Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1429 articles
Browse latest View live

Kommentaar deur die Afrikaanse Taalraad: Taalbeleid by die Universiteit van Pretoria

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (die Taalraad) tree op as ’n konfederale dakorganisasie vir ’n meerderheid Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies en is as ’n taalraad by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte geregistreer. Ons verwelkom die geleentheid om op die Onafhanklike Transformasiepaneel (die Paneel) se uitnodiging te reageer. Gegewe die kort kennisgewing is ons bydrae noodgedwonge tot beginselkwessies beperk en laat ons dit aan ander oor om meer tegniese bydraes te maak.

Die Taalraad bevorder Afrikaans in haar volle diversiteit: Oranjerivier-Afrikaans, Kaaps, Namakwalandse Afrikaans en alle ander vorme van die taal. Afrikaans is nie ’n wit taal nie en behoort aan al haar sprekers. Daar ís in die verlede in Afrikaans seergemaak, maar ook in Afrikaans ’n stryd teen onreg gevoer. Die Taalraad mik dus op die heling van die letsels van die verlede en versoening tussen die sprekers van die taal. Ons reik ook uit na ander, onder andere diegene wat negatiewe persepsies van die taal het.

Ons beskou Afrikaans as ’n hoogs ontwikkelde taal van bemagtiging wat aan al haar sprekers se emosionele, religieuse, sosiale, kulturele, en akademiese behoeftes kan voldoen – beter as wat enige ander taal dit vir hulle sou kon doen. Daarom bevorder die Taalraad Afrikaans in die huis en moedertaalonderrig op skool en universiteit.

Ons glo dat die Grondwet ruimte skep vir ’n meertalige bestel waarin hierdie funksies van Afrikaans op ’n gelyke basis met ander tale uitgeleef kan word; ook dat teenstrydige belange, waar dit sou bestaan, by wyse van onderhandeling, goeie beplanning en bestuur versoen kan word. Met ’n bietjie verbeelding en ’n bereidwilligheid tot kompromie, kan almal gewoonlik geakkommodeer word.

Ons besef dus dat die verdere ontwikkeling van Afrikaans nie in ’n vakuum kan geskied nie, maar gekoppel is aan die ontwikkeling van ons ander inheemse tale, Nama inkluis. In hierdie opsig is ons veral opgewonde oor die prominensie van isiZulu by die Universiteit van Kwa-Zulu Natal. Ons hoop dat hierdie voorbeeld deur ander universiteite gevolg sal word en dat die Universiteit van Pretoria dieselfde gewig agter die ontwikkeling van Sepedi en ook Afrikaans sal gooi. Daarvoor is duidelike teikens en meganismes binne die raamwerk van die Taalplan nodig. Met meertaligheid bedoel ons dus nie die simboliese insluiting van inheemse tale as hulpmiddels nie, maar die ontginning van die volle waarde van hierdie tale op ’n volhoubare basis.

Hierdie standpunt is nie bloot gebaseer op oorwegings van eiebelang nie, maar ook op die besef dat ons tale ’n uiters waardevolle ekonomiese hulpbron daarstel. Taal help om mense se volle potensiaal te ontsluit, daarmee ook hulle vermoë om aan die ekonomie deel te neem en daartoe by te dra. Taal skep ruimte vir nuwe produkte en markte wat slegs deur meertalige maatskappye geteiken kan word. Deur die inheemse tale binne ’n meertalige bestel te ontwikkel, kan die land dus sy ware ekonomiese potensiaal bereik.

Kwantifisering van hierdie bydrae sal wys dat mens die ekonomiese waarde van taal nie kan veronagsaam nie. Studies oor moedertaalonderwys op skoolvlak binne ’n meertalige verband wys byvoorbeeld duidelik daarop dat die bykomende kostes daarvan duidelik regverdigbaar is op grond van die ekonomiese rendement wat dit genereer. Een van hierdie rendemente sluit in die doeltreffender gebruik van beperkte hulpbronne op universiteitsvlak. 1

Taal kan ook ’n belangrike bydrae tot positiewe sosiale verandering2 lewer soos wat wyle Neville Alexander geargumenteer het. Volgens hom is meertaligheid ’n voorvereiste vir die ware kulturele onafhanklikheid van die land, vir die kulturele selfvertroue wat ons nodig het om as ’n nasie te ontwikkel.3 Hy het dit ook as ’n voorvereiste vir ’n ware deelnemende demokrasie beskou. Die lot van Afrikaans sal die politieke lot van die land bepaal, het hy gedink.

Monolinguisme beperk naamlik toegang tot die staat en die ekonomie tot diegene wat Engels goed beheers. Meertaligheid skep daarteenoor toegang vir die res en verhinder die konsolidasie van staatkundige, ekonomiese en politieke mag in die hande van ’n klein, hoofsaaklik stedelike elite. Om hierdie redes bevorder die Taalraad konsekwent meertaligheid, en waar toepaslik, die gebruik van Afrikaans in besigheid, die staat en publieke ruimtes.

Die meeste inheemse tale in Suid-Afrika, met die moontlike uitsondering van isiZulu wat uitstekend as lees- en skryftaal geanker is, ervaar tans toenemende druk. Die gebruiksvorme van Sepedi in en om die stedelike gebiede verskil byvoorbeeld toenemend van die meer tradisionele vorme in die platteland – soveel so dat sommige taalkundiges selfs voorspraak vir ’n herstandaardisering van die taal begin maak. Dieselfde geld toenemend vir Afrikaans en ander inheemse tale soos isiXhosa, waar die plattelandse vorms toenemend as die “regte” of “suiwer” variante geld.

Die behoud en verdere ontwikkeling van hierdie tale as instrumente van kulturele vernuwing en bemagtiging, voorveronderstel die betrokkenheid van die universiteite. Dit is ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap wat universiteite moeilik kan negeer. ’n Balans moet eenvoudig tussen die taalbehoeftes van plaaslike gemeenskappe en universiteite se versugting na internasionalisering gevind word. Juis by wyse van hierdie worteling in die plaaslike kan die negatiewe invloede van neo-liberale internasionalisme besweer word.

In die geval van die UP is ’n beginselbesluit oor die waarde van beide Afrikaans en Sepedi as tale van bemagtiging dus nou nodig. Dit sal ’n finale besluit wees omdat ’n latere terugkeer na die status quo waarskynlik nie lewensvatbaar sal wees nie. En daar is wyer implikasies: indien Afrikaans val, dan val Sepedi. As Afrikaans nie kan oorleef nie, dan is die kanse vir die meeste ander inheemse tale skraal.

Die Taalraad hoop dus dat die Paneel in hulle oorweging van die bydraes wat deur verskillende partye gemaak word, die waarde van taal as ’n instrument van kulturele, ekonomiese en politieke bemagtiging nie sal onderskat nie; so ook nie die emosionele waarde van taal nie, en haar rol in die kunste en die verwoording van mense se intiemste ervaringe van die werklikheid. Hierdie funksies word almal ondermyn indien die intellektualisering van ’n taal ignoreer word.

Juis weens ons ingesteldheid op taal en kultuur, het die Taalraad baie begrip vir die vervreemding wat so baie studente op die kampus van die UP en ander universiteite beleef. Die UP ís ’n histories wit Afrikaanse ruimte met ’n sterk Westerse, of eerder internasionale, akademiese tradisie. Daarbenewens daag baie studente swak voorbereid in hierdie ruimtes op en sukkel om die druk te verwerk, finansiële probleme inkluis.

Ons verstaan ook dat hierdie ervaring tot frustrasie en dikwels selfs woede lei - klassieke simptome van “kultuurskok” waarmee internasionale of multikulturele maatskappye gereeld te doene het. Dit is nietemin disfunksioneel wanneer hierdie spanninge omslaan in negatiewe, of hatige of rassistiese, stereotipering van ’n ‘ander’, of die skepping van kru vyandbeelde.

Dit word gevaarlik wanneer sulke reaksies aansluiting vind by verdelende ideologie wat onverdraagsaamheid, en soms ook geweld, regverdig. Die radikaliserende nul-som benaderings wat deur sommige akademici en akademiese instansies bevorder word, kan almal, ook studente inkluis, uiteindelik baie kos.

Dit is nietemin ’n gegewe dat kampusse, dié van die UP inkluis, sal verander om gehoor te gee aan die behoeftes van die studente. Die onnodige afskaffing van Afrikaans sal egter nie “verdeling” tussen studente ophef nie – meer kreatiewe en minder drakoniese idees is nodig om versoening tussen studente te bewerkstellig. Dit sal veel eerder verbittering en onttrekking tot gevolg hê.

As gevolg hiervan sal die UP sekerlik ook ’n sterk bron van inkomste verloor, iets wat die universiteit se leierskap sonder twyfel reeds weet. Hulle weet sekerlik ook dat die studente dikwels geldige griewe het, maar ook dat die toegee aan populistiese eise in alle waarskynlikheid slegs tot meer ekstreme eise sal lei.

Die universiteit se leierskap hul sonder twyfel in ’n moeilike posisie en dit is maklik om van buite af opinies te lug. Nietemin moet ons daarop wys dat dit binne ’n gesonde en verdraagsame demokrasie moontlik moet wees om ’n plek vir Afrikaans en Sepedi langs Engels by die UP te handhaaf. Kwessies soos taal, kulturele ruimtes en kurrikulum by die UP moet dus onderhandel word eerder as dat ’n meerderheidsgroep eenvoudig hul wense op ’n minderheid afdwing. ’n Nuwe gedeelde taal- en kulturele ervaring op die kampus moet deur ope gesprek geskep word.

Verdraagsaamheid is uiteraard ’n voorvereiste hiervoor, iets waarvan daar tans te min op kampusse te bespeur is, die UP ingesluit. In hierdie opsig is ’n rol vir politieke stigtings soos die Achmed Kathrada Stigting, die Mandela Stigting en ander aangewese. Ook die Taalraad is bereid om te help.

Hóé die kampus verander is amper belangriker as die resultate daarvan. Dit het implikasies vir die politieke kultuur van die land as geheel.

Conrad Steenkamp
Hoof van die Afrikaanse Taalraad

Eindnotas

1 Meer as 70% van studente wat universiteit verlaat, dui byvoorbeeld probleme met Engels aan as een van die hoofredes vir hulle besluit. Daar is etlike goeie artikels hieroor geskryf en ons kan binne die bestek van hierdie bydrae nie daarop ingaan nie.

2 Lees “transformasie”, indien u wil, hoewel mens dalk oor die presiese inhoud van die begrip moet praat.

3 Lees in hierdie geval “dekolonisering”, hoewel mens hier ook oor die inhoud hiervan kan praat.

The post Kommentaar deur die Afrikaanse Taalraad: Taalbeleid by die Universiteit van Pretoria appeared first on LitNet.


Voordrag by die WAT se Woordpret: Die ideaal van ’n meertalige universiteit

$
0
0

Sonja Loots was op 3 Junie 2016 gasspreker by die Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die tema van die gesprek was: "Die ideaal van 'n meertalige universiteit." Hier onder is haar volledige voordrag by die geleentheid. Lees ook 'n oorsig oor die geleentheid hier.

 

Sonja Loots en Willem Botha (foto: Frikkie Lombard)

Molweni, Abahlobo. Molweni, Abafundi. Molweni, manene namanenekazi. Goeiemiddag vriende, studente, dames en Here. 

Kuyabanda namhlanje kodwa siya kusela iwayini. En ai, die teenwoordigheid van wyn hier vandag sal moet help om die palet te suiwer, want dit is maar met wrangheid dat ’n mens jou waag aan ’n besinning oor die ideaal van ’n meertalige universiteit terwyl die senaat van die Universiteit Stellenbosch vanmiddag waarskynlik met ’n groot meerderheid gaan stem ten gunste van die universiteit se nuwe konseptaalbeleid.

Dit was moeilik om te weet wat ek in hierdie lesing moet sê, aangesien dit lyk asof die ideaal van ’n veeltalige universiteit al verder in die niet verdwyn. Miskien is die geveg nog nie verby nie, maar dit voel nodig om so prakties moontlik te probeer werk met die situasie soos dit besig is om te ontvou. Dus: indien dit so moet wees dat Engels voorlopig die politieke en ekonomiese oorhand het in die omgewing van tersiêre opvoeding, hoe beveilig ons die land se ander tale totdat die wiel dalk weer draai?

Ek wil vandag padlangs en informeel praat, met nie te veel teorie nie. Nogtans wil ek begin deur te verwys na die werk van Gilles Deleuze en Felix Guattari. Deleuze en Guattari is relevant vir ’n gesprek oor meertaligheid onder meer vanweë hul werk oor die bewerkstelliging van ’n mineurtoon in majeurtale, een uitweg vir nie-Engelstalige studente en akademici wat hul in die majeur moet laat geld. Terloops: hulle skryf nie in die kastig alomteenwoordige akademiese oppertaal Engels nie, maar as deel van die meertalige kenniswêreld dink en verwoord hulle hul invloedryke insigte in Frans.

In die voorwoord tot A thousand plateaus. Capitalism and schizophrenia (soos die Engelse vertaling heet) maak Brian Massumi, die vertaler, die volgende opmerking oor die werk van Deleuze (dikwels verkeerdelik toegedig aan Deleuze self): “A concept is a brick. It can be used to build a courthouse of reason or it can be thrown through the window” (Massumi, 1980:xii).

Ek wil vandag oor die konsep meertaligheid dink as ’n baksteen in die hand. Ek hou van die beeld. Dit weeg swaar, dit het gravitas. Dit is iets wat in ’n bakoond of smeltkroes gevorm is. Dit is iets verbasend fragiel. Dit kan gebreek word. Dit is ook veelsydig. Mens kan dit gebruik om te bou of, as jy dit gebruik soos Massumi dit visualiseer, om te breek.

Massumi se beeld resoneer omdat hy die konsep as baksteen plaas in die hand van mense wat bou, maar ook, in ’n minder gelukkige wending, in die hand van mense wat buite ’n bousel of konstruk staan. Dit is toenemend die geval dat die gesprek oor meertaligheid deel vorm oor ruimtes van uitsluiting. Oor die meganismes en taktieke van uitsluiting heers daar nie eenstemmigheid nie, maar ek gaan my vandag die vryheid veroorloof om aan die hand te doen dat Engels in die tersiêre omgewing toenemend die sprekers van ander tale buite in die koue laat staan.

Die feit dat die Universiteit Stellenbosch volhard in sy hardkoppige strewe om Engels as verstektaal te vestig, beteken in die praktyk dat Afrikaans en isiXhosa uitgesluit word uit ’n sentrum van mag en invloed. In die Massumi-aanhaling hier bo gaan dit om ’n konsep in die hand van denkers wat buite “a courthouse of reason” staan, maar “’n hofsaal waar redelikheid seëvier” is na my mening nie ’n akkurate beskrywing vir die Engelstalige universiteit wat voor ons oë op hierdie dorp verrys nie. Die hersiene taalbeleid verteenwoordig die oorwinning van strooipopargumente, halwe waarhede, politieke leuens en wanpersepsies. Die debat was nooit oor “die behoud van Afrikaans as die dominante onderrigmedium”, soos Pierre de Vos in meer as een skrywe valslik beweer nie. En nee, ook nie oor Stellenbosch as “primêr Afrikaanse universiteit”, soos Max du Preez en ’n koor ander stemme ewe moedswillig aangevoer nie. Dit het gegaan oor die behoud van Afrikaans as akademiese taal op gelykwaardige vlak naas Engels, ’n strewe wat nek omgedraai is toe George Steyn, die raadsvoorsitter, die raad gelei het om te stem teen ’n mosie wat dit as prinsipiële uitgangspunt wou verskans.

As Afrikaans en isiXhosa voorlopig buite in die koue staan, is dit nie buite ’n hof van redelikheid nie, maar buite ’n hasehof waar die regter of regters hulle gedra soos Lewis Carroll se Koningin van Harte in Alice in Wonderland. Sodra hulle oor Afrikaans dink, skree hulle “Off with her head.” Dit het die afgelope maande geblyk dat om met sulke mense te argumenteer, en selfs om op redelike gronde argumente te wen, futiel is. Die sogenaamde raadplegingsproses was niks meer as oëverblindery nie en die insette van meertaligheidsaktiviste is met oppervlakkigheid en arrogansie opsy geskuif.

Hier staan ons dus nou, buite die hasehof, ‘n bietjie radeloos, met slegs die konsep van meertaligheid soos ’n baksteen in die hand. Wat kan ons daarmee maak?

Ek stel voor ons gooi dit deur ’n paar vensters.

“As Afrikaans en Engels gelyke status kry, brand hierdie kampus,” het die raadsvoorsitter, George Steyn, luidens berigte op die mees onlangse raadsvergadering gekonstateer. Die versoeking is groot om hom ‘n bietjie die skrik op die lyf te jaag met dreigemente oor Afrikaanssprekende opstand, maar dit sê ek sommer tong-in-die-kies. As dit kom by die gooi van bakstene, bedoel ek dit asseblief metafories. Metafore is egter nie grappies nie, dames en here. Selfs al bestaan die baksteen in ons hand slegs as konsep, as ideaal, is dit gewigtig en kan dit moontlik nog die verloop van gebeure beïnvloed.

Wat behels die konsep wat ons soos ’n baksteen in ons hand vashou? het ek myself afgevra toe ek moes besluit wat om vandag hier te sê. Wat is meertaligheid, en ook: wat is dit nie. Ek deel graag ’n paar voorlopige gedagtes, aan-die-draf-gedagtes, die soort wik-en-weeg-gedagtes wat mens dink as jy met ’n baksteen in die hand staan en wonder wat jou verder te doen staan.

 Meertaligheid is nie anti-Engels nie, maar beslis anti-imperialisties en antikoloniaal

Engels is ’n pragtige taal, sê hierdie Anglofiel vandag sonder skaamte. Maar wanneer Engels uitasem besing word as ’n paspoort tot die internasionale arena, reduseer dit Suid-Afrika op baie problematiese wyse tot satelliet of aanhangsel van ander lande en kennispraktyke. Dit adem presies die soort koloniale kennispraktyke wat met goeie rede onder beleg is. Koloniale kennispraktyke en eentalige, Engelssprekende universiteite wil ons laat glo dat Engels oral is, dat dit die oorsprong van alles is en dat niks daarbuite bestaan nie (ek praat hier in die taal van Achille Mbembe). Dit onderdruk alles wat buite die eie raamwerk geartikuleer, gedink en verbeel word, leer Mbembe ons.

Ek het gesê ek wil nie teoreties praat nie, maar ek wil nietemin herinner dat meertaligheid as konsep teoreties goed onderlê is om weerstand te bied teen Engels as meesternarratief, gegrond in die kettergeloof dat die akademiese wêreld net uit Noord-Amerika, Engeland en Australië bestaan. Dit is in daardie opsig ’n stewig-gebakte baksteen.

Die elitistiese opvatting dat kennisproduksie noodwendig gefokus is op deelname aan ’n Engelssprekende internasionale gemeenskap, en waardevol is slegs indien dit na buite gerig is, misken voorts die belang van kritiese intellektuele werk wat gewortel bly in die universele maar gelokaliseerde konteks van hierdie land. Dit verklap ook op ongelukkige wyse dat Suid-Afrikaanse universiteite nie krities dink oor watter Engels hulle omarm nie. Hulle bedink en bedryf Engels nie as ’n taal-van-hier nie, maar op klakkelose wyse as ’n verknegte en minderwaardige vorm van die voertaal van Amerikaanse en Engelse universiteite waardeur hulle so begogel is. Dat dit geskied as kastig deel van dekolonialisering, gaan die verstand te bowe.  

Meertaligheid is nie eentaligheid nie

Dit is opvallend hoe universiteite besig is om iets wat in wese ’n gebrek of tekortkoming is, naamlik die onvermoë om in meer as een taal akademies te funksioneer, tot norm te verhef. Dat hierdie taalgestremdheid sigself so onsigbaar as moontlik probeer hou, onderlê ook die volgende argument: “Swart studente is reeds gekompromitteer omdat hulle nie in hul moedertale leer nie; laat die Afrikaanse studente ook ’n prys betaal.” En wie, dames en here, betaal geen prys en maak geen toegewings nie? Ja-nee, die eentalige Engelssprekende wat so gemaklik en so vanselfsprekend die morele hoë grond opeis. Dis darem die lekker lewe, of hoe?

Die wegbeweeg van meertaligheid bevorder die belange van eentalige Engelssprekendes, deur die institusionalisering van die enigste taal waarin hulle bedrewe is. Dit neem as konteks die konferensiepaadjies wat hulle snuiftrap. Dit plaas Engels in die middelpunt en neem aan dat daar niks in ander tale gebeur wat die moeite werd is nie. Dit gee voor dat Engels gedepolitiseer en neutraal is. Dit maak valse aannames oor Engels se sogenaamde inklusiwiteit en bemagtigingspotensiaal.

Die teiken van my kritiek is nie net blanke Engelssprekendes nie. Ek wil hulle nie kwytskeld nie, maar ek sien dieselfde houding by swart Suid-Afrikaners en Afrikane wat in Engels opgevoed is en geen Afrikataal magtig is nie. Gaan loer gerus maar na die CV’s van die mees radikale stemme teen Afrikaans. Dit behoort dikwels aan mense wat in Afrika gebore is, maar wat hul tersiêre opleiding in Amerika of Europa ontvang het. Te dikwels word die toon in die Suid-Afrikaanse tersiêre omgewing aangegee deur produkte van Amerikaanse en Britse universiteite wat nog nooit die kopskuif en die harthop terug na hierdie land en hierdie kontinent kon maak nie (en wat, met hul Ivy League-graadserfikaat in die gatsak, veel te sê het oor die voorregte en bevoorregting van ander). Die ironie is dat hulle deurgaans hul oog bly hou op ’n moontlike terugkeer na hul eksotiese alma maters. Hulle swaai die sweep slegs tot hulle sak en pak vertrek en die res van ons met die gebakte pere los. Gaan doen gerus ’n bietjie speurwerk. Ek voorspel julle sal vind dat die meerderheid van invloedryke kampvegters vir Engels as enigste voertaal by Suid-Afrikaanse universiteite self eentalig is, of eentalige akademiese loopbane bedryf wat buite Suid-Afrika gevorm is en wegkyk van Suid-Afrika (en Afrika).

Meertaligheid is nie taalverskuiwing nie

Een van die baie dinge wat die raad en bestuur van die Universiteit Stellenbosch vir hul rekening moet neem, is dat hul keuse teen Afrikaans ook Afrikaanse skole in sy voedingsgebied onder druk plaas. Afrikaanse ouers sal toenemend hul kinders uit Afrikaanse skole haal omdat hulle meen dit is die beste manier om hulle vir Engelstalige universiteite te brei.

Die skuld kan egter nie net voor die deur van die universiteite gelê word nie. Afrikaanse skole moet ook selfondersoek doen. As Afrikaanse skole weerstand wil bied teen taalverskuiwing, moet hulle hul sokkies optrek. Selfs ouers wat gesteld is op moedertaalonderrig, sal hul kinders laat verengels as hulle aanvoel dat die gehalte van onderrig in Afrikaanse skole swak vergelyk met die gehalte van opvoeding in Engelstalige skole. Vergeet dus van die rugby, Afrikaanse skoolhoofde, en dink akademie. Moenie aanneem dat Afrikaanse ouers gaan kies vir Afrikaanse skole nie; werk hard om dit vir hulle te laat sin maak. Dink uitstekend-opgeleide onderwysers wat nie in geradbraakte Afrikaans kommunikeer nie en wat hul vak beter aanbied as hul eweknieë in die Engelstalige skool om die hoek.

Dieselfde oorwegings geld die Afrikaans-kurrikulum op skool. Is Afrikaans as skoolvak van ewe hoogstaande gehalte en ewe prikkelend as Engels? Word leerders ewe veel gestimuleer en uitgedaag? Is die voorgeskrewe werke op dieselfde peil? As ouer en as Afrikaans-dosent wat werk met die produkte van die huidige Afrikaans-leerplan, kan ek helaas net my kop ontkennend skud. Die gehalte van die verbeeldinglose, babamaklike Afrikaans-leerplan op skool kort dringend aandag indien dit vir statusgedrewe en ambisieuse ouers en leerders aanloklik wil wees.

Voordat ek aanbeweeg, wil ek ook vlugtig noem dat die vinnige verengelsing onder stedelike, bruin Afrikaanssprekendes op veral die Kaapse Vlakte aandag behoef. Die historiese redes daarvoor is welbekend, maar indien dit nie vertraag of gestuit word nie, sal Afrikaans in die komende dekade ’n beduidende en ryke segment van haar taalgemeenskap verloor.

Meertaligheid, in Suid-Afrikaanse konteks, is nie uitsluitlik met Afrikatale gemoeid nie, is nie gekant teen Europese tale nie en is nie anti-Afrikaans nie

Neville Alexander, waarskynlik die mees waardevolle teoretikus oor meertaligheid wat Suid-Afrika nog opgelewer het, was die produk van kinderjare wat hom aan meer as een van Afrika se tale blootgestel het. Sy ouma, sy moeder se moeder, was oorspronklik uit Ethiopië. As volwassene kon Alexander onthou dat hy kleintyd uit haar mond flardes Oromo gehoor het. Sy ma was Engelssprekend, sy vader Afrikaanssprekend, hoewel sy vader Skots was. Hy het ook as volwassene geskryf oor vroeë kennismakings met isiXhosa en Khoisan. As jong seun was Duits egter die taal wat hy eerste aangeleer het ná Afrikaans en Engels, as leerling van die Holy Rosary Convent, ’n Katolieke sendingskool. Latyns weer was die taal van nagmaal en kerkrituele. Hierdie tweelingliefdes het hom later geneem na Duitsland, waar hy in Latyn die werke van Ovidius en Plinius gelees het. Aan die UK het hy Duits, Afrikaans en Engels saam met geskiedenis bestudeer. In die gees van Alexander is dit jammer en onvanpas dat die meertaligheidsgesprek dikwels ontspoor omdat gemeen word dat sogenaamde “vreemde” of Europese tale geen staanplek in die Suid-Afrikaanse tersiêre omgewing verdien nie. By die Universiteit van KwaZulu-Natal is aandag aan isiZulu as akademiese taal lofwaardig, maar het die universiteit fouteer deur ’n stokkie te steek voor die aanbied van Afrikaans en Europese tale. Aan die UK sou Alexander, as hy nog geleef het, wel nog kon instap by ’n Duits-departement en ’n Afrikaans-departement, maar in die gebou op Bo-Kampus wat na hom vernoem is, is slegs Engels hoorbaar, en op die naamborde van dié gebou verskyn daar slegs een taal. Die Neville Alexander Building, dus, en basta met alles anders. Ek wonder wat hy daarvan sou dink?

Dit vorm deel van ’n tydsgees wat tot gevolg het dat Suid-Afrikaners vergeefs wag dat die histories Engelse en swart universiteite die Grondwetvereiste van meertaligheid met erns bejeën. Blade Nziande het onlangs vir opslae gesorg toe hy aan die hand gedoen het dat kommunikasievaardighede in Afrikatale ’n vereiste moet wees vir graadverwerwing aan Suid-Afrikaanse universiteite, maar dit is nie mooi duidelik of en hoe universiteite hieraan uitvoer gaan gee nie. By my eie universiteit is daar reeds twyfel uitgespreek oor of Afrikaans deel moet vorm van só ’n meertaligheidsinisiatief. Die voorlopige gedagte is geopper dat studente nie die opsie moet hê om te kies om Afrikaans te leer nie. Nogmaals wonder ek wat Alexander sou sê; en waarom ons geboue na mense vernoem sonder om hoegenaamd ag te slaan op die gees en inhoud van hul lewenswerk.

Meertaligheid is nie tweetaligheid nie

Die ideaal van ’n meertalige universiteit, of van ’n meertalige samelewing, word lewend gehou deur meertalige sprekers. Let op: meertalige sprekers, nie tweetalige sprekers nie. Dit maak sin dat Afrikaanse mense hul taalregte integreer met dié van ander Afrikatale, sodat dit ’n Suid-Afrikaanse eerder as Afrikaans strydpunt raak. Maar as ons dit ernstig bedoel met pleidooie vir meertaligheid, moet ons ook in ons eie lewe werk maak van meertaligheid. As Kapenaars in gesprekke oor meertaligheid oor die taal “Kôsa” en die “Kôsa-mense” praat, pleks van isiXhosa en die amaXhosa, en sonder selfs ’n sweempie van ’n poging tot ’n kliek, laat dit asseblief nie die Afrikaanssprekendes wees nie. Tyd, dames en here, dat ons ten minste die naam van ons vriende se taal korrek begin uitspreek. Ook, terwyl ons besig is, tyd om in isiXhosa te leer groet. Ek glo voorts dit is verkeerd en bisar dat ons hier in die Wes-Kaap nog ’n generasie Afrikaanssprekende kinders grootmaak wat nie op skool isiXhosa leer praat nie. Ons moet agiteer vir die reg van ons kinders, of kleinkinders, om in Afrikaanse skole ’n derde taal as deel van die verpligte leerplan te leer. Doen ons dit nie, maak ons kinders groot wat uitgesluit bly van noemenswaardige gesprekke: op straat, in winkels, in die werkplek, in howe en in die parlement.

Indien ons dit sou kon regkry om eerlike en opregte vriendskappe te smee met die sprekers van ander inheemse tale, raak daardie baksteen in die hand ’n potensieel magtige wapen. Wat mens sou wou sien, is dat Engels op sy tone gehou word, van balans gehou word, herinner word dat sy vastrapplek in Suid-Afrika prekêr en bestrede is. Dit is nie die bril waardeur ons alles sien en interpreteer nie en hier in die Wes-Kaap behoort ons in Afrikaans én isiXhosa ’n baksteen te gooi deur alle aannames dat dit wel so is. Om meertalig te wees, kom egter neer op veel meer as ’n politieke skuif, wat ons kan blootstel vir beskuldigings van opportunisme en waarvan die sukses nie gewaarborg is nie. Dit is gewoon ’n manier om hier tuis te hoort. Daarom wil ek graag vra dat ons voordat ons verdaag, mekaar almal in isiXhosa groet en in isiXhosa na mekaar se welstand te vra. Ek deel vir u notas uit waarop so ’n eenvoudige gesprek uitgeskryf staan.  In isiXhosa is dit gebruiklik om in die meervoud na iemand se welstand te verneem, selfs wanneer jy met een persoon alleen praat. Ninjani? “Hoe gaan dit met julle?” Die antwoord geskied volgens dieselfde beginsel. Siphilele. “Dit gaan goed met ons.” Die rede is die wyse ou Afrika-insig dat dit goed met die enkeling kan gaan slegs indien dit goed met sy of haar ouers, kinders en familie gaan. Dit lyk vir my ’n mooi manier om oor meertaligheid te dink. Met elkeen van die tale sal dit goed gaan slegs indien dit met almal goed gaan. Meertaligheid as ’n manier om in die posisie te kom waar ons in ’n koor kan verklaar: “Siphilele. Dit gaan goed met ons.” Waar ek met oorlog en slingerende bakstene begin het, eindig ek met vrede. In die meertaligheidsgesprek het mens dalk al twee nodig! Dankie, dames en here. Tramakassie. Enkosi kakhulu. En in die verstektaal van die Universiteit Stellenbosch, naamlik vrot Engels, fenk joe werrie mutch.

The post Voordrag by die WAT se Woordpret: Die ideaal van ’n meertalige universiteit appeared first on LitNet.

Oorsig van die WAT se Woordpret met Sonja Loots

$
0
0

Frikkie Lombard en Sonja Loots (foto verskaf)

Sonja Loots was op 3 Junie 2016 gasspreker by die Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die tema van die gesprek was: Die ideaal van 'n meertalige universiteit

Lees Sonja Loots se volledige toespraak hier.

Deel een: Openingsgroet

As die gehoor gedink het hulle gaan net kom sit en luister, is hulle verkeerd. Loots open die gesprek deur die gehoor ten eerste in isiXhosa en dan ook in ander landstale te groet. 'n Paar lede van die gehoor probeer moedig en hardop om met haar terug te praat. Die res van die gehoor besef: hierdie is 'n praktiese demonstrasie van 'n ware meertaligheidsopset. Net om dag te sê neem 'n goeie drie minute.

Hierdie openingsgroet is die toonaangewer vir die res van die gesprek. Enigiemand wat gedink het hulle gaan vandag hier sit en luister hoe die universiteit ander landstale ten koste van Afrikaans moet uitsluit, of wat gedink het hulle gaan vandag praktiese en eenvoudige oplossings hier kom aanhoor, was verkeerd.

Sonja Loots se gesprek is ten eerste 'n sosiologiese demonstrasie.

Haar openingsgroet demonstreer 'n baie belangrike kwessie aan die Afrikaanse gehoor: 'n meertalige universiteit is nie slegs 'n Afrikaanse universiteit nie.

Haar gesprek bestaan uit drie dele: die openingsgroet, die toespraakgedeelte en, voor die vrae, 'n kort Xhosa-les.

Deel twee: Toespraakgedeelte

Sy open haar toespraakgedeelte deur te sê dat dit nie sonder 'n mate van wrangheid is dat mens hier byeen is nie, teen die agtergrond van die vergadering van US vandag.

Sy verwys hier na die Universiteit Stellenbosch se senaatsvergadering wat ook op Vrydag 3 Junie plaasgevind het, net soos hierdie gesprek by die WAT. In hierdie senaatsvergadering is die finale konseptaalbeleid van die universiteit bespreek. Ingevolge die finale konseptaalbeleid het Afrikaans en Engels gelyke status by die Universiteit Stellenbosch, met 'n duideliker verwysing na Xhosa op kampus as in vorige jare.

[Met betrekking tot die finale konseptaalbeleid, hier beskikbaar: Die algemene aanduiding – en persepsie – is dat die universiteit in die rigting van Engels as primêre taal beweeg en dat Afrikaans dikwels aangetoon word as 'n taal wat uitsluitend is teenoor ander tale, in kontras met Engels, wat aangedui word as 'n meer inklusiewe taal. (Dit is ondertussen bekend dat hierdie konseptaalbeleid met oorweldigende meerderheid deur die senaat gesteun is, met enkele voorbehoude.)]

Terug by Loots se toespraak: sy meen die geveg is dalk nog nie verby nie, en dis duidelik dat sy verwys na die geveg teen Engels as taal van die imperialis. Sy haal aan uit A thousand plateaus: Capitalism and schizophrenia (Frans: Mille plateaux) deur Gilles Deleuze and Félix Guattari.

Sy laat die gehoor regop sit toe sy die beeld van 'n baksteen gebruik.

"Kom ons slinger vandag 'n baksteen deur die venster van eentaligheid."

Taal is 'n baksteen, is haar metafoor. Dit het gewig, dit het ook gravitas. Dit kan skade aanrig, dit kan opbou. Dis veelsydig, dis breekbaar.

Massumi, wat 'n bekende interpreteerder is van die boek deur Deleuze en Guattari, plaas die baksteen in die hande van mense wat besig is om te bou sowel as diegene wat buite die bousel staan.

Loots vra: "Wie word uitgesluit? Daaroor is nie konsensus nie. Maar ons weet wel: Engels sluit ander sprekers uit. Afrikaans en Xhosa word uitgesluit."

Die debat was nog nooit oor Afrikaans as dominante taal soos sommiges beweer nie.

Sodra iemand oor Afrikaans durf dink, voel dit soos die Koningin se bevel in Lewis Carroll se Alice in Wonderland: "Off with her head."

Wat maak ons nou?

Ons gooi die baksteen deur 'n paar vensters. As dit kom by die gooi van ‘n baksteen, is dit 'n metafoor. Maar metafore is nie grappies nie. Al is dit net 'n konsep, het dit gewig.

Dus: Wat is meertaligheid? Ek wil myself en almal herinner: meertaligheid is antikolonialisties en antikoloniaal, nie anti-Engels per se nie.

Die algemene klank vanuit universiteitsbestuursgeledere is: Engels is orals, dis alles, daar is niks daarbuite nie. Meertaligheid as konsep bied weerstand teen Engels as meesternarratief.

Die weg van eentaligheid: dit gee voor dat Engels gedepolitiseer is, en dit ignoreer ander tale se meertaligheidsbemagtiging.

Akademici in leiersposisies is dikwels met een voet op Suid-Afrikaanse bodem en met net een voet in 'n Suid-Afrikaanse universiteit – vandaar die strewe na eentaligheid.

Wat kan ons doen? Ons kan op skoolvlak al seker maak die Afrikaanse leerplan is op dieselfde uitdagende standaard as die Engelse een. Is dit? As ouer: nee. Ons verloor belangstelling en ons verloor uiteindelik studente.

Ons moet bruin sprekers betrek, meen sy. Niemand gee die pro-Engels-eentaligheidsvoorstanders die reg om bruin sprekers van die tafel af te vee nie. Ons as meertaligheidsvoorstanders behoort bruin sprekers te betrek.

Wat is meertaligheid nog?

Meertaligheid is nie taalvermenging nie.

Suiwer Afrikaans: as ons in ‘n meertalige land wil woon, gaan ons verskillende tale outentiek moet bedryf en behou.

Nie uitsluitlik Afrikatale nie, nie uitsluitend Europa nie. Ons moet kyk na Neville Alexander se nalatenskap: hy het Afrikatale geken én Europese tale. Nie een met uitsluiting van die ander nie.

Meertaligheid is nie tweetaligheid nie.

Kinders word die wêreld taalgestremd ingestuur – kinders moet die Afrikatale van die streek leer. Nie net om die guns te wen van landsburgers nie. Dit gaan oor behoort.

Jy kan nie 'n baksteen gooi na eentaligheid – Engels – as jy nie met ander mense kan kommunikeer of verstaan wat hulle in die winkel en omgewing praat nie.

Engels moet herinner word dat sy vastrapplek “prekêr en bestrede” is.

"Dis altyd te laat, nooit verby nie" – Breyten Breytenbach.

"Verander houdings en koppe," sluit Loots af. "Leer ons tonge om nuut te praat."

Deel drie: Xhosa-les

En dis wat sy ten slotte doen: sy leer almal se tonge om nuut te praat. In die proses verander sy houdings.

Die gehoor ontvang die volgende bladsy met hierdie paar woorde daarop:

 

In groepies van twee, wat gou uitbrei na 'n hele ry mense, groet gehoorlede mekaar nou in Xhosa.

Wat opval tydens dié Xhosalessie:

  • Taal is emosioneel, dit is nie net arbitrêre klanke nie.
  • Wanneer mense verskillende tale met mekaar praat, ondergaan hulle 'n soort metamorfose, ook ten opsigte van gedrag. Stillerige en geïnhibeerde Afrikaanssprekendes klink onverwags luidrugtig en gesellig.

Losse persoonlike gedagtes ná die gesprek:

  • Taal is emosioneel, dis nie net arbitrêre klanke nie. 'n Taal is aan 'n identiteit gekoppel, dalk meer so in lande waar minderheidstale gepraat word – en met betrekking tot die minderheidstaalgroep se sprekers. Ander lande waar dit sigbaar is, is lande waar tale ook 'n sekere politieke konnotasie het, soos Iers vir die Iere, of in lande waar twee tale om 'n magsposisie moet meeding, hoewel dit sigbaar is dat een van die twee die oorhand het – soos in België met Frans teenoor Vlaams.
  •  Die Universiteit Stellenbosch se voorstel op 'n stadium (ondertussen geskrap) dat slegs Engels as voertaal in openbare ruimtes soos koshuise gepraat moet word, is kortsigtig. Studente behoort aangemoedig te word om mekaar se moedertale aan te leer en met mekaar in hul eie tale te kommunikeer. Dit wil sê:

Afrikaanssprekende studente behoort aangemoedig te word om met Xhosastudente in Xhosa te gesels en Xhosastudente behoort aangemoedig te word om met Afrikaanssprekende studente in Afrikaans te gesels. As daar kunsmatige "reëls" gemaak moet word, is 'n moontlikheid dat die studente dan aangemoedig moet word om in hul derde taal (die Afrikaanse student Xhosa en die Xhosastudent Afrikaans) te praat waar moontlik. As dit nie moontlik is om met die gesprek voort te gaan nie, kan oorgeslaan word na Engels.

  • Afrikaanse mense het 'n manier om net met Afrikaanse mense te praat en as ons Afrikaanse mense nie ander mense in die land se tale kan praat nie, gaan ons nie met hulle kan praat nie en hulle ook nie met ons nie. Dan gaan niemand kan saampraat oor 'n meertalige universiteit nie en bly dit vir altyd net 'n ideaal.
  • 'n Meertalige universiteit is nie (net) 'n Afrikaanse universiteit nie.

The post Oorsig van die WAT se Woordpret met Sonja Loots appeared first on LitNet.

Jeugdag en die 40e herdenking van Soweto

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad betreur die pynlike gebeure in Soweto veertig jaar gelede. Ons betoon hiermee ook ons meelewing met die enorme gevoelens van verlies wat soveel families sekerlik nou nog met die herdenking van hierdie tragedie ervaar.

Junie 16 raak nog steeds almal van ons. Ook Afrikaans dra steeds die letsels van 76. Die persepsie van Afrikaans as die taal van die onderdrukker loop steeds diep en resoneer met baie studente op talle kampusse; ook met amptenare of politici wat hulle vir die uitrangering van die taal beywer.

Baie onreg ís inderdaad in Afrikaans gepleeg. Afrikaans is egter vir baie ook die taal waarin hulle téén onreg gestry het en talle Afrikaanse studente het met hulle lewens hiervoor geboet. Afrikaans is óók ʼn taal van bevryding.

Die verengelsing van skole en universiteite, en die oningeligte eise dat Afrikaans moet val, skep nuwe gevoelens van verlies onder Afrikaanssprekendes – toenemend ook onder die sprekers van ons ander inheemse tale. Hierdie gedeelde ervaring skep nuwe vorms van samehorigheid wat oor tradisionele grense heen reik, selfs al verdeel wanbegrip, onuitgesproke pyn en geweld nog.

Die Afrikaanse Taalraad streef na ware versoening tussen die sprekers van Afrikaans asook met die sprekers van ander tale. Die pad na versoening vereis wedersydse erkenning van mekaar se pyn, empatie en ʼn herontdekking van die waarde van gesprek. Vir baie mense begin hierdie pad in Soweto, 16 Junie 1976.

The post Jeugdag en die 40e herdenking van Soweto appeared first on LitNet.

ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria

$
0
0

Persvrystelling deur die ATKV

“Die nuus oor Afrikaans by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria is nie goeie nuus nie, maar hoe hanteer ons dit vorentoe?” sê Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep.

Die ATKV erken veeltaligheid en die dringendheid om addisionele kapasiteit vir tersiêre onderrig te vestig, maar dit is verkeerd om bestaande kapasiteit te verander en dit maar net met Engels te vervang. Afrikaans se hoër funksies bly in die slag en die bevordering van ander inheemse tale bly in die meeste gevalle, net lippediens. Afrikaans is ʼn belangrike opleidingstaal en die verdere inkorting daarvan ontneem opleidingsgeleenthede vir baie Suid-Afrikaners. Dit beïnvloed uiteindelik die regering se doelwitte om werk te skep en kundighede te ontwikkel.

Gouws sê dat die ATKV vroeër die week gesprek gevoer het met die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, prof Wim de Villiers asook prof Nico Koopman, viserektor.

“Prof De Villiers het verduidelik dat die nuwe taalbeleid in twee woorde saamgevat kan word, naamlik toeganklike veeltaligheid. Hy het verduidelik dat dit beteken dat, waar daar aanvraag is vir studies in Afrikaans, die beleid ten doel het om dit dan aan te bied,” het Gouws gesê. “Dit beteken dat die Universiteit Stellenbosch steeds ʼn Afrikaanse aanbod sal hê terwyl daar ʼn aanvraag daarvoor is.”

Die vraag wat dus gevra moet word, is hoe Afrikaanssprekendes met hierdie aanbod gaan omgaan? Die Universiteit Stellenbosch, by wyse van sy rektor, is steeds toeganklik vir Afrikaanse (en isiXhosa) onderrig en Afrikaanssprekende en isiXhosa studente moet hierdie geleentheid aangryp. Die ATKV glo steeds dat moedertaalonderrig ʼn sleutel tot sukses is en daar is baie studies wêreldwyd gedoen om dit beaam.

Gouws het ʼn beroep gedoen om van die Afrikaanse aanbod by die Universiteit Stellenbosch gebruik te maak deur studente daar in te skryf vir onderrig in Afrikaans.

“Proff De Villiers en Koopman het tydens ons gesprek onderneem om verdere gesprek te voer oor hoe instansies soos die ATKV en die universiteit kan saamwerk om veeltaligheid, moedertaalonderrig, taal- en kultuuraspekte en nasiebou gesamentlik te bevorder,” het Gouws gesê. “Die ATKV is van mening dat die hele taaldebat by universiteite uitgeloop het op verdeeldheid as gevolg van onvoldoende kommunikasie. Ons moet die beste daarvan maak om vertroue te herstel en te werk om bogenoemde doelwitte te bereik tot voordeel van alle diverse gemeenskappe in Suid-Afrika.”

 

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

 

The post ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria appeared first on LitNet.

Taalraad-persverklaring: Taalbeleid by die US, UP en UNISA

$
0
0

Persverklaring deur die Afrikaanse Taalraad

Die Afrikaanse Taalraad is teleurgesteld oor die besluit van Stellenbosch Universiteit (SU) se Raad om die konseptaalbeleid te aanvaar; so ook oor die manier waarop die US die beleid met hul persverklaring regverdig. 

Alhoewel die indruk geskep word dat die beleid op meertaligheid geskoei is, is dit moeilik om te sien hoe dit in die praktyk tot ware meertaligheid sal lei. Die nuwe taalbeleid voldoen, gemeet aan beste praktyk, nie eens aan die mees basiese voorvereistes vir die volhoubare bestuur van meertaligheid nie.  Die beleid bevestig veel eerder Engels as verstektaal en sit ʼn administratiewe proses aan die gang wat Afrikaans betreklik vinnig tot ʼn minderwaardige soort “hulptaal” sal afgradeer. 

Daarby is dit doenbaar en heeltemal redelik om almal se belange by die US te akkommodeer.  ʼn Voorvereiste hier is dat die taalbeleid met alle belanghebbers onderhandel word, eerder as om dit met ʼn administratiewe proses af te dwing.

Volharding met die ontkenning van realiteite, soos dat die beleid gaan lei tot uitsluiting deur Engels, laat mens egter vermoed dat die ware redes vir die besluit nie bekendgemaak is nie. Dit is moeilik om te glo dat die US, Universiteit van Pretoria, en UNISA toevallig op dieselfde dag vir Afrikaans die trekpas gee. 

 

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

 

The post Taalraad-persverklaring: Taalbeleid by die US, UP en UNISA appeared first on LitNet.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns-persverklaring: Reaksie op die US, UP en UNISA se taalbeleid

$
0
0

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

Die Afrikaanse gemeenskap, wit, bruin en swart, moet nou meer as ooit intree en 'n vaste plek vir Afrikaans in die hoër onderwys verseker deur self met woord en daad inisiatief te neem en as dit dan nodig is private Afrikaanse instellings te skep. So sê Dionē Prinsloo, hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in reaksie op die onlangse besluitnemings­prosesse by drie Suid-Afrikaanse universiteite wat Afrikaans nadelig raak. Dokumentasie waarin die universiteite se taalbeleide, wat meesal van 2017 af geld, uiteengesit word, bevat vae beloftes vir Afrikaans, maar geen waarborg dat Afrikaans se plek op die kampusse verseker is nie. Dis inteendeel 'n pad na uitfasering van een van Suid-Afrika se belangrikste tale in die hoër onderwys, het Prinsloo gesê.

Die SA Akademie wat hom al meer as 'n eeu beywer vir die belange van Afrikaans op alle vlakke van die samelewing betreur die implikasie van die besluite van UNISA, Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria. 'n Senior professor aan UNISA en lid van die SA Akademie beskou die taalbesluite as tekenend vir 'n swart dag in die geskiedenis van Afrikaans en in die geskiedenis van die betrokke universiteite met 'n tradisie van uitnemende onderrig en navorsing in Afrikaans wat oor dekades strek.

Die SA Akademie het begrip vir die demografiese verandering en gepaardgaande taaleise by universiteite – dit geld veral UNISA. Die rigting wat met die gestelde taalbeleide by die twee residensiële universiteite ingeslaan word, kom egter neer op 'n akademiese verarming waarby 'n groot komponent dosente en studente uiteindelik gedwing word om onderskeidelik in 'n nie-moedertaal te doseer en te studeer. Die vraag word gestel in hoeverre politieke druk en aktiwistiese minderheidsgroepe 'n rol gespeel het in die besluitnemingsprosesse. Eise van Open Stellenbosch en die EFF dat Afrikaans prysgegee moet word voordat daar stabiliteit en rus op kampusse gaan terugkeer of voor die volgende eis gestel word, is onrusbarend en is allermins bevorderlik vir broodnodige akademiese bestendigheid in nasionale belang, het Prinsloo gesê.

The post Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns-persverklaring: Reaksie op die US, UP en UNISA se taalbeleid appeared first on LitNet.

ATKV: Adam Small is oorlede

$
0
0

Foto: Izak de Vries

“Jy het my hart teen hulle van die haat ontdaan
en al hul bitter strewes het in ons vergaan.”

Met hierdie twee reëls open Adam Small se eerste digbundel, Verse van die liefde.

Sy ware krag as digter sou later kom: Die bundel sê sjibolet is nie net tegnies veel beter nie, dit is ook ’n harde, politieke bundel wat teen die vergrype van die magshebbers geprotesteer het. Meer nog, sê sjibolet was ’n bundel wat skaamteloos Kaaps gebruik het as medium. Nooit meer sou enige een kon beweer dat Kaaps ’n mindere taalvariant was nie, want Small het, soos in sy dramas, gewys dat hierdie variant hoër funksies kon omarm op dieselfde wyse as die sogenaamde Standaardafrikaans.

Ons onthou ook Adam Small as die man wat later stil geword het, wat teruggetrek het. Vir baie jare het Small nooit in die openbaar verskyn nie.

Dalk was dit die “bitter strewes” van ander wat hom so seergemaak het dat stilte sy enigste antwoord was, maar Adam Small was te alle tye “van die haat ontdaan”.

Toe hy uiteindelik sy stilte verbreek het, was daar weer ’n vriendelike, gryskopman wat amper verbaas was dat hy nog onthou word. Vir jonk en oud was daar ’n glimlag en ’n tyd vir ’n geselsie.

Dit was vir die ATKV ’n groot voorreg om deel te kon hê aan Kô laat ons sing, ’n huldiging van Small as digter, wat op Donderdagaand 10 Maart by die US Woordfees opgevoer is onder leiding van die Delta Soetstemme en die Delta Langbroeke. By hierdie geleentheid is Small genooi om self die verhoog te betree. Hy het ’n gedig voorgelees, nie ’n lang toespraak nie. (Foto’s van die geleentheid is hier, op ’n onafhanklike webwerf, beskikbaar.)

Die ATKV dink veral aan sy vrou Rosalie en familie in hierdie tye.  

 

The post ATKV: Adam Small is oorlede appeared first on LitNet.


SA Akademie: Adam Small se skielike heengaan

$
0
0

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan die digter-akademikus , Adam Small, wat vandag (Saterdag 25 Junie 2016) oorlede is. Hy sou op 7 Oktober vanjaar die erelidmaatskap van die SA Akademie ontvang het, het die uitvoerende hoof van die Akademie, dr Dionē Prinsloo, gesê. Dit is die hoogste erkenning wat ’n lid van die Akademie te beurt kan val. Op grond van sy literêre bydrae, by name vir sy skitterende drama Kanna hy kô huis toe, is die Hertzogprys in 2012 aan hom oorhandig. Sy oorlye is ’n groot verlies vir die Afrikaanse literêre en vir Afrikaans as taal, het dr Prinsloo gesê.

’n Huldigingsbundel word tans op versoek van die Akademie onder redaksie  van prof Jacques van der Elst saamgestel vir 2017. Medewerkers aan hierdie bundel is onder andere Hein Willemse, Marisa Keuris, Steward van Wyk, Bernard Odendaal en Michael le Cordeur. Breyten Breytenbach is eweneens gevra om ’n bydrae te lewer.

 

The post SA Akademie: Adam Small se skielike heengaan appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Huldeblyk aan Adam Small

$
0
0

Foto: Izak de Vries

PEN Afrikaans groet vandag met groot weemoed die literêre reus, Adam Small. Mag hy sag slaap en sy geliefdes troos vind in die wete dat hy hierdie wêreld beslis nie onaangeraak gelaat het nie.

PEN Afrikaans groet vandag met groot weemoed die literêre reus, Adam Small. Mag hy sag slaap en sy geliefdes troos vind in die wete dat hy hierdie wêreld beslis nie onaangeraak gelaat het nie.

Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter:
Adam Small is naas Breyten Breytenbach, Abraham H de Vries, Dolf van Niekerk en John Miles die laaste van die geslag van Sestig wat nog aktief was as woordkunstenaar. Sy afsterwe laat nie alleen 'n groot leemte nie, maar ontneem ons literêre toneel van 'n minsame, trotse figuur. Iemand wat, soos hy dit self gestel het, met sy verse sy gehoor "singend" gelei het. Sy skryfwerk in die Kaapse tongval het 'n sleutelrol gespeel om die waardering vir alle Afrikaanssprekers se bydraes tot ons kultuurerfenis gevestig te kry. Daarbenewens het hy enduit die kruis vir die kunste gedra met sy "dienende digterskap", om JC Kannemeyer aan te haal. Almal wat hom deur die jare leer ken het, sal nooit kan vergeet hoe innemend as mens, en ferm as kunstenaar hy was nie – veral in tye waarin sy siening nie altyd met die modes van die tyd geklop het nie.

Bettina Wyngaard, PEN Afrikaans se ondervoorsitter:
Dis maklik om Adam Small te beskryf as die baanbreker wat Kaaps toeganklik gemaak het as kreatiewe skryftaal. Maklik, en waar. En onvoldoende. Hy was veel meer. Vir baie mense was hy die simboliese pen wat magtiger as die swaard is. My eerste kennismaking met sy werk was as jong kind, omdat my pa gaande was oor sy gedigte, oor die stille verset daarin, oor die waardigheid waarmee hy soveel indignities wat mense moes deurgaan, verwoord het. Vir baie mense was sy woorde die enigste bewys dat hulle nie alleen is in wat hulle deurmaak nie. Vandag is nie net 'n hartseer dag vir Afrikaans nie, dis 'n hartseer dag vir my. 'n Seder het geval.

Danie Marais, PEN Afrikaans se bestuurder:
Adam Small was 'n skrywer wat literêre grense verskuif het, en ook vir lank 'n stil, waardige herinnering aan die skreiende onreg wat apartheid binne die Afrikaanse taalgemeenskap meegebring het. Sy werk het die krag gehad om mense te oortuig dat hulle moreel verplig is om anders te dink en te lewe. My ma het by verskeie geleenthede vertel in watter toestand sy was nadat sy "Kanna hy kô hystoe" die eerste keer gesien het. Familie en vriende het haar tot bedaring probeer bring, maar sy kon nie en wou nie daarna tot bedaring kom nie. Small se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde kan moeilik oorskat word.

 

 

The post PEN Afrikaans: Huldeblyk aan Adam Small appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans maak kapsie teen SAUK-sensuur

$
0
0

Persvrystelling

Click here for the English version

PEN Afrikaans maak ten sterkste kapsie teen die sensuur en die magsmisbruik van binne  die staatsuitsaaier, die SAUK.

  • Die misbruik het begin toe die hoof- uitvoerende beampte Hlaudi Motsoeneng sy personeel verbied het om enige vorm van gewelddadige protes  op die televisie uit te saai.
  • Daarna is die program The Editors op SAFM gestop. Die program was ’n forum waar onafhanklike denkers, dikwels redakteurs of senior joernaliste van buite die SAUK, vryelik kon praat oor sake wat ons nasie raak.
  • Volgende is Kommentaar, die Afrikaanse weergawe van The Editors, op RSG, geteiken.
  • Die Right-to-Know-veldtog het ’n plakkaatbetoging teen Motsoeneng se blatante sensuur gehou. Ironies, maar nie onverwags nie, is die SAUK se eie personeel na bewering verbied om daaroor te berig.
  • Die nuutste misbruik het gekom toe die drie senior joernaliste, Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter, geskors en verwyder is uit die SAUK-gebou. Berigte toon dat Gqubule, die sakeredakteur, gekant was teen die opdrag van Simon Tebele om nie oor sekere sake verslag te doen nie. Tebele is die waarnemende hoof van nuus en aktualiteit by die SAUK. Krige en Venter het glo vir Gqubele ondersteun. Krige is die besturende redakteur van die twee oorblywende aktualiteitsprogramme op RSG, Monitor en Spektrum. Die drie geskorste joernaliste is glo verbied om met die pers te praat of om kontak met hul kollegas te hê.

Ironies genoeg kan gewone landsburgers in die moeilikheid beland as hulle nie die verpligte lisensiefooie betaal om die SAUK aan die gang te hou nie. Nou het die einste SAUK ’n vyandiggesinde mag geword wat ons grondwetlike regte vertrap.

PEN Afrikaans dring dus aan op die volgende:

  • Dat alle joernaliste by die SAUK onverhinderd toegelaat word om vryelik en onafhanklik verslag te doen oor aktuele aangeleenthede.
  • Dat programme soos die The Editors en Kommentaar heringestel word – vry van enige inmenging.
  • Dat Gqubeke, Krige en Venter onmiddellik na hulle poste kan terugkeer en dat hulle toegelaat  sal word om sonder inmenging of intimidasie hulle pligte uit te voer.
  • Dat die redaksionele integriteit van Monitor en Spektrum gewaarborg word.
  • Dat die SAUK hul redaksionele beleid hersien en in lyn bring met hul uitsaailisensievoorwaardes, wat onder andere billike uitsaaipraktyke waarborg.

PEN Afrikaans bevraagteken voorts Hlaudi Motsoeneng se bereidwilligheid om die luisteraars se grondwetlike reg op toegang tot inligting of die joernaliste se reg tot vryheid van spraak te handhaaf en eis gevolglik dat hy bedank.

PEN Afrikaans versoek ook dat PEN International en PEN-sentrums wêreldwyd hulle regerings aanmoedig om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om seker te maak dat Suid-Afrikaanse staatsinstellings, en semi-staatsinstellings, ons grondwet handhaaf en respekteer.

PEN Afrikaans protests censorship at the SABC

PEN Afrikaans protests in the strongest terms against the acts of censorship and the abuse of power from within the South African state broadcaster, the SABC.

  • The abuse started when chief operating officer of the SABC, Hlaudi Motsoeneng, banned violent protests from being shown on television.
  • Next to be censored was the programme The Editors on SAFM. This was a forum where independent commentators, often editors or senior journalists from outside the SABC, could speak freely on matters and current affairs concerning the nation.
  • Next in line was Kommentaar, the Afrikaans version of the The Editors on RSG – the biggest Afrikaans-language radio station in the country.
  • The Right to Know campaign staged a picket against Motsoeneng’s blatant acts of censorship and, ironically but not unexpectedly, the SABC’s own staff was reportedly banned from covering the events.
  • The latest abuse came when the three senior journalists, Thandeka Gqubule, Foeta Krige and Suna Venter, were suspended and removed from the SABC building. According to reports, Gqubule, the business editor, opposed the directive from Simon Tebele not to report on certain matters. Tebele is acting Head of News and Actuality at the SABC. Krige and Venter apparently sided with Gqubele. Krige is the managing editor of the the two remaining actuality programmes on RSG, Monitor and Spektrum. The three suspended journalists were apparently prohibited from speaking to the press, or from making contact with their colleagues.

Ironically, ordinary citizens can get into trouble if they do not pay mandatory licence fees to the SABC, yet the same SABC has now turned into a hostile force, trampling on the constitutional rights of those who pay to keep it running.

PEN Afrikaans therefore demands the following:

  • That all journalists at the SABC be allowed the right to report freely and independently on the news.
  • That programmes like the The Editors and Kommentaar be allowed back on the air – free of any interference.
  • That Gqubeke, Krige and Venter be reinstated into their positions and that they be allowed to do their work free from interference and intimidation.
  • That the editorial integrity of Monitor and Spektrum be guaranteed.
  • That the SABC revises its editorial policy to satisfy its broadcasting-licence requirements, which amongst others guarantee fair broadcasting practices.

PEN Afrikaans questions Hlaudi Motsoeneng’s commitment to upholding our constitutional right to freedom of information and the journalists’ right to free speech, and consequently demands that he resigns.

PEN Afrikaans also asks PEN International and PEN centres across the globe to call on their governments to put pressure on the South African government to ensure that our state organs and our parastatals uphold and adhere to our constitution.

The post PEN Afrikaans maak kapsie teen SAUK-sensuur appeared first on LitNet.

Skrywer Wille Martin is oorlede

$
0
0

Hier is Carla van der Spuy en Wille Martin by verlede jaar se Perskor-reünie. Die foto is op Carla se kamera geneem.

“Sy was ‘n baanbreker,” sê Cecilia Brits, die hoof van fiksie by LAPA Uitgewers.

“Sy was altyd so ondersteunend,” sê Carla van der Spuy, ’n oud-kollega.

Maar wie was sy?

Wille Martin was ’n enigma.

Verskeie joernaliste het oor die naweek bloutjies geloop toe hulle meer oor haar te wete wou kom. Vanuit die ATKV se geledere het daar die volgende verklaring gekom.

Wille Martin is op Saterdag 25 Junie 2016 oorlede. Sy was 81.

Wille sal onthou word as een van die skrywers wat Afrikaanse lesers in stories laat bly glo het. In 1958, toe die Afrikaanse letterkunde se fokus geskuif het na die eksperimente van die Sestigers, het Martin begin klubboeke skryf. Oor die volgende vyftig jaar het meer as 200 werke het uit haar pen verskyn.

Vandag is lekkerleesskrywers openbare figure. Persverklarings verskyn oor hul suksesse en uitgewershuise bou webwerwe en blogs waarop professionele foto’s verskyn. Dit was anders in Wille Martin se dae. Haar boeke is ingestuur, verwerk en het verskyn. Niemand het onderhoude gedoen of verklarings uitgereik nie.

Tog is sy nie onbekend nie. Toe die nuus van haar dood Saterdagoggend net voor ses op Lekkerleesboekrak bekend gemaak is, het die huldeblyke ingestroom. Binne ure  het meer as dertig boodskappe verskyn van mense wat haar werk verslind het vandat hulle kinders was. Sophia Kapp, een van die nuwegenerasie lekkerleesskrywers by LAPA Uitgewers, se onmiddellike reaksie was: “Jô, ek dink ek het al 200 gelees!”

Wille Martin is op Bethulie gebore. Sy was die dogter van die bekende skrywer Minnie Postma.

Wille het ’n BA graad behaal aan die Universiteit van die Vrystaat en het gaan skoolhou, waarna sy later as joernalis by die Volksblad en toe die Vaderland gewerk het.

Teen 1983 was haar sukses van so ’n aard dat sy voltyds kon begin skryf.

Wille Martin het oor die genres heen geskryf. Haar Kaapse romanses was die voorlopers van ’n genre wat vandag nog suksesvol geskryf word deur mense soos Dina Botha, maar sy het ook speurverhale, historiese romans, wetenskapfiksie en kinderboeke geskryf.

Ondanks haar sukses het Wille nederig gebly en Carla van der Spuy, ’n oud-kollega, sê dat Wille elke jaar haar verjaarsdag onthou en gebel het.

Die ATKV dink met dank aan Wille Martin wat soveel vir die Afrikaanse storie gedoen het en betuig simpatie aan haar kinders met die verlies van hul ma.

The post Skrywer Wille Martin is oorlede appeared first on LitNet.

Taalraad: Vaarwel, Adam Small, vriend, mentor en gemeenskapsbouer

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad betuig ons innige deelneming aan die Small-familie met die heengaan van 'n geliefde kind van Afrika. Die leemte wat deur Adam Small se heengaan gelaat is, sal nooit gevul kan word nie. Sy bydrae tot die mensdom en tot die Afrikaanse letterkunde sal lank nog weerklank vind in ons stories wat ons nou opnuut gaan opdiep, maar ook in die werk van letterkundiges wat sy monumentale bydraes gaan herontdek en herdefinieer. Wat hom so besonders gemaak het, was die eenvoud waarmee hy die komplekse kon verwoord. Die slotwoord oor sy waarde vir die Afrikaanse taal en sy mense is nog lank nie geskryf nie. Sy passie vir Afrikaans het nog eens weerklank gevind in sy laaste gedigte.

Wat vir my bowenal uitgestaan het van sy lewe was sy diepe meelewing met die lief en leed van gewone mense, veral die bruin mense – wat nog steeds gebuk gaan onder diskriminasie en onnoembare lyding. Sy gedigte en dramas weerspieël hierdie passie hard en duidelik. En nêrens is die leed van gedwonge verskuiwings en onderdrukking so treffend vervat soos in sy werke nie. Die pogings van ouer Afrikaanse literatore om hierdie belangrike faset van sy oeuvre te onderbeklemtoon het klaaglik misluk.

Ek was bevoorreg om as lid van Dramsoc, die dramavereniging wat ons in 1972/3 op die UWK gestig het, Adam Small as mens goed te leer ken. Sy sagte dog ferm optrede teenoor ons was meer as net dié van regisseur van ons produksies. Ons was die eerste studente wat daarin kon slaag om Kanna hy kô hystoe suksesvol op die planke te bring, ten spyte daarvan dat die grootste kritiek teen dié drama sy opvoerbaarheid was. Met hierdie drama het ons die Skiereiland deurkruis en menige gehoor tot trane beweeg. Small het dit gedoen op gevaar af van arrestasie, want daar was altyd vreemde voertuie wat ons geselskap vergesel het. Hy het baie keer sy eie middele gebruik om die opvoerings moontlik te maak. Ons was 'n hegte gesin. Saam met Rosalie in die Volkswagen-stasiewa het hulle vele aande middernag by die huis aangekom, maar kla sou hulle nooit.

Foto geneem by die Afrikaanse Taalraad se eerste bekroningsplegtigheid in 2013 waartydens die Koker vir Bevordering van Afrikaans aan prof. Adam Small toegeken is. By hom is mnr Cerneels Lourens, ontvanger van die Koker vir Beskerming van Afrikaans, en Hendrik Theys.

Adam, ek is dankbaar dat jy my lewe kom verryk het. Dankie dat jy my en vele ander kon bewus maak van ons menswees. Dankie dat jy die bruin mense hoop en menswaardigheid gegee het. In 2013 is jy deur die Afrikaanse Taalraad vereer met 'n Kokertoekenning vir die Bevordering van Afrikaans. En hoe gepas was dit nie! Want soos die kokerboom, wat die onstuitbare groei en uitreiking van die Afrikaanse taal versinnebeeld, is jy gebore en getoë in 'n genadelose deel van ons land en het jy vasgebyt, die elemente getrotseer en blom jy in die Afrikaanse letterkunde én in ons menswees.

Reis veilig, vriend, rolmodel en gesinsman!

Hendrik Theys
Ondervoorsitter, Afrikaanse Taalraad en Afrikaansdosent, KSUT, Mowbray-kampus 

The post Taalraad: Vaarwel, Adam Small, vriend, mentor en gemeenskapsbouer appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Stellingname rakende die taalbeleidswysigings aan die US, UP en Unisa

$
0
0

Persverklaring

Die verreikende taalbeleidswysigings wat op 22 Junie aan die Universiteit Stellenbosch (US)1, die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) aanvaar is, was ’n donker dag – nie net vir Afrikaans nie, maar vir die ideaal van ’n meertalige demokrasie met respek vir minderhede en taalregte.

Afrikaans as tersiêre onderrigtaal is hiermee so te sê afgeskaf aan Suid-Afrikaanse staatsuniversiteite. Slegs die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is nog Afrikaans.

Hierdie taalbesluite is ten koste van die jeug en daarmee ons toekoms geneem. Ghana en Tanzanië het verlede jaar ná dekades van die dwase koers wat ons onderwysowerhede nou met alle geweld wil inslaan, tot die besef gekom dat die belegging in moedertaalonderrig noodsaaklik is. Beide hierdie lande het verlede jaar ingrypende hervormings in hul skoolstelsel aangekondig wat ’n wegkeer van Engels-vir-almal terug na moedertaalonderrig behels.

Die populisme wat die ANC en EFF versprei, wil ons egter wysmaak dat dieselfde fout in Suid-Afrika tot ’n beter, inklusiewe toekoms vir almal gaan lei, terwyl soveel voorheen benadeelde leerders steeds vanweë ’n wanfunksionele onderwysstelsel met ’n oninhaalbare agterstand op universiteit aankom.

Theodorus du Plessis stel dit onomwonde in “Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika”, ’n lesing wat hy vanjaar aan Unisa gelewer het ter herdenking van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie 20162:

Een van die besonder ontstellende aspekte omtrent die huidige vlaag van bykans Engels-besetenheid aan Suid-Afrikaanse kampusse is die feit dat die beheptheid met die verwydering van Afrikaans as voertaal ons aandag aflei van ’n veel groter nasionale krisis. Hierdie krisis het te make met die onvoorstelbare onderprestasie op skool van Suid-Afrikaanse leerders. Volgens die Children’s Institute aan die Universiteit van Kaapstad se jongste Child Gauge-verslag (Volksblad het in 2015 ’n berig hieroor gedra) is die onderprestasie van veral swart skoolgangers so groot dat hulle teen die einde van die sekondêre skoolfase minstens vyf jaar agter hulle “bevoorregte” eweknieë is. Ons praat dus hier van ’n soort sistemiese ongelykheid wat universiteite in werklikheid erf.

[…]

Dit illustreer my punt waarom die verwydering van Afrikaans uit die prentjie niks aan die situasie van die swart student verander nie. Hoe maak dit die vyfjaaragterstand van die swart student op?

In plaas dus daarvan dat die owerheid ’n massiewe moedertaalonderrig-program van stapel stuur om sukkelende leerders te ondersteun en te bemagtig, word die moedertaalaanbod van ’n deel van die bevolking weggeneem in die naam van ’n uiteindelik simboliese “regstelling” van die onregte van die verlede. In stede van ’n legitieme welvaartbelasting wat ’n meer regverdige verdeling van inkomste en daarmee geleenthede ten doel het, word hierdie beleidsrigting aanvaar ten koste van mense wat nog in Afrikaans wil en kan leer – waarvan baie hulle tans in werkersklasomgewings en in oorwegend bruin, plattelandse skole bevind.

Die bestuur van PEN Afrikaans is daarom oortuig dat die strewe na ware veeltaligheid en die toegang tot moedertaalonderrig, ook op tersiêre vlak, nie ná 22 Junie in Suid-Afrika verby is en ook nie verby mag wees nie.

In Suid-Afrika, waar navorsing toon dat meer as 70% van studente wat by universiteite uitval hul studies staak as gevolg van gebrekkige taalvaardigheid in Engels, kan ons nie bekostig om nie ook ons inheemse tale vir kennisontsluiting in te span nie.3 Ons het moedertaalonderrig net so nodig soos ’n vrye pers ter opheffing van gemeenskappe wat tans op ’n katastrofale skaal deur die openbare onderwysstelsel gefaal word.

’n Eentalige universiteitswese gaan uiteindelik in die eerste instansie diegene bevoordeel wat reeds so bevoorreg was om gehalte-onderwys te ontvang het in ’n reeds bevoorregte skool. Dit is gewoon nie die antwoord op Suid-Afrika se groot sosio-ekonomiese probleme nie. Inteendeel, dit plaas verdere druk op skole wat steeds moedertaalonderrig aanbied, om ook te verengels.

Die besluite wat nou aan universiteite geneem is, maak dit daarom dringend noodwendig vir almal wat moedertaalonderrig vir hul nageslagte wil hê om na mekaar uit te reik. Mag hierdie waterskeidende oomblik in ons geskiedenis die begin van nuwe alliansies en ’n breë demokratiese beweging vir verdraagsame meertaligheid en bemagtigende moedertaalonderrig wees.

Daar is inspirasie te put uit die ontvangstoespraak van John Kani, wat vanjaar deur die KKNK met twee Kannas vir sy produksie van Sizwe Banzi Is Dead bekroon is. Dié 72-jarige veteraan-akteur-regisseur, wat saam met Sandra Prinsloo in die tagtigerjare pruike gelig het met ’n omstrede soen oor die kleurgrens in ’n produksie van Strindberg se Miss Julie, het dit duidelik gemaak dat hy aanvanklik een van die grootste kampvegters teen die Klein Karoo Nasionale Kunstefees was omdat hy oortuig was dis ’n stamfees wat groepe uitsluit. Nou dink hy anders: “Ons toekoms lê in die behoud van ons inheemse tale – waar is ons sonder ons tale? Ons is nêrens.”

Niks verhinder ons om hierdie woorde ter harte te neem, taalgrense oor te steek en nuwe bondgenote te vind nie. ’n Mens is nie net ’n mens deur ander mense nie, maar ’n taal is ook slegs ’n taal deur ander tale.

Eindnotas

1 Die bestuur van PEN Afrikaans het sy besware teen die US se beleidsverandering reeds duidelik gemaak in ’n stellingname in PEN Afrikaans se Mei-nuusbrief: http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-mei-2016/

2 Theodorus du Plessis se volledige lesing kan hier gelees word: http://www.litnet.co.za/ongelykhede-in-taal-en-onderwys-perspektiewe-op-moedertaalonderrig-in-suid-afrika/

3 Sien: http://www.litnet.co.za/ongelykhede-in-taal-en-onderwys-perspektiewe-op-moedertaalonderrig-in-suid-afrika/

 

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

The post PEN Afrikaans: Stellingname rakende die taalbeleidswysigings aan die US, UP en Unisa appeared first on LitNet.

Luister, luister en doen

$
0
0

Die gespreksgenote:

Voor: Liezel van Beek (Joernalis), Martie Hauptfleisch (kunstenaar) en Amanda de Stadler (ATKV)

Agter: Bennie Aucamp (skoolhoof), Cees van der Waal (sosiale antropoloog), Japie Gouws (ATKV), James de Villiers (SR-lid by die US), Giselle Botha (student), Sedick Crombie (gespreksleier), Benjamin Bock (ATKV), Zay Windvogel (skoolhoof) en Desmond Painter (dosent)


Op Donderdag 23 Junie 2016 het ’n groepie Afrikaanssprekendes in Stellenbosch vergader om een vraag te bespreek: Hoe kan ons nasiebou bevorder? Sedick Crombie was die fasiliteerder en administratiewe steun is verleen deur die Vriende van Afrikaans.

Afrikaans was die gemene deler, verder was die groep uiteenlopend en opsetlik inklusief van ras, geslag, ouderdom en beroep.

Daar is grootliks saamgestem dat Afrikaans se diverse komvandaan beide ’n sterkpunt en ’n verdelende faktor is. Dit is maklik om te sê Afrikaans het ontstaan as ’n nierassige taal, maar die enorme skade wat raspolitiek aan die taal besorg het, moet te alle tye erken en in ag geneem word.

Interessant genoeg was dit die term ras waaroor geen konsensus bereik kon word nie. Onder die akademici in die groep was daar ’n versugting om die term te definieer; juis omdat die woord vir so lank soveel skade aangerig het en dikwels verkeerd gebruik word.

Daarteenoor was ander van mening dat ’n losser gebruik van die woord, soos in die volksmond, verstaanbaar is en dat organisasies soos die ATKV lank reeds verby ras kyk en konsentreer op die bou van ideale vir alle Suid-Afrikaners, ongeag die akademiese definisie van die term. Waar mense saamwerk om ’n gedeelde doelwit, verdwyn die sogenaamde rasseskeidings is gesê.

Hoewel die betekenis van ras nie opgelos is nie, was daar oor heelwat ander sake ’n groter mate van ooreenstemming.

Goeie skole dra by tot ons toekoms, deels omdat die jonger generasies mekaar aanvaar. Die ouer garde se vooroordele word nie meer in goeie, geïntegreerde skole ervaar nie. Ook Donderdagaand se jonger gespreksgenote, wat ná 1994 gebore is, het hierdie sentiment geëggo. Kommer is wel uitgespreek dat skole wat nog nie goed bestuur word of geïntegreer is nie, steeds erge polarisasie beleef; ook dat talle skoliere nog voel hulle ervarings by die skool en die huis nog is nie werklik versoenbaar nie. Dit is een van die redes waarom die ATKV dit ten doel het om meer as 1 000 swakker skole op te hef sodat leerders van alle rasse en klasse, asook alle tale, beter toegang kan kry tot die soort onderwys wat ’n mens graag wil sien gebeur.

Sang, musiek en die teater dra by tot nasiebou en talle voorbeelde is genoem van suksesvolle projekte wat reeds ons landgenote saamsnoer.

Geleenthede waar mense na mekaar se stories kan luister en mekaar se kulture kan leer verstaan en ervaar, moet ook ondersteun en uitgebou word. Die rieldans is ’n goeie voorbeeld van so ’n projek wat mense saamsnoer, maar daar is talle ander geleenthede waar mense kan gesels, saam kan eet, of saam iets vir ander kan doen.

Almal was bewus daarvan dat hierdie gesprek verkennend was, maar daar is saamgestem dat dit goed was om na mekaar te luister en dat sodanige gesprekke in die toekoms dalk na effens groter gehore geneem so kon word.

 

The post Luister, luister en doen appeared first on LitNet.


ATKV-persverklaring: Hulde aan Margaret Bakkes

$
0
0

Margaret Bakkes (foto: Izak de Vries)

Margaret Bakkes is oorlede.

Sy sal lank onthou word vir haar romans wat lekker gelees het, maar wat ook sonder skroom die tydsgees aangespreek het.

Dit is dalk gepas om Bakkes se eie woorde aan te wend om haar skryfstyl te beskryf. In die Transvaler van 23 Junie 1977 sê sy: "Ontspanningsleesstof is nie stof en dons nie. Die skrywer moet sy leser met lewensprobleme konfronteer. Maar hy moet dit ook weer oplos. Dit is die verskil tussen ’n kunsverhaal en ontspanningslektuur. Sonder om ligsinnig te wees, moet daar pitkos in wees." (Transvaler, 23 Junie 1977)

Dit sê alles. Bakkes se werk was betrokke, maar sy het altyd geskryf om te vermaak.

Margaret en Cas het vier kinders gehad: ’n dogter, Mathilda, en drie seuns Marius, Johann en Christiaan. Laasgenoemde twee manne verryk steeds ons letterkunde met hulle verhale.

Die ATKV dink aan die besonder aan die kinders onder hierdie omstandighede.

Die ATKV-skrywersalbum oor Margaret Bakkes se lewe en werk op LitNet in die ATKV-skrywersalbum is in April bygewerk. Hier is 'n skakel daarheen.

The post ATKV-persverklaring: Hulde aan Margaret Bakkes appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Twee geliefde skrywers het ons in Junie ontval – Adam Small en Margaret Bakkes. Ons deel hierdie huldeblyke met innige waardering vir hul bydraes tot die Afrikaanse letterkunde.

Adam Small (21 Desember 1936 – 25 Junie 2016)


FOTO: Izak de Vries

PEN Afrikaans groet met groot weemoed die literêre reus, Adam Small. Mag hy sag slaap en sy geliefdes troos vind in die wete dat hy hierdie wêreld beslis nie onaangeraak gelaat het nie.

Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter:
Adam Small is naas Breyten Breytenbach, Abraham H de Vries, Dolf van Niekerk en John Miles die laaste van die geslag van Sestig wat nog aktief was as woordkunstenaar. Sy afsterwe laat nie alleen 'n groot leemte nie, maar ontneem ons literêre toneel van 'n minsame, trotse figuur. Iemand wat, soos hy dit self gestel het, met sy verse sy gehoor "singend" gelei het. Sy skryfwerk in die Kaapse tongval het 'n sleutelrol gespeel om die waardering vir alle Afrikaanssprekers se bydraes tot ons kultuurerfenis gevestig te kry. Daarbenewens het hy enduit die kruis vir die kunste gedra met sy "dienende digterskap", om JC Kannemeyer aan te haal. Almal wat hom deur die jare leer ken het, sal nooit kan vergeet hoe innemend as mens, en ferm as kunstenaar hy was nie – veral in tye waarin sy siening nie altyd met die modes van die tyd geklop het nie.

Bettina Wyngaard, PEN Afrikaans se ondervoorsitter:
Dis maklik om Adam Small te beskryf as die baanbreker wat Kaaps toeganklik gemaak het as kreatiewe skryftaal. Maklik, en waar. En onvoldoende. Hy was veel meer. Vir baie mense was hy die simboliese pen wat magtiger as die swaard is. My eerste kennismaking met sy werk was as jong kind, omdat my pa gaande was oor sy gedigte, oor die stille verset daarin, oor die waardigheid waarmee hy soveel indignities wat mense moes deurgaan, verwoord het. Vir baie mense was sy woorde die enigste bewys dat hulle nie alleen is in wat hulle deurmaak nie. Vandag is nie net 'n hartseer dag vir Afrikaans nie, dis 'n hartseer dag vir my. 'n Seder het geval.

Danie Marais, PEN Afrikaans se bestuurder:
Adam Small was 'n skrywer wat literêre grense verskuif het, en ook vir lank 'n stil, waardige herinnering aan die skreiende onreg wat apartheid binne die Afrikaanse taalgemeenskap meegebring het. Sy werk het die krag gehad om mense te oortuig dat hulle moreel verplig is om anders te dink en te lewe. My ma het by verskeie geleenthede vertel in watter toestand sy was nadat sy Kanna hy kô hystoe die eerste keer gesien het. Familie en vriende het haar tot bedaring probeer bring, maar sy kon nie en wou nie daarna tot bedaring kom nie. Small se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde kan moeilik oorskat word.

Lees hier die onlangs bygewerkte ATKV/LitNet-skrywersalbum oor Adam Small.

Margaret Bakkes (14 Desember 1931 – 29 Junie 2016)

 
FOTO: Izak de Vries

Die geliefde skrywer Margaret Bakkes het ons leeswêreld aanvanklik verryk as kortverhaalskrywer, en daarna met langer prosa, waarvan Sing vir ons, Matilda, My ouma in kaneel, en Die reise van Olga Dolsjikowa en ander omswerwinge veral die aandag getrek het. Die langer historiese werke oor temas rakende die Groot Trek het haar posisie gevestig as skrywer wat die geskiedenis uit 'n nuwe, begrypende perspektief kan lewe gee. Susanna die geliefde handel oor die lewe van Susanna Smit, eggenoot van die ongeordende Voortrekker-predikant, Erasmus Smit, en Kroniek van die sewe blou waens gaan oor Susanna se broer, Gert Maritz. Albei laasgenoemde werke het 'n blywende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer.
 
Naas haar skryfwerk het Margaret Bakkes saam met haar onlangs ontslape eggenoot, Cas, die wêreld van die kunste en lettere op 'n ander manier verryk. Hulle had vier kinders: 'n dogter, Mathilde, en drie seuns – Marius, Johann en Christiaan – waarvan eersgenoemde diep spore in die plaaslike mediawêreld getrap het, en laasgenoemde twee ook bekende skrywers geword het.

Lees hier die onlangs bygewerkte ATKV/LitNet-skrywersalbum oor Margaret Bakkes. 

Die taalbeleidsbesluite aan die US, UP en Unisa

Op 22 Junie het die Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verreikende taalbeleidswysigings ten koste van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal aanvaar. PEN Afrikaans se stellingname rakende hierdie besluite kan hier gelees word.

Sensuur by die SAUK

Onlangse insidente by die SAUK spreek van blatante inmenging en staatsensuur wat gevaarligte vir ons demokrasie laat flikker. PEN Afrikaans se tweetalige persverklaring oor hierdie vergrype kan hier gelees word.

Hierdie persverklaring is ook aan die PEN International-sekretariaat in Londen gestuur waarvandaan dit verder onder PEN-sentrums versprei is.

Erkenning vir Bettina Wyngaard en PEN Afrikaans binne die internasionale PEN-gemeenskap

Daar was gelukkig ook goeie nuus in Junie: Soos in ons April-nuusbrief berig is, het die samesprekings tussen die PEN-sentra in Afrika byna ontspoor by die Maart-konferensie in Johannesburg, wat Danie Marais en Bettina Wyngaard bygewoon het. Die idee was om by dié kongres ’n bestuur vir PAN (die PEN Africa Network) te kies, maar daar was ’n groot misverstand, oftewel kommunikasiegaping, tussen die anglofone en frankofone sentrums. Laasgenoemde groep is reeds deel van ’n ander skrywersfederasie vir frankofone Afrika-lande wat hulle eers wou ken oor hul moontlike verdere rol in PAN. Die samesprekings het egter op ’n positiewe noot geëindig – nie net met die aanvaarding van ’n grondwet nie, maar ook met die vooruitsig op beter en nouer samewerking en solidariteit in die toekoms. Bettina het as bemiddelaar, wat deur albei blokke aanvaar is, ’n sleutelrol in hierdie positiewe uitkoms gespeel. Soveel so dat Carles Torner, die uitvoerende direkteur van PEN International, dit onomwonde teenoor my ná haar vertrek oor ’n koppie koffie gestel het: “Bettina was amazing!

Die nuwe goeie nuus is dat Bettina nou amptleik gevra is om as bemiddelaar ’n skikking tussen die anglofone en frankofone sentrums te help beding voor die volgende internasionale PEN-kongres in Ourense, Spanje, wat van 26 September tot 2 Oktober vanjaar plaasvind.

Baie geluk dus aan Bettina, wat ons naam binne die groter PEN-familie in die internasionale arena van die lettere hoog hou.

En van Bettina gepraat: Sy het nog altyd gesê dat Afrikaans ’n PR-probleem het en sy’s besig om hard te werk aan ’n oplossing vir ons taal se beeldprobleme – en nie net as diplomaat-fasiliteerder tussen die ander PEN-sentra in Afrika nie: In Junie het PEN American die volgende bekendstelling van PEN Afrikaans op hul webwerf geplaas: https://pen.org/pen-world/pen-afrikaans-rethinking-language-and-its-legacy

Die antwoorde op die vrae was ’n spanpoging van PEN Afrikaans se bestuur, maar Bettina het die skakeling met PEN America gekoördineer. Haar Trippel-7-projek word ook in die bogenoemde artikel op PEN America se webwerf uitgesonder as ’n spesiale inisiatief ter blootstelling van marginale Afrikaanse stemme.

Nuwe boeke in Julie 2016

Laastens is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het. Julie se publikasielys kan hier afgelaai word.

Hartlike gelukwense ook aan al die wenners van die Media24-boekpryse wat in Junie oorhandig is, met 'n spesiale saluut aan Ingrid Winterbach wat die W.A. Hofmeyr-prys die vierde keer ingepalm het. Klik hier vir foto's en meer inligting oor die wenners.

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2016 appeared first on LitNet.

Kurator-pos beskikbaar by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi hiermee geskikte kandidate uit om aansoek te doen vir die pos van Kurator. Aanstellingsdatum: 1 September 2016 (of so gou moontlik).

Minimum vereistes:

  • Nagraadse kwalifikasie in geesteswetenskappe, museum- of erfenisstudies
  • Sewe jaar ondervinding in ʼn relevante veld
  • Kennis en ervaring van museologiese bestuur van versamelings
  • Ondervinding van onderwerp- en voorwerpnavorsing
  • Ervaring in die erfenisomgewing sal as aanbeveling dien
  • Afrikaans en Engels magtig

Verantwoordelikhede:

  • Bestuur die werksaamhede van die Taalmuseum
  • Toepassing van beheermaatreëls, regulasies en wetgewing
  • Museologiese versorging van die versameling
  • Bestuur van publieke areas en opgradering van uitstallings
  • Navorsing vir uitstallings, opvoedkundige programme en ander mediums
  • Menslikehulpbron- en begrotingbestuur
  • Kwaliteitbeheer van programme, werksaamhede en strategieë

Sluitingsdatum: 15 Julie 2016.
Kandidate wat in Mei 2016 aansoek gedoen het, hoef nie weer aansoek te doen nie.
 Stuur u aansoek aan:
Die Direkteur, ATM, Posbus 498, Paarl 7620

Navrae: Michael Jonas by tel 021 872 3441.  
Indien na ʼn maand geen terugvoering ontvang nie, was aansoek onsuksesvol.

The post Kurator-pos beskikbaar by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument appeared first on LitNet.

Beswaarskrif: Aanslae op joernaliste en persvryheid in Lesotho

$
0
0

Na aanleiding van kommerwekkende aanslae op joernaliste en persvryheid in Lesotho, waaronder die skokkende onlangse aanval op die redakteur van die Lesotho Times-koerant, Lloyd Mutungamiri, het PEN Afrikaans saam met verskeie ander organisasies die volgende beswaarskrif onderteken:

Joint Civil Society Statement: Lesotho Authorities Must Protect the Right to Freedom of Expression

The undersigned organisations condemn the increasing acts of harassment and intimidation against journalists in Lesotho, exemplified by the recent attack against the editor of the Lesotho Times newspaper and the institution of criminal defamation charges against its publishers. We call on the Lesotho authorities to take effective measures to protect the right to freedom of expression and the physical safety of all journalists in the country. In addition, the authorities must expeditiously and impartially investigate the attack and bring those responsible to justice.

On 9 July 2016, Mr Lloyd Mutungamiri was attacked and shot at his house in Maseru, Lesotho. He was taken to Queen Mamohato Memorial Hospital where he remains in a serious condition. This attack comes shortly after the publication of a story in the 23 June 2016 edition of the Lesotho Times which referred to an “exit strategy” for current commander of the Lesotho Defence Force, Lieutenant General Tlali Kamoli. On the day this article was published, Mr Mutungamiri and the journalist who wrote the story, Miss Keiso Mohloboli, were summoned to the police station, interrogated by police and forced to reveal their sources.

In addition, the publisher of the Lesotho Times, Mr Basildon Peta, has been charged with criminal defamation and crimen injuria in connection with a satirical article about Lt Gen Kamoli which was also published in the 23 June edition of the paper.

The ability of journalists to work safely and without fear of reprisal is paramount to the right to freedom of expression, protected under article 9 of the African Charter on Human and People’s Rights and article 19 of the International Covenant on Civil and Political Rights, to which Lesotho is party. Media freedom is essential to the exercise of this right. The role the media plays in any society is vital in ensuring the free flow of information, including the legitimate criticism of all public figures.

It is deeply concerning that Mr Mutungamiri and Miss Mohloboli were forced to reveal sources for one of their stories. International human rights law recognises the need to protect the confidentiality of journalistic sources because of its importance to the right to freedom of expression. We call on the Lesotho authorities, including law enforcement officials, to desist from using intimidation tactics to force journalists to reveal their sources.

We also note with concern the criminal charges brought against Mr Peta, and condemn the persistent use of criminal defamation laws to stifle dissent and intimidate journalists in Lesotho. The African Commission and the Human Rights Committee have recognised the disproportionate effect the offence of criminal defamation has on the practice of journalism and have called on states to decriminalise defamation. The Human Rights Committee has stressed that under no circumstances should a person be subject to imprisonment for defamation. The Lesotho authorities should drop the criminal defamation charges, and if other legitimate charges for an internationally recognised criminal offence are to be brought, must ensure that all fair trial guarantees are respected at all stages of the criminal prosecution.

The authorities have not yet clarified who is responsible for the attack on Mr Mutungamiri. The Lesotho authorities must ensure that a prompt, thorough and independent investigation is carried out and that effective measures are taken to ensure that the perpetrators are brought to justice.

These incidents – and particularly the attack on Mr Mutungamiri – constitute serious infringements of the right to freedom of expression in Lesotho. No journalist should operate in fear during the course of their work. We urge the Lesotho authorities to implement effective measures to both protect the safety of journalists and to ensure that there is no impunity for attacks against them. The authorities must send a clear message that such acts are not tolerated.

Signatories:
amaBhungane Centre for Investigative Journalism
Amnesty International
Freedom of Expression Institute
International Commission of Jurists
Institute for Democracy
Lawyers for Human Rights
Lawyers for Human Rights (Swaziland)
Media Institute for Southern Africa – Zimbabwe Chapter
Media Monitoring Africa
Open Society Initiative for Southern Africa
PEN Afrikaans
PEN South Africa
Right 2 Know Campaign
SOS Coalition
Southern Africa Human Rights Defenders Network
Southern Africa Litigation Centre
Transformation Resource Centre
Zimbabwe Human Rights NGO Forum
Zimbabwe Lawyers for Human Rights

The post Beswaarskrif: Aanslae op joernaliste en persvryheid in Lesotho appeared first on LitNet.

Joint statement from PEN South Africa and PEN Afrikaans regarding new developments around South African copyright law

$
0
0

PEN Afrikaans en PEN South Africa het oorleg gepleeg rakende verwikkelinge rondom kopieregwetgewing in Suid-Afrika wat moontlik verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers kan hê. Beide skrywersorganisasies wil saamwerk om te verseker dat geen kopieregwetgewing ten koste van skrywers en uitgewers geldende reg word nie en het vandag hierdie gesamentlike persverklaring uitgereik:

Joint statement from PEN South Africa and PEN Afrikaans regarding new developments around South African copyright law

When the Copyright Amendment Bill was tabled last year, both PEN SA and PEN Afrikaans submitted comments and informed their members, consisting of writers, publishers, translators, editors and journalists, of the possible detrimental effects the proposed bill could have on the exclusive rights of copyright owners and their means of deriving income from their work. Legal experts were critical of the proposal to invest perpetual copyright in the state when the owner of the copyright dies or cannot be found. The other main concerns were the introduction of fair use for educational purposes, which allows works to be reproduced without compensation or permission if that use is for educational purposes, and the introduction of a compulsory state licensing mechanism, which does not require the normal contractual consent of the copyright owner.

The revised bill, which has not been made public yet, has been approved by Cabinet and will be tabled in August 2016. Both PEN centres hope that the comments submitted on the Copyright Amendment Bill were taken into account and are looking forward to seeing the revised bill.

A meeting on the future framework for intellectual property in South Africa will be held by Nedlac (The National Economic Development and Labour Council) on Wednesday, 20 July 2016, in Johannesburg. PEN SA and PEN Afrikaans will be sending a representative to the meeting in order to keep authors informed about the latest developments.

PEN South Africa and PEN Afrikaans aim to keep their members and the public informed about the new bill and want to ensure that the interests of authors are duly considered in any amendments to our copyright law.

*****

Vir verdere agtergrond tot hierdie kwessie, sien:
http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-maart-2016/
http://pensouthafrica.co.za/pen-south-africa-concerned-about-the-copyright-amendment-bill/

The post Joint statement from PEN South Africa and PEN Afrikaans regarding new developments around South African copyright law appeared first on LitNet.

Viewing all 1429 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>