In Mei sien ons maande se harde werk wat in ’n vokale ontploffing bymekaarkom, wanneer sommige van Suid-Afrika se invloedrykste, opkomende sangeresse die verhoog as deel van die ATKV-Crescendo se musikale ontwikkelingsprojek inneem.
Op Vrydag, 20 Mei, sal die ontwikkelingsprojek, wat opkomende Afrikaanse kunstenaars mentor, ’n talentviering hou wanneer die 2022 ATKV-Crescendo-mentorprogramfinaliste, Marsha Botha en Athina Janes, die verhoog saam met die beroemde musikant en digter, Gracia Nicholls, inneem.
Dié vroue, wat vir hul stemvaardighede en skryfvermoëns geprys word, is gereed om die ATKV-Crescendo se Platformsessies met ’n knal af te skop.
Volgens Robin Fourie, ATKV-Crescendo en die Platformsessies se kreatiewe direkteur en handelsmerkambassadeur, sal hierdie die eerste sessie met ’n uitsluitlik vroulike vokale geselskap wees.
“Dis die eerste keer dat ons slegs vroue op die verhoog gaan hê – dit is ’n geleentheid om ons vroueliedjieskrywers te vier en hulle te vereer, aangesien ons wil hê die wêreld moet die uniekheid van hul skryfstyl hoor, en hul vaardigheid as vermaaklikheidskunstenaars aanskou,” het hy gesê, terwyl hy die vertoning as ’n intieme optrede met ’n “sexy” kant beskryf.
Sy opinie word beaam deur sy studiegenoot, MC Whaden Johannes, ’n akteur en radiopersoonlikheid, asook ’n deurwinterde sanger en liedjieskrywer in sy eie reg, wat tans in die kykNET-telenovela, Arendsvlei, speel.
“Ek sien myself nooit as meer ervare of dat ek meer weet nie, want, om eerlik te wees, maak daardie drie dames my senuagtig. Die talent wat hulle bring, is buitengewoon,” sê hy en voeg by dat hy opgewonde is om weer die verhoog met Fourie te deel.
Besonderhede van geleentheid
Plek: The Daisy Jones Bar, Stellenbosch
Kaartjiepryse: R200 p.p.
Datum: 20 Mei
Tyd: 19:00
Tema: Lady's Night
BBP-aanbiedings, wat ingang bied na drie Platformsessies-opnames asook die Crescendo-Sit-dit-aan-vertoning, is teen R2 000 beskikbaar; dit en sluit ’n T-hemp en ’n bottel wyn in.
Lees meer hier
Webwerf: https://atkv.org.za/nuus/categories/atkv-crescendo/
Facebook: https://www.facebook.com/atkvcrescendo
Instagram: https://www.instagram.com/atkv.crescendo/
Meer oor ATKV Crescendo
- Crescendo is nie ’n talentkompetisie nie – dis ’n ontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om liedjieskrywers met kundigheid toe te rus. Die projek fokus ook daarop om nuwe klanke in Afrikaans te ontdek en alle deelnemers word aangemoedig om in hul eie dialek te skryf en sing. Op hierdie manier maak die projek seker dat daar ’n voortdurende vloei van nuwe talent, nuwe liedjies en nuwe klanke in die Afrikaanse musiekbedryf is.
- Oudisies word jaarliks gehou om nuwe, vooruitstrewende liedjieskrywers te vind. Oudisies word so ver as moontlik aangebied, in ’n verskeidenheid areas, tussen metropolitaanse areas en areas waar mense nie maklik toegang tot hierdie tipe geleentheid het nie, en daar is ook ’n jaarlikse geleentheid vir digitale inskrywings.
- Elke persoon wat ’n oudisie aflê, moet ’n liedjie doen wat hy/sy self geskryf het, indien fisiese oudisies aangebied word, gevolg deur ’n eendagwerkswinkel wat deur ’n span Crescendo-mentors aangebied word. Daarna word finaliste vir die Mentorprogram gekies. Die Mentorprogram word jaarliks aangebied en bestaan dus uit finaliste wat tydens oudisies asook vanuit die digitale inskrywings gekies is.
- Die projek het ’n groot fokus op menseontwikkeling, en die kern van die opleiding en ontwikkeling is in twee woorde, of eienskappe, gegrond – karakter en integriteit.
- Na die Mentorprogram word die finaliste vir die Crescendo-finale gekies – hierdie groepe word dan na ’n finale werkswinkel van ongeveer ’n week lank genooi, wat met ’n bekendstellingskonsert afgesluit word. Die bekendstellingskonsert bied finaliste die geleentheid om ook die verhoog met die mentors te deel en hulle oefen in die week van die werkswinkel saam met die Crescendo-orkes. Deel van hierdie opleiding is Entrepreneurskap in die Kunste, en hierdie kursus beoog om kunstenaars as entrepreneurs te bemagtig en seker te maak dat hulle hulself kan onderhou.
- Die span mentors word uit ’n diverse poel musikante en kunstenaars gekies en verseker dus dat elke finalis soveel kundigheid, kennis en relevante ervaring (wat elke mentor uit hul realiteit en verwysingsraamwerk kan bied) opdoen.
The post Persverklaring: ATKV-Crescendo se Platformsessies-musiekproduksie hierdie maand in Stellenbosch om aandag op opkomende sterre te vestig appeared first on LitNet.