n lae plafon vir ekonomiese groei. In hierdie verband eggo die woorde van die ANC-veteraan Ben Turok as hy dit stel dat “It is consistent with revolutionary theory that people are inspired to struggle when their living standards improve”juis dit wat ook in Suid-Afrika oor die laaste sowat 20 jaar gebeur het. Hoë verwagtinge versus lae groei in ’n omgewing van staatkundige verval (soos wat tans die geval is) is bykans die perfekte omgewing vir politieke onstabiliteit en selfs revolusie.

’n Ekonomie wat letterlik op bykans elke terrein agteruit boer, maar wat buitensporige politieke verwagtinge moet akkommodeer is ’n resep vir konflik, geweld en politieke onstabiliteit.

Die staatkundige konteks

Verskeie indekse, waaronder die Failed State Index, Rainbow Index en Mo Ibrahim Index met ’n regeerkundige verwysing, beklemtoon die tendens van staatsverswakking of onderprestasie ten opsigte van geselekteerde kategorieë. Die bevinding van Greffrath in sy PhD-studie (2014:338–64) is dat staatkundige agteruitgang en verval wel aan die orde is in Suid-Afrika. Met staatsverswakking word bedoel ’n gebrek aan die nodige vermoë en ’n onvermoë om kernbesigheid suksesvol uit te voer. ’n Tendens van institusionele en politieke verval is wyd waarneembaar en bykans endemies aan die groter politieke stelsel of regime. Voorbeelde in hierdie verband is die stand van sake ten opsigte van plaaslike regering, waar diensleweringsproteste die hoogte ingeskiet het as gevolg van ’n onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer. Wat tans aan die orde is by byvoorbeeld die Poskantoor, Eskom, SAL en Transnet (om net enkele voorbeelde te noem), is verdere getuienis in hierdie verband. Johnson (2015:169) verwys selfs na die “criminalisation of the state” as die uiterste waartoe politieke en staatkundige verval reeds ontwikkel het.

Groot kommer bestaan tans oor of ons nuwe demokrasie besig is om suksesvol te konsolideer en of ons onvermydelik die weg gaan loop wat so prominent aanwesig was by talle Afrikastate in die periode sedert dekolonisasie. Die politieke omgewing is tans nie bevorderlik vir die suksesvolle konsolidasie van demokratiese waardes nie, maar sake soos ’n vrye media (tans nog sonder die voorgestelde mediatribunaal) en die oppergesag van die reg (die konstitusionele hof en Nkandla) laat die hoop nie heeltemal vervaag nie. (Vergelyk Duvenhage 2014a vir vooruitsigte ten opsigte van demokratiese konsolidasie in Suid-Afrika.) ’n Kommerwekkende tendens en uitkoms van eskalerende politieke onstabiliteit is wel die sekurokratisering van die staat wat toenemend sigbaar word soos wat politieke leiers se mag en statusposisie bedreig word.1

Die groter staatkundige omgewing word gekenmerk aan patrone van politieke en institusionele verval wat groot uitdagings stel ten opsigte van noodsaaklike dienslewering en die konsolidasie van demokratiese waardes. In ’n politieke omgewing wat toenemend onstabiel raak, is die sekurokratisering van die staat deesdae ’n gevestigde patroon.

Huidige toestande binne die groter politieke omgewing in Suid-Afrika beklemtoon Huntington (1965:416) se beskrywing van ’n pretoriaanse samelewing, “a society which lacks law, authority and discipline and consensus, where private interests dominate public ones, where there is an absence of civic duty, where in short political institutions are weak and social forces strong”.

Uit die voorgaande beredenering is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse politieke omgewing tans in ’n fase van gebroke ekwilibrium verkeer wat ’n herdefiniëring van spelreëls noodsaaklik maak en waarin weer besin moet word oor kernwaardes en -norme en die wyses waarop dit polities, ekonomies en sosiaal toepassing moet vind. ’n Nuwe stelselekwilibrium (soms na verwys as ’n opvolgskikking of ’n sosiale en ekonomiese Kodesa), waarin die magte en kragte binne die veranderende omgewing ’n nuwe ewewig moet vind, is tans uiters noodsaaklik. Johnson (2015:246) argumenteer in hierdie konteks dat “somewhere out ahead of us lies a regime change towards a form of governance which is closer to South Africa’s underlying realities.”

Maar wat beteken bostaande vir die universiteitswese in Suid-Afrika?

Universiteite in ’n veranderende politieke omgewing

Uit die voorgaande argumentasie behoort dit duidelik te wees dat ook universiteite binne hierdie veranderende omgewing hulself strategies sal moet herposisioneer en poog om binne ’n omgewing van dinamiese ekwilibrium hul voortbestaan te probeer waarborg (vergelyk ook Duvenhage 2015:22–6). Universiteite in Suid-Afrika word toenemend die verlengstuk van die groter politieke regime en weerspieël die politieke, ekonomiese en sosiale omstandighede van die groter samelewing. Universiteite kan en sal nooit weer eilande of ivoortorings wees binne die raamwerk van die groter samelewing nie. Die onstabiliteit op kampusse dwarsoor die land (gedurende 2015) is ’n bewys tot watter mate die politieke omgewing regstreeks ’n impak op die universiteitsomgewings het.

Ooreenkomstig regeringsbeleid en -doelstellings is die getransformeerde universiteit belyn met die politieke ideologie van transformasie; moet die sosiale demografie op alle vlakke van die groter samelewing reflekteer word; is universiteite bemagtigend en ondersteunend ten opsigte van die groter samelewing; is hulle eentalig Engels; en het hulle aanspraak op regerings- en staatsondersteuning (Duvenhage 2015:23–5). Die normatiewe raamwerk (nie gelyk aan die implementering hiervan nie) beklemtoon staatsgefinansierde hoër onderwys wat op alle vlakke (bestuur/akademici/studente/kurrikulum) demografies getransformeer is, en in diens van die samelewing en by implikasie die staat en regeringsideologie is; wat toegang vir almal bewerkstellig en bemagtigend en ondersteunend ten opsigte van alle vlakke van menswees is. Die postkoloniale konteks moet telkens verreken word met ’n sterk Afrikagerigte akademiese benadering en moet afsien van koloniale praktyke, filosofieë en teorieë. Die universiteit moet dus funksioneer binne ’n bevryde omgewing met ’n nuwe stel akademiese waardes, norme en prioriteite, ’n nuwe kliëntekorps, onderrig deur nuwe leermeesters en met navorsingsuitsette wat die belang van die onmiddellike samelewing vooropstel. Vandaar die politieke krete van “#Rhodes must fall” en “#Fees must fall” om uitdrukking aan bogenoemde te gee.

Universiteitsomgewings en -praktyke wat nie met bogenoemde raamwerk verbind kan word nie (en wat met die vorige politieke bedeling geassosieer word), moet op ’n intervensionistiese wyse verander word. Die werkswyse om hierdie verandering te bewerkstellig is dikwels ’n vorm van staats-/regerings- of ’n ander soort politieke ingryping, byvoorbeeld via die vakbonde of veiligheidsinstellings. Transformasieagente soos byvoorbeeld Open Stellenbosch en Reform Puk word gestig om progressiewe verandering te bewerkstellig. Druk vanaf die politieke meesters, ondersoekkommissies of finansiële beperkings is verdere voorbeelde van agente/inisiatiewe om versnelde (lees transformatiewe) verandering te bevorder. Vorme van politieke mobilisering deur byvoorbeeld studente-organisasies soos Sasco en ander om die klimaat vir transformatiewe verandering te bevorder, is ook telkens aan die orde. Insidente soos die Reitz4, Nazi-salute, verskeie rasvoorvalle en “black-facing”is telkens in die verlede aangewend om transformatiewe verandering te bewerkstellig of die noodsaak daarvoor op die voorgrond te stel. Hierdie normatiewe raamwerk en gepaardgaande strategieë (transformasie van universiteite) en die politieke toepassing hiervan, plaas tans groot beperkings op die outonomie van universiteite, hul finansiële volhoubaarheid, akademiese gehalte en ook veeltalige hoër onderwys. (’n Interessante aspek van die eksterne ingrypings is dat dit op die voetsoolvlak telkens ’n omgekeerde uitkoms gebring het, naamlik dat regeringsondersteunde organisasies soos Sasco dikwels hul politieke mag op kampusvlak moes prysgee vir ander konkurrente soos wat die geval was by verskeie universiteite en kampusse oor die laaste aantal jare.)

Die omgewing soos hier bo uiteengesit laat min, indien enige, beweegruimte vir staatsondersteunde Afrikaanse universiteite.

Afrikaanse universiteite – Quo vadis?

Bostaande omgewingsverkenning bevestig dat weinig (indien enige) ruimte vir ’n Afrikaanse universiteit tans polities gesproke en in terme van beleidstoepassing bestaan. Dit word geassosieer met die vorige bewind, apartheidspraktyke en selfs rassisme. In die huidige politieke omgewing, waar simboliek al hoe belangriker word, verteenwoordig Afrikaansgeoriënteerde instellings omgekeerde simboliek wat in alle opsigte getransformeer moet word. Dus, politieke (lees transformatiewe) norme word in alle opsigte vooropgestel.

Die probleem is egter dat hierdie transformatiewe norme soms in konflik staan met die wese van dit waarvoor akademiese instellings moet staan, onder meer akademiese prestasie en gehalte. Bogenoemde politieke omgewing definieer die grootste bedreiging vir universiteite in die algemeen en Afrikanerinstellings in die besonder sedert die ontstaan van hierdie instellings. Hierdie bedreiging kan voorgehou word as ’n kombinasie van politieke, ekonomiese en sosiale faktore (soos vroeër ontleed) wat transformatief en beleidsmatig verander moet word om politieke eerder as akademiese agendas te bevorder. In dié verband staan ANC-beheer en demografiese verteenwoordigendheid sentraal en skep ’n bykans revolusionêre omgewing (’n uitkoms van die nasionaal-demokratiese-revolusie-idee) waarbinne universitêre verandering moet plaasvind.

Dit is wel my oordeel dat daar tans selfs binne die raamwerk van demografiese verteenwoordigendheid en ’n uiters onsimpatieke politieke omgewing ruimte is vir meer as een Afrikaanse universiteitsinstelling in Suid-Afrika. Dit is nie net reg teenoor ’n groot persentasie burgers van die bevolking vir wie Afrikaans soms hul enigste taal is nie, maar ook vir duisende skoolverlaters wat vanuit Afrikaanse hoërskole graag in hul moedertaal verder wil studeer. Hierdie reg word dan ook grondwetlik beskerm. Met Afrikaanse universiteite wat op ’n nierassige grondslag funksioneer, kan groot waarde toegevoeg word en kan dit ironies genoeg bydra tot die ANC-ideaal van ’n verenigde nierassige en nieseksistiese samelewing.

Die opsies in hierdie verband is soos volg:

  • Onderhandelinge met die staat en ander rolspelers (nasionaal en internasionaal) ten opsigte van ’n taal-eksklusiewe, nierassige Afrikaanse universiteit. Hierdie argument kan gevoer word in terme van grondwetlike bepalings, demografiese en ook strategiese oorwegings. Die omgewing van gebroke ekwilibrium kan geleenthede in hierdie verband beteken wat proaktief ontgin kan word. Die vermoë om steunbasisse (polities, ekonomies en sosiaal – nasionaal en internasionaal) te ontsluit en ook te mobiliseer kan bepalend wees vir die oorlewing van Afrikaanse hoëronderwysinstellings.
  • Die ander alternatief is die totstandbrenging van private Afrikaanse hoëronderwysinstellings. Die inisiatief van Solidariteit, naamlik Akademia, is ’n voorbeeld in hierdie verband. Die sukses van hierdie inisiatief (en soortgelyke ander inisiatiewe) in ’n uiters onsimpatieke politieke omgewing gaan bepaal word deur die vermoë om getalle te mobiliseer, finansiele volhoubaarheid te bewerkstellig en gehalte en relevansie te verseker. Soos met die vorige opsie is ook hierdie een ’n groot uitdaging.

Die toekomspad vir Afrikaanse hoëronderwysinstellings is nie maklik nie en sal vorentoe ook nie makliker word nie. Ironies lê ’n belangrike gedeelte van die antwoord nie meer in akademiese debat nie, maar dalk by ’n uitspraak van Karl Marx: “The philosophers have only interpreted the world, in various ways. The point, however, is to change it.”

Bibliografie

Cronjé, F. 2014. A time traveller’s guide to our next ten years. Kaapstad: Tafelberg
Duvenhage, A. 2014. Die postverkiesingsomgewing: ’n perspektief vir die Afrikaner en die Afrikanerbond. Potchefstroom: Afrikanerbond.
—. 2014a. Suid-Afrika na 20 jaar van demokrasie: ideologiese vertrekpunte en demokratiese konsolidasie (grondwetlike krisis?). Potchefstroom: Afrikanerbond.
—. 2015. Transformasie in die hoëronderwyssektor in Suid-Afrika. Woord en Daad, 54(427):22–6.
The Economist. 2012. Cry the beloved country/Over the rainbow. 20 Oktober 2012, ble 22–4.
Greffrath, W.N. 2015. State dysfunction: The concept and its application to South Africa. PhD thesis. NWU, Potchefstroom.
Human, P. 1998. Yenza: A blueprint for transformation. Oxford: Oxford University Press.
Huntington, SP. 1965. Political development and political decay. World Politics, 17(2):386–430.
—. 1968. Political order in changing societies. Londen: Yale University Press.
Johnson, RW. 2015. How long will South Africa survive: The looming crisis. Kaapstad: Jonathan Ball.

1 ’n Artikel getiteld “Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel – ’n tendensbepaling” wat aanvaar is vir publikasie by LitNet, bespreek hierdie tendens volledig.

Hierdie artikel spruit voort uit die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Spitsberaad: Studente-onluste en die implikasies vir Afrikaans aan hoëronderwysinstellings 

 

The post ’n Strategiese ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing en die implikasies vir universiteite in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Jochem van Bruggen (1881–1957)

$
0
0

Gebore en getoë

Jochem van Bruggen is op 29 September 1881 in die dorpie Goede, Zeeland in Nederland gebore as die oudste van sewe kinders van Jan van Bruggen en sy vrou. JRL (Kleinjan) van Bruggen, ook later ’n skrywer, was die jongste.

In Die Huisgenoot van 1 Desember 1933 het Kleinjan vertel dat sy ma altyd gesê het dat Jochem amper nie bly lewe het met sy geboorte nie. "Vanuit ’n koue bad beurtelings in ’n warm bad gedompel, met ’n harde borsel geskrop om die bloed te laat sirkuleer, het die jong wêreldburgertjie vir die eerste keer letterlik sy eerste lewensnik gegee."

As jong seun het hy aan een of ander verlamming gely, het Kleinjan vertel en dit het sy "hele lyf styf en houterig gemaak en het ook sy spraakorgane aangetas." Vroeg is sy letterkundige aanleg reeds onder sy maters getoon. "Hy het toneelstukkies geskryf wat ewe plegtig opgevoer is. Hy het van sy prilste jeug af ’n wonderlike ontsag vir ’n predikant gehad. Ons huis was dan ook dikwels die brandpunt van kerklike geskille, waarvan ek self die name van ADW, ds Godefroi, dr Muller altyd sal onthou. Die kansel en die teater was vir Jochem in die jong Johannesburg ’n bron van inspirasie vir sy eerste toneelstukkie, waarin ’n dominee en koster hul rolle gekry het."

Hy en sy ouers het op 1 Januarie 1892 in Tafelbaai geland. In My jeugland: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers (Afrikaanse Persboekhandel, 1953) het Jochem van Bruggen vertel dat sy pa twee jaar voor die res van die gesin na Suid-Afrika gekom het. In Johannesburg het hy ’n Hollandse kerkgebou gehuur waarin hulle as gesin sou bly en die spasie wat oor was, in te rig vir ’n skoolgebou. Hy het ook private skoollesse geneem en vir ’n paar maande Hollands aan ’n Engelse skool gegee.

"Dit het hom twee jaar gekos om skoolplek en woonplek agtermekaar te kry. Alles was Engels en die Afrikaanse bevolking was toe nogal Engelsgesind. Hollandse skole was daar ongewens. Pa s'n was die eerste. (...)

"Dit was die treffendste gebeurtenis in my lewe toe ons in Nederland die berig van vader kry: kom! Begin Desember 1892 het ons vertrek; moeder en vyf kinders, waarvan ek die oudste was: elf jaar. Vir my was dit ’n bestiering van Hoërhand. In die lae lande van die koue noorde sou ek nooit ’n skrywer geword het nie. Die hoogste grondverheffing wat ek geken het, was die duine wat die Noordsee van Nederland af weggehou het. Suid-Afrika het berge en die heilsaamste son! (...)

"Op Nuwejaarsdag het ons in Kaapstad aangekom. Ek het vader op die kaai gesien en was verheug; maar: Tafelberg en sy omgewing was wonderlik, oorweldigend skoon. Ek het my vader nie hartlik, na sy sin, gegroet nie. Die werklikheid om my heen was ’n stremming op my gevoel van liefde wat tog diep en waar was."

Hy het sy skoolgaanjare by sy vader in Johannesburg begin tot 1895 en is daarna na die Staatsgimnasium in Pretoria, waar hy gebly het tot 1899 toe die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het.

Aan die Staatsgimnasium was Nico Hofmeyr (later skrywer van onder andere Fanie en Op die walle van die Vaal) dosent in geskiedenis en Nederlands, en hy het ’n beduidende invloed uitgeoefen op die jong Jochem van Bruggen. Dit was geskiedenis en letterkunde wat die tema van ’n "epos" oor die Groot Trek deur Van Bruggen geïnspireer het, het Kleinjan in Die Huisgenoot verder vertel. "Later het ek die manuskrip hiervan dikwels op die plaas Steenkoppies ter insage gehad. Dit het so pragtig gerol en gerym. Dit was so heerlik sentimenteel, so honderdpersent patrioties! Om met hierdie werkie af te handel, het Jochem dit later in Afrikaans omgewerk en dit ter publikasie aangebied. Die weiering van die manuskrip het vir goed ’n end aan Jochem se aspirasies as digter gemaak."

Dit was ook terwyl hy aan die Staatsgimnasium gestudeer het dat hy sy boesemvriend Gert Oosthuyzen ontmoet het. Oosthuyzen was later jare in die onderwys bekend as Oom Gert.

Verdere studie en werk

Voordat Jochem van Bruggen op kommando is, het hy as konstabel in Johannesburg patrollie geloop totdat hy opgeroep is. Om konstabel en krygsman te wees, was een van sy twee ambisies van sy jongdae, het hy in Die Brandwag van 30 November 1942 geskryf. Beide hierdie twee ambisies het hy verwesenlik met sy dae as konstabel en as soldaat op kommando tydens die beginjare van die Anglo-Boereoorlog.

Met die uitbreek van die oorlog het Jochem van Bruggen dadelik by die kommando's aangesluit. Hy is egter na ses maande, met die besetting van Johannesburg, uit die kommando's. Daarna was hy alleen, met sy vader wat nog op kommando was en sy moeder en ander broers en susters Holland toe. In Johannesburg het hy in ’n agentskantoortjie gewerk en later in ’n wassery.

Hy het ook weer ’n poging aangewend om te begin skryf en sy eerste verhaal, "Een ouderloos tydperk", kom uit daardie jare, maar, het Kleinjan vertel, "’n Ouerige vriend van die familie – Hollander en prokureur – het hom aangeraai om die geknoei te laat staan. 'Daar zit geen geld in!'"

Ná die Vrede van Vereeniging is hy na die plaas Steenkoppies naby Magaliesburg. En dit was hier waar hy weer die bande met sy ou vriend, Gert Oosthuyzen, hervat het, hoewel Gert nie meer die man van ouds was nie, aangesien hy deur die long geskiet is.

Gert se pa, ou oom Gert, was ’n baie kwaai man, maar sy vrou, Lenie, was ’n baie liewe mens, wat ten spyte van die 20 kinders wat sy in die lewe gebring het, nog kans gesien het om vroedvrou vir ander vroue te speel. En dit was met een van hulle dogters, Maria Petronella, dat Jochem van Bruggen wou trou.

Maar om te trou moes hy ’n inkomste hê, het Kleinjan verder vertel: "Hy het CNO-onderwyser geword. Hoe goed onthou ek nog daardie tyd! In ’n tipiese ou geboutjie, voordat sinkplate in die wêreld gekom het, het Jochem ons laat sing. Sing! – Daar was toe g'n eksamenrooster-paaiboelie nie. Daar was toe g'n horrelpoot-leerplan nie. Maar ek weet ons het gesing! Dit was net ongelukkig dat Jochem nie alleen net Psalms laat sing het nie. Daarom is hy plegtig deur die ouers afgedank. Dis die einde van Jochem as onderwyser."

Jochem van Bruggen is veral vir sy voorliefde vir sang deur sy leerlinge onthou.

Hy en Marie is in 1905 getroud. Hulle het ses kinders gehad – drie seuns en drie dogters.

Hy het daar vir 18 maande onderwys gegee en het toe begin boer. Die Magaliesberg se wêreld was tabakwêreld en sonder dat hulle iets geweet het van die bedryf, het Jochem van Bruggen en sy groot vriend, Gert Oosthyuzen, ’n tabakbesigheid begin. Soos Kleinjan in Die Huisgenoot (1 Desember 1933) geskryf het, het die tabak ingekom. "Dinge het mooi gelyk. Oom Gert is toe met ’n 'motorbaiesukkel' (dit was ’n Triumph) uit om handelsreisiger te speel. Jochem het saam met sy vrou, Marie, agtergebly. Omdat daar geen kontant was nie, het hulle ’n winkel ingerig en allerlei ware in ruil vir tabak verkoop. (...)" Jochem en Gert het so te sê bankrot gespeel, "deur die verneukslag van ’n Jood". (Inligtingstuk by Naln)

In 1914 het Van Bruggen in alle erns begin skryf. Hy het begin deelneem vir die prys wat generaal JBM Hertzog uitgeloof het. Sy eerste skets was "Die praatmesien" wat hy ingeskryf het vir die prysvraag wat die Brandwag uitgeloof het en daar het hy tweede gekom na Leon Maré met sy "Die kommandering van Japie Moolman".

"Die praatmesien" is in die Brandwag van 10 Desember 1914 geplaas en die kommissie van beoordelaars (WMR Malherbe en Jan Celliers) se kommentaar is saam met die verhaal geplaas: "Dis ’n strekking-stuk, dis waar, maar strekking-stukke mag daar gerus wees, als hulle maar goed geskrijwe is en nie te banaal redeneerderig of prekerig word nie. En hierdie stuk is goed geskrijwe, die skrijwer laat die feite praat, en sijn voorstelling is ooral aanskouwelik en waar. Ons sien mense voor ons lewe en nie gemaakte poppe nie. Hij oordrijf nie. Sijn verhaal is ’n goeie geheel. Dit het min geskeel of hij het die eerste prijs gehaal." (Die Huisgenoot, 15 Julie 1957)

Maar steeds het Van Bruggen geldelik gesukkel. Hy en die boerdery het nie met mekaar reggekom nie, het Kleinjan geskryf: "Die praktiese bekommernisse was te klein vir sy groot gees. Hy het al sy werke geskrywe onder baie moeilike omstandighede. Een voorbeeld sal genoeg wees. Hy was onder kontrak met die Nasionale Pers om ’n werkie vir die reeks Almal se boeke te skrywe. Die ou opstal (op die plaas) moes afgebreek word om op sy beurt plek te maak vir ’n nuwe. Jochem en sy gesin van vier kinders moes toe tydelik na die waenhuis verkas. Daar is Die burgemeester van Slaplaagte geskep. In een maand. En Nasionale Pers was tevrede. Maar hy het nog altyd moeilikhede om ’n bestaan deur sy boeke te maak. Die wens van sy siel is dat ons as Afrikaners wat so baie praat oor kultuur hom in staat sal stel om te glo dat dit ons werklik erns is. Afgesien van voorgeskrewe werke, word sy boeke min gelees."

Só het hy gaan toer met sy toneelstuk Levina, al het hy niks geweet van hoe ’n toneelstuk aanmekaargesit moet word nie. "Hy weet net hy moet lewe en die lewe uitbeeld. Sy vrou is altyd by hom. Sy kinders ook. Dié van ons wat nog belangstel in ons kultuur, sal met ’n welkomsglimlag so ’n onpretensieuse program as wat Levina se spelers aandui, begroet, want spel, spelers en skrywer is uit die volk gebore," het Kleinjan geskryf.

Behalwe sy ambisies om krygsman en konstabel te wees, het Jochem van Bruggen in Die Brandwag van 30 November 1942 verder vertel, "het in my gees, onder die invloed van Meester, die drang ontstaan om myself uit te lewe in digterlike ontboeseminge na die patroon van rollende versreëls, toe in die mode, wat vir my verheffend en inspirerend was. Die inhoud het ek nie eintlik bewonder nie, dit was bysaak: rym en ritme was vir my soos die trippelpasgang van ’n uitsoek-ryperd. In prosa kan ’n mens alles en dieselfde baie beter en duideliker sê, sodat dit nugter en verstaanbaar gelees kan word. Dit was die wielende woorderykdom wat rondomtalie met my harsings maak, soos ’n straatdeuntjie wat jy nie kan vergeet nie wat my vasgevang had."

Sy ses maande op kommando het egter sy digterlike muse negatief beïnvloed, maar nadat hy die kommando's verlaat het en alleen gesit het, het sy "digvermoë weer wakker geword". Soms het hy effe depressief geword, maar hy het nooit ophou glo in die saak van die Boererepublieke nie en het ’n gedig geskryf waarvan die eerste twee verse hier gegee word:

'k Zag een veld, waar welig groeiend,
't Jonge gras stond dicht opeen.
Pas ontloken, teere bloempjes,
Keken schuw door 't groenbed heen.

Maar de Winter is gekomen
En zijn arm vermag zoveel,
Hy misgunt u al dat schoone,
Groen maak plaats voor saploos geel.
(Die Brandwag, 30 November 1942)

Toe hy egter van sy gedigte vir sy ouers se beste vriend voorlees, het hy daaroor gelag, en hoewel Jochem verontwaardig was en vies vir die vriend, het hy tog die werk wat hy vir Van Bruggen aangebied het, aanvaar.

Jochem van Bruggen se eerste roman was Teleurgestel, wat in 1916 uitgegee is en waarvoor hy in 1917 die Hertzogprys verower het. In sy artikel (Die Huisgenoot, 2 Oktober 1942) het sy broer JRL (Kleinjan) van Bruggen geskryf dat Jochem ’n "volbloed romantikus en idealis" was toe hy begin skryf het en dat sy kennis van mense en die wêreld nie baie breed was nie. "Daarom is sy karakters in Teleurgestel, Gysbert en Maria, vae en geïdealiseerde romantipes. Gysbert het geen gestalte in ons gees gekry nie, terwyl Maria, na haar lang siekbed in die konsentrasiekampe, uit die hospitaal uitstap 'met twee grote, sielvertolkende oë, verhewe boeiend'."

Teleurgestel handel oor die Anglo-Boereoorlog met Maria in die hoofrol en die twee manne wat om haar hand stry, Dirk en Gysbert. Estelle le Roux het in Trans-Afrika (September 1945) geskryf dat sy Gys verkies het, maar dat die skrywer vir Dirk, wat die "skurk van die verhaal" is, fyn geskilder het. Maria en die "verminkte" Gys is na hulle troue baie hoopvol vir die toekoms, maar "die skrywer gee nog nie die sielkundige ontwikkeling wat hy later sou gee nie. Die figure word meestal verklaar en nie geteken nie. Die leser het feitlik vooraf geweet dat Maria nie met die swartskaap van die verhaal sou trou nie. Sy is die Boeredogter wat alles vir haar land sal opoffer. Maar reeds word Liepie Stols, die eenvoudige verarmde mens, fyn uitgebeeld, ’n eienskap van die skrywer se kuns wat later so baie werd word. Hoewel die roman beter inmekaar kon gesit het, word die twee temas in die boek reeds baie suksesvol uitgebeeld: die oorlog en die liefdesgeskiedenis. Omdat Van Bruggen hier nog in ’n sekere mate by die resep van die historiese roman bly, kan hy nie oortuigend motiveer waarom die skurk ook om die hand van die heldin meeding nie."

DB Bosman het in Die Huisgenoot van September 1918 geskryf dat al is daar foute in Teleurgestel, is dit, met die uitsondering van Vergeet nie van DF Malherbe, die beste roman in Afrikaans. Vir Bosman is daar nog ernstige gebreke, maar dit hou goeie belofte vir die toekoms in.

In 1919 het Bywoners verskyn en dit kan eerder gesien word as ’n langerige kortverhaal of ’n novelle. Abel Coetzee het in Die Brandwag van 5 Oktober 1956 geskryf dat die hoofkarakter in Bywoners, Neelsie Sitman, vir altyd ’n plek in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde ingeneem het. Hy was ’n meeldiaken en ’n sukkelaar wat sy bedelslopie oral saam met hom gedra het, aangesien hy heelwat kinders gehad het. Sy vrou, Bettie, is net so versukkeld soos hy, maar dit was Neelsie Sitman wat die "eintlike openbaring van Van Bruggen se skeppingsvermoë" was en dit was waar die waarde van Bywoners geleë is.

Jochem van Bruggen se volgende roman was Die burgemeester van Slaplaagte, wat ’n novelle is, en volgens Estelle le Roux is hierdie novelle die oorgang van Van Bruggen se romantiek na sy realisme. "Die stof is uit die eenvoudige plattelandse lewe, maar hoe gou boei dit nie die aandag nie: Verlep deur ’n broeiwarme somerson, lê Slaplaagte dooierig in die lang-gerekte holte van ’n breërug-buiteveld. Dooierig, want ’n taai droogte het ’n gees van moedeloosheid laat sak oor die ganse omgewing. Die boerdery lê lewensloos, en so te sê nêrens is arbeid te bespeur nie; selfs die vee wei traag en teësinnig in die harde vaalgras.

In Slaplaagte woon oom Lood en tant Levina en hulle mooi en slim dogter, Levina. Oom Lood is dan die karakter wat deur sy kennisse ietwat ironies "Die burgemeester van Slaplaagte" genoem word, het L van Niekerk in Die Huisgenoot (Mei 1923) geskryf. "Oom Lood pas op Slaplaagte (...) maar hierdie omgewing pas nie vir sy mooi dogter Levina nie, ’n skrander meisie, vol lewenslus en van ’n werksame aard, wat genoeg aanleg besit om deur ontwikkeling ’n sieraad in die maatskappy te word, maar wat deur die idees van Slaplaagte gedoem word tot ’n lewe van doelloosheid en verveling."

Dan kom haar niggie uit Johannesburg kuier en met al die stories oor die lewe in Johannesburg kan niks Levina weghou van die groot stad nie. Sy gaan soontoe om daar ’n "ryker bestaan te vind, maar in die goudstad gaan sy, onbedorwe maar ook onervare boeredogter, haar ongeluk tegemoet. Oom Lood en tant Levina staan magteloos teenoor die geval: hulle kennis, hulle insig skiet te kort, en met liefde alleen kan hulle Levina nie red nie – hulle kan alleen die swaar dra."

Vir Van Niekerk skilder Van Bruggen "nie met ’n growwe kwas of met skerp kleure nie en vir party lesers sal sy portrette nie sprekend genoeg wees nie. Trouens, die verhaal gee geen geleentheid vir besonder diepgaande tekening nie, want dit is weinig meer as ’n skets. Maar wie oplettend is, merk dat die skrywer so onder die verhaal deur ’n oog het vir al die kleinighede wat same as kompleks ’n karakter uitmaak, en vir wisselende stemminge, wat kleur en geur aan die lewe gee. (...) Die burgemeester van Slaplaagte is ’n aanwins vir ons: Van Bruggen toon dat hy nie alleen die gawe van opmerking en uitbeelding besit nie, maar ook ’n hart vir ons probleme en sorge, en met sy verhaal gee hy ons ’n stukkie kuns sowel as stof tot nadenke."

Dan, in 1924, kom Ampie, die karakter waarmee Jochem van Bruggen hom in die Afrikaanse letterkunde ingeskryf het. Die eerste deel van die Ampie-trilogie, Ampie, die natuurkind, beeld die kinderjare van hierdie "krotbewonertjie" uit, hoe sy liefde vir Annekie begin ontwikkel en sy intense toegeneentheid vir die donkie, ou Jakob.

Die tweede deel, Ampie, die meisiekind (1928) vat Ampie se verhaal na sy verlowing, sy bywoning van die katkisasie, sy troue en die geboorte van hulle eerste kind, en eers in 1942 word die derde deel, Ampie die kind gepubliseer, waar Ampie sy weg vind na die delwerye, maar gelukkig is sy liefde vir die plaas en dan ook vir sy kind wat so skielik sterf, die faktore wat sorg dat hy nie ten gronde gaan op die delwerye nie, maar dat daar ’n gunstige kentering in sy lewe was.

Volgens Estelle le Roux het Van Bruggen nie onmiddellik grootheid van sy kuns bereik nie. "Dit het jare geverg om die karakter Ampie te skep."

Oor die ontstaan van Ampie het Van Bruggen in Die Huisgenoot van 27 November geskryf dat dit losweg gegrond is op die "ellendigste huisgesin" wat hy geken het en wat kort na die Eerste Wêreldoorlog naby hulle plaas gewoon het. Daar was ook ’n seun wat baie lief vir ’n donkie was en by Van Bruggen op die plaas gewerk het. Hy is ook later uit die Van Bruggens se huis getroud.

Van Bruggen het verder vertel: "Ek glo egter nie dat ek ooit met die roman sou begin het as die ou Brandwag nie bestaan het nie. In die laaste opstelwedstryd van die oorlede tydskrif het ek meegeding en met Ampie die prys verower. Dit was ’n kortverhaal, later die eerste hoofstuk van die roman. Toe was die seun in my diens feitlik die motief. Destyds het ek geen gedagte gekoester om verder as dit te gaan nie.

"Na die opdoek van Die Brandwag het die Nuwejaarsnommers van Die Burger verskyn. My bydraes vir twee nommers was weer kortverhale oor Ampie. Albei het later hoofstukke van die boek geword. Ek het na die tweede nommer pas begin dink aan die moontlikheid van die roman en daaraan begin werk. Teen die end van 1922 was die boek gereed vir die pers. Die natuurkind was afgerond en klaar, dog ek het gevoel dat dit nie klaar met Ampie was nie. Daar moes nog ’n deel bykom, waar hy as man en vader die verantwoordelikheid van die lewe, na sy aard en opvatting, sou dra."

Van Bruggen het toe self vir ses maande op die delwerye gaan werk en het saans in sy eenvoudige blyplek by ’n kers geskryf oor Ampie en Annekie, maar nog niks oor die delwerye nie. Die meisiekind was al oor halfpad klaar toe hy terug op die plaas was en daar het hy beter afstand gekry en kon hy die tweede deel van die trilogie klaarmaak, hoewel dit nie sy oorspronklike idee was dat dit ’n afgeronde boek sou wees nie.

"En nou die derde deel. Dadelik het ek besluit dat die subtitel Die kind sou wees. Maar hoe om aan te gaan? Hoe om sover te kom dat Ampie uit die rustigheid van sy pasgetroude lewe na die onrus van die diamantwêreld oorgeplaas word? Dit het my baie hoofbrekens besorg, en weer het ek, soos dit die geval was met die eerste deel, los hoofstukke geskrywe wat geen samehang gehad het nie. Daar was geen bepaalde koers nie, hoewel die stof in my gedagtes rondgemaal en ek die end reeds klaar gehad het voordat ek behoorlik op stryk geraak het. Intussen het daar ook soveel gebeur met my.

"Dit was in die dae van die depressie. Die skrywery het my amper geen pennie in die sak gebring nie. Ek moes iets anders doen om te kan bestaan. Ek het met my toneelstukke gaan toer. Dit was finansieel ook ’n fiasko. Terug op die plaas was ek sat van kultuur, boeke en Ampie. My pen het ek skaars gebruik om die allernodigste korrespondensie te doen. Ek het my by ander werk bepaal om my gedagtes af te lei van sorge en bekommernis. Al die tyd het die derde deel onaangeroer bly lê totdat die tye beter geword het en ek gaandeweg weer lus gekry het om te skrywe.

"Toe het ek Die noodlot en Met Ampie deur die depressie klaargemaak en die groot werk Oupa opgeneem. Toe die eerste deel van laasgenoemde klaar was, het ek my in staat gevoel om nou met ’n vaste plan ook Die kind te voltooi. Die trekpale was daar en die eindbaken reeds gevestig. Betreklik maklik het die draadpale in die grond gekom in ’n reguit lyn, want nadat ek die hoofstuk 'Nuwe rigtings' uitgewerk had, was die werk vir my duidelik. Ek voel dankbaar dat my lewenswerk klaargekom het voor my dood."

MSB Kritzinger het in Die Boervrou (Maart 1926) geskryf dat die eerste Ampie regtig "’n hoekie van die natuur gesien deur ’n temperament" is en dat die skrywer dit uitgebeeld het soos hy dit gesien het. "Die verskyning van Ampie is werklik ’n gebeurtenis van belang in die Afrikaanse literatuurwêreld – hy het die baan met die eerste roman geopen. En daarby het die kunstenaar een van ons groot probleme, die armblanke-kwessie direk onder ons aandag gebring."

Ook vir FEJ Malherbe (Die Huisgenoot, 13 Februarie 1925) was Ampie ’n vreugde, "omdat sy skepper diep reeds tas in die wese van ons armblankedom – om die analities-sintetiese skouing en herskepping van die lewe. Besit en geniet saam met my die beste roman wat ons het in Afrikaans."

Ampie die natuurkind en Ampie die meisiekind het beide die Hertzogprys aan Jochem van Bruggen besorg, onderskeidelik in 1925 en in 1927.

In 1927 het daar ’n herrie en polemiek in die Kerkbode losgebars oor Ampie wat vir hoërskole voorgeskryf is. Diegene teen hierdie saak het dit veral gehad oor die taalgebruik in die boek en dit name genoem soos "liederlike taal", "nare woorde" en "onesteties, vuil, gemeen", terwyl dié wat ten gunste van Ampie was, dit gesien het as ’n werk met "nuttige kennis en skone kuns, en as ’n mens met die regte gees en die regte beskouing, ’n algemeen menslike lewensbeskouing die boek wil lees, sal jy jouself oortuig dat daar geen gemene streek uit Ampie deur enige kind nagevolg sal word nie. Die skrywer het sorg gedra om in die gemene, nare, eenvoudige, stof met die vuile, liederlike taal 'n bekoring te lê vir die teenoorgestelde: die goeie, skone, reine en ware, daarom is dit verkeerd om te praat van 'onesteties, gemeen, vuil'" (WA Cronje, brief aan Volksblad, 2 April 1927).

In die 1930's het Van Bruggen self Ampie tot ’n toneelstuk verwerk en as gevolg van geldelike probleme daarmee deur die platteland gaan toer. Oor hierdie ervaring het hy in Met Ampie deur die depressie geskryf wat in 1939 deur Voortrekkerpers uitgegee is. Hieroor het PC Schoonees in Die Huisgenoot (17 November 1939) geskryf dat Van Bruggen se verslag van sy toneelreis baie onderhoudend is, uit ’n kultuur-historiese oogpunt gesien.

Die Ampie-trilogie is deur die jare ook vir ander mediums verwerk. In 1981, met die 100ste herdenking van Jochem van Bruggen se geboortedag, het die Afrikaanse radiodiens die trilogie opgevoer. Die verwerking is deur Suzanne van Wijk gedoen en sy was ook die regisseur.

In 1932 is die eerste toneelopvoering van Ampie op die planke gebring met Alwyn Viljoen as Ampie en die verwerking is deur André Huguenet, wat self ook die rol van Ampie vertolk het, gedoen. In 1970 het Truk met Ampie deur die destydse Transvaalse platteland getoer met regie deur Francois Swart en Marius Weyers as Ampie en Katinka Heyns as Annekie. Ampie het in 1972 weer die tonge aan die praat gehad toe Truk ’n "baster-musical" gebaseer op die derde deel van die trilogie onder die titel Ampie oppie diekens opgevoer het. Francois Swart was verantwoordelik vir die herskryf en regie. Die kommentaar op hierdie verwerking van Ampie was nie altyd gunstig nie en van Jochem van Bruggen se familie was ook effe omgekrap.

In 1982 het Schalk Jacobsz ’n nuwe verwerking gedoen vir die destydse Sukovs met Pieter Brand as Ampie. Hierdie opvoering is ook op video opgeneem.

In 1965 is die drie dele van Ampie in een band deur Afrikaanse Persboekhandel uitgegee onder die titel Die Ampie-trilogie.

Jochem van Bruggen het sy vierde Hertzogprys in 1933 verower met Die Sprinkaanbeampte van Sluis. Die hoofkarakter in hierdie roman is Lambertus Bredenhand en hy is eie familie van baie van die karakters in Van Bruggen se ander boeke – Liepie Stols, Sitman, die meeldiaken, oom Lood, die burgemeester van Slaplaagte, oom Tys, Annekie se pa en Org Basson, die ouderling van Sukkelaar. PC Schoonees het in Die Nuwe Brandwag (November 1933) geskryf: "Hierdie ses broers van die Lamsak-familie ly almal in meerder of minder mate aan die ongeneeslike kwaal van papbroekigheid."

Lambertus het uit alles geraak en verdien af en toe ’n paar pennies deur los werkies te verrig, maar hy droom nog altyd van die één goeie werk wat hy gaan kry en wat hom weer geldelik onafhanklik sal maak. Intussen ly sy drie kinders honger en "maak hy aanspraak op die eerbiedige hulde van al sy broers en susters, asook dié van sy bejaarde moeder".

"So lei Lambertus ’n dubbelbestaan," het Schoonees voortgegaan. "In sy verbeeldingswêreld is hy nog steeds die onafhanklike 'ouboet' wat met salwende praatjies sy meerderheid handhaaf. Maar telkens word hy wakker geskud deur die krenkende realiteit van sy sukkelbestaan. Hierdie gedurige botsing tussen droom en daad het Van Bruggen fyn-ironies veraanskouelik."

Dan word Lambertus aangestel as sprinkaanbeampte en veroorsaak dit ’n hele ommekeer in sy huishouding met genoeg kos en die pa wat op ’n vosperd ry. Maar dan kom daar ’n sprinkaanplaag en moet Lammie bontstaan. In hierdie besige tyd kry hy ook tyding dat sy seun Kosie op sterwe lê en trek hy laer om sy kinders.

Schoonees het sy resensie afgesluit met: "Pragtig het Van Bruggen die diepere menslikheid van hierdie eenvoudige siel aan ons geopenbaar ook in die sterftoneel waar die vader in die gebed worstel om die behoud van sy seun. (...) Dit mag waar wees dat Van Bruggen in hierdie verhaal geen nuwe rigting inslaan nie, dat hy eenvoudig voortborduur op bekende motiewe, maar wat innigheid van aanvoeling en forsheid van beelding betref, verdien sy jongste werk al die lof wat hy vroeër met Ampie behaal het."

In 1988 word Die sprinkaanbeampte van Sluis deur Van Schaik heruitgegee en antwoord Cecile Cilliers in haar resensie (Beeld, 30 Januarie 1989) die vraag of die beskrywings van sprinkaanplae, die depressie en die armblanke nog in die moderne tyd geldig is. "Ek dink van ja, en dan wel om drie redes: die lewende innerlike lewe van Van Bruggen se karakters, sy vermoë tot deernisvolle humor en sy taalgebruik. Die taalgebruik is weliswaar dié van ’n ander tyd, maar juis daarom verrykend. Afrikaans bly aan die verskraal onder die druk van Engels en veral Amerikaans. Hier lê ’n ander taalwêreld braak. (...) Die lees van Van Bruggen se prosa (...) open nuwe (ou) taal-vergesigte.

"Van Bruggen het die vermoë om met sy karakters te spot sonder om hulle bespotlik te maak. Hulle behou die leser se simpatie, selfs die opgeblase Lambertus Bredenhand. (...) Die groot krag van die novelle lê in die karakters. Elkeen oortuig met ’n eie innerlike lewe. Dit is nie ’n lang novelle nie, maar dit vorm ’n fyn geheel. In sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis noem Dekker dit ’n suiwer roman. Selfs 55 jaar ná die eerste verskyning lyk die oordeel my nog geldig."

In 1942 was Jochem van Bruggen die eregas op die Afrikaanse Skrywerskring van Johannesburg se dinee wat gehou is met die publikasie van die sewende jaarboek van die Skrywerskring.

In 1951 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns erelidmaatskap aan Jochem van Bruggen toegeken.

In Desember 1953 het Helikon ’n dinee ter ere van Jochem van Bruggen gegee en die Kersuitgawe van die blad is aan hom opgedra. Die dinee is gereël om nuwe kragte in die Afrikaanse letterkunde, rolprent en kultuur aan Van Bruggen voor te stel. (Transvaler, 8 Desember 1953)

Die Universiteit van Pretoria het ook in 1953 ’n eredoktorsgraad aan Jochem van Bruggen toegeken.

Jochem van Bruggen was in 1982 die onderwerp van die vyfde interhoërskool-vasvrawedstryd wat onder die beskerming van die Afrikaanse Kultuurvereniging van die Suid-Afrikaanse polisie (Akpol) gestaan het.

Op Woensdagmôre 22 Mei 1957 is Jochem van Bruggen stil in sy huis op Steenkoppies by Magaliesburg oorlede nadat hy ’n geruime tyd ernstig siek was. Hy is op 24 Mei 1957 in die ou familiekerkhof op Steenkoppies begrawe. Meer as 300 mense het die diens in die NG Kerk wat deur ds EG Malan gelei is, bygewoon.

Huldeblyke
 

  • Hertzog Venter: "Vir die Afrikaanse volk en letterkunde is sy heengaan ’n groot verlies – nie omdat hy die afgelope jare ’n baie aktiewe en produktiewe skrywer was nie, maar omdat hy jare lank in die brandpunt van die ontwikkeling van die Afrikaanse prosakuns gestaan het. Sy werk oorspan die hele ontwikkeling van die intrigeroman tot by die uitbeelding van die individuele. Ook lê die betekenis van Jochem van Bruggen vir die Afrikaanse prosa daarin dat hy die eerste prosaïs is in wie die uitbeelding van die mens tot rypheid kom, naamlik met die skepping van die klassiek geworde karakter Ampie.

"Jochem van Bruggen is een van die belangrikste verteenwoordigers van die realisme in ons letterkunde. Terselfdertyd het hy aan die realisme ’n bepaalde karakter gegee daarin dat dit gemeng is met idealisme. (...) Jochem van Bruggen se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde sal altyd leef; dit is ’n blywende monument wat nie stom is nie, maar tot in verre geslagte sal spreek van liefde en deernis." (Die Weste, 30 Mei 1957)

  • CM van den Heever: "Hierdie kunstenaar wat as jong knaap uit Holland hier aangekom het, het die Afrikaanse leefwyse so goed leer ken en hom gaandeweg so hartstogtelik daarmee versoen dat hy in sy werk steeds getuienis lewer van die drang om die Afrikaanse lewensbeeld suiwer en treffend weer te gee. Hy het in sy werk vir ons blywend vasgelê die groot verandering wat daar plaasgevind het tussen die Boerelewe van vroeër dae wat hy geken en so geniaal beskrywe het, en die lewe van vandag. (...) Hy is weg uit ons midde, maar sy werk sal bly lewe omdat hy, die skrywer, die skepper, self so waaragtig en eg mens was." (Fleur, 26 Maart 1957)
  • Volksblad-hoofartikel: Jochem van Bruggen sal nie sterf nie. Hy sal bly voortleef in die lag en die traan van sy prosawerke en so lank Afrikaans bestaan, sal sy kuns in dankbare herinnering gelees word. Om historiese redes sal hy in die literatuurgeskiedenis van ons taal onthou word, maar ook om suiwer literêre verdienste sal hy steeds sy plek onder die Afrikaanse prosaïste inneem. (...)

"Van Bruggen is ’n voorbeeld van die gebore Nederlander wat in die volste sin van die woord Afrikaner kan word. In sy lewensiening het hy die Hollandse besadigdheid behou wat soms aan die sombere grens, maar daarby het hy ons tipiese boerehumor aangegryp wat soos fyn weerlig deur sy werke speel. (...) Immers, sy werke vertel meestal die verhaal van die minderbevoorregte Afrikaner se ellende, nie met verbittering nie, maar met weldadige begrip. (...) Sy kuns het beperkinge, maar dit neem nie weg dat hy in sy fleur ’n prosaïs en stylis was wat al die kransies van hulde verdien wat nou op sy kis gelê word." (23 Mei 1957)

  • Transvaler-hoofartikel: "Al was Jochem van Bruggen sedert jare in swakke gesondheid ervaar die volk nietemin ’n gevoel van diepe gemis en verlies, want met hom het een van die groot dienaars van die Afrikaanse woord en een van die sterk figure in die Afrikaanse prosakuns die rus ingegaan. Van Bruggen het die Afrikaanse letterkunde verryk en verhef in die dae van kleine dinge toe werk van gehalte nog skaars was. Sy Ampie is een van die onverganklike figure in ons letterkunde. (...) Die Afrikaanse taal en letterkunde sal in lengte van dae sy skuldenaar bly." (23 Mei 1957)
  • Die Burger-hoofartikel: "Totdat Jochem van Bruggen op die Afrikaanse letterkundige toneel verskyn het, was die Afrikaanse lesende publiek gewoond aan verhale van oorlog, of van liefde en ander hewighede. Maar hier het ’n man sit en vertel sommer van aldag se dingetjies op die plaas en van doodgewone mense wat ons eie bure kon gewees het. So eg en raak, so lewenswaar was die samelewing van die Slaplaagtes en ander plekke geteken dat hulle ons sterker geboei het as die heldedade en ander emosies in die romanliteratuur. (...) En toe Ampie naderhand sy intrede doen, het geblyk dat dit alles vooroefening was vir die skepping van die populêrste figuur in die Afrikaanse letterkunde. Die Ampie-trilogie sal een van ons eie klassieke bly, nie net omdat Van Bruggen die grondlegger van die realisme in ons lettere was nie, maar omdat dit ’n produk is van ’n diepe liefde vir ons boeremense met wie die skrywer één geword het, gepaard met ’n noukeurige waarnemingsvermoë wat deur geeneen van sy opvolgers oortref is nie. (23 Mei 1957)
  • Jewish Affairs: "Van Bruggen's place in Afrikaans literary history is assured. It is sometimes enough to say about an author that his place is assured in the text-books for him never to be read again, he becomes a record, a sort of national fossil to be unearthed by the archaeologists of culture with their crude, hurting tools. Nevertheless, about certain authors one can say this without fear. No matter how roughly the fibres are torn, they will survive. The toughness which enabled them to produce creative works will override this ill-treatment too. So it will be with Van Bruggen. He can pass the test of being a 'classic'. (...) Some of his writings were, in my opinion, quite atrocious, as only the works of a real writer can be. But at his best, in what he lovingly depicted, he discovered, conquered and colonized as only an unalloyed writer can." (IP, Junie 1957)
  • J van der Berg, destyds leraar van die NG Gemeente Magaliesburg: "Hoewel hy as skrywer aan die ganse Afrikanervolk behoort, het hy as mens aan ons hier in Magaliesburg behoort." (Bron en datum nie op knipsel vermeld)
  • In 1959 het die Afrikaanse Skrywerskring ’n gedenkplaat op Jochem van Bruggen se graf onthul. Abel Coetzee, voorsitter van die Skrywerskring, het by dié geleentheid gesê: "Die nageslag dink vandag in stilte en eerbied aan ’n kunsbroer wat ons geslag voorafgegaan het en wat soveel bereik het om die oë van sy volksgenote oop te maak vir die Afrikaanse werklikheid wat hulle omring." (Transvaler, 24 September 1959)
  • Rob Antonissen: "In suiwerheid van voorstelling en segging het Van Bruggen se werk in die 1920's en 1930's steeds toegeneem. Sy humor word gevoeliger, fynsinniger gevarieerd van die grappige tot die ironiese. Hy word ’n meester van die karakter-onthullende dialoog en inwendige alleenspraak, van die keurig-volvoerde dinamiese tafereel, van die konsekwente karakterisering; veral wat monoloog en gesprek betref, het min Afrikaans prosaïste die waaragtigheid van Van Bruggen se kuns ooit benader, laat staan geëwenaar. (...) Ek glo dat ek hom geen onreg aandoen nie as ek sê dat hy, juis deur die enting van sy humor-realistiese tipe-psigologie op ’n 'continuo' van avontuur-episodes, ons in Afrikaans iets laat proe het van die pikareske roman se heerlikheid." (Die Huisgenoot, 15 Julie 1957)
  • Abel Coetzee: "Jochem van Bruggen se werk was meer volksaardig, die beskrywing van die roue en ruwe werklikheid uit die volkslewe. Maar vir geen oomblik mag ons uit die oog verloor dat Van Bruggen ook ’n idealis was nie. Hy teken nie net die verval nie, maar hy dui ook die oorsaak van die verval aan, en dan suggereer hy die weg van herstel. Sy idealisme is dus die idealisme van die goeie, deeglike outydse skoolmeester wat leer, en wat lerend in diens staan van die gemeenskap wat hy wil ophef. Hy benader dus deur die werklikheid heen ’n toestand van idealisme – die houding van die sogenaamde didaktikus in die verhewe betekenis van die woord. En daarin verskil sy werk opvallend van die werk van die meeste van sy tydgenote, daarin lê sy eie toonaard as kunstenaar, sy eie krag, en dis dít wat aan sy romankuns blywend ’n plek besorg in die Afrikaanse letterkunde." (Tydskrif vir Letterkunde, Desember 1959)

In Tydskrif vir Letterkunde (September 1951) het Van Bruggen een en ander vertel oor hoekom hy ’n skrywer geword het: "Ek neem aan dat my lewenslot die aanleg daartoe gegee het: My geboorte, die trek van ons huisgesin na Transvaal, en die Tweede Vryheidsoorlog. Ek moes op die platteland kom woon na die Boere se stryd. Indien ek in Johannesburg gebly het, sou ek allig ’n skrywer van speurverhale geword het. Geld domineer daar, en die verhale betaal die beste.

"Ek het die gawe, wat op die plaas ontwikkel het, as ’n roeping aanvaar en in selfvertroue met selfkritiek opgevolg. Beoordelings van deskundiges het my selfkritiek versterk, dog ook die opvatting van my werk verinnig. Bekronings, wat hoog staan, het my bekend gemaak en moed gegee. Materialistiese bemoeienis met my gees se gawe, het soos water op vuur gewerk. Nabestaandes en vriende, wat geld as nommer een beskou het, kon my verdrietig, soms wanhopig maak. Hulle was die oorsaak dat ek in jare nie kon geskryf het nie. So iets kan die meeste mense nie begryp nie. Dit is sielkundig waar. Materialisme en kuns kan geen boesemvriende wees nie. ’n Kunstenaar moet sonder dwang met sy gawe en talent kan woeker."

Oor Jochem van Bruggen se skryfproses het Gerhard Beukes (Ons Eie Boek, 1951) vertel dat Van Bruggen se "skeppingswerk altyd worstelwerk" was. Verskillende mense wat bekend was met sy werksmetodes het dit vertel. "Vir persone wat sy werk goed ken, was hierdie bevestiging nie eens nodig nie – hulle kon dit uit die intensiteit waarmee elke sin en woord 'geleef' is en waarmee elkeen van sy karakters intiem leer ken is, reeds aflei. Onlangs het ek by Felix Lategan die eerste manuskrip van Ampie, die natuurkind, in Van Bruggen se eie handskrif in ’n paar oefeningboeke geskryf, deurgeblaai. Dit was asof ek in die handskrif voor my weer die hele skeppingsworsteling weerspieël kon sien. Die letters is hakkerig, bewerig en ongevormd – amper nes die stotterende gesprek van iemand wat vol grootse gedagtes is , maar so swaar uiting daaraan kan gee, omdat hy hakkel. (...)

"Wanneer ’n mens aan die realis Van Bruggen dink, dink jy vanself aan sy uitbeelding van die minderes in die lewe – die minderbevoorregtes, die minderwaardiges, die verstandelik-minderbedeeldes. Sy belangstelling in hierdie wesens was nooit dié van die moderne 'professionele' skrywer wat altyd op soek bly na gegewens en ’n stofgebied wat 'anders' is as die bekende nie. (...) Hy het hulle geken en verstaan soos sy eie huismense. Daarom kon hy ook hulle sielegang met sy onthullende gedagtespraak en openbarende geselsbrokkies so duidelik voor ons laat ontvou. En daarom spreek daar uit sy voorstellingswyse van hierdie boeretipes, die humor van gemoedelikheid – die laggie sonder die angel van die satire, sonder die bitterheid van die ironie en sonder die lagwekkende neerhaal van skynwaardes wat ons by die bloot komiese vind. (...)

"Van Bruggen bemin die onvolmaakte in die mens met ’n begrypende liefde. En eerder as om oor die onvolkomenheid te gaan treur, glimlag hy daaroor met ’n weemoed wat die mondhoeke in ’n laggie skeef laat trek naar die oë peinsend treur. (...) Om hierdie groot en wesentlike bydrae tot ons letterkunde sê ons vir Jochem van Bruggen met ’n warm handdruk: Baie dankie!"

VE Lategan het in Lantern van Desember 1981 Jochem van Bruggen se bydrae só opgesom: "Met Ampie het Van Bruggen die oorgangsfiguur geword wat die brug sou span uit die sukkeljare van Afrikaans tot ’n lewende taal en medium van ’n kragtige prosaskepping. Miskien kon hy juis sy krag en besieling put uit die aard van sy wese. Daar was so baie wat Jochem van Bruggen gehad het om te verwerk om aan sy menswees volle waardigheid te verleen. Van Bruggen was ’n skrale vyf-voet-tien en het moeilik beweeg. Sy spraakgebrek was opvallend – die vreemdeling moes hom inspan om sin te maak uit Jochem van Bruggen se onbeholpe woordvorming.

"Maar die spontane hartlikheid, verskuil agter ’n masker, het sy fisieke eienaardighede heeltemal oorskadu. Van Bruggen kon hom met oorgawe aan ’n geselskap gee; sonder strak gesigte en swaarmoedigheid is daar uitgesien na sy teenwoordigheid. Onder al sy gemoedelikheid en breë menslikheid het hy egter ’n opvlieënde humeur verberg. Dit was net by uitsondering dat hierdie drifbuie in hom gewoed het en gewoonlik was dit die gevolg van verwyte en, nog erger, sprekende en beskuldigende stilswyes. Dit was dus geen wonder dat die skrywer hom in hierdie opsig so kon inlewe in die gemoedslewe van sy natuurkind Ampie nie. (...)

"Waar het Van Bruggen voedsel vir sy gees gevind? Sy letterkundige smaak was suiwer. In Engels het hy veral groot waardering gehad vir Thomas Hardy, John Galsworthy en Bernard Shaw, terwyl hy in Hollands ’n voorliefde vir Van Looy se Jaap en Jaapje, Johan de Meester se Geertje en De Vries se Bartje gehad het. By Van Looy het hy die tegniek geleer om binne die vel van sy skeppinge te kruip en tot in die fynste besonderhede hulle introspektiewe mymergedagtes aan die leser bloot te lê, wonderlike vermoë waardeur Van Bruggen se karakters, en veral sy Ampie-skepping, tot sulke lewende gestaltes gegroei het.

"Daar is so baie waaroor ons Jochem van Bruggen moet huldig. Hy het nie net ’n groot bydrae tot ons letterkunde gelewer nie, maar ook tot ons kultuur. Hy stig ’n debatsvereniging, ’n toneelvereniging, asook ’n plaaskoor, terwyl altesaam 16 boeke uit sy pen verskyn het. Deur sy werke het hy deel gehad aan die stryd om ons taal te vestig. En nou, in 1981, kan ons met trots terugkyk na die lewe en werke van een van die grootste baanbrekers in die Afrikaanse romankuns."

In 1981, met die herdenking van Van Bruggen se 100ste verjaardag, het JP Smuts Jochem van Bruggen se werk in oënskou geneem: "Veral op grond van die eerste twee dele van die Ampie-trilogie het Van Bruggen baie jare lank ’n toonaangewende figuur in die Afrikaanse letterkunde gebly. Van Bruggen se belangrikste romanfigure is oorwegend minderbevoorregtes, die armblankes van sy tyd oor wie hy dikwels met groot deernis en ook bekommernis geskryf het. Dit is as sodanig nie noodwendig ’n tydgebonde aspek van sy werk nie, want skrywers deur die eeue het die vraagstukke van hulle tyd tot tema van hul werk gemaak. (...)

"Tema alleen bepaal nie sukses of mislukking nie – dit is die onderdele of gehele wat artistiek bevredigend geskryf is wat die toets van die tyd kan deurstaan. In die geval van Van Bruggen is daar nie enkelwerke wat deurgaans op ’n hoë vlak oortuig nie, maar hy het wel daarin geslaag om uitstekende onderdele te skryf. Sy leesbaarste romans is die Ampie-trilogie en Die sprinkaanbeampte van Sluis.

"In sy beste oomblikke breek Van Bruggen meermale weg uit die geykte beeld wat daar van hom bestaan dat hy ’n humor-realis is wat die klein mens in sy beperkte omgewing en met sy relatief geringe problematiek skerp bekyk en dikwels met ’n groot mate van simpatie uitbeeld. Dit is trouens opvallend dat van die allersterkste gedeeltes in sy werk opgebou is rondom sterfmomente, dié soort toneel wat ’n skrywer se vermoëns tot die uiterste toets. (...)

"Ondanks kras oordele wat al oor Van Bruggen se werk gevel is, moet ’n mens erken dat hy meer as net antikwariese waarde het binne die Afrikaanse literatuur. Hoewel die eietydse leser hom eerder spontaan aansluit by die literatuur van sy dag, bied Van Bruggen se werk knap onderdele en verteenwoordig sy beste romans ’n belangrike ontwikkelingstadium binne die Afrikaanse letterkunde." (Die Burger, 29 September 1989)

Publikasies:

Publikasie

Teleurgestel

Publikasiedatum

  • 1926
  • 1918
  • 1919
  • 1925
  • 1930

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Hertzogprys 1917

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Op veld en rande

Publikasiedatum

  • 1920
  • 1923
  • 1924
  • 1930
  • 1933
  • 1945

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die burgemeester van Slaplaagte

Publikasiedatum

  • 1922
  • 1924
  • 1929
  • 1935
  • 1936
  • 1950
  • 1951
  • 1952
  • 1953
  • 1854
  • 1958
  • 1983

ISBN

0628024045 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ampie: die natuurkind

Publikasiedatum

  • 1924
  • 1925
  • 1927
  • 1930
  • 1931
  • 1934
  • 1938
  • 1942
  • 1972

ISBN

0628001800 (hb)

Uitgewer

  • Amsterdam: Swets & Zeitlinger
  • Amsterdam: Wereldbibliotheek
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Hertzogprys 1925

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ampie: die meisiekind

Publikasiedatum

  • 1928
  • 1930
  • 1948
  • 1973

ISBN

062800401X (hb)

Uitgewer

  • Amsterdam: Swets & Zeitlinger
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Hertzogprys 1927

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ampie: toneelspel in drie bedrywe

Publikasiedatum

1930

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In die gramadoelas

Publikasiedatum

  • 1931
  • 1934
  • 1945
  • 1948

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Booia

Publikasiedatum

1931

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die sprinkaanbeampte van Sluis

Publikasiedatum

  • 1933
  • 1960
  • 1972
  • 1988

ISBN

  • 0627000304 (hb)
  • 0627015735 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Hertzogprys 1933

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Nuwe Afrikaanse kortverhale. Saam met Sangiro en Leon Maré

Publikasiedatum

1933

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: De Bussy

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In die maalstroom: ’n drama in ses bedrywe uit Die burgemeester van Slaplaagte

Publikasiedatum

1934

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Wraak

Publikasiedatum

1938

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met Ampie deur die depressie

Publikasiedatum

1939

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die noodlot

Publikasiedatum

  • 1939
  • 1942
  • 1944

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ampie. Deel drie: Die kind

Publikasiedatum

  • 1942
  • 1943
  • 1944
  • 1946
  • 1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Amsterdam: Swets & Zeitlinger
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Kranskop. Deel I: Oupa

Publikasiedatum

1943

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die damwal

Publikasiedatum

1945

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Stryd

Publikasiedatum

1949

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Haar beproewing

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Karakters op ons vlaktes: keurverhale. ’n Bloemlesing uit die prosawerk van Jochem van Bruggen

Publikasiedatum

  • 1952
  • 1957
  • 1961

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die weduwee

Publikasiedatum

1956

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ampie, die trilogie

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Drie prosastukke

Publikasiedatum

  • 1967
  • 1973
  • 1985

ISBN

  • 0627001695 (hb)
  • 0627014054 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Artikels oor Jochem van Bruggen beskikbaar op die internet:

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Jochem van Bruggen (1881–1957) appeared first on LitNet.

Nagraadse toekennings vir studie in enige vakdissipline in Afrikaans

$
0
0

Sperdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2016 (Akademiese jaar 2017).

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vir 2017 'n beperkte getal beurse/toekennings (vir een jaar) beskikbaar, bedoel vir nagraadse studie deur die medium van Afrikaans IN ENIGE STUDIERIGTING:

  • M-studie
  • D-studie
  • Voorkeur word verleen aan kandidate wat voltyds studeer.
  • Kandidate wie se navorsingsvoorleggings (M en D) reeds by sy/haar universiteit goedgekeur is, word versoek om skriftelike bewys hiervan voor te lê as ook 'n beknopte opsomming van die studie.
  • Kandidate in hulle tweede of derde jaar van studie vir die betrokke graad kan eweneens vir 'n beurs kwalifiseer.  
  • Van studente word verwag om saam met hul aansoek 'n benaderde begroting in te dien en eweneens verslag te doen oor alternatiewe/bykomende finansiering.
  • Voorkeur word verleen aan studente wat by 'n Suid-Afrikaanse universiteit ingeskryf is en wat oor die Suid-Afrikaanse nasionaliteit beskik.
  • Aansoeke sluit op 31 Augustus 2016 en moet op die voorgeskrewe vorm gedoen word. Die vorm moet volledig voltooi word.
  • 'n Aanbeveling van die studieleier/promotor MOET by die aansoek ingesluit word.
  • LET WEL: Suksesvolle kandidate kan die eerste paaiement van hulle beurse gedurende Maart 2017 aanvra, mits die SA Akademiekantoor die oorspronklike kontrakte reeds ontvang het. Die tweede en laaste paaiement is einde Junie 2017 betaalbaar. Die aanvraag om die tweede en laaste uitbetaling moet vergesel word van 'n bevredigende vorderingsverslag van die studieleier/promotor. Uitbetaling van die beursgeld is onderhewig aan die aanvaarding van die beurse en die gelyktydige ondertekening van 'n leningsooreenkoms wat slegs van krag word sodra 'n kandidaat sy/haar studie voortydig staak, nie bevredigende vordering maak nie of sy/haar studies nie binne die gestelde studieperk voltooi nie: In die geval van 'n M-studie: maksimum drie jaar; In die geval van 'n D-studie: maksimum 4 jaar.Die beurs/toekenning is ook terugbetaalbaar indien die student nie sy/haar studies sou slaag nie. Die leningsooreenkoms word ewewens van krag in geval van enige ander ongerymdhede wat met die beurs/toekenning verband hou.

M-studie

Beurse tot 'n maksimum van R60 000 (eenmalig) en registrasiegeld vir twee opvolgende studiejare is betaalbaar vir studie deur en in Afrikaans in enige studierigting - hetsy in die geestes- of die natuurwetenskappe. Die eindproduk van die studie, in die geval van 'n proefskrif MOET in Afrikaans wees.

  • Die eindproduk van die studie – byvoorbeeld 'n verhandeling of skripsie MOET in Afrikaans wees en as sodanig vir eksaminering ingedien word.
  • Vertalings uit enige ander taal is onaanvaarbaar.
  • Die aard van die studie en faktore soos voltydse of deeltydse studie speel 'n rol by die bepaling van die bedrag wat toegeken word.
  • Indien 'n kandidaat benewens 'n skripsie ook van die opsie van vraestelle gebruik maak, MOET die opsie Afrikaans vir die skryf van die vraestelle gekies word.
  • Afhangende van die vordering met die studie en die aanbeveling van die betrokke studieleier, kan 'n kandidaat aansoek doen om die betaling van registrasiegeld vir die tweede studiejaar.
  • Die derde jaar van studie word as 'n grasiejaar beskou en 'n kandidaat word geag om sy/haar M-studie aan die einde van sy/haar derde jaar af te handel.

Indien nie aan laasgenoemde vereiste voldoen word nie, tree 'n leningsooreenkoms in werking wat 'n kandidaat verplig om die beursgeld wat oor die volle tydperk aan hom/haar uitbetaal is, met rente terug te betaal. Van 'n kandidaat word verwag om by die toekenning van 'n beurs ‘n leningsooreenkoms te teken. Daar moet jaarliks bewys van registrasie gelewer word.

D-studie

Beurse tot 'n maksimum van R120 000,00 (eenmalig) en registrasiegeld vir twee opvolgende studiejare is betaalbaar vir studie deur en in Afrikaans in enige studierigting - hetsy in die geestes- of die natuurwetenskappe. Die eindproduk van die studie, in die geval van 'n proefskrif MOET in Afrikaans wees.

  • Indien ander uitkomste vir die D-studie vereis word, byvoorbeeld 'n reeks verwante tydskrifartikels, moet die meerderheid van die artikels – of minstens drie artikels in Afrikaans – vir eksamendoeleindes aangebied word.
  • Vertaling uit enige ander taal is onaanvaarbaar.
  • Afhangend van die vordering van die studie en aanbevelings van die betrokke promotor, kan 'n kandidaat aansoek doen om befondsing van registrasiegeld vir 'n tweede en opvolgende derde studiejaar.
  • Die vierde jaar word beskou as 'n grasiejaar.
  • 'n Student word geag om sy/haar studies aan die einde van sy/haar vierde jaar af te handel.

Indien die student nie, soos kontraktueel ooreengekom, sy studie in Afrikaans in die gegewe termyn van vier jaar afhandel nie tree 'n leningsooreenkoms in werking wat 'n kandidaat verplig om die beursgeld wat oor die volle tydperk aan hom/haar uitbetaal is, met rente terug te betaal. Van ‘n kandidaat word verwag om by toekenning van 'n beurs 'n leningsooreenkoms te onderteken. Daar moet ook jaarliks bewys van registrasie gelewer word.

Bepalings:      

1. Aansoeke sluit op 31 Augustus 2016.
2. Uitslae word in die begin van Desember 2016 bekend gemaak.
3. Motiverings vir studie moet in goed versorgde Afrikaans aangeheg word.
4. Aansoeker ontvang 'n erkenning van aansoek ontvang vanaf die Akademiekantoor. Dit bly egter die aansoeker se verantwoordelikheid om te bevestig of die SA Akademie
sy/haar aansoek wel ontvang het.

Vir aansoekvorm en enige navrae kontak:
Melanie Rens
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Tel: 086-1333-786
beurse@akademie.co.za

The post Nagraadse toekennings vir studie in enige vakdissipline in Afrikaans appeared first on LitNet.

Foto's: SAAWK-spitsberaad oor hoëronderwysinstellings

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 17 Februarie 'n spitsberaad gehou om die toestand van die universiteitswese in Suid-Afrika te bespreek.

spitsberaad

Spits-12
Links na regs: Niek Grové, Chris Klopper, Anne-Marie Beukes en Irma Eloff
Links na regs: Piet le Roux (Akademiese hoof van Akademia), Hennie van Coller, Wynand Greffrath, André Duvenhage en Herman van Schalkwyk
spits-hennie spits-herman
Hennie van Coller. Lees sy bydrae hier. Herman van Schalkwyk
spits-wessel spits-duvenhage
Wessel Pienaar (Voorsitter van SA Akademie) André Duvenhage. Lees sy bydrae hier.
spits-klopper
Chris Klopper (SAOU)
Theuns Eloff
Paul Colditz (Fedsas)
Pierre Edwards (Hoof: Afrikaans Hoër Seunsskool)
Seymour Bothman (ATKV)
Spits-2

 

Foto's verskaf.

The post Foto's: SAAWK-spitsberaad oor hoëronderwysinstellings appeared first on LitNet.

Farid Esack se Johan Combrink-gedenklesing

$
0
0

 

“As gelowige Moslem glo ek dat ek eendag sal moet antwoord: Wat het jy gedoen vir Afrikaans?” – Farid Esack 

Op Donderdag 18 Februarie het Farid Esack die jaarlikse Johan Combrink-gedenklesing gehou. Hierdie lesing val onder die sorg en toesig van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n filiaal van die ATKV.

Die VVA bevorder lees deur boektrommels uit te deel aan behoeftige instansies en deur die opleiding van onderwysers en leerhulpe om kinders wat met Afrikaans sukkel te ondersteun – veral as daardie kinders deur hulle ouers by ’n Afrikaanse skool ingeskryf is.

Hoewel die klem op Afrikaans is, doen beide die ATKV en die VVA baie om moedertaalonderrig te steun. “Ons moenie Afrikaans in ’n taalkraal injaag nie,” sê Amanda de Stadler van die VVA.

Elke storieboek wat in die boektrommels geplaas is, het weer die vermoë om leer te bevorder. So is Parmant en Babalela (LAPA) in die trommel om vir kinders te leer dat dit reg is om nee te sê as iemand met hulle wil lol. (Lees ’n volledige artikel hier.) Die groot skreeudag (Protea) help leerders om oor hulle emosies te gesels, en Wie jy ook al is (Garamond) maak dat jong lesers verstaan ons almal se bloed is rooi en dat ons eintlik almal dieselfde is, wie jy ook al is.

De Stadler vertel dat sy Wie jy ook al is eenmaal by ’n kleuterskool voorgelees het, waarop ’n seuntjie ná die tyd sy vinger so op sy wang sit en sê: “Ek het nou nog nooit só daaraan gedink nie.”

Danny Titus, wat daarna vir Esack moes bekendstel, sê toe: Is dit nie wonderlik nie? Ons moet almal soms ons vingers op ons wange sit en erken dat ons nog nooit só oor ’n saak gedink het nie.

Titus sê die ATKV is trots daarop om projekte aan te pak wat mense kan laat sê: “Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.”

“Vir ons staan diversiteit voorop,” sê hy. Dit is belangrik dat ons daaraan moet dink dat die meeste moedertaalsprekers van Afrikaans swart is. Die sensus wys 50% van die mense vir wie Afrikaans ’n moedertaal is, is sogenaamd bruin, net 40% is wit, 9% is swart en 1% is Indiër. Ons moenie vergeet dat meer 600 000 “African”-mense hulle moedertaal as Afrikaans gegee het nie.

Ons moet ook nog baie meer doen om die Bo-Kaap se rol in Afrikaans te erken, en beslis veel meer om aan die Moslemgemeenskap in die breë erkenning te gee, aldus Titus.

Hy is baie trots op die VVA en die rol wat De Stadler en haar regterhand, Chareldine van der Merwe, speel in die opbou van Afrikaans. Hulle maak ’n verskil.

Daarna het hy Esack voorgestel.

Farid Esack is in 1959 in Wynberg gebore. Sy gesin is deur die apartheidregering gedwing om Bonteheuwel toe te trek.

As negejarige sluit hy aan by ’n herlewingsbeweging, Tablighi Jamaat, en as tienjarige gee hy reeds lesse by die plaaslike madrassa. Op 15 wen hy ’n beurs om in Pakistan te studeer.

Esack is toe reeds baie bewus van die apartheidonreg en voor hy na Pakistan vertrek, word hy verkies as die voorsitter van National Youth Action.

Hy studeer agt jaar in Pakistan, maar hy sukkel met die outoritêre houding van sy leermeester en met die diskriminasie teen Christene, want in Bonteheuwel leef Moslems en Christene naas mekaar.

Esack word ’n medestigter van Call of Islam en ’n leiersfiguur in die World Conference of Religions for Peace. Hy het verskeie boeke en akademiese titels oor die Islam geskryf en dien ook as ’n kommissaris vir geslagsgelykheid in Suid-Afrika. Hy het al by verskeie plaaslike en internasionale universiteite gedoseer, onder andere by Harvard. Tans is hy professor in Islamstudies en hoof van die Departement Godsdiens aan die Universiteit van Johannesburg, en president van die International Society of Qu’ranic Studies.

Esack het daarna die podium betree en gesê so ’n inleiding laat hom altyd ongemaklik, want hy is eintlik net ’n laaitie van die Bonteheuwel.

Hy sê om dit te bevestig gaan hy begin met ’n storie wat gewoonlik nie tuishoort by ’n akademiese lesing nie, maar dit is nodig. Toe hy by Harvard ’n dosent was, het hy ’n slag sy skoonsus gebel en gedurende die gesprek ’n wind gelaat. Onmiddellik stop sy skoonsus en sê: “Farid, het jy gepoep?” Waarop hy toe maar bevestigend antwoord. “Prys Allah!” sê sy skoonsus toe. “Jy het nog nie vergeet waar jy vandaan kom nie.”

(Hier gaan Izak die joernalis tussenbeide tree. Johan Combrink sou geglimlag het, want hy het by geleentheid gesê: “Trots op jou grade? Onthou net ’n termometer het meer.”)

Wat hier onder volg, is ’n poging om Esack se ryk en uitdagende toespraak ten beste op te som. Ons het ná die tyd vir ’n kopie van die toespraak gevra, maar hy het van aantekeninge af gepraat en die toespraak was nie uitgeskryf nie.

LitNet het ’n funksie om onder hierdie berig kommentaar te lewer en die verskeie akademici wat daar was, sou dalk tot hierdie gesprek wou bydra.

Wat volg, is dus gebaseer op die aantekeninge wat ek tydens die lesing gemaak het.

Gemak met wie hy is

Esack het by verskeie geleenthede daarna verwys dat sy identiteit en dié van alle ander taalgebruikers vervleg is met ander s’n en beslis nie enkelvlakkig is nie. Hy bevind hom soms in die rol van 'n akademikus wat hom voorgee as aktivis; ander kere voel hy meer soos 'n aktivis wat hom voorgee as akademikus. Hy is gemaklik daarmee.

Mense wonder dikwels hoekom 'n leftie, 'n lid van die ANC, so sterk staan vir Afrikaans. Dit is maklik: Afrikaans is sy eie erfenis en deel van sy geskiedenis. Hy bly 'n laaitie uit die Bonteheuwel.

“Dit is 'n groot deel van wie ek is,” se Esack. “Dit is 'n gemeenskap wat mekaar ondersteun. Daar was altyd te min om te eet, maar as daar 'n kuiergas kom, dan gesels jou ma in die voorkamer terwyl jy by die agterdeur uithardloop om gou by die bure te bedel sodat jy vir die gas iets kan voorsit.”

Engels as klasaanduider

Afrikaans was ook die taal wat die imam gepraat het, maar die raad van die moskee was Engels, want hulle was belangriker as die imam.

Die sokkervergaderings was in Engels, want hulle wou belangrik wees.

Op skool was daar altyd een klas vir die Engelse kinders wat gedink het hulle is beter.

Van jongs af was Esack dus bewus daarvan dat daar binne die Bonteheuwel-gemeenskap reeds teen Afrikaans gediskrimineer is en toe vervies hy hom: al was hy al die jare in die Afrikaanse klas, het hy gevra om sy laaste skooljare in Engels te doen, want hy wou aan daardie beterweteriges wys dat hy hulle kon klop in hulle eie taal. Hy hét. Ook in die Engelse klas het hy eerste gestaan.

’n Veelvlakkige heelal

Almal praat deesdae van dekolonisering, maar wat beteken dit? Vir baie mense beteken dit klakkelose aanhang van Engels ten koste van alle ander tale. Dit is verkeerd, want daar is nie net een manier van menswees nie. Nie alles hoef McDonald’s-vriendelik te wees nie – dit is ontmagtigend, nie bemagtigend nie.

Die tragedie van die nuwe Suid-Afrika is dat daar geen plek vir jou is as jy nie Engels is nie. Almal praat van pluraliteit, maar wat ons doen is ontmagtigend. Dit is minagtend.

Daar is ’n ontkenning van die sogenaamde minderheid. Selfs Zoeloesprekendes word behandel asof hulle 'n sogenaamde minderheid is. Maar die Engelse is éintlik die minderheid

Tog: ons woon in ’n veelvlakke heelal. Dit is ’n pluriverse, nie universe nie.

Bemagtiging moet in in die uitbou van diversiteit wees; ons moet almal daarvoor verantwoordelik wees.

Godsdiens baie belangrik

Esack is ’n diep gelowige mens en hy moedig mense aan om hulle geloof uit te leef. Op pad na die lesing, op die lughawe, was daar ’n lid van die grondbemanning wat duidelik ook ’n ander werk het, want sy dog collar was sigbaar onder sy SAA-baadjie. Dié man is ’n priester én ’n tegniese lid van die grondpersoneel. Die man is dus gelowige én tegnikus. Op ’n soortgelyke noot was Esack vreeslik trots op ’n vroulike loods wat hy by geleentheid gesien het met ’n sluier oor haar kop. Sy is vrou, sy is Moslem en sy is ’n loods.

Moslems en die manier waarop die Moslems voortbestaan in Suid-Afrika, moet dien as ’n inspirasie vir Afrikaans.

Die Moslems is reeds 370 jaar in Suid-Afrika. “Ons is ’n minderheid. Ons gaan nêrens nie. Ons is Slams; ons ken nie ’n ander plek nie.”

Die Moslems in Suid-Afrika is trots op die groot, groot voetspore wat hulle oor die wêreld heen trap.

“Hier is ek van die Bonteheuwel, die hoof van die grootste projek in Koranstudies in die wêreld.”

Die Moslems in Suid-Afrika doen al hierdie dinge sonder ’n staat en sonder staatsondersteuning.

Afrikaans ook moet ook so kan voortbestaan: sonder die staat.

Versoening

Hy woon in ’n Joodse buurt. Die gebou waarin hy woon, het twee hysers. Bo die een staan Service en bo die ander Residents. Elke woonstel het selfs twee deure. Dieselfde woorde het destyds bo die die deure gestaan.

Dit is kodes. In Afrikaans was die kodes net duideliker: Blank en Nie-Blank. Die probleem is dat baie Engelse nie besef dat hulle ook deel gehad het in die stelsel nie.

Esack noem dit as ’n bron van frustrasie, maar hy blameer nie net nie. Ook hy wat homself 'n aktivis noem, is soms blind vir die sisteem. Hy noem toe ’n voorbeeld aan ons: die uitgekontrakteerde sekuriteitswagte wat hulle blok oppas, verdien 'n bitter klein salaris en werk onmenslike ure. Hy self het dit nooit besef nie, al gesels hy soms met hulle.

Dit het alles verander toe 'n student hom bel en vertel dat die een sekuriteitswag se pa oorlede is. Die liggaam moet terug na Zimbabwe. Esack gaan kuier toe by die gesin en vind in die eerste plek uit hoe haglik hulle lewe. In die tweede plek hoor hy toe wat die man betaal word. Hulle as gesin sou op geen manier vir die vervoer van die liggaam kon betaal nie; dit sou byna ’n jaar se salaris verg.

Esack bied toe aan om die volle bedrag te betaal, maar hy gaan klop toe ook by ander in die gebou aan, vertel hulle hoeveel die wagte verdien en vra hulp. Hy het heelwat hulp gekry.

Daar is ’n opvolg op hierdie storie, maar dit is belangrik dat hy, en die ander in die gebou, bewus moes word van die onreg voor hulle kon optree. Met hand in eie boesem gee hy toe hy was nie voorheen bewus daarvan nie.

Die onderdrukte word onderdrukker

Dit is en bly interessant dat almal decolonisation koppel aan die voorstoot van Engels. Maar dink 'n bietjie: die vroue en kinders wat in die Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het, is deur die Engelse onderdruk. Dieselfde geld vir die onderdrukking in Indië en Birma. Ter plaatse het die Engelse dikwels ander kodes gebruik, soos Service en Residents, maar hulle was deel van die stelsel.

Afrikaans kry nou alleen die skuld vir ons land se euwels en mense dink bemagtiging is gelyk Engels, die taal van die koloniseerder.

Die probleem is: nou gaan die gemors voort. Dieselfde patrone van onderdrukking van "die ander" gaan nou klakkeloos voort in ons land en niemand sien dit raak nie.

Die feit dat jy eenmaal onderdruk is, beteken nie dat jy nie gaan onderdruk nie. Palestina is 'n goeie voorbeeld van 'n groep mense wat erg onderdruk was en nou nie kan raaksien dat hulle besig is met gruwels teen die Palestyne nie.

Die toenmalige slagoffers in Suid-Afrika gebruik nou Engels as stormram: hulle onderdruk nou sonder om dit te wil besef.

Slagofferskap as wapen

Slagofferskap kan ook gebruik word as wapen van onderdrukking. Esack sê: “So lank ek my gevange hou weens ander, sal ek nooit vry wees nie.”

Slagofferskap kan 'n identiteit word, maar dit is ’n keuse hoe lank jy daardie identiteit jou eie wil maak.

Kom ons neem 'n swart man wat swak betaal word, onder haglike omstandighede werk en daagliks rassisme ervaar by die werk, sê Esack. As hy dan in die aand sy vrou slaan omdat hy in die dag 'n slagoffer is, het hy daardie identiteit aangeneem en geïnternaliseer.

Maar dit is waar dit vir die buitestander nodig is om te sê: “Ek kan nie met jou identifiseer as jy jou vrou slaan nie. Ek kan identifiseer as jy in die dag 'n slagoffer is, want daar is of was ek ook, maar nie as jy in die aand jou slagofferwees op jou vrou uithaal nie.”

Met sy stout glimlaggie sê Esack: "Ek as 'n bruin man het altyd 'n edge. Dit gaan oor hare. Daar is ’n rede waarom ek ek my kop so kaal skeer, want dit versteek my kroes. Kroes of straight, ons is almal slagoffers, maar ons is ook mense wat bemagtig is, of nie."

Dit is dus vir almal nodig om te besef: ons moenie ons slagofferskap teen ander gebruik nie.

Identiteit is nie eenvoudig nie

Ons moet liefde vir taal kweek, ons moet ons taal bemark, maar ons moet ook historiese onregverdigheid regstel. Identiteit is nie eenvoudig nie.

Hy wys daarop dat die apartheidregering bekend was vir 'n baie goeie administrasie. Dit is prysenswaardig, al is slegte goed so goed gedoen.

Selfs uit Bonteheuwel kom daar goeie mense. Kyk na Ashley Kriel.

Dus? Ons moet besef ons het baie gemeen, maar ons is ook uniek.

Ons moet die pyn erken. Russel Botman het by 'n vorige lesing vertel hoe hy as skakelbeampte vir die studentebeweging uitgereik het na die wit mense. Toe gebeur 1976 en die pyn maak dat die pogings om uit te reik en te versoen bitter moeilik geword het. Die ergste was dat dit die moedertaal van baie mense seergemaak het. Gaan kyk na die apartheidsmuseum in Johannesburg. Die skreeuende plakkate verkondig dat dit Afrikaans is wat die pyn veroorsaak het.

Hoe kan ons dit as ’n positiewe inspan?

Esack sê: Kom ons sien ook die goeie in hierdie prentjie. Die dood van Hector Pieterson was ook 'n keerpunt. Dit was die begin van die einde. Ja, dit het lank geneem om die einde te bereik, maar in die gebeure van 1976 lê daar dus iets wat ook positief was.

Die oomblik van die grootste pyn was ook die keerpunt.

Daardie veiligheidswag het toe sy pa in Zimbabwe gaan begrawe, danksy almal se geldelike bydraes, maar toe hy die dag terug is by die werk, word hy summier afgedank omdat hy dit durf waag het om aan ’n buitepersoon te vertel wat sy salaris is.

Wat is goed daaraan? Die positiewe is dat daar nie net in hulle woonstelblok nie, maar ook regdeur die streek vrae gevra word aan en oor daardie maatskappy. Die bepaalde veiligheidswag se dilemma én jare van lojale diens het bekend geword en hy het verskeie werksaanbiedinge gekry.

Dus, ons moet almal verantwoordelike burgers wees wat vra:

  • Wat kan ek doen?
  • Hoe gebruik ek die taal?
  • Hoe kan ons kolleges ondersteun?
  • Hoe kan ons werkers ondersteun?
  • Hoe kan ons moeilike geleenthede ten beste benut?

Die ek teen die elite

Die hedendaagse elite is gewoon nie geïnteresseerd in Zoeloe, Sotho of Xhosa nie. Esack sê dit is teken van 'n gebroke gemeenskap.

Dit is dus ons verantwoordelikheid. Elke individu moet kan vra: Hoe moet ek die regte ding doen?

Ons moet onsself in in die gesig kan kyk en vra: Het ék opgestaan?

“As gelowige Moslem glo ek dat ek eendag sal moet antwoord: Wat het jy gedoen vir Afrikaans?”

Kyk na die VVA, sê Esack. Kyk wat die VVA doen om mense op te hef. Hier is taal verwyder van ras; dit is gekoppel aan bemagtiging. Afrikaans is nog steeds aan die ontwikkel. En elke geslag gaan verantwoordelik gehou word vir dit wat ons vir die taal doen.

Chareldine van der Merwe, die ander 50% van die VVA-personeel, het die aand afgesluit.

Foto's en teks: Izak de Vries

The post Farid Esack se Johan Combrink-gedenklesing appeared first on LitNet.

ATKV-Herfsskryfskool weer met trots in 2016 aangebied

$
0
0

31 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so.

Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul loopbane kom vind. Van 14–18 Maart 2016 bied die ATKV-Skryfskool weer so ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede.

Bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale, geestelike fiksie en gedigte: Harry Kalmer, Debbie Loots, Loftus Marais, Anzil Kulsen, Susan Coetzer, Hans du Plessis en Franci Greyling.

Die hartklop van die Herfsskool was nog altyd die werkwinkels waartydens Herfsskoolgangers kan slyp aan die pennevrugte wat hulle by inskrywing moet voorlê. Helena Hugo (geestelike fiksie), Heilna du Plooy (verhaalkuns) en Bernard Odendaal (digkuns) sal die leiding by die drie werkswinkelgroepe neem.

’n Ander sterkpunt van die Herfsskool is dat kursusgangers uit die spreekwoordelike perd se bek kan hoor wat uitgewers verwag van skryfwerk wat die paal gaan haal by die manuskripkeurders. In 2016 kom maak verteenwoordigers van Protea Boekhuis, Lapa-uitgewery, Maroela Media en enkele selfpublikasie-diensverskaffers ’n draai by die Herfsskool.

Stel jy belang om die Herfsskool 2016 by te woon? Kom in aanraking met Kobie van Aswegen (sekretaresse) van die ATKV-Skryfskool: kobie.vanaswegen@nwu.ac.za; tel 018 299 1783.  Skakel met Bernard Odendaal, direkteur van die ATKV-Skryfskool vir onderhoude: bernard.odendaal@nwu.ac.za; tel 018 299 1782.

The post ATKV-Herfsskryfskool weer met trots in 2016 aangebied appeared first on LitNet.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns veroordeel geweld op kampusse

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is ernstig besorg oor die huidige vlaag van redelose geweld op kampusse en die skadelike uitwerking daarvan op gehalteonderrig en navorsing in die nasionale tersiêre opvoedingsektor. Geen Suid-Afrikaner, van watter kultuur, religie of politieke oortuiging ook al, ook die mopoproeriges, het belang by die aftakeling van ons universiteite nie, aldus die Akademie.  Sinnelose eise wat volgens berigte deur groepe ten koste van Afrikaans as onderrigtaal en administratiewe taal gestel word, is klaarblyklik polities geïnspireer en alle aanduidings is daar dat rassisme (antiblank) ’n onderliggende faktor in die konflik is.  Dit getuig ook van totale onkunde oor Afrikaans as taal wat deur ’n meerderheid niewit Suid-Afrikaners gebesig word.  Byna 7 miljoen Suid-Afrikaners is moedertaalsprekers van Afrikaans en miljoene Suid-Afrikaners gebruik Afrikaans in die werkplek as tweede of derde taal. Dit lyk of Afrikaans gebruik word as slaansak om ander doelwitte te bereik.

’n Dringende beroep word op leiers van alle politieke partye gedoen om hulle faksies tot orde te roep en te sorg dat ’n kosbare bate – die tersiêre opvoedingsektor in Suid-Afrika – sy status van uitnemendheid in landsbelang behou.  Die Regering van die dag, by name die Minister van Hoër Onderwys, moet in hierdie geval sy magte gebruik en ’n sterk standpunt inneem en nie toelaat dat universiteitskampusse letterlik slagvelde vir ideologieë word nie.  Die SA Akademie besef dat besture van universiteite, by name die rektore, onder geweldige druk verkeer en nie in werklikheid toegerus is om bogenoemde konfliksituasies te hanteer nie. Daarom is dit des te meer die Regering se taak en plig om dissiplinêr in nasionale belang op te tree.

The post Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns veroordeel geweld op kampusse appeared first on LitNet.


Eleanor Baker (1944–2002)

$
0
0

Gebore en getoë

Eleanor Elizabeth is op 21 Augustus 1944 in Pretoria gebore. Sy was die tweede oudste van vyf kinders – vier dogters en een seun – van Christie en Ena Liebenberg. Haar pa was later jare professor in chemie aan die Universiteit van Pretoria. DF Malherbe was haar oupa se neef.

Eleanor het haar grootwordjare op ’n plasie buite Pretoria deurgebring. Sy kon onthou hoe haar pa altyd nadat hy smiddae by die huis gekom het, sy ou klere aangetrek het om die plaas op sy trekker te verken. Vandat sy ses jaar oud was, het sy alles wat sy kon vind, gelees. Pretoria het ’n deurslaggewende rol in haar lewe gespeel deurdat haar pa daar aan die universiteit gewerk het en sy daar skoolgegaan het.

Toe sy op hoërskool was, wou haar ouers gehad het sy moet wiskunde neem, maar Eleanor het geweet sy wil eendag skryf en het toe tik geneem, aangesien dit nuttig te pas sou kom in haar skryfwerk. In 1957 het sy begin om dagboeke te hou – die een het op die ander gevolg en sy het dit later as goeie oefening gesien wat baie daartoe gehelp om haar gedagtes te orden.

Eleanor matrikuleer in 1961 aan die Hoërskool FH Odendaal in Pretoria.

Verdere studie en werk

Na skool gaan Eleanor na die Universiteit van Pretoria, waar sy aanvanklik BMus studeer. Sy verwerf ook haar onderwyskwalifikasie en in 1968 behaal sy haar MA-graad cum laude onder Elize Botha. Vanaf 1967 tot 1975 gee sy onderwys in Johannesburg.

In 1969 trou sy met Walter Baker, ’n Engels-onderwyser, wat by die diplomatieke diens aansluit. Hulle gaan in 1975 na Teheran in die destydse Persië, waar hulle vir drie en ’n half jaar bly. Alexander, hulle oudste kind, is in Teheran gebore. Hulle woon daar totdat die revolusie in 1979 uitbreek.

Die tyd in Teheran voordat die revolusie uitgebreek het, was vir haar baie interessant en opwindend – dié beste tyd vir haar in die buiteland, het sy aan Louis Krüger (De Kat, Augustus 1988) vertel: “Aanvanklik het ek die plek gehaat, maar toe ons moes weggaan en alles besig was om in duie te stort, het ek die hardste van almal gehuil. [...] Maar ek verlang nie terug nie – dit is meer ’n soort nostalgie soos wat ’n mens ervaar vir enige land waar jy gewoon het.” Eleanor was ses maande swanger met Christine toe sy haar man in Iran moes agterlaat en met Alexander moes vlug.

In 1980 verskyn As ’n pou kon vlieg, wat oor hulle verblyf in Teheran handel. Vir Hilda Grobler (Hoofstad, 31 Julie 1980) was Eleanor se uitbeelding van die atmosfeer van die stad, die revolusie wat aan die opbou is, die stadig maar sekere ondergang, die haat en die ontevredenheid wat onder dié wat dit nie so breed gehad het nie, besig was om tot uitbarsting te kom, baie goed. “’n Mens voel nêrens dat iets vir effek gedoen word nie: die gegewens, en die bedaarde en objektiewe wyse waarop dit uiteengesit word, skep self die effek, en dit is ’n ontstellende effek wat die leser meesleur en laat voel dat hy self die woedende opstand van die massa in Teheran beleef.”

Hulle kom terug na Suid-Afrika en na die geboorte van Christine gaan woon die gesin vir drie jaar in Den Haag in Nederland, daarna vir twee en ’n half jaar in Montreal, Kanada, en ook in Brussel.

In 1994 keer die gesin na Suid-Afrika terug, waar hulle hulle vir eers in Brooklyn in Pretoria vestig voordat hulle in 1997 in Klein Brakrivier aan die Kaapse Suidkus gaan aftree. Eleanor vertel aan Wilhelm du Plessis (De Kat, Junie 2001) dat hulle dit die paradys noem. “Daar is walvisse in die winter van die bo-stoep af, andersins see en sand, en hoofsaaklik vrede. Ja, ek mis Europa, veral Holland wat naas die Suid-Kaap my geliefkoosde plek op die aardbol is, maar dit is ’n geval van ‘been there, done that’.”

Op 1 Julie 2002 is Eleanor oorlede as gevolg van longinfeksie nadat sy twee maande vroeër met limfkanker gediagnoseer is.

Eleanor se eerste boek wat sy vir publikasie voorgelê het, is summier afgewys, en so ook die tweede een. Die tweede een stuur sy toe na ’n ander uitgewer om nog ’n opinie te kry. Hierdie keer het die uitgewers haar geskakel en met haar daaroor gesels. “Hulle het my aangemoedig om te skryf en ’n paar veranderings voorgestel,” vertel Eleanor aan Louise le Roux (Oggendblad, 3 Maart 1982).

Eleanor se eerste roman, Wêreld sonder einde, word in 1972 deur Perskor uitgegee. Daarin leer die leser vir mevrou Bildendyk ken. Sy is ’n eensame, versukkelde en arm vrou in haar kamertjie wat sy teen lae koste huur. Sy leer ken die jeugmisdadiger Ricky, wie se bende hom mishandel. Sy pas vir Ricky vir ’n paar dae in haar kamer op sonder dat iemand dit uitvind. Deur hierdie omstandighede het twee uiteenlopende wêrelde en perspektiewe bymekaar uitgekom: haar sagmoedigheid en gemis na haar dogter oorsee en Ricky met sy opstandigheid omdat sy ma hom verstoot het, asook die agtergrond waarteen hy lewe.

Vir AJG in Oggendblad van 5 Februarie 1973 is die verhaal leesbaar. Die skrywer toon beslis dat sy ’n vermoë het om te skryf. Sy kort egter nog verfyning op tegniese gebied.

AvZ (Volksblad, 26 Junie 1973) beskryf Wêreld sonder einde as ’n boeiende verhaal met ’n tema wat die verhaal besonders maak. "Dit is ’n voortreflike roman wat tema en styl, gedagte en beeld betref."

Vir Eleanor is mense en die verhoudings tussen hulle baie interessant, en omdat dit vir haar belangrik is om te skryf, sal die leser dít wat sy waarneem, in haar skryfwerk vind, het sy in ’n onderhoud met Hettie Scholtz (Die Transvaler, 4 Januarie 1974) vertel.

“Ek dink dit is omdat ek op ’n plaas grootgeword het, dat ek so behep is met die invloed wat die stad op mense se morele kode het. Ek het êrens gelees dat iemand sê dat dit vandag die Afrikaanse skrywer se plig is om aandag te gee aan die groot probleem van ons tyd – die wit-swart-verhouding. Maar al gee ek dit toe, kan ek nie daaroor skryf nie. Ek voel my aangetrokke om oor maatskaplike en menslike probleme te skryf – soos in my tweede roman Splinterspel, wat die verhouding tussen ’n dominerende ma en haar kind uitbeeld. Ek het probeer aantoon dat daar soms ’n mate van regverdiging kan wees vir so ’n oorheersing. Niemand is ooit heeltemal ‘goed’ of ‘sleg’ nie.”

Splinterspel (1973) handel oor die geestelike versplintering van die hoofkarakter, Johanna, oudste dogter van ’n moeder wat haar dogter oorheers.

PD van der Walt (Transvaler, 20 Mei 1974) het as volg oor Splinterspel geskryf: "Dit is ’n kundige en kunstige roman wat besonder lesenswaardig is. Dis ’n treffende verhaal, iets bo die maat van die gemiddelde verhaal, en tog is dit vry van enige pretensie om groot literatuur te probeer wees. Miskien juis om die eerlike talentvolheid van die skryfster, en harde werk om ’n goeie roman te skryf, is Splinterspel iets heel besonders.”

Hannie Schutte (Transvaler, 4 Februarie 1974) het gemeen dat Baker dit vir haarself moeilik gemaak het deur die beskrywing van die geestelike verval in die eerste persoon te skryf, "want om in die beelding van geestelike wanbalans die ewewig te bewaar tussen werklikheid en waansin, is moeilik genoeg, maar om dit te doen in die mond van die persoon wat die versplintering ondergaan, vereis ’n sekere meesterlikheid. Die spanning in die verhaal word mooi volgehou, en die legkaart van Johanna se lewe word stuksgewys uit haar eie mond voltooi.”

Volgens Anna van Zyl (Volksblad, 21 Mei 1974) het Eleanor Baker beslis skryftalent. “Sy kan werklik beeld soos blyk uit die hoogtepunte. Maar sy moet haar meer toelê op die gedagte van werklike eenheid tussen gedagte en uitdrukkingswyse om so tot oortuigende gestaltegewing te kom.”

Gedurende haar skoolhoujare was dit vir Eleanor problematies om haar skoolhou en skryf effektief te kombineer. Haar skryfwerk het op sy beste gevloei wanneer sy na musiek luister en in die nag skryf, en lank voordat sy aan ’n boek begin skryf het, het sy al oor die tema begin tob, het sy aan Joan Kruger (Vaderland, 9 Maart 1974) vertel.

“Ek word rusteloos, maar snags, tussen wakker en slaap, wanneer my onderbewussyn verdoof is, kom die oplossing. Ek skryf vinnig en direk ná die derde hoofstuk ‘loop’ die karakters vanself. Ek kan nie vooraf sê wat hulle gaan doen nie. Elke karakter slaan sy eie rigting in en al wat ek kan doen, is om te sorg dat hulle getrou aan hulle identiteit bly.”

Sy het verder aan Kruger vertel dat sy dit as die skrywer se plig sien om oor ernstige dinge te skryf, “oor dinge wat saak maak, dinge wat verkeerd is, slegte dinge. Ek kan net skryf as ek betrokke is – as ek vere voel vir ’n ding, moet ek maar laat staan. Ek voel ook dat ek ’n hekel daaraan het om doelbewus modern te wees, om doelbewus drieletterwoorde te gebruik. Ek gaan nie meedoen aan enige mode nie. Natuurlik moet ’n mens getrou wees; jy moet sê wat jy moet sê. As dit nodig is, sal ek ook seksperversie en kru woorde gebruik. Maar dan moet dit vir die karakter nodig wees. Net soos ek doelbewuste kruheid verafsku, so verafsku ek ook preutsheid. Daardie kolletjies wat volg as dinge intiem begin raak. Dan moet ’n mens so iets liewer heeltemal uitlos.”

Eleanor dra haar boeke aan Walter op, want hy is ’n baie goeie kritikus en het ’n omvattende kennis van die letterkunde en kan haar dadelik op enige swakplekke wys.

Mørketiden word in 1975 gepubliseer, ook deur Perskor. Clinton Alexander, ’n gegoede man, is die hoofkarakter. In die "Voorspel" van die verhaal sien hy homself in die granietbeeldjie van ’n forel wat in ’n binnehof van ’n gebou vasgehou word deur die gerubyntjie. Die roman kan beskou word as ’n tipe psigodrama waarin die hoofkarakter na "sinvolheid" soek.

In Die Burger van 13 November 1975 skryf Abraham de Vries dat die res van die boek "hierdie soektog deur kamers en gange in ’n wetenskapsfiksie-wêreld vol terugkerende figure en met ondervragings, jeugherinnerings, letterlike kaalstropery en monoloë as handelingsaspekte (beskryf). Die titel wat letterlik 'die donker tyd' beteken, is die benaming van die jaar se allerdonkerste periode in die Skandinawiese lande: dié weke wanneer die son in streke van Noorweë glad nooit sy verskyning maak nie."

André P Brink het in Rapport (26 Oktober 1975) geskryf: "Daar is uitmuntende situasies in hierdie werk, hoewel daar ’n gebrek aan integrasie is. Al is die werk nie heeltemal bevredigend nie, is daar opwindende momente waaruit ’n onmiskenbare talent en komposisievermoë blyk."

In Die Suidwester skryf SEvZ dat ook in hierdie roman Eleanor nog altyd "die kundige hanteerder van taal en situasie bly, met ’n aanprysenswaardige vermoë tot dialoog. Daar is egter iets soos ’n versadigingspunt in die letterkunde. Ek reken ons is dié punt ten opsigte van die eksistensialistiese roman ook in Afrikaans reeds verby.”

In 1978 verskyn Monica by Tafelberg Uitgewers en weer eens neem die kritici van Eleanor notisie. Die hoofkarakter is ’n huisvrou, Monica, uit wie se gesigsaspek die verhaal vertel word. Sy is vasgevang in die roetine van haar daaglikse bestaan. JP Smuts (Die Burger, 27 Julie 1978) skryf verder: “Algaande word dit egter duidelik dat dié lewenswyse nie onverbiddelik deur die huislike opset op haar afgeforseer word nie, maar dat die soort bestaan waarin sy vasgevang is, ’n selfgeskepte gevangenis én skuiling is waarin sy, as neurotiese persoon, haar verskans teen die lewe en teen haar eie skuldkompleks. [...] Monica is ’n werk wat as soort baie nou aansluit by die ontwikkelingsroman en die biegroman.”

Só het Ronél Johl (Transvaler, 1 Julie 1978) oor Monica geskryf: "Dit is ’n roman wat van nougesette en deeglike vakmanskap getuig, asook ’n werk wat die uitdaging van direkte beelding en ongekompliseerde konstruering aanvaar het en wat oortuigend slaag, ondanks insinkings waar die eentonigheid begin verveel."

En André P Brink (Rapport, 18 Junie 1978) het geskryf: "Eleanor Baker se verdienste lê veral in die wyse waarop sy, ná ’n baie stadige begin, met groot subtiliteit en meedoë die patos van die menslike lot laag vir laag afskil soos ’n ui. Plek-plek ontkom sy nie aan die gevaar van dié prosedure nie: dat die voorstelling van verveeldheid sélf vervelig kan word. Maar dit is heel selde. [...] Met hierdie ryp en waardige roman – sy paar insinkinge ten spyt – het Eleanor Baker onmiskenbaar vir haar die reg verwerf om geréken te word in die merkwaardige versameling vroue wat aan ons jonger literatuur so ’n besondere dimensie verleen.”

In ’n Geslote boek, wat in 1981 verskyn, maak die leser kennis met Magdaleen, wat ’n sekretaresse by ’n firma in die buiteland is. Sy moet sakemanne op die lughawe ontmoet waarna hulle by haar in haar huis tuisgaan. Resensente het die verhaal as ’n "stuk sosiale kommentaar wat anders lyk" tot "Victoriaans en yl" beskryf.

In 1984 verskyn Weerkaatsings: ’n sprokie by Human & Rousseau, wat Eleanor self in Engels vertaal. Dit word ook in Hebreeus, Sweeds, Fins en Deens vertaal. In 1985 word dit met die Kaaplandse Helpmekaar-FAK-prys vir Ontspanningsleesstof bekroon.

In 1986 publiseer ’n Deense tydskrif, Allers, sowel as in ’n Finse tydskrif, dit as vervolgverhaal.

André P Brink (Rapport, 11 November 1984) som die storie as volg op: “[D]at Lize Bergen na België gaan om behandel te word vir ’n seldsame bloedkwaal, en dan deur ’n ‘kluisenaar-miljoenêr’, Charles Ashton, in sy sorg geneem word; dat hulle in hul geleentheidshuwelik albei gestrem word deur ’n onvermoë om te kommunikeer; sy deur natuurlike skroom en die verleentheid van haar afhanklikheid; hy deur ’n liefdelose jeug – en dat dit ’n langsame, pynlike groeiproses verg voordat hulle deur skadubeelde, ‘weerkaatsings’, kan leer kyk om die self, maar ook die ander, te ontdek.”

Hy het verder geskryf: "Baker maak van die storie net ’n beginpunt vir ’n fyn innige en vergaande verkenningstog binne-in mense in. Weerkaatsings is een van die subtielste prosawerke is wat lank in Afrikaans verskyn het. En een van die mooistes: vir dié leser wat ’n baie-baie lekker storie wil geniet.”

In die Mei 1985-uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde het Ia van Zyl geskryf dat Baker dit reggekry het om ’n roman te skryf waarin sy nie slegs die slaggate van te veel emosie vermy het nie, maar dat ook die intelligente leser deur die storie geboei sal word. “Die sprokiesverhaal word slegs die vertrekpunt vir die knap uitbeelding van die groeiende verhouding tussen twee besondere mense. Die skryfster besit die vermoë om deur terughouding die leser se aandag te bly behou.”

Eleanor wou met Weerkaatsings die volgende regkry: "Ek wou die liefdesverhaal legitimiseer, die stigma dat ’n roman nie noodwendig goeie letterkunde is nie, die nek inslaan. Daarom is die sukses van die boek so soet – behalwe dat dit in vyf tale vertaal is, is dit ook vir skole voorgeskryf en oor die radio voorgelees."

Eleanor was op haar gelukkigste in Nederland en Weerkaatsings en Dossier van ’n gyseling (1985) is tydens hulle verblyf in Den Haag geskryf. Dossier is ook die enigste roman tot op daardie stadium waarvoor sy navorsing gedoen het.

Sy vertel aan Sonnette Lombaard dat sy onwrikbaar in haar karakters glo. “Wanneer die storie eers in my kop is, wéét ek hoe die karakters sal optree.”

In Dossier van ’n gyseling vertel Eleanor die verhaal van Christien, ’n gewone meisie wat ’n jaar lank oorsee gaan rondloop om “ondervinding” op te doen. Op die laaste dag van haar oorsese verblyf, terwyl sy by ’n reisagentskap wag om haar terugkaartjie te reël, word sy saam met ander mense in die kantoor deur ’n paar terroriste oorval en as gyselaar weggeneem na ’n onbekende plek waar hulle vir tien dae in aanhouding is.

Weer eens meen André P Brink (Rapport, 12 Januarie 1986) dat die wyse waarop die kritici Eleanor behandel, ’n skande is. Hy skryf in Rapport: “Haar gevoelige roman Monica het ’n paar (hoofsaaklik patroniserende) kommentaartjies ontlok; die subtiele ’n Geslote boek het bykans sonder ’n rimpel verdwyn; die geraffineerde moderne sprokie Weerkaatsings is òf geïgnoreer òf – deur mense wat van beter behoort te weet – as ‘damesromannetjie’ afgemaak; en een van die keurigste prosawerke van 1985, Dossier van ’n gyseling, is nou sowat vier maande na sy verskyning nog byna nêrens vermeld nie. En dit gaan hier om ’n skryfster wat in vele opsigte in haar fynsinnige hantering van die geringste verskuiwinge in menseverhoudinge enige tyd Karel Schoeman (op sy beste) se gelyke is! Sy het in hierdie roman (soos Etienne Leroux wat destyds die patroon van die speurverhaal in Een vir Azazel gebruik het) die uiterlike voorkomste van die populêre spanningsverhaal gebruik om dít dan te omvorm en te verinnerlik sodat die allerfynste menslike interaksies nagespeur kan word."

Anna van Zyl (Volksblad, 24 Augustus 1985) het met Brink saamgestem: "Dossier is ’n puik boek wat boeiend gestruktureer is deur iemand wat fyn waarneem en taalknap beeld; wat haar karakters mense maak, elkeen ’n individu uit eie reg. Dis ’n akkurate dossier dié, maar dan nie net hard feitelik nie, maar met insig in die mens se dieper wesenlikheid.”

Vir Eleanor was hulle gesin se verblyf in Kanada in die middel-tagtigs traumaties. Met hul terugkeer na Suid-Afrika het dit by die huis nie veel beter gegaan nie – die Suid-Afrikaners was in isolasie en bedruk. Eleanor skryf toe Die kwart-voor-sewe-lelie (1988), bloot met die doel om haar landgenote te laat ontspan. En as daar resensente was wat ander dinge in die boek wou raaksien, het dit haar nie gepla nie. Die lelie bestaan regtig – in Eleanor se tuin groei dit, hierdie rare plant wat tydens sy blomtyd elke aand op dieselfde tyd oopgaan.

In Beeld (20 November 1989) skryf Joan Hambidge: "Iris, die hoofkarakter, beleef, net soos in ’n damesroman, die Lewe en al die mites wat ’n mens daagliks teister. Net met een groot verskil: Sy weet dat alles nie regtig so lelieblank is as wat ’n mens vertel word nie. Daarom dan dat die verteller, ’n sardoniese ek, tussen parenteses haar siening verklaar òf belaglik maak. [...] Eleanor Baker se jongste roman verdien om gelees te word. Dié roman getuig van ’n vermoë om ’n verhaal op twee vlakke te kan struktureer (die konvensies van die damesroman versus ’n ironiese blik daarop). Die taalbeheer beïndruk nogmaals. Die beskrywing van verre plekke doen eg aan ...”

In Die Burger van 30 Maart 1989 is Gunther Pakendorf minder vleiend: "Daar is te veel los drade en ongemotiveerde veranderinge en te veel onafgeronde gebeure en abrupte slotte."

Vir Anna van Zyl (Volksblad, 11 Februarie 1989) was dit ’n "pikante en genotvolle boek wat boei – veral die karakters, wat warmbloedige mense is."

Hans Ester (Zuid-Afrika, 2002) skryf soos volg oor van Eleanor se werke: “Zeer dierbaar zijn mij de volgende romans van Eleanor Baker: Die kwart-voor-sewe-lelieIn die middel van die Karoo (1991), Die nes (1993) en Verbeelde werklikheid (1996). Het menseljik gesprek neemt in haar werk de meest prominente plaats in. In de gesprekke gebeurt het, daar ervaren haar mensen de hoogten en de diepten van het bestaan. Die kwart-voor-sewe-lelie kreeg ik van een lid van een damesleesklub in Johannesburg waar ik te gast was. Ook om de mooie herinnering aan Johannesburg is het voor mij een bijzonder boek. De ikverteller Iris komt in de roman tot leven als een beminnelijke vrouw, aan wie je je als lezer steeds sterker gaat hechten.”

Eleanor se tiende roman, In die middel van die Karoo, verskyn in 1991 by Human & Rousseau. In die roman beland die twee hoofkarakters, Anna en Danie, in die Karoo en op hulle plaas verskaf Rudus en Susaar onderdak aan die siekes en die soekendes. Cecile Cilliers skryf in Insig (Februarie 1992): "Eleanor Baker het ’n fyn aanvoeling vir die onderlinge spanning tussen mense, en ’n deernis met die ewige strewe na geluk. Daarom snoer sy uiteenlopende elemente bevredigend saam, en smee ’n oortuigende sintese van omgewing en verhaal. Haar jongste roman is in die middel van die Karoo geplaas, en die verskillende fasette van die landstreek in die kom van die Swartberge – hitte en koue, droogte en nat, die ruimte en die stilte – word knap in die fisieke en geestelike lewens van die karakters weerspieël.” Cilliers het egter ’n probleem met die swak taalversorging.

Hierdie keer is Gunther Pakendorf (Die Burger, 21 Januarie 1992) baie meer positief. "Eleanor Baker skryf onderhoudend, met ’n goeie aanvoeling vir menslike verhoudings en ’n fyn humorsin. Sy loop ook nie met stilistiese en narratologiese foefies te koop nie en het altyd deernis vir menslike gebreke en swakhede. Die roman is beskeie sonder pretensies, maar vlot geskryf en nie sonder diepte nie. Dis die soort boek waarvan daar gerus meer kan wees.”

Vir Gretel Wÿbenga (Beeld, 6 Januarie 1992) was dit ’n "weldadige leeservaring".

Kritici het op ’n stadium gestry oor Eleanor se posisie in die Afrikaanse letterkunde. Party beskou haar werk as verstrooiingslektuur ("dameslektuur" noem hulle dit uit die hoogte), terwyl ander, soos André P Brink, haar werk as postmodernisties beskou.

In ’n onderhoud met Corlia Fourie in Rooi Rose van 23 Augustus 1995 sê Eleanor oor kritiek op haar boeke: “Die resensente is dikwels smalend oor boeke en die resensies nie objektief genoeg nie. As ’n resensent nie van ’n sekere storie hou nie, waarom nie vra dat die boek deur iemand anders geresenseer word nie?”

Veral die manier waarop kritici Die nes (1993) ontvang het, het haar ontstel: “Joan Hambidge het dit in Insig verpletter nog voor die boek verskyn het. Selfs resensies wat my boeke prys, is soms ’n mistasting. En omdat ek stories skryf wat van A tot Z werk, dink die kritici dit kan nie goed wees nie, want almal verstaan dit.”

In Volksblad (1 Augustus 1994) skryf Riana Barnard: "Die nes ontplooi binne die vier mure van ’n psigiatriese kliniek, maar die personeel en pasiënte kleur die vertelling in méér skakerings as gewone hospitaalwit. Die hoofkarakter, Karoline Kerr, is van die begin af ánders: sy verweer haar teen die aanslae van die lewe deur ’n veilige nes te skep waarin sy niemand toelaat nie. Hierin leef sy, ’n bekroonde skrywer, in stilte sonder die woorde wat voorheen besondere betekenis gedra het. Hierdie is ’n boek vir diegene wat hulle brood aan albei kante gebotter wil hê. Hier is baie gewilde prosa vir die lekkerleser: warmbloedige karakters van wie jy swaar afskeid neem in die slot, beskrywings wat atmosfeer skep, en ’n boeiende spanningslyn wat ontknoop sonder om jou uit die skoene te skok. Tog word hierdie toeganklike leesstof só aangebied dat dit nie die literêre leser irriteer of moraliseer nie. Die teks is ryk genoeg aan literêre tegnieke om opwinding ook vir die meer ervare leser te verskaf.”

Verbeelde werklikheid (1996) is ’n roman binne ’n roman. Sophia, ’n huisvrou, het ’n man wat van haar verwag om die garagedeur én die swembad reg te maak en hulle het ook twee onaangename tieners. Haar gesin waardeer ook nie die romans wat sy skryf nie. Sy leef haar dus in in haar roman oor die hartchirurg, Paul, en sy romanse met Elizabeth wat hy red nadat sy deur ’n tros bloublasies bygekom is. In die roman word dele van Sophia se alledaagse bestaan afgewissel deur tonele van die ryk Elizabeth wat by die see woon én ’n goeie bestaan maak as belegger van ander se geld.

Vir Nanette van Rooyen (Skrywers en Boeke, 27 Junie 1996) slaag Eleanor Baker baie goed daarin om op ’n behendige manier feit en fiksie en werklikheid en verbeelding te vermeng. “En as jy nog dink jy het te make met ontspanningslektuur, word jy kort voor lank bewus van ’n verwikkelde verhaal wat jou manipuleer en heelwat meer bied as dit waarop jy gereken het. [...] Verbeelde werklikheid is juis dat daar ’n verskuiwing in realiteit plaasvind tussen die fiktiewe lewe van Elizabeth en die realistiese lewe van Sophia.”

JC Kannemeyer (Rapport, 30 Junie 1996) skryf: "Eleanor Baker slaag daarin om ’n meesleurende verhaal op te bou en ’n roman tot stand bring wat ragfyn beplan is. Die karakters wat sy skep, kry ’n eie dinamiese lewe. [...] [En] daar kom ’n boeiende verhouding tussen fiksie en werklikheid in die roman tot stand. Elizabeth bly byvoorbeeld nie beperk tot haar afgebakende alternerende hoofstukke nie, maar tree telkens die wêreld van haar skepper binne. [...] Verbeelde werklikheid is ’n voortreflike roman, sowel wat betref die pakkende vervlegting van twee verhale as die aanwending van ’n besondere tegniek. Ek vind dit Eleanor Baker se allerbeste werk.”

Elize Botha (Beeld, 26 Augustus 1996) beskryf die roman as volg: “’n Ware Scheherazade speel haar betowerende spel in hierdie verlokkende roman, waarin, naas die oeroue verhale van liefde en verlange, ontnugtering en vervulling, die vernaamste tema inderdaad die kuns van die storieverteller is. ’n Mens sou hierdie tema wetenskaplik kon benader: ’n ondersoekende student sou selfs ’n klein verhandeling oor die vertelkuns uit hierdie boek kon haal. Maar Baker, meesterverteller, redeneer nie daaroor nie. Soos Eliza Doolittle dit sing in My fair lady, wýs sy vir haar lesers wat die storieverteller met sy kuns kan doen, en wat dié kuns in die lewe van ’n verteller kan aanrig. [...] Baker self is die Scheherazade, wat haar deur die gekose motto lewensbeskoulik verbind aan TS Eliot (‘... human kind/ Cannot bear very much reality’ – Burnt Norton), en met humor en verfynde vaardigheid haar leser, tyd en ruimte vergetend, in haar vertelkuns meevoer.”

Op ’n vraag hoe lank dit haar neem om ’n boek te skryf, antwoord Eleanor dat dit baie wissel (Kaapse Bibliotekaris, Januarie/Februarie 2003): “Somtyds skryf ek die hele storie in my kop klaar, oor en oor tot by die laaste punt en komma. Om dit dan uiteindelik neer te skryf, duur net omtrent ses weke. Normaalweg duur dit egter ses tot nege maande. Vir Groot duiwels dood waar ek geweldig baie moes lees en navorsing doen, is dit weer anders. Die boek het omtrent twee jaar gevat om te skryf. Groot duiwels dood en Dossier van ’n gyseling is die enigste boeke waarvoor ek navorsing gedoen het, die res kom uit my kop uit. Op ’n manier ‘word’ ek die hoofkarakter in die meeste van my boeke, of ten minste die kanaal waardeur die hoofkarakter sy/haar storie vertel en wanneer dit eers gebeur het, weet ek eenvoudig hoe hulle sal optree, dis nie nodig om na te vors nie.”

Groot duiwels dood (1998) is een van die eerste fiksietekste wat gepubliseer is ten tye van die honderdjarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog. Eleanor vertel aan Hettie Scholtz (De Kat, 26 Februarie 1999) dat sy hierdie roman begin het lank voor die Anglo-Boereoorlog-wa vertrek het. “Miskien is dit ’n onbewuste uitvloeisel van jare se argumente met Britse vriende oorsee, vriende wat geen kennis gedra het van die gruwel van konsentrasiekampe nie, en dis aangewakker deur insidente op TV waar ’n Britse koninklike besoek bring aan die Duitse kampe en daarna in ontsetting – en onkunde – vra: ‘Wie het so ’n gruwelikheid uitgedink?’ En daar is nie een klappende handjie wat opgaan met: ‘Julle, juffrou, julle!’ nie. Ek skryf ook nog altyd liewer oor mense as gebeure, en in my navorsing het ek op soveel diep menslike stories afgekom dat ek dit net moes neerskryf.”

Op ’n vraag van Hettie oor die herkoms van die titel – of groot duiwels doodmaak of dat groot duiwels dood is – antwoord sy dat dit uit ’n boek van Christiaan de Wet kom. Dit is volgens hom ’n “Boeregesegde” as dit vreeslik baie reën: “Dit reën groot duiwels dood en kleintjies se bene af.” Sy sê “[e]nigeen van die twee interpretasies sou geldig wees.”

Groot duiwels dood bied ’n kykie op die lotgevalle van Cornelia, haar kinders en kennisse tydens die Anglo-Boereoorlog en gee ’n blik op die lyding van dié wat tuisgebly het en diegene in die konsentrasiekampe. In Die Burger skryf Herman Wasserman (2 Desember 1998) dat dit in die eerste plek nie ’n verhaal is "wat op die groot (manlike) arenas van die wêreldpolitiek of slagvelde gebeur het nie (dit gebeur wel gedetailleerd, maar indirek), maar eerder van die ontberings wat die vroue te beurt geval het as gevolg van hul mans se besluite om oorlog toe te gaan. Dit is ’n wye, epiese blik op die oorlog wat weens die vaardige vertelling aangryp. [...] Dis ’n roman wat getuig van deeglike werk en ’n verhaal wat in die geheue bly draai.”

Leana Lategan (Volksblad, 15 Februarie 1999) beskou dit as ’n "oorlogsroman wat pligsgetrou met historiese feite omgaan, en terselfdertyd op ’n nugter wyse mites ironiseer. Maar dit is ook ’n lekker leesbare inhoud in die tipies verfrissende styl van Baker. Natúúrlik is daar klein jakkalsies in die wingerd, maar die pluspunte is meer. Die roman is ook ’n kultuurhistoriese dokument, met ’n eiesoortige skat aan ouer Afrikaanse woorde en uitdrukkings. Tipies Baker word die feite op ’n oopkop-manier aangebied, of dit nou oor die Boere, die Britte of hul helpers gaan. Die ligte en plek-plek humoristiese ondertoon verskaf ’n geloofwaardige teenvoeter vir menslike leed.”

’n Ou begin (2001, Human & Rousseau) vertel die verhaal van Judith Meiring wat wil wegkom uit die besige lewe in die stad. Haar twee tienerkinders gaan bly by hulle twee oumas en sy kom aan op ’n klein dorpie in die Karoo waar sy langer as ’n week vertoef. Haar ma het vir haar ’n pakkie briewe saamgegee met die versoek dat sy dit moet lees, en deur hierdie briewe probeer sy sin maak van haar lewe en vrede maak met haarself.

Leana Lategan (Volksblad, 23 April 2001) skryf: "Die gemaklikheid waarmee Baker die hoofkarakter klee, is eie aan haar vertelstyl. Baker se kenmerkende skerp (en altyd verfrissende!) kyk na delikate verhoudinge tussen mense, haar humor en ligte ironie maak van die roman gemaklike leesstof. (Die twee of drie drukfoute wat deurgeglip het, is hinderlik.)”

Eleanor vertel aan Wilhelm du Plessis dat ’n Ou begin sy ontstaan gehad het uit die ondervinding deur op ’n klein plekkie te bly en al die stories van die mense op die plekkie, hoewel dit niks te doen gehad met Klein Brak waar sy gebly het nie. “Dis eintlik ’n kombinasie van twee dinge: die kleindorpse bestaan en ’n versameling briewe in my besit wat dateer uit 1875 en daar rond. Die twee stories vleg deur mekaar en raak aan mekaar op onverwagte maniere.”

Johan Coetser (Beeld, 28 Mei 2001) skryf: "’n Ou begin sluit aan by reisliteratuur in Afrikaans waarin ’n karakter nie net fisies op reis gaan nie, maar ook op ’n reis van self- of herontdekking. Gou word dit duidelik dat Hannie se briewe ’n matriks vir Judith se lewensreis en kort verblyf vorm. Die skryfster vermy die gevaar om Judith se verhaal in Hannie se geskiedenis te laat vassteek. In plaas daarvan bied Baker deur verplasing ’n beeld van vrou wees in ons tyd.”

Die ander Marta verskyn in 2002 na Eleanor se afsterwe. Daarin lees ons van Mart en Hendrik, wie se huwelikslewe idillies begin het. As jong onderwyseres ontmoet Mart vir Hendrik, die jong boer, toe sy vir ’n onderhoud na haar tuisdorp gaan. Maar hy is die oorheersende tipe en hoewel Mart hom aan die begin laat begaan, word dinge vir haar later net te veel. Sy los hom in die supermark, neem haar motor en vat net die pad. Die roman begin waar Mart probeer selfmoord pleeg deur in die see by 'n Weskusdorpie in te stap, maar die see wil haar ook nie hê nie.

Vir Leana Lategan (Volksblad, 6 Januarie 2003) het Eleanor ’n "paar onvergeetlike karakters en situasies geskep en sy stel die leser bloot aan die verskillende skakerings van menslike verhoudings. Baker is ’n meesterlike stilis, wat weet wanneer om haar lesers te terg en wanneer om te vertel. [...] Baker se bekende, maar altyd vars humor en werklike nuwe kyk na ons oënskynlik ondramatiese klein bestaan, maak van hierdie teks weer eens ’n hartsboek. Die ander Marta is die bekoorlike afsluiting van ’n besonderse klein oeuvre in Afrikaans.”

Gretel Wÿbenga (Beeld, 9 Desember 2002) beskou dit as ’n slag vir ons letterkunde dat Eleanor Baker kort voor die verskyning van hierdie vyftiende roman skielik oorlede is.

Dorothea van Zyl (Literator, Augustus 2003) skryf: "Die roman gee ’n baie herkenbare en oortuigende beeld van hoe die keurslyf van konvensies en tradisies binne verhoudinge vroue in teennatuurlike rolle kan indwing. Dit illustreer ook effektief hoe verbale mishandeling ’n vrou se selfbeeld kan afbreek en haar oor jare van haar selfvertroue, onafhanklikheid en ware aard kan ontneem. [...] Die karakterisering transendeer myns insiens nie altyd die banale en triviale genoegsaam om die problematiek uit te lig tot op ’n hoër vlak nie. Dit is egter die vraag of dit die bedoeling was. Die ander Marta wil eerder lewenswaarhede oor menseverhoudinge, die aard van die vrou, jeug en ouderdom ligweg oordra. Juis die herhaalde keuse vir ’n ligter tred, selfs op die vooraand van haar eie dood, gee aan Eleanor Baker se roman (soos aan haar oeuvre) ’n heel besonderse dimensie – as ’n viering van die lewe en die positiewe. Dit maak ook haar werk by uitstek toeganklik en genietbaar vir ’n ruim publiek.”

Die ander Marta is deur Celeste van Rooyen tot ’n toneelstuk verwerk en in 2005 by die KKNK op die planke gebring, waar dit beskou is as die moeite werd om te gaan kyk.

Behalwe die boeke wat Eleanor onder haar eie naam geskryf het, het sy ook 29 liefdesverhale onder die skuilnaam Christine le Roux die lig laat sien, en vyf speurverhale onder die naam Alex Müller. In 1996 het haar liefdesverhaal Die ontbrekende helfte die Ela Spence-medalje vir liefdesverhale verower. Sy skryf ook kinderboeke, en haar tienerverhaal Daar is spore op die maan is met die Scheepersprys vir Jeuglektuur vir 1990–1992 bekroon. Na haar dood word haar liefdesverhale, sowel as die verhale wat sy onder haar eie naam geskryf het, in die een omnibus na die ander uitgegee.

In 1993 is Eleanor deel van die Vierspel-projek van TV1 se Departement Afrikaanse Drama. Dit was die breinkind van Paul C Venter. Vier skrywers wat reeds bewys het dat hulle ’n verhaal met karakters kan vertel, hetsy in roman-, kortverhaal- of dramavorm, kry dieselfde gegewe wat hulle as wegspringplek vir ’n enkeldrama moet gebruik. Die gegewe was: ’n Eensame ou man woon alleen op ’n afgeleë plaas met sy kat as enigste geselskap. Naby die plaashuis is ’n bos waar die ou man gaan stap. Hier vind hy ’n beseerde vreemdeling wat sy hele lewe verander. Die vier draaiboekskrywers, Eleanor Baker, Zirk van den Berg, Melvin Whitebooi en André le Roux, is deur Venter en Johan Bernard in die skryfproses gelei. Eleanor se draaiboek se titel was En toe kom Wynand. Dit is in 1994 gebeeldsend met Marikie Longhurst as regisseur. Nog ’n draaiboek deur haar, Dooiehout, is ook gebeeldsend.

In Insig van Junie 2001 vertel Eleanor aan Hettie Scholtz dat sy partykeer wens dat die stories in haar kop wil opdroog sodat sy iets anders kan doen. “Ek wil nie razzle nie. Ek wil in hierdie vreedsame plek opstaan en langs die see stap en skryf en lekker boeke lees en in my tuin vroetel en konfyt kook. Om konfyt te kook, veral iets moeilikers soos kweperjellie, gee my veel meer genot as om ’n boek te skryf.

"Walter se ouers het vir hom gesê as hy die dag trou, moet hy ’n lewensmaat op drie vlakke toets: hoe sy oor die weg kom met oumense, kinders en diere. Sy vrou kry tien uit tien op haar 'rapportkaart' – al kon hy haar nog nie leer tango nie. Eleanor se siening is: 'Solank ’n mens kan lag, is die lewe nooit vervelig nie.' En hierdie siening is gekoppel aan ’n lewenshouding wat op alle vlakke van hierdie stylvolle vrou (sy hou van goedkoop lekkers en soeterige wyn, maar van dúúr skoene en parfuum) se lewe deursuurdeeg: jy neem jou werk ernstig op, maar nie jouself nie. Vandaar die motto van GK Chesterton voor in haar roman Die kwart-voor-sewe-lelie: 'Angels can fly, because they take themselves lightly'" – aldus Hettie Scholtz (Insig, Junie 2001).

Oor boeke wat sy gelees  het en haar beïnvloed het, het Eleanor aan Beeld van 10 Julie 2000 vertel: "As ek terugdink aan my kinderdae sou ek The Secret Garden uitsonder. Dis die eerste boek wat my bewus gemaak het van die mistieke towerwêreld waarin 'n boek jou kan dompel. En, besef ek eers in die jare daarna, dis waar my liefde vir tuine en plante begin het.

"Toe ons in Kanada gewoon het, het ek met Farley Mowat se boeke kennis gemaak. Teen daardie tyd het ek reeds al Gerald Durrell se boeke gelees. Ek hou van boeke oor diere en hulle beskerming. Mowat se A Whale for the Killing het my jare lank in radelose trane gehad. Waar ek tans betrokke is by ons plaaslike Beware wat hom beywer vir die beskerming van plant- en seelewe, besef ek eers dis Mowat wat die saadjie geplant het. Sy boek oor die sinlose, wreedaardige marteling en doodmaak van 'n vasgekeerde walvis is nou nog vir my 'n rou kol. Ek is goddank bly ons maak nie meer walvisse dood in Suid-Afrika nie, dat ek nou op my stoel kan staan en kyk hoe hulle in die see baljaar.

"Dan is daar natuurlik brieweboeke en gepubliseerde dagboeke. Miskien is dit die voyeur in my, maar ook die direktheid en eerlikheid van 'n dagboek. Virginia Woolf, andersins so 'n formidabele mens, klim uit haar dagboek as 'n gesellige, huislike mens, so 'n bietjie ydel oor 'n nuwe rok of jas. Iemand saam met wie ek sou wou tee drink. En dis tog waarom ons lees; dat papiermense vir ons lewendig word en hulle probleme aanklank vind by ons s'n."

Huldeblyke aan Eleanor Baker

  • André P Brink: "Eleanor Baker is een van Afrikaans se beste skrywers en dis jammer dat baie Suid-Afrikaners dit dalk nooit, of te laat, gaan agterkom nie." (Beeld, 17 Julie 2002)
  • Elize Botha: "Sy was buite die raamwerk van erkenning en die groot pryse, omdat haar fyn sin en aanvoeling vir mense se romantiese gevoel waarskynlik by baie ernstige lesers verbygegaan het. Haar herkenning en kennis van dié integrale deel van die menslike weefwerk is dalk misverstaan." (Beeld, 17 Julie 2002)
  • Hettie Scholtz: "Baker was ons eie “cantadora” – geliefde storieverteller – wat oënskynlik met die grootste gemak onder skuilname tussen genres beweeg het. Sy het oor al die eienskappe van die ander bekende storieverteller, Clarissa Pinkola Estés, se “wild woman” beskik – haar kapasiteit vir liefde en toewyding, haar sterk intuïsie en dapperheid." (Volksblad, 3 Julie 2002)
  • Kerneels Breytenbach: "Sy was in baie opsigte presies soos haar boeke. Pretensieloos met ’n baie fyn humorsin, ’n meester met mense." (Volksblad, 3 Julie 2002)
  • Hans Ester: "De omvang van het oeuvre van deze schrijfster is indrukwekkend. Zij moet een ijzeren werkdiscipline hebben gehad. Belangrijker is uiteraard de inhoud van haar werk. Die onderwerp uit de romans van Eleanor Baker zijn niet buitenissig. Dat betekent niet dat deze schrijfster preuts is en levensfeiten verdoezelt. Het gaat bijna altijd om de kern van het menselijk bestaan, het wankele evenwicht tussen intimiteit en vertrouwen aan de ene kant en vervreemding en emotionele verwaarlozing aan de andere kant." (Zuid-Afrika)
  • Jeanette Ferreira: "Eleanor Baker was ’n elegante vrou, maar ’n warm mens wat eerlikheid en weerloosheid met dieselfde ontsag bejeën het. Haar prosa was ’n sonderlinge kombinasie van skeppingskrag en lewenswerklikheid, omdat sy werklik aan die lewe gewerk het. Presies twee maande voor haar dood het ek vir haar geskryf ek het vir haar kappertjies voor my studeerkamervenster geplant. Sy het teruggeskryf: 'Hou my kappertjies nat, ek glo in die positiewe krag van plante. En skryf.' Die dag voor haar dood het haar kappertjies in die koue begin blom." (Volksblad, 3 Julie 2002)
  • Walter Baker: "Daar was soms heerlike stryerye met haar oor haar werk. Sy het altyd, ook in onderhoude met joernaliste, ’n mate van mistiek behou en van vrae teruggeskram wat sy as te persoonlik beskou het. Sy was onkreukbaar; mens- en dierliewend. Soos Wêreld sonder einde (haar debuut in 1972), was dié 'n Leitmotif in haar werk: die onwaarskynlikheid van wat kan gebeur." (Volksblad, 3 Julie 2002)

Publikasies:

Publikasie

Wêreld sonder einde

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1990 (Grootdruk)

ISBN

  • 0628002653 (hb)
  • 0795923120 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Perskor
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Splinterspel

Publikasiedatum

1973

ISBN

0628004397 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Mørketiden

Publikasiedatum

1975

ISBN

0628008333 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Monica

Publikasiedatum

1978

ISBN

06240125% (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

As ’n pou kon vlieg: ’n verblyfboek oor Teheran

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1982

ISBN

0624018296 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Reisboek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

DF Malherbe: mens en meester

Publikasiedatum

1981

ISBN

0907966213 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Juventus

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Geslote boek

Publikasiedatum

1981

ISBN

0624016080 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Bootjie oor die see

Publikasiedatum

1982

ISBN

0868145025 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Kinderboek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die Nels van Groenewoud: ’n jeugverhaal

Publikasiedatum

1983

ISBN

0907996639 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Juventus

Literêre vorm

Jeugverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Weerkaatsings: ’n sprokie

Publikasiedatum

  • 1984
  • 1987
  • 1991
  • 2004 (Grootdruk)

ISBN

  • 079811746X (hb)
  • 079812825% (sb)
  • 1415002665 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin, 1986

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

FAK-prys vir Ontspanningsleesstof 1985

Vertalings

  • Engels vertaal deur die outeur, 1986
  • Hebreeus vertaal deur Clara Cohen, 1987
  • Sweeds vertaal deur BM Thieme, 1987
  • Deens
  • Fins

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dossier van ’n gyseling

Publikasiedatum

  • 1985
  • 1994

ISBN

  • 0798118601 (hb)
  • 0798133635 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Kaapstad: Ametis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die kwart-voor-sewe-lelie

Publikasiedatum

1988

ISBN

0798124648 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

In die middel van die Karoo

Publikasiedatum

1991

ISBN

079812900X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Daar is spore op die maan

Publikasiedatum

1991

ISBN

0798631422 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Jeugverhaal

Pryse toegeken

Scheepersprys vir Jeuglektuur 1990–1992

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die nes

Publikasiedatum

1993

ISBN

07981130768 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Verbeelde werklikheid

Publikasiedatum

1996

ISBN

0798135417 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Groot duiwels dood

Publikasiedatum

1998

ISBN

0798138572 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1999

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Ou begin

Publikasiedatum

2001

ISBN

0798141336 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die ander Marta

Publikasiedatum

2002

ISBN

0798142790 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eleanor Baker Omnibus 1

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798146338 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eleanor Baker Omnibus 2

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780798149310 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

As Christine le Roux:

Publikasie

’n Veilige hawe

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1996
  • 2003 (Grootdruk)

ISBN

  • 0799305294 (hb)
  • 079932289X (hb)
  • 141500062X (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kosbaar soos die lewe

Publikasiedatum

1981

ISBN

079930557X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die lente kom weer

Publikasiedatum

1982

ISBN

0799306258 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Skynglans van geluk

Publikasiedatum

  • 1985
  • 2004 (Grootdruk)

ISBN

  • 0799308498 (hb)
  • 14150002657 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Deel van die pakket

Publikasiedatum

1993

ISBN

0799319635 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Liefde uit die stormnag

Publikasiedatum

  • 1993
  • 2004 (Grootdruk)

ISBN

  • 0799318639 (hb)
  • 1415000875 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: President-Boekklub
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Teësinnige erfgenaam

Publikasiedatum

1994

ISBN

  • 0799320323 (sb)
  • 0799320277 (sb) (Grootdruk)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Vonk van liefde

Publikasiedatum

  • 1994 (Grootdruk)
  • 2005

ISBN

  • 079932101X (sb)
  • 0799321079 (sb) (Grootdruk)
  • 1415003424 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die honger hart

Publikasiedatum

1995

ISBN

0799322172 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Liefdesvallei

Publikasiedatum

  • 1995
  • 2002 (Grootdruk)

ISBN

  • 062835640 (sb)
  • 1869048334 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die ontbrekende helfte

Publikasiedatum

  • 1995
  • 2004 (Grootdruk)
  • 2006 (Grootdruk)

ISBN

  • 0799321737 (hb)
  • 0799321672 (Grootdruk)
  • 1415001138 (hb)
  • 0799336351 (sb) (Grootdruk)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Parklands: Jacklin
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Ela Spence-medalje vir Afrikaanse liefdesverhale 1996

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Wêreld sonder hom

Publikasiedatum

  • 1995
  • 2005

ISBN

  • 0799321958 (hb)
  • 0799334480 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verwarde liefde

Publikasiedatum

  • 1996
  • 2002 (Grootdruk)

ISBN

  • 0628036191 (sb)
  • 1869048563 (hb)

Uitgewer

  • Halfweghuis: Perskor
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verskuilde liefde

Publikasiedatum

1996

ISBN

0799322504 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Nuwe begin

Publikasiedatum

1996

ISBN

079932311X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Bitter hartstog

Publikasiedatum

1996

ISBN

0628035713 (sb)

Uitgewer

Midrand: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die groen maan

Publikasiedatum

1996

ISBN

0799322806 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die glasappel

Publikasiedatum

1997

ISBN

0798137533 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Kwessie van tegniek

Publikasiedatum

1997

ISBN

0798136634 (sb)

Uitgewer

Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verborge liefde

Publikasiedatum

1997

ISBN

062803640X (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Liewe onskuld

Publikasiedatum

  • 1997
  • 2003 (Grootdruk)

ISBN

  • 0799324221 (hb)
  • 186904973X (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verlore dekade

Publikasiedatum

1997

ISBN

0799323640 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Bewys van liefde

Publikasiedatum

  • 1998
  • 1999
  • 2005 (Grootdruk)

ISBN

  • 0798135956 (sb)
  • 0798138211 (sb)
  • 1415003297 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die blou uur

Publikasiedatum

  • 1999
  • 2005

ISBN

  • 079135956 (sb)
  • 1415003297 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Geskenk uit die hemel

Publikasiedatum

2000

ISBN

0798140100 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tweede beste

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2004 (Grootdruk)

ISBN

  • 0798141107 (sb)
  • 141500286X (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die uitkenningsparade

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2004 (Grootdruk)

ISBN

  • 079814226X (sb)
  • 1415002487 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kanteldag van die hart

Publikasiedatum

2002 (Grootdruk)

ISBN

0799330493 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Om lief te hê

Publikasiedatum

2003 (Grootdruk)

ISBN

1869049527 (hb)

Uitgewer

Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 1

Publikasiedatum

  • 2000
  • 2009

ISBN

  • 079814128X (sb)
  • 9780798150323 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 2

Publikasiedatum

2001

ISBN

0798141573 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 3

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2011

ISBN

  • 0798141980 (sb)
  • 9780798152785 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 4

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2011

ISBN

  • 0798142685 (sb)
  • 9780798156165 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 5

Publikasiedatum

  • 2003
  • 2013

ISBN

  • 0798143355 (sb)
  • 9780798159395 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 6

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2014

ISBN

  • 0798144076 (sb)
  • 9780798166102 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 7

Publikasiedatum

2005

ISBN

0798144815 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 8

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798146117 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 9

Publikasiedatum

2007

ISBN

0798148177 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Christine le Roux Omnibus 10

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780798149143 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

As Alex Müller:

Publikasie

Die vyf susters

Publikasiedatum

1998

ISBN

0798138424 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Speurverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die rooi angelier

Publikasiedatum

1999

ISBN

0798139250 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Speurverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Drie misdade in ’n knoop

Publikasiedatum

2000

ISBN

0798140283 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Speurverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Bloedbande

Publikasiedatum

2001

ISBN

0798141484 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Speurverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Hotel Bergsig

Publikasiedatum

2003

ISBN

0798175%90 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Speurverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Artikels oor Eleanor Baker beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Eleanor Baker (1944–2002) appeared first on LitNet.

ATKV bring hulde aan Anton Prinsloo

$
0
0

Die ATKV neem met leedwese kennis van die afsterwe van die bekende taalkundige dr Anton Prinsloo.  Hy het bekendheid verwerf as senior mederedakteur van die WAT en was hooftaaladviseur en hoof van die Taalburo van die destydse SAUK.  Dr Prinsloo was ook op sy dag  spesialisomroeper by RSG verantwoordelik vir taal- en  klassiekemusiekprogramme en by kykNet as aanbieder van taalprogramme. Hy was ook vir ’n paar jaar voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie en het verskeie toekennings ontvang vir oa sy bekende kontreiwoordeboek, Annerlike Afrikaans.

Hy was dan ook die skrywer van 11 boeke oor taalkundige sake wat gewissel het van onderwerpe oor spreekwoorde tot bygelowe.

Volgens Evelyn Ferreira, senior bestuurder van die ATKV se taalafdeling, het dr Prinsloo ’n noue verbintenis met die taalwerksaamhede van die ATKV gehad. In 2005 het hy drie ATKV-Woordwystoekennings vir taalpublikasies tussen 1994 en 2005 ontvang en tot met sy dood het hy ’n  taalrubriek in die taalafdeling se nuusbrief, -TALIG, behartig. Hy was ook nog onlangs betrokke as beoordelaar by die ATKV se nasionale spelkompetisie vir skole, bekend as ATKV-Spelathon.

Volgens Ferreira was Anton Prinsloo iemand met ’n skerp intellek, fyn humorsin, ’n “lopende woordeboek” en een van die veelsydigste taalkundiges van sy tyd in Suid-Afrika. Sy dood laat ’n groot leemte in die Afrikaanse woordwêreld waarin daar, volgens kenners, ’n toenemende behoefte aan opgeleide taalkundiges is. Die ATKV betuig sy simpatie met Anton se vrou, Fida, hul kinders en kleinkinders.

“Ons eer die nagedagtenis van iemand wie se lewenstaak dit was om nie net die hoëfunksies van Afrikaans in stand te hou en uit te bou nie, maar ook die vreugdes, humor en interessanthede van die taal vir elke liefhebber van die Afrikaanse taal laat leef het,” aldus Ferreira. 

The post ATKV bring hulde aan Anton Prinsloo appeared first on LitNet.

Leon Rousseau (1931–2016)

$
0
0

Leon Rousseau (1931–2016)

Gebore en getoë

Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore, die jongste kind van Pierre Daniël en Elisabeth Anna Luise (gebore Gerdener). Hy is 21 jaar jonger as sy broer Pierre Etienne, die stigter van Sasol, en 13 jaar jonger as sy jongste suster. Leon is vernoem na ’n Jood, kommandant Lion Cachet, onder wie sy pa in die Boere-oorlog geveg het, en na sy grootvader aan moederskant, ’n Duitse eerwaarde Johann Gerdener, van die Rynse sendingstasie Wupperthal in die Sederberge.

Sy moeder se oupagrootjie was Michiel Christiaan Vos, die skrywer van Merkwaardig verhaal aangaande het leven en de lotgevallen van Michiel Christiaan Vos als predikant der Hervormde Christelijke gemeente, ’n outobiografie wat in 1824 verskyn het.

Sy pa was aanvanklik skoolinspekteur, en later direkteur van bekende maatskappye soos Sanlam. Sy grootvader aan vaderskant was ds PD Rossouw van Fraserburg, een van die Patriot-digters. Hy was, sover bekend, die eerste Rossouw wat die ou Franse spelling van die van weer ingevoer het: hy het al sy kinders “Rousseau” gedoop. Aan moederskant was daar meer as een voorsaat wat as gevolg van hulle skrywery bekend was. Een was dr GBA Gerdener van Stellenbosch, ’n oom van Leon.

Leon het in Kaapstad grootgeword in ’n tydperk toe die verkeer in die stad só lig was dat “jy op ’n fiets sonder remme van heel bo in Oranjezicht tot in Dokweg kon ry”.

Hy praat oor sy kinderjare met Murray la Vita (Die Burger, 14 September 2012): “Oranjezicht was my stomping ground; my kontrei. Ek was ’n laatlam; 13 jaar jonger as my jongste suster, so ek was maar eintlik ’n enkelkind. My herinneringe is grotendeels wonderlik. Ek onthou daar het elke kwartier ’n bus in Marmionweg, naby my ouerhuis, verbygekom waarop ek kon spring. En natuurlik, soos daardie gedig van Ina Rousseau: alles was standvastig, stabiel ... In die ou dae, in ons kinderdae, was alles so stabiel, rustig, vreedsaam, en nou het moord so alledaags geword soos brood.”

Hy vertel verder vermoedelik aan Willemien Brümmer (Die Burger, 5 Maart 2011): “Vroeg in 1937 was ek vyf, op pad na ses. Ek was ’n laatlam. My ouers het in Oranjezicht in Kaapstad gewoon, en in daardie buurt was Afrikaanssprekendes destyds yl gesaai.

“My sibbe was byna almal uit die huis en my ouers was te oud om vriende met kinders van my ouderdom te hê. Ek is verwen met ’n driewiel en ’n teddie en ’n ghollie en ’n treintjie met spore en ongeveer 30 Helena Lochner-boekies, maar ek was eensaam, teruggetrokke en stil.

“Enter dr C Louis Leipoldt, die Kaap se bekendste kinderarts. ‘Niks fisiek verkeerd nie,’ bevind hy vroeg in 1937 ná ’n ondersoek. ‘Let him run free for a while.’

“‘Dus nie nou al skool toe nie,’ besluit my pa, ‘ons gaan wys eers vir Leon die wildtuin.’

“So gesê, so gedaan. Ons gaan wildtuin toe, ons kom terug en in Junie word ek by die Laerskool Jan van Riebeeck in Kloofstraat afgelewer, waar ek in sub B, in dieselfde dubbelbank as Erni Grosskopf, beland. En hy lag my uit omdat ek huil.

“Van toe af was alles anders. Ons word goeie vriende; ons doen alles saam. Net een, enkele keer kry ek dit reg om eerste in die klas te staan – toe Erni vergeet om sy vraestel in te handig. (Later, in matriek, sou hy eerste in die Kaapprovinsie staan.) Ons stap van die skool na sy huis en soms na myne. Hoe veilig was alles in daardie dae! Erni se ma – vroeër Kotie Strauss van Calvinia, maar toe mev EB Grosskopf – word deur haar kinders Mutti genoem, en sy neem my feitlik aan. In die Grosskopfs se kombuis op klein Festchen word ek bekend gestel aan zervelat, mettwurst, leberwurst, Duitse brood en ander eksotiese lekkernye waarvan ek tevore nooit eens gehoor het nie. Dit is vir my ewe opwindend as ’n middernagfees vir koshuis-kinders. Later sou ons saam Scrabble speel, Monopoly, die kaartspel Vingt-un. Ek onthou dit soos gister.

“In die Kersvakansie van 1939, kort ná die begin van die oorlog, huur my ma La Gratitude, die Pickstones van appelfaam se groot vakansiehuis op die Riviera (vandag Grotto Beach by Voëlklip op Hermanus) in ’n poging om die hele familie tog eenmaal bymekaar te kry.

“Daar kon Erni en ek elke oggend ná ontbyt deur die spelonke van die melkhoutwoud na die heerlike strand nael – myle der myle oop, spierwit sand waar jy die ganse dag lank kon speel en swem sonder om meer as enkele ander mense te sien.

“Ons slaap, baie avontuurlik, in die solder met sy dakvensters en rietplafon. In hierdie plafon bêre ons geskrifte wat ons as lede van ons eie geheime klub vir die nageslag wil bewaar. Toe ek byna 70 jaar later na die geskrifte gaan soek, het die een of ander Filistyn ’n gemesselde plafon laat insit – die geheime dokumente was vir ewig verlore! In Mutti se oë was my grootste prestasie van daardie jare dat ek vir Erni se kapokkies ’n hoenderhok help bou het. My pa het ’n werkbank gehad, en daar het ek ’n bietjie met gereedskap leer werk. Dié groterige konstruksie, met deurtjie en al, het jare lank in die Grosskopfs se erf bly staan.

“Êrens in ons hoërskooljare het ’n derde musketier bygekom, Hugo Smuts. Tydens skoolvakansies het die drie van ons lang ente geryloop, gewoonlik na Port Elizabeth, en meermale op versoek in polisieselle oornag. In een tronk het ons nie net huisvesting gekry nie, maar ook ’n puik ontbyt.

“Die verskyning van fietse in ons lewe het ’n nuwe wêreld laat oopgaan, want nou kon ons die Skiereiland deurkruis en gaan swem net waar ons wil, van Houtbaai in die weste tot Vishoek in die ooste.

“In die bloktyd van ons matriekjaar, 1947, sit ons by my ouers se huis hoog bo in Oranjezicht. Ons al drie se fietse is daar. Waarheen nou? ‘Aha, vandag gaan ons afdraand tot in Dokweg ry, maar op een fiets.’ Blink gedagte!

“Erni voor, Hugo agter, ek in die saal, en daar gaat ons. Af in Glencoeweg, Strathcona, Marmion, Montrose – en daar word dit so steil dat die remme ingee. Teen ’n hoë spoed om die draai by Gibbert se kafee, af in Bo-Oranje, af in Oranje, af in Langstraat, af, af, af...tot ’n reuse-lorrie op die hoek van Langstraat en Dokweg ons pad versper. ’n Desperate pluk aan die stuurstang, ’n swenk na links en daar seil ons deur ’n vulstasie en rol stadig in Dokweg tot stilstand.

“Ons mooi ou stadjie – so mooi soos dit nooit weer sou wees nie – het aan ons behoort.

“In dieselfde tyd moes ons katkiseer. Ek leer hard aan die taai belydenisskrifte en kerkleer, Erni nie. Maar as die slimste kind in die skool kry hy al die moeilike vrae. Gelukkig vang sy skerp oor my sagte gefluister op en dra hy die antwoorde foutloos aan ds Jac Conradie oor.”

’n Ander geliefde plek uit sy Kaapse dae was Zeekoevlei. “Die lekkerste blyplek was nog Zeekoevlei. Óp die water.”

Oor Zeekoevlei en The Wind in the Willows van Kenneth Grahame vertel hy aan Die Burger van 31 Mei 2012: “Ek is self ’n watermens, gebore in die teken van die Vis. Die vakansiehuis wat ek in Zeekoevlei gekoop het, het ek mettertyd my vaste verblyf gemaak. Daar kon ek die vreugdes van Die Wind in die Wilgers herleef, met byna altyd twee of drie bote op die grasperk tussen die boothuis en die vleioewer.

“Ek kon eiehandig ’n L-vormige aanlegsteier bou, die kort beentjie van die L verborge agter papirus en spaansriet,van die huis af onsigbaar. ’n Getimmerde bankie op daardie kort beentjie was die plek waar ek en menige naweek-besoeker kon gaan sit om weg te kom. En oor die vlei uit te kyk. Te mediteer. Te droom. En soms ’n traan te stort.

The Wind in the Willows het in 1908 verskyn. Dit verteenwoordig vir my die Eduardiaanse era, die onskuldige tyd voor die Europese amper-selfmoord van twee verskriklike wêreldoorloë. Dit was ook die tyd toe my ouers jonk, energiek en verlief was, die tyd van hul huwelik en eerste kinders. Ek is te laat gebore om daardie tyd te ken. Grahame se boek help my om iets daarvan terug te roep.”

Drie vroue het die blaaie van kinderboeke vir Leon oopgeslaan: sy ma met haar kinder- en volksrympies, Helena JF Lochner en Enid Blyton met haar Sunny Stories.

Hy het tot standerd 6 (vandag graad 8) aan die Laerskool Jan van Riebeeck in Kloofstraat, Kaapstad skoolgegaan en is daarna vir twee jaar na die koshuis van die Hoërskool Gimnasium in die Paarl. Hy keer terug na die Hoërskool Jan van Riebeeck vir standerd 9 en 10, waar hy die Senior Sertifikaat-eksamen in 1947 in die eerste klas slaag.

Verdere studies en werk

Ná skool is Leon na die Universiteit van Kaapstad, waar hy sy BA-graad aan die einde van 1950 behaal. “Op ’n foto van 1950 verskyn Erni en ek in togas saam met sy broer, Johannes, sy suster, Marie, en Mutti. Erni se pa was toe al oorlede en dit was vier jaar voor my pa se dood. Dit was vir my ouers seker moeilik om die gradedag by te woon. Tog is dié foto vir my simbolies van die mate waarin Mutti my aangeneem het.” (Die Burger, 5 Maart 2011)

Hy vertrek hierna na die Universiteit van die Witwatersrand om tandheelkunde te studeer, maar ná vier maande staak hy hierdie studie en sluit in Junie 1951 by die redaksie van Die Burger in Kaapstad aan, waar hy beurtelings verslaggewer, vertaler, subredakteur en skrywer van die rubriek “Van alle kante” was.

In Oktober 1956 verlaat hy die diens van Die Burger om onafhanklike joernalis, skrywer en uitgewersmedewerker te word. Die tyd toe hy vryskutwerk gedoen het, beskryf Leon as “die mees ontspanne jaar van my lewe. Ek het vir elke dag ’n kwota gestel en dit elke dag afgehandel. Dit is die beste resep vir gemoedsrus.”

Leon is op 18 Desember 1954 getroud met Winifred Louise, die oudste kind van dr en mev CGW Schumann van Stellenbosch. Hulle het vier kinders gehad. In 1977 is Leon en Winifred geskei. Hy is later getroud met Narieka Strauss Pienaar en een kind is uit hierdie huwelik gebore.

In Kaapstad het Leon op ’n stadium in Leinster Hall gebly. Dit is ’n herehuis wat lank in die besit van die beroemde Hofmeyr-familie was en is in 1983 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Oor die ontstaan van Human & Rousseau het Leon met die uitgewery se vyftigste verjaarsdag vertel (Beeld, 14 Maart 2009): “Ek was ’n redaksielid van Die Burger in Kaapstad, ’n jeugdige 25. Die ewe jeugdige Koos Human, wat weldra my vennoot sou word, het in dieselfde jaar uit die destydse Transvaal na die Kaap gekom om by Nasboek te werk. Dit was destyds die uitgewersafdeling van Naspers (vandag Media 24).

“Ek en Koos was nie onmiddellik van mekaar bewus nie, want daar was min kontak tussen Die Burger in Keeromstraat en die uitgewery in die Tygerberg.

“In daardie jaar het ek dit in my kop gekry om by Die Burger te bedank en vryskut te word. My kollegas het min hoop vir my planne gesien. Op my laaste werkdag het ons hoofsub, Willem Wepener, ’n spotprentjie geplaas waarin ’n netjies-geklede man aan ’n verflenterde bedelaar iets sê soos: ‘Dag, ou Leon, en hoe gaan dit met jou nuwe boek?’

“Meer deur geluk as wysheid het ek toe al ’n huis en ’n vrou gehad. Die huis was Rugbyweg 7, heel bo teen die berg in Oranjezicht. Die dennebome van Tafelberg het trouens in ons agtertuin begin. Ek het £3 600 vir die baie eenvoudige en beknopte huisie betaal, maar die uitsig was na my skatting £3 000 werd. Dus somtotaal, soos Dirk Opperman graag gesê het, nie ’n slegte koop nie. Hier het ek ywerig met ’n nuwe Fritz Deelman-boek begin, elke dag op my ou Underwood ’n hoofstuk getik en die boek binne ’n maand voltooi. Dit was waarskynlik Fritz Deelman en die Swart Eiland.

“Enter Koos Human. Die eerste outeurskontrak is nog deur George Minnaar na Die Burger gebring vir my om te onderteken, maar hy is in 1956 deur die jeugdige Koos Human as hoof van Nasboek se afdeling algemene publikasies opgevolg. Alles het in daardie dae op presies die regte tyd gebeur. Ek het gou besef ek het nou met ’n professional te doen. Sy bynaam in uitgewerskringe, The Boy Wonder, was nie onvanpas nie. Koos het my belangrik laat voel deur in eie persoon kontrakte en pas-gepubliseerde boeke na my huis te bring. Hy het daardie jaar reeds twee Fritz Deelmans laat verskyn. Ons het dadelik gekliek en gou vriende geword. Van toe af het die lang skraal wit Ford met die lang, ekstra-skraal Koos Human agter die stuur, meer dikwels voor Rugbyweg 7 kom stilhou.

“As vryskut moes ek meer doen as skryf. Spoedig ontvang ek van JD Pretorius, hoof van Tafelberg-Uitgewers, wat toe hoofsaaklik boekklub- en slapbandboeke uitgegee het, ’n manuskrip deur ene Gerrie Radlof om te sub. Dit was die skuilnaam van Gerrit van Zyl, nou lankal dood, maar toe in Tamboerskloof woonagtig. Hy was die skrywer van die Buiter-boeke en baie ander. Na ek die manuskrip nagesien het, nooi ek die skrywer om my veranderings oor ’n drankie in die Café Royal te kom bespreek. My kasboek uit daardie dae wys van tyd tot tyd ‘Drankies, 7/6’. [Nota vir moderne lesers: “7/6” beteken “7 sjielings en 6 pennies” in die “ou taal”.]

“Gerrit was ’n fenomeen. Hy kon homself op ’n Vrydagaand in sy werkkamer toesluit, gewapen met ’n bandopnemer (dit was ’n Grundig), en iets vir die dors, en teen Sondagaand ’n boek klaar dikteer. Hy word hier genoem omdat hy die ontstaan van die firma Human & Rousseau help moontlik maak het.

“As jy 25 of 26 is, sien jy vir baie kans. Na ’n ruk besluit ek en Gerrit om saam ’n onderneming te begin. So gesê so gedaan. Gerrit bedank by African Homes Trust om voltyds te skryf, ek koop vir £100, as ek reg onthou, ’n bankrot persagentskap, Afritopics, by ene Nico van Rensburg. Ons verander die naam in die Uniale Persdiens en ek vestig dit in twee kantore in die Volkskas-gebou in Adderleystraat. Gerrit het tuis gewerk.

“Min kon ek toe droom dat dié kantore binne twee jaar deur ’n nuwe firma, Human & Rousseau, beset sou word. Na ’n ruk koop ek Gerrit van Zyl uit, en teen Koos Human se tweede jaar by Nasboek is ek die alleeneienaar van Uniale Persdiens. Die firma het sy geld gemaak deur buitelandse foto’s en artikels aan plaaslike blaaie te verkoop, aangevul deur my vryskutwerk.

“Vroeg in 1958 word Koos Human deur ’n aantreklike aanbod na ’n ander uitgewery, die Afrikaanse Pers Bpk van Johannesburg, gelok, maar na nege maande kon hy dit skaars meer daar uithou.

“As gevolg hiervan kry ek op ’n dag uit die noorde ’n oproep van hom. Hoe lyk dit, vra hy, wil jy nie saam met my ’n uitgewery begin nie? Dit was die grootste kompliment wat ek ooit kon kry.

“Vroeg in 1959 trek hy toe by die twee kantore in Adderleystraat in. Hoe ons ingepas het, onthou ek nie mooi nie, want ons was vier: ek en Koos, my sekretaresse, Helena Thiart van Windhoek (sy het dadelik ons albei se sekretaresse geword), en Ebrahim Petersen van Distrik 6, ons bode. Ebrahim het ’n kleurryke Kaapse Afrikaans gepraat wat vir Koos Human seker nuut was. Hy het sy vrou, vir al wat ek weet ’n lankmoedige vrou, teenoor ons beskryf as ‘die vrietende kanker’.

“Koos Human was ’n bietjie soos Odusseus van ouds. Hy het altyd ’n plan gehad. Gedagtig aan die nuwe firma se beperkte middele het hy idees saamgebring vir verskeie dun maar nogal elegante boekies waarvan klein oplae gedruk kon word. Van die heel eerste een, The Last Division deur Anthony Delius, byvoorbeeld, is 1 000 eksemplare deur Tulp van Zwolle in Nederland gedruk. Die toegespykerde kis met die hele oplaag is by Koos-hulle se huis in Kampsbaai afgelewer en oopgemaak in wat destyds die bediendekamer genoem is.

“Van kapitaal was daar geen sprake en geen sent nie. Alles moes uit Uniale Persdiens se inkomste kom. En terwyl die firma my, my vrou en ons eerste baba tevore ’n gerieflike inkomste besorg het, kon dit met moeite twee vennote en hul gesinne onderhou. Boonop moes ons nog boeke laat druk, voorskotte betaal, omslae laat ontwerp, manuskripte laat nasien. So is die Human & Rousseau-boompie ’n halwe eeu gelede geplant. Dit was swaar tye, broekskeurtye, maar onvergeetlik – en ja, ook heerlik.”

En Human & Rousseau het later ’n huishoudelike naam in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf geword en sou uiteindelik verantwoordelik wees vir ’n groot aantal belangrike publikasies, onder meer die werk van die Sestigers.

By Human & Rousseau het Leon veral uitgeblink as uitgewer van kinderboeke. Onder sy leiding was die uitgewery se kinderboekafdeling oor ’n lang tydperk die grootste in die land en hy het sowel plaaslik as in Europa hoë aansien as kinderboekuitgewer geniet.

Leon se eerste boek was Fritz Deelman en die Swart Eiland, die eerste titel van agt in die immergroen, gewilde Fritz Deelman-reeks. Verskeie van die Fritz Deelman-boeke is ook in Nederlands vertaal en het by Kluitman van Alkmaar verskyn. Die reeks is ook in 2004 en 2005 in sagteband heruitgegee.

Leon se Fritz Deelman en die Skepe van Mars is geskryf lank voordat Joeri Gagarin die eerste ruimtereis onderneem het. Dit het dus duidelik geblyk dat Leon amper sy tyd vooruit was wat tegnologiese ontwikkelings betref. “En sy sin vir humor en waarnemings was só in die kol dat dit maklik verby 2004 kan weerklink,” skryf Francois Smith in Die Burger, 3 Mei 2004.

Leon se “pedagogiese streep” wat in Storieman na vore kom, is ook in die Fritz Deelman-reeks te vinde. Saam met Fritz reis die jong lesers na verskillende wêrelddele, beleef avonture in Tibet, aan die Suidpool, in die Sahara en selfs diep onder die oppervlak van die see. Die Skepe van Mars het aanvanklik as ’n vervolgverhaal in die destydse Die Jongspan verskyn. Koos Human het hom aangepor om ’n boekreeks te skryf – “twintig boeke as jy wil”. “Maar jy moet vir Fritz ’n nooi gee,” het Koos aangeraai. (Die Burger, 3 Mei 2004)

Leon se inspirasie vir die reeks het gekom van die jeugboeke wat hy as kind gelees het: Boy’s Own, Gem en Magnet. “So het ek Engels geleer. En in dié boeke kom die helde nie naby die meisies nie.” (Die Burger, 3 Mei 2004)

Vir die skryf van wetenskapfiksie in Afrikaans is hy veral geïnspireer deur August van Oordt se Seuns van die wolke, en hy het ’n besondere liefde vir dié genre, vir Isaac Asimov, Arthur C Clark en Ray Bradbury.

Oor die oorsprong van die naam Fritz Deelman vertel Leon aan Francois Smith (Die Burger, 3 Mei 2004): “Miskien het die Duits avontuurlik en robuust geklink. Maar ek onthou dat Louis Hiemstra, destyds Die Burger se hoof-taaladviseur, beswaar gemaak het dat Fritz met ’n ‘z’ geskryf word. Dis onafrikaans, het hy gesê. Ek en Koos Human het groot genot daaruit geput.”

Oor die kwessie dat Fritz nooit verder as luitenant bevorder is nie, verduidelik Leon aan Smith dat daar ’n generaal Heyns moes wees wat bevele gee. “Die res van die resep behels ’n magtige skurk en avonture in ’n vreemde en nuwe omgewing. Nuwe lesers sal miskien meer van die latere boeke hou, maar as jy by die eerstes begin, is daar ten minste genoeg aksie.”

En Leon het geen twyfel dat Fritz hom in die nuwe Suid-Afrika sou kon aanpas nie: “Fritz Deelman is altyd aanpasbaar.”

Hy is ook nie bekommerd dat van die tegnologiese voorspellings en fantasievlugte agter die klip sou raak nie: “Heelwat daarvan is nie te sleg voorspel nie. Eers onlangs is vasgestel dat Mars skeure het wat vier keer so diep soos die Grand Canyon is. Miskien is daar nie lewe in nie, maar wie weet ...”

Oor die heruitgawes van die agt Fritz Deelman-boeke in 2004 en 2005 is Leon baie bly. Hy was aanvanklik bang dat die stories uit die 1950’s te dooierig sou wees vir die hedendaagse kind, maar party titels het reeds herdrukke beleef en is vir skoolgebruik goedgekeur. Die tydgees moes natuurlik ’n bietjie verander.

Hy het ook twee lewensromans vir die jeug geskryf, naamlik Die Florentyn, wat die verhaal van Leonardo da Vinci vertel, en Marco Polo van Venesië.

Leon was in sy loopbaan verantwoordelik vir ’n groot aantal vertalings en verwerkings van veral kinderboeke. Op hierdie gebied het hy oorspronklike en semi-oorspronklike werk gelewer, soos Ou Tante Koba, Die mens begeer maar altyd meer, Die Kaapse vlek enDie bruilof van die voëls. Die ryme in hierdie boeke en in ’n hele klomp ander is later versamel in Rympies vir kleuters en Rympies vir kinders, Leon se versameling tradisionele Afrikaanse volksryme en sy pogings om klassieke Duitse, Engelse en Nederlandse ryme in dieselfde styl te herskep.

Leon se bekendste werk is sekerlik Die groot verlange, die lewensverhaal van Eugène N Marais wat in 1974 gepubliseer is. Dit is in 1975 met die destydse CNA-prys bekroon. Volgens JC Kannemeyer in Die Afrikaanse literatuur het Leon hiermee ’n unieke bydrae op die gebied van die biografie in Afrikaans gelewer. Hy het die werk later in Engels vertaal onder die titel The dark stream.

Die idee om ’n boek oor Eugène Marais te skryf het reeds in sy standerd 9-jaar ontstaan (aan Murray la Vita, Die Burger, 14 September 2012). “In standerd nege het ek Lust for Life, die verhaal van Van Gogh deur Irving Stone, gelees. En ons het ook die gedigte van Marais gehad as ’n voorgeskrewe werk en daar was ’n baie prikkelende ... foutief, maar baie prikkelende, lewensketsie van Marais in die boek. En ek het toe die idee gekry: magtie, maar ek sal eendag graag so ’n boek soos Lust for Life oor Marais in Afrikaans wil maak.”

Dit was eers in 1961 toe Leon Robert Ardrey se African Genesis, wat aan Marais opgedra was, gelees het, dat hy weer aan sy storie oor Eugène Marais begin dink het.

Hierdie kennismaking was die begin van twaalf jaar van navorsing oor die lewe van Marais en die tyd waarin hy gelewe het. Met behulp van ’n subsidie wat hy van ’n petroleummaatskappy ontvang het, het Leon op Marais se spore teruggegaan na Londen, waar hy gedurende die Boere-oorlog gewoon het, en na Duitsland. Hy het ook ’n hele ruk in die Waterberge deurgebring en onderhoude met ongeveer honderd persone in Pretoria gevoer.

Dit het begin as ’n roman, maar Leon het later besluit dat die materiaal meer geskik is vir ’n biografie. In ’n onderhoud met Pretoria News het Leon gesê dit is wat hy graag noem ’n “imaginative biography”.

Leon is destyds op soveel maniere gekeer om Die groot verlange te skryf dat dit later na meer as toeval begin lyk het, vertel hy aan Hanlie Retief in Rapport, van 5 April 2009: “Een skemeraand in 1963 het ek tussen die bome op die plaas Rietfontein gestap. Dis waar Marais ’n groot deel van sy agt jaar in die Waterberg gebly het. Skielik kon ek ’n teenwoordigheid voel. Ek kon niks sien of hoor nie, maar die boodskap was duidelik: Bly weg! Hou op!”

Hy was skaars terug in die Kaap toe hy amper in ’n noodlottige motorongeluk was. ’n Senuwee in sy linkerarm is afgesny en hy kon nooit weer behoorlik tik nie. Die boek het eers twaalf jaar later verskyn. “Maar dit het my kans gegee om ryper te word. Ek het toe meer insig gehad.”

Die groot verlange was die duisendste boek wat Human & Rousseau uitgegee het om die vyftiende bestaansjaar van die firma te vier. Leon het self die boek as sy “eerste voetstap in grootmensliteratuur” beskryf. En dit het ’n geweldige mate van spanning, energie en wilskrag gekos om dit klaar te maak.

André P Brink het in Rapport (5 Januarie 1975) geskryf: “Ons het in ons taal op die terrein van lewensbeskrywing nog nie ’n werk van hierdie omvang, tegelyk in breedte en in diepte, opgelewer nie. Die hoofindruk wat die boek by die leser laat, is juis sy meevoerende vloei, en ’n verbysterende hoeveelheid en verskeidenheid materiaal word op ’n merkwaardig vlotte manier hier geïntegreer om nie net die beeld van ’n individu te herskep nie, maar hom volledig binne die raamwerk van sy tyd, nasionaal en internasionaal, te ‘plaas’.

Vir Brink is Rousseau se grootste prestasie waarskynlik hierdie vermoë om Marais in konteks te ontgin: “teenoor die Europees-Engelse 19de-eeuse tradisie in kuns, lettere en wetenskap; teenoor die geskiedkundige prosesse en strominge van die Zuid-Afrikaanse Republiek en die jong Unie; teenoor die ontplooiende taalbewegings; teenoor wêreldontwikkelinge op die gebied van literatuur, psigologie en die eksakte wetenskappe. Nooit verslap Rousseau se greep op sy stof nie; nooit neem die intrinsieke spanning af nie. En hoewel ek sekere voorbehoude en kritiek het, is Die groot verlange ’n formidabele werk en op sy terrein en uit eie reg is die boek ’n mylpaal in ons literatuur.”

Vir PM (Volksblad, 17 Desember 1974) is Die groot verlange in baie opsigte ’n model-biografie: “omvattend, deeglik nagevors, genadeloos eerlik, boeiend, dikwels aangrypend, en bowenal vlot geskryf, met ’n besonder fyn aanvoeling vir die omgewing en die tydsgees van ’n bepaalde periode.

“En die skrywer het nie alleen ’n deernis met en begrip vir die komplekse Marais verraai nie, maar dra dit aan die leser oor deur hom ook die tye, plekke en invloede te laat voel. Hoewel die biografie betreklik lywig is, lees dit so glad soos ’n besonder goedgeskrewe roman, omdat dit soos ’n klassieke tragedie onstuitbaar voortsnel na die onvermydelike einde.”

In 1977 het Koos Human en Leon hul uitgewery aan Nasionale Pers verkoop. Twee jaar later het Leon as medehoofbestuurder van Human & Rousseau bedank. In 2009 het hy dit beskryf as sy grootste fout om weg te gaan by Human & Rousseau weens ’n “onenigheid tussen my en Koos”. Hy is bitter spyt oor dié “breuk en verlies”, veral die verlies van Koos Human se breë kennis en finansiële insig. Maar gelukkig is daardie vriendskap weer waterdig. ( Rapport, van 5 April 2009)

Leon begewe hom in 1992 met sy ’n Toevlug in die Weste op die gebied van die politiek. Hierin raak hy ’n teer snaar by baie Suid-Afrikaners aan, veral met die 1994-verkiesing destyds op hande: naamlik dié van ’n “billike verdeling van die land”. Leon is nie skaam om ’n Afrikaner genoem te word nie en hy was reeds vanaf die jare sestig teen die destydse apartheidsbeleid, en in ’n Toevlug in die Weste vra hy vrae oor of ’n eenheidstaat soos dit afgehandel is, wenslik is. Hy doen aan die hand dat almal met ’n Wes-Kaapse oorsprong, wat alle Afrikaanssprekendes insluit, hul heil eerder soek in een of twee outonome state in die weste van die land. (Theuns van der Westhuizen, Die Burger, 29 Maart 1994)

In Mei 1982 het Leon ’n nuwe uitgewery, Rubicon, op die been gebring. Die firma se bekendste publikasies is Storieman, StorieMuis en Storytime, elkeen ’n reeks wat bestaan uit 30 kassette en 30 boeke. In 2004 is die reeks aangepas en is Storieman ook op CD gepubliseer. Van die reeks is reeds 35 000 eksemplare verkoop en dit beleef sy sewende druk.

Hieroor vertel Leon: “Dit was die eerste keer dat ’n kind ’n boek kon lees en na die klank luister – eers bande en toe later CD’s. En nou het Human & Rousseau, baie gepas eintlik, dit oorgeneem en hulle het ’n baie mooi uitgawe gemaak, aan Murray la Vita (Die Burger, 14 September 2012).

’n Storieman Omnibus wat ’n versameling bevat van die oorspronklike verhale, het in 2012 verskyn. Dit sluit in plaaslike verhale soos “Van Hunks en sy pyp”, en “Wolraad Woltemade”, asook die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories, en sprokies soos “Die Drie Varkies” en “Gouelokkies”. ’n Tweede omnibus verskyn in Oktober 2012 en nog een in April 2013.

Aan La Vita: “Ouers het vir my gesê hulle kinders kan nie hierdie vinnige tempo van die lees volg nie, want ek het beweer baie jong kinders kán dit volg. Toe het ek na hulle geluister en StorieMuis uitgegee so agt jaar later wat vir die heel jong kinders bedoel is.”

Storieman Omnibus is op albei genders gemik en met hierdie reeks het Leon ’n geleentheid gesien om die kind baie vroeg, reeds van so twee af, in lees te laat belangstel en ’n liefde daarvoor by hom te kweek. “Hoewel dit ongetwyfeld waar is dat die oudiovisuele benadering die leeftyd waarop kinders ’n storie verstaan en waardeer, dramaties verlaag, was dit tog ’n bietjie vroeg. Vir daardie groep het ek later StorieMuis uitgegee. In die praktyk was die ouderdomsgroepe kleuters (drie tot ses) en voortieners (tot so 12), hoewel baie ouer kinders dit ook geniet het”, aan Naomi Meyer op LitNet.

In 1980 het Leon ’n kwaai hartaanval oorleef en het sy huisarts aan een van sy kinders genoem dat hy dalk nog net vyf jaar het om te leef. Vandag is hy diep dankbaar vir daardie ekstra 20 plus jare wat hom gegun is, en nie net daarvoor nie, maar ook vir die lewe self met sy soet, suur, bitter en al.

Hy publiseer ook Per 80, ’n gedenkalbum vir sy broer Pierre. Eugène Marais and the Darwin syndrome en Die dowwe spoor van Eugène Marais is aanvanklik as twee boeke uitgegee, maar in 1998 verskyn dit in een boekdeel, met ’n hersiene uitgawe in 2000.

Leon vertaal in 2005 die eerste twee boeke in die baie gewilde A series of unfortunate events van Lemony Snicket in Afrikaans onder die titels Die bose begin en Die reptielkamer.

In April 2005 verhuis Leon na Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. En tans bly hy vir die eerste keer in sy lewe ver van die see. Die liefde het hom Pretoria toe laat trek, na die digter Marié Blomerus. Sy wou nie Jeffreysbaai toe verhuis nie, dus is hy noorde toe.

Hulle het mekaar 30 jaar vantevore by die Skrywersgilde ontmoet, en ná haar man se dood het hulle paaie weer gekruis. In Oktober 2008 is hulle in ’n seremonie by haar huis in Mossiestraat getroud.

In 2006 verskyn Die groot avontuur oor die ontstaan en ontwikkeling van lewe op aarde, met ’n voorwoord deur Gideon Joubert, die skrywer van Die groot gedagte. In hierdie werk soek Leon onder meer gronde vir sy opvatting omtrent die “akwatiese aap”, oftewel ’n teorie dat die mens deur ’n waterfase gegaan het. Op ’n onbewuste wyse was Fritz Deelman reeds ’n voorloper hiervan. “’n Hele paar van die agt Fritz Deelman-boeke speel onder water af,” sê Leon aan Francois Smith. “Miskien het dit ook daarmee te make dat my sterreteken die vis is.”

Die Matie-argeoloë Hilary en Janette Deacon se boek Human beginnings in South Africa (1999) was vir Leon die belangrikste aansporing om Die groot avontuur te skryf, vertel Leon aan Fred Pheiffer (Die Burger, 8 Maart 2006). “Dit het my belangstelling in die oergeskiedenis opnuut laat opvlam. Maar dit is iets wat al van ver kom. In die sestigerjare ontmoet ek Raymond Dart, wat my aan die woeste wêreld van Australopithecus, die Suider-aap, bekendstel, opvolger van Dart by Wits en eweneens wêreldberoemde Suider-aap-kenner. In 1971 skryf ek Professor Oer en sy diere vir kinders, en selfs Fritz Deelman het ’n draai gegooi by die mite van ’n versonke As uitgewer van sy boek oor die Boesmans leer ek ook vir Philip Tobias ken vasteland, Lemuria.”

Die groot avontuur is in 2007 met die Recht Malan-prys bekroon.

Andries Lategan skryf in Beeld (16 Oktober 2006) dat Rousseau twee take in Die groot avontuur aanpak: “eerstens wil hy die leke-lesers saamneem op sy eie geesdriftige leke-ontdekkingstog deur die oerwoud van teorieë en vertolkings oor hoe lewe op aarde ontstaan en ontwikkel het tot homo sapiens; tweedens wil hy die leser oortuig dat paleontologiese, biochemiese en neurologiese bevindings omtrent die ontwikkeling van die ondermaanse lewensvorme nie verklaar kan word sonder om soms die ingryp van ’n bonatuurlike intelligensie in die verloop van die natuurlike seleksie by te roep nie. Rousseau voer die eerste oor die algemeen helder en met insig uit, maar ek is minder seker of dieselfde gesê kan word oor sy ander selfopgelegde sendingtaak.”

In ’n artikel in Rapport van 12 April 2009 skryf George Claassen en Karel de Pauw dat Die groot avontuur voorgesit kan word as ’n goeie voorbeeld van ’n oningewyde wat nie genoeg navorsing gedoen het oor sy onderwerp nie. Rousseau se boek is ook “halfgebakte en onwetenskaplike idees wat hy aanhoudend in skryfsels en praatjies herhaal.”

Andries Lategan kritiseer ook vir Rousseau “oor die openbarende toevlug wat hy gereeld in sy boek by ’n intelligente ontwerper soek sodra hy iets nie begryp of kan verklaar nie”.

Die bekende Philip Tobias het ingestem om ’n voorwoord vir Die groot avontuur te skryf, maar nadat hy die finale gepubliseerde weergawe gelees het, het dit vir hom duidelik geword dat Leon Rousseau die pseudowetenskaplike konsep van Intelligente Ontwerp steun en in ’n brief aan Die Burger distansieer Tobias hom van daardie dele wat Intelligente Ontwerp ondersteun.

Leon skryf in ’n artikel in Rapport (7 Julie 2009) dat nadat hy The language of God van Francis Collins gelees het, hy besluit het “om a) my openlik van IO te distansieer en b) om my eie onbewysbare, maar ook onweerlegbare indrukke dat daar ’n groot mag agter die werkinge van die heelal moet wees, voortaan sorgvuldiger te skei van wat ek oor die wetenskap skryf. Oor my foutiewe indruk van IO toe ek Die groot avontuur geskryf het, voel ek behoorlik verleë.”

Oor waarmee hy tans besig is, vertel Leon (Die Burger, 10 Maart 2012): “Ek is besig om te werk aan Lalie se lekker liedjies saam met Lochner de Kock. Ons moet aan die einde van Maart 2012 die eerste CD voltooi, maar dis in drie luike met 20 liedjies elk – Lalie in Diereland, Lalie in Luilekkerland en Lalie in Kammaland. Dit sal in een pak verskyn wat ek ’n luisterkis noem. Van die lirieke is nuwe werk, maar baie daarvan is bestaande goed wat ek uit Engels of Duits neem en dan vertaal.”

Leon is ook nog nie klaar met die stig van nuwe sake met hoë ideale nie. Ongeveer 53 jaar nadat hy Human & Rousseau saam met Koos Human gestig het, het hy vir die vervaardiging, verspreiding en bemarking van Lalie saam met Lochner, die boekhandelaar Eddington Esterhuizen en die musiekregisseur Jahn Beukes, ’n nuwe “onderneminkie” in die lewe geroep: Leida. Hul embleem is ’n seuntjie op ’n swaan en die naam staan vir die vennote se name en vir Beukes se “Ateljee”. Dit sou dus logies Leda moes gewees het, maar daar was reeds verskeie ondernemings met die naam Leda, dus is ‘n i vir intelligensie toe bygevoeg. (Die Burger, 10 Maart 2012)

In 2011 blaas Leon ook nuwe lewe in die Jakkals en Wolf-verhale toe hy Die kaskenades van Jakkals en Wolf oorvertel en verwerk en die lig laat sien by LAPA-uitgewers. Die illustrasies is deur Johann Strauss gedoen. Human & Rousseau gee in dieselfde jaar Pieter W Grobbelaar se Jakkals en Wolf, met illustrasies deur Sean Verster, uit.

Hierdie twee boeke is elkeen op ’n verskillende teikenmark gemik. Vir Marlize Leyden is Die kaskenades van Jakkals en Wolf egter meer geskik om hierdie klassieke verhale aan ’n nuwe generasie lesers bekend te stel.

Oor die herkoms van die Jakkals en Wolf-stories vertel Leon in ’n brief aan Die Burger van 2 Februarie 2013: “Party van die Jakkals en Wolf-stories wat ons vandag ken, is reeds in die Middeleeue op skrif gestel, 800 jaar gelede, en daar is van hulle wat miskien nog ouer is. Dit was die tereg beroemde dr. Wilhelm Bleek wat reeds in 1864 met sy boek Reynard the Fox in South Africa te kenne gegee het dat verhale soortgelyk aan dié in die Middelnederlandse diere-epos Van den Vos Reinaerde (13de eeu) deur natuurvolke in Suid-Afrika vertel is.

“Die eerste Afrikaanse oorvertellings van hierdie inheemse stories was dié van GR von Wielligh in sy boek Dire storiis (soos deur Hottennots ferteld), wat in 1907 uitgegee is. Hierdie puik versameling kon egter beïnvloed gewees het deur die 185 dierestories wat in die 25 jaar tussen 1880 en 1905 in Joel Chandler Harris se agt Uncle Remus-boeke verskyn het. In Suid-Afrika, waar die belangstelling in die Amerikaanse Suide groot was, is dié boeke stellig druk gelees.”

Leon het sy navorsing na die Jakkals en Wolf-stories se oer-herkoms in sy boek se nawoord saamgevat: “Op grond van die omstandigheidsgetuienis wil ek die gissing waag dat ons Jakkals en Wolf-stories op die een of ander manier beïnvloed is deur Kaapse blankes wat vertroud was met die Uncle Remus-boeke en dieselfde of ander blankes wat die Reinaert-epos deur oorlewering of andersins geken het. Hierdie twee bronne kon deur ander aangevul gewees het.

“‘Slaan ysterklou in die grond, broer Wolf’ is wesenlik dieselfde storie as die Nederlandse volksverhaal wat in 1905 in die Nederlandse publikasie Volkskunde verskyn het. Die moontlike invloede wat ek noem, verminder nie die waarde van ons Jakkals en Wolf-verhaleskat nie. Alle volksverhale is oorvertellings of hervertellings van oorvertellings.” (Die Burger, 2 Februarie 2013)

Net ná die première van die langverwagte Die wonderwerker, Katinka Heyns en die draaiboekskrywer Chris Barnard se fliek oor Eugène Marais, is ’n stel van vier CD’s op 6 September 2012 bekend gestel waarin ’n verkorte weergawe van die biografie oor Marais, Die groot verlange, vertel en voorgelees word. Leon Rousseau sê dele van sy boek oor dié legendariese digter, skrywer, wetenskaplike, regsgeleerde, storieverteller en morfienverslaafde is deur die akteur Lochner de Kock voorgelees en word afgewissel met oorgange waarin vertel word hoe die storie verloop. ’n Klassieke simfonie is spesiaal vir die voorlesings deur Jahn Beukes gekomponeer. Die omslag bevat ’n pragfoto van Lettie, oftewel Aletta Beyers, Marais se vrou, wat op 21 – agt dae ná die geboorte van hul seuntjie – aan kraamkoors gesterf het.

Tydens die Woordfees van 2012 op Stellenbosch was daar ’n profielaanbieding van Leon Rousseau waartydens persone soos Dorothea van Zyl, Gerrit Brand en een van sy seuns, Chris, iets oor Leon en sy invloed gesê het. In die loop van die aanbieding is iets bevestig wat onveranderd gebly het aan Leon Rousseau se uiteenlopende bydraes tot Afrikaans en die letterkunde: hy dwing blywende respek af – of dit nou sy grootse biografie oor Eugène Marais is,Die groot verlange, die toekoms-aksie van die Fritz Deelman-reeks of die Storieman-boeke en -kassette en -CD’s. ( Die Burger, 7 Maart 2012)

Leon se nuwe boek, met die voorlopige titel Benjamin, Baäl en die bul van Basan, kyk na hoe die Bybel ons taal gevorm het. Oor sy nuwe boek sê Leon (Die Burger, 10 Maart 2012): “Ek het nou my deel gedoen. Nou moet die konsultante kyk, en hulle is verbaas, want ek het op baie plekke gesê die 1983-vertaling is minder poëties oftewel meer platvloers as die 1953-vertaling. ’n Mens kan mos nie eenvoudig ’n frase weggooi wat in die Lutherbybel, die Statenbijbel en selfs die King James voorkom nie. Neem nou, byvoorbeeld, ‘In die begin was die Woord’. Die 1983-vertaling sê (en dit bots met al die vorige vertalings): ‘In die begin was die Woord daar.’ Dis byna heiligskennis!”

Leon het nog altyd ten diepste omgegee vir die instandhouding en die skep van poëtiese woorde. Toe hy gevra is oor die allemintige hoeveelheid alliterasie in sy nuwe boektitel, antwoord hy met ’n nuutskepping en ’n sjarmante glimlag: “Ek noem dit ‘bryme’ – beginryme met ’n ‘b’.” (Die Burger, 10 Maart 2012)

 

Leon Rousseau is op 24 Februarie 2016 ná 'n kort siekbed in die ouderdom van 84 oorlede.

Publikasies

Publikasie

Fritz Deelman en die Swart Eiland

Publikasiedatum

  • 1956
  • 1960
  • 1978
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0624005615 (hb)
  • 0798143949 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Fritz Deelman en die skepe van Mars

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1990
  • 2004

ISBN

  • 0624029190 (sb)
  • 0798143949 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1960

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die Suidpoolbende

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1961
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144033 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die groen dood

Publikasiedatum

  • 1958
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144114 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Marco Polo van Venesië: sy merkwaardige reis na die Verre Ooste

Publikasiedatum

  • 1958
  • 1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die diepsee-duikbol

Publikasiedatum

  • 1958
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0798144041 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1968

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die Florentyn: die verhaal van Leonardo da Vinci

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1960
  • 1964
  • 1966

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engelse vertaling Oxford University Press 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die Gori Lama

Publikasiedatum

  • 1959
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144106 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die woestynrowers

Publikasiedatum

  • 1960
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0798144254 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die koue gevaar

Publikasiedatum

  • 1962
  • 1977

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die ondersese myn

Publikasiedatum

  • 1963
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144246 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Van Hunks en sy pyp: ’n oorvertelling van ’n ou sprokie

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die diere-ABC

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die rottevanger van Hamelin

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Professor Oer en sy diere

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ou Tante Koba

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderversies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die vet kat: ’n Deense sprokie

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die historie van Dolle Daan: Afrikaanse beryming

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Roussaeu

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die mens begeer maar altyd meer: ’n ou Afrikaanse volksrympie

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die bruilof van die voëls

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die groot verlange: die verhaal van Eugène N Marais

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1979
  • 1984
  • 2006 (hersiene uitgawe)

ISBN

  • 0798104686 (hb)
  • 0798109696 (hb)
  • 0798118202 (hb)
  • 1869191048 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

CNA-prys 1974

Vertalings

Engelse vertaling The dark stream 1982

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die ondankbare slang: ’n ou Afrikaanse volksverhaal

Publikasiedatum

1975

ISBN

0798101687 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Volksverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Herelandgoed

Publikasiedatum

1976

ISBN

0798105534 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio in die pekel: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

079810998X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio loop weg: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798110007 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio op see: : nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798109998 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio en sy vriende: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798109971 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Per 80 – gedenkalbum P Etienne Rousseau 1990–1990

Publikasiedatum

1990

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Rubicon

Literêre vorm

Gedenkalbum

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Toevlug in die weste

Publikasiedatum

1992

ISBN

1874869545 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Rubicon

Literêre vorm

Sosiale geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eugène Marais and the Darwin syndrome / Die dowwe spoor van Eugène Marais

Publikasiedatum

2000

ISBN

1919825290 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die groot avontuur: wondere van die lewe op aarde

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798146508 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Wetenskap

Pryse toegeken

Recht Malan-prys 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die kaskenades van Jakkals en Wolf

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780799349648 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Leon Rousseau as samesteller:

Leon Rousseau as redakteur:

Leon Rousseau as vertaler:

  • My sustertjie is twaalf voet hoog: lawwe stories, rympies en raaisels uit baie lande. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798101660 (hb)]
  • 101 rympies. Saam met DJ Opperman, Elizabeth van der Merwe en Pieter W Grobbelaar. Kaapstad: Human & Rousseau,, 1982, 1988, 1995 [ISBN 0798106840 (hb)]
  • Anno, Mitsoemasa: Die koning se blom. Kaapstad: Human & Rousseau, 1979 [ISBN 0798109181 (hb)]
  • Apsley, Brenda: Die drie musketiers. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111542 (hb)]
  • Aubin, Michael: Karolus die luilekker koning. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 0947006915 (hb)]
  • Bemelmans, Ludwig: Madeleine se redding. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
  • Berson, Harold: Josef en die slang. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110589 (hb)]
  • Biro, Val: Vonkie: die avonture van ’n jaarkar. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798105089 (hb)]
  • Bonsall, Crosby: Hoegenaamd niks. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970
  • Bouman, PJ: Revolusie van die eensames: Spieëlbeeld van ’n tydperk. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1958
  • Bright, Robert: Kalie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
  • Bruijn, Cor: Odusseus die groot swerwer. Kaapstad: Naweekpos, 1964
  • Bucknall, Caroline:
    • ’n Beer op die foto. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006524 (hb)]
    • Een beer stokalleen. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006516 (hb)]
    • ’n Beer in die hospitaal. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 09547006877 (hb)]
    • Carnegie, Dale: Die kort en maklike pad na effektiewe redevoering. Roodepoort: Baanbreker, 19- 
    • Collins, Larry en Lapierre, Dominique: Die vyfde ruiter. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111097 (hb)]
    • Coran, Pierre: Die langtand bewer. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 0947006893 (hb)]
    • Cornwall, IW: Die wording van die mens. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
    • Counhaye, Guy: Die koulike ysbeer. Kaapstad, Rubicon, 1990 [ISBN 0947006907 (sb)]
    • Dahl, Roald:
    • Kalie Emmer en die sjokoladefabriek. Kaapstad: Tafelberg, 1981 [ISBN 0624015580 (hb)]
    • Marius se merkwaardige medisyne. Kaapstad: Human & Rousseau, 1982, 2005 [ISBN 0798114517 (hb); 079814534X (sb)]
    • Dawson, AJ: Finn die wolfhond. Kaapstad: John Malherbe, 1964
    • Dickens, Charles: ’n Kerssang in prosa. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
    • Dr Seuss:
    • Duvoisin, Roger: Helde van die horison. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
    • Eastman, PD: Ry, hond, ry! Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 0798102543 (hb)]
    • Falconer, Elizabeth: Die huis van Koos Delport: ’n Rebus-boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1990 [ISBN 0798126671 (hb)]
    • Firmin, Peter: Karel Kwas kampeer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
    • Flack, Marjorie: Die avonture van Ping. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
    • Frankel, Alona: Van kroontjie tot toontjie. Johannesburg: Perskor, 1982 [ISBN 062802245X (hb)]
    • Friskey, Margaret: Tweevoetjies en sy arendveer. Kaapstad: Human & Rousseau, 197-  [ISBN 0798104236 (hb)]
    • Galdone, Paul:
    • Tom, Tom Pyperseun. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798105167 (hb)
    • Die tafel, die esel en die stok. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 07981087789 (hb)]
    • Graves, Robert: Die groen boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 0798105828 (hb)]
    • Greaves, AF: Tombi en die watergees. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110226 (hb)]
    • Hall, Amanda: Katrina Losbek: ’n ou Russiese volksverhaal. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798112034 (hb)]
    • Hansen, Ole en Annette Bering Liisberg: Oom Gom se 1000 stories. Kaapstad: Rubicon/Voorsprong-Pers, 1993 [ISBN 1874869367 (hb)]
    • Harvey, Amanda: Brame in die winter. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 1874869014 (hb)]
    • Hoff, Syd: Dirk en die dinosourus. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
    • Hopwood, Clive:
    • Goudskepe op die Spaanse see. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111550 (hb)]
    • Davy Crockett. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111534 (hb)]
    • Hurd, Edith Thatcher: Jannie Leeu se boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1969
    • Hurkos, Peter: Sesde sintuig. Pretoria: HAUM, 1962
    • Inkpen, Mike:
    • Ek wil ’n skaap hê. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006532 (hb)]
    • Ek wil ’n vark hê. Kaapstad: Rubicon, 1988. [ISBN 0947006540 (hb)]
    • Janosch:
    • Ai, hoe mooi is dit in Panama. Kaapstad: Tafelberg, 1980 [ISBN 0624013839 (hb)]
    • Die grootste geluk op aarde. Kaapstad: Tafelberg, 1980 [ISBN 0624013847 (hb)]
    • Pos vir die tiertjie: hoe die beertjie en die tiertjie landpos, lugpos en die telefoon uitgevind het. Kaapstad: Tafelberg, 1981 [ISBN 0624016773 (hb)]
    • Jensen, Borge: Hoeveel eiers kan die reus eet? Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 07981003078 (hb)]
    • Kaufmann, Herbert: Die verlore karavaanpad. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
    • Kennedy, Richard: Kom in die lente weer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798107618 (hb)]
    • Lasker, Joe: Lang jare saam: die verhaal van twee Middeleeuse huwelike. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107340 (hb)]
    • Leitner, Irving A: ’n Koppie soos ’n peer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 0798107995 (hb)]
    • London, Jack: White Fang die wolfhond. Pretoria: Van Schaik, 1959; Kaapstad: Human & Rousseau, 2005 [ISBN 0798145552 (sb)]
    • McNaughton, Colin: As kat en hond soos drake was. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111526 (hb)]
    • Monjo, FN: Uile in die woud. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974 [ISBN 079810404X (hb)]
    • Mons, Martin: Moord op ’n minister. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
    • Myrick, Mildred: Die klub van drie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 079810578X (hb)]
    • Nordhoff, Charles Hall en James Norman: Die muitery op die Bounty. Pretoria: Van Schaik, 1963
    • Ofek, Uriel: Rook oor die Golan-hoogland. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110759 (hb)]
    • Pakenham, Thomas: Die Boere-oorlog. Johannesburg: Jonathan Ball, 1981 [ISBN 086850033X (hb)]
    • Pearce, Philippa: Die stryd om Huts en Pots. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110996 (hb)]
    • Provensen, Alice: ’n Uil en drie snorre. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 079811116X (hb)]
    • Reader, Karin S: Meneer Ratel kom kuier. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107324 (hb)]
    • Reit, S: Ek leer kleure ken. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798102713 (hb)]
    • Richardson, Anthony: ’n Man en sy hond. Kaapstad: HAUM, 1962
    • Ryan, Cornelius: Die langste dag. 6 Junie 1944. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1960
    • Rydberg, Viktor: Tomten. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
    • Scarry, Richard:
    • My eerste lekkerlag woordeboek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974 [ISBN 0798103655 (hb)]
    • By die diere. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798106360 (hb)]
    • Seed, Jenny: Die jaar een. Kaapstad: Human & Rousseau, [ISBN 0798110163 (hb)]
    • Shapiro, Irwin: Andries en die draak. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 0798108002 (hb)]
    • Simons, Phillida Brooke: Suid-Afrikaanse avontuurverhale. Kaapstad: Struik, 1988 [ISBN 086977672X (hb)]
    • Snicket, Lemony:
    • Die bose begin. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798143681 (sb)]
    • Die reptielkamer. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 079814369X (sb)]
    • Stobbs, William: Ou Moeder Gans en die goue eier: ’n tradisioneel Engelse volksrympie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107677 (hb)]
    • Stone, Bernard: ’n Dag om te onthou. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111577 (hb)]
    • Van der Heide, Willy:
    • Drie seuns op ’n onbewoonde eiland. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel, 1961
    • Avonture in die Stille Suidsee. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1961
    • Die stryd om die goudskip. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 196-
    • Verne, Jules: ’n Reis na die middelpunt van die aarde. Kaapstad: Tafelberg, 1958
    • Walpole, Ellen Wales: My eerste tweetalige woordeboek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1987, 1993 [ISBN 0798116994 (hb); 0798131055 (sb)]
    • Young, Hilda: Robin Hood en sir Guy de Gisborne. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0789111569 (hb)]
    • Young, Ruth:
    • My kombers. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006516 (hb)]
    • My babawagter. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006915 (hb)]
    • Die nuwe baba. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006540 (hb)]
    • Zolotow, Charlotte: As die wind gaan lê. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107588 (hb)]

Artikels oor Leon Rousseau beskikbaar op die internet:

Artikels deur Leon Rousseau beskikbaar op die internet:

Bronne

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

Bygewerk: 2014-06-07

Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za

 

The post Leon Rousseau (1931–2016) appeared first on LitNet.

ATKV-Handevat: Waar protes én dade handevat

$
0
0

Hoërskool Monumentpark vestig ’n traumahanteringsprogram by Kraaifontein AME Primêre Skool en wen ATKV-Handevat!

* * *

Vrydag 19 Februarie 2016 was ’n groot dag vir die ATKV, want die wenners van die Jaarlikse ATKV-Handevat is op daardie dag aan die publiek bekendgestel. Talle gaste is genooi na die Hoërskool Monumentpark in Kuilsrivier. Daar aangekom, is lede van die publiek, die polisie, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die ATKV ingewag deur twee mure van betogende skoliere.

"Hell, no! We won’t go!" en "Stop abuse now!" het weerklink by die skool se hekke. Dit was die leierskorps, die voorvatters onder die leerders wat hier betoog het en dit was wonderlik. Hoekom? Want dit was stemme wat teen onreg protesteer.

Hierdie besondere groepe leerders het nie net geskree nie. Hulle het iets gedóén. Uit hierdie protes is daar aksies gebore en dit is die rede waarom die Hoërskool Monumentpark ’n rukkie later met ’n wentjek van R30 000 weggestap het.

handevatfeb16.3

Die ander skool in hierdie wenvennootskap is Kraaifontein se Primêre Skool AME. Die hoërskool het dit hulle plig geag om die, soms haglike, huislike omstandighede van die laerskoolkinders te oorbrug. Kraaifontein word geteister deur armoede en misdaad en uiteindelik ook emosionele trauma. Die doel van die vennootskap tussen die Hoërskool Monumentpark en die Primêre Skool AME was om laasgenoemde se personeel te bemagtig om traumasituasies by leerders te identifiseer en onmiddellik die korrekte intervensie te bied.

handevatfeb16.4

Vrydag 19 Februarie se verrigtinge is amptelik geopen deur meneer David Jantjies, die hoof van Hoërskool Monumentpark. Hy het ons teruggeneem in die geskiedenis – na ’n protesbeweging.

Op 14 Februarie 1787 het 'n aantal vry slawe uit die Metodistekerk geloop uit protes teen die Kerk se rassistiese houding jeens swart mense. Die leier van die groep, Richard Allen, het glo sy Bybel op die aambeeld geplaas en aangekondig dat hulle ’n eie kerk moet begin. Uit hierdie protesaksie is die African Methodist Episcopal (AME) Kerk begin.

Die kerk het sigself oor die jare heen met gemeenskapsprojekte en onderwys besig gehou. Verskeie AME kerkskole is begin. Een van hulle is die Primêre Skool AME in Kraaifontein.

In 1987, presies 200 jaar ná Allen se protes, word die eerste sooie gespit en die konstruksie van die Hoërskool Monumentpark het begin. Die skool het in 1989 die eerste keer leerders ingeneem.

Jantjies is baie trots op die etos van die skool: "Hier is ons lankal verby die klakkelose reprodusering van die kurrikulum. Ons reik na die siel van die kinders. Hier kweek ons leiers."

Ook onder die onnies word leierskap bevorder. Die skool het nie meer detensieklasse nie. In die plek daarvan word onderwysers gehelp om die leerders te help.

handevatfeb16.5

Mercia Eksteen, die kommunikasiebestuurder van die ATKV, het daarna almal amptelik welkom geheet by die byeenkoms.

handevatfeb16.6

Divan Smit, ’n oudleerder van die Hoërskool Monumentpark, het toe die podium betree en die agtergrond tot die projek geskets.

Die Hoërskool Monumentpark het tradisioneel op 16 Junie elke jaar 'n optog na die plaaslike polisiestasie gehou om Soweto te gedenk. In 2015, op 16 Junie, het elf skole deelgeneem aan die optog. Hulle het, soos van ouds, die polisiekantoor omsingel en het aangedring dat die polisie na hulle griewe luister. Die leerders het beswaar aangeteken teen die voortdurende geweld waaraan hulle en hulle maats blootgestel word.

Die polisie het daardie dag 11 leerders ingenooi en het belowe dat saam 'n verskil gemaak kan word. Smit vertel die leerders self ook iets wou doen; alles kan nie op die polisie geblameer word nie. Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het byvoorbeeld ook maatskaplike werkers, maar hulle is so oorwerk dat dit soms ses maande duur voor ’n getraumatiseerde kind se saak deeglik ondersoek kan word. Om die nood te help verlig, is gevra dat klasse aan die onderwysers gebied word om trauma te hanteer, maar Divan en sy maats het daarop aangedring om óók opleiding te ontvang. Almal moet in ’n mate maatskaplike werkers wees, glo die leerders.

Aanvanklik wou die WKOD nie dat leerders aan die sessies deelneem nie, want, so is gevoel, van die goed is te traumaties vir 'n skoolkind. Tog het die leerders aangedring en daar is toegegee aan hulle versoek. Opleiding is gedurende ’n reeks kontaksessies aan die onderwysers en leerders verskaf.

Kristen Krige (links) en Kirsten Koopman, wat tans leerders van die skool is, verduidelik toe hoe die projek verder verloop het. Die leerders van Monumentpark wou hulle opleiding gebruik om iets vir die laerskool te doen wat sal aanhou dividende lewer, lank ná hulle die skool verlaat het.

handevatfeb16.8

’n Deel van die span by  die Hoërskool Monumentpark het ’n toneelstuk oor mishandeling en kinderregte geskryf. ’n Helpende Hand is op die planke gebring; leerders van die Primêre Skool AME in Kraaifontein was ook op die verhoog.

Vir die ouer leerders was dit lekker om iets te doen vir die laerskool, maar die lekkerste, sê hulle, was om op hierdie manier geselsies aan te knoop, uit te reik en bande te smee met die ander skool.

Vir die jonger kinders was dit ’n voorreg om met die hoërskoolleerders saam te werk. Een van die toneelspelers van die Primêre Skool AME, Itumeleng Bless, het geskryf: "I never thought that I would be able to do something to change a person’s life. Through the programme I was very proud to see that our school can also get involved in helping the community and the children of Kraaifontein."

Die doel van die drama is om jonger kinders in te lig oor mishandeling en dat hulle so gou as moontlik na iemand toe moet gaan en vertel.

handevatfeb16.9

Die hoofkarakter is ’n meisie wat probleme ervaar by die huis en val vir die sjarme van ’n ouer man.

handevatfeb16.10

Dan raak sy met die verkeerde maats deurmekaar.

handevatfeb16.11

Uiteindelik, wanneer sy besef sy het hulp nodig, aanvaar sy die helpende hand van mense wat werklik omgee.

Die ATKV het in 2015 R3 000 aanvangskapitaal aan die Hoërskool Monumentpark betaal om hierdie inisiatief ’n hupstoot te gee.

’n Deel van hierdie geld is deur die projekspan gebruik om pamflette te ontwerp en te druk wat kinderregte op ’n kindervriendelike wyse uitbeeld.

Die pamflette is saamgestel by Monumentpark. Genoeg is gemaak om vir elke kind by AME een te gee. Die pamflette vertel die leerders wat hulle regte is, gee raad oor wat om te doen as jy ’n probleem het, en verskaf ook kontaknommers. Op elke pamflet is ook ’n plek waar die kinders hulle eie kontakbesonderhede kon invul. So het hulle iets om aan ’n helper te wys, sou hulle in die moeilikheid beland. Die pamflette is ook deur die jaar uitgedeel aan die hele gemeenskap.

handevatfeb16.12

Op hierdie stadium het die protesgroep, wat ons by die hek ingewag het, die saal binnegestorm en vir elke persoon in die saal ’n pamflet uitgedeel terwyl hulle gedreunsing, gedans, plakkate geswaai en slagspreuke geskree het.

Dit was ’n baie effektiewe wyse om die boodskap tuis te bring.

handevatfeb16.14

Ná die protesaksie die saal verlaat het, is die inrig van die traumahoekie bespreek.

Kristen vertel dat dit ’n grootse poging deur verskeie leerders was.

Talle hoërskoolleerders het aangemeld om te help. Dit was nie net die projekspan nie. Indien hulle oor die interkom sou aankondig dat daar ’n sekere behoefte was, het daar altyd iemand na vore gekom om te help. Een van die leerders het aangebied om die kassies te bou wat nou in die hoekie staan. ’n Ander het gesê hy verf goed en wil graag kom help.

Ook die opsigter van die hoërskool het betrokke geraak. Hy en van sy werkers het spontaan aangebied om te gaan opknap by die laerskool.

Die beoordelaars het hierdie gemeenskapsbetrokkenheid uitgelig in hulle commendatio. Die Hoërskool Monumentpark en die omliggende gemeenskap het saamgestaan, was hulle bevinding.

Kristen vertel dat die projekspan ook die leerders van AME gevra het om te help en dié wat aangebied het, se handafdrukke is toe verewig in daardie hoekie.

Dié hoekie is 'n veilige hawe vir die kinders, daar voel kinders wat mishandel word, tuis. Een seuntjie het byvoorbeeld eenvoudig daar, in die arms van 'n reusebeer, aan die slaap geraak.

Kirsten sê hulle is trots daarop dat hierdie hoekie volhoubaar is, dit kan voortbestaan lank ná hulle uit die skool uit is.

Uiteindelik het hulle nog R500 oorgehad van die R3 000 wat die ATKV verskaf het. Hulle het daardie geld toe in ’n traumafonds gestort wat nou deur Badisa bedryf word. (Badisa is ’n baie groot welsynsorganisasie, sien hierdie skakel.)

handevatfeb16.15

Liezl Strauss, ’n graad 1-onderwyser by die Primêre Skool AME vertel toe oor die opleiding wat sy en die ander onderwysers van die maatskaplike werkers ontvang het. Sy het nooit besef hoeveel trauma die jonger kinders beleef nie. In een van die eerste sessies moes hulle aan die leerders vra: "Wat is julle vrese?" Sy het gedink die kinders gaan iets sê soos: "Ek is bang vir die donker."

Toe nie, dit was: "Verkragting op pad huis toe. Bendegeweld. Wat gaan vir aandete wees?"

Strauss sê trauma word dikwels vermom, dit is die nar in die klas, die stouterd wat dikwels die ergste getraumatiseerd is. Dit is hoekom soveel van die jonger leerders vir ’n onderwyseres "mamma" sê, sy is dikwels die enigste mamma wat daar is. Talle ouers is gewoon afwesig.

Een seuntjie kom uit ’n tikhuis en het gereeld sy maatjies afgeknou. Nou laat hulle die kind elke oggend eers in die speelhoekie ontspan, hulle gee hom Ritalin en hy is ’n ander kind.

’n Ander kind slaap eers elke oggend ’n bietjie, want by die huis kan hy nie behoorlik slaap nie.

Strauss praat met groot lof van die hoërskoolleerders. Die jong mense van vandag inspireer, sê sy.

handevatfeb16.16

Annatjie Oppel, die waarnemende hoof van die Primêre Skool AME, het daarna die woord gevoer. Sy sê in haar boekie beteken AME Almal Moet Eet, en by die laerskool maak hulle seker die kinders kry genoeg om te eet.

Tog, dis maklik om te sê "almal moet eet", en danksy borgskappe is dit self moontlik om vir almal ’n maaltyd per dag te gee, maar die kinders se huislike omstandighede manifesteer in hulle gedrag. Twee kinders sal maklik oor ’n stuk brood aan die baklei raak, al is daar genoeg vir almal.

Oppel sê: "Die ster van hierdie projek is die traumahoekie wat die leerders van die Hoërskool Monumentpark ingerig het by ons skool. In die kort tydperk was daar nog elke dag leerders wat die hoekie besoek het." Talle van die kinders word ook by die huis blootgestel aan konstante geraas en nou moet hulle in die klaskamer kom sit en stilbly. Vir haar het dit opgeval dat die kinders daar in die hoekie wel rustig kan raak.

Oppel was vol lof vir die projek en sê oor ATKV-Handevat: "Dit is duidelik die ATKV ’n warm hart het."

handevatfeb16.17

Meneer Bennie Schereka, distriksdirekteur van Metropool-Oos in die WKOD, het daarna almal in die kring gelukgewens namens die WKOD. Hy vermeld ook die werk wat kaptein Niemand, van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, doen in die gemeenskap en bedank toe ook die polisie vir hulle volgehoue steun.

handevatfeb16.19

JJ van Niekerk, ’n beoordelaar van ATKV-Handevat, was die laaste spreker voor die amptelike prysuitdeling. Hy sê wat hom opgeval het van hierdie projek is dat dit nie net ’n bakkie is wat kom brood uitdeel nie.

Die vraag in sy kop by die die beoordeling van al die projekte was: "Wat gaan gebeur ná ’n sekere tyd verloop het? Sal hierdie projek steeds ’n verskil maak?"

Hierdie een sal voortleef, sê hy.

Van Niekerk sê ook hierdie projek toon medeverantwoordelikheid. Die hele hoërskoolgemeenskap, ’n groot deel van die laerskool én mense uit die omgewing is betrek.

Die manier waarop die leerders opgestaan het om te protesteer teen dit wat verkeerd is, maar toe ook hard gewerk het om ’n verskil te maak, was vir hom ’n pluspunt. Hier is ’n projek met ’n hart, maar meer nog: Hy sien dit as ’n projek met verskeie stemme. Die stemme van hierdie projek praat van innoverende leierskap.

Van Niekerk is baie positief oor hierdie stemme. Hy sou graag die stemme wou insluk sodat hy ook met hierdie jong leiers se stemme sou kon praat. Dit is hierdie stemme wat die land sal help genees. Hierdie stemme is blind vir kleur en doof vir taal. Hierdie jong leiers het reeds van die wêreld ’n beter plek gemaak.

Die pryse is hierna uitgedeel.

Danny Titus, direkteur van kultuur van die ATKV, het die pryse oorhandig. Die Hoërskool Monumentpark en Kraaifontein se AME het elk R30 000 prysgeld ontvang.

handevatfeb16.20

Annetjie Oppel het die prys namens die Primêre Skool AME ontvang.

handevatfeb16.21

Die volle span van Hoërskool Monumentpark was op die verhoog om hulle prys te ontvang.

handevatfeb16.22

Hier ontvang die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (LGHS) van Hartbeespoort hulle tjek van R20 000 vir hulle tweede plek. Dié skool het in 2015 uitgereik na die Laerskool Skeerpoort met die doel om vyf behoeftes van die skool aan te spreek: akademie, kultuur, die skoolterrein, sosiaal-maatskaplike kwessies en die infrastruktuur. Skeerpoort se speelterrein is verbeter met ’n nuwe sandput en klimrame; ’n weeklikse skenking van vleis, groente en vrugte is gefasiliteer vir die voedingskema; skryfbehoeftes, skoonmaakmiddels, klere, legkaarte en ’n fotostaatmasjien is ingesamel. Sanitêre geriewe is ingerig, ruite is vervang en die hoofingang beveilig met palissade.

Onder leiding van ’n onderwyser van die LGHS is ’n spreekkoor by Skeerpoot op die been gebring wat ’n A++ verwerf het tydens die kunswedstryd.

Stoele, tafels en tafeldoeke is aan Skeerpoort geskenk sodat die skool se saal verhuur kan word vir geleenthede, wat nou volhoubaar as entrepreneuriese inisiatief dien.

Die onderliggende tema was deurgaans vaardigheidsontwikkeling, sodat die onderwysers, leerders en die gemeenskap van Skeerpoort tydens alle geleenthede bemagtig word.

handevatfeb16.23

Die Laerskool Skeerpoort ontvang hulle prys.

handevatfeb16.24

Ripple Reading en Blair Atholl Primary Farm School in Lanseria is in die derde plek aangewys. Elkeen ontvang R10 000. Hier ontvang Riple Reading hulle prysgeld.

handevatfeb16.25

Blair Atholl Primary Farm School ontvang hulle prys. Die doel van die Handevatprojek was om ’n gevoel van samehorigheid, hoop en positiwiteit onder die lede van die Blair Atholl-gemeenskap te bewerkstellig deur die vestiging van ’n leessentrum en -program wat ook drama inkorporeer om begrip te kweek. Die vennootskap het ook gefokus op die ontwikkeling van personeel en die verbetering van sekuriteit. Hierdie projek het ook verskeie rolspelers betrokke gekry as borge en adviseurs.
handevatfeb16.26

Winnie Viljoen, die projekbestuurder by die Hoërskool Monumentpark, was die laaste spreker. Sy vertel die kinders het aan haar gesê: "Hulle gee nie om of hulle wen of nie, dit was steeds die moeite werd."

Sy het toe die woorde van JJ van Niekerk, die beoordelaar, geëggo. "Ek slaap nou beter, want julle is in beheer."

handevatfeb16.27

Die skoolkoor van die Hoërskool Monumentpark, saam met ’n aantal leerders van die Kraaifontein AME Primêre Skool, het toe die amptelike verrigtinge afgesluit.

handevatfeb16.28

Ek het toe ná die tyd ’n kort onderhoud met kaptein Niemand van die SA Polisiediens (regs) gevoer, want in die commendatio het die beoordelaars gesê hierdie traumahanteringsprogram verleen koste-effektiewe hulp waar dit benodig word. Die hele gemeenskap het ingekoop by hierdie projek, onder ander die Gemeenskapsintervensiesentrum, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, asook die plaaslike polisie en brandweer. Kaptein Niemand bevestig dit. Soseer dat die Polisiediens op Dinsdag 23 Februarie, slegs vier dae ná die prysuitdeling, ’n amptelike jeuglessenaar in die streek geopen het waar leiers van elk van die elf hoërskole amptelike seggenskap gaan kry in die werkinge van die polisie.

handevatfeb16.29

Die stemme van die jongmense eggo dus voort. Ook die gemak waarmee die pers hanteer word, is indrukwekkend. Hier staan Divan Smit ’n onderhoud aan e-nuus toe.

Ek het verlede jaar, na ek die voorreg gehad het om die ATKV-Tienertoneel by te woon, geskryf hoe opmerklik dit is dat die jongmense kragdadig die ouer orde uitdaag en sake benader wat ons nooit sou durf waag toe ek op skool was nie. Die stuk is hier te lees. 

Ek het ook, tydens ’n bespreking van Jaco Jacobs se boek, ’n Goeie dag vir boomklim wat deur LAPA uitgegee is, genoem hoe opmerklik dit is hoe gemaklik jongmense protes omarm. Lees meer hier

Protes kan gewelddadig en sinneloos kan wees, maar hier was egter dit nie die geval nie. Die jongmense van die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein het gefokusde protes aangeteken, hulle moue opgerol en iets aan die probleem gedoen. Die laerskool het saamgewerk en was die gemeenskap ter wille.

handevatfeb16.30

Meneer Herman Bailey, direksielid van die ATKV, skud hand met van die laerskoolleerders.

handevatfeb16.31

Die nuwe stemme van die nuwe Suid-Afrika lig hulle vuiste teen my generasie, hulle eis hulle regte, maar doen waaragtig ook meer as wat ons generasie ooit gedoen het.

* * *

Die twee beoordelaars wat die land vol gereis en twaalf vennootskappe geëvalueer het is Charles Viljoen (senior lektor by die Skool vir Opvoedkunde by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit) en J.J. van Niekerk (handelsmerkbestuurder by Forever Friday en projekleier van die 2011-wenvennootskap van ATKV-Handevat tussen die Hoërskool Jan van Riebeeck en die Primêre Skool Weber Gedenk). 

Die kriteria waarvolgens die projekte beoordeel is:

  1. a) Albei skole moet verantwoordelik wees, help met die beplanning en dan ook met die uitvoer daarvan.
  2. b) Die projek moet in die minder bevoorregte gemeenskap uitgevoer word.
  3. c) Die projek moet die minder bevoorregte gemeenskap in die algemeen ter wille wees, nie bloot ’n baie gefokusde groepie nie.
  4. d) Dit moet ’n volhoubare projek wees.

Gedurende 2015 is twaalf projekplanne goedgekeur. Al die skole het R3 000 aanvangskapitaal ontvang. Die ander nege finaliste was die Laerskool Paul Greyling (Vishoek), St Dominic’s College (Welkom), Grey High School en die Hoërskool DF Malherbe (Port Elizabeth), Laureus Manskoshuis (NWU, Potchefstroomkampus), die Hoërskool Paul Sauer (Kareedouw), die Hoër Tegniese Skool Drostdy (Worcester), die Hoërskool Parel Vallei (Somerset-Wes) en New Horizon College (Harrismith).

Vorige wenners:

  • Die Laerskool David Brink en die Môrester Kinderhuis (2009)
  • Doxa Deo Skool Xanadu en Ennis Thabong Intermediate School (2010)
  • Die Hoërskool Jan van Riebeeck en die Primêre Skool Weber Gedenk (2011)
  • Die Hoërskool Stellenberg en die Paarl Vaardigheidskool (2012)
  • Die Laerskool Jan van Riebeeck en Soyisile Primary School (2013), klik hier vir ’n berig en foto’s. 
  • National Instuitute for Higher Eduaction (NIHE) Kimberley en Tshiamo Primary School (2014), klik hier vir ’n berig en foto’s. 

Die sluitingsdatum vir 2016 se ATKV-Handevatkompetisie is 31 Maart 2016. Besoek gerus www.atkv.org.za vir meer inligting oor ATKV-Handevat.

handevatfeb16.32

Kontak vir Lizané Basson by telefonnommer 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za

 

 

 

The post ATKV-Handevat: Waar protes én dade handevat appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Februarie was van SONA 2016 tot Swart Maandag by UP ’n wilde, besige maand. Hier is die sake wat ons as skrywers en bestuur die besigste gehou het:

Afrikaans in die spervuur op kampusse

Die druk op voormalige Afrikaanse universiteite om volledig te verengels is dié afgelope maand op die spits gedryf en het tot tragiese insidente by die Universiteite van Pretoria en Vrystaat gelei.

Die pad vorentoe vir Afrikaans lyk radikaal onseker, maar een ding is wel seker: Geen Afrikaanse skrywer of taalpraktisyn kan dit bekostig om onverskillig teenoor die huidige woelinge op ons kampusse te staan nie.

In hierdie verband is die nugter lesing van Theodorus du Plessis, “Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderring in Suid-Afrika”, wat ter herdenking van Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) by UNISA gelewer is, insiggewende leesstof: http://www.litnet.co.za/ongelykhede-in-taal-en-onderwys-perspektiewe-op-moedertaalonderrig-in-suid-afrika/

Du Plessis beklemtoon wat tragies verswyg word in die taaldebat wat tans op en om kampusse woed:

Een van die besonder ontstellende aspekte omtrent die huidige vlaag van bykans Engels-besetenheid aan Suid-Afrikaanse kampusse is die feit dat die beheptheid met die verwydering van Afrikaans as voertaal ons aandag aflei van ’n veel groter nasionale krisis. Hierdie krisis het te make met die onvoorstelbare onderprestasie op skool van Suid-Afrikaanse leerders. Volgens die Children’s Institute aan die Universiteit van Kaapstad se jongste Child Gauge-verslag (Volksblad het in 2015 ’n berig hieroor gedra) is die onderprestasie van veral swart skoolgangers so groot dat hulle teen die einde van die sekondêre skoolfase minstens vyf jaar agter hulle “bevoorregte” eweknieë is. Ons praat dus hier van ’n soort sistemiese ongelykheid wat universiteite in werklikheid erf.

Hy wys uit dat Engels, ironies genoeg, vir ’n ontstemmende aantal studente die grootste struikelblok tot sukses op tersiêre vlak is:

… dit blyk uit navorsingsverslae waarna verwys word dat 77% van studente wat by universiteite uitval, probleme met Engels as taal van onderrig en leer uitwys as die hoofrede waarom hulle hul studies staak. Ook gebrekkige vaardighede om tekste analities te kan lees, ’n hoë-orde-vaardigheid waarby tersiêre onderrig staan en val, dra volgens ander navorsers na wie hulle verwys by tot studente se mislukking in bepaalde kursusse. Die korpus studies in hierdie verband bly jaarliks groei.

Du Plessis se slotsom is duidelik:

Teen hierdie agtergrond kan ’n mens nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat die huidige opwelling oor die magiese voordele van Engels as enigste voertaal aan Suid-Afrikaanse universiteite te wyte is aan ideologiese verblinding.     

’n Ander artikel wat ’n breë oorsig van die huidige taalsituasie verskaf, is dié van prof. Theuns Eloff – “Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings”: http://www.litnet.co.za/die-universiteitswese-in-suid-afrika-n-toekomsperspektief-vir-afrikaanse-instellings/

Prof. Eloff, wie se nuwe boek, Wat nou, Suid-Afrika, pas by Tafelberg verskyn het, kom tot ’n paar interessante gevolgtrekkings in sy artikel oor die universiteitswese. Hy sê, onder meer, die volgende:

• Intussen sal Afrikaanse organisasies en individue wat oor Afrikaans by universiteite bekommerd is, nogmaals die grondwetlike beginsels oor Afrikaans in die onderwys moet bevestig – ook op die politieke vlak. Dit sal egter politieke gewig dra eers as die Grondwethof (soos met die openbare beskermer onlangs) uitspraak gee. Natuurlik maak die huidige politieke klimaat dit riskant om na die hoogste hof te gaan, maar dit mag dalk die laaste uitweg wees.

• Goedbedoelende lede van universiteitsbesture en -rade, asook akademici en studenteleiers, sal hulleself moet vergewis van die werklike kwessies waaroor dit gaan. Ons kan nie langer politieke en ideologiese ongeletterdheid bekostig nie. Hierdie saak gaan op die slagveld van idees gewen of verloor word. Daar moet byvoorbeeld met goeie argumente uitgewys word dat die sirkelredenasie van toegang en gewaande rassisme nie logies of aanvaarbaar is nie, en op onverdraagsaamheid en omgekeerde rassisme neerkom. Politieke korrektheid is kos vir diegene wat swart dominasie in die laaste histories Afrikaanse universiteite wil bewerkstellig.

• Kollegas, hiermee propageer ek nie ’n eendimensionele aktivistiese strategie nie. Afrikaanse organisasies en leiers sal, terwyl hulle al die bogenoemde aksies onderneem, terselfdertyd moet begin om parallel daaraan meer platforms te skep vir dialoog tussen wit en swart, en veral wit en swart jongmense. Want in die post-Zuma era sal ons weer moet handevat en vorentoe gaan om ’n land te bou wat ons kan hê en wat ons verdien.

In ’n post-Zuma era moet die moontlikheid van ’n nuwe politieke skikking oor Afrikaans ernstig oorweeg word. Daarsonder kan ’n blywende oplossing en pad vorentoe nie gevind word nie. Hierin moet ons meer met die idee van minderhede en minderheidstale werk, sodat ons argumente ook internasionale weerklank kan vind.

Ons sal graag wil weet hoe ons lede oor hierdie ingewikkelde aangeleenthede en die menings van die kommentators wat hierbo aangehaal word, dink. Meen jy dis tyd vir Afrikaans om te vergeet van openbare, tersiêre instellings en liewer tyd, geld en energie in die skep van ’n privaat Afrikaanse universiteit te belê? Is die taalstryd ’n onbekostigbare luukse binne die groter Suid-Afrikaanse konteks van ekonomiese ongelykheid en die sosiale onstabiliteit wat daarmee gepaard gaan? Watter rol behoort die Afrikaanse skrywer, taalpraktisyn en/of joernalis te speel? Is taalpolitiek deel van die lees waarby hy/sy hom behoort te bepaal? Hoe meen jy vergelyk die Afrikaanse taalfamilie met ander minderhede wat elders sukkel om hul taalregte te verwesenlik?

Laat ons weet wat jy dink na penafrikaans@gmail.com en lees gerus ander menings in LitNet se seminaarkamer  oor dié onderwerp: (http://www.litnet.co.za/category/universitysa/). Hier vind jy onder meer ’n ope brief van Johann Rossouw aan die rektor van UP oor hul beoogde taalbeleidwysiging (http://www.litnet.co.za/ope-brief-aan-die-rektor-van-die-universiteit-van-pretoria/) asook ’n ope brief van Andrew le Roux aan die rektor van die US, waarin hy (“'n wit, Afrikaanssprekende, middeljarige, welgestelde Christenman” en oud-Matie) prof. Wim de Villiers gelukwens met die vernuwende rigting wat hy inslaan: http://www.litnet.co.za/ope-brief-aan-die-prof-wim-de-villiers/

Wat die Universiteit van Stellenbosch betref, wys ons graag daarop dat twee van ons lede kandidate in die US-raadsverkiesing is: die digter-akademikus prof. Joan Hambidge, en PEN Afrikaans se onder-voorsitter, Bettina Wyngaard.

Alumni van die US kan tot om 12:00 op 10 Maart 2016 hier stem: http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=3394

Die reaksie van boekeredakteurs op die onlangse gesprek rondom die stand van Afrikaanse resensies

Soos in ons vurige nuusbrief beloof is, het ons na aanleiding van die debat wat ná ’n gewraakte resensie van Chanette Paul se Offerlam ontstaan het, Jo Prins (redakteur van Boeke24) en Nelia Richter (redakteur van Rapport-Boeke), genader met ’n aantal vrae rondom resensiepraktyk en die stand van ons Afrikaanse boekkritiek.

Jo Prins het ons daarop gewys dat hy reeds oor die werking van sy blaaie geskryf het: http://www.litnet.co.za/poolshoogte-terugvoering-uit-die-kolonie/

Prins het ook ingestem om vrae rondom hierdie kwessie te antwoord in gesprek met Ilse Salzwedel op RSG. Klik hier om na hul gesprek in Skrywers en boeke te luister: http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20160210_SKRYWERS_EN_BOEKE.mp3

Nelia Richter het laat weet dat hy sy haar ten volle met Prins se antwoorde in die laasgenoemde onderhoud kan vereenselwig en niks het om daartoe by te voeg nie.

Het Jo Prins hiermee ook al jou vrae beantwoord? Indien nie, laat ons weet wat steeds krap of waaroor jy nog wonder: penafrikaans@gmail.com

Een van ons lede, Francois Verster, het reeds sy mening onderhoudend oor dié saak op LitNet gegee: http://www.litnet.co.za/oor-resensiekuns-n-stuiwer/

Baie geluk ook aan Francois met sy boek, Omega, oor en uit, wat pas verskyn het.

Die Trippel 7-projek

Op Internasionale Moedertaaldag, 21 Februarie, het PEN International die kollig geplaas op verskeie projekte wat PEN-sentrums dwars oor die wêreld aanpak ter bevordering van taalregte en moedertaalonderrig:

http://www.pen-international.org/newsitems/mother-language-education-on-the-frontline/

Ons is trots daarop om te sê dat een van hierdie projekte PEN Afrikaans se Trippel 7-projek onder leiding van Bettina Wyngaard is, wie se breinkind dié inisiatief ook was. Ons is dus nou amptelik op die map, oftewel die PEN International-wêreldkaart:

trippel7

Klik op die illustrasie om dit te vergroot

As jy meer wil weet van Trippel 7, kan jy hier klik en lees of jy kan kyk en luister hoe Bettina self meer oor haar baba gesels. Hier is die onderhoud wat Kabous Meiring met haar op Prontuit gevoer het – oor Trippel 7 en Bettina se splinternuwe roman, Slaafs, wat eersdaags verskyn:

Baie geluk en alle sukses met Trippel 7 en jou nuwe boek, Bettina.

Ns. Lede wat graag op hoogte wil bly met ander aktiwiteite van die PEN-moederorganisasie kan ons Facebook-blad en Twitter-rekening dophou. Ons ondersteun gereeld op hierdie sosiale-media-platforms PEN International-veldtogte vir meningsvryheid en die bevordering van letterkunde. Teken ook gerus onderaan PEN International se tuisblad in op hul nuusbrief: http://www.pen-international.org/

Verwikkelinge rondom die beoogde nuwe kopieregwetgewing

PEN Afrikaans het sy lede verlede jaar gewaarsku dat ’n onrusbarende wysiging van die Suid-Afrikaanse kopieregwetgewing beplan word, wat ons met hand en tand saam met ander belanghebbendes sal beveg.

Catrina Wessels, NB-uitgewers se bestuurder van kontrakte en regte, verduidelik die agtergrond en die huidige stand van sake as volg:

’n Wetsontwerp wat ingrypende veranderinge aan die bestaande Wet op Outeursreg (98 van 1978) voorstel, is op 27 Julie verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer. Indien die wetsontwerp in werking gestel sou word, kon dit katastrofiese gevolge vir outeurs en uitgewers inhou. Sekere van die bepalings wyk radikaal af van die basiese beginsels rakende outeursreg soos ons dit ken, en soos dit in die res van die wêreld verstaan en toegepas word. Hier volg van die maatreëls wat deur die wetsontwerp in die vooruitsig gestel is en wat spesifiek op skrywers van toepassing sou wees: 

  • Outeursreg in sogenaamde “orphan works” word aan die staat oorgedra en die duur van daardie outeursreg word onbepaald verleng. Die staat sal dus tot in lengte van dae die outeursreg in hierdie werke bestuur en tantième daarvoor invorder. “Orphan works” verwys tipies na kopieregwerke waarvan die outeur onbekend is of nie opgespoor kan word nie, maar in hierdie wetsontwerp sien ons dat werke van outeurs wat afgesterf het, ook hierby betrek word. Indien die wetsontwerp bekragtig word, sal outeurs se outeursreg dus nie meer kan vererf (sodat hul aangewese erfgename tot 50 jaar ná hul dood die kopiereg besit nie). Dit blyk dat outeursreg outomaties aan die staat oorgedra sal word en ewigdurend sal geld. Die wetsontwerp skryf ’n ingewikkelde en duur proses voor om toestemming te verkry om “orphan works” te gebruik – wat waarskynlik sal beteken dat gebruik van hierdie werke in die praktyk sover moontlik vermy sal word. 

  • Billike gebruik vir opvoedkundige doeleindes word ingestel. In die regte omstandighede mag kopiereg-materiaal dus vrylik gebruik word vir opvoedkundige doeleindes sonder dat toestemming aangevra word of die outeursregeienaar vergoed hoef te word. Volledige handboeke mag vir hierdie doel gekopieer word. 

  • Groter staatsbetrokkenheid word in die visier gestel. Die staat beoog byvoorbeeld om standaard kontraksterme voor te skryf wat in ooreenkomste oor outeursreg ingesluit moet word. Verder word ’n verpligte lisensiëringsmeganisme op die been gebring. Hiervolgens mag die staat onder sekere omstandighede outeursregwerke aan belangstellendes lisensieer sonder om die kopieregeienaar by die proses te betrek. Die stomme kopiereg-eienaar kan in hierdie gevalle darem reken op “just compensation” wat deur die staat bepaal sal word.

Die publiek is tot 16 September 2015 kans gegee om op die inhoud van die wetsontwerp te reageer. Verskeie instansies het teen die sperdatum voorleggings by die Departement Handel en Nywerheid ingedien en sterk standpunt ingeneem teen van die voorgenome veranderinge. PASA het namens die plaaslike uitgewersbedryf kommentaar gelewer, en verskeie ander belanghebbendes het ook hul stem laat hoor. Dit sluit in DALRO, ANFASA en die regsfakulteite van verskeie universiteite.

Sedert September 2015 het ons niks amptelik verneem oor die wysigingswet nie, maar ons het by DALRO se regsverteenwoordigers verneem dat dié spesifieke wetsontwerp iets van die verlede is. Dit gaan hersien word deur iemand anders, maar ons weet nie wie vir die hersiening verantwoordelik sal wees nie

In memoriam: Leon Rousseau en Anton Prinsloo

Ons moes die afgelope maand met swaar harte afskeid neem van twee groot en geliefde figure in die wêreld van Afrikaanse lettere.

Die taalkundige, omroeper en woordeboekmaker dr. Anton Prinsloo, wat 11 boeke oor taalkundige onderwerpe, van spreekwoorde tot bygelowe, die lig laat sien het, is op 23 Februarie op 77 ná ’n lang siekbed oorlede.

Die nuusleser Riaan Cruywagen, ’n jare lange boesemvriend van Prinsloo, het sy “verbysterende taalkennis” en humorsin as sy uitstaande kenmerke uitgesonder. Volgens Cruywagen was hy “ ’n blymoedige lewensgenieter met ’n lied in sy hart.”

Lees hier wat Ernst Kotzé, Frikkie Lombard enTom McLachlan – drie oud-Taalkommissiekollegas van Prinsloo – oor hul ontslape vriend skryf.

Ook die oud-uitgewer en literêre reus Leon Rousseau het ons in Februarie 2016 ontval.

Rousseau was ’n oud-redaksielid van Die Burger, wat in die jare vyftig die Uniale Persdiens bedryf het. Hy en Koos Human het Human & Rousseau in 1959 gestig, en hul groot deurbraak in 1962 gemaak met die publikasie van vier klassieke werke: Tristia van N.P. van Wyk Louw, Elisabeth Eybers se Balans, André P. Brink se Lobola vir die lewe en Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins.

Geïllustreerde kinderboeke is al vantevore op groot skaal deur JL van Schaik en die Nasionale Boekhandeling gepubliseer. Rousseau se balangstelling in daardie veld het egter gesorg dat H&R groot vernuwing op dié gebied in die sestigs en sewentigs gebring het. 

Leon had ’n groot en wye belangstelling, veral in wetenskap en wetenskapsfiksie. Dit is hoekom hy met sy gewilde Fritz Deelman-reeks soveel wetenskaplike uitvindings vooruit kon loop.

Sy biografie van Eugène Marais, Die groot verlange, is een van die grootste treffers wat H&R ooit gepubliseer het, en dit het in 1975 die gesogte CNA-prys ontvang.

Toe die Nasionale Pers in 1977 vir H&R oorneem, het Rousseau besluit om liewer op sy eie voort te gaan. Hy het kortstondige welslae behaal met sy Storieman-reeks, maar dié reeks het uiteindelik gelei tot die ondergang van Rubicon, die uitgewery wat Rousseau ná sy vertrek by H&R begin het. Dit is wel later herdruk, met baie groot en durende welslae.

Leon was ’n baie verbeeldingryke, vindingryke mens. Hy het jare lank ’n veldtog gevoer, via Die Burger se briewe-kolomme en elders, vir die verkorting van talle Afrikaanse woorde volgens die manier waarop die woorde uitgespreek word.

Verlede week het Rousseau geval in die tehuis vir bejaardes in Jeffreysbaai waar hy gewoon het. Hy is hospitaal toe geneem, waar hy in ’n koma verval en nooit weer sy bewussyn herwin het nie.

Ek het nie die voorreg gehad om Leon goed te ken nie, maar ek het by drie geleenthede onderhoude met hom gevoer en hy het ’n onuitwisbare indruk gemaak. Om soveel aansteeklike verwondering en nuuskierigheid oor die lewe en die wêreld by ’n man in sy 80’s teë te kom, is ’n besonderse ervaring.

Ek het hom die eerste keer behoorlik ontmoet toe hy sy 81ste verjaardag by die 2012 Woordfees gevier het, waar hy met ’n profiel gehuldig is. “Agtien en 81 het seker albei hul voor- en nadele,” het hy geskerts en ek moes dink aan die woorde van die Poolse digter en kinderboekskrywer Anna Kamienska, wat op gevorderde leeftyd in haar dagboek geskryf het: “Ek loop op straat vermom as ’n ou vrou.”  

Leon Rousseau het ons helaas op 84 verlaat, maar ’n ou man was hy nooit nie.

’n Nuwe Afrikaanse prys vir resensente

En ten slotte, die goeie nuus: Die kykNET-Rapport Boekpryse, die grootste boekpryse in Afrikaans, kry vanjaar twee opwindende nuwe pryse by vir Boekresensent van die Jaar. Met dié pryse, vir fiksie en niefiksie onderskeidelik, word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en leesgenot bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf. 

Resensente word genooi om in te skryf in twee kategorieë:

  • Uitnemende resensie: Afrikaanse fiksie

  • Uitnemende resensie: Afrikaanse niefiksie

Die wenner in elke afdeling ontvang ’n kontantprys van R25 000.

Die pryse word toegeken vir resensies wat tussen 1 Januarie 2015 en 31 Desember 2015 in die drukmedia en hoofstroom-aanlynmedia of op onafhanklike webwerwe en derdeparty-blogs verskyn het. Slegs Afrikaanse resensies van Afrikaanse fiksie en Afrikaanse niefiksie sal oorweeg word. ’n Resensent mag ’n maksimum van tien resensies per kategorie inskryf.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2016.

Die beoordelaarspaneel vir die 2016-pryse is Yvonne Beyers, assistentredakteur by Huisgenoot; Jomarié Botha, senior joernalis en taalpraktisyn; Piet Matipa, bekroonde joernalis en rubriekskrywer; en Bibi Slippers, digter, skrywer en joernalis.

Vir verdere inligting oor die prys en inskrywings, sien: http://www.litnet.co.za/boekresensent-van-die-jaar/

Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2016

Verdere rede tot vreugde is ’n hele rits nuwe boeke wat in Maart die rakke tref. Baie geluk en alle sukses aan ons lede wat in Maart nuwe boeke die lig laat sien – laai hier 'n lys af van al die nuwe Afrikaanse publikasies af. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

 

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2016 appeared first on LitNet.

ATKV-Crescendo 2016 wil jou hoor

$
0
0

Hemelbesem

Die ATKV soek jou lied, jou song, jou eie werk.

Oudisies word gehou. Kom stal jou talent uit! ATKV Crescendo het reeds talle bekende Suid-Afrikaanse sangers se loopbaan ’n hupstoot gegee. Jy kan volgende wees.

Luister wat sê Hemelbesem: "Dié week is dit weer #‎ATKV #‎Crescendo-tyd ... ons is heelweek in Mitchell's Plain ... as jy dink jy het 'n kwaai, duidelike, gevaaaaalike, sopnat ... AFRIKAANSE song daar ... maak nie saak of dit gospel, rap, reggae, kwaito, house, R&B of wat ook al is nie ... kom Vrydag tot by Cedar High ... en doenit voor myself, @Yoma #‎MynieGrove en Herman Kleinhans en wie weet ... miskien is jy waarna ons soek ..."

Yoma

Hemelbesem en Yoma was op 2 en 3 Maart 2016 besig met bewusmaking in Mitchellsplein.

Hier is Morné van Staden, projekorganiseerder, se uitnodiging: "Enige aspirant liedjieskrywer-sanger kan inskryf vir een van die twee afdelings, skryf en sang, of slegs skryf, en ons verwelkom groepe en enige genre."

Hier is Gerrie Lemmer, hoofbestuurder: ATKV-projekte, aan die woord: "Ons wil liedjies hoor van verskillende Afrikaanse dialekte en in soveel genres moontlik."

Hemelbesem

So, gooi! Gospel, country, kabaret, bring wat jy het!

Hier is ’n lys met waar die oudisies plaasvind. Kom loer in, dis gratis.

@Mitchellsplein: 4 Maart

Waar? Cedar Sekondêr, hoek van Weltevreden- en Spineweg, Rocklands, Mitchellsplein. Registrasie vanaf 08:30. Oudisies vind plaas vanaf 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Danie du Toit (Spoegwolf) en Mynie Grove. Finaliste sal genooi word na ’n werkswinkel op Saterdag 5 Maart.

Oudisies & Open Mic @Plataan Kafee, US Woordfees: 10 Maart

Registrasie begin om 20:00, oudisies begin in 20:30. Die beoordelaars is Hemelbesem, Danie du Toit (Spoegwolf) en Mynie Grove. Hierdie finaliste sal genooi word na die werkswinkel op 12 Maart.

@Idasvallei: 11 Maart

Waar? St Idas Primêr, Lückhoffstraat 5, Idasvallei van 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Herman Kleinhans (TWEE) en Olga Leonard. Finaliste sal genooi na ’n werkswinkel wat op Saterdag 12 Maart aangebied sal word.

@Atlantis: 8 April

Waar? Atlantis Sekondêr, Palmer weg, Avondale, Atlantis. Registrasie begin 08:30. Oudisies vind plaas vanaf 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Pedro Kruger, Anna Davel en Katalis. Finaliste sal genooi sal word na die werkswinkel van Saterdag 9 April.

Kaapstad @Suidoosterfees: 29 April

Waar? Lokaal 551 in Artscape.  Registraseie 08:30, oudisies van 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Pedro Kruger en Melissa van der Spuy. Finaliste sal genooi sal word na die werkswinkel van Saterdag 30 April.

Hier is Yoma se video:

Hier is Hemelbesem se video:

The post ATKV-Crescendo 2016 wil jou hoor appeared first on LitNet.

Oor rassisme: Die ATKV bou aan ons erfenis

$
0
0

Bekommerd oor wat op ons kampusse gebeur? Bekommerd oor die vlaag rassisme wat weer kop uitsteek?

Vroegoggend op 3 Maart 2016 het die ATKV ’n kort persverklaring oor rassisme uitgereik wat ook na al hulle lede gestuur is. ’n Aantal uur later, in Bonteheuwel op die Kaapse vlakte, het Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, hierop uitgebrei tydens ’n onderhoud met Amore Bekker op RSG.

In dié verklaring het die ATKV gesê miljoene Suid-Afrikaners is diep besorg oor die groeiende spanning tussen landgenote, die toename in rassevoorvalle en die geweld en vandalisme tydens protesoptredes by universiteite. Verskeie gesprekke oor rassisme en die negatiewe invloed daarvan op ons land is tans aan die gang. Die ATKV neem ook deel aan hierdie gesprekvoering, en wil dit onomwonde stel dat hulle enige vorm van rassisme verwerp.

“By die ATKV glo ons dat Suid-Afrikaners moet handevat en saamwerk om probleme en uitdagings die hoof te bied. Daarom wil ons ʼn beroep doen op Suid-Afrikaners van alle rasse om na mekaar uit te reik. Net deur mekaar beter te leer ken, kan ons mekaar verstaan en sáám bou aan ʼn beter Suid-Afrika,” sê Japie Gouws.

Gouws het ook gesê Suid-Afrikaners mag nooit vergeet hoe ’n ver pad ons die afgelope 22 jaar as demokrasie gestap het nie. “Dinge kon baie anders uitgewerk het, maar Suid-Afrikaners van alle rasse het al eenmaal bewys dat ons ’n pad van vrede kán stap in hierdie land. Ons durf nie toelaat dat vrees en woede ons van koers laat verander nie. Ons mag ook nie toelaat dat politieke leiers rassekwessies misbruik om vrees en onsekerheid tussen landgenote te saai nie.

Die ATKV doen ’n beroep op ATKV-lede, asook alle Suid-Afrikaners om hernieude oproepe vir versoening te ondersteun en te bevorder. Wanneer die geleenthede vir gesprekvoering opduik, sal ons by die ATKV in gesprek tree met individue, groepe en ook die regering ten einde ʼn nuwe vrede vir ons land te help bewerkstellig.”

Bonteheuwel, waar Gouws ’n paar uur later opgetree het, is ’n arm woonbuurt wat dikwels die pers haal weens bendegeweld. Dit is ook een van die kunsmatige buurte wat op die Kaapse vlakte gestig is ná die inwoners van Distrik Ses hulle huise verloor het.

Op 3 Maart om 15:00 is daar egter feesgevier in Bontheuwel. Die feesgeleentheid was die bekendstelling van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se boek Kook saam Kaaps. Dié twee tannies van die Kaapse vlakte het bekend geword op Amore Bekker se program, Tjailatyd, deur met hulle heerlike Kaapse resepte in te bel en met die land te deel.

RSG, in samewerking met LAPA Uitgewers en die ATKV, het toe ’n bekendstelling gereël in die Bontehuewel. Die geleentheid is direk uitgesaai.

Tydens die uitsending het Bekker aan Gouws gevra waarom die ATKV geld sou spandeer op ’n resepteboek. Gouws se antwoord was: “Dit is ons erfenis. Die ATKV wil hierdie erfenis help bewaar.”

Hy verwys toe na standbeelde wat aangeval word en sê dat boeke soos Kook saam Kaaps nuwe maniere kry vir Suid-Afrikaners om saam te staan. Standbeelde is maar een deel van ons erfenis, deur saam te eet en resepte te bewaar vir die nageslag, bou ons aan nuwe maniere om rassisme te beveg.

Die hip-hop-kunstenaar Hemelbesem het by die geleentheid opgetree ná hy die hele dag in Mitchellsplein voorbrand gemaak het vir ATKV-Crescendo. “Ons soek jóú dialek,” was sy boodskap aan mense wat wil deelneem aan hierdie jaar se Crescendo.

Afrikaans bestaan uit vele stemme en vele dialekte en die ATKV wil met Crescendo ook daardie stemme vasvang as deel van Suid-Afrika se erfenis.

The post Oor rassisme: Die ATKV bou aan ons erfenis appeared first on LitNet.


US Woordfees 2016: Philida van die Delta

$
0
0

Philida van die Delta is gemeenskapsteater, maar min sou dit sê as hulle daar was. Die deelnemers, die orkes en die skrywers is meestal plaaswerkers in diens van Solms-Delta wynlandgoed. Enige persoon wat al die Delta Soetstemme en die Delta Langbroek-orkes beleef het, sal weet hulle is puik.

philida_cornelisbrink

Vir hierdie vertoning is enkele professionele mense se hulp ingeroep, maar dit was oorwegend amateurs op die verhoog. Daar was ook deelnemers van Babylonstoren en die Breytenbach Sentrum.

philida_adriaanspring

Die produksie is moontlik gemaak deur die ATKV in samewerking met Solms-Delta, Babylonstoren en die Breytenbach Sentrum.

Philida, die slavin van wie André P Brink geskryf het, was ’n breislaaf op De Delta, wat in daardie tyd aan die Brink-familie behoort het.

philida_ouma

Die stuk is aangebied as hedendaags, met terugflitse. Dit was metateater oor die wynbedryf. Die program sê dit is ’n “musiekblyspel vol liefde, hartseer, korrupsie, onderdrukking en bemagtiging.” Beter kan ek nie.

philida_dievertellers

Frans, die seun van die boer Cornelis Brink, gaan “lê” by Philida en kry drie kinders by haar. Hy beloof haar dat hy haar sal vrykoop wanneer hy "baas" word, maar sy pa, Cornelis, is in ’n finansiële verknorsing en wil Philida en die kinders verkoop.

philida_frans

Philida word verkoop, beland in Worcester en leer uiteindelik lees en skryf.

philida_maria

philida_jongslavin

Dit was puik teater, en ’n baie groot rede vir die sukses kan toegeskryf word aan Adriaan Brand, toenmalige trompetseler van die Spingbok Nude Girls, wat tans die musiekdirekteur van Solms-Delta is. Sy energie, sy passie en sy vermoë om mense te laat deel in sy passie, was aansteeklik.

philida_leer_lees

 

Samestelling: Adriaan Brand, Nick Turner, Leonore Bredekamp, Jervis Pennington en die Delta Soetstemme

Musikale verwerking: Adriaan Brand, Carlo Fabe en die Delta Langbroek-orkes

Regie: Bongile Mantsai

Spelleier: Amelda Brand

Teksontwikkeling: Ameld Brand, Sanna Malgas, Elsie Cupido, Linda Farmer, Sarie Pietersen en Gershwin Cloete

Met: Camelia Florence, Delta Soetstemme, Delta Langbroek-orkes en lede van die Babylonstoren en die Breytenbach Sentrum

The post US Woordfees 2016: Philida van die Delta appeared first on LitNet.

Binne die skool, buite die kurrikulum, vind jy jou doksa

$
0
0

‘n Artikel getitel Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp deur Henry Fillies en Aslam Fataar het onlangs (2015) in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn.

Die volgende gesprek het hieruit voortgevloei: "Meneer, ek wil net iets word ..."

Met hierdie bydrae neem Izak de Vries die gesprek nou verder. Hy vestig ook lesers se aandag op produksies wat by vanjaar se KKNK nie misgeloop behoort te word nie.

***

Diegene wat gelukkig genoeg is om na die KKNK te gaan, moet beslis probeer bespreek vir twee toneelstukke. Die eerste is Die einde, en die tweede is Vyf: ’n dokumentêr.

As jy tieners het, moet hulle asseblief saamgaan. (Die einde dra wel ’n waarskuwing van niemand onder 16 nie; wees asseblief bewus daarvan.)

Ek was bevoorreg om onderhoude te kon voer met die spelers, en wil graag enkele insigte deel. Vir meer inligting oor die toneelstukke self, klik hier.

Twee totaal verskillende skole

Die twee skole wat hierdie toneelstukke opvoer, kan moeilik verder van mekaar verwyder wees – ons praat in afstand, maar ook agtergrond. Randfontein High School is ’n tegniese skool in ’n bitter arm buurt. Die leerders is oorwegend swart. Hulle ken geweld; die meeste ken iemand in die tronk. Die Hoër Meisieskool Bloemhof, in Stellenbosch, is geleë in een van die rykste distrikte in die land en trek dan ook gegoede leerders. Dit is lank nie meer oorwegend wit nie, maar daar is duidelik bevoorregting ter sprake. Tog is daar enorme raakpunte; dit is waarop ek wil konsentreer.

In albei skole word drama aangebied as ’n manier om aan jongmense ’n stem te gee. Drama, op hierdie vlak, word buite die kurrikulum aangebied; dit is addisioneel tot die leerders se skoolwerk.

’n Teoretiese raamwerk

In my gesprekke het ek jongmense ontmoet wat hulleself moes leer ken, wat hulle omgewings moes leer ken, die binne- en buite-ek moes versoen en toe eers kon hulle op die hoogste vlak toneelspeel. Dit is vaardighede wat nie binne die kurrikulum gedek word nie.

Daar is twee teoretiese kapstokke wat my eie ondersoek onderlê.

Die eerste is ’n artikel op die webruimte van Progressive Christianity; die titel is “9 Eternally Vital Life Skills (That They Don’t Teach You in School)”. Die skrywer, ’n onbekende blogger, maar heel waarskynlik ’n Amerikaner, is een van ’n groeiende aantal mense wat hul kinders tuis onderrig omdat hulle geduld verloor met die formele skoolstelsel. Die skrywer moedig uiteindelik mense aan om “unschooling” toe te pas. 

Die tweede is ’n akademiese artikel hier op LitNet. Die skrywers, Henry Fillies en Aslam Fataar, ondersoek maniere waarop arm, werkersklasleerders in ’n staatskool hulleself sien in ’n soeke na hulle identiteit. Die titel is “Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp”. Klik hier vir die artikel. 

Myns insiens het drama, wat buite die formele kurrikulum aangebied word, aan die leerders in die twee skole die weg gebaan om hulleself te leer ken – dus, om die doksa waarna Fillies en Fataar verwys, te bereik.

Die onbekende blogger wil die skoolsisteem ongedaan maak. Die probleem is dat sy uitweg, tuisonderrig, nie beskore is vir die grootste gros leerders nie. Selfs ouers wat dit finansieel kan bekostig, sou vele redes hê om steeds hulle kinders in ’n formele skoolsisteem te hou.

My onderhoude met die leerders van die twee skole, ryk en arm, het getoon dat die formele sisteem se gebreke aangepak, getoets en op ’n metavlak aangepak is deur die leerders. Nie net kon die leerders die gebreke identifiseer nie, hulle kon dit ook verwoord en met ander deel. Dit sou dus blyk dat “doksa” moontlik is binne ’n formele skoolstelsel, mits die leerders aangemoedig word om deel te neem aan iets soos die ATKV-tienertoneel wat buite die formele kurrikulum aangebied word.

Wat hier volg, is ’n kort opsomming van elke toneelstuk, asook my gesprekke met die leerders ná ek die stukke gesien het. Dit word vermeng met die teorie van Fillies en Fataar.

Oor Die einde

Die einde, deur Stephen Kotze, is ’n keiharde stuk oor die wrede bendekultuur in Suid-Afrika se jeugstrafstelsel. Dit is bitter eerlik. Die hoofkarakter, X, ook bekend as Generaal, is ’n genadelose, wrede leier wat vir homself ’n wyfie neem. Die wyfie, Cupcakes, misbruik sy posisie om die tronksel waarin die stuk afspeel, te polariseer.

Die Einde (foto: Izak de Vries)

In 2015 word Randfontein High School as die naaswenner van die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie aangewys, ten spyte daarvan dat die stuk erg kontroversieel is en sommige mense selfs wonder of dit op die Tienertoneelplatform toegelaat moes gewees het.

Antonio Martin, wat Cupcakes speel, wen ook die toekenning vir die mees belowende speler.

Loyame Mlawuli, as Einstein, wen die toekenning vir die beste manlike akteur in ’n ondersteunende rol.

Vir sy gemene spel op die verhoog wen Cantona James, as X, die gesogte titel van die beste manlike hoofrolspeler.

Dit is het einde niet: Mokgadi Mabitsele wen ook die prys as beste beligtingsoperateur.

Ná die tyd het ek aan die span gevra hoekom hulle so ’n stuk gedoen het. Hulle was teen daardie tyd bewus van die kritiek, en het openlik oor hulle eie agtergrond gesels.

Die meeste van hierdie spelers ken mense in die tronk. Hulle skool is geleë in ’n arm gebied waar misdaad nie iets vreemd is nie. Tog – dit is een ding om misdaad om jou te hê, maar dit verg iets gans anders om daardie rolle op die verhoog te vertolk.

Nie een van die spelers was gemaklik met hulle karakters nie; hulle moes dus baie hard werk om daardie vlakke van tegniese beheersing te behaal. “Commitment” is die een woord wat die hele tyd voorgekom in ons gesprek. (Die leerders se skooltaal is Engels, ons gesprek het tussen Afrikaans en Engels gemeander.)

Cantona James, die wrede X, sien homself byvoorbeeld as ’n saggeaarde seun. Die ander stem saam. Maar hoe doen hulle dit dan?

Die leerders noem twee tegnieke. Harde werk en navorsing was een tegniek, maar om oortuigend op die verhoog te wees, moes hulle ’n woede diep in hulleself vind. Hulle is deur hul regisseur gehelp om die negatiewe in hulle omgewing op te vang, dit te internaliseer, en kwaad te word daaroor. Daardie woede, daardie bewussyn van die onreg waarmee hulle as skoolgemeenskap saamleef, was wat hulle vir 45 minute lank in monsters kon omskep op die verhoog.

Indrukwekkend.

Toe vertel die seuns my egter hoe hulle daarna, ná elke oefening en ná elke optrede, ook weer moes leer om die negatiewe neer te lê, om aktief uit daardie rol uit te klim, anders sou die woede hulle agtervolg.

As ons nou vir ’n oomblik na die baie teoretiese stuk oor doksa kan kyk: Fillies en Fataar beweer: “In hul woonbuurt is werkersklasleerders soos die spreekwoordelike vis uit die water, want die woonbuurt kan hulle nie die vereiste kulturele kapitaal bied om in die skool te presteer nie.”

In my gesprekke met die leerders van Randfontein High was die negatiewe omgewing waarin hulle skool geleë is, ook ’n kwessie. Dit het ’n geweldige “commitment” van elke leerder geverg om bloot by oefeninge te kom en daaraan deel te neem.

Die harde werk is beloon.

Hennie van Greunen, een van die beoordelaars, het tydens die eindronde opgemerk dat dit toneelspel van die hoogste standaard verg om in die ATKV-Tienertoneel te seëvier – spel wat volgens hom op professionele standaard moet wees.

Fillies en Fataar wys daarop dat leerders in ’n arm gebied dikwels droom en hard werk om bo uit te kom; hulle praat van ’n “belegging in die spel”. Die probleem is egter: “Hul idees van ’n gewenste toekoms word gegrond op realiseerbare prestasies. Hierdie aspirasies is gewoonlik buite die bereik van hierdie werkersklasleerders in hul strewe in die markte van hoofstroom skoolopleiding en verdere onderwys. Dikwels ontaard hul ‘wenslike toekoms’ in ’n fantasie, want hul habitus is nie bevorderlik daarvoor nie. Dit laat leerders verder twyfel in hul vermoë om hoëstatusberoepe te betree.”

Wat ek gesien het by die leerders van Randfontein High, was suiwer vasbyt. Tegnies het hulle geskitter. Daarvoor is hulle beloon. Hierdie leerders gaan binnekort op die KKNK se verhoë optree en met die land se heel beste akteurs meeding, danksy borgskappe van die ATKV.

Daarna?

Nie al die seuns wil akteurs word nie, maar hulle weet dat geweldig harde werk hulle wel bo kan laat uitkom. Die “belegging” waarvan Fillies en Fataar praat, is reeds gemaak. ’n Deel van die opbrengste sal op die KKNK gesmaak word, maar hierdie leerders het reeds aan hulself bewys dat hulle kan uitstyg. Wat ná skool gebeur, is in hulle hande, maar hulle CV’s lyk reeds indrukwekkend.

Vir Fillies en Fataar is dit belangrik dat leerders hulleself binne hulle omgewing moet plaas en daarvandaan die hindernisse oorwin. Hulle werk met “die aanname dat jongmense hulself op vindingryke wyses en briljante selfidentifiseringsmeganismes vorm deur oor hul private en publieke rolle te onderhandel, asook deur hul toekomste in die lig van die stresvolle omgewings waarin hulle hulle bevind, uit te kerf. Hierdeur sien kinders moontlikhede in wat andersins hindernisse sou wees; hulle is ontvanklik vir agentskap en genereer alternatiewe opsies.”

Die einde is, soos reeds gemeld, opgevoer deur kinders uit ’n brandarm buurt. Maklik was hulle pad nie. Talle uitdagings lê nog vir hulle voor, selfs ná hulle van die KKNK se verhoë afstap.

Dat hierdie kinders egter selfinsig en ’n innerlike krag, ’n geloof dalk, in hulleself het, en dat hulle die omgewing waarin hulle woon, kon bestudeer en op die verhoog kon uitspeel, was vir my duidelik. Ek sou vermoed die leerders van Randfontein High het hulle eie identiteit gevind. Hulle het ook maniere gevind om hulleself te omvorm na ’n geloofwaardige “ander” op die verhoog, en om dan weer hulle eie identiteit aan te neem.

Hulle omstandighede het hulle nie weerhou van die vind van ’n eie identiteit binne ’n groot, moeilike milieu nie, net soos hulle arm agtergrond hulle nie weerhou het daarvan om vanjaar met die land se beste toneelspelers mee te ding nie.

Fillies en Fataar waarsku: “Alhoewel sommige leerders die skool gemotiveerd verlaat, vind hulle dit moeilik om werk te kry of om verder te studeer. Hierdie skoolverlater-jeugdiges dra ook by tot die hoë werkloosheidsyfers van die woonbuurt.”

’n Mens se hart breek by die aanhoor van sulke stellings.

Die leerders van Randfontein High het egter ten tye van ons gesprek reeds ’n idee gehad wat hulle wou word.

Ek hoop, ek vermoed selfs, hulle staan ’n kans om die moeilike pad na professionele sukses aan te pak; hulle “commitment” sal hulle dra. Hulle het reeds besef: sukses is moontlik; realistiese teikens kán met harde werk en selfondersoek behaal kan word.

Oor Vyf: ’n dokumentêr

Wat gebeur regtig in ’n meisieskool? Vir die buitestander is dit ’n geheime plek. Bloemhof stoot die deur oop en nooi ons binne.

Vyf (foto: Izak de Vries)

Die vyf jaar wat die meisies in hierdie bevoorregte skool deurbring, word ondersoek en met humor opgevoer. Dit is nie altyd maklik nie, want hierdie leerders moet nie net met die kurrikulum, vriendinne, seuns, die onderwysers en die skoolreëls uithou nie, hulle moet ook egskeiding en ouers wat hopeloos te veel verwag, die hoof bied.

Elke liewe stukkie dialoog in hierdie drama is nagevors en kom direk uit onderhoude van hulle skoolmaats, onderwysers of ouers. Niks is versin nie.

In 2015 wen Hoër Meisieskool Bloemhof die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met hierdie produksie, asook die prys vir die beste ensemblewerk.

Inge Heyns wen ook die prys as die beste klankoperateur.

Bloemhof se leerders kom uit gegoede huise; sommige se ouers is selfs ryk.

Fillies en Fataar se kommer dat weens “die hoë werkloosheidsyfer beskik baie ouers nie oor die nodige hulpbronne om hul kinders na tersiêre instellings te stuur nie, want dit vereis gelde, sowel as reis- en/of verblyfkoste” geld nie hier nie.

Waarom dan soek na ’n begrip van “doksa” by hierdie skool? Dit is tog totaal anders as die paradigma waarmee die twee akademici gewerk het in hulle ondersoek na werkersklaskinders? Fillies en Fataar verduidelik dat dit vir hulle gaan oor “sowel die hoe as die wat van sosiale werklikhede. Dit wentel om hoe mense hul ervarings en hul wêrelde bou en die samestelling van betekenis wat hul beleefde aktiwiteite toelig en vorm.”

Hoogs teoreties, maar dit is presies wat die leerders van Bloemhof baie prakties gedoen het. “Doksale opvattings lei tot ’n sosiale konsensus oor hoe dinge in enige gemeenskap werk en behoort te werk”, aldus die akademici. Die leerders van Bloemhof het gaan uitvind wat die “sosiale konsensus” in ’n meisieskool behels.

Die spelers het by vriende en onbekende meisies gaan sit; hulle het vrae gevra, hulle het gesprekke opgeneem. Die spelers het ander leerders gevra om hulle ervarings van skoolgaan neer te skryf; sommige het weer klandestien hulle selfone aangeskakel om interessante gesprekke mee af te luister en later te transkribeer. Toestemming is wel daarna gevra om dit te kon gebruik.

Hierdie magdom inligting is uiteindelik deur die toneelspelers verwerk in ’n vermaaklike, energieke stuk wat die kyker vir 45 minute vasgenael laat sit. Ek was bevoorreg om dit twee keer te sien binne 24 uur, en ek sou dit weer kon kyk.

Goed. Wat is doksa en wat het dit met die meisies van Bloemhof te doen? Fillies en Fataar sê: “In die breër sin van die woord gee dit patrone van denke en taal weer, asook hoe om op te tree, te stap, aan te trek, en so meer, wat in ’n sekere groep as voor die hand liggend beskou word.”

Presies. Gaan kyk Vyf: ’n dokumentêr. “Dames” – ’n term wat dikwels met spot in die stuk gebruik word – het sekere stereotiepe rolle in die samelewing en die onderwysstelsel waarbinne die leerders hulle bevind, dwing hulle om volgens sekere reëls op te tree. Die leerders bevraagteken die rolle. Dit moet dan ook. Fillies en Fataar sê dat “doksale oortuigings nie deur doelbewuste propaganda op individue afgedwing” kan word nie; verder “onderwerp agente hulle nie outomaties daaraan nie”.

Gaan kyk Vyf: ’n dokumentêr.

Ek het ook tot hierdie leerders toegang gekry en kon ’n baie interessante gesprek met hulle voer. Om ’n meisie te wees, selfs ’n bevoorregte meisie, het vele uitdagings. Wat agter die hoë wit mure gebeur, is nie altyd eenvoudig nie.

Ook aanvaar hierdie leerders nie meer klakkeloos die orde wat op hulle afgedwing word nie.

Die woord doksa kom nie een keer voor in Vyf: ’n dokumentêr nie, maar as ’n mens Fillies en Fataar lees, sou ’n mens kon dink hierdie jong “dames” [sic] het op ’n metavlak hulle doksa gaan soek en in hierdie toneelstuk uitgespeel.

Vyf: ’n dokumentêr sorg vir baie vermaak. Die stuk is slim aanmekaar gesit, tonele wissel vinnig af en die spelers het geweldig baie energie op die verhoog.

As jy ’n tienerseun of -dogter het, of gaan hê, gaan kyk dit.

Dit werk ook vir seuns. Ek het onderhoude gevoer met van die gehoorlede. Twee seuns van ’n tegniese skool in Fraserburg wat die stuk gesien het, was dit eens dat dit baie goed was.

“Hoekom?” wou ek weet.

“Dieselfde issues, net verskillende geslagsdele,” was die een knaap se antwoord.

Unschooling?

Die ATKV spandeer jaarliks 'n fortuin ​​op onderwys. Besoek gewoon hulle webblad en kyk na die werk wat in formele onderwys ingaan – ook in skole en omgewings wat niks met Afrikaans te doen het nie.

Die ATKV kan egter nie die kurrikulum verander nie.

Talle van die probleme wat die blogskrywer het met skole in die VSA, sien ons daagliks ook in Suid-Afrika. Die blogger stel nege punte voor waar die skoolsisteem ons leerders faal. Hy sê leerders sukkel om:

  1. vrae te vra
  2. oplossings vir probleme te vind
  3. projekte aan te pak
  4. hulle passie te vind
  5. onafhanklik te wees
  6. gelukkig te wees op hul eie
  7. barmhartig te wees
  8. verdraagsaam te wees
  9. verandering te hanteer.

Klink dit bekend? Ja.

Is die antwoord egter tuisonderrig? Dalk juis nie.

Gaan kyk na die wenner en die naaswenner van die ATKV-Tienertoneel by die KKNK.

Gaan kyk hoe knap werkersklasleerders uit Randfontein die probleme in hulle omgewing verwerk en op die verhoog aanbied.

Gaan kyk hoe die meisies van Bloemhof hulle bevoorregte bestaan bevraagteken, dekonstrueer en uiteindelik in ’n prettige toneelstuk verwerk.

Hierdie leerders ervaar wel die frustrasie van ons formele kurrikulum; beide skole se leerders is vasgevang in sosio-ekonomiese rolle wat hulle uit eie oorweging kon bevraagteken. Dit is in die ekstrakurrikulum dat hierdie leerders die kans gegun is om die orde, of gebrek daaraan, van hulle bestaan te bevraagteken. Hier geskied kritiese denke. Hier word eie identiteit, binne in die groter samelewing, gekweek. Fillies en Fataar noem dit “doksa”.

Waar die blogger “unschooling” aanmoedig, bied ATKV-Tienertoneeel, en verskeie ander buitemuurse aktiwiteite in ons skole, hoop vir ons kinders buite die kurrikulum, maar steeds binne die formele skoolstelsels.

Feesgangers by die KKNK moenie hierdie twee professionele produksies, aangebied deur ATKV-Tiertoneel, misloop nie.

Meer oor Die Einde by die KKNK

Aangebied deur ATKV-Tienertoneel.

Met: Cantona James, Jamain Dickson, Loyame Mlawuli, Kyle Treasurer, Antonio Martin en Wade Ramsey
Vervaardiger: Randfontein High School
Regie: Stephen Kotze en Amanda Jankowitz
Teks: Stephen Kotze
Vertaling: Amanda Jankowitz en Jenine Henning
Klankoperateur: Tshiamo Segone
Beligtingsoperateur: Mokgadi Mabitsela
Kostuumontwerp: Gabriella Green en Jaqueline Makhatini.

Afrikaans | Geen o/16 GSDT | R90 | 45 min Griesselsaal | 29 Maart 15:30 | 30 Maart 12:00

Klik hier vir meer inligting.

Klik hier om kaartjies te bespreek voor die saal vol word.

Meer oor Vyf: ’n dokumenter by die KKNK
Aangebied deur die ATKV-Tienertoneel

Met: Alé du Toit, Andréa van der Merwe, Carla Bester, Jeani Heyns, Margeaux Goosen, Mieke van Schoor, Monique du Plessis, René Cloete en Suzann Beukes
Vervaardiger: Hoër Meisieskool Bloemhof
Regie: André Gerber
Assistentregisseur: Elizabeth Munro
Choreograaf: Gabriella Bishop
Klankontwerp: Erik Botes
Klankoperateur: Inge Heins
Beligtingsontwerp: Miranda Joubert

Afrikaans | OB | R90 | 45 min | Griesselsaal| 29 Maart 18:30 | 30 Maart 09:00 

Klik hier vir meer inligting.

Klik hier om kaartjies te bespreek voor die saal vol word.

Bronne

Anoniem: 2015. 9 Eternally Vital Life Skills (That They Don’t Teach You in School). ProgressiveChristianity.org. 26 August 2015. Te kry by http://progressivechristianity.org/resources/9-eternally-vital-life-skills-that-they-dont-teach-you-in-school/ (Laas gelees 21 Maart 2016.

Fillies, Henry en Aslam Fataar. 2015. Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp. LitNet Akademies (Opvoedkunde), 12(3). Te kry by http://www.litnet.co.za/doksa-en-verwerkliking-van-leeridentiteitspraktyke-van-hoerskoolleerders-in-n-landelike-werkersklasdorp/ (Laas gelees 21 Maart 2016.)

Kruger, Estelle, Henry Fillies en Aslam Fataar. 2015. Gesprek: "Meneer, ek wil net iets word ..." LitNet. 10 Desember 2015. Te kry by http://www.litnet.co.za/meneer-ek-wil-net-iets-word/ (Laas gelees 21 Maart 2016.)

 

 

The post Binne die skool, buite die kurrikulum, vind jy jou doksa appeared first on LitNet.

ATKV/Kuier-gedigtekompetisie

$
0
0

Hou jy daarvan om gedigte te skryf?

Stuur in jou gedig, jy kan lekker kontantpryse wen!

Junior kategorie:

  • Graad 8 tot 12-leerders

Senior kategorie:

  • Volwassenes

Prysgeld

Junior kategorie:

  • Eerste plek: R3 000
  • Tweede plek: R2 000
  • Derde plek: R1 000

Senior kategorie:

  • Eerste plek: R5 000
  • Tweede plek: R4 000
  • Derde plek: R3 000

In vanjaar se kompetisie gee ons lewe aan die woorde op papier en Hemelbesem het ingestem om die algehele wengedig deur performance poetry op te voer. 

Kyk hier na ’n voorbeeld hoe Hemelbesem dit doen:

Sluitingsdatum vir inskrywings: 31 Mei 2016

Stuur jou gedig per e-pos na kuier@kuier.co.za met ATKV-gedigtekompetisie in die onderwerplyn; OF pos dit na ATKV-gedigtekompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000; OF inbox dit na Kuier op Facebook by www.facebook.com/kuierinstyl

 

Reëls en voorwaardes:

  • Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
  • Jy kan net een gedig inskryf en dit mag nie langer as 14 reëls wees nie. Jou gedig moet in Afrikaans (nes jy dit praat of skryf) wees, dit kan oor enige onderwerp handel en moet geen kru taal bevat nie.  Dit moet jou eie, oorspronklike samestelling wees en nie voorheen elders gepubliseer wees nie.
  • Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Kuier en die ATKV behou die reg voor om gedigte wat ingeskryf is, te publiseer.
  • Die finaliste en wenner word deur die redakteur en beoordelaars aangewys.
  • Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie.
  • Werknemers en naasbestaandes van Media24, die ATKV en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers wees.  Diegene wat jonger as 18 is, moet skriftelike toestemming van hul ouers kan bewys.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie.
  • Die finaliste en wenners moet bereid wees om in Kuier te verskyn en aan bemarkingsaktiwiteite van Kuier en die ATKV deel te neem.

Gedigtekompetisie

The post ATKV/Kuier-gedigtekompetisie appeared first on LitNet.

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016

$
0
0

 

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op die volgende bekronings vir 2016 besluit.

Die pryse sal na keuse van die bekroondes tydens bekroningsplegtighede, onderskeidelik in Pretoria (29 Junie) en Stellenbosch (7 Oktober) oorhandig word.

Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2016. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondeling oor die bekronings ingelig. 

  1. ERELIDMAATSKAP

Die Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is toe­geken aan prof Adam Small.

Erelidmaatskap is die hoogste toekenning van die SA Akademie.

  1. HERTZOGPRYS VIR PROSA

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl JBM Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt toegeken vir poësie, drama en verhalende prosa in dié volgorde. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys word vanjaar toegeken aan Willem Anker vir Buys: 'n Grensroman.

Die prys word geborg deur Rapport.  

  1. MT STEYNMEDALJE VIR NATUURWETENSKAPLIKE EN TEGNIESE PRESTASIE

Die medalje word toegeken aan 'n kandidaat vir sy skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van 'n vertakking(s) van die natuurwetenskap of die tegnologie. Dit moet as 'n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die natuurwetenskap of die tegnologie beskou word, en moet suksesvol toegepas word in landsbelang. Die prys word beskou as die kroon op 'n lewenstaak en kan daarom slegs een maal aan 'n persoon toegeken word.

Die medalje word vanjaar toegeken aan IG (Ivan) Horak, emeritus professor, Departement Veeartsenykunde, Onderstepoort.

Horak is 'n wêrelddeskundige oor bosluise en parasiete by diere. Hy het veral ten opsigte van die studie van bosluise 'n groot bydrae gemaak wat nie net akademies waardevol is nie, maar wat ook 'n basis vorm met kwalik berekenbare waarde vir die hele Afrika, asook groot implikasies op die vee- en wildbedryf-industrieë het. 

  1. DELEEN BEKKERPRYS VIR BESTE DRAAIBOEK VAN 'N TV-DRAMA IN AFRIKAANS

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer soos volg:

  • Dokumentêre TV-draaiboek in Afrikaans.
  • Draaiboek vir rolprent in Afrikaans.
  • TV-draaiboek vir Afrikaanse drama, hetsy 'n enkel drama of een episode uit 'n reeks.

Die prys word vanjaar toegeken aan Paul C Venter vir Vlug na Egipte (episode 3) en Terug na Egipte (episode 6).

Die draaiboek dien as basis vir 'n boeiende en ongewone storie wat in 'n Karoodorpie afspeel. Hoewel die milieu niks nuuts is nie, slaag die skrywer daarin om die kleindorpse politiek en karakterverhoudinge binne die gemeenskap op 'n vars manier voor te stel. Die verhaal boei deur die uiteenlopende, volronde karakters elk met eie eksentriekhede. Uit die spelers se oogpunt bied die teks uitdagings wat verhoed dat die karakters in eendimensionele tipes verval. Die draaiboek skep geleentheid vir elke speler om as 'n komplekse karakter met unieke doelstellings, met eie geite in handeling en dialoog te ontwikkel. Die genomineerde episodes is albei onthoubaar en getuig van 'n besonder vernuftige draaiboek.

  1. HUBERTE RUPERTPRYS VIR KLASSIEKE MUSIEK

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer in die volgende volgorde:

  • Instrumentaliste (klawer-, blaas-, snaarinstrumente, ens) Blaasinstrumente (fluit, trompet, ens) of aan kunstenaars wat die volgende bespeel: Klawerbord (orrel, klavier, klawesimbel) of strykers (viool, ens)
  • Sangers;
  • Opleiers/onderwysers van klassieke musiek (kundiges, beoordelaars en organi­seerders ingesluit).

Die prys word vanjaar toegeken aan die bekende pianis, Ben Schoeman.

  1. EUGèNE MARAISPRYS

Die prys word toegeken vir 'n eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan 'n persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan Stephanus Muller vir Nagmusiek.

Die prys word geborg deur Rapport

  1. SCHEEPERSPRYS VIR JEUGLITERATUUR

Die prys word toegeken vir die bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur en moet van goeie letterkundige en/of opvoedkundige gehalte getuig.

Die prys word toegeken aan Marita van der Vyver vir Swemlesse vir 'n meermin.

  1. ALBA BOUWERPRYS VIR KINDERLITERATUUR

Die prys word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur, dws die groep lesers van sewe tot twaalf. 

Die prys word vanjaar toegeken aan Kobus Geldenhuys vir Hoekom die walvisse gekom het.

Die prys word geborg deur die ATKV.

  1. EREPENNING VAN DIE AKADEMIE

Die Akademie se Erepenning gee erkenning, binne die doelstellings van die Akademie, aan besondere prestasie op terreine wat nie suiwer letterkundig of wetenskaplik is nie.

9.1     Erepenning vir 'n Televisiedrama in Afrikaans

Die Erepenning word toegeken aan die regisseur, John Trengove vir Swartwater (Episode 1).

Swartwater is verfilm in die vissersdorpie Arniston met addisionele verfilming in Johannesburg. Die struktuur van die film is puik. Die byklanke, effekte en kameraskote is gepas en dikwels innoverend. Die roerende, eerlike spel van die karakters getuig van die artistieke integriteit waarmee hulle hul taak aangepak het. Dié episode getuig van vermyding van die melodramatiese spel sonder om die hoë vlak van dramatiese en geloofwaardige spel in te boet. Die sterk en slim regisseurshande en die vernuf van die tegniese span wat betrokke was by die verfilming van Swartwater, was deurslaggewend by die toekenning van die prys.

9.2     Erepenning vir Visuele Kunste

Die Erepenning vir Visuele Kunste (beeldhoukuns) word toegeken aan Maureen Quin.

Hierdie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar geniet reeds sedert die tagtigerjare plaaslik en internasionaal groot aansien vanweë haar voortreflike beeldhoukuns en die uitvoer van openbare opdragte. Maureen Quin word tans beskou as een van Suid-Afrika se mees begaafde senior beeldhouers. Haar skerp waarnemingsvermoë en klassieke opleiding het altyd 'n deurslaggewende rol in haar beeldhoukuns gespeel. Haar werk word veral deur twee belangrike faktore beïnvloed – die natuur en die menslike figuur. Alhoewel sy geïsoleerd van die hoofstroomkunssentrums in die land werk, bly haar beeldhouwerk relevant en aktueel en toon dit deurlopend 'n indiepte-ondersoek na die vorm en gees van die mens in Afrika.

9.3     Erepenning vir Rolprentkuns

Die Erepenning vir Rolprentkuns word vanjaar toegeken aan Katinka Heyns.

Katinka Heyns word beskou as die mees prominente Afrikaanse vroulike regisseur in die Afrikaanse filmgeskiedenis. Sy bedryf haar professie met onderskeiding en druk 'n besondere stempel op die Afrikaanse film- en vermaaklikheidsbedryf af. Haar rolprente vul 'n besondere nismark in die Afrikaanse kunsfilmgenre en verskuif grense in dié sin dat haar werk oorspronklik is en voortdurend verras met unieke onderwerpe. Haar regie- en filmtegnieke spreek van besondere artistieke visuele bekwaamheid.

 9.4     Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Hierdie Erepenning word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van die besondere vakgebied en kan net in uitsonderlike gevalle toegeken word.

Die prys word toegeken aan Annemarie Oldewage, Hoof van die Departement van Dierkunde, Universiteit van Johannesburg.

Oldewage se navorsing fokus op vis-parasiete en die gebruik daarvan as wagte vir water gehalte. As 'n akademikus word Oldewage gerespekteer. Sy was president van die Parasitologiese Vereniging van suider-Afrika en die voorsitter van die Afdeling Biologiese Wetenskappe van die SA Akademie. Sy dien op die redaksionele paneel van drie vaktydskrifte en is ‘n paneellid vir die toekenning van verskeie gesogte medaljes en toekennings, nasionaal sowel as  internasionaal.

9.5     Besondere Erepenning van die Akademie

Die Erepenning word toegeken aan Renata Coetzee van Kaapstad.

Die Erepenning is aan Coetzee toegeken vir haar lewenslange bydrae tot inter­nasionale bewustheid, kennis en waardering vir die koskultuur-erfenis van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika..

9.6     Besondere Erepenning van die Akademie

Die Erepenning is toegeken aan Karen Meiring, MNet se hoof van Afrikaanse TV-kanale.

Meiring bevorder oor dekades op besondere toegewyde wyse Afrikaans binne die vermaaklikheidsbedryf as uitvoerende kunstenaar, maar ook met verskeie bestuurs­projekte. Sy styg uit as waarskynlik een van die bekwaamste kunste-administrateurs in die land. Oor die jare dien sy in die direksies van verskeie kunstefeeste, musiekstigtings en kunste trusts.

  1. GUSTAV PRELLERPRYS VIR LITERATUURWETENSKAP EN LETTERKUNDIGE KRITIEK

Die prys is al om die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met inbegrip van letterkundige kritiek.

Die prys word vanjaar toegeken aan Louise Viljoen, verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.

Die prys word geborg deur Human & Rousseau.

  1. STALSPRYS

Die prys word toegeken vir 'n hoogstaande publikasie of 'n reeks van hoogstaande publikasies, by voorkeur in Afrikaans, asook vir indiwiduele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word.

11.1   Stalsprys vir Geskiedwetenskappe

Die prys word vanjaar toegeken aan ELP (Ernst) Stals, navosingsgenoot aan die Geskiedenisdepartement, Universiteit van Stellenbosch. Stals woon tans in Windhoek, Namibië.

Die prys word toegeken vir sy omvattende en volgehoue intensiewe navorsing oor aspekte van die geskiedenis van Suidwes-Afrika/Namibië, sy spesialiteitsnavorsingrigting oor die afgelope meer as 'n halwe eeu. 'n Groot aantal publikasies van besondere histories-wetenskaplike gehalte en multi-dimensionele aard, het uit sy navorsing voortgevloei wat hom vandag ‘n gesaghebbende historikus oot die geskiedenis van Suidwes-Afrika/Namibië maak, veral betreffende die Duitse koloniale tydperk. Prof. Stals word veral vereer vir sy kultuurhistoriese studie Môrewind oor die Karasberge: 'n Kultuurhistoriese verkenning van die laat negentiende eeu wat ‘n hoogtepunt van prof. Stals se geskiedskrywing is.

11.2   Stalsprys Politieke Wetenskap

Die prys word toegeken aan DJ Geldenhuys, verbonde aan die Departement Politiek en Internasionale Verhoudinge, Universiteit van Johannesburg.

Geldenhuys ontvang die prys vir sy bydrae oor vier dekades tot die vakgebied van Politieke Wetenskap, en in die besonder tot die ontwikkeling van Internasionale Verhoudinge as 'n dissipline in eie reg. Erkenning word gegee vir sy toegewyde betrokkenheid as vakkundige by die uitbouing van internasionale verhoudinge binne die akademie in Suid-Afrika en sy internasionale bydrae tot kennisbou op die gebied van buitelandse beleid en buitelandse verhoudinge.

11.3   Stalsprys vir Ekonomie

Die prys word toegeken aan Estian Calitz, emeritus professor in Ekonomie, Universiteit van Stellenbosch.

Calitz het gedurende sy akademiese loopbaan 'n buitengewone bydrae tot die wetenskapsbeoefening van Ekonomie as vakgebied gemaak en het die land in besonder op die gebied van die ekonomie gedien. Hy is bekend as een van die vernaamste ekonome in Suid-Afrika en is 'n uitstekende navorser met 'n bewese publikasierekord. Prof. Calitz word veral vereer vir sy bydrae in die Owerheidsekonomie en Owerheidsfinansies, asook die wyse waarop hy sy akademiese kennis in diens van Suid-Afrika aanwend.

  1. DS PIETER VAN DRIMMELENMEDALJE

Die Ds Pieter van Drimmelenmedalje word toegeken vir aktiwiteite soos Bybelvertaling, teologiese handboeke in Afrikaans vir gebruik deur universiteitstudente, gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en bywerking van Afrikaanse Psalms en Gesange.

Die prys word toegeken aan HC (Hermie) van Zyl, navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat.

Erkenning word veral aan Van Zyl gegee vir sy bydrae ten opsigte van die Afrikaanse Bybelvertaling. Hy was ook betrokke by die Verwysingsbybel, die Afrikaanse Bybel vir Dowes en die direkte vertaling van die Bybel.

  1. TOTIUSPRYS VIR TEOLOGIE EN DIE STUDIE VAN DIE GRONDTALE VAN DIE BYBEL

Die Totiusprys kan driejaarliks toegeken word vir 'n hoogstaande publikasie of 'n reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans oor die Christelike teologie en/of die studie van die grondtale van die Bybel.

Die prys word toegeken aan JM (Koos) Vorster, emiritus professor van die Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Vorster word vereer vir sy uitgebreide reeks publikasies in Afrikaans; sy navorsing op die terrein van die politieke teologie en die rol van die kerk in Suid-Afrika in 'n oorgangstydperk; sy uitbouing van 'n sosiaal-betrokke etiek op reformatoriese grondslag; en sy navorsing oor die kerk, 'n regstaat en fundamentele menseregte.

  1. FRANS DU TOITMEDALJE VIR BEDRYFSLEIDING

Die medalje word driejaarliks toegeken vir bedryfsleiding. Die volgende geld by die oorweging van 'n kandidaat:

  • Skeppende bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfslewe.
  • Volgehoue uitbouing oor 'n lang tydperk van die terreine waarop begewe is.
  • Leiding op bepaalde terreine en die besieling wat daar van die persoon uitgegaan het om die gebied verder te ontwikkel. Die prys word as 'n kroon op 'n lewenstaak beskou en kan slegs een maal aan 'n persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan Johan van Zyl van Kaapstad.

Van Zyl se loopbaan getuig van 'n persoon wat aanvanklik in die landbousektor 'n bydrae op nasionale sowel as internasionale vlak gelewer het. Sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfswese kan gesien word in sy omvorming van Santam en SANLAM. Laasgenoemde het hy vanaf 'n betreklike klein basis tot 'n internasionale groep van maatskappye uitgebou. Aanvanklik was SANLAM hoofsaaklik op die wit Afrikaanse mark gerig, maar met vindingryke stappe kon dr. Van Zyl daarin slaag om 'n padkaart uit te werk en in werking te stel om nuwe marksegmente oor verskeie geografiese areas te betree. Dr. Van Zyl het die afgelope aantal jare wyd erkenning gekry vir sy sukses as sakeleier.

  1. PROTEA BOEKHUISPRYS VIR BESTE GEPUBLISEERDE WERK IN AFRIKAANS

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer soos volg:

  • Beste M-verhandeling in Afrikaans;
  • Beste D-proefskrif in Afrikaans;
  • Beste gepubliseerde werk in Afrikaans.

Die prys word toegeken aan Carel van der Merwe vir Donker stroom. Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Carel van der Merwe is 'n formidabele skrywer en navorser. Hiervan getuig sy vermoë om, ten spyte daarvan dat Eugène Marais as onderwerp van vele studies al deurtrap is, steeds daarin te kon slaag om 'n boek van 531 bladsye te skryf en te fokus op aspekte van Marais se lewe wat voorheen nog nie deeglik deurgrond is nie. Die boek is 'n belangrike toevoeging tot die historiografie van nie net Eugène Marais nie, maar ook van daardie repulblikeinse burgers wat hulself in 'n emosionele wroeging ten opsigte van hulle steun, aldan nie, aan die republikeinse saak tydens die Anglo-Boereoorlog bevind het.

  1. GOUE AKADEMIEMEDALJE

Die medalje word toegeken vir verdienstelike werk op die gebied van die natuur­wetenskap, tegnologie of die geneeskunde. Die prys kan driejaarliks toegeken word.

Die medalje word toegeken aan MJ (Michael) Samways, Uitgelese professor en Akademiese Prinsipaal aan die Departement Bewaringsekologie en Entomologie, Fakulteit Agri-Wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch.

Samways word vereer vir sy uitstaande navorsingsrekord in verskeie diverse velde en in uitnemende wetenskaplike publikasies en vir sy praktykgerigte toepassing van navorsing tot voordeel van die mensdom. Ook vir sy hoëvlak gemeenskapsdiens, spesifiek deur breedvoerige interaksie met die korporatiewe sektor en bewarings­organisasies word die medalje aan hom toegeken.

  1. HAVENGAPRYS

Die Havengaprys is 'n jaarlikse prestigeprys wat toegeken word vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied.  Die prys kan net een maal aan 'n persoon toegeken word.

 17.1   Havengaprys vir Lewenswetenskappe

Die prys word toegeken aan AM (Alvaro) Viljoen, verbonde aan die Departement Farmaseutiese Wetenskappe, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria.

Viljoen is een van die leidende wetenskaplikes in die veld van medisinale en aromatiese plante in die wêreld. Hy het op betreklik jong leeftyd al meer as 80 nagraadse studente opgelei en bykans 200 publikasies in leidende internasionale wetenskaplike tydskrifte gelewer.

17.2   Havengaprys vir Gesondheidswetenskappe

Die prys word vanjaar toegeken aan Robert Pattinson, verbonde aan die Departement Obstetrie en Ginekologie, Kalafong Hospitaal, Universiteit van Pretoria.

Pattinson is een van min leiers op die gebied van Perinatologie in Suid-Afrika. As direkteur van die Mediese Navorsingsraad (MNR) is hy nou betrokke by die vestiging en bestuur van verskeie navorsingsprojekte in Suid-Afrika. In 2000 is die Perinatale Probleem Identifiseringsprogram ontwikkel wat 'n databasis skep vir perinatale sterftes in Suid-Afrika. Hierdie databasis het 'n waardevolle bron geword waarvolgens perinatale sterftes in Suid-Afrika gemonitor word. Internasionaal was prof. Pattinson nou betrokke by die stilgeboorte reeks van die Lancet, die WGO se klassifikasie van moedersterftes en die Kangaroo moedersorgprogramme in Ghana en Malawi.

  1. ESTHER GREEFF-PRYS

Die prys word toegeken vir 'n artikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het.

Die prys word toegeken aan HEJ (Helize) van Vuuren vir haar artikel Passacaglia van J.S. Bach en Das Passagen-Werk van Walter Benjamin – literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum.n Verhaal met skilderye in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):505-523 (Sept 2014).

19. DOUW GREEFF-PRYS

Die prys word toegeken vir 'n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, gepubliseer is.

Die prys word toegeken aan proff. A.J. Reinecke en S.A. Reinecke en me. Mia van Wyk van Stellenbosch vir hulle artikel Kan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery afval te beoordeel? in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 34, no. 1 (2015)

20. JUNIOR KAPTEIN SCOTT-GEDENKMEDALJE (Dierkundige Wetenskappe)

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling ingedien by 'n Suid-Afrikaanse universiteit vir die MSc-graad, om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe. Vanjaar is Dierkundige wetenskappe aan die beurt. 

Die medalje word toegeken aan me. Lindi Steyn, verbonde aan die Departement Dierkunde, Universiteit van Johannesburg.

21. PUK-KANSELIERSTRUSTPRYS (POORT-KOMPETISIE)

Die prys word toegeken aan:

Prosa: Annemarie Wüst van die Hoërskool Stellenberg vir Seisoene van verandering.

Poësie: Alet Janse van Rensburg van die Hoërskool Cradock vir haar gedig Wie laaste lag.

Dionē Prinsloo

Hoof Uitvoerende Beampte

 

Laai die volledige persverklaring met al die uitslae hier af.

 

The post Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016 appeared first on LitNet.

Boeke vanjaar bekroon deur die SA Akademie

$
0
0

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het se 2016-bekronings is pas bekend gemaak.

Hertzogprys vir prosa

Die Hertzogprys word vanjaar toegeken aan Willem Anker vir Buys.

Lees op LitNet:

’n Bosluis, Billy the Kid en Coenraad de Buys: Die spore van legendes in die veld

Willem Anker
Essay

Lees 'n essay oor waar Buys ontspring het.

Tien vrae aan Willem Anker oor Buys

Willem Anker, Naomi Meyer
Onderhoud

"Hoe lyk die bossies op sy geboorteplaas, hoe werk ‘n snaphaan, hoe ruik ‘n VOC-pruik, hoeveel kos ‘n vat brandewyn in 1811?"

Willem Anker (1979–)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers." Lees Willem Anker se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Our hunting fathers

Phil van Schalkwyk
Resensie

"Die eindproduk is imposant, en die leser draf gretig maar op heeltemal te korte beentjies agter Buys/Buys aan."

LitNet Akademies-resensie-essay: Buys deur Willem Anker

Henning Snyman
LitNet Akademies-resensie-essay

"Met hierdie grootse tema en geweldig baie gegewens, goed nagevors, skep Willem Anker 'n roman wat sy plek langs die werklik groot Afrikaanse romans kan inneem."

kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Commendatio vir Buys deur Willem Anker

Thys Human
Boeke en skrywers

"Soos sy weerbarstige titelkarakter, is Buys ’n roman wat bestaande grense (literêr en andersins) uitdaag én oorskry."

 

Eugène Maraisprys

Die prys word toegeken aan Stephanus Muller vir Nagmusiek.

Lees op LitNet:

Nagmusiek deur Stephanus Muller

Lou-Marie Kruger
Boeke en skrywers

"Die betekenisvolheid van hande, hare, tande en molpenisse. Veral hande. Liefde en obsessie. Nag en dood en waarheid. En Ansbach se soort musiek: atmosferies, improvisatories met die gedrae tema wat soos ’n passacaglia uit die donker arpeggios verrys …"

Onderhoud: Stephanus Muller gesels oor Nagmusiek

Wayne Muller
Boeke en skrywers

Wayne Muller en Stephanus Muller, skrywer van Nagmusiek, gesels oor die komponis Arnold van Wyk, sy musiek en die fiktiewe biograaf.

kykNET-Rapport Boekpryse 2015 (Jan Rabie-Rapport): Commendatio vir Nagmusiek deur Stephanus Muller

Thys Human
Boeke en skrywers

"Ten spyte van die soms ontstellende temas wat in die werk aangesny word, is Nagmusiek nooit swaartillend of serebraal nie. Inteendeel: dit is eerder aangrypend en meevoerend."

kykNET-Rapport Boekpryse 2015 (Niefiksie): Commendatio vir Nagmusiek deur Stephanus Muller

Herman Wasserman
Boeke en skrywers

"Hierdie vernuftig postmodernistiese – maar onderhoudende en selfs vermaaklike – wyse waarop Van Wyk se lewe uitgebeeld word, is nie maar ‘n stilistiese truuk nie. Dit dien as voertuig om indringende vrae te opper oor die aard van biografiese geskiedskrywing, die posisie van die biograaf, die konstruksie van akademiese kennis en gesag, en die rol van die kunstenaar in ons samelewing."

Tien vrae: Stephanus Muller oor Nagmusiek

Naomi Meyer
Boeke en skrywers

"Nagmusiek is 'n transgressiewe teks op verskillende vlakke, en om vir soveel jare in 'n proses gewikkel te wees wat deurlopend toets en verstel en torring aan die grense waarbinne ek gemaklik is – dit het my verander."

Protea boekhuisprys vir beste gepubliseerde werk in Afrikaans:

Die prys word toegeken aan Carel van der Merwe vir Donker stroom. Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Lees op LitNet:

Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig

Frederik de Jager
Resensies

'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Carel van der Merwe se Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog

Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen

Jean Oosthuizen
Onderhoud

Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf.

Video: Bekendstelling van Donker Stroom deur Carel van der Merwe

Naomi Bruwer
Boeke en skrywers

Carel van der Merwe se opspraakwekkende boek oor Eugène Marais, Donker Stroom, is verlede week in die Paarl bekendgestel. Kyk na 'n video van die gesprek.

Scheepersprys vir jeugliteratuur

Die prys word toegeken aan Marita van der Vyver vir Swemlesse vir 'n meermin.

Lees op LitNet:

Boekresensie: Swemlesse vir 'n meermin deur Marita van der Vyver

Dewald Koen
Resensie

"Met haar jongste jeugroman bewys Van der Vyver weer eens dat sy in voeling is met haar lesers en weet wat in tieners se koppe broei."

Marita van der Vyver (1958–)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

“As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin.”

Klik hier vir vanjaar se volledige lys bekronings.

The post Boeke vanjaar bekroon deur die SA Akademie appeared first on LitNet.

Viewing all 1430 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>