Quantcast
Channel: Portale - LitNet
Viewing all 1456 articles
Browse latest View live

Persvrystelling: Beurse vir M- en D-studie 2019

$
0
0

Die SA Akademie stel vir 2019 ’n beperkte aantal studiebeurse beskikbaar vir M- en D-studie in enige vakrigting (geestes- of natuurwetenskappe). Die uitkoms van die betrokke studie (’n proefskrif of verhandeling of enige ander vereiste vorm) moet in Afrikaans wees.

Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018.

Die uitslae sal in die eerste week van Desember 2018 bekendgemaak word.

The post Persvrystelling: Beurse vir M- en D-studie 2019 appeared first on LitNet.


Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Herfs 2018-uitgawe

$
0
0

Te danke aan die Taalgenoot-redaksie deel PEN Afrikaans graag die boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se die Herfs 2018-uitgawe. Die tema van hierdie uitgawe is “stout”. Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai. Dit is nie elders digitaal beskikbaar nie.

  • Ná besoeke aan Anton Kannemeyer en Conrad Botes van Bitterkomix-faam, vertel Lien Botha dat dié twee nie hul werk as “stout” sou beskryf nie, maar eerder as skurf, kras, kru en satiries. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Seks speel in al hoe meer fiksieboeke ’n sentrale rol, maar hoe pak ’n skrywer dié tonele aan? En waarborg sekstonele kommersiële sukses? Harry Kalmer hoor wat verskeie skrywers oor die uitbeelding van seks in boeke te sê het. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Johan Myburg tree met die kunstenaar Joanne Olivier in gesprek oor haar solo-uitstalling m(AS)kers, haar werk in die algemeen en die skeppende proses. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Izak de Vries skryf oor verskilllende betekenisse van die woord “stout” en betrek onlangse LAPA-boeke wat by dié tema aansluit. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se Boeke wat skrywer laat skryf-rubriekreeks, vertel Rudie van Rensburg meer oor sy reis as leser en oor boeke wat hom as skrywer gevorm en geïnspireer het. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Hanri Wondergem skryf oor die geskiedenis van sensuur en pornografie in Suid-Afrika. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Marlene Malan skryf oor Taurus. Dié grensverskuiwende uitgewery is gestig om ’n platform te bied vir belangrike Afrikaanse boeke wat andersins nie sou verskyn nie, maar veral ook om ’n middelvinger te wys vir die staat se beleid van sensuur wat skeppende skryfwerk wou beperk en onderdruk. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Hoe voel skrywers en lesers oor vloekwoorde en ’n geswets in boeke? Wanneer is dit geregverdig? Carla van der Spuy vertel meer. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Skrywers, joernaliste en uitgewers het hul stemme behoorlik laat opklink teen korrupsie, wanbestuur en staatskaping. Marlene Malan skryf oor die vloedgolf boeke wat in 2017 verskyn het en wat druk op oudpresident Zuma geplaas het om sy tasse te pak. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.

(Klik hier vir die vorige uitgawe.)

Die jongste Taalgenoot, die Winter 2018-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels en dit gaan die monde laat water. Ja, die tema is kos. Lees meer oor drie van Gauteng se gewildste koslorries, ’n nuwe fenomeen wat oral kop uitsteek. Herman Lategan besoek die Service Dining Rooms en The Ritz in Kaapstad, vir twee uiteenlopende ervarings. Daar is ’n bespreking van drie lande se eksotiese disse, waarvoor Suid-Afrika nie ’n oomblik hoef terug te staan nie. Ons eie disse word ook bekyk, want is dit nou ’n koeksister of koesister? Daar is ook, op ’n meer ernstige noot, bydraes oor kosmanipulasie, die prys van wanvoeding in onderwys en die kwelpunt van grondonteiening.

Vir musiekliefhebbers, is daar gesprekke met YOMA en Laurinda Hofmeyr.

Taalgenoot verwelkom ook in hierdie uitgawe twee nuwe rubriekskrywers, die digters Jolyn Phillips en Daniël Hugo.

Kry die Winter-uitgawe van Taalgenoot sommer nou. Daar is ’n smorgasbord stories vir elke smaak.

Taalgenoot het verlede jaar die toekenning ontvang vir beste interne tydskrif by die Suid-Afrikaanse Publikasieforum en die nuutste uitgawe is beslis ’n moet.

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot. Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf.

The post Leesstof vir boekliefhebbers uit <i>Taalgenoot</i> se Herfs 2018-uitgawe appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2018

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

4 Junie

Boeke: Vir boeksnuffelaars en liefhebbers van digkuns
Joan Hambidge resenseer Vers & kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo

Boeke: ’n Reis van mens tot mens
Francois Bekker resenseer Patagonië deur Maya Fowler

Boeke: Omvattend wetenskaplik
Francois Verster resenseer Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg deur Jan Malan

Boekevat-rubriek (Herman Lategan): ‘Churnalism’, mikrogolfjoernalistiek ná Wolfe

5 Junie

Profiel: Die ‘bloedwerke’ van ’n speurhoof
Willemien Brümmer in gesprek met Jeremy Vearey

11 Junie

Boeke: Oneerbiedigheid van vroeër steek net plek-plek kop uit
Rudolf Stehle resenseer Koos Kombuis se Vandag wil ek my blou skoene dra

Boeke: ‘Tweede kanse’ nie vir die suurpruim
JB Roux resenseer Tweede kanse deur Stefan Enslin

Boeke: Navorsing skitterend by teks ingeskakel
Jonathan Amid resenseer Uit die bloute deur Chanette Paul

13 Junie

Nuus: Afrikaanse romans in Nederlands uitgegee

14 Junie

Nuus/Kuns: Van Niekerk, Pauw en Venter wen (Media24-boekpryse)

17 Junie

Nuus: Cecile Cilliers dood op 85

18 Junie

Boeke: Dae toe mans mekaar nog op baadjie kon gee
Jean Meiring resenseer Die rooikop en die redakteur deur André P. Brink

Boeke: Nooit te laat vir eie droom
Raymond Willemse resenseer Die DJ deur Simon Bruinders

Boeke: Van stofstraatkind tot hardegat-polisieman
Ronelle Simmons resenseer Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey

Nuus: Cecile Cilliers se bundel was ’n ‘soort swanesang’

23 Junie

Nuus: Kalmer wen Ronge-prys vir fiksie

Nuus/Kuns: Gunter pak ‘white liberals’ in derde bundel

25 Junie

Boeke: Vertaling tussen die verhewe en verwerplike
Joan Hambidge resenseer Tussen die abjekte en die eteriese deur Michel Houellebecq, vertaal en ingelei deur HJ Pieterse

Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die Dao van Daan, Lodewyk, Etienne, Frederik

29 Junie

Nuus/Kuns: Eerste fietsryboek vir tieners

Die Groot Ontbyt

Willie Burger het in Junie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 Junie

  • Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal

12 Junie

  • John Miles se werk, met verwysing na veral Kroniek uit die doofpot en Op ’n dag, ’n hond

19 Junie

  • Ingrid Jonker: ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

26 Junie

  • Huppelkind deur WO Kühne met illustrasies deur Dorothy Hill Kühne

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Jong lesers: Nina en die wacky hare deur Elizbè van der Colff en Chris Venter

Carli le Grange
Jong lesers

2018-06-27

"Dis ’n goeie boek wat my lekker laat lag het, en ook op plekke laat bang word het."

Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk

Francois Bekker
Lesersindrukke

2018-06-27

"Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre."

Pioneers of the Dorsland deur PJ van der Merwe: ’n resensie

François Verster
Resensies

2018-06-25

"Vir my persoonlik het die bewaring van elke stukkie van ons landgenote se stories besondere betekenis, want ek is bekommerd dat ons hulle gaan vergeet."

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Izak de Vries
Resensies

2018-06-25

"Nathan Trantaal se Wit issie ’n colour nie, behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want, dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word."

Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-06-25

""Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat oor honderde jare in Afrikaans gevoer is, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie."

Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie

Wium van Zyl
Resensies

2018-06-25

"Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt."

Blinde sambok en Meerkat Maantuig: Die aanpassing van boek na fliek

Suzette Kotzé-Myburgh
Resensies

2018-06-22

"Lank lewe skrywers en hul verbeelding, en lank lewe filmmakers wat ons sinne betower!"

Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-06-20

"Daarteenoor lyk die bloedbad in Tot die dood ons skei na ’n onoorkombare berg, en miskien is dit nie meer genoeg om net met onsself nie, maar met die saak van die bevordering van vroueregte te identifiseer."

Ys deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Elzette Steenkamp
Resensies

2018-06-20

"Wat van Ys ’n uitstekende speurverhaal maak, is egter Van Rensburg se vermoë om fyn verwikkelde verhaallyne, komplekse karakters en vlymskerp sosiale kommentaar te verweef in ’n roman wat bloot net lekker is om te lees."

Jong lesers: Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver

Elena Duvenage
Jong lesers

2018-06-18

"Dit was ’n absoluut wonderlike boek en ek kon as gevolg van al die opwinding en spanning dit amper nie neersit nie. Daar was selfs vir my – en dalk ook vir Hanna – ’n klein verrassinkie in wat ek nie voorspel het nie."

Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

2018-06-18

"Veel gewag word gemaak van die sg ouderdom in Cilliers se versameling. Immers het sy dit op 84 geskryf. Maar dis ’n fout om verhale van verweer, verdriet, verslaenheid – kenmerke van die ouderdom – te verwag. Daarvoor is Cilliers te veel van ’n woordskilder, ’n eerlike ondersoeker na die twyfel, woede, oneerlikheid van ’n bestaan."

Wierook en sigare deur Sebastiaan Biehl: ’n resensie

Barbara Potgieter
Resensies

2018-06-14

"Die skrywer is ’n sendeling en gee heelwat aandag aan die gelowe en hoe hulle uitgeleef word. Hy reis uitgebreid in die streke waar elke dorp of stad sy eie gewoontes en voorkoms het: van uiterste armoede tot ’n soort Westerse welvarendheid."

Spieëlbeeld deur Franz Marx: ’n resensie

Barbara Potgieter
Resensies

2018-06-13

"Ek voorspel dat wanneer hierdie boeiende storie jou eers beetgepak het, sit jy die boek nie neer voor die laaste bladsy nie."

Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n resensie

Elkarien Fourie
Resensies

2018-06-13

"Tweede kanse met sy ongekompliseerde boodskap van geloof in ware liefde sou beter tot sy reg kom op die silwerdoek, want dit is duidelik hier waar Enslin se talent lê."

Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie

Marietjie Lambrechts
Resensies

2018-06-13

"Die dao van Daan van der Walt voeg ’n ander dimensie by deurdat dit spesifiek fokus op ’n ouer Afrikaner-man vir wie dit as gevolg van institusionele handhawing van kollektiewe identiteit nooit voorheen nodig was om eie identiteit te bevraagteken nie. Die roman lewer op verskillende vlakke ’n bydrae tot die debat en verdien ’n plek op elke leser se boekrak."

Die pasiënt as vennoot deur Dawie van Velden: ’n resensie

Dave Pepler
Resensies

2018-06-12

"Wat hierdie werk nog meer indrukwekkend maak, is die eenvoud en toeganklikheid van die teks. Ek wil graag voorstel dat dit verpligte leesstof word vir jongmense juis omdat die skrywer pleit vir ’n lewenslange betrokkenheid en verantwoordelikheid vir ons eie gesondheid."

Rian – 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-06-12

"Die lief en leed van Rian van Heerden se openbare lewe het selfs my verwagtinge ’n bietjie oortref."

Kringloop deur Bets Smith: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

2018-06-12

"Reine is ’n student en semifinalis in ’n skoonheidskompetisie. Dit bring haar in aanraking met verskeie instansies, soos ’n kleremaker, grimeerkunstenaar en ’n gesondheidspa."

In glas deur Nicola Hanekom: ’n resensie

Temple Hauptfleisch
Resensies

2018-06-08

"In glas is daardie betreklik rare verskynsel, ’n aanbiedinggerigte en hoogs speelbare verhoogteks wat absoluut vrá om in opvoering beleef te word, maar een wat terselfdertyd ook ’n uitdagende, dog leesbare, drama is wat net so dringend vra om indringend ontleed en bespreek te word."

Op pad: Snyman se groot trek deur die ruimtes tussen mense

Thys Human
Resensies

2018-06-07

"Tog word dit gou duidelik dat hierdie geografiese reis vir Snyman ook ’n reis van selfkonfrontasie word. Nie net ’n reis dieper die binneland in nie, maar ook ’n reis dieper die land van sy binneste in."

Yes, really! A life deur Kate Turkington: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

2018-06-05

"Turkington is onthutsend eerlik, maar sy vertel haar storie soos enige goeie rillerskrywer sou."

Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n lesersindruk

Irene van Staden
Lesersindrukke

2018-06-05

"In die geheel is Vermeulen se roman ’n baie goeie speurverhaal wat sy lesers elegant na die antwoorde toe lei, maar wat terselfdertyd ook die leser míslei. Die roman bevat ook ’n universele boodskap van hoe monsters in die samelewing gekweek word en ongesiens kan rondloop."

Ingrid Jonker: ’n biografie, a review essay

Leon de Kock
Resensies

2018-06-05

"Reading a biography such as Petrovna Metelerkamp’s Ingrid Jonker: ’n biografie provides a fine example of what I am talking about. This is a nice fat book, chock-full of stories and reported data about the enigma that is Ingrid Jonker. Apart from anything else, it is clear that Metelerkamp’s 437-page tome is the product of many years of unstinting work ..."

Stroomop – Herinneringe van ’n koerantman in die apartheid-era deur Harald Pakendorf: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-06-05

"Stroomop dokumenteer ’n interessante stuk verlede van die Afrikaanse media, en het beslis my perspektief verruim."

Patagonië: ’n onderhoud met Maya Fowler

Maya Fowler, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

2018-06-13

"Selfs toe ek aan Karin Brynard se Plaasmoord vertaal het, het ek die Griekwastad-omgewing besoek, want ek wou die wind hoor, die bossies ruik, die stof proe. Ek het gedink dis belangrik om dinge op daardie vlak te verstaan om outentiek te kan vertaal. En so is dit met die skryf ook."

Die Afrikaners: ’n onderhoud met Hermann Giliomee oor die boek en die kykNET-reeks

Naomi Meyer, Hermann Giliomee
Onderhoude

2018-06-12

"Ek dink die term Afrikaner is vandag veel minder gelaai as 30 of 40 jaar gelede."

Truitjie roer my nie: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling

Naomi Meyer, Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling
Skrywersonderhoude

2018-06-07

"So dit is nie ’n Schalk-boek deur Erns nie, maar ’n Schalk-boek deur Schalk, in samewerking met Erns."

Selma en Louise: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Naomi Meyer, Susan Coetzer
Skrywersonderhoude

2018-06-04

"Elk dien as ’n spieël vir die ander – by tye word die lig gereflekteer; ander kere die donker. Die Bostik van die vriendskap is die deurlopende humor en meelewende deernis tussen die twee vroue wat die toets van die tyd en veranderlikes deurstaan."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Junie

Resensie: Andries Gouws resenseer Enlightenment Now: The Case for Reason, Science, Humanism and Progress deur Steven Pinker

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Sunset Claws: The Chronicle of a Generation deur Brent Meersman

Resensie: Schalk Jonker bespreek ’n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert

Nuut op die rak: Kat se blad: Stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler en Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome deur Kobus Galloway

10 Junie

Resensie: Herman Lategan bespreek Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp

Resensie: Bill Nasson resenseer Verwoerd aan die woord II: Die laaste vier jaar – Toesprake 1963-1966 (saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd)

Nuut op die rak: Bloedbande: ’n Donker toekoms deur Wilhelm Verwoerd

Resensie: Johan van Zyl resenseer Kalmte in die malle gejaag: Mindfulness vir besige mense deur Johannes de Villiers

17 Junie  

Resensie: Christi van der Westhuizen bespreek Feminism is: South Africans Speak Their Truth (saamgestel deur Jen Thorpe)

Resensie: Joan Hambidge resenseer Insektarium en ander gedigte deur Johann Lodewyk Marais

Nuut op die rak: ’n Viertal verskuns: Vers & Kapittel (Daniel Hugo), Tussen die abjekte en die eteriese: ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq (vertaal deur Henning Pieterse), weer-lig (Fransi Nieuwoudt) en The Coroner’s Wife (Joan Hambidge)

Resensie: Riette Rust resenseer Dors deur Marinda van Zyl

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Redelike twyfel deur Chris Marnewick

24 Junie

Resensie: Valda Jansen resenseer Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey

Resensie: Abel Esterhuyse bespreek Ystervuis uit die see: Uiters geheime seewaartse Recce-operasies (1978-1988) deur Arnè Söderlund en Douw Steyn

Resensie: Dave Pepler resenseer Homo sapiens en ander diere deur Erik Holm

Oorsigresensie: Magdel Vorster bekyk vyf kinderboeke: Amok op ’n besemstok, Tirannosourus Sot, Kyk hoe mooi is Panama, Kattekwaad en Die stormwalvis in die winter

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

5 Junie
Liewe Heksie en die helikopter deur Verna Vels
Die Liewe Heksie-stories is tydloos en hedendaagse kinders sal haar avonture amusant vind. Lees die resensie.

7 Junie
Dans, Jenna deur Noreen Nolte
Wat ’n lieflike, onopgesmukte storie oor ’n talentvolle graadsewe meisie wat versot is op dans, maar goed besef dat balletklasse eintlik ’n luukse is wat haar enkelma – wat twee werke doen om vir hulle te sorg – nie kan bekostig nie! Lees meer.

12 Junie
Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser
Dié aksiebelaaide jeugverhaal ontvou in ’n briljante kragtoer van vergifnis, selfaanvaarding en ook tweede kanse. Dit leer ook dat jy kan triomfeer en steeds sukses kan behaal ná ’n teleurstelling, al beteken dit jy sal moet harder werk en meer kreatief dink, skryf Louise Viljoen.

19 Junie
Knip, verf, plak – 50 prettige kunsprojekte deur Susie Brooks
Die verbeeldingryke dog eenvoudige projekte is pragtig geïllustreer en die instruksies maklik om te volg. Kinders (én grootmense!) kan na hartelus knip, stempel, plak, verf, skep en sommer baie pret hê wanneer hulle die fassinerende aktiwiteite aanpak en kuns maak uit weggooigoed. Lees die resensie.

21 Junie
Grilgrypers 2: Web van die mummie deur De Wet Hugo
Die tema van die boek is dat mens sterker as jou vrees moet wees; dat jy jou ergste vrese in die gesig moet staar en dit teenstaan. Die goeie oorwin wel die bose, verduidelik Louise Viljoen.

28 Junie
Hoezit! Die wonderwêreld van die ruimte deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
Skaf gerus hierdie leersame boek aan vir ’n weetgierige kind. Jy sal hiermee sy of haar algemene kennis oor die ruimte verbreed, skryf Louise Viljoen.

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 Junie

Die Britse skrywer Kate Mosse was onlangs in Suid-Afrika om haar nuwe roman The Burning Chambers, wat in Franschhoek afspeel, te kom bekendstel. Mosse is ook een van die stigterslede van die Orange Prize for Fiction, en gesels oor dié gesogte prys en haar eie skryfwerk. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe spanningsroman Ys. Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

Woensdag 13 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Anneliese Burgess oor Heist, haar boek oor transitorooftogte. Annemarie van der Walt vertel waarna feesgangers kan uitsien by die ATKV-Boeke-oase by Innibos. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor ’n bekende skrywer se woede omdat sy nie vir ’n internasionale prys benoem is nie.

Woensdag 20 Junie

Ilse Salzwedel gesels oor kinder- en jeugboeke, en drie jong lesers vertel wat hulle dink van die Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het. In sy insetsel oor die internasionale boekwêreld gesels Johan Myburg onder meer oor die PEN Pinter-prys en die wenner van die Women's Prize for Fiction, Kamila Shumzi. Sy lees ook voor uit haar wenboek.

Woensdag 27 Junie

Kuier saam by die AKTV-Boeke-oase by Innibos! Paul Eilers, oud-radioman en akteur, lees ’n kortverhaal voor. Die geskiedkundige en skrywer Fransjohan Pretorius gesels oor storielegendes van die Laeveld. Annemarie van der Walt, organiseerder van Innibos se boekeprogram, vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. Die akoestiese groep, Hummingbirds, sorg vir musikale vermaak.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 Junie
Karen Hougaard lees sonnette van William Shakespeare.

Dinsdag 12 Junie
Joanie Combrinck lees verse uit die bundel, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte.

Dinsdag 19 Junie
Johann Nel lees NP van Wyk Louw se gedig, Die hond van God.

Dinsdag 26 Junie
Frieda van den Heever lees verse wat in haar studentejare ’n invloed op haar liefde vir verse gehad het.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende resensies en onderhoude het in Junie verskyn:

Gisela Ullyat resenseer Weer-lig deur Fransi Nieuwoudt

Louis Esterhuizen gesels met Henning (HJ) Pieterse oor Tussen die abjekte en die eteriese, sy vertalings van gedigte deur Michel Houellebecq.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Junie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

2 Junie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van Rhino Revolution deur Clive en Anton Walker, asook Gifbeker deur Irna van Zyl   

8 Junie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van die verkorte en aangevulde uitgawe van Die Afrikaners deur Hermann Giliomee

17 Junie
Kies ’n boek: Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis

24 Junie
Kies ’n boek: ’n Bespreking van werke van Tom Wolfe en Philip Roth

30 Junie
Kies ’n boek: Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2018 appeared first on LitNet.

Wat elke skrywer moet weet: ’n Regsperspektief op plagiaat

$
0
0

Cobus Jooste van die Universiteit Stellenbosch gee ’n regsperspektief op plagiaat vir PEN Afrikaans se Wat elke skrywer moet weet-artikelreeks. Hy kyk onder andere na die kenmerke van plagiaat, na waar dit tuishoort in die reg en na hoe dit van outeursregskending verskil.

In die streng sin van die woord is plagiaat nie ’n regskonsep nie. Dit word nie deur enige wet omskryf of spesifiek deur die gemenereg gereguleer nie. Industriepraktyke en bedryfspesifieke beleid kom nie op regsbepalings neer nie, ongeag die gevolge daarvan. Dit beteken egter nie dat die reg nie met plagiaat gemoeid is nie – allermins.

Plagiaat is al bespreek in ’n aantal gerapporteerde hofsake wat ’n verrassende verskeidenheid geskille en regsvelde dek. Dit sluit in outeursregskending in nuusberigte,1 woordeboekinskrywings,2 ’n mediese voubiljet3 en ’n handboek oor inkomstebelasting,4 handelsmerkskending en onregmatige mededinging in die konteks van tydskrifartikels en webwerfinskrywings,5 patentskending ten opsigte van ’n metode vir die lê van plaveisel,6 administratiewe foute in ’n patent-aansoek,7 ’n geskil oor die geregistreerde ontwerp vir kratte waarin bottels verpak word8 en die hersiening van ministeriële besluite met betrekking tot die weiering van ’n eksklusiewe prospekteerlisensie vir uraan.9

Dit is daarom nie verbasend dat hierdie mengelmoes pogings om plagiaat aan die reg op te dring, nie duidelikheid bied oor die aard of omvang van plagiaat nie. Nie in een van hierdie gevalle is daar gepoog, of selfs oorweeg, om plagiaat in sy juiste regskonteks te plaas nie; dit is naamlik die deliktereg in die vorm van wanvoorstelling of sy strafregtelike eweknieë, naamlik bedrog en vervalsing.

’n Wanvoorstelling vind plaas wanneer die oortreder ’n verkeerde of misleidende voorstelling op ’n onregmatige en strafbare wyse aan ’n ander persoon maak op grond waarvan daardie persoon tot sy nadeel handel.10 Dit behels verskeie elemente. Die wanvoorstelling kan opsetlik of nalatig gepleeg word11 en dit moet duidelik wees dat die wanvoorstelling onregmatig is, in soverre dit die nie-nakoming van ’n regsplig behels.12 In die geval van plagiaat vloei die regsplig, om akkurate inligting te verskaf oor die oorsprong van die materiaal, gewoonlik voort uit ‘n kontraktuele onderneming soos ’n bedryfspesifieke kode, ’n plagiaatbeleid, ’n akademiese beleid of ’n gedragskode. Waar geen kontraktuele plig bestaan nie, kan onregmatigheid in die konteks van plagiaat bepaal word met verwysing na die beroep of professionele hoedanigheid van die outeur.13 As daar beweer word dat plagiaat per abuis gepleeg is, sal die optrede van die outeur gedingsvatbaar wees indien dit te kort skiet aan die standaard van redelikheid wat in die spesifieke omstandighede verwag kan word.

Laastens moes die wanvoorstelling een of ander vorm van skade vir die klaer veroorsaak het omdat hy daarvolgens gehandel het. In die geval van ‘n wanvoorstelling in die vorm van plagiaat is die skade gewoonlik opsigtelik. Byvoorbeeld, ’n uitgewer wat ’n manuskrip aanvaar en kostes aangegaan het om die werk te publiseer, of ’n instelling wat ’n werk geakkrediteer het en sy reputasie in die proses in die gedrang gebring het, is geregverdig om kapsie te maak teen so ’n wanvoorstelling waarvoor skadevergoeding betaalbaar mag wees.

Daarbenewens kan plagiaat ook ’n strafregtelike oortreding wees indien die wanvoorstelling gemaak is met die bedoeling om te bedrieg. In sulke gevalle is plagiaat ’n vorm van bedrog.14 Om op onregmatige wyse ’n valse dokument te skep15 en om ’n vervalste dokument te gebruik of aan te bied,16 verteenwoordig twee verdere strafregtelike oortredings, naamlik vervalsing en uitgifte van ’n vervalste dokument, mits daar aan al die ander elemente van die misdaad voldoen is.

In al drie gevalle moet aangedui word dat skade deur die verweerder se optrede veroorsaak is. In teenstelling met die siviele aksie wat hierbo bespreek is, is die element van skade in die konteks van bedrog, vervalsing en uitgifte egter nie beperk tot werklike skade nie en sluit ook potensiële skade aan enige ander party in.17

Ten einde plagiaat binne hierdie regskonteks te plaas, is dit nodig om die handeling van plagiaat te definieer en die volle omvang daarvan uit te klaar.

Kortom, plagiaat het te make met die oorsprong van intellektuele uitdrukking. Dit is ’n tweeledige ondersoek. Aan die een kant, gaan dit oor die identiteit van die outeur en hul reg om aanspraak op die werk te maak. Aan die ander kant, is plagiaat gemoeid met die impak wat die werk op die optrede van die publiek het. Ongelukkig word die tweede deel van die plagiaatondersoek dikwels geïgnoreer, soos geïllustreer deur bogenoemde sake, ondanks die feit dat dit vanuit ’n regsperspektief die belangriker element is.

’n Handboek wat plagiaat bevat skend byvoorbeeld die regte van die onerkende outeur en dit skep by die publiek die oortuiging dat die outeur van die boek verantwoordelik is vir die volledige letterkundige inhoud van die handboek en die waarde wat aan daardie inhoud toegeskryf kan word. Die publiek, soos die leser, resensent, uitgewer, redakteur of akkrediterende instelling, word onder ’n wanindruk geplaas (’n wanvoorstelling deur die outeur) wat skade veroorsaak of kan veroorsaak. Dus, vanuit ’n regsperspektief, is plagiaat ’n geval van misleiding of bedrog op grond waarvan verskeie partye, insluitende die staat, regstappe kan neem.

Met ander woorde, afhangend van die aard en uitwerking van die wanvoorstelling, kan plagiaat gronde vir siviele of strafregtelike aanspreeklikheid wees, of albei. Dit is die geval selfs as die onbekende skrywer nie gegrief voel nie, sy regte oorgedra het of nie opgespoor kan word nie. Plagiaat as ’n vorm van wanvoorstelling in die privaatreg is van toepassing op alle werke, ongeag of dit outeursregbeskerming geniet. Die bogenoemde strafregtelike sanksies word egter beperk tot dokumente (gedefinieer as enige vorm van skrif of merke wat ’n menslike verklaring kommunikeer18) en sluit nie oudio of visuele werke in nie.19

Dit is duidelik dat plagiaat verskillende regskenmerke het en tog is dit nie in die reg gedefinieer nie. Daarom is dit nodig om betekenis te gee aan die daad van plagiaat.

In die afwesigheid van ’n regsdefinisie, en tensy daar goeie redes is om van die norm af te wyk, skryf die reg die gewone, woordeboek-betekenis aan woorde toe.

Dit word aangevoer dat ’n toepaslike, korrekte en bondige betekenis van plagiaat is "om ’n ander persoon se idees, woorde of werk te kopieer en dit as jou eie voor te hou."20

Ten spyte van die oënskynlike eenvoud van hierdie definisie, moet dit van nader bekyk word om te illustreer waarom plagiaat in die eerste plek ressorteer onder die dele van die reg wat met wanvoorstelling verband hou.

Eerstens is plagiaat die kopieer van idees, woorde of werk. Die sentiment is soortgelyk aan daardie deel van die outeursreg wat die ongemagtige reproduksie van enige wesenlike deel21 van ’n ander se intellektuele uitdrukking22 verbied. Vir plagiaat om plaas te vind, moet daar dus ’n manifestasie of voorstelling in materiële vorm wees van ’n ander se idees, woorde of werk – soortgelyk aan outeursregskending. As gevolg hiervan is dit nie verbasend dat daar al baie gepoog is om ’n geval van plagiaat as ’n vorm van outeursregskending te hanteer nie.

In soverre dit teen die ongemagtigde gebruik van outeursregwerk beskerm, kan die outeursreg van toepassing wees in die geval van plagiaat. Baie gevalle van plagiaat sal egter nie die toets vir outeursregskending slaag nie.23 Daarbenewens verskil die vereiste van oorspronklikheid by outeursreg baie van die oorspronklikheidstandaard wat verwag word van diegene wat ’n aantyging van plagiaat wil voorkom. Trouens, dit word algemeen aanvaar dat ’n werk wat beide plagiaat en outeursregskending daarstel, steeds vir outeursregbeskerming sou kon kwalifiseer.24

’n Persoon mag dalk geregtig wees om iets te reproduseer, maar dit beteken nie dat hul geregtig is om outeurskap of eienaarskap te eis van dit wat gereproduseer word nie. Net so kan outeursregwetgewing die reproduksie van ander se werk onder sekere omstandighede toelaat, maar daardie handeling kan steeds ’n geval van wanvoorstelling wees wat tot regstappe kan lei. Hierdie feit is veral relevant in die geval van opdragwerke, dit wil sê werke wat in opdrag van ’n ander party geskep, saamgestel of versprei word in ruil vir ’n vorm van vergoeding. Die feit dat toestemming verleen is vir die opdragwerk om gereproduseer, aangepas of gepubliseer te word, beteken nie dat die gebruiker dit as sy/haar eie werk mag aanbied nie. Die feit dat dit ’n opdragwerk is, stel nie die opdraggewer skadeloos teen ’n eis van enigeen wat staatgemaak het op die valse indruk wat geskep is deur die onakkurate aanduiding van outeurskap nie.

Tweedens word plagiaat gedefinieer as die gebruik van idees, woorde of werk van ’n ander. Aldus, in teenstelling met sommige goed-bedoelde menings,25 kan plagiaat ook voorkom in die afwesigheid van ontlening uit ’n ander se teks. Dit is waar dat outeursreg nie in idees berus nie, maar die reg bly gemoeid met diegene wat inligting, insluitend idees, in ’n valse lig aanbied. Verder is teks ’n kommunikasiemedium wat betekenis op ’n letterlike en kontekstuele wyse oordra. Die skrywer kan, afhangende van die keuse en rangskikking van woorde, ’n boodskap oordra wat verder gaan as die versamelde definisies van die woorde wat hy/sy gebruik het. Hierdie literêre poging om die teks met sekondêre betekenis of effek te vul, kan beskou word as die werk en gaan verder as die blote idee of die letterlike teks. Deur idees en werk as elemente van die beskermde uitdrukking vir die doel van plagiaat in te sluit, ondervang die definisie sowel die teks as die waarde van daardie teks. Verder erken dit dat plagiaat ook kan verband hou met nie-tekstuele of visuele werke en gemengde werke soos grafieke, illustrasies en samestellings.

Plagiaat as ’n regsoortreding is, soos hierbo verduidelik, gemoeid met die indruk wat die skrywer geskep het oor sy/haar aanspraak op die werk. Dit geskied wanneer ’n leser nie korrek ingelig is oor die identiteit van die persoon wat verantwoordelik is vir die teks of die waarde wat in die teks uitgedruk is nie. In hierdie konteks hou die waarde van die teks verband met die betekenis, konsep, betoog, argument, benadering, stilistiese tegniek, literêre gehalte, insig, inspirasie of enige ander nie-tekstuele element van die oorspronklike teks. In die geval van akademiese of kreatiewe werk, is dit van besondere belang. Aangesien kreatiewe skryfwerk en akademiese navorsingsuitsette aan die hand van literêre en/of akademiese meriete beoordeel word, is dit duidelik dat erkenning slegs gegee kan word vir dit wat werklik eie is aan die outeur van daardie werk. Gevolglik kan enige versuim om aan te dui dat die waarde van die teks van elders afkomstig is, ’n vals indruk skep oor intellektuele insette. Dit kom neer op plagiaat selfs waar geen duplisering van teks plaasgevind het nie.26

Plagiaat is, derdens, om idees, woorde of werk aan te bied en voor te gee dat dit jou eie is. Hierdie element is die rede waarom sommige mag argumenteer dat ’n opdragwerk of eie werk nie geplagieer kan word nie. Dit is natuurlik verkeerd. Toestemming om ’n werk vryelik te gebruik, wat gewoonlik met ’n ooreenkoms vir opdragwerk saamgaan, kan nie geïnterpreteer word as ’n regverdiging vir plagiaat nie. Die feit dat die werk geskep is in ruil vir vergoeding, verander nie hierdie posisie nie en kan regtens beskou word as ’n verswarende faktor wat aandui dat die bedoeling was om te mislei.

Alhoewel dit waar is dat sekere vorms van regsaanspreeklikheid uitgeskakel word wanneer ’n mens toestemming het om ’n ander se werk te kopieer, publiseer of andersins te gebruik, word die toepassing van die reg nie hierdeur uitgeput nie. Plagiaat is in die eerste plek ’n vorm van wanvoorstelling en dit is onmoontlik om toestemming te verkry om ’n ander te mislei. Dit is die aard van wanvoorstelling, naamlik die verduistering van die werklikheid, wat dit by uitstek geskik maak om plagiaat in te sluit.

Om plagiaat te vermy, moet daar sorg aan die dag gelê word om enige wanvoorstelling te voorkom. Dit moet duidelik uit die teks blyk watter woorde of deel van die onderliggende idee toegeskryf word aan die genoemde outeur van die werk. As dit nie in die teks opmerkbaar is nie, kom ’n prima facie-saak van plagiaat tot stand. Dit is maklik om hierdie argument te verstaan indien ’n mens dink oor die erkenning wat die outeur kry. Indien die inhoud van ’n werk voorgehou word as die produk van die outeur, en nie die werk van diegene wat dit geïnspireer het of dit eerste uitgedruk het nie, word alle erkenning vir die teks en die betekenis van die teks aan die outeur toegeskryf. In hierdie scenario kry die outeur erkenning vir die intellektuele inspanning van ’n ander en word beloon vir ’n belegging wat hy/sy nie gemaak het nie. Daar ontstaan ook aanspreeklikheid vir die skep van ’n indruk van uitnemendheid wat nie verdien of geregverdig is deur die werk nie. Hierdie vorm van plagiaat is algemeen onder diegene wat die skryfproses as ’n kontrolelys-oefening aanpak om aanspreeklikheid op tegniese of redaksionele wyse te vermy. Met ander woorde, diegene wat aan plagiaat skuldig kan wees, poog tipies om te parafraseer, die aantal gekopieerde woorde te tel of probeer om idees te definieer as algemene kennis om sodoende aanspreeklikheid vry te spring.

Dieselfde erkenningstoets beantwoord die vraag oor self-plagiaat. Die feit dat ’n skrywer die oorsprong van ’n teks of idee is, beteken nie dat dit herwin kan word vir verdere erkenning, in watter vorm ook al, nie. Waar ’n werk of idee gepubliseer is, sal plagiaat volg as dieselfde werk, woorde of idees weer vir enige vorm van erkenning aangebied word. In sulke gevalle hou die wanvoorstelling nie verband met die outeur se identiteit nie, aangesien dit dieselfde is. Die probleem is eerder dat die skrywer die indruk skep dat dit nuwe werk is wat erkenning verdien. Waar die aanspraak op erkenning duidelik gekwalifiseer word deur byvoorbeeld ’n aanduiding dat die ingediende teks, werk of idee voorheen verskyn het, word plagiaat natuurlik vermy. In die afwesigheid van so ’n aanduiding bly die wesenskenmerk van plagiaat, naamlik wanvoorstelling, in stand – ondanks die feit dat die skrywer sy/haar eie werk aanbied.

In die lig van bogenoemde is dit duidelik dat plagiaat nie in die eerste instansie ’n etiese vraagstuk is nie. Die feit dat die reg nie plagiaat definieer nie, beteken nie dat dit nie onderhewig is aan geregtelike ondersoek nie. Ons versameling regspraak oor plagiaat mag veel te wense laat, maar dit behoort nie die valse indruk te skep dat die reg nie met plagiaat gepla is of in staat is om met erns daarmee om te gaan nie.

In die literatuur, soos in die lewe, behoort die grys areas van intertekstualiteit, nabootsing, montage en transformasie nie toegelaat te word om ’n bespreking van wat reg of verkeerd is ongedaan te maak of selfs te beïnvloed nie. Die maatstaf hiervoor is die reg, en dit behoort so te bly.

Eindnotas

1 Moneyweb (Pty) Ltd v Media24 Ltd and Another 2016 BIP 326 (GJ).

2 Media 24 Books (Pty) Ltd v Oxford University Press Southern Africa (Pty) Ltd 2015 BIP 384 (WCC).

3 Biotech Laboratories (Pty) Ltd v Beecham Group Plc And Smith-Kline Beecham Pharmaceuticals (Pty) Ltd 2002 BIP 174 (SCA).

4 Juta & Co Ltd and Others v De Koker and Others 1994 (3) SA 499 (T).

5 New Media Publishing (Pty) Ltd v Eating Out Web Services CC 2005 BIP 127 (C).

6 Mccauley Corporation Ltd v Brickor Precast (Pty) Ltd 1989 BP 314 (CP).

7 Hokuriku Pharmaceutical Co Ltd v Cipla-Medpro (Pty) Ltd 1999 BIP 384 (CP).

8 Chespak (Pty) Ltd v MCG Industries (Pty) Ltd 2014 BIP 465 (GP).

9 Black Range Mining (Pty) Ltd v Minister of Mines and Energy and Another 2009 (1) NR 140 (HC).

10 Neethling, J and Potgieter, JM Law of Delict 7ed (2015) LexisNexis 313.

11 Neethling Delict 314-5.

12 316.

13 317-8.

14 Burchell Criminal Law 579.

15 590.

16 592.

17 587.

18 Burchell Criminal Law 591 met verwysing na Milton, JRL (1996) ‘Common-Law Crimes’ in South African Criminal Law and Procedure Vol 2 3ed 744.

19 Burchell Criminal Law 591.

20 Afrikaanse ekwivalent van die Oxford Advanced Learner’s Dictionary se definisie van “plagiarize”.

21 Dean Handbook 1-65 by 8.3.

22 Sien byvoorbeeld Jooste, C “The press(ing) matter – plagiarism and copyright infringement” IPStell 2012 beskikbaar by http://blogs.sun.ac.za/iplaw/2012/02/02/the-pressing-matter-–-plagiarism-and-copyright-infringement/ vir ’n bespreking van die toepaslike outeursregbeginsels in die geval van plagiaat.

23 Dit kan wees omdat dit nie ’n wesenlike reproduksie is nie of omdat die outeur geregtig is om die werk te reproduseer deur middel van ’n lisensie of deur regswerking, soos ’n toepaslike billike gebruiksuitsondering of die verstryking van die duur van outeursregbeskerming.

24 Sien Dean Handbook 1-22.

25 De Kock, A (2011) ‘Die verskil tussen “plagiaat” en “leen”’ SA Vryskytskywer Nuusbrief 20 April 2011 beskikbaar by http://www.savryskutskrywer.co.za/april_20_nuusbrief_03qlopfg.htm.

26 Dit is natuurlik denkbaar dat een skrywer dieselfde idee kan oordra of ’n soortgelyke tegniek as ’n ander kan toepas sonder om hom tot die oorspronklike werk te wend. In hierdie geval vind plagiaat nie plaas nie omdat daar geen reproduksie plaasgevind het nie. Waar dit egter uit die feite blyk dat die ooreenkomste in die onderliggende waarde van die teks ’n ontlening verteenwoordig, het plagiaat plaasgevind, selfs as daar geen tekslenings is nie. Dit is die algemeenste in die geval van geparafraseerde teks.

The post Wat elke skrywer moet weet: ’n Regsperspektief op plagiaat appeared first on LitNet.

WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam?

$
0
0

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het ’n kompetisie geloods vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam.  Die enigste voorwaarde is dat die naam vir R100 geborg of vir R5 000 gekoop moet word in die WAT se Borg ’n Woord-projek.  Die wenner sal by ’n Woordpret-geleentheid van die WAT aangekondig word en die wenner sal ook ’n spesiaal ontwerpte sertifikaat van die WAT ontvang.  Ander vroeë inskrywings is SKEP, ’n argiteksfirma in Stellenbosch, Respek en Eiers, ’n koffiewinkel in Pretoria en Platsak, ’n vulstasie en winkel in Witrivier.  Besoek  www.wat.co.za om deel te neem aan Borg ’n Woord en bel 021 8873113 of stuur ’n e-pos aan wat@sun.ac.za om in te skryf vir die handelsnaamkompetisie. Die sluitingsdatum is 31 Julie.  

Een van die eerste inskrywings is Knus Karoo Kombuis, die naam van die restaurant in Pieter Hugostraat in die Paarl. Hier verskyn Albert Chirwa, Robin Jacobs en Nicolene Diedericks (mede-eienaar) saam met Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT. 

Willem Botha gesels met Naomi Meyer oor die kompetisie.

Willem, die WAT is op soek na die treffendste Afrikaanse handelsnaam. Watter ondernemings kan inskryf? En wat van koshandelsname?

Die kompetisie is oop vir alle Afrikaanse handelsname, alhoewel dit tot dusver kleiner ondernemings is wat deelneem. 

Is julle op soek na woorde wat slegs in Afrikaans gebruik kan word? Ek sien die woord SKEP is ingeskryf deur ’n argitektuurfirma in Stellenbosch en dit voel nie vir my of dit in ander tale gebruik kan word nie. Maar wat van woorde soos water, of impala, of indaba, of enigiets anders wat dubbelsinnig is of in verskillende tale gebruik kan word?

Ons het geen vooropgestelde idees oor hoe die treffendste Afrikaanse naam moet lyk, of met watter soort Afrikaanse naam jy die meeste anderstaliges sal bereik nie. Dit gaan bloot oor die treffendste Afrikaanse naam ten opsigte van die wyse waarop die produk in die naam vergestalt word.

Is julle op soek na een wenner, of sal daar ’n kortlys wees van name wat julle aandag getrek het?

Ons sal die publiek op ons sosialemediaplatforms vir al die inskrywings laat stem en op grond van die getal stemme wat die name kry, kan ons dalk besluit om bv die beste drie name as wenners aan te kondig.

Wat is die doel van die kompetisie?

Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van die skeppende krag van Afrikaans en dat jy suksesvol met ’n Afrikaanse naam kan handel dryf.

Is daar nog ruimte in Suid-Afrika vir ’n besigheid wat slegs ’n Afrikaanse naam het?

Ons het daardie vraag reeds aan van die deelnemers gevra en ons nooi jou uit om dieselfde te doen. Die antwoord is ’n besliste ja. Ilse Schutte van McGregor se wynmakery heet Bemind en volgens haar is dit veral Engelssprekende klante wat die grootste waardering vir die naam het. Hulle snap dikwels die verband met beminde, terwyl Afrikaanssprekendes dink dit is ’n Engelse naam en dit as Bemaaind uitspreek omdat hulle gekondisioneer is om te dink dat ’n handelsnaam Engels moet wees.  Afrikaanse name het beslis ook ’n toeristiese waarde en toeriste hou van die uniekheid van Afrikaanse name — die bekoring van die onbekende. Om dieselfde rede word groot sukses ook met Nederlandse name in Suid-Afrika behaal. Ook Suid-Afrikaners hou van name wat iets van die onbekende in hulle dra.  In hierdie geval is onbekend beslis nie onbemind nie!

The post WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam? appeared first on LitNet.

Afrikaanse boeke in Nederland

$
0
0

Agtergrond

Daar is verskeie instansies en lesers in die Lae Lande met ’n betrokkenheid by die Afrikaanse taal en kultuur. Oor die volgende paar maande vind daar byvoorbeeld in België en in Nederland geleenthede plaas wat die kollig op Afrikaans plaas: die vyfde Gents Colloquium over het Afrikaans vanaf 4–6 Oktober en die vierde Festival voor het Afrikaans vanaf 22–23 September in Amsterdam. Voeg daarby die werksaamhede van universiteitsdepartemente en organisasies wat met Afrikaans gemoeid is, en die aktiewe belangstelling in Afrikaanse taal en letterkunde is duidelik. Slegs enkele voorbeelde van sulke bedrywighede is www.voertaal.nu, ’n webblad met die slagspreuk “Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen”, en die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam wat taalverwerwingslesse en boekbesprekings aanbied, gassprekers uit Suid-Afrika ontvang, en ook ’n uitgebreide versameling Afrikaanse boeke huisves.

Wannie Carstens, bekende taalkundige en PEN Afrikaans-lid, het tydens ’n besoek aan die Lae Lande gevind dat lesers belangstel om Afrikaanse boeke te koop, maar nie weet hoe om te werk te gaan om die fisiese eksemplare op bekostigbare wyse te bestel nie. Die versendingskostes kan buitensporig hoog wees as ’n enkele boek vanaf Suid-Afrika gestuur moet word.

PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei. Ons nooi ook diegene wat van alternatiewe metodes weet om ons in kennis te stel sodat ons dié bestekopname so volledig as moontlik kan maak.

Druk-op-aanvraag

Verskeie Afrikaanse titels is deur NB-Uitgewers omgeskakel na die korrekte formaat om op aanvraag te kan druk en lewer. Die volledige lys boeke is op die webblad van die Week van de Afrikaanse roman beskikbaar, met die volgende bondige instruksie: “Noteer de bestelcode en neem die mee naar de boekwinkel!”

Plaaslike uitgewers moet kostes aangaan om boeke in dié formaat gelys te kry en dit blyk dat die aanvraag daarna nie besonder hoog is nie. Nietemin is daar ’n stewige lys werke beskikbaar wat ’n wye verskeidenheid genres dek: van werke deur Ingrid Winterbach, André P Brink, Karel Schoeman, Etienne Leroux en Willem Anker na spanningsromans deur Irma Venter, Deon Meyer, Rudie van Rensburg en Chris Karsten, tot liefdesverhale deur gunstelinge soos Ena Murray, Susanna M Lingua en Schalkie van Wyk.

Sien die volledige lys hier: http://www.weekvandeafrikaanseroman.nl/printing-on-demand.html 

Internasionale verspreiders

Verskeie plaaslike uitgewers het ’n ooreenkoms in plek met verspreiders van hul boeke in die buiteland. Lesers moet daarop let dat nie alle plaaslike publikasies outomaties vir buitelandse verspreiding geoormerk word nie, maar dat hulle by die buitelandse verspreider ’n bestelling kan plaas om die betrokke boek aan te koop. In so ’n geval sal daar natuurlik ’n wagtydperk wees, maar die leser spring dan die afleweringskoste vanuit Suid-Afrika vry.

“Sommige van ons Afrikaanse boeke (en natuurlik ons Engelse boeke) word deur Central Books oor die hele Europa versprei. Bemarking word deur Global Book Marketing gedoen. Ek is soms verras deur die verkope van ons Afrikaanse boeke,” sê Nicol Stassen van Protea Boekhuis.

Ook NB-Uitgewers het ’n samewerkingsooreenkoms met Global Book Marketing. Navrae oor en bestellings van NB-Uitgewers en Protea Boekhuis se titels kan gerig word aan Arlene Hansen of Tony Zurbrugg. Hul kontakbesonderhede is beskikbaar by http://www.globalbookmarketing.co.uk/default.php?p=our-services

Penguin Random House (SA) se verspreiding word tans in Noord-Amerika deur Casemate behartig, terwyl PGUK (Publishers Group UK) hul boeke in die Verenigde Koninkryk en Europa versprei. Die boeke wat hulle versprei sluit nie noodwendig Afrikaanse titels in nie, so die beste sal wees om eers navraag te doen. Daar is instruksies oor hoe om bestellings te plaas by die volgende skakel beskikbaar: http://www.pguk.co.uk/ordering/.

Bestellings via Suid-Afrikaanse uitgewer of boekhandelaar

Daar is ’n aantal verskillende roetes wat gevolg kan word waar boeke vir versending vanuit Suid-Afrika bestel word. Boekhandelaars soos Graffiti en Exclusive Books versend boeke op aanvraag, so belangstellende lesers kan by hierdie vertroude Suid-Afrikaanse aanlynwinkels hiervoor aanklop. Sien www.exclusivebooks.co.za en www.graffitiboeke.co.za vir meer inligting.

Boeke kan ook direk by die plaaslike uitgewery bestel word. Raadpleeg die webblad van die betrokke uitgewery vir kontakbesonderhede.

E-boeke

Aankope van Afrikaanse boeke in e-formaat bly vir menigte buitelandse leser die maklikste, vinnigste en mees bekostigbare roete. Izak de Vries, Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by LAPA-Uitgewers en bestuurslid van PEN Afrikaans, vertel dat LAPA se e-boekverkope maandeliks groei.

Die meeste plaaslike uitgewerye se boeke word van meet af ook in e-boekformaat gepubliseer en kan by verskeie e-handelaars gekoop word, soos Amazon, Kobo en ook Bol.com; wat veral vir Nederlandse lesers relevant is.

Biblioteke

Biblioteke bly ’n kleinood vir mense wat toegang tot boeke wil hê, maar dit nie noodwendig wil aankoop nie.

NB-Uitgewers vertel dat hulle deur die jare al verskeie skenkings aan die Zuid-Afrika Huis se biblioteek gemaak het, so lesers kan daar gaan aanklop indien hul belangstel. Die biblioteek spog met ’n versameling van 56 000 titels, sowel as tydskrifte, CD’s, DVD’s en ’n knipselargief wat met die letterkunde te make het. Daar is meer inligting beskikbaar by die volgende skakel: https://www.zuidafrikahuis.nl/bibliotheek.

Die Poëziecentrum in Gent is ook die moeite werd om te besoek. Hul webblad maak melding van dié dinamiese sentrum se uitgebreide versameling (wat ook op die Afrikaanse digkuns fokus) en breë werking: “documentatiecentrum, Poëziekrant, poëzieshop, uitgeverij en literaire programma’s/educatieve werking.”

Sien hul webblad vir verdere inligting: https://www.poeziecentrum.be/wat-doen-we

The post Afrikaanse boeke in Nederland appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2018

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans
 
Tuin van Digters 2018: Gratis toegang vir opbetaalde lede van PEN Afrikaans

 

Die Tuin van Digters-fees, ’n hoogtepunt op die jaarkalender vir poësieliefhebbers, vind op 14 en 15 September by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Die tema is “Buite die boek” en die kollig word dus geplaas op woordkuns in ander kontekste as die gepubliseerde boek. Musiek, kunswerke, openbare ruimtes en animasie sal byvoorbeeld aandag kry, asook groter gesprekke tussen tale, tekste en genres.
 
PEN Afrikaans sal oudergewoonte ’n paneelbespreking by die fees aanbied. Die volledige program sal hierdie maand bekend gemaak word.
 
Intussen is dit vir ons ’n plesier om aan te kondig dat opbetaalde lede van PEN Afrikaans vanjaar weer gratis toegang tot die Tuin van Digters-fees kry. Hierdie toegang kos andersins R250.
 
Fakture vir ledegeld is reeds uitgestuur. Kontak ons by penafrikaans@gmail.com indien daar enige vrae oor die fakture is.
 
Ledegeld 2018

Baie dankie aan diegene wat reeds hul ledegeld betaal het. Jul ondersteuning van die Afrikaanse woordkuns, van pers- en uitdrukkingsvryheid, taalregte en outeursreg is nodig en word op prys gestel. Saam het ons ’n sterker stem.
 
Ledegeld vir 2018 beloop R300. Die grootste deel van hierdie bedrag word oorbetaal aan PEN International vir lidmaatskap aan die groter internasionale liggaam. Die waarde hiervan lê veral daarin dat PEN Afrikaans kan reken op internasionale steun wanneer dit nodig is. Onlangse voorbeelde van sake wat PEN International ondersteun en aan die groot klok help hang het, is protes teen die regstappe en dreigemente teen Jacques Pauw, asook die beoogde wysigings aan die Wet op Outeursreg. 
 
Ons moet ons sentrum se ledegeld aan PEN International oorbetaal voor die 2018 PEN-kongres wat van 25 tot 29 September in Indië plaasvind. Slegs PEN-sentrums wat hulle ledegeld betaal het, het stemreg by die jaarlikse kongres. Ons vra dus dat ons lede so gou as moontlik die oorbetaling maak en bewys van betaling, met naam en faktuurnommer, vir ons aanstuur.
 
Beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland
 
Wannie Carstens, bekende taalkundige en PEN Afrikaans-lid, het tydens ’n besoek aan die Lae Lande gevind dat lesers belangstel om Afrikaanse boeke te koop, maar nie weet hoe om te werk te gaan om die fisiese eksemplare op bekostigbare wyse te bestel nie.
 
PEN Afrikaans bied dus ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei. Ons nooi ook diegene wat van alternatiewe metodes weet om ons in kennis te stel sodat ons dié bestekopname so volledig as moontlik kan maak.
 
Die artikel is hier beskikbaar.
 
Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan

Ons verwelkom graag amptelik vir Fiona van Kerwel as gekoöpteerde lid van PEN Afrikaans se bestuur.

Fiona is die projekbestuurder van die Woordfees se WOW-projek (Woorde open wêrelde) en is aktief betrokke by projekte wat op leesbevordering en bemagtiging deur moedertaalonderrig gemik is. “Daar is min mense wat beter begryp hoekom Afrikaans en die bevordering van letterkunde in minder gegoede skole en gemeenskappe so geweldig belangrik is,” sê ons ondervoorsitter, Danie Marais.
 
Die bestuur van PEN Afrikaans is baie bly om haar in ons midde te hê.
 
Wysigingswetsontwerp op Outeursreg
 

Die hersiene weergawe van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, wat kommerwekkende veranderinge aan ons kopieregwetgewing voorstel, is op 20 Junie vrygestel. Belanghebbendes is genooi om teen die sperdatum van 18 Julie kommentaar te lewer oor ’n beperkte aantal bepalings in die wetsontwerp.
 
Die beleidsrigtings waaroor PEN Afrikaans, PEN South Africa en verskeie ander instansies, soos die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika en die skrywersvereniging ANFASA, beswaar gemaak het, is steeds in plek in die hersiene wetsontwerp. Dit sluit in die onrusbarende inperkings van outeurs se regte en die uitbreiding van moontlikhede om outeursregwerk sonder toestemming of vergoeding te gebruik.
 
PEN Afrikaans sal ’n voorlegging aan die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid indien. Ons doen egter ook ’n beroep op ons lede om in hul persoonlike hoedanigheid ’n skrywe aan die Portefeuljekomitee te rig. Ons is beskikbaar om bystand hiermee te verleen. Stel ons asseblief by penafrikaans@gmail.com in kennis van die voorneme om ’n voorlegging te stuur.
 
Dit mag een van die finale geleenthede wees om ons stem hieroor te laat hoor.
 
Taalgenoot: Herfs 2018

 

Met die vriendelike vergunning van Taalgenoot se redaksie, deel ons artikels uit dié bekroonde kwartaallikse tydskrif se Herfs 2018-uitgawe.
 
In hierdie uitgawe, met die tema “stout”, gesels Lien Botha met Anton Kannemeyer en Conrad Botes van Bitterkomix-faam, Harry Kalmer hoor wat verskeie skrywers oor die uitbeelding van seks in boeke te sê het, Marlene Malan skryf oor die ondergrondse uitgewery Taurus en Rudie van Rensburg vertel in PEN Afrikaans se rubriekreeks watter boeke hom as skrywer beïnvloed het.
 
Klik hier vir hierdie en ander artikels.
 
Wat elke skrywer moet weet: Plagiaat


Cobus Jooste van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Regsgeleerdheid sorg vir die nuwe aflewering in ons artikelreeks wat ten doel het om skrywers in te lig oor praktiese en wetlike sake wat hul raak.
 
Jooste gee in hierdie artikel ’n regsperspektief op plagiaat. Hy kyk onder andere na die kenmerke van plagiaat, na waar dit tuishoort in die reg en na hoe dit van outeursregskending verskil.

Klik hier vir die volledige artikel.
 
Maandelikse resensie-oorsig

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Op 5 Julie is Bibi se boekrak via kykNet se webblad bekend gestel. Dit is ’n webreeks waarin Bibi Slippers oor boeke gesels en gaste nooi om ook so te maak.  Ons sien uit daarna om voortaan ook skakels na episodes hiervan by ons maandelikse oorsig te voeg.  
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Julie 2018
 
Ten slotte is dit altyd ’n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het.
 
Die publikasielyste vir Julie kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2018 appeared first on LitNet.

ATKV se #AJV2018: kwaliteit, kreatiwiteit in die vierde industriële revolusie

$
0
0

Takafgevaardigdes van regoor die land en Namibië het die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba bygewoon.

In wat deesdae die vierde industriële revolusie gedoop word, is dit vir organisasies en individue toenemend ’n stryd om te floreer en innoverend in hul gemeenskappe en die samelewing te wees.

Dít was die boodskap van Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea, tydens die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba by Bela-Bela (Warmbad).

Die vierde industriële revolusie verwys na die vooruitgang van tegnologie wat lyne tussen die fisieke en digitale sfere onduidelik maak.

“Mense werk in kokonne wat minder interaksie met ander benodig,” sê Ian.

“Dit neem 30 sekondes vir ’n persoon om ’n goeie verhouding met ’n ander te bou deur eenvoudige lyftaal en oogkontak.”

Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea

Maar volgens hom gebeur dit nie meer nie omdat die vierde industriële revolusie die verbintenis van groepe bemoeilik.

Ian was vanjaar die gasspreker by die algemene jaarvergadering wat veral klem op innovasie en opleiding gelê het. 

“Tegnologiese vooruitgang bedreig dikwels die welstand van mense.

“Om te kan floreer moet daar op ’n gesonde en energieke wyse – veral in ’n gunstige omgewing – gegroei en ontwikkel kan word,” sê hy.

“Om welstand te bewerkstellig moet ons aandag skenk aan die saad, sowel as die grond. Dus die mense sowel as die konteks.”

Ian gee ’n paar wenke om toe te sien dat die "saad" en die "grond" floreer.

“Bevorder mense se vermoëns om hulself en die wêreld te verstaan.

“Ontwikkel leiers wat organisasies kan bestuur en herbou en bied deurlopend omvattende opleiding aan.”

Die ATKV het met vanjaar se jaarverslag weer bewys watter kritieke rol die organisasie speel in innovasie en opleiding en om seker te maak dat die individu en gemeenskappe floreer.

“Die grondslag is gelê vir die finansiële volhoubaarheid van die ATKV-MSW- en die -Sake-groep. In hierdie verband is dit verblydend om te rapporteer dat albei groepe ’n positiewe bedryfsresultaat gelewer het,” sê Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van die ATKV.

In die 2017-’18-verslagjaar het die organisasie ’n allemintige R18 miljoen aan taalprojekte, R26 miljoen aan kuns-, kultuur- en erfenisprojekte bestee, R6 miljoen terug in gemeenskappe geploeg en R6 miljoen aan onderwys bestee.

Volgens Anton Redelinghuis, voorsitter van die ATKV-direksie, is die sukses van dié projekte te danke aan die ATKV-oorde wat selfs in ’n strawwe ekonomiese klimaat goeie resultate lewer.

“Die ATKV-lede – wat ongeveer 69 000 beloop – dra grootliks by tot die sukses van ons oorde en sodoende indirek tot die rol wat die ATKV op die terrein van taal en kultuur speel.”

Volgens Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur by die ATKV, streef die organisasie voortdurend na innovasie.

“Als wat ons doen, dra die seël van kwaliteit en kreatiwiteit.”

The post ATKV se #AJV2018: kwaliteit, kreatiwiteit in die vierde industriële revolusie appeared first on LitNet.


Bridgitte Mathews aangewys as voorsitter van die ATKV-direksie

$
0
0

Bridgitte Mathews, nuwe voorsitter van die ATKV-direksie, en Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van ATKV-MSW

Die ATKV het Donderdag die laaste dag van die algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) afgesluit met ’n nuwe direksievoorsitter.

Die ondervoorsitter Bridgitte Mathews sal die leisels by die uittredende voorsitter, Anton Redelinghuis, oorneem.

“Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie,” sê Bridgitte.

“Dit gaan uitdagend wees om Anton se skoene vol te staan, maar ek gaan dit tot die beste van my vermoë doen.”

Bridgitte dien sedert 2014 op die ATKV-direksie. Sy beskik nie net oor ’n wye kennis van die Afrikaanse taal nie, maar is ook Engels, Zoeloe, Frans en Setswana magtig.

Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het vir talle maatskappye as finansiële bestuurder opgetree. Sy dien ook in die finansiesportefeulje van die ATKV.

Sy bedryf haar eie besigheid wat konsultasiedienste in die areas van risiko en nakoming aanbied.

Afgesien van haar rol as direksielid van die ATKV, dien sy ook op ’n aantal direksies (genoteerde, sowel as private maatskappye) in die landbou-, eiendomsbeleggings-, finansiëledienste-, sowel as logistieksektore.

Die direksielid JP Landman, politieke en ekonomiese ontleder, is tot ondervoorsitter verkies en Hennie Strauss is in die plek van Dawid de Wet tot die direksie verkies.

The post Bridgitte Mathews aangewys as voorsitter van die ATKV-direksie appeared first on LitNet.

Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers: inligting en inskrywingsvorm

$
0
0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 September tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan.

Die slypskool vind op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit plaas en is ’n praktiese skolingsgeleentheid vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf.

Romanskrywers Didi Potgieter en Rosita Oberholster, LAPA Uitgewers se Cliffordene Norton en Zahn-Mishal Viviers, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.

Die ATKV-Skryfskool bied in 2018 ook weer ’n kompetisie in die skryf van ’n liefdesnovelle aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool gratis kan bywoon.

The post Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers: inligting en inskrywingsvorm appeared first on LitNet.

Persverklaring van SA Akademie oor Tom Gouws: Literêre wêreld treur

$
0
0

Tom Gouws

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die dood van Tom Gouws, vooraanstaande letterkundige wat in sy huis in Pretoria vermoor is. Gouws was besig om 'n belangrike bydrae oor die digter Breyten Breytenbach vir 'n publikasie van die Akademie te skryf. Die redakteur van die publikasie, Francis Galloway, het gesê dat hy onderneem het om die bydrae "binne dae" te lewer. Die misdadigers is weg met 'n rekenaar waarop die bydrae waarskynlik geberg is.

Tom Gouws was 'n briljante student aan die destydse PU vir CHO, tans die NWU, waar hy later ook sy eerste akademiese pos in die Departement Afrikaans en Nederlands beklee het, het sy eertydse departementshoof, Jacques van der Elst, gesê. Hy was later ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria en die destydse Universiteit van Boputhatswana in Mafeking. Sy oorlye is 'n groot slag vir sy gesin, maar ook die literêre wêreld verloor 'n sleutelfiguur, het Van der Elst namens die Akademie gesê.

Gouws het nie net naam gemaak as akademikus nie, maar was ook skeppende kunstenaar. Hy het as digter met die bundel Diaspora  gedebuteer. Nog digbundels het gevolg asook 'n drama. Tom Gouws was 'n meningsvormer in literêre kringe en is benewens digter en dramaturg ook die skrywer van talle akademiese artikels en resensies in wetenskaplike tydskrifte en in koerante. Tom Gouws het 'n hoofrol gespeel in die ontdekking van jeugdige literêre talent met sy beoordeling van die Akademie se jaarlikse Poortkompetisie vir skoliere en studente.

The post Persverklaring van SA Akademie oor Tom Gouws: Literêre wêreld treur appeared first on LitNet.

WAT: Vyf nuwe aanstellings en ’n handelsnaamkompetisie

$
0
0

Vyf nuwe aanstellings 

As deel van die tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT is vyf nuwe redaksielede in Julie as mederedakteurs aangestel. Hulle was voorheen in die kommersiële en akademiese omgewing werksaam en beskik oor aansienlike vaardighede en ervaring in die leksikografie. Die nuwe personeellede is:

Dané Claassen (27): PhD-student in die Leksikografie; Charléne de Kock (39): voorheen Senior Leksikograaf, Pharos Woordeboeke, Kaapstad; André du Plessis (28): voorheen Leksikograaf, Pharos Woordeboeke, Kaapstad; Fred Pheiffer (57): voorheen Leksikograaf, Oxford University Press South Africa; Esmaré van der Merwe (53): voorheen dosent in die Departement Kurrikulumstudies, Fakulteit Opvoedkunde van die US.

Hulle word tans opgelei in die WAT se doelgeboude woordeboekskryfprogram (Tlex), die redaksionele stelsel van die WAT en die leksikografiese prosesse wat daarmee saamhang.

Hierbenewens is Alet Cloete, voorheen mederedakteur by die WAT, bevorder tot senior mederedakteur. 

Agter: Dané Claassen, Esmaré van der Merwe en Charléne de Kock; voor: André du Plessis en Fred Pheiffer

Handelsnaamkompetisie

Inskrywings vir die WAT se kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam sluit op 10 Augustus. Eienaars van ondernemings met Afrikaanse name word versoek om in te skryf: borg jou onderneming se naam vir R100 of koop dit vir R5 000 en laat weet ons dat jy die naam inskryf vir die kompetisie. Jy kwalifiseer natuurlik outomaties vir Sanlam se jaarlikse R25 000-prystrekking in April, jy ontvang ’n sertifikaat en kry gratis toegang tot die Aanlyn WAT. As jy weet van ’n treffende Afrikaanse handelsnaam in jou omgewing, vra hulle om in te skryf, of stuur die naam vir ons sodat ons hulle kan nader. Die volgende inskrywings is reeds ontvang:

  • Babylonstoren (landgoed, Franschhoek)
  • Bemind (wynmakery in McGregor)
  • Boeremeisiebeeldskoon (skoonheidsprodukte)
  • Folio (taaldiens)
  • Gister (oudhedewinkel, Somerset-Wes)
  • Groot Plaasproe (voedselfees, Sandringham)
  • Juksta (juweliersware )
  • Knus Karoo Kombuis (restaurant, Paarl)
  • Nisboere (televisieprogram)
  • Platsak (vulstasie en winkel, Witrivier)
  • Respek en eiers (restaurant, Pretoria)
  • Rojaal (restaurant, Elgin)
  • Skryfyster (taaldiens)
  • Skep (argitekte, Stellenbosch)
  • Tamatiestraat (spyseniering en kookklasse)
  • Toerboer (toeroperateurs)
  • Twaalf (restaurant, Stellenbosch)
  • Hoendertande, Knapsekêrel, Treffer, Heimwee, Eekhoring, Kreatuur (wynname van De Kleine Wijn Koöp)
  • Bloos, Kaalvoet, Swartskaap, Skoonma, Kleinboet, Posmeester, Houtbeen (wynname van Hermanuspieterfontein Wingerde).

The post WAT: Vyf nuwe aanstellings en ’n handelsnaamkompetisie appeared first on LitNet.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid

$
0
0

Bo: Die huidige raad van die ATM, van links: Jurie Saal, William Langeveldt, Logan Munsamy, Janis Grobbelaar, Elvis Saal (voorsitter), Penny Magona (ondervoorsitter), Cecil le Fleur en Steward van Wyk. Onder: Michael Jonas (direkteur).

In 2020 vier die ikoniese Taalmonument by die Paarl sy 45ste jaar. In die aanloop daarna toe neem Michael Jonas, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se direkteur van die afgelope twee jaar, bestek van die verlede en deel sy visie oor die monument op Paarlberg, die museum in Paarl asook Afrikaans. Hy belig ook die belang van linguistiese diversiteit en waarom die ATM nie net ’n baken van hoop vir Afrikaans is nie, maar vir álle Afrikatale.

My eerste werklike kennismaking met die wonders van Afrikaans en die taal se opvoedkundige waarde was rondom standerd 5 (graad 7) danksy Groot verseboek onder redakteurskap van DJ Opperman. Hierdie meersterstuk met sy blou omslag het in die Jonas-huishouding in ’n Stellenbosch-woonbuurt beland as ’n boekprys wat my ouer broer, Johnny, as toppresteerder in Afrikaans in sy matriekjaar ontvang het. Sy liefde vir en studies in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook sy anti-apartheid aktivisme, ook ín Afrikaans, in die 1980’s het blywende indrukke op my in my vormingsjare gelaat.

My interaksie met veral Afrikaanse letterkunde het nie net ontvlugting gebied uit die daaglikse realiteite waarmee jou tipiese werkersklasgemeenskap geworstel het nie, maar ook gedien as ’n katalisator vir die bewusmaking van watter bepalende rol die gebruik en misbruik van taal in mense se lewens kan speel. Dit was ander, aparte tye, en die Taalmonument, net ’n paar kilometer van my huis, was beslis nie vir my ’n welkome struktuur waar ek omarm sou voel nie.

Ná die voltooiing van my museumstudies aan die Universiteit Stellenbosch het ek as kontrakwerker by die Stellenbosch Museum begin werk. Eendag in 1995 toe ek by my ouerhuis aankom, word ek deur my (nou oorlede) pa ingewag met ’n uitgeknipte advertensie vir die posisie as hoof van die Taalmuseum in die Paarl. Die opgewondenheid in sy stem en liggaamstaal sal my altyd bybly. Terselfdertyd onthou ek ook die teleurstelling op sy gesig oor my redes waarom beide die tyd en ek nie gereed was om hierdie instelling – met soveel geskiedenis, emosie, simboliese waarde en politieke bagasie – te kon bestuur nie. Maar die saadjie was geplant en ek het toe reeds gedroom om aan die hoof van die ATM te staan sodra die tyd ryp is – iets wat 21 jaar later tog bewaarheid is.

Die uitdaging waarmee ek en die vorige direkteurs gekonfronteer is, is hoe om die ATM suksesvol te bestuur siende dat ons werksaamhede, dienste en programme diverse taalgemeenskap moet verteenwoordig en weerspieël. Hoe bewerkstellig die ATM ’n omgewing waarbinne sosiale samehorigheid, taaltrots en inklusiwiteit geskep word? En hoe dien die instelling, wat grootliks van belastinggeld afhanklik is, die Afrikaanse gemeenskap en die Suid-Afrikaanse nasie?

As moedertaal spog Afrikaans reeds met die grootste rassediversiteit van alle tale in die land, en hoewel ou en nuwe Afrikaanse kultuurorganisasies die afgelope drie dekades reusetreë vorentoe gegee het, is daar nog baie werk nodig om negatiewe narratiewe te besweer. Afrikaansmediumskole moet byvoorbeeld dringend meer leerders en onderwysers hê wat Afrikaans se demografie verteenwoordig – iets waarvoor beurse aangewend kan word. Dit is immers hierdie leerders wat later in posisies gaan wees waar hulle die onbetwisbare waarde van moedertaalonderrig kan bevorder.

Afrikaans was immers ook ’n slagoffer van dié nasionalisme, ’n nasionalisme wat die taal vir korttermyn politieke gewin gekaap het en ter wille van mobilisering misbruik het. Al was en is wit Afrikaner-nasionaliste ’n minderheid van Afrikaanssprekendes, het Suid-Afrikaners (Afrikaans- en nie-Afrikaanssprekend) nie hierdie kaping hard genoeg probeer keer nie. Onder die apartheidregime is daar boonop later talle Afrikaanse boeke, toneelstukke en musiek verbied, om nie van die ramp van 1976 te praat nie. Die natuurlike verhouding tussen Afrikaanssprekendes is ook versuur deur die taalgroep op ’n rassegrondslag te skei.

Eers in die laaste drie dekades is daar ’n daadwerklike optrede deur voorheen gemarginaliseerde Afrikaanssprekendes om die taal op te eis; ’n energie wat die ATM ondersteun deur gesprekke en interaksies tussen Afrikaanssprekendes te bevorder. Die samestelling van die ATM se personeel en raad weerspieël die diverse realiteit van die sprekers en dit word toenemend beskou as ’n ruimte waar mense ’n gedeelde liefde, Afrikaans, saam vier. Die totaliteit van Afrikaanssprekendes is besig om die taal te eien, tot almal en veral die taal se voordeel. Sedert die taal se bevryding in 1994 is daar ’n geskiedkundige opwelling van Afrikaanse literatuur, musiek en rolprente. In die kuberruim is dit net so besig; Google gerus “Afrikaans” en kyk self.

Die ATM streef na die welstand van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en poog voortdurend om wedersydse respek tussen Afrikaans en ander inheemse tale te bevorder deur, onder meer, die invloed van die tale op mekaar te erken. Ekologiese diversiteit is belangrik vir die planeet se inwoners; so ook ’n diversiteit van idees. In dieselfde asem voel ons ook sterk dat taaldiversiteit, in Suid-Afrika en elders, ’n absolute aanwins is wat gevier en ondersteun moet word. Die Ugandese akademikus Mahmood Mamdani het in 2017 in Kaapstad die ontwikkeling van Afrikaans voorgehou as die suksesvolste dekolonialiseringsinisiatief ooit. Volgens hom en vele ander kan Afrika, en spesifiek die vasteland se universiteite, ons koloniale mantel afskud slegs as Afrikatale aktief ontwikkel en op alle vlakke gebruik word. In hierdie lig beskou ons die monument as ’n simbool van hoop nie net vir Afrikaans nie, maar vir alle Afrikatale. Wat moontlik was vir Afrikaans, ís moontlik vir almal.

Terwyl daar een werklikheid – ’n progressiewe, maatskaplike samehorigheid – by die monument en museum te siene is, ervaar baie Suid-Afrikaners egter Afrikaans op ’n negatiewe manier; van persoonlike interaksies met Afrikaanssprekendes tot wat hulle te siene en te hore kry op die internet. Voorts word die debat oor die toekoms van Afrikaans steeds ten dele oorheers deur tradisionele (wit) Afrikaner- en burgerlike organisasies wat boonop soms namens alle taalgenote oor kultuursake wil onderhandel. ’n Houding van meerderwaardigheid en opeis van die taal as eiebesit deur sekere sektore binne die Afrikaanssprekende landskap, die “loopgraafbenadering” om vir die taal te veg, asook onaanvaarbare “tradisies” word in die postapartheid samelewing voortgesit. Dit is iets wat veral op sosiale media opgemerk word, waar ’n minderheid mense agter skuilname wegkruip en kliphard skel.

Wat wel opval, is dat variëteite van Afrikaans wat die afgelope eeu nie tot hul reg gekom het nie, nou ’n bloeitydperk beleef. Die opneem van sekere woorde in die nuutste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) gee meer erkenning aan die gedeelde verlede van Afrikaans en die bydraes uit ander variëteite, terwyl Christo van Rensburg se publikasie So kry ons Afrikaans klem lê op die diverse wortels van Afrikaans. Tog word die niegestandaardiseerde variëteite, so wil dit voorkom, steeds verkeerdelik as agterlik, komies en/of minderwaardig beskou. ’n Houding om slegs die gestandaardiseerde gesproke en geskrewe variëteit as aanvaarbaar voor te hou, dien as instrument vir die doelbewuste uitsluiting van seker die grootste groep Afrikaanssprekendes se unieke omgang met Afrikaans.

Die ATM is deels in apartheidsonde gebore, maar dit beteken nie die baba moet met die badwater uitgegooi word nie. Die opening van beide die museum (op 14 Augustus 1975) en monument (op 10 Oktober 1975) is moontlik gemaak deur privaat inisiatiewe wat probeer het om Afrikaans van politiek te skei; dit was egter die hoogbloei van wit Afrikanermag, wat beteken het dat die taal weer as ’n speelbal misbruik is.

Die monument het egter van meet af historiese taalfeite erken, veral omdat Afrikaanse skrywers en anti-apartheid aktiviste hul stem dik gemaak het. Die ikoniese beeldhouwerk op die Paarlberg lê sterk klem op Afrikaans se Afrika-herkoms en die simboliek is klokhelder dat die toekoms van Afrikaans in Afrika is, met ander Afrikane. Die opening van die monument het onder meer ’n voorlesing van Adam Small se Afrikaanse gedig “Nkosi sikelel' iAfrika” (“God seën Afrika”) en ’n koorfees wat ’n wye verskeidenheid Afrikaanssprekendes verteenwoordig het, ingesluit. Aan die ander kant is die amptelike toespraak deur die destydse apartheidspremier, BJ Vorster, behartig.

Museums as kulturele landskappe is openbare ruimtes wat as “kontaksones” beskou word waar uiteenlopende opponerende idees, opvattings en perspektiewe tot uiting kom. Afrikaans het boonop deels as ’n kontaktaal tussen verskillende taalgroepe ontstaan en besoekers bring hul eie vertolking en perspektiewe na die ATM. Permanente versamelings of tydelike uitstallings is ekosisteme of habitatte wat bestuur, ontwikkel, uitgebrei en soms teruggesnoei moet word. Die ATM poog om prosesse te fasiliteer en vennootskappe te vorm vir die versameling en bewaring van Afrikaanse gemeenskappe se voorwerpe, lewende erfenis en kultuurgebruike in situ. Ons is al vir ’n dekade aktief besig om onopgetekende Afrikaans en Afrikaanse leefwêrelde, veral in die Noord-Kaap, op te teken en in ’n digitale formaat vir die nageslag te bewaar. Uiteraard speel die museum self ook ’n belangrike rol met die bewaring en digitalisering van ongelooflike Africana Afrikaanse manuskripte en ander bronne van inligting, waaronder die fassinerende rol van Arabiese Afrikaans.

Hierdie monument, en selfs die taal, is niks sonder die gemeenskap wat hier woon en die mense wat Afrikaans praat nie. Daarom bied ons pieknieks ten behoewe van die “Laat ons Lees!”-geletterdheidsprojek vir kinders en ’n drafkompetisie vir die Boland Skool vir Outisme aan, en bied ons ook aan studente die kans om werkservaring by die monument op te doen. Elke week kom skoolgroepe van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese en taalagtergronde om meer oor Afrikaans se ontstaan te leer en die natuurskoon te ervaar. Ons herdenk verskeie nasionale en openbare dae, soos 16 Junie, en vanjaar het ons op Afrikadag gratis toegang aan alle buitelandse Afrikane in Suid-Afrika gebied.

Dit lyk asof die Taalmonument toenemend as ’n moet-sien toerisme-attraksie deur binnelanders en buitelanders beskou word. Deur die skep en handhawing van die bogenoemde besoekerservarings en -dienste wil ons die ATM uitbou tot ’n dinamiese en inklusiewe instelling wat die talige diversiteit van Afrikaans bevorder in die konteks van ’n veeltalige gemeenskap.

Ek moet pa staan vir ’n instelling wat sommiges steeds in ’n negatiewe lig beskou, maar vir hulle vra ek om met ’n oop gemoed ’n draai te kom maak. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan fokus op wat Afrikaans en die ATM nog altyd veronderstel was om te wees. As my pa, wat baie onder apartheid moes ontbeer, hier was, sou hy ’n lewende getuie kon wees van hoe tye verander het. En hoe Afrikaans ’n integrale, opbouende deel van ons land se toekoms is; iets wat hy sterk ondersteun het.

Vrae oor die toekoms van die ATM

Wat is die agtergrond van die Taalmuseum?

Rakende die instellings se ontstaansgeskiedenis, veral die museum s’n, kan daar wesenlike parallelle getrek word met die geestesingesteldheid van wit Afrikanernasionaliste gedurende daardie tyd. Die sosiale en ruimtelike konteks is uiters belangrik, aangesien dit die tuiste van die beplande museum en monument, sowel as die kommunikasiestrategieë, sou bepaal as terreine van kulturele herinneringe en viering van Afrikaner-identiteit.

Hoewel Afrikaans nie spesifiek in die Paarl ontstaan het nie, was die keuse vir die huisvesting van die Taalmuseum ’n baie spesifieke een gegewe dié konteks. Dit was die huis van Gideon Malherbe, een van agt stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) wat 14 Augustus 1875 in die eetkamer byeengekom het om ’n vereniging te stig wat sy merk op die Suid-Afrikaanse landskap sou laat. Die GRA wou Afrikaans (nie Nederlands nie) as ’n erkende, amptelike taal op alle terreine van die samelewing bevorder. Hulle was ook teen die verengelsingsbeleid en die latere besetting van die twee Boererepublieke gekant. Die oprigting en die totstandkoming van die museum het die tradisies van kultuurhistoriese museums in 1960’s en 1970’s gevolg. Die fokuspunte was die aanwending van artefakte as tasbare bewyse om “geloofwaardige” verbintenisse met die politiek, ekonomie en gedeelde geskiedenis van die wit Afrikaner te skep.

Sedert die vroeë 2000’s fokus die museum egter op ’n narratief van ’n gedeelde taalherkoms en viering van talige diversiteit deur middel van verskeie mediums.

Wat is jou gevoel oor die uitstallings en volhoubaarheid?

Uitstallings moet konteks verskaf, inligting ontsluit en mense prikkel om merkwaardige artefakte of literatuur in ons kultuurlewe te verken. In ons pogings met die uitbouing van ons bestaande versameling moet ’n groter poging aangewend word vir erkenning en insluiting van die ryk erfenis en inheemsekennisstelsels van alle Afrikaanssprekendes. As ’n kulturele fasiliteerder wil ons, sonder om ons mandaat en kernfunksies te verander, ’n wesenlike bydrae lewer in die daarstelling van ’n volhoubare samelewing. Die ATM dra by tot die ontwikkeling van menslike vermoëns, opvoeding en nasiebou .

Voorts sien ek ’n instelling wat volhoubare rapportering nastreef; nie net in terme van die finansiële ekonomiese balansstaat nie, maar ’n drievoudige balansstaat wat die sosiale, ekologiese en ekonomiese impak van werksaamhede insluit. Volhoubaarheid kan ekonomiese doelwitte komplementeer en ’n balans moet dus tussen die ekonomiese doelwitte, die omgewing en die samelewing geskep word. Ons missie sluit in om die instelling as ’n leidende en gerekende rolspeler in die erfenissektor te vestig.

Hoe wil julle toegang tot die ATM vergemaklik?

Ons het dit reeds vergemaklik vir gestremdes en blindes, en ook oudiogidse in ses tale, onder meer Xhosa en Frans, geskep om die boodskap beter oor te dra. Voorsiening moet gemaak word vir groter universele toegang ten opsigte van besoekers met spesiale behoeftes (fisiek-, sig-, gehoor- en intellektueel gestremdes) asook finansiële hulp of vervoer vir onder meer vir behoeftiges, senior burgers en leerders, en ander instellings. Om groter sigbaarheid in ander provinsies te bewerkstellig, kyk ons na virtuele portale, beskikbaarstelling van inligting deur elektroniese media, uitreikprogramme, asook satelliet- en reisende uitstallings. Derhalwe sal bestaande strategiese bondgenootskappe met ander instellings onderhou word en pogings aangewend word om dit na ander potensiële vennote uit te brei.

Watter impak gaan die aanbevelings in die voorgestelde witskrif vir kuns, kultuur en erfenis en nasionale museumbeleid op jul werksaamhede hê?

Die voorgestelde witskrif fokus grootliks op die transformasie, herstrukturering van die erfenislandskap, effektiewe bestuur en lewering van dienste aan voorheen benadeelde gemeenskappe binne die genoemde sektore. Vanweë die afhanklikheid van staatsbesteding wat nagenoeg 70% van die ATM se begroting beloop, word daar van dié openbare entiteit verwag om uiting te gee aan die nasionale strategiese doelwitte soos uiteengesit in hoofstuk 15 van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030. Dit het ons gedoen deur ons visie, missie en aksies op een lyn te bring met die departement s’n.

  • Die ATM is ’n skedule 3A openbare entiteit ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur van 1999 (PFMA) en is geproklameer in terme van die Kulturele Instellingswet, 1998 (Wet 119 van 1998). Dit is ’n nasionale instelling waarvan die tema fokus op die vestiging en ontwikkeling van Afrikaans. Die minister vir kuns en kultuur stel ’n nie-uitvoerende raad aan wat ’n oorsigrol oor die implementering van beleid en strategiese aangeleenthede vervul. Die instelling doen verantwoording aan die minister, Nasionale Tesourie en die parlement van die Republiek van Suid-Afrika.

Die ATM se visie is om dit tot ’n dinamiese en inklusiewe instelling uit te brei wat die talige diversiteit van Afrikaans bevorder binne die konteks van ’n multikulturele samelewing.

Die missie van die ATM is om:

  • Die diversiteit van Afrikaans deur inklusiewe programme en aktiwiteite te bevorder.
  • Inligting te digitaliseer om dit beter te bewaar en toegang daartoe te verhoog.
  • ’n Omgewing te skep waarin verskillende rolspelers en agente van Afrikaans met mekaar in gesprek tree om maatskaplike samehorigheid te bewerkstellig.
  • Uit te reik na ander taalgemeenskappe en entiteite deur opvoedkundige programme en kulturele aktiwiteite.
  • “Miskende” of verplaaste geskiedenisse van Afrikaans na te vors en ’n verskerpte fokus op Afrika-epistemologieë en -kennisleerstelsels te plaas as deel van ’n groter dekoloniseringsproses.
  • Wedersydse respek en verdraagsaamheid tussen lede van die Afrikaanse taalgemeenskap te bevorder om sodoende ’n sterker gedeelde kulturele identiteit te help skep.
  • Die ATM op gesonde en deursigtige finansiële en administratiewe beginsels te bestuur wat die instelling sal vestig as ’n leidende en gerekende rolspeler in die erfenissektor.
  • Afrikaans se diverse taalerfenis, kultuurhistoriese geboue en erfenisterreine te beskerm en te bewaar.
  • Verskeie kulturele groepe deur werkswinkels en programme te bemagtig
  • Die personeel en groter gemeenskap te bemagtig.

Die ATM streef na die welstand van Afrikaans in die Suid-Afrikaans gemeenskap. In hierdie gees wil ons Afrikaans bevorder en ondersteun, veral onder die jeug en niemoedertaalsprekers. Ons poog voortdurend om wedersydse respek tussen Afrikaans en ander inheemse tale te bevorder deur onder meer die invloede van die verskillende tale op mekaar te erken.

Die ATM se waardes sluit in:

  • Die nastreef van hoë vlakke van integriteit, betroubaarheid, deursigtigheid en professionaliteit in wat ons doen.
  • Om verdraagsaam en respekvol in ons omgang met kulturele groeperinge en ander tale te wees.
  • Die nastreef van uitnemendheid in ons werksomgewing en in dit wat ons aan die publiek aanbied.
  • Om by te dra tot die bemagtiging van die Suid-Afrikaanse samelewing.
  • Om skeppend en innoverend te wees in terme van die programme en aktiwiteite wat ons aanbied.

Dit voed ’n negatiewe beeld, wat beteken sekere segmente van Afrikaanssprekendes voel uitgesluit om as gelyke vennote deel te neem.

The post Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid appeared first on LitNet.

A plea for the safety of writers and all who care for the written word: In memory of Tom Gouws (1961–2018)

$
0
0

Klik hier vir die Afrikaanse weergawe.

After the violent death of award-winning Afrikaans poet, writer and academic Tom Gouws, expressions of grief and shock started to pour in, among them the striking response of poet and academic Bernard Odendaal. Addressing the blood moon that was visible in many parts of the world on 27 July 2018 Odendaal wrote: “Why does your full body have to become the bloody symbol of what passes here below?” Hanging large and red in the night sky, the full moon reminded some of the blood that is shed all too often in South Africa, alarmingly also bringing the lives of writers and wordsmiths to sudden ends.

PEN Afrikaans takes a strong stand against violent acts that silence local writers, poets, journalists, essayists and bloggers or compromise them in any way in their activities as opinion makers. Years ago in 1989, writer Richard Rive was stabbed to death at his home, in 2002 writer Pieter Pieterse died after being stabbed 28 times with a knife, in 2005 literary scholar Lisbé Smuts was murdered at her home and in 2013 author and academic Daan Wybenga was murdered most brutally. In 2016 novelist Winnie Rust was killed at her home and now Tom Gouws died after being shot in the heart at his house. Poet and journalist IL de Villiers and literary scholar Dawie Steenberg survived similar attacks in the wave of violence that seems to have become ubiquitous in South Africa. The list of murder victims, also numbering vulnerable migrants who in recent decades have sought a safer existence in South Africa, has become far too long.

Violence and senseless killing amounts to the most serious attack on the freedom and respect owed to all human beings who should be allowed to express themselves freely in their daily lives, not least of all writers and all who cherish the value of the written word in expressing the full scope of human experience. Violent attacks on those who devote their lives to writing represents an onslaught on the fragile right to challenge injustice and lawlessness. Those who survive or remain behind must live with the fear that the margins for free expression have shrunk, often leading to stunned silence and despair. PEN Afrikaans encourages all who feel terrified by the cold fingers of cruelty and violence to bravely take up the challenge posed to us by the unwritten page.

Let us remember the injunction of Tom Gouws in the final stanza of his poem “Villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik” (“Villanelle for the East Free State, Clarens District” (Troglodiet, 1995) to remember things from the past as we continue to write about life in this turbulent corner of the world: “this landscape finds its shape in folds of yellowing paper / here written in ochre ink, sometimes blazing in the yellow of dotting poplars” (“hierdie landskap lê voue van vergeelde papier / soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier”).

The post A plea for the safety of writers and all who care for the written word: In memory of Tom Gouws (1961–2018) appeared first on LitNet.

’n Pleidooi vir die veiligheid van skrywers en liefhebbers van die geskrewe woord: Ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018)

$
0
0

Click here for the English version.

Met die gewelddadige dood van die begaafde en bekroonde digter, skrywer en akademikus Tom Gouws is dit vanselfsprekend dat diegene wat die kreatiewe bydraes van skrywers na waarde skat, op soek sou gaan na gepaste woorde om uitdrukking te gee aan hul skok en ontsteltenis. Digter en akademikus Bernard Odendaal se woorde na aanleiding van die bloedmaan wat op 27 Julie 2018 kort ná die nuus oor Tom Gouws se dood sigbaar was, tref die kol: “Moet jy jou swaar lyf so dêm simbool kom hou?” Groot geteken teen die aandlug het die rooi maan ons herinner aan die bloed wat te gereeld vloei in Suid-Afrika en te dikwels ook die lewens van woordmense opeis.

PEN Afrikaans neem sterk standpunt in teen gewelddadige optredes wat skrywers, digters, joernaliste, essayiste en bloggers hier te lande die swye oplê of stuit in hulle werksaamhede. Jare gelede in 1989 is Richard Rive in sy huis doodgesteek, in 2002 kom Pieter Pieterse om ná 28 messteke, in 2005 word akademikus Lisbé Smuts ook by haar huis doodgesteek, in 2013 is dit skrywer en akademikus Daan Wybenga wat wreed vermoor word en in 2016 is dit Winnie Rust wat by haar huis omgebring word. Nou is dit Tom Gouws wat ook binne sy huis doodgeskiet word. Wyle digter en joernalis IL de Villiers en ook die akademikus Dawie Steenberg het aanvalle oorleef in die golf van geweld wat klaarblyklik oor dekades heen endemies tot die bestaan in Suid-Afrika geword het. Die lys moordslagoffers, ook onder weerlose migrante wat die afgelope dekades in Suid-Afrika ’n veilige heenkome kom soek het, mag nie langer word nie.

Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil. Aanvalle op woordwerkers is ’n aanslag op die brose reg om deur die geskrewe woord juis ongeregtigheid en wetteloosheid te besweer. Vir diegene wat lewend agtergelaat word, hou dit die gevaar in dat vir hulle die vrye ruimte vir uitdrukking ingekort word en ’n verslae stilswye en algehele moedeloosheid intree. PEN Afrikaans moedig almal wat ná die tragiese dood van Tom Gouws verskrik is deur die koue vingers van wreedheid en geweld om die uitdaging van die onbeskrewe bladsy met moedigheid aan te durf. Laat ons die slotwoorde uit Tom Gouws se onthougedig uit Troglodiet (1995), “Villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik”, ter harte neem en voortgaan om die lewe in hierdie onstuimige land in woorde vas te vang: “hierdie landskap lê voue van vergeelde papier / soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.”

The post ’n Pleidooi vir die veiligheid van skrywers en liefhebbers van die geskrewe woord: Ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018) appeared first on LitNet.


Koop-’n-Afrikaanse-boekdag: Kry hier afslag en lees jou kind slim

$
0
0

Foto: verskaf

Die meeste ouers wil die beste vir hul kinders hê. Daar word gedroom dat hulle eendag ruimtevaarders, wetenskaplikes, ouditeure of dokters sal word. En net dalk kan hulle met hul miljoene rande vir ma en pa dankie sê en ’n aftreehuisie langs die kus koop.

Maar die kanse is skraal om elke oggend met die gemaal van branders en rasende seemeeue wakker te word as jy nie jou sterretjie leer om behoorlik te lees nie.

’n Ouer speel ’n kardinale rol in ’n kind se leeswêreld en die beste manier om ’n liefde vir lees by ’n kind te kweek, is om vir jou kind voor te lees.

Op 14 Augustus vier ons weer Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, ’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV. Lesers kan dan by verskeie boekwinkels afslag op Afrikaanse boeke kry, wat vir jou as ouer die ideale geleentheid bied om solank jou kind aan die lees te kry (en in daai strandhuisie van jou te belê). Vanjaar se tema is “Lees jou kind slim”.

Volgens Amanda de Stadler van die VVA, het navorsing bewys dat die gemiddelde kontaktyd wat ouers in Suid-Afrika met hulle kinders het, net 11 minute per dag is.

“Die Nederlanders het bereken dat as jy elke dag net tien minute vir jou kind voorlees, hy of sy 1 000 nuwe woorde per jaar aanleer. En dit kos niks nie, net tyd, kontaktyd met jou kind,” sê sy.   

Die bekroonde kinderboekskrywer Jaco Jacobs stem met Amanda saam. “Baie mense fokus op akademiese prestasie en die verskil wat ’n liefde vir lees aan jou kind se skoolprestasie maak – wat natuurlik 100% in die kol is.”

Maar hy sê vir hom as skrywer en ouer dra lees soveel meer tot ’n kind se ontwikkeling by.

“’n Kind wat lees, is ’n kind wat vroeg-vroeg leer om ander mense se emosies te verstaan en in ag te neem. ’n Kind wat lees se wêreld is eindeloos groter as sy huis, sy skool of die stad of dorp waar hy grootword. ’n Kind wat lees, is ’n kind wie se binnewêreld bladsy vir bladsy groter gemaak word; wie se verbeelding geprikkel word om in ander se skoene te staan; wat leer om gróót en wíld en wónderlik te droom,” sê hy.

Maar hoe kry jy ’n kind om daai gewraakte iPad uit te los of om die televisie af te sit en ’n boek te lees sonder dat daar in protes geskop en geskree word?

“Ouers moet eerstens self lees,” sê die bekende jeugskrywer Fanie Viljoen. “Die kinders sal moontlik hulle voorbeeld volg. Ouers moet kinders ook toelaat om self hulle boeke te kies.”

Jaco sê jy moet jou kinders as’t ware met boeke grootmaak en vir hulle van geboorte af voorlees.

“Lees vir hulle, soveel as jy kan. Maak dit lekker en prettig; help hulle om die wonder van stories te ontdek. Sorg dat daar boeke in jou huis is, soveel as wat jy kan bekostig, of probeer gereeld vir jou kinders boeke uitneem. Gee vir hulle boeke present, as jy enigsins kan.”

Amanda stem saam.

“Kinders leer van die ouderdom nul tot en met ses jaar meer as wat hulle ooit weer in hul lewe sal leer,” sê sy. “Jy hoef dus nie te wag dat hulle ouer word om self te lees nie.”

Die volgende boekwinkels gee afslag op Koop-’n-Afrikaanse-boekdag:

  • Alle takke van Cum Books: 15%
  • PNA-takke in Strand Square, Somerset Mall, Somerset Square, Eikestad Mall, The Sanctuary, Whale Coast & Gordon's Bay Mall: 25%
  • Die PNA-tak in Bela-Bela gee op 12 Augustus 10%-afslag.
  • Protea-boekwinkels – Stellenbosch, Potchefstroom, Protea Vall, Protea Bloemfontein, Protea CUT, Protea Charlton, Protea Hatfield, Protea Aanlyn, Protea Parow, Protea Kaapstad, Protea TUT, Kerkstraat, Protea TUT Pretoria-Wes, Protea UCT, Protea UJ, Protea Soweto: 20%
  • Exclusive Books in Bloemfontein en in die Kolonade-winkelsentrum (Pretoria): 20%
  • Aneljo-boekwinkel in Mariental, Namibiё: 20%
  • De Bijenkorf-geskenkwinkel in Kilnerpark, Pretoria: 20%
  • Bargain Books: 10% op 14 Augustus

Vir meer inligting oor Koop-’n-Afrikaanse-boekdag en onderhoude kontak gerus vir Amanda de Stadler, bestuurder: Vriende vir Afrikaans, by 021 880 1761 of stuur ’n e-pos na amandad@atkv.org.za.

The post Koop-’n-Afrikaanse-boekdag: Kry hier afslag en lees jou kind slim appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2018

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Julie

Boekeblad: ’n Opwindende nuwe stem
Schalk Schoombie resenseer Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel

Boekebald: Vroue-avontuur wat oortuig
JB Roux resenseer Stroomop deur Adeline Radloff

5 Julie

Profiel: Kalmer: ‘Die strooimeisie het die bruid geword’

7 Julie

Profiel/Hulde (Beeld): Cecile trap diep spore by koerante 

9 Julie

Boekeblad: Vir die kinders se boekrak (bekendstelling van vyf kinderboeke)

Boekevat-rubriek deur Abraham de Vries: Moedertaal en huis is nie enkelvoude nie

10 Julie

Nuus/Kuns: SA skrywers reageer op Ondaatje se Man Booker

16 Julie

Boekeblad: Die sterk rimpelings van “korreltjie klein”
Jean Meiring resenseer Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp

Boekeblad: Tone krul van lekker lees
Francois Bekker resenseer Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips

Boekeblad: ’n Kosbare versameling
Herman Lategan resenseer ’n Bek vol Strandveld deur Piet van As

23 Julie

Boekeblad: Konfrontasie met ’n nuwe manier van dink
Frederick Botha resenseer Tweespoor deur Helena Gunter

Boekeblad: Stemme uniek in misdaadroman
Clari Niemand resenseer Dowe gode deur Dibi Breytenbach

Boekeblad: Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs

Boekeblad: Homo sapiens deur Erik Holm

Boekeblad:’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler

Boekeblad: Kort onderhoud met Beyers de Vos

25 Julie

Nuus: Jaap Steyn gehuldig vir 80ste verjaardag

Nuus/Boeke: Boek met (prettige) verhale oor Potchefstroom

26 Julie

Kunsblad: Olga Kirsch gehuldig in biografie

27 Julie

Nuus: Húlle wen ATKV-kinderboekpryse

28 Julie

Nuus/Kuns: Boekgesprekke uit boonste rakke op Aardklop

29 Julie

Nuus: Jongste ‘Ons Klyntji’ tref Oppikoppi

30 Julie

Boekeblad: Storie om te ruik, proe; in die mond rond te rol
Erika de Beer resenseer Dubbelspiraal deur André Jansen

Boekeblad: Briewe sleur behoorlik mee
Ihette Jacobs resenseer Waar rats die ribbok gaan deur Elsabe Steenberg (saamgestel deur Sarel Venter)

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Julie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

3 Julie

  • Ys deur Rudie van Rensburg
  • Patagonië deur Maya Fowler
  • Steinhoff en die Stellenbosse boys deur James-Brent Styan

10 Julie

  • Dinge wat ek nie van skape geweet het nie deur Jaco Jacobs
  • Kraak deur Rouxnette Meiring
  • Kate in harmonie deur Jacolet van den Berg
  • Raaiselklip deur Troula Goosen
  • Die legendariese Lua Verwey deur Dihanna Taute

17 Julie

  • Dankie, Generaal deur Nico Moolman
  • Dowe gode deur Dibi Breytenbach
  • Die Lucky Strike deur Steve Hofmeyr

24 Julie

  • An Elephant in my Kitchen deur Françoise Malby-Anthony
  • ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler
  • Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes

Bibi se boekrak

In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.

Die volgende episodes is in Julie vrygestel:

5 Julie

Leandie du Randt Bosch vertel oor drie boeke wat haar die afgelope tyd beïndruk het.

12 Julie

Schalk Bezuidenhout praat oor sy boek Truitjie roer my nie.

19 Julie

Rentia Bartlett, kinderboekuitgewer by Protea Boekhuis, gesels oor die boeke wat sy raakgeloop het by die Bologna-kinderboekebeurs.

26 Julie

Bibi en Loftus Marais beveel ’n paar pryswenners aan.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:

Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2018-07-31

"FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het."

openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie

Gunther Pakendorf
Resensies

2018-07-30

"Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..."

Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-07-30

"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."

Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman

Jodie Ramackers
Jong lesers

2018-07-30

"Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek."

Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason

Cassidy Alexander
Jong lesers

2018-07-30

"As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net."

Jong lesers: Die groot Klein Kaptein deur Paul Biegel

Ellard Rademeyer
Jong lesers

2018-07-26

"Die boek is ’n bondel pret, avontuur en aksie. Jy wil dit net nooit neersit nie."

Jong lesers: Charlotte’s web deur EB White

Qaailah Raani Hussain
Jong lesers

2018-07-26

"Ek sou hierdie boek aanbeveel vir almal om te lees en vir altyd op hulle boekrakke te hou vir toekomstige generasies."

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-07-26

"Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy."

Katelknaap deur Leon van Nierop: ’n resensie

Ilse de Korte
Resensies

2018-07-25

"Katelknaap word vertel vanuit die perspektief van die manlike hoofkarakter, Tristan Hansen, en daar was nog nie so baie romans wat ek gelees het wat so fokus op die diepste gedagtes, vrese en onsekerhede van ’n man nie."

Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2018-07-25

"Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk."

Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie

Izak de Vries
Resensies

2018-07-24

"Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word."

Die besoeker deur Antje Damm: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

2018-07-20

"Miskien is Die besoeker dan nie ’n kinderboek uitsluitlik nie; miskien is dit ’n prenteboek wat deur almal gelees moet word. Miskien moet almal gereeld daaraan herinner word dat daar altyd meer as een perspektief is waarvoor uitgekyk moet word."

Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster

Abigail Tollig
Jong lesers

2018-07-20

"Rassisme, selfbewustheid, tienerswangerskappe en die soeke na aanvaarding en innerlike vrede verander die vrolike melodie in ’n kreet wat tieners kan aanraak en inspireer om die regte ding te doen."

Selma en Louise deur Susan Coetzer: ’n resensie

Nadia de Kock
Resensies

2018-07-19

"Die roman is redelik lywig, maar lees maklik. Die skrywer is oor die algemeen op haar stukke en haar humorsin is heerlik. Daar is ook pragtige beelde in die boek."

Jong lesers: Dance with a poor man’s daughter deur Pamela Jooste

Abigail Tollig
Jong lesers

2018-07-18

"Jooste se vermoë om karakters te beskryf, nie deur lang beskrywings nie maar eerder deur hul dade en kenmerkende sêgoed, speel seker die kernrol om van haar boek ’n sukses te maak."

Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk

Francois Bekker
Lesersindrukke

2018-07-18

"Steve Hofmeyr beloon die Afrikaanse leser met ’n viriele leksikon om aksietonele onder woorde te bring en bewys daarmee waartoe dié taal in staat is."

’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies

Heindrich Wyngaard
Resensies

2018-07-18

"Straks dui dit ook, op ’n ander vlak, ’n núwe 'opwindende groeipunt' vir Afrikaanse letterkunde aan (om Elsa Joubert by te haal) en maak dít van fakkeldraer Veary – hierdie selfgedefinieerde en selfgeïdentifiseerde onvoltooide tapisserie – ’n belangrike bydraer tot die taak 'om die prent van ons hele gemeenskap te kan skrywe'."

Wie gaan in 2019 regeer? deur Jan-Jan Joubert: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2018-07-17

"Hoewel dit nie ’n klinkklare antwoord bied op hoe die 2019 algemene verkiesing gaan uitspeel nie, bied dit soveel meer as ’n kristalbalvoorspelling. Dit kan inderdaad as ’n soort eerste konsepdokument van die toekomstige geskiedenisboeke gesien word."

Patagonië deur Maya Fowler: ’n resensie

Louis Esterhuizen
Resensies

2018-07-17

"Patagonië was inderdaad ’n besonder aangename en boeiende leeservaring wat my telkens verras het met die gemak waarmee daar naatloos tussen die historiese en eietydse gegewe beweeg word; ’n intelligente en sjarmante roman met ’n stewige dosis deernis en humor wat lesers nié teleur sal stel nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss

Thys Human
Resensies

2018-07-12

"As in die mond is ’n bundel waarvan die geheelbetekenis véél meer is as die som van die samestellende dele. Strauss benut die moontlikhede wat die skakeling van verhale haar bied, ten volle. Met haar beste verhale, soos 'Kleinood', 'In die skadu van eierwit I' en 'Donkey Kong', laat sy ’n mens se mond met verwondering oopval."

The Odyssey of Homer: A Southern African Translation deur Richard Whitaker: ’n lesersindruk

Jo-Marie Claassen
Lesersindrukke

2018-07-12

"Wat maak Whitaker se nuwe vertaling van die Odusseia in Engels en in versmaat dan iets besonders vir Suid-Afrikaners?"

Stroomop deur Harald Pakendorf: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

2018-07-11

"Pakendorf was vroeg in sy joernalistieke loopbaan bekend as stroomop. Hy kon in geen 'kamp' geplaas word nie — nuus, agtergrond en geen onderdanigheid aan ’n ideologie nie. Nóg links, nóg regs was sy stempel op die Afrikaanse joernalistiek: een van 'die nuus kom eerste'."

Die spioen deur Paulo Coelho: ’n resensie

Elsibe Loubser
Resensies

2018-07-11

"Die boek is oorspronklik in September 2016 uitgegee. Die Afrikaanse vertaling deur Kobus Geldenhuys is goed. Dit lees maklik en lekker."

Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890–1895 deur Heinie Heydenrych: ’n lesersindruk

Astrid Schwenke
Lesersindrukke

2018-07-11

"By die lees van elke hoofstuk word die leser se verstomming al hoe groter. Skermutselings, skandale, korrupsie, nepotisme, omkopery en die aan die bande lê van die vryheid van spraak. Daar is niks nuuts onder die son nie ..."

Redelike twyfel deur Chris Marnewick: ’n resensie

Gustaf Pienaar
Resensies

2018-07-09

"Redelike twyfel se groot verdienste lê daarin dat ons met ’n hofdrama te doen kry wat in elke opsig geloofwaardig is ... Die ervaring van die skrywer, self ’n senior advokaat, is in dié opsig ’n reuse-aanwins."

Jong lesers: Skwiek deur Jaco Jacobs

Danika Smit
Jong lesers

2018-07-05

"Waar in die wêreld het jy al ooit gehoor van ’n hamster wat mense kan hipnotiseer? Kom ek vertel jou ’n bietjie meer."

You have to be gay to know God deur Siya Khumalo: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

2018-07-05

"Ten spyte van wat die titel wil impliseer, is hierdie teks nie in die minste godslasterlik nie. Inteendeel, You have to be gay to know God is die naaste wat ek in ’n lang tyd aan ’n liefdesbrief vir God gekom het."

Gifbeker deur Irna van Zyl: ’n resensie

Nadine Petrick
Resensies

2018-07-05

"Kos, restaurante, kosbloggers, kostoekennings en mense se persoonlike smake en afkeure word ingespan om, soos die treflyn dit stel, die tafel te dek vir ’n paar interessante moorde in die Hemel-en-Aarde-vallei."

Vroue van die Bybel 2 deur Esté Geldenhuys: ’n resensie

Helene de Kock
Resensies

2018-07-05

"Nóg ’n boek met die klem op vrouwees? Ja, maar nie heeltemal eksklusief nie. Hierdie ontginning van die lewe van sekere Bybelse figure is wel hoofsaaklik op vroue gemik maar álle gelowiges kan hieruit put."

Katrienkie – van hawegirl tot lady deur Cara Blake: ’n resensie

Olivia M Coetzee
Resensies

2018-07-03

"Vi amal is die healing proeses ’n different ene. But wat Katrienkie vi my gebring het is daai leiding om te sien en te wiet dat ek issie allien in my strugglie. Sy het vi my kô sê sy wiet wat dit is om uit mens se liggaam uit te klim ennit net daa te los waa dit see gekry het."

Ingrid Jonker – ’n biografie by Petrovna Metelerkamp: a review

Karin Schimke
Boeke en skrywers

2018-07-03

"Metelerkamp is careful not to turn her biography into an abject lesson on the ravages of a patriarchal society on individual lives. She steers through her complex subject with a careful and steady rudder – a class journalistic act."

Jong lesers: Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

Karla Sandrock
Jong lesers

2018-07-02

"Hierdie boek is anders as ander boeke, want baie boeke vir meisies gaan oor meisies wat van pienk, prinsesse, feetjies en grimering hou. Hierdie verhaal is die teenoorgestelde daarvan."

Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway

Naomi Meyer, Kobus Galloway
Skrywersonderhoude

2018-07-27

"Twintig jaar gelede moes ons idiome van ’n lang lys af leer; dit was baie om te onthou en vervelig om te leer. Met my nuwe boeke kan mens na ’n kleurryke illustrasie van ’n idioom kyk."

Video: Steinhoff en die Stellenbosse Boys word bekendgestel

Naomi Bruwer, Izak de Vries
Skrywersonderhoude

2018-07-26

James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse Boys is Donderdag 19 Julie in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Jan-Jan Joubert het met hom gesels.

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Suzaan Steyn
Skrywersonderhoude

2018-07-26

"Jy kan maar sê jy't jou eie finansiële adviseur op jou boekrak."

Video: Die Afrikaners word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

2018-07-04

Hermann Giliomee se Die Afrikaners, die verkorte en bygewerkte weergawe van Die Afrikaners: ’n biografie, is Donderdag 28 Junie in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Julie

Resensie: Roman Cabanac resenseer Kill the Boer: Government Complicity in South Africa’s Brutal Farm Murders deur Ernst Roets  

Resensie: James-Brent Styan bespreek Spin: The Art of Managing the Media deur Nick Clelland en Ryan Coetzee

Resensie: Bill Nasson resenseer Heinie Heydenrych se Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890-1895

Nuut op die rak: Vier nuwe plaaslike Engelse romans: The Hum of the Sun, The Ones with Purpose, The Boy Who Could Keep a Swan in His Head en The Season of Glass

8 Julie

Resensie: Jean Meiring resenseer Die Lucky Strike deur Steve Hofmeyr

Artikel: “Kan ‘Christelike boeke’ versoening bring?” deur Frits Gaum

Nuut op die rak: Vyf nuwe geestelike boeke by Lux Verbi (Nadine Blom se Ankers vir vandag, Koos van der Merwe se Sielkos: Stories oor verlange en hoop, Nina Smit se Deur dieper geloof na lewensvreugde, In Mamelodi het ek my God gevind: My lewe in die township en hoe dit my geloof verander het deur Nico Smit en Kweek kinders met heel harte deur Hettie Brittz)

Resensie: Magdel Vorster bespreek Eisteddfod-pret: Gedigte, monoloë en samesprake vir die laerskool, saamgestel deur Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit

 15 Julie

Onderhoud: Fransi Phillips gesels met Johan van Zyl oor Liefde in die tyd van die internet

Nuut op die rak: Ses nuwe boeke ter herdenking van Nelson Mandela se 100ste verjaardag

22 Julie

Resensie: Jaco Barnard-Naudé resenseer Bloedbande: ’n Donker tuiskoms deur Wilhelm Verwoerd

Resensie: Nellie Brand-Jonker resenseer Steinhoff en die Stellenbosse boys deur James-Brent Styan

Resensie: Louise Viljoen resenseer Patagonië deur Maya Fowler

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel

29 Julie

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer Ramaphosa’s Turn: Can Cyril Save South Africa? deur Ralph Mathekga

Resensie: Deborah Steinmair resenseer Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips

Oorsigresensie: Magdel Vorster bespreek Die vloek van Vreesbaai, Web van die mummie, Nina en die crazy klere, Harry Griesel 4: Die Zombie-ontvoerder, Kewerwraak en Hoe om ’n draak se juweel te steel

Nuut op die rak: Rand en sent: Jou gids tot suksesvolle finansiële bestuur deur Suzaan Steyn en Crushing It! How Great Entrepreneurs Build their Business and Influence – and How You Can, Too deur Gary Vaynerchuk

Nuusbrok: Die Woordfees se kortverhaalwedstryd

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

3 Julie

Speelmaats-reeks deur Rosie Greening

Die opwindende Speelmaats-reeks bestaan nie net uit oulike stories en pragtige illustrasies waaroor kinders mal sal wees nie, maar dit is ook opvoedkundig van aard sonder om prekerig voor te kom, meen Louise Viljoen.

12 Julie

Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan

Dié sake-exposé van die jaar lees soos ’n boeiende riller, skryf Louise Viljoen.

19 Julie

Kill the Boer deur Ernst Roets

Wanneer die gevaarlikste beroep in Suid-Afrika nie dié van ’n polisielid of brandweerman is nie, moet jy besef dat iets fout is. Wanneer die gevaarlikste beroep dié is van ’n persoon wat voedselsekerheid bevorder en werk skep, moet jy weet dat alles nie pluis is nie, skryf James Kemp in sy resensie.

24 Julie

Helde van Suid-Afrika 1 deur Wendy Maartens

Die boek handel oor ses van die heel dapperste Suid-Afrikaanse helde. Lees Louise Viljoen se resensie.

31 Julie

Hoe om ’n haas te vang deur Claire Freedman

Louise Viljoen beveel die topverkoperskrywer Claire Freedman se skreeusnaakse boek, Hoe om ʼn haas te vang, aan vir oud en jonk al word dit verkoop as kleuterfiksie vir kinders drie jaar en ouer. Lees die resensie.

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 4 Julie

Die skrywers van twee uiteenlopende boeke oor die Dorslandtrek gesels met mekaar. Nicol Stassen, skrywer van ’n omvattende nie-fiksie boek oor die trek, gesels met Marinda van Zyl, skrywer van die roman Dors. Corneli van den Berg, organiseerder van die boekprogram van die Vrystaat Kunstefees, vertel waarna lesers kan uitsien by die fees wat van 9 tot 14 Julie plaasvind. In sy gereelde insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor James Joyce se Ulysses.

Woensdag 18 Julie

Ilse Salzwedel het by die onlangse Vrystaatse Kunstefees gesels met verskeie skrywers oor nuwe boeke. Kom vind meer uit oor Dankie, Generaal deur Nico Moolman, Die Anglo-Boereoorlog in 100 objekte saamgestel deur die personeel van die Boereoorlogmuseum en Bloed, dunner as water deur Charné Kemp. Daar is ook ’n bydrae oor NALN, die letterkundemuseum in Bloemfontein. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor ’n boekhotel in Portugal en die wenner van die Goue Manbooker-toekenning.

Woensdag 25 Julie

Ilse Salzwedel gesels met Sarel en Elizabeth Venter oor Waar rats die ribbok gaan, ’n bundel met briewe wat Elsabe Steenberg aan Elizabeth geskryf het. Ilse Salzwedel het Dibi Breytenbach uitgevra oor Dowe gode, haar jongste misdaadroman. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met Stav Sherez, wie se roman The Intrusions, onlangs bekroon is.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 3 Julie

Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel Hierdie mens.

Dinsdag 10 Julie

Ons luister na ’n keur van Margot Luyt se gunsteling gedigte.

Dinsdag 17 Julie

Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.

Dinsdag 24 Julie

Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.

Dinsdag 31 Julie

Daniel Hugo lees verse van Jaap Steyn, wat sy 80ste verjaardag in 2018 vier.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Julie het Hambidge die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:

Remnants Restante Reste deur Annette Snyckers

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Julie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

7 Julie

Kies ’n boek: ’n Bespreking van Stroomop deur Harald Pakendorf

14 Julie

Kies ’n boek: ’n Bespreking van Ingrid Jonker: ’n Biografie deur Petrovna Metelerkamp

22 Julie

Kies ’n boek: ’n Bespreking van ’n onlangse heruitgawe van Huppelkind, asook Die rooikop en die redakteur deur André P Brink.  

29 Julie

Kies ’n boek: ’n Bespreking van Sondag deur Irma Venter en Die spioen deur Paulo Coelho

Voertaal

Die volgende Afrikaanse resensie het in Julie op Voertaal verskyn:

Historiese roman oor Dorslandtrekkers raak aan ’n dieper dors

Alta Cloete
Literatuur

2018-07-04

"Eindelik word Dors veel meer as ’n boek oor die ervarings van ’n groepie pioniers. Dit word ’n verkenning van die ander dors, die dieper dors wat elke mens tot ’n mate in hom of haar saamdra."

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2018 appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2018: Finaliste bekend gemaak

$
0
0

Die ATKV-Woordveertjies bekroon elke jaar uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaans woord en finaliste vir dié jaar se toekenningsgeleentheid is pas bekend gemaak.

Die finaliste is soos volg:

ATKV-Prosaprys

•    Die laksman se dogter – Gerda Taljaard (Penguin Random House)
•    Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden (Tafelberg)
•    Groen soos die hemel daarbo – Eben Venter (Tafelberg)

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Prys vir Liefdesroman

•    Debora gaan huis toe – Helene de Kock (Human & Rousseau)
•    Mentje, kind van Pas-Opkamp – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)
•    Pelgrimshoop – Ronel Nel (LAPA Uitgewers)

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert

Pelgrimshoop deur Ronel Nel: ’n resensie

Prys vir Poësie

•    Aantekeninge teen die skemeruur – Clinton V. du Plessis (Cordis Trust Publikasies)
•    Uittogboek – Johan Myburg (Protea Boekhuis)
•    Radbraak – Jolyn Phillips (Human & Rousseau)

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Prys vir Romanses

•    Alles is perfek – Dina Botha (Romanza)
•    Liefde vir ’n ridder – Didi Potgieter (Romanza)
•    Bewustelik joune – Elsa Winckler (Superromanza)

Prys vir Spanningslektuur

•    Koms van die motman – Chris Karsten (Human & Rousseau)
•    Kamikaze – Rudie van Rensburg (Queillerie)
•    Sirkus – Irma Venter (Human & Rousseau)

Koms van die motman deur Chris Karsten: ’n lesersindruk

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Sirkus deur Irma Venter, ’n resensie

Prys vir Dramateks

•    Rokkie – Denver Breda
•    DEURnis – Henque Heymans, Corné Joubert, Johann Smith, Shareen Swart & Braam van der Vyver
•    Nêrens, Noord-Kaap – Nico Scheepers

Suidoosterfees 2018: Rokkie, ’n onderhoud met Denver Breda

Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis

Nêrens, Noord-Kaap by US Woordfees 2017: ’n onderhoud

Prys vir Niefiksie

•    Spertyd – Elsa Joubert (Tafelberg)
•    Geloof alleen – André Pretorius (Naledi)
•    Skepelinge – Karel Schoeman (Human & Rousseau)

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n lesersindruk

https://www.litnet.co.za/skepelinge-aanloop-tot-n-roman-deur-karel-schoeman-n-resensie/

Die wenners van die ATKV-Woordveertjies sal op 31 Augustus in die HB Thom-teater in Stellenbosch bekendgemaak word.

The post ATKV-Woordveertjies 2018: Finaliste bekend gemaak appeared first on LitNet.

Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee)

$
0
0

“Veeltaligheid en skepping” (Multilingualism and Creation) was die tema van die PEN International Translation and Linguistic Rights Committee-konferensie wat van 21 tot 24 Junie 2018 in die tweetalige Switserse stad Biel/Bienne plaasgevind het.

Oor hierdie drie dae het 40 afgevaardigdes van PEN-sentrums uit 32 lande en vier kontinente (Afrika, Asië, Europa en Suid-Amerika) die geleentheid gekry om te praat oor die uitdagings rondom veeltaligheid in hulle onderskeie lande en/of taalgemeenskappe.

Die konferensie het begin met die voorlesing van PEN International se Girona-manifes oor taalregte en die Quebec-verklaring oor vertaling. Beide dokumente is deur die TLRC opgestel en is die hoekstene van hierdie PEN-liggaam se werksaamhede rondom die beskerming en bevordering van taaldiversiteit en literêre vertaalwerk wêreldwyd.

Tussen werklike taalpraktyke en die UNESCO-ondersteunde Girona-manifes se verklaring oor taaldiversiteit as ’n wêrelderfenis en die wenslikheid van moedertaalonderrig lê daar egter wêreldwyd diep klowe.

Danie Marais lewer sy referaat.

Ek het by die Biel-konferensie in ’n referaat verduidelik watter diskrepansie daar in Suid-Afrika bestaan tussen grondwetlik verskanste taalregte en beleidsdokumente, aan die een kant, en institusionele taalpraktyke, aan die anker kant. As verwysingspunt en agtergrond het ek ’n artikel van Zakeera Docrat en Russell Kaschula, “Litigating Multilingualism”, gebruik wat ’n goeie opsomming gee van die huidige stand van sake in dié verband. Hierdie artikel is met toestemming van die twee outeurs ook vir die konferensieboekie, wat onder afgevaardigdes versprei is, in Frans en Spaans vertaal. 

Docrat en Kaschula se artikel maak dit duidelik dat die sentrale konflik en teenstrydigheid bestaan tussen beleidsdokumente, soos die hersiene 2017 Taalbeleid vir Hoër Onderwys, wat inheemse tale en meertaligheid as belangrike hulpbron beskou, en skole en universiteite wat meertaligheid as ’n struikelblok benader en Engelse eentaligheid as die oplossing implementeer. (Sien PEN Afrikaans se kommentaar op die Taalbeleid vir Hoër Onderwys hier.)

Terwyl die ministeriële beleid wil sien dat inheemse tale beskou word as waardevolle hulpbronne wat ingespan moet word om toegang tot kennis en daarmee ekonomiese bemagtiging te verleen, beskou instansies eentaligheid as ’n manier om transformasie en meer integrasie in die hand te werk. Docrat en Kaschula wys in hul analise dat die howe grootliks hierdie laasgenoemde siening bekragtig.

Hulle stel dit só:

The 2017 new revised language policy for higher education favours multilingualism and should be applauded. However, the judiciary seems completely oblivious to this revised policy, and the judgments are at odds with higher education, where multilingualism is seen as a resource. It is, again, a process of the forked tongue of multilingualism, where administrators in Pretoria in the department of higher education and training are in favour of multiple languages for learning and cognition, whereas individual university administrators hide behind the judicial decisions favouring monolingualism. How does an English-only policy foster transformation? On what grounds does it allow for greater access to universities, when a large portion of South Africans do not have equal access to this language? Many students will attest to the fact that they think in their mother tongue, and then they have to translate back into English before even beginning to attempt to answer a question in class. By then, the class is over …

Ek het egter ook aan die konferensiedeelnemers verduidelik hoe ingewikkeld dié taalsituasie in Suid-Afrika is en dat moedertaalonderrig die grootste deel van die land se sprekers hoegenaamd nie beskore is nie. Hoewel ons 11 amptelike tale het word daar slegs in graad 1 in al hierdie tale onderrig.

Vóór 2009 moes alle skole wat nie-Engelstalige sprekers bedien, Engels as vak eers vanaf graad 4 onderrig (behalwe in Afrikaanse skole). Sedert 2009 word Engels in alle skole van graad 1 onderrig en word alle vakke in Engels gegee vanaf graad 4. Afrikaanse skole is die enigste uitsondering op hierdie reël.

Stephen Taylor en Marisa Coetzee som hul navorsing oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika só op in ’n artikel vir die Mail & Guardian: “Ongeveer 60% van Suid-Afrikaanse leerders in graad drie leer in ’n ander taal as Engels of Afrikaans. Teen graad vier, is dit slegs 5%.”

Slegs die Universiteit Stellenbosch en die Noordwes-Universiteit bied nog Afrikaans op tersiêre vlak aan.

In terme van moedertaalonderrig bly Afrikaans dus die een wankelende uitsondering op die reël.

Enersyds kan ’n mens argumenteer soos die Ugandese skrywer en sosiaalwetenskaplike Mahmood Mamdani in Augustus 2017 in sy TB Davey-gedenklesing oor akademiese vryheid by die Universiteit van Kaapstad. In sy lesing het hy hard en duidelik gepraat oor die sentrale rol wat die ontwikkeling van Afrika-tale in die dekolonisasieprojek moet speel. “Afrikaans,” het Mamdani gesê, “verteenwoordig die mees suksesvolle dekoloniseringsinisiatief op die Afrika-kontinent.” Hy het daarop gewys dat dit slegs 50 jaar se omvattende regstellende-aksie-program geverg het om Afrikaans te verhef van net nog ’n Afrika-taal tot die draer van ’n intellektuele tradisie. Die groot ironie, meen hy, is dat hierdie suksesresep nie deur die demokratiese regering in Suid-Afrika aangewend is om ons ander inheemse tale op te hef nie.

Andersyds kan ’n mens Afrikaans beskou as ’n simbool van onregverdige bevoorregting wat steeds aan sy sprekers die voorreg van moedertaalonderrig gee – ’n voorreg wat die ander inheemse tale se sprekers nie geniet nie.

Hoe dit ook al sy, ons bevind ons klaarblyklik steeds in die situasie wat wyle Neville Alexander in 2005 só beskryf het in ’n artikel vir die Mail & Guardian – “Home language is the key to success”:

No wonder, then, that, in South Africa today, we live in a linguistic wonderland where all manner of illogicalities and fantasies make for a false sense of certainty. Because the elite, black and white, are comfortable in English and they believe that everyone can similarly become ‘empowered’, they insist that an English-only or, at best, an English-mainly, regime is what we need in the new South Africa. They tend to pay lip service to the constitutional equality of the 11 official languages and reinforce their pro-English stance with misleading arguments about the success of ‘monolingual’ economies.

Since this elite is made up of role models for much of the country, their attitudes and values – but not their wealth – trickle down to the impoverished masses. People do not believe that their home languages can ever become as ‘developed’ as English, or even Afrikaans. While they love and cherish these languages, it is English that they see as the key to success. Hence, most of them – apparently – insist on English-medium schooling for their children.

This is a rational response to an irrational perception of the problem. To dispel the mists and the myths of confusion requires a few simple truths about language. No people in the history of the world have ever voluntarily given up their language(s); only slaves and immigrants do so. No state has ever managed to become powerful and economically successful through the medium of a second, or a foreign, language alone.

Die ander afgevaardigdes van Afrika, wat oor die stand van meertaligheid in hul onderskeie lande gepraat het, het almal ’n soortgelyke situasie geskets. Folo Agoi (PEN Nigerië), Noungoh Fare (PEN Togo) Nicolas Kawinga (PEN Zambië), Elisha July (PEN Zimbabwe), Abdolouyae Ndione (PEN Senegal) en Ismaila Traore (PEN Mali) was dit almal eens: In hulle lande praat die elite die koloniale taal en stuur hul kinders na privaat skole waarin die koloniale taal die enigste onderrigtaal is. Publikasiegeleenthede in inheemse tale is net so beperk soos moedertaalonderrig. ’n Taal soos Yoruba het byvoorbeeld ongeveer 40 miljoen sprekers versprei ook verskeie lande, maar dit is moeilik om die klassieke werke van Yoruba-letterkunde in die hande te kry.

Die grootste deel van die bevolking bevind hulle in Afrika in daardie niemandsland tussen ’n taal wat hulle verstaan maar hulle geen noemenswaardige toegang tot kennis en geleenthede bied nie, en ’n koloniale wêreldtaal wat hulle nooit heeltemal bemeester het of sal leer nie.

In al hierdie lande is daar egter geen sprake van grondwetlike taalregte of ander tale wat in beginsel amptelike status het nie. Daar is slegs aspirasies en ’n gedeelde ervaring van verlies en magteloosheid in hierdie taalgemeenskappe.

Die Biel-konferensie is aangebied deur PEN Suisse – die Franstalige PEN-sentrum in Switserland. Daar is ook ’n Duitse PEN-sentrum in Switserland. Dit is immers ’n land wat baie waarde aan meertaligheid heg en ook die taalregte van verskeie minderheidstale soos Italiaans en Reto-Romaans erken. ’n Taalbeleidsbesluit wat egter by dié konferensie nadruklik betreur is, is die feit dat verskeie Duitse skole in Switserland besluit het om Engels in die plek van Frans as eerste addisionele taal aan te bied. In die Franse streek van Switserland moet kinders egter Duits as eerste addisionele taal neem.

Gedurende die drie dae was daar verskeie referate wat soortgelyke uitdagings op verskillende kontinente bespreek het, maar geen afgevaardigde het enige eenvoudige oplossing gehad om aan te bied nie. Soos Simona Škrabec, die indrukwekkende, veeltalige voorsitter van die TLRC, graag sê: “When it comes to language, it is always complicated.” En Simona, ’n bestuurslid van die Katallaanse PEN-sentrum, weet waarvan sy praat. Sy bly in Barcelona en is getroud met ’n Katallaanse man, maar is in Slowenië gebore met ’n Sloweense ma en Serbiese pa. Sy praat Sloweens, Serbies, Katallaans, Spaans, Frans, Duits en Engels, maar vertaal hoofsaaklik uit Sloweens en Serbies na Katallaans of Spaans.

Simona Skrabec, voorsitter van TLRC

By ’n vorige konferensie van PEN se TLRC in Johannesburg in 2016 was sy in gesprek met die intussen oorlede Suid-Afrikaanse hofdigter Keorapetse Kgositsile. By daardie geleentheid het sy hierdie gedig van die Bosniese digter Goran Simić, in haar eie sterk aksent voorgelees:

MY ACCENT
(for Visnja)

I love my accent, I love that wild sea
which attacks my weak tongue.
It doesn't reside in the morning radio news
as much as in the rustle of the job offer flyers
stapled to the street poles.
In my accent you can find my past,
the different me who still talks with imagined fishes
in a glass of water.

My grandfather was a fisherman
and I grew up on a dock
waiting for him to come back.
He built a gigantic aquarium when I was born
and every time he brought a fish
he named it immediately by some word I had to learn
until the next came...next came...next came.
I remember the first two were called "I am"
and after that the beauty of language came to me
through the shining scales.
I learned watching the aquarium
and recognizing the words by the silent colors.
After returning home
my grandfather would spend whole nights
making sentences by combining the fishes
who would pass each other.
It's how I learned to speak.

I left the house the day when my grandfather went
fishing for a black fish he was missing
and never came back.

Now I am sitting in the middle of my empty room
as in an aquarium
and talking with ghosts of the fishes
I used to recognize by words,
talking with the shadows floating
over the flyers ripped off street poles.

"I love my accent ...
I love my accent.."
I repeat and repeat again
just not to ask myself:

Who am I now.
Am I real or just the black fish
my grandfather failed to catch.

Hierdie gedig trap in my spoor sedert daardie voorlesing in die Braamfonteinse jazz-klub The Orbit. Ek dink altyd weer daaraan wanneer ek hoor hoe hard mense hier by ons probeer om aksente weg te steek of trots af te wys; aksente wat altyd alles verraai; aksente wat jou dwing om te vra wie jy was en wie jy geword het.

Samekomste van PEN se TLRC gaan uiteindelik oor al hierdie dinge. Almal is gemaklik daaroor om oor taal as ontwikkelingsinstrument te gesels en daar is konsensus oor die verkieslikheid van moedertaalonderrig, maar die emosie wat aan taal en identiteit gekoppel is, slaan altyd iewers in besprekings deur. En saans wanneer afgevaardigdes poësie in hul onderskeie moedertale voorlees, hoor jy heel ander dimensies en skakerings van die mense saam met wie jy deur die dag met die bemiddeling van tolkdienste vergader het.

Girona-manifes

Nicolas Kawinga, links, in gesprek met Ismaila Traore van PEN Mali

Lokdun van PEN Tibet vertel van die onderdrukking van Tibetaans deur die Chinese regime.

Ismaila Traore, PEN Mali

Danson Khayana PEN Uganda, Danie en Dessale Berekhet, PEN Eritrea

Danie saam met Arne Svingen van Noorweë en Tomica Bjasic van PEN Kroasië

Arne Svingen saam met Alix Parodi van PEN Suisse Romand die gashere van die konferensie

Biel-tolke

TLRC-afgevaardigdes op die trap van die Biel-bib waar die konferensie plaasgevind het.

By 'n poësie-aand in die Neues Museum, Biel

 

Lees ook Simona Škrabec se slotwoorde tot die Biel-samekoms.

The post Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee) appeared first on LitNet.

Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings

$
0
0

Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?

Die aanpassing of vertaling van ’n werk vir die verhoog is algemene praktyk in die teaterbedryf. Wanneer ’n boeiende roman byvoorbeeld deur ’n begaafde teatermaker gevind en verwerk word, ontstaan ’n verhoogteks wat deur ’n nuwe gehoor van teatergangers ervaar kan word. Dié praktyk het die potensiaal om lewe in gedrukte woorde te blaas. Nuwe interpretasiemoontlikhede ontstaan wanneer die teks deur talentvolle akteurs opgevoer word.

Daar is ’n wetlike raamwerk waarbinne ’n mens moet funksioneer wanneer jy ’n teks vir die verhoog verwerk. As ’n verwerker gaan jy met die intellektuele eiendom van die outeursreghouer van die oorspronklike teks om. Dit gaan gepaard met ’n taamlike hoeveelheid verantwoordelikhede en verpligtinge, aangesien die onus op die verwerker berus om die korrekte stappe ten opsigte van die verwerking te volg.

Verwerkings- en opvoerregte is wat ’n mens in staat stel om voort te gaan. Dit is belangrik vir enigeen wat ’n werk vir die verhoog wil aanpas om toestemming te verkry voordat hulle met die verwerking begin. Die verwerkingsreg gee die verwerker die regsbevoegdheid om die werk te verander, te vertaal of aan te pas volgens die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms wat tussen die outeursreghouer en die verwerker bereik word.

Die outeursreghouer van ’n werk het eksklusiewe beheer oor hoe en wanneer daardie werk ontgin, gereproduseer of aangepas word, soos deur die Wet op Outeursreg bepaal. Daar is min wat gedoen kan word indien die outeursreghouer toestemming vir die verwerking weier of weerhou. Dit is hul prerogatief. Toestemming kan weens ’n aantal redes geweier word, soos dat die outeursreghouer self planne met die werk het, ’n ander verwerking reeds gemagtig het, of bloot die begeerte het dat die werk onveranderd in sy oorspronklike vorm bly. Daarom is dit so belangrik om toestemming te verkry voordat die projek ’n aanvang neem.

Die eerste stap is om te bepaal by wie die outeursreg vir die bronmateriaal berus. Dit kan die outeur, die uitgewer, die skrywer se erfgename of ’n derde party wees aan wie die regte toegeken is. Suid-Afrika se outeursregwetgewing maak tans voorsiening daarvoor dat outeursreg in ’n literêre werk vir die duur van die outeur se leeftyd geld, plus vyftig jaar na hul dood. As dit ’n gepubliseerde werk is, mag die uitgewery die reg hê om aanpassings van die werk te magtig ingevolge hul uitgewersooreenkoms met die outeur. Dit is ook belangrik om daarop te let dat net omdat ’n skrywer meer as vyftig jaar oorlede is, beteken dit nie outomaties dat die regte in daardie teks die openbare domein betree het nie. Dit is veral van belang waar daar onlangse uitgawes van die werk is wat onderskei moet word van die oorspronklike teks en waar die beoogde verhoogverwerking gebaseer is op ’n bestaande verwerking wat steeds outeursregbeskerming geniet. Deel van DALRO se dienste is om verwerkersooreenkomste namens ons kliënte te bestuur. Dit sal raadsaam wees om ’n lisensiëringsagent soos DALRO te kontak om te bepaal waar die regte in ’n bepaalde teks lê.

Sodra die outeursreghouer vasgestel is, moet ’n verwerkersooreenkoms onderhandel en onderteken word deur beide die verwerker en die outeursreghouer of hul agent. Verwerkersooreenkomste is standaard ooreenkomste wat tipies die volgende bepalings sal insluit:

  1. Die titel, outeur en besonderhede van die bronwerk(e);
  2. Klousules oor die outeursreghouer se reg om die verwerkte teks goed te keur wanneer dit voltooi is en voor enige openbare opvoerings mag plaasvind, indien so verlang deur die outeursreghouer;
  3. Die voorgestelde titel van die nuwe verwerking;
  4. Klousules oor die eienaarskap van die outeursreg in die nuwe verhoogverwerking en die verdeling van tantième tussen die outeursreghouer en die verwerker ten opsigte van enige aanwending, opvoering en reproduksie daarvan.

Wat die verdeling van tantième uit die verhoogverwerking betref, is standaardpraktyk dat die leeueaandeel van die inkomste die outeursreghouer van die bronteks toekom aangesien dit die inhoud en materiaal is wat die verwerking onderlê en moontlik maak.

Alhoewel dit in praktyk minder algemeen is vir verhoogverwerkings, kan die outeursreghouer ook kies om ’n fooi te hef vir die reg om hul werk aan te pas. As die werk deur meer as een persoon aangepas word of as die verwerking ontstaan wanneer die span repeteer, is dit belangrik dat die verwerkersooreenkoms spesifiseer watter tantièmeverdeling sal geld vir diegene wat tot die verwerking bygedra het.

In ’n geval waar die bronwerk heeltemal buite outeursregbeskerming is, sal die verwerker 100% van die outeursreg in die nuwe werk behou.

Die verwerking word gesien word as ’n onafhanklike outeursregwerk en outeursreg in die verwerking staan dus los van die outeursreg in die bronmateriaal. Dit wil sê dat die outeursreg in die nuwe werk volgens outeursregwetgewing vir die verwerker se leeftyd plus vyftig jaar sal duur, ongeag wanneer die outeursreg in die oorspronklike bronmateriaal verval.

Elroy Bell is toesighouer van die teater- en algemene lisensiëringsafdeling van DALRO (Dramatic, Artistic and Literary Rights’ Organisation). Kontak asseblief theatricals@dalro.co.za of +2711 712 8330 vir meer inligting oor verwerkings, vertalings of vir advies oor lisensiëring van jou werk vir opvoering.

Besoek gerus www.dalro.co.za om die Engelse weergawe van hierdie artikel te lees.

The post Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings appeared first on LitNet.

Viewing all 1456 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>