Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Persverklaring: Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021

$
0
0

Valda Jansen, Andries Bezuidenhout, Salvia Ockhuis, Sarie Nell, Lydia Gittens, Mercy Kannemeyer

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die maandlange skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied.

Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

Die volgende ses skrywers is vir vanjaar se skrywersresidensie gekies:

  • Andries Bezuidenhout
  • Lydia Gittens
  • Mercy Kannemeyer
  • Salvia Ockhuis
  • Sarie Nell
  • Valda Jansen

Die goedgekeurde skryfprojekte sluit ’n opwindende verskeidenheid romans, vir volwasse én jonger lesers, kortverhale, en gedigte in.

“Baie geluk aan die suksesvolle aansoekers. Ons het volle vertroue dat die skryftyd in Paulet-huis op Somerset-Oos vir julle waardevol sal wees om daardie boeiende skryfprojekte waarmee jul besig is, te kan voltooi,” sê Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting.

Die Jakes Gerwel Stigting dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe.

“Die skrywersresidensie bly ’n hoogtepunt op PEN Afrikaans se jaarkalender,” sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. “Die groep suksesvolle aansoekers bestaan vanjaar uit gevestigde én opkomende skrywers, onder andere twee wat verlede jaar aan PEN Afrikaans se aanlyn skryfkursusse deelgeneem het en nou verder aan hulle skryfprojekte gaan skaaf. Ons is werklik trots op die kaliber aansoeke en dankbaar dat die Jakes Gerwel Stigting hierdie wonderlike geleentheid moontlik maak.”

Rig asseblief navrae aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za.

Die Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die werksaamhede en belangstellings van Gert Johannes “Jakes” Gerwel voort te sit in die ontwikkeling en bevordering van die opvoedkunde, kuns en kultuur en die sosiale geregtigheid in Suid-Afrika in die algemeen. Die stigting fokus veral op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde.

PEN Afrikaans is ’n vereniging van skrywers, joernaliste, uitgewers en belanghebbendes wat, deur lidmaatskap van PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans is gerig op die bevordering van die Afrikaanse letterkunde en die reg tot vryheid van uitdrukking.

 

The post Persverklaring: Ses skrywers gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1430

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>