Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1429 articles
Browse latest View live

PEN Afrikaans teken protes aan teen die afdanking van agt SAUK-joernaliste

$
0
0

PEN Afrikaans veroordeel ten sterkste die SABC se besluit om agt joernaliste – Lukhanyo Calata, Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Vuyo Mvoko‚ Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp en Suna Venter – af te dank onder die rookskerm van ’n arbeidsgeskil. Dit is geen geheim dat hulle bloot hulle werk wou doen en dus die drakoniese sensuurmaatreëls van die SAUK bevraagteken het.

PEN Afrikaans het reeds beswaar aangeteken toe die bogenoemde joernaliste geskors is vanweë hul prysenswaardige verset teen Hlaudi Motsoeneng, die hoof- operasionele beampte van die SAUK, se verbod op verslaggewing oor gewelddadige opstande: http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-maak-kapsie-teen-sauk-sensuur/

Vroeër vandeesmaand het Icasa (Independent Communications Authority of South African) die SAUK gelas om sy verbod op die dekking van gewelddadige protesaksie op te hef. Icasa het daarmee duidelik te kenne gegee dat die geskorste en intussen afgedankte joernaliste korrek opgetree het deur hulle teen hierdie verbod uit te spreek.

PEN Afrikaans vra dat skrywers en ander joernaliste, ook die internasionale PEN Gemeenskap, saam met ons protes sal aanteken teen die volgehoue kultuur van sensuur by die SAUK.

PEN Afrikaans protests the dismissal of eight SABC journalists

PEN Afrikaans strongly condemns the decision of the SABC to dismiss eight journalists – Lukhanyo Calata, Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Vuyo Mvoko‚ Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp and Suna Venter – under the smoke screen of a labour dispute. It is no secret that these journalists merely intended to do their duty and therefore questioned the draconian censorship regulations imposed by the state broadcaster.

PEN Afrikaans already protested when the journalists in question were suspended after speaking out against Hlaudi Motsoeneng, COO of the SABC, who prohibited news coverage of violent protest action: http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-maak-kapsie-teen-sauk-sensuur/

Earlier this month‚ the Independent Communications Authority of South African (Icasa) ordered the SABC to reverse its decision to ban footage of destructive protests. Icasa had thus clearly indicated that the suspended journalists, who have now been fired, were correct to take a stand against the SABC decision.

PEN Afrikaans implores writers and journalists, including PEN International, to join in protesting the culture of censorship at the SABC, as it poses a dangerous threat to press freedom in South Africa.

sauk8b

The post PEN Afrikaans teken protes aan teen die afdanking van agt SAUK-joernaliste appeared first on LitNet.


Oproep om nominasies: Neville Alexander-prestigetoekenning

$
0
0

nevillealex

Oproep om nominasies: Neville Alexander-prestigetoekenning

Die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi die publiek uit om geskikte kandidate te nomineer vir hul tweede jaarlikse Neville Alexander-prestigetoekenning.

Alexander (1936–2012) was ’n bekroonde linguis, opvoedkundige en akademikus, wat hom sterk beywer het vir veeltaligheid en moedertaalonderrig in Suid-Afrika.

Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, is hierdie toekenning ’n inisiatief om erkenning te gee aan die onbesonge helde van Afrikaans en om taalprojekte te bevorder. 

“Die toekenning sal gemaak word aan  ’n geskikte kandidaat of instelling wat ’n beduidende bydrae op grondvlak gelewer het op enige gebied van Afrikaans as moedertaal of veeltaligheidsdrywer,” sê Jonas.

Die medewenners van die eerste prestigetoekenning, in 2015, was die fakulteit onderwys van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) in Wellington, en Sabina Dumas, opvoeder aan New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl.

Die wenner sal op Erfenisdag, 24 September 2016, tydens die ATM se Neville Alexander-gesprekreeks deur die Voorsitter van die Raad aangekondig word. ’n Sertifikaat en ’n bedrag van R20 000 sal aan die wenner oorhandig word ter ondersteuning van ’n relevante taalprojek.

’n Nominasievorm is by die ATM beskikbaar. Nominasies moet die ATM voor of op 14 Augustus 2016 bereik by Posbus 498, Paarl 7646, of per e-pos admin@taalmuseum.co.za. Vir navrae, skakel 021 863 0543/4809.

Call for nominations: Neville Alexander Prestige Award

The Council of the Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in Paarl invites the public to nominate suitable candidates for their second annual Neville Alexander prestige award.

Alexander (1936–2012) was an award winning linguist, educator and academic, who campaigned tirelessly for multilingualism and mother tongue education in South Africa.

According to Michael Jonas, Director of the ATM, this prestige award is an initiative to honour the unsung heroes of Afrikaans and to promote language projects.

“The award will be given to a suitable candidate or institution for outstanding contributions in any field of Afrikaans as mother tongue, or in the promotion of multilingualism, on grassroots level,” says Jonas.

The joint winners of the first prestige award, in 2015, were the education faculty of the Cape Peninsula University of Technology (CPUT) in Wellington, and Sabina Dumas, educator at New Orleans Secondary School in Paarl.

The winner will be announced by the Chairperson of the Council at the ATM’s Neville Alexander Conversations on Heritage Day, 24 September 2016. The winner will receive a certificate and a cash award of R20 000 in support of a relevant language project.

Nomination forms are available from the ATM. Nominations should reach the ATM before or on 14 August 2016 at PO Box 498, Paarl 7646, or via e-mail at admin@taalmuseum.co.za. For enquiries, call 021 863 0543/4809.

The post Oproep om nominasies: Neville Alexander-prestigetoekenning appeared first on LitNet.

Persvrystelling: SA Akademie verwelkom hofuitspraak oor UV

$
0
0

Persvrystelling

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns verwelkom die uitspraak van die Vrystaatse Hoër Hof oor die taalbedeling by die Universiteit van die Vrystaat. Die uitspraak ten gunste van 'n status quo, dus 'n voortsetting van 'n gelyke bedeling vir Afrikaans en Engels op die UV-kampus, beteken dat Afrikaans kan "asem skep" en dat die raad en senaat van UV opnuut moet besin oor die pad vorentoe. In sy uitspraak het die Hof die raad en senaat ernstig betig weens verontagsaming van die grondwet deurdat hulle met 'n nuwe taalbedeling Engels as taal van onderrig en navorsing op die instelling wou afdwing ten koste van die "Afrikaanse segment" op die kampus.

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns doen 'n dringende beroep op UV-owerhede om die hofuitspraak ernstig op te neem en deeglik te besin oor die UV se pad vorentoe waarin veeltaligheid met 'n plek vir Afrikaans 'n rol speel," het die uitvoerende hoof, dr Dionē Prinsloo, gesê. "Soos dit 'n universiteit betaam, is sinvolle akademiese oorweging hierby aangewese en geen verhitte politieke menings en inmenging behoort toegelaat te word nie," volgens dr Prinsloo. Aspekte soos moedertaalonderrig, die demografiese omgewing van die UV, die instelling se lang waardevolle Afrikaanse tradisie en die status van Afrikaans as een van die belangrikste tale in die land moet in ag geneem word.

Die SA Akademie spreek die hoop uit dat die hofuitspraak 'n stabiliserende effek het en taalgemoedere sal kalmeer en nie net 'n positiewe uitwerking by die Universiteit van die Vrystaat het nie, maar eweneens die taalsituasie by die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria sal rigting gee, ook in belang van Afrikaans. Die SA Akademie betreur egter dat dit noodsaaklik was om teen hoë regskoste, ten koste van baie energie, die saak vir Afrikaans in die Hooggeregshof te gaan stel. Volgens die hofuitspraak moet die Universiteit van die Vrystaat nou sy eie regskoste, en die van die applikante, Solidariteit en AfriForum, betaal. Die geld kon beter bestee gewees het aan beurse vir behoeftige studente, het dr Prinsloo gesê.

 

 

The post Persvrystelling: SA Akademie verwelkom hofuitspraak oor UV appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Reaksie op die Vrystaatse Hooggeregshof se uitspraak

$
0
0

Persvrystelling

Die Afrikaanse Taalraad verwelkom die Vrystaatse Hooggeregshof se beslissing dat die taalbedeling aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ongrondwetlik is dat dit neerkom op 'n flagrante skending van die grondwetlike taalregte van Afrikaanse studente.   

"Dit is skreiend dat die hof die UV as akademiese instelling moes teregwys, moes herinner aan sy verantwoordelikheid om ook Afrikaanse studente se akademiese sukses te verseker deur 'n instaatstellende taalbeleid daar te stel, in plaas daarvan om hulle in 'n ontmagtigende Engelse leerruimte in te dwing," het dr Conrad Steenkamp, hoof van die Taalraad gesê.

Die Taalraad doen 'n ernstige beroep op die UV se raad en senaat om in die lig van die hofuitspraak te besin oor 'n terugkeer tot 'n gelyke bedeling vir Afrikaans en Engels aan die universiteit en alle moontlike praktiese maatreëls te ondersoek en met ywer in te stel. So 'n bedeling sal nie slegs grondwetlik en opvoedkundig verantwoordbaar wees nie, maar sal ook verseker dat Afrikaans as gevestigde wetenskapstaal as 'n nasionale bate behou word en tot voordeel van kwaliteit onderrig benut kan word. 

Hierdie rigtende uitspraak is 'n oorwinning en baan die weg vir 'n billike bedeling vir Afrikaans en Engels nie net aan die UV nie, maar ook aan die ander universiteite waar Afrikaans tans ook onder druk verkeer.  Bowenal berei dit die weg voor vir die sprekers van ander Afrikatale om na gelang van die ontwikkeling van hul tale tot wetenskapstale, ook hul grondwetlike taalregte te kan opeis.

Die Taalraad vertrou dat die hofuitspraak tot groter insig in die waarde van moedertaalonderrig sal lei en so kalmte oor die taalbeleidskwessie aan universiteite tot gevolg sal hê.

 

 

The post Persvrystelling: Reaksie op die Vrystaatse Hooggeregshof se uitspraak appeared first on LitNet.

'n Onderhoud oor die SBA se Brugboumentorskapprojek

$
0
0

Jan Mouton (foto verskaf)

Die wêreld se langste seebrug is die Jiaozhou Bay-brug in China. Dit is 26,7 kilometer lank. Maar hoe gemaak as jy 'n brug wil bou tussen kulture, bo-oor vooropgestelde idees en dwarsdeur sosio-ekonomiese omstandighede?

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bou taalbrûe. Te midde van taaldebatte by Suid-Afrikaanse universiteite, is die SBA besig om voort te gaan met projekte om jongmense deur middel van taal te bemagtig.

Naomi Meyer het die agtergrond verneem by Nelmari Kemp, Operasionele Programbestuurder van die SBA, en met Jan Mouton, ere-ambassadeur van België in Suid-Afrika en SBA-direksielid met die portefeulje Brugbou, gesels oor 'n spesiale mentorskapprojek getiteld Brugbou.

Jongmense wat die Brugbou-intredewerkswinkel op 23 en 24 April 2016 by die Kunstekaap bygewoon en tydens die geleentheid mentorskapleiding ontvang het (foto verskaf).

Jan, wat is die SBA se Brugboumentorskapprojek?

Oor die afgelope jare het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) hulle beywer om mense te bemagtig deur ‘n beter beheer van die Afrikaanse taal. Die SBA het altyd vernaamlik die aandag gerig op enersyds die leesvaardighede van kinders en jong mense op voorskoolse en laerskoolvlak en andersyds ouer mense, veral op die verre platteland, wie se tradisie van verhaalkuns essensieel is vir die toekoms van die taal.

Die SBA het egter meer en meer bewus geraak van die groot uitdagings wat selfs uitstekende jong volwassenes op taalvlak ervaar wanneer hulle universiteit toe gaan en aan akademiese standaarde moet voldoen. Hulle vind dit problematies om lesings te volg, om werksopdragte en eksamenvrae te begryp, om voordragte te lewer en om akademies aanvaarbare antwoorde in toetse en eksamens te formuleer. Jong mense is ons toekomstige leiers en behoort konstruktief by te dra tot die toekoms van ons land. Hulle verdien besondere aandag.

Jongmense wat die Brugbou-intredewerkswinkel op 23 en 24 April 2016 by die Kunstekaap bygewoon en tydens die geleentheid mentorskapleiding ontvang het (foto verskaf).

Wat is die SBA se visie en hoe sluit dit aan by hierdie projek?

Hierdie nuwe visie van die SBA is deel van die transformasie van ons gemeenskap en  sluit sedert 2015 ‘n program bekend as Brugbou in om spesifiek die vaardighede in die Afrikaanse taal van graad 11- en 12-leerders te verbeter met die oog op tersiêre onderrig. Hierdie program is veral gerig op  leerders van skole op die platteland en in die bruin gemeenskap, waar die uitdagings besonder groot is en van wie ‘n besondere bydrae in die ekonomiese en sosiale groei van gemeenskappe verwag word.

Jongmense wat die Brugbou-intredewerkswinkel op 23 en 24 April 2016 by die Kunstekaap bygewoon en tydens die geleentheid mentorskapleiding ontvang het (foto verskaf).

Watter leerders word hierby betrek?

Brugbou is ‘n individuele mentorskapprogram gerig op matriekleerders wat op die basis van vroeëre slaagsyfers potensiaal toon om leiersfigure te word. In twee jaar het die program gegroei tot ongeveer 80 leerders in 17 skole, van Vredenburg oor Malmesbury en Worcester en Skurweberg tot Grabouw, die Paarl en Stellenbosch. Brugbou bly veral gerig op die Wes-Kaap omdat Afrikaans in hierdie gebiede vir baie leerders wat van die platteland af kom die aangewese taal van onderrig bly.

Mentors identifiseer die spesifieke taalbehoeftes van die leerders en werk met hulle individueel en ook in groepe gedurende 16 weke ter voorbereiding op verdere onderrig. Buiten taalvaardigheid bespreek die SBA ook ander uitdagings waarmee die leerder later sal worstel, soos studie- en vakkeuses, finansiële geletterdheid en sosiale aanpassing. Dít is nodig om die kanse op akademiese sukses van die leerders te optimaliseer en om so by te dra tot die vorming van leiersfigure.

Jongmense wat die Brugbou-intredewerkswinkel op 23 en 24 April 2016 by die Kunstekaap bygewoon en tydens die geleentheid mentorskapleiding ontvang het (foto verskaf).

Wie finansier die projek en wat is hulle rede?

Die Brugboumentorskapprojek se doelstellinge is presies ook een van die doelstellinge van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, wat onmiddellik die moontlikhede van brugbou aangevoel en ‘n verbintenis aangegaan het. Dit gee die SBA die kans om die basis van die  Brugboumentorskapprojek te versterk en om die program te laat groei in antwoord op die uitdagings, spesifiek in taalvaardigheid, wat binne die Afrikaanse gemeenskap van jong mense, veral op die platteland, vasgestel word.         

 

The post 'n Onderhoud oor die SBA se Brugboumentorskapprojek appeared first on LitNet.

Be active citizens

$
0
0

(’n Opsomming in Afrikaans volg hier onder)

There is an apt Afrikaans saying: “Jy is ’n yster.” Apt? Yes, because it was a steel-manufacturing company that sponsored the programme for Leadership Development and Academic Success staged at the ATKV Goudini Spa Holiday Resort from 20 to 22 July 2016. ArcelorMittal, the world’s leading steel and mining company, chose to sponsor young leaders for an intensive three-day programme run by the Frederik Van Zyl Slabbert Institute and the ATKV.

Folker Williams from the Frederik Van Zyl Slabbert Institute

Young people have always been involved in shaping societies. South Africa annually celebrates Youth Day and the Nobel Peace Prize committee recognised youthful leadership when they awarded the prize to Malala Yousafzai. All three organisations involved in the workshop had been working with young people for a while. ArcelorMittal is actively involved in training young people in maths and science, the Frederik Van Zyl Slabbert Institute for Student-Leadership Development has been active in developing young leaders from 2011 and the ATKV’s youth programmes go back many decades.

Seymour Bothman from the ATKV

Each of these learners is involved in the leadership structures of their school and often in their community as well. They do not come from the wealthiest schools in the country. The three schools involved in this pilot project are Kayamandi High School, near Stellenbosch, where the ATKV has been active, Diazville High School in Saldanha, which has close ties with ArcelorMittal, and Strand High School, where the Frederik Van Zyl Slabbert Institute has been piloting training programmes.

Young leaders with Melvina Mason Hearne (right) of the ATKV

The workshop in Goudini was not a one-off hit, it was one of seven contact sessions with the training partners. The first of these took place in February and the last will be towards the end of August. Yet being together and being exposed to the conference-style hospitality provided by the staff of the ATKV Goudini Spa Holiday Resort were clearly cherished by many of the young people. Most of them come from poor communities and being spoiled with good food and excellent accommodation was something to behold – not to speak of the amazing hot springs!

Hard work, but conference-style facilities

Yes, there was ample time to play in the hot baths, but during the day the young people worked hard.

On the first day they discovered what it meant to be an African in South Africa by seeing our country in a wider context.

Networking around good food

On the second day the principles and broad content of the South African Constitution were discussed before the Bill of Rights was scrutinised. The role of the youth in bringing about the changes in our country was also addressed. Thereafter the participants discussed modern movements like #RhodesMustFall and #BlackLivesMatter, before they looked at the media and the way ordinary people can be part of broadcasting change via social media.

The young people were then introduced to the National Development Plan. These two videos are an easy introduction – even adults can understand them!

Thandi's future is a rather stark introduction to the reasons we need a development plan.

Here Trevor Manuel explains the nine big challenges facing South Africa, as contained in the Diagnostic Report of the National Planning Commission.

Thereafter everybody was introduced to the Integrated Development Plan that every single municipality must produce.

 “Google IDP and the name of your municipality,” the young people were told. They did. It is something every single citizen should do. Politicians are quick to promise a lot of things, but each municipality’s IDP should bring positive results to our own neighbourhood, our own community, maybe even our own street. If our community is absent from the plan, we have the right – the duty, in fact – to address it. Each municipality has to have such a plan and each citizen must hold our politicians accountable to make sure that their IDP does not remain empty words.

Finding solutions

The last session ended with a challenge to the young leaders: What are the problems in your area and what can you do to make it better? The participants were impressive: teenage pregnancies, drugs, poverty, gangsterism, lack of internet access … These were but a few issues that were highlighted and a number of workable solutions were suggested.

The workshop ended with everybody saying “We can!” Can do what? We can make a difference. And we should. We should all be active citizens.

These young leaders are ysters. We should all aspire to be active in our communities, just as they are.

Xavier Lawrence from ArcelorMittal

Xavier Lawrence, the head of training and development at ArcelorMittal, closed the session with this tribute. He told the young leaders:

  1. I am jealous of:

– the opportunities you have

– the energy you have

– the future you are shaping.

  1. I am in awe of:

– the quality of our youth

– calibre of our youth,

– the energy of our youth

  1. I am amazed at:

– the challenges you face

– your tenacity and resilience.

  1. I am proud that our future is in your hands.

* * *

Leiers moet hoop verkondig en terselfdertyd ook uitdagings op so ’n wyse aanpak dat hulle ander kan oortuig daar is hoop. Dit is waarom hierdie werkswinkels plaasvind.

"Hoop is die gemene deler wat ryk en arm tot aksie kan laat oorgaan," het Stellenbosch se uitvoerende burgemeester, Conrad Sidego, op Maandag, 14 September 2015 tydens 'n ontbyt by die Avontuur-wynlandgoed gesê.

By daardie geleentheid het die Frederick Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling, verbonde aan die Stellenbosch Universiteit, en die ATKV met borge byeengekom om oor samewerking te gesels. Die Frederick Van Zyl Slabbert Instituut het kort tevore ’n loodsprojek begin by Strand Hoërskool en die ATKV was reeds betrokke by Kayamandi High School. ArcelorMittal, wat uiteindelik die projek sou borg, is betrokke by Diazville High School. Deur kragte saam te snoer kon hulle saam aan meer jong mense hoop bied.

Elkeen van die skole kry uiteindelik sewe kontaksessies met die aanbieders. Die naweek by die ATKV Goudini Spa was egter ’n hoogtepunt vir die leerders wat hard gewerk het gedurende die jaar.

Die sessies is in Engels gehou, aangesien nie almal Afrikaans en Xhosa goed kan praat nie, maar almal wat iets wou sê, is aangemoedig om dit wel in hulle moedertaal te doen en toe is daar getolk soos nodig.

The post Be active citizens appeared first on LitNet.

Die ATKV oor die Staatsteater in Pretoria en oor kunste in Suid-Afrika

$
0
0

Staatsteater (foto: www.statetheatre.co.za)

Die Staatsteater in Pretoria is vir baie die heel bekendste teater in die land, en is vir jare deur talle kenners as die hartklop van die kunste beskou.

Dié imposante teaterkompleks, met sy talle foyers, ouditoriums, verhoë, repetisielokale en massiewe werk- en dekorruimtes, is gebou op die ou Markplein in Pretoria vir gebruik deur die destydse Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (Truk). En soos dit ʼn teater met so ʼn glorieryke verlede betaam, was daar stoorkamers vol pragtige kostuums en interessante dekor en bykomstighede.

Personeellede van die Erfenisstigting het vroeër vanjaar ʼn welwillendheidsbesoek aan die Staatsteater gebring, en was diep onder die indruk van die ryk kulturele nalatenskap van ‘n vervloë era wat steeds daar gehuisves word, en van die harde werk deur enkele toegewyde personeellede. Dit het gelei tot ʼn spesiale uitstalling, gepas getitel Gloriedae: hoogtepunte uit die geskiedenis van die Staatsteater, wat tans in die Erfenissentrum by die Voortrekkermonument te sien is. Die uitstalling sluit besonderse kostuums, kunstige juweliersware en bybehore in, en uittreksels uit operas en toneelstukke word vertoon.

Tydens die amptelike opening van die uitstalling op Donderdag 21 Julie het Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, in sy toespraak ‘n oorsig van die teater se geskiedenis gegee. Die teater is in Mei 1981 tydens ʼn luisterryke geleentheid geopen, en die eer om die heel eerste woorde op die nuwe, baie moderne verhoog te kon uiter, het die geliefde veteraanakteur Siegfried Mynhardt toegekom. Hy het ook verwys na die uiteenlopende verskeidenheid produksies wat deur die jare in die Staatsteater opgevoer is.

“Maar ongelukkig het die Witskrif oor die Kunste in 1996 bepaal dat teaters voortaan slegs ‘n klein begroting van die staat sou kry, net genoeg om te betaal vir instandhouding en ‘n klein operasionele personeelkorps. Daar sou voortaan geen meer begrotings wees vir enige produksies nie.”

Teen Junie 2000 is die Staatsteater weens finansiële probleme gesluit, en ‘n ondersoek na korrupsie is van stapel gestuur. Dis op 4 April 2001 onder ʼn nuwe direksie en bestuur heropen.

Gouws het gesê dit is hartseer dat staatsbefondsing keer dat alle Suid-Afrikaners nie in die kunste kan deel nie. “In Suid-Afrika het ons ʼn ryk en diverse kultuur wat nie genoeg benut word om nasiebou en sosiale kohesie te bevorder nie. In ons kunste, nes in die ryk kultuur van ons uiteenlopende tale en kulture, lê daar baie potensiaal opgesluit. Nie net om mekaar se stories en geskiedenis te leer verstaan nie, maar ook as dit kom by werkskepping en sosiale entrepreneurskap.” Gouws meen dit is hoog tyd dat Suid-Afrikaners politici oorreed om ons diversiteit te aanvaar en eenheid deur ʼn dinamiese, inklusiewe kunste- en kultuurbedryf te bevorder.

“As ons ons land se leuse van eenheid in diversiteit wil waar maak, moet Suid-Afrikaners mekaar se diversiteite aanvaar. Ons elkeen moet bereid wees om ander landgenote se geskiedenis, erfenis, taal en kultuur se stories te respekteer en daarna te luister.”

Gouws het die Erfenisstigting gelukgewens met die uitstalling. “Ek hoop dat hierdie uitstalling, wat ‘n blik gee op ʼn deel van ons nasionale erfenis, ons almal sal aanmoedig om meer betrokke te raak. Nie net by die geskiedenis en die stories van die verlede nie, maar ook by die reusepotensiaal wat opgesluit lê in ons toekoms en ook in ons jeug.”

***

Peet Venter, deesdae meer bekend as ’n krimiskrywer by LAPA, was een van die ingenieurs wat verantwoordelik was vir die bou van die Staatsteater. Hy het oor al die projekte gedurende ’n loopbaan van meer as 50 jaar die volgende gesê: “Die een wat my die naaste aan die hart lê, is die Staatsteater in Pretoria. Dis nie ’n gebou wat mense insluk en agt, of meer, ure se werk van hulle vereis nie. Dis ’n plek wat mense verwelkom, hulle gemaklik laat voel, en ’n paar uur se genot aan hulle verskaf, iets moois vir hulle gee; soos ’n elegante gasvrou.”

 

The post Die ATKV oor die Staatsteater in Pretoria en oor kunste in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

In die afgelope maand was daar landswye ontsteltenis oor die manier waarop die nasionale uitsaaier sensuur toegepas en die #SAUK8 behandel het. PEN Afrikaans se beswaarskrif teen die afdanking van hierdie agt joernaliste is wyd op sosiale media gedeel en die bestuur bedank almal wat ons gehelp het om hieroor lawaai te maak. Ons het hierdie tweetalige stellingname ook aan die PEN International-sekretariaat in Londen gestuur wat dit verder met hulle internasionale netwerk gedeel het.

Dit is verblydend dat sewe van die agt joernaliste sedertdien in die hof geseëvier het, maar hierdie blatante pogings tot sensuur is gevaarligte wat geen samelewing ligtelik durf opneem nie.

Die aanslag op die redakteur van die Lesotho Times-koerant, Lloyd Mutungamiri, was verdere rede tot kommer oor die handhawing van persvryheid in Suider-Afrika. PEN Afrikaans het daarom saam met PEN South Africa, die Right 2 Know Campaign, Amnesty International en 15 ander organisasies die volgende gesamentlike verklaring onderteken: http://www.litnet.co.za/beswaarskrif-aanslae-op-joernaliste-en-persvryheid-lesotho/

Die agting vir menings- en uitdrukkingsvryheid is een van PEN International se kernwaardes en ons kan dus op hulle ondersteuning reken wat hierdie kwessies betref. Enige verdere voorstelle of terugvoer van ons lede in hierdie verband is egter baie welkom. 
 
AJV in Pretoria op 20 Augustus en die toeligting van enkele agendapunte

Hiermee word jy nogmaals hartlik uitgenooi na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2016.

Ons AJV word gehou op Saterdag, 20 Augustus, om 14:30, by die City Lodge Lynnwood in Pretoria tydens vanjaar se BoekeJol en FilmRolfees. (Klik op hierdie skakel vir die adres en aanwysings na die City Lodge Lynnwood.)

Die BoekeJol bied 'n vol en interessante program vir alle boekliefhebbers en ons is dus baie bly dat ons met vriendelike vergunning van die organiseerders in die hart van hierdie boekfees kan vergader. (Klik hier vir die BoekeJol se feesprogram.)

Toegang tot die jaarvergadering is uiteraard gratis, maar wees asseblief so vriendelik om te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon indien jy dit nie reeds gedoen het nie. Ons sal graag wil seker maak dat daar genoeg sitplek vir almal is. RSVP na penafrikaans@gmail.com

Die agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, 20 Augustus 2016, City Lodge Lynnwood, Pretoria

1. Verwelkoming
2. Verskonings en vasstelling van ’n kworum
3. Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
4. Voorsittersverslag
5. Tesourier se verslag
6. Bestuurder se verslag en vooruitskouing vir die volgende jaar
7. Verwikkelinge rondom kopiereghervorming: Watter gevolge kan die Copyright Amendment Bill vir skrywers en uitgewers inhou?
8. Taalregte en moedertaalonderrig: Watter veldtogte en organisasies wil PEN Afrikaans amptelik en aktief ondersteun?
9. Wysiging van PEN Afrikaans se grondwet ten einde ons belastingstatus as PBO (openbare weldaadsorganisasie) te behou 
10. Toekenning van ere- en lewenslange lidmaatskap 
11. Verkiesing van ’n nuwe ondervoorsitter
12. Algemeen

******
T.o.v. agendapunt 3: Indien jy nie die AJV op 20 Augustus kan bywoon nie, maar graag 'n ander lid volmag wil gee om namens jou te stem, kan jy dit doen deur hierdie volmagvorm af te laai. Onderteken asseblief die volmagvorm, skandeer dit en stuur dit dan as aanhegsel per e-pos na penafrikaans@gmail.com voor of op 18 Augustus 2016.
Let wel: Slegs opbetaalde lede het stemreg by die algemene jaarvergadering.

T.o.v. agendapunt 7: PEN Afrikaans het op 19 Julie saam met PEN South Africa hierdie verklaring oor nuwe verwikkelinge rondom die beplande wysiging van Suid-Afrikaanse kopiereg uitgereik. Die beplande wysiging kan verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers hê. PEN Afrikaans sal dus in samewerking met PEN SA en ander belangegroepe skrywers en uitgewers op hoogte van sake hou en enige wetsontwerp wat vir skrywers en uitgewers nadelig is, beveg.

Ons hoop dat ons teen 20 Augustus meer nuwe inligting oor die gewysigde Copyright Amendment Bill sal hê. Marga Stoffer sal die jongste inligting by die AJV met lede deel en in 'n bespreking vrae beantwoord. Indien jy vrae of voorstelle oor hierdie onderwerp het en nie die AJV kan bywoon nie, stuur dit asseblief na penafrikaans@gmail.com

T.o.v. agendapunt 8: 

PEN Afrikaans se bestuurder, Danie Marais, was die afgelope jaar saam met verskeie ander lede van PEN Afrikaans, waaronder Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Abraham de Vries, Ebbe Dommisse, Hermann Giliomee, Sonja Loots en John Miles betrokke by veldtogte soos Gelyke Kanse en 'n Kans in Afrikaans waarmee daar gepoog is om die Universiteit Stellenbosch op demokratiese wyse te oortuig om weer te besin oor sy taalbeleid. Conrad Steenkamp was as lid van PEN Afrikaans en as uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad ook aktief betrokke - veral by 'n Kans in Afrikaans.

Die US-Raad het desnieteenstaande op 22 Junie 'n nuwe taalbeleid aanvaar wat Afrikaans sy gelyke status aan die Universiteit Stellenbosch ontneem. Die bestuur van PEN Afrikaans meen hierdie verlies aan status benadeel enersyds die toekoms van die Afrikaanse letterkunde en joernalistiek en vrees andersyds dat besluite soos hierdie noodlottige gevolge vir Afrikaanse skole en die kans op moedertaalonderrig vir almal in Suid-Afrika kan hê. (Die bestuur se volledige stellingname kan hier gelees word.)

Aangesien konsensus oor hierdie brandende én ingewikkelde aangeleentheid nie veronderstel kan word nie, wil ons by die AJV spesifiek gesels oor verdere betrokkenheid en die pad vorentoe. 

Deur sy grondwet en affiliasie met PEN International is PEN Afrikaans sowel verbind tot die bevordering van menings- en uitdrukkingsvryheid as tot die handhawing en uitbou van taalregte. Ons wil dus nie enige spesifieke opvatting oor die rol van Afrikaans as onderrigtaal aan enige iemand voorskryf nie, maar as PEN-sentrum ondersteun ons PEN International se Girona-manifes oor Taalregte wat onder meer verklaar dat taaldiversiteit ’n wêrelderfenis is wat gekoester en beskerm moet word. (Die volledige manifes kan hier gelees word.)

Die vraag is dus nou in watter vorm en tot watter mate behoort PEN Afrikaans as organisasie gemoeid te wees met die handhawing en uitbou van Afrikaans as onderrigtaal? Uiteindelik staan PEN Afrikaans in diens van sy lede en kan daardie lede demokraties bepaal wat die prioriteite van sy verkose bestuur behoort te wees.

Ons wil dus ná 'n geleentheid tot bespreking lede kans gee om te stem oor die volgende:
Behoort PEN Afrikaans betrokke te raak by 'n kwessie soos die taalbeleid van universiteite indien die status of aanbod van Afrikaans daardeur geraak word?
Watter veldtogte en/of organisasies behoort PEN Afrikaans aktief te ondersteun wanneer dit oor taalbelange en taalregte gaan?

Indien jy nie die AJV kan bywoon nie, is jy baie welkom om elektronies jou mening oor hierdie aangeleentheid te lug. Skryf asseblief vir ons na penafrikaans@gmail.com

(Let wel: In die eerste weergawe van die agenda het ons ook gevra: "Wil ons ’n resolusie in 2017 aan PEN Internasionaal se kongres voorlê waarin ons protes aanteken teen die regering se onwilligheid om grondwetlike taalregte te beskerm en daarmee vra vir die ondersteuning van die internasionale PEN-gemeenskap?" Intussen het die Vrystaatse Hooggeregshof egter beslis dat die taalbedeling aan die Universiteit van die Vrystaat ongrondwetlik is en neerkom op 'n flagrante skending van die grondwetlike taalregte van Afrikaanse studente. Dit sou dus raadsaam wees om te wag op soortgelyke uitsprake en die reaksie van die betrokke instansies daarop voordat PEN Afrikaans hom aan PEN International se kongres wend.)

T.o.v. agendapunt 10:

Volgens die reglement in ons grondwet word lewenslange lidmaatskap "deur die Kongres [AJV] aan ʼn gewone lid of ʼn gewese gewone lid toegeken as erkenning van volgehoue toewyding aan die Vereniging en sy doelstellings". 

Die bestuur wil voorstel dat lewenslange lidmaatskap vanjaar aan Naas Steenkamp toegeken word vir die groot rol wat hy as bestuurslid en tesourier in PEN Afrikaans se stigting en fondswerwing gespeel het. Hierdie toekenning sal by die AJV kortliks gemotiveer en deur 'n stemming bekragtig word.

Ere-lidmaatskap word volgens ons grondwet "aan ʼn persoon toegeken wat nie ʼn gewone lid van die Vereniging is nie, as blyk van waardering en erkenning vir die persoon se bydrae in die belang van PEN Afrikaans".

Fanie Olivier, self 'n lewenslange lid van PEN Afrikaans, het voorgestel dat ons vanjaar ere-lidmaatskap aan Margot Luyt en Karen Meiring toeken vir die groot rol wat hulle in die bevordering van die Afrikaanse letterkunde speel. Ook hierdie nominasies sal by die AJV kortliks gemotiveer en deur 'n stemming bekragtig word.

T.o.v. agendapunt 11:

Ongelukkig het Bettina Wyngaard in Julie as ondervoorsitter van PEN Afrikaans bedank. Sy sien nie tans kans om verder op die bestuur te dien nie. Bettina het die afgelope paar jaar ’n baie belangrike rol binne PEN Afrikaans vervul en haar vertrek laat 'n groot leemte.

Bettina, ons sê hiermee amptelik baie dankie vir jou bydrae tot ons aktiwiteite. Jy het waardevolle raad en dryfkrag gegee. Om nie te praat van al die kere wat jou insig en ondervinding ons op ’n wettiese koers geplaas en gehou het nie. Mag jou skrywersloopbaan van krag tot krag gaan.

Ons nooi lede hiermee uit om voorstelle vir hierdie bestuursposisie te maak. Die bestuur het reeds vir Marga Stoffer gevra of sy haar verkiesbaar sal stel en ons is baie bly daaroor dat sy ingewillig het. Ons sal egter ook ander voorstelle vir kandidate verwelkom. Stuur asseblief e-pos na penafrikaans@gmail.com indien jy iemand anders vir die posisie van ondervoorsitter wil nomineer. 

Nuwe Afrikaanse boeke in Augustus

Laastens is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het. Augustus se publikasielys kan hier afgelaai word.

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2016 appeared first on LitNet.


Onderhoud: Andy Paulse oor sy digbundel, Ons

$
0
0

Foto: http://www.afrikaans.com/

Andy Paulse vertel vir Naomi Meyer van sy digbundel Ons.

Hallo Andy, jou digbundel Ons is op 9 Augustus 2016 bekendgestel. Vertel asseblief vir ons lesers van jou?

Ek is Andy Paulse, en is op ’n plaas in die Koue Bokkeveld gebore en getoë, iemand wat daarvan hou om woorde in te span dat dit uiteindelik kunswerke word. Ek het in 1984 aan die Senior Sekondêre Skool Fred Gaum in Ceres gematrikuleer. Al was my ouers plaaswerkers, het hulle groot drome vir hulle seun gekoester en na skool het ek ingeskryf by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dit was in die tyd van boikotte en betogings en na ses maande het ek huis toe gekom.

Hierna sluit ek by die Suid-Afrikaanse Polisie aan vir ’n tydperk van sewe jaar. Die boerdery en die plaaslewe het hard bly roep en in 1991 word ek toesighouer by Westland Boerdery. Ek sou nog twee maal na ander plase skuif voordat ek in 2006 geland het by die plaas waar ek geweet het ek graag sal wil aanbly: Ceder Fruit Farm.

Ek het hier begin werk as ’n besproeiingsvoorman, maar tans is ek produksiebestuurder op die plaas. Die besigheid, wat aanvanklik uit vier plase bestaan het, het deel geword van ’n bemagtingsprojek. Tans is daar ses plase wat deel vorm van Bokkeveld Partnership en die werkers besit 40 persent van die aandele in die vennootskap. Ek is die voorsitter van die Bokkeveld Werknemers Trust en ek verteenwoordig ook die Trust as direkteur op die Bokkeveld Partnership-direksie. Ek glo dat indien my pa vandag nog gelewe het, hy my voorwaar ’n klop op die skouer sou gee vir dit wat ek in die afgelope paar jaar vermag het.

Ek is getroud met Katriena en ons het drie kinders. In die eensame wêreld waar ons woon, ver van die stad en al sy bedrywighede, hou ek baie daarvan om te sit en skryf wanneer ek die kans kry.

Op ’n dag het ek een van my gedigte op Facebook gelaai, en dit het ’n hele kettingreaksie tot gevolg gehad. Ek is genooi om aan te sluit by ’n groepie digters op Facebook, Solovlug, en later het ek ook by ander groepe wat fokus op digwerk aangesluit.

In 2013 het ek ingeskryf vir ’n kursus by die Carpe Noctem Digkuns Akademie, aangebied deur Nini Bennett. Ek het uitstekend met die kursus gevaar en word in 2014 aangewys as die digter van die jaar by die Carpe Noctem Digblad.

Deel van die prys was ’n kontrak om my debuutbundel in drukvorm uit te gee, en dis waar die digbundel Ons ontstaan het. Van my gedigte en prosa is al in verskeie ander bundels opgeneem.

Ek verwys na myself as ’n klong uit die Bokveld, en het ’n besondere waardering vir my ouers by wie ek ’n diep liefde vir Afrikaans geleer het. Behalwe my liefde vir my vrou en my kinders, staan Afrikaans volgende in die ry. Rugby moet maar agter dit inval.

Ek het baie respek vir iemand soos Adam Small en probeer met my eie skryfstyl om ook te skryf soos wat daar in die Koue Bokkeveld gepraat word. Die gedig moet nie net uit my mond uitkom en van my tong afrol nie. Dit moet uit my hart kom en daarom skryf ek soos die Bokvellers hom praat. Dit is immers hoe my ma Afrikaans vanuit haar moederskoot in my mond gelê het. Heerlike Bokveld-Afrikaans.

Waaroor handel jou bundel? Waaroor skryf jy graag?

Ek skryf graag oor ons mense in landelike gebiede, veral diegene op plase wat as speelbal deur ander, soort van, op vele maniere uitgebuit word. En hier verwys ek geensins na kleur nie. Hoegenaamd nie. Ons mense kan vir onsself dink en handel. Hierdeur probeer ek ‘n stem wees vir diegene wat nie namens hulleself kan praat nie. Die afgeskeeptes, mishandeldes ens. Armoede, kleur, ontkenning, miskenning ens “kykie byrie gesig’ie, as hy jou wil hê da vat hy jou”. Of jy daarvan hou of nie, sukses en groei is vir niemand gewaarborg nie. Dit word bereik deur harde werk en baie deursettingsvermoë. Daarom dat die titel van die bundel Ons is, sodat almal hulself daarmee kan vereenselwig.

Jou digbundel is op Vrouedag by die Kunstekaap bekendgestel. Hoe voel jy as haan tussen die henne daaroor dat hierdie spesiale dag ook die dag is wat jou digbundel verskyn?

Dit was definitief ‘n lekker “haan onder die henne”-gevoel vir my, omrede daar soveel henne is wat ‘n rol in my lewe gespeel het, en nou nog speel. Hier dink ek sommer onmiddellik aan my ma (aan wie die boek ook opgedra is), my vrou en twee dogters, en vier kleindogters, my suster en skoonsusters, en dan ook my mentors Nini Bennett en Diana Ferrus. Dit is laasgenoemde twee vroue wat die saadjie om te skryf behoorlik laat ontkiem het. Sonder hulle sou ek ‘n nul op ‘n kontrak wees.

Deel asseblief een van jou gunsteling-gedigte uit jou digbundel met ons lesers? 

Ôs

ôs issie kinners vannie grond
die blackberry chatters haasbeksmilers
wat skarrel virre stukkie brood airtime
enne gatejeans mette fake brand oppie sak

spore va ôs ouers lê oppie kerkgrond rond
stofbedek gemix mette va riebeeck
khoi san enne geelblond duits hollandse pama
’n snaphaan is deur ôs hanne houvas
later deure world war groot depressie griep
en aparthyt om ôs nekke gehang

die brinks smalls breytenbachs boesaks
woorde op papier in pyn-ink gedoop
anie wêreld verkoop vertel ôs storie
baar trane berou enne lyklathaal inne fancy kis
yte wegkrypland watte begraweland word

ôs colour isse issue mettie einastrepies op
inbetweeners wat oppie rand vannie mirrel sta
diekantoe enne daaikantoe issie genoeg’ie
disse dasbesluit mette twaalftaal aksent
fancy woorde enne spekvet beursie
wat in ôs id’s ko krap

klipkap hanne ’n deurie traliekyk gesig
het ôs tronksel raakgesien en ytgebreek
na sewe en twintig jaar die kers doodgeblaas
‘n balb ingesit ‘n lyf ‘n stem gegee
die donkerbril afgehaal ennie oë lat oopgan

nousit anners va riebeeck kry’rie skuld
assitie so wassie sy skippietjies verbygehou het
het amacoloured nou in duitswes sy lê gekry

ôs issie kinners vannie grond
ôs bloed lê in Suid-Afrika rond

Waar kan mense jou bundel koop?

Die bundel was te koop by die bekendstelling van die boek op Vrouedag by die Kunstekaap in Kaapstad. Die verkope word behartig deur Clarke’s Bookshop in Kaapstad en ‘n paar is ook by Protea Boekwinkel in Stellenbosch en die Ceres Togryers Museum beskikbaar. Ek het ook nog ‘n klompie by die huis.

Aangehaal uit stories en annerlike goeters

14 Oktober 1966. Dalk ‘n dag sonder enige betekenis vir ander, maar vir Andries Hermanus en Katrina Paulse, brandarm plaaswerkers van die Koue Bokkeveld, ‘n heuglike een met die geboorte van ‘n seun, Andreas Hermanus. Hy is die tweede van vyf kinders wat uit hierdie huwelik gebore is, vernoem na sy pa. Onder naby familie bekend as Broer, onder ander, bekend as oompie Ampie of Neef. Pappa Ampie was die seun van ‘n skaapwagter van Elandskloof daar neffens Citrusdal, wat ook maar agter beter lone aangetrek het.

Katrina, oudste dogter van oupa Hottie en ouma Sarah, dra die naam Tikka. Sy was ‘n nooi Coetzee daar uit die Cederberge se wêreld. As kind was die verbintenis tussen Tikka en Katrina nooit aan ons verduidelik nie. ‘n Vrou, ongetwyfeld enig in haar soort, wat pappa Ampie se hart kon steel. Haar deugde het geen einde geken nie, van bobaaskok tot voorslag-uieplanter en voorsanger in meester Nel se koor. Haar hande het eenvoudig vir niks onder hierdie son verkeerd gestaan nie. Harde werk het haar nie afgeskrik nie. Sy is grootgemaak daarvoor. Gysbert du Toit III beskryf in sy boek Gehaltekruin: 1930 – 1990 DuToit die werksomstandighede van destyds: “Op Kromfontein het die klok soggens om 3-uur gelui, dan kom die mansmense en begin appels opvrywe om sodoende ‘n voorraad op te bou vir die dag se pak. Ligdag gaan die mansmense appels pluk en dan neem die ouer kleurlingvrouens en kinders hierdie werk oor.” Klinkklare bewys dat niks ontsien is, en geen taak te groot was om vir ons kinders ook ‘n plekkie in die son te beding nie. Haar positiewe uitkyk op die lewe kry betekenis in haar liefde vir sang, en veral vir die Sionsgesang “Blye versekering Jesus is myn”. Dit sou ook ons afskeidslied wees toe ons haar aan die Hemelse Vader terugbesorg. Met verwysing na Meester Nel haal ek die volgende aan uit Gysbert du Toit III se boek. “’n Geskiedkundige gebeurtenis het die pakstoor op Kromfontein te beurt geval toe die eerste Staatspresident, Sy Edele, Advokaat CR Swart, die pakstoor besoek het gedurende die pakseisoen van 1962. Die groot swart ampsmotor het tot binne in die pakstoor gery! Meester Nel is deur die Staatspresident met die hand gegroet. Vir hom soos hy dit gestel het die grootste oomblik in sy lewe!”

Nog was dit nie al wat pappa Ampie en mamma Tikka moes deurmaak nie. Tyd vir kindwees was daar nie veel nie. Hulle moes reeds op ‘n baie jong ouderdom help om die pot aan die kook te hou. Gysbert du Toit III maak ook melding van die werk wat deur die skoolhoof en skoolkinders op Kromfontein gedoen is. “Elke namiddag het die prinsipaal van die kleurlingskool op Kromfontein, Meester Nel, ook met hierdie funksie (die skryf van tickets) gehelp. Die kleurlingskool het gedurende paktyd ook soggens vroeër begin, sodat van die groter skoolkinders namiddae vroeër kon help in die pakstoor, asook in die boord. In die boord het hulle gehelp met die opdra van kissies sodat die kleurlingmans kon help pluk.”

Willem Adriaan en Cathrine Gertrude Marilyn, oudste seun en jongste dogter het die gesin voltallig gemaak. Willem Adriaan is vernoem na pappa Ampie se broer, Willem. Hy’t later Wimpie geword. As ek nou daaraan dink was die engelse Cathrine Gertrude Marilyn dalk die enigste luukse wat pappa Ampie en mamma Tikka waarskynlik kon bekostig. Dalk was hierdie einste engelse benaming ‘n versugting na beter omstandighede, die engelsheid daarvan het dalk vertroosting gebied vir die feit dat sy op ‘n plaas sou opgroei en moontlik verdoem sou wees tot dieselfde omstandighede waaraan hulle gewoond was. Engels wees en engels praat was immers gesien as ‘n statussimbool. Geen wonder pappa Ampie se neef, Jan Tarrieks het my ook Andy McDonald genoem nie. Jan het reeds sedert sy kleinklonkie en natpiepie jare hierdie ding oor name gehad. So byvoorbeeld het hy sy klonge Skirimpischimp, Tjoekelakkie en Ketoet genoem. Gerieflikheidshalwe verswyg ek liewer die geskiedenis van Wimpie se tartnaam, Anneries Beesklou, met verwysing na die uwe. Wat my betref moes dit soos André P Brink se “Kennis van die aand”, summier verban gewees het. Dan was daar nog Lucy van wie ek nie veel kan onthou nie en ook George, wat na oupa Hottie vernoem is. Hulle het ons reeds op baie jong ouderdomme ontval. George, of Georgie, soos ons hom genoem het, was omtrent deur almal in die familie bederf. Hy sou beslis ‘n haan onder die henne gewees het. Sou, ja ongetwyfeld as hy nog geleef het. Die bietjie onthou wat ek van hom het, is die keer toe ek byna ons huis afgebrand het toe ek my skoene onder die bed met ‘n brandende kers gesoek het. Georgie het op daardie oomblik op die bed gelê. Gelukkig vir my was dit nie fataal nie, en kon ons die vlamme gou blus. Natuurlik met die nagevolge van ‘n brandende agterstewe. ‘n Geraamde portret is al wat ons nog vandag van Georgie oor het.

Met net standerd vier kon pappa Ampie en mamma Tikka nie juis hoop op ‘n ander lewe beter as die op ‘n plaas nie. Albei het egter iets van onskatbare waarde gehad wat niemand hulle kon ontneem nie: Die droom om, ten spyte van hulle meer as beskeie en arm lewensomstandighede, hard te werk om vir hulle kinders ‘n plekkie in die son te bewerkstellig.

‘n Gesin van vyf, gebore en vergestalt in vyf paragrawe.

 

The post Onderhoud: Andy Paulse oor sy digbundel, Ons appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2016 – Finaliste

$
0
0

ATKV-Woordveertjies 2016 – Finaliste
(Alfabeties volgens van)

ATKV-Prosaprys

  • Die verdwyning van Billy Katz – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Split – Debbie Loots (Queillerie)
  • Boomkastele – Schalk Schoombie (Human & Rousseau)
Boekresensie: Die Verdwyning van Billy Katz deur Chris Karsten

Org Potgieter
Resensies

"'Karakters dryf my stories, nie gebeure nie. Ek hou veral van karakters wat bietjie afwyk van die geykte vorm en wat gedryf en gemotiveer word deur ou spoke wat soms vir hulle bekend lyk, soms onbekend.' En dit werk!"

Boekresensie: Split deur Debbie Loots

Elsibe Loubser
Resensies

"... dit is ’n boek vir belese mense, mense wat hou van intellektuele prikkels, wat oor die samelewing nadink, wat oor verhoudings en kwessies van seksualiteit nadink, wat hoop om intelligente afleidings te maak."

Resensie: Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens deur Schalk Schoombie

Johan Anker
Resensies

"Boomkastele, die debuutroman van Schalk Schoombie, is tegelykertyd 'n moderne sprokie, 'n roman oor die lewe in die stad en 'n versameling van 'n verskeidenheid hedendaagse tekste wat op verrassende wyse in die lewe van uiteenlopende karakters geïntegreer word ..."

Prys vir Liefdesroman

  • Toe Elvis ophou sing – Juanita Aggenbach (Protea Boekhuis)
  • Immer wes – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)
  • Gelyke kans – Santie van der Merwe (LAPA Uitgewers)
Boekresensie: Toe Elvis ophou sing deur Juanita Aggenbach

Maryke Roberts
Resensies

"Toe Elvis ophou sing gee ’n binnekyk in alkoholisme en die uitwerking daarvan op ’n gesin – hoewel Melanie se karakter die sentrale fokus is."

Boekresensie: Immer wes deur Irma Joubert

Elbie Adendorff
Resensies

"Immer wes verwoord nie net die verhaal van ’n vrou in oorloggeteisterde omstandighede nie, maar verwoord veral die verhaal van hoop en ’n toekoms uit oorlog uit."

Tien vrae: Santie van der Merwe oor gelyke kans

Santie van der Merwe, Naomi Meyer
Onderhoud

"Jy kan tog nie 'n geloofwaardige karakter skep as jy jouself nie in sy of haar skoene kan indink nie. Dit was vir my skrikwekkend om te dink hoe maklik dinge kan skeefloop."

Prys vir Poësie

  • vry- – Gilbert Gibson (Human & Rousseau)
  • Takelwerk – Daniel Hugo (Human & Rousseau)
  • Bladspieël – Marlise Joubert (Human & Rousseau)
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson

Natie Botes
Resensies

"Ek het gestem, ek het ’n stem. Ek is dus vry.

Of is ek net kwansuis
vry-?"

En so is Vry-.

Resensie: Takelwerk deur Daniel Hugo

Danie Botha
Resensie

"Maar lees nou hierdie digbundel van Daniel Hugo, of net maar 'Stellenberg se eik' (56). Dan het ’n mens mos hoop. Dan kan jy nog die krag van Afrikaans so duidelik ervaar. Jy gaan oor tot verstáán."

Boekresensie: bladspieël deur Marlise Joubert

Philip John
Resensies

"bladspieël bevat uiters toeganklike, maar tog treffende poësie waarvan die trefkrag net toeneem met elke herlees."

Prys vir Romanses

  • Liefde vir ’n vuurvreter – Didi Potgieter (Romanza)
  • Maskers – Cynthia Robertson (Romanza)
  • Liefde in laslap – Elsa Winckler (Satyn)

Prys vir Spanningslektuur

  • Die verdwyning van Billy Katz – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Skuldig – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
  • Skarlaken – Irma Venter (Human & Rousseau)
Boekresensie: Die Verdwyning van Billy Katz deur Chris Karsten

Org Potgieter
Resensies

"'Karakters dryf my stories, nie gebeure nie. Ek hou veral van karakters wat bietjie afwyk van die geykte vorm en wat gedryf en gemotiveer word deur ou spoke wat soms vir hulle bekend lyk, soms onbekend.' En dit werk!"

Resensie: Skuldig deur Martin Steyn

Jonathan Amid
Resensie

"Skuldig is met tye ’n genadeloos intense roman wat die leser se morele kompas stuk vir stuk aftakel en doelbewus met meer vrae as antwoorde laat."

Boekresensie: Skarlaken deur Irma Venter

Madri Victor
Resensies

"En met elke boek karteer sy skynbaar moeiteloos en met groot sukses ʼn nuwe gebied op die krimilandskap."

Prys vir Dramateks

  • Amper, Vrystaat – Antoinette Louw, Milan Murray, Nico Scheepers, Cintaine Schutte
  • Rooivalk – Nico Scheepers
  • Blaai om – Marcel Spaumer

The post ATKV-Woordveertjies 2016 – Finaliste appeared first on LitNet.

Please help, God bless

$
0
0

Frederick J Botha het met sy kortverhaal “Please help, God bless” die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2016 gehaal. Klik hier vir nog inligting.

Soos wat die spoedgrensbordjie waarsku, ry ek teen 60 km/u in Beyers Naude af. Links van my is die Johannesburg Botaniesetuin waar pensionarisse met hul honde stap en gesondheidbewustes in duur oefenklere draf. Aan my regterkant lê Wesparkbegraafplaas waar nuwe hopies grond besig is om al hoe nader aan die heining op te stoot.

Terwyl ek wag vir die rooi verkeerslig by die kruising van Beyers en Judith om oor te slaan na groen, druk ek die volumeknoppie van die motorradio op die stuurwiel. Op Jacaranda is Good Morning Angels aan die gang waar die nuwe Mej Suid-Afrika besig is om, met die komplimente van Suid-Afrika se gewildste selfoonnetwerk, R10 000 aan die tienjarige Rochelle van Benoni te skenk. Rochelle ly aan ernstige skeelheid en moet ’n dringende oogoperasie van derduisende rande ondergaan om totale blindheid te voorkom.

“Elke bietjie help, nè Rochellie,” snik die radio-omroeper.

Die verkeerslig slaan oor na groen en die twee motors voor my begin beweeg. Ek ry verby die bord wat my in Melville verwelkom, om die draai wat in Main Road verander. Langs die Eben Cuyler Park-sportgronde druk ek nog ’n knoppie op die stuurwiel en skakel oor na 94.7 Highveld Stereo. Een van die omroepers is besig om ’n poets te bak op die leier van die opposisieparty deur voor te gee dat hy president Barack Obama is wat hom wil gelukwens met die uitstekende werk wat sy party verrig.

Soos ek by die verkeerslig by die kruising van Main Road en 4de Laan stilhou, verander ek van stasie en skakel in op RSG waar Lynette Francis op Praat Saam met ’n sielkundige gesels oor die onderwerp van tienerselfmoord. Dis 08:16 en op die sypaadjie aan my linkerkant, voor die winkel wat tweedehandse kantoormeubels verkoop, is ’n groepie haweloses besig om wakker te word. Stadig kom hulle orent van onder hul kartonbokse soos wat taxi’s verby hul jaag. Die taxibestuurders blaas toeters, ignoreer die rooi verkeerslig, en druk deur die verkeer in 4de Laan om reg voor Adult World en Absa te stop sodat hulle nóg passasiers in hul reeds oorvol bussies kan prop. Aan my regterkant begin die besigheid momentum kry by Mays Chemists en die Super Spar-kompleks.

Die opvangs van die radio word swak en ek skakel oor na 5FM, dan probeer ek Classic FM, maar die gesuis is aan die toeneem. Die verkeerslig verander na groen en ek ry verby Catz Pajamaz, Stones en die Supa Quick-bandeplek. My spoed word verbreek deur ’n Tuk-Tuk-karretjie wat in my baan indraai en die opdraande uitsukkel. Ek druk nog ’n knoppie op die stuurwiel en verander van radio na die MP3-speler.

Ek oorweeg nog ’n ooreenkoms met die swart kruisies op my almanak, kletsrym Jaco van der Merwe van Bittereinder.

Die verkeerslig by die kruising van Main Road en 1ste Laan is groen en genadiglik draai die Tuk-Tuk links af verby Postnet. Net soos wat ek weer begin spoed optel, draai ’n taxi vanuit die regterbaan voor my in en gaan staan stil om ’n passasier op te tel. Ek vloek, druk my toeter, lig my hande in ongeloof en frustrasie, en wag dat iemand in die regterbaan so gaaf sal wees om vir my plek te maak. Uiteindelik gee ’n man in ’n rooi Toyota Corolla vir my plek, en soos ek om die draai Aucklandpark binnery, begroet die Sentech-toring en die groot geel M van McDonalds my. Op een van die lamppale aan my linkerkant lees ek die nuusopskrif van Daily Sun: My punani doesn’t eat pap!

Ek is tydloos en tydelik, ’n silwerskoon almanak, kletsrym Jaco van der Merwe verder.

Soos ek aangery kom verander die verkeerslig by die kruising van Kingsway Avenue en University Road van groen na oranje en ek verminder my spoed. Ek kom tot ’n stilstand tussen Campus Square en die Goodbye from Melville-bord.

Aan my linkerkant, op die middelman, is ’n draadheining wat ’n paar maande terug deur die munisipaliteit opgerig is. Die aanvanklike idee was om die massas studente te keer wat van die ander kant af wil oorbeweeg, al die pad oor na Campus Square en die bushalte. ’n Handjievol gebruik wel die sebrastrepe om die pad oor te steek en gevolglik daardie ekstra paar meter na die winkelsentrum se ingang of die bushalte te loop, maar die meerderheid beweeg steeds tussen die motors deur, al langs die beperkte spasie tussen die motors en die draadheining af. Kortpad. Versigtig trap-trap hulle op die wit klippe langs die heining wat veronderstel is om estetiese waarde te verleen aan hierdie konstruksie wat sou kon herinner aan iets vanuit die Joodse-konsentrasiekampe in die Tweede Wêreldoorlog. Die bedoelde estetika word egter gekniehalter deur die sigaretstompies, Simba-skyfiespakkies en ander rommel wat tussen die wit klippe lê en teen die heining vasklou, saam met die onkruid wat plek-plek deurgroei.

The animals, the animals. Trapped, trapped, trapped ’till the cage is full, begin Regina Spektor sing.

In my truspieëltjie hou ek studente dop wat aangestap kom en versigtig tussen die noue spasie tussen die ry motors en die draadheining beweeg. Met ’n arendsoog maak ek seker dat hulle nie my motor met hulle skouersakke krap nie.

The cage is full. The day is new. And everyone is waiting, waiting on you. And you’ve got time!

In die hoek van my oog sien ek ’n bedelaar aan die linkerkant van my motor aanbeweeg kom. Al laggend loop hy tussen die motors wat by die verkeerslig ophoop. Ek sien sy linkerarm is geamputeer. Met sy regterhand klop hy teen die motors se vensters en hou dit dan bak sodat die motoriste munte daarin kan gooi. Sy groot, skewe skitterwit tande word beklemtoon deur sy songelooide vel. Soos hy nader beweeg word sy glimlag al hoe meer prominent. Sy grys hemp is slordig by sy swart broek ingesteek. Die moue is opgerol. Selfs die linkerkantste een; tot net onder sy stompie waar die opgerolde stuk mou papperig hang weens die afwesigheid van ’n elmboog en voorarm. Aan sy skurwe voete dra hy bruin sandale met sy tone wat oorsteek.

Dis die eerste keer wat ek hom hier sien. Gewoonlik is hierdie die staanplek van ’n ou vrou wat, op die kleinste bordjie wat sy in die hande kon kry, haar lot oor geen werk en kos bekla terwyl sy verwytend na die motoriste staar. Ek wonder of bedelaars staanplekke uitruil. Het hul gemeenskapsvergaderings waartydens hulle terugvoer gee oor ideale staanplekke vir optimale bedelary? Hou hulle dinkskrums vir metodes oor hoe hulle motoriste sommer diep in hul beursies kan laat grawe?

Ek besef hierdie bedelaar, wat nou by my motorvenster aan die passasierskant staan, het nie eers ’n bedelbord nie. Die vermetelheid! Wat het geword van ’n bietjie inisiatief voor die dag lê? Hoe moeilik kan dit nou wees om ’n bord met een hand vas te hou?

Die bedelaar druk die munte wat die vrou in die pienk Opel Corsa vir hom in sy regterhand gooi in sy broeksak. Met dieselfde hand trek hy van agter sy rug ’n CAR uit sy broek uit. Met sy een hand skud hy die tydskrif oop en soos hy die oop bladsye nader aan sy gesig bring, beweeg sy stompie opgewonde op en af. Hy trek die tydskrif weg van sy gesig en dan sien ek sy glimlag wat nog méér tande ontbloot. Elke bedelaar staan seker by verkeersligte vir hul eie redes, vermaak ek myself.

Net voor die verkeerslig na groen oorskakel, verbeel ek my dat ek ’n knop voor in sy broek sien, maar ek is reeds in Kingsway Avenue met my flikkerlig wat aandui dat ek by die universiteitshek gaan indraai.

Ná daardie oggend, altyd op pad werk toe, is ek bewus van die bedelaar by die verkeerslig voor die universiteit. Altyd met ’n glimlag. Ek raak bewus van sy voorbarigheid om teen motoriste se vensters te klop en te beduie dat hul die venster moet afdraai. Deur ’n skrefiebreë opening knoop hy al te vriendelik geselsies met die motoriste aan. Party ignoreer hom, ander jaag hom weg, en daar is selfs die paar wat deelneem aan sy lawwigheid en hom vermaak. Hy het altyd dieselfde grys hemp en swart broek met bruin sandale aan; altyd die tydskrif wat agter in sy broek ingedruk is; die stompie wat op en af beweeg. En altyd die knop voor in sy broek.

Die eerste keer toe ek die knop gewaar het, het ek myself vertel dat ek net verkeerd gekyk het. Maar die volgende kere was die bultende knop uiters opmerklik. Toe ek uiteindelik die bevestiging kry dat dit onmiskenbaar ’n ereksie is, het hierdie beeld my eindelose plesier begin verskaf. Elke oggend het ek in ’n lagbui uitgebars wanneer ek sien hoe hy vermoedelik ongeërg tussen die motors beweeg. Wanneer ek uiteindelik op kampus parkeerplek gekry het, het ek altyd gewonder wat die rede vir sy ereksie kon wees. Sou dit die uitwerking wees ten aanskouing van die vroulike (of dalk manlike?) motoriste? Of dalk die opgewondenheid en entoesiasme oor sy bedelaarsdroom in CAR? Dalk is dit net sy welbedeeldheid wat deur ’n gebrek van ’n ondersteunende onderbroek as ’n ereksie voorkom?

Dit het my begin pla dat ek skynbaar die enigste motoris is wat enigsins bewus is van die knop voor in sy broek. Later het hy sy regterhand toegerus met ’n McFlurry-koppie van McDonalds waarin motoriste vir hom geld gegooi het, maar steeds het hul min ag geslaan op sy bultende broek.

Vanwaar ek hulpeloos vasgekeer binne my motor in die oggendverkeer gesit het, het die bedelaar se knop my begin intimideer. Die astrantheid daarvan het my ongemaklik gestem. Hoe meer ek dit probeer ignoreer het, hoe meer is ek deur die teenwoordigheid daarvan lastig geval. Uiteindelik het dit vir my gevoel dat die bedelaar my opsetlik daarmee treiter.

Teen die middel van somer het die stad ’n hittegolf beleef. Vroegoggend was dit reeds ondraaglik met ’n ongemaklikheid wat jou skisofrenies laat. Op pad universiteit toe is my motor se lugverkoeling op sy hoogste funksie gedraai, maar dit bly steeds drukkend warm in die motor. Ek herinner myself om daardie dag nog na te gaan wanneer my motor weer gediens moet word. Ek skakel die lugverkoeling af en laat die venster heeltemal afrol. Die hitte wat van buite af my motor binnestroom, intensiveer die gevoel van vasgevangenheid en benoudheid. Agter my oë begin my kop klop.

Die verkeerslig by die kruising van Kingsway Avenue en University Road is rooi, en soos my motor tot stilstand kom, sien ek dat een van die ander verkeersligte omgery is. Gebuig lê dit op die grond met bedrading wat uit die teerpad peul.

Vanuit nêrens is die bedelaar skielik langs my oop venster. Hy leun teen my motor met sy bolyf effens gebuig om by my motor in te kyk terwyl hy sy mond vol tande uitstal. Ek raak angstig. Vandat ek van sy bestaan bewus geword het, is dit die eerste keer dat hy só naby aan my kom. Hy het ook nog nooit vantevore aan my venster geklop vir geld nie, en ek het nog nooit vir hom geroep om vir hom geld te gee nie. Vir die eerste keer dring hy my persoonlike spasie binne. Die bedreiging word ’n realiteit.

In plaas van die grys hemp met opgerolde moue dra hy vanoggend ’n moulose vuilwit frokkie. Vir die eerste keer sien ek die slordige amputasie. Sy bedelaarsuitrusting wat tot dusver net bestaan het uit die McFlurry-koppie, het hy afgerond met ’n verkiesingsplakkaat wat aan ’n stukkie tou om sy nek hang. Aan die agterkant van die plakkaat het hy geskryf: Please help, God bless. Kort en kragtig. Geen verdere hartseer stories of uitgebreide leuens nie. Hy hou die McFlurry-koppie na my uit. En dan sien ek dit: onder die bord bult sy broek.

“Hallo sir, how are you today?”

Ek sluk en probeer nie vir die knop kyk nie.

“I’m fine, thanks,” antwoord ek kortaf en vermy oogkontak. Ek merk dat sy broek se ritssluiter halfpad oopgaap.

“Please sir, don’t you have some spare change for a brother?”

“No, I don’t.” Ek haal my blik van die bultende gaping voor op sy broek af en druk die knoppie vir die venster om weer op te rol.

Die bedelaar steek sy stompie by die oop venster in om te keer. Ek skrik en haal my vinger vinnig van die knoppie af.

“Please just go away!” raas ek. My kop klop van die versengende hitte.

Ek kyk na die verkeerslig. Verbeel ek my of staan dit nou al ’n hele ruk lank stil op rooi? My oog vang weer die knop. Ek verbeel my dat dit klop. Ek voel hoe sweetdruppels op my voorkop vorm. My hemp kleef teen my sweterige lyf.

“Please sir. I’m begging you.”

“I said I don’t have any money!” raas ek geïrriteerd.

Die knop in sy broek is onmiskenbaar besig om te klop. My mond is droog.

“Please sir. Please just help me out. Anything sir.”

Voor ek my kon kry lig ek my regterhand van die stuurwiel af en steek dit by die motor uit. Met my vingers grawe ek sy ereksie uit sy broek. Soos dit losspring agter sy gulp vou ek my vingers om die beaarde stuk vleis en ignoreer die oorweldigende stank wat my neusgate val. Vinnig begin ek daaraan pluk. Die bedelaar laat val sy McFlurry-koppie en sy silwer en brons munte rol oor die teerpad. Sy mond span koeëlrond en sy stompie beweeg vinnig op en af soos die flappende vin van ’n vis wat op droë grond spartel. Die bedelaar begin te kreun en sy oë dop om. Met ’n fors spuit hy tot binne-in my motor. Dit beland op my hemp en drup af tot in my skoot. Dan hoor ek ’n toeter verwoed blaas.

In my truspieëltjie sien ek die vrou agter my in haar silwer BMW X5 wat gefrustreerd haar arms rondswaai. Die oordrewe beweging van haar lippe wys vir my dat sy op my skreeu. Met haar een gebalde vuis slaan sy herhaaldelik teen die stuurwiel sodat die toeter blaas, terwyl haar ander hand vir my ’n middelvinger wys.

Dan besef ek: die verkeerslig is groen.

The post Please help, God bless appeared first on LitNet.

Internasionale erkenning vir die jong Afrikaanse skrywer Frederick J Botha

$
0
0

frederikbothaPA650

Die 28-jarige Frederick J Botha het met sy kortverhaal “Please help, God bless” die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2016 gehaal. PEN Afrikaans kon, soos alle van die meer as 100 PEN-sentrums wêreldwyd, twee jong skrywers (een manlik en een vroulik) tussen die ouderdom van 18 en 30 inskryf vir hierdie kompetisie.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat ’n kandidaat van PEN Afrikaans die langlys vir hierdie gesogte prys bereik. In 2015 was Carien Smith met haar kortverhaal “Likkewaan” op die langlys gewees.

Frederick J Botha is een van die draaiboekskrywers vir kykNET se sepie Getroud met rugby en ’n deeltydse dosent aan UWK se departement Afrikaans en Nederlands. Hy werk tans aan sy doktorsgraad in die Afrikaanse letterkunde onder leiding van Thys Human aan die NWU. Botha het in 2014 Human & Rousseau se Nuwe stories 3-kompetisie gewen met sy kortverhaal “The day Madiba died”.

PEN Afrikaans het Botha se “Please help, God bless”, saam met “SkugterDigter”, deur Lynné Schoeman, vir New Voices 2016 ingeskryf. Dié twee verhale is as wenners aangewys in ’n kompetisie wat PEN Afrikaans in November 2015 uitgeskryf het. Die inskrywings is deur Danie Marais (bestuurder van PEN Afrikaans), Anzil Kulsen en Izak de Vries gekeur. Sowel Kulsen as De Vries dien op die bestuur van PEN Afrikaans.

Vir deelname aan dié gerekende jaarlikse PEN International New Voices Award is Botha en Schoeman se kortverhale op PEN Afrikaanse se koste in Engels en Spaans deur onderskeidelik Marius Swart en Marta Behar vertaal.

PEN Afrikaans is dus saam met al sy skrywerslede verheug dat Botha se verhaal met sulke strawwe kompetisie hierdie langlys van ses gehaal het:

“Please Help, God Bless” deur Frederick J. Botha (PEN Afrikaans)
“In the Hearts of Green Birds” deur Robin Ganderton (Wales PEN)
“The Rat, and other poems” deur Stefan Kielbasiewicz (English PEN)
“Viertel-Neger” deur Julian Amankwaa (German PEN)
“Manifesto” deur Ioana Vintila (Romanian PEN)
“Dress, Rehearse” deur Laura Legge (PEN Canada)

Die kortlys van drie word binne die volgende weke bekend gemaak deur ’n internasionaal erkende beoordelaarspaneel waaronder die Vlaamse skrywer Annelies Verbeke, wie se roman Sleep! (2003) ’n internasionale topverkoper was, en die hoogaangeskrewe Kanadese skrywer, John Ralston Saul, wat tot verlede jaar die president van PEN International was. 

Die New Voices-toekenning 2016 sal op 28 September vanjaar by die 82ste jaarlikse PEN International-kongres in Ourense, Spanje, oorhandig word.

Die 2013-wenner van hierdie prys was PEN South Africa se kandidaat, Masande Ntshanga, wat intussen met sy romandebuut, The Reactive (2014), internasionaal opgang gemaak het. Sowel die publikasie- en filmregte vir dié roman is aan die Amerikaanse uitgewer Two Dollar Radio verkoop.

Vir verdere inligting, sien: http://www.pen-international.org/pen-internationalnew-voices-award/

 

The post Internasionale erkenning vir die jong Afrikaanse skrywer Frederick J Botha appeared first on LitNet.

Ommietafel: Afrikaans is nie die “issue” nie

$
0
0

Afrikaans is nie die taal van die verdrukker nie. Toe die land in 1976 tydens die Soweto-onluste gebrand het, is die stryd teen verdrukking by die Universiteit van Wes-Kaapland in Afrikaans geveg.

Danny Titus
Foto: Leon de Stadler

So het die uitvoerende direkteur: Kultuur van die ATKV en oud-UWK-student Danny Titus verlede Vrydagaand tydens die Ommietafel-gesprek in die Paarl gesê. Die geleentheid waar daar jaarliks reguit om die tafels oor Afrikaans gesels word, is deur Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en die organisasie Vriende van Afrikaans aangebied.

“Afrikaans was nie vir ons die issue nie,” het Titus gesê. Dit het oor baie meer as taal gegaan.

Die Ommietafel-gesprek word jaarliks ter viering van Taaldag aangebied. Die vraag waaroor daar vanjaar nagedink is, was waarom Afrikaanse mense hulle kinders na Engelse skole stuur.

Die gehoor, wat uit min of meer ewe veel wit en bruin Afrikaanse mense bestaan het, het spraaksaam om die tafels deelgeneem aan die lewendige gesprek oor Afrikaans.

Die paneel bestaande uit Danny Titus, Izak de Vries (joernalis en pa), Liezel Van Beek (sakevrou) en Sabina Dumas (opvoeder) het die gesprek ingelei. Sedick Crombie was die gespreksleier.

Sommige lede van die paneel het hulle kinders in Engelse skole gesit en ander in Afrikaanse skole. Maar almal was dit eens dat Afrikaans ʼn volwaardige plek in die samelewing moet beklee naas al die ander landstale.

Titus, wat Afrikaans, Engels en Nederlands vlot praat, is een van diegene wie se kinders in Engels skoolgegaan het. Hy en sy gesin het die land in 1981 tydens die apartheidsjare verlaat en in Nederland gaan woon toe sy oudste kind ʼn baba van ses maande oud was.

Omdat die verskil tussen Afrikaans en Nederlands baie verwarrend kan wees, het hulle hul dogter ná hulle terugkeer Suid-Afrika toe in ʼn Engelse skool geplaas. Later is ook hulle jongste dogter na ʼn Engelse skool gestuur, omdat die gesin nie kans gesien het vir die ideologiese spanning wat geheers het by ʼn skool waar “Die Stem” destyds nog gesing is nie.

Titus pleit vir ʼn middelgrond en vra vir oop gesprekke sodat mense kan wegbreek uit wat hy beskryf as die taalverstardheid van sommige.

“Om soos AfriForum by studente se klasse by die Universiteit Stellenbosch in te storm” om vas te stel hoeveel Afrikaans en Engels daar gepraat word, is volgens hom oordrewe aktivisme.

Sabina Dumas, ʼn opvoeder by New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, sê sy maak haar kinders definitief in Afrikaans groot. Haar kinders gaan na ʼn Afrikaanse skool toe. Dumas, wat in 2015 die Neville Alexander Prestige-toekenning ontvang het, sê dit frustreer haar dat ouers wat dikwels self nie behoorlik Engels kan praat nie, hulle kinders na Engelse skole stuur.

Dit is ʼn sentiment wat deur baie deelnemers in die gehoor gedeel is.

Foto: Leon de Stadler

Soos baie ander sprekers het sy ook ʼn lansie gebreek vir Kaapse Afrikaans. “Afrikaans is oop en hoort nie in ʼn boksie nie,” het sy gesê en ʼn paar voorbeelde van Kaapse Afrikaans uitgelig wat die gehoor laat glimlag het. “Wanneer die kinders in die klas sê: ‘Juffrou ons gaan ʼn lange gooi’, dan weet ek hulle gaan nou loop. En wanneer iemand sê ‘Jy hou jou al weer Gam’, dui dit op maniere wat uniek is aan bruin mense.”

Izak de Vries, ʼn wit pa met ʼn swart seun, is ook gekonfronteer met die vraag in watter skool hy sy kind gesit het toe sy seun skoolryp word. Hy het sy seun Afrikaans grootgemaak, maar het op ʼn Engelse skool besluit vanweë die praktiese situasie daardie tyd omdat sy donker seun destyds makliker daar sou aanpas.

Sedrick Crombie, Liezel van Beek, Sabina Dumas, Danny Titus en Izak de Vries
Foto: Leon de Stadler

De Vries, wat self ʼn vurige kampvegter vir Afrikaans is, het gemaan dat mens versigtig moet wees om nie Afrikaans te gebruik om ras en klas eksklusief te hou nie.

“Ons moet baklei vir Afrikaans, maar ons moet ook ander tale bemagtig, want dit is al hoe ons ʼn beter kans sal hê om ook Afrikaans te bemagtig,” het hy gesê.

Liezel van Beek het gesels oor haar tyd in Taiwan, waar sy Engels gegee het. Sy sê daar is vir haar as iemand wat nie self kinders het nie, baie vrae oor Afrikaans wat in haar gemoed opkom. “Wie se belange word in ag geneem en in wie se belang dink ons wanneer ons praat oor Afrikaans as medium van onderrig?”

Soos by feitlik al die ander sprekers was haar pleidooi dat daar na meertaligheid gestreef word en nie slegs na Engels nie.

Deelnemers uit die gehoor was hoofsaaklik sterk ten gunste daarvan dat die belange van Afrikaans beskerm moet word en dat ouers hulle kinders na Afrikaanse inrigtings moet stuur. Dit is egter belangrik dat hulle ook vlot in Engels moet wees en verkieslik ook ʼn derde taal aanleer, soos Xhosa.

Michael le Cordeur
Foto: Leon de Stadler

Die woelinge oor taal by die Universiteit Stellenbosch het meer as een keer in die gesprekke opgeduik. Een van die deelnemers uit die gehoor, Michael le Cordeur, het ʼn paar wenkbroue laat lig toe hy beweer het Stellenbosch is Engels.

Hy het die media daarvoor blameer dat mense nog dink Stellenbosch is Afrikaans. “Die media moet ophou om te maak of Stellenbosch Afrikaans is.” Sy raad is dat mense in die eerste plek hulle huistaal onder die knie moet kry en dan sorg dat hulle ook vlot Engels kan praat en indien moontlik ook ʼn derde taal.

Van die gespreksgenote om die tafels het onderling van hom verskil dat Stellenbosch oorwegend Engels is.

Tussen al die verskillende dialekte en klemverskille oor Afrikaans was die een gemene deler dat Afrikaans se belange beskerm en uitgebou moet word, maar dat meertaligheid die antwoord is vir Suid-Afrika met al sy diversiteit.

Izak de Vries som dit so op: “Oor een ding is daar saamgestem: Afrikaans se komvandaan is ’n bastertaal met baie, baie invloede. Hierdie verbastering word ook by die Taalmonument gevier.”

Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans saam met Isabeau Botha van Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

The post Ommietafel: Afrikaans is nie die “issue” nie appeared first on LitNet.

Fotokompetisie: "Ons praat Afrikaans; diverse mense – een taal"

$
0
0

Alle fotograwe en entoesiasfotograwe word genooi om aan hierdie opwindende fotografie-projek deel te neem. Die projek is daarop gemik om die diversiteit van Afrikaanssprekende individue regoor Suid-Afrika en die wêreld ten toon te stel.

Die tema van die kompetisie is:

Ons praat Afrikaans
Diverse mense – een taal

Die sekondêre doel van hierdie projek is om wonderlike talente van beide professionele en entoesias­fotograwe ten toon te stel.

Aan die einde van die kompetisie sal 'n totaal van ongeveer 120 foto's gekies word en in 'n eksklusiewe koffietafel-fotografieboek gepubliseer word. Die top 12-foto's sal ook in 'n eksklusiewe kunskalender gepubliseer word. Slegs 2 500 kopieë van beide die fotografieboek sowel as die kunskalender sal gedruk word.

Die formaat van die foto's kan landskap of portret wees. Dit kan in kleur, swart en wit of selfs met die gebruik van selektiewe kleur ingedien word. Die fotograaf se kreatiwiteit word aangemoedig.

Pryse op die spel:

Behalwe dat jou foto in 'n pragtige en eksklusiewe fotografieboek sowel as kunskalender gepubliseer word, staan die top-drie-wenners die kans om groot kontantpryse te wen:

  • 1ste plek: R30 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
  • 2de plek: R10 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
  • 3de plek: R5 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender

Hoe om in te skryf:

Fotograwe van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika en in die buiteland word uitgenooi om aan hierdie fotografiekompetisie deel te neem. Die belangrikste vereiste is dat die persoon wat op die foto verskyn ’n Afrikaanssprekende individu moet wees.

  • Die sluitingsdatum is 30 September 2016 en laat inskrywings sal nie kwalifiseer nie.

Die inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) kan verkry word deur die organiseerder te kontak by: douwgreeffcollection@outlook.com of om dit direk af te laai by: https://www.dropbox.com/sh/smbxoqt943jli9z/AAD2Bd4Gl_8xvo5d_9xTtEUJa?dl=0. Stuur jou foto, inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) na: douwgreeffcollection@outlook.com.

Slegs een inskrywing per fotograaf sal toegelaat word.

Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • Portretformaat: 1920 x 1080 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub en salon- kompetisievereistes)
  • Landskapformaat: 1080 x 1920 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub- en salon- kompetisievereistes)
  • Die ingediende foto moet as ’n hoëresolusiefoto beskikbaar wees (minimum 300dpi JPEG, PNG of TIFF) indien jou foto gekies word om in die fotografieboek en kunskalender te verskyn. Fotograwe sal direk deur die organiseerders van die kompetisie gekontak word om vir die hoëresolusiefoto te reël .
  • Die fototitel moet die fotograaf se van en voorletters bevat. (Bv SmithAB)

Alle inskrywings moet van die nodige dokumentasie (die modeltoestemmingsvorm (model release form) en die inskrywingsvorm) vergesel word. Geen foto sal sonder een van hierdie vorms aanvaar word nie. Alle persone identifiseerbaar op die foto moet die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken. Indien 'n minderjarige op die foto verskyn, moet die ouers of wettige voogde van die kind die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken.

Bepalings en voorwaardes:

  • Enige fotograaf of entoesiasfotograaf woonagtig in Suid-Afrika of in die buiteland mag aan die fotografiekompetisie deelneem met die voorwaarde dat 'n Afrikaanssprekende individu op die foto verskyn.
  • Die uitgewer, Douw Greeff Collection, behou slegs die reg om jou foto binne die "Ons Praat Afrikaans"-struktuur te gebruik. Dit sluit ook in enige promosiemateriaal verbonde aan die fotografiekompetisie en die uiteindelike fotografieboek en kunskalender. Volle krediet sal aan die fotograaf by die publikasie daarvan gegee word.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 September 2016.
  • Alle inskrywings moet per e-pos gestuur word aan douwgreeffcollection@outlook.com.
  • Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die vereistes kragtens die artikel "Hoe om in te skryf", moet voldoen.
  • Die pryse sal nie oorgedra word aan 'n ander persoon nie.
  • Indien 'n fotograaf van buite Suid-Afrika 'n kontantprys wen, sal die randwaarde, onderhewig aan die wisselkoers op die datum van omskakeling, in die betrokke valuta omgeskakel word.
  • Geen fotograaf of model (persoon wat gefotografeer is) sal finansiële vergoeding vir die gebruik van die foto in die boek of kalender ontvang nie. Die pryse sal slegs aan die wenfotograwe uitgemaak word.
  • Slegs 2 500 kopieë van die fotografieboek en slegs 2 500 kopieë van die kunskalender sal gedruk word.
  • Indien die uitgewer dit ooit oorweeg om 'n herdruk van die fotografieboek of kunskalender te publiseer sal die betrokke fotograwe gekontak word om 'n fooi te onderhandel. Indien u foto gekies word om in die fotografieboek of kunskalender te verskyn, moet 'n hoëresolusieweergawe van die foto binne 2 (twee) weke na die kompetisie-organiseerders jou gekontak het, voorsien word. Indien jy nie daartoe in staat is om 'n hoë-resolusieweergawe van die foto betyds te lewer nie sal jy gediskwalifiseer word en iemand anders sal in jou plek geïdentifiseer word.

Die kompetisie - Facebookblad is: https://www.facebook.com/douwgreeffcollection/
Sien ook aankondiging op die webwerf van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: www.akademie.co.za

The post Fotokompetisie: "Ons praat Afrikaans; diverse mense – een taal" appeared first on LitNet.

Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte

$
0
0

Foto: www.sweetwater.com

Liedjie, CAPASSO en die ATKV-Liedjieslypskool bied inligtingsessies aan vir liedjieskrywers en kunstenaars oor musiekregte en die toekoms van musiek.

Die emosionele woordewisseling en chaos wat uitgebreek het op sosiale media oor Gert Vlok Nel se “Beautiful in Beaufort-Wes” het net weereens versterk dat selfs gesoute liedjieskrywers en kunstenaars nie bewus is van hul regte en al die administratiewe verantwoordelikhede betrokke by die invordering van tantieme in die musiekbedryf nie.

Met die opkoms van YouTube, iTunes (Apple Music) en musiekstroomdienste word hierdie proses selfs meer uitdagend. Elektroniese verspreidings en gebruiksregte is wêreldwyd onder die loep en groot onsekerheid heers daaroor. Dit maak dit soveel meer belangrik vir kunstenaars en skeppers van kreatiewe werk om heeltemal bewus te wees van hul regte en hoe om hul inkomste te bestuur.

Met hierdie doel het Liedjie en die ATKV saamgespan om die leemte te vul met inligtingsessies in Kaapstad en Johannesburg. Hier sal kenners op die gebied van kopiereg, verspreiding en uitgewery aan die woord wees om kunstenaars in te lig oor wat aan die gang is en hoe om te werk te gaan. Die sessies sal onder meer ondersteun word deur CAPASSO (Composers, Authors and Publishers Association) wat spesialiseer op die gebied van digitale en meganiese lisensiëring (www.capasso.co.za).

Belangstellendes kan gerus ʼn e-pos stuur aan musiek@liedjie.com vir meer inligting. Die datums van die sessies sal bekendgemaak word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van sprekers in die verskillende dele van die land.


Die ATKV-Liedjieslypskool is die opleiding- en ontwikkelingsprogram van Crescendo en fokus daarop om indiwidueelgefokusde onderrig aan alle Crescendo-finaliste te bied en hul sodoende toe te rus met die nodige kennis en kundigheid om die ATKV-Crescendo-finaal by te woon en uiteindelik ‘n suksesvolle beroep as liedjieskrywers-sanger te bedryf.

Liedjie is die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens wat jou in staat stel om al jou gunsteling Afrikaanse Musiek op jou slimfoon te luister. Met speellyste vir elke bui, aktiwiteit of geleentheid, en met ʼn magdom ou en nuwe kunstenaars, bied Liedjie werklik musiek vir elke oomblik. Besoek www.liedjie.com vir meer inligting.

The post Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing 2016

$
0
0

PEN Afrikaans is volgens sy grondwet primêr daartoe verbind “om die belange van Afrikaanse skrywers, in die wydste sin van die woord,  te beskerm en te bevorder, in ooreenstemming met die beginsels vervat in die PEN International-handves, wat ’n onlosmaaklike deel van hierdie grondwet uitmaak”.

PEN Afrikaans sal daarom:

  1. die letterkunde oor die algemeen bevorder,
  2. taalregte beskerm en uitbou,
  3. en kampvegter bly vir die vryheid van spraak en die reg op selfstandige denke.

Wat die laasgenoemde punt 3 betref, is dit duidelik dat daar geen louere is om op te rus nie. PEN International se sg Case List vir 2015 dokumenteer wêreldwye agteruitgang ten opsigte van uitdrukkingsvryheid - http://www.pen-international.org/newsitems/pen-international-2015-case-list-documents-decline-in-freedom-of-expression-around-the-world/. Die aanslae op joernaliste en skrywers het internasionaal toegeneem en hier by ons was die onbeskaamde uitdaging van ons grondwet deur Hlaudi Motsoeneng rede tot groot kommer.

Rakende punt 2 is daar ook geen rede tot vreugde of verligting nie. Gedurende 2016 is Afrikaans effektief afgeskaf aan UNISA en die universiteite van Pretoria en Vrystaat, terwyl die Universiteit Stellenbosch ’n taalbeleid aanvaar het wat bitter vinnig tot algehele verengelsing sal lei.

Ja, daar was ook ligpunte en tekens van hoop wat uitdrukkingsvryheid en taalregte betref, maar in die lig van huidige tendense is dit sekerlik nie gepas om te spog of selfvoldaan te wees nie. Ek sal daarom net vinnig en puntsgewys verwys na prestasies en verwikkeling in die afgelope jaar waarop PEN Afrikaans wel trots kan wees:

- Frederick J. Botha wat pas met sy kortverhaal “Please Help, God Bless” die langlys van ses gehaal het vir PEN International New Voices Award 2016
- Die aanbieding van ’n aanlynslypskool vir jong skrywers met potensiaal wat vir New Voices 2016 ingeskryf het en eersdaags begin
- Die suksesvolle voltooiing van die eerste fase van die Noord-Kaapse Trippel-7-projek
- Die digitale beskikbaarstelling van die kwartaallikse Taalgenoot-tydskrif se inhoud op ons webportaal (ons voeg eersdaags die boekinhoud van Herfs 2016 en Winter 2016-uitgawes by)
- Gereelde maandelikse nuusbriewe wat onder meer maandeliks alle nuwe Afrikaanse publikasies bekend maak
- Suksesvolle SARS-registrasie en die implementering van die SageOne-aanlynstelsel vir boekhouding en fakturering
- Die sluit van ’n samewerkingsooreenkoms met PEN South Africa ten einde saam enige wysigings aan Suid-Afrikaanse kopiereg te beveg wat nadelig vir skrywers en uitgewers kan wees.
- Die opbou van vriendskappe en verstandhoudings binne die internasionale PEN-gemeenskap. 
- ’n Apologie en skenking van Nitesh Patel van Standard Bank nadat hy in die media verbruikers aangeraai het om te spaar deur minder nuwe boeke aan te skaf. (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-reageer-op-nitesh-patel-se-apologie/)

Wat die toekoms betref, is dit vir my duidelik dat ons in terme van uitdrukkingsvryheid baie paraat sal moet wees. Alle lede van PEN Afrikaans sal in samewerking met organisasies soos The Right 2 Know en ander PEN-sentrums gereeld en deeglik moet stem dik maak oor enige poging tot sensuur en die inperkings van menings- en/of persvryheid. Dit was dus verblydend om te sien hoeveel mense ons beswaarskrif oor die afdanking van die #SAUK8 blitsig op sosiale media gedeel het. (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-teken-protes-aan-teen-die-afdanking-van-agt-sauk-joernaliste/)

Die kwessie rondom die handhawing en uitbou van taalregte is meer ingewikkeld, maar verg myns insiens eweneens daardwerklike aksie en aktivisme. Dit is juis daarom dat die bestuur van PEN Afrikaans dit goed gedink het om hierdie aangeleentheid vandag op die agenda vir bespreking te plaas.

Aangesien die reg op meningsvryheid vir ons sentraal is, staan dit enige lid van PEN Afrikaans vry om hieroor te verskil. Ek wil egter graag kortliks verduidelik hoekom ek as bestuurder van PEN Afrikaans vanjaar saam met ander lede van PEN Afrikaans aktief betrokke was by veldtogte soos Gelyke Kanse en ’n Kans in Afrikaans wat beide gepoog het om die Universiteit Stellenbosch tot ander insigte oor die waarde van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal te bring.

My redenasie is eenvoudig: Die afskaffing van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal plaas druk op reeds beleërde Afrikaanse skole om ook te verengels. Hoe meer Afrikaanse skole verengels hoe minder lede van ’n toekomstige generasie sal Afrikaans skryf of lees.

’n Vereniging wat hom volgens sy grondwet in die eerste plek daartoe daartoe verbind “om die belange van Afrikaanse skrywers, in die wydste sin van die woord, te beskerm en te bevorder”, kan dus nie onverskillig staan teenoor die afskaling van Afrikaans as onderrigtaal nie. Die hond wat PEN Afrikaans in hierdie fight het, sê ek met doelbewuste verwysing na Breyten se “Die koei in die bos”-toespraak voor die US-konvokasie vanjaar (http://www.litnet.co.za/die-koei-in-die-bos/),  is die Afrikaanse joernalistiek en die uitgewers-, fliek- en musiekbedryf.

Dit is legitieme ekonomiese belange wat uiteraard belangrik is vir die brood en botter van ons lede. Ons mag en kan en moet sê as die regering en bestuursliggame aanhou om Afrikaans as onderrigtaal te wurg, wurg hulle Afrikaanse skrywers, koerante, tydskrifte, fliekmakers en liedjieskrywers daarmee saam.

As burger van ’n post-apartheid Suid-Afrika en ook as skrywer-denker moet ’n mens jou egter sekerlik ook afvra of die stryd om die behoud van Afrikaans in die breër belang van Suid-Afrika en die kontinent is. Of is ons Afrikaanse skrywers en joernaliste wat wil aandring op ons taalregte en moedertaalonderrig, dalk nes die lobbyiste vir die alkohol- of tabakbedryf wat so skitterend satiries uitgebeeld word in die fliek Thank You for Smoking?

Hierdie vraag het my die afgelope paar jaar ernstig besig gehou en ek het tot die slotsom gekom dat ’n stryd om die uitbou van moedertaalonderrig en bewusmaking oor die waarde van moedertaalonderrig geen luukse is nie. Inteendeel, die feit dat die Afrikaanse joernalistiek saam met die uitgewers-, fliek- en musiekbedryf ekonomies gaan ly onder die afskaling van Afrikaans as onderrigtaal is binne die groter prentjie eintlik van sekondêre belang. ’n Stryd om die handhawing van taalregte gaan uiteindelik oor veel meer as boekverkope of eng identiteitspolitiek.

Om vir Afrikaans te baklei omdat jy in die eerste plek geïnteresseerd is in die belange van ’n spesifieke groep is sekerlik ook binne ’n demokrasie veroorloof, maar dit is belangrik om deeglik bewus te bly van die feit dat heel verskillende identiteite op heel verskillende maniere met Afrikaans en sy variante identifiseer.

Wanneer Breyten saam met Jan Rabie sê “Sonder Afrikaans is ek niks” beteken daardie stelling nie noodwendig dieselfde as wanneer ’n bruin skrywer van die Kaapse Vlaktes dit sê nie. En daardie stelling verander weer van betekenis wanneer dit gesê word deur iemand wat hom in die eerste plek etnies as wit Afrikaner definieer.

Juis daarom meen ek moet ons Afrikaans ontkoppel van sy identiteite wanneer ons vir Afrikaans in skole en universiteite beding.

Maar hoekom is dit dan so belangrik vir burgers om hulle, binne die breër prentjie, vir Afrikaans in skole en universiteite te beywer?

Omdat moedertaalonderrig bewysbaar superieur is. Dit stel leerders in staat om die wêreld beter konseptueel te begryp en hulself daarom ook beter te bekwaam. Moedertaalonderrig bemagtig intellektueel en ekonomies. Die opheffing van baie wit Afrikaanssprekendes uit armoede in die 20ste eeu is ’n sprekende voorbeeld.

Sou ’n mens dus kruipende armoede en ’n hopeloos ontoereikende skoolstelsel as die grootste vyande van ’n meer stabiele, demokratiese Suid-Afrika beskou, kan ’n mens niks verkeerds doen deur aan te dring op meer en beter moedertaalonderrig vir almal in die land nie.

Dat hierdie strewe die moeite werd is, word vir my klinkend bevestig deur die feit dat ek nog nie met enige verteenwoordiger van ander PEN-sentrums in Afrika gepraat het wat nie ten gunste van meer moedertaalonderrig in Afrika is nie. PEN-sentrums in Ghana, Kenia, Malawi, Nigerië, Uganda, Zambië en Zimbabwe is trouens nie eers geïnteresseerd in ’n debat oor die waarde van moedertaalonderrig nie. Al wat hulle wil weet, is hoe om die politieke wil en finansiering te beding wat handboeke en onderwysersopleiding moontlik sal maak om hierdie droom te verwesenlik.

Uit gesprekke met ander PEN-lede uit Afrika kom ’n mens tot die slotsom dat die ou koloniale tale in der waarheid steeds die koloniale heersers van weleer voortreflik dien. Vir ’n klein nepotistiese elite funksioneer Engels en Frans uitstekend as handelstaal waardeur menslike en natuurlike hulpbronne verkwansel kan word aan die hoogste aanbieder uit die Weste of Ooste, terwyl die grootste deel van die bevolking verder krepeer aan die hand van ’n klaaglik falende skoolstelsel. Of is dit blote toeval dat geen ekonomies toonaangewende land in die wêreld die meerderheid van sy bevolking dwing om in ’n tweede of derde taal te leer nie?

Ek twyfel dus nie daaraan dat Afrikaanse skrywers gerus meer betrokke kan wees by inisiatiewe of veldtogte wat die bevordering van moedertaalonderrig ten doel het nie. 

Die vraag is egter watter inisiatiewe of veldtogte?

Ek het vanjaar, soos ek voorheen genoem het, in my persoonlike hoedanigheid my steun toegesê aan Gelyke Kanse en ’n Kans in Afrikaans, hoewel ek aanvaar dat ek nie my identiteit en wêreldbeskouing noodwendig dieselfde verstaan as van die ander ondersteuners van hierdie veldtogte nie. Ander PEN Afrikaans-lede wat hierby betrokke was, is Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Abraham de Vries, Ebbe Dommisse, Hermann Giliomee, Sonja Loots en John Miles.

My deelname aan hierdie veldtogte het vir my drie dinge duidelik gemaak:

  1. Binne politieke veldtogte rondom taal is daar interessante moontlikhede vir gesprek en versoening tussen wit en bruin of swart Afrikaanssprekendes.
  2. Die wantroue tussen wit en bruin lê nog diep.
  3. Hierdie soort werk kos baie tyd en energie.

In die lig van hierdie ervarings wil ek dus vandag die vergadering vra:
1) Watter inisiatiewe/veldtogte, indien enige, moet of behoort PEN Afrikaans te ondersteun en waar wil ons beslis wegbly?
2) Wil ons lid van die Afrikaanse Taalraad (ATR) word, ’n sambreelorganisasie deur wie se inisiatief die ’n Kans in Afrikaans-veldtog tot stand gekom het? (Twee lede van PEN Afrikaans, prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp, speel onderskeidelik as uitvoerende hoof en direksielid prominente rolle by die Taalraad.)
3) Kan/behoort die bestuurder as amptelike verteenwoordiger van PEN Afrikaans aan sulke veldtogte deel te neem of sou lede verkies dat hy/sy meer energie in ander aangeleenthede belê en sulke veldtogte slegs, indien hy/sy wou in persoonlike hoedanigheid ondersteun?
4) Wil PEN Afrikaans help om ’n groter versoeningsgesprek tussen wit en bruin/swart skrywers te fasiliteer?

Die antwoorde wat ek van lede op hierdie vrae ontvang sal deels bepaal hoe ek die nabye toekoms sien, maar tans stel ek graag die volgende in die vooruitsig:

- Aktiewe ondersteuning van ’n veeltalige en uiteraard veelkleurige moedertaalinisiatief gefokus op die uitbreiding van moedertaalonderrig in alle inheemse tale
- Fasilitering en deelname aan ’n versoeningsgesprek binne die Afrikaanse taalgemeenskap waaraan wit en bruin skrywers deelneem
- Die skep van aanlynprofiele en wiki-bladsye vir alle lede van PEN Afrikaans
- Doeltreffende weerstand teen alle vorme van sensuur en enige kopiereghervorming tot nadeel van skrywers en uitgewers
- Die tweede fase van Trippel-7 ter ondersteuning van marginale Afrikaanse stemme
- Die ondersteuning en mentorskap van jong Afrikaanse skrywers
- Die stimulasie van meer gesprek rondom Afrikaanse boeke via ons LitNet-webportaal
- Deelname aan die oprig van ’n vertaalfonds wat die vertaling en daarmee wyer blootstelling en publikasie van beduidende én gewilde Afrikaanse tekste moontlik maak

En op daardie noot wil ek afsluit met die woorde van my ou universiteitsvriend Robert Denton. “Sakkie,” het hy dikwels met ’n dramatiese pouse gesê, “daar’s nie reëls nie. Jy kan doen net wat jy wil. Jy moet net ’n sponsor kry.”

Baie dankie dus aan die Dagbreek Trust, Naspers, Het Jan Marais Fonds en alle ander skenkers wat ons sedert 2012 finansieel ondersteun het. Enige iemand anders wat graag in terme van geld of tyd en energie wil bydra tot die verwesenliking van die bogenoemde oogmerke word hiermee ook hartlik uitgenooi om my te kontak.

The post PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing 2016 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2016

$
0
0

Die agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, 20 Augustus 2016, City Lodge Lynnwood, Pretoria

1. Verwelkoming
2. Verskonings en vasstelling van ’n kworum
3. Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
4. Voorsittersverslag
5. Tesourier se verslag
6. Bestuurder se verslag en vooruitskouing vir die volgende jaar
7. Verwikkelinge rondom kopiereghervorming: Watter gevolge kan die Copyright Amendment Bill vir skrywers en uitgewers inhou?
8. Taalregte en moedertaalonderrig: Watter veldtogte en organisasies wil PEN Afrikaans amptelik en aktief ondersteun?
9. Wysiging van PEN Afrikaans se grondwet ten einde ons belastingstatus as PBO (openbare weldaadsorganisasie) te behou 
10. Toekenning van ere- en lewenslange lidmaatskap 
11. Verkiesing van ’n nuwe ondervoorsitter
12. Algemeen

Voorsittersverslag

Goeiemiddag! Dit bly ’n plesier om skrywers en taalgenote te kan verwelkom by ’n algemene jaarvergadering van PEN Afrikaans. Hierdie keer is dit ons vierde byeenkoms van dié aard.

Die sakelys vir vandag is per e-pos aan u gestuur, en so ook die notule van die vorige algemene jaarvergadering, in 2015. Ten aanvang vra ek goedkeuring vir vandag se sakelys, en daarna vir die 2015-notule. 

Weens persoonlike omstandighede moes ek die afgelope jaar ’n minder aktiewe rol in die sake van PEN Afrikaans vervul. Ek wil graag my dank uitspreek aan Bettina Wyngaard, in haar rol as onder-voorsitter, Danie Marais, ons bestuurder, en Naomi Bruwer, ons tesourier. Hulle het gesorg dat ek my nie hoef te bekommer het nie, en PEN-Afrikaans aktief en op koers gehou.

Bettina self het my enkele weke gelede meegedeel dat sy nie kans sien om verder op hierdie vlak betrokke te wees nie, en uitgetree as onder-voorsitter. Dit is ’n veeleisende taak, en ek het begrip vir haar besluit. Alle voorspoed aan haar as skrywer, aktivis en prokureur.

Voor ek oorgaan na die beginselsake, wil ek net PEN Afrikaans se gelukwensinge oordra aan almal wat sedert die begin van die jaar bekroon is vir publikasies wat in 2015 verskyn het. Hulle is:

Willem Anker – Herzogprys vir Buys.
Stephanus Muller – Eugène Maraisprys vir Nagmusiek.
Carel van der Merwe – protea Boekhuisprys vir Donker stroom.
Marita van der Vyver – Scheepersprys vr Jeuglektuur vir Swemlesse vir ’n meermin.
Kobus Geldenhuys – Alba Bouwerprys vir Kinderlektuur vir Hoekom die walvisse gekom het.
Ingrid Winterbach – WA Hofmeyrprys vir Vlakwater.
Gilbert Gibson – Elisabeth Eybersprys vir poësie vir vry-.
Elisabeth Wasserman en Astrid Castle – MER-prys vir Die dingesfabriek 4: Jannus en die Kriek.

Ons het ook vanjaar finaal afskeid geneem van ’n klompie  besonderse mense – die digter, dramaturg, akademikus en aktivis Adam Small, die skrywers Margaret Bakkes, Winnie Rust en Wille Martin. Margaret sal ek onthou om haar flambojante manier van dinge doen eweseer as haar skryfwerk, en Adam vir die stil, minsame manier wat hy deur die lewe gegaan het – en die groot, belangrike sake wat hy aangeroer het. Ek had die voorreg om van die opvoerings van sy toneelwerke te kon resenseer, en kan getuig dat die dinge wat hy destyds met soveel empatie op die verhoog geplaas het, vandag nog by Suid-Afrikaners resoneer. Winnie Rust se dood het ons almal geskok.

Ons het ook verneem dat Zulfah Otto-Sallies, skrywer van Diekie vannie Bo-Kaap (Tafelberg 1997) op 8 Julie oorlede is. Sy was 55 jaar oud.

Verlede jaar het ek die ou Harold MacMillan-spook opgeroep en verwys na die winde van verandering wat sterk teen Afrikaans gewaai het.

In daardie stadium was die munisipale verkiesings elf maande in die toekoms. Nou is die verkiesings verby, en Afrikaanse skrywers is erg voos van alles wat in hierdie elf maande gebeur het: die geweldige omwenteling by Suid-Afrikaanse universiteite, waar Afrikaans in die slag gebly het by al die universiteite wat voorheen Afrikaans van aard en voertaal was.

Daar is hofsake aan die kom, en ongeag die uitkoms daarvan, is die behoud van Afrikaans besig om van sekondêre belang te word op die tersiêre slagveld. Suid-Afrikaanse universiteite vind hulle in ’n staat van beleg deur hul eie studente. Boonop begin dit al hou duideliker word dat die Staat se sakke nie diep genoeg is om toe te kan gee aan die studente se eise sonder om akademiese standaarde ’n knou te gee nie. As die universiteite self moet sorg vir befondsing, staar groot afskaling en sluitings ons in die gesig.

Dit is ’n kritieke tyd wat ons nou tegemoet loop.

Die toets lê vir ’n organisasie soos PEN Afrikaans in die manier waarop hy reageer daarop. Vir ons lê die belang van ons skrywers die naaste aan die hart. Die ure en energie wat iemand spandeer om ’n manuskrip tot stand te bring en dan gepubliseer te kry, kan alleen sinvol wees as daar ’n leserspubliek is.

En een van die voorvereistes van ’n leserspubliek is ’n toereikende onderwysstelsel en universiteite waar die geledinge van die taal bestudeer en verfyn kan word, en nuwe geslagte van bedrewe lesers gekweek word.

Om dié rede sal PEN Afrikaans saamgesels by alle pogings wat daarop gemik is om die teelaarde vir Afrikaans te koester, te behou en uit te bou.

Ons sal vandag graag ons lede se gevoelens daaroor wil peil.

Ons is ook verbonde aan Pen International, en skaar ons graag by standpunte op meer internasionale vlak geneem word oor die skending van skrywers en joernaliste se regte. Op hul beurt steun PEN International graag standpunte wat ons inneem oor skrywersake.

Terwyl ons nou, weens die onverdrote ywer van mnr Hlaudi Motsoeneng by die SAUK, weer in ’n era van skaamtelose sensuur inbeweeg, wonder ’n mens hoe lank dit sal wees voor ons van owerheidskant soortgelyke aksies moet beleef. Ons is bedag daarop, en maak staat op die steun van ons lede om alle vorme van sensuur op publikasies teen te staan.

Daar is eienaardige dog opvallende parallelle tussen die wel en wee van die huidige en vorige regime. Nes die terugslae by die stembus die Nasionale Party op ’n koers van kragdadigheid geplaas het ten einde deur vrees die kiesers se steun te behou, net so kan ons verwag dat die pas afgelope omwenteling by die stembus ons owerheid op ’n soortgelyke desperate koers van oënskynlike kragdadigheid sal plaas.

Sou Afrikaans verder deel van hul teiken bly, durf ons nie swyg of vir lief neem daarmee nie.

Ons aktiwiteite kan egter nie net gefokus bly op die politiek en kwasi-politiek van die dag nie. Ons moet deel bly van pogings om die Afrikaanse skryfkultuur te verbreed en te groei. Daarom is dit vir my ’n baie groot plesier om te kan sê dat ons Trippel 7-projek tot dusver ’n groot sukses was. Bettina Wyngaard en Anzil Kulsen, twee van ons bestuurslede, het in April in die Noord-Kaap sewe dorpe binne sewe dae besoek en skryfskole aangebied vir leerders.

Hulle het ongekende belangstelling en geesdrif vir Afrikaans aangetref – soos byvoorbeeld onder die Tswana-sprekers in Griekwastad. Die Noord-Kaap bly een van die kragtigste bydraers tot die gebruik van Afrikaans. Dit is vir ons die moeite werd om ons energie in daardie rigting te kanaliseer. Baie dankie aan Bettina, Anzil en jul geesdriftige span. Dit is iets waarop ons trots is. Baie dankie ook aan die borge: PEN International en SIDA.

Die 28-jarige Frederick J Botha het met sy kortverhaal “Please Help, God Bless” die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2016 gehaal. PEN Afrikaans kon, soos alle van die meer as 100 PEN-sentrums wêreldwyd, twee jong skrywers (een manlik en een vroulik) tussen die ouderdom van 18 en 30 inskryf vir hierdie kompetisie. 

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat ’n kandidaat van PEN Afrikaans die langlys vir hierdie gesogte prys bereik. In 2015 was Carien Smith met haar kortverhaal “Likkewaan” op die langlys gewees.

Verlede jaar het ek verwys na die noodsaak om die onderrig van Afrikaans op skoolvlak te promoveer. Die situasie het nog meer kritiek geword as wat dit tydens verlede jaar se vergadering was.

Verlede jaar het ek ook verwys na die marginalisering van Afrikaans van owerheidskant. ’n Mens moet onthou dat dit vir die ander amptelike tale in Suid-Afrika, buiten Engels, ook nie anders gesteld is nie. Wat Afrikaans by ons universiteite te beurt geval het, is vir meeste van hulle al lank dieselfde. Dit is dan hoekom PEN Afrikaans ’n voorstander is van ’n beleid van meertaligheid. Nege tale wat floreer is verkieslik bo een wat swak bemeester word.

Ek gaan dit aan Danie Marais, ons bestuurder, oorlaat om in fyner detail op hierdie sake in te gaan.

Ter afsluiting net ’n persoonlike woord van dank aan ons bestuur, wat almal op verskillende maniere bydraes gemaak het. En ek wil, soos verlede jaar, die hoop uitspreek dat PEN Afrikaans sal voortgaan om die volle spektrum van Afrikaanse skrywers te verteenwoordig – en dat ons in die toekoms heelwat meer jongelinge op die bestuur sal sien.

Kerneels Breytenbach

The post PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2016 appeared first on LitNet.

SkugterDigter

$
0
0

Lynné Schoeman se verhaal "SkugterDigter" is deur PEN Afrikaans ingeskryf vir die PEN International New Voices Award 2016. Lees ook Frederick J Botha se verhaal.

“Ilaria Jordaan.”

Sy staan stadig op en loop tot voor. Haar knieë bewe liggies, maar sy is nie bang nie. Sy haal diep asem, wag vir Juffrou Beukes se knik en dan begin sy:

“Die kind is nie dood nie.”

In die agterste ry gee iemand ’n hoorbare sug. Haar oë gly oor die klas. Almal is druk besig om hul eie toesprake te bestudeer – party het dit gekoop by iemand wat verlede jaar in graad 11 was; ander se ma’s het hulle s’n geskryf. Liam Poerstamper met die bakore het nie eens die moeite gedoen om die lettertipe te verander van die artikel wat hy nét so van Mieliestronk afgetrek het nie.

Ilaria is nie regtig ’n natuurlike spreker nie, maar sy kan skryf. Wanneer haar gedagtes eers op papier agtermekaar is en sy die onderwerp kén, kan sy maklik enigiemand flous. En sy kén Ingrid Jonker. Ingrid,  Afrikaans se eie Marilyn Monroe. Dit was haar regte naam – Ingrid. Nie soos Norma Jean, wat Marilyn voor die kameras geword het nie. Ingrid was maar net Ingrid. Ingrid, wie se gedig deur Nelson Mandela tydens sy eerste staatsrede voorgelees is. Net soos sý dit nou in aanloop tot haar mondeling voordra.

“die kind lig sy vuiste teen sy moeder”

Ilaria was nog jonk toe haar ma dood is. Sy kan nie veel van daardie dag onthou nie. Net dat sy haar ma se voosgevatte Kantelson uit die bedkassielaai gehaal het en op bladsy 38 met ’n stomp potlood onderstreep het:

Mamma is nie meer ’n mens nie

Toe sy kom by die reël, “Die kind lig sy vuiste teen sy vader,” kom Albertus Jordaan se gesig voor haar op. Haar pa verstaan haar nie. Hulle kommunikeer deur te baklei, of dan deur dawerende stilte. Sy kry te skaam om enigiemand na hulle huis in Blouberg te nooi – hoofsaaklik oor haar pa se ou Suid-Afrikaanse vlag wat bokant die braaiplek hang.

Die gedig stryk einde se kant toe en Ilaria begin vertel van Ingrid se Gordonsbaaise kinderjare by haar ouma, haar stormagtige verhoudings en hoe sy gedroom het van ’n beter Suid-Afrika. Die beskrywing van die digter se voortydige dood laat ’n paar kinders opkyk. Dan is daar trae applous.

Toe sy terugstap na haar sitplek, probeer Ilaria onderlangs kyk of Claude darem vir haar hande klap, maar hy is diep in gesprek met George en Laetitia. Laetitia is daardie kommin tipe meisie, wat té hard lag wanneer Claude iets snaaks sê, en wie se grasserige warmtang-hare lanklaas ’n boksie dye gesien het. Net Barend lyk of hy na haar mondeling geluister het. Siestog, sy weet hy hou van haar. Dis net, hy kan regtig nie spel nie. Vir enige ander meisie sou sy breë lewensredder-skouers en die motor wat hy onwettig bestuur genoeg gewees het. Maar nie vir Ilaria nie. Terwyl Laetitia haar mondeling aflees, haal Ilaria haar notaboekie uit haar tas en skribbel:

’n kar neem jou net tot waar die pad doodloop
en voorkoms tot waar die jeugdigheid krom loop
maar poësie en taal deurstaan
die toets van tyd
en strek ver, ver
oor oseane wyd

Die bus laai haar naby die huis af en sy stap die laaste paar treë in die snerpende seebries. Hulle woon binne stapafstand van die strand af.  Mense sê as jy by die see bly, waardeer jy dit later nie meer nie. Ilaria kan nie dink dat enigiemand ooit moeg kan raak van die see nie. Sy gaan graag strand toe, altyd met ’n notaboekie en ’n pen, maar sy swem nooit nie. As kind het sy twee maal byna verdrink. Sy is nie bang nie; sy het net respek vir water.

In haar kamer laat plof sy haar tas langs haar lessenaar neer en sluit die deur agter haar. Sy gaan sit kruisbeen op haar bed met haar notaboekie en haal haar skootrekenaar onder die verekussing uit. Net gou haar blog opdateer, dan sal sy ’n rukkie slaap tot haar pa by die huis kom. Haar vingers trommel ongeduldig op die sleutelbord terwyl die SkugterDigter-bladsy laai.  Vandat die aantal besoeke per dag begin verdubbel het, voel Ilaria verplig om meer gereeld die inhoud op haar blog aan te vul. Versindaba het onlangs die skakel op hul webtuiste geplaas en Juffrou Beukes het hulle verlede week aangemoedig om die blog te besoek, onwetend dat die SkugterDigter in haar klas is.

Sy maak ’n nuwe inskrywing oop en tik haar jongste gedig uit haar notaboekie oor. Terwyl sy kou en herkou aan ’n gepaste titel, sien sy dit: In die hoek regs onder flikker ’n koevertjie. “You have one new message.” Sy het nog nooit vantevore ’n persoonlike boodskap op haar blog ontvang nie.  

Ilaria kan haar nuuskierigheid nie langer bedwing nie en klik op die koevertjie.

@KennerVanDieAand skryf: Bonjour ma chérie.

Haar vingers hang vir ’n oomblik huiwerend oor die sleutelbord.

@SkugterDigter: Hallo, wie is dit?

@KennerVanDieAand : Ek kan net sê ek het op jou gewag

Haar hart bons, want sy herken dadelik die reël uit Wagtyd in Amsterdam. Sy kan sien hy is besig om verder te tik. Dan verskyn die volgende paar reëls wat sy ken asof dit haar eie is:

deur westerse nagte
by haltes
in lane
by gragte
op vliegvelde
en die galg van trane

@SkugterDigter: “Is dit waar jy nou is?”

@KennerVanDieAand: “Ek is in Amsterdam, ja.”

Sy voel effens verlig. Nederland is darem duisende kilometers ver. Dit kan tog nie skade doen nie... ?

@KennerVanDieAand : “Ek verlang verskriklik huis toe. Jou gedigte is al wat my deurdra.”

Sy voel gevlei, maar ignoreer die kompliment en vra: “Wat maak jy in Nederland?”

@KennerVanDieAand: “Ek werk aan my debuutroman. Jy het nie dalk Whatsapp nie, het jy?”

Dit was die begin van ’n verslawende kubervriendskap. Dag in en dag uit eggo die geheimsinnige skrywer haar gunstelingverse van ver oor die see.

“Jy is die mona lisa van my hart
en ek bekend met ’n da vinci-smart”

Ilaria raak al hoe meer geheg aan die anonieme bewonderaar en ná ’n maand sukkel sy om op enigiets anders te konsentreer. Sy kyk kort-kort op haar selfoon, wat sy op haar skoot onder die skoolbank hou. Wanneer hy online is, verbeel sy haar hoe hy ook droomverlore aan haar sit en dink. Wanneer daar ’n boodskap is, fladder haar maag van opwinding.

“My dae soek na die voertuig van jou liggaam
my dae soek na die gestalte van jou naam”

Vanaand is Ilaria alleen by die huis. Twee dae het verbygegaan sonder dat sy iets van hom gehoor het. Daar moet fout wees, dink sy. Hy was ’n paar keer online, maar duidelik nie met die doel om met haar te praat nie. Dalk is hy kwaad vir haar. Het sy iets gesê?  Sy rol haar duim oor vorige boodskappe. Nee, dit kan tog nie wees nie. Dalk het sy hom net begin verveel. Of dalk, sy sidder by die gedagte, dalk is daar iemand anders.

Sy loop kaalvoet in die gang af kombuis toe na waar haar pa se duur bottel whiskey op die toonbank staan. Haar pa sal nie agterkom nie. Sy stap terug kamer toe met die vloeistof al klotsend teen die ys in die glas.

In haar kamer loer sy vir die hoeveelste keer na haar selfoon. Daar is sowaar ’n boodskap van hom:

“Stuur vir my ’n foto?”

Haar hart klop in haar keel.

“Van wat?” tik-vra sy terug.

“Jy weet... Herhaal my?”

Sy verstaan wat hy bedoel. En wat sy moet doen – wil doen.

Sy neem ’n groot sluk whiskey en leun terug op die bed. Knoop haar hemp oop en knip haar bra los. Sy hou haar arm uit en klik op die pyltjie op die selfoonskerm om die kamera op haarself te draai.  Sy tuit haar lippe en stuur die foto met die onderskrif:

“terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak”

Voor sy die bedlampie afskakel en haar oë toemaak, onderstreep sy op bladsy 27 van Kantelson:

My omhelsing het my verdubbel

Dan verder ondertoe:

en my hande omsluit my geheime
in ’n kamer ver weg

Die volgende dag by die skool staan die kinders in groepies om selfone gebondel. Hulle fluister gedemp en loer kort-kort na haar. Wanneer sy iemand se blik vang, kyk hulle skuldig weg.

Barend stap verby en sy gryp hom aan die arm. “Barend, wat gaan aan?”

“Uhm, Ilaria, ek weet nie wat om te sê nie. Ek het nie geweet jy is die SkugterDigter nie.”

“Wag, wat?!”

“Ek het ook nie gedink jy sou so iets doen nie.” Sy oë dwaal af en rus vir ’n oomblik op haar bors.

O, nee, o, nee, o, Here, nee.

Barend se oë mik-mik boontoe, maar kry nie vatplek aan hare nie.

“Gerhard het blykbaar vermoed dis jy en het ’n weddenskap met ’n paar ouens aangegaan.”

Gerhard Cilliers. ’n Ou in matriek wat steeds suur is oor sý met die senior prys vir Afrikaans by verlede jaar se prysuitdeling weggestap het. G’n wonder daar was nie spelfoute in sy boodskappe nie. Hy sou ook nie ’n oomblik gehuiwer het om die foto die wêreld in te stuur nie.

Barend maak keelskoon: “Uh-hum, Ilaria, dis nie al nie. Liam het ’n meme gemaak. Ek is nie seker of ek dit vir jou moet wys nie.”

“Gee hier, laat ek sien.” Sy gryp Barend se foon. Daar is sy op die skerm, heeltemal ontbloot, met groot wit letters bo en onder:

“ILARIA JORDAAN
DIE TIETE VAN ’N NIE-SO-SKUGTER DIGTER”

Sy wil doodgaan.

Claude en van sy vriende loop verby. Claude se skerp humorsin en sy manier met woorde het haar nog altyd aangetrek, maar vandag is dit ’n dolk deur haar hart:

“Kyk, ou Liam is dalk nie so fluks nie, maar waar daar borste betrokke is, staan sy hande vir niks verkeerd nie.”

Bulderende gelag.

Haar keel trek toe en haar oë brand van vernedering. Sy draai om en begin hardloop.

By die huis drink sy twee slaappille en val op haar bed neer. Toe sy wakker word, is dit donker buite. Haar pa is vanaand by ’n werksfunksie en sal eers ná twaalf by die huis wees. Sy sit verwese by die kombuistoonbank voor haar rekenaarskerm. Sy sien nie kans om haar selfoon aan te skakel nie. Terwyl sy wag vir vir haar blog om te laai, neem sy nog ’n sluk whiskey – dié keer sommer uit die bottel. Haar pa sal nie agterkom nie.  Dan verstar sy. Die meme. Dis op haar blog. Iemand het dit in elke enkele spasie vir kommentaar opgelaai. Geen gedig is gespaar nie.

Huil gaan nie help nie. Trane kan nie waardigheid terugroep nie. Face your fears, Ilaria! Ja, besluit sy, dis wat sy sal doen.

Halftwaalf gooi sy die oorblywende inhoud van die whiskeybottel in haar keel af. Fok haar pa. Sy sluit die voordeur, los die sleutel onder die potplant en kies koers strand se kant toe. Kaalvoet, met Kantelson teen haar bors vasgedruk.

Die nat sand tussen haar tone laat haar ril. Bladsy ag is reedsonderstreep :

My dood klop agter my oogappels soos die maan
Ek hoor hom roer agter die galme van die branders

Die yskoue van die water brand deur haar voete, haar bene, haar torso en nek. Die loeiende wind waai bladsy ses oor die water en lê die woorde in haar mond:

sonder gebed of ’n lied of ’n graf
net ek en die winterwind

Dit proe sout en nat en word te veel om uit haar keel te keer. Sy sluk.

Haar ore suis weer soos toe sy sewe jaar oud was, maar in plaas van die kleintydse paniek, spoel ’n verlammende verligting oor haar.

Die watermassa druk haar vertroostend vas. Só styf, dat dit die lug uit haar longe pers en sy met elke golf in ’n dieper bewusteloosheid gedompel word.

Barend hou in die parkeerterrein tussen die pad en die strand stil. Sy vriend Alex draai die musiek harder voor hulle uitklim en hou die sigaretaansteker na Barend toe uit. Hulle kom sit gereeld laatnag hier op die houtreling en rook. Nie een sê gewoonlik veel nie; tuur net uit oor die water met die musiek wat hier van agter die atmosfeer stem en die hoofligte wat soos ’n stil soeklig oor die see straal.

Iets ongewoons vang Barend se oog. Hy spring op, beveel Alex om die nooddienste te bel. Wip oor die houtreling en verloor byna sy balans. In die hardloop begin hy reeds sy klere afstroop.

Toe Albertus Jordaan by die strand aankom, is die polisie en die ambulans reeds daar. Barend het die slap liggaam op die sand neergelê. Omstanders kyk op toe haar pa van ’n afstand haar naam roep.

Maar die kind is dood.

The post SkugterDigter appeared first on LitNet.

Verslag oor kopieregwetgewing aan lede by PEN Afrikaans se AJV op 20 Augustus 2016

$
0
0

Die wetsontwerp wat die wysiging van die Wet op Outeursreg ten doel het, is verlede jaar ter tafel gelê. Verskeie organisasies, insluitend PEN, PASA (die uitgewersvereniging van Suid-Afrika), universiteite, Dalro ea het kommentaar ingedien oor die moontlike negatiewe effekte van die voorgenome veranderinge aan die wet. Wat spesifiek vir skrywers ter sprake is, is die effek wat die wetgewing op outeurs se inkomste kon hê en die uitwerking op die uitgewersbedryf. (Ander bedrywe, soos die filmbedryf – enigiets waar kopiereg ter sprake is – word natuurlik ook geraak, maar met betrekking tot PEN Afrikaans fokus ek op die implikasies vir skrywers en literêre werke.)

Deskundiges was spesifiek krities oor die definisie van “orphan works” en die voorneme dat kopiereg aan die staat oorgedra word indien die eienaar van die werk nie opgespoor kan word nie of oorlede is. Die ander belangrike kritiek was die instel van “fair use” vir opvoedkundige doeleindes. Dit sal die staat of ander partye toelaat om werke te reproduseer sonder vergoeding aan die kopiereghouers en sonder om toestemming daarvoor te vra. Verder maak die wysiging ook voorsiening vir die totstandkoming van ’n verpligte lisensiëringsmeganisme wat deur die staat geskep word en wat nie die normale kontraktuele toestemming van die kopieregeienaar vereis nie.

Die hersiene wetsontwerp is reeds in Junie vanjaar deur die kabinet goedgekeur, maar die inhoud daarvan is tot op datum nog steeds nie deur die Departement Handel en Nywerheid beskikbaar gestel aan die publiek nie. Die aanduidings is dat dit in September vanjaar voor die parlement sal dien.

Die sake wat kommerwekkend is:

  • Skrywers, uitgewers en die ander kreatiewe bedrywe wat deur veranderinge aan die Kopieregwet geraak word, het nog nie die geleentheid gehad het om die hersiene Wetsontwerp te bestudeer en te bepaal in watter mate voorgestelde veranderinge geïnkorporeer is nie – indien enigsins.
  • Die proses is nie deursigtig genoeg nie en die vereiste wetlike prosedures is nie gevolg nie.
  • Die Departement Handel en Nywerheid het onderneem om ’n onafhanklike ekonomiese-impakstudie te laat doen. Hoewel die tender geadverteer is, is dit nie toegeken nie. Die Departement het skynbaar wel ’n studie gedoen, maar dit is nie vir ons beskikbaar nie en is uiteraard ook nie onafhanklik nie.
  • Die negatiewe effek op die inkomste van skrywers is potensieel verreikend. Die wetsontwerp in sy oorspronklike formaat maak dit moontlik vir die staat om die eiendom van skrywers se intellektuele goedere vir homself op te eis sonder vergoeding aan skrywers.

Ons werk op die oomblik saam met PEN South Africa, en sal skrywers en die publiek ingelig hou oor die nuwe wetsontwerp. Ons wil verseker dat die belange van skrywers in ag geneem word en beskerm word. Ons wil dus ook nóú met skrywers, joernaliste, uitgewers en ander belanghebbendes saamwerk om te verseker dat die wetsontwerp aandag in die media ontvang, indien nodig, en nie bloot stil-stil deurgedruk word nie.

Marga Stoffer
20 Augustus 2016

 

The post Verslag oor kopieregwetgewing aan lede by PEN Afrikaans se AJV op 20 Augustus 2016 appeared first on LitNet.

Notule van PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering

$
0
0

20 Augustus 2016, City Lodge Lynnwood, Pretoria

Teenwoordig: Kerneels Breytenbach (KB, voorsitter), Danie Marais (DM, bestuurder), Naomi Bruwer (NB, tesourier), Izak de Vries (bestuurslid), Bernard Odendaal (bestuurslid), Marga Stoffer (bestuurslid), Renée Conradie, Helene de Kock, Fanie de Villiers, Engemi Ferreira, Gert van der Westhuizen.

1. Verwelkoming

1.1 Die voorsitter verwelkom die vergadering.

1.2 Goedkeuring van sakelys en notule: Naomi Bruwer, gesekondeer deur Izak de Vries.

2. Verskonings, volmagte en vasstelling van ’n kworum

2.1 Verskonings: Pieter Cilliers, Willem de Vries, Anzil Kulsen, Murray la Vita, Chanette Paul, Conrad Steenkamp, Anton van Niekerk, Bettina Wyngaard.

2.2 Verskonings en volmagte verleen: Wannie Carstens (aan DM), Heilna du Plooy (aan DM), Pienkes du Plessis (aan DM), Francis Galloway (aan NB), Helena Hugo (aan Bernard Odendaal), Tertius Kapp (aan DM), Amanda Lourens (aan KB), John Miles (aan KB), Estelle Neethling (aan DM), Helené Prinsloo (aan DM), Naas Steenkamp (aan KB of DM), Maritz Spaarwater (aan DM), Andries Visagie (aan DM).

2.3 Daar is 70 opbetaalde lede; ’n kworum is 40%, d.w.s. 28 lede. Elf lede is by die vergadering teenwoordig en 13 volmagte is ontvang. Daar is dus nie ’n kworum nie.

2.4 Die grondwet laat ’n virtuele stemming toe. DM stel voor dat daar voortgegaan word met die vergadering en lede later ’n virtuele stemming doen.

3. Voorsittersverslag

3.1 Die voorsitter lewer sy verslag (Lees dit hier.).

4. Tesourier se verslag

4.1 PEN Afrikaans het ’n skoon, ongekwalifiseerde oudit vir 2015 gekry.

4.2 Die Dagbreektrust se borgskap (die eerste van drie jaar) het ingeskop.

4.3 Naspers het ’n borgskap gegee wat verteenwoordiging by die 81ste PEN International-kongres 2015 in Québec moontlik gemaak het.

4.4 PEN International se gelde van Trippel Sewe is ontvang.

4.5 Die Tesourier word bedank vir haar goeie werk ten spyte van ’n vol program en sy word gelukgewens met die oudit.

5. Bestuurder se verslag en vooruitskouing vir die volgende jaar

5.1 Die bestuurder lewer verslag (Lees dit hier.).

6. Verwikkelinge rondom kopiereghervorming

6.1 Marga Stoffer lewer verslag oor die huidige stand van sake met betrekking tot die voorgestelde veranderinge aan die kopieregwet (Lees dit hier.).

7. Taalregte en moedertaalonderrig

7.1 Daar moet besluit word watter veldtogte en organisasies PEN Afrikaans amptelik en aktief wil ondersteun.

7.2 KB meld dat dit belangrik is dat PEN Afrikaans betrokke bly by gesprekke oor Afrikaans, hetsy deur die bestuurder of lede wat gekoöpteer word.

7.3 DM wys daarop dat dit belangrik is dat die stemme van skrywers gehoor word. Mense ervaar dit anders as kommentaar/bydraes van politici.

7.4 KB sê daar moet bepaal word hoe lede voel oor Solidariteit en Afriforum: moet PEN Afrikaans wegskram van hulle betrokkenheid of júís a.g.v. hulle betrokkenheid ook betrokke wees? Daar moet nie aangeneem word dat mense saamstem bloot omdat hulle dieselfde vergadering bywoon nie.

7.5 Dit gaan hier oor moedertaalonderrig, maar ook oor die behoud van Afrikaanse skrywers se inkomste uit hulle skryfwerk. Nuwe taalbeleide roei Afrikaanse skrywers se mark uit.

7.6 Daar moet besluit word of PEN Afrikaans lid van die Taalraad moet word.

7.7 KB stel voor dat ’n virtuele stemming oor verskeie van hierdie bogenoemde sake plaasvind.

8. Wysiging van PEN Afrikaans se grondwet

8.1 Indien PEN Afrikaans sy belastingstatus as PBO (openbare weldaadsorganisasie) wil behou, moet die organisasie se grondwet verander word.

8.2 ’n Tweederde-meerderheid is nodig om die grondwet te wysig. Dit moet dus ook via virtuele stemming geskied.

9. Toekenning van ere- en lewenslange lidmaatskap

9.1 Lewenslange lidmaatskap: Naas Steenkamp is genomineer. Hy het besonder groot rol gespeel met die stigting van en internasionale erkenning van PEN Afrikaans. Hy het ook baie werk gedoen om die eerste administratiewe sake gedoen te kry en ’n grondwet op te stel. Volgens PEN Afrikaans se grondwet kan lewenslange lidmaatskap toegeken word aan iemand wat ’n besondere diens aan PEN Afrikaans verleen het. Daar is eenstemmigheid by die vergadering dat lewenslange lidmaatskap aan Steenkamp verleen moet word, maar aangesien daar nie ’n kworum is nie, is ’n virtuele stemming ook hieroor nodig.

9.2 Erelidmaatskap: Margot Luyt en Karen Meiring is voorgestel deur Fanie Olivier. Die voorstel word deur die vergadering ondersteun. Dit sal ook deel word van die virtuele stemming.

10. Verkiesing van ’n nuwe ondervoorsitter

10.1 KB stel Marga Stoffer voor; Izak de Vries, Engemi Ferreira en Naomi Bruwer ondersteun die nominasie.

10.2 Daar is geen ander nominasies nie.

10.3 Die nuwe ondervoorsitter sal ook deur ’n virtuele stemming gekies word.

11. Algemeen

11.1 Die volgende algemene jaarvergadering sal in 2017 plaasvind tydens die Tuin van Digters-fees in Wellington.

11.2 Die voorsitter bedank almal en sluit die verrigtinge af.

The post Notule van PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering appeared first on LitNet.

Viewing all 1429 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>