Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1429 articles
Browse latest View live

Die première van ATKV: Filmverse 2 by die kykNET Silwerskermfees 2016

$
0
0

Filmverse 2 se première het op Vrydag 26 Augustus by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai plaasgevind.

Altesaam 12 Afrikaanse gedigte is deur 12 animasiekunstenaars, of groepe kunstenaars, geanimeer. Daar is dus 12 kortfilms op een DVD – wat net R120 kos.

Hier is ’n voorskou:

Die films en die gehalte is uitstekend en die algehele produk is reeds strate beter as die eerste weergawe.

Daar wás puik films op die eerste Filmverse. My gunsteling op nommer 1 is Charles Badenhorst se animasie van "What about de lô" – Adam Small se ikoniese gedig. Badenhorst het dan ook ‘n jurieprys gewen in Weinmar vir hierdie puik werk. Vroeër is Naomi van Niekerk se film "'n Gewone blou maandagoggend" aangewys as die "beste eerste film", by die grootste internasionale animasiefees in die wêreld, Annecy International Animated Film Festival and Market, waar meer as 8 000 fimmakers vanoor die wêreld meeding.

Daar was dus puik films op nommer 1, maar liefhebbers moet maar net weet: Nommer 2 is al reeds beter.

Nita Cronjé, die uitvoerende vervaardiger vir die ATKV, het ook aangekondig dat die Filmverse 2 in vier tale beskikbaar is: Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sotho.

Johan Myburg, Diek Grobler, Nita Cronjé, Charles Badenhorst, Nathan Trantaal en Ronelda Kamfer

Tydens ’n paneelbespreking ná die vertoning, is het Johan Myburg verduidelik dat hulle verse gekies het wat  aan die animeerders voorgelê is. Die keuse het die skolemark in gedagte gehad, so ’n mengsel van ou, bekende gedigte en puik nuwe gedigte is gekies.

Diek Grobler, die kreatiewe regisseur van die projek, het daarna met die kunstenaars ontmoet, werkswinkels aangebied en het toe hulle voorleggings gekeur.

Diek het ook verduidelik hoeveel ure daar in so ’n film ingaan. Elke sekonde van die film het ten minste twaalf animasies nodig. "Die res is wiskunde," sê hy.

Die 12 kortfilms op Filmverse 2 is:

  • Jeanne Goosen se "My mamma is bossies", geanimeer deur Naomi van Niekerk. Die klankbaan is pragtig.
  • Nathan Trantraal se "Geel walvis", geanimeer deur Alida Bothma, is wonderlik. Die papierknipsels wat gebruik word, is so slim gedoen. Interessant genoeg is die Zoeloevertaling gebaseer op ’n Johannesburgse variant van Zoeloe, om die Kaapse variant van Afrikaans, wat Trantaal skryf, raak te vang.
  • DJ Opperman se "Stad in die mis", geanimeer deur Jac en Wessel Hamman, is grieselig; baie, baie goed.
  • Elisabeth Eybers se "Busrit in die aand", geanimeer deur Arnaud van Vliet, het weer aan my gewys: As jy iets opnuut beleef, word ou goed nuut. Dis so ’n bekende gedig, en daar in die donker het ek nuwe nuanses ontdek danksy die puik animasie.
  • Andries Bezuidenhout se "Perron", geanimeer Marinda du Toit en Tessa Louw, is baie indrukwekkend. Geen gesproke woorde nie, net... die perron. Kyk self!
  • Boerneef se "Die berggans het ʼn veer laat val", geanimeer deur Erentia Bedeker was oorrompelend mooi.
  • Martjie Bosman se "Nagte in die tuine van Spanje", geanimeer deur Theresa Jo Wessels het ook die klanke, kleure en beelde van die gedig baie fyn saamgevat.
  • Heilna du Plooy se "Afrikaan in Nederland", geanimeer deur Hanno, Dewald en Roger van der Merwe kon spanning, die keistene en die sofistikasie van die gedig vasvat.
  • Johann de Lange se "Wisseling" is slim geanimeer deur Michéle Nigrini.
  • Joan Hambidge se "Smoke gets in your eyes", geanimeer deur Katty Vandenberghe en Anni Snyman, was grinterig en wonderlik gepas.
  • Ronelda S Kamfer se "Vir die voëls" is deur Diek Grobler self gedoen. Die meester aan die werk.
  • Marlise Joubert se "Groet" is geanimeer deur Charles Badenhorst. Sjoe. Kyk dit. Daar is ’n pop en ’n rok. Kyk hoe daardie pop treur.

Dit is onmoontlik om elke film hier te resenseer. Koop dit. Die Filmverse 2-DVD kos slegs R120 en kan bestel word by Hannelie van Schalkwyk by 011 919 9012 of hanneliev@atkv.org.za.

Dis min geld vir baie puik kuns.

Filmverse 2 is ook te sien by Tuin van Digters (van 16 tot 18 September 2016) op die Aardklop Nasionale Kunstefees van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom, en daarna op al die nasionale kunstefeeste tydens 2017.

Die Silwerskermfees koester nie net goeie films nie, dit is ook geleë op ’n plek waarheen jy die wêreld wil nooi.

’n Mens voel lekker as jy so iets beleef. Trots Suid-Afrikaans. Kampsbaai is mooi.

The post Die première van ATKV: Filmverse 2 by die kykNET Silwerskermfees 2016 appeared first on LitNet.


XhosAfrika-netwerk en Afrikaanse Taalraad: Verbod op inheemse tale by skole onaanvaarbaar

$
0
0

"Om kinders te dwing om Engels op die skoolterrein te praat, eerder as hul moedertaal of enige ander taal van hul keuse, herinner aan die kulturele assimilasie van die koloniale era, en is totaal onvanpas in 'n linguisties diverse samelewing soos Suid-Afrika," het die XhosAfrika-netwerk  en die Afrikaanse Taalraad vandag in 'n gesamentlike persverklaring gesê.

Die praktyk om kinders vir die gebruik van inheemse tale soos Xhosa en Afrikaans by die skool te straf, is "eenvoudig diskriminerend, iets wat onmiddellik moet stop", het Patrick Fefeza, lid van die uitvoerende komitee van die XhosAfrika-netwerk gesê, met verwysing na mediaberigte oor taalreëls by verskeie Engelsmediumskole in Gauteng.

"Ons aanvaar dat die betrokke skole die leerders se belange op die hart dra, maar die idee dat die kinders se Engels daaronder sal ly as hulle hul moedertaal gebruik, is nie net verouderd nie, maar ook gediskrediteer," het Ria Olivier, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, gesê. "Tweetaligheid of veeltaligheid is 'n belangrike bate in 'n meertalige land, ook in die werksopset.  Dit moet by skole bevorder, nie onderdruk word nie.  'n Ingrypende paradigmaskuif oor taal is nodig in ons skole en onderwysdepartemente."

"Ons moedig leerders en ouers aan om by skole op hul taalregte aan te dring," het Conrad Steenkamp, Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Taalraad, gesê. “Die Afrikaanse Taalraad en XhosAfrika sal klagtes oor taalgebruik by skole opvolg en ons wil ouers aanmoedig om met ons in aanraking te kom.”

Die XhosAfrika-netwerk is 'n inisiatief van wyle Neville Alexander en mik daarop om veeltaligheid te bevorder en die voetspoor van Xhosa en Afrikaans in die openbare domein te verbreed.  Die Afrikaanse Taalraad, wat 'n lid van die XhosAfrika-netwerk is, bevorder Afrikaans in haar volle diversiteit binne 'n veeltalige konteks.

atrxhosa650

The post XhosAfrika-netwerk en Afrikaanse Taalraad: Verbod op inheemse tale by skole onaanvaarbaar appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Ons algemene jaarvergadering het op 20 Augustus in Pretoria tydens vanjaar se BoekeJol plaasgevind.

Aangesien daar nie 'n kworum by die vergadering van 20 Augustus teenwoordig was nie, het alle opbetaalde lede van PEN Afrikaans die afgelope week die geleentheid gehad om per virtuele stemming besluite te neem oor die belangrike aangeleenthede wat by die AJV bespreek is. Die virtuele stembus is op 5 September 2016 gesluit

Die nodige agtergrond tot die besluite waaroor gestem is, vind jy op PEN Afrikaans se webportaal – klik hier vir: 
- Die notule van die vergadering
- Kerneels Breytenbach se voorsittersverslag
- Danie Marais se bestuurdersverslag en vooruitskouing
- Marga Stoffer se verslag oor verwikkelinge rondom kopieregwetgewing wat verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers kan hê

Resultate van die virtuele stemming vir 'n nuwe ondervoorsitter, betrokkenheid by taalpolitiek, lidmaatskap van die Taalraad, versoening, wysiging van PEN Afrikaans se grondwet, ere- en lewenslange lidmaatskap

  1. Baie geluk aan Marga Stoffer, die uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers, wat eenparig as PEN Afrikaans se nuwe ondervoorsitter verkies is.
     
  2. Opbetaalde lede is gevra: "Watter veldtogte, inisiatiewe en/of organisasies wat met die behoud van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal gemoeid is, behoort PEN Afrikaans te ondersteun?" (Daar was drie opsies met die moontlikheid om twee keuses uit te oefen.)

    97% het gesê PEN Afrikaans behoort "enige demokratiese en inklusiewe inisiatief wat op vreedsame wyse poog om grondwetlik verskanste taalregte te handhaaf" te ondersteun.

    45% van die stemmers het verklaar PEN Afrikaans behoort Gelyke Kanse (http://gelykekanse.com/) te ondersteun.

    3% het gesê PEN Afrikaans behoort nie aan taalpolitiek deel te neem nie.

  3. Op die vraag "Met watter organisasies of verbande behoort PEN Afrikaans nie te assosieer nie?" was die reaksie uiteenlopend. Dit blyk egter duidelik dat ons lede PEN Afrikaans beskou as 'n outonome skrywersunie wat geen partypolitieke bande behoort te hê nie. 
     
  4. Die vierde vraag is as volg geformuleer: "Wil jy hê dat PEN Afrikaans lid word van die Afrikaanse Taalraad (ATR)? Lidmaatskap sal PEN Afrikaans 'n amptelike plek aan die tafel van hierdie sambreelorganisasie gee wat daarna streef om mense en organisasies rondom Afrikaans saam te snoer - http://afrikaansetaalraad.co.za/"

    93% het hulle ten gunste van ATR-lidmaatskap uitgespreek, 7% daarteen.

  5. Die vyfde vraag aan lede was: "Wil jy hê die bestuurder van PEN Afrikaans moet as amptelike verteenwoordiger van PEN Afrikaans aan veldtogte om die behoud van Afrikaans as onderrigtaal deelneem of sou jy verkies dat hy/sy sulke veldtogte slegs, indien hy/sy wil, in persoonlike hoedanigheid ondersteun?"

    90% het die vraag met 'n "ja" beantwoord, terwyl 10% "nee" gesê het.
     

  6. Op die vraag "Wil jy hê dat PEN Afrikaans help om ’n groter versoeningsgesprek tussen wit en bruin/swart skrywers te fasiliteer?" het 97% "ja" geantwoord. Slegs 3% het gestem vir: "Nee, ek dink nie 'n groter, amptelike versoeningsgesprek tussen wit en bruin/swart skrywers is nodig nie."
     
  7.  Die veranderinge aan die grondwet wat deur die bestuur van PEN Afrikaans goedgekeur is ten einde aan belastingwetgewing te voldoen, is eenparig deur die virtuele stemming bekragtig. 

    PEN Afrikaans se grondwet is hier beskikbaar - die voorgeskrewe en nou amptelik aanvaarde wysiging is in R 47 vervat. Dit was noodsaaklik om aan SARS se voorskrifte ten opsigte van belastingvrystelling te voldoen.
     

  8. Hartlik geluk aan Naas Steenkamp wat op grond van hierdie virtuele stemming lewenslange lidmaatskap van PEN Afrikaans ontvang.

    Volgens PEN Afrikaans se grondwet kan lewenslange lidmaatskap toegeken word aan iemand wat besondere diens aan PEN Afrikaans gelewer het. Naas Steenkamp ontvang hierdie welverdiende erkenning danksy die sleutelrol wat hy met die stigting van en die internasionale erkenning van PEN Afrikaans gespeel het. Sy bydrae tot die opstel van PEN Afrikaans se grondwet en die skep van die nodige administratiewe struktuur word ook hiermee gehuldig.

  9. Fanie Olivier, ’n lewenslange lid van PEN Afrikaans het Margot Luyt en Karen Meiring vir erelidmaatskap van PEN Afrikaans genomineer vir hul uitsonderlike bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse woordkuns. Die bestuur van PEN Afrikaans het dié twee nominasies deur Fanie Olivier verwelkom en uit die virtuele stemming blyk dat ons lede ook entoesiasties ten gunste van hierdie toekenning aan hierdie twee formidabele vroue is.

    Sowel Margot Luyt as Karen Meiring het intussen die erelidmaatskap met hartlike dank aanvaar. 

Baie geluk en baie dankie, Margot Luyt en Karen Meiring. Mag julle nog lank die geleentheid hê om ons te inspireer en te vermaak met die lugtyd wat julle op radio en televisie aan Afrikaanse skrywers, joernaliste en woordkuns gee. Ons literêre landskap is ondenkbaar sonder jou, Margot, se Vers en klank en ander hoorbeelde op RSG. 'n Mens wil jou ook nie die wêreld voorstel sonder die blootstelling asook skryf- en werkgeleenthede wat jy, Karen, met die kykNET-familie van TV-kanale aan Afrikaanse skrywers en hul werk bied nie. Gesondheid!

'n Groot dankie ook aan ons opbetaalde lede wat hulle stemme uitgebring en kommentaar gelewer het in die ruimte wat daarvoor gelaat is. 


Naas Steenkamp


Margot Luyt


Karen Meiring

Internasionale erkenning vir Frederick J. Botha en PEN Afrikaans

Die 28-jarige Frederick J. Botha het met sy kortverhaal “Please help, God bless” in Augustus die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2016 gehaal. PEN Afrikaans kon, soos alle van die meer as 100 PEN-sentrums wêreldwyd, twee jong skrywers (een manlik en een vroulik) tussen die ouderdom van 18 en 30 inskryf vir hierdie kompetisie.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat ’n kandidaat van PEN Afrikaans die langlys vir hierdie gesogte prys bereik. In 2015 was Carien Smith met haar kortverhaal “Likkewaan” op die langlys gewees.

Frederick Botha is een van die draaiboekskrywers vir kykNET se sepie Getroud met rugby en ’n deeltydse dosent aan UWK se departement Afrikaans en Nederlands. Hy werk tans aan sy doktorsgraad in die Afrikaanse letterkunde onder leiding van Thys Human aan die NWU. Botha het in 2014 Human & Rousseau se Nuwe stories 3-kompetisie gewen met sy kortverhaal “The day Madiba died”.

PEN Afrikaans het Botha se “Please help, God bless”, saam met “SkugterDigter” deur Lynné Schoeman vir New Voices 2016 ingeskryf. Dié twee verhale is as wenners aangewys in ’n kompetisie wat PEN Afrikaans in November 2015 uitgeskryf het. Die inskrywings is deur Danie Marais (bestuurder van PEN Afrikaans), Anzil Kulsen en Izak de Vries gekeur. Sowel Kulsen as De Vries dien op die bestuur van PEN Afrikaans.

Vir deelname aan die New Voices-kompetisie is Botha en Schoeman se kortverhale op PEN Afrikaans se koste in Engels en Spaans deur onderskeidelik Marius Swart en Marta Behar vertaal.

PEN Afrikaans is dus saam met al sy skrywerslede verheug dat Botha se verhaal met sulke strawwe kompetisie hierdie langlys van ses gehaal het:

“Please Help, God Bless” deur Frederick J. Botha (PEN Afrikaans)
“In the Hearts of Green Birds” deur Robin Ganderton (Wales PEN)
“The Rat, and other poems” deur Stefan Kielbasiewicz (English PEN)
“Viertel-Neger” deur Julian Amankwaa (German PEN)
“Manifesto” deur Ioana Vintila (Romanian PEN)
“Dress, Rehearse” deur Laura Legge (PEN Canada)

Die kortlys van drie is op Maandag, 5 September, aangekondig en ongelukkig was Botha nie onder hulle saam met die kandidate van PEN Duitsland, Romenië en Kanada nie. Om die langlys te haal was egter reeds 'n internasionale prestasie waarop ons saam met hierdie belowende jong skrywer baie trots is.

Klik hier vir meer besonderhede oor dié prys en die beoordelaarspaneel op PEN International se webwerf.

'n Aanlynslypskool vir belowende jong skrywers

Die drie keurders van ons inskrywings vir die laasgenoemde PEN International New Voices-kompetisie vanjaar (Danie Marais, Anzil Kulsen en Izak de Vries) was oortuig dat meer as twee verhale met potensiaal ingeskryf is. Aangesien PEN Afrikaans graag ontluikende stemme wil ondersteun, is besluit om ’n aanlynslypskool in samewerking met LitNet op ons webportaal aan te bied vir die mees verdienstelike inskrywings wat ons ontvang het.  Ons keurders het intussen weer koppe bymekaar gesit en besluit om drie ander jong skrywers na hierdie aanlynslypskool te nooi. 

Twee van hierdie skrywers, Elisha Zeeman en Jaco du Plooy, het die uitnodiging entoesiasties aanvaar. Carien Smith, wat verlede jaar die langlys gehaal het, moes egter nee sê omdat sy reeds ander planne het met die kortverhaal wat sy ingeskryf het.

Sowel Zeeman en Du Plooy se kortverhale sal eersdaags op ons LitNet-webportaal verskyn en lesers sal die geleentheid hê om kommentaar op die verhale te lewer. Ons vra hiermee ons gevestigde skrywerslede om asseblief 'n tydjie af te knyp en opbouende kommentaar op die kortverhale te lewer.

'n Week of twee ná publikasie van die kortverhale sal ’n kort keurverslag met aanbevelings deur Danie Marais en Izak de Vries op LitNet gepubliseer word.

Hierna sal die twee deelnemende skrywers twee weke kry om hulle aanbevelings te verwerk en ’n geredigeerde weergawe vir publikasie op ons LitNet-webportaal terug te stuur.

Danie en Izak sal ook keurverslae met voorstelle oor die tweede weergawe op LitNet publiseer en daarna sal die skrywers geleentheid hê om ’n finale weergawe vir publikasie op ons portaal in te dien.

PEN Afrikaans by die Tuin van Digters-fees, Wellington, 16-18 September

Al ons lede en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na hierdie gesprek op 17 September by die Tuin van Digters-fees wat vanjaar weer in en om die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind:

IS DIE KANON IN SY KANON IN? 

Aangebied deur PEN Afrikaans 

Met: Louise Viljoen, Ronel Foster, Marga Stoffer, Alfred Schaffer; Danie Marais (gespreksleier) 

Wie is dapper genoeg om die volgende Groot Kanoniseerder te wees? Waar is die volgende Groot Verseboek of Poskaarte? En is dit nodig? 

12:00 | 60 min. | Woordtent 

Die fees het 'n interessante program vol verskeidenheid en beloof om net so 'n groot sukses as verlede jaar te wees. 

Klik hier om die volledige program in PDF-formaat af te laai.

Nuwe Afrikaanse boeke in September

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het. September se publikasielys kan hier afgelaai word. Enige navrae oor dié publikasies kan gerig word aan penafrikaans@gmail.com. Ons kan belangstellendes dan verder met die relevante uitgewer verbind.

Hartlike gelukwense ook aan al die skrywers op die kortlyste vir die kykNET Rapport Boekpryse. Klik hier vir foto's en meer inligting oor die gekortlyste skrywers en boeke. 

Die wenners word op 24 September in Kaapstad bekend gemaak by 'n prysuitdelingsgeselligheid in Groenpunt. Twee nuwe pryse vir die boekresensente van die jaar sal ook die eerste keer by dié geleentheid toegeken word.

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2016 appeared first on LitNet.

Die SBA se koorfees: Afrikaans Sing!

$
0
0

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het op 28 Augustus 'n koorfees in die Kunstekaapteater gehou. Nelmari Kemp, operasionele programbestuurder van die SBA, het met die projekbestuurder van die Afrikaans Sing!-projek, René Arendse, oor dié feestelike sanggeleentheid gesels.

René Arendse, projekbestuurder van Afrikaans Sing!

Wat was die motivering agter die Afrikaans Sing!-geleentheid?

Tans is daar heelwat Afrikaanse koorkompetisies, maar ’n gebrek aan koorfeeste. Gevolglik het die SBA gevoel dat ’n geleentheid nodig is om koorsang te vier, maar bowenal om die verskillende klanke en stemme juis in Afrikaans met sang te vier. Op grond van dié oortuiging het die Afrikaans Sing!-inisiatief ontwikkel. Die datum, 28 Augustus, was ook nie toevallig nie, aangesien Augustus as Afrikaans-maand bekend staan en 14 Augustus die viering van Afrikaans-dag is. Afrikaans Sing! was egter nie net 'n viering van Nasionale Afrikaans-maand nie, maar ook ’n bewys dat Afrikaans wel die mag het om nasiebou te bevorder en diverse kulture saam te bind, en dat Afrikaans steeds sy plek in ons samelewing kan volstaan.

Hoe is daar besluit watter kore ingesluit moet word? 

Die uitgangspunt was juis dat ons kore van verskeie kulture en agtergronde saambring. Groot fokus is geplaas op gemeenskapskore wat andersins nooit geleentheid sou kry om op 'n teaterverhoog op te tree nie. Die deelnemende kore was stemme uit die hart van die gemeenskappe. Die SBA werk jaarliks met uitgesoekte fokusareas en hierdie gebiede is veral by die keuse van kore in ag geneem. Buiten die kore wat die geleentheid bygewoon het, was lede van die betrokke gemeenskappe ook saamgenooi om in die dag se gebeure te kom deel.

Drakenstein Gebaretaalkoor

Is daar iets wat hierdie geleentheid van ander koorgeleenthede onderskei? 

Buiten die feit dat dit nie ’n kompetisie was nie, maar ’n koorfees, was al die koorlede ook gehoorlede en het hulle in die ouditorium gesit en in die ervaring gedeel deur na elkeen van die ander kore te luister. Die geleentheid was ook uniek in die sin dat sewe kore van verskillende moedertaalgroepe en kultuurgroepe as massakoor kon saamsing in die gemeenskaplike taal Afrikaans om die geleentheid af te sluit. Al die kore se optredes is ook deur ’n gebaretaaltolk op treffende wyse vertolk om op dié manier ’n inklusiewe ervaring vir alle gehoorlede te verseker.

Was daar enige terugvoering van deelnemers/gaste wat jou sal bybly?
 
Die kommentaar van 'n koorlid: "Dankie dat die SBA ons raaksien en ons hoor!"

Wat is die belang/waarde van so 'n geleentheid vir die gemeenskap? 

Hierdie projek het die mag om lewens te verander, omdat musiek mense kan verander! Dit is ook ’n bewys dat Afrikaans in al haar gedaantes ’n regmatige plek het en gevier moet word. Afrikaans was die gemene deler van hierdie projek en deur musiek is al haar sprekers met hul unieke kulture en agtergronde saamgebind om die taal te vier.

Die volgende kore was deel van die geleentheid:

1. Suid-Kaap Kinderkoor
2. Graafwater VGK-koor
3. Griekwa Roeperkoor
4. KPUT-koor
5. Drakenstein Gebaretaalkoor
6. Jongmanne Maleierkoor
7. Skurweberg Jeugkoor.

Die aktrise Sandra Prinsloo (ook SBA-direksielid) het opgetree as die seremoniemeester vir die geleentheid. In die agtergrond is die massakoor en regs voor die gebaretaaltolk vir die geleentheid, Marsanne Selzer.

The post Die SBA se koorfees: Afrikaans Sing! appeared first on LitNet.

SA Akademie-persverklaring: Miljoeneplan vir studiebeurse in Afrikaans

$
0
0

Tientalle studente op meesters- en doktorsgraadvlak van oral in Suid-Afrika het aansoek gedoen om befondsing van hulle studie deur die medium van Afrikaans. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat 'n beurseplan bekendgestel het vir studente wat hulle gevorderde studie in enige vakrigting in Afrikaans wil onderneem, is oorval met aansoeke, het die uitvoerende hoof van die SA Akademie, dr. Dionē Prinsloo, gesê. Beurse tot 'n maksimum van R120 000 vir voltydse doktorsgraad­studente en R60 000 vir Meestersgraadstudente is verlede jaar vir 2016 toegeken. Vanjaar se aansoeke vir 2017 is byna verdubbel en by die sluitingsdatum (einde Augustus) is aansoeke ten bedrae van meer as R6 miljoen ontvang.

Die feit dat soveel senior studente in allerlei vakrigtings van 'n verskeidenheid universiteite in Afrikaans wil studeer, bevestig weer eens die behoefte wat bestaan vir Afrikaans op universiteite.  Universiteitbesture se neigings om Afrikaans uit te sluit of af te skaal – soos wat die Universiteit van die Vrystaat se taalplan wat in die Hoog­geregshof gestuit is, ingehou het – is roekeloos en kortsigtig en teenproduktief. Dit lyk of universiteite vreesagtig toegee aan die taal- en ander eise van 'n minderheid anargisties georiënteerde studente wat geboue aan die  brand steek en miljoene rande se skade aanrig, het dr. Prinsloo gesê. Daar word vergeet van die derduisende studente wat ongesteurd wil studeer, hetsy deur die medium van Afrikaans of Engels. Dit word hoog tyd dat universiteite kragdadiger teen oproerige studente optree, volgens dr. Prinsloo. Die Regering behoort hierby 'n sterker standpunt in te neem en universiteite in dié verband te steun.

Die SA Akademie is verras met die getal aansoeke wat die beursbegroting ver oortref. Die Akademie gaan poog om soveel as moontlik verdienstelike studente te help. Enige Suid-Afrikaanse student kan vir die Akademie se beurse kwalifiseer. Die enigste kontraktuele vereiste is dat die uitkoms van sy of haar studie in Afrikaans moet wees.

Vakrigtings waarin studente op gevorderde vlak wil studeer, sluit die volgende in: Opvoed­kunde, Regte, Biochemie, Tale (verskeie rigtings), Beeldende Kunste, Handelswetenskappe (verskeie rigtings), Drama, Teologie, Chemiese Ingenieurswese, Geskiedenis, Filosofie, Chemie en Toerisme. Aansoeke het ingekom van Unisa, Universiteit van Pretoria, Universiteit Stellenbosch, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Universiteit van Kaapstad, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Johannesburg, Noordwes-Universiteit en die Sol Plaatjie Universiteit. Aansoeke om die beurse het einde Augustus gesluit.

Dionē Prinsloo:  Hoof Uitvoerende Beampte

The post SA Akademie-persverklaring: Miljoeneplan vir studiebeurse in Afrikaans appeared first on LitNet.

Foto's: ATKV-Woordveertjies 2016

$
0
0

Vanjaar se ATKV-Woordveertjies is op Vrydag 9 September by D’Aria in Durbanville toegeken. Die Woordveertjies is vanjaar vir die negende keer aangebied.

Vooraf: Martin Steyn en Lelani Fourie. Martin het die prys vir spanningslektuur gewen

Vooraf: Martin Steyn en Lelani Fourie. Martin het die prys vir spanningslektuur gewen.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: John en Gayle Nicholson. John die die Prys vir Leesbevordering ontvang

Vooraf: John en Gail Nicholson. John het die prys vir leesbevordering ontvang.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Die stel is reg en die media berei voor

Vooraf: Die stel is reg en die media berei voor.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Sestien Woordveertjies is toegeken

Vooraf: Sestien Woordveertjies is toegeken.
Foto: Izak de Vries

'n ATKV Woordveertjie

'n ATKV-Woordveertjie
Foto: Izak de Vries

Die gaste begin opdaag by D'Aria vir die negende ATKV Woordveertjie-geleentheid

Die gaste begin opdaag by D'Aria vir die negende ATKV-Woordveertjie-geleentheid.
Foto: Izak de Vries

Vooraf: Debbie Loots, sy het die ATKV Prosaprys gewen

Vooraf: Debbie Loots, wat die ATKV-Prosaprys gewen het.
Foto: Izak de Vries

_MG_5344

Loki Rothman
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5347

Hiram Koopman
Foto: Naomi Bruwer

Die aand begin, Lynelle Kenned is op die verhoog

Die aand begin. Lynelle Kenned het as gasvrou opgetree.
Foto: Izak de Vries

_MG_5350

Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

ATKV-Kinderboektoekennings:

Voorleeskategorie: Graad RR–1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie
  • Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie

_MG_5362

Chris Venter, Jaco Jacobs en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 2–3

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster
  • Illustreerder: Stephen Wallace (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster

_MG_5378

Stephen Wallace, Lynelle Kenned en Jaco Jacobs
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5382

Jaco Jacobs met sy 2016-Woordveertjies
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 4–5

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu
  • Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu

_MG_5390

Elsbeth Eksteen, Lynelle Kenned en Fanie Viljoen
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5401

Fanie Viljoen
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 6–7

  • Skrywer: Troula Goosen (Protea Boekhuis) – Spooksoene

_MG_5404

Troula Goosen en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5408

Troula Goosen
Foto: Naomi Bruwer

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Santie Nel (Human & Rousseau) – Liefde is ’n sprokie

_MG_5413

Santie Nel en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5415

Santie Nel
Foto: Naomi Bruwer

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan John Nicholson: Omegaview-gemeenskapsontwikkelingsprojek.

John Nicholson, van die Omega View-projek, Lynelle Kenned en Gayle Nicholson

John Nicholson, van die Omegaview-projek, Lynelle Kenned en Gail Nicholson
Foto: Izak de Vries

Hiram Koopman en Loki Rothman

Hiram Koopman en Loki Rothman
Foto: Izak de Vries

_MG_5441

_MG_5424

Chris van Niekerk en Tinarie van Wyk Loots het die prosa en poësie gedramatiseer.
Foto: Naomi Bruwer

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Shireen Crotz, Roela Hattingh en Madri Victor. met die wenner: Immer wes – Irma Joubert (LAPA Uitgewers).

_MG_5431

Irma Joubert en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Carina Hanekom, Carol-Ann Johnson en Kobie van Aswegen, met die wenner: Liefde in laslap – Elsa Winckler (Satyn).

_MG_5466

Elsa Winckler en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5468

Elsa Winckler
Foto: Naomi Bruwer

Diana Ferrus, Loftus Marais en Johan Myburg was die beoordelaars vir die Prys vir Poësie, met die wenner: vry- – Gilbert Gibson (Human & Rousseau).

_MG_5500

Gilbert Gibson en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5507

Gilbert Gibson
Foto: Naomi Bruwer

Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Willem Botha en Leon de Stadler, met die wenner: Legal Terminology: Criminal Law, Procedure and Evidence/Regsterminologie: Straf-, Strafproses- en Bewysreg (2015). Uitgegee deur Juta. Saamgestel deur die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale.

_MG_5512

Marlinee Chetty, Mariëtta Alberts en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Theo Kemp, Juanita Swanepoel en Mike van Graan was die beoordelaars vir die Prys vir Dramateks. Dit gaan vanjaar aan: Rooivalk – Nico Scheepers.

_MG_5532

Nico Scheepers en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Die Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Ronel Nel en Ilse Salzwedel, met die wenner: Skuldig – Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

_MG_5539

Martin Steyn en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5546

Martin Steyn
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5553

Japie Gouws het die ATKV-Prosaprys aangekondig.
Foto: Naomi Bruwer

Die ATKV-Prosaprys se beoordelaars was Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe, met die wenner: Split – Debbie Loots (Queillerie).

_MG_5560

Debbie Loots, Japie Gouws en Lynelle Kenned
Foto: Naomi Bruwer

Prestigetoekenning

_MG_5592

Die ATKV se hoogste eerbetoon, die Prestigetoekenning, gaan vanjaar aan die legendariese Amanda Strydom.
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5608

"Ek kan rock in my taal!"
Foto: Naomi Bruwer

_MG_5625

Amanda Strydom
Foto: Naomi Bruwer

Die wenners

Staande: Nico Scheepers, Marlinee Chetty, Troula Goosen, Elsa Winckler, Hlbert Gibson, Mariëtta Alberts, Martin Steyn, Chris Venter, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Elsbeth Eksteen, John Nicolson. Sittende: Irma Joubert, Debbie Loots, Santie Nel, Stephen Wallace

Staande: Nico Scheepers, Marlinee Chetty, Troula Goosen, Elsa Winckler, Gilbert Gibson, Mariëtta Alberts, Martin Steyn, Chris Venter, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Elsbeth Eksteen, John Nicolson. Sittende: Irma Joubert, Debbie Loots, Santie Nel, Stephen Wallace
Foto: Izak de Vries

Kinderboekwenners: Voor, van links, Jaco Jacobs, Stephen Wallace en Santie Nel. Agter, van links, Troula Goosen, Chris Venter, Fanie Viljoen en Elsbeth Eksteen

Kinderboekwenners voor, van links: Jaco Jacobs, Stephen Wallace en Santie Nel. Agter: Troula Goosen, Chris Venter, Fanie Viljoen en Elsbeth Eksteen
Foto: Izak de Vries

Debbie Loots, wenner van die ATKV Prosaprys, doen 'n onderhoud ná die tyd

Debbie Loots, wenner van die ATKV Prosaprys, tydens 'n onderhoud ná die tyd.
Foto: Izak de Vries

Troula Goosen, die skrywer van Spooksoene, by haar uitgewer, Nicol Stassen van Protea Boekhuis
Foto: Izak de Vries

The post Foto's: ATKV-Woordveertjies 2016 appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Staak die geldverspilling

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns doen 'n ernstige beroep op die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat om die onnodige geldverspilling van hofkoste oor die universiteit se nuwe taalbeleid te staak. Die derduisende rande wat die UV aan regskoste bestee, kan beter bestee word aan beurse vir behoeftige studente, het dr Dionē Prinsloo, uitvoerende hoof van die SA Akademie, gesê.

Sy het gereageer op gister se uitspraak van die Hooggeregshof waarin die UV belet word om sy nuwe taalbeleid in die nuwe akademiese jaar in werking te stel. Die UV moet die koste van die geding betaal benewens die koste van die vorige hofgeding waarin die nuwe taalbeleid veroordeel is en as ongrondwetlik bestempel is.

Die SA Akademie onderskat nie die erns van taalproblematiek binne die tersiêre sektor en by name by die UV nie, maar die uitpraak van die Hooggeregshof teen die UV se voorgestelde taalbeleid, wat in feite die afskaffing van Afrikaans as taal van onderrig sou inhou, moet ernstig opgeneem word en 'n sein wees om terug te gaan na die tekenbord. Die raad en die senaat moet opnuut besin oor 'n taalbeleid waarin Afrikaans sy regmatige plek behou en die stem van die rede seëvier.

The post Persvrystelling: Staak die geldverspilling appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2016: Toespraak deur Japie Gouws

$
0
0

Japie Gouws
Foto: Naomi Bruwer

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde
en baie meer poësie in die miskruier, in die toktokkie, in die meteorologie en entomologie
in die môremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ’n digter gemaak

So skryf TT Cloete in 1989.

Ons vier en vereer vanaand die beste in Afrikaanse skryfkuns die afgelope jaar.

Ons is bekommerd oor lees en die boekebedryf in die algemeen. Volgens opnames koop slegs 1% van Suid-Afrikaners gereeld boeke en net 14% lees boeke. 90% van skole beskik nie oor funksionele biblioteke nie. Jongmense wat universiteite toe gaan, kan nie behoorlik lees en skryf en spel nie. Ons maak kinders sonder boeke en lees- en skryfvaardighede groot.

Die afgelope tien jaar het die verkope van Suid-Afrikaanse boeke vanaf 1,5 miljoen na 3,6 miljoen toegeneem. Waar Afrikaanse boeke in 2004, 22% van totale plaaslike boekverkope uitgemaak het, beloop dit nou ongeveer 45%. Voorwaar ’n uitstekende prestasie! E-boekverkope het egter nie naastenby die vlakke bereik wat ’n paar jaar gelede voorspel is nie.

In Suid-Afrika leef ons in interessante tye. Mense twyfel. Hulle twyfel oor werk en brood-en-botter kwessies en oor gebrek aan goeie onderwys. Wat ons wel weet, is dat daar ’n diep behoefte by die meeste Suid-Afrikaners is vir gebeure wat die siel van die volk aanraak en wat mense se lewens kan verander.

Wat ons ook broodnodig het, is dat ons mekaar se geskiedenis en stories beter verstaan. Ons kan dit doen deur dit vir mekaar te vertel en na mekaar te luister, maar ook om dit te skryf en te lees.

Jan Rabie skryf in 1975 oor “Ons arme skrywelinge ...”:

... terwyl Europa wegkwyn uit groot dele van die planeet, moet ons ons boek nog skrywe. Hier moet alles terug smeltkroes toe; eerste gietsel onvoldoende, met ’n bars tussen die twee helftes. Gooi meer koekmakranka by, en leeuvet en water van die Maloeties.

Uys Krige beskryf ’n skrywer se werk as volg:

In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanneer hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar’s ’n dooie donkie in of ’n skaap of ’n aasvoël of ’n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem ’n deel van daai stroom en hy verstil hom tot ’n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en hemel en die sterre weerkaats.

Marthinus Versfeld skryf “... die digter is die man wat in die donker waters van die chaos duik om skoon en blink dinge daaruit te haal”.

Die statistieke wys dat daar reuse potensiaal is om mense aan die skryf en lees te kry. As lojale Suid-Afrikaners is dit ons plig om mekaar se stories te vertel en op te skryf en daarna te luister en dit te lees.

Dit gaan oor ’n bewusmaking en oor ’n ingesteldheid.

In die woorde van Daniël Hugo: “Die digter sal onvolmaak bly skryf tot daardie dag van die leeu en die lam die kat en die duif”.

Baie geluk aan al die ATKV-Woordveertjie-genomineerdes en -wenners. Baie dankie aan alle ywerige lesers en boekkopers – julle is ’n skaars spesie.

Die werk is nog nie klaar nie. Die geleenthede lê braak. Ons elkeen het ’n pertinente rol daarin te speel. Neem dit asseblief op.

Baie dankie.

Japie Gouws
Besturende direkteur ATKV-groep
9 September 2016

Kyk na foto's van die geleentheid.

The post ATKV-Woordveertjies 2016: Toespraak deur Japie Gouws appeared first on LitNet.


Die Afrikaanse Taalraad soek ’n sekretaris en skakelbeampte (een pos)

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad soek ’n sekretaris en skakelbeampte (een pos)

Die Afrikaanse Taalraad soek ’n sekretaris en skakelbeampte (een posisie), iemand met ’n oog vir detail wat die afwisselingsryke werk wat ons doen, sal geniet. Hierdie 5/8 posisie is ideaal vir ’n jonger kandidaat met energie en die potensiaal om hierdie posisie in ’n 8/8 pos te ontwikkel.

Hy/sy moet aan die volgende basiese vereistes voldoen:

  1. Woonagtig wees in Gauteng, verkieslik Pretoria;
  2. ’n Lojaliteit teenoor Afrikaans en die Afrikaanse spraakgemeenskap in haar volle diversiteit;
  3. Uitstekende geskrewe en gesproke Afrikaans en Engels. (’n Tweede inheemse taal of ʼn bewysbare belangstelling in taal sal 'n sterk aanbeveling wees.);
  4. Goeie kommunikasievaardighede en ’n hoë vlak van emosionele intelligensie, asook die vermoë om op beleidsvlak met belangrike rolspelers te skakel;
  5. Die vermoë om druk te hanteer en aktiwiteite op ’n sinvolle wyse te prioriseer;
  6. Die vermoë om proaktief op te tree en op ʼn verantwoordelike manier eie inisiatief te neem;
  7. Goeie basiese rekenaarvaardighede (Microsoft Word, Excell, Powerpoint, D-Base, ens) en die outomatisering van administratiewe prosesse; 
  8. Goeie vaardigheid met toepassings soos DropBox, OneDrive, ens, asook WordPress en videoverwerking vir publikasie;
  9. Goeie tegniese kennis van sosialemediaplatforms en die teiken van spesifieke gehore;
  10. Sterk administratiewe en finansiële vaardighede en die vermoë om aandag aan detail te skenk;
  11. ’n Universiteitsgraad in ’n gepaste veld: sosiale wetenskappe en/of rekenaarwetenskappe (ten minste honneursvlak, hoewel ʼn BA/BSc-kwalifikasie onder omstandighede ook aanvaar mag wees); en
  12. ’n Geldige bestuurslisensie en voertuig.

Beskryf die mate waartoe u aan die bogenoemde vereistes voldoen deur op elkeen van hulle in te gaan, en vertel ons waarom u in die pos belangstel. Stuur u aansoek saam met ’n CV voor 25 November 2016 aan conradisteenkamp@gmail.com. Onderhoude sal voor 15 Desember gevoer word.  Die suksesvolle kandidaat sal in die tweede week van Januarie diens aanvaar.

The post Die Afrikaanse Taalraad soek ’n sekretaris en skakelbeampte (een pos) appeared first on LitNet.

Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto

$
0
0
Palesa Malieloa

Palesa Malieloa

Tydens ’n glansgeleentheid by die Hugo Lambrechts Musieksentrum op Saterdagaand 24 September is die jong sopraan, Palesa Malieloa (24) aangewys as die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto.

ATKV-Muziq is die afgelope 15 jaar die ATKV se jaarlikse bydrae tot klassieke musiek in Suid-Afrika. Die ATKV het egter besluit om naas Muziq wat ’n instrumentale klassiekemusiekkompetisie is, sedert 2011 ’n splinternuwe bydrae te lewer tot die stimulering van sang in Suid-Afrika. Dit staan bekend as Muziqanto en is ’n nasionale klassiekesangkompetisie.

Die eerste ronde het gedurende Mei vanjaar plaasgevind. Deelnemers moes tussen 18 en 35 jaar oud wees. Die tweede en finale ronde van ATKV-Muziqanto het die afgelope naweek in die Kaap plaasgevind. Slegs tien kandidate word landswyd gekies om aan hierdie ronde deel te neem.

Die finaliste: Chuma Sijeqa (Bariton), Cecilia Rangwanasha (Sopraan), Palesa Malieloa (Sopraan), Cecilia Rangwanasha (sopraan) en Fikile Mthetwa (Mezzo-Sopraan).

Die finaliste: Chuma Sijeqa (bariton), Cecilia Rangwanasha (sopraan), Palesa Malieloa (sopraan), Cecilia Rangwanasha (sopraan) en Fikile Mthetwa (mezzo-sopraan).

Vyf finaliste is aan die einde van die tweede ronde gekies om tydens die finale ronde saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips op te tree.

Die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips

Die Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van maestro Brandon Phillips

'n Totale prysgeld van R91 000 is uitgeloof.

John Roos, Palesa Malieloa  en dr Danny Titus

John Roos, Palesa Malieloa en Danny Titus

As algehele wenner het Palesa prysgeld ter waarde van R45 000 ontvang. Sy is tans ’n vryskut kunstenaar en neem sang by Hanna van Schalkwyk.

Cecilia Rangwanasha en dr. Danny Titus

Cecilia Rangwanasha en Danny Titus

Cecilia Rangwanasha (sopraan) het 'n algehele tweede plek ter waarde van R25 000 verower.

'n Prys van R6 000 is ook aan Cecilia toegeken vir die beste vertolking van 'n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde van hierdie kompetisie. Sy het hierdie prys ontvang vir haar vertolking van Isithwanda Sam gekomponeer deur BP Tyamzashe.

S’Bongile Mntambo en dr. Danny Titus

S’Bongile Mntambo en Danny Titus

S’Bongile Mntambo (sopraan) is as die derde plek-pryswenner aangewys en ontvang R15 000.

Rouel Beukes, Jaunelle Celaire, Palesa Malieloa, Lionel Mkwanazi en  Lize Thomas (Coetzer)

Rouel Beukes, Jaunelle Celaire, Palesa Malieloa, Lionel Mkwanazi en Lize Thomas (Coetzer)

Die beoordelaarspaneel vir hierdie twee rondes was nie-stemmende sameroeper Lize Thomas (Coetzer) wat al baie jare groot spore op verskeie sangvlakke in SA trap; die bekende bas, Rouel Beukes; en die hoof van Universiteit KwaZulu-Natal se Operaskool, Lionel Mkwanazi. Jaunelle Celaire, sangdosent aan die Universiteit van Alaska se Fairbanks-kampus in die VSA is die ander lid van die paneel.

John Roos van RSG

John Roos van RSG

Die nasionale Afrikaanse radiostasie, RSG is weer vanjaar die mediavennoot van hierdie kompetisie.

Noluvuyiso Mpofu en Palesa Malieloa

Noluvuyiso Mpofu en Palesa Malieloa

Noluvuyiso Mpofu, beter bekend as Vuvu, die 2015-wenner van ATKV-Muziqanto, het ook die geleentheid bygewoon en het dadelik vir Palesa Malieloa kom gelukwens. (Lees LitNet se onderhoud met Vuvu hier.)

The post Palesa Malieloa wen ATKV-Muziqanto appeared first on LitNet.

Kopskuif: die ATKV as “ground control”

$
0
0

intro 2 ATKV Worcester 6883

Die piepklein ruimte binne Apollo 13 se bevelmodule en die ouwêreldse sjarme van die Merwida Country Lodge, net buite Rawsonville, het skynbaar niks gemeen nie. Krap jy egter dieper, besef jy: die missies wat hier uitgevoer moet word, is op papier onmoontlik.

Hulle moet Missie 2017 laat werk: skoolhoofde en lede van die ATKV

Hulle moet Missie 2017 laat werk: skoolhoofde en lede van die ATKV

Op 23 September 2016 het 21 skoolhoofde byeengekom om Missie 2017 te bespreek. Juan Benjamin, direkteur van onderwys in die Wynland-streek, was die eerste spreker. Hy het dit duidelik gestel dat skoolhoofde in 2017 nie ’n sent ekstra gaan kry nie, maar dat hulle meer kinders sal moet inneem én inflasie die hoof sal moet bied.

Juan Benjamin

Juan Benjamin

Benjamin was blatant eerlik oor die departement se gebrek aan fondse. Reeds in 2016 was daar nie genoeg geld nie ...

Missiestatus: kritiek

Die probleem waarmee Apollo 13 se ruimtevaarders op 13 April 1970 gesit het, was taamlik eenvoudig: hulle het nie genoeg suurstof gehad om drie mense lank genoeg aan die lewe te hou tot hulle kon terugkeer aarde toe nie.

Die departement erken daar is nie genoeg geld vir Missie 2017 nie.

Ouers is ook in die knyp. Benjamin vertel van ’n groep skoolmeisies wat betrap is dat hulle seks ruil vir geld. Toe die departement ingryp, het een meisie se ma gevra: “Gaan jy dalk brood op ons tafel sit?”

#FeesMustFall, hare en dissipline, personeeltekorte, bendes, afwesige ouers ... Daar is baie uitdagings wat in 2017 lê en wag.

Gelukkig het die skoolhoofde en die ruimtevaarders het twee goed gemeen: ondervinding en toewyding.

Wat meer is, NASA se wetenskaplikes en die ATKV se onderwysspan het ook iets gemeen: kundigheid op die gebied van bystand.

Missiedoelwitte: deel julle kennis

Seymour Bothman

Seymour Bothman

“Kyk om julle,” het Seymour Bothman, senior bestuurder: ATKV-Onderwys, aan die skoolhoofde gesê: “Hier is ’n ongelooflike klomp kennis in hierdie vertrek.”

Jeannie Harker

Jeannie Harker

Jeannie Harker, Worcester se kringbestuurder, het hierby aangesluit. Sy het brandpunte, soos dissipline, toelatingsvereistes en personeeltekorte, genoem wat gereeld opduik in haar vergaderings by skole. Toe het sy gevra dat die hoofde in kleiner groepe moet saamwerk om te deel wat hulle reeds doen om dié probleme die hoof te bied.

Uit hierdie gesprekke het drie goed duidelik geword:

  • Ryk en arm skole sukkel met dieselfde probleme.
  • Daar is maniere om die skynbaar onmoontlike take aan te pak.
  • Deur gesels kan die gedeelde kennis mekaar se las ligter maak.

Missiemoontlikhede: gebruik wat beskikbaar is

Al drie lede van die Apollo 13-missie het lewend na die aarde teruggekeer. NASA het die beste breinkrag byeengeroep om die suurstofprobleem op te los – skaalmodelle is gebou en getoets en die spesifikasies is na die ruimtetuig toe deurgestuur. Die ruimtevaarders is toe, stap vir stap, gehelp om die operasionele module se filters aan te pas om meer suurstof te genereer.

Hierdie houding sal ook vir die volgende aantal jaar op onderwysvlak moet geld. Skoolhoofde is reeds besig om die onmoontlike te vermag en in die toekoms sal dit nodig wees dat hulpbronne, selfs onderwysposte, al hoe meer gedeel sal moet word.

Die ATKV staan reg om te help.

Melvina Mason Hearne

Melvina Mason Hearne

Melvina Mason Hearne, die projekorganiseerder van ATKV-onderwys in die Wes- en Noord-Kaap, het aan die groep vertel van die talle suksesse wat reeds behaal is in die oplei van ouers, skoolbeheerliggame, skoolbestuurspanne en selfs leerders. “Ons, die ATKV, is hier; ons bied ons eie vaardighede én dié van kundiges wat met saamwerk,” was die boodskap.

Missiehulp: die ATKV en talle kenners

Beverly Fanella

Beverly Fanella

Die ATKV het vir Beverley Fanella genooi om die hoofde te kom toespreek. Fanella het baie jare se ondervinding in die bestuur van transformasie en die integrasie van leerders in situasies wat kulturele uitdagings bied.

Danny Titus, uitvoerende direkteur kultuursake by die ATKV, het verduidelik hoe die kommersiële suksesse wat die ATKV met die goeie bestuur van hulle oorde behaal, uiteindelik gebruik word om taal, kultuur, die gemeenskap en die onderwys te bevorder.

Danny Titus

Danny Titus

“Onderwys, my verantwoordelikheid” is ’n motto wat die ATKV onder alle takke en alle lede versprei, want omdat die ATKV ‘n burgerlike organisasie is, is die las op elke ATKV-lid om iets te probeer doen om onderwys aan te help.

Die ATKV gebruik kundiges van, onder andere, die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut en die Federation of Governing Bodies for South African Schools (Fedsas).

Missiestelling: Kopskuif

Die byeenkoms is onder die vaandel Kopskuif gehou.

Ek het aan Seymour Bothman gevra wat hy presies daarmee bedoel het. Sy antwoord was eenvoudig: hierdie hoofde het soveel kennis tussen hulle; as hulle begin saamspan, kan hulle baie meer doen, maar dan moet hulpbronne ook gedeel word. Ten tweede: die ATKV kan help slegs as hulle gevra word; dit is nodig om te besef wat die ATKV aan skole kan bied.

LitNet het al tevore oor ATKV-hulp aan die onderwys berig:

The post Kopskuif: die ATKV as “ground control” appeared first on LitNet.

Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal

$
0
0

michaellecordeur650

"Dit sal eendag weer beter gaan, maar eers gaan dit baie slegter gaan. Ons moet ons daarvoor staal. Dit gaan nie ’n maklike reis wees nie." Dit was Michael le Cordeur se boodskap oor die situasie by universiteite tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Erfenisdagviering.

Le Cordeur het vanjaar die Neville Alexander Gedenklesing by dié geleentheid gelewer.

"Neville het homself geïdentifiseer as ’n revolusionêre sosialis wat kon identifiseer met die teorie van die Russiese Marxis Leon Trotski. Hy sou byvoorbeeld die heersende studente-onrus bloot verklaar het in terme van Trotski se teorie van ewigdurende revolusie."

Die lesing het gefokus op Kaaps, met erkenning aan Adam Small. Alexander en Small was tydgenote en beide sou vanjaar 80 geword het. "Die een, Neville Alexander, ’n sosialis; die ander een, Adam Small, ’n liberalis." Volgens Le Cordeur het beide Alexander en Small besef dat jy nie ’n land se toekoms op een taal kan bou nie, maar wel op veeltaligheid. Alexander het na 1994 bekendheid verwerf as voorstander van veeltaligheid en veral moedertaalonderrig, waarin hy pionierswerk op die gebied van taalbeleidontwikkeling gedoen het.

Le Cordeur het ’n pleidooi gelewer dat Kaaps, die huistaal van 3,4 miljoen mense op die Kaapse Vlakte, ook in die onderwys erkenning moet kry. "As ons sê – en dit word wêreldwyd erken – dat jou moedertaal die mees effektiewe manier van leer is; en as ons sê dit geld vir Engels en vir Afrikaans en vir Duits en ... en ... dan geld dit ook vir Kaaps." Wanneer Kaapssprekende kinders op skool kom, kom hulle agter dat daar ’n ander taal – Standaardafrikaans – gepraat word. ’n Taal wat hulle nie ken nie. Hulle moet ’n ander taal aanleer om in skool te gaan. Ook die storieboeke is tekste waarmee die Kaapssprekendes nie kan identifiseer nie. Daar is nou versoeke dat Kaaps deel gemaak moet word van die skoolkurrikulum, en in hierdie erkenning van Kaaps sien Le Cordeur ’n toekoms vir Afrikaans. Volgens Le Cordeur sal die insluiting van Kaaps in ooreenstemming wees met die riglyne van die CAPS-kurrikulum, aangesien dit sal bydra tot ’n waardering van inheemse-kennis-sisteme. "Skoolhandboeke moet ’n meer verteenwoordigende beeld uitstraal na buite, en die Kaapse variëteit kan nie langer ignoreer word nie. Ons kan nie langer sê 'jou taal is onbeskaaf' nie."

Volgens Le Cordeur het Adam Small van Kaaps ’n literêre taal gemaak, "maar in dieselfde asem was dit ook die taal gewees waarin hy die pyn van sy mense kon verwoord". In die woorde van Adam Small: “Kaaps is ’n taal, ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, uitleef.” Die wiel het reeds begin draai en vandag is Adam Small se werke in die skool; dit word opgevoer in teaters. Skrywers soos Peter Snyders, Marius Titus, Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer se werk word in skole behandel, danksy die baanbrekerswerk van Adam Small.

Small het in sy jare by UWK van Afrikaans ’n taal van die struggle gemaak. Hy kon maklik sy rug op Afrikaans gedraai het, maar hy het nie. Adam Small het egter ook van Afrikaans die taal van versoening gemaak. "As Nelson Mandela, Neville Alexander en Adam Small kon vergewe, wie is die kleinlike mense onder ons wat nie wil vergewe nie?"

Le Cordeur het sy lesing afgesluit met Adam Small se versoek, “Kô laat ons sing.”

“Sing vir Adam Small, sing vir Neville Alexander en Nelson Mandela, sing ook vir Kaaps, maar sing veral vir Afrikaans.”

Kyk na die volledige lesing op video:

The post Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal appeared first on LitNet.

Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016

$
0
0

zintroOaseAl die gesprekke in die ATKV-Boeke-Oase word gratis aangebied. 


DINSDAG, 4 OKTOBER

Diskoers

Waldimar Pelser, kykNET Verslag In Gesprek & Rapport

Met die nadraai van die verkiesing word daar groot gewag gemaak van die ANC se bloedneus in die metro’s. Gaan die opposisie egter hul verskille opsy kan skuif om doeltreffende koalisieregerings te vorm? Die ANC is ná twee dekades as die regerende party kwesbaar, maar is die opposisiepartye sterk genoeg om ’n politieke evolusie te kan bewerkstellig? Jan-Jan Joubert, parlementêre burohoof van die Sunday Times, Alida Kok Engelbrecht, dosent in politieke wetenskap aan Unisa, en Ina Gouws, dosent in politieke wetenskap by die Noordwes-universiteit, gesels saam.

8:00. 50 min.

 

Gesprek met ’n “doodgewone” entrepreneur

Die opwindende Akademia-sakegesprekke skop af met ’n praatjie oor ’n “doodgewone” plaaslike sakeman wat dinge op ’n “nie-doodgewone” manier doen, en juis deur hierdie aweregse benadering, sukses behaal. Kom luister saam na die eerste van vier gesprekke wat deur die loop van die fees elke oggend om 9:00 plaasvind.

9:00. 60 min.

 

Die liefde onder kruisverhoor

Hans du Plessis en Bernette Bergenthuin

Dominee Johannes van die Kolonie, Hans du Plessis se hoofkarakter in sy nuwe roman, Tussen die klippe, word in 1851 deur die Sinodale kommissie gestuur om ’n saak van kerklike tug aan te hoor. Hy is ook maar mens en vind lyflikheid en geestelikheid bots. Vida, die hoofkarakter in Bernette Bergenthuin se Viva la Vida, is dertig en hou van haar werk. Dis haar ma en haar vriendinne wat bekommerd raak, nie sy nie. Tog raak sy verlief. Dit kan nie, dit mag nie. Hy is haar beste vriend en sy gaan nie dié vriendskap opfoeter nie. Du Plessis en Bergenthuin gesels oor hul jongste romans waarin die liefde onder kruisverhoor geplaas word.

10:30. 60 min.

 

Tannie Poppie kook weer

Poppie Coetzer en Daleen van der Merwe (gespreksleier)

Tannie Poppie is ’n fenomeen! Voor kykNET se Kokkedoor was Tannie Poppie net ’n gewone huisvrou, bekend in haar kontrei as topbakster. Sy was een van die gewildste deelnemers, danksy haar vrolike gemoed, eenvoudige benadering tot kos en lekker resepte. Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en bak en kook sy die land aan die brand. In Tannie Poppie kook weer deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunstelingresepte.

12:00. 60 min.

 

Missing

John Kani en Sandra Prinsloo (gespreksleier)

John Kani, legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, gesels oor sy jongste drama, Missing. Dié toneelstuk vertel die verhaal van Robert Khalipa, ’n ANC-kameraad wat in Swede in ballingskap leef en oorgesien is tydens die onderhandelinge. Robert is getroud met Anna, ’n welgestelde Sweed, en hulle het ’n dogter wat in ’n hospitaal in Stockholm praktiseer. Daar is ook Robert se protégé, Peter Tshabalala, wat, hoewel hy nie soos Robert ’n senior ANC-lid is nie, uitgenooi word om aan te sluit by die demokratiese Suid-Afrikaanse regering. Wat hierop volg, is ’n verhaal van leuens, rugstekery en teleurstellings. Die gesprek strek ook wyer – oor ’n lewe in die teater en die toneelstuk, So ry miss Daisy op vanjaar se Aardklop waarin Prinsloo en Kani weer saam op die verhoog te sien is.

14:00. 60 min.

 

Klimaatsverandering – wat moet ons weet?

Bob en Mary Scholes; Elise Tempelhoff (gespreksleier)

Bob en Mary Scholes gesels oor hul boek, Climate Change: Briefings from Southern Africa, en beantwoord vrae oor die impak van klimaatsverandering op, onder meer landbou, en wat gewone mense soos ek en jy behoort te weet.

15:30. 60 min.

 

By die nag se wit kant in

Etienne Terblanche en Thys Human (gespreksleier)

In Etienne Terblanche, professor in Engelse letterkunde aan die NWU se Potchefstroomkampus, se debuutbundel, By die nag se wit kant in, kom ’n groot verskeidenheid onderwerpe, versvorme, emosies en toonaarde aan die bod. Hy skryf oor die Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voëls en skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke soos Indië, waar hy gereis het.

17:00. 60 min.

 


WOENSDAG, 5 OKTOBER 

Divan Botha, Winslyn op kykNET

As sakeondernemings tot 70% van ons ekonomie beslaan, kan pres. Jacob Zuma regtig pa staan vir die ekonomiese bloedbad? Die privaatsektor is kniediep in die moeilikheid en volgens Statistieke Suid-Afrika staan baie ondernemings voor ’n afgrond. Waar lê die oplossings? Kan die Zuma-faktor wel die ekonomie sink? Prof. Raymond Parsons, van Noordwes-Universiteit se sakeskool, Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep en Ryk van Niekerk, redakteur van MoneyWeb, is op die paneel.

8:00. 50 min.

 

Waar die sakewêreld en kultuur mekaar ontmoet

Japie Gouws

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV, het ’n lang geskiedenis van besigheidservaring op sy kerfstok. Kom neem deel aan ’n interaktiewe gesprek met Japie oor sy sakekennis en -beginsels.

9:00. 60 min.

 

Suid-Afrika se Grensoorlog

Willem Steenkamp en Theuns Eloff (gespreksleier)

’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, is daar steeds talle mistastings oor dié oorlog. Sedert Willem Steenkamp se topverkoper, Suid-Afrika se Grensoorlog, in 1989 gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van die slagveld het gaan lê. Dié hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite onder die loep en gee ’n skerpogige terugblik op die oorlog. Willem Steenkamp is ’n oudjoernalis, skrywer, historikus en militêre analis.

10:30. 60 min.

 

Van koue kos tot warm boeke

Marita van der Vyver en Harry Kalmer (gespreksleier)

Harry Kalmer gesels met Marita van der Vyver oor haar boek, Dis koue kos, skat, wat as film verwerk is en nou landswyd in teaters vertoon word; haar nuwe roman wat binnekort verskyn, en haar lewe vanaf die destydse opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie tot vandag toe.

12:00. 60 min.

 

Goudduiwel

Duane Aslett en Thys Human (gespreksleier)

Agent Rex Reynecke lei ’n ondersoek vir die Valke. Sy verhouding met Alicia blom, maar dan verdwyn haar broer – as hoofverdagte in ’n moordsaak. Spoedig blyk die verdwyning verband te hou met die Anglo-Boereoorlog se Krugermiljoene, en Rex moet hom red van die duistere Ysterhoutlaer. In dié aksiebelaaide roman bou die spanning op tot in Skukuza – wilde jaagtogte op stofpaaie wat nie vir kat-en-muis-speletjies met kragtige voertuie gemaak is nie. Duane Aslett is ’n senior lektor in forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit.

14:00. 60 min.

 

Ontdek die diva in jou!

Sophia Kapp, Santie van der Merwe en Ilse Salzwedel (gespreksleier)

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva) en Santie van der Merwe (Anderkant vergeet) skryf vir vroue. Hulle tob oor die liefde: die opwinding en die seer; die maklik en die swaar; die lig en die donker. Hul heldinne is vroue wat verstaan dat verhoudings nooit maklik of eenvoudig is nie en dat die lewe soms meer uit ’n vrou tap as wat sy het om te gee. Uiteindelik gaan dit ook oor hoe om die diva in jouself te ontdek.

15:30. 60 min.

 

In ’n oomblik

Cas Vos en Marlies Taljard (gespreksleier); voorlesings deur Dawid Minnaar

In ’n oomblik toon die hand van ’n ervare digter wie se poëtika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig ’n voortsetting van dié aspekte van Cas Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van ’n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poëtiese vondse oplewer. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante, as reismotief om ’n ongeluk en operasies poëties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns.

17:00. 60 min.


DONDERDAG, 6 OKTOBER

Diskoers

Kabous Meiring, Prontuit op kykNET

Word Afrikaners onregverdiglik deur die regering en universiteitsowerhede geteiken? Dis die vraag ná die Kovsies-rektor, prof. Jonathan Jansen, glo gesê het iets skort met die opvoeding van, spesifiek,

Afrikanermans. Terselfdertyd reken die joernalis Charles Smith die “transfornazi’s” het bekers vol gif teen Afrikaners gesluk en die gevolg is dat Afrikaans by universiteite keelaf gesny is. Is Afrikaners nie dalk hulle eie grootste vyand nie, soos Kabous Meiring argumenteer? Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van Afriforum, dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike, en dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur by die ATKV, is Kabous se gaste.

8:00. 50 min.

 

Gesprek met ’n vreeslose entrepreneur

Wouter Snyman

“Wie is mal genoeg om ’n besigheid te begin in die middel van 2009 se resessie?” het ’n vriend aan Wouter Snyman gevra. Sy antwoord: “Dan is my kans op sukses mos baie groot – want dan is ek die enigste een!” Kom skuur skouers met die befaamde skrywer van boeke soos Slim met jou geld en The ordinary Millionaire.

9:00. 60 min.

 

God op soek

Frits Gaum en Johannes Fronemann (gespreksleier)

Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë aan die keel gegryp het? Waar was God toe Apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? Met Marikana? Waar wás God? Ís daar ooit ’n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons “sekerhede” en ons wanhoop.

10:30. 60 min.

 

Corli se kombuis

Corli Botha en Gary Botha (gespreksleier)

Corli Botha, Kokkedoor-wenner van 2016, gesels oor haar smaaklike gunstelingresepte soos opgeneem in Corli se kombuis – ’n boek vol heerlike resepte wat deeglik beproef is en geskik is vir beginners; en vir die ervare kokke is daar ook ’n paar uitdagings.

12:00. 60 min.

 

Misdaadromans: die grens tussen feit en fiksie

Henk Breytenbach, Chanette Paul, Madelein Rust en Ilse Salzwedel (gespreksleier)

Spanning as genre groei teen ’n geweldige tempo. Drie gewilde skrywers in hierdie genre is Chanette Paul (Offerande), Henk Breytenbach (Moordlys) en Madelein Rust (Bloedlyn). Ilse Salzwedel gesels met hulle oor die uitdagings van die genre en oor hul nuutste boeke.

14:00. 60 min.

 

Die groot misterie van twee vroue: Briewe aan Anna

Heilna du Plooy en Bernard Odendaal (gespreksleier)

TT Cloete het briewe aan sy vrou Anna begin skryf vanaf 2002 toe sy met ongeneeslike kanker gediagnoseer is, vyf jaar voor sy gesterf het in 2007. Hy het ná haar dood volgehou met die briewe tot met sy sterwe in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap. Bernard Odendaal voer die gesprek met Heilna du Plooy, albei van die Skool vir Tale, aan die NWU, oor hierdie aangrypende jongste en postume publikasie van Cloete.

15:30. 60 min. 


VRYDAG, 7 OKTOBER

Diskoers

Kabous Meiring, Prontuit op kykNET

Afrikaanse flieks was eens ’n rariteit. Deesdae word deur die mark toegegooi met Afrikaanse flieks, waarvan die meeste nie juis geld maak nie. Behoort vervaardigers aangemoedig te word om nóg Afrikaanse flieks te maak, of moet die klem eerder op ’n handvol gehalte-flieks wees? Vervaardigers Danie Bester en Sallas de Jager, asook dr. Chris Broodryk, dosent in filmstudies by die Universiteit van Pretoria, kom gesels saam.

8:00. 60 min.

 

Hoe doen jy besigheid in die Suid-Afrika van vandag?

Stefan van der Walt

Stefan van der Walt, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Premium Groep van maatskappye, wat handelsname soos Nikon, Lexar, King Price, Premium Capital, Hi-Drone, Duke, en vele meer insluit, gesels oor hoe hy as doodgewone mens sy besigheid begin en uitgebou het; oor wat hy dink oor die toekoms van klein- en mediumbesighede in Suid-Afrika, asook oor die lesse wat hy in die sakewêreld geleer het.

9:00. 60 min.

 

Woorde hulle storie ken

Bernard Odendaal en Marlies Taljard (gespreksleier)

Bernard Odendaal, poësiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom, gesels by die fees oor Woorde hulle storie ken – ’n boek met kort vertellings, sketse en besinnings wat gegrond is op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het.

10:30. 60 min.

 

Wat nou, Suid-Afrika?

Theuns Eloff en Theo Venter (gespreksleier)

Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke. In Wat nou, Suid-Afrika? kyk die oudrektor, Theuns Eloff, na die kwessies op almal se lippe – werkloosheid en verlammende armoede, die impak van regstellende aksie, die bedreigings vir die oppergesag van die grondwet, die probleme in ons onderwys en misdaad. Eloff se vars, positiewe stem bring hoop en gee die leser nuwe maniere om hul veranderende wêreld te verstaan en beter te hanteer.

12:00. 60 min.

 

Switched at birth

Jessica Pitchford en Carla van der Spuy (gespreskleier)

Switched at birth vertel die aangrypende verhaal van twee Suid-Afrikaanse ma’s wat in die 1990’s besef het dat hulle twee seuns by geboorte omgeruil is. Hoe gee jy jou ‘eie’ kind terug, al is jy nie die biologiese ouer nie? Beide ma’s het besef dat dit ontdenkbaar is om hul kinders aan mekaar terug te gee. Wat gebeur as een van die seuns as tiener anders besluit?

14:00. 60 min.

 

Mishandel, misbruik, misken – my ma was Joey Haarhoff

Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy (gespreksleier)

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Tog, sy het die trauma, danksy pure vasberadenheid, oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het.

15:30. 60 min.

 

Adam Small – ons salueer jou

Frazer Barry, Churchil Naude, Deniel Barry en Nolan Russel

Woord- en musiekkunstenaars met uiteenlopende style kom bymekaar om een van Suid-Afrika se grootste literêre legendes se werk te vier. Hulle interpreteer Adam Small se woordkuns deur nuwe toonsettings.

17:00. 60 min.


SATERDAG, 8 OKTOBER

Studente in opstand – hoe lyk ons universiteite?

Noor Nieftagodien en Franziska Rueedi; Theo Venter (gespreksleier)

In 2016 was die veertigste herdenking van die 16 Junie 1976-opstande. Students Must Rise, saamgestel deur Anne Heffernan en Noor Nieftagodien, herbesin oor die konvensionele diskoers van jeug- en studente-aktivisme in Suid-Afrika deur die 1976-gebeure in ’n dieper historiese en geografiese konteks te plaas.

9:00. 60 min.

 

Kristalvlakte

Amy Jeptha, Royston Stoffels en Johan van Lill (gespreksleier)

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ʼn lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Oorlog is egter soos liefde: dit sal ʼn pad vind. Solank die bloed klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale werklikheid oop tot op die been.

10:30. 60 min.

 

Kook saam Kaaps

Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker en Amore Bekker (gespreksleier)

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker het op Amore Bekker se RSG-program, Tjailatyd, huishoudelike name geword met die deel van hul resepte. Hulle is ook te sien op die kanaal Via met hul eie program, Flori en Koelsoem se kosse. Amore gesels met hulle oor waar hul liefde vir kosmaak vandaan kom, hul gunstelingresepte en oor hul betrokkenheid by hul gemeenskap.

12:00. 60 min.

 

Koning en koningin van die cliff hanger

Karin Brynard en Francois Bloemhof; Deborah Steinmair (gespreksleier)

Met die blitsverkopers Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman, Tuisland, wat reeds uiters goed in die media ontvang is, kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Die veelbekroonde Francois Bloemhof skryf op sy beurt reeds vyf-en-twintig jaar lank vir volwassenes, tieners en kinders. Doodskoot is sy vier-en-twintigste roman, ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie. Dié twee veterane gesels met Deborah Steinmar oor die spanningsverhaal en waar dit vandaan kom.

14:00. 60 min.

 

In die skadu van skisofrenie

Marga van Rooy, Henriëtte Boot en Carla van der Spuy (gespreksleier)

Carla van der Spuy gesels met Marga van Rooy en Henriëtte Boot oor hul aangrypende boek, Marga en Henriëtte: in die skadu van skisofrenie. Die boek ondersoek die verloop en verskrikking van skisofrenie, die effek daarvan op 'n gesin en op die vernietigende terugslae wat die lyer telkens ervaar. Dit lê op hartroerende maniere die broosheid van mense bloot: die breekbaarheid van die menslike gees aan die een kant en die wondbaarheid van 'n magtelose ouer aan die ander kant.

15:30. 60 min.


PRODUKSIEVENNOTE

Akademia, Jonathan Ball-uitgewers, LAPA Uitgewers, Naledi, NB-Uitgewers, Penguin Random House SA, Pooka, Protea Boekhuis, Wits University Press

The post Program van die ATKV-Boeke-Oase 2016 appeared first on LitNet.

ATKV-Tienertoneel 2016

$
0
0

Hier is al sestien stukke wat deel is van ATKV-Tienertoneel 2016. Bespreek by Computicket.

lit 00 15 10 09 tienertoneel 1379


Potchefstroom Gimnasium

bied aan

lit 01 Gimmies Agter die gordyne Philip Swart

Agter die gordyne

deur

Pierre-André Viviers

Nuutgeskrewe teks

Komedie

10+ T V

Regisseur: Pierre-André Viviers

Assistentregisseur: Elbie Buys

Rolverdeling

Gavin: Christo Horn

Milly: Anneri Basson

Tammy: Zandelle Meyer

Tegnies

Verhoogbestuurder: Eunice Klopper

Klankoperateur: Christi Olivier

Beligtingsoperateur: Pierre-André Viviers

Projeksieoperateur: Ano Fouché

Volgligoperateur: Dian-Louw Niesing

*

Is die vermaaklikheidsbedryf altyd net glans en glorie? Kom kyk hoe die wêreld se drie ónsuksesvolste kunstenaars probeer om ’n voet in die deur te kry. Dié drie aspirantakteurs se droom is om eendag roem te smaak. Hulle lê oudisies af in enige medium denkbaar net om naam te maak. Dis egter moeilik as niemand jou “unieke” talente raaksien nie. Dan skemer die ander kant van kunstenaarwees deur. Die tekort aan werk, geld en die wreedheid van die bedryf. Hoe lyk dit regtig AGTER die gordyne?


Hoërskool Jan van Riebeeck

bied aan

lit 02 Maan

Die maan val bewusteloos

deur

Nico Scheepers

Nuutgeskrewe teks

Fisiese teater

Regisseur: Nico Scheepers

Rolverdeling

Nancia Dorland

Marté Roux

Mia du Toit

Nicholas van Huysteen

Adele van Doorn

W.S. Horn

 Melnisha Arnolds

Lara Naudé

Hanno Janse van Vuuren

Mia Louise du Toit

Cyle Smit

Tegnies

Verhoogbestuurder: Adele van Doorn

Klank- en beligtingsoperateur: Franco Roussouw

*

’n Meisie word deur haar oupa en ouma grootgemaak. Sy lei ’n ware sprokieslewe. Ongelukkig is sprokies en die werklikheid twee verskillende dinge en sy moet vinnig leer dat die lewe soms onverwagte, hartseer draaie gooi. Gelukkig help die liefde altyd om die hartseer ’n bietjie meer draaglik te maak.

Die maan val bewusteloos is ’n eerlike storie wat die hartsnare roer.


Hoërskool Cradock

bied aan

lit 03 cradock

Die prys van eiers

deur

Melina Smit

Nuutgeskrewe teks

Klug

OB

Regisseur: Melina Smit

Rolverdeling

Mevrou Cincaut: Wian Taljaard

Meneer Cincaut: Zander Niemand

Barbera: Lize-Mari Gerber

Chianté: Rozelina van der Merwe

Plonk: Pieter-Ben Smit

Sjerrie: Salene Bekker

Sauvignon: Kalinka Venter

Malbec: Dirkie Cronjé

Merlot: Doaney de Beer

MC: Wian Taljaard

Handlanger: Dirkie Cronjé

Tegnies

Verhoogbestuurders: Garth Bezuidenhout en Destiny King

Klank- en beligtingsoperateur: Wynand Bezuidenhout

Grimering: Doaney de Beer, Jeandri Visser en Kalinka Venter

Dekorontwerp: Imge Olivier, Thomas Lord en Alet Janse van Rensburg

Rekwisietemeester: Quelette Diedericks

Kostuums: Jeandri Visser

Klankbaan: Thomas Lord en Pieter-Ben Smit

*

Onthou die verhaal van die kaalbaskoning? Dieselfde lot tref die arme meneer Cincaut.

Van opgesmukte laventelhaan en vername grondeienaar tot dorpsimbesiel en brandarm sot, alles te wyte aan daardie einste spekskieter-kleremakers. En nou sit die beeldskone mevrou Cincaut, wat intussen haar hart (en ’n paar ander goedjies ook) weggegee het aan een van die buurman-broers, Sauvignon. Maar daar is ’n probleem. Eintlik twee, uhm…, nee, drie probleempies: haar swaksinnige vrugtekoek van ’n man, haar stiefdogtertjie, Chianté, en haar hartstogtelike begeerte na Sauvignon. Kom kyk gerus na hierdie skreeusnaakse klug, maar wees gewaarsku, vreemde dinge gebeur as mens te lank nét eiers eet.


Hoërskool Tygerberg

bied aan

lit 04 Staat teen Sara Foto

Die Staat teen Sara

deur

Marguerite du Bois en die Tygerberg Toneelgroep

Nuutgeskrewe teks

Drama

OB N

Regisseur: Marguerite du Bois

Rolverdeling

Sara Lategan: Kara-lee Conyers

Hofklerk De Klerk: Tylo Ras

Advokaat Nuwe: Danielle de Villiers

Advokaat Ouderwets: Johann Dippenaar

Regter Niemand: Carla van der Walt

Hilda van der Walt: Marzaan Grundlingh

Meri Smit: Heike de Goede

Ivy Swart: Yvonne Mouton

Jacomine Coetzer: Anel Visser

Konstabel Kakkerlak: Valentino Valentyn

Sersant Kristil: Kerscha Titus

Jurie-koor: Corleze de Bod, Elzanne Swart, Tayla King, Cleo Saal en Danté Barnard

Tegnies

Verhoogbestuurder en beligtingsoperateur: Anelda Price

Klankoperateur: Kyla Serfontein

*

Die Staat teen Sara ondersoek die grens tussen vryheid van uitdrukking en die reg tot ’n goeie reputasie en privaatheid.

“Sara Lategan en haar maatjies is beslis verantwoordelik vir die insident op 4 April 2016. Hulle sal sê dit was ’n onskuldige grappie. Ongelukkig het ‘iemand’ hulle grappie afgeneem en gedeel. Vir Ivy Swart was dit ’n pynlike, vernederende ervaring. Die uiteinde? Niemand lag meer nie, veral nie Ivy Swart nie,” argumenteer advokaat Ouderwets (staatsaanklaer).

Hoe pleit Sara Lategan? Skuldig of onskuldig?


Helpmekaar Kollege

bied aan

lit 05 Helpmekaar Dierepubliek

Dierepubliek

gebaseer op die roman, Animal Farm, deur George Orwell

verwerk deur Pierre-André Viviers

Komedie

OB V

Regisseur: Linda van Niekerk

Rolverdeling

Caitlin Barkhuizen

Suzanne Fourie

Mila Dirks

Bridgette Mabhude

Jana Basson

Tegnies

Verhoogbestuurder: Andreas de Jager

Klankoperateur: Chris van Niekerk

Beligtingsoperateur: Laret van Niekerk

Multimedia: Gustav Theron

*

Die aanhaling, All animals are equal, but some animals are more equal than others, word op ’n satiriese wyse uitgebeeld. Die teks is gekontekstualiseer vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor en die ensemblewerk is vermaaklik vir die hele gesin.

Elke mens het ’n dierlike eienskap of dit nou ’n varkagtige gewoonte of ’n skaap se napraat is. Kom ontdek jouself in een van die diere…


Hoërskool Bergrivier

bied aan

lit 06 Die ek, Annatjie produksie foto 5

Dis ek, Annatjie

deur

Anchien Troskie as Elbie Lötter

verwerk deur Alma Nel

Drama

13+ S T

Regisseur: Alma Nel

Assistentregisseurs: Sanet Taljaard en Ludfia Cupido

Rolverdeling

Annatjie: Jamie-lee Morkel

Ann: Ueland la Meyer

Antjie: Jeandré Fransman

Ma 1: Amke Grootboom

Ma 2; Miss Dolly: Anthea Afrika

Ma 3; Lena: Bevedine Dulman

Uncle Danny; Daddy: Neville Albertus

Daantjie; Seun 1 en 2: Shu-Aib Isaacs

Marnus: Shane Witbooi

Pastoor: Wesley September

Tegnies

Verhoogbestuurder: Wesley September

Klankoperateur: James-Dean Davids

Beligtingsoperateur: Tyron Hendriks

*

“My lewe was different. Van ek agt was tot so sestien, was my lewe anners. Completely… Sallie praatie. Te skaam. Te bang. My pa sal dink ek joke net. My uitlag. My ma sal dink ek lieg. My skêl. Ek sal my bek hou. Stom wies. Stom Anna. My mind is deurmekaar, ek kan nou nie exactly onthou wanner wat gebeur hettie. Maar ek was klein. Toe begin dit…”

Kom beleef ’n verwerking van Anchien Troskie se Dis ek, Anna, in ’n ander kultuur, ’n nuwe wêreld, soos nog nooit vantevore nie.


 Helpmekaar Kollege

bied aan

lit 07 Helpmekaar Dit wat was ...

Dit wat was ...

deur

Pierre-André Viviers, aangepas deur Eghard Basson

Drama

13+ T

Regisseur: Eghard Basson

Rolverdeling

Nellie: Gugu Mkhushulwa

Liana: Lyndré Kruger

Imke: Jana Basson

Koor: Milandie Viljoen, Celine van Niekerk en Marli Uys

Tegnies

Verhoogbestuurder: Eghard Basson

Klank- en beligtingsoperateur: Pieter Hougaard

*

Dit wat was… beeld die posisie van drie vroue in ’n moderne samelewing uit waar die manlike spesie nie skroom om na groener weivelde te soek nie. Die vraag is egter: Wat staan ’n vrou dan te doen? Stop die wasmasjien vol klere, maak toebroodjies vir die bloedjies, voed die man, vee die stoep, koop skoonmaakmiddels aan en dalk, net dalk, kan sy die man verras…

“Alles sal okei wees… ma is hier.”


Hoërskool Durbanville

bied aan

lit 08 Durbanville Boeke (2)

FRAGMENT

deur

André Gerber

Nuutgeskrewe teks

Drama

OB T V S

Regisseurs: Jan Burger en Amelia van Wyk

Rolverdeling

Antoinette de Jager: Nienke Geldenhuys

Ryno de Jager: Trompie Booysen

Winand de Jager: Ludick Bezuidenhout

Leanda du Preez: Alexa le Roux

Karla du Preez: Cailin Aylward

Khayrah Pool: Izelle Viljoen

Aisha Pool: Maja Smith

Rahim Pool: Andrew de Jager

Johan van Vuuren: Landolph Schütz

Susan van Vuuren: Marlenke Scholtz

Daniella van Vuuren: Mieke Verster

Daniël van Vuuren: Stefan Brundyn

René Venter: Mieke Fabel

Koor: Nell Bezuidenhout, Deané de Bruin, Karien de Lange, Timothy Erasmus, Nina Fourie, Victoria Jumeth, Danae Koen, Sonja Kruger, Natalie la Grange, Megan Myburg, Ameré Prinsloo, Michaela Smit, Carla Steenkamp, Jané Theron, Kyla van der Berg, Larissa van der Westhuizen, Armand van Niekerk en Charel Viljoen

Tegnies

Verhoogbestuurder: Nicolene Potgieter

Klankoperateur: Christo Erasmus

Beligtingsoperateur: Ruan Potgieter

Choreografie: Gabriella Bishop, Jan Burger en Amelia van Wyk

*

Fragment: ’n stukkie, splinter, skerf, deeltjie… van iets groter
Fragmenteer: disintegreer, verkrummel, breek op, val uitmekaar, verdeel

*

’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie dit gedoen het nie, of om watter rede nie. Vrees, spanning, vooroordele en verdagmakery plaas groot druk op alle verhoudings in die oënskynlik vreedsame gemeenskappie. Voor die oë van die gehoor raak die dorpie ’n vertoonvenster van enige gemeenskap wat bestaan uit die brose en gefragmenteerde samestelling van gesinsverhoudings, werk, vriendekringe, skool-, kerk- en kultuurgroepe.


Hoërskool Tygerberg

bied aan

lit 09a in kleur

In kleur

’n Werkswinkelproduksie onder leiding van Pieter Nel

Nuutgeskrewe teks

Komedie

Regisseurs: Alicia Dreyer en Pieter Nel

Rolverdeling

Geel: Jay-D Sanderson

Pienk: Zinedine Manus

Groen: Hano Groenewald

Oranje: Kyle Esterhuizen

Pers: Robin Meissenheimer

Tegnies

Klankoperateur: Morné Smith

Beligtingsoperateur: Dylan Engelbrecht

*

Hierdie produksie is ’n samestelling van stories wat gebaseer is op ware gebeure. Daar word onder meer vertel hoe oupa Koppe destyds gedwing is om uit Distrik 6 weg te trek en toe in Ravensmead op die Kaapse Vlakte beland het.

“Toe loop Oupa ewe stadig na die portret van hom en antie Lettie op hulle troudag. En hy tel dit op terwyl bakstene en plate om hom val en antie Lettie aan sy mou trek en skree laat hy moet kom.”

Van hierdie leerders woon self in Ravensmead en hulle vertel dit soos dit is – van bygelowe, têksies, bende-geskietery, die kerk, ’n jaart-jol tot buite-egtelike kinders.

’n Kleurvolle produksie met ’n humoristiese aanslag!


Hoërskool Ben Viljoen

bied aan

lit 09b Ben Viljoen Kom saam met my

Kom saam met my

deur

Inamarie Schoonraad

Nuutgeskrewe teks

Drama

Regisseur: Martie de Jager

Rolverdeling

Janke: Anmarie Oosthuizen

Mienkie: Anjoné de Jager

Tegnies

Verhoogbestuurder: Alicia Creighton

Klankoperateur: Christo Janse van Vuuren

Beligtingsoperateur: Corlia de Wet

Grimering: Mieke Kleynhans

*

Janke (14 jaar oud) besluit om van die huis af weg te loop. Mienkie, haar maltrap kleinsussie, volg haar na die busstop. Elkeen het dít wat vir hulle belangrik is in ’n bokstas gepak. Janke met haar ernstige, filosofiese uitkyk op die lewe is natuurlik geïrriteerd met kleinsus wat nog spelerig en ’n regte drama queen is. Dit lei tot prettige situasies, maar ook trane… Kleinsus Mienkie verras met begrip vir die talle vrae waarmee Janke worstel. Probeer Janke wegkom van die gevolge van die droogte? Of waarvoor hardloop sy eintlik weg?


Hoërskool Rustenburg

bied aan

lit 10 Rustenburg La Plastique Foto Reinhard Bodenstein

La Plastique

deur

Rita Liversage

Nuutgeskrewe teks

Komedie

Regisseur: Rita Liversage

Rolverdeling

Pop 1: Jana Coetzé

Pop 2: Cara Burger

Pop 3: Bernice van der Westhuizen

Patricia: Monique Wangra

Mandy: Jeanette Tlou

Eloise (Ma): Cara Grobbelaar

Hendrik (Pa): Hamman Prinsloo

Marli (Bruid): Karli Geyser

Vlooi (Bruid se sussie): Marga Luus

Tegnies

Verhoogbestuurder: Rita Liversage

Klank- en beligtingsoperateur: Melissa Louw

*

Ironies hoe baie mense wat bewonder word nie altyd uit honderd persent menslike materiaal bestaan nie. Kom ons noem dit sommer fake… nagemaak… sinteties. Ons lewe in ’n wêreld van plastiek!

Maar deesdae – en ons sien dit al hoe meer – word die woord fake gebruik om mense se persoonlikhede te beskryf eerder as hulle bragrootte.


Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

bied aan

lit 11 Affies Onnies Annemarie Wichmann

Onnies

deur

John Godber

vertaal en verwerk deur Hermien Greyling

Komedie

Regisseur: Hermien Greyling

Rolverdeling

Soutie; Neels Venter; Mnr. Stoltz; Butch Benade: Leroux van Diemen

Tina; Mnr. Dirk Basson; Mej. Coetzee; Sam Plaatjies; Gerrie; Jackie Roos: Itumeleng Maluleka

Meisie; Mev. Schutte; Mnr. Dirk Basson; Mej. Jansen; Butch Benade: Mieke Greyling

Tegnies

Verhoogbestuurder: Kinna Wessels

Klankoperateur: Anke Towsen

Beligtingsoperateur: Mariza Engelbrecht

*

“As ’n mens in die gange afstap, hoor en sien jy ’n magdom verskillende onderrigmetodes… dis soos ’n dieretuin.”

’n Komiese kykie op die ewigdurende stryd van ’n jong, passievolle dramaonderwyser. Hy moet daagliks uitdagings trotseer. Dit word uit die oogpunt van drie dropouts beleef! Hulle kan uiteindelik iets van waarde in hul skoolloopbaan vind wanneer die nuwe Adonis van ’n dramaonnie by Hoёrskool Vlaklaagte Drama begin gee.

“Bly stil! Stilte! Hou julle monde! Meneer Venter, kry asseblief jou klas onder beheer.

Dit klink asof hulle gemartel word en smeek om uit jou klas bevry te word!”


 Hoër Volkskool Potchefstroom

bied aan

lit 12 Volkies Ontsnap vir program Reinhard Bodenstein

Ontsnap

deur

Pierre-André Viviers

Komedie

Regisseur: Luné van Rooyen

Rolverdeling

Tiaan: Christo Botha

Berta: Yvonne Gerber

Werner: Donovan Coetzer

Mita: Elmie Brits

Olga: Merichia du Plooy

Tegnies

Verhoogbestuurder: Erhard Salomon

Klankoperateur: Juan van den Heever

Beligtingsoperateur: Marizaan Bloem

Tegniese assistent: Rynhardt Pretorius

*

Berta, Tiaan en Werner is weeskinders wat gereeld “ontsnap” na ’n beter wêreld as dié een waarin hulle vasgevang is. Hulle vlug onder andere weg van die vreesaanjaende weeshuismatrone, tannie Olga. En dan kom daar ’n nuwe kind – Mita. Sy word ingelyf in die fantastiese én komiese ontsnap-tradisie waarmee die kinders hulle ruimte leefbaar probeer maak. Maar waarom is Berta met tye so bitsig teenoor Mita? Is dit uit frustrasie omdat haar naam áltyd onder aan die aanneemlys staan? Kom kyk waarom ontsnap die weeshuiskinders as tannie Olga met haar aanneemlysie die volgende kind kom haal.


Hoërskool Zwartkop

bied aan

lit 13 Zwartkop Rympatroon

Rympatroon

gebaseer op die film, Dead Poets Society, verwerk deur Pieter Alberts

Drama

OB T

Regisseurs: Pieter Alberts, Emil Haarhoff en Hendri Badenhorst

Rolverdeling

Tiaan: Ben Blignaut

Armand: Wian Coetzee

Jacque: Bernard Lubbe

Ettiene: Wilco Meyer

Wickus: Ruan van Achterbergh

Wouter: Drickus Gräbe

Lourens: Francois Smith

Marcel: Heindrich Buys

Mnr. Adriaanse: Jan-Daniël Kapp

Mnr. Visser: Mornay Marais

Wiskunde-onderwyser: Christo van Schalkwyk

Latyn-onderwyser: Nell Jansen van Rensburg

Drama-onderwyser: Simeon Boshoff

Tiaan se pa: Heinrich Nienaber

Tegnies

Verhoogbestuurder: Hendri Badenhorst

Klankoperateur: Ruan Myburgh

Beligtingsoperateur: Remerus Verster

*

Die verhaal speel af in Seunsakademie. ’n Nuwe Afrikaans-onderwyser, mnr. Adriaanse, begin by die skool. Hy verbreek die konvensionele reëls en leer die seuns om deur poësie met ander oë na die lewe te kyk. Die seuns hang aan sy lippe. Hulle stig ’n groep, Rympatroon, dieselfde as wat mnr. Adriaanse en sy maats gehad het toe hy in die skool was. Tiaan, een van die leerders droom om op die verhoog te wees, maar sy pa skop vas teen sy besluit om ’n akteur te word.


Paul Roos Gimnasium

bied aan

lit 14 Paul Roos Vlug deur Sonya Olivier

Vlug

deur

Esther von Waltsleben

Nuutgeskrewe teks

geïnspireer deur die roman, Lord of the Flies, deur William Golding

Drama

OB G

Regisseur: Esther von Waltsleben

Rolverdeling

Dolf: Luke White

Dawid: Thys Sutherland

Beer: Hardus van Staden

Hermann: Thomas Winter

Michael; Volwassene: Stehan Odendaal

Thomas: Wiaan Janse van Rensburg

Tobie: Samuel Durand

Barry Nathan Soloman: Ian Jansen van Rensburg

Heinrich: Patrick Kilbourn

Goebs: Daniël Olivier

Otto: Luké de Beer

Seun: Jason Adams

Seun: F.J. Möller

Tegnies

Verhoogbestuurder: Ruan de Beer

Klankoperateur: Luka Ferreira

Beligtingsoperateur: Joshua Bodenstein

Verhoogassistent: Antonie Jacobs

*

In ’n tyd van konflik word dertien seuns vir hul eie veiligheid in ’n stormwatertonnel gehuisves wat as bunker vir hulle ingerig is. Die seuns ken nie een mekaar nie en hulle weet nie hoe lank hulle daar gaan moet bly nie. Hulle het alles wat hulle mag nodig kry om te oorleef, maar hulle is op hul eie ‒ sonder enige volwasse toesig. Die seuns in die tonnel word ’n mikrokosmos van die grootmenswêreld. Reëls vervaag, ordeloosheid neem toe en kort voor lank is die vyand nie meer ’n bedreiging van buite af nie…


Hoërskool Waterkloof

bied aan

lit 15 Waterkloof Wetters Annemarie Wichmann

Wetters

deur

Schalk Schoombie

Fisiese teater

13+ T

Regisseur: Shareen Swart

Assistentregisseur: Rulene Swanepoel

Rolverdeling

Verkeerskonstabel Bart: Neil Bedeker

Dirkie; Jaco: Ettienne Pieterse

Jo-Anne; Mari-Christel: Helen Stander

Ewan Rutherford; Abdul: Henry Serfontein

Hetta: Lielie Viljoen

Decibel Visagie; Oom Louis: Robert Hindley

Tegnies

Klankoperateur: Alrika Moller

Beligtingsoperateur: Olivia van Zyl

*

Spitsverkeer... op die N1 Noord... ’n Ongeluk sowel as padkonstruksiewerk veroorsaak ’n kakofonie van ’n oormaat testosteroon, irritasie, frustrasie en aggressie!

Wetters neem jou saam en verplaas jou uit jou sitplek in die gehoor tot in die aksiebelaaide passasiersitplek van onder andere verkeerskonstabel Bart, Decibel, Jo-Anne en Abdul Naidoo se karre.


Afkortings vir ouderdomsbeperkings

OB = Ouerbegeleiding word aanbeveel

10+ = Geen onder 10’s

13+ = Geen onder 13’s

T = Taal                                

S = Seksuele suggestie/aspekte          

V = Vooroordeel

G = Geweld

N = Naaktheid

The post ATKV-Tienertoneel 2016 appeared first on LitNet.

Stigting van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans

$
0
0

Verteenwoordigers van Afrikaansdepartemente het die afgelope Saterdag, na afloop van ’n historiese byeenkoms te Stellenbosch wat deur die Afrikaanse Taalraad saamgeroep is, formeel besluit op die stigting van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA), wat aanvanklik geïnisieer is deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. “Die IVA verbind Afrikaansdosente reg oor die land en internasionaal met mekaar,” sê prof Wannie Carstens (oudvoorsitter van die SA Akademie en Direkteur van die Skool vir Tale op die NWU se Potchefstroomkampus). “Deur die IVA sal dosente en studente in Suid-Afrika en regoor die wêreld saam gemeenskaplike probleme kan takel en sinergieë ontwikkel.”

“Ons het gedurende ’n eerste vergadering hierdie jaar in Pretoria besluit om saam te werk om Afrikaans as akademiese taal en as vak te bestendig,” sê prof Rufus Gouws, voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. “Samewerking onder die vaandel van die IVA sal die isolasie van dosente aan verskillende universiteite ophef, en ons sal saam aan probleemoplossing, kursusontwikkeling en toeganklikheid kan werk. Dit is baie beter as om net op ’n mens se eie mishoop te sit.”

Giselle Botha, ’n studenteverteenwoordiger van die Universiteit Stellenbosch, dink dat samewerking onder die vaandel van die IVA dit vir studente baie makliker sal maak om by die regte dosente uit te kom. “Dosente sal hulle spesialisgebiede op die IVA se webwerf aanbring. Ons hoop dat standaardmateriaal oor verskillende basiese kursusse op die webwerf beskikbaar sal kan wees – een plek waar studente toegang tot die regte materiaal kan kry.”

Hendrik Theys, lektor van KSUT en ondervoorsitter van die Taalraad, saam met Giselle Botha, studenteverteenwoordiger van die US Departement Afrikaans en Nederlands

Die linguis en voorsitter van die Taalraad, prof Anne-Marié Beukes van die Universiteit van Johannesburg, verwelkom die besluit van die vergadering dat ook Afrikaanse taalkundiges uitgenooi sal word om lid te word van die IVA. “Linguiste het veral nou ’n waardevolle bydrae om te maak en dit is van kardinale belang dat die verskillende dissiplines saamwerk vir Afrikaans. Die besluit dat daar nouer met ander Afrikatale saamgewerk moet word, is ook van groot belang.”

“Ons is baie tevrede oor die energie wat nou ontstaan het en veral verheug oor die aktiewe deelname van studente aan hierdie byeenkomste,” sê Ria Olivier, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad en sameroeper van die byeenkoms. “Die Taalraad sal in die toekoms veel nouer met dosente en studente werk om skakeling met Afrikaanse en ander gemeenskappe te bevorder.”

Prioriteite vir die IVA se pad vorentoe, gegee die fokus op Afrikaans as 'n nasionale en internasionale kennisbate, behels die vestiging van ’n e-portaal om toegang tot mense- en fisiese hulpbronne in Afrikaans te verbeter, asook ’n oudit van aanbod en behoeftes by plaaslike Afrikaansdepartemente. Die dosente en studente sal ook deelneem aan taalbewusmaking in gemeenskappe, gemeenskapsgerigte navorsing bevorder, en uitreik na skole ter verbetering van Afrikaansonderrig.

Enkele van die deelnemers aan die stigtingsvergadering

The post Stigting van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans appeared first on LitNet.


Taalerfenissimposium op Clanwilliam

$
0
0

Die ATKV se taalafdeling bied op 21 Oktober 2016 ’n Taalerfenissimposium met die tema “Dit kom van ver ...” op Clanwilliam aan. Dit is deel van die Cederberg Rooibos Kunstefees wat op die dorp aangebied word. Tydens die simposium sal mense die geleentheid kry om saam met sprekers soos prof Hans du Plessis, prof Christo van Rensburg, digter Diana Ferrus, kletsrymer/kitaarspeler Frazer Barry en skrywer Willem Fransman te besin oor die Afrikaanse taalerfenis.

“Die ATKV maak erns met ons Afrikaanse taalerfenis,” sê Anzil Kulsen, projekorganiseerder by die ATKV. “Daar is soveel wat onder taalerfenis verstaan kan word en daarom is dit gepas om in hierdie geskiedenisryke streek by die tema ‘Dit kom van ver ...’ stil te staan.”

Die twee bekende akademici, Christo van Rensburg en Hans du Plessis, praat oor “So kry ons Afrikaans ... en so lyk dit vandag”. Frazer Barry, van die Tribal Echo-faam, wys hoe rymkletskultuur ’n element van Afrikaanse taalerfenis is en die skrywer, Willem Fransman, kyk na die bewaring en bewusmaking van taalerfenis deur middel van die radiodrama. Diana Ferrus, internasionaal erkende en bekroonde digter verduidelik hoe Afrikaans ’n versoeningstaal is. Danny Titus (uitvoerende direkteur by die ATKV) en Evelyn Ferreira (senior bestuurder: taal by die ATKV) is die gespreksleiers van die dag.

taalgesk650

Meer oor die aanbieders:

Hans du Plessis is ’n internasionaal erkende navorser, akademikus, digter en skrywer van verskillende genres vanaf jeuglektuur tot historiese fiksie. Hy het al meer as 100 publikasies die lig laat sien. Sy lys van toekennings sluit die CR Swart-prys (1995) vir Disse flippen stukkende wêreld dié, my ou; ATKV-Kinderboektoekenning in 1997 vir Ditsem Dawid en die CBSA-prys, ’n Christelike toekenning vir Innie skylte vannie Jirre. Prof Du Plessis dien op verskeie direksies, is tans ’n voltydse skrywer en steeds betrokke by die NWU-Skryfskool in Potchefstroom.

Christo van Rensburg stel baie in Afrikaans se dialekte belang, en kom so uit by Afrikaans se geskiedenis. So kry ons Afrikaans is ’n boek van vier jaar gelede wat juis oor die fassinerende onderwerp van die inheemse oorsprong van Afrikaans handel, en hy publiseer ook artikels oor Afrikaans en sy geskiedenis. Hy was professor in Afrikaans aan die Universiteite van Pretoria en die Vrystaat, en is tans ’n navorsingsgenoot by die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom.

Frazer Barry is ’n bekroonde vermaaklikheidskunstenaar afkomstig vanaf Kleinmond. Hy is vir die afgelope 20 jaar aktief besig is om met sy groep Tribal Echo die land se verhoë aan die brand te speel. Hy is benewens musikant ook komponis, liriekskrywer, musiekvervaardiger, sanger , rymkletser, skrywer, digter , seremoniemeester, radiostemkunstenaar, televisieaanbieder en skrywer van kenwysies. Frazer het ’n verskeidenheid toekennings ingepalm. Van sy onlangse repertoire sluit in die toonsetting van Adam Small se Kô lat ons sing.

Willem Fransman is ’n stigterslid en die nasionale voorsitter van die Afrikaanse skrywersvereniging. Hy werk tans by UWK as navorser, maar het al in feitlik alle genres gepubliseer. Fransman is veral bekend vir sy radiodramas. In 1997 is hy die eerste wenner van die RSG/Sanlam Radiodramakompetisie met sy werk Om te bedel is ’n kuns. Fransman is ook ’n grafiese kunstenaar en rubriekskrywer vir Die Burger en Kaap Rapport. Hy is ook bekend as storieverteller van veral kontreistories.

Diana Ferrus is ’n internasionaal erkende en bekroonde digter. Haar digbundel Ons Kom vandaan het in 2006 verskyn. Diana se  Engelse digbundel, I've come to take you home, het in 2010 verskyn en die titel gedig  was instrumenteel in die teruggee van die oorskot van die Khoisanvrou, Sarah Baartman, aan haar nageslag in Suid-Afrika nadat dit vir jare in Europa as museumuitstalling aangewend is. Die gedig is gepubliseer in die Franse Wet, ’n eerste in Franse geskiedenis. Sy beywer haarself ook om opkomende digters te help om hul werk die lig te laat sien deurdat sy by verskeie projekte betrokke is en ook opleiding in digkuns by die Breytenbach-sentrum aanbied.

Mense wat belangstel om die simposium by te woon, kan Charlton Lee by 011 919 9000 of charltonl@atkv.org.za skakel.

The post Taalerfenissimposium op Clanwilliam appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: In alle veiligheid

$
0
0

Ek parkeer my bakkie in die skaduwee van een van Somerset Mall se wit mure, onbewus daarvan dat die son binnekort hier gaan begin bak. My kop is so besig soos ’n kusdorp in Desember; gesprekke met bestuurders stamp kort-kort teenaan ’n klagte of twee wat een van my wagte geopper het, bekommernisse oor die algemene uniformtekort klink op tussen opdragte van my pa en êrens bo dit alles sweef die herinnering van gisteraand se gebakte aartappels en hoender. Nadat ek al die please call me’s wat ek ontvang het van Grabouw tot hier delete het, gooi ek my werksak oor my skouer en loop fronsend na die naaste ingang.

Die breë gange in die mall is soos verwag stampvol mense. Jong meisies en ouens loop kaalvoet hand aan hand terwyl tannies wat aan trollies hang stadig naby die winkelvensters bly, nou en dan verby ’n koffiewinkel kruip waar families moerig besluit watter pizza hulle gaan deel. ’n Man in ’n Cash Converters-hemp dra ’n televisie aan agter ’n wit vrou wat haarself koel waai met ’n gevoude pamflet en groot baba-oë flits gereeld vir my in die verbyry op hulle ma’s se rûe.   

Ek beur ’n weg oop deur die konstante stroom mense totdat ek by die winkel aankom. Ek let onmiddelik op dat daar slegs een wag by die winkel se deur staan en vir ’n oomblik voel ek die angs wat vroegoggend by my opkom wanneer ek ingelig word dat ’n wag nie vir werk opgedaag het nie; of dat hy wel opgedaag het, maar hopeloos te veel “mok na die wyn”. Hierdie probleme het ek ten minste nie met Nomfundo nie. Die rede dat dit juis sy is wat nou die besoekersregister vir my gee om te teken, is omdat ek haar gisteraand gesmeek het om op haar af dag te werk. Soos wat ek met haar vorige drie af dae ook gedoen het. Sy stem gewoonlik in en die bestuurders hou van haar, wat my werk aansienlik makliker maak.

“Jy, bhuti. Unjani?”

“Ndiphilile, wena?”

“Nam ndiphilile, enkosi,” sê sy en krap met die pen in haar oor wanneer ek dit vir haar teruggee. “Bhuti, when am I getting my new trousers?” Sy beduie na die nate van haar broek en ek kan sien hoe verskillende kleure gare in driehoekies langs haar been af span. Haar trui kan nog gaan, maar die kraag van haar hemp is geel en al om die bokant staan die materiaal in snippers teen haar nek.

“Andiyazi, Ma. I spoke to Head Office today and they say it’s on its way,” herhaal ek die bekende wysie. “Where is Patrick?”

Sy glimlag en loer oor haar brilraam voordat sy antwoord: “Oh, that one, I’m telling you. He is here. I think he is checking the fitting rooms. Shaney wants to talk to you.”

“Okay, is there trouble again?”

“No, it’s about Patrick. They think he helps the people shoplift. But dont worry; I watch him and I can see when the tsotsis come in. You know me, last month I made five arrests.” Sy lag, trek haar skouers terug en slaan haar hande teenaan mekaar.

“Thanks for telling me. I can always relax when I know you are on duty, Ma. And thank you for working again today. Is she in the office?”

“Ja, you must still buy me lunch, nè. Ewe, bhuti, she’s there in the back,” sê sy en begin neurie saam met die liedjie wat seker tien keer per dag op die winkelgroep se radiostasie speel. Terwyl sy ritmies wieg met haar hande saamgevou, vra ek haar wat die woorde beteken. “Loliwe means the train, and the song says not to cry because the train will come.” Ek skets ’n prentjie in my kop van ’n huilende kind wat alleen op ’n perron staan terwyl ek na die res van die liedjie en Nomfundo se geneurie luister. “And what does thandaza mean?” vra ek. Sy lig net haar hande en sê: “Pray to God.”

“That’s nice.” Ek thandaza dat Shaney kalm bly vandag.

Ek verlaat Nomfundo en loop vir Patrick raak op pad na die kantoor toe. Hy glimlag breed en het onthou om sy das te dra. Hy ruik ook geensins na drank nie en sy baard is skoonveld. As Shaney enige klagtes oor sy voorkoms het, sal ek hierdie enkele verbeterings kan noem ter verdediging van hom. Alhoewel Patrick nie veel uitgerig kry as ’n sekuriteitswag nie en ek hom telkemaal al woedend uitgevra het oor sy intelligensie, onthou ek dat hy eens tydens ’n verhoor vir my vertel het hoe moeilik dit is om oor die weg te kom met die R2000 wat hy maandeliks kry. Ek het hom nie afgedank nie omdat ek niemand anders as ’n plaasvervanger kon kry nie. Wanneer ook al ek hom daarna ’n skriftelike waarskuwing laat teken, dink ek aan die verskil tussen ons inkomste en weet dat ek die stukkie papier later sal weggooi.

Naby die aanpaskamers is die deur wat lei na die winkel se kantore, ’n klein kombuis en die stoorkamer waar werkers daagliks vir twaalf ure lank bokse uitpak, dit plattrap en kort-kort ’n verskeidenheid klere op hangers na die honger metaalrakke aandra. Ek klim onder die vel van die mall in waar die teëls nie veel lig weerkaats nie, waar knyperborde en gelamineerde inligtingsplakkate oor die arbeidswet die mure versier en die reuk van plastiek in elke hoek hang. Dit is stil in die gang wat die vertrekke aan mekaar verbind en word net nou en dan onderbreek deur ’n skaterlag wat hand-oor-die-mond weer verdwyn. Ek loop tot by die bestuurder se kantoor en vind die deur oop. Agter die lessenaar is Shaney besig om met iemand oor die foon te praat. Sodra sy my sien, flap sy haar hand in die lug en beduie dat ek kan sit; iets wat ek dadelik doen. Ek sit, en ek wag.

“Ja, menee’,” groet sy uiteindelik. “Moenie vi’ my sê djy ko’ doen ’n fokking check nie, want ek hêtie nou die tyd vi dit ok nogie.”

“Goed dankie en met jou, Shaney?” Ek kan sien sy is nie lus vir grappe nie, maar ek het gou geleer dat ’n mens nie met jou stert tussen die bene moet gaan lê vir moeilike bestuurders nie. Ook nie vir wagte nie; ek is immers hulle baas. “Ek kom doen nie ‘n check nie, so ontspan. My pa het gesê hy sal self al die checks hierdie maand doen,” voeg ek by om enige verdere leë uitbarstings te vermy.

“Hy was hoeka nourie dag hie en ek kon sien die siel is soe gestress oor jou en of djy die peak ga’ survive.”

“Ja, dit is mos maar die besige tyd van die jaar.”

Ek bly stil terwyl sy uitpak oor die onmoontlikste verwagtinge wat haar areabestuurders van haar koester en hoe sy te besig is om haarself oor haar eie personeel te bekommer, wat nog te sê oor die aanhoudende afwesigheid van my wagte. “En ek watch vi’ Patrick. Ek gattie lat ’n guard my stockloss die hemele in stuur nie,” eindig sy af en vir die eerste keer vandat sy met haar geneul begin het, voel dit vir my na ‘n goeie geleentheid om te praat.

“Shaney, ek twyfel of hy by dié soort dinge betrokke is. En Nomfundo hou in elkgeval ook ’n ogie oor hom.”

“Ja, sy’s ‘n skat, ma’ wies ok ma’ vesigtig: hulle’s amel dieselle.”

Sy klink nes my pa, dink ek. “Ek hoor so. Maar as Patrick enige iets doen, sal ek hom natuurlik dadelik van jou siteaf verwyder.”

“Ja, lattie syplap gan. Anneste bel ek jou pa lat hy dinge ka’ ytsort.”

Voor ek kan antwoord, verskyn Nomfundo se gesig langs die kosyn, ’n plastieksak met ’n halwe brood in die hand. “Sorry, Shaney, I just want to say I am going on lunch now,” sê sy in ’n lae stem en skud die sak asof sy wil bevestig dat sy die waarheid praat. “Okay,” is al antwoord wat sy kry. Na ’n vinnige kopknik my kant toe, verdwyn Nomfundo met die klank van hakke wat deur die gang ingesluk word. Die eensydige gesprek word hervat, maar ek kom agter dat ek nie veel het om te doen in die winkel nie. Die wagte is hier, hulle is netjies genoeg en Shaney word klaarblyklik besig gehou deur bevele en oproepe van haar hoofkantoor. Terwyl sy praat, konsentreer ek om my maagspiere op die regte tye styf te trek en te verslap sodat die gorrel- en gromgeluide nie haar monoloog onderbreek nie. Ek sien my kans toe die telefoon weer lui: “Hoor hier, ek sal moet gly. Ek het vergeet dat ek nog goed met Nomfundo moet oorgaan, so ek groet jou nou voordat sy dalk uit die winkel gaan.”

Ek volg die gang tot by die kombuis en kry Nomfundo waar sy besig is om die brood in twee dik snye te deel met ’n bottermes. Sy kyk op toe sy die beweging by die deur sien en sit nonchalant die ketel aan. Ek loop tot langs haar en skakel dit af. “No, Ma. I mos owe you lunch, so come. Leave that bread.”

Die Spur wemel van vakansiegangers met rooi gesigte en wit strepe wat van oor tot oor strek; dit sal seker die Raad van Boeresuperhelde se jaareindfunksie wees, sou so ’n Raad ooit bestaan. Kelnerinne dra koes-koes skinkborde vol kos en bier en koffie aan en hier en daar sit ’n paar oorstuurse besigheidsmanne met ’n laptop of tablet oop voor hulle, volkome verlore in sake wat dringender is as clichés van son, see en sand. Ek en Nomfundo wag ’n paar minute voordat ’n kelner uitasem, maar met ’n glimlag, vir ons kom vra: “Smoking or non-smoking?”

Tydens die tog deur die restaurant sien ek hoe enkele van die superhelde met skrefiesoë deur hul wit maskers na ons loer; party vergeet selfs om die cappuccinoskuim van hulle bolippe af te vee. Eers toe ons sit en deur die menu’s begin blaai, besef ek dat Nomfundo dit ook moes opgelet het. Sy vleg haar kort, ronde vingers in mekaar en kyk kort-kort na die tafels rondom ons.

“We don’t have a lot of time, so I think we must order everything together. But you can order whatever you’d like, Ma. This is my treat to say thank you,” sê ek en steek ’n sigaret aan. Ek probeer die rook wegblaas, maar dit sak aanhoudend terug en golf oor die tafel tussen ons.

’n Kelner kom verbreek die stilte en vra wat ons wil drink. Ek bestel ’n koffie en ’n goedkoop ontbyt en wag vir Nomfundo om haar bestelling te plaas. “I’ll take a glass of water and a small chips, please,” sê sy en skuif die menu in sy rigting.

“Don’t you want something else?” vra ek sodra ons eers weer alleen is.

“Hayi, bhuti, thanks. I am not that hungry. But I want to ask you something else.”

“Yes?”

“I want to take my two weeks leave for this year from the 27th. My son must go to the bush and I must take him to Eastern Cape for that.”

Ek maak die sigaret dood en blaas die rook stadig uit. Na Kersfees raak dinge gewoonlik rustiger, maar ek is ook al gewaarsku om steeds op my hoede te bly tot na Nuwejaar. Sou daar enige probleme wees en een van my beste wagte is met verlof, sal ek vinnig spyt wees daaroor. Voordat ek antwoord, kyk ek na Nomfundo en die plooie wat langs haar brilraam uitsteek, die druppels sweet op haar voorkop en haar klein, goue oorbelle. Ek sien nie meer net ’n wag voor my nie, maar ’n vrou wat met trots die hele jaar meer tyd in hierdie mall spandeer as by haar kinders, en wat nou met ’n onsekere blik in haar oë na my staar. Ek haal ’n vorm uit my sak, vul haar besonderhede in en vonnis haar tot verlof met my handtekening onderaan die bladsy.

Nomfundo se arms rus nie meer op die tafel wanneer die kos kom nie. Sy leun terug in die bank en vertel hoe daar ’n bees geslag word wanneer sy na haar familie toe gaan, hoe die vrouens almal saam sing terwyl hulle amagwinya’s maak. Ek het nooit die rustigheid wat haar stories by my laat opkom, ervaar tydens my pa se “Die donnerse nasie wat alewig land toe wil gaan!” nie.

Sy gooi sout en peper oor haar tjips, vat ’n sluk water en praat verder terwyl ek begin eet. Ek vra haar uit oor haar pinkie wat onder die nael afgesit is en luister met ’n halwe oor na haar antwoord; ek tel net woorde op soos siekte, sangoma en Christen. Sy maak op haar beurt weer of sy nie die stuk eier sien wat op haar verlofvorm val wanneer ek hoes nie. Ons gesels en ons luister, albei later tydelik onbewus van die ander om ons.

Toe ek my koffie klaarmaak, sien ek dat sy skaars iets geëet het. Net haar glas water is leeg. Kon sy nie ten minste probeer meer eet nie? Of het ek eintlik net my geld gemors? Ek vra vir die rekening en of ons asseblief ’n wegneemhouer vir haar kan kry.

“Thank you,” sê sy vir die kelner en laat die tjips oorgly in die houer terwyl ek betaal.

“You must not throw the chips away now,” sê ek.

“Haibo, I won’t. I want to take it home for my children tonight.”

Die volgende twee weke vlieg verby. Daar is elke dag wagte wat nie vir werk opdaag nie, of wagte wat met tekkies en sonder trui of baadjie opdaag, wagte wat nie dit nie en wagte wat nie dat nie. Wagte wat my elfuur die aand bel om te sê hulle kind moet kliniek toe gaan die volgende dag. Wagte wat verwag dat ek wonderwerke moet verrig. Wagte wat my herinner dat hulle ouer as ek is en dat ek nie op hulle sal skree nie. My selfoon wat vroegmiddag al pap gebel is. My pa wat my elke aand vra of my wagte al gereël is vir die volgende dag.

Twee dae voor Kersfees verras ek my baas met my bedankingsbrief. In die twee weke wat hierop volg, leer ek om by ’n keuse te hou as jy dit eers gemaak het, selfs al kom twyfel soms verby gekruip soos ’n tannie met ’n trollie.

Die eerste dag van my nuwe vryheid en belowende slaapvolle nagte besluit ek om nie meer enige oproepe of please call me’s van wagte te antwoord nie. Dit traak my immers nie meer watter gemors hulle aanvang of watter uniformstuk hulle kortkom nie. Nadat ek ’n paar biere gedrink het, stuur ek wel vir Nomfundo ’n boodskap op Whatsapp en wens haar ’n voorspoedige Nuwejaar toe. Ek sê vir haar dat sy die verlof moet geniet en dat haar seun teen dié tyd seker al ’n man is, dat sy moet thandaza as dinge miskien sou skeef geloop het. Uit vrees om te sentimenteel voor te kom, vee ek die laaste deel van die boodskap uit.

Ek spandeer die volgende paar dae deur verwoed na afskakeling te soek in bier en sigarette, dronk van die gedagte dat ek nou kan doen wat ek wil met my lewe. My selfoon begin al hoe minder lui, maar een wasige middag sien ek Nomfundo se naam op die skerm verskyn.

“Molo, sithandwa sam!”

“Hallo?” vra ’n manstem. Ek sukkel eers om te hoor wat hy sê, maar toe ek dele van sy monoloog begin uitmaak, besef ek ek hoef nie nog verder te luister nie. Hy het net gebel om my in te lig dat die taxi waarin Nomfundo op pad terug Kaap toe was, in ’n ongeluk betrokke was. Haar dogter lê nog in Tygerberg, maar Nomfundo het albei haar bene gebreek en is later in die hospitaal dood.

Ek bedank hom en wil gaan stort, maar gaan kry eerder nog ’n bier uit die yskas. Langs die bier staan ’n glasbak vol tjips wat ons drie dae terug gekoop het en wat niemand in die huis nou meer sal eet nie.

The post PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: In alle veiligheid appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Die vlieg en die waiter

$
0
0

Nee, Stellenbosch is nie die Beloofde Land nie. Nie meer nie. Die tyd van ABBA, ligblou kombi’s, deurskynende albasters met tandepasta binne-in, klein Casio-calculator-armhorlosies en tapes wat jy kort-kort moet omdraai om kant A of kant B te luister, is lankal verby.

Dinge het verander.

Die dorp het nou ’n massiewe mall met ’n iFix én ’n Woolies, en iemand het Die Mystic Boer (wat jare gelede nie ’n voordeur gehad het nie) die lelikste mosterd-geel wat jy al ooit gesien het, gaan staan en verf.

Op someraande omtrent so half nege se kant, as die son agter Eikestad Mall begin wegsak en die lug soos ’n tequila sunrise of die laaste scene van Lucky Look lyk, dan, as die hemele bo Stellenbosch só lyk, dán begin Die Mystic Boer pomp. Maak nie saak watter dag van die week dit is nie, hy pomp elke aand Woensdagmusiek. Al wat jy hoor is Woensdag. Woensdag. Woensdag. Elke aand. Woensdag.

Jy kan hom myle vêr hoor. Sy binnensmondse gebrom loop deur die strate tot net voor die woonbuurte waar die ryk mense bly; marketing managers, business managers, human resource management managers en managerial administrative management strategists wat se polse te groot geword het vir hulle Casio’s en nou net Rolex dra. Monster-groot SUV’s in elke tweede driveway. Immergroen uitgelegde tuine agter pastel betonmure wat opreggeteelde miniatuur- yorkshire terriers binnehou. Die gepomp dood net voor daai huise. Die huise met die kinders wat in Hoërmeisieskool Bloemhof en Paul Roos Gimnasium is en al in graad een Khayelitsha kan spel.

Vêr uit die oog van daardie spoggerige voorstedelike woonbuurte staan Die Mystic Boer in die middel van die dorp met sy geel wange, ’n bietjie soos Van Gogh se Café Terrace at Night meesterstuk. Maar, unlike Van Gogh se pragtige skildery, is Die Mystic Boer die dorp se grootste asblik.

Hier word alles weggesmyt: Black Label-bottels, inhibisies, oorskiet- chicken schnitzels, voornemens, halfgerookte Pall Malls, voosgekoude kliphard Stimorols, you name it – dit lê en vrot in die swart smeersel oor Mystics se vloer. As jy, sê nou maar, vyftig persent afslag Shoprite-hoenderboudjies (wat reeds laasjaar begin-Desember verval het) in melk en lemoensap sou week en dit vir ten minste ses weke in die son laat gis, daai reuk. Dis hoe Mystics ruik.

Dit was nie altyd so nie. Baie jare terug, toe die plek nog vier en twintig uur ’n dag oop was (as gevolg van die gat in die muur waar die voordeur veronderstel was om te wees), het Mystics, voordat dit “Mystics” was, soos varsgemaalde koffiebone en Strawberry milkshakes geruik. Soet. Onbekende struggling akteurs, wat intussen die cover van Huisgenoot gehaal het, het daar ge-waiter. Dit was knus en gesellig. Pligsgetroue studente het in die middernagtelike ure met hulle olielampies en kerse by die tafeltjies studeer en gesels oor filosofie en God terwyl hulle koffie drink. Die plek was nooit heeltemal leeg nie. Altyd iemand êrens in ’n hoek.

Skelm onder die tafel het couples mekaar se hande of bobene styf vasgehou, so asof hulle agter in ‘n skoolbus sit, op ’n uitstappie na die akwarium, met ’n skooltrui oor die verstrengelde vingertjies om die opregtheid van hulle liefde te beskerm teen die vrees van ‘n gespottery. Mense was nog half ordentlik, want dit was die dae voor Tinder en Grindr en chat rooms en no-strings-attached hook-ups, so as jy iemand soortvan liefgehad het, het jy daai saadjie stadig en met geduld gewater tot hy ’n ma-moerse boom geword het, want dit was vir “vir ewig en altyd en nog ’n dag”. Die Universiteit se dramadepartement het suutjies aan die oorkant van die pad vir Mystics geloer en toegekyk hoe boompie na boompie opskiet.

Vandag loer die drama departement nie meer nie. Hy gluur. Mystics het ’n voordeur gekry. ’n Pleister wat al die etter binnehou. Die plek kan nie meer asemhaal nie. Sommige studente verwys nou na die plek as Mistakes. Niemand weet regtig hoekom enigiemand nog daar uithang nie. Almal haat dit. Maar, almal doen dit.

Vandag is Vrydag, vyfuur die middag, en die son sit hoog, so Die Mystic Boer se bek is nog redelik stil. Dit sal ’n sonde wees om so vroeg in die dag al te pomp. Nie dat Mystics of die drama departement omgee oor sonde óf pomp nie, maar ander regte grootmensbesighede sal hulle gaan aankla. So, vir nou, vibreer sy klanke saggies teen die vensters in afwagting vir vanaand. Nirvana is net-net hoorbaar as jy buite sit. Van binne is dit bietjie harder, maar mens kan nog steeds nie die lirieke uitmaak nie. Dit klink asof die ou sing: “I’m a llama.” Dit kan nie reg wees nie.

Binne langs die bar hang die enigste waiter op shift aan die counter en sien op na die lang aand wat voorlê. Sy oë sit een meter diep in sy oogkaste. Dit druk teen sy serebellum. Sy hoofpyn skiet regdeur alles en loop teen sy ruggraat af tot in sy stuitjie. Dit voel vir hom asof daar acid oor sy senuweestelsel uitgegooi is. Die acid waarmee sy pa altyd die dreine by die huis skoongemaak het. Alles pyn. Ja, hy is babelas en dronk. Alweer. Hy lyk soos iemand wat sopas ’n epileptiese aanval voor in ’n kerk gehad het, waar ’n dominee ’n gay demoon onsuksesvol uit hom uit probeer dryf het. Septies.

Hy werk tot môre oggend drie-uur. Dis tien ure van olierige pizzas en tequila shots agter sweterige, hormonale studente aandra. Hy is klaar moeg. Hy is altyd moeg. Met ’n bewerige hand vee hy ’n swart gekoekte sliert van sy wenkbrou af. Dit plak teen sy linkerslaap vas. Hy het sy pa se wenkbroue. Dik en hard soos die perdestert in ’n vioolboog. Vir ’n oomblik druk hy sy voorkop teen die palm van sy hand, in die hoop dat die druk van buite, die druk van binne sal verminder. Die arm wat sy hand regop hou, is vol tattoos. In plaas van ’n horlosie, spel die swart kursiewe letters in ’n sirkel reg rondom sy pols: “to fly you must fall.” Dit was een van sy eerstes gewees en is ook sy gunsteling. Tot op datum het hy iets soos nege in totaal. Hy weet nie of dit enigsins moontlik is nie, maar dit voel vir hom asof die tattoos hom vashou. Hom beskerm. Hy voel veilig in hulle. Soos in sy ma se greep om sy klein sesjarige arm, toe sy hom as kind saamgeneem het om tydens Desember Krismis-shopping te gaan doen.

Hierdie Desember gaan hy beslis nie saam met, of sonder sy ma shop nie. Hy is nie eers seker of hy sy ma enigsins gaan sien nie. Al waaraan hy nou kan dink is sy ore wat suis van al die gif wat deur sy are sukkel. Hy is hoogs geïrriteerd met homself en alles om hom. Brandy-vermengde-vloeistof drup uit sy liggaam. Die taaiheid syfer deur sy verstopte porieë en deur die waaie van sy oksels, soos slik. Hy het maklik drie dae laas gestort, maar sy shampoo is op, so what’s the use. Los dit. Hy skop daai leë shampoo bottel anyway net heeltyd per ongeluk om en vergeet elke keer om dit weg te gooi of te vervang. So hy bly maar liewer weg van die stort. Dit pla hom nie in die minste om so by die werk op te daag nie.

Sy oë pyn as hy by die deur uitkyk na die helder daglig daar buite. Hier binne Mystics is dit altyd donker. Sy stoppelbaard irriteer hom. Op dae soos dié, as dit drie en veertig grade buite is, jeuk die ding meer as gewoonlik. Asof die krapperige baard wat in patches deur sy wange steek nie erg genoeg is nie, het sy akneeprobleem van hoërskooldae nog steeds nie opgeklaar nie.

Hy het vir ’n rukkie op skool die Roacutane probeer wat die dokter vir hom voorgeskryf het, maar sy vel was so uitgedroog, sy mondhoeke het aanhoudend gebars. Dit was baie seer. Elke keer as hy sy mond bietjie te groot oopgemaak het, het dit van voor af gebloei en wanneer dit nie gebloei het nie, het hy uit verveeldheid die rofies met die punte van sy naels afgetrek..Maak nie saak hoeveel Zambuk hy met sy geel vingers uit daardie potjie met die onmoontlike deksel gegrawe het nie, daai eina’s het eina gebly.

Toe los hy die pille sonder sy ma se medewete. Sy sou nou weer iets gesê het soos: “My kind, dis vir jou eie beswil. Jy doen dit nie vir my of vir jou pa nie. Jy doen dit vir jouself, en moenie so aan jou gesig druk nie, dit gaan merke maak.” Hy het gedink dit sal vanself weggaan, self regkom, maar dit het nie. Nou, op die ouderdom van vier en twintig moet hy nog steeds daarmee deal. Dít en die feit dat hy al te lank in hierdie hool werk.

Buite die hool staan daar vier houttafels. Twee links van die deur en nog twee regs van die deur. Presies simmetries. Die tafels is een-met-hulle-stoele. Dit lyk soos daardie tafelbanke wat mens by vulstasies op die highway kry, waarby gesinne rustig hulle Steers kan eet.

Op die tafel regs van die deur sit ’n vlieg. Van die straat af kan jy hom nie sien nie, maar van die sypaadjie af lyk dit soos ’n stukkie gebrande toastie-kors wat daar lê. As jy stop en jou oë op skrefies trek en mooi kyk, kan jy sien hoe sy agterlyfie groen flits wanneer die lig reg op hom val.

Effens op sy senuwees, spoeg-lek hy die tafel in die hoop dat daar êrens tussen die krakies van die hout ’n verdwaalde chippie sal lê. Ah-ha! ’n Stukkie nacho! Hy love nacho’s. Dit is sy gunstelingding in die wêreld. Hy het dit twee dae terug ontdek in ’n drom agter ’n ander restaurant in Kerkstraat. Hy is agt dae terug gebore, in daai einste drom, en volgens die boeke het hy nog ten minste agtien dae oor om te lewe.

Hy het soveel planne en ideale en toekomsdrome. Agtien dae vir ’n vlieg, is sewe en negentig jaar vir ’n mens. Hy wil nog die trein vat Kaapstad toe en Tafelberg gaan vlieg, bietjie lywe gaan kyk op Clifton, op ’n slapende hond se nat neus gaan sit sonder om hom wakker te maak en die nommer een ding op sy bucket list: hy wil nog vreeslik graag ’n tannie iewers in Durbanville gaan irriteer. In haar kombuis. Terwyl sy Philadelphia Cream Cheese en Wellington Sweet Chilli sous uitsit vir die gaste wat later die middag kom braai. Maar – vir nou is sy droom, sy passie, sy begin en einde, hierdie stukkie nacho voor hom.

Eers kyk hy vir ’n oomblik in verwondering na die krummel wat misgevee is. Vir al wat hy weet lê die ding al vir ’n week daar, maar hy gee nie om nie. Een man se dood is ’n ander vlieg se brood. Sy oë is gevestig. Op hierdie spesifieke oomblik in tyd wentel sy hele klein vliegiewêreld net om hierdie stukkie nacho. Met twee oë wat uit ongeveer vier duisend lense elk bestaan, lyk daai een vierkante millimeter nacho soos iets op die voorblad van ’n FOOD & HOME-tydskrif. ’n Kunswerk.

Skielik.

In die hoek van sy twee duisend, vier en dertigste oog sien hy ’n swart figuur ’n paar meter van hom af weg. Dit staan in die donker. Wag. Stop. Wat is dit? Netnou is dit? Die eerste en laaste ding wat sy ma ooit vir hom gesê het, was: “Bly weg van ’n vadoek, my kind.” Is dit ’n vadoek wat voor by die figuur se ding uithang? Kan nie wees nie. Of ja, maar dis okay.

Die figuur staan doodstil. Hy gee dit ’n paar sekondes. Een. Twee. Drie. Vier. Dit beweeg nie. Dit moet dood wees.

Terug by die nacho. Sy tuitjie trek styf. Hy kan voel hoe die kwyl in hom begin opstoot. Hy hou daarvan om so bietjie terug te hou. Dis moeilik, maar die beloning is groot. As jy jouself net vir ’n paar sekondes kan beheer, fokus, en dan wag tot daar genoeg in jou is om op alles voor jou te kots, is die ervaring ’n ontploffing van lekkerte.

Uit pure opwinding begin sy klein beentjies onder hom onbeheerbaar bewe. Hy probeer homself regop hou en in amper bonatuurlike ekstase vryf hy sy voorste handjies baie vinning teen mekaar. Dit bly in hom opstoot. Hy lyk amper soos ’n grotmens wat ’n takkie beetgekry het en ’n vuurtjie probeer stook. Hy vryf al hoe vinniger tot sy een handjie begin brand. Ouch, dis seer, maar oeg, dis lekker.

Sy bene begin effens lam word. As hy ’n mens was, het hy nou sy asem opgehou tot hy blou is in die gesig, maar goddank hy het nie longe nie, en goddank hy is nie ’n mens nie, want as hy wel ’n mens was, was hierdie beslis nie nou so wonderlik nie.

Hy begin sterre om hom sien.

Letterlik.

Dit is skielik amper tien uur die aand en die son is onder. Die nag wat oor Stellenbosch kom hang het, het vinnig oor alles getrek. Daar is sterre soos klein vuurvliegies wat al skitter vêr verby die straatlampe. Hoog bo die aarde. Duisende liggies wat hang vanuit ‘n gitswart hemel.

Teen dié tyd lyk Die Mystic Boer presies soos Van Gogh se skildery.

Effens verward wonder die vliegie hoe lank hy al daar sit en staar na die stukkie nacho. Hy voel bietjie skuldig omdat hy dalk tyd gemors het, maar hy is seker dit was die moeite werd, en dán, in sy siel (want ’n vlieg het nie  hart nie) weet hy dit is uiteindelik tyd.

Hy rek die punt van sy tuitjie so wyd oop as wat hy moontlik kan. “Jis, dis gross”, sê een van die massas dronk studente wat intussen by die tafel kom sit het en druk die vlieg met die bodem van ’n pienk Brutal Fruit dood. “Kan iemand net asse-fokken-blief vir die useless waiter sê hy moet hierdie tafel kom afvee?”

The post PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Die vlieg en die waiter appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers

$
0
0

Die 28-jarige Frederick J Botha het met sy kortverhaal “Please help, God bless” in Augustus die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2016 gehaal. PEN Afrikaans kon, soos alle van die meer as 100 PEN-sentrums wêreldwyd, twee jong skrywers (een manlik en een vroulik) tussen die ouderdom van 18 en 30 inskryf vir hierdie kompetisie.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat ’n kandidaat van PEN Afrikaans die langlys vir hierdie gesogte prys bereik. In 2015 was Carien Smith met haar kortverhaal “Likkewaan” op die langlys gewees.

Frederick Botha is een van die draaiboekskrywers vir kykNET se sepie Getroud met rugby en ’n deeltydse dosent aan UWK se departement Afrikaans en Nederlands. Hy werk tans aan sy doktorsgraad in die Afrikaanse letterkunde onder leiding van Thys Human aan die NWU. Botha het in 2014 Human & Rousseau se Nuwe stories 3-kompetisie gewen met sy kortverhaal “The day Madiba died”.

PEN Afrikaans het Botha se “Please help, God bless”, saam met “SkugterDigter” deur Lynné Schoeman vir New Voices 2016 ingeskryf. Dié twee verhale is as wenners aangewys in ’n kompetisie wat PEN Afrikaans in November 2015 uitgeskryf het. Die inskrywings is deur Danie Marais (bestuurder van PEN Afrikaans), Anzil Kulsen en Izak de Vries gekeur. Sowel Kulsen as De Vries dien op die bestuur van PEN Afrikaans.

Dié drie keurders van ons inskrywings was egter oortuig dat meer as twee verhale met potensiaal ingeskryf is. Aangesien PEN Afrikaans graag ontluikende stemme wil ondersteun, is besluit om ’n aanlyn slypskool in samewerking met LitNet op ons webportaal aan te bied vir die mees verdienstelike inskrywings wat ons ontvang het. Ons keurders het intussen weer koppe bymekaar gesit en besluit om ander jong skrywers na hierdie aanlyn slypskool te nooi. 

Twee van hierdie skrywers, Elisha Zeeman en Jaco du Plooy, het die uitnodiging entoesiasties aanvaar. 

Lees hier Zeeman se kortverhaal “Die vlieg en die waiter”; hier Du Plooy se kortverhaal “In alle veiligheid” en lewer asseblief opbouende kommentaar indien jy graag ’n indruk of voorstel wil deel. 

’n Week of twee ná publikasie van die kortverhale sal ’n kort keurverslag met aanbevelings deur Danie Marais en Izak de Vries aanlyn gepubliseer word.

Hierna sal die twee deelnemende skrywers twee weke kry om hulle aanbevelings te verwerk en ’n geredigeerde weergawe vir publikasie op PEN Afrikaans se LitNet-webportaal terug te stuur.

Danie en Izak sal ook keurverslae met voorstelle oor die tweede weergawe op LitNet publiseer en daarna sal die skrywers geleentheid hê om ’n finale weergawe vir aanlyn publikasie in te dien.

The post PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers appeared first on LitNet.

ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae

$
0
0

tt Hoërskool DurbanvilleHoërskool Durbanville is die nasionale wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met FRAGMENT. Hulle wenpersentasie was 94,48%. Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.

’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners, wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie dit gedoen het, of om watter rede nie. Vrees, spanning, vooroordele en verdagmakery plaas groot druk op alle verhoudings in die oënskynlik vreedsame gemeenskappie.

Voor die oë van die gehoor raak die dorpie ’n vertoonvenster van enige gemeenskap wat bestaan uit die brose en gefragmenteerde samestelling van gesinsverhoudings, werk, vriendekringe, skool-, kerk- en kultuurgroepe.

FRAGMENT se regisseurs, Jan Burger en Amelia van Wyk, is aangewys as die beste regisseurs, Ruan Potgieter as die beste beligtingsoperateur en FRAGMENT het ook die toekenning ontvang as beste ensemblewerk. Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is Cailin Aylward wat die rol van Karla du Preez in FRAGMENT vertolk het. Die toekenning van beste aktrise in ’n hoofrol is boonop gedeel deur twee uitstaande spelers: Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT en Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie.

tt Die maan val bewusteloos

Met 94,25% is die naaswenner Hoërskool Jan van Riebeeck met Die maan val bewusteloos. Daar was slegs ’n 0,23% verskil tussen die wenner en naaswenner. As naaswenners ontvang Hoërskool Jan van Riebeeck R20 000 in prysgeld. Die produksie is ook beloon met die toekenning vir die beste algehele tegniese aspekte.

tt Annatjie

Die derde plek, met 91,47%, het gegaan aan Dis, ek Annatjie van Hoërskool Bergrivier. Die toneelgroep ontvang R10 000 prysgeld. James-Dean Davids is ook as die beste klankoperateur aangewys en Neville Albertus as die beste akteur in ’n ondersteunende rol.

Hoërskool Tygerberg se In Kleur het vierde geëindig en dié skool se ander produksie, Die Staat teen Sara het in die vyfde plek geëindig.

Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders in 181 produksies het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. Dié toneelstukke is tydens elf streeksfeeste beoordeel en sestien toneelgeselskappe het hierdie week hul bes, en meer, gegee tydens die finaal wat vir die tiende keer tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied is. Die doel van die oudste projek van die ATKV is om ’n liefde vir Afrikaanse toneel by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.

LitNet het vroeër ’n lys van al die finaliste gepubliseer. Klik hier.

Die beoordelaars tydens die finaal was André Stolz, Crystal Donna Roberts, Ira Blanckenberg, Karin van der Laag, Pedro Kruger, Tara Louise Notcutt en Woutrine Theron.

Nominasies en wenners van die individuele pryse

Vanjaar is die beste klankoperateur James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier. Die nominasies was:

  • Christi Olivier van Potchefstroom Gimnasium
  • Franco Rossouw van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier
  • Luka Ferreira van Paul Roos Gimnasium
  • Morné Smith van Hoërskool Tygerberg

Vir sy uitsonderlike werk is Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville aangewys as die die beste beligtingsoperateur: Die nominasies was:

  • Anelda Price van Hoërskool Tygerberg
  • Dylan Engelbrecht van Hoërskool Tygerberg
  • Joshua Bodenstein van Paul Roos Gimnasium
  • Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville
  • Tyron Hendriks van Hoërskool Bergrivier

Die beste verhoogbestuurder is Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die nominasies was:

  • Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
  • Nicolene Potgieter van Hoërskool Durbanville
  • Adele van Doorn van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • Ruan de Beer van Paul Roos Gimnasium
  • Wesley September van Hoërskool Bergrivier

Vir die ontwerp én bogemiddelde uitvoering van alle tegniese aspekte wen Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos. Die nominasies vir die beste hantering van tegniese aspekte was:

  • Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos
  • Hoërskool Tygerberg vir Die Staat teen Sara
  • Hoërskool Bergrivier vir Dis ek, Annatjie
  • Hoërskool Durbanville vir FRAGMENT
  • Hoërskool Tygerberg vir In Kleur

FRAGMENT van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste ensemblewerk. Die nominasies was:

  • Die maan val bewusteloos van Hoërskool Jan van Riebeeck
  • Dis ek, Annatjie van Hoërskool Bergrivier
  • FRAGMENT van Hoërskool Durbanville
  • In Kleur van Hoërskool Tygerberg
  • Vlug van Paul Roos Gimnasium

Anjoné de Jager van Hoërskool Ben Viljoen is aangewys as die mees belowende speler in ’n rol deur ’n meisie gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2016. Die nominasies was:

  • Anjoné de Jager as Mienkie in Hoërskool Ben Viljoen se Kom saam met my
  • Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Jamie-Lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie

Leroux van Diemen, vir sy spel in Onnies, wen die prys vir mees belowende speler in ’n rol deur ’n seun. Die nominasies was:

  • Leroux van Diemen van Die Hoërskool Menlopark in die Afrikaanse Hoër Meisieskool se Onnies
  • Thomas Winter as Hermann in Paul Roos Gimnasium se Vlug
  • Zinedine Manus as die pienk speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur

Cailin Aylward van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Die nominasies was:

  • Amke Grootboom as Ma 1 in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Bernice van der Westhuizen as pop 3 in Hoërskool Rustenburg se La Plastique
  • Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Helen Stander vir verskeie rolle in Hoërskool Waterkloof se Wetters
  • Maja Smith as Aisha Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT

Neville Albertus van Hoërskool Bergrivier wen beste akteur in ’n ondersteunende rol. Die nominasies was:

  • Andrew de Jager as Rahim Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Hanno Janse van Vuuren as die kêrel in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
  • Ludick Bezuidenhout as Winand de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Neville Albertus as Uncle Danny en Daddy in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Nicholas van Huysteen as die oupa in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos

Die toekenning vir beste aktrise word hierdie jaar gedeel deur twee uitstaande aktrises: Jamie-lee Morkel van Hoërskool Bergrivier en Nienke Geldenhuys van Hoërskool Durbanville. Die nominasies vir beste aktrise in ’n hoofrol was:

  • Alexa le Roux as Leanda du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Marlenke Scholtz as Susan van Vuuren in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Nancia Dorland as die meisie van Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
  • Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT

Hardus van Staden van Paul Roos Gimnasium is aangewys as die beste akteur in ’n hoofrol: Die nominasies was:

  • Ben Blignaut as Tiaan in Hoërskool Zwartkop se Rympatroon
  • Hardus van Staden as Beer in Paul Roos Gimnasium se Vlug
  • Jay-D Sanderson as die geel speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur
  • Leroux van Diemen vir verskeie rolle in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Onnies
  • Luke White as Dolf in Paul Roos Gimnasium se Vlug

Die beste regisseurs van 2016 is Jan Burger en Amelia van Wyk vir FRAGMENT. Die nominasies vir beste regisseur was:

  • Alicia Dreyer en Pieter Nel vir Hoërskool Tygerberg se In Kleur
  • Alma Nel vir Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
  • Jan Burger en Amelia van Wyk vir Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
  • Marguerite du Bois vir Hoërskool Tygerberg se Die Staat teen Sara
  • Nico Scheepers vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos

Die prys vir nuwe tekste

Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek aan, asook die daarstelling van goeie opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Negentig nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2015 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster, Ilne Fourie en Ilse Oppelt beoordeel om die Beste Nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal.

In die derde plek is Nico Scheepers vir Jaarblad. Hy ontvang ’n brons ATKV-erepenning en R1 000 prysgeld.

Die naaswenner is André Gerber vir die samestelling van vyf: ’n dokumentêr – ’n verbatimteks waarmee die Hoër Meisieskool Bloemhof verlede jaar die ATKV-Tienertoneelkompetisie gewen het. Hy ontvang ’n silwer ATKV-erepenning en R3 000 prysgeld; vyf: ’n dokumentêr was ook vroeër vanjaar tydens die KKNK te sien.

Die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks word hierdie jaar toegeken aan Johann Smith vir Hospitaner. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.

*

Fotografie deur Annemarie Wichmann van Zoë Photography.

The post ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae appeared first on LitNet.

Viewing all 1429 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>